13
WERKROOSTER KWARTAAL 2 2020 AFRIKAANS GRAAD 5 TYDPERK: 8 tot 12 Junie Gebruik die Handboek: Almal verstaan Afrikaans Gr. 5 bl. 101 112 Die tema vir die volgende week is “Op vlerke van verbeelding.” Doen al die werk in jou klaswerkboek. (NB! SKRYF ELKE DAG DIE DATUM EN DIE OPSKRIF BO-AAN JOU WERK) MAANDAG 8/06 DINSDAG 9/06 WOENSDAG 10/06 DONDERDAG 11/06 VRYDAG 12/06 AFR Spelwoorde: Uit die sprokie “Die boek en die hoed van Donkerwoud.” 1. eksentrieke 2. strooihoed 3. kaboutermaatjie 4. punthoed 5. towenaar 6. piepklein 7. weggesteek 8. verlangend 9. houtkappertjie 10. astrant Skryf elke woord 3x uit in jou sinne-boekie. Maak nou ‘n sin met elke spelwoord. Gebruik ‘n woordeboek as jy nie die betekenis verstaan nie. Lees die sprokie “Sterredroom” HB bl. 102, 103 en doen Akt 9.1 nr. 1 6 bl. 104 in jou klaswerkboek. Sien memorandum aangeheg. Lees die moderne sprokie “Die avonture van die Parramallallas” HB bl. 105, 106 Skryf: Beskryf ‘n persoon. Akt 9. 3 HB bl. 107 Skryf ‘n paragraaf van 60 – 80 woorde waarin jy die Whiekie Mawhakkie beskryf soos wat hy vir die kinders gelyk het. Jy mag ‘n skets byvoeg. GEBRUIK BYVOEGLIKE NAAMWOORDE en onderstreep dit met ‘n kleur. Hersieningsoefeninge Aangeheg NB: Verdeel die hersiening oor 2 dae. Hersieningsoefeninge Aangeheg Speltoets: agter in jou spelboekie indien jy dit by jou het/ agter in klaswerkboek. Doen: Junie vraestel. Aangeheg Lees: Die sprokie “Die boek en die hoed van Donkerwoud” HB bl. 108 – 110 As daar iemand by die huis is kan julle dit gerus rolspeel.

MAANDAG 8 /06DINSDAG 9 WOENSDAG 10 DONDERDAG 11 /06 …menlolaer.co.za/wp-content/uploads/Gr.5-Afrikaans... · 1.5 Die mense in Swede eet die meeste sjokolade. (2) 1.5.1 Skryf die

  • Upload
    others

  • View
    6

  • Download
    1

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: MAANDAG 8 /06DINSDAG 9 WOENSDAG 10 DONDERDAG 11 /06 …menlolaer.co.za/wp-content/uploads/Gr.5-Afrikaans... · 1.5 Die mense in Swede eet die meeste sjokolade. (2) 1.5.1 Skryf die

WERKROOSTER KWARTAAL 2 2020 AFRIKAANS GRAAD 5 TYDPERK: 8 tot 12 Junie Gebruik die Handboek: Almal verstaan Afrikaans Gr. 5 bl. 101 – 112 Die tema vir die volgende week is “Op vlerke van verbeelding.” Doen al die werk in jou klaswerkboek. (NB! SKRYF ELKE DAG DIE DATUM EN DIE OPSKRIF BO-AAN JOU WERK)

MAANDAG 8/06 DINSDAG 9/06 WOENSDAG 10/06 DONDERDAG 11/06 VRYDAG 12/06

AFR

Spelwoorde: Uit die sprokie “Die boek en die hoed van Donkerwoud.” 1. eksentrieke 2. strooihoed 3. kaboutermaatjie 4. punthoed 5. towenaar 6. piepklein 7. weggesteek 8. verlangend 9. houtkappertjie 10. astrant

Skryf elke woord 3x uit in jou sinne-boekie. Maak nou ‘n sin met elke spelwoord. Gebruik ‘n woordeboek as jy nie die betekenis verstaan nie. Lees die sprokie “Sterredroom” HB bl. 102, 103 en doen Akt 9.1 nr. 1 – 6 bl. 104 in jou klaswerkboek. Sien memorandum aangeheg.

