8
TEL: 058 - 303 5411 WOENSDAG 19 MAART 2014 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA WWW.MALUTI.MOBI FREE Koerant met hart The paper with heart I TERWYL ’n gedenkdiens Vrydagoggend vir ’n geliefde onderwyser van Bethlehem,aan die gang was, het haar vriend in die Bethlehem- se landdroshof op ’n aanklag verskyn dat hy haar opsetlik vermoor het. John Cordier (34), ’n onderwyser aan die Maluti-Hooglandskool in Bethlehem waar sy vriendin, wyle Petri Breedt, ook ’n onderwy- ser was, het voor landdros Patrick Msimanga verskyn. Hy is op borgtog van R2 000 vryge- laat en mag nie met getuies kontak maak nie. Hy moet weer op 4 April in die hof ver- skyn. Die prokureursfirma Breytenbach Mavu- so tree namens Cordier op. Ds. Riaan van Zyl het Breedt se troosdiens gelei. Dit was ’n boodskap van troos. Sy teks was uit 2 Kor. 5:1 en 2, asook Joh. 14:1-4. ) Teen druktyd verlede week het sers. Thabo Letabe, polisiewoordvoerder in die Vrystaat, gesê die voorval word nie onder- soek nie. Intussen is ’n lykskouing gehou en is bevind Breedt is aan onnatuurlike oorsake dood en die saak word ondersoek. Diens vir jong leerkrag gehou Vriend in hof oor moord DIE engel van die Here slaan laer op rondom dié wat die Here dien (Ps.34:80). Dit staan op ’n kruis by die woonstelgebou waar wyle Petri Breedt se ma, Ina, woon. Vriende en familielede het blomme en foto’s ter herinnering aan haar by die kruis neergesit. Lynda Greyling MARNUS LESSING, ’n nuwe inwo- ner en nuut aangestelde prokureur by Krüger & Bender-prokureurs in Beth- lehem, het besluit om regstappe teen ’n bekende eiendomsagentskap in die dorp vir die onregmatige ontvangs van kommissie te doen. Hy het reeds ’n klag van bedrog by die polisie ingedien en dié saak, met MAS-nommer 296/3/2014, word deur die polisie ondersoek. Lessing het op die internet na ’n huis gesoek om te huur. Op die adver- tensie is aangedui die betrokke agent se vrou is die prinsipaal van die agent- skap en dat hy ’n eiendomsagent is. Lessing het in November ’n afspraak met die agent gemaak en hy het be- vestig hy is ’n agent. Hy moes ’n tydelike huurooreen- koms aangaan omdat die huis van ei- enaar verwissel het. “Ek dra kennis dat die verkoop en verhuring van die huis deel was van ’n drieledige transaksie waarin die agent kommissie ontvang het.” Lessing sê hy het in Januarie begin ondersoek instel of die agent wel be- voeg is om as agent op te tree nadat sy vorige werkgewer wat as kurator van die agent aangestel is hom mee- gedeel het die betrokke agent is in 2010 gesekwestreer. Maluti het intussen ’n gesertifiseer- de afskrif van die sekwestrasie-doku- ment bekom. Volgens die Wet op Eiendoms- agent, Wet 112 van 1976 word ’n ge- sekwestreerde mens gediskwalifiseer om as eiendomsagent te werk totdat hy gerehabiliteer is of om spesiale vrystelling aansoek gedoen het om as geskikte en gepaste mens vir doelein- des van die wet geklassifiseer te word. Nadat Lessing die agent oor die in- ligting wat hy bekom het, gekonfron- teer het, het die man erken hy het hom as ’n eiendomsagent voorgedoen. Na bewering het die agent ook nie die korrekte inligting aan die Raad van Eiendomsagente verskaf om ’n getrouheidsfondssertifikaat te kry nie. Volgens Lessing is die agent be- wus van die bepalings van die betrok- ke wetgewing, aangesien hy nuus- briewe aan kliënte gestuur het waarin die bepalings van die wetgewing ge- plaas was. Die agent se vrou sal waarskynlik as medepligtige aanspreeklik gehou word. Prokureur doen stappe teen ‘eiendomsagent’ Gaan kyk op Maluti se webwerf, www.maluti.co.za, na die nuusbrief.

Malutima 20140319

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Malutima 20140319

Citation preview

TEL: 058 ­ 303 5411 WOENSDAG 19 MAART 2014 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA WWW.MALUTI.MOBI FREE

Koerant met hart The paper with heartI

TERWYL ’n gedenkdiens Vrydagoggend vir ’ngeliefde onderwyser van Bethlehem,aan diegang was, het haar vriend in die Bethlehem-se landdroshof op ’n aanklag verskyn dat hyhaar opsetlik vermoor het.

John Cordier (34), ’n onderwyser aan dieMaluti-Hooglandskool in Bethlehem waar syvriendin, wyle Petri Breedt, ook ’n onderwy-ser was, het voor landdros Patrick Msimangaverskyn. Hy is op borgtog van R2 000 vryge-laat en mag nie met getuies kontak maaknie. Hy moet weer op 4 April in die hof ver-skyn. Die prokureursfirma Breytenbach Mavu-so tree namens Cordier op.

