8
TEL: 058 - 303 5411 WOENSDAG 13 AUGUSTUS 2014 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE Koerant met hart The paper with heart I Drink ’n koppie tee by Tingeling By die Tingeling-kleuterskool is ’n ontbyt vir mammas gehou om Vrouedag te vier. Die ontbyt was in die vorm van ’n teeparty. Die “koek” was brood met ’n verskeidenheid vulsels. Hier is Alida Stoop en haar kleinseun Lourival da Silva. Foto: Lynda Greyling Lynda Greyling DIE ou Spoorweg-hostel in Bethle- hem, wat etlike jare ’n blyplek vir ’n plaaslike bestuurskool se leerlinge was, is deesdae ’n blyplek vir mense met gestremdhede en mense sonder heenkome. By Care Love Hope word na sowat 45 kinders sonder heenkome omgesien. Bethlehem se Tafelronde 60, wat sowat ’n jaar gelede klere en toerusting uit Holland ontvang het om aan minderbevoorregtes te skenk, het reeds skenkings aan nie-winsgewende organisasies gedoen. Muller Janse van Rens- burg, voorsitter van Tafelronde, sê dié organisasie kan dit egter nie net uitdeel nie. Hy het onlangs ’n oproep van ’n vrou, Mandy Esau, ontvang. Sy het klere gevra. Hy het vir haar gesê sy moet skriftelik namens haar organisasie, Care Love Hope, hierom aansoek doen. Sy het dit gedoen, maar die aansoek het nie ’n BTW-nommer of registrasienommer as nie-winsge- wende organisasie gehad nie. Esau het hom weer gekontak en Van Rensburg die versekering gegee dat hulle wel geregistreer is. Hy het haar gevra om ’n nuwe aansoek te stuur en dit is binne minute gedoen. Van Rensburg het aan Maluti gesê hy het ongemaklik oor die aangeleentheid gevoel en ’n prokureur opdrag gegee om die registrasie- en BTW-nommer na te gaan. Hy het uitgevind dat die registrasienommer, 2009/169935/23, aan ’n besigheid, Moshwaliba and Sons General Trading, behoort en nie Care Love Hope s’n kan wees nie. Dié besigheid word gederegi- streer. BTW-nommers begin altyd met ’n vier, maar Care Love Hope s’n is 0202204236. Tafelronde het daarom besluit om nie die skenking te doen nie. Volgens Care Love Hope se aansoek is hy ’n nie-winsgewende organisasie wat na sowat 45 hawelose kinders omsien. Hy beskou hom as ’n tussentuiste vir kinders van een tot 18 jaar. Luidens die aansoek is die organisasie in 2009 in KwaZulu-Natal gestig, maar het intussen na Bethlehem verskuif. Esau is die voorsitter en Elaine Runsgasamy die tesourier. Maluti het intussen Esau se nommer geskakel. Esau het gesê dat hulle ’n gemeenskapsentrum is wat na gestremdes, asook gesinne en werklose mense, omsien. Maluti het ook by ander nie-wins- gewende organisasies soos Eden- Christelike Bediening en Bethle- hem-kinder-en-gesinsorg se bestuurders oor Care Love Hope navraag gedoen, maar nie een wou kommentaar lewer nie, behalwe dat hulle nie juis weet wat daar aangaan nie. ) Maluti het intussen by die plaaslike departement van welsyn navraag oor dié aangeleentheid gedoen. Die navraag is na sy provinsiale woordvoerder verwys. Teen druktyd is die navraag nog nie beantwoord nie. Hostel ’n kwelpunt DIE registrasie van kiesers vir Wyk 9 in Bethlehem ná die be- danking van raadslid Rasehlomeng Pitrose Mofokeng het vlot verloop (Maluti se voorbladberig van 6 Augustus verwys). Ben Venter van die DA sê heelwat nuwe registra- sies is ontvang. Lees die berig op www.malutinews.co.za. Wyk 9-registrasies sonder ’n kinkel

