12
Mnr. en Mej. Waterkloof 2017 Rueben Weiss, Cindy van Bers, Mia Uys, Ruan Allers, Shani Spelt, Adam Mayo. Eerste krieketspan NICOLA VAN DER WALT klofiekan HOËRSKOOL WATERKLOOF V E R S T A N D S I E L H A R M O N I E L I G G A A M klofiekan www.klofies.co.za | admin@klofies.co.za UITGAWE 1 | 2017 Coca Cola Schools T20 Challenge TIAAN MILLARD Vrydag, 3 Maart 2017, is ‘n aand wat nie maklik deur die gehoor vergeet sal word nie. Hierdie glinsteraand wat met ongelooflike talent oorlaai was, het net weer bevestig dat die Klofies nie net op sport-, akademiese- en kultuurgebied skitter nie, maar ook op die loopplank! Op hierdie pragaand het ons ‘n ander kant van die Mnr. en Mej. Waterkloof-finaliste gesien en die senuwees wat hier en daar geknaag het, is goed weggesteek. Vanjaar se tema, Glitterati, het goed by die finaliste gepas, aangesien dit na modieuse mense op ‘n glansryke aand verwys. Die tema is ook gekoppel aan die glinsterstad, Hollywood. Die talentvolle Klofies het met baie unieke items vorendag gekom en het die gehoor met hul verhoogpersoonlikhede betower! Nuwe talent is beslis onder ‘n paar van die manne en dames bespeur en die gehoor is met tye sprakeloos gelaat. Baie geluk aan Mia Uys en Shani Spelt wat met hul item, Yogetta Illusion, met die kreatiwiteitstoekenning weggestap het. Die aand was met pret en afwagting gevul. Die finaliste en die gaskunstenaar, Stefan Jansen, het vir vermaak uit die boonste rakke gesorg! Dit was ‘n voorreg om te sien hoe die Klofies met die formele rokke en pakke paradeer. Die pragtige uitrustings is deur Smart Guy en Gerrit Pienaar van Claris geborg en die finaliste het dié kledingstukke met grasie tydens die finale kroning gedra. Baie geluk aan Mia Uys en Ruan Allers wat as 2017 se Mnr. en Mej. Waterkloof gekroon is! Nie almal besef egter watter ongelooflike opoffering en harde werk so ‘n aand verg nie. Baie dankie aan almal wat agter die skerms gewerk het om die sukses van die aand te verseker. Baie geluk aan elke finalis wat met ure se opoffering vir ‘n wonderlike produksie gesorg het! Mnr. en Mej. Waterkloof se glanswenners: Mej. Waterkloof: Mia Uys Mnr. Waterkloof: Ruan Allers Eerste Prinses: Shani Spelt Eerste Prins: Adam Mayo Tweede Prinses: Cindy van Bers Tweede Prins: Reuben Weiss Mej. Fotogenies: Nelisha Nel Mnr. Fotogenies: Reuben Weiss Mnr. Persoonlikheid: Adam Mayo Kreatiwiteitsitem: Shani Spelt en Mia Uys “Krieket as ‘n spel kom en gaan… maar krieket as ‘n leefwyse bly altyd in elke krieketspeler voortleef.” - Anoniem Hoërskool Waterkloof druk, al uit gewoonte, sy stempel af in die geskiedenis van die krieketwêreld en die keer was dit tydens die 2017 Coca Cola Schools T20 Challenge. Nadat die eerstespan in die semifinaal teen Menlopark met die louere weggestap het, dring Kloof na die streeksfinaal teen Hoërskool Centurion wat vanjaar op Supersportpark plaasgevind het, deur. Die Klofies het die geleentheid om hulle eie spelers op die internasionale stadion te ondersteun, ten volle benut toe hulle Saterdagoggend (18 Februarie) in groot getalle opgedaag het. Kouerige en bewolkte weerstoestande (perfek vir krieket) was die motivering agter Kloof se keuse om eerste te boul nadat hulle die loot gewen het. Met die doel om alles wat een van die vinnigste kolfblaaie in Suid-Afrika bied, te benut, betree Kloof die veld en beperk Centurion tot 162 vir die verlies van 7 paaltjies. Op die dag was krieket egter so onvoorspelbaar soos ons dit ken en Kloof eindig 30 lopies kort van ‘n oorwinning! Ons harte klop egter met trots oor wat op die veld bereik is en ons staan steeds bankvas agter Kloof se krieket!! Ons eie Glitterati Onnie-persoonlikheid Bl.4 Druppels Bl.10 Atletiek Bl.11 HOËRSKOOL WATERKLOOF KLOFIEKAN 1

M O N I E A R HOËRSKOOL LI H G WATERKLOOF A klofiekan«rskoolWaterkloofK... · Baie geluk aan Mia Uys en Shani Spelt wat met hul item, Yogetta Illusion, met die kreatiwiteitstoekenning

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: M O N I E A R HOËRSKOOL LI H G WATERKLOOF A klofiekan«rskoolWaterkloofK... · Baie geluk aan Mia Uys en Shani Spelt wat met hul item, Yogetta Illusion, met die kreatiwiteitstoekenning

Mnr. en Mej. Waterkloof 2017 …

Rueben Weiss, Cindy van Bers, Mia Uys, Ruan Allers, Shani Spelt, Adam Mayo.

Eerste krieketspan

NIC

OLA

VA

N D

ER

WA

LT

klofiekanHOËRSKOOL WATERKLOOF

VERSTAND

S I E L

H

ARM O N I E

LI G

G

AA M

klofiekanwww.klofi es.co.za | admin@klofi es.co.za UITGAWE 1 | 2017

Coca Cola Schools T20 ChallengeTI

AA

N M

ILLA

RD

Vrydag, 3 Maart 2017, is ‘n aand wat nie maklik deur die gehoor vergeet sal word nie. Hierdie glinsteraand wat met ongelooflike talent oorlaai was, het net weer bevestig dat die Klofies nie net op sport-, akademiese- en kultuurgebied skitter nie, maar ook op die loopplank! Op hierdie pragaand het ons ‘n ander kant van die Mnr. en Mej. Waterkloof-finaliste gesien en die senuwees wat hier en daar geknaag het, is goed weggesteek.

Vanjaar se tema, Glitterati, het goed by die finaliste gepas, aangesien dit na modieuse mense op ‘n glansryke aand verwys. Die tema is ook gekoppel aan die glinsterstad, Hollywood. Die talentvolle Klofies het met baie unieke items vorendag gekom en het die gehoor met hul verhoogpersoonlikhede

betower! Nuwe talent is beslis onder ‘n paar van die manne en dames bespeur en die gehoor is met tye sprakeloos gelaat. Baie geluk aan Mia Uys en Shani Spelt wat met hul item, Yogetta Illusion, met die kreatiwiteitstoekenning weggestap het.

Die aand was met pret en afwagting gevul. Die finaliste en die gaskunstenaar, Stefan Jansen, het vir vermaak uit die boonste rakke gesorg! Dit was ‘n voorreg om te sien hoe die Klofies met die formele rokke en pakke paradeer. Die pragtige uitrustings is deur Smart Guy en Gerrit Pienaar van Claris geborg en die finaliste het dié kledingstukke met grasie tydens die finale kroning gedra. Baie geluk aan Mia Uys en Ruan Allers wat as 2017 se Mnr. en Mej. Waterkloof gekroon is! Nie almal besef egter watter ongelooflike opoffering en harde werk so ‘n aand

verg nie. Baie dankie aan almal wat agter die skerms gewerk het om die sukses van die aand te verseker. Baie geluk aan elke finalis wat met ure se opoffering vir ‘n wonderlike produksie gesorg het!Mnr. en Mej. Waterkloof se glanswenners:

Mej. Waterkloof: Mia Uys Mnr. Waterkloof: Ruan AllersEerste Prinses: Shani Spelt Eerste Prins: Adam MayoTweede Prinses: Cindy van Bers Tweede Prins: Reuben WeissMej. Fotogenies: Nelisha NelMnr. Fotogenies: Reuben WeissMnr. Persoonlikheid: Adam MayoKreatiwiteitsitem: Shani Spelt en Mia Uys

“Krieket as ‘n spel kom en gaan… maar krieket as ‘n leefwyse bly altyd in elke krieketspeler voortleef.” - Anoniem Hoërskool Waterkloof druk, al uit gewoonte, sy stempel af in die geskiedenis van die krieketwêreld en die keer was dit tydens die 2017 Coca Cola Schools T20 Challenge. Nadat die eerstespan in die semifinaal teen Menlopark met die louere weggestap het, dring Kloof na die streeksfinaal teen Hoërskool Centurion wat vanjaar op Supersportpark plaasgevind het, deur.Die Klofies het die geleentheid om hulle eie spelers op die internasionale stadion te ondersteun, ten volle benut toe hulle Saterdagoggend (18 Februarie) in groot getalle opgedaag het.Kouerige en bewolkte weerstoestande (perfek vir krieket) was die motivering agter Kloof se keuse om eerste te boul nadat hulle die loot gewen het. Met die doel om alles wat een van die vinnigste kolfblaaie in Suid-Afrika bied, te benut, betree Kloof die veld en beperk Centurion tot 162 vir die verlies van 7 paaltjies.Op die dag was krieket egter so onvoorspelbaar soos ons dit ken en Kloof eindig 30 lopies kort van ‘n oorwinning! Ons harte klop egter met trots oor wat op die veld bereik is en ons staan steeds bankvas agter Kloof se krieket!!