Ds. Riaan van Zyl het Breedt se troosdiensgelei. Dit was ’n boodskap van troos. Sy tekswas uit 2 Kor. 5:1 en 2, asook Joh. 14:1-4.) Teen druktyd verlede week het sers.Thabo Letabe, polisiewoordvoerder in dieVrystaat, gesê die voorval word nie onder-soek nie.

Intussen is ’n lykskouing gehou en isbevind Breedt is aan onnatuurlike oorsakedood en die saak word ondersoek.

Diens vir jongDiens vir jongleerkrag gehouVriend in hofoor moord

DIE engel van die Here slaan laer op rondom dié wat die Here dien (Ps.34:80). Dit staan op ’n kruis by die woonstelgebou waar wyle PetriBreedt se ma, Ina, woon. Vriende en familielede het blomme en foto’s ter herinnering aan haar by die kruis neergesit.

Lynda Greyling

MARNUS LESSING, ’n nuwe inwo-ner en nuut aangestelde prokureur byKrüger & Bender-prokureurs in Beth-lehem, het besluit om regstappe teen’n bekende eiendomsagentskap indie dorp vir die onregmatige ontvangsvan kommissie te doen.

Hy het reeds ’n klag van bedrog bydie polisie ingedien en dié saak, metMAS-nommer 296/3/2014, word deurdie polisie ondersoek.

Lessing het op die internet na ’n

huis gesoek om te huur. Op die adver-tensie is aangedui die betrokke agentse vrou is die prinsipaal van die agent-skap en dat hy ’n eiendomsagent is.Lessing het in November ’n afspraakmet die agent gemaak en hy het be-vestig hy is ’n agent.

Hy moes ’n tydelike huurooreen-koms aangaan omdat die huis van ei-enaar verwissel het.

“Ek dra kennis dat die verkoop enverhuring van die huis deel was van’n drieledige transaksie waarin dieagent kommissie ontvang het.”

Lessing sê hy het in Januarie beginondersoek instel of die agent wel be-voeg is om as agent op te tree nadatsy vorige werkgewer wat as kuratorvan die agent aangestel is hom mee-gedeel het die betrokke agent is in2010 gesekwestreer.Maluti het intussen ’n gesertifiseer-

de afskrif van die sekwestrasie-doku-ment bekom.

Volgens die Wet op Eiendoms-agent, Wet 112 van 1976 word ’n ge-sekwestreerde mens gediskwalifiseerom as eiendomsagent te werk totdat

hy gerehabiliteer is of om spesialevrystelling aansoek gedoen het om asgeskikte en gepaste mens vir doelein-des van die wet geklassifiseer teword.

Nadat Lessing die agent oor die in-ligting wat hy bekom het, gekonfron-teer het, het die man erken hy het homas ’n eiendomsagent voorgedoen.

Na bewering het die agent ook niedie korrekte inligting aan die Raadvan Eiendomsagente verskaf om ’ngetrouheidsfondssertifikaat te kry nie.

Volgens Lessing is die agent be-

wus van die bepalings van die betrok-ke wetgewing, aangesien hy nuus-briewe aan kliënte gestuur het waarindie bepalings van die wetgewing ge-plaas was.

Die agent se vrou sal waarskynlikas medepligtige aanspreeklik gehouword.

Prokureur doen stappe teen ‘eiendomsagent’

Gaan kyk op Maluti sewebwerf,

www.maluti.co.za,na die nuusbrief.

2 MALUTI, WOENSDAG 19 MAART 2014

DIE Vroue-Landbou-unie (VLU)van area 2 se kongres is vanjaardeur die Fouriesburg-VLU op dieOranje-gasteplaas aangebied.

Dit is op dieselfde plaas waardie eertydse Oranje-VLU 50 jaargelede sy kongres aangebied het.Sy maandvergadering is ook daargehou.

Die VLU-tak is sedertdienontbind, maar Woensdag was sesvan die oudlede teenwoordig.

Die Fouriesburg-VLU se lede isas algehele wenners aangewys.Dit is die vierde eerbewys wat dieafgelope jaar deur Fouriesburgersontvang is.

Hykie Berg, die bekende akteuren voormalige wenner vanSurvivor South Africa, was diespreker. Hy het menige vrou intrane gehad toe hy vertel het vansy stryd teen dwelms en hoe hysedertdien die Here leer ken het,getroud is en hoe sy lewe veran-der het.) ’n Foto van die oudlede van dieOranje-VLU en nog foto’s is opwww.malutinews.co.za beskikbaar.

Vroue van VLU alte vlytig

DIE wenners: gevorderde borduurwerk is Lou-ria Blignaut (links, Asrivier, eerste) en Hennade Jager (Reitz, tweede).

DIE wenners: blomme vir beginners is van links DaleenMaree (Daniëlsrus, derde), Anmari Maree(Fouriesburg, tweede) en Leonie Roos (Asrivier, eerste).

DIE wenners vir die afdeling beste takverslag is van links Suzette du Preez (Fouriesburg, derde),Riani Marx (Kestell, tweede) en Magda Beukes (Waterbron, eerste).

DIE sekretaresse van die jaar hier saam metVanda Gagiano (links, VVLU-president) isMagda Beukes (Waterbron).

