12
TEL: 058 - 303 5411 WOENSDAG 29 JANUARIE 2014 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE Koerant met hart The paper with heart I Baljaar op gr. 8-kamp DIE gr. 8-leerlinge van die Hoërskool Voortrekker het die afgelope naweek op Moolmanshoek gekampeer. Hulle het aan verskeie aktiwiteite deelgeneem, mekaar met modder besmeer, appels probeer eet sonder om daaraan te vat en dies meer. Foto: Verskaf Lynda Greyling DIE Bethlehem-vliegklub gaan nie vanjaar ’n lugskou aanbied nie. Vir die vlieg-entoesias is daar vanjaar ’n reuse-byeenkoms waarop meer as 2 000 vliegtuie in 14 lugvaartafdelings in die lugruim bo Bethlehem, asook op die lughawe, te sien sal wees. Jaarliks vlieg duisende mense wat in lugverkeer belang stel na Oshkosh in Amerika waar hulle op die vliegveld slaap, eet, stort, kuier en natuurlik die hele tyd net oor vliegtuie praat. Lede van die Aero-klub Suid-Afrika het die vorige byeenkoms bygewoon en kan nie daaroor uitgepraat raak nie. Drie vliegklubs in Suid-Afrika is geïdentifiseer met die poten- siaal om ’n soortgelyke byeen- koms aan te bied. Dit is Waterkloof, Port Eliza- beth en Bethlehem. Bethlehem was eindelik die finale keuse. Clem Harrington, voorsitter van die Bethlehem-vliegklub, sê dit is ’n groot eer vir die dorp. Van 1 tot 4 Mei sal die 14 lugvaartafdelings op Bethlehem se lughawe saamtrek. Dit sluit in afdelings met vliegtuie wat toertjies doen, lugballonne, sweeftuie, valskerm- springers en modelvliegtuie. Die vlieëniers sal ’n dag voor die tyd daar aankom en daar sal in die volgende twee dae verskeie verbyvlugte plaasvind. Baie mense sal op die vliegveld kampeer, terwyl sommige mense in plaaslike gastehuise sal tuisgaan. Volgens Kevin Storie, bestuur- der van die Aero-klub Suid-Afri- ka, verwag hulle die byeenkoms sal net so gewild soos dié een in Oshkosh word. Die Bethlehem-vliegklub vier vanjaar sy 80ste bestaansjaar en dit is deel van die dorp se 150-jaar-vierings. Lugskou sprei vlerke Nuwe skou sal vliegtuie uit 14 lugvaartafdelings lok REGS: Meisies in gr. 8 aan die Hoërskool Voortrekker tydens die appel-eetkompetisie op die kamp op Moolmanshoek.

Malutima 20140129

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Malutima 20140129

Citation preview

Page 1: Malutima 20140129

TEL: 058 ­ 303 5411 WOENSDAG 29 JANUARIE 2014 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE

Koerant met hart The paper with heartI

Baljaar op gr. 8­kampDIE gr. 8­leerlinge van die Hoërskool Voortrekker het die afgelope naweek op Moolmanshoek gekampeer. Hullehet aan verskeie aktiwiteite deelgeneem, mekaar met modder besmeer, appels probeer eet sonder om daaraante vat en dies meer. Foto: Verskaf

Lynda Greyling

DIE Bethlehem-vliegklub gaannie vanjaar ’n lugskou aanbiednie.Vir die vlieg-entoesias is daar

vanjaar ’n reuse-byeenkomswaarop meer as 2 000 vliegtuiein 14 lugvaartafdelings in dielugruim bo Bethlehem, asookop die lughawe, te sien salwees.Jaarliks vlieg duisende mense

wat in lugverkeer belang stelna Oshkosh in Amerika waarhulle op die vliegveld slaap,eet, stort, kuier en natuurlikdie hele tyd net oor vliegtuiepraat.Lede van die Aero-klub

Suid-Afrika het die vorigebyeenkoms bygewoon en kannie daaroor uitgepraat raak nie.Drie vliegklubs in Suid-Afrika

is geïdentifiseer met die poten-siaal om ’n soortgelyke byeen-

koms aan te bied.Dit is Waterkloof, Port Eliza-

beth en Bethlehem. Bethlehemwas eindelik die finale keuse.Clem Harrington, voorsitter

van die Bethlehem-vliegklub, sêdit is ’n groot eer vir die dorp.Van 1 tot 4 Mei sal die 14

lugvaartafdelings op Bethlehemse lughawe saamtrek.Dit sluit in afdelings met

vliegtuie wat toertjies doen,lugballonne, sweeftuie, valskerm-springers en modelvliegtuie.Die vlieëniers sal ’n dag voor

die tyd daar aankom en daar salin die volgende twee daeverskeie verbyvlugte plaasvind.

Baie mense sal op dievliegveld kampeer, terwylsommige mense in plaaslikegastehuise sal tuisgaan.Volgens Kevin Storie, bestuur-

der van die Aero-klub Suid-Afri-ka, verwag hulle die byeenkomssal net so gewild soos dié eenin Oshkosh word.Die Bethlehem-vliegklub vier

vanjaar sy 80ste bestaansjaaren dit is deel van die dorp se150-jaar-vierings.

