8
TEL: 058 - 303 5411 WOENSDAG 16 JULIE 2014 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE Koerant met hart The paper with heart I Lynda Greyling ’n HONDERD helium gevulde ballonne, elk met ’n Bybelteks daaraan vasgemaak, is deur tannie Tienie Oosthuizen se familie en mede-inwoners van die Bethlehem-af- treeoord die lug ingestuur om haar 100ste verjaardag te vier. Tannie Tienie het baie na haar 100ste verjaardag uitgesien en al wat sy wou hê, was om haar kinders, kleinkinders en agterkleinkinders by haar te hê. Die wens is die afgelope naweek bewaarheid. Ds. Dougy Bubb het Sondagoggend ’n paar verse uit Jesaja 46 gelees waarna die ballonne die lug ingestuur en heerlik partytjie gehou is. Sondagaand is tannie Tienie oorlede. Benewens vir een kleindogter wat siek is, het haar hele familie Saterdag in ’n seekosrestaurant in die dorp geëet om tannie Tienie se lewe te vier. Sy was reeds swak en het nie die ete bygewoon nie. Haar oudste seun, Koos Oosthuizen van Vereeniging, het staaltjies uit hul kinderdae vertel. Die staaltjies is deur tannie Tienie se vier kinders en haar kleinkinders saamgestel. Elkeen het ’n afskrif daarvan gekry sodat dit vir hul nageslag bewaar kan word. Tannie Tienie is as ’n nooi Van Rens- burg in die distrik Petrus Steyn gebore waar sy op die plaas Anys tussen Petrus Steyn en Tweeling grootgeword het. Sy is met Danie Oosthuizen getroud en die egpaar het baie jare op die plaas Tevrede naby Kransfontein geboer. Tannie Tienie was ’n voorslag in vele opsigte – met van gebak tot naaldwerk. Haar jongste dogter, Sarah van Heerden, sê sy het letterlik op die Jongeliedesaal se trap grootgeword, want ma Tienie het gereeld koeksisters en pannekoek gebak om die boufonds van die NG Moederkerk te versterk. Nadat haar man oorlede is, het sy 30 jaar in die dorp gewoon voordat sy ’n inwoner van die Bethlehem-aftreeoord geword het. Koos het tannie Tienie se lewe mooi opgesom. “Sy was ’n merkwaardige vrou en hulle as familie was besonder bevoorreg dat die Here hulle so met haar teenwoordigheid geseën het.” Tannie Tienie word deur haar vier kinders, Connie Hartley van Bloemfontein, Koos Oosthuizen van Vereeniging, Zachie Oosthuizen van KwaZulu-Natal se Noord- kus, Sarah van Heerden van Bethlehem, 15 kleinkinders en 17 agterkleinkinders oorleef. ) Tannie Tienie se ter aardebestelling is om 10:00 by die Utopia begraafplaas. Die gedenkdiens is om 11:00 in die NG kerk Efrata. Groot dag ’n hartseerdag Sterf op aand van haar 100ste verjaardag TANNIE TIENIE OOSTHUIZEN (tweede van links) het Sondag haar 100ste verjaardag gevier. Sy is die aand oorlede. Haar kinders is van links Koos Oosthuizen, Connie Hartley en Zachie Oosthuizen. Foto: Lynda Greyling

Malutima 20140716

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Malutima 20140716

Citation preview

Page 1: Malutima 20140716

TEL: 058 ­ 303 5411 WOENSDAG 16 JULIE 2014 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE

Koerant met hart The paper with heartI

Lynda Greyling

’n HONDERD helium gevulde ballonne, elkmet ’n Bybelteks daaraan vasgemaak, isdeur tannie Tienie Oosthuizen se familieen mede-inwoners van die Bethlehem-af-treeoord die lug ingestuur om haar 100steverjaardag te vier.

Tannie Tienie het baie na haar 100steverjaardag uitgesien en al wat sy wou hê,was om haar kinders, kleinkinders enagterkleinkinders by haar te hê. Die wensis die afgelope naweek bewaarheid.

Ds. Dougy Bubb het Sondagoggend ’npaar verse uit Jesaja 46 gelees waarna dieballonne die lug ingestuur en heerlikpartytjie gehou is.

Sondagaand is tannie Tienie oorlede.Benewens vir een kleindogter wat siek

is, het haar hele familie Saterdag in ’nseekosrestaurant in die dorp geëet omtannie Tienie se lewe te vier. Sy was reedsswak en het nie die ete bygewoon nie.

Haar oudste seun, Koos Oosthuizen vanVereeniging, het staaltjies uit hul kinderdaevertel. Die staaltjies is deur tannie Tieniese vier kinders en haar kleinkinderssaamgestel.

Elkeen het ’n afskrif daarvan gekry sodatdit vir hul nageslag bewaar kan word.

Tannie Tienie is as ’n nooi Van Rens-burg in die distrik Petrus Steyn geborewaar sy op die plaas Anys tussen PetrusSteyn en Tweeling grootgeword het. Sy ismet Danie Oosthuizen getroud en dieegpaar het baie jare op die plaas Tevredenaby Kransfontein geboer.