Lees die moderne sprokie “Die avonture van die Parramallallas” HB bl. 105, 106 Skryf: Beskryf ‘n persoon. Akt 9. 3 HB bl. 107 Skryf ‘n paragraaf van 60 – 80 woorde waarin jy die Whiekie Mawhakkie beskryf soos wat hy vir die kinders gelyk het. Jy mag ‘n skets byvoeg. GEBRUIK BYVOEGLIKE NAAMWOORDE en onderstreep dit met ‘n kleur.

Hersieningsoefeninge Aangeheg NB: Verdeel die hersiening oor 2 dae.

Hersieningsoefeninge Aangeheg

Speltoets: agter in jou spelboekie indien jy dit by jou het/ agter in klaswerkboek. Doen: Junie vraestel. Aangeheg Lees: Die sprokie “Die boek en die hoed van Donkerwoud” HB bl. 108 – 110 As daar iemand by die huis is kan julle dit gerus rolspeel.

Page 2: MAANDAG 8 /06DINSDAG 9 WOENSDAG 10 DONDERDAG 11 /06 …menlolaer.co.za/wp-content/uploads/Gr.5-Afrikaans... · 1.5 Die mense in Swede eet die meeste sjokolade. (2) 1.5.1 Skryf die

Maandag: Memorandum: Aktiwiteit 9.1 bl. 104 nrs. 1 - 6

1. Die sentrale idee is ‘n meisie se ontmoeting met ‘n droomperd.

2. Die meisie dagdroom gedurig oor perde en hoe graag sy ‘n perd sou wou wees.

Sy droom die nag van ‘n perd. Die spanning bou op soos wat sy naderbeweeg

aan die perd.

3. Die perd praat met haar en vlieg met haar die nag in.

4. Nee, ons vermoed net dat hy slegs in haar drome bestaan.

5. Eers die werklikheid langs die strand, die veld, by haar huis en dan Ster se

droomwêreld waar dit nag is, maar tog ook afspeel in haar bekende omgewing.

6. Die eerste deel is realisties en die tweede deel is fiktief.

HERSIENINGSOEFENINGE JUNIE EKSAMEN

1. Lettergrepe: Verdeel die volgende woorde in lettergrepe.

a. situasie

b. vettetjie

c. komediant

d. spektakel

e. vrolike

f. telefoon

g. borrelbad

h. toiletpapier

2. Woordsoorte: Benoem die woordsoorte in die volgende sinne.

a. Die vinnige atleet hardloop altyd in die oggend verby Menlopark.

b. Die nuwe intrekkers het die polisie vining ontbied, want hulle was in ‘n ongeluk.

3. Voornaamwoorde: Benoem die voornaamwoorde.

a. Waarheen neem jy my, Karen?

b. Julle moet julle streke laat staan!

c. Ai tog, dit was haar boek wat weg was!

4. Bywoorde: Voorbeelde

TYD PLEK WYSE

altyd elders beter

pas oral behoorlik

vandag daar vining

jaarliks skerp (toegeneem)

middernag

nou

Page 3: MAANDAG 8 /06DINSDAG 9 WOENSDAG 10 DONDERDAG 11 /06 …menlolaer.co.za/wp-content/uploads/Gr.5-Afrikaans... · 1.5 Die mense in Swede eet die meeste sjokolade. (2) 1.5.1 Skryf die

Benoem die onderstreepte bywoorde. a. Die eksamen het pas begin.

b. Juffrou was vriendelik vandag.

c. Daar is oral plek om te parkeer.

d. Hy probeer elke toets beter doen.