Malutima 20140813

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Malutima 20140813

Citation preview

Page 1: Malutima 20140813

TEL: 058 ­ 303 5411 WOENSDAG 13 AUGUSTUS 2014 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE

Koerant met hart The paper with heartI

Drink ’n koppie tee by TingelingBy die Tingeling­kleuterskool is ’n ontbyt vir mammas gehou om Vrouedag te vier. Die ontbyt was in die vormvan ’n teeparty. Die “koek” was brood met ’n verskeidenheid vulsels. Hier is Alida Stoop en haar kleinseunLourival da Silva. Foto: Lynda Greyling

Lynda Greyling

DIE ou Spoorweg-hostel in Bethle-hem, wat etlike jare ’n blyplek vir ’nplaaslike bestuurskool se leerlingewas, is deesdae ’n blyplek virmense met gestremdhede enmense sonder heenkome.By Care Love Hope word na

sowat 45 kinders sonder heenkomeomgesien.Bethlehem se Tafelronde 60, wat

sowat ’n jaar gelede klere entoerusting uit Holland ontvang hetom aan minderbevoorregtes teskenk, het reeds skenkings aannie-winsgewende organisasiesgedoen. Muller Janse van Rens-burg, voorsitter van Tafelronde, sêdié organisasie kan dit egter nie netuitdeel nie. Hy het onlangs ’noproep van ’n vrou, Mandy Esau,ontvang. Sy het klere gevra. Hy hetvir haar gesê sy moet skrifteliknamens haar organisasie, CareLove Hope, hierom aansoek doen.Sy het dit gedoen, maar dieaansoek het nie ’n BTW-nommer ofregistrasienommer as nie-winsge-wende organisasie gehad nie.Esau het hom weer gekontak en

Van Rensburg die versekeringgegee dat hulle wel geregistreer is.Hy het haar gevra om ’n nuweaansoek te stuur en dit is binneminute gedoen.Van Rensburg het aan Maluti

gesê hy het ongemaklik oor dieaangeleentheid gevoel en ’nprokureur opdrag gegee om dieregistrasie- en BTW-nommer na tegaan. Hy het uitgevind dat die

registrasienommer, 2009/169935/23,aan ’n besigheid, Moshwaliba andSons General Trading, behoort ennie Care Love Hope s’n kan weesnie. Dié besigheid word gederegi-streer. BTW-nommers begin altydmet ’n vier, maar Care Love Hopes’n is 0202204236.Tafelronde het daarom besluit om

nie die skenking te doen nie.Volgens Care Love Hope se

aansoek is hy ’n nie-winsgewendeorganisasie wat na sowat 45hawelose kinders omsien. Hybeskou hom as ’n tussentuiste virkinders van een tot 18 jaar. Luidensdie aansoek is die organisasie in2009 in KwaZulu-Natal gestig, maarhet intussen na Bethlehem verskuif.Esau is die voorsitter en ElaineRunsgasamy die tesourier.Maluti het intussen Esau se

nommer geskakel. Esau het gesêdat hulle ’n gemeenskapsentrum iswat na gestremdes, asook gesinneen werklose mense, omsien.Maluti het ook by ander nie-wins-

gewende organisasies soos Eden-Christelike Bediening en Bethle-hem-kinder-en-gesinsorg sebestuurders oor Care Love Hopenavraag gedoen, maar nie een woukommentaar lewer nie, behalwe dathulle nie juis weet wat daaraangaan nie.)Maluti het intussen by dieplaaslike departement van welsynnavraag oor dié aangeleentheidgedoen. Die navraag is na syprovinsiale woordvoerder verwys.Teen druktyd is die navraag nognie beantwoord nie.

Hostel ’nkwelpunt

DIE registrasie van kiesers virWyk 9 in Bethlehem ná die be-danking van raadslid RasehlomengPitrose Mofokeng het vlot verloop(Maluti se voorbladberig van 6Augustus verwys). Ben Venter vandie DA sê heelwat nuwe registra-

sies is ontvang. Lees die berig opwww.malutinews.co.za.