Lugskou sprei vlerkeNuwe skou sal vliegtuie uit 14 lugvaartafdelings lok

REGS:Meisies in gr. 8 aan dieHoërskool Voortrekker tydens die appel­eetkompetisie op die kampopMoolmanshoek.

Page 2: Malutima 20140129

2 MALUTI, WOENSDAG 29 JANUARIE 2014

3 Februarie: Die Bethle-hem-leeskring vergader om14:30 in die Martin Harris-saal.Igno van Niekerk praat oorStories: Hoe hulle ons raaken ons vorm.12 Februarie: Munisipalewyk 10 hou om 17:00wyksvergadering in diesysaal van die stadsaal.Vir verdere besonderhedebel Gerrie Roetz by082-771-5574.

14 Februarie: Valentyns-dag: ’n Barn-danspartyword deur die GoldenGateway-hospice aange-bied. Dit is om 18:00 vir18:30 by die Bethlehem-

vliegklub. Ingang is R60per persoon, kinders onder14 jaar gratis, 15 tot 18jaar R30 per persoon. Bring’n piekniekmandjie of kombraai jou eie vleis. Braaiers,pap en sous sal voorsienword. Bring jou eetgerei. ’nKontantkroeg is beskikbaar.Kaartjies is by die Golden

Gateway-hospice sekantoor te koop. Vir meerinligting bel 058-303-3082of 082-200-4169.

Misdaad ál meer gekeerMISDAAD het die afgelopetwee maande aansienlik opBethlehem afgeneem.

Dit is te danke aan diepolisie se misdaadvoorko-mingsaksies wat in same-werking met die publiekgehou is.

Op sektor 10 en sektor 11(Hospitaalheuwel, Panora-ma, Jordania en La Proven-ce) se vergadering het kapt.Louisa van den Berg gesêdeur samewerking en hardewerk het misdaad afge-neem.

Dit was veral in Bohlo-kong, waar baie inwonerskeelvol vir die misdaad is,

waar ’n wesenlike verskil is.Inwoners het as reservisteopgetree en te voet in diewoonbuurte patrollie geloop.

Die polisie, wat met ’nmobiele vingerafdruktoestelrondgery het, het deurentydmense se vingerafdrukkegeneem.

So is ’n man wat inBloemfontein gesoek wordin verband met ’n verskei-denheid misdaadklagtevasgetrek.

Die spesiale optrede vandie polisie eindig Vrydag,maar daar is reeds verskeiemisdaadvoorkomingsaksieswat gevolg gaan word.

Van den Berg sê diepolisie is baie gemotiveerd.

Die jaar het goed beginen die polisielede is volvertroue dat hulle ’n verskilgaan maak.

Inwoners word versoekom vol te hou om diepolisie by te staan en teondersteun.

Gerrie Coetzee, een vandie inwoners, het namensdie inwoners die polisieledevir hul harde werk entoewyding bedank.

“Ons hoop ons salvanjaar meer inwoners kryom betrokke te raak ommisdaad te bekamp.”

AfriForum vat misdadigers vasIN die Desember-vakansiehet AfriForum se Bethle-hem-tak misdadigersbehoorlik vasgevat. Alte-saam 30 gesteelde beeste,16 skape en R13 000 segesteelde boontjiesaad isaan die eienaars terugbe-sorg. Boonop was dievoertuig wat gebruik is indie saaddiefstal en ʼn9 mm-pistool veronderstelom in die polisie se besit tewees.

Volgens Cyril Adkins, dievoorsitter van AfriForum seBethlehem-tak, is ’n aantalinhegtenisnemings gedoen,onder meer vir die diefstalvan koperkabels.

“Wildkameras wordgebruik om die roetes watmisdadigers gebruik temonitor en dit help boereom kennis te dra van enigeverdagte aktiwiteite. AfriFo-rum het radio’s en wit ligteverskaf om die patrolleer-ders se kommunikasie ensigbaarheid te verbeter,” hetAdkins gesê.

Met hierdie suksesse hetmisdaad, veral veediefstal,ongelukkig in ander sektorebegin toeneem, maar diepolisie het AfriForumgenader om nou ook by diésektore betrokke te raak.

Volgens CW Els, AfriFo-rum se organiseerder vir die

Vrystaat, sal hulle diepolisie bystaan en gemeen-skappe die nodige onder-steuning gee om hulgebiede self te beveilig.

“Die samewerking watons van die polisie ontvang,is werklik verblydend. Onsbesef dat mense geneig isom skepties te wees oordie polisie, maar onsverwelkom hierdie samewer-king.”

Inwoners moet byAfriForum aansluit om deelte word van die welslae watbeter en veiliger dorpe viralmal teweegbring.

SMS jou dorp se naamna 31336. SMS’e kos 50c.