DIE wenners in die afdeling lid met die grootste totaal is van links Sanet Dorfling (derde), Annatjie Meintjes, Henna de Jager en Ina Viljoen (tweede)en Hanlie Venter (eerste). Foto’s: Lynda Greyling

FOURIESBURGERShet nie net die afgelope jaar verskeie landbou-eerbewyse ontvang nie,maardié dorp was ook Kwêla se Dorp van die Jaar. Nou is die lede van die Fouriesburg-VLU as diewenners van area 2 se kongres aangewys. Van links is Lizbe Tack (Reitz, derde), Hanlie Venter(Daniëlsrus, derde), Sanet Dorfling (Asrivier, tweede) en Ena Scheepers (Fouriesburg, eerste).

MALUTI, WOENSDAG 19 MAART 2014 3

Bethlehem TakMalanstraat 24BethlehemTel: (058) 303 6488

Harrismith TakPiet Retief-straat 11HarrismithTel: (058) 622 1421

Phutaditjhaba TakStand 47/1KudumaneTel: (058) 713 2218

AVB MALUTI 1

Ons is hier vir jou

Die lewe mag wel oordie reis gaan...

...maar dit gaan ook oor hoejy klaar maak.

Met bykans 100 jaar ondervinding in begrafnis-versekering en begrafnisdiens, verseker AVBOB datdaar goed na jou en jou geliefdes omgesien sal word.

KRY TOT R4000 KORTING OP ‘NBEGRAFNIS

Alle lewens wat deur ‘n AVBOB-polis verseker is kwalifiseervir gratis vervoer van die oorledene in Suid-Afrika en totR4000 korting op ‘n begrafnis op voorwaarde dat diebegrafnis deur AVBOB Begrafnisdiens uitgevoer word.

Terme en voorwaardes geld.Onderlinge Versekeringsgenootskap AVBOB is ‘n gemagtigde finansiële diensteverskaffer.

Vir meer inligting kontak ons

’n GROENTETUINPROJEK wat sowat 18maande gelede begin is om kos aan behoef-tige kinders en bejaardes in Bethlehem enFouriesburg te verskaf gaan van krag totkrag. Dit is danksy ’n paar boere watbykomend bydraes lewer.Nou het General Motors se GM Childline-

stigting ’n splinternuwe bakkie geskenk sodatdie groente by die onderskeie plekkeafgelewer kan word.Dié bakkie is Woensdagmiddag deur Colin

Cowie, voormalige voorsitter van die Nasio-nale Handelaarsvereniging en deesdae vandie Childlife-stigting, aan Twakkies du Toit enMpho Negovha, die twee heeltydse werkers,oorhandig.Cowie sê die Childline-stigting het sowat

tien jaar gelede ontstaan om ’n verskil ingemeenskappe te maak. Handelaars enGeneral Motors skenk jaarliks om die helftegeld aan die projek. Wanneer ’n behoefteontstaan, doen die handelaarshoof, in diégeval Philip Sterley van Bethlehem Auto, ’nvoorlegging waarin uiteengesit word wat diebehoefte is, in dié geval ’n voertuig.“Elke geval verskil. Die geld wat aan die

verskillende projekte bestee word, maak niesaak nie. Dit is die verskil wat dit gaan maakwat vir ons belangrik is,” sê Cowie.In September 2012 het Pierre Coetzee ’n

stuk grond op sy plaas Sidney vir ’n groente-tuin beskikbaar gestel.Farmsecure het die elektriese omheining

en pakkamer geskenk. Hy het aanvanklik diearbeid voorsien, terwyl Bethlehem-Tafelronde60, in samewerking met die Masechaba-pro-jek, vir die besproeiingstelsel, ablusiegerieween pakplek verantwoordelik was. Hy hetintussen ook bykomende pakplek voorsien.Die Frontier Inn-Dihlabenggemeenskaps-

trust het verseker die groentetuin is metskadunet bedek. Saad is deur Starke Ayresen kunsmis deur Kynoch verskaf. PierreCoetzee verskaf die water en elektrisiteit.Die salarisse word deur die onderskeie

groepe betaal en in die stadium word kosaan meer as 1 000 mense gegee.Die instansies is Youth With a Mission

(YWAM), wat Dinsdae en Donderdae tussen200 en 400 kinders en bejaardes voed, dieinwoners van Kareehuis by die CharlotteTheron-kinderhuis, sowat 95 bejaardes vandie Sonskyn-dienssentrum en 200 tot 400leerlinge aan die Maluti-Hooglandskool.Aanvanklik is groente aan die Intermediêre

Skool Fouriesburg verskaf. Deur die toedoenvan die hoof, Annelien Hattingh, is ’ngroentetuin op die skoolterrein begin. Dié tuinword gereeld deur Twakkies en Mpho besoekom toe te sien dat alles vlot verloop.Twakkies is baie trots op die eerste

spinasieoes. “Ons het ses ton in negemaande geoes.” Benewens spinasie iswortels, beet, tamaties, uie en groenboneaangeplant. Twee boere, Brian Jardine enAtman Meintjies, verskaf onderskeidelik koolen aartappels. Volgens Twakkies beplan hulleom ook aan Christenburg en in Bohlokonggroente te lewer.

