8
TEL: 058 - 303 5411 WOENSDAG 21 JANUARIE 2015 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE Koerant met hart The paper with heart I Lynda Greyling SO hier en daar was daar ’n gr. 1’tjie of ’n mamma wat hartseer op die eerste skooldag van 2015 was. Marietjie Purchase moes ook die trane keer. Dit was nie net omdat haar jongste, Jonathan, begin skoolgaan het aan die Laerskool Truida Kestell nie, maar ook omdat hy koshuis toe moes gaan. Agt maande gelede sou niemand kon dink dat dié seuntjie, wat op 9 Januarie sewe jaar oud geword het, sodanig sou herstel dat hy kon skoolgaan nie. Die Purchase-gesin, pa Andy, Marietjie, Jonathan en sy ouer suster, Shannon, was die betrokke vakansie by Zinkwazi aan die KwaZulu-Natalse Noordkus toe Jonathan uit ’n boom geval en sy kop teen ’n houtpaal gestamp het. Hy is aanvanklik na die hospitaal in Ballito gebring, maar is kort daarna na die Epekweni-hospitaal in Durban oorgeplaas. Sy skedel was gebreek en hy het bloeding op die brein gehad. Drie weke lank kon hy nie praat of loop nie. Andy en Shannon het intussen teruggekeer sodat sy kon skoolgaan terwyl Marietjie by Jonathan gebly het. Ná ’n maand is hy ontslaan en is die gesin terug na hul plaas naby Arlington. Andy en Marietjie is baie tevrede met die vordering wat Jonathan gemaak het. Hy was by die Preprimêre Skool Kindersorg en hulle het gevoel hy is skoolgereed. Jonathan was baie opgewonde om “grootskool” toe te gaan. Tydens die verwelkoming van die gr. 1’s was hy nogal een van drie gr. 1’s om verhoog toe te gaan sodat die ander kinders vir hulle kon sing om hulle met hul verjaardag geluk te wens . Daarby het die hoof, Kobus Pelser, vir hulle elkeen ’n lekker gegee. Die Purchase-egpaar sê Jonathan se ongeluk het hul hele lewe verander. “Ons is baie dankbaar.” Hulle wil ook almal vir hul gebede, ondersteuning en hulp in die tydperk bedank. Jonathan wag nog op ’n inplantaat om sy skedel te heg, maar hy is weer ’n gesonde seun wat nie kon wag om sy kleuterskoolmaats te sien nie. Dié gr. 1’tjie het ysere wil Herstel sodanig ná ongeluk dat hy skool toe kan gaan JONATHAN PURCHASE en sy ma, Marietjie, op sy eerste skooldag aan die Laerskool Truida Kestell. Hy het ’n rukkie gelede ernstige hoofbeserings opgedoen en sodanig herstel dat hy kan skoolgaan. Foto: Lynda Greyling SOLOMONS HOME WAREHOUSE We at Solomons Mica care for your safety. Please ask one of the staff members to assist with safety protocol. Prices include VAT - Cash & Carry No Dealers - Limited Quantities - Errors and/or Omissions Excluded C/o Malan and Riemland Street, Bethlehem Tel. 058 303 4930 Jou Vriendelik alles winkel SOLOMONS HOME WAREHOUSE "Friend” Solomons Mica now on R649,95 Angle Grinder HG910 • Semi Professional • 115mm • 900w • 2 Year Repair Guarantee Roofkote Pure Acrylic Roof Paint 20Lt • UV & Weather Resistant • Mould & Fungus Resistant • Available in assorted colours • 10 Year Guarantee R399,95 X1PMDT49-MA210115 Cor. Malan and Murray Streets, BETHLEHEM Tel. 058 303 2687/058 303 3048 BUY PER BOX and SAVE !! BULK BUYS = BARGAIN PRICES BUY PER BOX and SAVE !! BULK BUYS = BARGAIN PRICES Wholesale prices direct to the public! SPECIALS 5 LT ICE CREAM ICE CREAM CONES (20 PACK) 750 ML COOKING OIL 1,5 DOZEN EGG (LARGE) R44,95 EA R5,95 EA R9,95 EA R17,95 EA X1PMG5KW-MA210115 www.panarottis.co.za X1PMDTAH-MA210115

Malutima 20150121

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Malutima 20150121

Citation preview

Page 1: Malutima 20150121

TEL: 058 ­ 303 5411 WOENSDAG 21 JANUARIE 2015 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE

Koerant met hart The paper with heartI

Lynda Greyling

SO hier en daar was daar ’n gr. 1’tjieof ’n mamma wat hartseer op dieeerste skooldag van 2015 was.Marietjie Purchase moes ook die

trane keer. Dit was nie net omdat haarjongste, Jonathan, begin skoolgaan hetaan die Laerskool Truida Kestell nie,maar ook omdat hy koshuis toe moesgaan.Agt maande gelede sou niemand

kon dink dat dié seuntjie, wat op 9Januarie sewe jaar oud geword het,sodanig sou herstel dat hy konskoolgaan nie.Die Purchase­gesin, pa Andy,