5. Skryftekens: Skryf die kappie, deelteken, koppelteken waar nodig.

a. kortkort

b. geeindig

c. vlieer

d. naaap

e. wereld

f. more

6. Sinsoorte: Benoem die volgende sinne.

a. Kom dadelik!

b. Hoera!

c. Gaan nou huis toe!

d. Eina, my toon is seer!

e. Wie loop daar?

f. Carli is my sussie.

7. Ontkenning: Skryf die sinne in die ontkenning.

a. Het jy ooit iets om te doen?

b. Het jy al ooit so iets gesien?

c. Ek sien hulle êrens.

8. Tydsvorme: Skryf die sinne a en b in die verlede tyd en c en d in die teenwoordige tyd.

a. Ons sit vandag in die klas.

b. Ek het ‘n hond.

c. Sy was siek.

d. Die baba is bederf.

9. Sinsdele van ‘n enkelvoudige sin. Wat is die OW, G, VW van die sinne?

a. Die seun het fiets gery.

b. Die atleet ontvang ‘n medalje.

10. Gee eers die meervoud en dan die verkleining van die woorde.

a. leeu

b. span

c. strikdas

d. been

e. brief

f. koning

Page 4: MAANDAG 8 /06DINSDAG 9 WOENSDAG 10 DONDERDAG 11 /06 …menlolaer.co.za/wp-content/uploads/Gr.5-Afrikaans... · 1.5 Die mense in Swede eet die meeste sjokolade. (2) 1.5.1 Skryf die

11. Gee eers die antoniem en dan die sinoniem van die woorde.

a. nors

b. onstuimig

12. Kies die regte homofoon.

a. Die seun (leun/leuen) teen die muur.

b. ‘n Harde (by/bui) reën het uitgesak.

c. Ons groet Moeder met ‘n (kis/kus).

13. Is die volgende woorde samestellings of afleidings?

a. lamppaal

b. kaartjieverkope

c. vertoning

14. Voegwoorde; Verbind die sinne met die voegwoorde in hakies.

a. Mila bly by die huis om haar huiswerk te doen. Sy wou graag winkel toe gaan. (alhoewel)

b. Hano maak vrugteskommels. Dit is warm. (omdat)

c. Hy het ‘n maat saamgebring. Hy wou ons aan mekaar voorstel. (want)

d. Karen het lank studeer. Karen wou graag goed vaar. (omdat)

Page 5: MAANDAG 8 /06DINSDAG 9 WOENSDAG 10 DONDERDAG 11 /06 …menlolaer.co.za/wp-content/uploads/Gr.5-Afrikaans... · 1.5 Die mense in Swede eet die meeste sjokolade. (2) 1.5.1 Skryf die

HERSIENINGSOEFENINGE MEMO JUNIE EKSAMEN

1. Lettergrepe: Verdeel die volgende woorde in lettergrepe.

a. si/tu/a/sie

b. vet/te/tjie

c. ko/me/di/ant

d. spek/ta/kel

e. vro/li/ke

f. te/le/foon

g. bor/rel/bad

h. toi/let/pa/pier

2. Woordsoorte: Benoem die woordsoorte in die volgende sinne.

a. Die (lidw.) vinnige (b.nw) atleet (s.nw.) hardloop (ww.) altyd (bw. v tyd) in die oggend

verby Menlopark (eienaam).

b. Die nuwe (b.nw.) intrekkers (s.nw.) het die polisie (s.nw.) vining (bw. v wyse) ontbied

(ww.), want (voegw.) hulle (persoonlike vnw.) was in ‘n (lidw.) ongeluk.

3. Voornaamwoorde: Benoem die voornaamwoorde.

a. Waarheen (vraende vnw.) neem jy my (persoonlike vnw.), Karen?

b. Julle (persoonlike vnw.) moet julle (besitlike vnw.) streke laat staan!

c. Ai tog, dit was haar (besitlike vnw.) boek wat (betreklike vnw.) weg was!

