8
TEL: 058 - 303 5411 WOENSDAG 9 JULIE 2014 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE Koerant met hart The paper with heart I ’n BEJAARDE vrou is dood en haar broer ernstig beseer nadat hulle in hul huis in Reitz oorval is. Volgens sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, is Adele Mathilda Viljoen (83) en haar broer Petrus Johannes Viljoen (86) om- streeks 00:15 Sondag in hul huis oorval. Albei het geslaap. Hulle is vasgebind en gewurg. Petrus het ook gesigbeserings opgedoen. Adele het aan haar beserings beswyk. ’n Kluis met ’n onbekende bedrag geld is gesteel. Die polisie ondersoek ’n klag van moord en huisbraak. Petrus word in Huis Sorgvry versorg. Volgens ’n woordvoerder van Huis Sorgvry, Christine Fourie, gaan dit onder omstandighede goed met hom. Dieselfde mans het vermoedelik ook by Gerard van Beek se huis ingebreek en sy kluis gesteel. Sy versameling munte, asook vuurwa- pens sonder magasyne, is gesteel. Van Beek was nie tuis tydens die inbraak nie. Willem André van Greunen (47) van die plaas Daniëlsrus, tussen Reitz en Warden, is Sondag- middag deur drie mans in sy huis oorval. Hy is in die maag en regterskouer gewond. Van Greunen kon daarin slaag om terug te skiet. Hy het een van die mans in die bobeen gewond. Die vermeende plaasaanvaller, Emmanuel Sibiya, is geskiet waarna sy twee makkers gevlug het. Sibiya is deur paramedici van ER24 behandel, maar is kort daarna aan sy beserings dood. Die polisie ondersoek ’n klag van moord en poging tot moord. Van Greunen word in die Dihlabeng-hospitaal behandel. Volgens Mondi Mvambi, woordvoerder van die departement van gesondheid, is Van Greunen Maandag geopereer. Sy toestand is stabiel. Enigeen wat oor inligting oor albei die voorval- le beskik, kan die polisie by Crime Stop by 086-001-0111 bel of ’n SMS na 32111 stuur. Die VF Plus (VF+) veroordeel die jongste plaasaanvalle ten sterkste. Jan van Niekerk, provinsiale leier van die VF+ in die Vrystaat, sê die toename in plaasaanvalle die afgelope maande in die Vrystaat is ’n bron van kommer. Die VF+ verwelkom die Menseregtekommissie se ondersoek na plaasaanvalle en dring daarop aan dat dit spoedig afgehandel moet word en dat die bevindings die nodige aandag sal kry. Inbrekers teister Reitz Bejaarde vrou vermoor, inbreker doodgeskiet ’n VELDBRAND het Saterdag op ’n kleinhoewe langs Christenburg aan inwoners benoude oomblikke besorg. ’n Sterk wind het brandbestryders van die Dihlabeng-munisipaliteit en Working on Fire se werk bemoeilik. Hulle kon keer dat die brand nie Christenburg toe versprei nie. Daarby het hulle gekeer dat die werkers se huise brand. Buitebande en bome het Maandag steeds gesmeul en plek-plek gebrand. Foto: Lynda Greyling Brand lei tot benoude oomblikke

Malutima 20140709

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Malutima 20140709

Citation preview

Page 1: Malutima 20140709

TEL: 058 ­ 303 5411 WOENSDAG 9 JULIE 2014 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE

Koerant met hart The paper with heartI

’n BEJAARDE vrou is dood en haar broerernstig beseer nadat hulle in hul huis in Reitzoorval is.Volgens sers. Mmako Mophiring, woordvoerder

van die polisie, is Adele Mathilda Viljoen (83) enhaar broer Petrus Johannes Viljoen (86) om-streeks 00:15 Sondag in hul huis oorval. Albeihet geslaap.Hulle is vasgebind en gewurg. Petrus het ook

gesigbeserings opgedoen. Adele het aan haarbeserings beswyk.’n Kluis met ’n onbekende bedrag geld is

gesteel. Die polisie ondersoek ’n klag van moorden huisbraak.Petrus word in Huis Sorgvry versorg. Volgens

’n woordvoerder van Huis Sorgvry, ChristineFourie, gaan dit onder omstandighede goed methom.Dieselfde mans het vermoedelik ook by

Gerard van Beek se huis ingebreek en sy kluisgesteel. Sy versameling munte, asook vuurwa-pens sonder magasyne, is gesteel.Van Beek was nie tuis tydens die inbraak nie.Willem André van Greunen (47) van die plaas

Daniëlsrus, tussen Reitz en Warden, is Sondag-middag deur drie mans in sy huis oorval. Hy isin die maag en regterskouer gewond. VanGreunen kon daarin slaag om terug te skiet. Hyhet een van die mans in die bobeen gewond.Die vermeende plaasaanvaller, Emmanuel

Sibiya, is geskiet waarna sy twee makkersgevlug het.Sibiya is deur paramedici van ER24 behandel,

maar is kort daarna aan sy beserings dood.Die polisie ondersoek ’n klag van moord en

poging tot moord.Van Greunen word in die Dihlabeng-hospitaal

behandel. Volgens Mondi Mvambi, woordvoerdervan die departement van gesondheid, is VanGreunen Maandag geopereer. Sy toestand isstabiel.Enigeen wat oor inligting oor albei die voorval-

le beskik, kan die polisie by Crime Stop by086-001-0111 bel of ’n SMS na 32111 stuur.Die VF Plus (VF+) veroordeel die jongste

plaasaanvalle ten sterkste. Jan van Niekerk,provinsiale leier van die VF+ in die Vrystaat, sêdie toename in plaasaanvalle die afgelopemaande in die Vrystaat is ’n bron van kommer.Die VF+ verwelkom die Menseregtekommissie

se ondersoek na plaasaanvalle en dring daaropaan dat dit spoedig afgehandel moet word endat die bevindings die nodige aandag sal kry.

