8
TEL: 058 - 303 5411 WOENSDAG 4 MAART 2015 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE Koerant met hart The paper with heart I Lynda Greyling INDIEN ’n nuwe snelweg by Harri- smith gebou word, sal dit verkeers- opeenhopings aansienlik verlig. Vusi Mona, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagent- skap (Sanral), sê die opeenhopings by die Van Reenenspas sal veral deur die beplande De Beers-snel- wegprojek verlig word en hoër vlakke van veiligheid, gemak en produktiwi- teit vir alle padgebruikers teweeg bring. Die pad is steeds in die beplan- ningsfase en ’n omgewingimpakstu- die moet nog gedoen word. Die beplande snelweg van oor die 99 km, wat die Drakensberg-eskarp sowat 30 km noord van die bestaan- de snelweg sal oorsteek, sal 15 km korter wees. Dit sal Keeversfontein (Tugela-tolhek) in KwaZulu-Natal met Warden verbind. Die nuwe pad se gradiënt sal platter en die balansering gladder, sonder die baie skerp draaie op die bestaande N3 wees. Mona sê baie tyd sal bespaar word, terwyl beter dienslewerings- vlakke verhoogde veiligheid sal beteken. “Die nuwe snelweg sal tot die vermindering in ongelukke bydra.” Volgens Mona kan verkeer nie meer doeltreffend deur die Van Reenenspas, wat in 1961 gebou is, hanteer word nie. Hy sê die ekonomiese impak van padsluitings kom op miljoene rande neer. Die projek sal nie bykomende tolhekke langs die N3 tot gevolg hê nie. “Met Durban, wat meer as 40% van die land se in- en uitvoer hanteer, en Gauteng wat met 33% van die bruto binnelandse produk (BBP) as die land se ekonomiese hartland beskou word, is die Durban- Vrystaat-korridor verreweg die belangrikste ekonomiese korridor in die land.” Mona sê dié roete sal sowat R4,4 miljard tot Suid-Afrika se BBP bydra. ) Sprake oor die De Beerspas-ver- bypad het reeds in die laat 1960’s begin. Sanral het in die laat 1990’s die nodige grond bekom. Mona sê gedurende die konstruksie van die pad, sal besigheid in Harrismith meer wees en na verwagting sal sowat ’n derde van die motoriste na voltooiing van die nuwe snelweg steeds van die bestaande een gebruik maak. Snelweg bring verligting Lynda Greyling VIR Heinrich Kleinschmidt van Pretoria is daar niks lekkerder as om te vlieg nie. Kleinschmidt, wat sowat twee jaar gelede vir hom een van die Suid-Afrikaans-vervaar- digde Sling-vliegtuie aangeskaf het, was een van sowat 30 vlieëniers van hoofsaaklik Pretoria en Johannesburg wat die afgelope naweek op uitnodiging van die Bethlehem- Aeroklub en Mike Blyth, direkteur van Sling, Bethlehem toe gevlieg het. Bykans al die vliegtuie was of ’n twee- of viersitplek-Sling. Kleinschmidt sê hy kan nogal baie ver met ’n tenk brandstof vlieg. “Wat dit vir my ekonomies maak, is dat ’n mens gewone brandstof of vliegtuigbrandstof kan gebruik.” Kleinschmidt se suster, Lucia Oberholzer van Bethlehem, het van dié geleentheid gebruik gemaak om te kuier. Vlieëniers het deur die loop van Saterdag op die Bethlehem-lughawe aangekom, waar lede van die Bethlehem-aeroklub en hul vroue met eetgoed reggestaan het. Die weer was die middag ongunstig en diegene wat nog wou terugvlieg, moes toe noodgedwonge oornag. Plaaslike vlieëniers wat vliegtuigloodse op die lughawe het, het plek gemaak vir die besoekers se vliegtuie sodat dit nie in die storm verniel nie. Daar is laatmiddag ’n spitbraai gehou, heerlik gekuier en natuurlik was die onder- werp vlieg en vliegtuie. Nadat die weer Sondagoggend verbeter het, het die een ná die ander besoeker huiswaarts vertrek. ) Mike Blyth sê hy het in 2005 sketse van ’n vliegtuig gemaak en na ’n ingenieur en tekenaar aangestuur en die Sling is ont- werp. Die eerste een is in 2008 gevlieg. In 2009 het Blyth met die tweede een wat gebou is om die wêreld gevlieg. Dit was ’n eerste vir Suid-Afrika. Sedertdien is daar weer om die wêreld gevlieg en ook deelge- neem aan die Oshkosh-vliegbyeenkoms in Amerika, waarheen sowat 10 000 vliegtuie jaarliks opruk. Daar is 150 Sling-vliegtuie in gebruik. “Waar dit klein begin het, het ons nou ’n fabriek in Johannesburg waar ons werk aan 150 mense verskaf. Meer as die helfte van die vliegtuie word uitgevoer. Die meeste gaan na Australië en Nieu-Seeland, maar daar word ook na Taiwan, België en Afrika uitgevoer.” Lugruim bedrywig Sowat 30 Sling-vliegtuie doen Bethlehem aan HEINRICH KLEINSCHMIDT (regs) van Pretoria was een van die 30 vlieëniers wat Bethlehem die naweek besoek het. Hy het sommer ook die geleentheid gehad om saam met sy familie van Bethlehem te kuier. Van links is Geo, Franci en Lucia Oberholzer. Lucia en Heinrich is broer en suster. Foto: Lynda Greyling Cor. Malan and Murray Streets, BETHLEHEM Tel. 058 303 2687/058 303 3048 BUY PER BOX and SAVE !! BULK BUYS = BARGAIN PRICES BUY PER BOX and SAVE !! BULK BUYS = BARGAIN PRICES Wholesale prices direct to the public! SPECIALS 5 KG CHICKEN THIGHS CHICKEN DEBONED BREASTS (FILLETS) 2L T COOKING OIL 5 DOZEN EGGS (LARGE) R114,95 EA R39,95 /KG R24,95 EA R59,95 EA X1PTXTR1-MA040315 SOLOMONS HOME WAREHOUSE We at Solomons Mica care for your safety. Please ask one of the staff members to assist with safety protocol. Prices include VAT - Cash & Carry No Dealers - Limited Quantities - Errors and/or Omissions Excluded C/o Malan and Riemland Street, Bethlehem Tel. 058 303 4930 Jou Vriendelik alles winkel SOLOMONS HOME WAREHOUSE "Friend” Solomons Mica now on Time: 17:15 - 19:00 Place: Solomons Mica Entrance: FREE All Welcome TONIGHT Free wine and deli tasting Lots of in-store demo's X1PTXTY9-MA040315 www.panarottis.co.za X1PTXTV5-MA040315

Malutima 20150304

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Malutima 20150304

Citation preview

Page 1: Malutima 20150304

TEL: 058 ­ 303 5411 WOENSDAG 4 MAART 2015 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE

Koerant met hart The paper with heartI

Lynda Greyling

INDIEN ’n nuwe snelweg by Harri­smith gebou word, sal dit verkeers­opeenhopings aansienlik verlig.Vusi Mona, woordvoerder van die

Suid­Afrikaanse Nasionale Padagent­skap (Sanral), sê die opeenhopingsby die Van Reenenspas sal veraldeur die beplande De Beers­snel­wegprojek verlig word en hoër vlakkevan veiligheid, gemak en produktiwi­teit vir alle padgebruikers teweegbring.Die pad is steeds in die beplan­

ningsfase en ’n omgewingimpakstu­die moet nog gedoen word.Die beplande snelweg van oor die

99 km, wat die Drakensberg­eskarpsowat 30 km noord van die bestaan­de snelweg sal oorsteek, sal 15 kmkorter wees. Dit sal Keeversfontein(Tugela­tolhek) in KwaZulu­Natal metWarden verbind.Die nuwe pad se gradiënt sal

platter en die balansering gladder,sonder die baie skerp draaie op diebestaande N3 wees.Mona sê baie tyd sal bespaar

word, terwyl beter dienslewerings­vlakke verhoogde veiligheid salbeteken. “Die nuwe snelweg sal totdie vermindering in ongelukke bydra.”Volgens Mona kan verkeer nie

meer doeltreffend deur die VanReenenspas, wat in 1961 gebou is,hanteer word nie.Hy sê die ekonomiese impak van

padsluitings kom op miljoene randeneer.Die projek sal nie bykomende

tolhekke langs die N3 tot gevolg hênie. “Met Durban, wat meer as 40%van die land se in­ en uitvoerhanteer, en Gauteng wat met 33%van die bruto binnelandse produk(BBP) as die land se ekonomiesehartland beskou word, is die Durban­Vrystaat­korridor verreweg diebelangrikste ekonomiese korridor indie land.” Mona sê dié roete salsowat R4,4 miljard tot Suid­Afrika seBBP bydra.) Sprake oor die De Beerspas­ver­bypad het reeds in die laat 1960’sbegin.Sanral het in die laat 1990’s dienodige grond bekom. Mona sêgedurende die konstruksie van diepad, sal besigheid in Harrismith meerwees en na verwagting sal sowat ’nderde van die motoriste na voltooiingvan die nuwe snelweg steeds vandie bestaande een gebruik maak.

Snelweg bringverligting

Lynda Greyling

VIR Heinrich Kleinschmidt van Pretoria isdaar niks lekkerder as om te vlieg nie.Kleinschmidt, wat sowat twee jaar gelede

vir hom een van die Suid­Afrikaans­vervaar­digde Sling­vliegtuie aangeskaf het, waseen van sowat 30 vlieëniers van hoofsaaklikPretoria en Johannesburg wat die afgelopenaweek op uitnodiging van die Bethlehem­Aeroklub en Mike Blyth, direkteur van Sling,Bethlehem toe gevlieg het. Bykans al dievliegtuie was of ’n twee­ of viersitplek­Sling.Kleinschmidt sê hy kan nogal baie ver

met ’n tenk brandstof vlieg. “Wat dit vir myekonomies maak, is dat ’n mens gewonebrandstof of vliegtuigbrandstof kan gebruik.”Kleinschmidt se suster, Lucia Oberholzer

van Bethlehem, het van dié geleentheidgebruik gemaak om te kuier.Vlieëniers het deur die loop van Saterdag

op die Bethlehem­lughawe aangekom, waarlede van die Bethlehem­aeroklub en hulvroue met eetgoed reggestaan het.Die weer was die middag ongunstig en

diegene wat nog wou terugvlieg, moes toenoodgedwonge oornag. Plaaslike vlieënierswat vliegtuigloodse op die lughawe het, hetplek gemaak vir die besoekers se vliegtuiesodat dit nie in die storm verniel nie.Daar is laatmiddag ’n spitbraai gehou,

heerlik gekuier en natuurlik was die onder­werp vlieg en vliegtuie.Nadat die weer Sondagoggend verbeter

het, het die een ná die ander besoekerhuiswaarts vertrek.

) Mike Blyth sê hy het in 2005 sketse van’n vliegtuig gemaak en na ’n ingenieur entekenaar aangestuur en die Sling is ont­werp. Die eerste een is in 2008 gevlieg. In2009 het Blyth met die tweede een watgebou is om die wêreld gevlieg. Dit was ’neerste vir Suid­Afrika. Sedertdien is daarweer om die wêreld gevlieg en ook deelge­neem aan die Oshkosh­vliegbyeenkoms inAmerika, waarheen sowat 10 000 vliegtuiejaarliks opruk. Daar is 150 Sling­vliegtuie ingebruik. “Waar dit klein begin het, het onsnou ’n fabriek in Johannesburg waar onswerk aan 150 mense verskaf. Meer as diehelfte van die vliegtuie word uitgevoer. Diemeeste gaan na Australië en Nieu­Seeland,maar daar word ook na Taiwan, België enAfrika uitgevoer.”

Lugruim bedrywigSowat 30 Sling­vliegtuie doen Bethlehem aan

HEINRICH KLEINSCHMIDT (regs) van Pretoria was een van die 30 vlieëniers wat Bethlehem die naweek besoek het. Hy het sommerook die geleentheid gehad om saam met sy familie van Bethlehem te kuier. Van links is Geo, Franci en Lucia Oberholzer. Lucia enHeinrich is broer en suster. Foto: Lynda Greyling

Cor. Malan and Murray Streets, BETHLEHEMTel. 058 303 2687/058 303 3048

BUY PER BOXand SAVE !!BULK BUYS =

BARGAIN PRICES

BUY PER BOXand SAVE !!BULK BUYS =

BARGAIN PRICES

Wholesaleprices directto the public!

SPECIALS5 KG CHICKEN THIGHS

CHICKEN DEBONED BREASTS (FILLETS)

2L T COOKING OIL

5 DOZEN EGGS (LARGE)

R114,95 EA

R39,95 /KG

R24,95 EA

R59,95 EA

X1PTXTR1-MA040315

SOLOMONS

HOME WAREHOUSE

We at Solomons Mica care for your safety. Please ask one of the staff members to assist with safety protocol.