4. Bywoorde: Voorbeelde

TYD PLEK WYSE

altyd elders beter

pas oral behoorlik

vandag daar vining

jaarliks skerp (toegeneem)

middernag

nou

a. Die eksamen het pas begin. Bywoord van tyd

b. Juffrou was vriendelik vandag. Bywoord van tyd

c. Daar is oral plek om te parkeer. Bywoord van plek

d. Hy probeer elke toets beter doen. Bywoord van wyse

5. Skryftekens: Skryf die kappie, deelteken, koppelteken waar nodig.

a. kort-kort

b. geëindig

c. vlieër

d. na-aap

e. wêreld

f. môre

6. Sinsoorte: Benoem die volgende sinne.

a. Kom dadelik! Bevelsin

b. Hoera! Uitroepsin

c. Gaan nou huis toe! Bevelsin

Page 6: MAANDAG 8 /06DINSDAG 9 WOENSDAG 10 DONDERDAG 11 /06 …menlolaer.co.za/wp-content/uploads/Gr.5-Afrikaans... · 1.5 Die mense in Swede eet die meeste sjokolade. (2) 1.5.1 Skryf die

d. Eina, my toon is seer! Uitroepsin

e. Wie loop daar? Vraagsin

f. Carli is my sussie. Stelsin

7. Ontkenning: Skryf die sinne in die ontkenning.

a. Het jy ooit iets om te doen? Het jy nooit iets om te doen nie?

b. Het jy al ooit so iets gesien? Het jy nog nooit so iets gesien nie?

c. Ek sien hulle êrens. Ek sien hulle nêrens nie.

8. Tydsvorme: Skryf die sinne a en b in die verlede tyd en c en d in die teenwoordige tyd.

a. Ons sit vandag in die klas. Ons het gister in die klas gesit.

b. Ek het ‘n hond. Ek het ‘n hond gehad.

c. Sy was siek. Sy is siek.

d. Die baba is bederf. Die baba word bederf.

9. Sinsdele van ‘n enkelvoudige sin. Wat is die OW, G, VW van die sinne?

a. Die seun het fiets gery. OW=Die seun G=het gery VW=fiets

b. Die atleet ontvang ‘n medalje. W=Die atleet G=ontvang VW=’n medalje

10. Gee eers die meervoud en dan die verkleining van die woorde.

a. leeu leeus leeutjie

b. span spanne spannetjie

c. strikdas strikdasse strikdassie

d. been bene beentjie

e. brief briewe briefie

f. koning konings koninkie

11. Gee eers die antoniem en dan die sinoniem van die woorde.

a. nors vriendelik onvriendelik

b. onstuimig kalm stormagtig

12. Kies die regte homofoon.

a. Die seun (leun/leuen) teen die muur.

b. ‘n Harde (by/bui) reën het uitgesak.

c. Ons groet Moeder met ‘n (kis/kus).

13. Is die volgende woorde samestellings of afleidings?

a. lamppaal samestelling

b. kaartjieverkope samestelling

c. vertoning afleiding

14. Voegwoorde; Verbind die sinne met die voegwoorde in hakies.

a. Mila bly by die huis om haar huiswerk te doen, alhoewel sy graag wou winkel toe gaan.

b. Hano maak vrugteskommels, omdat dit warm is.

c. Hy het ‘n maat saamgebring, want hy wou ons aan mekaar voorstel.

d. Karen het lank studeer, omdat sy graag wou goed vaar.