Tannie Tienie was ’n voorslag in veleopsigte – met van gebak tot naaldwerk.

Haar jongste dogter, Sarah van Heerden,sê sy het letterlik op die Jongeliedesaal setrap grootgeword, want ma Tienie hetgereeld koeksisters en pannekoek gebakom die boufonds van die NG Moederkerkte versterk.

Nadat haar man oorlede is, het sy 30jaar in die dorp gewoon voordat sy ’ninwoner van die Bethlehem-aftreeoordgeword het.

Koos het tannie Tienie se lewe mooiopgesom.

“Sy was ’n merkwaardige vrou en hulleas familie was besonder bevoorreg dat dieHere hulle so met haar teenwoordigheid

geseën het.”Tannie Tienie word deur haar vier

kinders, Connie Hartley van Bloemfontein,Koos Oosthuizen van Vereeniging, Zachie

Oosthuizen van KwaZulu-Natal se Noord-kus, Sarah van Heerden van Bethlehem,15 kleinkinders en 17 agterkleinkindersoorleef.

) Tannie Tienie se ter aardebestelling isom 10:00 by die Utopia begraafplaas. Diegedenkdiens is om 11:00 in die NG kerkEfrata.

Groot dag ’n hartseerdagSterf op aand van haar 100ste verjaardag

TANNIE TIENIE OOSTHUIZEN (tweede van links) het Sondag haar 100ste verjaardag gevier. Sy is die aand oorlede. Haar kinders is vanlinks Koos Oosthuizen, Connie Hartley en Zachie Oosthuizen. Foto: Lynda Greyling

Page 2: Malutima 20140716

2 MALUTI, WOENSDAG 16 JULIE 2014

ELSABÉ STOFBERG, Maluti se Spon-taan-wenner, het gisteraand (Dinsdag)saam met ’n vriendin, Karien Collett, inDie Hoeksteen opgetree. Die optredewas vir oefening om op die Vryfees opte tree – Elsabé as Spontaan-wenner enKarien wat ’n oudisie geslaag het om opte tree.

Elsabé is versoek om vyf liedjiesgereed te hê waarvan sy twee in diekompetisie sal sing.

Sy beskou dié kompetisie as ’n droomwat bewaarheid is. Sy is opgewonde omMaluti se wenner te wees, want dit isdie eerste keer dat sy met haar sangwen. Sy het al haar eie liedjies geskryf,maar gaan Saterdag bekende liedjiessing. Oos-Vrystaters kan Elsabé geruskom ondersteun.

Spontaan se eindronde word opSaterdag 19 Julie van 12:00 tot 14:00 indie Blêrkas op die Vryfees gehou. Vir ’nvoorsmakie wat wag, gaan luister naElsabé op Maluti se Facebook-blad.

Gereed vir optrede

ELSABÉ STOFBERG

DIE volgende pryse is op die spel:

) SpecSavers: Pryse van R3 000.) ExecuSpecs: Pryse van R5 800.) Z PR Communication and PublicRelations Consultants: ’n Publisiteit-en-bemarkingpakket van R5 000 vir elkefinalis, insluitend ’n konsultasie met dieZ PR-span, ’n professionele CV, dieontwerp van ’n CD-omslag, visitekaart-jies, ’n professionele profiel, Facebook-profiel en vyf nuusverklarings. Diewaarde van die prys is R40 000.) Atlantis-gastehuis: Verblyf vanR4 100. Die wenner, naaswenner en

derdeplekwenner wen elkeen tweenagte se verblyf vir twee mense, ontbytingesluit.) PCB Productions: ’n Fotosessie virdie wenner, naaswenner en derdeplek-wenner van R4 500.) DV Village Music: Drie mikrofone terwaarde van R4 500.) Agter die Mic sal ses maande diewenner se besprekings behartig. Franzel(Ghoema-benoemde) sal die tydperk diewenner se mentor wees – R9 000.) Music Inc: Gee koopbewyse:Wenner: R1 000, tweedeplekwenner:R800 en derdeplekwenner: R500.

Slaan spogpryse in kompetisie los

19 JULIE: Oudskoliere 1 kom om 15:30teen Harrismith in die eindronde van dieliga op die Bethlehem-skouterrein te staan.Die hokkiespan gaan ’n snoepwinkel hê watsosatierolletjies, hamburgers, koeldrank enskyfies sal verkoop.25 Julie: Die Ed-U-College bied ’n

koorfees saam met die Laerskool TruidaKestell by die skool aan. Daar gaanaltesaam agt kore, asook ’n massakoor aandie einde van die aand, optree.

6 tot 9 Augustus: Die laerskole-tennis-toernooi word deur die Laerskool TruidaKestell aangebied. Vir enige navrae kontakAndré Barends by 083-267-4357.

ANS VAN DER MERWE, ’noud-Bethlehemiet, is oorlede.

As voormalige bestuurdervan die biblioteekdiens vandie Dihlabeng-munisipaliteitwas Van der Merwe aan talleinwoners bekend.

Sy en haar man, André,het na hul aftrede sowattwee jaar gelede Nylstroomtoe verhuis waar hulle in dieKakonjé-aftreeord vir hulle ’nhuis gekry het.