Ons eie Glitterati

Onnie-persoonlikheid Bl.4

Druppels Bl.10

Atletiek Bl.11HOËRSKOOL WATERKLOOF KLOFIEKAN 1

Page 2: M O N I E A R HOËRSKOOL LI H G WATERKLOOF A klofiekan«rskoolWaterkloofK... · Baie geluk aan Mia Uys en Shani Spelt wat met hul item, Yogetta Illusion, met die kreatiwiteitstoekenning

REDAKSIEJOERNALISTE:GRAAD 12Ulene de KockYuvianca DoerkKarlien Meiring (Redakteur)Dané NaudéAbigail OellermannKristie PieterseClarette SwartTronel VisserGRAAD 11Chris CloeteRuan de JongAnjoné DenysschenRachelle GeyserKirsten MinnaarBianke NeethlingIneke RibbensNicola van der WaltGRAAD 10Björn BarnardWilandri HillsTiaan MillardJana van Niekerk (Sub-redakteur)Markus van TubberghNicole WaldickFOTOGRAWE:Chris CloeteUlene de KockDané NaudéStefan Venter (gr.12)

Tronel VisserSPOTPRENTE:Danielle Steyn (gr.12) WeCan24 Digitaal:Jana van NiekerkONDERWYSERS:Me. Alma van der WaltMe. Leandré EksteenMe. Annuska PretoriusMnr. Wynand LabuschagnéUITLEG:Camouflage Visual Solutions

Redakteurs-oog 1: 2017So vinnig soos Adam Mayo op die atletiekbaan is, so vinnig is Kwartaal 1 ook verby en kan ons baie aktiwiteite van ons to-do-lysie afmerk. Die Druppelkonsert, atletiek, swem, sokkie, redenaars, Afrikaanse en Engelse weke, Valentynsbal, wintersportproewe, krieket, akademiese meriete-aand, Bloemfontein-derby en Mnr.en Mej. Waterkloof. Net soos ons persoonlike lysies, hou hierdie lysie ook net nooit op nie. Elke jaar bring dieselfde eie-aan-Kloof-aktiwiteite egter veranderinge teweeg. Of dit ons nuwe Druppels is, nuwe rekords wat opgestel is, ander rigtings wat ons skool inslaan of selfs die fotograwe se nuwe klere - 2017 is die jaar van verandering. Die Klofiekan

kan ook met ‘n paar splinternuwe berigte spog … Hoewel verandering soms as senutergend of onwelkom beskou word, is dit belangrik om te onthou dat vooruitgang sonder verandering onmoontlik is. Hiermee wil ek elke Klofie ook aanspoor om die positiewe verandering te wees wat jy in die wêreld wil sien. Tel daardie papier op, groet daardie onderwyser en stof vir eens jou skoolskoene af; daar is ‘n groot jaar wat nog voorlê!

Mag jy groei deur jou verandering.

Karlien

TIA

AN

MIL

LAR

D

MA

RK

US

VA

N T

UB

BE

RG

HIN

EK

E R

IBB

EN

SB

JÖR

N B

AR

NA

RD

Kloof groet:

K A L E N D E R T W E E D E K WA R TA A L :Aprilvakansie:Atletiek: SA-hoërskole Durban; SA JuniorkampioenskapHokkie: Dogters 0/14A Cornwall; 0/16A St Mary’s Durban; 1stes St Mary Jhb Hokkie: Seuns 0/14A Durban; 0/16A Garsfontein; 1stes KES festivalNetbalfees (tuis)Perdry: ProvinsiaalRugby: Noordsuid-toernooi; 0/14A Kwagga-week; 0/15A AHS; 0/16A Paarl Gim; 1stes KES festival. Gholf: Affie-toernooiSkaak: SA Junior skaakkampioenskapVoortrekkers: GebiedskampBelgiese uitruil (ontvang besoekers)

Simfonia Juventi werkswinkelKonsertorkes (kamp)18 April VCSV-week19 April Tres Scholarum-konsert (Menlo)20 April Atletiek: SA Seniorkampioenskap; Skaakklub; Tres Scolarum-konsert (Menlo)21 April Hokkie tn KES (tuis); Gholf: Voorsitterstrofee; ATKV-redenaarsuitdunne; Koorfees22 April Hokkie en rugby tn KES (tuis);ATKV-redenaarsuitdunne; koorfees24 April Oueraand;Gholf: N-Gauteng en Voorsitterstrofee25 April Toetsreeks begin; Hokkie: Dogters C tn Montana (tuis)

26 April Skaak: Capablanca-toernooi; Kyknet-toneelkompetisie;Sokkie27 April Wildeklawer-toernooi (Netbal en rugby A-spanne)2 Mei Hokkie liga tn Menlo (tuis)3 Mei Rugby B-spanne tn Sutherland (weg); Fotodag; Leierskapinstituut4 Mei Skaakklub; Koorfees en koortoer (tentatief)5 Mei Gholf: Voorsitterstrofee; Hokkie tn Midstream (tuis); Netballiga tn PHSG (weg); Grootgeesdag; Simfonia Juventi optrede6 Mei Hokkie tn Midstream (tuis)7 Mei Gholf: Junior Masters8 Mei EXPO-week10 Mei Netballiga tn

Garsfontein (weg); Tennis: Dogters 1 en 0/15 Bloemfontein 12 Mei ATKV semi-finaal; Koorfees (tentatief)13 Mei Hokkie tn Eldoraigne (weg); Netbal GISSA; Perdry provinsiaal; Rugby en netbal tn Monument (tuis).15 Mei Gholf A-liga; Netballiga tn Eldoraigne (tuis)16 Mei EXPO gala-aand; Musiek gr.12 eksamen17 Mei OPEDAG18 Mei Skaakklub19 Mei Hokkie (Dogters): Liga tn Garsfontein (weg); Rugby tn Noordheuwel (weg – tentatief); Simfonia Juventi Nylstroom (optrede)

22 Mei Gholf A-liga begin; Netballiga tn Menlo (tuis)24 Mei Gr.12 eksamen begin; Instituut vir leierskap26 Mei Netballiga tn AHM (tuis); Hokkie tn Cornwall (tuis); Klofie-toneeluitdunne27 Mei Netbal en rugby tn Helpmekaar (weg); Hokkie tn Cornwall (tuis); Koor Applous31 Mei Gholf: N-Gauteng (proewe); Netballiga tn Zwartkop (tuis); Leierskapinstituut1 Junie Skaakklub2 Junie Hokkie tn AHM en AHS (tuis en weg); Affies kultuurderby (tuis)3 Junie Rugby AHS (weg); Simfonia Juventi gala-aand te Unisa5 Junie Gholf: A-liga;

Musiek Roedean-kompetisie7 Junie Eksamen begin8 Junie Skaakklub10 Junie Rugby en Hokkie (Seuns) tn Menlo (tuis); Hokkie (Dogters) stadsbeker15 Junie Skaakklub16 Junie Netbal GISSA17 Junie Perdry provinsiaal19 Junie Graad 12: Lang akademiese periodes begin24 Junie Rugby tn EG Jansen (tuis – tentatief); Hokkie (Dogters) stadsbeker26 Junie Gholf A-liga29 Junie Skaakklub30 Junie Kriekettoer Engeland; Gasvryheidstoer Kroasië; Gr. 12 Winterskool begin

‘n Legende verlaat ons:Juffrou Ulinda HumanDruppel, hoofdogter, onderwyser, Klofie ... Dit is slegs ‘n paar van die titels van juffrou Ulinda Human tydens haar 34 jaar by Hoërskool Waterkloof. ‘n Klofie in murg en been. So het die tyd ook aangebreek om haar te groet. Sy het nie net as leerder tot die skool bygedra deur letterlik die gras waarop ons deesdae so lekker kan deelneem, self aan te plant nie, maar het ook as onderwyser vanaf 1989 in elke leerder met wie sy te doen gekry het, se lewe ‘n werklike verskil gemaak. Die spreekwoord lui: ‘n Betrokke Klofie is ‘n gelukkige Klofie en daarvan kan juffrou Human getuig. As leerder was sy deel van die skool se atletiek- en hokkiespan en ook as personeellid was sy voor in die koor, of eerder voorsanger in die personeelkonsert. Dit is met ‘n swaar hart wat ons van haar afskeid neem. Die beste wense van die Klofies vergesel haar op die pad vorentoe. Wees gegroet.