Marietjie, Jonathan en sy ouer suster,Shannon, was die betrokke vakansieby Zinkwazi aan die KwaZulu­NatalseNoordkus toe Jonathan uit ’n boomgeval en sy kop teen ’n houtpaalgestamp het.Hy is aanvanklik na die hospitaal in

Ballito gebring, maar is kort daarna nadie Epekweni­hospitaal in Durbanoorgeplaas.Sy skedel was gebreek en hy het

bloeding op die brein gehad. Drieweke lank kon hy nie praat of loop nie.Andy en Shannon het intussen

teruggekeer sodat sy kon skoolgaanterwyl Marietjie by Jonathan gebly het.Ná ’n maand is hy ontslaan en is

die gesin terug na hul plaas nabyArlington.Andy en Marietjie is baie tevrede

met die vordering wat Jonathangemaak het. Hy was by die PreprimêreSkool Kindersorg en hulle het gevoelhy is skoolgereed.Jonathan was baie opgewonde om

“grootskool” toe te gaan.Tydens die verwelkoming van die

gr. 1’s was hy nogal een van driegr. 1’s om verhoog toe te gaan sodatdie ander kinders vir hulle kon sing omhulle met hul verjaardag geluk te wens.Daarby het die hoof, Kobus Pelser,

vir hulle elkeen ’n lekker gegee.Die Purchase­egpaar sê Jonathan se

ongeluk het hul hele lewe verander.“Ons is baie dankbaar.”Hulle wil ook almal vir hul gebede,

ondersteuning en hulp in die tydperkbedank.Jonathan wag nog op ’n inplantaat

om sy skedel te heg, maar hy is weer’n gesonde seun wat nie kon wag omsy kleuterskoolmaats te sien nie.

Dié gr. 1’tjie het ysere wilHerstel sodanig ná ongeluk dat hy skool toe kan gaan

JONATHAN PURCHASE en sy ma, Marietjie, op sy eerste skooldag aan die Laerskool Truida Kestell. Hy het ’n rukkie gelede ernstigehoofbeserings opgedoen en sodanig herstel dat hy kan skoolgaan. Foto: Lynda Greyling

SOLOMONS

HOME WAREHOUSE

We at Solomons Mica care for your safety. Please ask one of the staff members to assist with safety protocol.

Prices include VAT - Cash & CarryNo Dealers - Limited Quantities -Errors and/or Omissions Excluded

C/o Malan and Riemland Street,Bethlehem Tel. 058 303 4930

Jou Vriendelik alles winkelSOLOMONS

HOME WAREHOUSE

"Friend” Solomons Mica now on

R649,95

Angle GrinderHG910• Semi Professional• 115mm• 900w• 2 Year RepairGuarantee

RoofkotePure AcrylicRoof Paint 20Lt• UV & Weather Resistant• Mould & Fungus Resistant• Available in assorted colours• 10 Year Guarantee

R399,95

X1PMDT49-MA210115

Cor. Malan and Murray Streets, BETHLEHEMTel. 058 303 2687/058 303 3048

BUY PER BOXand SAVE !!BULK BUYS =

BARGAIN PRICES

BUY PER BOXand SAVE !!BULK BUYS =

BARGAIN PRICES

Wholesaleprices directto the public!

SPECIALS5 LT ICE CREAM

ICE CREAM CONES (20 PACK)

750 ML COOKING OIL

1,5 DOZEN EGG (LARGE)

R44,95 EA

R5,95 EA

R9,95 EA

R17,95 EA

X1PMG5KW-MA210115

www.panarottis.co.za

X1PMDTAH-MA210115

Page 2: Malutima 20150121

2 MALUTI, WOENSDAG 21 JANUARIE 2015

www.profreeze.co.za

CURVED GLASS CABINETS

BEVERAGE COOLERS

DELIVERY VEHICLES

WALL CHILLERS

SUMMER SPECIAL OFFERS!

OFFICE: 051 5233510/11CELL 082 413 3369 • FAX 051 523 3509

Plot 4/7 Marjolein Street Kwaggafontein Bloemfontein

FIND US ON

Martin du Preez - [email protected]

WEMANUFACTURE, SUPPLY ANDINSTALL THE FOLLOWING:• Cold and freezer rooms• Mortuary coldrooms• Afri-Safari portable cold, freezerrooms

• Insulated panels for temperaturecontrolled areas, storerooms andlaboratories

• Insulated and refrigerated boxes ondelivery vehicles and trailers

• Ice machines• Refrigerated cabinets forsupermarkets

• Beverage coolers• Polystyrene sheets

Etienne Pienaar - [email protected]

Antionette Swanepoel – [email protected]

Charl Pienaar - Afri-Safari [email protected]