Volgens André was hulletwee nog baie aktief engesond. Hulle het as ledevan die plaaslike stapklubverlede Vrydag op ’n wildplaas in dieomgewing gaan stap. Saterdagoggend hetAns nog tafeltennis gespeel en die middaggekyk hoe haar geliefde Cheetahs speel.

Dit was tydens dié wedstryd dat syopgestaan en kort daarna inmekaargesakhet. ’n Inwonende dokter wat binne enkeleminute daar was, het gesê sy het ’naneurisme gehad waarna sy na ’n hospi-taal in Pretoria oorgeplaas is. Sy isSondagoggend oorlede.

Die emiritus-predikant ds. Pieter van derWalt, ’n oudleraar van die GereformeerdeKerk in Bethlehem en jare lange vriendvan die Van der Merwes, het Donderdag-oggend die gedenkdiens in Nylstroom

waargeneem.Van der Merwe word deur haar

man, André, drie kinders, Lourievan Pietermaritzburg, Dawie vanHartbeespoort en AnnemarieRheeder van Wesselsbron, asooksewe kleinkinders, oorleef.) Ans het sewe boeke enverskeie sketse vir die SAUK sedestydse program Vrouerubriekgeskryf.

Sy het ná 28 jaar se diens aandie Bethlehem- openbare biblio-teek uitgetree, het aan dieHoërskool Indwe gematrikuleeren biblioteekkunde aan diedestydse Potchefstroomse

Universiteit vir Christelike Hoër Onderwysgestudeer waarna sy in Oos-Londen asbiblioteek-assistent begin werk het. Sy hetonder meer in Kroonstad, in die Merensky-biblioteek aan die Universiteit van Pretoria(UP), aan die Onderwyskollege in Bloem-fontein en later in die regsbiblioteek vanSymington en De Kock gewerk.

Sy het op 1 Januarie 1983 in dieBethlehem- openbare biblioteek beginwerk, eers as assistent-bibliotekaris,daarna bibliotekaris en die laaste paar jaaras bestuurder. Een van haar talle hoogte-punte was toe die Bethlehem-biblioteek in2004 as die biblioteek van die jaar in dieVrystaat aangewys is.

Oudbibliotekaris oorlede

WYLE Ans van derMerwe.

Page 3: Malutima 20140716

MALUTI, WOENSDAG 16 JULIE 2014 3

Lynda Greyling

DIE internasionaledierewelsynsinstan-sie Four Paws hetonlangs ’n toevlugs-oord vir wilde dierein Nederlandoorgeneem. Dietoevlugsoord, Felida,se eienaar kon nielanger die plekoophou nie en hetFour Paws genaderom dit oor te neem.“Felida, wat inNijeberkoop inFriesland geleë is,sal as ’n tussentuis-te gebruik word virleeus en andergroot katte voordathulle hul finale tuisteop Lionsrock nabyBethlehem vind.Ses leeus, Simba,

Gypsy, Neida, Nora,Pregan en Kongo, wat die afgelope tyd opFelida gehuisves is, het Woensdagaand opLionsrock aangekom. Vroeg Donderdagog-gend is die ses leeus in hul nuwe leefruimtevrygelaat.Fional Miles, direkteur van Four Paws

Suid-Afrika, sê Kongo (11) en sy sustersNora en Neida is deur hul afrigter na diesentrum gebring toe hy nie meer vir hullenut in sy sirkus gehad het nie.Simba en Pregan (albei sewe jaar oud) is

in ’n dieretuin in Duitsland gebore en in2012 na Felida gebring. Die 11-jarige Gypsyhet ook voor haar redding baie gely. Toe syuit ’n Roemeense dieretuin verwyder is, konsy nie behoorlik loop nie.Die ses leeus sal saam met 80 ander

leeus en 14 tiere op Lionsrock bly.Heli Dungler, stigter en president van

Four Paws, was by toe die leeus opLionsrock vrygelaat is.“Dit was ’n spesiale oomblik vir die span.

In Nederland het Kongo, Neida en Noraslegs 130 vierkante meter gehad waarinhulle kon beweeg. Nou het hulle dieSuid-Afrikaanse ruimtes om te verken.) Felida is 20 jaar gelede as StichtingPantera geopen. Om verskeie redes wasgeen onderhoudswerk etlike jare gedoen nieen die laaste eienaar kon dit ook niegeldelik meer in stand hou nie. Four Pawsgaan Felida nou as ’n tussentoevlugsoordaanwend om leeus eers te rehabiliteervoordat hulle Lionsrock toe gebring word.Die leeus wat nie ’n vliegrit sal oorleef nie,sal op Felida ’n permanente tuiste kry. Daaris nou twee leeus, 15 tiere, ’n swartjagluiperd en ’n luiperd.

Hollandse leeus na SA

KONGO, een van die leeus wat van Nederland af op Lionsrock aange-kom het. By hom is Heli Dungler, stigter en president van Four Paws.

