8
TEL: 058 - 303 5411 WOENSDAG 2 JULIE 2014 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE Koerant met hart The paper with heart I Lynda Greyling OM by sy skaapkraal te kom en net 17 skape daar te kry was vir Gerrie van Deventer van Kestell ’n skok. Vir Van Deventer, wat jare vir die Maluti-a-Phofung-munisipaliteit gewerk en sy pensioengeld gebruik het om die skape te koop, was dit groot skade. “Gelukkig het ek goeie vertroue in die veediefstaleenheid van die polisie.” Dié eenheid het kort daarna 68 van die skape in Lesotho teruggevind. Intussen is nog 22 skape net anderkant die grens by die Monontsha-grenspos gekry. Butana Kompela, die LUR vir polisie, en lt.genl. Simon Sempe, die provinsiale polisiekommissaris, asook ’n groep afge- vaardigdes, het Vrydag na die polisiekan- toor op die grens gery waar die gesteelde skape geskut word. Die besoek aan die grenspos is deel van Ace Magashule, die Vrystaatse premier, se 102 dae-premiersoperasie. Met hierdie program wil hulle misdaad vasvat. ’n Man van Lesotho (34) is in verband met die diefstal in hegtenis geneem en sal binnekort aan Suid-Afrika uitgelewer word. Van Deventer sê hy sal binnekort sy 22 skape terugkry. “Ek is vol vertroue dat die ander nog gevind sal word.” Mpembe sê hierdie voorval is ’n bewys dat veediefstal ’n groot probleem in Suid-Afrika is. JANNIE BEZUIDENHOUT (26) van Fouriesburg het in die hof in Bethlehem verskyn ná die dood van ’n motorwag. Bezuidenhout is sowat twee jaar gelede in hegtenis geneem in verband met die moord op ’n Bethlehem-motorwag, David Mohlakoana (30). Hy en ’n ander man het Mohlakoana na bewering aangerand toe hy hulle geld vir die oppas van hul voertuig gevra het. Die voorval het twee jaar gelede in Augustus omstreeks 00:30 buite die Kuba-restaurant in Rouxstraat, Bethlehem, plaasgevind. Die twee mans het ná die voorval weggery, maar is die volgende oggend by hul werkplek in hegtenis geneem. Die een man is later vrygelaat. Die saak is tot 22 September uitge- stel. Man weer later in hof Skape uit kraal weg Lesotho-burger vas ná veediefstal OKKIE LOTRIET van Bethlehem se Tafelronde 60 het tydens Tafelronde se jaarlikse Winter Knights-projek om geld, klere en nie-bederfbare kos vir min- derbevoorregtes in te samel, ’n bietjie humor met sy plakkaat verskaf. Foto’s: Lynda Greyling DAVE BREEDS en Johan Roos van Bethlehem-Tafelronde 60 het tydens die Winter Knights-projek dié motoris in Kerk- straat laat stilhou en om ’n skenking vir liefdadigheid gevra. LEDE van Bethlehem-Tafelronde 60 het Vry- dagaand in samewerking met die Dihlabeng- munisipaliteit se verkeersafdeling ’n padver- sperring voor Nix Pub in Kerkstraat gehad waartydens geld, nie-bederfbare kos en klere vir minderbevoorregtes ingesamel is. REGS: Tella Harris van Bethlehem se Tafelronde 60 vra hier vir ’n motoris om ’n skenking vir minderbe- voorregtes ty- dens dié orga- nisasie se Winter Knights-pro- jek. Help deur insameling

Malutima 20140702

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Malutima 20140702

Citation preview

Page 1: Malutima 20140702

TEL: 058 ­ 303 5411 WOENSDAG 2 JULIE 2014 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE

Koerant met hart The paper with heartI

Lynda Greyling

OM by sy skaapkraal te kom en net 17skape daar te kry was vir Gerrie vanDeventer van Kestell ’n skok.

Vir Van Deventer, wat jare vir dieMaluti-a-Phofung-munisipaliteit gewerk ensy pensioengeld gebruik het om die skapete koop, was dit groot skade.

“Gelukkig het ek goeie vertroue in dieveediefstaleenheid van die polisie.”

Dié eenheid het kort daarna 68 van die

skape in Lesotho teruggevind. Intussen isnog 22 skape net anderkant die grens bydie Monontsha-grenspos gekry.

Butana Kompela, die LUR vir polisie, enlt.genl. Simon Sempe, die provinsialepolisiekommissaris, asook ’n groep afge-vaardigdes, het Vrydag na die polisiekan-toor op die grens gery waar die gesteeldeskape geskut word.

Die besoek aan die grenspos is deel vanAce Magashule, die Vrystaatse premier, se102 dae-premiersoperasie.

Met hierdie program wil hulle misdaadvasvat.

’n Man van Lesotho (34) is in verbandmet die diefstal in hegtenis geneem en salbinnekort aan Suid-Afrika uitgelewer word.

Van Deventer sê hy sal binnekort sy 22skape terugkry.

“Ek is vol vertroue dat die ander noggevind sal word.”

Mpembe sê hierdie voorval is ’n bewysdat veediefstal ’n groot probleem inSuid-Afrika is.

JANNIE BEZUIDENHOUT (26) vanFouriesburg het in die hof in Bethlehemverskyn ná die dood van ’n motorwag.

Bezuidenhout is sowat twee jaargelede in hegtenis geneem in verband metdie moord op ’n Bethlehem-motorwag,David Mohlakoana (30).

Hy en ’n ander man het Mohlakoanana bewering aangerand toe hy hullegeld vir die oppas van hul voertuig gevrahet.

