8
TEL: 058 - 303 5411 WOENSDAG 10 SEPTEMBER 2014 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE Koerant met hart The paper with heart I Lynda Greyling BY die Caritas-kollege hang die skoolvlag halfstok en op ’n gedenkmuur pryk foto’s van Markus de Klerk (7) wat ’n gr. 1-leerling aan die skool was. Dit is ’n hartseertyd vir perso- neellede en leerlinge aan die kollege, want Markus is in ’n fratsongeluk oorlede. Een van die klaskamermure is in ’n gedenkmuur omgeskep waarop leerlinge boodskappe aan Markus kon skryf. Kobus Basson, skoolhoof, sê hy het Donderdagmiddag laat aan die skoolnuusbrief gewerk toe hy die tyding van Markus se dood ontvang het. “Ek kon dit nie glo nie. Ons het nog die oggend die o.9-hokkie- span se oorwinning teen Harri- ston gevier. Die spanne het albei hul wedstryde gewen. Een van die personeellede het nog foto’s van Markus geneem waarop hy sy skoolklere agterstevoor om aangetrek het. Dié foto’s pryk nou saam met al die boodskappe aan die gedenkmuur. “Vrydag, ’n dag ná Markus se dood, was ’n moeilike dag vir die leerlinge en onderwysers.” Volgens Basson het Markus en sy ouer boetie, Danny, in ’n gat by hul huis wat vir ’n swem- bad gegrawe is, gespeel toe bourommel die een kant van die swembad op Markus laat intuimel het. Bouers wat op ’n buurerf gewerk het, het gehelp om hom uit te kry. Hy is met sy koms by die hospitaal weens veelvuldige kopbeserings dood verklaar. Basson sê die ongeluk is moeilik vir Markus se ouers en gesin om te verwerk en hulle sien nie kans om met Maluti te praat nie. “Hulle is toegewyde Christen- ouers en dit is vir hulle moeilik, maar omdat hulle weet Markus is by Jesus, gee dit hulle vrede,” sê Basson. Basson het Markus as ’n ware kind van Jesus, ’n ywerige hokkiespeler, uitstekende sport- man en leerling beskryf. “Hy was ’n klein go-getter, klein van postuur met die hart van ’n leeu. “Naasbeste was nie vir hom goed genoeg nie. Hy het alles met oorgawe gedoen. Hy was ’n kind op wie enige ouer en skool trots kon wees. “Markus se dood is ’n groot verlies vir sy ouers, klasmaats, juffrou, die skool en die gemeen- skap,” sê Basson. Sy juffrou, Muriel Barnard, praat met lof van hom. Basson wil graag die gemeen- skap, vriende en familielede van die De Klerk-gesin vir hul ondersteuning bedank. Markus se gedenkdiens is gisteroggend in die Bethlehem- Christensentrum gehou. Markus word deur sy ouers, Paul en Reneé, broers, Danny en Michael, en grootouers, Dirk en Euginé de Villiers van Bethle- hem en Vasie en Marina de Klerk van Klerksdorp, oorleef. Muur huldig jong lewe Skrander leerling (7) ná fratsongeluk ter ruste gelê ’n GEDENKMUUR met foto’s en boodskappe vir Markus de Klerk (7) wat Donderdagmiddag oorlede is, is by die Caritas-kollege aangebring. Inlas: Wyle Markus de Klerk (7). ‘Hy het alles met oorgawe gedoen. Hy was ’n kind op wie enige ouer en skool trots kon wees.’ – Kobus Basson, skoolhoof van die Caritas-kollege

Malutima 20140910

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Malutima 20140910

Citation preview

Page 1: Malutima 20140910

TEL: 058 ­ 303 5411 WOENSDAG 10 SEPTEMBER 2014 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE

Koerant met hart The paper with heartI

Lynda Greyling

BY die Caritas­kollege hang dieskoolvlag halfstok en op ’ngedenkmuur pryk foto’s vanMarkus de Klerk (7) wat ’ngr. 1­leerling aan die skool was.Dit is ’n hartseertyd vir perso­

neellede en leerlinge aan diekollege, want Markus is in ’nfratsongeluk oorlede.Een van die klaskamermure is

in ’n gedenkmuur omgeskepwaarop leerlinge boodskappe aanMarkus kon skryf.Kobus Basson, skoolhoof, sê

hy het Donderdagmiddag laat aandie skoolnuusbrief gewerk toe hydie tyding van Markus se doodontvang het.“Ek kon dit nie glo nie. Ons het

nog die oggend die o.9­hokkie­span se oorwinning teen Harri­ston gevier. Die spanne het albeihul wedstryde gewen. Een vandie personeellede het nog foto’svan Markus geneem waarop hysy skoolklere agterstevoor omaangetrek het.Dié foto’s pryk nou saam met

al die boodskappe aan diegedenkmuur.“Vrydag, ’n dag ná Markus se

dood, was ’n moeilike dag vir dieleerlinge en onderwysers.”Volgens Basson het Markus

en sy ouer boetie, Danny, in ’ngat by hul huis wat vir ’n swem­bad gegrawe is, gespeel toebourommel die een kant van dieswembad op Markus laat intuimelhet.Bouers wat op ’n buurerf

gewerk het, het gehelp om homuit te kry.Hy is met sy koms by die

hospitaal weens veelvuldigekopbeserings dood verklaar.Basson sê die ongeluk is

moeilik vir Markus se ouers engesin om te verwerk en hulle siennie kans om met Maluti te praatnie.“Hulle is toegewyde Christen­

ouers en dit is vir hulle moeilik,maar omdat hulle weet Markus isby Jesus, gee dit hulle vrede,” sêBasson.Basson het Markus as ’n ware

kind van Jesus, ’n ywerigehokkiespeler, uitstekende sport­

man en leerling beskryf.“Hy was ’n klein go­getter, klein

van postuur met die hart van ’nleeu.“Naasbeste was nie vir hom

goed genoeg nie. Hy het allesmet oorgawe gedoen. Hy was ’n

kind op wie enige ouer en skooltrots kon wees.“Markus se dood is ’n groot

verlies vir sy ouers, klasmaats,juffrou, die skool en die gemeen­skap,” sê Basson.Sy juffrou, Muriel Barnard,

praat met lof van hom.Basson wil graag die gemeen­

skap, vriende en familielede vandie De Klerk­gesin vir hulondersteuning bedank.Markus se gedenkdiens is

gisteroggend in die Bethlehem­

Christensentrum gehou.Markus word deur sy ouers,

Paul en Reneé, broers, Dannyen Michael, en grootouers, Dirken Euginé de Villiers van Bethle­hem en Vasie en Marina de Klerkvan Klerksdorp, oorleef.

Muur huldig jong leweSkrander leerling (7) ná fratsongeluk ter ruste gelê

’n GEDENKMUUR met foto’s en boodskappe vir Markus de Klerk (7) wat Donderdagmiddag oorlede is, is by die Caritas-kollege aangebring.Inlas: Wyle Markus de Klerk (7).

‘Hy het alles met oorgawe gedoen. Hy was ’n kind op wie enige ouer en skool trots kon wees.’– Kobus Basson, skoolhoof van die Caritas-kollege

Page 2: Malutima 20140910

2 MALUTI, WOENSDAG 10 SEPTEMBER 2014

•Vehicles • Bakkies • SUVs •MPVs • Non Runners • Trucks •Trailers •• ‘08 KomatsuD375Dozer • ‘08Tautliner Link •Mechanical Horses • Tractor •

Visitwww.aucor.com:

REPO VEHICLE, TRUCK &CONSTRUCTION AUCTION

Conditions: Eachbuyer has to register to bid. FICA -PROOFOFADDRESS& ID. Deposit ofR10000per bank guaranteed cheque, debit or credit card or EFT. NoCash! Dulyinstructed, Aucorwill supplement and sell by public auction. Aucormaybid onbehalf of the seller. WesBank, a division of FirstRand Bank Ltd. An authorised financial services andcredit provider. NCRCP20. Finance subject to approval. Terms andConditions apply.SUBJECTTOCHANGEWITHOUTPRIORNOTIFICATION. Auctioneer: JacquesvdLinde

FOR FULLUPDATED LISTING&PHOTOS TERMS, CONDITIONS

IFYOUDON’THAVETHETIMEBIDONLINE www.aucorlive.com Online bidding for thisauction poweredby:

VIEWING: 15 September from 8:00 - 16:30 GPS: S 29°06.767’ E 026°16.567’ Jakoef: 083 780 0055Forfinance contact:

Celeste -0823745078

Date: Tuesday, 16 September 2014 @ 10h30 • Venue: 1 Kruger Avenue, Estoire, Bloemfontein

• Office Furniture & Equipment • Assorted Scanners • Hardware •• Computers & Printers • Household Furniture & Office Appliances •

VIEWING: 17 Sept. (8:00 - 15:30)

Visitwww.aucor.com:

GOVERNMENT AUCTION

Conditions: Each buyer has to register to bid. FICA - PROOF OF ADDRESS & ID. Registration deposit of R5000 per bank or bank guaranteed cheque,debit or credit card or EFT. No Cash! Duly instructed by the Department of Home Affairs, Aucor will supplement and sell by public auction. TERMS &

CONDITIONS APPLY. SUBJECTTO CHANGEWITHOUT PRIOR NOTIFICATION. Auctioneer: Jacques van der Linde

FORTERMS, CONDITIONS, FULL UPDATED LISTING& PHOTOS

• •GPS: S29° 6.1864’, E026° 16.4273’ Morné: 083 634 6476

Date: Thursday, 18 Sep.@ 10h30 • Venue: 1 Kruger Avenue, BFN

MALUTI het op bl. 3 van die uitgawevan 3 September berig dat dievoorsitter van die Golden Gateway­hospice, eerw. Brian de Villiers, dieeinde van die jaar Kaap toe verhuis.Hy verhuis middel volgende jaar eers.

Maluti vra om verskoning vir diefout.

RegstellingMET ’n begroting van R15 000per maand vir die basiesedienste wat so ’n verenigingmoet lewer, kan die Bethlehem­dierebeskermingsvereniging(DBV) nie meer bestaan nie.Dié tak van die DBV wat die

hele Oos­Vrystaat bedien, is ’nnie­winsgewende instansie watgeheel en al op skenkingsstaatmaak.Kobus van der Wath, hokbe­

stuurder, sê onder meer wordR3 000 per maand vir brandstofbegroot, R2 500 vir veeartskos­te en R7 600 vir die drie

personeellede se salarisse.Daagliks word tussen 20 en

30 oproepe ontvang omrondloperhonde aan te meldwat gehaal moet word. Daar isegter nie geld vir brandstof nieen die werk kan nie gedoenword nie.Volgens Van der Wath is

hulle bevoorreg dat hulle kosvir die diere ontvang het, maarhulle het nie geld om huloorhoofse koste te dek nie.Indien die DBV nie gou

geldelik hulp ontvang nie, saldit onafwendbaar moet sluit.

DBV kwaai in die knyp

Wanda vanNiekerk

TRIENNGGG . . .triennggg.“Max du Preez.”“Uh (ek was effe

flabbergasted – enek flabbergast niemaklik nie), goeie­môre, mnr. Du Preez, dit is Wanda vanNiekerk van Bethlehem.“Ek bel namens die Pathways­skool (en

ek vertel die hele storie). Ons beplan ’nsake­ete ten bate van Pathways en ons wilweet of u dalk vir ons as gasspreker kanoptree – en indien wel, wat dit sal kos.”“Wanda (jip, hy het sowaar my naam van

die hallo af onthou), daar is nie ’n manierdat julle my kan bekostig nie. Ek sal maargratis met julle kom praat,” kom die ant­woord.“Uh, baie dankie, gratis sal beslis vir ons

werk.”“Die probleem is ek is ’n vryskutjoernalis

en moet beskikbaar wees wanneer daarwerk is. Ek kan dus nie lank voor die tyd ’ndatum vasmaak nie, maar ek sal twee wekevoor die tyd vir ’n datum kan commit (ditwas nie sy presiese woorde nie, maar dit iswaarop dit neergekom het).“Hoeveel tyd het jy nodig om die geleent­

heid te reël (dít was sy presiese woorde)?”“Met Max du Preez as spreker en dit

gratis daarby, sal ek dit binne twee wekekan reël. Baie dankie.”“Goed, dan reël ons verder per e­pos.”Dít, liewe Oos­Vrystaters, is hoekom ons

’n sake­ete met Max du Preez vir ’n datumiewers in die laaste twee weke van Oktoberreël. In die Oos­Vrystaat, en ten bate vanPathways, kan ’n mens ’n groot geleentheidsonder ’n datum reël. Baie dankie byvoor­baat vir jul ondersteuning.