Foto: Mihai Vasile

LIONSROCK, die internasionale dierewel-synsinstansie Four Paws se plaas nabyBethlehem, spog nie net met ses nuweleeus wat van Nederland af kom nie.Die afgelope ruk is ook met ywer op

die plaas gewerk en veranderings aange-bring.Bykomende kamers is vir toeriste gebou,

die lapa is verskuif en ’n kliniek is gebou.Die kliniek moet nog toegerus word.Volgens Fiona Miles, direkteur van Four

Paws Suid-Afrika, sal die kliniek, nadat dit

na behore toegerus is, hul werk met dieleeus en ander diere aansienlik vergemak-lik.Die nuwe lapa is verlede Donderdagaand

ingewy op ’n geselligheid waarop ’n oorsiggegee is oor die haglike omstandighedewaarin die leeus moes leef wat vroeër diedag op Lionsrock aangekom het.Vir die Nederlanders en ander oorsese

gaste is tradisionele Sotho-danse gelewer.Die personeellede van Lionsrock het selfshul eie danspassies uitgevoer.

Lionsrock wy nuwe geriewe in

JOHAN EN MARIAAN VOIGT van Bethlehem op die geselligheid waarop die nuwe lapa vanLionsrock ingewy is. Foto’s: Lynda Greyling

JOHAN STEYN en sy vrou, Janine.

FIONA MILES, direkteur van Four Paws Suid-Afrika, en Heli Dungler, stigter en president vanFour Paws.

Page 4: Malutima 20140716

4 MALUTI, WOENSDAG 16 JULIE 2014

LUKAS 18:18-30: “EENding kom jy nog kort:Gaan verkoop alles watjy het . . . dan sal jy ’nskat in die hemel hê.Kom dan terug en volgmy.” Toe hy dit hoor,was hy diep teleurgesteld, want hy wasbaie ryk.’n Meisie het eendag ’n pennie op die

boom van ’n kosbare kruik wat haarouers in die Ooste gekoop het, sien lê.Sy het haar hand in die kruik gesteeken die pennie vasgevat. Toe kon sy niehaar hand by die kruik se nou openinguittrek nie. Haar ouers het haar gesoe-bat om die pennie te los. Verniet. Hullehet haar ander goed, selfs betergeldstukke, aangebied. Hulle het haargedreig. Alles verniet. Sy het aan haarpennie vasgeklou.Teen die aand het hulle besef daar is

nie ’n ander uitweg nie as om die kruikte breek. Uit liefde vir hul kind, maarook kwaad vir haar, het hulle diekosbare kruik gebreek. Toe die kleurigeporseleinstukke van haar gebalde vuisieaf weggeval het, het sy triomferendopgekyk en gesê: “Ek het hom nog”.Die ouers het die skerwe van die kruiken die pennie bewaar om hul dogterlater ’n groot lewensles te leer.As groter meisie was sy skaam en

spyt oor haar dwaas-heid. Sy het die kruik-skerwe en die pennietoe self bewaar om haaraltyd te herinner aan diestommiteit om aan ’nwaardelose ding vas te

klou. ’n Kosbare gesinslewe kan opge-breek word deur die waardelose endwase gedrag van een van die ge-sinslede. Ons kosbare geestelike lewekan so beskadig word. In die prosesvan die versoeking lyk die skadelikeding waaraan ons vasklem so kosbaaren ons kan dit nie prysgee nie. Die hartis bedriegliker as enigiets anders, hy isongeneeslik; wie kan hom verstaan? Ek,die Here, deurgrond en toets hart enverstand . . . (Jer.17:9). Dawid het diestreek van die menslike hart self ervaarmet sy verliefdheid op Batseba en symoord op haar man, Urija (2 Sam.11).Hy het dit so vasgeklem dat sy koning-skap en sy verhouding met die Hereskade gely het. Gelukkig het hy na dieHere se woord geluister en weer totinkeer gekom. Daarom kon hy later sóbid: “Here, U sien dwarsdeur my, U kenmy . . . Deurgrond my, o God . . .deur-grond my hart, ondersoek my . . . kyk ofek nie op die verkeerde pad is nie enlei my op die beproefde pad.– www.kragvirvandag.co.za

Los die nutteloseGeesgenoot

Lynda Greyling

MET die kwik wat dieafgelope week tot ver ondervriespunt gedaal het, hettalle geisers gebars enwaterpype gevries of gebars.Net op een aand het 85 pype gebars. Dit

was nie net in huise en woonstelle nie, maardie Dihlabeng-munisipaliteit het in al vyf sydorpe dieselfde probleme ondervind. In ’nstadium was dit so erg sy openbarewerke-af-deling was meer as 24 uur agter om pype teherstel.

Om boonop sonder kragte wees is nogal erg. Vradie uwe. Gelukkig was daarnie ’n gebarste geiser ofpyp nie. Net ’n paar pypeen die hond se waterbakwas gevries.

Die krag is toe ontkoppel toe ek my harewou droogblaas. Dink toe so ewe diebeurtkrag kon nie op ’n slegter tyd gekom hetnie. Maar so vryf ek hare droog en gaanwerk toe. Daar vind ek uit dit was g’nbeurtkrag nie, maar net my huis se kragtoe-voer wat uitgeskop het.