Groentetuinprojek werp vrugte af

BETROKKENES by die groentetuinprojek watkos aan meer as 1 000 behoeftige kinders enbejaardes in Bethlehem en Fouriesburg ver-skaf by die bakkie wat deur General Motors seChildline-stigting aan hulle geskenk is. Vanlinks is Werner Engelbrecht, Alwyn Shields,Rudi van Vuuren, Tella Harris, Adriaan Cilliers(almal van Bethlehem-Tafelronde 60), JacquesCoetser (Farmsecure), Leon Lombard (Gene-ral Motors, Bloemfontein), Mpho Negovha(werknemer), Muller Janse van Rensburg(voorsitter: Bethlehem-Tafelronde 60), PhilipSterley (handelaarshoof: BethlehemAuto), Bri-an Jardine (boer), Graham Bishop, FrancoisBarnard (albei Masechaba-stigting), FreddyHiggs, Anthony Oliver (Frontier Inn-Dihlabeng-trust), Twakkies du Toit (werknemer), ChrisKarsten (Frontier Inn-Dihlabengtrust) en ColinCowie (Childline-stigting). Foto: Lynda Greyling

MPO NEGOVHA (links) en Twakkies du Toit in die groentetuin.

4 MALUTI, WOENSDAG 19 MAART 2014

Laat reg sy gang gaanLynda Greyling

DIE afgelope week het dit be-hoorlik op die dorp gegonsoor Petri Breedt, ’n jong on-derwyser, se dood.

Dit is interessant hoe ge-skinder is en letterlik honderde weergawes oordie voorval vertel is.

Miskien is dit weens die Oscar-saak wat nouaan die gang is en soveel reaksie ontlok. Iemandhet reeds gesê dit is soos ’n tweede Oscar-saak.

Daarby is in verlede week se Maluti daaroorberig en het talle mense van hulle laat hoor, veraldaaroor dat sy waarskynlik op ’n onnatuurlikewyse dood is en die polisie nie die saak onder-

soek nie.In daardie stadium is ’n lyk-

skouing nog nie gehou nie, watverklaar hoekom die polisie ditnog nie ondersoek het nie.

Die lykskouing is gehou enJohn Cordier, ’n kollega van Petri,

het reeds daaroor in die hof verskyn.Mense moenie altyd oordeel en veroordeel

nie. Ek het al lankal geleer die reg moet sy ganggaan.

’n Mens is eers skuldig as hy of sy in die hofskuldig bevind word.

Ek dink aan die ouers en familielede van aldie betrokkenes – dit moet vir hulle almal ewemoeilik wees.

deur

Lynda Greyling

SOLIDARITEIT HELPENDE HAND seBethlehem-tak het onlangs aan Rika vander Merwe ’n Silwerkroon-eerbewysoorhandig.

Van der Merwe is ’n bejaarde inwonervan die informele nedersetting Christen-burg. Anita Schoeman, voorsitter vanHelpende Hand se Bethlehem-tak, vertelVan der Merwe het in 2001 vrywillig inChristenburg ingetrek. “Sy word as almalse ma en ouma beskou,” sê Schoeman.

“Tannie Rika se onbaatsugtige diensaan Christenburg laat diep spore in dieinwoners se hart en lewe. Sy offer haartyd, privaatheid, energie en voertuig op virmense wat behoeftig is. Siek mense wordgereeld deur Tannie Rika klinieke enhospitale toe gebring. Sy maak ook sekerdie pasiënte neem hul chroniese medisy-ne op die regte tye.”

Van der Merwe is ook verantwoordelikvir katkisasie-opvoeding in die gemeen-skap, help die kinders in die nedersettingmet huiswerk en is in beheer van Chris-tenburg se kombuis.

Daarby hou sy elke oggend vir die

inwoners Bybelstudie en maak selfs virdie mense in die gemeenskap klere.

“Van der Merwe se liefde en omgee virdie gebroke en behoeftige mense rondomhaar is opmerklik,” sê Schoeman. “Sy is ’nwaardige mens, met ’n opregtheid,eerlikheid en hartlikheid wat ’n blywendeindruk op haar omgewing maak. Haarspontane passie vir alles rondom haar ismeer as aansteeklik. Sy is iemand wat dievinger op Christenburg se pols hou enseker maak alles verloop volgens plan.”Die Silwerkroon-eerbewys is aan Van derMerwe oorhandig as ’n teken van Helpen-de Hand se dankbaarheid vir die werk watsy doen om armoede te verlig, voorkomen te verbreek.

“Vir Helpende Hand se Bethlehem-tak isdit ’n voorreg om so ’n pragtige juweel insy midde te hê en haar spesiale same-stelling bring balans in ons beplanning, dietoepassing van reëls en belangrikebesluitnemings,” sê Schoeman.

“Ons kan dus nie anders nie as om aanhaar ’n Silwerkroon-eerbewys te oorhan-dig.

Inwoner beloonmet eerbewys

ANITA SCHOEMAN (links), Solidariteit Helpende Hand Bethlehem se takvoorsitter, oor-handig ’n Silwerkroon-eerbewys aan Rika van der Merwe.DIE polisie doen nou ’n interne ondersoek

teen twee polisiemanne wat nie na behoreopgetree het toe hulle ’n klag van diefstalondersoek het nie.