Page 7: MAANDAG 8 /06DINSDAG 9 WOENSDAG 10 DONDERDAG 11 /06 …menlolaer.co.za/wp-content/uploads/Gr.5-Afrikaans... · 1.5 Die mense in Swede eet die meeste sjokolade. (2) 1.5.1 Skryf die

Afdeling A: Leesbegrip VRAAG 1: LEESSTUK

SMAAK _________________________________________________________________________

1. Die smaaksin vertel ons wanneer kos goed of sleg is. Verskillende dele van die tong het smaakknoppies wat verskillende smaaksensasies waarneem: suur aan die kante, soet in die middel, bitter agter en soet en sout by die punt. Wat ons verder as “smaak” beskou, is eintlik ervarings van reuk – wat verklaar waarom kos vir verkouerige mense met toe neuse so “smaakloos” kan wees. 2. Uit onlangse navorsing het egter geblyk dat die mense ook ‘n vyfde smaak het en wel een wat gevoelig is vir glutamaat, een van die twintig aminosure. Hierdie smaak, wat umami genoem en in Engels met “savouriness” (smaaklikheid) vertaal word, word deur menslike eters ervaar wanneer hulle kossoorte proe wat baie glutamaat bevat, soos vleis, beleë kaas en seewier. Umani is ‘n Japanese woord wat “heerlikheid” of “hartig” beteken. 3. Maar wat is smaak? As ‘n mens die tongoppervlak ontleed, sien jy dat daar ‘n groot aantal klein uitsteekseltjies is. Hulle word eintlik smaakpapille of smaakknoppies genoem. Die smaakbekers in die papille is die eintlike smaakorgane en dié word geprikkel deur stowwe in die verskillende soorte kos wat ons eet. Die senuwees stuur die inligting deur na die brein, wat dit vertolk as waarneming van smaak. Met ander woorde dat ‘n mens besig is om iets te proe.

VRAAG 2: GRAPPIE Kyk na die onderstaande grappie en beantwoord die vrae.

‘’Ek kan nie verstaan hoe kan Meneer sê ek het nou drooggemaak nie!’’

Soet Sout Suur Bitter Umami

Page 8: MAANDAG 8 /06DINSDAG 9 WOENSDAG 10 DONDERDAG 11 /06 …menlolaer.co.za/wp-content/uploads/Gr.5-Afrikaans... · 1.5 Die mense in Swede eet die meeste sjokolade. (2) 1.5.1 Skryf die

Laerskool Menlopark Afrikaans: Graad 5 31 Mei 2018 Eksaminator: Me. K. Smith Tyd: 90 min. Moderator: Me. O. Klopper Punte: 25 Leesbegrip 45÷3 = 15 Taal Naam en Van: ________________________ Graad 5: __ nr.__

Afdeling A: Leesbegrip Lees die leesstuk op die aparte bladsy en beantwoord die vrae in vol sinne. Laat ‘n lyntjie tussen elke antwoord oop. Vraag 1 1.1 Watter sintuig gebruik ons om te besluit of kos goed of sleg is? (1) 1.2 Soek ‘n woord in die slotsin van die leesstuk wat amper dieselfde beteken as “smaaksin”? (1) 1.3 Hoeveel dele van die tong word in die eerste paragraaf genoem? (1) 1.4 Noem die vyf smaaksensasies wat ‘n mens kan identifiseer. (5) 1.5 Wat beteken “smaakloos”? (1) 1.6 Noem enige twee kossoorte wat volgens hierdie leesstuk “umami” het. (2) 1.7 Watter aminosuur word hier genoem? (1) 1.8 Watter woord gebruik die skrywer om te sê dat iets lank gelê het en daardeur smaakliker geraak het? (1) 1.9 Watter woord in die laaste paragraaf beteken “haarfyn ondersoek”? (1) 1.10 Verduidelik hoekom kos as “smaakloos” ervaar word as ons verkoue is. (2) 1.11 Watter verband is daar tussen smaak en reuk? Verduidelik. (1) 1.12 Wat is die grootste: die smaakpapille of die smaakbekers? Verduidelik hoekom jy so sê. (2) 1.13 Sê of die volgende bewering waar of onwaar is: “’n Mens kan net een ding op ‘n slag proe.” Gee ‘n rede vir jou antwoord. (2) 1.14 Watter rol speel die brein in ons vermoë om iets te proe? (1) Vraag 2 GRAPPIE Kyk na die grappie en beantwoord die vrae. 2.1 Hoekom is dit snaaks? (1) 2.2 Wat beteken die uitdrukking “om droog te maak”? (1) 2.3 Wat noem ons hierdie uitdrukkings in Afrikaans? (1)