GLASSDOOR COLDROOMS

AFRI SAFARI PORTABLE RANGE

PRO FREEZETM

QUALITY PRODUCTS

ICE MACHINESX1PM6C7U-MA210115

Tobie MyburghAFSLAERS BK

Donderdag, 28 Januarie 2015 om 11:00

X1PM3QU1-KN200115

21 JANUARIE: AfriForum vergader om 17:30in die Park­hotel in Mullerstraat. ’n Nuwevoorsitter moet gekies word, aangesien CyrilAdkins binnekort gaan verhuis.14 Februarie: Die Charlotte Theron­kinder­huis (CTK) bied ’n Valentynsdansparty aanom geld in te samel. Dit kos R100 perpersoon wat ’n spitbraai met bykosse insluit.Rig navrae aan Margaret Bruwer by 058­307­3700 of 083­411­1736. Kaartjies is ook byBruwer beskikbaar.24 Januarie: ’n Ope dag oor boerdery inAmerika word van 12:00 af in die Daniëlsrus­boerevereniging se saal gehou. Rig navraeaan Bronwyn Bonthuys by 082­440­3610 of

stuur e­pos na [email protected] Maart: Die Surrender Hill­marathon beginen eindig by Clarens Xtreme in Clarens. Daaris ’n 42,2 km­wedloop wat ’n kwalifiserendewedloop vir die Comrades­ultramarathon is,asook ’n 21,1 km­, 10 km en ’n pretdraf.Nommers is by Diesel Electric beskikbaar.

DIE 72­jarige Maria Hlubi van Bohlokongkon Vrydag nie haar geluk glo toe sytuingereedskap en saad van die DA ontvanghet nie.Hlubi kweek al die afgelope klompie jare

groente langs haar huis. Sy het nie tuinge­reedskap nie en moes onder meer met ’nbeker die tuin natlei.Die spinasie staan tans geil. Daar is ook

sonneblomme, mielies en tamaties in haartuin. Sy het ook ’n klompie vrugtebome.“Ek werk hard in my tuin en die groente

wat ek nie self gebruik nie, verkoop ek,” hetHlubi gesê.Hlubi glo aan harde werk. Sy is ook ’n lid

van die DA se Vroue­netwerk (DAWN).Patricia Kopane, leier van die DA, het

Bethlehem Vrydag besoek en was teen­woordig toe die tuingereedskap aan Hlubioorhandig is.Hierna het sy en lede van die DA in die

woonbuurt die mense ingelig oor dieverkiesing in wyk 9 wat op 28 Januarieplaasvind.

Ywerige tuinbouer krynodige gereedskap

MARIA HLUBI (links) van Bohlokong saammet Ben Venter, DA-raadslid, en Patricia Kopa-ne, leier van die DA in die Vrystaat, wat Bethlehem Vrydag besoek het. Foto: Lynda Greyling

DIT is ’n nuwe jaar met baie nuwevrolike gesiggies by die Pre­primêreSkool Kindersorg.Dit is boonop nie net kleutergesiggies

nie, maar daar is ook ’n nuwe juffrou watgesig wys vanjaar.

Ronel Beukes was 20 jaar hoof vandie Pre­primêre Skool Wielie Walie inWarden. Sy was daar verantwoordelik virdie gr. R­kinders. Haar man, Lukas, isdie adjunk­hoof by die Laerskool Motshe­puwa.

Skool verwelkom nuwe gesiggies

RONEL BEUKES is ’n nuwe onderwyser by die Pre-primêre Skool Kindersorg. Saammet haar is van links, voor: Kiana vanWyk, JemmaShepherd, Kailyn Liddell, AmoreyOlivier, Sua Janse van Rensburg en Atiyya Cassimyee; tweede ry: Elle Schulz,McKenzie Coetzee, Beukes en Lisa Smit; derde ry (middel): Abigail Ganter en Neien-ke Campher; op die klimraam: Melanie du Plessis, Lebohang Koalane, Miné Joubert,Hanco Pieterse en Simeon Ganter.

WILLIE EN BABYPIETERS van Beth-lehem het Donder-dag hul 60ste huwe-liksherdenking ge-vier. Die egpaar, watin Bethlehem gebo-re engetoë is, sekin-ders, Susanna Smiten haar man, Paul,van Hennenman enWillie en Gerda Pie-tersvanHeilbronhetdie dag saam metdie egpaar by Berg-prag deurgebring.Die egpaar het vierkleinkinders, BiancaenStefanSmit, Izelleen Corrie Pieters.