Inbrekers teister ReitzBejaarde vrou vermoor, inbreker doodgeskiet

’n VELDBRAND het Saterdag op ’n kleinhoewe langs Christenburg aan inwoners benoude oomblikke besorg. ’n Sterk wind hetbrandbestryders van die Dihlabeng­munisipaliteit en Working on Fire se werk bemoeilik. Hulle kon keer dat die brand nie Christenburgtoe versprei nie. Daarby het hulle gekeer dat die werkers se huise brand. Buitebande en bome het Maandag steeds gesmeul enplek­plek gebrand. Foto: Lynda Greyling

Brand lei tot benoude oomblikke

Page 2: Malutima 20140709

2 MALUTI, WOENSDAG 9 JULIE 2014

WIL jy ’n ambassadeur vir die Sonskyn-dienssentrum word?’n Inligtingsaand is verlede Woensdagaand

in die Sonskyn-dienssentrum gehou. Verteen-woordigers van nie-winsgewende instansies,kerke, sakelui en individue is genooi om diegeleentheid by te woon.“Ons het julle nie genooi om geld te vra

nie, maar om te vertel wat die Sonskyn-dienssentrum alles behels en eintlik om tevra of julle ’n ambassadeur vir ons sal wees,”het Marietha Thiele, bestuurder van dieSonskyn-dienssentrum, gesê.Dié dienssentrum is op 20 Mei 1987 gestig

as diensvertakking van Vrystaat-versorging inAksie (VVA), voorheen bekend as dieOranje-vrouevereniging (OVV), se maatskapli-ke dienste. Dié dienssentrum is ’n gelukkigetuiste vir bejaardes wat nog na hulself kanomsien en graag in vriendelike “kommunes”(huise wat deur inwoners gedeel word) ofwoonstelle woon.Die sentrum bied sub-ekonomiese behui-

sing, asook gemeenskapdienste, aanbejaardes. Geen departementele subsidieword ontvang vir die voorsiening en instand-houding van behuising nie.Die behuising behels tien woonstelle, vier

groepbehuisingseenhede (sluit in seskamereenhede, twee gemeenskaplikebadkamers en een sitkamer). Tans word 38bejaardes in die Sonskyn-dienssentrumgehuisves. Gedeeltelike subsidie word welontvang vir die gemeenskapdienste.Godsdienstige ondersteuning is ’n belangri-

ke afdeling met weeklikse Bybelstudie enbidure.Die Sonskyn-dienssentrum beskik nie oor

’n afdeling vir verswaktes nie. Volgens Thielehet hulle met tuisversorging begin omsodoende die bejaardes te help. Dit gebeurdat sommige mense na ’n afdeling virverswaktes moet gaan, maar dit hulle dit niekan bekostig nie. Alle bekostigbare plekke isop naburige kleiner dorpe. Wanneer hulledaarheen verhuis, gebeur dit dikwels dat hulfamilie nie meer kom kuier nie en hulle baievereensaam.Die Phaphamang-klub wat deur Sonskyn

gestig is, is aktief in Bohlokong. Tuisversor-gingsdienste word ook in Bohlokong gelewer.Die lede van die Sonskyn-dienssentrum

(inwoners en buite-lede) is aktief betrokke bydie insameling van geld om die standhou-dendheid van die Sonskyn-dienssentrum teverseker.

Wees ’n ambassadeur

VAN die mense wat die inligtingsaand van die Sonskyn­dienssentrum bygewoon het, is van linksAndries Venter, Hannes Heymans (Bethlehem­Rotary), Johan Mynhardt (Bethlehem­Tafelronde)en Lientjie Mynhardt.

BETHLEHEM se jaarlikse lugskouword op Saterdag 19 Julie op dieBethlehemvliegveld as deel van Bethle-hem se 150ste bestaansjaarvieringgehou.Dit beloof om een van die beste

lugskoue nog in Bethlehem te wees.Stephan Fourie, wat die lugskou in

samewerking met die Dihlabeng-munisi-paliteit organiseer, sê dit is vir hom

’n voorreg om hierby betrokke te wees.Die tema is From the past to the

present en vliegtuie, sowel as veteraan-motors, gaan uitgestal word as ver-menging van die oue en die nuwe.Die Dihlabeng-munisipaliteit en die

Vrystaatse provinsiale regering is diehoofborge van die lugskou.Die hek open om 07:30 en die

lugskou eindig om 16:30.

Lugskou deel van vieringDIE Gabriel Pitts Specials gaan op Bethlehem se lugskou te sien wees.

25 JULIE:Die Ed-U-College bied

’n koorfees saam metdie Laerskool TruidaKestell by laasgenoemdeskool aan.Daar gaan agt kore,

asook ’n massakoor aan die einde vandie aand, optree.

6 tot 9 Augustus:Die laerskole-tennis-toernooi word deurdie Laerskool TruidaKestell aangebied.Rig enige verdere

navrae oor die toer-nooi aan André Barends by 083-267-4357.