Die voorval het twee jaar gelede inAugustus omstreeks 00:30 buite dieKuba-restaurant in Rouxstraat, Bethlehem,plaasgevind.

Die twee mans het ná die voorvalweggery, maar is die volgende oggend byhul werkplek in hegtenis geneem. Die eenman is later vrygelaat.

Die saak is tot 22 September uitge-stel.

Man weer later in hofSkape uit kraal wegLesotho-burger vas ná veediefstal

TEL: 058 ­ 303 5411 WOENSDAG 2 JULIE 2014 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE

OKKIE LOTRIET van Bethlehem se Tafelronde 60 het tydens Tafelronde sejaarlikse Winter Knights­projek om geld, klere en nie­bederfbare kos vir min­derbevoorregtes in te samel, ’n bietjie humor met sy plakkaat verskaf.

Foto’s: Lynda Greyling

DAVE BREEDS en Johan Roos van Bethlehem­Tafelronde60 het tydens die Winter Knights­projek dié motoris in Kerk­straat laat stilhou en om ’n skenking vir liefdadigheid gevra.

LEDE van Bethlehem­Tafelronde 60 het Vry­dagaand in samewerking met die Dihlabeng­munisipaliteit se verkeersafdeling ’n padver­sperring voor Nix Pub in Kerkstraat gehadwaartydens geld, nie­bederfbare kos en klerevir minderbevoorregtes ingesamel is.

REGS: TellaHarris vanBethlehem seTafelronde 60vra hier vir ’nmotoris om ’nskenking virminderbe­voorregtes ty­dens dié orga­nisasie seWinterKnights­pro­jek.Help deur insameling

Page 2: Malutima 20140702

2 MALUTI, WOENSDAG 2 JULIE 2014

’n DROOM word bewaarheid.Marietha Thiele, bestuurder van die

Sonskyn-dienssentrum, sê daar bestaan algeruime tyd ’n behoefte om ’n soortgelykedienssentrum soos die Sonskyn-dienssen-trum in Bohlokong te vestig.

As Vrystaat-versorging in Aksie (VVA),waarvan die Sonskyn-dienssentrum deelvorm, het hulle reeds in 2009 by die Lottoom hulp aangeklop om ’n gebou vir die doelaan te skaf.

Hulle het intussen geld by die Lottoontvang en ’n bestaande gebou het pas dieVVA se eiendom geword om verder as ’ndienssentrum te ontwikkel.

“Ek is so opgewonde. Nou kan ons metveranderinge aan die gebou begin,” sêThiele.

Daar gaan onder meer twee vertrekkeingerig word waar bejaardes kan gaan rus.’n Badkamer, kombuis en leefgedeelte, waar’n sitkamerstel, tafels en stoele gaan wees,gaan ingerig word. Die gebou moet ook aandie binnekant geverf word.

Die aangrensende erf vorm deel van dienuwe sentrum.

Die hele gebied moet omhein word om ditso veilig as moontlik vir die bejaardes temaak.

Die oop gedeelte sal moontlik later in ’ngroentetuin omskep word.

Thiele sê hulle wil toesien dat dieselfdedienste en aktiwiteite wat by die Sonskyn-dienssentrum aangebied word, hier verrigsal word.

Dit moet ’n eenstopsentrum vir bejaardeswees.

“Hulle moet net in die aande by hul eiehuise gaan slaap, maar hulle moet so tuisas moontlik voel by die dienssentrum. Hullemoet uitsien om elke dag te kom.”

Daarby gaan hulle poog om kliniekdienstevir die bejaardes by die dienssentrum te

bied. Bejaardes moet gewoonlik baie vroegkliniek toe gaan en hul beurt afwag. Somsgebeur dit dat hulle drie of vier keer moetteruggaan voordat hulle geholpe raak.

“Dit sal vir hulle net soveel makliker weesas hulle by die dienssentrum geholpe kanraak.”

Thiele versoek diegene wat belang stelom betrokke te raak om deel te vorm van ’noorgangs-gemeenskapskomitee om dieBohlokong-dienssentrum te vestig.

Sy kan bedags by die Sonskyn-dienssen-trum gekontak word by 058-307-3780.

Bohlokong kry sentrum

PERSONEELLEDE van die Sonskyn-diens-sentrum staan hier voor die nuwe gebou waardie Bohlokong­dienssentrum gevestig gaanword. Van links is Modupi Moloi, Sello Motlo­koa; regs voor: Gladys Mokoena, Amelia Dla­mini; agter: Alice Malakoane, Selina Radebeen Julia Mnguni.

’n KURSUS oor Alzheimer se siekte isonlangs by die Bethlehem-aftreeoordaangebied.

Dit is gedoen omdat daar ’n heleklompie inwoners is wat Alzheimer sesiekte of dimensie het.

Lede van die aftreeoord se Inwoners-vereniging en Vroueklub het hiernabesluit om iets te doen om ’n verskil inhierdie mense se lewe te maak.

Daar is op die internet navorsinggedoen, waartydens die idee ontstaanhet om aktiwiteitskussings te maak.

Janie de Wet het al die kussings metongebleikte linne oorgetrek, waarna ElizeOtto, Ria Mitchell en Marietjie Spreeuw,asook Elza Strapp, Lella Mostert, HettieCoetsee, Annette von Caues en Elsabévan Tonder, voorsitter van die Vroueklub,die kussings met kleurvolle materiaaloorgetrek en die bokante met allerleigoedjies versier het.

Volgens Van Tonder word die mensemet Alzheimer en dimensie baie sooskinders. Om dié rede is daar byvoor-

beeld sakkies op die kussings gewerkwaarin ’n sagte speelding gesit is. Daaris ritse wat oop en toe gemaak kanword, knope, klokkies en selfs gehekeldeblommetjies wat met Velcro “gepluk” enteruggesit kan word. Alles wat op diekussings aangebring is, is sag sodat diemense hulle nie beseer nie.