Foto: Lynda Greyling

Vier sesdekadessaam

Page 3: Malutima 20150121

MALUTI, WOENSDAG 21 JANUARIE 2015 3

X1PL4DW9-MA210115

DIE bestuurder van ’n wit Gholf is steeds in’n kritieke toestand nadat hy en driepassasiers Vrydagoggend vroeg in ’nbotsing teen ’n vragmotor was.Volgens kapt. Hennie Labuschagne,

polisiewoordvoerder, het die Gholf inKerkstraat gery, deur ’n rooi verkeersliggejaag en teen die vragmotor gebots.Isak Wallis het aan Maluti gesê die Gholf

het kort voor die ongeluk teen ’n hoë spoedverby hom gejaag.“Toe ek hier kom, het die ongeluk reeds

plaasgevind.”Die brandweer was gou op die toneel en

noodpersoneel moes die bestuurder uit diewrak, wat onder die vragmotor was, lossny.Hy is deur ER24 na die Dihlabeng­hospi­

taal gebring. Die ander drie passasiers hetligte beserings opgedoen. Die vragmotorbe­stuurder is nie beseer nie.Volgens dr. Liam Selfridge, waarnemende

kliniese hoof, is die erg beseerde manVrydagoggend in die hospitaal opgeneem.Hy is geopereer en word in die intensiewe­sorgeenheid behandel. Sy toestand iskritiek.

Gholf jaag oor rooi ligDIE bestuurder van die gholf is ernstig beseer in die ongeluk wat op die hoek van Kerk-en Cambridgestraat plaasgevind het. Foto: Lynda Greyling

METdie impak van die ongeluk het die vrag-motor ’n boom flenters gery en op die stoepby die SAID-kantoor te lande gekom.

DIE volwasse koor Cantus Choralus onderleiding van Lyle Mahon begin op Donderdag5 Februarie om 17:30 by die NG kerkBethlehem­Noord oefen.Belangstellendes, verkieslik met kooronder­

vinding, word genooi om hulle aan te sluit.Die lees van bladmusiek is nie ’n vereistenie. Stempartye word afsonderlik geoefen.Vir meer inligting bel Alida Steyn by

058­303­3286 of 082­442­9453.

Belangstellendes welkom om hulle aan te sluit

9 Muller Street East

P.O. Box 551BETHLEHEM, 9700Web Site: www.dihlabeng.gov.zaE-mail: [email protected]

Mr Bennett MolotsiMUNICIPAL MANAGER

Notice is hereby given in terms of Rule 58(1)(b) of the StandardRules and Orders, Section 16 of the Municipal Systems Act 32of 2000 and Section 130 of the Municipal Finance ManagementAct, 56 of 2003, that a Council meeting will be held on Friday,30 January 2015 at 10:00 in the New Community Hall,Bohlokong, to consider the 2013/14 Annual Report, Auditor-General Report, Annual Financial Statements and PerformanceManagement Report.

Members of the public, press and all stakeholders are invited toattend the meeting.

For further information please contact the Chief FinancialOfficer, Mr R Provis on 058 303 5732 x 3012.

DIHLABENG LOCAL MUNICIPALITYNOTICE

2013/14 ANNUAL REPORTCOUNCIL MEETING: 30 JANUARY 2015

X1PMFDG1-MA210115

Page 4: Malutima 20150121

4 MALUTI, WOENSDAG 21 JANUARIE 2015

X1PLY2LR-KN200115X1PLYQ18-KN200115

DIE gr. 1-klas van die Laerskool Truida Kestell op hul eerste skooldag, saam met hul juf-frou, Thea Pelser links, agter). By hulle is Anita Schoeman (middel) van Solidariteit: Hel-pende Hand.

DIE gr. 1’s van die Laerskool Jordania op hul eerste skooldag in juffrou Erika Knobel seBytjie-klas.

HONDERDE skooltassies vol skryfbe­hoeftes is weer deur Solidariteit Helpen­de Hand onder behoeftige Afrikaansspre­kende gr. 1’tjies in die Vrystaat versprei.Anita Schoeman en Jan Badenhorst

van Solidariteit Helpende Hand inBethlehem het tassies aan behoeftigegr. 1’s by die Laerskool Jordania, TruidaKestell en Clocolan oorhandig.Sedert die projek in 2007 begin is, het

dié nie­winsgewende gemeenskapsorga­nisasie reeds ongeveer 25 000 tassiesoor die land heen versprei.Vanjaar gaan altesaam 4 750 tassies

na verskeie skole in Suid­Afrika verspreiword.Vanessa Marais, streekorganiseerder in

die Vrystaat, sê Helpende Hand hetbesef die eerste skooldag is bepalend virdie res van ’n kind se skoolloopbaan.“As ons ten minste op die eerste dag

kan verseker dat kinders op ’n gelykevoet met hul klasmaats kan wegspring Zmet ’n skooltas vol van die nodigeskryfbehoeftes Z is dit soveel maklikerom daardie kind aan te moedig om skoolklaar te maak.”Die projek is deur Mariana Kriel, een

van Helpende Hand se eerste streeksor­ganiseerders, gestig.Haar seuntjie was toe in gr.1.Dít was juis toe sy besef hoe groot die

nood vir skryfbehoeftes onder behoeftigekinders is.