Het jy geweet?• Gunsteling-geesliedjie: Klofie-

Call• Gunsteling dag by die skool: Die skool se verjaarsdag.• Kosbaarste herinnering: Om as Geskiedenis-onderwyser skool

te hou. • Lewensleuse: Doen alles met entoesiasme.

JAN

A V

AN

NIE

KE

RK

Juffrou Nadia FourieWat sal Juffrou altyd van Hoërskool Waterkloof onthou?Die vriendelike gesigte. Ek het ‘n groot liefde vir die leerders en waardeer elke gesiggie wat vir my kom kuier het.As Juffrou vandag in ‘n superheld kan verander, wat sal Juffrou se superkrag wees?Supervisie – om in die toekoms te kan sien en sodoende ook te sien wat die kinders beplan.Wat is die snaaksste ding wat al ooit in Juffrou se klas gebeur het?Ek het met ‘n boks op my kop skoolgehou omdat die kinders nie wou stilbly nie en die versoek “stilte” op die boks geskryf. Ek kan eerlik sê dat dit nie ‘n baie goeie idee was nie.As Juffrou ‘n ander beroep kon volg, wat sou dit wees?Ek dink ek sou ‘n goeie F1-bestuurder gewees het, aangesien ek baie lief is vir bestuur en spoed.Enige laaste woorde aan die Klofies?My hart sal altyd ‘n Klofie-klop hê! Dankie vir julle liefde en omgee! Moet nooit ophou om in jouself te glo nie! Ek is baie lief vir julle en dankie vir alles wat julle vir my geleer het.

CH

RIS

CLO

ETE

PASTEL

TrainingSupport

InstallationRegistration

SalesProcessing Returns

Enel Gammie

Cell: 083 587 3593Fax: 086 630 0011

Email: [email protected]

www.certifiedtrainer.co.za

C2F CONSULTING

2 HOËRSKOOL WATERKLOOF KLOFIEKAN

Page 3: M O N I E A R HOËRSKOOL LI H G WATERKLOOF A klofiekan«rskoolWaterkloofK... · Baie geluk aan Mia Uys en Shani Spelt wat met hul item, Yogetta Illusion, met die kreatiwiteitstoekenning

ONNIES

Meneer Cobus Pienaar: Direkteur - KrieketMeneer Pienaar, ‘n oud-Klofie, is gelukkig getroud met Licinda Pienaar en is die pa van ‘n pragtige dogtertjie.Wat het Meneer voorheen gedoen?Ek het BCom Bemarking by TUKS studeer en daarna vir 12 jaar professionele krieket gespeel. Plaaslik het ek vir die Northens en die Titans gespeel. Ek het ook vir sewe seisoene in Engeland en een seisoen in Ierland gespeel.Wie was Meneer se inspirasie?My pa is my grootste inspirasie omdat sy passie vir die spel en sport so groot is. (Die Klofies ken Meneer Pienaar se pa as Oom Kosie, ons terreindiensbestuurder).Het Meneer enige geheime talente? Ek kan nogal lekker kos maak, maar hou dit asseblief ‘n geheim. Wie is Meneer se celebrity look-alike? Wel, ek het al gehoor ek lyk ‘n bietjie soos Christiano Ronaldo.Het Meneer enige vrese?Nee wat … solank slange uit my pad bly.Wat is Meneer se doelwitte by Kloof?Ek is bevoorreg om by Waterkloof-krieket, wat klaar op ‘n baie hoë standaard funksioneer, betrokke te wees. My grootste uitdaging is om die liefde vir die spel by die spelers te laat groei en sodoende ons volgende Proteas op te lewer. Ek het ook planne om die infrastruktuur en oefenfasiliteite op te gradeer en uit te brei.

Juffrou Jessica du Preez: Ekonomie en EBW Wie is Juffrou se rolmodel en hoekom?My ma, want sy is die beste voorbeeld van opregte liefde, respek, lojaliteit en ’n Koningskind wat nêrens anders te vinde is nie.Het Juffrou enige geheime talente?Ek kan ’n bietjie Sotho praat.As Juffrou iets van die skool kan verander, wat sal dit wees?Ek sal die skool op Vrydae ‘n halfuur vroeër laat uitkom.Wat is die lewensleuse waarvolgens Juffrou lewe?Life is tough but so are you!

Juffrou Davonne la Grange: EngelsWaarna sien Juffrou die meeste uit?Dit is vir my ‘n baie groot voorreg om as pasgegradueerde onderwyseres by Hoërskool Waterkloof aangestel te word. Ek sien daarna uit om te leer en as onderwyser én as individu te groei en om ’n verskil in ten minste een leerder se lewe te maak! Ek is mal oor my werk – ek is elke dag opgewonde om skool toe te kom omdat elke dag iets nuut inhou.Som uself kortliks op.Ek is ‘n kind van Jesus. My familie is vir my ongelooflik belangrik. Ek is hardwerkend, betroubaar, stiptelik en altyd netjies. Ek het baie hoë standaarde en ek is ‘n chocoholic! Wie is Juffrou se rolmodel?Jesus; ek streef daarna om elke dag, in elke situasie soos Hy op te tree (al is dit maar moeilik). Behalwe daarvoor voel ek dat ek by elke persoon wat my pad kruis iets kan leer. Almal is inspirerend!Beskik Juffrou oor enige geheime talente?Ek het vir 17 jaar ballet gedoen, waarvan ek drie jaar professioneel by die South African Ballet Theatre gedans het.Wat het Juffrou eerste opgemerk toe Juffrou die skool binnegestap het? Die netheid en goeie maniere van die leerders. Almal is vir my baie spesiaal. Ek is só ongelooflik trots om myself ‘n Klofie te kan noem.

Mevrou Diani Gernandt: Bemarking Waar het Juffrou gewerk voordat Juffrou deel van Klofieland geword het?Ek en my man, Ferdinand Gernandt, het ons eie maatskappy bestuur. Die maatskappy FAD inc. is ‘n jeuggeoriënteerde vermaaklikheidsmaatskappy wat die jeug help om die vermaaklikheidsbedryf te betree. Ek was ook by die filmbedryf betrokke. Waar was Juffrou op skool en was Juffrou ‘n modelleerling?Ek was ‘n leerling by ‘n skool in Braamfontein, die Nasionale skool vir die kunste. Ja, ek het op verskeie vlakke presteer. Ek het skool baie geniet en dit was werklik vir my ‘n fees.Wie is Juffrou se rolmodel en hoekom?Ek het baie rolmodelle, maar die twee wat uitstaan, is my ma en my man. Eerstens my man, want hy is ‘n groot voorbeeld van iemand wat sy drome nastreef en alles met soveel passie en deernis aanpak.Tweedens my ma, want sy leer my hoe om al die rolle van ‘n vrou te bemeester.Wat is Juffrou se beste karaktereienskap?Ek is werklik ‘n verkleurmannetjie, baie aanpasbaar en ek is ‘n mense-mens.As Juffrou ‘n skoolreël kan verander, wat sal dit wees? Ek sal nie die reëls verander nie. Ek sal eerder daarna streef om die Klofiegees te versterk. Ek sal die Klofies wil wys hoe om sosiale media en tegnologie tot hulle voordeel te gebruik.

Mevrou Elmari Ludorf: Snoepie Wat geniet Tannie die meeste by Klofieland?Die kinders. Ek hou daarvan dat hulle so spontaan is.Wat is Tannie se wens vir die snoepie?Om so gou as moontlik die nuwe groter deel van die snoepie wat aangebring is, suksesvol te laat funksioneer.Wat was Tannie se toekomsplanne voordat u hier by die Klofies beland het?Ek wou met ‘n miljoenêr getroud wees en ek het dit oorweeg om ‘n sportafrigter te word.Wat is Tannie se lewensleuse?You must love and be loved.Watter raad het Tannie vir die snoepie se klante?Wees geduldig.Wat was Tannie se eerste indrukke van Hoërskool Waterkloof?Al wat die kinders doen is eet! Wanneer leer hulle?

