8
TEL: 058 - 303 5411 WOENSDAG 14 AUGUSTUS 2013 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE Koerant met hart The paper with heart I Man sit 250 jaar Lynda Greyling ’n REEKSVERKRAGTER, wat ’n skrikbewind op Bethlehem en Petrus Steyn gevoer het, is tot 250 jaar gevangenisstraf ge- vonnis. Tshidiso Benjamin Mokoena (38) is agt keer lewenslange tronkstraf opgelê nadat hy deur regter Jakes Moloi skuldig be- vind is aan verkragting en in- braak met die doel om te ver- krag. Hy is ’n verdere 20 jaar tronk- straf opgelê vir poging tot ver- kragting, tien jaar vir diefstal, asook tien jaar elk vir twee aan- klagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Mokoena is reeds voorheen skuldig bevind op aanklagte van verkragting, diefstal en roof en poging tot moord. Tydens sy parool het hy 8 vroue tussen 13 en 25 jaar ver- krag. Regter Moloi het die onder- soekbeampte, Reneé Nel van Bethlehem se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbesker- ming en seksuele misdrywe, bedank vir die wyse waarop sy die saak gehanteer het om te verseker dat Mokoena uit die samelewing verwyder word. Hy het in sy uitspraak gesê verkragting is die ergste sken- ding van ’n vrou se privaatheid en dat Mokoena geen respek vir ’n vrou het nie. Die getal kere dat hy verkrag het, wys hy is ’n reeksverkragter en ’n gevaar vir die samelewing. Lede van die ANC-vroueliga en die slagoffers het ná die uit- spraak hul tevredenheid met die vonnis uitgespreek. Lynda Greyling ’n SESJARIGE wat haar eerste tree gegee het, ’n vyfjarige wat sy eerste woorde gesê het en ’n pa wat ná 12 jaar die beste Vadersdag-geskenk ooit gekry het ... ’n spontane soen en druk van sy seun. Vir menige klink bognoemde na iets alledaags, maar by Pathways Bethlehem, ’n stimulasie-sentrum vir kinders en jong volwassenes met ernstige gestremdhede, is elke klein bietjie vordering wat gemaak word, ’n groot mylpaal wat bereik word. Om die beste moontlik vir hierdie kinders te doen word daar jaarliks ’n bal by Lavender Hill gehou. Vanjaar was dit met ’n Franse tema, A French soirée. Die meeste gaste het barets en ve- re-boa’s en sjiek Franse modes ge- dra . . . en dan was daar dr. Juan McAlpine, wat soos ’n Franse mi- miek-kunstenaar vermom was. Hy het die hele aand niks gesê nie, maar met sy gebare oorgedra wat hy wou sê! Die kunstenaar Helena Hettema het mense in die Franse stemming gebring met haar pragtige musiek terwyl Karla van den Bergh se skilde- rye van Franse tonele bykomende kleur verleen het. Die geld wat met die bal ingesamel is, gaan vir die bedryf van Pathways aangewend word. Pathways beskik ook oor ’n boufonds. Volgens Liesl Reyneke, hoof, staan die boufonds stewig, maar dit is nie genoeg om ’n huis te kan koop nie. Daarom het hulle by die Lotto aan- soek gedoen om die verskil wat hulle nodig het aan te vul om ’n eiendom te koop. Om by die Lotto aansoek te doen moes hulle ’n aanbod op ’n huis maak. Tot dusver het hulle nog nie geld ontvang nie en kon ’n transaksie nog nie beklink word nie. ) Vanjaar se Loslitdag-plakkers is by Pathways beskikbaar. ’n BIETJIE Frans op Bethlehem. Johan en Nan- cy Breytenbach met hul barets en serpe op Pathways Bethlehem se jaarlikse bal wat by La- vender Hill gehou is. WANDA VAN NIEKERK en Marli Vosloo. Franse flair op bal Franse flair op bal

Malutima 20130814

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Malutima 20130814

Citation preview

Page 1: Malutima 20130814

TEL: 058 ­ 303 5411 WOENSDAG 14 AUGUSTUS 2013 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE

Koerant met hart The paper with heartI

Mansit250jaar

Lynda Greyling

’n REEKSVERKRAGTER, wat’n skrikbewindopBethlehemenPetrus Steyn gevoer het, is tot250 jaar gevangenisstraf ge-vonnis.Tshidiso Benjamin Mokoena