Die kussings het aan die een kanttwee bande sodat die kussing op diemense se skote gesit kan word en agterhul rûe vasgemaak kan word sodat ditnie afval nie.

Wendy van der Westhuizen, wie seman, Wessie, ook by die Bethlehem-af-treeoord se versorgingseenheid is, hetspesiale bande gemaak om dié soosWessie wat in rolstoele is, vas te bindsodat hulle nie afgly en beseer word nie.Die aktiwiteitskussings verbloem nouhierdie bande. Een van die vroue het toesy die kussing ontvang, saggies daaroorgevryf en herhaaldelik gesê haar dogterhet dit vir haar gemaak – sy was baietrots op haar kussing.

Kussings het sagte plekin bejaardes se hart

INWONERS en selfs vriendinne het aktiwiteitskussings vir mede­inwoners gemaak. Vanlinks is Elize Otto, Hettie Coetsee, Elza Strapp, Lella Mostert, suster Phania Lourens, An­nette von Caues, Elsabé van Tonder, Janie de Wet en Wendy van der Westhuizen (agter).

Page 3: Malutima 20140702

MALUTI, WOENSDAG 2 JULIE 2014 3

’n RUKKIE ná middernag isdaar teen die venster van DorisBezuidenhout geklop.Dit was nie ’n inbreker nie,

maar slegs iemand wat haarma op haar verjaardag wouverras.Yvonne van den Berg, die

oudste dogter van DorisBezuidenhout van Bethlehem,het spesiaal van Jacobsdal afgekom om haar ma op haar

94ste verjaardag te verras.Sy het met die bus gekom en

omstreeks middernag in Bethle-hem aangekom.Sy het die entjie tot by Bezui-

denhout se huis gestap.Bezuidenhout, wat al geslaap

het en al ietwat doof is, het niedie geklop gehoor nie, maargelukkig vir Van den Berg washaar jonger suster, Shirley Koenvan Kroonstad, daar om vir haar

oop te maak.“Niemand het geweet ek kom

nie, want ek wou my maverras.”Bezuidenhout woon nog in

haar huis, doen haar huiswerkself en geniet oor die algemeennog goeie gesondheid.Sy is steeds by die Golden

Gateway-hospice betrokke enbehoort nog aan klubs soos dieCaring and Sharing-klub.

THYS VAN TONDER (regs) mag in ’n rolstoel wees, maar sy hande staanvir niks verkeerd nie. Hy het onlangs vir ’n kleinkind ’n kassie met baie deur­tjies gemaak. Elke deurtjie is ’n ander kleur geverf, het ’n nommer en maakmet ’n verskillende soort slot of knip oop. Aan die kante is proppe wat oopen toegedraai kan word. Van Tonder het nou een gemaak vir die inwonersvan die Bethlehem­aftreeoord wat Alzheimer se siekte of dimensie het omhulself mee besig te hou. Links is suster Phania Lourens.

Besoek verras 94-jarigeDORIS BEZUIDENHOUT (middel) het Woensdag haar 94ste verjaardag gevier. Links is haar dogter, ShirleyKoen van Kroonstad, en regs is haar oudste dogter, Yvonne van den Berg van Jacobsdal.

Page 4: Malutima 20140702

4 MALUTI, WOENSDAG 2 JULIE 2014

ONLY one week to go for the Roman’sPizza R99 special!Buy any two large pizzas for only R99.Every Roman’s Pizza is made from the

finest, freshest ingredients.All meals are prepared to order and are

therefore guaranteed to be fresh, deliciousand straight from the oven.For the meat lover there is the Four-In-

One with pepperoni, beef, ham and bacon.There is a variety of barbeque chicken, onewith mushroom, another with pineapple oronion and green pepper, Chick ’n Mayo, amayo base with chicken and bacon orchicken and feta cheese.The Rumbling pizzas are the better

known and include delicious varieties suchas the Classic Cheese, Margherita, Hawaii-an, Fiji, Regina, Pepperoni Deluxe, Tropical

and Vegeterian. Then there is the Grum-bling Greek pizzas with feta cheese andolives, feta cheese and spinach, the TangyRussian, Bacon and Avo, Bacon Supreme,Bolognaise, Seafood, Supreme and HotOne, with its chilli base, green pepper, beefand onion.For the ravenous there is the Chic ’n

Mayos, Barbeque Spare Rib and Mush-room, Quattro and Sweet Chilli Chicken tochoose from.If you are very hungry you can order

some extra toppings.As if the variety isn’t enough, you can

choose a pan base, which is thick andfluffy, or an original.Roman’s Pizza is only a phone call away.

Call and collect your mouthwatering pizzasnow, before the special ends on 9 July.

Mouthwatering pizzaVISIT Roman's Pizza today for an unbelievable special on two large pizzas – it’s worth it!