Tannie Erika Denysschen: Naskoolsentrum Hoe ervaar Tannie Hoërskool Waterkloof in vergelyking met die vorige skool waar Tannie gewerk het?Ek het by die North-American International School gewerk. Daar is slegs 170 kinders en regte Amerikaanse kos soos macaroni en kaas met appelsous word aan hul bedien. Die ouers is meestal diplomate en die kinders kom van regoor die wêreld. Dit is vir my baie lekkerder by ‘n Afrikaanse skool, want ek voel tuis by my eie mense en ons verstaan mekaar.Tannie is van hierdie jaar af in beheer van die naskool. Wat behels dit?Die doel van die naskool is dat kinders na skool naby hul sportaktiwiteite is maar ook skoolwerk kan doen. Ek probeer hard om dit nie soos skool te laat voel nie, maar eerder dat as ‘n tuiste.Hoe voel dit vir Tannie om amptelik deel van Klofieland te wees?Ek is baie trots om deel van die beste skool in die land (volgens my) te wees! Dit is vir my ‘n groot voorreg om deel van die Klofie-span te wees.Waar het Tannie se passie om elke dag met kinders te werk, vandaan gekom?Ek het my hulp as “lees-Mamma” by my dogter se laerskool aangebied. Sedertdien het ek elke dag met kinders gewerk en wil nou niks anders doen nie. Dit voel nie soos werk nie, aangesien ek elke oomblik geniet!

Juffrou Ida Eloff: Besigheidstudies Wat het Juffrou van Waterkloof beïndruk?Daar is baie aktiwiteite vir al die leerlinge en elke leerder kan hom-/haarself op alle gebiede uitleef.Wat doen Juffrou graag in Juffrou se vryetyd?Kuier saam met vriende en familie, oefen, fliek en ontspan.As Juffrou ‘n ander vak (behalwe Besigheidstudies) kon aanbied, watter vak sou dit wees?Gasvryheidstudies.As Juffrou enige nuwe skoolreël kon instel, wat sou dit wees?Strenger reëls vir die laatkom van klasse.Wat is ‘n interessante feit van Juffrou waarvan min mense weet?Ek is baie bang vir spinnekoppe.

Dr. Thersia Rossouw: Geskiedenis Die nuutste Geskiedenis-onderwyseres wat Klofieland betree het, is dr. Thersia Rossouw. Sy is ‘n oud-Klofie wat weer haar wortels terug huis toe gevolg het. Hoekom het Juffrou Waterkloof gekies?Ek was nog altyd by privaatskole betrokke. Ek was honger vir ‘n uitdaging en ek het ‘n passie om in my volksmond klas te gee (Afrikaans). Waterkloof kyk na verskeie denkrigtings en ek hou daarvan.Waarom het Juffou Geskiedenis gekies?My hele familie is gek oor Geskiedenis - toe word dit ook my passie. Beskryf Juffrou se eie matriekervaring.Dit was my beste skooljaar met baie goeie onderwysers.Het Juffrou enige geheime talente?Ek skryf gedigte en skilder. Ek spesialiseer ook in diere-fotografie.Wat maak Juffrou uniek?Ek volg nie die stroom nie. Ek praat nie om die bos nie. Ek is baie lief vir lag en ek dink net visueel. Matrieks of graad 8’s? Ek gee glad nie om nie. Indien dit Juffrou se laaste dag op aarde was, wat sou Juffrou se laaste maaltyd wees?Voorgereg: Kiwi-vrug en aarbeie.Hoofgereg: Drie verskillende vegetariese pizzas.Nagereg: Piesang- en aarbei-sushi.

TIA

AN

MIL

LAR

D

MA

RK

US

VA

N T

UB

BE

RG

HIN

EK

E R

IBB

EN

S

DA

NA

UD

É

BJÖ

RN

BA

RN

AR

D

KR

ISTI

E P

IETE

RS

E

RU

AN

DE

JO

NG

NIC

OLA

VA

N D

ER

WA

LT

Kloof verwelkom:

HOËRSKOOL WATERKLOOF KLOFIEKAN 3

Page 4: M O N I E A R HOËRSKOOL LI H G WATERKLOOF A klofiekan«rskoolWaterkloofK... · Baie geluk aan Mia Uys en Shani Spelt wat met hul item, Yogetta Illusion, met die kreatiwiteitstoekenning

‘n Pierre Cardin-pak met ‘n cowboy-hoed daarby … Is dit moontlik? As jou naam mnr. Gareth Harris is … definitief! Elke seun wil maar eintlik diep binne-in ‘n cowboy wees, en mnr. Harris leef maar net die droom! Toe ek hom vra of hy nie dalk ‘n bietjie warm kry met sy pak klere nie, was sy antwoord: “Vanity knows no pain.” Mnr. Harris haat naweke omdat hy vinnig verveeld raak. Dit is ook hoekom geeneen van sy klasse vervelig is nie. Hy voel ook dat al die dinkwerk wat hy daagliks doen, genoeg kalorieë verbrand en dat dit nie nodig is om te oefen nie. Mnr. Harris glo dat sy leerders Frans as vak gekies het omdat “Frans so ‘n mooi taal is”. Hy het immers self Frankryk toe gegaan om ‘n meisie jaloers te maak (of te beïndruk?). Mnr. Harris kry inspirasie by Craig Ferguson om voluit te leef. Meneer se Franse chouchous (shoe-shoes) is die enigste mense wat die voorreg het om ‘n kaleidoskoop van streepkouse te sien wanneer hy voor in die klas sit. Die Klofies is dit eens, sy kleurvolle persoonlikheid dra beslis by tot oorvol Franse klasse.

KLOFIE-PERSOONLIKHEID

Wat was die ergste ding wat al in jou hoërskoolloopbaan gebeur het?Die vernederendste ding wat al met my gebeur het, was verlede jaar. Ek was op pad na juf. Steyn se klas toe, maar my voet het by die trappe vasgehaak en toe ek val, het my tas oor my kop gevlieg. Ek het so hard geval (op die tweede verdieping) dat die Juffrou op die derde vloer my gehoor het.As jy raad kan gee oor hoe om elke dag voluit te lewe, wat sal jy sê?Wees net jouself, jy moet jouself liefhê, die positiewe raaksien en jy moet beslis nie ander mense se negatiewe opinies in ag neem nie. Dit beteken niks nie!Noem van jou positiewe en negatiewe eienskappe?Positief: Ek glo: less bitter, more glitter.Negatief: Ek kan soms vinnig

kwaad word en ek glo dit is reg of weg!Hoe kies jy jou vriende? Mense se persoonlikhede trek my aan. Jy kan nie iemand oordeel as jy hom/haar nog nie ken nie.

Daar word gesê dat lag die beste medisyne is. Yuvi, ‘n gr.12-leerder, is beslis ‘n laggende Klofie met ‘n hart van goud. Elke mens het stories en hier volg ‘n paar feite oor ons Klofie-persoonlikheid: Yuvianca Doerk …

AB

IGA

IL O

ELL

ER

MA

NN Yuvi DoerkYuvi Doerk

KLOFIES EN HUL DINGE

Wat is die gunstelingavontuur wat julle al saam gedoen het?Dewan: Ons vakansie by Blyde Canyon waar ons die Lone Creek en die Mac-Mac-watervalle gaan ontdek het.Danielle: Die keer by die Buffelspoort ATKV-vakansieoord. Dit was ook ons eerste Nuwejaar saam so dit was definitief een vir die boeke.Het julle al ooit ‘n tandeborsel gedeel?Dewan: Nee, lyk ons vir jou soos barbare? (Aan Dewan) Het jy al ooit ‘n romantiese film as inspirasie gebruik om ‘n move op haar te maak?Dewan: Ek was in graad 9, so natuurlik het ek dit beplan, maar

toe sy my vra wat The Hangover is, kon ek myself nie help nie en het ons die hele reeks gekyk. Watter liedjie beskryf hom/haar die beste?Dewan: Josie - Blink182.Danielle: True Love - P!nk. Watter embarrassing moment het Dewan al voor jou gehad?Danielle: My kêrel is perfek, hy het nie embarrassing moments nie.Mag elke hartseer, enkellopende tiener wat hierdie artikel lees, weet dat as daar hoop vir Dewan is, dan is daar hoop vir almal. Ons wens vir Dewan en Danielle sterkte toe met hul tienerliefde wat al twee en ‘n half jaar lank sterk blom. Mag daar nog vele mooi jare voorlê.

Op 12 November 2014, net nadat Danielle Jacobs se ma vir haar gesê het dat sy en Dewan Fourie net maatjies mag wees, het Dewan haar gevra of sy in daardie geval vir ewig sy maatjie sal wees. Ek het met die paartjie gesels om meer oor hulle verhouding uit te vind.