Max kom opsake-ete praat

NIKITA VENTER se omstan­dighede stem dalk nie metdié van haar klasmaatsooreen nie, maar talent hetsy beslis.Nikita, ’n gr. 6­leerling

aan die LaerskoolJordania, is een vanChristenburg seinwoners.Anita Schoeman

van Bethle­hem seHelpendeHand­tak sêhulle het ’nruk geledegesien Nikitais baiekunstig enhet besluitom haarkunslesseby LynetteSchuld telaat neem.Nikita se

toewyding ismet tweeeerbewyse opdie Bethlehem­kunswedstrydbeloon.Een van die

temas was diebewaring vandie Golden Gate­Hoog­land­ Nasionale Park seskoenlappers en haar

skoenlapperkunswerk hetaan haar ’n A++­simboolbesorg.

Nikita spreitalentvlerke

NIKITA VENTER hou hier haar kunswerkvan skoenlappers vas waarvoor sy ’nA++-simbool op die Bethlehem-kuns-wedstryd behaal het.

Vir meer foto’s en nuus gaan na

www.malutinews.co.za

NIKITA VENTER se omstan­dighede stem dalk nie metdié van haar klasmaatsooreen nie, maar talent het

Nikita, ’n gr. 6­leerlingaan die LaerskoolJordania, is een vanChristenburg se

Anita Schoeman

eerbewyse opdie Bethlehem­

Page 3: Malutima 20140910

MALUTI, WOENSDAG 10 SEPTEMBER 2014 3

KOS word op ’n gasstoof in’n klein kombuisie voorberei,waarna die etes onder ’nafdak op ’n mankolieke tafelopgeskep word.Danksy skenkings word die

kombuis in Christenburg nouvergroot sodat daar binnekortmet gemak kos voorbereikan word.Jan Badenhorst van die

Helpende Hand Bethlehem­tak sê die Helpende Hand­kombuis verskaf nou 45 etesaan mense wat deur sken­kings uit die Bethlehem­ge­meenskap moontlik gemaakword. “Inwoners koop dieetes teen ’n klein bedrag enop die manier word gehelp

met die betaling van gas enelektrisiteit wat gebruik wordom die kos mee voor teberei.”’n Biblioteek word verder

ingerig. Die vertrek is klaargeverf, ’n volvloermat is gelêen gordyne is opgehang.Nou moet die boekrakke noggemaak en aangebring word.Baie van die blyplekke

word nou reggemaak en 16daarvan is al deur inwonersgeverf. Om eenvormigheid teverkry sodat dit netjiesvertoon, word dieselfde kleurverf vir al die blyplekkegebruik.Die projek vorm deel van

’n werkskeppingsprogram.

Christenburg gehelp

SÓ lyk dit nou by Christenburg se kombuis waarin 45 etesdaagliks voorberei word.

’n KLEUTER kom stadig,tree vir tree, die gang indie skool afgestap.Sy loop met ’n loop­

raam met ’n versorger byhaar om toe te sien datsy nie val en seerkry nie.Sy het ’n goue sterretjie

op haar voorkop, want totonlangs toe kon sy nogglad nie ’n loopraamgebruik nie. Nou wys diesterretjie sy het ditreggekry.Die kleuter is een van

26 kinders en jongvolwassenes in Pathwaysin Bethlehem, ’n stimule­ringsentrum vir diegenemet erge gestremdhede.Sedert sy ontstaan

sewe jaar gelede wordBethlehem Pathways in ’ngebou by die Maluti­Hoog­landskool gehuisves.Met die rolstoele en

toerusting wat gebruikword, was die gebou goute klein en is daar met ’ninsamelingsveldtog virbouwerk begin.Danksy al die skenkings

wat deur die projekontvang is, het Pathwaysnou ’n gebou in Pres.

Burgerstraat, nabyPretoriuskloof, bekom.Alda’s Interiors hetvoorheen in die gebousake gedoen.Daar word nou ernstig

gebreek en gebou.Volgens die hoof, Liesl

Reyneke, sal die skool uittien klaskamers bestaan.