Wyk 9-registrasies sonder ’n kinkel

Page 2: Malutima 20140813

2 MALUTI, WOENSDAG 13 AUGUSTUS 2014

A CHESS tournamentwill be held on 22 and23 August in the Beth-lehem town hall.

All chess playersare invited to attend.

For more informa-tion phone NtombiShabangu on 073-222-5599.

A chanceto checka fewmates

16 Augustus: NGkerk Efrata hou ba-saar.

Die pretstap beginom 07:30 op die kerk-terrein. Die basaarbegin om 08:30.

Benewens ’n tee-tuin met lekker eet-goed is daar kerrie-en-rys, boerewors-broodjies, sosaties,pannekoek, poedingen gebak, asook vleisen vars produkte entuinplante, te koop.

Vir die kinders isdaar boeresport, ’nspeletjies- en tombo-latafel.

Rig navrae aanGerrie Roetz by 082-771-5574.

STIENIE MARAISwoon al 52 jaar inBethlehem, maargaan nou verhuis.

Sy vier op 11September haar92ste verjaardag enverhuis eindeAugustus na haardogter in Pretoria.

“Baie dankie vir aljul liefde, bystand enonderskraging oordie jare heen.

“Geen opofferingwas ooit te groot nieen almal het mybygestaan. Ek waardeer dit opreg. Ekbedank en groet al my vriende, my domineeen my dokter. Ek waardeer jul vriendskapen hulp opreg.

“Om deur sulke vriende omring te wordwas ’n voorreg. Ek sal julle mis en altydmet liefde en deernis aan julle dink.”

Stienie trekná 52 jaar

STIENIE MARAIS

DIE Laerskool Jorda­nia het die afgelopeweek die musiekbly­spel Boksombende op­gevoer. Hier is Trompie(tweede van regs), ver­tolk deur Marnus Zaai­man, en die Boksom­bendelede van linksHanru Barnard, TDBotha, Herman Wes­sels,Marnus enRowenScholtz. Sien nogfoto’s opwww.maluti­news.co.za.

Foto: Lynda Greyling

Trompie op verhoog

Word bederf met kleuterskool­konsertDIE kleuters van die Leratong­kleuterskool het as deel van Vrouedagviering onder leiding vandr. Rosemary Orpen ’n konsert vir bejaarde vroue aangebied. Aan die einde van die konserthet elke vrou ’n ingekleurde teekoppie­prent met ’n teesakkie daarin as geskenk gekry. Hier worddie stuk Die drie varkies opgevoer.

Weet nou hoe om noodhulp toe te pasPATRICK RADEBE van BZN­petroleum het’n noodhulpkursus in die Martin Harris­saalby die biblioteek bygewoon. Hier oefen hy om’n verband van die instrukteur Pieter van As­wegen te bind. ’n Noodhulpkursus gaan op18 en 19 Augustus by Denmar gehou word.

BRAAM JOOSTE (links) en André Bassonvan die Kiara Lodge het ook die noodhulpkur­sus in die Martin Harris­saal bygewoon.

JOYCEMOFOKENG van BZN­petroleum enViolet Nkhabu van die Kiara Lodge sal ná diekursus noodhulp in hul werkplek kan toepas.

Page 3: Malutima 20140813

MALUTI, WOENSDAG 13 AUGUSTUS 2014 3

Weermag toets eenhede

AFRIFORUM se veiligheidsnetwerkin Bethlehem het Dinsdagoggendtoegeslaan en gesteelde vee vansowat R100 000 teruggevind.

Beslag is op dagga gelê en eenpersoon is in hegtenis geneem.

Die veiligheidsnetwerk is sowat ’njaar gelede deur AfriForum seBethlehem-tak gestig. Die netwerkhet sedertdien menige dwelmverko-per en veedief sy rieme laatstyfloop.

“Ons het wit ligte vir patrollies,tweerigtingradio’s en ander toerus-ting aangekoop. Beplanning is diebelangrikste. Dit is nodig om teweet presies waar om patrollies tery, watter roetes deur veediewe endwelmhandelaars gebruik word enwanneer misdadigers geneigder salwees om toe te slaan. Ons besteebaie tyd en beplanning hieraan endie gemeenskap pluk die vrugte,”sê Cyril Adkins, voorsitter vanAfriForum se Bethlehem-tak.