CLA

RE

TTE

SW

AR

T

Onnie-persoonlikheid:

Mnr. Gareth Harris

Tel: +27 (12) 347 5625 Email: [email protected] @CurvesCastleWalkwww.curvesafrica.com

VISIT US ATCASTLE WALK

SHOPPING CENTRE

ERASMUSKLOOF

Mnr Harris en die graad 11-leerders

Spotprente: Danielle Steyn([email protected])

TRO

NE

L V

ISS

ER

WIL

AN

DR

I HIL

LS, K

AR

LIE

N M

EIR

ING

EN

INE

KE

RIB

BE

NS

4 HOËRSKOOL WATERKLOOF KLOFIEKAN

Page 5: M O N I E A R HOËRSKOOL LI H G WATERKLOOF A klofiekan«rskoolWaterkloofK... · Baie geluk aan Mia Uys en Shani Spelt wat met hul item, Yogetta Illusion, met die kreatiwiteitstoekenning

SOSIAAL

Valentynsbal 2017 Queen of hearts

Volg die leidrade om uit te vind wie jou Romeo is...

Gunsteling vak:

IT Wiskunde

A

B

C

D E

Introvert

See Bos

Wat sien hy eerste raak?

Gunsteling dag:

Valentynsdag Kersfees

Hy hou van:

Liedjies skryfen musiek

‘n Romantiese piekniek

GlimlagDit maaknie saak

nie

Ekstrovert

See Bos

Oefen

Hy hou van: Gunsteling dag:

Eet Nuwejaars Braaidag

Gunsteling date:

Gunsteling vak:

IGO Geografie

Wat sien hy eerste raak?

Oë Gesig

Om ‘n vuurop ‘n kombers ‘n Koffie date

Wie is jou Romeo?

TRO

NE

L V

ISS

ER

WIL

AN

DR

I HIL

LS, K

AR

LIE

N M

EIR

ING

EN

INE

KE

RIB

BE

NS

HOËRSKOOL WATERKLOOF KLOFIEKAN 5

Page 6: M O N I E A R HOËRSKOOL LI H G WATERKLOOF A klofiekan«rskoolWaterkloofK... · Baie geluk aan Mia Uys en Shani Spelt wat met hul item, Yogetta Illusion, met die kreatiwiteitstoekenning

Mnr. Alten het ons hierdie kwartaal weer skoongeboul met ‘n briljante keuse vir die band van die eerste kwartaal van 2017. aKing is ‘n melodieuse pop-rock groep van Bellville. Hunter Kennedy van Die Heuwels Fantasties en Polisiekar asook Jaco Snakehead Venter van Polisiekar, het met hulle vriende Laudo Liebenberg en Hennie van Halen kragte saamgesnoer om aKing te vorm. Hulle maak musiek waarby almal kan aanklank vind en identifiseer. Hunter is intussen met Andrew Davenport van die groep, Thieve, vervang.As jy ‘n passie vir rock-musiek het en na goeie Suid-Afrikaanse alternatiewe musiek opsoek is, is aKing die groep om na te luister. Melodieuse rock-musiek is kitaar-gebaseerde musiek met ‘n mooi koorgedeelte en onvergeetlike melodieë. As jy in rock-musiek belangstel en nie regtig weet waar om te begin nie, is aKing ‘n goeie keuse. Tydens ‘n onderhoud beantwoord die groep die volgende vrae:Wat is die slegste deel van grootword?Die slegste deel van grootword is om uiteindelik as “oud” gesien te word. In die oë van die meeste 18-jariges is ons 200 jaar oud.Wat moet aKing-aanhangers van die nuwe Andrew Davenport weet?Al wat hy op sy beeshaas eet, is bloukaassous.As julle na enige plek in Suid-Afrika kon gaan, waar sou dit wees?Ons is mal oor die tuinroete. As die groeplede op toer is, het hulle verskriklik baie pret. Hulle sê dis belangrik om ‘n sin vir humor te hê as jy in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf is. Hul eerste album, Dutch Courage wat in 2008 vrygestel is, was ‘n reusesukses met die treffer Safe as Houses. Against All Odds was hulle tweede album wat in Mei 2009 vrygestel is. Dié album het rekords met die alombekende You and I gebreek .Al hulle albums is as volg:• Morning After (2014)• The Red Blooded Years (2011)• Agains All Odds (2009)• Dutch Courage (2008)

VERMAAKK

AR

LIE

N M

EIR

ING

Oud-Klofie, Lara Kinnear, het die afgelope tyd doelwitte bereik waarvan die meeste van ons maar net kan droom. Sy vertolk die rol van Marieda in die nuwe, weghol-sukses Afrikaanse film, Vir die voëls. El Broide van die tydskrif People skryf: “Dis een van die beste Afrikaanse flieks van 2016. Dis ’n moet-sien.” Lara is egter nog diep in Hoërskool Waterkloof gewortel met haar ma, Juffrou Jeanne Coetzee, wat vir die Klofies Engels gee en haar man, Franco Kinnear, wat in 2008 mnr. Waterkloof was. Ons het die meisie agter die glans en glorie beter leer ken.Hoe was jou ervaring op die stel van Vir die voëls? Dit was fantasties om saam met so ‘n klomp talentvolle mense te werk en by hulle te kon leer. Partymaal raak die dae op stel lank en dis beslis nie heeltyd glamorous nie, maar die mense was toeganklik, vriendelik en plat op die aarde. Ek verruil die ervaring vir niks nie.Was dit ‘n droom van jou om eendag ‘n rol in ‘n film te vertolk?Dit was nog ALTYD, vandat ek kan onthou, my droom om te perform. Ek sukkel nog my lewe lank om te besluit waarvoor ek die liefste is ... sing, dans of toneelspeel. Dit was maar net ‘n kwessie van wat die wind eerste na my kant toe waai. Dit is veilig om te sê die filmgogga het my nou ERG gebyt.Wat is die beste herinneringe van Hoërskool Waterkloof?Beslis die jaarlikse dansakademie shows, die revues en ook my dramaklasse.

Waarna verlang jy die meeste?Ek verlang na die sorgeloosheid. Ek verlang ook daarna om my vriende so gereeld en so maklik te kan sien, elke liewe dag, ‘n KLOMP keer per dag! As jy een skoolreël kon instel, wat sou dit wees? Daar moet ‘n middagslapie-periode wees soos wat daar was toe jy in die kleuterskool was. Hoekom hou ‘n mens op daarmee? Het jy enige raad vir die Klofies om - soos jy - hulle drome te verwesenlik?Kry vir jou ‘n DIK vel. Dinge werk nie altyd uit soos wat jy hoop nie. Daar is ALTYD iemand wat iets beter as jy kan doen. Die lewe deel GRAAG houe uit. Moenie dat mense in jou kop inklim nie. Jy weet mos wat jy kan doen. En as jy dit doen ... gaan almal ook nie noodwendig saam met jou bly wees nie. Hou vas aan die mense naby aan jou wat jou opbeur en jou ondersteun. Doen wat jy kan, so goed jy kan. Bly wie jy is.

aKing!(Mnr. Alten se BAND van die kwartaal)

‘n Draaiboek wat die hele gehoor se hartsnare roer … gekombineer met ‘n sterbelaaide rolverdeling is beslis ‘n wenresep.Regisseur, Lasse Hallström, met films soos Dear John (2010) en Safe Haven (2013) agter sy naam, oorskry alle verwagtinge met sy fantasie drama-komedie, A Dog’s Purpose. Die film vertel die verhaal van ‘n hond (Josh Gad) wat in die 1960’s gebore word, ‘n kort lewe leef met een vraag in sy hart: “Hoekom is ek hier?” en dan sonder ‘n antwoord sterf … Skielik lewe hy weer na reïnkarnasie as ‘n nuwe hond, op ‘n nuwe plek in die wêreld, steeds bewus van alles uit sy vorige lewe! So ontmoet hy sy eerste eienaar, ‘n 8-jarige seun met die naam Ethan (Dennis Quaid), en vorm ‘n hegte verhouding met hom onder die naam, Bailey.Die intrige handel oor die hond se ervarings as ‘n polisiehond, ‘n klein skoothondjie en dan ‘n verwerpte straathond. Uiteindelik is dit interessant om te sien hoe die hond tog sy doel in die lewe vervul.Die storielyn is ongelooflik kreatief en innoverend. Ouertoesig word aanbeveel vir kinders onder die ouderdom van 10 om enige verwarring a.g.v. fantasie-elemente, te verduidelik.