Die saak kom nadat Salo Nel van BGNel-sweiswerke en sy suster, Adri Williams,wat ook vir die onderneming werk, diepolisie gekontak het nadat ’n kliënt Williamsse twee selfone en haar motor- en huissleu-tels van haar lessenaar gevat het.

Gilbert Khoete van die Tswelopele DrivingSchool was vies vir Williams omdat sy ’nkontanttjek, vir werk wat hulle vir homgedoen het, gewissel het.

Volgens Williams het hulle vantevore virhom werk gedoen en gesukkel om hul gelduit hom te kry; daarom dat hulle op ’nkontanttjek aangedring het.

Hy het versoek hulle moet die tjek tot dieMaandag terughou. Sy het hom die Maan-dag-, Dinsdag- en Woensdagoggend in diehande probeer kry voordat sy later die

oggend die tjek gaan wissel het.Williams het die polisie gebel wat ’n ruk

later saam met Khoete daar opgedaag het.Die polisie het onder meer geweier om haarverklaring in Afrikaans af te neem endaarby geweier om Khoete aan te sê omdie selfone en sleutels terug te gee. Hulle isdaar weg sonder om die saak uit te klaar.

Williams het brig. Jan Tsotetsi later gebelen hom vertel sy meen die polisie het haarnie billik behandel nie. Kort daarna wasdaar ander polisielede wat haar verklaringafgeneem het.

Sy moes later ’n geleentheid na haar huiskry en inbreek om die spaarsleutels te kry.

Khoete en Williams het albei ’n klag vandiefstal ingedien.

Kapt. Harry Nagel, woordvoerder van diepolisie, sê dit is siviele sake.

Khoete se klag is intussen deur die hofuitgegooi. Williams se saak teen Khoetegaan voort.

Interne ondersoek teen lede

UITSONDERLIKE prestasies deur onderwy-sers is op 6 Maart op die veertiendeNasionale Onderwys-eerbewysgeleentheidvan die departement van basiese onderwysvereer. Dit is in die Birchwood-hotel-en-kon-ferensiesentrum gehou.

Eerbewyse is in tien kategorieë toegeken.Dinky Wille van die Hoërskool Voortrekker

in Bethlehem was die naaswenner in diekategorie vir uitnemendheid in spesialeonderwys.

Malefetsane Mokomotoane van dieHoërskool Sekgutlong was derde in diekategorie vir uitnemendheid in wiskunde-on-derrig.

Onderwysers word deur hul skool be-noem en dring dan tot distriksonderhoudedeur waar Wille en Mokomotoane distrik-wenners was. Op 15 November is albei asprovinsiale wenners in hul onderskeiekategorieë aangewys.

Wille reken dit was ’n spannende reis,maar terselfdertyd ’n onvergeetlike geleent-heid, “Hoewel ek uit my gemaksonegeneem is, het ek nuwe mense ontmoet,nuwe vriende gemaak en is deurentydbederf.” Sy erken sy sou dit nie alleen konaanpak nie en gee eer aan die Here. Sy

bedank haar man, Ters, wat haar geleerhet: Never see failure as failure, only seefailure as a change of direction to still reachyour goal.

Wille moedig alle skole aan om onderwy-sers vir die Nasionale Onderwys-eerbewyse2014, waarvoor inskrywings einde Augustussluit, te benoem.

Onderwysers kry eerbewyse

DINKY WILLE

LESERS het ná Maluti sevoorbladberig oor Petri Breedtse dood van hulle laat hoor.Ewald Kruger: “Ek probeer

verstaan wat met Petri gebeurhet. Iemand wat dalk kanverduidelik? Ek verstaan die polisieondersoek nie haar dood nie, is ditkorrek?”Deon Erwee: “Daar bestaan nie so

iets dat ’n onnatuurlike sterfte soos diévan Petri Breedt nie deur die polisieondersoek word nie soos berig op uvoorblad van 12 Maart 2014. As dit diegeval is, is dit ’n gruwelike oortredingvan die wet en beslis ’n toesmeerdery.

Ek dink u moet weer by diepolisie navraag doen. Alle onna-tuurlike sterftes moet ondersoekword.”Die lykskouing moes eers

gehou word.Kommentaar oor die monument wat

vir Bethlehem se 150ste bestaansjaaronthul is:Dorpsbelastingbetaler: Ek het na die150 jaar-“monument “ gaan soek en niksgevind nie. By navraag is ek meegedeeldie “monument” staan in die ingangspor-taal van die Burgersentrum. Dit is toe aldie tyd van hout gemaak. Die regte eenvan graniet word nog gemaak.

Lesers lewer kommentaar

BETHLEHEM ROTARY in conjunctionwith the Department of Health will behaving family health days from 2 to 4April.

These free family health days are partof Rotary International’s health days.

It will be held at the Baken Park Com-munity Hall on 2 April, Tafoleng Stadium inBohlokong on 3 April and on 4 April at thearea next to the Mphohadi Clinic inBohlokong.

HIV testing en counselling will be done.Other testing includes TB symptomaticscreening; diabetes and blood pressure,polio and measles vaccination, dewormingand vitamin A administration.

People interested can visit the clinic from08:00 until 16:00.

’n NIGERIËR, Anthony Naouuka, isDonderdag tot vyf jaar gevangenis-straf gevonnis.