Laura Greeff

MAAK ’n slag jou eie kompos.Deesdae word baie kleim op die

herwinning en hergebruik van produktegelê en daar is geen verskoning om niejou eie komposhoop te begin nie.Herfsblare is die perfekte voeding

en organiese materiaal vir ’n goeiebegin.Kompos het baie voedingswaarde vir

die tuin, dit is gratis en ’n mens doeniets goeds vir die omgewing. Waarvoorwag jy?Hier is ’n paar wenke.

) Kies die regte plek vir jou kompos-hoop – jy wil dit nie vinnig verskuif nie.) Begin jou komposhoop met ’n laagversnipperde koerantpapier, dan ’n laagstrooi, gras en blare. Daarna gooi jykompos-aktiveerder by.) Keer die kompos elke drie tot vyfweke om, maar gereelder in diesomer.) Enigiets uit die kombuis kan gebruikword om kompos mee te maak mits ditnie vleis of iets vetterigs is nie.) Hoe kleiner die takke en stokkies,hoe vinniger sal afvalmateriaal totkompos afgebreek word.

Maak gerus jou eie kompos

Gebarste pype waar jy kyk

deur

Lynda Greyling

NELL GERBER,Bethlehem:

DIE Vrydag-oggend van 13Junie luister ekop RSG na ’ninbelprogram oor bygelowe inverband met Vrydag die 13de endink nog so by myself dat ekgelukkig nog nooit nodig gehadhet om by sulke bygeloofsge-sprekke betrokke te raak nie.Dit was ’n paar dae voor die

opname vir my voetoperasie enek het my huiswerker ’n geleent-heid aangebied tot by haar taxien dan om ’n laaste paargoedjies te koop – dit wastussen 17:00 en 18:00.Met die uitkomslag ondervind

ek ’n snerpende koue wind en ’npikdonkerte toe ek pad vat nadie plek waar ek my ou motorgeparkeer het. Erg was mywaarneming: My motor is weg!Ek klop aan die venster van ’n

naby geparkeerde motor.Binne-in sit vier vroue met wieek my verlies wou deel. Hullehet al vier uitgeklim, my getroosen vasgehou. Een van hulle hetopgemerk dat ’n polisiebeampteuit sy ampsmotor naby dietaxistaanplek klim en om hulpgeroep.Hy het vinnig al die besonder-

hede van my motor gevra enbegin oproepe maak na al diebetrokke patrollies by die uitweëvan Bethlehem se uitgangspaaie.Toe ons besef dat my boshuissleutels en afstandbeheervan die elektroniese hek ook indie motor is, het ek my buurmangebel en gevra om my huis dopte hou omdat my adres opdokumentasie en plakkers in mymotor is.Kort daarna het twee polisie-

motors vol polisielede by onsstilgehou. Hulle het in ’n kring

om my komstaan en het ekdeurentyd teensimpatiekegesigte vasge-kyk. Toe mybuurman daar

aankom, het ek my eerste paarskoksnikke gegee toe ’n polisie-vrou my styf vashou en troos. Ekbesef toe almal is daar vir my.Al die negatiewe publisiteit oor

optredes van polisiebeamptes ismet dié geval verkeerd bewys.Almal was ’n span wat metbegrip van die gebeure metbesorgdheid, empatie ensimpatie opgetree en myondersteun en probeer help het.Selfs by die polisiekantoor hetdie amptenaar my taktvol aankapt. Belinda Nortjé oorhandigwat met deernis en geduld myverklaring afgeneem het.Deurentyd was my jong buurmanaan my sy vir hulp en ondersteu-ning.Hulle het my slaapplek vir die

nag aangebied, asook vervoerwaarheen ek ook al sou wougaan. Chris het ook al my huisse slotte vervang. My ou motorse parkeerplekkie in die motor-huis is leeg en haar enjin segedreun is stil.Ek vertrou dat waar sy

haarself nou bevind sy met dienodige respek en waardigheidgehanteer sal word, want sy is,soos haar jare lange eienaar,ook gevorderd in jare – nou is jyweg en ek is alleen. Ek mis jou!) Nell (79) se man, Johan (79),word by Bergprag versorg nadatalbei sy bene geamputeer is.Juis daarom wil sy graag almalwat in dié tyd so goed vir haarwas, bedank: Chris en Made-lei-ne Harris, Kathleen, Miekie,Yvonne, suster Gerrida, susterTolla, Magda, Coba, Jean – julleis ’n span duisend.

Dankie vir ondersteuning

Briewe /

Letters

Page 5: Malutima 20140716

MALUTI, WOENSDAG 16 JULIE 2014 5

Muurboks het vele gebruike

OM te begin stel jou Mitre-saag teen ’n 90˚-hoek en sny jou Superwood in vier lengtesvan 320 x 210 mm elk.

SMEERhoutlym aan die sykante vandie hout.

NADAT houtlym aan die sykante vandie hout gesmeer is, sit die kanteteenmekaar.

NADAT al die kante aanmekaar-gelym is, gebruik houtklampe tot-dat die gom droog is (15 minute).