CW Els, AfriForum se provinsialekoördineerder vir die Vrystaat, sêmisdaad het geskuif na andergebiede ná die toenemendesuksesse van die gemeenskap sesamewerking met die polisie inBethlehem.

“Ons moedig mense aan ommeer betrokke te raak by diebeskerming van hul eie omgewingen besittings. Bethlehem seveiligheidsnetwerk is ’n goeievoorbeeld van hoe ’n gemeenskapsaam met die onderskeie owerhedekan werk tot voordeel van almal.”

AfriForum het Maandag met dieDihlabeng-munisipaliteit vergader enis vol vertroue dat ’n goeie same-werkingsooreenkoms moontlik is.

AfriForumveg saam

OM onderoffisiere in dieweermag se vaardigheids-ontwikkeling te toets word’n jaarlikse kompetisie tus-sen die verskillende eenhe-de gehou.

Die afgelope week is diekompetisie by 2Veldgenie-regiment beslis.

Eenhede van die Suid-Afrikaanse Ingenieursfor-masie, Ingenieur-skool,1Konstruksie-regiment, 35

Geniesteun-eenheid, Inge-nieursterrein en Intelligen-sie-eenheid, asook tweereserwe-eenhede, 19 Veldvan Durban en 3 Veld vanKaapstad, het deelge-neem.

Sers.maj. Louis Raynersê adjudantoffisiere, staf-sersante, sersante, korpo-raals en onderkorporaalshet deelgeneem.

Daar is op individuelevlakke gekompeteer hoe-wel die passtok en brugbouin spanverband gedoen is.

Deelnemers moes ’n te-oretiese toets aflê, asookkaarte lees.

Daar is ook gekyk na in-dividuele netheid, skietver-moë en dril.

WEERMAGLEDEwat aan die onderoffisiere­kompetisie deelgeneem het,het die geleentheid gehad om aan die passtok­kompetisie deel te neem.Lede van 2Veldgenieregimentwat deelgeneemhet, is van links sers. BarryGordon, sers. Duncan Heyns, stafsers. Braam Greyling (agter) en sers.Michael Mynhardt. Foto’s: Lynda Greyling

DIÉ vrouespan van 2Veldgenieregiment hetgewys waartoe hulle met die passtok­kom­petisie in die onderoffisiere­kompetisie instaat is. Van links is kpl. Gabisile Msibi, kpl.Portia Khosa en kpl. Lebogang Ntsoko.

DIE brugbouspan van2Veldgenieregiment wasderde in die onderoffisier­kompetisie wat die afgelo­pe week by 2Veldgeniere­giment gehou is.

Weermag toets eenhede

Page 4: Malutima 20140813

4 MALUTI, WOENSDAG 13 AUGUSTUS 2014

Lynda Greyling

SOWAT 25 jaar gelede het mypaadjie met die van Emily Twalagekruis. Dit was die dag toe ekbordkryt vir ’n pen en kamera ver-ruil het.

Emily was die algemene werkerin die kantoor. Toe ek haar leer kenhet, was sy nie meer jonk nie. Syhet so tussendeur ietsie van haarman, kinders en kleinkinders ver-tel. Trots op haar kinders wat almalverder gestudeer het – haar onder-wyserseun, haar jongste dogterwat kollege toe is.

Al was sy nie meer vandag sekind nie, was ons kantoorgebou al-tyd netjies en skoon. Wanneer onsoor spertye bekommerd was, hetEmily stil-stil by die kantoor inge-kom met ’n beker koffie of tee,“want jy het dit nodig”.

Sy het elke dag poskantoor toegegaan om pos uit te haal. Symoes ook bank toe gaan.

Sy het nooit praatjies aange-knoop wanner sy so dorp toe wasnie, want vir haar het die werk ge-wag.