Naouuka, die eienaar van Klub2000, is deur landdros Basi Mhlatsiop vyf aanklagte van handel metdwelms (kokaïen) skuldig bevind.

Voor vonnisoplegging het hyaansoek om borgtog gedoen wat nietoegestaan is nie.

Naouka het nadat hy gevonnis is,aansoek gedoen om te appelleer,maar dié versoek is geweier.

Adj.off. Kokonyana van die geor-ganiseerde misdaadeenheid inPhuthaditjhaba was die ondersoek-beampte.

Rotary holdshealth days

Nigeriër 5 j.tronk toe

MALUTI, WOENSDAG 19 MAART 2014 5

IT IS time for the owner of Solomon’sMica, Gerhard de Boer’s, monthly do-it-yourself tips. A a father of four youngchildren he has wonderful DIY tips for thecoming holiday.

The April holiday is almost upon us, so wethink it is best to do a DIY project that thechildren can enjoy and in this way you canspend quality time with your children.

We are going to do two projects, the firstone is an outside project for a shadedsandpit and the next one is a Rubik’s Cubefor a table or bedside table.How to make a shaded sandpitWhat you will need:

) 13 tongue-and-groove planks to the lengthyou desire, we recommend 1 200 mm (forthe base square);) 24 x 20 mm wood screws;) 4 44 x 44 x 1 800 mm pine blocks (leg

stands);) 32 3,5 x 45 mm wood screws;) four 20 x 40 mm pine blocks (top beams);) shade netting 1 260 mm x 1 260 mm; and a) staple gun and staples.Method:Put three tongue-and-groove planks

together. Use a rubber mallet to ensure theyare properly knocked together and fit wellinto each other. Cut three small strips of thetongue-and-groove planks for each side youmake and attach them (as evenly spread outas possible) with 20 mm wood screws.

Place the leg stands to intersect at thecorners of the base and drill the 3,5 x 45 mmscrews through the base (on each side ofthe corner). Drill the screw into the top andbottom of the base corner.

To attach the top beams to the leg standsdrill pilot holes through the leg stands, then

drill in the 3,5 x 45 mm wood screws.Place the shade net over the top of the

frame. Pull tightly and ensure that theoverhang is equal on all sides. Fold the netunder on all sides and staple together asneatly as possible. Fill with sand andremember to mix with coarse salt. Remem-ber, it is best to cover the sandpit withshade cloth when not in use.

You now have a lovely shaded sandpit foryour kids to play in.

Some extra tips for this project:) Ensure you fill the sandpit with clean andtreated sand to prevent your kids frompicking up germs.) Add a cover to put over the sand to keepit dirt, germ and contamination free.) Paint the wood with wood sealer orvarnish to prevent it from decaying. This willextend the life of the frame.

Build a sandpit your kids will enjoy

A SHADED sandpit.

TO make a unique Rubik’s Cubetable for children, you will need:) 2 400 mm x 1 200 mm x 16 mmsheet of medium density fibreboard;) mat black acrylic paint;) gloss acrylic paint in red, orange,yellow, green, blue and white;) 25 mm masking tape;) paint roller;) 8-gauge 40 mm countersunk woodscrews;) 2 surface-mount concealed hinges;) brass-plated magnetic door catch;) 4 black rubber feet;) black plastic screw caps;

) shelf support pins;) a pencil;) metal ruler; and) drill and drill bits.Method:

1. Cut your wood to these sizes: two600 x 600 mm, two 600 x 568 mm, two568 x 568 mm and one 568 x 560 mm(for the shelf).2. Paint the wood pieces with twocoats of black paint on each side.Leave to dry.3. On one side of each of the two600 x 600 mm sides, measure andmark 300 mm from what will be the

bottom of the cube, and 70 mm infrom the front and back edges. Drillholes to suit the size of the shelfsupport pins.4. Drill holes for the 40 mm counter-sunk wood screws. Assemble thecube on 5 sides with the screws.5. Draw lines 205 mm in from eachedge on the outside face of the cubeand door piece. Mask off outsideedge on all sides, then centre tapeover ruled lines to make squares.6. Place your paint roller in the glosspaint. Use a different colour for eachside of the cube applying two coats

for each side.7. Once dry remove the maskingtape.8. Attach the hinges to the inside ofthe box and the door, then attach thedoor.9. Attach the shelf support pins insidethe cube. Once you are certain that itis stable, position the shelf on thepins.10. Fix the magnetic catch inside thedoor. Screw the rubber feet to loweredges and hide the countersunkscrew heads around the cube withplastic caps.

Rubik’s Cube table ideal for children

A RUBIK’S CUBE table forkids.