Filmresensie:

A Dog’s Purpose

TIA

AN

MIL

LAR

D

2017HHHHH

BJÖ

RN

BA

RN

AR

D

Musiekresensie:

NIC

OLE

WA

LDIC

KN

ICO

LE W

ALD

ICK

WAT ONS KAN LEER BY LARA KINNEAR …

Lara as Marieda in Vir die voëls.

6 HOËRSKOOL WATERKLOOF KLOFIEKAN

Page 7: M O N I E A R HOËRSKOOL LI H G WATERKLOOF A klofiekan«rskoolWaterkloofK... · Baie geluk aan Mia Uys en Shani Spelt wat met hul item, Yogetta Illusion, met die kreatiwiteitstoekenning

KULTUUR

TIA

AN

MIL

LAR

D

KIR

STE

N M

INN

AA

R E

N B

IAN

KE

NE

ETH

LIN

G

Rinkink-rubriek

Wel Kloof, die kragkabels is terug en die grond is (so te sê) droog. So, trek julle hardloopskoene uit, sit gemaklik agteroor en kyk saam met ons na die laagte- en hoogtepunte (ja, daar was tog ‘n paar) van die eerste kwartaal.

Hierdie kwartaal is die nie-so-geliefde Druppels aan die skool voorgestel. Nes hul naamgenote, plas hierdie kreatuurtjies op die mees ongeleë plekke rond en maak hulle almal se dag net so’n klein bietjie meer ongerieflik. Die stryd om hulle onder beheer te kry, is deur die admirale gelei (of eerder gely). Nou is ons enigste hoop vir die Druppels net dat hulle hul ware self sal ontdek, die waarde van vriendskap sal leer en asseblief tog net die dekselse paviljoene sal skoonmaak!

Gepraat van mense wat nie liefde ontvang nie, die maand van liefde het ‘n paar van ons ook maar droëbek gelaat (verskoon asseblief die woordspeling). Ten spyte van al die soetsappige liefdesverklarings, hartverwarmende briefies en Ed Sheeran-liedjies in die vierkant, was sommige van ons se enigste troos net ‘n Nutella-pannekoek. Moet egter nie dat dit julle onderkry nie: vee julle trane af, haal The Notebook uit en bly maar net vir ‘n paar dae van Instagram af. Vir die van julle wat wel die dag met ‘n geliefde deurgebring het (nee, jou ma tel nie), was die hartjies oral in die skool en die Valentynsbal, net die kersies op ‘n reeds versierde koek.

Van die Koningin van Harte na ons atlete se pyne en smarte, beweeg ons nou aan na die atletiek. Ah, atletiek. Wat anders kan ons polse laat jaag, ons bloed laat pomp en die sweet van ons laat aftap - en dit nog voordat dit begin het. Van Proppie tot die dirigente se petaljes was die atletiekseisoen van 2017 definitief een vir die boeke, al moet dit nou ‘n boek oor etiket wees. Een ding weet ons darem vir seker: hierdie atletiekseisoen het ons geleer van die krag van saamwerk, spangees en “Ja Ma, Ma was reg oor die sonbrandroom.”

Ten spyte van skandes en skandale is Hoërskool Waterkloof steeds sterk en staande. Ja-nee, Klofies, kwartaal een was ‘n bulletjie, maar waardeer dit tog terwyl jullle kan, want kwartaal twee gaan ‘n stoetbul wees. Troos julself darem hieraan: almal se punte lyk so, amper niemand dab meer nie en die hoof se deur is altyd vir jou oop - solank as wat jy net nie oor jou liefdeslewe (of gebrek daaraan) wil praat nie. Tot volgende keer Klofies, en mag die force (van ‘n Julian Bogner-sprong) met julle almal wees.

RA

CH

ELL

E G

EY

SE

R

So ‘n bek moet jam kry!Dit is ‘n “feit soos ‘n koei” dat die leerders van Hoërskool Waterkloof maar mág, wanneer dit by redenaars kom. Hulle kan nes dansers “cha-cha”, net in hierdie geval met interessante woordspelings en oortuigende standpunte. “Voorsitter, dames en here”, dit is ons redenaars wat altyd die derde opsie kies wanneer “gee in”, “gee op” of “gee dit alles wat jy het” in die vorm van ‘n onvoorbereide onderwerp, hulle in die gesig staar. Hierdie afdeling verloop nooit flaterloos nie en mag veroorsaak dat daar net ‘n “eggo van jou ego” oorbly, maar gelukkig weet almal “what doesn’t kill you, makes you ... tired”? Ons is seker dit moes eintlik sterker wees.Iewers tussen jou inleiding en slot vang jy per ongeluk

jou ma se oog. Jou ma wat elke woord saam met jou opsê, al het jy haar verskeie kere gevra om dit nie te doen nie. Een wyse spreker het ons ongelukkig daaraan herinner dat “someday you will become your parents”. Ja, jy gaan, maar moenie nou al jou “kop daaroor breek” nie; “jy leef net eenkeer, lek die bak uit” en “embrace” die gedagte dat jy ook eendag jou bloedjie se toespraak woord vir woord gaan ken.Aan die einde van so ‘n aand moet die beoordelaars die moeilike besluit neem, “basta pasta” sê en ‘n wenner aankondig. Dit is ‘n onmoontlike verantwoordelikheid, aangesien jy die gala-aand verryk en met hope nuwe kennis laat. Welgedaan Klofie-redenaars, julle is jul “sout werd”!

Hierdie kamp het my lewe verander.”“Die kamp het my laat besef dat die Here my liefhet.”“Hierdie kamp het my laat besef dat ek nie negatief oor myself moet wees nie.” “Tydens hierdie kamp versterk jy jou verhouding met die Here.”

Hierdie is net ‘n paar van die leerders wat die 2017 VCSV-kamp bygewoon het, se ervaring.

Die kamp het op 27-29 Januarie 2017 by die Altelekker-kampterrein plaasgevind.Daar was baie sessies waartydens leerders oor God kon gesels,

maar daar was ook meer as genoeg tyd vir almal om hulself te geniet. Veral die boeresport was baie pret waarna almal lekker in die swembad kon afkoel. Die sanggroep het beslis die Klofies se hartsnare geroer.

Hierdie jaar se tema was Under Construction. Die Klofies wat die kamp bygewoon het, was dit eens dat die kamp hul lewe verander het. Geloofsgroei is ervaar, nuwe vriendskapsbande is gesmee en kosbare herinneringe is gevorm.

Daar word met groot opgewondenheid na die 2018 kamp uitgesien.

Die Leierskapinstituut, onder leiding van mnr. Neels de Klerk, het groot planne vir 2017. Mnr. De Klerk se visie vir die instituut is om alle junior leerders in senior leiers te ontwikkel. Motiveringsprekers spreek die Klofies weekliks oor ‘n wye verskeidenheid onderwerpe toe, waarna besprekingsessies plaasvind. Hierdie sessies is beslis sinvol en bekwaam die Klofies om tot sterk leiers te ontwikkel. Die Leierskapinstituut bied die Klofies die geleentheid om deel te wees van ‘n nuwe generasie wat die wêreld kan verander. In hierdie opsig is die wyse woorde van Leroy Eimes baie gepas: “’n Leier is iemand wat meer kan sien as wat ander kan sien, wat verder kan sien as wat ander kan sien en wat iets kan sien voor ander dit kan sien.”

VCSV-KAMP … WEES JOUSELF

NIC

OLE

WA

LDIC

KN

ICO

LE W

ALD

ICK

Verander jou visiena die werklikheid

Die voormalige Springbokrugbyspeler, Werner Swanepoel, spreek die Klofies toe.

Graadwenners: Afrikaans redenaars

HOËRSKOOL WATERKLOOF KLOFIEKAN 7

Page 8: M O N I E A R HOËRSKOOL LI H G WATERKLOOF A klofiekan«rskoolWaterkloofK... · Baie geluk aan Mia Uys en Shani Spelt wat met hul item, Yogetta Illusion, met die kreatiwiteitstoekenning

AB

IGA

IL O

ELL

ER

MA

NN

, WIL

AN

DR

I HIL

LS, J

AN

A V

AN

NIE

KE

RK

DA

NA

UD

É E

N T

RO

NE

L V

ISS

ER

AN

JON

É D

EN

YS

SC

HE

N

Wie is jou Romeo? antwoorde:

Bevindings:Om ons ondersteuningsgetalle te laat groei, is dit duidelik dat:• ons ‘n alternatief vir die kaartjiesisteem moet kry.• ons verkieslik nie vir busvervoer moet betaal nie.• belonings (bv. roomys) tydens ondersteuning uitgedeel moet word sodat

dit kinders sal motiveer om byeenkomste by te woon.• ons kaperjolle pret moet maak.