Page 3: Malutima 20140129

MALUTI, WOENSDAG 29 JANUARIE 2014 3

Slaggereed in noodDIE noodsentrum by dieMediclinic Hoogland isonlangs opgeknap engereed vir enige traumawat na sy kant toe kom.Dié sentrum maak gebruikvan ’n stelsel wat internasi-onaal aanvaarbaar iswaartydens alle pasiëntena gelang van hul bese-rings en kliniese uitkomstein vier kategorieë ingedeelword. Dié stelsel staanbekend as triage –daarvolgens word diepasiënte ondersoek om tebepaal hoe ernstig hultoestand is en hoe vinnighulle behandel moet word.Die vier kategorieë word

met die volgende kleureuitgebeeld: rooi, oranje,geel en groen.Die rooi is vir pasiënte

wie se toestand baieernstig is ná ’n hartaanvalof motorongeluk. Diépasiënte moet onmiddellikbehandeling ontvang.Die oranje is vir pasiënte

wie se toestand ernstig is,maar wat nie in lewensge-vaar verkeer nie. Hullemoet binne tien minutebehandeling ontvang.Die geel dui op ’n

minder ernstige toestanden dui daarop dat daarbinne ’n uur behandelingontvang moet word.Die groen is vir minder

ernstige pasiënte en hulwagtyd kan tot vier uurwees. Dr. Moira van der

Merwe, bestuurder endokter by die noodsentrum,sê dat pasiënte in diegroen kategorie gelukkigmeestal gouer gehelp kanword, maar dat hulle somsmoet wag as daar siekerpasiënte inkom.Met sowat 750 pasiënte

wat in Desember in dienoodsentrum gespreek is,het hierdie stelsel voorwaardinge gladder laat verloop.Die noodsentrum is 24

uur oop met drs. Moira vander Merwe, SunetteCoetzee en Kenneth Reedwat as heeltydse noodsen-trumdokters diens doen.Die dokter wat nagdiens

verrig, maak selfs van dieingerigte slaapkamer

gebruik wat deel is van dienoodsentrum om tussenpasiënte deur te rus. Daaris dus altyd ’n dokter aandiens.Daar is ook sewe

algemene praktisyns vanBethlehem wat om diebeurt na ure by dienoodsentrum werk.Die sentrum sien soos

volg daaruit: Die pasiëntword in die triage-kamerontvang waar die aanvank-like evaluering gedoenword en hy of sy in ’nkategorie ingedeel word.Die rooikategoriepasiënteword egter reguit na eenvan die twee traumaka-mers geneem waar daaronmiddellik noodbehande-

ling toegepas word. Slegsdie beste tegnologie ennuutste toerusting word indie noodsentrum gebruik.Die radiologie-afdeling

(x-strale) is naby en allex-straalfoto’s kan danksydie PACS-stelsel in dietraumakamer deur diedokter nagegaan word.Langs die traumakamers

is ’n klein wagkamer waardie familie kan wag terwylmedici hul geliefdesbehandel.Die sentrum beskik ook

oor ’n pediatriekamer waarkleingoed in nood diebeste sorg sal ontvang.Buiten die drie algemene

noodsentrumbeddens isdaar ook ’n aparte prose-durekamer waar gips ofsteke aangebring kanword. Die eenheid spogook met ’n inloopstort.Hierdie stort word gebruikom pasiënte te was watdalk met gif in aanrakinggekom het.Die noodsentrum beskik

ook oor sy eie administra-tiewe afdeling waarpasiënte regstreeksopgeneem word en waaralle take rondom diesiekefonds afgehandel kanword. Selfs in die gevalvan ’n ramp waarin ’ngroot aantal pasiëntebetrokke is, is die nood-sentrum by die MediclinicHoogland gereed om enigesituasie vlot te laat verloop.

DR. SUNETTECOETZEE (links), sr. Ina Korff (eenheidsbe­stuurder) en dr. Moira van der Merwe in die trauma­kamerin die noodsentrum van die Mediclinic Hoogland.

Foto: Lynda Greyling

Fostering good tiesA FARMERS DAY was heldon Pitso Sekhoto’s farmMakolobane near Senekal onFriday. The day was organi-sed by the Free State MECfor Agriculture and RuralDevelopment, MamikiQabathe, in conjunction withSekhoto.The harvesting of apples

on the Makolobane Farmprovides the perfect opportu-nity to show other developingfarmers in the province theprocess of getting thesefruits to the market andwiden the knowledge base inthe region. The aim of theday was to foster moreproductive relationshipsamong local farmers to giveeverybody a greater chanceof success, as well as tointroduce them to the variousstakeholders from othersectors of the industry whowere in attendance.“We are delighted to have

this opportunity to bringdeveloping farmers togetherto share our knowledge, heartheir issues and plot a wayforward so that we canmaximize the farmingpotential of the Free State,”Qabathe said.“We would like to express

our gratitude to our hosts,Makolobane Farm, who are ashining example of howfarming can create not justemployment for workers, butmake them a part of thebusiness too by handing overa percentage of ownership.