Toe breek die dag aan dat sy 65jaar word en sy moes aftree. Onshet vir haar ’n behoorlike afskeids-partytjie gehou.

Sy het ’n paar keer kom kuier, la-

ter het die rumatiek begin pla en syhet nie meer kom kuier nie. Sy hetlater van tyd ’n selfoon gekry en ekhet haar so af en toe gebel.

Dit was vir haar wat ek in tranegebel het toe ek iemand gesoekhet omManlief te versorg. Sywenstoe sy kon kom,maar symoeshaarkinders se kleintjies (agterkleinkin-ders) oppas. Maar sy het iemandgestuur wat met ’n fyn humorsin nahom omgesien het.

Op ’n dag moes ek by ’n bejaar-deklub gaan foto’s neem. My oëhet so oor die klomp oumensiesgedwaal. En, ja, daar staan syop . . .

Ek kry ’n stywe druk. Daar wordin Sotho gepraat, almal lag, issaam met haar bly. En ek is wegmet ’n paar wit gebreide bedsok-kies.

So ’n rukkie gelede het ek haarweer gesien. Haar oë het geblink,maar sy was nie lekker nie.

Verlede week het ons die nuusgekry: Emily is oorlede.

Ons almal se hart is seer, maarons weet sy is nou weer gelukkig.

Harte seer ooroudkollega

1 Joh.5:1 – 17 – ELKEEN wat glodat Jesus die Christus is, is ’n kindvan God . . . En nou kan ons metvrymoedigheid na God gaan, om-dat Hy ons gebede verhoor as onsenigiets volgens sy wil vra.

In die glorieryke dae van die Ro-meinse Ryk het die keiser ’n triomf-optog deur die hoofstraat van Ro-megelei. Sterk soldatemoes die ju-belende skare aan weerskante vandie straat van die keiser af weghou.’n Platform is langs die straat opge-rig van waar die keiserlike gesinsonder ongerief die optog kon dop-hou. Net toe die optog by die keiserse platform kom, spring die keiserse sesjarige seun op, storm van dieplatform af en nael tussen die men-se deur straat toe. ’n Soldaat kryhom eindelik beet.

“Waarheengaan jy?Dit is die kei-ser. Bly weg daar,” skree hy vir dieseuntjie. “Dit is nie. Dit ismy pa. Losmy,” skree die seuntjie.

Die soldate en die skare het res-pek vir die keiser gehad en homge-vrees. Die keiser se seuntjie waslief vir sy pa en het die vrymoedig-heid gehad om dit te doen. Hy hetgeweet dit is die keiser, maar virhom was dit sy pa.

Die Heilige Gees – die Gees vanaanneming –wek in die hart van diemens wat in Jesus Christus as syVerlosser glo, die vrymoedigheid.Maar aan almal wat Hom (Chris-

tus) aangeneem het, dié wat inHom glo, het Hy die reg gegee omkinders van God te word. – Joh.1:12.Kyk watter groot liefde die Vader

aan ons bewys het: Hy noem onskinders van God, en ons is dit ook.– 1 Joh.3:1.En omdat ons sy kinders is, het

God die Gees van sy Seun in onsharte gestuur en in ons roep Hy uit:‘Abba!’ Dit beteken Vader. – Gal.

4:6’n Kind vra, en ’n vader gee.Watter mens onder julle sal vir sy

seun ’n klip gee as hy brood vra, of’n slang as hy vis vra? As julle watsleg is, danweet omvir julle kindersgoeie dinge te gee, hoeveel temeersal jul Vader wat in die hemel is,goeie gawes gee aan die wat ditvan Hom vra? – Mat.7:9-11.

Om ’n kind tewees betekenegternie net afhanklikheid van die Vader,en versorging deur die Vader nie,maar ook gehoorsaamheid aan dieVader. As gehoorsame kindersmoet julle nie jul lewe inrig volgensdie begeertes wat julle vroeër ge-had het toe julle God nie geken hetnie. Nee, soos Hy wat julle geroephet, heilig is, moet julle ook in jul he-le lewenswandel heilig wees. –1 Pet.1:14,15.