Daar sal nou die eerstekeer ’n ontvangslokaalwees, asook ’n kantoor virdie hoof, ’n administratie­we afdeling en ’n terapie­kamer.Daar sal ook ’n kantoor,

personeelkamer en ’nkombuis wees. Spesialeseuns­ en meisiebadka­

mers word ingerig, asook’n afsonderlike rolstoel­vriendelike badkamer.Daar is ook genoeg

plek om ’n speelterrein inte rig.Reyneke sê Pathways

Bethlehem beplan om inJanuarie in die nuwegebou te wees.

Pathways kry ’n nuwe tuiste

SÓ lykdie planvir dieveran-deringsaan ’nbe-staandegebouwat virPath-ways seskool-gebouomskepword.

HIER word gebreek en gebou vir Pathways se nuwe skool.

Page 4: Malutima 20140910

4 MALUTI, WOENSDAG 10 SEPTEMBER 2014

Page 5: Malutima 20140910

MALUTI, WOENSDAG 10 SEPTEMBER 2014 5

SEDERT die Metropolitan­sentrum, Malutien Magic Photography se jaarlikse baba­kompetisie verlede week begin het, is reeds’n hele klompie inskrywings ontvang.Daar is vanjaar groot pryse op die spel.

Bring nou jou mooi kleinding van nulmaande tot vier jaar om hom of haar in teskryf. Foto’s sal voor Baby Place in dieMetropolitan­sentrum geneem word. BelMagic Photography by 082­210­3960 ofEsta Visser, sentrumbestuurder, by 058­303­8162 vir meer inligting.

Foto’s stroom in

CAITLIN, dogter vanCatherine en Wil-liam Kilian, neemaan die kategorietwee tot drie jaardeel.Foto: Magic Photography

WILLIAM, seun vanCatherine en Wil-liam Kilian, neemaan die kategorieses tot 12 maandedeel.

ABUBA-KAR,seunvan Sali-ha en Im-ranShaikn,neemaan diekatego-rie eentot tweejaardeel.

ZAHRA, dogter van Saliha en Imran Shaikn,neem aan die kategorie nul tot ses maandedeel.

DIE gr. O-leerlinge aan die Laerskool Jorda-nia het onlangs Callie en Santie Venter seplaas, Palestina, naby Daniëlsrus besoek.Hier staan Luan van Wyk by van die troppeskape op die plaas.

NIENKE,dogter vanCallie enSantie Ven-ter, ’ngr. O-leer-ling aan dieLaerskoolJordania,staan hierby dieplaashekmet diekleuters sebesoekaan hulplaas.

Leer skape beter kenSeetermsandconditionsatwww.picknpay.co.za/brandmatchSe

Weshop around, so youdon’t have to.STEP1: Eachweek,wecheck thepricesofone thousandbrandedproductsagainstother supermarkets.Evenwhen they’reonspecial.

STEP2:Wecompare the total costof theprice-checkedproducts inyourbasketagainst thoseother supermarketstosee if theywouldhavecost less.

STEP3: If the total costof thoseprice-checkedproductswouldhavebeen lessat the timeof theprice check,we’ll instantlygiveyouacash-off coupon* for thedifference touseonyournextshop. *MaxvalueR50.

HOWITWORKS:

1188930_390x198

Certain promotional stocks are limited. Information correct at time of print. Prices inclusive of VAT, where applicable. smart shopper terms and conditions apply. E&OE.

Fresh QualityFresh Veg

R79Bulk Lamb ForequarterPack Consists of: LambBraai Chops and StewCutsPer kg

Selected products on this page have been styled for photography

CutsPer kg

R74Bulk Braai Pack Consists of:Tenderised Steak, Lamb BraaiChops andOukraalWors Per kg

R37Rainbow Frozen Chicken4Drums and 4 Thighs 1.5 kg

R30PnPWashedPotatoes2kgandOnions2kg

R10 PnPMini ItalianTomatoes250g

2990PnPCanolaLarge Eggs18s

1590

All GoldTomato Sauce700ml

3490

Flora Fat SpreadAssorted 1kg TubEach

2990

NestléMilo orDuo Cereal480g/500gEach

1490

Doom InsecticideAssorted 300mlEach

R30PnP FreshWholeChickenPer kg

SAVE 9.95

3690

SunlightAutoWashing Powder2kgor Liquid Detergent1.5 Litre Each

SAVE R242290

PnPWhite Sugar2.5kg

SAVE R4

1990

TasticParboiledRice 2kg

SAVE 4.90

BUYBOTHFOR

+

FRESH

PRICES VALID 9- 14 SEPTEMBER 2014 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETSIn Free State, North West, Upington, Kimberley, Kuruman and Vryburg. Excluding Botswana, Namibia, Swaziland, Lesotho and Express stores.smart shopper points will still apply in Express stores. www.picknpay.co.za. CustomerCare0800112288.Toll free landlineonly.Cellphoneratesapply.Shop instoreoronlineatwww.pnp.co.za/shop