Prices include VAT - Cash & CarryNo Dealers - Limited Quantities -Errors and/or Omissions Excluded

C/o Malan and Riemland Street,Bethlehem Tel. 058 303 4930

Jou Vriendelik alles winkelSOLOMONS

HOME WAREHOUSE

"Friend” Solomons Mica now on

Time: 17:15 - 19:00Place: Solomons Mica

Entrance: FREE All Welcome

TONIGHT

Free wine anddeli tasting

Lots of in-store demo's

X1PTXTY9-MA040315

www.panarottis.co.za

X1PTXTV5-MA040315

Page 2: Malutima 20150304

2 MALUTI, WOENSDAG 4 MAART 2015

MORENA MOKOENA iseen van 100 werklose jongmense in Bethlehem watreeds gematrikuleer het ennou die geleentheid gegeeword om ’n rybewys tebekom.Hierdie projek is deel van

die departement vanpolisie, paaie en vervoer indie Vrystaat se leerlingbe­stuurder­opleidingprogram.Casual Mthombeni, die

projekbestuurder vir diepadveiligheid­bestuurspro­gram, sê altesaam 900werklose jong mense in dieVrystaat sal opleidingontvang. Die proses hetreeds in Augustus verledejaar begin toe ’n adverten­

sie in die koerant geplaasis en talle jong mense inBohlokong se saal na hullekom luister en vormsontvang het om aansoek tedoen vir die opleiding.Dieselfde is in Parys,

Phuthaditjhaba, Harrismith,Tshiame, Deneysville,Zamdela, Thaba Nchu enBotshabelo gedoen.Nadat die keuring

gedoen is, het die sukses­volle kandidate Dinsdagog­gend by die HoërskoolTiisetsang se saal byme­kaargekom. Collins Mkansihet verseker dat elkeenhom­ of haarself registreer,waarna ’n inligtingsessiegehou is. Volgens Mthom­

beni is dit ’n kursus vandrie maande. In die eerstemaand word teorie gedoen,waarna daar vir ’n maandlank met ’n nabootsergeoefen word. Die naboot­sers word deur die departe­ment aan die bestuurskolewat die opleiding verskaf,geleen. Hierna wordpraktiese opleiding metvoertuie verskaf en ’nafspraak gemaak word om’n kode 8­rybewys tebekom. Die Tswelopele­ enTswellangbestuurskool isdeur die departementaangestel om die opleidingte doen. Mense wat ’nrybewys het, staan ’n beterkans om werk te kry.

Talle só gehelpMORENA MOFOKENG en Abel Nkuna registreer hulle.

DIE Maluti Antique Auto &Machine Club bied op 14Maart sy agtste motorskou insamewerking met Kansa sejaarlikse Relay for Life op dieBethlehem­skouterrein aan.Tertius du Preez, voorsit­

ter, sê die skou het sedert syontstaan aansienlik vergroot,in so ’n mate dat dit verledejaar deur sowat 3 000 mensebesoek is.Met die tema vanjaar,

Legends of Yesteryear, saldaar veteraan­, klassieke,eksotiese en nuwe motors enselfs veteraan­trekkers tentoon gestel word.Verskeie projekte in

wording sal ook vertoon

word.Mense wat die skou

bywoon, sal ook die geleent­heid hê om met hul voertuieaan ’n toeskouer­rit deel teneem.Mense sal ook die geleent­

heid hê om met die uitstal­lers te gesels.Die hek open om 07:00.Kansa Relay for Life:Vanjaar begin Kansa se

Relay for Life die eerste keerom 12:00 en eindig om24:00.Met die Maluti Antique

Auto & Machine Club seskou, sal dit reeds van vroegaf bedrywig wees. Spannewat hulle ingeskryf het, kan

dus al van vroeg af hulstalletjies regkry.Soos vorige jare bied die

Relay for Life ’n vol program,waar daar onder meer huldegebring word aan diegenewat kanker het en dié wat inremissie is.Eetgoed sal verkoop word

en al is jy nie deel van ’nspan nie, is jy welkom om tekom kyk wat daar aangaan.Een van die spanne

verseker vanjaar dat diekinders vermaak word.Die tema vir vanjaar is:

Wees ’n superheld!Ondersteun gerus die dag

en maak ’n verskil in diegemeenskap.

Motors ook te sienop Kansa-aflos

BETHLEHEMIETE is steeds te goedgelowig.Hulle vertrou vreemdelinge nog te maklik.Só het kapt. Louisa van den Berg,

voorsitter van die sektorpolisiëringsforum virwyk 10 en 11, op die sektor se maandelik­se vergadering gesê.Die woonbuurt Panorama loop nog die

ergste onder misdaad deur.’n Hele klompie voertuie is die afgelope

maand gesteel, maar dit is die toenemendeslenters waardeur mense deur huishulpe indie huise toegelaat word wat kommerwek­kend is.Daar was heelwat gevalle, nie net in

Panorama nie, maar ook in La Provence,waar drie mense by huise aangeklop engesê het hulle het ’n afspraak met dieeienaar.Die eienaar het na bewering goedkeuring

gegee dat hulle solank in die huis kan wag.Kort daarna vra een of hulle badkamer

toe kan gaan.Wanneer die huishulp nie die toilet hoor

spoel nie en gaan ondersoek instel, kry dieander geleentheid om te steel.Nadat die mense weg is, sonder dat die

eienaar daar aangekom het, kom diehuishulp agter dat die mense goed uit diehuis gesteel het.Volgens Van den Berg is daar bykans by

elke huisbraak juwele gesteel.Tablette en selfone is ook gewild onder

die diewe.In die meeste gevalle ry die diewe met ’n

silwerkleurige voertuig met ’n GP­registra­sienommer.Inwoners word versoek om hul huiswer­

kers te waarsku dat hulle niemand in hulhuise moet toelaat nie, al sê die mensewat. Laat hulle eerder eers hul werkgewerbel om seker te maak.

Maan werkersDIE moord en aanval onderskeidelikop twee egpare op die gasteplaasTweevley naby Harrismith, is verledeWoensdag (25/02) in die rondgaandehooggeregshof deur regter C.J.Musi as “bloedig en gruwelik”beskryf.’n Malawiër, Pharaoh Mhone (32),

is vir die moorde op Brian (62) enTilly Pope (48) tot twee keer lewens­lange tronkstraf gevonnis.Mhone is tot ’n verdere 62 jaar

gevangenisstraf op sewe anderaanklagte gevonnis.Sers. Mmako Mophiring sê die

aanklagte teen Mhone spruit uit ’nvoorval in April verlede jaar toe diePope­egpaar in hul beddens op diegasteplaas, waar hulle ’n langna­week deurgebring het, doodgeskietis. Mhone, wat vir Hannes Hattinghgewerk het, het sy werkgewer se.38­rewolwer gesteel om die misdaadte pleeg.Brian se seun Warren en sy vrou,

Marlene, is met ’n ysterpyp aange­rand, terwyl Warren ook met ’ntuinvurk gesteek is.Marlene en haar twee minderjari­

ge kinders, ’n seun en meisie, is toein hul voertuig gedwing en ontvoer.Toe Mhone in ’n stadium stilgehou

en uitgeklim het, het Marlene met dievoertuig weggery.Die saak is deur die Phuthaditjha­

ba­ georganiseerde misdaadeenheidondersoek.