“We sincerely hope thatthose farmers and workerswho have come to thefarmers day take back withthem the knowledge gainedand contacts made andcontinue to prosper on theirown farming land.”There was also an address

by Qabathe, as well as themayor of Setsoto, TshedisoJacobo, and Sekhoto.Makolobane Farm is a

family-owned emergingcommercial farm. The familystarted farming in August2008. Currently the landholds approximately 240 beefcattle and 260 dairy cows,maize, sunflowers and anapple orchard of 4 hectars.There are 24 full-time

employees and those whowere in employment from thebeginning of the farm arepart of the Employee ShareTrust, which holds a 15%stake in the business.

THE MEC for Agriculture andRural Development, MamikiQabathe, picking an apple inthe orchard on Pitso Sekoto’sfarm during the farmers dayheld on the farm.

Photo: Supplied

Page 4: Malutima 20140129

4 MALUTI, WOENSDAG 29 JANUARIE 2014

’Groot manne het God nodig’1 KORINTIËRS 9:19-27: Ditalles doen ek ter wille van dieevangelie, sodat ek aan dievrug daarvan deel kan hê.

Die geestelike eindstreep,wenstreep van die lewe waar-by elkeen van ons gaan uit-kom, hang van die kernfokuspunt van ons hartaf. Dr. Baldwin het sy lewensfokus so beskryf:“Op 30-jarige ouderdom het ek al die filosofieëen godsdienste van die wêreld ondersoek engeken. My gevolgtrekking was: Niks is beter asdie evangelie van Christus nie. Toe ek 40 jaargeword en die laste op my begin druk het, hetek gesê: Niks is so goed as die evangelie nie.Op 50 jaar, toe die stoele om my begin leeg raakhet, het ek gesê: Niks kan met die evangelievergelyk word nie. Op 60 jaar, met my dieperinsig en nader aan die einde, het ek gesê: Daaris niks behalwe die evangelie nie. En nou op70 jaar, naby die einde en te midde van baieswakhede, sê ek: Daar is geen besitting soosdie evangelie nie.”

Hoe ouer ons word, hoe stewiger moet onsaan die beloftes van die evangelie vasklou.

. . . die evangelie is ’n krag vanGod tot redding van elkeenwat glo . . . In die evangeliekom juis tot openbaring datGod mense van hulle sondevryspreek enkel en alleen om-dat hulle glo . . . Elkeen wat

deur God vrygespreek is omdat hul glo, sal le-we. (Rom.1:17)

Archibald G. Brown het eens gesê: “Dieevangelie is ’n feit, verkondig dit dus eenvoudig;dit is ’n blye feit, verkondig dit dus opgewek; ditis ’n betroubare feit, verkondig dit dus met ver-troue; dit is ’n belangrike feit, verkondig dit dusernstig; dit is ’n feit oor ’n persoon, verkondigdus Jesus.”

Wat genl. Grant ná sy bekering oor die evan-gelie en die Here Jesus gesê het,, is aange-naam om te hoor. Die predikant wat die beroem-de man na die Here gelei het, het vir hom gesê:“U bekering is ’n groot aanwins vir God se ko-ninkryk, Generaal”. Genl. Grant het geant-woord: “God het nie groot manne nodig nie,maar groot manne het God nodig”.) www.kragvirvandag.co.za; ds. Manie Colyn.

Gemeenskap moetuitreik en DBV help

Lynda Greyling

VRYDAGOGGEND lees eknogal op die voorblad van diekoerant van ’n man wat vergery het om ’n advertensie indie koerant te plaas oor sybudjie wat dood is.

So iets op die voorblad? Totdat ek die beriggelees het.

Kort nadat ek by die werk aangekom het,bel ’n vrou my om te sê hulle het hul hond watbykans tien dae weg was, teruggekry.

Die pekinese is 14 jaar oud, al effe blind endoof en het nie meer tande nie. Hul dogter sevriend en ma wat van oorsee af by hulle kuier,het op die plaas gaan stap.

Die hond het hulle gevolg, moeg geraak enin die pad gaan sit. Dit was die laaste wat sygesien is.

Daar is oral na haar gesoek. Die koring-stro-pery is ook onderbreek om te soek. Die Diere-

beskermingsvereniging isgekontak, ’n beloning aange-bied en dies meer. Maar niks.Intussen is die kuiermenseweg en het die eienaarsmoed opgegee dat sy lewendgevind sal word.

Totdat hulle Vrydag vroegoggend ’n oproepontvang het van die man wat patrollie gery het.Hy het haar langs die pad gekry en na sy huisgeneem, maar was toe op pad om haar na hulplaas te neem. Hy het intussen vir haar ietsgegee om te eet.

Haar oubaas was so bly, hy het klaar vir haarmet lekker kos gewag.

Later die oggend moes ek DBV toe gaan.Hulle kathokke is vol, daar is baie honde,

onder meer ’n skaaphond met agt kleintjieswat dringend huise soek. Die honde se baasis oorlede. By die DBV is daar ’n ook tekortaan kos vir die diere. Kan ons nie maar almaliets bydra om te help nie?