(38) is agt keer lewenslangetronkstraf opgelê nadat hy deurregter Jakes Moloi skuldig be-vind is aan verkragting en in-braak met die doel om te ver-krag.Hy is ’n verdere 20 jaar tronk-

straf opgelê vir poging tot ver-kragting, tien jaar vir diefstal,asook tien jaar elk vir twee aan-klagte van aanranding met diedoel om ernstig te beseer.Mokoena is reeds voorheen

skuldig bevind op aanklagtevan verkragting, diefstal en roofen poging tot moord.Tydens sy parool het hy 8

vroue tussen 13 en 25 jaar ver-krag.Regter Moloi het die onder-

soekbeampte, Reneé Nel vanBethlehem se eenheid virgesinsgeweld, kinderbesker-ming en seksuele misdrywe,bedank vir die wyse waarop sydie saak gehanteer het om teverseker dat Mokoena uit diesamelewing verwyder word.Hy het in sy uitspraak gesê

verkragting is die ergste sken-ding van ’n vrou se privaatheiden dat Mokoena geen respekvir ’n vrou het nie.Die getal kere dat hy verkrag

het,wyshy is ’n reeksverkragteren ’ngevaar vir die samelewing.Lede van die ANC-vroueliga

en die slagoffers het ná die uit-spraak hul tevredenheid metdie vonnis uitgespreek.

Lynda Greyling

’n SESJARIGE wat haar eerste treegegee het, ’n vyfjarige wat sy eerstewoorde gesê het en ’n pa wat ná 12jaar die beste Vadersdag-geskenkooit gekry het ... ’n spontane soen endruk van sy seun.Vir menige klink bognoemde na

iets alledaags, maar by PathwaysBethlehem, ’n stimulasie-sentrum virkinders en jong volwassenes meternstige gestremdhede, is elke klein

bietjie vordering wat gemaak word,’n groot mylpaal wat bereik word.Om die beste moontlik vir hierdie

kinders te doen word daar jaarliks ’nbal by Lavender Hill gehou. Vanjaarwas dit met ’n Franse tema,AFrenchsoirée.Diemeeste gaste het barets en ve-

re-boa’s en sjiek Franse modes ge-dra . . . en dan was daar dr. JuanMcAlpine, wat soos ’n Franse mi-miek-kunstenaar vermom was.Hy het die hele aand niks gesê nie,

maar met sy gebare oorgedra wat hywou sê!Die kunstenaar Helena Hettema

het mense in die Franse stemminggebring met haar pragtige musiekterwyl Karla van denBergh se skilde-rye van Franse tonele bykomendekleur verleen het.Die geld watmet die bal ingesamel

is, gaan vir die bedryf van Pathwaysaangewend word. Pathways beskikook oor ’n boufonds.Volgens Liesl Reyneke, hoof,

staan die boufonds stewig, maar ditis nie genoeg om ’n huis te kan koopnie.Daarom het hulle by die Lotto aan-

soek gedoen om die verskil wat hullenodig het aan te vul om ’n eiendomte koop. Om by die Lotto aansoek tedoenmoes hulle ’n aanbod op ’n huismaak. Tot dusver het hulle nog niegeld ontvang nie en kon ’n transaksienog nie beklink word nie.) Vanjaar se Loslitdag-plakkers isby Pathways beskikbaar.

’n BIETJIE Frans op Bethlehem. Johan en Nan­cy Breytenbach met hul barets en serpe opPathways Bethlehem se jaarlikse bal wat by La­vender Hill gehou is.

WANDA VAN NIEKERK en Marli Vosloo.

Franse flair op balFranse flair op bal

Page 2: Malutima 20130814

2 MALUTI, WOENSDAG 14 AUGUSTUS 2013

Karen Herbert

UNASHAMEDLY ETHICAL is working hand inhand with Exposed 2013 on exposing corrup-tion.Membersof the community cannominate indi-

viduals or organisations known for an unasham-edly ethical lifestyle before 26 August.Lynette Bezuidenhout of Unashamedly Ethi-

cal says this project, Exposing the Righteous,recognises people and organisations who makea stand for ethics, values and clean living on aprovincial and national level.Anyone can nominate a person or organisa-

tion by writing a motivational story with referen-ces no longer than an A4-page.The categories are:

) youth;) sport;

) health professionals;) business;) government;) church/religious organisations; and) non-profit organisations.Unashamedly Ethical Free State will be host-

ing an event on 15 October in the City Hall inBloemfontein where five finalists from every cat-egory will be honoured and a winner in each cat-egory will be announced.The winner from each category will represent

the Free State at a national event.This event will take place during February

2014 in Cape Town where an overall winner ineach category will be announced. This will bean annual event.For more information call Bezuidenhout on

084-702-0310 between 08:00 and 16:00 or sendan email to [email protected].