“CHRISTUS het vir ons sondes gesterf . . .en (ek, Paulus) is nie werd om ’n apostelgenoem te word nie, omdat ek die kerk vanGod vervolg het. Maar deur die genade vanGod is ek wat ek is.” 1 Korintiërs 15:1 – 11Gedurende die Amerikaanse presidents-

verkiesing, toe William McKinley ’n kandidaatvir die presidentskap was, het ’n vyandigekoerant sy verslaggewer opdrag gegee omop McKinley se spoor te bly en elke moontli-ke stukkie negatiewe nuus vir publikasie aante stuur.Die koerantman het hom baie goed van sy

taak gekwyt. Hy het selfs in ’n stadium opdieselfde trein as McKinley gereis, juis omnie ’n woord wat hy teen McKinley kangebruik te mis nie. McKinley het van diekoerantman se taak geweet en ook van alleswat hy al geskryf het. Een koue middag hetdie verslaggewer in die trein op sy sitplekaan die slaap geraak. Daar was nie verwar-ming in die reiswa nie en die man het vankoue opgekrul op sy sitplek gelê en slaap.McKinley het verbygekom en dit gesien, sy

dik jas uitgetrek en dit oor die man gegooi.Nadat die verslaggewer ’n ruk lekker

onder die dik jas gelê en slaap het, het hywakker geskrik. Hy het sonder versuim ’ntelegram aan sy koerant gestuur en sybedanking ingedien. Dit was vir homonmoontlik om die man wat aan homvriendskap bewys het sleg te maak.Dit is hoe die Here Jesus vir Paulus so ’n

onvermoeide volgeling van Hom gemaak het.Die gebeurtenis word in Handelinge 9:5,22:8 en 26:15 vertel.Haastig op pad Damaskus toe, om die

mense van die Weg, soos Jesus se volgelin-

ge genoem is, manne, sowel as vroue,geboei na Jerusalem te bring, ontmoet Jesushom. ’n Lig het hom skielik van die hemel afomstraal en Paulus val op die grond. ’nStem sê vir hom: “Saul, Saul, waaromvervolg jy My?” en toe hy vra: “Wie is U,Here?” kom die wonderlike antwoord: “Ek isJesus wat jy vervolg.”’n Aanhaling uit die Ou Vertaling: En

terwyl hy bewe en verbaas was, sê hy:“Here, wat wil U hê moet ek doen?” En dieHere antwoord hom: “Staan op en gaan nadie stad, en dit sal jou gesê word wat jymoet doen.”Jesus antwoord Paulus se haat en venyn

met liefde. En die besef hiervan het Paulusdie onvermoeide dienskneg van die Heregemaak. Dit is hoe ons almal gered word.Ons het sonde gedoen, maar die Here hetons nie verwerp nie, maar ook vir onsgesterf en die ewige lewe gegee.In ons alledaagse lewe is dit ’n strategie

wat selde misluk – om vyandskap metvriendskap te beantwoord.“En laat ons nie moeg word om goed te

doen nie, want op die regte tyd sal ons maaias ons nie verslap nie. Laat ons dan, terwylons geleentheid het, aan almal goed doen.”(Gal.6:9,10)) www.kragvirvandag.co.za

Liefde ’n groter kragGeesgenoot

Lynda Greyling

’n MA wat jare na haarverstandelik gestremdedogter omgesien het, hetnou self versorging nodig.Dit gaan ellendig in

hierdie huishouding. Daar is nie kos om teeet nie, die blyplek is vuil en die tweevroue onversorg.Dit is maar een van die talle hartseerge-

valle in Bohlokong.Gelukkig is daar mense wat omgee,

mense wat uit hul pad gaan om ’n verskilte maak en daarin slaag.Die afgelope week het ek na ’n gebou

gaan kyk wat as ’n dienssentrum virbejaardes ingerig gaan word.Vroeër was daar ’n winkel in die gebou,

maar nou gaan dit ingerig word sodatbejaardes daagliks hierheen kan kom.Verskeie aktiwiteite gaan aangebied word

en al die eensames sal nou lekker saamkan kuier.Vir ’n bejaarde is dit moeilik om kliniek

toe te gaan en hulle moet baie vroeg daarwees, anders moet hulle die hele dag wag.Deesdae gebeur dit dat hulle vier keer

ná mekaar moet gaan voordat hullegeholpe raak.Die moontlikheid bestaan nou dat

kliniekdienste spesiaal vir die bejaardes bydie nuwe sentrum verskaf gaan word.Dit is een van die maniere waarop die

lewe vir bejaardes verge-maklik word.Dit bly egter steeds ’n

probleem om na mensesoos die bejaarde vrou enhaar verstandelik gestrem-de dogter om te sien.

Gelukkig is daar mense wat toesien dat’n tuisversorger hulle gereeld daar gaanhelp.’n Bejaarde man, wat onder meer nie

meer beheer oor sy blaas gehad het nieen erge bedsere gehad het, is bedags deursy familie aan sy lot oorgelaat.Teen die tyd dat ’n maatskaplike werker

daarvan te hore gekom het, was ditongelukkig te laat.Hy is ’n dag later in die hospitaal

oorlede.Ander bejaardes wat ’n klein pensioen

ontvang, kan later nie versorging inBethlehem bekostig nie en gaan dan nakleiner dorpe se ouetehuise.In die meeste gevalle kan hul kinders

dan nie gereeld by hulle kom kuier nie envereensaam hulle.Elkeen van ons kan ’n verskil maak. Ons

hoef nie iemand te versorg nie. Dit hoefook nie geld te kos nie.Ons kan net ’n bietjie van ons tyd

opoffer en by ’n bejaarde gaan kuier.Hulle sal dit ook opreg waardeer as ’n

mens ’n eetdingetjie of ’n geskenkiesaamneem.