Laura Greeff

KWILT-IN-CLARENS is behoorlik ’n feeswaarheen vroue van oor die land heen ’nweek na Clarens kom om ’n goeie kunsin-spuiting te kry.Maretha Fourie (80), wat die moeder van

kwiltwerk in Suid-Afrika genoem kan word,het die fees geopen. Sy is gebore inHarri-smith, maar is nou al lank ’n Johan-nesburger. Sy het die eerste Afrikaansekwiltboek in 1984 geskryf met die titelProtea-ontwerpe vir lappies en kwiltwerk.Volgens die organiseerder, Alae Grabe,

was dit die negende feesjaar en is dit deursowat 300 vroue bygewoon. Die Kwilt-in-Clarensfees het aanvanklik met sewe mensebegin wat uit kwilters en uitstallers bestaanhet.Dit het jaarliks uitgebrei en deesdae word

’n verskeidenheid klasse in hekel, Afgaansehekel, skilder, weef en brei aangebied. Dieklasse het in die kerksaal begin, maar hetso uitgebrei dat die Marie Lotz-saal ook nouhiervoor ingespan word.Grabe hou daarvan om plaaslike vroue te

gebruik om die klasse aan te bied.“Hulle is baie talentvol en deel hul talent

met ander.”Liezel van Aswegen het die kwiltlesse

aangebied, Karla van der Bergh skilderlesse,Louria Blignaut hekel- en Afgaanse hekelles-se en Dana Biddel weef- en breilesse.Klasse is ook deur twee internasionaal

erkende kwilters, Trix de Jager en MarieStrydom, aangebied. Daar was ’n verskei-denheid stalletjies met tydskrifte, knope,lappe en meer. Die vroue was gaandehieroor aangesien baie van so ver soosKathu gekom het waar hulle nie die betrok-ke produkte kan koop nie. Dit was dus diegulde geleentheid om voorraad aan te vul.Die Reisende Kwiltuitstalling het groot

belangstelling ontlok. Die jaarlike internasio-nale kwiltkompetisie se wenners in dieverskeie kategorieë word van dorp tot dorpuitgestal, en was vir die week in Clarens.Hierdie fees is ’n groot ekonomiese

hupstoot vir Clarens, maar dit is ook baiemeer as dit.Dit is ’n groep vroue wat iets pragtigs leer

maak. Om te skep voed jou siel en dit iswat vriendinne, susters, skoonsusters,dogters, ma’s en oumas elke jaar laatterugkom na die fees. Volgende jaar seKwilt-in-Clarens is van 3 tot 9 Julie.

Kwiltfees vat behoorlik vlam

ALAE GRABE (middel) van Clarens wat vir die reëlings van die jaarlikse Kwilt­in­Clarens verant­woordelik was, saammet Maretha Fourie (links, Johannesburg) wat die fees geopen het en Irenevan Tonder (Johannesburg).

Page 3: Malutima 20140709

MALUTI, WOENSDAG 9 JULIE 2014 3

DIE Oos-Vrystaat gaan binnekort sy eersteradiostasie hê.Dit word beoog om Radio Maluti 97.1 fm

van Augustus af van die Metropolitan-sen-trum uit te saai.Corné van Noordwyk en Neen Hollick het

eindelik die afgelope week hul lisensiebekom om uit te saai.“Dit het ’n jaar geduur om dié lisensie te

bekom,” sê Van Noordwyk.Dit was ’n lang proses. Eers moes ’n

behoeftebepaling gedoen word, asook dieopstel van sakeplanne, voorleggings en diesmeer.Van Noordwyk sê hy het van kleins af ’n

passie vir die uitsaaiwese en het ’n heleklompie jaar se ondervinding in die bedryf.Die afgelope tyd was hy meer agter die

skerms betrokke.

Maluti 97.1 fm sal in ’n radius van 100 kmom Bethlehem gehoor kan word.Dit sluit onder meer dorpe soos Harrismith,

Kestell, Clarens, Fouriesburg, dele vanLesotho, Paul Roux, Rosendal, Senekal,Reitz, Petrus Steyn, Tweeling en selfsHeilbron in.Daar sal hoofsaaklik in Afrikaans en ’n

bietjie in Engels en Sotho uitgesaai word.“Die doel van die radiostasie is om inligting

te verskaf en om mense op te voed en tevermaak. As ons dít kan regkry, slaag ons inons doel,” sê Van Noordwyk.Dit sal onder meer ’n plek vir plaaslike

kunstenaars bied om hul talent te wys.Die radiostasie is as ’n nie-winsgewende

maatskappy geregistreer.Hollick sal vir die sake-aspek van die

radiostasie verantwoordelik wees.

Oos-VS kry 1ste radiostasie

VAN links is Corné van Noordwyk, Esta Visser (bestuurder van die Metropolitan­sentrum) enNeen Hollick met die lisensie om ’n radiostasie in Bethlehem te begin. Foto: Lynda Greyling

DIE Bergpragsentrum vir bejaardes, met sy81 huise en versorgingsafdeling, spog noumet sy eie koerant: Bergpragnuus.Bergpragnuus is Dinsdagmiddag in die

saal van die versorgingseenheid aan dieinwoners bekend gestel.Kerstin Forester het die inwoners met

haar vioolspel betower en later het die11-jarige Marco van Dyk menige glimlagmet sy vertelling getiteld Trappe verseker.Magda Botha, een van die inwoners, is

die redakteur van Bergpragnuus wat vierkeer per jaar uitgereik gaan word.Volgens Botha is daar inwoners van die

sentrum wat oor ’n magdom kennis enervaring besit.

Deur die koerant kan inwoners mekaarnou beter leer ken, betrokke raak bymekaar en die gemeenskap en mekaarwaardeer.Een van die afdelings is Omgee en

gebed wat deur Marike Beneke behartigword.Inwoners gaan ook deur middel van

Bergpragnuus uitgedaag word om aanprojekte in die oord en in die gemeenskapbetrokke te raak.Die redaksielede is Sophie Muller, Riana

van Rooyen, Lenie Malan, Marike Benekeen Magda Botha.Die volgende uitgawe word vir September

beplan.

