8
TEL: 058 - 303 5411 WOENSDAG 6 AUGUSTUS 2014 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE Koerant met hart The paper with heart I Lynda Greyling ’n RAADSLID van Dihlabeng-muni- sipaliteit wat vir bykans ’n jaar nadat hy as raadslid bedank het steeds elke maand sy salaris ontvang het, moet nou bykans ’n kwartmiljoen rand terugbetaal. Rasehlomeng Pitrose Mofokeng, raadslid vir Wyk 9 en senior onderwysspesialis (sportafrigting), moes na regte die dag toe hy in 2011 tot ANC-raadslid verkies is, sy werk by die departement van onderwys bedank het. Hy het in September 2012 sy bedanking by die voormalige munisipale bestuurder, Thabiso Tsoaeli, ingedien. Hy het kort daarna ’n skrywe ontvang om vir hom te sê dat sy bedanking aanvaar word en dat sy salaris gestaak word. Sedertdien het Mofokeng steeds elke maand ’n salaris ontvang. Ben Venter, DA-raadslid en DA-sweep, sê raadslede moet elke maand ’n vorm by die munisipale bestuurder se kantoor gaan teken om aan te dui dat hulle ’n salaris ontvang. Daarby het Mofokeng sedert sy bedanking geen raadsvergaderings bygewoon nie. Volgens munisipale wetgewing moet ’n raadslid wanneer hy drie keer agtereenvol- gens nie ’n raadsvergadering bywoon nie, geskors word. Mo- fokeng het meer as sewe keer na mekaar nie ’n vergadering byge- woon nie. Venter het ’n hele paar keer ’n skrywe aan die speaker, David Lengoabala, gerig waarin hy gevra het waarom Mofokeng nie geskors word nie. Daar is ook gevra waarom hy steeds salaris ontvang, maar geen terugvoering is ontvang nie. Tydens ’n spesiale raadsverga- dering het Venter gesê hy het Mofokeng op 7 Mei vanjaar by die Maluti-Hooglandskool gesien en vir hom gesê dat hy bedrog pleeg deur ’n salaris te ontvang. Venter het intussen skriftelik navraag by Mokete Duma, hoof- uitvoerende beampte van korpora- tiewe regering en tradisionele sake (Cogta), gedoen oor die aange- leentheid. Ná ’n skrywe van Duma is dié saak tydens ’n spesiale raadsverga- dering bespreek. Lengoabala het gesê hy het nie geweet Mofokeng het bedank nie. Na bewering was daar ’n administratiewe “glips”. Venter het onder meer gevra dat Mofokeng verantwoordelik gehou word vir die geld wat aan hom betaal is en voorgestel dat hy dit onmiddellik terugbetaal. Volgens hom sal ’n raadslid wat bedank dadelik sy politieke leier, in hierdie geval die ANC, asook die speaker, in kennis stel. Hy het gesê indien Mofokeng die geld reeds uitgegee het, kan hy ’n lening aangaan. Die munisipaliteit is nie ’n bank nie. Die ANC het ná ’n koukus gesê Mofokeng sal versoek word om die geld terug te betaal en daar sal met hom op die wyse van betaling ooreengekom word. Mandy Prior van die DA sê in ’n verklaring dat die ANC ’n tussen- verkiesing met bykans ’n jaar vertraag het. Die vakante pos in Wyk 9 is nie verklaar nie en die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) is nie in kennis gestel sodat ’n tussenverkiesing gehou kan word nie. “Dit was ’n poging van die ANC om te voorkom dat daar ’n tussenverkiesing voor die nasionale en provinsiale verkiesing gehou is. Die DA beskou dit as politieke manipulasie.” Die DA versoek dat die openbare beskermer die misbruik van mag ondersoek. Mofokeng se bedanking is nou by die OVK aangemeld en ’n tussenverkiesing word op 17 September gehou. Inwoners van Wyk 9 kan hulle hierdie naweek (9 en 10 Augustus) van 08:00 tot 17:00 gaan registreer. Registrasie- punte is by die Maluti-Hoogland- skool, Wespark en by Hostelsite. Oudraadslid kry nog geld Slaggereed VOORTREKKER en Witteberg se optog voordat die eerste rugbyspanne mekaar op Voortrekker se rugbyveld gepak het, was ’n ware skouspel. Foto: Lynda Greyling

Malutima 20140806

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Malutima 20140806

Citation preview

Page 1: Malutima 20140806

TEL: 058 ­ 303 5411 WOENSDAG 6 AUGUSTUS 2014 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE

Koerant met hart The paper with heartI

Lynda Greyling

’n RAADSLID van Dihlabeng-muni-sipaliteit wat vir bykans ’n jaarnadat hy as raadslid bedank hetsteeds elke maand sy salarisontvang het, moet nou bykans ’nkwartmiljoen rand terugbetaal.

Rasehlomeng Pitrose Mofokeng,raadslid vir Wyk 9 en senioronderwysspesialis (sportafrigting),moes na regte die dag toe hy in2011 tot ANC-raadslid verkies is, sywerk by die departement vanonderwys bedank het.

Hy het in September 2012 sybedanking by die voormaligemunisipale bestuurder, ThabisoTsoaeli, ingedien. Hy het kortdaarna ’n skrywe ontvang om virhom te sê dat sy bedankingaanvaar word en dat sy salaris

gestaak word.Sedertdien het Mofokeng steeds

elke maand ’n salaris ontvang.Ben Venter, DA-raadslid en

DA-sweep, sê raadslede moet elkemaand ’n vorm by die munisipalebestuurder se kantoor gaan tekenom aan te dui dat hulle ’n salarisontvang.

Daarby het Mofokeng sedert sybedanking geen raadsvergaderingsbygewoon nie. Volgens munisipalewetgewing moet ’n raadslidwanneer hy drie keer agtereenvol-gens nie ’n raadsvergaderingbywoon nie, geskors word. Mo-fokeng het meer as sewe keer namekaar nie ’n vergadering byge-woon nie.

Venter het ’n hele paar keer ’nskrywe aan die speaker, DavidLengoabala, gerig waarin hy gevra

het waarom Mofokeng nie geskorsword nie. Daar is ook gevrawaarom hy steeds salaris ontvang,maar geen terugvoering is ontvangnie. Tydens ’n spesiale raadsverga-dering het Venter gesê hy hetMofokeng op 7 Mei vanjaar by dieMaluti-Hooglandskool gesien en virhom gesê dat hy bedrog pleegdeur ’n salaris te ontvang.