Bejaardes kort sorgen soms net geselskap

deur

Lynda Greyling

PROMOTION

Page 5: Malutima 20140702

MALUTI, WOENSDAG 2 JULIE 2014 5

DIE tweeling Dirk en Pieter Maederkom gewoonlik so een naweek permaand Bethlehem toe. Hulle doenkontrak-stroopwerk wat hulle wyd ensyd laat werk.Dit was tydens een van die naweke

wat die twee tuis was dat ’n vermeen-de motordief sy moses teëgekom het.Hy het probeer om die Maeders senuwe Toyota Hilux-bakkie in Panora-ma te steel.Maluti het reeds berig hoe Dirk

hom agternagesit en in hegtenisgeneem het. Die man, NtosyenaTseliso van Lesotho, het reeds saammet ’n medepligtige, George Molefevan Bethlehem, in die hof verskyn opaanklag van poging tot motordiefstalen die besit van gereedskap omvoertuie te steel. Tseliso word ookaangekla van poging tot moord nadathy Dirk met die skerp voorwerpwaarmee hy die voertuie se deureoopmaak in die pols gesteek het.Kaptein Louisa van den Berg het

Donderdagaand tydens die sektorpoli-siëringvergadering vir sektor 10 en 11,Panorama, Jordania, La Provence,Hospitaalheuwel, asook Môrelig, ’nsertifikaat ter waardering en erkenningnamens die sektorpolisiëringsforumaan Maeder oorhandig.Tydens die vergadering is klem

gelê op die diefstal van goedere uitvoertuie. Die afgelope maand is daarveral handsakke en los artikels uitmotors by gastehuise gesteel. Diepolisie versoek eienaars van gastehui-se om hul gaste te versoek om niegoedere in hul motors te los nie.Inbrake en diefstal in Panorama,

asook Môrelig, het toegeneem eninwoners moet toesien dat hul huisebeveilig is.

DIE maandelikse sektorpolisiëringsvergade­ring vir sektor 10 en 11, asook Môrelig, is Don­derdagaand by die Sederhof­gebou gehou. Ty­dens die vergadering het die polisie terugvoergegee oor diemisdaadwat die afgelopemaandin die woonbuurte voorgekom het. Van die be­langhebbendes wat die vergadering bygewoonhet, is van links, voor: Danie Eichstädt, Dirk duPlooy, kapt. Louisa van den Berg, Oubaas deConing, Frans Maeder en Johan Lubbe; agter:Manie Fourie, dr. Eben von Well, Gerrie Roetz,Dirk Maeder, Pieter Maeder en Pieter Viljoen(buurtwag). Foto: Lynda Greyling

Man vereerdeur polisie

KAPTEIN LOUISA VAN DEN BERG(links) van die Suid­Afrikaanse Polisie­diens het tydens die sektorpolisiërings­vergadering vir sektor 10, 11 en Môrelig’n sertifikaat aanDirkMaeder oorhandig.Die sertifikaat is terwaardering enerken­ning vir Maeder se dapper optrede om’n vermeendemotordief agterna te sit enin hegtenis te neem. Foto: Lynda Greyling

PRICESVALID1-6 JULY2014ATPICKNPAYSUPERMARKETSANDHYPERMARKETSIn Gauteng, Free State, North West, Mpumalanga, Limpopo, Upington, Kimberley,Kuruman and Vryburg. Excluding Botswana, Namibia, Swaziland, Lesothoand Express stores. smart shopper points will still apply in Express stores.Shop instoreoronlineatwww.pnp.co.za/shop CustomerCare0800112288.Toll free landlineonly.Cellphoneratesapply. www.picknpay.co.za

1185826_390X194_INLAND

PriceCuts 6DAYSONLY

Certain promotional stocks are limited. Information correct at time of print.Prices inclusive of VAT, where applicable. smart shopper terms and conditions apply. E&OE. Thankyou for votingus thecoolest supermarket.

2690I&J Out‘O The OvenAssorted 400g Each

3290Sea HarvestFish Fingers800g

1190PnP LightMeat SolidTuna inVegetableOil or SaltWater170g Each

1690Allsome Long GrainParboiled Rice 2kg

2490Golden RayCooking Oil2 Litre

BUYANY 2FOR

R26Handy Andy AllPurpose CreamAssorted500/750ml

4290

Ariel Auto WashingPowder 2kg Flexi Bag,Liquid Detergent1.5 Litre or PowerCapsules14s Each

BUYANY 4FOR

R9PnP FlavouredSoup 45g - 85g

If it’s not freshenough for you,it’s not goodenough for us.

R49Bulk Beef Mince

Perkg

R20PnPAvocadoLoose Sell

BUY4

FOR

BUY5

FOR

3490PnPWashedPotatoes 7kg

1090Albany SuperiorWhite Bread 700g

PnP Panini

R72Bulk LambBraai ChopsPer kg

R49Bulk BeefMince Per kg

Get10%EXTRAairtime, every time,when you top up your new MTN Pick n Pay Boxer SIM at Pick n Pay and Boxer only.

*SIMcard49c

R10

Selected products on this page have been styled for photography

R40Purity 3rd FoodsAssorted 200ml Jar

BUYANY 5FOR

Mobile Money is operated by TYME, a distribution channel of the South African Bank of Athens Limited, an authorised financial services and registered credit provider (FSP5865, NCRCP6).

Page 6: Malutima 20140702

6 MALUTI, WOENSDAG 2 JULIE 2014

IDENTITEITSBEDROG inSuid-Afrika is aan dietoeneem en dié misdaad kandie land jaarliks sowatR1 miljard kos.Volgens onlangse statistie-

ke deur die Suid-Afrikaansebedrogvoorkomingsdiens(SAFPS) is 1 370 sake reedsteen die einde van Aprilvanjaar aangemeld.Dié syfers dui daarop dat

die getal waarskynlik totmeer as 4 000 sal toeneem.Verlede jaar is 3 873

voorvalle van identiteitsbe-drog aangemeld, wat 16%meer is as die vorige jaar se3 327 voorvalle.Luidens ’n verklaring van

die kredietburo Compuscanis die syfers slegs sake wataangemeld is en kan diegetal selfs hoër wees.Frank Lenisa, direkteur van

Compuscan, sê dit is

kommerwekkend om te siendaar is ’n toename inidentiteitsbedrog.“Wat ons meer bekommer,

is dat verbruikers soms niebewus is dat hulle slagoffersvan die misdaad geword hetnie en dit kan ’n ernstigeuitwerking hê op hul vermoëom in die toekoms krediet tebekom,” sê hy.Verbruikers vind gewoonlik

eers uit hulle is die slagoffersvan nabootsing as hulleaansoek doen om ’n huisle-ning, finansiering vir ’n motorof winkelfinansiering.) My Credit Check(www.mycreditcheck.co.za) is’n gebruikersvriendelikemanier vir verbruikers met ’ngeldige identiteitsdokumentom hul volledige kredietre-kord en finansiële geskiede-nis te monitor en op diehoogte daarvan te bly.