VERSTERK die hoeke met houtskroewe.

SKUUR die boks liggies met 100-grid-skuurpapier om ’n gladde afwer-king te kry.

GEBRUIK bogenoemde produkte om diehout te kleur en ook die hout te beskerm.

’n VEELDOELIGE muur-boks.

GERARD DEBOER vanSolomons Micaverduidelik aanlesers hoe om ’nveeldoeligemuurboks wataandag trek, temaak.

Al die produkteen gereedskapwat nodig is, isby Solomons tekry.Wat jy nodig

het:

) 4 x lengtes van16 mm Super-wood –320 x 210 mm;) houtskroewe– 40 mm;) boor met ’n5 mm-boorpunt;) houtlym;) maatband;) potlood;) waterpas;) klampe; en) Mitre-saag.

Page 6: Malutima 20140716

6 MALUTI, WOENSDAG 16 JULIE 2014

Kornel Smith

DIE Top Gear-fees is die derde agtereenvolgende jaarin ’n warm, sonnige Durban deur die wêreldbekendeTop Gear-trio, Jeremy Clarkson, Richard Hammond enJames May, aangebied.Dit was vol “geparkeer” met adrenalienaangejaagde

voertuie soos Ferrari’s, Porsches en resies-ontwerpteBMW’s en Nissan GTR’s, net om ’n paar te noem.Die Moses Mabhida-stadion was stampvol besoekers

van oor die land heen en selfs buitelanders wat ’n draaikom maak het. Die straatbaan of street circuit wasgelaai met rokende bande en vinnige baantye deurbekende bestuurders soos die alombekende Stig, BenMorgenrood, wat nou al ses dekades lank sy staal opdie baan toon, en Shaun van der Linde.Die superdrift-manne het ook ’n draai kom maak en

gewys hoe ’n kar diagonaal in ’n reguit lyn kan beweeg.Hulle het die manne van Top Gear kom help met ’nasemrowende opvoering met petrolwalms wat diemense in die stadion oorval het en voertuie wat die triouit alledaagse kombuistoestelle gemaak het en net metelektrisiteit werk.Die skou het in 2013 bykans 67 000 toeskouers

gelok, en eers wanneer ’n mens dit bygewoon het,kan jy verstaan hoekom dit so ’n ongelooflike ervaringis.Top Gear is die grootste motorprogram op televisie

wat in meer as 30 lande uitgesaai en aangebied worddeur Jeremy Clarkson, Richard Hammond en JamesMay.Die organiseerders onderhandel reeds om die Top

Gear-fees vir volgende jaar te beplan om weer Suid-Afrika se grootste skou op die kalender te wees.

SA gerat vir Top Gear-fees

SEDERT die Dihlabeng Mall se Pensioentrekkerklubsowat ’n jaar gelede gestig is, het die ledetal tot 560uitgebrei.Die klub bied talle voordele vir bejaardes aan. Om

lid te wees van die Pensioentrekkerklub moet ’nbejaarde sy/haar identiteitsdokument saambring,waarna ’n vorm ingevul moet word.Hierna ontvang lede ’n vorm met die winkels in

die Mall se name en die hoeveelheid korting wathulle kan ontvang wanneer hulle inkopies doen.

Sommige van die winkels, soos Game, het hul eiekaartjies vir bejaardes waarop hulle korting kanontvang.Elke twee maande bied die Dihlabeng Mall ’n

ontbyt vir ’n sekere aantal lede aan. Diegene watplek bespreek, ontvang ’n gratis ontbyt.Altesaam 110 bejaardes van die Sonskyn-diens-

sentrum, Bergprag en Bethlehem-aftreeoord, asookdorpinwoners, het Woensdag ’n gratis ontbyt inPanarottis ontvang.

Klub bied oues kortingELMO EN MARIETTE VAN DER MERWE het Woens-dagoggend as deel van die DihlabengMall se Pensioen-trekkerklub ’n ontbyt in Panarottis geëet.

MADELENE LABUSCHAGNE en haar vriendin TrishaVenter van die Sonskyn-dienssentrum het as lid van dieDihlabeng Mall se pensioentrekkerklub ontbyt in Pana-rottis geëet.

LYDIA MEYER (middel) het Dinsdag haar 93ste verjaardag gevier. Meyer, ’n inwoner van die Bethlehem-aftreeoord, hethaar verjaardag saam met ander inwoners, asook haar twee dogters, Ilze Meyer (Standerton) en Leonie Meyer (regs)van Bethlehem, gevier. Foto: Lynda Greyling

Vier 93ste verjaardag

Vir meer foto’s en nuusgaan na

www.malutinews.co.za.Gesels saam op Maluti se

Facebookblad.