SambaOpen16September2014

Page 6: Malutima 20140910

6 MALUTI, WOENSDAG 10 SEPTEMBER 2014

DIE Sonskyn­ en Goggabie­volkspelelaersen die Sonbesies­volksanggroep hetverlede naweek ’n saamtrek gehou.Volkspelers van 14 dorpe en stede het

Saterdag van 09:00 tot ná 21:00 volkspelegedoen.Vanjaar is dit die 100­jarige feesviering

van die Nasionale Volkspelebeweging.Daarom is besluit om die gebruiklikeVasbyt 127+ en die laers se saamtrek opeen dag te hou.Dit was ook die sewende verjaardag van

die Sonskynlaer.Nie net volkspele is gedoen nie. Tussen­

deur is lekker geëet en gekuier.Die klavierbegeleiding is deur Bessie

Oosthuysen behartig. Hesmari Cillie hethaar met ’n hele aantal liedjies op die vioolbygestaan.Die Sonbesies­volksanggroep het die

hele dag meegemaak en al die liedjies ispragtig gesing.Ter wille van die feesjaar het die

spelleier, Karin Grünewald, die mense ’naantal volkspelenommers uit toeka se daelaat doen. Sy het onlangs ’n landwye toermet volksdansers van Vlaandere meege­maak en deur die dag is verskeie Vlaamsedanse gedoen wat groot byval gevind het.Die naweek van 11 en 12 Oktober vind

die groot volkspelefees en nasionalesaamtrek in Bloemfontein plaas.

Laers vier fees op saamtrek

Vir meer foto’s en nuus gaan na www.malutinews.co.za

ALGEMENE &HUISDIENSTE

ALLERLEI

1845

GRANITE & MARBLE:Kitchen tops, vanities, barcounters, etc. Bethlehem.Tel. 058 303 4840/082 807 7456.

BETREKKINGS

3600

HARE/SKOONHEID

3685

GESOEK: Gekwalifiseerdehaarkapster vir nuwe salonin Clarens, Oos-Vrystaat.Moet 1 Oktober 2014 of sospoedig moontlik daarnabegin. Stuur CV aan: [email protected]

SEKRETARIEEL/PA

3745

Gesoek sekretaresse/ontvangsdame. Vereis-tes: Sekretariële kursus enrekenaarvaardig. Stuur CVaan: [email protected]

GESOEK

3601

Benodig die dienste van'n reaksiebeampte metGraad C en rybewys. Posbehels skofte. Faks ver-korte CV na 058 303 4422of e-pos na:[email protected]

REGSKENNISGEWINGS& TENDERS

DORPS-BEPLANNING

4025

AANSOEK OM VERGUN-NINGSGEBRUIK:NG WELSYN, VRYSTAATAansoek om vergunningsge-bruik, Erf 370, Kestell.Kennis geskied hiermeekragtens die bepalings vanKlousule 30 van die Dorp-aanlegskema, dat NG Wel-syn, Vrystaat, van voorne-mens is om by die Stadsraadvan Maluti-a-Phofung aan-soek te doen vir toestem-ming om Erf 370, Cillier-straat 28, Kestell, vir diedoeleindes van 'n JEUG-SORGSENTRUM te gebruik.Nadere besonderhede vandie beoogde gebruik lê gedu-rende kantoorure ter insaeby Walter Sisulu- (Haldon-)weg 16, Bloemfontein, vir 'ntydperk van veertien (14)dae vanaf die eerste ver-skyning van hierdie kennis-gewing op 10 September2014.Behoorlik gemotiveerde be-sware teen die beoogdegebruik moet skriftelik binneveertien (14) dae na dielaaste verskyning van hier-die kennisgewing op 24 Sep-tember 2014 by die appli-kant asook die MunisipaleBestuurder, Privaat sakX805, Witsieshoek 9870. Viraandag: Die Hoofstadsbe-planner ingedien word.Applikant:Besturende DirekteurNG Welsyn: VrystaatPosbus 12552Brandhof9324.