Moordenaar vanegpaar gevonnis

FLIP COETZER ensy vrou, Annatjie,het Sondag hul46ste huweliksher-denking gevier. Dieegpaar is op 1 Maart1969 in Ladybrandgetroud. Hulle het in1974 Bethlehem toeverhuis. Die egpaarhet vyf kinders, drieseuns en twee dog-ters. Hul dogters isoorlede. Foto: Verskaf

CASSIE JONKER en sy vrou, Benita, is die wenners van die Dihlabeng Mall se Valentyns-kompetisie. Die kompetisie is op Facebook gehou en dié egpaar met hul twee kindersse foto het die meeste opmerkings gelok. Benewens ’n naweek by die Mount D'Or in Cla-rens is die Jonkers met ’n ete by Panarottis bederf. Hier is Benita en Cassie saam metMarzanne Slabbert (links), bestuurder van die Dihlabeng Mall. Foto: Verskaf

Vier 46jaar saam

Aangewys as kompetisiewenners

www.profreeze.co.za

CURVED GLASS CABINETS

BEVERAGE COOLERS

DELIVERY VEHICLES

WALL CHILLERS

SUMMER SPECIAL OFFERS!

OFFICE: 051 5233510/11CELL 082 413 3369 • FAX 051 523 3509

Plot 4/7 Marjolein Street Kwaggafontein Bloemfontein

FIND US ON

Martin du Preez - [email protected]

WEMANUFACTURE, SUPPLY ANDINSTALL THE FOLLOWING:• Cold and freezer rooms• Mortuary coldrooms• Afri-Safari portable cold, freezerrooms

• Insulated panels for temperaturecontrolled areas, storerooms andlaboratories

• Insulated and refrigerated boxes ondelivery vehicles and trailers

• Ice machines• Refrigerated cabinets forsupermarkets

• Beverage coolers• Polystyrene sheets

Etienne Pienaar - [email protected]

Antionette Swanepoel – [email protected]

Charl Pienaar - Afri-Safari [email protected]

GLASSDOOR COLDROOMS

AFRI SAFARI PORTABLE RANGE

PRO FREEZETM

QUALITY PRODUCTS

ICE MACHINESX1PTPM31-KN030315

Page 3: Malutima 20150304

MALUTI, WOENSDAG 4 MAART 2015 3

3785A

BELANGRIKU word herrinnerdaaraan dat die Konsep Omgewings-invloedbepalingsverslag(OIBV) en die Watergebruiklisensie-aansoekverslag (WGLA)in sake Nasionale Pad 3: Keeversfontein tot by Warden(De Beers Pas-gedeelte) tans beskikbaar is vir openbarebeskouing tot 20 April 2015.Gedrukte kopieë sal by ’n aantalopenbare biblioteke en openbare plekke beskikbaar wees(soos hieronder gelys), en elektroniese kopieë sal beskikbaarwees bywww.acerafrica.co.za enwww.nra.co.za.

Openbare Biblioteke: Durban, Harrismith, Johannesburg, Ladysmith, Phuthaditjhaba, Tshiame en Warden.Ander Plekke: Green Lantern Inn (Van Reenen) en Makgolokweng Dorp.Die inhoud van die OIBV and die WGLA sal by die volgende Openbare Ope Dae aangebied word:

Vir verdere inligting of navrae, kontak asseblief:ACER (Africa) Environmental ConsultantsCharlene Weber of Lynette Mitchell • Posbus 503, Mtunzini 3867Tel: 086 010 4958 (koste van ’n plaaslike oproep)Faks: 035-3402232 • E-pos: [email protected]

Belangstellende en Geaffekteerde Partye wat graag kommentaar wil indien mag dit in skrif doen teen nie later nie as 20 April 2015.Geskrewe kommentaar kan by die Openbare Ope Dae ingedien word of aan die geadresseerde hieronder gestuur word:

GEBIED DATUM PLEK TYDLadysmith 2 Maart 2015 Royal Hotel 10h00 – 16h30Tshiame 3 Maart 2015 Tshiame Gemeenskapsaal 10h00 – 16h30Phuthaditjhaba 4 Maart 2015 Lefika Lodge 10h00 – 16h30Harrismith 5 Maart 2015 Harrismith Inn 10h00 – 16h30Van Reenen 9 Maart 2015 Green Lantern Inn 10h00 – 16h30Warden 10 Maart 2015 Warden Dorpsaal 10h00 – 16h30

THE executive mayor of the Dihla­beng Municipality, Tjhetane Mofokeng,embarked on a mayoral imbizo onSaturday (28/02).Mofokeng and his mayoral

committee, accompanied by othercouncillors as well as the municipalmanager, started the imbizo in wardnine and 16 in Bohlokong over theweekend.The imbizo will end on 27 March

with the Human Rights Day Imbizoand official launch of the new stadiumin Clarens.Some of the critical areas that

were discussed and will be dis­cussed in the other wards goingforward during this outreach to thecommunity, is the sustainability andquality of service delivery.Credit control and revenue en­

hancement, local economic develop­ment, and performance managementby monitoring and evaluation, will alsocome under the spotlight.“The everyday challenges we

encounter as a municipality requireus to mobilise all our availableresources to overcome them.“One of the most important

resources available to us, is ourpeople, our community­based organi­sations and the business communi­ty.“Hence it is important that we

stay on the ground and alwaysengage with various stakeholders tonot only share and source solu­tions to our challenges, but to alsoreflect on the progress we havemade and how we can do more,”says Mofokeng.

Mayorvisitswards

CORNÉ COETZEE (48), vrouvan Gys Coetzee, hoof van dieHoërskool Voortrekker, isSondagmiddag oorlede.Karien Collett, woordvoerder

van die Mediclinic Hoogland, sêCorné is Vrydag in die hospi­taal opgeneem en het Sondag­middag haar stryd teen kankerverloor.Corné was sedert die begin

van 2012 aan die Maluti­Hoog­landskool verbonde. Sy het virdie gr. 1’s skoolgehou.’n Troosdiens word Woens­

dag (04/03) om 11:00 indie NG kerk Bethlehem­wesgehou. Sy word deur haar man,Gys, dogter, Leani, en seun,Hattingh, oorleef.

Kanker eis leerkrag

WYLE Corné Coetzee.

INWONERSbydieSonskyn-dienssentrumhet self stalletjiesbedryfop die Sonskynfees wat Saterdag (28/02) by die dienssentrum ge-hou is. Ans Pohl (middel) het vetkoek en maalvleis gemaak, terwylBettie Olivier (links) die vetkoeke gevul het. By hulle is Nancy Ek-steen, wat die fees bygewoon het. Foto’s: Lynda Greyling

FRANCES VAN DER SCHYFF (regs) en twee van haar seuns, Bru-wer (tweede links) en Francois, het seker gemaak dat hulle nageregop die Sonskynfees koop. Links is Cathy van Niekerk.