Gee regte inligtingBETHLEHEMIET, Bethle-hem:

EK het onlangs ’n kennis-gewing in die pos ontvangek moet my rybewys hernu.Daarop staan ek moet iden-titeitsfoto’s saamneem. Só het ek foto’s laatneem en is na die verkeersafdeling.

Daar aangekom, was een amptenaar aandie werk agter ’n toonbank en ’n ander is met’n mond vol kos by die deur uit. Ek het gewagen gewag en al die kennisgewings gelees.Die een lui: ‘A customer is the most importantvisitor on our premises. He is not dependenton us. We are dependent on him. He is not

an interruption of our work.He is the purpose of it. Weare not doing him a favourby serving him. He is doingus a favour by giving us theopportunity to do so.’ – Ma-hatma Gandhi.

Die werker wat my eindelik gehelp het, wasbaie vriendelik. Dié sê toe ek moet naderstaan sodat my foto’s gratis geneem kanword. Dít nadat ek spesiaal foto’s laat neemhet. Ek kan die onnodige uitgawe bekostig,maar daar is so baie mense wat spesiaaldaarvoor moet begroot. Hoekom staan in diekennisgewing jy moet foto’s laat neem – kandit nie reggestel word nie?

deur

Lynda Greyling

Geesgenoot

Briewe /

Letters

Vir meer foto’s en nuus gaan nawww.malutinews.co.za

RICHARD TAYLOR, Baken Park:

AFRICA is shaped like a question mark.In fact, she is a question mark to all whoare concerned with her growth, develop-ment and unity.

Africa asks: “How long shall my childrendie of famine, ethnic wars, political turmoiland conflicts? How long shall the effectsof colonialism continue to rip my peopleapart? How long shall imperialisticeconomic policies continue to furtherimpoverish me and my children? But mostimportantly, when shall my children unite?”

These and other questions continue toecho in the minds of those who haveAfrica’s unity in their hearts. In 1963 inAddis Abeba with the formation of theOrganisation of African Unity (OAU) whenGhana’s first president, Kwame Nkrumah,spoke about continental unity, it wasaccepted by most African leaders as aphilosophic principle. After Ghana’sindependence, other African statesfollowed. Except for South Africa andNamibia, the whole of Africa was politicallyindependent by the late 1970s and early1980s. What failed this revolution was theselfishness of the leaders after independ-ence. Our leaders turned to their former

colonisers for economic and managementassistance. What our leaders could havedone after independence was to hold asummit of African heads of state todiscuss unity. They could have drawn uppolicy guidelines to usher in continentalunity. They could have chosen the mannerin which power would be surrendered to amonitoring body such as the OAU.

The OAU could have drawn up aconstitution for federal states of Africa.Unfortunately, the promise of power madeAfrican leaders forget slogans like PanAfrican unity. But I believe it is not toolate to realise that dream. All the Africanstates are independent, and the time isripe.

African regional unity is also a possibili-ty. The Southern African DevelopmentCommunity (SADC) countries have thesame economic vision and suffer almostthe same political problems. Their citizensshare common cultures, languages andexperiences. A government of regionalunity in Southern Africa is a real possibili-ty. The west could unite to form oneregional state. When the process ofregional unity is complete, I believe wecan go on to the next stage, continentalunity, or the United States of Africa.

Small steps for unity in Africa

AFHANKLIKE INWONER, Bethlehem –Huis van Brood:

KOM elkeen van ons leef Bethlehem

se betekenis uit deur een keer ’nmaand na Sy huis te gaan om Homte dank of te vra vir ons daagliksebrood.

Doen dorp se naam gestand

Page 5: Malutima 20140129

MALUTI, WOENSDAG 29 JANUARIE 2014 5

Soe(sji),dis lekkerLEDE van die Water­bron­Vroue­Land­bou­unie (VLU) hetvanjaar besluit om opelke vergadering ’nland te bespreek.Hulle het Woensdagvergader en Japan enChina bespreek. Co­lin Brett van OceanBasket en ’n perso­neellid, Gloria Mofo­keng, het die vrouegewys hoe om soesjite maak. Van links is,voor: Gloria Mofo­keng en Colin Brett;agter: Zandra Gro­bler, Joey van Rens­burg, Suzé van derSpuy en Magda Beu­kes.

MARTIN DREYER (links) van die Rail­way­drankwinkel word hier deur konst.Tseko Maome geboei. Dreyer is hiernain die vangwa gelaai en na die Dierebe­skermingsvereniging (DBV) se terrein indieGroenvoerland gebring. Dit was allesten bate van die DBV. Dreyer het R4 000aan die DBV oorhandig waarvan R1 000deur Japie vanWyk geskenk is. Die DBVop Bethlehem sukkel om oop te bly. DieBethlehemse DBV benodig dringendkos vir honde en katte, katsand en tweebande vir hul bakkie. Dreyer sê hy daagnou ander sakeondernemings uit omook ’n skenking aan die DBV te doen.