Venter het intussen skrifteliknavraag by Mokete Duma, hoof-uitvoerende beampte van korpora-tiewe regering en tradisionele sake(Cogta), gedoen oor die aange-leentheid.

Ná ’n skrywe van Duma is diésaak tydens ’n spesiale raadsverga-dering bespreek. Lengoabala hetgesê hy het nie geweet Mofokenghet bedank nie. Na bewering wasdaar ’n administratiewe “glips”.

Venter het onder meer gevra datMofokeng verantwoordelik gehouword vir die geld wat aan hombetaal is en voorgestel dat hy ditonmiddellik terugbetaal.

Volgens hom sal ’n raadslid watbedank dadelik sy politieke leier, inhierdie geval die ANC, asook diespeaker, in kennis stel.

Hy het gesê indien Mofokeng diegeld reeds uitgegee het, kan hy ’nlening aangaan. Die munisipaliteit isnie ’n bank nie.

Die ANC het ná ’n koukus gesêMofokeng sal versoek word om diegeld terug te betaal en daar salmet hom op die wyse van betalingooreengekom word.

Mandy Prior van die DA sê in ’nverklaring dat die ANC ’n tussen-verkiesing met bykans ’n jaarvertraag het. Die vakante pos in

Wyk 9 is nie verklaar nie en dieOnafhanklike Verkiesingskommissie(OVK) is nie in kennis gestel sodat’n tussenverkiesing gehou kan wordnie. “Dit was ’n poging van dieANC om te voorkom dat daar ’ntussenverkiesing voor die nasionaleen provinsiale verkiesing gehou is.Die DA beskou dit as politiekemanipulasie.”

Die DA versoek dat die openbarebeskermer die misbruik van magondersoek.

Mofokeng se bedanking is nouby die OVK aangemeld en ’ntussenverkiesing word op 17September gehou. Inwoners vanWyk 9 kan hulle hierdie naweek (9en 10 Augustus) van 08:00 tot17:00 gaan registreer. Registrasie-punte is by die Maluti-Hoogland-skool, Wespark en by Hostelsite.

Oudraadslid kry nog geld

Slaggereed

VOORTREKKER en Witteberg se optog voordat die eerste rugbyspanne mekaar op Voortrekker se rugbyveld gepak het, was ’n ware skouspel. Foto: Lynda Greyling

Page 2: Malutima 20140806

2 MALUTI, WOENSDAG 6 AUGUSTUS 2014

) 6 tot 9 Augustus: ’n Laerskoletennis-toernooi word deur die Laerskool TruidaKestell aangebied. Rig navrae aan AndréBarends by 083-267-4357.) 6 tot 8 Augustus: Kairos-kursus by dieNG kerk Bethlehem-Oos. Die Kairos-kursus

is ’n interaktiewe kursus van nege sessieswat oor wêreldsending handel. Dit isontwerp om lidmate toe te rus, te inspireeren uit te daag tot aktiewe en betekenisvol-le deelname aan God se sending in diewêreld. Die program is:

6 tot 8 Augustus, 08:00 tot 20:30; 9Augustus, 08:00 tot 16:00; 14 en 15Augustus, 18:00 tot 20:30, en 16 Augus-tus, 08:00 tot 16:00,. Rig navrae aan ds.André Koenig by 082-780-4021.) 9 Augustus: Afriforum-kuieroggend virvroue om 10:00 in Martelle’s B&B. Rignavrae aan Sonja Naudé by 082-339-0554.

“ DIE oomblik van waarheid het aangebreek.Die Dihlabeng-munisipaliteit is bankrot. Dieafgelope drie jaar is niks bereik om inwonerswat agterstallig is te laat betaal nie.”

Dít was die woorde van die DA-raadslidGerrie Roetz op ’n spesiale raadsvergade-ring om ’n plan te finaliseer om Eskom tebetaal. Hy het voorts gesê die afgelope driejaar was geen stappe gereed om die geld teverhaal nie.

Dit was egter samesprekings op hoë vlakwat gehelp het dat Dihlabeng en Maluti-a-Phofung se kragtoevoer nie Maandag deurEskom ontkoppel is nie.

Pravin Gordhan, minister van korporatieweregering en tradisionele sake, is by diesamesprekings betrek.

Dié twee munisipaliteite, asook Ngwathe,skuld Eskom saam meer as R450 miljoen.

Andrew Etzinger, woordvoerder vanEskom, het dit bevestig en gesê Suid-Afri-kaanse munisipaliteite skuld Eskom sowatR3 miljard, waarvan ’n astronomieseR1,6 miljard van Vrystaatse munisipaliteite.

“Goeie vordering is gemaak in samespre-kings waarby Gordhan betrokke was endaarom sou die kragtoevoer van Ngwathe,Dihlabeng en Maluti-a-Phofung nie meerMaandag deur Eskom ontkoppel word nie.”

CW Els, provinsiale koördineerder vanAfriForum, het gesê dié instansie sou

Vrydag die Vrystaatse hooggeregshofgenader het om te keer dat die kragtoevoerontkoppel word.

“Maar samesprekings tussen die belang-hebbendes op hoë vlak het goed verloop endaarom sal ons ook nie meer met onsbeplande hofsaak voortgaan nie.”

Roy Jankielsohn, Vrystaatse DA-wetgewer-lid en amptelike leier van die opposisiepartyin die Vrystaat, het gesê Eskom se dreige-ment om Vrystaatse inwoners se kragtoe-voer te ontkoppel kom op “ekonomieseterrorisme” neer. Eskom kan nie toegelaatword om die inwoners van die Vrystaat tedreig met die ontkoppeling van elektrisiteits-toevoer nie.

Hy het gesê inwoners kan nie ly weensdie onbevoegdheid en onvermoë vanANC-beheerde munisipaliteite om hul sakebehoorlik te bestuur nie.

“Sou Eskom voortgaan met die ontkoppe-ling van die elektrisiteit van inwoners wie serekenings bygewerk is, sou dit ingevolge dieElektrisiteitsregulasiewet op kontrakbreukneerkom.”

Jankielsohn het gesê die opskorting van ’ngroot gedeelte van die Vrystaat se elektrisi-teitstoevoer sal katastrofaal vir die inwonerswees. Hy sê sou Eskom hiermee voortgaan,sal alle dienste, nooddienste en handelsbe-drywighede in dié gebiede tot stilstand kom.

Planne om geld te in ontbreek

MADELEINE HELM (tweede van regs, ’n voedingkundige van Gauteng), het ’n praatjie in DieHoeksteen oor gesondheid en gewigverlies gelewer. Van links is Marge Baan, Leoné Smith, Helmen Hanmari Lombard.