Spring self in

Mortimer Toyota Bethlehem37 Kerk Street, Bethlehem – Tel. 058 303 5441www.mortimertoyota.co.za

Mortimer Toyota ReitzSarel Cilliers Street, Reitz – Tel. 058 863 2831

ONS GEE JOU TOT R42 000 KONTANT TERUG IN JOU SAK

OF INRUIL BYSTAND BESKIKBAAR

• Nationwide delivery• While stocks last• Offer valid until 31/03/2015• Terms and Conditions apply

South Africa's top selling SUV since 2006

KRY JOU

TOYOTA FORTU

NER VANDAG

• Landswye aflewering• Terwyl voorraad hou• Aanbod geldig tot 31/03/2015• Termes en voorwaardes geld

X1PU0GN1-MA040315

Page 4: Malutima 20150304

4 MALUTI, WOENSDAG 4 MAART 2015

Oë gevestig op God se doelMOENIE die sondigewêreld en die dinge van diewêreld liefhê nie. – 1Johannes 2:12 tot 17Die skrywer William

Feather het in die FloridaBaptist Witness geskryf van’n jong man wat ’n geld­noot in die straat opgetel het. Daarna het hyaltyd op die grond gekyk wanneer hyrondgeloop het. Ná verloop van tyd het hy29 516 knope, 54 172 spelde en 12 munt­stukke opgetel, ’n krom rug gekry en ’ngierige geaardheid ontwikkel.“He lost the glory of the sunlight, the

sheen of the stars, the smiles of his friends,tree blossoms in the spring, the blue skies,and the entire joy of living,” skryf Feather.In ons geloofslewe, waar die waardes van

die aardse lewe in konflik met die waardesvan God se hemelse koninkryk is, gebeur dítmaklik. ’n Wêreldse element skuif die HereJesus Christus op die agtergrond.

Die Bybel waarsku ons. Insy tog saam met Abrahamna die beloofde Kanaän,lees ons: Lot het toerondgekyk en gesien diehele Jordaanstreek tot bySoar het so volop watersoos ’n tuin van die Here,

soos Egipte . . . en Lot het in die stede vandie Jordaanstreek gewoon; tot by Sodom hethy gaan tent opslaan (Gen.13:10 tot 12).In tye van versoeking kry ons van die Here

Jesus aanmoediging: . . .laat ons elke las vanons afgooi, ook die sonde wat ons so maklikverstrik, en laat ons die wedloop wat vir onsvoorlê, met volharding hardloop, die ooggevestig op Jesus, die Begin en Voleindervan die geloof. Ter wille van die vreugde watvir Hom in die vooruitsig was, het Hy diekruis verduur sonder om vir die skandedaarvan terug te deins, en Hy sit nou aandie regterkant van die troon van God”(Heb.12:1, 2). – www.kragvirvandag.co.za

Wees áltyd oplettendLynda Greyling

SO ’n paar maande geledehet my jongste verhuis.Haar meubels en anderbesittings is op ’n bakkieen sleepwa gelaai. Terwyldaar nog gelaai word, isek deur my buurvrou gebel. Sy wou netseker maak ek weet daar staan ’n bakkieen sleepwa by my huis en hulle laaimeubels op. Ek kon net dankie sê aan mybuurvrou dat sy so oplettend is. Dit kon netsowel iemand gewees het wat helderoordag daar ingebreek en gesteel het.Tydens Donderdagaand se sektorpolisie­

vergadering is daar weer vertel hoe mis­daad in sekere woongebiede toegeneemhet, terwyl ander woonbuurte s’n ’n bietjieafgeneem het.Daar is weer beklemtoon dat jy maar die

nuuskierige buurman of ­vroukan wees. Wees oplettend enwanneer jy iets verdag sien,kontak gerus jou bure.Met die begroting wat

onlangs bekend gemaak is, isdaar goeie en slegte nuus.Slegte nuus vir voertuigbe­

stuurders is dat die algemene brandstofhef­fing met 30,5c/liter styg, tesame met ’nstyging van 50c/liter in die heffing van diePadongelukkefonds.Dit bring die totale brandstofheffingstoe­

name op 80,5c/liter te staan.Terwyl belasting verhoog word en ons

minder geld aan die einde van die maandgaan huis toe neem, is dit dalk raadsaamom maar die nuuskierige buurman of ­ vroute wees. So kan jy dalk keer dat jou motor,waaraan jy so lank afbetaal het, steeds joueiendom bly.

deur

Lynda Greyling

Geesgenoot

’n HERWINNINGSPROJEKLEIER is eenvan 11 poste wat die afgelope jaar byChristenburg geskep is om inwoners tehelp om ’n inkomste te verdien.Ada Hattingh is die herwinningsprojek­

leier en sy is alte trots op die werk watsy verrig. Op die terrein is gemerktehouers aangebring waarin inwonersplastiekbottels en glas kan gooi. Hattinghverseker dat alles netjies gesorteer wordwaarna dit aan ’n plaaslike herwinnings­maatskappy gelewer word.Anita Schoeman van Solidariteit

Helpende Hand sê die projek is nog in sybeginfase, maar elke sent wat verkryword, word gebruik om die lewe virinwoners te vergemaklik.Dit is deur middel van bydraes deur die

gemeenskap aan Helpende Hand dat diewerksgeleenthede geskep kon word. Daaris ’n terreinbestuurder, terreinversorger,toesighouer en koördineerder, tweekombuiswerkers wat die voorbereidingvan die maaltye hanteer, ’n bejaardever­sorger, klere­koördineerder en tweebiblioteekwerkers. Schoeman sê sy wilgraag ’n verskil in die kinders se lewemaak. Daar is tans 14 skoolgaandekinders en drie by ’n kleuterskool. Virhaar was die beloning dat al die skool­gaande kinders verlede jaar geslaag het.Dit sou nie moontlik gewees het sonderdie samewerking van die gemeenskapnie. Daar is die skole, maatskaplikewerkers, ’n sielkundige, pediater en anderdokters, sakelui en borge. Daar is selfs ’nsekuriteitsmaatskappy wat help met

uitsettings en dies meer. Die skoolgaandekinders is almal in nasorg, daar is eenwat baie talentvol is en kunslesseontvang en daar is selfs een wat in diekoshuis woon.Schoeman wil graag ’n omheinde

speelpark vir die kinders laat aanbring.Daarby wil sy hulle elkeen aanmoedig om’n groentetuin in hul erwe te begin. Sy wiltoesien dat die kinders in ou buitebandedie groente kweek. Die groente kan dandeur hul gesinne gebruik word of ander­sins vir sakgeld verkoop word.Bethlehemiete is welkom om Christen­

burg te besoek en te kom kyk hoe dittans daar uitsien.

ProjekProjekploeg terugploeg terug

ADA HATTINGH, een van die inwoners van Christenburg, is die herwinningsprojek-leier. Foto: Lynda Greyling

GEMERKTE blikke is op die terrein byChristenburg aangebring waarin inwo-ners hul ou plastiekbottels en glas kangooi om te herwin.