Sentrum vir bejaardesbegin sy eie koerant

DIE inwoners van die Bergpragsentrum vir bejaardes spog nou met hul eie koerant, Bergprag­nuus. Van die belanghebbendes wat die bekendstelling van die eerste uitgawe bygewoon het,is van links Magda Botha (redakteur), Riana van Rooyen, Marike Beneke, Kerstin Forester (violisop die bekendstelling), Lenie Malan en Marco van Dyk. Foto: Lynda Greyling

Page 4: Malutima 20140709

4 MALUTI, WOENSDAG 9 JULIE 2014

God maak van ons kroondiamante1 PETRUS 5:6-10: ENmag die God van allegenade self . . . jullevolmaak, bevestig, versterken grondves!Dr. H.A. Ironside skryf

oor ’n diamant wat in ’nmyn in Suid-Afrika gevind is en wat nou ’nkroondiamant is. Ek weet nie of dit diediamant van die storie is nie.Ek glo nie, maar die Ster van Suid-Afrika

is ’n diamant van 83½ karaat, dit wil sê ’nbietjie meer as ’n half-ons in gewig (140karaat = 1 ons), wat in 1869 op die plaasSandfontein in die distrik Hopetown nabydie Oranjerivier deur ’n Griekwa-skaapwag-tertjie opgetel is.Schalk van Niekerk, die boer aan wie die

skaapwagter die groot diamant gaan geehet, se optrede was egter so mooi dat dit ’neer vir hom is en vertel kan word. Schalkhet die klip dadelik as ’n diamant herken.Die diamant was natuurlik nog dof enongeslyp, maar dit het anders as die anderklippe gelyk.Hy kon die skaapwagter twee of drie

skape gegee het en hy sou doodgelukkiggewees het oor die groot beloning wat hykry. Schalk van Niekerk het egter sy kraalleeggemaak en vir hom 500 skape, 10beeste en ’n perd gegee. Self het hy diediamant later vir 11 000 pond verkoop. DieSter van Suid-Afrika, soos die Griekwa-wag-ter hom opgetel en vir Schalk gegee het,was wel reeds baie kosbaar, maar nog niekroongehalte nie.

Ironside sê die diamantwat kroon toe gegaan het,moes eers vrygemaak wordvan die dowwe dopsteen watvan nature om ’n diamant is.Die diamant kom nieskitterend uit die grond nie.

Die dowwe omhulsel moet eers afgekap ofweggeslyp word voordat dit die glansende,skitterende juweel is wat ’n mens inverloofringe, borsspelde en krone herken.Die diamant wat kroon toe sou gaan, isweke lank deur die steensnyer – Ironsidenoem hom die lapidary – bestudeer totdathy al die nate van die steen geken het. Toehet hy dit in sy kapinstrument gesit en diteen hou gegee. Die dofsteen het afgespringen die skitterende diamant het te voorskyngekom. Nadat dit verder geslyp en gepoleeris, is dit in die kroon gemonteer.Die bekeerde mens is reeds vir God ’n

kosbare juweel, ’n kosbare diamant. Diemens se sondige natuur is, soos diediamant se natuurlike dofrots, om ’n mensse kosbare siel gevou. Dit is die sondigeaard, die menslike dofrots, wat die Christenvan sy glans beroof.Die Here Jesus is die steensnyer, die

lapidary, wat elke naat van ons natuur ken.Hy weet hoe Hy die hou, deur Sy Woord of’n versoeking wat op ons pad kom of ’nbeproewing wat ons tref, wat reg salmeewerk om die glinsterende diamant tevoorskyn te bring, moet gebruik om onskroongehalte-diamante te maak.

– www.kragvirvandag.co.za

Museum bied blik op verledeVAN die verlede tot die hede is die temavan vanjaar se Bethlehem-lugskou wat op19 Julie plaasvind.Maluti het onlangs die Suid-Afrikaanse

Lugdiensmuseum by die Randse Lugha-we besoek.Dié museum spog onder meer met ’n

statiese uitstalling van vliegtuie wat dietegnologie en ontwikkeling van passa-siersvliegtuie van vervloë jare uitbeeld.Wanneer ’n mens so langs die oudstepassasiersvliegtuig van die Suid-Afrikaan-se Lugdiens (SAL) staan, kry ’n mens

respek vir die vlieëniers wat daarmeeoorsee gevlieg het. Die vliegtuig was metseil oorgetrek. Vandag is die seil al ergverweer.Vergelyk ’n mens die vliegtuie met die

hedendaagse is die nuwer vliegtuie baieluuks. ’n Mens kan byvoorbeeld in dieLebombo, die eerste Boeing van die SALwat “afgetree” het, gaan kyk. Benewensdie sitplekke, was die wiegies vir babaswat teen ’n binnemuur vasgemaak is,nogal iets om te aanskou.Die kombuis is redelik voor geleë en

passasiers moes daarlangs na hulsitplekke verbystap.In die museum-gebou is talle foto’s en

uitstallings. Daar is onder meer diekleredrag van die vlieëniers en lugwaar-dinne wat die verskillende style en modesvan oor die jare heen uitbeeld.Van die vlieëniers op die foto’s is onder

meer die legendariese Scully Levin, lidvan die Eqstra Flying Lions Harvardspan.Dié Harvards wat by die Randse Lugha-we gestasioneer is, sal vanjaar weer opdie Bethlehem-lugskou te sien wees.