DIE oud-Bethlemiet Ja-cobus Johannes (Buks)le Grange is verlede Vry-dag ná ’n lang stryd teenkanker oorlede.

Buks was die eienaarvan die bekende FishEagle-sekuriteitsmaat-skappy. Hy het ook sake-belange in Upington,Ficksburg, Lesotho, Har-rismith, Qwaqwa en Pre-toria gehad. Van die be-gin van die Lesotho-Hooglandwaterskema-projek verpak en vervoerhy al die lone na die dam.Hy was bekend in sekuri-teitskringe. Hy het tienjaar gelede na Pretoriaverhuis waar hy na sy sa-kebelange omgesien het.

Hy word deur sy vrou,

Louise, vier dogters, Lo-rainmari, Luzaan, Elodieen Janine, asook syskoonseun, Coen denBoogert, oorleef.

Sakeman sterf nástryd teen kanker

WYLE Buks le Grange.

EMMA BISSCHOFF (links) vanJeffreysbaai het ’n twee dae langewerksessie om met diere te kom-munikeer op Bruwershoop, plaasvan Roy en Astrid Jankielsohn,aangebied. By haar is MariscaVonke, een van die kursusgan-gers. Foto: Lynda Greyling

’n KAPTEIN in die weermag hetin die hof verskyn op aanklag vangewapende roof.

Kapt. Sipho Nkumbule van dieSuid-Afrikaanse Nasionale Weer-mag (SANDF) het Dinsdag in diehof voorgekom op aanklag vangewapende roof.

Nkumbule word daarvan ver-dink dat hy twee keer ’n motorha-we beroof het, asook ’n huis in Pa-norama, nadat hy ’n vrou en tweekinders aangehou het.

Hy het ook skote op die polisieafgevuur toe hulle hom in Bohlo-kong wou aankeer.

Nkumbule is verlede Saterdagin hegtenis geneem nadat PieterViljoen van die Bethlehem-buurt-wag inligting ingesamel het omdie polisie se misdaadafdelingsdaarvan te kon verwittig. Die vuur-wapen en klapmus is by hom ge-vind.

Die saak is tot môre uitgestel vir’n borgtogaansoek.

Kaptein in hofweens roof

Page 3: Malutima 20140806

MALUTI, WOENSDAG 6 AUGUSTUS 2014 3

MET slegs ’n idee op skrif het ’noud-Bethlehemiet en sy sakeven-noot ’n internasionale kompetisiegewen.

Gerrit Cloete, ’n oudleerling vandie Hoërskool Voortrekker, enMalize Holtzhausen van Bloemfon-tein is in Zürich, Switserland, asdie wenners van vanjaar seGooglefest-entrepreneurskaps-kompetisie aangewys.

Dit het Gerrit se lewe heeltemalverander. Hy het in 2002 ná ma-triek ’n jaar in Engeland gewerk,waarna hy sowat ’n jaar na Beth-lehem teruggekeer het.

Hierna het hy ’n hele paar jaarop seilbote gewerk en tot eersteoffisier gevorder. In 2012 het hywerk gekry om in Gulfport,Mississippi, Amerika, ’n boot van72 m te bou.

“In die tyd kon ek baie selfon-dersoek doen. My ma, Ralie, enander familielede het vir myDVD’s van Angus Buchan gestuur.Ek het een aand na ’n stuk gekykwaar hy met sy kar tot in ’nmielieland gery en vir die mieliesgepreek het. Ek het besef ek isnie meer die ou wat ek was nie.Êrens langs die pad het ekafgedwaal. Ek het besef ek wil ’nverskil in mense se lewe maak,maar het nie geweet hoe nie.”

Gerrit het later die aand met ’napp-idee wakker geword.

“Ek weet nie eens hoe om ’nrekenaar behoorlik aan te skakelnie.”

Hy het die volgende oggend ’nvriend – die SpringbokrugbyspelerBismarck du Plessis – gebel enhom van die plan vertel. DuPlessis het hom toe van

Holtzhauzen vertel.Holtzhauzen het hom later

gekontak en dié twee het aan dieidee begin werk – sy uit Bloem-fontein en hy uit Amerika.

Haar suster en dié se verloofdeis ’n paar jaar gelede in hul huisoorval, beroof, aangeval en dieswanger vrou is daarna verkrag.Om te keer dat so iets weer methaar suster gebeur, het sy gaansit en werk aan ’n app wat innoodgevalle geaktiveer word ennooddienste en familielede van

hul omstandighede in kennis stel.Sy doen haar graad in bestuur-

leierskap aan die Universiteit vandie Vrystaat (UV). Sy het 15 jaarin die selfoonbedryf gewerk enhaar ondervinding van selfoonteg-nologie gebruik om die app tebedink.

Hiermee het sy die eerste plekin die internasionale arbeid-organi-sasie se enterPrize-werkskep-pingsuitdaging gewen. Dit is asdie innoverendste idee aangewysen sy het so ’n Microsoft-borg-

skap verkry.Tien Suid-Afrikaanse entrepre-

neurs het aan die GooglefestPitching-kompetisie deelgeneemvan wie drie eindelik onder die vyfbestes was. Die ander tweeSuid-Afrikaanse uitblinkers wasDrew van der Riet van dieUniversiteit van KwaZulu-Natalwat ’n handprostese met sensorie-se terugvoering ontwerp het enGavin Jones van die Tegnologie-innovasie-agentskap (TIA) seChuma-program wat ’n uitvindselvan die Universiteit van Kaapstadgedemonstreer het wat dierehabilitering van beroertepasiëntebespoedig.

Die Suid-Afrikaners het teen 31Switserse VentureLab-entrepre-neurs meegeding. Hulle het diekompetisie op uitnodiging van dieSwitsers-Suid-Afrikaanse sake-ont-wikkelingsprogram bygewoon watdeur die TIA as deel van ’nsamewerkingsooreenkoms tussendie departement van wetenskapen tegnologie en sy Switserseeweknie, Seri, aangebied word.

Die kompetisie het behels dat ’nmens een minuut kry om jousake-idee aan ’n gehoor te“verkoop” wat dan besluit wattervyf deelnemers se idees die besteis. Hierna het daardie vyf elkeennog ’n minuut gekry om hul ideeaan drie beoordelaars te verduide-lik om die eindelike wenner tebepaal.

Holtzhauzen het net haar storieaan die beoordelaars vertel.

Die toepassing word in vennoot-skap met ER24 bedryf wat op dienoodsein reageer en is beskikbaarop Android-, BlackBerry- en

Apple-platforms. Dit sal binnekortook op Windows verskyn. Dit isso eenvoudig dat selfs ’n kind ditkan gebruik.