TOTAAL 25

Page 9: MAANDAG 8 /06DINSDAG 9 WOENSDAG 10 DONDERDAG 11 /06 …menlolaer.co.za/wp-content/uploads/Gr.5-Afrikaans... · 1.5 Die mense in Swede eet die meeste sjokolade. (2) 1.5.1 Skryf die

Afdeling B: Taal Lees die leesstuk en beantwoord die vrae wat volg.

Lekker feite oor sjokolade

1. Sjokolade word gemaak van kakaobone. Hierdie bone is baie bitter en daar word suiker en ander stowwe bygevoeg.

2. Sjokolade is baie gewild tydens Valentynsdag, Paasfees en Kersfees. Meer as die helfte van die sjokolade wat in Japan verkoop word, word rondom 14 Februarie verkoop.

3. Daar is minder kafeïen in sjokolade as in tee, koffie of Coca-Cola. 4. Daar is anti-oksidante in sjokolade wat kanker- en hartprobleme kan

voorkom. 5. Sjokolade is die mees gewilde smaak in Amerika. 6. Sjokolade se raklewe is ongeveer een jaar lank. 7. In 1842 het Cadbury die eerste stafie sjokolade in Engeland gemaak. 8. Die mense in Swede eet die meeste sjokolade. Hulle eet gemiddeld

8,6kg sjokolade per kop per jaar. 9. Daar word wêreldwyd aanvaar dat die eet van sjokolade stowwe in die

liggaam vrystel wat jou dieselfde laat voel as wanneer jy verlief is. 10. Die vervaardigers van sjokolade gebruik 20% van al die neute en 40%

van al die amandels in die wêreld. 11. Sjokolade kan verslawend wees, maar die eet van ‘n stafie sjokolade so

nou en dan kan geen kwaad doen nie. 12. Die eet van sjokolade veroorsaak nie puisies nie. 13. Sjokolade absorbeer maklik ander geure en reuke en moet liefs

weggehou word van chemikalieë in die huis.

Beantwoord die volgende vrae. Jy kan net die antwoord op die antwoordblad neerskryf. 1.1 Gebruik die woord “van” (reël 1) in ‘n kort sin sodat die betekenis duidelik is.

(1)

1.2 Gee die regte vorm van die woord tussen hakies. (2)

1.2.1 Dit is die (bederf) kind se (kies) om elke dag ‘n sjokolade te eet.

1.3 Verdeel die volgende woorde in verskillende lettergrepe soos wat jy dit aan die einde van ‘n sin

afbreek. (2)

1.3.1 sjokolade

1.3.2 stowwe

1.4 Is raklewe ‘n samestelling of ‘n afleiding? (1)

1.5 Die mense in Swede eet die meeste sjokolade. (2)

1.5.1 Skryf die gesegde neer.

1.5.2 Skryf die onderwerp neer.

1.6 Wat noem ons die volgende sinsoort? (2)

1.6.1 Die mense in Swede eet die meeste sjokolade. 1.6.2 Skryf die sin nou oor as ‘n vraagsin.

Page 10: MAANDAG 8 /06DINSDAG 9 WOENSDAG 10 DONDERDAG 11 /06 …menlolaer.co.za/wp-content/uploads/Gr.5-Afrikaans... · 1.5 Die mense in Swede eet die meeste sjokolade. (2) 1.5.1 Skryf die

1.7 Beantwoord die volgende vrae.

1.7.1 Hoekom is daar ‘n koppelteken in hart- en kankerprobleme? (d.w.s. in die plek waarvan

staan die koppelteken)? (1)