Solidariteit helpbehoeftige gr. 1’s

ANITA SCHOEMAN (links) van Solidari-teit Helpende Hand en Kobus Pelser,hoof van die Laerskool Truida Kestell.Schoeman het namens Helpende Handtasse vir minder bevoorregte gr. 1’s aanPelser oorhandig.

JAN BADENORST (links) van SolidariteitHelpendeHandoorhandig skooltasse virminder bevoorregte gr. 1’s aan MarinaBotha (onderwyser) by die LaerskoolJordania.

Slaggereed vir ‘grootskool’

TE KOOP

TUINBOU

1640

50% AFSLAGop plante vanaf R10,00.Flower Fun Kwekery

058 303 8423. Cambrige-straat 58, by silo's.

ALGEMENE &HUISDIENSTE

ALLERLEI

1845

EIENDOMME

HUISE TE HUUR

3270

JORDANIA: 3-slaapka-mer-huis met tuinwoon-stel en swembad te huur.R8 300 p.m. Koopkrag.Vanaf 1 Maart. 072 4043699.

BETREKKINGS

3600

BETREKKINGSGESOEK

3670

Liesbeth is op soek nawerk as huishulp, voltydsof 3-5 dae per week. Ska-kel 082 078 9947.

SKAKELBORD/ONTVANGS

3755

Ontvangsdame virmediese praktyk, salarisvolgens ondervinding.Minimum vereistematriek. Stuur CV na [email protected]

Page 5: Malutima 20150121

MALUTI, WOENSDAG 21 JANUARIE 2015 5

X1PM8CK5-KN200115

Virmeerfoto’sen

nuus

gaanna

www.malutinews.co.za

“Om 'n onderneming te bestuur raak toenemend meer kompleks en dit is juis waarom jy die Lindsay-voorsprong op jou lande benodig.Met soveel faktore buite jou beheer bring Lindsay welkome verligting, deur aan jou ‘n betroubare besproeiingsstelsel te bied wat winste optimaliseer.Werkverrigting en lewensduur is verseker.”

AFRICA

DIE LINDSAY-VOORSPRONG

DIE VOLLEDIGE OPLOSSING VAN POMP TOT SPILPUNT

© 2014 Lindsay. Alle regte voorbehou. Zimmatic,FieldNET, Growsmart, Watertronics en Lakos ishandelsmerke of geregistreerde handelsmerkevan die Lindsay groep van maatskappye.

JOU PLAASLIKE HANDELAAR:Pinetree Manufacturing & Irrigation - Posbus 1408, Estcourt, 3310

Opmeet en ontwerp tot oprigting vanspilpunt besproeiingstelsels.

Skakel Thomas Gremels by 0832319532,e-pos: [email protected]

beskikbaar byOnderdeleElektriese Dienste, Wesselsstraat 40 , Bethlehem.

Skakel Boshoff de Bruin 0798982499

X1PM959R-MA210115

X1PMDTKW-MA210115

Page 6: Malutima 20150121

6 MALUTI, WOENSDAG 21 JANUARIE 2015

Andras FindtOnderdele

Andras FindtOnderdele

Tel. 058 303 4563 - Bethlehem

Ons wens dieRotariërs baie geluk

met jul 60stebestaansjaar.

Baie dankie vir watjulle vir die

gemeenskap beteken.

Ons wens dieRotariërs baie geluk

met jul 60stebestaansjaar.

Baie dankie vir watjulle vir die

gemeenskap beteken.X1PMDLJ5-MA210115

DIE afgelope 60 jaar maak die Bethlehem­Rotaryklub se lede ’n verskil in mense selewe.Daar is loopbaanuitstallings om leerlinge

vir hul toekomsbesluite toe te rus en ’nstudiefonds vir ’n behoeftige student.Daar word ’n wildspotjiedag gehou en

verskeie ander projekte word aangepak omgeld te verkry om ’n verskil in die gemeen­skap te maak.Tydens ’n dinee Saterdagaand by

Cheetau het Andrew Jaeger, distriksgoe­werneur van die Rotariërs, lede gemotiveerom vanjaar nie net ’n verskil in iemand selewe te maak nie, maar om iets buite hulgemaksone te doen.“My vrou, Christine, neem aan mara­

thons deel en ons twee gaan vanjaar aandrie ten bate van polio deelneem. Ek hetnog nooit so iets gedoen nie, maar hetnou begin oefen.”Rotary is bekend daarvoor dat dit polio

wêreldwyd probeer bekamp.