Die noodsein dui aan of dieslagoffer aangeval word, of in ’nongeluk is, en sal verskillendreageer afhangende van die soortnoodomstandighede. Die grootvoordeel is jou ligging is presiesbeskikbaar, dat dadelik gereageerkan word en dat jou naasbestaan-des of jou buurtwaglede ookonmiddellik in kennis gestel word.Jou mediese en versekeringsbe-sonderhede word ook blitsig aandié mense beskikbaar gestel.

Cloete sê die gedagte is dat ’nmens ’n gemeenskap van veilig-heid om jou saamtrek wat dadelikkan kom help.

Maar wat gebeur as jou selfoonin die aanval gebuit word? Of asjy dit nie dadelik in die hande kankry nie?

Hulle het onder meer ’n reaksie-bandjie ontwerp wat ’n noodseindeur nabyheidskommunikasie kanaktiveer en jou foon se sein kannaspeur selfs al word die SIM-kaart verwyder.

Cloete sê die ontwikkeling vanRapid Response word as vanwêreldgehalte beskou. Die app isideaal vir gebruik deur alleSuid-Afrikaners.

Sy ouers, Kobus en Ralie,asook sy suster, Elizna, is baietrots op hom. Hy beplan om ’ngedeelte van die wins watgemaak word aan ’n stigting virminder bevoorregte kinders teskenk.

Cloete en Holtzhauzen isvolgende week op Kwêla te sien.

Oud-Bethlehemiet wen met ‘app’

GERRIT CLOETE (links), ’n oud-Bethlehemiet, maar deesdae van Pretoria,en sy vennoot, Marlize Holtzhausen, tydens ’n televisie-opname vir Kwêla.

Page 4: Malutima 20140806

4 MALUTI, WOENSDAG 6 AUGUSTUS 2014

SyWoord is ons barometerJOHANNES 12:38: Here,wie het geglo wat onsgehoor het? En aan wie isdie mag van die Heregeopenbaar?

’n Man van Long Islandhet ’n barometer per pos bestel. Byontvangs daarvan was hy baie ontevrede.Dit was stukkend.

Die naald het op dié mooiweersdagonversetlik by orkaan vasgesteek. Hy hetdit ’n paar keer hard geskud, maar dienaald het bly vassteek.

Hy het vir die sakeonderneming wat ditverskaf het ’n brief oor die swak produkgeskryf. Die volgende oggend, op pad nasy kantoor in die stad, het hy die briefsaam met die barometer gepos.

Die aand toe hy by sy huis kom, konhy sy oë nie glo nie. Sy huis was platgewaai.

’n Hewige orkaan het oor die gebiedgetrek. Die barometer was nie stukkendnie, maar het kragte in ’n hoër atmosfeeras die wolkelose blou lug wat hy met syoë kon sien, vertolk.

Uit onkunde en tot sy skade het hy dieakkurate barometer nie vertrou nie en dietydige waarskuwing nie geglo en homdaarop voorberei nie.

Die Woord van God is ons barometer.

Die Bybel vertolk ookkragte in die hoëratmosfeer, die ewigheid,wat ons met ons mensli-ke waarneming nieraaksien en begryp nie.

Beloftes en waarskuwings oor dieewigheid word in mensetaal in die Bybelaan ons oorgedra.

Baie van daardie beloftes en waarsku-wings ken ons goed.

Glo en aanvaar ons dit, of ignoreer onsGod se Woord?

Saggeus 7:12: Die volk het geweier omdaarop ag te slaan. Hulle het hulle soosdie hardste klip gehou en wou nie luisterna die boodskap wat die Here dieAlmagtige deur sy Gees gestuur het nie.

In sy Woord roep God ons na Homtoe. Hy maak sy liefde aan ons bekenden wil ons deur sy groot verlossing in dieHere Jesus Christus red.

Gelukkig is ons wat geluister het endie boodskap geglo het. En as ons nognie geluister en geglo en gered is nie?

2 Korintiërs 4:3,4: As die evangelie watons verkondig, tog nog . . . bedek is, isdit bedek net vir dié wat verlore gaan . . .wie se verstand deur die god van hierdiewêreld verblind is sodat hulle die lig vandie Evangelie nie kan sien nie.

Krag laat almal skarrelLynda Greyling

DIE afgelope week was ditbehoorlik ’n geskarrel omgeld in die hande te kryen maniere te vind omDihlabeng se ligte aan diebrand te hou.’n Spesiale raadsvergadering is Dinsdag

gehou om die aangeleentheid te bespreek.Raadslid Gerrie Roets het die situasie

raak beskryf: “Die oomblik van waarheidhet aangebreek”.Raadslede is aangesê om uit te gaan en

die mense te besoek wat nie hul rekeningsvereffen nie om hulle te versoek om dit tedoen.Die afgelope drie jaar al is hulle kort-kort

aangesê om die mense aan te moedig omte betaal.Niks het gebeur nie. Die munisipaliteit

het net al hoe verder agterstallig geraak.Die rente beloop ’n astronomiese bedrag.Die uiteinde van die saak is almal moet

as ’n span saamwerk om die wa deur diedrif te trek.“Ons gaan Eskom betaal. Inwoners kan

verseker wees die kragtoevoer gaan nieontkoppel word nie.”En eindelik begin die munisipaliteit toe

om die mense wat nie betaal nie sekragtoevoer te ontkoppel. Êrens het daarby die werkers wat die onaangename taakmoes verrig, ’n probleem ingesluip en talleinwoners wie se rekeninge wel betaal is, se

kragtoevoer is ook ontkoppel.Ander werknemers het met

sakelui met derduisenderande se skuld gaan praat enhulle versoek om dit tebetaal.’n Ander manier vir die

munisipaliteit is klaarblyklik om allerhandeboetes op te lê.So het ’n amptenaar by Maluti se

kantoor aangekom om een van die perso-neellede te spreek.Hy het vir haar ’n medisynehouer met

haar besonderhede op gewys en gevra ofdit hare is. Toe sy dit bevestig het, is syaangesê om haar vullissak agter LochAthlone te gaan optel; so nie gaan sy ’nR2 000-boete opgelê word. Sy het beslisnie haar vullis daar gestort nie.Deesdae is daar straatlopers wat vir kos

in die vullissakke soek. Baie van hulleneem die sakke na ’n ander plek toe omdaarin te gaan krap.Agter Loch Athlone is een van talle sulke

plekke waar hulle die sakke gaan uitgooi.Hoekom moet ’n mens vir iemand andersse dade beboet word?Inwoners het reeds begin beplan wat

hulle sou doen indien die kragtoevoerontkoppel sou word. Jordania se eerstemusiekblyspel word die week gehou en ditis reeds beplan om ’n kragopwekker tenduurste te huur.Gelukkig het die regering ingegryp en

brand Bethlehem se ligte darem nog.