1.7.2 Skryf die woord en plaas die deelteken, kappie of koppelteken waar nodig. (gebruik ‘n

kleurpen om dit aan te dui) (3)

1.7.2.1 seweuur

1.7.2.2 geeet

1.7.2.3 miljoener

1.7.2.4 eeneen

1.7.2.5 nerens

1.7.2.6 beinvloed

1.8 Soek die volgende Woordsoorte uit die sin in die raam. (6)

Meer as die helfte van die sjokolade wat in Japan verkoop word, word rondom Februarie verkoop.

1.8.1 ‘n soortnaam

1.8.2 ‘n eienaam

1.8.3 ‘n lidwoord

1.8.4 ‘n voornaamwoord

1.8.5 ‘n bywoord

1.8.6 ‘n werkwoord

1.9 Bestudeer die volgende sin: (1)

Daar word wêreldwyd aanvaar dat die eet van sjokolade stowwe in die liggaam vrystel wat jou dieselfde laat voel as wanneer jy verlief is.

1.9.1 Is die sin enkelvoudig of saamgesteld?

1.10 Is die onderstreepte woorde bywoorde van tyd, wyse of plek? (3)

1.10.1 Die skoolhoof het vanoggend hier aangekom.

1.10.2 Tiaan kom netnou kuier.

1.10.3 Die kinders huppel fladderend weg.

1.11 Voornaamwoorde: Soek ‘n voorbeeld van die volgende voornaamwoorde in die sin.

(3)

Waar het julle ons boeke gesit wat julle gister ingeneem het?

1.11.1 Vraende voornaamwoord

1.11.2 Besitlike voornaamwoord

1.11.3 Persoonlike voornaamwoord

Page 11: MAANDAG 8 /06DINSDAG 9 WOENSDAG 10 DONDERDAG 11 /06 …menlolaer.co.za/wp-content/uploads/Gr.5-Afrikaans... · 1.5 Die mense in Swede eet die meeste sjokolade. (2) 1.5.1 Skryf die

1.12 Voltooi die volgende tabel. (4)

Antoniem Sinoniem

1.12.1 dikwels

1.12.2 regte

1.13 Skryf die woorde in hakies in die meervoud. (2)

1.13.1 Die (ski) kan jy huur by die huis waar al die (vlag) hang.

1.14 Skryf die woorde in hakies in die verkleining. (2)

1.14.1 Kyk die oulike foto’s van die (baba) in die (album).

1.15 Beantwoord die volgende vrae. Jy moet die hele sin uitskryf.

1.15.1 Maak die onderstaande sinne ontkennend. (2)

1.15.1.1 Milan wou êrens met haar skaatse gaan vakansie hou.

1.15.1.2 Zanje het nog altyd kookkos voorberei.

1.16 Skryf die volgende sinne in die verlede tyd. (2)

1.16.1 Hulle hou hulle kamers netjies.

1.16.2 Die stad word na haar vernoem.

1.17 Skryf die volgende sinne in die teenwoordige tyd. (2)

1.17.1 Die groep wou nie alles doen nie.

1.17.2 Carli was siek.

1.18 Verbind die sinne met die voegwoord tussen hakies. (2)

1.18.1 Nina bly by die huis om haar huiswerk te doen. Sy wou graag winkel toe gaan. (alhoewel)

1.18.2 Karen het lank studeer. Karen wou graag goed vaar. (omdat)

1.19 Verduidelik die betekenis van die volgende idiome. (2)

1.19.1 Daar is ‘n slang in die gras.

1.19.2 Die man is lief vir spekskiet.

Totaal 45÷3= 15

Page 12: MAANDAG 8 /06DINSDAG 9 WOENSDAG 10 DONDERDAG 11 /06 …menlolaer.co.za/wp-content/uploads/Gr.5-Afrikaans... · 1.5 Die mense in Swede eet die meeste sjokolade. (2) 1.5.1 Skryf die