Rotary-klub vier 60 jaar van omgee

DIE Bethlehem-Rotariërs het Saterdagaand die klub se 60ste bestaans-jaar met ’n dinee by Cheetau gevier. Andrew Jaeger, distriksgoewerneurvan Rotary-distrik 9370, het die geselligheid bygewoon. Van links is Jae-ger (distriksgoewerneur, Ladybrand), Christine Jaeger, HannesHeymans(president: Rotariërs), TessHeymans, Marelize Hamman enWessel Ham-man (president: Rotariërs, Harrismith). Foto’s: Lynda Greyling

WILLIE HATTINGH (middel), voormaligepresident van die Bethlehem-Rotary-klub,het Saterdagaand die Paul Harris-eerbewysontvang. Links is dr. Bruce Staples en regsis Hannes Heymans (president van dieBethlehem-Rotary-klub).

ROTARIËRS van Harrismith het Saterdagaand die Bethlehem-Rotary-klub se dinee bygewoon om die klub se 60ste bestaansjaar tevier. Van links is Johan en Mariaan Potgieter, Cecile en André Pieterse, Griet en Frik Neethling, asook Marelize en Wessel Hamman.Die Pieterses is oud-Harrismithers wat nou in Bethlehem woon.

VAN die mense wat die Bethlehem-Rotary-klub se dinee by-gewoon het, is van links, voor: Pieter en Helena Coetzee; ag-ter: Leon en Leonie Roos.

ROTARIËRSwat die viering bygewoonhet, is van links, voor: Bettievan Schalkwyk, Winifred Staples, dr. Bruce Staples en Vicky Jardi-ne; agter: dr. Herman van Schalkwyk en Brian Jardine.

ELRINE PRETORIUS (links), Eduard Marais, Carole Detioux, LiezeldeBruin, Carel deBruin enWillie Pretorius het dieBethlehem-Rota-ry-klub se dinee bygewoon.

HELEN PIENAAR, Ilandi Pienaar en dr. Her-man van Schalkwyk tydens die Rotariërs sedinee om hul 60ste bestaansjaar te vier.

BethlehemH/v Cambridge- en Naudéstraat, Bethlehem,9701

Tel: 058 303 5226 • Faks: 058 303 2157E-pos: [email protected]

Onswens die Rotariersharlik gelukmet60 hardemaarsuksesvolle jare!

Ons se dankie vir alleswat julle doen in die

gemeenskap!Alle sterkte vir die

toekomspad!

X1PMDRHH-MA210115

Roof and paint, we got it.!

Bethlehem - Branch21 Lindley streetTel: 058 - 303 6188

Harrismith - Branch32 Bester street

Tel: 058 - 622 2389

Hardware Mecca

Aan die Bethlehem Rotariërs,‘n groot dankie vir alles wat julle virsoveel instansies doen en beteken!

Julle bydrae tot die gemeenskapmaak 'n daadwerklike verskil!

Hartlik geluk met 60 jaarvan sukses!

X1PMFD0D-MA210115

Pres. Brandstraat 15Bethlehem 9700Tel. 058 303 6049Sel 083 447 9074

Pres. Brandstraat 15Bethlehem 9700Tel. 058 303 6049Sel 083 447 9074Vlieë, Muskiete, Luise, Kakkerlakke,

Vismotte, Rotte, Muise ens.Onkruid, Plantpeste en Plae

‘Sukses is die maatstaf van hardewerk en lojaliteit.’

Veels geluk aan al die Rotariers van Bethlehemwat oor die afgelope 60 jaar bygedra het tot

die sukses van Bethlehem Rotariers.X1PMFCT5-MA210115

Bethlehem Rotary se 60stebestaansjaar (Welgedaan)!fokus op

R0TARY-MA210115

Page 7: Malutima 20150121

MALUTI, WOENSDAG 21 JANUARIE 2015 7

HEERLIKER kan ’n mens nie kry nie: ’nWilde Weste­kroegete in die Coachman’sSaloon.Dié gewilde kuierplek by die Frontier Inn

& Casino spog nou met ’n nuwe spyskaartmet ’n verskeidenheid om van te kies enkeur.Daar is heerlike varkribbetjies of vark­

tjops, kruisskyf (rump-steak) en T­been. Virkliënte wat van burgers hou, is die biltong­burger beslis ’n moet.Engelse vis en skyfies en ander ligte

maaltye soos hoendervlerkies, ’n Duitseworsrolletjie en ’n Russian footlong is ookbeskikbaar.Vir diegene wat van ’n skerper smaak

hou, is daar daagliks ’n kerriegereg vandie dag gemaak met speserye van diebeste speserywinkels aan die KwaZulu­Na­

talse kus. Vra net die kelner wat die geregvan die dag is.Vir diegene wat ’n gesonder maaltyd wil

kies, is daar die sjef se slaai of hoender­slaai om te beproef.Dan is daar geroosterde toebroodjies

met ’n verskeidenheid vulsels soos kaas,tamatie, uie en spek.Daar is ook voorsiening gemaak vir

kinders met eetgoed waarvan elkeen beslissal hou.Om ’n ete af te sluit is daar ’n sjokola­

demousse volgens Ouma se resep ofheerlike kaaskoek.Daar is ook elke dag van 16:00 tot

17:00 happy hour, ’n Friday night fever,met ’n groot verskeidenheid skemerkelkiesen die heerlikste kroegetes om te geniet.Besoek gerus die Coachman’s Saloon.