6 MALUTI, WOENSDAG 19 MAART 2014

Registrasievereistes: Elke koper moet registreer om te bie. Bewys van adres & ID-dokument word benodig vir FICA-registrasie. Registrasiedeposito van R10 000 (LOSBATES) is betaalbaar per bank- of bankgewaarborgde tjek, krediet- ofdebietkaart of EFO. GEEN KONTANT! EIENDOM: 10% Deposito op die bodprys betaalbaar met die val van die hamer.Terme & Voorwaardes van toepassing. ONDERHEWIG AAN VERANDERING SONDER VOORAFKENNISGEWING. Reëls van

die veiling, advertensies en volledige lys beskikbaar op www.aucor.com. Afslaer: Jacques van der Linde

Besigtingsdatum:Woensdag, 26 Maart (09h00 - 16h30)

Maureen (eiendom): 083 790 0085Simon (losbates): 082 444 4066

Per instruksiedeur JPVermeulenKonstruksie&Vervoer, salAucordievolgendeaanvul enperpubliekeveilingverkoop:

Datum: Donderdag, 27 Maart om 10:30Perseel: 6 Kalkstraat, Industriële Area, Kathu

BESIGHEID-SLUITINGS-VEILING

ww

w.aucor.com

property|

wheels

|m

ovables

4000 M² EIENDOM METVERBETERINGS• KATHU INDUSTRIëLE AREA •

GPS:S27°42.599’,E023°2.3284’

Voorhakers, Vragmotors, Wipbakke, Sleepwaens,Busse, Voertuie, Bakkies, TLTs, Laaigrawe, Konstruksie-,Werkswinkel- & Ingenieurstoerusting, Motors, Onder-dele, Verskeie Staalpype, Tonne Skrootmetaal, Bou-materiaal, Kantoor- & Huishoudelike Meubels, ens.

Horses, Trailers, vehicles, LDVs, Trucks, Construction, TLB, FELVRAGMOTORS •KONSTRUKSIE •BAKKIES, ENS.

www.aucor.com

Besigtiging: Maandag, 24Maart (08h30 - 16h30) Herbert: 0780990635

Datum: Dinsdag25Maart @10h30 | Perseel: Krugerlaan1 , Estoire,Bloemfontein

GPS: S29°06.767’O026°16.567’

BANK- & VLOOT-160XVOERTUIE&VRAGMOTORSVir Finansiering kontak:Celestè 082 374 5078

•Voertuie •Bakkies • SNVs •MiniBusse •Motorfietse •Nie-Lopend •• Voorhakers • 2009Terex TLT •Wipbakvragmotor • Steenaanleg •

BESOEK: www.aucor.com Vir Volledige Besonderhede & Fotos

Voorwaardes:Elke koper moet registreer om te bie. Bewys van adres en ID-Dokument benodig vir FICA-registrasie. Registrasiedeposito vanR10000per banktjek, debiet/kredietkaartof EFO. Geenkontant!Behoorlik gelas, sal Aucor die volgende aanvul en per publieke veiling verkoop. Terme &Voorwaardes geld.WesBank, a division of FirstRand Bank Ltd. An

authorised financial services and credit provider. NCRCP20.Afslaer: JacquesvanderLinde

Elri Burger

DIE LNR-Kleingraaninstituut sehandleidings is reeds aan ongeveer7 600 produsente landwyd gepos.

Die instituut het in November 2013begin met die proses in ’n poging omdie boekies so vroeg moontlik aandie produsente beskikbaar te stel.

Die instituut publiseer jaarliks diéhandleiding wat die nuutste inligtingen resultate oor kultivarprestasie,onkruid-, siekte- en insekbeheer enalgemene bestuurspraktyke watbetref suksesvolle kleingraanverbou-ing bevat. Die handleidings stelnuttige en duidelike riglyne waarbinneaanbevelings en produksiebesluitebehoort gemaak te word.

Twee handleidings is in Afrikaansen Engels vir die somer- en winter-reënvalgebiede onderskeidelik te kry.

Danksy die ondersteuning van dieWintergraantrust kan die handleidingsgratis aan kleingraanprodusenteverskaf word. Ander instansies kandit teen R70 elk koop.

Aangesien die koringplant so ’nbesonderse aanpassing toon enomdat Suid-Afrika so ’n verskeiden-heid omgewings en verbouingstoe-stande het, plant die produksieprakty-kespan by die Kleingraaninstituutverskeie kultivar-evalueringsproeweoor die land heen. Nuwe en bestaan-de kultivars van alle saadmaatskap-pye word in dié proewe onderdieselfde toestande geplant. Só kandie kultivars se opbrengspotensiaal,gehalte en ander eienskappe metmekaar vergelyk word en kanaanbevelings aan produsentegemaak word oor watter kultivar diebeste in ’n bepaalde omstandigheid

sal presteer.Benewens kultivarkeuse word

onderwerpe soos algemene koringbe-stuur, wisselbouriglyne en grondbe-werking gehanteer. Deur dié produk-sieriglyne sinvol te gebruik kan dieprodusent sy hulpbronne optimaalbenut om winsgewend en volhoubaarte produseer.

Die handleidings is ook in CD-for-maat beskikbaar. Rig navrae hierooraan Elri Burger by 058-307-3507 ofEveline Mofokeng by 058-307-3400.

Die handleidings sal van 13 tot 16Mei op die Nampo-oesdag by dieinstituut se stalletjie in die MicrobialSolution-saal beskikbaar wees.

Handleidings reeds in die posDR. SHADRACKMOEPHULI (regs, uit-voerendehoof vandieLandbounavorsings-raad) oorhandig hieraan Louw Steytler,voorsitter van GraanSuid-Afrika, die nuut-ste koringhandlei-ding.