Daar word nie vooruit gedinkONTSTELDE INWONER,Bethlehem:

MET verwysing na 1Augustus se voorblad vanVolksblad, watter mamparrahet opdrag gegee dat dietwee kameelperde oor ’n roete vervoer moetword waar enige aap weet dat die vryhoogtevan die oorbrug laer as die diere se koppesou wees? Watter mamparra het die vragmo-tor bestuur wat nie so iets kon voorsien toehy die oorbrug genader het nie?

Met die eerste berigte oor Eskom seafsnydreigement het ek dit wyd verkondig datdit nie sal gebeur nie. Diegene aan bewindkan nie so iets bekostig nie. Waar kry die

stadsrade nou skielik die geld?En waar kry Salga nou skielikR400 miljoen vandaan “ommunisipaliteite met ergekontantvloei-probleme by testaan”? Hulle kry dit by dieregering, wat dit by ons kry wat

vir dienste betaal. Dihlabeng se stadsraadboer met nagenoeg R2 miljoen kontant permaand agteruit. Nou moet alle uitgawes enaksies wat niks met basiese munisipaledienslewering te make het nie gesny engestaak word en bates verkoop word. Dit ispresies wat die DA-raadslede met dieoorweging van die begroting versoek het.Maar stemme moes weer met onuitvoerbarebeloftes gekoop word.

deur

Lynda Greyling

Geesgenoot

Briewe /

Letters

PERSONEEL van die departement van landbou in Bethlehem het die Bohlokong-Hospicebesoek, die personeel en inwoners ontmoet en vir hulle saailinge geplant. Van links is,voor: M.C. Mosia, R. Scheun, M.J. Twala, M.E. Vilakazi (bestuurder van hospice) en K.A.Mothibedi; agter: S.A. Noha, M. Nel, M.H. Molahlehi, N.E. Motloung, T.S. Seitshiro, M.C.Mathibela en M.S. Mofokeng.

BLOMMEVRIENDINNE, Oos-Vrystaat:

DORIS CRAVEN was ’n lid van die Oranje-blomme-unie, asook beoordelaar en stigters-lid van die Immergroen-blommekunsklub. Sywas jaarliks met die Christusfees-uitstalling indie Metropolitan-sentrum vir besonderseuitstallings verantwoordelik. Sy het gereelddemonstrasies by blommeklubs, die VLU en

verskeie ander instansies gelewer.Ons dink terug aan Doris wat haar Godge-

gewe talent met uitsonderlike blomontwerpekon uitbeeld en nuwe rigtings bepaal hetwaarin groei in die kunsvorm kon plaasvind.

JRL van Bruggen stel dit: “Sy sien en voelen verstaan die stukkie lewe wat haar liefdegewen het”.

Ons eer haar nagedagtenis.

Doris Craven sal gemis word

PIETER OLIVIER, Bohlokong:

MET die nuwe Suid-Afrika het die Bethle-hem-oorgangsraad die stadsraad vanBethlehem, Bakenpark en Bohlokong geword.Daarna volg die stadsraad van Dihlabengmet Bethlehem, Clarens, Paul Roux, Rosen-dal, Fouriesburg en al die plase tussenin asmunisipale gebied.

In die apartheidsjare het die ANC diemense aangemoedig om nie vir munisipaledienste te betaal nie as een van die metodesom die land onregeerbaar te maak.

Die dilemma van die Dihlabeng-stadsraadmet Bethlehem, Bakenpark en Bohlokong isnou dat wanbetalers in Bethlehem enBakenpark se kragtoevoer ontkoppel word,maar die stadsraad kan (en wil meestal) niksaan die wanbetalers in Bohlokong doen nie.

Die gevolg is die stadsraad maak geenwins uit die elektrisiteit van Bohlokong nie ensink al hoe dieper in ’n finansiële moerasweg.

Die inwoners van Bohlokong dring ook opgoeie munisipale dienste aan, maar die raadhet nie die geld om daaraan te voldoen nie.

Nou word geld in Bohlokong bestee wat inBethlehem en Bakenpark gegenereer word.Die gevolg is dit gaan algaande al hoeslegter met dienslewering in Bethlehem enBakenpark, asook in Bohlokong, omdat die

geldvoorraad onvoldoende is. Wanbetalers inBohlokong word nie vasgevat nie, omdat diestadsraad nie oor die ontkoppelingshefboombeskik nie. Dus word weens ’n historiesegebeurtenis blatant teen die inwoners vanBethlehem en Bakenpark gediskrimineer.

Die oplossing? Dra die hele elektrisiteits-netwerk van Bethlehem, Bakenpark enBohlokong aan Eskom oor met dien verstan-de dat Eskom ’n persentasie van die inkoms-te uit elektrisiteitsverkope maandeliks aan dieDihlebeng-stadsraad betaal, of dra Bohlokongse netwerk van Eskom oor aan die stadsraadsodat die stadsraad deur kragtoevoerontkop-peling teen alle wanbetalers kan optree.

Of die stadsraad voldoende bevoegde enervare personeellede sal kan werf om dienetwerk in stand te hou en uit te brei, is ’nope vraag.

Die ANC gee gereeld in die stadsraadopdrag aan wyksraadslede om die mense inhul onderskeie wyke aan te moedig en temotiveer om hul munisipale rekeningsmaandeliks ten volle te betaal. Voor elkeverkiesing word dit in elk geval nie gedoennie en word net meer onrealistiese beloftesgemaak.

Die stadsraad boer geldelik nagenoegR2 miljoen per maand agteruit. Die uitstaandeskuld vir munisipale dienste wat reedsgelewer is, is nagenoeg R430 miljoen.

Wanbetaling aan raad eis sy tol

INTERESSANTE feit uit die Oudskoliere sereünieboek:Vrystaat, susterkoerant van Maluti, het in

1976 berig van drie rugbyspelers vanOudskoliere wat die eerste drie spelers uiteen klub was wat in dieselfde posisie dieOos-Vrystaat se provinsiale span verteen-woordig het.

Die drie spelers wat dié prestasieverseker het, is Hennie van Deventer,Philip Holiday en Derick Maree.