The righteous to be honoured

31 Augustus: Bethlehem-lugskou. Kontak DerekO’Connor by 083-629-5242vir meer inligting.14 September: Musiekdag

op Kestell ten bate van dieVolksblad-Kersfonds. Diegospel-sangkompetisie begin om 09:00 in dieBoerevereniging se saal. Kunsmark met gratisstaanplek. Rig navrae aan Johann Ramage by058-653-1136.14 September: Christiaan van Zyl, vanjaar

se Spontaanwenner op die Vryfees, tree om

19:00 in die Metodistekerk opKestell op. Die Bethlehem-Metodistekerk se klokke-spelgroep tree ook op. Dit isalles ten bate van die Volks-blad-Kersfonds. Rig navraeaan Johann Ramage by 058-

653-1136.3 Oktober: Project Runway met David Fou-

rie spesiaal net vir vroue in die Oos-Vrystaat.Kaartjies kos R250 en sluit ’n geskenksak enete in. Beskikbaar by Vrystaat, Kansa, Curves,Nuveau, Niins en Solomons.

VRYDAG isVrouedaggevier. ByPart­Eeze is vroue reedsWoens­dag met ’n ete bederf waartydens ’n motiveringspraatjie geleweris en vroue met geskenkpakke bederf is. Hier is ma en dogter,Ria en Riëtte Mostert.

Vier vrouwees op ete

VIER Harvards vandie Eqstra Flying Li-ons-span gaan op 30Augustus saam met’n Gabriël Pit Special’n lugvertoning oorBohlokong en Bethle-hem lewer.Volgens dr. Clem

Harrington, voorsittervan die Bethlehem-lugskoukomitee, saldie vliegtuie om-streeks 16:00 die Vry-dag in Johannesburgopstyg.Ongeveer ’n uur la-

ter sal die vliegtuie ’nvolledige vertoningoor Bohlokong lewer,waarna dieselfde ver-toning oor Bethlehemsal volg. Die vliegtuieis bekend vir hul rook/olievertoning.

Skouspelin die lug

Vir meerfoto’s en nuusgaan na

www.maluti-news.co.za

’n TELEVISIESPAN van Kwêla was Woensdagaand op Fouriesburg toe dié Oos­Vrystaat­se dorp as Kwêla se dorp van die jaar aangewys is. Fouriesburg het 107 761 stemmegehad, meer as dubbeld meer as die Paarl wat tweede was met 42 634. Die dorp hetR1 miljoen se bemarking op kykNET gewen. Op 24 Augustus kom kykNET makietie houmet David Fourie, Sara Theron en Nadine. Saammet die televisiespan is Mona Scheepersen Elsa Corbett.

Besoek wendorp

Page 3: Malutima 20130814

MALUTI, WOENSDAG 14 AUGUSTUS 2013 3

NIE enigeen kan alleen op ’n ver-hoog staan en laerskoolleerlinge seaandag sowat ’n uur behou nie,maar Jacques Gombault, ’n akteurwat in bekende sepies soos 7deLaan speel, kan wel.

Gombault het Dinsdag die Laer-skool Jordania, die Laerskool TruidaKestell en die Hoërskool Wittebergbesoek en deur middel van vertel-ling, dramatisering en animasie be-wusmaking onder leerlinge oor ver-skillende soorte boelies en hoe hier-die gedrag gehanteer moet word,bevorder.

Deur middel van drie flieks wat hygemaak het, waaronder Simson hetnie muscles gehad nie, hetGombault vertel van sy eie ervaringas kind met ’n boelie, ene Otto Coet-zer.

“Jy word geboelie as jy ’n sagteteiken is.”