Om die kind van ’n goeie pa tewees beteken ook tugtiging wan-neer daar ongehoorsaamheid is.Verdra die tug as opvoeding,

want God behandel julle as sy kin-ders. Is daar miskien ’n kind wat niedeur sy vader getugtig word nie?Hy tug ons tot ons beswil sodat onsin sy heiligheid mag deel. –Heb.12:7-11.’n Liefdevolle vader het ’n hart vir

sy kind se beperkings en swakhe-de. Hy ken sy kind en weet wat vansy kind verwag kan word.Soos ’n vader homoor sy kinders

ontferm, so ontferm die Here homoor dié wat hom dien. Hy weetwaarvan ons gemaak is, Hy hou ditin gedagte dat ons stof is. –Ps. 103:13,14.– www.kragvirvandag.co.za

Sy liefde het nie grenseGeesgenoot

deur

Lynda Greyling

VEILINGS

Page 5: Malutima 20140813

MALUTI, WOENSDAG 13 AUGUSTUS 2014 5

Page 6: Malutima 20140813

6 MALUTI, WOENSDAG 13 AUGUSTUS 2014

LIZELLE TULLEKEN is die FrontierInn & Casino se bemarkingsbe-stuurder. Dit was Saterdag Vroue-dag en Lynda Greyling van Malutihet ’n paar vrae aan Lizelle gevra.

Hoe lank werk jy al by dieFrontier Inn & Casino?

Ek is net so ’n bietjie meer as ’njaar hier.

Het jy enige vorige ondervindingin bemarkingsbestuur, want jy isnog jonk om so ’n pos tebeklee?

Ek het my graad in bemarking entoerismebestuur aan die Noordwes-universiteit behaal, waarna ek bydie Umfolozi Hotel, Casino &Convention Resort in Empangenigewerk het. Soos die Frontier Inn &Casino is die hotel ook deel vandie Peermontgroep.

Het jy maklik aangepas?Ja, die mense op die platteland

is anders. Dit is ’n Afrikaansegemeenskap. Die mense isvriendelik en gesellig.

Hoe het sake die afgelope tydverander?

Die Peermontgroep het ’n nuwestelsel gekry sodat mense eenkaart kry om in al die casino’s vandie groep te speel. Dit het my werkin ’n mate makliker gemaak, wantek oorreed nou kliënte in die stedemakliker om vir ’n naweek Bethle-hem toe te kom. Heelwat mense

het al van die aanbod gebruikgemaak en kan nie uitgepraat raakoor die dorp se gasvryheid nie.

Wat geniet jy die meeste van jouwerk?

Ek het al soveel mense leer ken.Daar is gereelde kliënte en dit isaltyd lekker om hul gesigsuitdruk-kings dop te hou. Ek geniet dit omopgewondenheid te skep. Onsgaan nou reeds, soos vorige jare,’n motor as prys weggee. Diekompetisie eindig November. Dielekkerste is om die wenner van diemotor se gesig dop te hou.

En die beste dag by die werk?Beslis Saterdae, want dan is

daar baie mense en heers ’natmosfeer van opwinding.

Jy is nog nie lank getroud nie. Isjou man nie ontevrede dat jynaweke werk nie?

Ek werk darem nie elke naweeknie. Ek is darem in die week af endan bederf ek Rudi graag.

Jy kom van die son, see en hitteaf. Was dit moeilik om aan diekoue toestande gewoond teraak?

Ons het nogal maklik aangepas.Ons hou baie daarvan om diestreek te verken. Ons was noureeds Fouriesburg toe. Ons was al’n paar keer Clarens toe en hetselfs in Lesotho gaan ski.

Is bemarking ’n moeilike beroep?Nie vir my nie. Ek is nog elke

dag opgewonde om te beplan watek volgende wil doen. Ons gaanselfs ’n aftelling tot Kersfees houmet pryse wat daagliks gewen kanword.

Ons het reeds Saterdag ’nVroudagete gehad en beplan omvolgende maand ’n potjiekoskompe-tisie aan te bied.