CHRISTENBURG spog met ’n nuwebaadjie.Verskeie verbeteringe is aan die huise

en op die terrein aangebring. Die huise isalmal dieselfde kleur geverf ter wille vaneenvormigheid. Daarby is die huise sedakke geseël en herstel, motorafdakkereggemaak en is twee nuwes opgerig,danksy borge.Vier blyplekke het nou plafonne. ’n

Ruim kombuis met ’n geplaveide stoep isaangebou. Die badkamers is geverf engeteël en die toilette herstel. Waterpype isherstel en geute reggemaak. Vyf huise isomhein en die pad is herstel.Twee plaaslike elektrisiëns het weke

lank gewerk om al die probleme wat met

die krag ondervind is op te klaar. Eskomhet selfs die kragboks herstel.Daar word in samewerking met Willie

Esterhuizen ondersoek ingestel oor hoedie riool­probleme opgelos kan word.’n Biblioteek is ook ingerig. Voor die

biblioteekgebou word daar opgevul sodat’n stoep gebou kan word. Daar sal ’nafdak opgerig en bankies aangebring wordsodat inwoners daar kan kuier.Anita Schoeman van Solidariteit

Helpende Hand sê die verbeteringe is virdie inwoners se menswaardigheid aange­bring en veral sodat kinders trots kanwees op waar hulle woon.“Daar is nou orde en dit skep ’n

moontlikheid van sukses,” sê Schoeman.

Verbeteringe kweek trots

ANITA SCHOEMAN van Solidariteit Helpende Hand voor die biblioteek by Christen-burg. ’n Gedeelte word opgevul om ’n stoep te bou waar inwoners kan kuier.

YULIWASSERFALL, eenvandie inwonerswat bydie biblioteekwerk, bydie kinderaf-deling van die biblioteek in Christenburg.

Page 5: Malutima 20150304

MALUTI, WOENSDAG 4 MAART 2015 5

1190785_390x198

In Gauteng, Free State, North West, Mpumalanga, Limpopo andNorthern Cape. Excludes Express and Northam Local store.Buy-aid cards not accepted at the following stores: Vanderhof,Northmead, Rosettenville, Elspark, Hoedspruit, Dobsonville andSharon Park. Promotional stocks are limited. Prices include VAT,where applicable. smart shopper terms and conditions apply. Notraders. E&OE. Selected products may not be available at all stores.Visitwww.picknpay.co.za, or call 0800112288.Cellphone rates apply.

PRICESVALID3 -8MARCH2015AT PICK N PAY SUPERMARKETSANDHYPERMARKETS

Crosse&BlackwellMayonnaiseAssorted750g-790g Each

1890

SelatiWhiteSugar 2.5kg

2380SAVE R4

BUY2FOR

Rama Spreadfor Bread 40%Fat Spread1kg Tub

R49SAVE R20

Tastic Long GrainParboiled Rice2kg

1990

PnPNONAME™FreshWholeChickenwithGiblets Per kg

R28SAVE 5.95

PnPBulk Pork Braai Chops Per kg

R54

Traditional HotCross Buns 6s

1295

Albany SuperiorWhite Bread700g

1095

FRESH

Multiply membersearn up to10xyour pointswhen shopping at Pick n Pay.To activate your benefit, visit momentum.co.za/multiplyT’s & C’s apply.

Selected products on this page havebeen styled for photography

smart shopperpoints on hotcross buns

5xEarn

4690SAVE R15

Each

SA E

Skip Intelligent AutoWashing Powder2kg Flexi Bag orConcentratedLiquidDetergent900ml

Fanta, Sprite orStoney Assorted2 Litre Each

1350

2350SAVE 945

Simba Potato Chips Assorted125g

BUYANY 3FOR

Selebee

R59

SimonsbergFeta CheeseAssorted 200gEach

R20SAVE R9

Equatesto 10.50for a6 Pack

DanoneNutriDaySmooth Low FatYoghurt Assorted8 x100g Per Pack

R14

PnPBeef TexanSteak Per kg

OPENAccounts 6March2015

SAVE R10

’n ONDERWYSERES wat haar werwels in ’nperdry­ongeluk gekraak het, is onlangs deurmoderne tegnologie in staat gestel om weerhaar passie vir die onderwys uit te leef.Wouda Muller, ’n gr. 1­onderwyseres by

die Hoërskool Wilgerivier, het ’n interaktiewevisualiseerder en projektor ter waarde vanR12 000 van Solidariteit Helpende Handontvang. Weens haar besering is Muller setaak in die klaskamer aansienlik bemoeiliken was tegnologie haar enigste kans omweer gemaklik skool te hou.Helpende Hand se Skole­ondersteuning­

sentrum (SOS) bied op verskeie maniereondersteuning aan Afrikaanse onderwysersoor die land heen en het dadelik ingespringom Muller te help.’n Visualiseerder is ’n hoëresolusie­kame­

ra op ’n staander wat aan ’n projektorgekoppel word om ’n beeld lewensgrootteen ’n skerm te vertoon. ’n Onderwyser kanenigiets van boeke tot driedimensionelevoorwerpe onder die kamera sit om dit teendie skerm te vertoon. Die kamera kan ookvideo’s maak van die lesse wat aangebiedword.“Die SOS is daarop ingestel om onderwy­

sers se taak in die klaskamer te vergemakliken die gehalte van onderwys in Suid­Afrikate verbeter,” sê dr. Danie Brink, uitvoerendehoof van Helpende Hand. “Dié hulp ismeestal in die vorm van opleiding, kongres­se en kursusse, maar soms is dit in dievorm van praktiese bystand, soos ommoderne tegnologie te gebruik om ’nonderwyser in staat te stel om klas te gee.“Muller is die toonbeeld van ’n onderwyser

wie se hart en siel in die onderwys is en ditis ’n voorreg om haar op hierdie manier byte staan.”Gerrie Coetzee, hoof van die Hoërskool

Wilgerivier, sê dat dit vir die skool nood­saaklik was om die puik diens wat Mullerlewer te behou. “Sy is ’n skitterendeonderwyseres wat die Godgegewe talentontvang het om met jong kindertjies te kanwerk en ’n mens vervang nie maklik so ’npersoon in vandag se onderwysstelsel nie.”