Goue tye van 75 j. onthouJOHANN RAMAGE, Kestell:

’n HALWE jaar het so snel verbygegaansedert die berigte oor die Retief-boekwin-kel wat 75 jaar vier in die koerante geplaasis. Verskeie mense het my gebel en geluk-gewens, ander het my persoonlik geluk-gewens.Baie mense het gevra wat die hoogte-

punte in dié 75 jaar was.Daar was baie, maar ’n paar wat vir my

uitstaan, is byvoorbeeld daardie aand op9November 1962 toe die skoolsaal inge-wy is.Kobus van der Merwe, ’n onderwyser,

het namens die personeel en leerlinge virmy ma, wyle Rita Ramage, ’n geskenk ge-gee om haar te bedank vir die geldinsame-ling waarby sy betrokke was om die saalte bou.Dan is daar 12Oktober 1986, toe die hel-

de-akker onthul is. Ek het saam met Eliza-beth Alberts, die president van die Suider-

kruis, na die muurtjie gestap om die gor-dyntjie oop te maak.Sy het my hand geneem en met ’n sagte

stem gesê: “Dankie, Johann, hierdie oom-blik sal ek nooit vergeet nie”.Ná vyf jaar se briefwisseling het ek op

17 Augustus 1984 ’n brief van die Raad vanGedenkwaardighede ontvang dat die do-kument onderteken is dat die kerk as mo-nument verklaar is.Die grootste oomblik was toe die Hiem-

stra-trust my boek, Oorwin en Wen, sedrukkoste geborg het en my naam saammet bekende skrywers s’n op die rol ge-plaas is.

deur

Lynda Greyling

GeesgenootBriewe /

Letters

DIE stof wil maar net nie gaan lê nie –veral nie daar op die bult op Hospitaalheu-wel nie.Die afgelope weke is heelwat oor gesond-

heidsorg in die Vrystaat berig.In die Oos-Vrystaat moes mense keer op

keer sonder medisyne huis toe gaan, omdatdaar nie voorraad beskikbaar was nie.Daar kon nie voorraad aangekoop word

nie, want daar was nie geld om dit te koopnie.Operasies kon nie uitgevoer word nie,

behalwe dié wat lewensnoodsaaklik is, ookweens ’n tekort aan hulpmiddels.Die DA het reeds onlangs ’n klag by die

Menseregtekommissie ingedien dat pasiëntese regte geskend word. Hier word diedepartement van gesondheid en die LURaangekla.Nou word die Vrystaatse premier versoek

om die betrokke LUR af te dank nadatlaasgenoemde seker gemaak het dat eenvan sy ANC-“vriende” in die intensiewesorg-eenheid (ICU) van die Dihlabeng-hospitaalopgeneem word.Hy het na bewering met die toelatingspro-

sedure ingemeng, sy mag misbruik en diehospitaal gedwing om onmiddellik ’n bed indie intensiewesorgeenheid beskikbaar testel.Daar is net drie beddens in die eenheid

beskikbaar. Na bewering moes anderpasiënte wat die sorg nodig gehad hetverskuif word om plek vir hom te maak.Dit is nie reg dat vriende, politieke

vriende of maters voorkeur kry nie.Volgens die land se Grondwet is almal

gelyk, dus moet elkeen die voorreg hê omordentlike gesondheidsorg te ontvangsonder enige inmenging.

‘Vriende’ moenievoorkeur byhospitaal kry

DIE Maluti is saammet die Lebombo van die Suid­Afrikaanse Lugdiens (SAL) se eerste Boeings wat ’n laaste tuiste in die Lugdiensmuseumby die Randse Lughawe gekry het. Foto: Lynda Greyling

SCHALK VAN DER MERWE:

DIE 1984-klas hou sy 30-jaarreüniedie naweek van 25 tot 27 Julie byLandboudal.Daar gaan die hele naweek gekuier

word en Saterdag word ’n groot sport-dag gehou.Koshuisverblyf is beskikbaar.Alle oudklasmaats kan Chappies by

082-789-1213 bel of stuur ’n e-pos [email protected].

Landboudal-klas hou reünie

Page 5: Malutima 20140709

MALUTI, WOENSDAG 9 JULIE 2014 5

PROFESSIONELE advies is uiters belang-rik vir suksesvolle aftredebeplanning.Om te besluit hoe om ’n mens se

aftreegeld te belê gaan nie oor vorms invulnie. Hier gaan dit oor een van die grootstegeldelike besluite in ’n mens se lewe.Karin Muller, hoof van Sanlam se

Groeimarkoplossings, sê die jongstenavorsingsresultate van die SanlamBenchmark-opname toon ’n derde van alleSuid-Afrikaners win nie professionelegeldelike advies in wanneer hulle besluiteoor spaaropsies van hul pensioengeld moetneem nie – hulle maak eerder staat op huleie kennis, dié van ’n kollega of dié van hulmenslike hulpbronne-afdeling of werkgewer.“Om sake in perspektief te plaas: 88%

van mense wat in hul aftrede geldelik beterdaaraan toe is, het professionele geldelikeadvies gekry.”Dít is ’n duidelike bewys van hoe uiters

belangrik dit is om te verseker ’n mens winadvies van ’n professionele persoon inwanneer jy van die belangrikste geldelikebesluite in jou lewe neem.“Aftreefondslede verstaan nie aftredebe-

planning en voorsiening vir aftrede behoortte begin sodra hulle begin werk of by hulaftreefonds aansluit nie.“Die aftredebeplanningsbesluite wat

mense neem terwyl hulle nog werk, saleindelik bepaal hoe gemaklik hulle in hulaftrede kan leef. Ongelukkig begin diemeeste aftreefondslede eers aan aftrededink wanneer aftrede nader kom.”Die jongste Sanlam Benchmark-opname

toon mense wat inderdaad gemaklik kanaftree, het, afgesien van om professioneleadvies in te win, ook ander suksesfaktorein gemeen:) Hulle het ’n paar jaar vroeër vir aftredebegin spaar.) Hulle het in hul werkloopbaan elkemaand meer gespaar.) Hulle het hul spaargeld bewaar toe hullevan werk verander het.) Met hul aftrede het hulle hul enkelbedraeherbelê om hul aftree-inkomste te versterk.) Hulle het bykomende spaarbronnegehad.Muller sê dit is kommerwekkend dat net

29% van Suid-Afrikaners hul lewenspeil inhul aftrede kan voortsit.“Die vertrekpunt is skynbaar om seker te

maak dat jy van die staanspoor jouaftredebeplanning met erns benader sodrajy jou by ’n maatskappy se aftreefondsaansluit.