Dan volg die jaarlikse gholfdag inOktober. Ek beplan om in same-werking met een van die super-markte ’n kompetisie aan te biedwaar die wenner ’n minuut tydgaan hê om soveel kruidenierswaremoontlik in sy of haar mandjie telaai.

Die wenners van die tweede enderde plek kry elk 30 sekondes omdieselfde te doen.

Opwinding deel van beroep

LIZELLE TULLEKEN

Vier Vrouedag saamDIEFrontier Inn&Casino het Vrouedaggevier. Lizelle Tulleken, bemar­kingsbestuurder, het ’n paar kliënte genooi ommiddagete in dieCoach­mans Saloon te nuttig en boonop vir elkeen gratis punte gegee omhul geluk ná die ete te gaan beproef. Van die vroue wat die ete byge­woon het, is van links, voor: Masello Khabane en Masoko Moll; agter:Makgale Mathibeli, Thumi Khiba (Frontier Inn & Casino) en MapotsoZwane.

VAN die vroue wat die Vrouedagete in die Frontier Inn & Casino byge­woon het, is van links, voor: Elsa van der Merwe en Lisa Schlebusch;agter: Lizelle Tulleken (bemarkingsbestuurder: Frontier Inn & Casino)en Tumi Khiba (Frontier Inn & Casino).

Page 7: Malutima 20140813

MALUTI, WOENSDAG 13 AUGUSTUS 2014 7

•Vehicles • Bakkies • SUVs •MPVs • NonRunner •

VIEWING: 18 August from 8:00 - 16:30 GPS: S29°06.767’E026°16.567’ Herbert: 078 099 0635

Visitwww.aucor.com:

BANK REPOSSESSIONVEHICLE AUCTION

Conditions: Each buyer has to register to bid. FICA - PROOF OF ADDRESS & ID. Registration deposit of R10 000 per bank or bank guaranteed cheque, debit or credit card or EFT. No Cash! Dulyinstructed, Aucor will supplement and sell by public auction. SUBJECTTO CHANGEWITHOUT PRIOR NOTIFICATION. Auctioneer: Paul Portellas

Date: Tuesday, 19 August 2014 @ 10h30 • Venue: 1 Kruger Avenue, Estoire, Bfn

FORTERMS, CONDITIONS, FULLUPDATED LISTING&PHOTOS

IFYOUDON’THAVETHETIME BID ONLINE www.aucorlive.com Onlinebiddingfor thisauctionpoweredby:

STADIG maar seker word Chris-tenburg opgeknap.Anita Schoeman van Solidariteit

Helpende Hand se Bethlehem-taksê die instansie het vroeër van-jaar met ’n doen goed-projekbegin om die kamers en geboueop te knap.Die eetsaal word nou vir die

inwoners in ’n biblioteek omge-skep. Die mure is geverf en ’nmat wat geskenk is, sal dievolgende week of twee gelêword.Borge is nodig sodat boekrakke

aangebring kan word om diebiblioteek te voltooi. Heelwatboeke is al ontvang, maar diekinderboeke is nog te min.Schoeman sê ’n paar kamers is

al geverf en dele van die gebouese dakke is groen geverf.Die meeste van die kamers en

huise het nie plafonne nie endaarom is die kamers in diewinter baie koud.Skenkings van RhinoBoard sal

gewaardeer word.Schoeman sê dit is wonderlik

om te sien hoe die mense wie se

blyplek reeds geverf is se mens-waardigheid ’n hupstoot kry.Die reëls wat vroeër ingestel is,

word gevolg.Een van die reëls is inwoners

mag net ’n sekere aantal hondeen katte aanhou. Erwe moetomhein wees om die diere binnete hou. Die inwoners het egternie geld om ordentlike heiningsop te rig nie. Dit wat daar is, isreeds stukkend.“Dit sal wonderlik wees as

iemand dalk draad hiervoor kanskenk.”

Christenburg kry biblioteek

’n BIBLIOTEEK word in Christenburg ingerig.