Skoolhou nou virjuffrou makliker

WOUDA MULLER, ’n gr. 1-onnie by die Ho-erskoolWilgerivier, het ’n interaktiewe visu-aliseerder en projektor van Solidariteit Hel-pende Hand ontvang. Van links is Francoisde Klerk (voorsitter: beheerraad), Muller enGerrie Coetzee (hoof). Foto: Verskaf

PAULUS THAMAE, a level-three Offi-ce Administration student at the Ma-luti TVET College in Bethlehem, is notonly chairman of the college in Beth-lehem, but after a leadership coursein Winterton he became the first stu-dent of the Bethlehem Campus to bethe president of the whole MalutiTVED. Thamae says by leading thestudents het wants to make sure theystudy and excel. Photo: Lynda Greyling

Leads students

Page 6: Malutima 20150304

6 MALUTI, WOENSDAG 4 MAART 2015

ATLETE van die Laerskool Truida Kestell wat ná die Thabo Mofutsanyana-byeenkomsdeurgedringhet nadieVrystaatbyeenkoms is van links, voor: IzaanBarnard, JanadeJager,Basetsana Sempe, Brenda van Niekerk, Lize Fouché, Alexa van Wyk, Bianca Lessing enChinell Becker; agter: Johnny Willis, Henrico Janse van Rensburg, Jan-Herman Cillie, Du-an Viljoen, Dylan Zwahlen en Armand Lourens.

DAAR is baie Suid-Afrikaners wat die Proteasspan ondersteun en duim vashou datdie span die wêreldbeker wen. In Bethlehem is daar ’n hele paar krieketspelers wathul tegnieke en spel oefen sodat hulle self eendag dalk aan die toernooi kan deel-neem. Die opkomende jong krieketsterre is van links, voor: Ahmed Khan, HJ Pelsteren Hendré Bester; middel: Benade Marchant, Rucie Laubsher, Damian Zwahlen, Al-wyn Scholtz en Paul Naudé; agter: Jonathan Purchase, Jurie Knobel en AJ Myburgh.

ALTESAAM 22 atlete van die Laerskool Jordania het ná die Thabo Mofutsanyana-byeen-koms tot die Vrystaatbyeenkoms deurgedring wat in Sasolburg gehou word. Die atleteis van links, voor: Ané Beneke (verspring), Henco Coetzee (gewigstoot, diskus), JochananJonker (gewigstoot) en Tiaan Naudé (gewigstoot); agter: Gerard de Boer (70 m-hekkies),Christel Kotze (75 m-hekkies), Sue-Marie Claasens (150 m-hekkies), Lovell Loubser (hoog-spring) en Ryan Clack (verspring, 75 m). Foto: Verskaf

Dring deur na byeenkoms

SKOLENUUS

www.htaa.co.za

NAVRAE: SKAKEL tydens kantoorure: 053 574 0002EDDIE: 073 326 7777 DEWALD: 072 576 9828 JAN: 082 555 9084

VOLMAGVEILING VAN PUIK BLOEMFONTEIN-PLASEOP VRYDAG 13 MAART 2015 OM 11:00.

Behoorlik daartoe gelas deur Senwes, handelend kragtens 'n volmag van ERFPACHT BOERDERY TRUST, sal onsper openbare veiling die onderstaande plaaseiendomme te koop aanbied op die plaas Zoetvlei, distrikBloemfontein.

Ten einde die plaas Zoetvlei te bereik, neem uit Bloemfontein die Jagersfontein-teerpad vir 20 km en draai regs afop grondpad vir 3 km tot by plaas. Volg ons wegwysers vanaf Bloemfontein.

VASTE EIENDOMME1.1 Gedeelte 2 (van 1) van die plaas Zoetvlei No. 1048, distrik Bloemfontein, provinsie Vrystaat.

Groot: 137,0451 ha1.2 Gedeelte 3 (van 1) van die plaas Zoetvlei No. 1048, distrik Bloemfontein, provinsie Vrystaat.

Groot: 25,6960 ha1.3 Gedeelte 4 (van 1) van die plaas Zoetvlei No. 1048, distrik Bloemfontein, provinsie Vrystaat.

Groot: 25,6960 ha1.4 Gedeelte 5 (van 1) van die plaas Zoetvlei No. 1048, distrik Bloemfontein, provinsie Vrystaat.

Groot: 25,6960 haLIGGING: Die eiendom is geleë soos hierbo.VERBETERINGS: Op die eiendom is 'n netjiese vierslaapkamerwoonhuis met twee badkamers,sit-/eetkamer, TV-kamers, kombuis en opwaskombuis met 'n oppervlakte van 400 m² met teëldak. Daar is voorts 'n motorhuis vir 3voertuie, woonstel met badkamer en lapa van 100 m² met braaiarea en swembad. Twee stoorkamers, toegeboudestoor - 400 m²- met afdak, drie oop store van 200 m² elk. Daar is voorts 'n drie-slaapkamer-woning met sit-/eetkamer met kombuis – oopplan met 2 badkamers wat tans verhuur word teen R3 000 per maand. Daar is voorts'n ou woning as stoor, 4 netjiese arbeiderswoonhuise met krag en water, 5 kamers vir arbeiders.BESPROEIING EN INDELING: Die eiendom is ingelys vir 75 hektaar waterreg, maar tans is slegs 40 hektaarontwikkel deur middel van 2 Valley- spilpunte met 4 toegeruste boorgate met dompelpomp. Op die eiendom is ook3 damme. Plaas bestaan slegs uit 1 kamp en is alles ploegbaar.

2. Restant van die plaas De Hoop No. 320, distrik Bloemfontein, provinsie Vrystaat.Groot: 385,4394 ha.

LIGGING: Die eiendom is aangrensend aan die plaas Zoetvlei, aan die westekant.VERBETERINGS: Op die eiendom is 'n drie-slaapkamer-woonhuis met twee badkamers, sit-/eet-/TV-kamer mettwee toegeboude store van onderskeidelik 200 m² en 100 m².BESPROEIING EN INDELING: Die eiendom is ingelys vir 28 ha waterregte en daar is besproeiing deur middel van3 spilpunte, nl. 20 ha, 13 ha en 6,6 ha, verdeel in 3 kampe. Besproeiing geskied uit 7 boorgate met dompelpompe.Daar word voorts 10 ha besproei met goukoppelpype. Die eiendom is verdeel in 7 weidingkampe, ± 120 hektaarlande, verdeel in 3 kampe.AFSLAERSNOTA: Hierdie twee puik eiendomme kom selde in die mark en is diemoeite werd vir enige voornemende koper om te besigtig.BESIGTIGING: Per afspraak.

REGISTRASIEVEREISTES: R10 000 TERUGBETAALBARE DEPOSITO.FICA-vereistes – Besoek ons webwerf vir volledige vereistes.

VOORWAARDES: VASTE EIENDOM. 10% DEPOSITO van die koopsom is betaalbaar by toeslaanvan bod. GEEN KOPERSKOMMISSIE BETAALBAAR NIE. Vir die balans moet die KOPER 'ngoedgekeurde bankwaarborg verskaf binne 30 dae na datum van bekragtiging. ALLEFINANSIERING MOET VOORAF KLAAR GEREËL WEES. Volledige voorwaardes en veilingreëlsop www.htaa.co.za beskikbaar.

t: 053 574 0002f: 053 574 0192e: [email protected] 20Posbus 8Petrusburg9932

GEKA

NSEL

LEER

X1PTPNBM-KN030315

TE KOOP

ALLERLEI

1655

ALGEMENE &

HUISDIENSTE

ALLERLEI

1845

FOR ALL TOMB-STONES and repairs todamaged tombstones, aswell as epitaphs, etc.Phone 058 303 4840. BHM.