Volgens Gombault is daar viersoorte boelies: die een het problemetuis; ’n ander sien jou aan as kompe-tisie; die derde soort boelie weet nie

eens hy boelie jou nie – dit is ge-woonlik die een wat jou altyd wil reg-help en die laaste soort is jy wanneerjy jouself afkraak.

Jacques het aan die hand vanvoorbeelde elke soort boelie se ken-

merke verduidelik en op ’n interes-sante manier gewys hoe leerlinge ditkan hanteer.

Jacques het die bewusmaking na-mens Solidariteit Helpende Hand seHoop in Aksie-veldtog gedoen.

Boeliegedrag só pak gegeeDIE akteur Jacques Gombault het die Laerskool Jordania deur Solidariteit Helpende Hand besoek om leerlingeoor boelies toe te spreek. Van links is Theunis Filmater, Hein Stoltz, Gombault, Jana Stuart en Marcelle Willis.

BELANGHEBBENDES wat die bewusmakingspraatjie oor boelies by dieLaerskool Jordania bygewoon het, is van links André Smith (hoof), JacquesGombault (spreker), Anita Schoeman (voorsitter: Solidariteit Helpende Handse tak op Bethlehem) en Vanessa Marais (streekorganiseerder van Solidari­teit Helpende Hand in die Vrystaat).

’nVEILING tenbate vanPathways, Bethlehem, is ná JohnDeereFinan­sieel en Afgri se gholfdag op Clarens gehou. Daar is onder meer ’nskildery van John Deere­produkte en John Deere­produkte opgeveil.Van links is Pieter Möller (seremoniemeester), Liesl Reyneke (Path­ways) en Nico Maree (afslaer).

Hou veiling op Clarens

TERWYL die manne opJohn Deere Finansieelse gholfdag op Clarensse gholfbaan was, is ’nvroueteeparty gehouwaarop die skilder Ri­chard Rennie ’n demon­strasie gelewer het. Vandie vroue op die gesel­ligheid is van links Iman­da Durand, Sophia leRoux en Verna­Mey Ey­berg. Nog foto’s op dieMalutiwebwerf: http://malutinews.co.za.

Foto: Lynda Greyling

Page 4: Malutima 20130814

4 MALUTI, WOENSDAG 14 AUGUSTUS 2013

Christus produk vir ons leweBOLLE en blomme: Lees1 Thessalonisense1:1–10

“ . . . julle (het) diewoord aangeneem met ’nblydskap wat van die Hei-lige Gees kom . . . so hetjulle ’n voorbeeld geword vir al die gelowiges”.

In Emergy Post vertel iemand van ’nblommewinkel naby haar kollege in Cambrid-ge. Sy het menigmaal by die winkel se venstersverbygestap sonder om haar te steur aan dieuitstalling van blomsade en -bolle. Ná eenKersvakansie keer sy terug en vir die eerstekeer steek sy vas by die winkel se vensters.In die een venster is ’n oorvloed van blommeuitgestal: hiasinte, tulpe en nog meer. In die an-der venster is die gewone uitstalling van saaden bolle. Voorheen het die kleurlose uitstallingvan saad en blombolle haar nie in die minstegeïnteresseer nie. Toe sy egter die kleurlosebolle se kleurvolle produk van blomme in die

ander venster sien, besluit sy dade-lik om uit haar plat beursie vir haartulpebolle te koop. In haar ver-beelding kan sy sien hoe haar woon-plek gaan lyk as die tulpe blom. Aandie einde van haar vertelling maaksy hierdie toepassing: “The world is

not interested in the Bible. But let the world be-gin to see in the lives of those who profess tobe in Christ Jesus beauties hither-to hiddenand realise the sweet savour of Jesus Christ,and I doubt not that men and women will beginto ask for the way of salvation.”

So ’n aangename, kleurvolle Christenlewe isnie net die produk van soort navolging vanChristelike reëls en beginsels, soos dit in dieBybel geskryf staan en predikante van ons ver-wag nie. Met ons aangebore sondige natuurkry ons dit nie reg nie.

Dit is die produk van Christus se eie lewein ons, deur die werk van die Heilige Gees.www.kragvirvandag.co.za; ds. Manie Colyn.

Vroue vat nou voorLynda Greyling

REEDS in 1712 wou ’n Isabel-le Maartins haar uitvindingpatenteer. Sy kon egter nie,want sy was ’n vrou en netmans is daardie jare toege-laat om hul uitvindings te patenteer.