Al drie van hulle was skrumskakels vandie Oudskoliere-rugbyklub wat in die1976-seisoen die Oos-Vrystaat-rugbybondin die skrumskakel-posisie verteenwoordig

het.Maree het teen Verre Noord-Griekwas en

Suidwes-Afrika gespeel.Holiday het teen Oos-Transvaal, Noord-

wes-Kaap, Suidoos-Transvaal, Noord-Natalen Stellaland gespeel terwyl Van Deventerdie reserwe teen Suidwes-Afrika was.

Van Deventer het die laaste tien minutegespeel nadat Maree ’n besering opgedoenhet.

Hierdie was beslis ’n rekord in Oos-Vry-staat in sy 30-jarige bestaan.

“Dit kan selfs ’n nasionale rekord wees,maar sal baie moeilik wees om vas te stel,”sê Thys van Tonder.

Dié dalk selfs ’n nasionale rekord

Page 5: Malutima 20140806

MALUTI, WOENSDAG 6 AUGUSTUS 2014 5

PRICES VALID 5-10AUGUST 2014AT PICKNPAYSUPERMARKETSANDHYPERMARKETSIn Gauteng, Mpumalanga, and Limpopo. Excluding Botswana, Namibia, Swaziland, Lesotho and Express stores. Buy-aid cards not accepted at the following stores: Vanderhof, Northmead,Rosettenville, Elspark and Hoedspruit. Buy-aid cards not accepted at the following stores: Vanderhof, Northmead, Rosettenville, Elspark and Hoedspruit. smart shopper points willstill apply in Express stores. Shop instoreoronlineatwww.pnp.co.za/shop.CustomerCare0800112288. Toll free landlineonly.Cellphoneratesapply. www.picknpay.co.za

1188290_390X198

6DAYSONLY

Selected products on this page have been styled for photography

Make the healthy choice

20Earn Vitalitypointsonevery HealthyFoodpurchase

25%Getup to

cashbackon over10000 HealthyFooditems

Terms and conditions apply. Discovery Vitality (Pty) Ltd is an authorisedfinancial services provider. Registration number 1999/007736/07.

•To activateHealthyFood,visit discovery.co.za

• Look for ‘VIT’ on the shelf labelto identifyHealthyFood items

Mobile Money is operated by TYME, a distribution channel of the South African Bank of Athens Limited,an authorised financial services and registered credit provider (FSP5865, NCRCP6).

R25PnP Strawberries400g

Meat prices cut to the boneOur Butchery

R59Topside orSilverside Roast

Perkg

BUTCHER’S

BESTBUYS

R64TenderisedSteakPer kg

915 BlueRibbonClassicWhiteSliced Bread700g

2995

PnPNONAME™ FrozenChicken Thighs1.5kg

R33Eskort CheeseGrillers500g

1090 PnPChelseaBuns6s

1290AjaxDishwashingLiquidAssorted750ml Each

Get10%EXTRAairtime, every time,when you top up your new MTN Pick n Pay Boxer SIM at Pick n Payand Boxer only.

,

*SIMcard50c

R25PnPPotjieMix1kg

Certain promotional stocks are limited. Information correct at time of print. Prices inclusive of VAT, where applicable. smart shopper terms and conditions apply. E&OE.

990 PnPChelsea

R33PnPNONAME™Fresh Chicken4 Thighs and4DrumsticksPer kg

FRESH

R15PnPCottageCheeseAssorted250g Each

SAVER5

R45SpierCabernetSauvignon,Merlot,Pinotage orShiraz750mlEach

SAVE11.90

R78KroneBorealisBrutMCC750ml

SAVE17.90

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18.Drink Responsibly.

jLiq75

4290ArielAutoWashing Powder2kg,Liquid Detergent1.5 Litreor Power Capsules14s EachSAVER23

R30PnPAll GrainExtra LargeEggs18s

SAVE12.90

2380

SelatiWhiteSugar 2.5kg

SAVER4

1790SpekkoParboiledRice 2kg

SAVER4

580DanoneYogiSip Low FatDrinking YoghurtAssorted 250g Each

FREE

R119HuggiesDry Comfort Disposable NappiesBulk Pack Size 2 - 66s, Size 3 - 58s,Size 4 - 50s or Size 5 - 44sPer Pack

2990

BuyNestléMilo Cereal or DuoCereal480/500g Each andGet a CloverSeal Fresh FullCreamor Low FatMilk500mlFREE

+

PriceCuts IEMASOpens 6 August2014

LEDE van verskeie Vroue-Landbou-unies indie Oos-Vrystaat het die Immergroen-blomme-kunsklub se demonstrasie in die NG kerk Beth-lehem-Oos se saal bygewoon. Die tema wasGering, maar genoeg. PetoOdendaal (foto) hetsewe rangskikkings uitgestal. Foto’s: Lynda Greyling

EEN van Peto Odendaal se rangskikkings.

NOGeen vanPetoOdendaal se rangskikkings.

DIE pos vir die munisipale bestuur-der van die Dihlabeng-munisipaliteitis reeds geadverteer, maar ’naanstelling moet nog gedoen word.Die pos het vakant geword ná die

bedanking van Thabiso Tsoaeli, dievorige munisipale bestuurder, wat ’npos in Welkom aanvaar het.Busi Molatseli, direkteur van

korporatiewe sake, is tydens ’nspesiale raadsvergadering aswaarnemende munisipale bestuurderaangestel.

Pos nog nie gevul

Stal rangskikkings uit

Page 6: Malutima 20140806

6 MALUTI, WOENSDAG 6 AUGUSTUS 2014

CECIL RHODES VAN DER MERWE.Dit is nie ’n Van der Merwe-grap nie.Elmo van der Merwe van Bethlehem

se pa was Cecil Rhodes van derMerwe.Sy oupagrootjie, Schalk Willem van

der Merwe, was met Cecil JohnRhodes bevriend.Die twee het onder meer saam op

ekspedisies gegaan om Afrika teverken.Toe Van der Merwe se oumagrootjie,

Maria Johanna Frederika, sy paverwag, het hulle besluit dat Cecil JohnRhodes hul seun se peetpa gaanwees. Daarby is hy toe ook na homgenoem.Sy pa is op 10 Augustus 1894

gebore en op 18 November dieselfdejaar gedoop.Die doopplegtigheid is in die NG

kerk in Wellington gehou en Cecil JohnRhodes het as getuie geteken.Van der Merwe sê hy weet sy

oupagrootjie en Rhodes se vriendskaphet latere jare versuur.Dit was nadat Jamieson die Trans-

vaal binnegeval en dit hom teen diebors gestuit het om onder die Engelsete dien.Hy vermoed sy oupagrootjie het alle

dokumente en korrespondensie tussenhom en Rhodes vernietig, want hybeskik oor geen ander inligting oor dietwee nie.“Ek weet nie of daar dalk vir my pa

’n erfporsie sou wees omdat hy naRhodes genoem is nie; ’n erfporsie watdalk na my toe sou kom nie. Met diegrondeise wat nou weer heropen is,sal ek nogal graag wil weet.”Van der Merwe se pa, Cecil, het

aanvanklik diamante in Kimberleygesorteer. Later van tyd het hy ’nvis-en-skyfiewinkel gehad. Toe het hyby Slabberts, waar Denmar nou is,geboer.Hy het onder meer ’n saagmeule

gehad en het populierbome gesaag omaan die eertydse Amfra-meubelfabriekte verskaf. Dié planke is as dieagterkant van kaste gebruik.