Viewing: 21 July from 08:30 till 16:30 Jakoef Jacobs - 083 780 0055

www.aucor.com

REPOVEHICLE, CONSTRUCTION &PLANT AUCTIONS

For Finance Contact:Celestè 082 374 5078

Visit: www.aucor.com for Complete List & Photos

• Cars • LDVs • SUVs • Mini Busses • Motorbike • Salvage Vehicles •

Auction 2: Bank RepoVehicles @ 11:30GPS: S 29°06.767’E 026°16.567’

• Mechanical Horses • Water Trucks • Trailers • Forklifts • TLBs • Generators •• Tele-Handler • Concrete Mixers • Compactors • Compressors •

Conditions: Each buyer has to register to bid. PROOFOFADDRESS& IDREQUIREDFORFICA-REGISTRATION. Deposit ofR10000 per bank or bank guaranteed cheque, debit or credit card orEFT. No Cash! Duly instructed, Aucorwill supplement and sell by public auction. Terms & Conditions apply. SUBJECTTOCHANGEWITHPRIORNOTIFICATION. Auctioneer: Jacques v.d Linde

Plant Rental & Construction Company Auction

Auction 2@ 11:30:

Auction 1 @ 10:30:

80x Bank RepoVehicles & Bakkies on Auction

Venue: 1 Kruger Ave, Estoire, Bloemfontein

GPS: S29°06.767’E026°16.567’

Date: Tuesday, 22 July 2014

GEKLASSIFISEERD

TE KOOP

KLERASIE

1615

ALGEMENE &

HUISDIENSTE

ALLERLEI

1845

GRANITE AND MAR-BLE: Kitchen tops, vani-ties, bar counters, etc.Bethlehem. Tel. 058 3034840/082 807 7456.

EIENDOMME

KANTORE

3290

SHOP TO LET: 120square metres, near longdistance taxi rank, R4 000p.m. Plus key deposit R4000. Yolanda 083 634 7158/ Maretha 082 779 1694.

BETREKKINGS

3600

GESOEK

3601

BETREKKINGS

Page 7: Malutima 20140716

MALUTI, WOENSDAG 16 JULIE 2014 7

THE Cluny Animal Trust aims:) To end the suffering of animalsby providing veterinary treatment.) To educate owners in properanimal care, feeding and preventati-ve treatment.

) To establish an independentanimal hospital and mobile clinic.) To sterilise animals to preventunwanted litters.) To provide owners with all theinformation that they need to care

for their animals properly.The ongoing care of animals is a

major part of their work. This invol-ves sterilisation, de-worming, inocu-lation and preventative measuresagainst ticks and fleas.

ALTOGETHER 13 people tookpart in the annual Polar BearPlunge at lake Arpa on the ArpaAdventure Farm near Fouries-burg. The water temperaturethis year was a tepid 11 °Cdegrees compared to 6 °Cdegrees last year.

Hannes and Pieter vanNiekerk, Damien Coulson, JoOsler, Mike and Daniel Miller,Katherine Barker, MalcolmWoolmore, Rowan Pollecutt,Nadja Steil, Josef van Eedenand Lucinda Hooley, as well asthe dogs Ousie and Hope,managed the whole 50 m swimunaided.

Malcolm swam twice whileJan Sander and Albertus vanEeden completed the swim witha little help from Kallie and hisrescuers on their boats. Donnathe dog bravely climbed off thestarting platform into the waterafter Malcolm, but thought betterof the water temperature andturned back to shore.

Nadja’s dog, Hope, capturedthe swim with a GoPro Herocamera strapped to her back.

The Polar Bear Plunge is inaid of the Cluny Animal Trust,an independent, non-govern-mental veterinary welfareorganisation established in 2011to serve the needs of animalsowned by impoverished resi-dents of the Eastern Free State.The trust stems from DrKatherine Barker’s sterilisationprogramme established in 2004and is currently run from hersmall private veterinary clinic inFouriesburg.

According to Sander thesupport from Clarens andFouriesburg was fantastic andmore than R3 000 was raised.

The winners of the Guess theWeight of the Coin Bottlecompetition was MichaelWatkins who guessed 13,80 kgand Dean Mailey for guessing3 762 coins. The actual amountwas 3 612.

Plunge to help animals

Animal trust offers aid to pets, education of owners

HOPE captured the swim on a GoPro Hero camera that was strappedto his back.

LUCINDA HOOLEY was one of the brave ones that participated in theannual Polar Bear Plunge in aid of the Cluny Animal Trust.

THE annual Polar Bear Plunge was held at Lake Arpa on the farm Arpanear Fouriesburg.

Page 8: Malutima 20140716

SportSportKoerant met hart The paper with heartI

HARRISMITH speel Saterdag om 15:30op die Bethlehem-skouterrein teenOud-Skoliere se eerste span in dieeindstryd van die Oos-Vrystaat se WillieCrowther-kompetisie. Maluti het aanMarius (Mikkie) Coetzee, die kaptein vanHarrismith se rugbyspan, ’n paar vraegevra:

Hoe lank speel jy al rugby vir dieHarrismith-klub?Ek het my eerste wedstryd in 2001, my

gr. 11-jaar, gespeel. Ek het my egter in2006, ná universiteit, by die klub aange-sluit.

Watter posisie speel jy?Losskakel.

Hoe lank is jy al kaptein?Vanjaar is my eerste jaar as kaptein

van die Harrismith-rugbyklub.