APPLICATION FOR CON-SENT USE: NG SOCIALSERVICES, FREE STATE.Application for consent touse Erf 370, Kestell. Noticeis hereby given in terms ofClause 30 of the Town Plan-ning Scheme, that the DutchReformed Social Services,Free State (Messrs ENGO)intends to apply to the CityCouncil of Maluti-a-Phofungfor consent to utilise Erf370, 28 Cilliers Street,Kestell, for the purpose of aYouth Care Centre.Further particulars of theintended use can be foundduring office hours at 16Walter Sisulu (Haldon)Road, Bloemfontein, for aperiod of fourteen (14) daysafter the first publication ofthis notice on 10 September2014.Properly motivated objec-tions to the intended use,must be made in writing,within fourteen (14) daysafter the last publication ofthis notice on 24 September2014, to both the applicantand the Municipal Manager,Private Bag X805, Witsies-hoek 9870, for attention ofThe Chief Town Planner.Applicant:Managing DirectorNG Social Services: FreeStatePo Box 12552Brandhof9324.

SOEK, KOOP, VERKOOP

Page 7: Malutima 20140910

MALUTI, WOENSDAG 10 SEPTEMBER 2014 7

ELISE OLIVIER­VAN NIEKERK het tien jaargelede haar onderneming, All in one PartyHire, met ’n 120­stuk breekgoed begin.Haar bergplek was toe vier vierkante

meter groot. Sy het een werker gehad wathaar gehelp het. Sommer gou was die ruim­te te klein en het sy ’n vertrek van die koö­perasie gehuur om die toerusting te berg.Twee jaar nadat sy die onderneming

begin het, is haar man, Jaco, oorlede. Syhet besluit om met All in one Party Hirevoort te gaan en het die onderneming nahaar huis verskuif.Vandag is sy dankbaar sy het met die

onderneming voortgegaan.“Dit was my behoud om aan te gaan.

Deur harde werk kon ek my kop skoonhou.”

Met Spreuke as motivering dat as jy hardwerk, jy kos op die tafel sal hê, werk syhard, want sy hou van lekker eet, skerts sy.Bernadette White het haar drie jaar

gelede by haar aangesluit en saam vormdie twee ’n gedugte span.Intussen het die onderneming so uitgebrei

dat sy die bure se huis gekoop en nog ’npakhuis agter in die erf opgerig het. Vandagis daar ’n span van agt werkers wat ’noranje vragmotor gebruik om hul toebehorena geleenthede te vervoer.Olivier­van Niekerk bedank elkeen wat

haar deur dik en dun ondersteun. Sy isdeesdae “geseën met ’n wonderlike man,past. Francois van Niekerk, ses kinders endrie honde”.

Agt ’n gedugte spanELISE OLIVIER-VAN NIEKERK het All in One Party Hire tien jaar gelede begin. Die perso-neellede is van links JeminaMbele, Olivier-van Niekerk, PetrusMotsitsi, BernadetteWhite,Petrus Ramolahloane, Seipati Tsie, Sibongile Mofokeng en Gladys Mofokeng.

’n OUDSAKEMAN van Bethlehem het nouweer ’n onderneming in Bethlehem geopen.Mark van Rensburg het ná ’n afwesigheid

van vier jaar Mark van Rensburg­motors opdie eertydse perseel van Oosthuizen­motorsin Murraystraat geopen.Mark spog met baie jare se ondervinding

in die motorbedryf. Hy het in 1991 by BMWbegin werk waarna hy in 1999 die BMW­handelaarskap Hochland Auto in Bethlehembekom het. Die onderneming het hy negejaar later verkoop en op ’n kontrakgrondslagnog twee jaar daar gewerk.Sedertdien het hy sakebelange in Gau­

teng behartig.Met bekende personeellede wat vroeër vir

hom gewerk het, meen Mark hy het dieregte keuse gedoen om die onderneming teopen. At van Rensburg is die verkoopsmanterwyl Jeanné Spies die administratiewesake behartig.Verskillende fabrikate gebruikte motors

word by Mark van Rensburg­motors ver­koop. Daar word nie op ’n spesifieke fabri­kaat voertuig gefokus nie, eerder op gehal­te. Indien ’n klant ’n spesifieke motor wil hêen hulle het dit nie in die vertoonlokaal nie,sal hulle dit vir die klant in die hande kry.