Oos, wes, dié spyskaart bes

KOM kuier gerus by die Coachman’s Saloon in die Frontier Inn & Casino en beproef dienuwe spyskaart. Van links is Willem van Rooyen, Marie Roos, Chris Karsten, Wimpie Wag-ner, Eddie Knoesen, Freddie Higgs en Gerrie Rautenbach.

DIT is ’n heerlike, warm somerdag. Jysit met ’n glas Oros in die hand.Jy kan ook in die Coachman’s Saloon

by die Frontier Inn & Casino met ’ndrankie in die hand sit en luister na dieAfrikaanse rockgroep Oros in ’n LangGlas.Hierdie bekende groep van Bloemfon­

tein tree op 24 Januarie in die Coach­man’s Saloon op.Die Coachman’s Saloon se nuwe

spyskaart sal op die geleentheid bekendgestel word. Happies van die verskei­denheid nuwe geregte sal geproe kanword.Om die aand af te rond sal ’n verskei­

denheid drankies teen billike pryse

beskikbaar wees.Oros in ’n lang glas, wat in 2010

ontstaan het, het al by verskeie grootbyeenkomste, van Inniebos tot Aardklop,opgetree.Hierdie wenners van die Vrystaat­mu­

siekeerbewys was ook die eeste groepooit uit die Vrystaat om by Oppikoppi opte tree. Oros in ’n Lang Glas bestaan uitShandor “Oros” Potgieter (hoofsanger enkitaar), Hattingh Davel (hoofkitaar ensanger) en Rikus de Wet (jembi, en someer).Kom maak ’n draai by die Coachman’s

Saloon en vergewis jouself van dieheerlike, bekostigbare etes op die nuwespyskaart. Dit is beslis die moeite werd.

Bfn-groep tree inCoachman’s op

OROS IN ’N LANG GLAS gaan by die Coachman’s Saloon optree.

KOM GENIET DIE

AAND SAAM MET ONS!KOM GENIET DIE

AAND SAAM MET ONS!KOM GENIET DIE

AAND SAAM MET ONS!KOM GENIET DIE

AAND SAAM MET ONS!Coachman’s Saloon

Saterdag: 24 Januarie 2015Toegang: vanaf 18:00 af GRATIS,bring al jou vriende saam!!!

Ons vier ook die bekendstelling vanons splinternuwe spyskaart, spesiaalvir die hele gesin met watertandlekker geregte van hoë gehalte en

goeie pryse!!!

Ons vier ook die bekendstelling vanons splinternuwe spyskaart, spesiaalvir die hele gesin met watertandlekker geregte van hoë gehalte en

goeie pryse!!!

Ons vier ook die bekendstelling vanons splinternuwe spyskaart, spesiaalvir die hele gesin met watertandlekker geregte van hoë gehalte en

goeie pryse!!!

Ons vier ook die bekendstelling vanons splinternuwe spyskaart, spesiaalvir die hele gesin met watertandlekker geregte van hoë gehalte en

goeie pryse!!!

Chicken Salad R25Baby le uce, tomato, onion, cucumber, carrots andred cabbage topped with chicken tenders. Toppedwith our homemade salad dressing.

Rump Steak 270gr R 93350gr R115

Lazy aged and grilled to perfec on in our homemadebas ng sauce.

X1PMGR81-MA210115

Page 8: Malutima 20150121

SportSportKoerant met hart The paper with heartI

DIE Suid­Afrikaanse tentpensteek­kampioenskap is onlangs op dieskouterrein in Bethlehem gehou.Spanne van oor die land heen,

asook ’n plaaslike span, hetdeelgeneem.Vir die Muir­familie was dit ’n

besondere geleentheid, aangesiendie vierde geslag nou deelgeneemen besonder goed gevaar het.Vivian Muir van Dordrecht het

aanvanklik aan die sport deelge­neem. Sy seun, Gerald, het in dievroeë 1970’s ’n bietjie deelge­neem, maar het werklik mededin­gend begin deelneem toe sy driekinders, Brendon en die tweeling,Glynneth en Rosslyn, self begindeelneem het.Al drie kinders het sommer gou

hul junior Springbok­kleure verwerfen pa Gerald sy senior Springbok­kleure.Brendon, Glynneth en Rosslyn

het later senior Springbokkleureverwerf. Gerald was ook alwêreldkampioen.Deesdae is al vier internasionale

tentpensteek­afrigters.Brendon, Glynneth en Rosslyn

se kinders neem vanjaar aan dieSuid­Afrikaanse tentpensteek­kam­pioenskap deel.Bryan Dordrecht het reeds

verlede jaar sy o.14­ Suid­Afri­kaanse kleure verwerf, terwylAlison Muir, haar niggie MeganStrydom en nefie Tristan Meyernou deelgeneem en reeds op dieeerste dag met ’n silwermedaljebeloon is.Oupa Gerald is baie trots op sy

kleinkinders.“Om te dink twee van hulle is

agt jaar oud, ’n ander een 11 endie oudste 14 jaar en hulle het indie 18­jaar­ouderdomsgroepmeegeding.”