Man namagnaatgenoem

ELMO VAN DER MERWE van Bethle-hem hou hier sy pa, Cecil Rhodes vander Merwe, se doopsertifikaat vas.

CECIL JOHNRHODEShet as getuie ge-teken.

VROEG elke Woensdag is dit tyd virJorries vir Jesus, ’n Christelike aksie virleerlinge aan die Laerskool Jordania.Volgens ds. Rikus Hattingh, leraar van

die NG kerk Bethlehem-Oos, is die temavanjaar Vrug van die Gees. Die afgelopemaand is Goedhartigheid behandel.Leerlinge moes onder meer leer hulle

ontvang nie net nie, maar moet ook ietsgee. Hulle het verlede Woensdagnie-bederfbare kos saamgebring skooltoe.Ben en Louise Venter het die kos

ontvang wat dit aan behoeftige mensegaan oorhandig.

Jorries vir Jesus-lede bring kos in

JORRIES VIR JESUS: Leerlinge van dieLaerskool Jordania wat deel is van Jorriesvir Jesus het kos vir behoeftige mense inge-samel. Van links is, voor: Marcel du Plessis,Duan Maritz, Wian Maritz, Christiaan Mur-ray en Zanele Xaba; tweede ry: Ina-MerieTaljaard; derde ry: MCSmith, Belri Kok, Mo-nique van Jaarsveld, Marnelle Taljaard, Si-moné Venter, Mia Maritz en Anneke Bak-kes; agter: Ruan Zaaiman, Anro Smith ends. Rikus Hattingh.

TE KOOP

KLERASIE

1615

ALGEMENE &

HUISDIENSTE

BOUWERK &

KONSTRUKSIE

1801

Ons doen alle herstel-werk en instandhoudingaan geboue, huise en

voertuie.Gratis kwotasie.

Pierre 082 868 9442.

ALLERLEI

1845

GRANITE & MARBLE:Kitchen tops, vanities, barcounters, etc. Bethlehem.Tel. 058 303 4840 /082 807 7456.

EIENDOMME

KANTORE

3290

SHOP TO LET: 120 sq m,near long-distance taxirank. R4 000 p.m. plus keydeposit R4 000.Yolanda 083 634 7158/Maretha 082 779 1694.

BETREKKINGS

3600

BETREKKINGS

GESOEK

3670

Alinah is op soek nawerk as huishulp.Maandae en Donderdae.Skakel: 073 292 6629.

Sana is op soek na werkas huishulp. Maandag,Woensdag, Donderdag enVrydag.Skakel: 072 571 4194.

SEKURITEIT

3750

Bergprag-sentrum virBejaardesbeskik tans oor die vol-gende vakatures.3 Graad D-sekuriteits-beamptes.Vereistes:Afrikaans.Moet opgelei en gere-gistreer wees by PSIRA.Sober gewoontes.Vergoeding:Bogemiddelde salaris.Pensioen.13de tjek.Sluitingsdatum vir aan-soeke: 15 Augustus 2014.Diensaanvaarding: sospoedig moontlik.Faks aansoeke na:051 407 7211Navrae: 082 891 8723.

GESOEK

3601

Bergprag Sentrum virBejaardesbeskik oor 'n vakature vir:Voedseldiens Toesig-houerSluitingsdatum: 8 Augu-stus 2014Kontak: M. BriedenhannBy: 058-3030467

Page 7: Malutima 20140806

MALUTI, WOENSDAG 6 AUGUSTUS 2014 7

DIE Dihlabeng-munisipaliteit is dieeerste munisipaliteit in die Vrystaatwat volgens nuwe wetgewing ’nplaaslike dwelm-aksiekomiteegestig het.Volgens die Wet op die Voorko-

ming en Behandeling van Dwelm-misbruik (Wet 70 van 2008,afdeling 60) word voorsieninggemaak vir die totstandkomingvan ’n plaaslike dwelm-aksiekomi-tee in ’n munisipaliteit.Raadslid Job Tshabalala, wat as

die Dihlabeng-munisipaliteit seuitvoerende burgemeester optreeterwyl Tjhetane Mofokeng metstudieverlof is, het Dinsdag tydensdie bekendstelling van die komiteegesê dat na aanleiding van die

bestuurder van die sub-direktoraatvir dwelmmisbruik se voorleggingverlede jaar, die uitvoerendeburgemeester, Tjhetane Mofokeng,die stadsraad tot die stigting vansó ’n komitee verbind het.Dinsdagoggend het afgevaardig-

des van die Dihlabeng-hospitaal,korrektiewe dienste, departementvan onderwys, Kindersorg,Suid-Afrikaanse Polisiediens(SAPD), weermag, arbeidsdeparte-ment, welsynsdepartement,Dihlabeng-jeugkomitee en dieDihlabeng-munisipaliteit ’n verga-dering in die sysaal van diestadsaal bygewoon, waartydens ’nkomitee gestig is. Die bydrae vanelke lid en hul pligte is bespreek.

Hulle sal onder meer aan dieburgemeester en die Vrystaatseprovinsiale dwelmmisbruikforumverslag moet lewer oor diedwelm-aksieplan. Die komiteemoet ook toesien dat die gesinnevan mense wat dwelms en alkoholmisbruik inligting, berading enondersteuning ontvang.’n Kursus sal op 14 en 15

Augustus vir die bestuur aange-bied word.Charl Botes van die welsynsde-

partement sê die departement hetreeds ’n projek, Kamoja, I’m finewithout drugs, begin.Deur sport, kultuur en kuns

gaan daar gepoog word om ’ndwelmvrye omgewing te skep.