Hoe het die span hierdie seisoengevaar? Is julle reg vir die kragmetingteen Oud-Skoliere in die eindstryd?Die seisoen het baie goed begin, maar

in die helfte van die seisoen het dit metdrie agtereenvolgende nederlae ampergevoel asof die wiele afkom. Op dieplatteland raak die einde van die seisoenal hoe moeiliker met spelers wat bese-rings opdoen en ander wat net vir diekoue wegkruip.Harrismith se voorbereiding is goed op

dreef vir die eindstryd en ons sien baieuit daarna; veral omdat ons verlede jaarnie eens vir die halfeindstryd gekwalifi-seer het nie.

Het jy as kaptein ’n spesiale boodskapvir jou span?Om rugby te mag speel is een van die

grootste voorregte wat ’n mens het – omin die eindstryd van die Oos-Vrystaat seWillie Crowther-kompetisie teen diesterkste klub te speel is iets waarnaalmal streef. ’n Mens kan egter niedaarmee tevrede wees om net vir diewedstryd op te daag nie. Ons moet doenwaaraan ons al die hele jaar oefen, want

daar is baie talent.

Wat kan die publiek Saterdag verwag?Klubrugby op die platteland is seker

van die opwindendste gebeurtenissewaarna toeskouers op ’n Saterdaguitsien. Ek weet dat inwoners vanBethlehem in groot getalle vir diewedstryd gaan opdaag, maar ek weet diegetroue Harrismithers sal ook hul kantsal – ek hoop maar net daar is genoegplek vir almal.Die vorige wedstryd, wat Harrismith

met een punt gewen het, gaan asmotivering dien, en ons maak ons regdaarvoor. Ek dink die Oos-Vrystaat-be-stuur gaan die wedstryd goed dophoumet die oog op die amateur-toernooi inSeptember en elkeen sal wil wys waaromhy in die span behoort te wees.Kom ek stel dit so: Dit gaan kliphard

wees.) Lees meer oor die Harrismith-klubop www.malutinews.co.za of Maluti sefacebook.

Spanslyptande

MARIUSCOETZEE, die kaptein vanHarris-mith se rugbyspan.

MARIETJIEKLEYNHANSmet die groot-ste karp vir die dag wat 1,895 kg geweeghet. Sy was algeheel derde in die vroue-afdeling.

FRANCOIS SPYER (links) en Frikkievan Jaarsveld was onderskeidelik eersteen tweede in die senior afdeling.

OM in die winter aan ’n hengelkom-petisie deel te neem is nie makliknie, want die vis byt nie sommer nie.Die lede van Bethlehem-henge-

laarsvereniging laat hulle nie afskriknie. Hulle het op 28 Junie by dieChris Venterdam by Reitz gehengel.Net 11 hengelaars kon vis in hulnette kry. Die uitslae is soos volg:) senior mans (met die aantal vis engewig gevang tussen hakies):Francois Spyer (12; 5,829 kg), Frikkievan Jaarsveld (9; 6,560 kg), Bielievan der Walt (2; 0,720 kg), StoffelSmit (2; 0,194 kg), Hans Kleynhans(1; 1,141 kg) en Robin van der Walt(1; 1,045 kg).) Vroue (aantal vis en gewig tussenhakies): Ilonke Lawrence (4;1,260 kg), Cherise Mostert (3;1,222 kg) en Marietjie Kleynhans (1;1,895 kg).) Juniors (aantal vis en gewigtussen hakies): Jano Karelsen (3;1,370 kg)) en Renier Booyens (1;0,610 kg)).

Vis byt maarflou by Reitz

OUD-SKOLIERE se eerste rugbyspan speelSaterdag in die Oos-Vrystaatse eindrondevan die Willie Crowther-kompetisie teenHarrismith. Maluti het aan Nico Nieuwen-huyzen, kaptein van die span, ’n paar vraegevra:

Hoe lank speel jy al vir Oudskoliererugby?Ek speel al 14 jaar vir Oudskoliere rugby.

Hoe lank is jy al kaptein?Ek het in 2011 kaptein geword, maar

moes verlede jaar weens ’n knie-operasieuitsit.

Hoe het die span die seisoen gevaaren is hy reg vir sy kragmeting teenHarrismith in die eindronde?Die span is in ’n opwaartse kurwe. Ons

het man vir man sterker in elke posisiegeword en speel as ’n span saam en virmekaar. Die eindronde gaan altyd taaiwees, maar ons is reeds reg vir Harrismith.Dit gaan oor die span wat opdaag vir dieeindronde en wil wen.

Het jy as kaptein ’n spesiale boodskapvir jou span?Daar is drie goed wat ek altyd vra. Speel

vir die gemsbok op jou bors, die ou langsjou op die veld en vir die nommer op jourug.

Wat kan toeskouers Saterdag verwag?Ons ondersteuners kan klipharde platte-

landse rugby deur die Geel Masjien verwag.Dit is ’n voorreg vir my en die span omSaterdag saam met die drie Rosseau-broers uit te draf. Dit is die eerste keer in54 jaar dat drie broers saam in ’n eindron-de speel.

Kaptein volvuur vir stryd

NICO NIEUWENHUIZEN, kaptein van Oud-skoliere se eerste rugbyspan.