BESTUURSLEDE van Oud­Skolie­re se onderskeie sportafdelings hetvergader om die jaar se aktiwiteitete bespreek.Vir diegene wat die afgelope

vakansie gewig aangesit het ofdalk nie geoefen het nie, is daarnou die geleentheid om een vandie talle sportsoorte wat deurOud­Skoliere aangebied word tebeoefen.Die meeste van die sportsoorte

se oefeninge het reeds begin.Hierna kan uitgesien word:Rugby: Oefeninge het reeds op

die skouterrein begin. Oefeningbegin om 18:00 op Maandae,Dinsdae en Donderdae. Alle nuwespelers is welkom. Die afrigter isNiel Cornelissen (082­454­2134).Die spanbestuurder is JohanKotze.’n Sewes­toernooi word op 21

Maart gehou en alle spanne iswelkom om te kom deelneem.Manskrieket: Daar word elke

Dinsdag en Donderdag om 17:15op die binnenshuise oefenbaan opdie skouterrein geoefen.Tans is spelers besig met die

Pro20­ en eendag­liga. Tuiswed­stryde is soos volg: 24 Januarie:Oud­Skoliere 1 t. Dorp 2; 31

Januarie: Oud­Skoliere 1 t.Qwaqwa; 7 Februarie: Oud­Skolie­re 2 t. Harrismith; 21 Februarie:Oud­Skoliere t. Virginia en Oud­Skoliere 2 t. Mashakane.Rig navrae oor die krieket aan

Deon Schoombie by 072­740­7600.Vrouekrieket: Daar word

Maandae en Woensdae van 18:00op die binnenshuise baan op die

skouterrein geoefen. Datums vanwedstryde is: 18 Januarie: Oud­Skoliere t. Dorp; 1 Februarie:Oud­Skoliere t. Tikwe op Baken­park; 22 Februarie: Oud­Skoliere t.CUT­Rovers op die skouterrein.Belangstellendes kan Elana Uys by079­847­2104 of Mandie van Wykby 058­303­4783 kontak.Netbal: Die eerste oefening vir

die nuwe seisoen begin op 24Februarie. Daar sal Dinsdae enDonderdae geoefen word. ’nInligtingsaand word op 12 Februa­rie om 17:45 by Die Gemsbok(Oud­Skoliere­klubhuis) in Preto­riusstraat gehou.Alle oud­spelers, asook belang­

stellendes, is welkom om dit by tewoon. Rig navrae aan Chantelle

Cotty by 083­632­2789.Hokkie: Daar word Maandae,

Dinsdae en Donderdae van 17:30tot 18:45 geoefen. Amptelikeoefeninge begin in Februarie.Daar is een keer per week ’n

opsionele informele oefening. (Diedae verskil.) Rig navrae aanMonique Binder by 079­493­6019of e­pos [email protected].

Lede byeen om jaar se aktiwiteite te bespreek

BESTUURSLEDE van Oud-Skoliere se sportafdelings is van links, voor: Elana Uys (voorsitter: vrouekrieket), Chantelle Cotty (voorsitter: netbal),Joanice Badenhorst (verteenwoordiger: hokkie), Henriëtte Nieuwenhuyzen (bestuur: Gemsbok-klubhuis, sekretaresse: rugby), Werner Maree(bestuur: Gemsbok-klubhuis, voorsitter: rugby) en Deon Schoeman (bestuur: Gemsbok-klubhuis, verteenwoordiger: rugby); agter: Japie vanWyk (voorsitter: klub 21), Jaap Heydenreich (klub-beskermheer) en Willem Roets (voorsitter: manskrieket).

Tentpensteekis in hul bloed

BETHLEHEMIETE wat aan die Suid-Afrikaanse tentpensteekkampioenskap in Bethlehem deelgeneem het,is van links Zander Steyn, Tristan Meyer, Francois Meyer, Hanlie Hamman, Glynneth Meyer, Marjulyn My-burgh, Yolandré van Rooyen, Maritza Steyn, Bianca Louw, Gerna Wessels en Kol Wessels.

Besoek Maluti seFacebookblad engesels saam oornuus en sport injou omgewing.

X1PMDTW9-MA210115

24 High Street, Bethlehem • Tel. 058 303 1160Pr No. 0416363

Z.AsmalZ.AsmalOptometristsOptometrists

Single vision package: was R600 now R500Bifocal package: was R1 000 now R900

BUDGET DEALS

Includes consultation, selected range of frames and clear stock lenses.Special ends 31 January 2015.

X1PMG7UR-MA210115