Komitee pak dwelmmisbruik

DIE Dihlabeng-munisipaliteit is die eerste munisipaliteit wat ’n dwelm-aksiekomitee begin het. Belanghebbendeswat die vergadering bygewoon het, is van links, voor: Pulane Masangane (maatskaplike werker, welsynsdeparte-ment), Job Tshabalala (waarnemende uitvoerende burgemeester), Angi Noosi (raadslid), Charl Botes (welsynsdepar-tement, Bloemfontein) en Charles Makappa; agter: Teboho Maqelepo en eerw. Reuben Sokana. Die komitee sefoto is op www.malutinews.co.za.

DIT maak seer. ’n Mens is stuk-kend, jy weet nie wat om te doennie. So praat ’n ma van ’n kind wataan dwelms verslaaf is. Haar kindhet aanvanklik dagga gerook, maarlater uitgevind daar is twee soorte –’n goedkoop en duurder, suiwerdereen. Deesdae kos die goedkopereen so R10 in Bethlehem terwyl ’nsakkie met die suiwerder daggaR50 kos.Sowat drie jaar gelede het haar

kind begin om CAT, ’n goedkoperweergawe van kokaïen, te gebruik.Aanvanklik het sy nie agtergekomhaar kind gebruik dwelms nie. Diekind se persoonlikheid het verander.Deesdae gebruik die kind tik

(crystal meth). Die ma weet daar is’n paar mense wat dit versprei. Dieverspreiders maak gebruik vandwelmmuile wat dit in Johannes-burg gaan haal. Een van die

dwelmmuile, Lucky, ry selfs met ’ntaxi om dit te gaan haal en ’nander een kry dit weer in Vrede.Dit word in steenvorm ontvang

en lyk soos growwe sout. Stukkiesword afgebreek en in foelie in ’nboek gesit sodat dit plat kan druk.Hierna word dit gebrand en met ’nstrooitjie ingeasem. As die kind ditgebruik, is hy of sy op ’n high.Hulle slaap dae aaneen nie, ishiperaktief, sterk en aggressief. Diekind se lewe draai om leuens omgeld in die hande te kry om tik tekoop – 100 g kos R300.Die kind was al na ’n rehabilita-

siesentrum, maar die siklus hetweer van voor af begin.“My kind kan hoe lank skoon

wees, maar wanneer iemand netoor dwelms praat, raak die lusdaarvoor een te veel. Dit is ’n bosekringloop.”

Dwelms ’n bose kringloop

BERTILL METTLER(links) van Hyundai inBethlehem oorhandig diesleutel van ’n HyundaiElantra aan Themba Ra-debe. Radebe, ’n klerk bydie hof, was oorstelp toe hyhoor hy het die nasionaleWêreldbeker-DStv-kom-petisie gewen.Hy sê hy hethomnet een keer ingeskryfdeur op die webblad in tegaan en te voorspel datDuitsland die Wêreldbekersou wen. Hy sê hy kon alvan die begin af sien datDuitsland die wenspangaan wees. Radebe, watreeds ’n motor het, het be-sluit om die nuwe motor virsy vrou,Nomadlozi, te gee.

Page 8: Malutima 20140806

SportSport

ALTESAAM 128 spelers het Vrydag aandie Hoërskool Witteberg en dieHoërskool Voortrekker se gholfdagdeelgeneem.Dit was die eerste gesamentlike gholfdag

wat by die Bethlehem-gholfklub aangebiedis.Spelers het volgens vierbalalliansie-reëls

gespeel.Die wenners was Corné van der Merwe,

Danie de Wet, Giepie Crafford en Herkievan der Walt.Johnny Bam, Nico Mienie, André Bester

en Chris Kotze was tweede met WillemRoets, Attie Shields, Dippie Dippenaar enEben Scheepers in die derde plek.

Gesamentlike dag opbaan ’n sukses

DIE wenners op die gholfdag is van links Herkie van der Walt, Giepie Crafford, Corné van derMerwe en Danie de Wet.

DIE Hoërskool Voortrekker hetop Saterdag 2 Augustus syhekke en pragtige, nuutontwikkelde terrein vir sy bureen die gemeenskap vanBethlehem oopgemaak en ’nuiters suksesvolle derbyaangebied.Organiseerders, deelnemers,

rasieleiers en toeskouers hetalmal hul bydrae tot die suksesvan die dag gelewer.Daarby moet die ondersteu-

ning van die hele gemeenskapen veral die borge genoemword. Daarsonder is so ’nderby, op die skaal waaropdit plaasvind, nie moontlikgewees het nie.Saterdag het die eerste

hokkie-derby op Voortrekkerse nuwe astrobaan plaasge-vind.Dit is duidelik die ontwikke-

ling gaan baie vir hokkie in dieOos-Vrystaat beteken.Die stryd tussen die twee

skole se eerste hokkiespannehet eindelik gelykop verloop:Voortrekker se eerste seun-span het met 4-0 gewen,terwyl die meisiespan metdieselfde telling teen Wittebergverloor het.In die netbalwedstryde, wat

vriendskaplik gespeel is,aangesien die ligawedstrydereeds vroeër die seisoen

plaasgevind het, het Voortrek-ker se eerste span (o.19A)oortuigend met 21-13 gewen,terwyl die manne in swartgeen twyfel gelaat het dathulle soos ’n goed geoliedemasjien funksioneer nie deurdie hoofwedstryd op dierugbyprogram met 57-14 tewen.Voortrekker het nege drieë

gedruk, waarvan ses verdoelis, terwyl Witteberg twee drieëgedruk, een verdoel en mettwee strafdoele geslaag het.Die volledige uitslae van

die ander spanne is (Voor-trekker se tellings eerstegenoem):Rugby: tweede spanne

29-23; derde spanne 62-5;o.15A 17-24; o.15B 15-24;o.14A 34-0; o.14B 55-7.Netbal o.19B 13-12;

o.19C 19-20; o.19D 17-15;o.16A 19-20; o.16B 23-12;o.15B 28-9; o.15C 9-10;o.14A 11-27; o.14B 21-7.Hokkie: tweede spanne 1-1;

derde spanne 0-1; o.16A 0-3;o.16B 0-5; o.14A 2-1; juniorseuns 1-1.

Derby wenveld in diegemeenskap

VOORTREKKER en Witteberg se eerste rugbyspanne in aksie op die derby.

SportSportKoerant met hart The paper with heartI

WITTEBERG en Voortrekker se eerste hokkiespanne in aksie in hul eerste derby-wedstryd op Voortrekker se nuwe astro-baan. Foto’s: Lynda Greyling

WILMIEN VANROOYEN, ’ngr. 5-leerlingaan die Laer-skool Jordania,is in die Oos-Vrystaat-land-loopspan inge-sluit.

GEKLASSIFISEERD