Haar uitvinding is twee jaar later (’n koring-meul) onder haar man se naam gepatenteer. Se-dertdien het dinge verander en is daar al ’n ellelange lys name van vroue wat goedere gepaten-teer het. Wie het ’n skottelgoedwasser, ’n stryk-plank, weggooidoeke of ’n gloeilamp ontwikkelen gepatenteer? ’n Vrou, natuurlik.

Deesdae beklee vroue leierposte en laat hulstem hoor. Baie het op hul besondere manier ’nverskil in die samelewing gemaak. Daar is Op-rah, prinses Diana, Charlize Theron, prinsesCharlene en dies meer.

Op Behlehem is daar tallevroue wat met verloop van tyd ’nverskil gemaak het en steedsmaak. Vir my is daar iets spesi-aals aan elke vrou. Om heeltydste werk, ma en vrou te wees maakelkeen besonders. Op Vrouedag

word elkeen gehuldig. Op Bethlehem was ’nhooggeregshofsitting die afgelope week volvroue wat hul mede-vroue ondersteun het toe’n man verskyn het op aanklagte van verkrag-ting, poging tot verkragting en poging tot moord.

Goeie ondersoekwerk deur ’n polisievrou hetdaartoe gelei dat hy op agt van die verkragting-aanklagte skuldig bevind is. Hy is agt keer le-wenslange tronkstraf, asook bykomende tronk-straf, opgelê op die ander klagte. In geheel is hytot 250 jaar gevangenisstraf gevonnis. En toedaar begin is om appèl aan te teken is dit sum-mier deur die regter verwerp.

deur

Lynda Greyling

Geesgenoot

DIE Metropolitan-sentrum bied nou, in same-werking met Maluti en Magic Photography, syjaarlikse babakompetisie aan.

Nes vorige jare is dit ’n fotokompetisie, maarvanjaar met ’n byvoeging. Kleuters drie en vierjaar oud kan vanjaar die eerste keer ingeskryfword.

Die kompetisie begin op 16 Augustus en ein-dig op 18 Oktober. Die beoordeling en prysuit-deling sal in die daaropvolgende week geskied.

Foto’s word in die Metropolitan-sentrum deurMagic Photography geneem en kleingoed van

geboorte tot ses maande oud, ses maande tot’n jaar, een tot twee jaar en twee tot drie jaar,asook drie tot vier jaar, kan vir die kompetisieingeskryf word. Datums wanneer die foto’s ge-neem word sal, sal op ’n kennisgewingbordaangekondig word. Een van die foto’s wat ge-neem word, sal op die kennisgewingbord in diesentrum geplaas word.

Rig navrae aan Magic Photography by 082-210-3960 of Esta Visser van die Metropolitan-sentrum by 058-303-8162.

’n Verskeidenheid pryse is op die spel.

Sentrum soek sy wenners

“Dit is ’n jaar ná die Anglo-Boereoorlog; in diemiddel van ’n sirkus-arena in die Amerikaansehartland staan ’n man geklee in tipiese Boere-krygerdrag . . .”Sirkusboere van Sonja Loots is enersyds die

verhaal van mense wat van hul ergste trauma’n sirkus gemaak het, andersyds die verhaalvan iemand wat weet hoe om die mens se ap-tyd vir skouspelagtige geweld uit te buit.

InSirkusboereherken jy mense wat jy steedsteëkom. Die verhaal speel af in die Anglo-boe-

reoorlog met karakters soos genl. Piet Cronjéen Ben Viljoen. Cronjé is verknog aan sysmaad. Viljoen wil die lewe soos ’n vrot vel vanhom afskud.

Dan is daar ook Fillis vir wie die lewe ’n sirkusis. En so gebeur dit dat verlede en hede oorme-kaar skuif met die makabere gedreun van ap-plous in die ore.

Loots het verskeie pryse vir Sirkusboere ont-vang, onder meer die Eugène Marais-prys endie K. Sello Duiker-prys.

Bekroonde boek op Bhm bespreek

EDELGARD MALAN(middel) was die spre­ker op Bethlehem­leesring se maande­likse vergadering. Syhet Sirkusboere vanSonja Loots be­spreek. Van links is Il­se Craven, Malan enAnnette Kleynhans.