Foto: Lynda Greyling

SEDERT die Bergprag-sentrumvir bejaardes sowat tien jaargelede met vyf inwoners in dieversorgingsafdeling geopen het,het dit aansienlik uitgebrei.

Daar is 48 bejaardes en ditbehoort teen die einde van diejaar 60 inwoners te wees.

Die lede van die Asrivier-Vroue-Landbou-unie (VLU) hetWoensdag hul vergadering byBergprag gehou. Elize Pieters,die voorsitter, sê hulle wil vanjaarmeer by bejaardes betrokke raaken het op Bergprag besluit.

Mariaan Briedenhann, diebestuurder van Bergprag, hetvertel van die verskillendeafdelings waaruit die oordbestaan en wat die werksaamhe-de behels.

Daar is veiligheidskameras inelke kamer aangebring wat dieveiligheid van die inwonersverseker.

Weens die groeiende behoefteaan behuising word die bestaan-de gebou opgeknap en uitgebrei.Twee nuwe vleuels wat uit 12kamers bestaan, is aangebou.

Die saal gaan opgeknap wordwaarna dit vir kerkdienste,aktiwiteite en dies meer gebruiksal word.

Die eetsaal, sitkamer, washuisen dienskantoor vir die verpleeg-susters gaan ook opgeknapword.

Die doel is om die dienste vandie versorgingseenheid vir alBergprag se inwoners, asook diepubliek, oop te stel.

Bergprag biedvir meer tuiste

DIE lede van die Asrivier­Vroue­Landbou­unie (VLU) het hul maandver­gadering by die Bergprag­sentrum vir Bejaardes gehou. Van links isSanette Dorfling, Elize Pieters, Mariaan Briedenhann en Ivy Heinlein.

Besoekwww.malutinews.co.zaom te sien hoe soesji

gemaak word

Lug jou meninghieroor en kyk nanog foto’s op Malutise Facebook­blad.

Page 6: Malutima 20140129

6 MALUTI, WOENSDAG 29 JANUARIE 2014

Page 7: Malutima 20140129

MALUTI, WOENSDAG 29 JANUARIE 2014 7

Page 8: Malutima 20140129

8 MALUTI, WOENSDAG 29 JANUARIE 2014

ATLETE van die Laerskool Jordania wat rekords verbeter het op die skool se byeenkoms op Goblepark is van links VictorNel (150 m­hekkies, o.12), FC Krugel (80 m­hekkies, o.13), Marinus Minnaar (200 m, o.12), Ismarie Bouwer (ewenaarrekord, gewigstoot, o.12), Marisca Stander (1 500 m­stap, o.13), Linél Bester (gewigstoot, o.11), Rozaan Smit (ewenaarrekord, gewigstoot, o.11), en Jana Muller (ewenaar rekord, gewigstoot, o.10).

DIE Laerskool Jordania, wat die afgelope paar jaar twee gr. O­klasse gehad het, het van vanjaar af drie klasse. Marietjie Pieters is die nuweonderwyser. Hier is sy by haar leerlinge.

BO en onder: Elmien Verster van die Hoërskool Witteberg neem hieraan die hoogspringnommer vir meisies o.19 deel op die skool se atletiek­byeenkoms op Goblepark. Foto: Lynda Greyling

BOenonder: Leané vanVuuren in aksie tydensdie verspringnommer vir meisies o.14. Sy hetdie nommer gewen.

LINKS: Henderson Barryin aksie in die o.16­gewig­stootnommer op die Hoër­skoolWitteberg se atletiek­byeenkoms op Goblepark.

JAZELLE MULLER, ’n gr. 1­leerling aan dieLaerskool Truida Kestell, is hier saammet haaronderwyser, Eliz­Mari Kotze, op haar eersteskooldag.

IN die 800 m vir seuns o.15 het Ntebe Mofolo en Tshepo Khalane grootopwinding verskaf toe hulle gelyk oor die wenstreep gehardloop het.Ntebe, wat van die begin af voor gehardloop het, was letterlik ’n haar­breedte voor Tshepo waarna hy as die wenner aangewys is. Die twee,albei leerlinge aan die Hoërskool Witteberg, het aan die atletiekbyeen­koms op Goblepark deelgeneem. Foto: Lynda Greyling

AIDEN SHIELDS van dieLaerskool Jordania het aandie 200 m vir o.14­seunsop dieHoërskoolWittebergse atletiekbyeenkoms opGoblepark deelgeneem.

Gereed om teleer en te speel

Gereed vir skool

Wen met ’n haarbreedte

SKOLENUUS

Page 9: Malutima 20140129

MALUTI, WOENSDAG 29 JANUARIE 2014 9

1183600_390x198

PRICES VALID 28 JANUARY - 2 FEBRUARY2014 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERSIn Gauteng, Free State, North West, Mpumalanga, Limpopo, Upington, Kimberley, Kuruman and Vryburg. Excluding Botswana, Namibia, Swaziland, Lesotho and Express stores. smart shopper points will still apply inExpress and Daily stores. www.picknpay.co.za CustomerCare0800112288.Toll free landlineonly.Cellphoneratesapply.Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Somestoresmaynotstocksomeof theseproducts.Please check availability.We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable forany print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smartshopper termsandconditionsapply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please seein store or go online for more details.