TIME to serve and make every day aMandela Day.Once again, the global community will

celebrate Mandela Day on 18 July, a dayon which citizens the world over are calledon to give 67 minutes of their time tomaking a difference in the communities inwhich they live.This year is particularly symbolic as

South Africans strive to keep the legacy ofthis great statesman alive and make everyday a Mandela Day. The message is simplefor Mandela Month – that each individualhas the ability and responsibility to impactpositive change every day. In support ofthis, the South African National BloodService (SANBS) is calling on all SouthAfricans to make a difference by donatingblood. The objective of the campaign is toinspire individuals to take action to helpchange the world and the lives of others forthe better.Blood donation is one of the simplest

ways to make a difference in the lives ofothers and it is something you can continueto do every 56 days, a sustainable action tomake a difference. Pledge your commitmentto this cause today and continue making adifference to the lives of others.To become a blood donor you must be:

) between the ages of 16 and 65;) weigh more than 50 kg;) have eaten a good meal before donating;) lead a sexually-safe lifestyle; and) be healthy on the day of donation.For more information, visit

www.sanbs.org.za or call 080-011-9031.

Do your part bydonating blood

Aftrede meterns bejeën

PRICES VALID 8 -13 JULY 2014AT PICK N PAYSUPERMARKETS AND HYPERMARKETSIn Gauteng, Free State, North West, Mpumalanga, Limpopo, Upington, Kimberley,Kuruman and Vryburg. Excluding Botswana, Namibia, Swaziland, Lesothoand Express stores. smart shopper points will still apply in Express stores.Shop instoreoronlineatwww.pnp.co.za/shop CustomerCare0800112288.Toll free landlineonly.Cellphoneratesapply. www.picknpay.co.za

1186077_390X198

PriceCuts 6DAYSONLY

Selected products on this page have been styled for photography

Certain promotional stocks are limited. Information correct at time of print.Prices inclusive of VAT, where applicable. smart shopper terms and conditions apply. E&OE. Thankyou for votingus thecoolest supermarket.

Make the healthy choice

20Earn Vitalitypointsonevery HealthyFoodpurchase

25%Getup to

cashbackon over10000 HealthyFooditems

Terms and conditions apply. Discovery Vitality (Pty) Ltd is an authorisedfinancial services provider. Registration number 1999/007736/07.

•To activateHealthyFood,visit discovery.co.za

• Look for ‘VIT’ on the shelf labelto identifyHealthyFood items

Get10%EXTRAairtime, every time,when you top up your new MTN Pick n Pay Boxer SIM at Pick n Payand Boxer only.

,

*SIMcard49c

If it’s not freshenough for you,it’s not goodenough for us.

R44Pork Roast Bone in

Perkg

R44Bulk OukraalWors Per kg

R15PnPWashedPotatoes 2kg

R15PnP EnglishTomatoes 1kg

R14Danone NutriDaySmooth Low FatYoghurt Assorted8 x 100g Per Pack

R20Purity 2nd FoodsAssorted 125ml Jar

1250

PnP Pink LadyApples 1kg

1780

PnP NO NAMETMRefined WhiteSugar 2kg

1790Nola TangyMayonnaise 750gor Salad Cream780g Each

3590Ariel HandWashingPowder 2kg

890Sunlight LaundrySoap Assorted400/500g Each

BUYANY 3FOR

3990Omo Auto WashingPowder 2kg, LiquidDetergent 1.5 Litreor Capsules 16sEach

SAVER13

2990

Rama OriginalMargarine 1kg Brick

Mobile Money is operated by TYME, a distribution channel of the South African Bank of Athens Limited,an authorised financial services and registered credit provider (FSP5865, NCRCP6).

1590

All GoldTomato Sauce700ml

SAVER22490

Golden RayCooking Oil2 Litre

SAVER3R23

Mielie-Kip ChickenPolony 1kg

Yoghurt Assorted8 x 100g Per Pack

915

Blue RibbonClassic WhiteBread 700g

InflationBusterPnP NO NAMETMFreshChicken 4 Thighs and4 Drumsticks

R34SAVE 9.95

Perkg

Page 6: Malutima 20140709

6 MALUTI, WOENSDAG 9 JULIE 2014

ELAZAR EN RISKI STRACHANhet vroeg Saterdagoggendspesiaal van Johannesburg naBethlehem gekom om hiermusiek te maak.

Vir die Strachans was dieoptrede in die Metropolitan-sen-trum spesiaal. Hulle het besluitom hier op te tree nadat hullegehoor het Joseph Ntombela het’n nuwe rolstoel nodig.

Ntombela is ’n motorwag. Hykoop kos vir hom en sy kindersmet die geld wat hy as fooitjiesontvang. Hy verdien egter te minom ’n rolstoel te kan koop.

Ntombela gebruik nie ’ngewone rolstoel nie, maar ’nShonaquip. Hiermee kan hyvinnig oor die weg kom om sywerk te doen en ook aanwedlope deel te neem. Hy hetjuis ’n Shonaquip 3-rolstoel

hiervoor nodig. ’n Nuwe een kosR5 700.

Colin Strachan en die perso-neellede van Priscilla’s-haarsalonsamel geld vir ’n nuwe rolstoelvir Ntombela in. Daar is ’n bottelin Priscilla’s waarin menseskenkings kan plaas. Diegenewat skenkings doen, moet ookhul name in ’n boek skryf.

Elazar en Riski het Saterdag-oggend voor Pick n Pay kitaargespeel en gesing. Kort-kort wasdaar ’n verbyganger met ’nspesiale versoek en hulle washeel inskiklik om dit te sing.

Tussendeur het Ntombelamense om skenkings gevra.