Tradisies is waarop ons skool voortbou. Dit behou gees en dit bevoordeel elke Klofie. Daar is ‘n gemeenskaplike gevoel dat ons ondersteuners tot die vooruitgang van ons skool se GEES bydra.Ons almal weet hoe dit voel wanneer KLOFIETROTS deur ons are pomp as die hele paviljoen met een stem bewe. Die stem van KLOOF-ondersteuners.

8’s 8’s don’t be shy, let us see your battle cry…9’s 9’s don’t be shy, let us see your battle cry…Matrics, matrics don’t be shy, let us see your batlle cry…

In ons navorsing oor die ondersteuning tydens sportbyeenkomste, is die volgende vrae aan 150 senior leerders (50 leerders elk in graad 10, 11 en 12) gevra:• Verkies jy aand- of middagbyeenkomste?• Verkies jy busvervoer of eie vervoer?• Dink jy dit is regverdig om vir busvervoer te betaal?• Dink jy die kaartjiesisteeem is suksesvol?• Sal belonings by byeenkomste (bv. roomys) jou meer motiveer om dit by te

woon?• Dink jy dat kaperjolle die gees in die skool bevorder?

KLOFIES KLOFIES don’t be shy, let us see your battle cry.

IN-DIEPTE

SOEKLIG OP:

Kloof-ondersteuners

A B C EDChris Theron

– die musikale RomeoMarnus Slabbert– die akademiese Romeo

Ruben Kotze– die geesdrif t ige Romeo

Julian Bogner– die sport iewe Romeo

Willie Lourens– die grappige Romeo

8 HOËRSKOOL WATERKLOOF KLOFIEKAN

Page 9: M O N I E A R HOËRSKOOL LI H G WATERKLOOF A klofiekan«rskoolWaterkloofK... · Baie geluk aan Mia Uys en Shani Spelt wat met hul item, Yogetta Illusion, met die kreatiwiteitstoekenning

SOSIAAL

Onderhoude:

Watter drie woorde beskryf jou die beste?Wiam: Avontuurlustig, gedetermineerd, entoesiasties.Reuben: Lank, lank en lank. (Ek hoor dit so 8 keer ‘n dag)Mia: Laat, tee en positief.Abby: Vriendelik, liefdevol en lojaal.Cindy: Opgewonde, positief en vriendelik

Wil jy eendag beroemd wees, en hoekom/hoekom nie?Jente: Nee, want dit gaan my nie gelukkiger maak nie.Ruan: Nee, ek hou van my lewe net soos dit is en wil nie heeltyd dopgehou word nie.Cara: Ja, want ek wil eendag vir Justin Bieber ontmoet.Mia: Ja, ek dink as jy beroemd is kan jy na cool plekke gaan en cool mense ontmoet.Danielle: Ummm… ja wat. Dit lyk nogal lekker om baie geld te hê.

Wat is vir jou mooi van jouself?Rueben: My ma sê ek het ‘n mooi hart.Shani: Ek hou van die krulle langs my kop as dit reën.Wiam: My kuif natuurlik!

Watter eienskappe moet ‘n deelnemer aan Mnr en Mej Waterkloof hê?Cindy: Jy moet lus wees vir nuwe uitdagings en jy moet stres kan hanteer.Danielle: Jy moet kan loop en dans in hakskoene terwyl jou bene bewe en jou voete sweet.Sean: Jy moet kreatief en spontaan wees maar steeds nederig bly.Adam: Jy moet die vaardigheid besit om ‘n glimlag op mense se gesigte te kan sit.Carla Hattingh: Jy moet gemaklik wees op die verhoog.Shani: Selfvertroue en nederigheid.Nelisha: Jy moet altyd dieselfde bly.Cara: Jy moet met min slaap kan regkom.

Behind the scenesSo prentjiemooi soos mnr. en mej. Waterkloof elke jaar is, is daar definitief ‘n paar kinkels in die kabels voordat dié aand so perfek kan realiseer. Mooi bly mooi, maar twee linkervoete kan tot ‘n laaaang aand van repetisie lei. Me. Michelle Naudé se effektiewe danspassies het dié jong klomp ‘n bietjie ore aangesit. Soos altyd stel die Klofies nooit teleur nie. ‘n Mens sou drie weke gelede nooit kon raai dat die deelnemers die passies sou kon vervolmaak nie.Tydens die finale aand was die deelnemers stylvol en professioneel wat van baie harde werk en deursettingsvermoë kan getuig. Die Klofie-dames en -here het behoorlik op en af van die verhoog geskitter.

DA

NA

UD

É E

N T

RO

NE

L V

ISS

ER

AN

JON

É D

EN

YS

SC

HE

N

Mnr. & Mej. Klofie

HOËRSKOOL WATERKLOOF KLOFIEKAN 9

Page 10: M O N I E A R HOËRSKOOL LI H G WATERKLOOF A klofiekan«rskoolWaterkloofK... · Baie geluk aan Mia Uys en Shani Spelt wat met hul item, Yogetta Illusion, met die kreatiwiteitstoekenning

KLOFIE-LEEFWYSE

CLA

RE

TTE

SW

AR

T

YU

VIA

NC

A D

OE

RK

Die Druppels van 2017

Wees Gegroet!

Op Woensdag 18 Januarie het die Druppels hulle eerste kaalvoettreë deur die hoërskoolhekke gegee. Na ‘n bietjie intimidering van die bekendstellingskomitee het die skoolklok gelui en was die Klofies reg om die Druppels te verwelkom. Op die maat van Barney het hulle voor die skool verby gehuppel. Ongeveer 12:00 het die opgewonde Druppels hul tasse in die bus gelaai, reg vir die volgende avontuur, die Druppelkamp.

Die kamp was ‘n geleentheid om mekaar te leer ken. Tussendeur die verskeie aktiwiteite is die Druppelgroet en Druppellied aangeleer, wat ‘n paar hees maar trotse Druppels tot gevolg gehad het. Op die laaste aand is die Druppels se beplande middernagfees gefnuik toe die Admirale al hul eetgoed gekonfiskeer het! (Toemaar Druppels, ons almal was deur daardie teleurstelling.) Terug by die skool is die week afgesluit met die eerste Druppellympics. Die arme bloedtjies het slegs twee dae gehad om uit te rus voordat hulle weer na hul gunstelingskool moes terugkeer.

Die volgende uitdaging was die Druppelkonsert. Met harde werk en baie oefening het die konsertkomitee met behulp van die bekendstellingskomitee binne slegs drie dae ‘n uitstekende produksie beplan. Volgens kommentaar was dit die snaakse dansies en karakters – en nie noodwendig die dialoog nie

– wat die gehoor laat skaterlag het. Na afloop van die konsert het die Druppels volgens tradisie hul Druppelkaarte verbrand, die einde van ‘n suksesvolle oriënteringsprogram.

Aan al ons opgewonde Druppels, ons hoop dat julle altyd sal onthou om julle skool en mede-leerders te dien. Wees dus meer as net ‘n Druppel in die emmer.

Die redaksie het die Druppels ‘n paar vrae gevra:

Wat was jou gunsteling-deel van die oriëntering?Om nuwe vriende en herinneringe te maak.

Wie was die kwaaiste admiraal?Admiraal Clarette was vir seker die kwaaiste.(As ek ‘n rand kon kry vir elke keer wat ek dit moes hoor, was ek nie meer op skool nie.)

Wat was die snaaksste ding wat tydens oriëntering gebeur het?Toe Kalkie (‘n Druppel) deur die admirale beveel is om soos ‘n kalkoen te maak.(Die talent loop hoog.)

Wat is die een ding wat jy nooit van oriëntering sal vergeet nie?Toe ons na die konsert die skoollied gesing het en ek besef het dat ek nie ‘n beter hoërskool kon kies nie.