HANDGEMAAK­TE artikels, ’n ver­skeidenheid eet­goed en speserye,asook ’n teetuin,was deel van dietuismark wat bydie Martelle­gas­tehuis­en­bloe­miste gehou is.Dié tuismark gaannou ’n maandelik­se instelling word.Hier op die mark isCardelleSchnetleren Nicolene Dor­fling.

’n TUISMARK isverlede Saterdagby die Martelle­gastehuis­en­bloemiste gehou.Rulien Loock(links) het bors­spelde wat sy ge­hekel het, asookander wat sy vanvilt gemaak het, enander handge­maakte mooigoedverkoop. By haaris Johan Kotze enRina Bosman.

Foto: Lynda Greyling

Page 5: Malutima 20130814

MALUTI, WOENSDAG 14 AUGUSTUS 2013 5

Skakel 0860 007 007 vandag om jou afspraak te reël.

Kom gesels gerus met ‘n Old Mutual Finansiële Adviseur of ‘n Makelaar oor jou drome en doelwitte, op weeksdae vanaf 12 – 30 Augustus 2013.

En geniet Mugg & Bean se koffie sonder ophou en ‘n Reuse Muffin, met die komplimente van Old Mutual.

Slegs by deelnemende Mugg & Bean Restaurante beskikbaar: Bloemfontein, Bethelem, Kimberley, Harrismith, Potchefstroom en Welkom.

10009799JB

/A

VERANDER JOU TOEKOMSOOR ‘N KOPPIE KOFFIE

Old Mutual is ‘n Gelisensieerde Finansiële Diensverskaffer.Besoek www.oldmutual.co.za/coffee vir bepalings en voorwaardes.

Page 6: Malutima 20130814

6 MALUTI, WOENSDAG 14 AUGUSTUS 2013

DIE studente van die Maluti­VOO­kollege op Bethlehemwat die beste gevaar het metdie afgelope eksterne eksa­men, is van links, voor: PulengMokoena, Tandeka Napakade,Ntaoleng Mtambo en PalesaMbele; agter: Pennelope Ra­debe, Sanna Moloi, XolaniTshabalala en Thankiso Mo­koena. Hulle het die instellingse enigste onderskeidings indie eerste semester ontvanguit die sowat 400 studente. Na­pakade het twee onderskei­dings gehad. S.M. Tshabalala,T.M.S. Moloi en D.S. Radebewas afwesig. Almal is bemar­kings­ en besigheidsbestuurstudente.

Foto: Marguerite Vermeulen

DIE Vrystaat­ronde van die jaarlikse kultuurfees van die Beweging vir Christelike VolkseieOnderwys (BCVO) is verlede naweek gehou. Vier leerlinge vandieAfrikaansePrivateSkoolop Bethlehem het deelgeneem. Hulle het voorgedra. Van links is Lesta Barrie (gr. 6, A+++),Johan Claasens (gr. 4, A) , Du Toit Claasens (gr. 6, A++) en LW Smit (gr. 6, A). DorieSteyn het hulle afgerig.

Almal se Winkel:Ons koop enige antieke en

gewone meubels aan. Skakelgerus vir pryse.

Johan 082 312 0855.

Was vansitkamerstelle,

volvloermatte enmotorsitplekke.

Uitsuig van water.Gratis kwotasies.

Skakel

Ronel 082 788 1483

SANDSTONE: Blocks,bricks, cladding, rivens,tiles, etc.Tel. 058 303 4840.12 Archbell Street, Bethle-

hem.

NEED A LOAN?071°446°7284

Renovated flats availablefrom August 2013. 2 bedr,1bathroom, kitchen, living-room. R3 850 p.m. and R4 850p.m. Fully furnished flat.Contact 058 303 9309/083 630 8860.

Op soek na werk: Ma, Woen Vr. as huishulp/

kinderoppasser.Melita 073 972 0986.

Op soek na werk: Maandae- Vrydae as huishulp/kinderoppasser. Skakel Ma-ria 060 405 2602.

Page 7: Malutima 20130814

MALUTI, WOENSDAG 14 AUGUSTUS 2013 7

Page 8: Malutima 20130814

8 MALUTI, WOENSDAG 14 AUGUSTUS 2013

SportSportKoerant met hart The paper with heartI

JOHN DEERE FINANCIAL en Afgri het Dins-dag vir boere en kliënte in die Oos-Vrystaat ’ngholfdag op Clarens aangebied.