Hy kort egter nog baie geldom ’n rolstoel te kry. Enigeen wathom wil help, kan ’n draai byPriscilla’s oorkant die biblioteekmaak.

Tree op vir rolstoel

ELAZAR STRACHAN en sy vrou, Riski, het spesiaal van Johannesburgna Bethlehem gekom ommusiek te maak sodat geld vir ’n nuwe rolstoelvir JosephNtombela ingesamel kanword. Van links is Ntombela, Elazar,Riski, Pearl Strachan, Centaine Olivier met Miané Maartens en RubyStrachan.

ENTREPRENEURS is op ’n eerbe-wysgeleentheid van die VrystaatseenterPRIZE-werkskeppingsprojekvereer. Pryse van R7,5 miljoen isoorhandig.

Altesaam 769 inskrywings isontvang en onafhanklike beoorde-laars van 12 groepe het die finaliste,wat voorleggings moes doen, gekies.

Die Vrystaatse klein- en medium-ondernemingsprojek het die kompeti-sie begin om die provinsiale regeringmet werkskepping en ontwikkelingvan dié soort ondernemings te help.Benewens die geldpryse sal diéentrepreneurs tegniese ondersteuningontvang. Dit sluit mentorskap,opleiding en sakeontwikkelingsdiens-te in.

Wenners in die eerste drie plekkekom van Bethlehem, Bloemfontein,Botshabelo, Ficksburg, Harrismith,Kroonstad, Parys, Philippolis,

Qwaqwa, Sasolburg, Thaba Nchu,Welkom en Wepener.

Carl Brett de Klerk van Harrismithse Factory 13 Manufacturing, wathoutprodukte vervaardig, is diewenner in die vervaardigingsafdeling.

In die landbou-afdeling was JascoDinkelman van Ficksburg eerste.A2Bee (Edms) Bpk verkoop heuningen heuningprodukte, verskuif bye en

verskaf opleiding.Caroline Kgomo van Ficksburg is

as die beste vroue-entrepreneuraangewys. Meqheleng WasteManagement fokus op herwinning.

Die wenner in die sportafdeling,Mashiya Jabulani, kom van Bothaville(Kgotsong). Die Tswelopele-sportklubfokus op die ontwikkeling vantalentvolle jong mense.

Entrepreneurs kry erkenning

CARL BRETT DE KLERK (regs) vanHarrismith se Factory 13 Manufactu­ring ontvang sy prys van Gary Longvan Nedbank.

VAN links is Kelli Givens (Sport for All), Gary Long (Nedbank) en Jasco Dinkel­man van Ficksburg wat in die landbou­afdeling gewen het.

VAN links is Mark Rotter (Microsoft), David Uwah (Black Management Forum),Caroline Kgomo van Ficksburg, wat die eerste prys vir die beste vroue­entrepre­neur met haar onderneming, Meqheleng Waste Management (Pty) Ltd, gewenhet, en Ayanda Makhanya.

Vir meer foto’s en nuus gaan na www.malutinews.co.za

TE KOOP

KLERASIE

1615

ALGEMENE &

HUISDIENSTE

ALLERLEI

1845

SANDSTONE: Blocks,bricks, cladding,rivens, tiles, etc.Tel. 058 303 4840.

12 Archbell Street, BHM.

EIENDOMME

HUISE TE HUUR

3270

Plaashuis: 9 km buiteBHM. Dubbelgeriewe,garage, oopplankombuis.Braaiarea. Onm. beskik.R3 500 p.m. 082 466 7465.

BETREKKINGS

3600

DRYWERS

3650

GESOEK Code 14drywers met ondervin-ding.Fax CV‘s na 086 618 0307.

BETREKKINGS

GESOEK

3670

Aletta soek werk ashuishulp vanaf Maandagtot Vrydag. Ondervinding.Skakel 071 086 8941.

Alinah soek werk ashuishulp, kinderoppasservir 2 tot 5 dae per week.Skakel 073 321 6287.

SOEK, KOOP, VERKOOP

Page 7: Malutima 20140709

MALUTI, WOENSDAG 9 JULIE 2014 7

TO combat the extreme cold experiencedin the Eastern Free State, Eskomsubsidiary, Roshcon SOC Limited,partnered with Eskom’s Free StateOperating Unit to donate 300 blankets topeople in various parts of the Harrismitharea on Friday.

Sinobuntu (caring) is one of Eskom’svalues and has been practised in theFree State to not only care for thewell-being of employees, but also to carefor the communities around its opera-

tions.Donating blankets becomes even more

relevant as Eskom urges South Africansto use electricity efficiently and wisely,”said Nuala Jackson, Roshcon general

manager.“Giving back to the community is one

of Eskom’s responsibilities as an organi-sation as we indirectly support our ownemployees by enabling and helping thecommunity that they come from,” saidLindi Mthombeni, general manager ofEskom’s Free State Operating Unit.

Blankets were donated to a feworganisations, including the Hope HouseOrphanage in Harrismith (50 blankets),child-headed households at IntabazweHall, previously known as 42nd Hill (90blankets), the people of the Makgolo-kweng Village led by Chief Moloi (100blankets) and Thlolong Care of the Agedin Kestell (60 blankets).

Eskom donates300 blankets

ELDERS from Thlolong Care of the Aged in Kestell receiving their blankets from Eskomand Roshcon delegates.

DIE lede van Bethle­hem­Tafelronde 60 hetspeelgoed aan diePhekolong­hospitaalgeskenk. Dit is aan diekindersaal gegee, maarvan die speelgoed sal virterapie aange­wend word. Van links isWerner Engelbrecht(ondervoorsitter, Tafel­ronde),Muller Janse vanRensburg (voorsitter,Tafelronde), MalosiseRadebe (pasiënt), sus­ter Mabatho Ra­khetlaen Corné Fourie (ver­pleegkundige).