Oudsakeman terug in Bhm

MARKVANRENSBURGvanMark vanRens-burg-motors in Bethlehem.

PHILIP MLANGENI (links) en Leotleha Mo-sebetsi wat vroeër vir Mark van Rensburggewerk het, is nou weer deur hom by Markvan Rensburg-motors, wat pas geopen het,aangestel.

Page 8: Malutima 20140910

SportSportKoerant met hart The paper with heartI

ALTESAAM 24 hengelaars het eindeAugustus by die Appeldam aan dieBethlehem­hengelaarsvereniging semaandelikse hengelkompetisie deelge­neem.Dit was weer ’n onaangename dag langs

die dam.Die wind was koud en het sterk gewaai

en met die koue front in daardie omgewingwas dit nie die ideale dag om te hengelnie.Altesaam 18 hengelaars het hul nette in

die water gekry.Dit het vasbyt gekos om agt uur in sulke

gure omstandighede langs die dam te bly.Die uitslae is soos volg:Seniors met die getal vis gevang en

gewig per kilogram tussen hakies: EstefanSpyer (vyf, 6,137 kg), Francois Spyer (vier,4,749 kg), Hans Kleynhans (vier, 3,449 kg),Bielie van der Walt (drie, 3,050 kg), Robinvan der Walt (drie, 2,535 kg), Andries vanTonder (twee, 2,163 kg), Christo Kriek(twee, 1,260 kg), Dries Visser (een,1,391 kg), Stoffel Smit (een, 1,258 kg),Thys Booyens (een, 0,487 kg) en RassieVermaak (een, 0,385 kg).

Vroue: Ilonke Lawrence (twee, 2,483 kg),Nanette Jonker (twee, 1,523 kg), Ernestavan der Walt (een, 1,033 kg), MarietjieKleynhans (een, 1,01 kg) en CheriseMostert (een, 0,950 kg)

Juniors: Driesie Uys (ses, 6,563 kg) enJano Karelsen (vyf, 5,231 kg).

Hengelaars byt agtuur in gure weer vas

BIELIE VAN DER WALT

HANS KLEYNHANS

JANO KARELSEN

DIE gholfdag vir die Veroné Weyers-leukemiefonds is Saterdag by die Bethlehem-buiteklubbeslis. Altesaam57spelershet aan ’nbeterbal-Stableforddagdeelgeneem.DiewennerswasAndré Bester (links) enNicoMienie (regs). By hulle is Igne en PieterWeyers, ouers van die leukemielyer Veroné Weyers. Foto: Lynda Greyling

’n PAAR Bethlehemiete het aan dieVrystaatse landloopkampioenskapsbyeen­koms by die Universiteit van Vrystaat (UV)deelgeneem.Jean­Mari Linde het in die afdeling 4 km

vir o.21’s deelgeneem en tweede geëindig.Bongani Nkutha het in die afdeling o.17

oor 6 km 12de geëindig.

Madeleine Pieterse het tweede algeheelin die senior vroueafdeling geëindig eneerste in die kategorie 45 tot 49 jaar.Pieterse is die atlete se afrigter.Die atlete is in die Vrystaatspan ingesluit

wat op 16 September aan die Suid­Afri­kaanse landloopkampioenskapsbyeenkomsin George gaan deelneem.

TweeWittes in VS-landloopspan

TWEE atlete van die Hoërskool Witteberg, Jean-Mari Linde (links) en Bongani Nkutha(regs), is deel van die Vrystaatspan wat aan die Suid-Afrikaanse landloopkampioenskaps-byeenkoms in George gaan deelneem. Moorosi Semase (tweede van regs) het op die Vry-staatse kampioenskapsbyeenkoms ’n 12de plek verower. Van links is Jean-Mari, CoenieVenter (hoof), Madelein Pieterse, Moorosi Semase en Bongani.

Besoek Maluti se Face-book-blad engesels saam oornuus en sportin jou omgewing.