BUYBOTHFOR

BUYALL 3FOR+ ++

Garnish and decor not included

Haveyouswitchedyourpointstocash?

We’ve given back more than

R1Billion to smart shoppers

Earn

onall stationeryGet your voucher at the kiosk in store or on the Pick n Pay Mobile App.

t5Xpoints sValid 6 Jan - 2 Feb

Terms and Conditions apply.

sMostReputableRetailer 2013

MostTrustedRetailer 2012

sinceMarch2011

PnP NO NAME™Fresh ChickenThighs andDrumsticksPer kg

R32

PnP NO NAME™Cooking Oil2 Litre

R28Omo Fast ActionHand WashingPowder3kg Flexi Bag

R65Sta-SoftFabricSoftenerAssorted500ml RefillEach

R18

PnPWashedPotatoes7kg andOnions7kg FamilyPocket

R50 PnPEnglishTomatoes1kg, CrispLettuce150g PillowPack and EnglishCucumber

R30

PnP NO NAME™Refined WhiteSugar 2kg

R30AlbanySuperior WhiteBread 700g1030

Nescafé ClassicDawn 200g Jar5490

PnP Fresh MilkAssorted 2 LitreEach1690

Kellogg’s Special KOriginal 500g orOats & Honey375gEach

2690

Spekko ParboiledRice 2kg1890

Fatti’s&Moni’sSpaghetti orMacaroni 500gEach

750

DinuRoseCollectionWhiteToilet Tissue18 x 2 Ply

6790

SAVER16

SAVER11

FRESH

SAVE4.99

R55Fresh SA Bulk TenderisedSteak

Per kg

FloraMediumFatSpreadAssorted500g TubEach1990

BUY2

FOR

Bloed iskosbaaren nodigFEBRUARIE is die maand van liefdewat op ’n romantiese manier deurmense gedeel word, maar by dieSuid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens(SANBD) word dié liefde elke maandgevier. Deur onbaatsugtige bloedsken-king en ’n liefde vir menswees word ’nverskil in die lewe van pasiëntegemaak – iemand wat die skenkernooit sal ken nie.

Alle skenkers word aangemoedigom hul vloeibare liefde dié maand tedeel en om hulself daaraan toe te wyom vier keer ’n jaar bloed te skenk.Dit is nie te laat om dít jou Nuwejaars-voorneme vir 2014 te maak nie. Omdankie te sê gaan die SANDB ’nspesiale geskenk aan diegene gee watvier eenhede in ’n kalenderjaar skenk.

“Met skole, universiteite en organisa-sies wat weer soos normaal hulbesigheid ná die vakansie hervat het,is ons daartoe in staat om ’n goeiebloedvoorraad te handhaaf, veral metdie hulp van skenkers. Ongeaghiervan kan dit enige dag veranderindien die daaglikse teiken van 3 000eenhede nie bereik is nie.”

Só sê Vanessa Raju, kommunikasie-bestuurder van die SANBD.

Alle bloedgroepe is belangrik, maargroep O is die bloedgroep wat diegereeldste laag in voorraad is. Dít isomdat die vraag na dié groep baiehoër is en omdat dit vir pasiënte vanalle ander bloedgroepe gebruik kanword.

Indien jy aan die bloedgroepe A enAB behoort, kan jy dit oorweeg om ’nplaatjieskenker te word. Vind meerhieroor uit by jou naaste bloedskenk-kliniek of bloedskenksentrum.Wat is plaatjies?Plaatjies speel ’n kritieke rol in

bloedstolling en om oortollige bloed-verlies te voorkom.

Plaatjieskenking is ’n eenvoudigeproses wat omtrent ’n uur en ’n halfneem om te voltooi.

Die bloed word verwerk deur ’nseldeler wat die plaatjies terughou endie res van die bloedkomponente aandie skenker se liggaam terugbesorg.Dié proses maak dit moontlik virmense om maandeliks plaatjies teskenk.

Om ’n bloedskenker te word moet uminstens 50 kg weeg, tussen dieouderdom van 16 en 65 wees, ’nveilige leefstyl lei, in algemene goeiegesondheid wees en u bloed as veiligvir oortapping aan ’n pasiënt beskou.

Besoek gerus die SANBD sekantoor in die Metropolitan-sentrum.

Page 10: Malutima 20140129

10 MALUTI, WOENSDAG 29 JANUARIE 2014

PERSOONLIKEDIENSTE

DAGSORG& CRÈCHES

1410

Voltydse dagmoeder:Ouderdom: 0 tot 3 jaar.082 551 8334.