GEKLASSIFISEERDBOUWERK &

KONSTRUKSIE

1801

Ons doen alle herstel-werk en instandhoudingaan geboue, huise en

voertuie.Gratis kwotasie.

Pierre 082 868 9442.

ALLERLEI

1845

SANDSTONE: Blocks,bricks, cladding,rivens, tiles, etc.Tel. 058 303 4840.

12 Archbell Street, BHM.

TE HUUR

3205

Meenthuis: 2-slk, Vivaldi,R4 600 p.m. Janrihof,R4 500 p.m. Tuner Terrace,R4 500 p.m.Woonstelle:2-slk, BHM Hof en Harona,1-slk Couvaras.Tom DobieEiend 078 893 7771/083 627 8357.

KANTORE

3290

SHOP TO LET: 120 sq m,near long-distance taxirank. R4 000 p.m. plus keydeposit R4 000.Yolanda 083 634 7158/Maretha 082 779 1694.

MEENTHUISE

TE HUUR

3325

Meenthuis te huur inEureka.R4 000 p.m.2 slaapkamers, 1 badka-mer, motorafdak.082 773 8712.

BETREKKINGS

3600

BETREKKINGS

GESOEK

3670

Bongiwe is op soek nawerk as huishulp of asalgemene skoonmaker,gastehuis.Skakel 078 465 3194.

Gracia is op na werk ashuishulp, of algemene kan-toor skoonmaker. Maan-dae-Vrydae. Skakel 076668 6667/083 499 2701.

VEIL INGS

Page 8: Malutima 20140813

SportSportKoerant met hart The paper with heartI

DIE Hoërskool Voortrekker beleef’n uitstekende rugbyseisoen. Aldie spanne het Saterdag diehalfeindronde gehaal wat inWelkom in die Griffons-stadiongespeel is. Vier van die moontlikevyf spanne het na die eindrondedeurgedring.Die afgelope aantal jare al het

Voortrekker die meeste spanne inverskillende eindrondes. Anderspanne van Voortrekker, dieo.14B-, o.16B-, derde en dievierde span, het reeds hulonderskeie ligas gewen.Die tellings van Voortrekker se

wedstryde in die halfeindronde is:Die eerste span wen met 44-12teen die Rooiskool; die tweedespan wen met 29-12 teen Gimna-sium; o.16A wen met 26-12 teendie Rooiskool; o.14A wen met29-10 teen Witteberg en o.15Averloor met 15-28 teen Witteberg.

Skool blinkuit in rugby

ALTESAAM 21 spanne het Saterdagaan die sewende Spartan-Spar-rol-baldag by die Bethlehem-buiteklubdeelgeneem.Van die spanne het op die

Bethlehem-rolbalklub se baangespeel. Linda Furi en haar span,Helena en Borrie Borman, vanFicksburg was die wenners enBoytjie Petit van Bethlehem en syspan, Amanda en Andus Bester, dienaaswenners. Nog ’n span vanFicksburg, dié van Danie en SaraBarnard en Paul van der Ruit, wasderde.

Ficksburg-span rol raak op dag

LINDA FURI (tweede van links) van dieFicksburg­rolbalklub en haar span hetdie sewende Spartan­Spar­rolbaldagby dieBethlehem­buiteklub gewen. Vanlinks is Michael Macklin (president), Fu­ri enHelena enBorrie Borman. Nog fo­to’s by www.malutinews.co.za.

SENSEI BRYANDUCAS (regs) vanVereeniging en tegniese direkteur van Toshokan­ka­rate, het ’n kursus in Bethlehem vir die lede van die Tenshinkan­karateklub aangebied.Ducas, wat nege jaar lid van die Proteaspan was, het die karatekas baie oor kata enkumite geleer. Hier by Ducas is Rickus Weihmann. Foto: Kosie Weihmann

SENSEI BENJAMIN PRINSLOO, sensei Gerhard Wachter, sensei Bryan Dukas en sensei Rolf Wachterop die kursus wat vir die Bethlehemse Tenshinkanlede in die Metropolitan­sentrum aangebied is.

Slyp hul vaardighede