OOS­VRYSTAATSE rugbyontwikkelingspelersspog deesdaemet nuwe rugbytruie. Dit danksydie Frontier Inn & Casino­Dihlabeng­gemeen­skapstrust. Van links is, voor: Japie van Wyk(vise­president, Griffons) enAnthonyOliver (al­gemene bestuurder: Frontier Inn & Casino);middel: Nteboheng Nyedimane (departementsport, kuns, kultuur en ontspanning), BonganiMazibuko (afrigter), Jeffrey Mosia (afrigter),Glen van der Merwe (afrigter), July Gama (de­partement onderwys) en Corrie Craven (ont­wikkelingsbeampte, Oos­Vrystaat­rugby); ag­ter: Joy Mofokeng (afrigter) enWilliam Lekhoa­ba (voorsitter: rugbyontwikkeling).

Dié bedrog neem toe

PREDIKANTE en pastore vanBethlehem het verlede Dinsdagdie tweede agtereenvolgendejaar aan ’n bloedskenkprojekvan die Suid-Afrikaanse Nasio-nale Bloeddiens (SANBD)deelgeneem.Hierdie projek is deel van

Nasionale Bloedskenkmaand.Verlede jaar was die doelwit om50 eenhede bloed te verkry.Dinsdag het die predikante diedag vir die SANBD opsy gesit.Vroegoggend het kapt. Louisa

van den Berg en ao. LienkieViljoen die predikante by dieMoedergemeente “in hegtenis”geneem en hulle in die polisiese mobiele eenheid by dieMetropolitan-sentrum gaan“toesluit”.Die predikante het alles in hul

vermoë gedoen om mense teoorreed om bloed te skenk.

Teen 12:00 is daar in die 20eenhede geskenk. Hul teikenwas dieselfde as verlede jaars’n, maar hulle wou dit graag na65 eenhede verhoog.Die predikante se pogings

was beslis nie vergeefs nie,want teen die einde is 64eenhede geskenk.Met die vakansie wat nou

begin het en baie mense watsiek is, is daar ’n tekort aanbloed. Die SANBD versoekmense wat 16 jaar en ouer isen gesond is om asseblief tekom bloed skenk.) Nog foto’s op www.maluti-news.co.za.

Predikante skenk bloed

DI. RIKUS HATTINGH, Org Swanepoel en Riaan van Zyl word hier indie polisie se mobiele eenheid by die Metropolitan­sentrum as deel vandie Suid­Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) se bloedskenkpro­jek “aangehou”. Foto: Magic Photography

DS. RIKUS HATTING is ’n rukkie vrygelaat omself bloed te skenk. By hom is Michelle K vandie SANBD.

TE KOOP

KLERASIE

1615

ALGEMENE &

HUISDIENSTE

ALLERLEI

1845

GRANITE & MARBLE:Kitchen tops, vanities, barcounters, etc. Bethlehem.Tel. 058 303 4840 /082 807 7456.

VAKANSIE

& REIS

AKKOMMODASIE

2635

ROCKLANDS HOLIDAYRESORT: This block offlats, all with full seaview, in the very popularholiday town of Margate,offers fully furnished andserviced 2-bedr (6 sleeper)units with 24-hour secu-rity and a swimming-pool.For bookings and enquiriesplease contact office at039 312 0812.www.rocklandsresort.co.za(Now for sale! Finance canbe arranged).All bookings till endAugust 2014 qualify for10% discount.

BETREKKINGS

GESOEK

3670

Adelina is op soek nawerk op Maandae, Woens-dae en Vrydae. Skakel078 676 1643. SOEK, KOOP, VERKOOP

Page 7: Malutima 20140702

MALUTI, WOENSDAG 2 JULIE 2014 7

DIE musiekblyspel Boksombende word vroeg in Augustus deur die Laerskool Jordania aange-bied. Lynda Greyling van Maluti het aan die tien leerlinge wat die hoofrolle vertolk ’n paarvrae gevra.

Tien hou hul lyf akteur

HANRU BARNARD is in gr. 7.

Watter rol vertolk jy?Ek is Blikkies.Hoe is Blikkies se karakter?Hy is ’n verantwoordelike seun

en baie grapperig. Meisies plahom nog nie.En Hanru?Hy is lekker stout, ’n regte

grapjas wat wag vir die regteoomblik met sy grappies.Het jy al aan skoolkonserte of

kunswedstryde deelgeneem?Ek het al in skoolkonserte

gesing. Ek neem by JonitaBreytenbach prosa en gedigte enneem dus aan kunswedstrydedeel. Ek neem ook aan redenaarsdeel.Hoe voel jy om nou ’n hoofrol

in Boksombende te vertolk?Ek voel baie trots. My ma sê ek

sal ’n goeie akteur word.Kom jou gesin kyk wanneer jy

optree?My ouers kom beslis en my

ouer broer en suster wat opuniversiteit is, gaan spesiaalBethlehem toe kom vir die blyspel.