MEMO LEESSTUKKE Afdeling A 1.1 Smaak(sin)(tuig) √

1.2 Proe √

1.3 4/vier √

1.4 Suur, sout, bitter, sout, umani (5)

1.5 Dit is sonder smaak/geur. √

1.6 Vleis, (beleë) kaas, seewier. (enige 2)

1.7 Glutomaat √

1.8 Beleë √

1.9 Ontleed √

1.10 Enige korrekte verduideliking, byvoorbeeld: Smaak en reuk werk saam en as ons nie kos kan

ruik nie, kan ons dit ook nie proe nie. (2)

1.11 Enige korrekte verduideliking, byvoorbeeld: Smaak is eintlik ‘n reukervaring. √

1.12 Smaakpapille is die grootste, want die smaakbekers is in die smaakpapille. (2)

1.13 Onwaar. ‘n Mens kan byvoorbeeld suur en soet saam proe of bitter en suur. /Umami is ‘n

kombinasie van smake. (2)

1.14 Die brein sê vir ons watter smaak/smake ons waarneem as ons eet. √

2.1 Die seun gooi water/koeldrank oor sy lessenaar uit en Meneer sê/vra hoekom het hy

drooggemaak. Die vloeistof is nat. √

2.2 Jy vang goed aan wat onvanpas is. √

2.3 Idiome √

Afdeling B Taal 1.1.1 Sy van is Van der Merwe. √

1.2.1 bedorwe √ keuse √

1.3.1 sjo-ko-la-de √ 1.3.2 stow-we √ 1.4 samestelling √ 1.5.1 eet √ 1.5.2 Die mense in Swede √ 1.6.1 Stelsin √ 1.6.2 Eet die mense in Swede die meeste sjokolade? √ 1.7.1 Die koppelteken staan in die plek van probleme. √ 1.7.2.1 sewe-uur ½ 1.7.2.2 geëet ½ 1.7.2.3 miljoenêr ½ 1.7.2.4 een-een ½

1.7.2.5 nêrens ½ 1.7.2.6 beïnvloed ½

Page 13: MAANDAG 8 /06DINSDAG 9 WOENSDAG 10 DONDERDAG 11 /06 …menlolaer.co.za/wp-content/uploads/Gr.5-Afrikaans... · 1.5 Die mense in Swede eet die meeste sjokolade. (2) 1.5.1 Skryf die

1.8.1 sjokolade √ 1.8.2 Japan Februarie √ 1.8.3. die √ 1.8.4 wat √

1.8.5 rondom √

1.8.6 verkoop √

1.9.1 Saamgestelde sin √

1.10.1 bywoord van plek √ 1.10.2 bywoord van tyd √ 1.10.3 bywoord van wyse √

1.11.1 Waar √- vraende voornaamwoord 2. ons √ – besitlike voornaamwoord 3. julle √– persoonlike voornaamwoord 1.12

Antoniem Sinoniem

dikwels selde √ baie/gedurig √

regte verkeerde √ korrekte/juiste √

1.13.1 ski’s √ vlae √ 1.14.1 babatjie √ albumpie √ 1.15.1 Milan wou nêrens met haar skaatse vakansie hou nie. √ 1.15.2 Zanje het nog nooit kookkos voorberei nie. √ 1.16.1 Hulle het hulle kamers netjies gehou. √ 1.16.2 Die stad is na haar vernoem. √ 1.17.1 Die groep wil nie alles doen nie. √ 1.17.2 Carli is siek. √ 1.18.1 Nina bly by die huis om haar huiswerk te doen, alhoewel sy graag winkel toe wou gaan. √ 1.18.2 Karen het lank studeer, omdat sy graag goed wou vaar. √ 1.19.1 Iets is nie pluis nie. √ 1.19.2 Die man jok graag. √