TE KOOP

ALLERLEI

1655

Econo-beeswaentjie: 4m x 2 m. Dubbelas. FordRanger Supercab-veetralie,2005. Ford WL 'starter/alternator'- los onderdele.Dieselpomp. Skakel: Johan082 808 8111.

ALGEMENE &HUISDIENSTE

TE HUUR

1820

VLOERLENGTE TAFELDOEKE,kandelare, eetgerei. Peto Odendaal.Lombardstraat 7. 058 303 2392.

ALLERLEI

1845

SANDSTONE:Blocks, bricks, cladding,rivens, tiles, etc. Tel.

058°303°4840.12 Archbell Street, BHM.

VOERTUIE

MOTORHERSTEL-DIENSTE

3080

EIENDOMME

WOONSTELLETE HUUR

3250

3-slaapkamer-woonstelte huur in Rosendal, R2800 per maand (sleutel-deposito R2 800) pluskrag. Onmiddellik beskik-baar. Skakel Yolanda 083634 7158 of Maretha 082779 1694.

Woonstel sentraalgeleë in Bethlehem.3 slaapkamers, 1,5 badka-mers, groot sit-/eetkamer,tuin rondom. Motorhuissekuriteitshek. Pas nuutgerestoureer. R4 400 permaand. Onmiddellik be-skikbaar. Skakel Marlien082 662 8372.

MOTORHUISE/BERGING

3260

STOORPLEK: Dubbel-motorhuis te huur in Beth-lehem. Skakel 083 3036117.

LOSIES AANGEBIED

3280

Huis te deel in Bethle-hem: Privaat kamer enbadkamer, deel res vanhuis. Skakel: 083 303 6117.Vanaf 1 Februarie 2014.

LOSIES GEVRA

3285

Plaashuis of huis opkleinhoewe te huurgesoek. Skakel Thomas082 632 3378.

BETREKKINGS

3600

BETREKKINGSGESOEK

3670

Lydia soek werk ashuishulp, kinderoppasser,kan kook. Voltyds. SkakelLydia 073 253 8123.

SOEK, KOOP, VERKOOP VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES

BETREKKINGS

Page 11: Malutima 20140129

MALUTI, WOENSDAG 29 JANUARIE 2014 11

Page 12: Malutima 20140129

12 MALUTI, WOENSDAG 29 JANUARIE 2014

SportSportKoerant met hart The paper with heartI

JANNIE MARITZ en sy seun Adriaan het Vrydag die gholfdag ten bate vandie Gereformeerde kerk op Bethlehem se gholfbaan gewen. Spelers moes vol­gens die tweebal­ Amerikaanse kiesspel­reëls speel. Van links is Dalize Pelser,ds. Abrie Pelser, Adriaan en Jannie Maritz en Attie Bonthuys (organiseerder).

Foto: Lynda Greyling

Speke singom geld inte samelDIE afgelope sewe jaar het lede vanMaluti Cycling elke jaar ’n fietstoer naBallito onderneem.

Vanjaar het hulle weens die koste besluitom eerder dieselfde afstand wat hullesoontoe sou ry om Bethlehem te ry.

Op dié manier kon hulle meer geld aanliefdadigheid skenk.

Eenvormig in hul Castle Light-hemde hetdie ryers vroegoggend by bymekaarge-kom.

Hulle het onder meer na Kestell, Qwa-qwa, Clarens en terug Bethlehem toegery.

Die volgende dag het hulle Clarens,Fouriesburg en terug Bethlehem toe gery.Die laaste dag is die fietsryers Warden toeen terug.

Hulle het sowat 500 km gery.Tim Oglesby, wat die rit gereël het, sê

dit is vir hulle as fietsryers belangrik om ’nbydrae tot die gemeenskap te maak.Vanjaar het hulle geld aan Pathways endie Japsnoet-versorgingsoord geskenk.

Oglesby versoek motoriste om geduldigte wees wanneer hulle fietsryers teëkom.

LEDE vanMaluti Cycling het vanjaar verskillen­de roetes omBethlehem ten bate van liefdadig­heid gery. Van links is, voor: Riaan Maritz (ver­koopsbestuurder SAB), Stefan Oberholzer(Bethsab), Jacob Lempe, TimOglesby,WernerMartin, Paul Olivier, Dan Jacobs, Stefan Ober­holzer (jr., Bethsab), Elizia Gildenhuys (Path­ways) en Annemie Bosman (Japsnoet); agter:Pet Muller (ondersteuning), Ettiene Martin, Ca­rel Pretorius, Jacques Nel, Marcel van Biljon enEben Bakker Foto’s: Lynda Greyling

RIAAN MARITZ, verkoopsbestuurder van die Suid­Afri­kaanse Brouerye (SAB), het ’n tjek namens die ryers vanMaluti Cycling aan Elizia Gildenhuys en Annemie Bosmanoorhandig. Van links is Dan Jacobs, Stefan Oberholzer(sr.), Elizia Gildenhuys (Pathways), Annemie Bosman(Japsnoet), Stefan Oberholzer (jr.) en Riaan Maritz.

Wen op kerk se gholfdag