CHERALEE TROTTER is in gr. 7.Watter rol vertolk jy?Ek is Sannie.Hoe is Sannie se karakter?Sy dink baie van haarself. Sy is

baie cheeky en maats hou nie vanhaar nie.En Cheralee?Nee, sy is glad nie so nie. Sy is

stil, maar gewild.Moes jy hard werk om heelte-

mal ’n ander karakter te vertolk?Ja, beslis.Is dit die eerste keer dat jy ’n

hoofrol vertolk?Ja.Het jy al aan konserte en

kunswedstryde deelgeneem?Ja, ek het gesing.Gaan jou gesin kom kyk

wanneer jy deelneem? Ja.

MARNUS ZAAIMAN is in gr. 7.Watter rol vertolk jy?Ek is Trompie.Is jy baie soos Trompie?Ons is min of meer dieselfde.Hoe is Trompie se karakter?Hy is spontaan, gewild, verant-

woordelik. Trompie is ook verliefen vergeet van alles om hom.En Marnus?Hy is baie verantwoordelik,

maar praat baie.Het jy al vantevore ’n hoofrol

vertolk?Nee, dit is die eerste keer.Het jy enige ander drama-on-

dervinding?Ja, ek het in Pretoria dramales

geneem. Ek was nog altyd lief virtoneelspeel.Hoe voel jy oor jou deelname

in die Boksombende?Ek is opgewonde. Ek het

soveel energie om met ander tedeel.Gaan jou gesin kom kyk? Ja.

DINAMARI JANSE VAN RENS-BURG is in gr. 7.Watter rol vertolk jy?Ek is Saartjie.Hoe is Saartjie se karakter?Sy is teruggetrokke, maar

vriendelik. Saartjie is verlief enverlore. Trompie is mal oor haar.Sy is ’n goeie, lojale vriendin. Syis die hoofmeisie-tipe.Het jy al vantevore ’n hoofrol

vertolk?Ek het in die blyspel The Sound

of Music in die stadsaal opgetree.Ek was Martha.Dans jy?Ek het tot einde verlede jaar

ballet geneem, maar doen steedsmoderne danse en klopdanse.Neem jy aan kunswedstryde

deel?Ja, ek sing solo, dra voor en

sing in die koor.Hoe voel jy oor jou deelname

in die musiekblyspel?Ek is baie geëerd om deel te

neem.Kom jou gesin kyk wanneer jy

optree?Ja, my ouers, boeties en ander

familie.

HANRU BARNARDCHERALEE TROTTER

MARNUS ZAAIMAN

DINAMARI JANSE VAN RENS­BURG

ROWEN SCHOLTZ vertolk die rolvan Jantjie. Die gr. 5-leerling is baieopgewonde oor die rol wat hyvertolk.Hoe is die karakter van

Jantjie?Jantjie is so half-en-half windgat.

Hy dink al die meisies hou vanhom.Is Rowen baie soos Jantjie?Nee, hy is nederig, skaam en

gehoorsaam.Het jy al vantevore aan ’n

konsert deelgeneem?Ja.Is dit die eerste keer dat jy ’n

hoofrol vertolk?Ja, en ek is baie opgewonde

daaroor.Kom jou gesin die musiekblys-

pel bywoon? A-ja-a, hulle komalmal.

Herman Wessels is ’n gr. 6-leer-ling.Jy vertolk een van die

hoofrolle in die musiekblyspel,Boksombende.Watter rol vertolk jy?Ek vertolk die rol van Rooies.Hoe is die karakter van

Rooies?Hy is baie stout. Hy soek altyd

moeilikheid.Is jy as Herman soos jou

karakter of verskil julle baie?Ek is glad nie soos hy nie.

(Volgens regisseur Tanya vanNiekerk is hy ’n soet outjie metgoeie maniere.)Het jy enige van die Trompie-

boeke gelees?Nee, maar ek het ’n DVD

gekyk.Het jy al vantevore in konser-

te opgetree of koor gesing?Ja, ek sing in die koor en het

al vantevore in die skoolkonsertedeelgeneem.Wat doen Rooies alles?Hy praat baie, sing, dans en

dra voor.Is jy opgewonde om deel te

neem?Ja, ek kan nie wag nie.Kom jou gesin die musiek-

blyspel bywoon?Ja, almal, selfs my ouma en

oupa.

DANIELLE OLIVIER is in gr. 5.

Watter rol vertolk jy?Ek is Katryn.Hoe is Katryn se karakter?Sy is ’n gewilde meisie. Sy het

’n grootmond en is beslis nieskaam nie.Is jy baie soos Katryn se

karakter?Wel, ek is ook nie skaam nie.

Eintlik is ek baie soos sy!Het jy al vantevore ’n hoofrol

vertolk?Ja, ek was Gretel in die

musiekblyspel The Sound ofMusic wat in die stadsaal opge-voer is.Was dit vir jou ’n goeie

ondervinding?Ek het baie geleer en dit

verskriklik geniet.Neem jy aan kunswedstryde

deel?Ja, ek sing.Gaan jou gesin kom kyk

wanneer jy optree?Ja.

DIE gr. 6-leerling Lucé du Toit kannie wag om op te tree nie.Watter rol vertolk jy?Ek is Sophie.Hoe is Sophie se karakter?Sy is “toe”. Sy is die onskuldige

een. Sy is deel van die groepmaats. Sy is die een wat altyd ’nstertjie by ’n storie sal aanlas.Is jy baie soos Sophie?In ’n mate, ja. Ek is net slim-

mer! Ek het darem my blondeoomblikke ook!Is dit die eerste keer dat jy ’n

hoofrol vertolk?Ja.Het jy al aan ’n kunswedstryd

of konsert deelgeneem?Ja, ek het in die skoolkonserte

opgetree, ek sing koor, sing ooksolo, dra gedigte voor en speelklavier.Sien jy uit na Boksombende?Ek kan nie wag nie.Kom jou gesin kyk wanneer jy

optree?Ja, beslis.