Skenkspeelgoed

JONG tennisspelers van oor die Oos-Vry-staat heen het van Dinsdag tot Donderdagaan ’n tenniskliniek in Bethlehem deel-geneem.

Die kliniek is deur Bjorn Barends van dieBethlehemse Junior Tennisakademie op dieLaerskool Truida Kestell se bane en opWesselspark aangebied.

Soggens is die spelers op Truida Kestellse bane in groepe verdeel, waarna hulleverskillende tegnieke geleer is. Smiddae is

rondomtaliewedstryde gespeel.) ’n Laerskole-tennistoernooi word van 6tot 9 Augustus deur die Laerskool TruidaKestell aangebied.

Altesaam 68 spanne van oor die landheen sal hieraan deelneem.

Volgens André Barends, die organiseer-der, sal van Suid-Afrika se beste juniorspelers in aksie gesien kan word. Sowat300 spelers neem aan die A- en B-afde-lings vir seuns en meisies deel.

Jonges leer van tennis

JUNIOR tennisspelers van die Oos­Vrystaat het ’n tenniskliniek, wat deur die Bethlehemse JuniorTennisakademie aangebied is, in Bethlehem bygewoon.

DIE wenner van die Solomons Mica­Dreamcard­vadersdagkompetisie is aangewys. Hieroorhandig JaysonGanter vamSolomonsMica ’nMica­geskenkbewys vanR500 enWebco­gereedskap van R500 aan Mandy Prior.

MAAK ’n opbouendeverskil op Mandela­dag op 18 Julie.Malu­ti, in samewerkingmet die Metropolitan­sentrum, samel terviering van Mandela­dag komberse vir be­hoeftiges in. Ou ennuwe komberse kanin ’n houer in die Me­tropolitan­sentrumgeplaas word. Diekomberse sal opMandeladag uitge­deel word.

Page 8: Malutima 20140709

SportSportKoerant met hart The paper with heartI

DIE eerste keer in die Oud-Skoliere-rugby-klub se geskiedenis het drie broers saamin ’n halfeindstryd uitgedraf.Kobie, De Villiers en Louis Rossouw het

Saterdag saam in die halfeindstryd van dieliga teen Bethlehem Collegians vir Oud-Skoliere 1 uitgedraf.Oud-Skoliere 1 het Bethlehem Collegians

met 29-8 geklop.Die broers sal ook in die eindronde

speel. Die drie is die seuns van Kobie enNicolene Rossouw.Wessel de Bruin, Junior Smit, Nico

Nieuwenhuizen en Kobie Rousseau hetvir die wenspan drieë aangeteken, terwylDarius Ackerman met drie doelskoppe en’n strafskop punte aangeteken het.Riaan Laing en Junior Smit is as die

spelers van die wedstryd aangewys.Oud-Skoliere speel op 19 Julie in die

eindstryd wat op die skouterrein salplaasvind.Die span kom in die eindstryd teen

Harrismith te staan.Harrismith het Saterdag in die halfeind-

stryd teen Ladybrand gespeel.

NICO NIEUWENHUIZEN van Oud­Skoliere vang die bal in ’n lynstaan. Foto’s: Lynda Greyling

JUNIOR SMIT van Oud­Skoliere gaan saammet ’n Collegians­speler grond toe in die twee span­ne se wedstryd op die skouterrein. Smit is as speler van die wedstryd aangewys.

KOBIE, DE VILLIERS EN LOUIS ROSSOUW, drie broers, het Saterdag saam in ’n halfeindstrydvir Oud­Skoliere uitgedraf en geskiedenis gemaak.

Hannes Nienaber

DIE Vrystaatse Kiewiete was die sentralestreek se voorste span op die 17de VKB-week wat verlede week op Piet Geyer-parkaangebied is. Die Kiewiete het slegs eenwedstryd teen die eindelike kampioen,Noord-Natal, verloor (17-38). Die span hetdie enigste vyftigtal van die toernooi aangete-ken toe hy Suid-Natal met 54-33 geklop het.Die span se kaptein en vleuel, Lee-heane

Ontong, is in die Itec-o.19-span ingesluit watin September na Engeland gaan toer. Daar isvanjaar ook ’n sewesspan gekies wat indieselfde tyd na Mauritius sal toer.Die Kiewiete is aangewys as die span wat

die aanskoulikste spel gelewer het. DieSuid-Vrystaat se losskakel, Stefan Nel, is asdie beste agterspeler aangewys, terwyl dieValke se haker, Martin Terblanche, die bestevoorspeler was. Brendan Rademeyer,Suid-Natal se flank, is as die speler van die

toernooi aangewys.Noord-Natal het die seweskroon gedra en

ook die Valke as kampioen in die 15-man-ko-de onttroon. Die span, wat ook as dieLammergeiers bekend staan, het die gasheer,Oos-Vrystaat, in die eindstryd van diesewestoernooi met 29-7 geklop. Daar wasnet een halfeindstryd in dié toernooi –Noord-Natal het Sandveld met 28-0 getroef.Die gasheer was die verrassing van die

sewes. Die span het regstreeks tot die

eindstryd deurgedring nadat hy Suid-Vrystaatmet 17-14 geklop het. Die Riemlanders hetdeurgedring nadat hulle die meeste drieë inhul eerste twee wedstryde gedruk het.Noord-Natal het die Rooikatte in hul

uitspeelwedstryd met 14-10 geklop. DieLuiperds het in die onderste loting deelge-neem nadat hulle met 12-10 voor Oos-Vry-staat die knie gebuig het. Die Lammergeierswas in die eindstryd teen die Valke dieoorwinnaars met 17-3.

Kiewiete kwyt hulle goed van hul taak op VKB-week

Besoek Maluti se Face-bookblad en ge-sels saam oornuus en sport injou omgewing.

Drie in ’nspan ’neerstevir klub