V

E

I

L

I

N

G

S

V

E

I

L

I

N

G

S

MALUTI, WOENSDAG 19 MAART 2014 7

Agent position – commission only

REQUIREMENTS- Existing income- Mature - 40 years plus- Own transport and cellphone- Professional knowledge of vegetable-seed industry- Previous/current agricultural experience(professional)

Interested? Send a short introductorye-mail listing previous agricultural

experience [email protected]

VEGETABLE-SEEDMARKETING-AGENT WANTED

ONEVE

RYTHIN

GTHI

NGDoublePointsValid from21 -23March 2014

Earn Get your voucher at the kiosk in storeoron the Pick n Pay Mobile App.

Terms and Conditions apply.

**Terms and conditions apply. Visitwww.picknpay.co.za formore information.

PRICESVALID18-23MARCH2014ATPICKNPAYSUPERMARKETSANDHYPERSONLYIn Gauteng, Free State, North West, Mpumalanga, Limpopo, Upington, Kimberley, Kuruman and Vryburg. Excluding Botswana, Namibia, Swaziland, Lesotho and Express stores.smart shopper points will still apply in Express and Daily stores. www.picknpay.co.za CustomerCare0800112288.Toll free landlineonly.Cellphoneratesapply.Shop in store or online at www.pnp.co.za/shopPick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Somestoresmaynotstocksomeoftheseproducts.Please check availability.We strive to ensure all printedinformation is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper termsandconditionsapply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.

Best CustomerLoyalty Programme2013*

ramme2013*

R48Bulk Oukraal WorsPer kg

R59Bulk T-Bone and ClubSteak Mixed PackPer kg

R89Toks & Tjops BraaiPack Consists of:Ultimate BraaiMaster Boerewors,Lamb Loin Chopsand PorterhouseSteak Per kg

1790Golden CloudCake WheatFlour 2.5kg

R159Huggies Gold Boy or GirlDisposable NappiesSize 4 - 60s, Size 3 - 72s,Size 4+ - 54s or Size 5 - 50sPer Pack

SAVER30

R20Tastic ParboiledRice 2kg

SAVE2.90

Sunfoil Sunflower Oil750ml

1350

Twinsaver Luxury2 Ply ToiletTissue Assorted9s Per Pack

3890

SAVER9

R45Omo AutoWashing Powder2kg, Auto Liquid 1.5 Litre orConcentrated Liquid 750mlEach

SAVER20

BIRTHDAYBONUS1Million lucky vou

chers tobe found.Check your till slip

. smart shoppers only.

Garnish and decor not included

**Terms and Conditions Apply.

1184367

2990Blossom CanolaMargarine orMedium FatSpread 1kg TubEach

R24Fairview ChevinAssorted 100gEach

SAVER6

R10Dairy PrincessCreamy CheeseWedges 125g

SAVER7

NescaféClassic Dawn200g Jar

4990

SAVER9

BUYBOTHFOR

Mrs H.S. Ball’sChutney Assorted470g and All GoldTomato Sauce 700ml

3290

SAVE5.30

TE KOOP

ALLERLEI

1655

Geslagte varke, skapespeenvarke en lam-mers. Gratis aflewering inBethlehem. 072 406 3919.

TROETELDIERE

1660

Yorsies te koop:9 weke oud en gespuit.Yorkie en Worsie is 'n Yor-sie. R400. 082 927 6278.

GESOEK OMTE KOOP

1675

Ek koop en verkooptweedehandse fietse virkontant. Skakel 073 5099526.

ALGEMENE &HUISDIENSTE

ALLERLEI

1845

FOR ALL TOMB-STONES and repairs todamaged tombstones, aswell as epitaphs, etc.Phone 058 303 4840. BHM.

PLAVEISEL

1873

Spesiale dienste:Plaveisel, teëlwerk, bou-werk, pleister. Skakel:Johannes 083 210 6526.

BETREKKINGS

3600

BETREKKINGSGESOEK

3670

Jeanette is op soek nawerk as huishulp: 5-3 daeper week. Skakel073 114 0790.

Ervare dame is op soekna werk as huishulp vir 4dae per week. SkakelSipati 083 508 8890.

HARE/SKOONHEID

3685

HAARKAPSTER:Pos beskikbaar.Skakel 082 927 6278.In Bethlehem.

GEKLASSIFISEERD

SportSportKoerant met hart The paper with heartI

LEDE van die Bethlehem-tenshinkan-karateklub wat deel was van die Vrystaatspan wat aandie Suid-Afrikaanse ope kampioenskapsbyeenkoms inDurban deelgeneemhet, is van links, voor:Bradley Mapp, Monique van der Merwe en Corné du Preez (goud – kumite); agter: Jac Grobler(silwer – kata, brons – kumite), Reece Mann (silwer – kumite), Thomas Mapp (silwer – kumi-te) en Benjamin Prinsloo (brons – kumite). Foto: Lynda Greyling

ZANÉ VAN NIEKERK het die karretjie-afdeling (12 tot 18 jaar) op die eerste saalperdkampioen-skapsbyeenkoms op Bethlehem gewen.

Wen karretjie­afdeling

Pak ArgusALBERT PEENS van Bethle-hem het op sy 65ste verjaar-dag sy 21ste Argus-fietswed-ren voltooi.