AN

JON

E D

EN

YS

SC

HE

N, I

NE

KE

RIB

BE

NS

Matrieks @

10 HOËRSKOOL WATERKLOOF KLOFIEKAN

Page 11: M O N I E A R HOËRSKOOL LI H G WATERKLOOF A klofiekan«rskoolWaterkloofK... · Baie geluk aan Mia Uys en Shani Spelt wat met hul item, Yogetta Illusion, met die kreatiwiteitstoekenning

SPORT

CLA

RE

TTE

SW

AR

T

YU

VIA

NC

A D

OE

RK

Klofie-atletiek op die piekA

NJO

NE

DE

NY

SS

CH

EN

, IN

EK

E R

IBB

EN

S

Soos altyd blink Kloof op talle terreine uit, en hierdie jaar was die atletiek geen uitsondering nie. Kloof het weereens bewys hoekom ons wêreldklas is.Meer as ‘n duisend Klofies het die atlete tydens die Jakaranda A-Bond Interhoër wat op 24 Februarie 2017 op Pilditch plaasgevind het, ondersteun. Die paar druppeltjies reën het nie die groot, blou golf op die graswalle teruggehou nie.Die dirigente in hul besondere uitrustings het wel eers net voor die aflosse hul verskyning gemaak, maar die Klofieraad het tydens die eerste deel van die byeenkoms die kinders se stemme behoorlik opgewarm. Hierdie jaar se dirigente staan vir geen man of muis terug nie en het dit duidelik gemaak dat Kloof baie gees het.Die atletiekspan van 2017 het uitmuntend presteer. Verskeie atlete het hul persoonlike beste prestasies behaal. Heelwat atlete het bo 900 punte op die ABSA- tabel verdien en verskeie rekords het gespat.Kloof kon met ‘n algehele 3de plek uit 8 van Pretoria se top-atletiekskole spog en het ten spyte van ‘n lang seisoen en nog ‘n langer krukkelys, steeds ‘n pragprestasie met ‘n algehele 6de plek by die PUK-Interhoër behaal. Drie Klofie-atlete het individueel uitstekend presteer. Christopher Swart (1500m seuns o/17), Adam Mayo (400m seuns o/17) en Julian Bogner (verspring seuns o/17), het gekwalifiseer om Suid-Afrika by die Jeugspele in Kenia te verteenwoordig. Hulle word met groot afwagting en opgewondenheid dopgehou. WK is WK – Waterkloof is Wêreldklas – die afgelope atletiekseisoen het bewys dat ons soos EEN man kan saamstaan.

Om ‘n dirigent vir ‘n skool soos Hoërskool Waterkloof te wees, is ‘n absolute eer, want jy weet die skool sal jou vertrou om die gees te lei. Om hoofdirigent te wees, is ‘n groter eer, want jy weet jou skool staan 100% bankvas agter jou om die skool se gees op jou skouers te dra.

Wat is jou doelwit met die skool se gees? Shani: My doelwit is om die Klofies meer

positief en meer opgewonde te maak en om sodoende die skool se gees te verbeter.Ruben: My doelwit is dat almal net hulself moet geniet en die lekker van geesvang ervaar.Hoe sal julle na matriek onthou wil word?

Shani: Ek wil onthou word as die persoon wat ‘n verskil in die skool se

gees gemaak het.Ruben: Ek sal graag onthou wil word as die ou

wat die gees van die skool hooggehou het.Hoe sal jy die skool se gees wil verbeter?

Shani: Ek en my mede-dirigente wil graag vir die Klofies ‘n paar nuwe liedjies leer en ons wil ook fokus op die ou krete wat vergete geraak het.Ruben: Ek sal my ALLES gee.Wat geniet jy die meeste?

Shani: Dit is baie lekker om op te kyk na ‘n blou skool wat saamwerk - dan natuurik ook die mooi klere.

(Dankie Juffrou Seegers en die ouers van Klofietrots.) Ruben: Ek geniet dit om op die Druppels te skree, al is dit eintlik net my manier om die gees aan die jonger grade oor te dra.Hoe voel dit om hoofdirigent en verantwoordelik te wees vir die skool se gees?

Shani: Ek is baie geëerd om hoofdirigent te wees. Dit is ‘n baie groot taak, maar dit is ‘n opwindende uitdaging.

Ruben: Ek voel baie geëerd om hoofdirigent te wees. Dit wys my ook dat die leerders my vertrou om in beheer van die

skool se gees te wees.

Hoofdirigente:Ruben en ShaniHoofdirigente:Ruben en Shani

PaparazziPaparazzi

Adam Mayo en Cindy van Bers – Atletiekkapteine 2017

HOËRSKOOL WATERKLOOF KLOFIEKAN 11

Page 12: M O N I E A R HOËRSKOOL LI H G WATERKLOOF A klofiekan«rskoolWaterkloofK... · Baie geluk aan Mia Uys en Shani Spelt wat met hul item, Yogetta Illusion, met die kreatiwiteitstoekenning

Die tog Bloemfontein toe was ‘n bittersoet voorreg en ‘n ervaring vir die kampvuur van die toekoms. Die naweek het afgeskop met meer as wat ‘n mens kan verwag van ‘n busrit met meer as 400 seuns op pad na Grey Kollege. Die goeie weersomstandighede in die hartjie van die Vrystaat, het net die regte atmosfeer vir ‘n gesellige aand by die gasouers waar ons manne gehuisves is, geskep. Op die rugbyveld is verskeie lesse geleer wat ons vir lank sal bybly. Die Bloemfontein-ervaring is egter iets om nooit te mis nie.

Bloemfontein-derby:

ULE

NE

DE

KO

CK

TIA

AN

MIL

LAR

D

Die Klofish het gewys van watter stoffasie hul gemaak is deur uitmuntende prestasies by Hillcrest se sweminterhoër te behaal. Die A-span het algeheel 5de geëindig en bly dus nog ’n jaar in die A-liga! Die B-span het ‘n eerste plek in die D-liga behaal en skuif op na die volgende liga. Marné Meier het 17 punte, Matthys van Rooyen en Ilané du Plessis het elk 16 punte en Mané Breytenbach het 15 punte tydens die gala verwerf.

‘n Paar vrae aan ons swemmers:Stem jy saam dat vlinderslag die gewildste swemslag is?Christoff Groenewald: Die eerste keer toe ek vlinderslag probeer het, het ek amper ‘n “near to death experience” gehad!

Hoeveel keer skat jy sal Michael Phelps jou in die 100m lap?Xander Lourens: Nie meer as tien keer nie, ek kan darem swem.Verbeel jouself jy swem in die see en ‘n haai kom op jou af, wat sal jy doen?Marné Meier: Vra liewer wat die haai gaan doen wanneer hy my sien.Teen watter onderwyser sal jy nie wil swem nie?Mané Breytenbach: Mnr. Alten, want ek dink hy sal enige iets doen om te wen …Het jou ouers jou ooit aan die diepkant ingegooi toe jy klein was?Johné Hattingh: Nee, ek het sommer self by die diepkant ingespring om op my ouers se senuwees te werk.Hoeveel water sluk jy tydens ‘n resies?Christoff Groenewald: ‘n Hele swembad se water.

Visseuit die water

Klofies verf die Vrystaat blouDie vroegopstaan en ver pad het beslis tot ‘n wonderlike spangees tussen die hokkiespelers bygedra en op die veld het ‘n gevoel van eenheid en trots geheers. Na spannende en opwindende wedstryde teen Oranje Meisies en Grey Kollege, het die spanbou en pret die aand in die koshuise waar ons oorgeslaap het, tot laataand voortgeduur. Dit was ‘n naweek van eerstes - die Druppels se eerste wedstryde in die hoërskool, die graad 9’s se eerste wedstryde in die oop spanne, die graad 10’s se eerste wedstryde as seniors, die graad 11’s se eerste wedstryde in die tweede- of eerstespanne, en die graad 12’s, die nuwe leiers wat dien as ‘n voorbeeld vir die res. Al was die telbord nie altyd in ons guns nie, is dit die motivering van die afrigter van die eerste seunshokkiespan, Chris Gerber, wat ons sal bybly: I have never lost a match, I only win or learn something.”

Dis vyfuur op ‘n Vrydagoggend en die Klofies is op pad - pasop Bloemfontein! ‘n Lang busrit en die koel oggendlug het beslis nie die netbaldogters se gees gedemp nie. Die eerste wedstryde teen Oranje Meisieskool is met die kenmerkende “Klofie Guts” aangepak. Vrydagaand het die Spur in Mimosa Mall van Klofies gewemel. Die netbalspelers het in die Tsogo Sun Hotel tuisgegaan en is Saterdagoggend met ‘n heerlike ontbyt bederf. Later die oggend het die terrein van Hoërskool Sentraal weergalm met die Klofie Call. Elke Druppel tot matriekleerder het hul harte uitgespeel. Dit bewys net weer die waarheid in ons leuse: ‘n Betrokke Klofie is beslis ‘n gelukkige Klofie. Vol nuwe herinneringe, moeg en tevrede is die Klofies weer terug in Gauteng. Dit was ‘n suksesvolle naweek wat definitief tot meer spangees gelei het. Dit het die Klofies vir seker opgewonde gemaak oor die sportseisoen wat voorlê.

Rugby

NetbalWIL

AN

DR

I HIL

LS E

N D

AN

É N

AU

MIG

NO

N R

ETI

EF,

TA

NIK

A P

IETE

RS

E E

N E

LRIC

H V

AN

DE

R S

PU

Y

SPORT

Hokkie

12 HOËRSKOOL WATERKLOOF KLOFIEKAN