15
Graad 4: Geskiedenis Lugvervoer Die eerste vliegtuig Laerskool Mikro Kopiereg ©

Lugvervoer Die eerste vliegtuig - Microsoft

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    2

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Lugvervoer Die eerste vliegtuig - Microsoft

Graad 4: Geskiedenis

Lugvervoer

Die eerste vliegtuig

Laerskool Mikro Kopiereg ©

Page 2: Lugvervoer Die eerste vliegtuig - Microsoft

Die eerste vliegtuig

Twee Amerikaanse broers, Wilbur en Orville Wright, het die

eerste aangedrewe, bemande vliegtuig uitgedink, ontwerp,

gemaak en gevlieg. Hulle het dit die Flyer genoem.

Laerskool Mikro Kopiereg ©

Page 3: Lugvervoer Die eerste vliegtuig - Microsoft

Die Wright-broers

Op 17 Desember 1903 het Orville die Flyer vir 12

sekondes lank oor ‘n afstand van 37m gevlieg. Dit

was die eerste suksesvolle vlug in die mens se

geskiedenis.

Laerskool Mikro Kopiereg ©

Baie jare gelede was mense maar skepties oor die

Wright-broers se eerste vlug. Slegs 5 mense het

hierdie geskiedkundige gebeurtenis waargeneem.

Die Flyer het nie baie ver van die grond af

gevlieg nie.

Page 4: Lugvervoer Die eerste vliegtuig - Microsoft

Die Wright-broersDie broers het beurte gemaak

om die vliegtuig te vlieg totdat

dit ‘n bietjie verder kon vlieg.

Hulle het ‘n spoor nodig gehad

wat afdraand loop om die

vliegtuig in die lug te kry.

Laerskool Mikro Kopiereg ©

Ander uitvinders het voor die Wright-broers al

soortgelyke vlugte probeer, maar die Flyer

was die eerste aangedrewe vliegtuig wat

deur ‘n mens gevlieg en beheer kon word.

Page 5: Lugvervoer Die eerste vliegtuig - Microsoft

Sir George Cayley

Vir dekades het mense probeer om die

perfekte vliegmasjien te ontwerp. Sir George

Cayley het modelle gebou om aërodinamika te

bestudeer, dit wil sê hoe lug rondom

voorwerpe vloei.

Laerskool Mikro Kopiereg ©

Sy werk het daartoe gelei dat baie inligting

ingewin is oor hoe die vlerke en agterste

panele van sweeftuie werk.

Page 6: Lugvervoer Die eerste vliegtuig - Microsoft

Otto Lilienthal

Vroeë vlieëniers het hierdie inligting gebruik om sweeftuie te ontwerp en

te bou. Otto Lilienthal was die koning van sweeftuie en het van hoë

heuwels afgespring om lugstrome te vang en teen die wind op te styg.

Dan het hy sy gewig verander om die sweeftuig te stuur en homself te

balanseer. Otto se dood het die Wright-broers geïnspireer om ‘n meer

betroubare vliegmasjien te bou wat beter beheer kon word.

Laerskool Mikro Kopiereg ©

Page 7: Lugvervoer Die eerste vliegtuig - Microsoft

Die Wright-broers

Vanuit hul fietswinkel het die broers begin om

hul eie vliegtuig te ontwerp in 1899.

Laerskool Mikro Kopiereg ©

Hulle het baie navorsing

gedoen oor vorige

uitvinders se ontdekkings.

Hulle het voëls bestudeer en agtergekom dat voëls nie net

hulle vere gebruik om te flap nie, maar klein bewegings met

hul vlerke en sterte maak om hulself beter te balanseer. Dit

help hulle ook om hul hoogte en rigting te bepaal.

Page 8: Lugvervoer Die eerste vliegtuig - Microsoft

Die Wright-broers

Wilbur het hierdie idee gebruik om ‘n stelsel van roere te

ontwerp. Dit kon hulle Flyer op 3 verskillende maniere beheer.

Laerskool Mikro Kopiereg ©

Die vlerke krul sodat die

vliegtuig kan rol.

Die hoogteroer beheer

die hoogte.

Die agterste roer maak

dit vir die vliegtuig

moontlik om van rigting

te verander.

Page 9: Lugvervoer Die eerste vliegtuig - Microsoft

Die Wright-broers

Die vlieënier moes konstant

die 3 roere verander, want die

kleinste verandering in die lug

kon die vliegtuig van balans af

bring.

Laerskool Mikro Kopiereg ©

Terwyl ander uitvinders gesukkel het om hul

vliegmasjien te stabiliseer het die Wright-broers

dit reggekry te danke aan jare se ondervinding

met fietse en hoe om dit te balanseer.

Page 10: Lugvervoer Die eerste vliegtuig - Microsoft

Die Wright-broers

Nou het vlieëniers beheer gehad oor enige

weersomstandighede. Ongeag reën of wind kon

hulle die vliegtuig beheer.

Laerskool Mikro Kopiereg ©

Vlieëniers gebruik vandag

nog dieselfde tegnieke om

vliegtuie in die lug te hou.

Page 11: Lugvervoer Die eerste vliegtuig - Microsoft

Die Wright-broersSweeftuie het sterk wind nodig gehad om dit in die lug

te hou. Mense het propellers gebruik om wind oor die

vlerk te waai. Hulle het stoomenjins probeer, maar dit

was te swaar en die vliegtuie kon nie eens van die

grond af lig nie.

Laerskool Mikro Kopiereg ©

Die Wright-broers se vliegtuig se

raamwerk was lig en van hout

gemaak. In plaas van propellers het

hulle handgekerfde hout gebruik en

in plek van ‘n swaar stoomenjin het

hulle ‘n ligte gas-enjin gebruik.

Page 12: Lugvervoer Die eerste vliegtuig - Microsoft

Die eerste vlugHulle het ‘n afgeleë strand gekies as sagte landing

indien iets sou verkeerd loop. Hulle het ook

uitgevind dat Kitty Hawk, in Suid-Carolina, die

plek was met die meeste wind en hulle het baie

wind nodig gehad om hul eerste vliegtuig te vlieg.

Hul toetsvlugte was die begin van lugvervoer.

Laerskool Mikro Kopiereg ©

Page 13: Lugvervoer Die eerste vliegtuig - Microsoft

Vliegtuie verbeter

Die broers het aangehou en nuwe ontwerpe gemaak en

uitprobeer. Dit het hulle kans gegee om te verbeter op

vorige ontwerpe en om dit vinniger te maak, sterker en

meer beweeglik. In 1904 het Wilbur met ‘n ander

vliegtuig, Flyer 2, meer as 5 minute lank in die lug

gebly. ‘n Paar jaar later het hulle selfs vliegtuie gebou

wat op water kon land en passasiers vervoer.

Laerskool Mikro Kopiereg ©

Page 14: Lugvervoer Die eerste vliegtuig - Microsoft

Die Wright-broers

In 1909 het hulle hul eie maatskappy gestig wat eers vliegtuie sou

verkoop, maar omdat daar nie ‘n mark daarvoor was nie het hulle

vliegskoue begin hou. Dit het baie mense gelok!

Laerskool Mikro Kopiereg ©

Page 15: Lugvervoer Die eerste vliegtuig - Microsoft

Die Wright-broers

Uiteindelik is die Wright-broers se droom verwesenlik deurdat

mense vandag makliker en vinniger deur middel van lugvervoer

van een plek na ‘n ander kan kom.

Laerskool Mikro Kopiereg ©