Altesaam 60 spelers het aan die gholfdagdeelgeneem. Die wenners was Dawie Stem-met, Tinus Potgieter, Jaco van der Watt en FlipTait. Naaste aan die pen was Boy Bekker endie langste dryf was deur Theo Ferreira.

Jacques Taylor, besturende direkteur vanJohn Deere Financial in Afrika suid van die Sa-hara, sê hoewel die John Deere-handelsmerkbaie sterk in die landboubedryf is, is die kliëntdie sleutel tot die handelsmerk se sukses inSuid-Afrika.

“Vandag se boere is besigheidsmense watpersoonlike kontak met ’n handelsmerk wil hê.

“Die gholfdag skep ’n geleentheid waaropJohn Deere Financial tyd saam met van ons

lojaalste kliënte kan deurbring om dankie te sêvir hul ondersteuning. Dit gun ons ook die ge-leentheid om ons kliënte beter te leer ken.”

Taylor glo die boer en besigheidsman en sygesin is deel van die John Deere-familie.

Die boere het nie net tyd gekry om ’n bietjiete ontspan en die vars berglug tussen die Malu-ti’s te ervaar nie.

Hulle het ook kans gekry om bande met be-langhebbendes in die bedryf te smee.

“Ons het ons kliënte ook beter leer ken, nuwevriende gemaak en kontakte op ’n informelemanier opgebou. Dit is ons manier om erken-ning aan hulle vir hul ondersteuning te gee,”sê Patrick Roux, besturende direkteur van Af-gri-meganisasie.

Toerustingverskaffers soos Lemken, Rovic,asook Falcon, het die dag bygewoon.

Speel gholf in Maluti’s

INWONERSvanHarrismithwat aan JohnDeereFinancial enAfgri se gholfdag opClarens deelge­neem het, is van links Dandré Kruger, Lebo Zietsman, Schalk Maree en Hendrik Beukes.

Lynda Greyling

DIE eerste keer in die 13-jarige bestaan vandie Truida Kestell-o.13-tennistoernooi is daartot op die laaste punt gespeel om vanjaar sewenner te bepaal.

Volgens André Barends, organiseerdervan die toernooi, het die seunspanne vanGrey en Tygerpoort van Pretoria sake in dieeindronde van die A-afdeling op Gobleparkuitgespook. “Dit was een van die opwindend-ste en beste tenniswedstryde ooit,” sê Ba-rends. Die wenner is met ’n valbylpunt bepaalwaartydens Grey, verlede jaar se wenner, dieknie voor Tygerpoort moes buig.

Altesaam 60 spanne van oor die land heenhet van Woensdag tot Saterdag aan die toer-nooi deelgeneem. Daar is op al Bethlehem,Clarens en Reitz se bane gespeel.

Die Laerskool Truida Kestell se eerste mei-siespan het die eenpunt-kompetisie gewenterwyl Fairlands se seunspan die seuns-afde-ling gewen het.

Dansers van die Gail Barr-dansskool hetgedurende die spelers se sosiale aand ’n

dansdemonstrasie gelewer, waarna hulle diespelers danspassies geleer het. Dit, asookdie spanne se algemene gedrag en optrede,het bepaal wie die beste gees het. Dié wen-span was Hillsbury se seunspan en Pretoria-Oos se meisiespan.

Tygerpoort van Pretoria het die A-afdelinggewen met Grey in die tweede plek en CurroHazeldene derde.

Die span van die Laer Meisieskool Oranjehet die meisies-A-afdeling gewen met CurroHazeldene tweede en Truida Kestell derde.

Farilands se seunspan het die B-afdelinggewen met Willem Postma in die tweede plek.

In die B-afdeling vir meisies was Eunice diewenner met Willem Postma tweede.

Tygerpoort wen naelskraap

DIE Laerskool TruidaKestell se eerste tennis­spanhet derde in die TruidaKestell­o.13­toer­nooi geëindig wat van Woensdag tot Sater­dag op Bethlehem beslis is. Die span is vanlinks Chanel Becker, Margo Landmann, Milavan Wyk, Marli Claasen en Hanlie Claasen(spanbestuurder). Foto: Lynda Greyling