ROWEN SCHOLTZ

HERMAN WESSELS

DANIELLE OLIVIER

LUCÉ DU TOIT

TD BOTHA is ’n gr. 6-leerling wateen van die hoofrolle vertolk.Watter rol vertolk jy?Ek is Karolus.Hoe is die karakter Karolus?Hy hou daarvan om grappe te

maak, maar is ook die ernstigereen van die maats.Is jy soos Karolus of verskil

julle baie?Ek en my karakter is baie

dieselfde.Geniet jy dit om Karolus te

vertolk?Ja, ek was nog altyd iemand

wat meer op die agtergrond is enomdat ek baie soos my karakteris, geniet ek dit.Het jy al vantevore ’n hoofrol

vertolk?Nee.Wat gaan Karolus alles doen?Hy gaan sing en selfs ’n gedig

opsê.Kom jou gesin kyk wanneer jy

optree?Ja, natuurlik.

TD BOTHA

RENÉMARI HUMAN is in gr. 7.

Watter rol vertolk jy?Ek vertolk die rol van Sproetjies.Hoe is Sproetjies se karakter?Sy is skaam en teruggetrokke en

bang sy gaan nooit ’n kêrel kry nie.Sy het goeie waardes.En Renémari, is jy soos

Sproetjies?So ’n bietjie, nie eintlik nie. Ek is

nie skaam nie.Het jy al aan ander konserte en

kunswedstryde deelgeneem?Ja, ek het aan die Gail Barr

Dance Academy se konsertedeelgeneem en aan die kunswed-stryd. Ek het viool gespeel, gesing,koor gesing en voorgedra.Watter danse doen jy?Ek doen moderne dans, klopdans

en hip-hop.Is dit die eerste keer dat jy ’n

hoofrol vertolk? Ja.Gaan jou gesin die musiekbly-

spel bywoon?Ja, my ma en pa gaan en

moontlik albei my broers.Sien jy uit? Ja, baie.

RENÉMARI HUMAN

Page 8: Malutima 20140702

SportSportKoerant met hart The paper with heartI

OPWINDENDE rugby word tydens dieVKB-rugbyweek vir o.19’s gespeel.Die rugbyweek word die afgelope 16jaar deur die Hoërskool Reitz aange-bied en gaan steeds van krag totkrag. Dit het Maandag begin eneindig Vrydag.Vanjaar neem daar die eerste keer

’n oorsese span deel. Die DubaiExiles (o.19) sal in Reitz ontvangword.Dié span bestaan uit oud-Suid-Afri-

kaners, Australiërs en Nieu-Seelan-ders wat hulle in Doebai gevestig het.Ná die week word daar weer ’n

ITEC-o.19-span gekies. Hierdie spantoer vanjaar na Engeland, waarwedstryde in Cambridge, Oxford enLonden gespeel sal word.’n Sewestoernooi word op die twee

af dae gehou en die seuns kan ookin aanmerking kom vir ’n sewesspanwat na Mauritius toer.Die halfeindstryd en eindstryd van

die sewestoernooi vind môre plaas.Spel begin om 09:00 en duur tot12:00.Die oorhandiging van trofeë vir

voortreflike spanne vind Vrydagog-gend plaas. Die eindstryd is om 14:40tot 15:50.

Opwindenderugbyaksie

Besoek Maluti se Face-bookblad en ge-sels saam oornuus en sport injou omgewing.

ALTESAAM 44 spelers van Bethlehem,Bloemfontein, Welkom, Kroonstad, Rosendalen Frankfort het Saterdag aan ’n rondomta-lie-tennisdag by die Bethlehem-tennisklubdeelgeneem.Louise Hattingh, die voorsitter, sê dit is

die meeste spelers wat in ’n lang tyd aandie jaarlikse byeenkoms deelgeneem het.Spelers het volgens ’n rondomtalie-for-

maat deelgeneem. Spanne van twee, vanwie die een ’n sterker en die ander ’nswakker speler was, het teen soortgelykespanne gespeel. Hulle het vier spellegespeel waarna spelers weer vier stelleteen teenstanders so sterk soos hullegespeel het.

Die spelers is in drie groepe vir verskil-lende afdelings verdeel.Ingrid Blomerus van Kroonstad het die

vroueafdeling gewen met Anita Rautenbach,ook van Kroonstad, tweede. Christa vanDeventer, ’n oud-Bethlehemiet wat deesdaein Bloemfontein woon, was derde en Millavan Wyk vierde.In die mansafdeling was Stefan van Wyk

van Bethlehem en Corné van Deventer vanBloemfontein gesamentlik eerste met Brianvan den Haer van Bethlehem tweede.In die ander mansafdeling was Rome

Noval van Rosendal eerste met ErnstPrinsloo en Sakkie Rossouw, al twee vanBethlehem, onderskeidelik tweede en derde.

Groot opkoms virtennisrondomtalie

VAN die tennisspelers wat mekaar Saterdagoggend in die koue op die Bethlehem­tennisklub se baan die stryd aangesê het.

VAN links is Ingrid Blomerus en Anita Rautenbach van Kroonstad en Christi Viljoen van Rosendal en Lené van Wyk van Bethlehem, wat opdie rondomtalie­tennisdag by die Bethlehem­tennisklub teen mekaar te staan gekom het. Foto’s: Lynda Greyling