EIENDOMME

WOONSTELLE

TE HUUR

3250

Gemeubileerde tuin-woonstel te huur virenkelpersoon. R2 500 permaand. W en l ingesluit.Geen troeteldiere.Skakel 071 898 0513.

HUISE TE HUUR

3270

Middedorp: 2-slk-huis(dubbelverdieping). Grooterf. R3 000 p.m. plus R1000 munisip. en krag. Plusdeposito. Wilna 073 3376475.

Plaashuis 6 km vanBethlehem. 3-slk, 2 badk,garage. R4 700 p.m. plusEskom-krag ± R1 500 p.m.Skakel 074 748 3918slegs na-ure.

BETREKKINGS

3600

BETREKKINGS

GESOEK

3670

Anna soek werk as huis-hulp, kan kook en kinder-sorg. Maandag- Vrydag.Inslaap. Praat ENG.Skakel 076 073 2235.

Evelyn soek werk ashuishulp/gastehuis/restaurant. Praat ENG.5-3 dae per week.Skakel 074 460 8910.

GESOEK

3601

Benodig die diens van 'nkontrolebeheerdame metrekenaarondervinding. Posbehels skofte. Stuur ver-

korte CV na086 520 9418 of na

[email protected]

Benodig die dienste van* 'n Reaksiebeamptemet Graad C en rybewys.Pos behels skofte.Faks verkorte CV na086 520 9418 of e-pos na:[email protected]

SOEK, KOOP, VERKOOP

Page 7: Malutima 20150304

MALUTI, WOENSDAG 4 MAART 2015 7

HEERLIKER kan ’n mens nie kry nie: ’nWilde Weste­kroegete in die Coachman’sSaloon.Dié gewilde kuierplek by die Frontier Inn

& Casino het onlangs ’n nuwe spyskaartbekend gestel met ’n verskeidenheid omvan te kies en keur.Daar is heerlike varkribbetjies of vark­

tjops, kruisskyf (rump­steak) en T­been.Vir dié wat van burgers hou, is die

biltongburger beslis ’n moet.Engelse vis en skyfies en ander ligte

maaltye soos hoendervlerkies, ’n Duitseworsrolletjie en ’n Russiese footlong is ookbeskikbaar.Vir dié wat van ’n skerper smaak hou,

is daar ’n kerriegereg van die dag, gemaakmet speserye van die beste speserywin­kels aan die KwaZulu­Natalse kus. Vranet die kelner wat die gereg van die dagis.Vir diegene wat ’n gesonder maaltyd wil

kies, is daar die sjef se slaai of hoender­slaai om te beproef.Daar is geroosterde toebroodjies met ’n

verskeidenheid vulsels soos kaas, tamatie,uie en spek.Daar is ook voorsiening gemaak vir

kinders met eetgoed waarvan elkeen beslissal hou.Om ’n ete af te sluit is daar ’n sjokola­

demousse of heerlike kaaskoek en nogander nageregte om van te kies.Jy hoef ook nie net meer in die Coach­

man’s Saloon jou maaltyd te geniet nie. Jykan nou in die biertuin langs die Coach­man’s Saloon, wat deel van die kuierplekvorm, jou ete geniet. Vra net vir die kelnervir die spyskaart.Besoek gerus die Coachman’s Saloon.

Spyskaart hetnou meer skop

DIE Coachman’s Saloon spog met meeras net ’n nuwe spyskaart.Dié gewilde kuierplek by die Frontier

Inn & Casino het uitgebrei en het nouook ’n biertuin.Dit is op die grasperk langs die

Coachman’s Saloon aangebring. Diegebied is omhein om privaatheid teverleen. Daar is meer as genoeg sitpleken sambrele bied beskerming teen dieson.Saterdagaand (28/02) is die musiek­

aand, wat gewoonlik binne gehou word,vir die eerste keer daar gehou enklaarblyklik was dit baie gewild, want diebiertuin was vol mense.Volgens Lizelle Tulleken, bemarkings­

bestuurder van die Frontier Inn &Casino, word allerhande interessantevermaak wat in die biertuin aangebiedsal word, beplan, onder meer ’n potjie­kosete.Soos binne by die Coachman’s Saloon

is daar daagliks tussen 16:00 en 17:00happy hour, waar daar afslag op sekeredrankies sal wees.Die Coachman’s Saloon, wat bekend

is vir sy verskeidenheid heerlike skemer­kelkies, bied nou Vrydagaande met syskemerkelkie­koors (coctail fever)skemerkelkies teen halfprys.Jy hoef regtig nie by die ou bekende

skemerkelkies te hou nie. Wat van ’ncosmopolitan of ’n tequila sunrise, ’npiña colada of ’n Manhattan? Vra net diekelner vir die spyskaart, die verskeiden­heid is so groot, jy sal beslis iets kankies waarvan jy hou.Gedurende die middelste naweek en

laaste Sondag van die maand tussen

12:00 en 15:00 bied die Coachman’sSaloon ’n heerlike buffet­ete aan. Die kostevir volwassenes is R130 en kinders jongeras 12 betaal R80. Lede van die winnerscirlcle­program betaal minder.Het jy al gehoor van jou rekening wat

verbrand word en iemand anders betaal ditvir jou? Met die Coachman’s Saloon seBurn your Bill­promosie sal ’n toesighouer

tussen 12:00 en 15:00 al die tafels waarmense eet se tafelnommer in ’n houergooi, waarna een van die nommersgetrek sal word.Dié wie se nommer getrek word se

ete sal dan deur die Frontier Inn &Casino betaal word.Besoek gerus die Coachman’s Saloon.

Hier kry jy waarde vir jou geld.

Biertuin bied ekstra kuiergebied

DIE nuwe biertuin langs die Coachman's Saloon bied ’n heerlike kuierplek met baiesitplek.

X1PTXQH5-MA040315

Page 8: Malutima 20150304

SportSportKoerant met hart The paper with heartI

CHRISTINE STANDER en Brian van der Haer het op die Bethlehem-tennisklub seklubkampioenskap in die gemengde dubbelspel teen Ilonke Lawrence en GerhardMarx te staan gekom. Lawrence en Marx het gewen. Van links is Stander, Van derHaer, Lawrence en Marx. Foto: Verskaf

Swaai raket in dubbelspel

DIE Bethlehem­hengelvereniging se eertemerietekompetisie vir die jaar is by dieMeribadam gehou.Almal het die nuwe jaar se hengel met

ywer aangepak en groot sakke vis is inge­weeg.Die uitslae vir die dag is soos volg, met die

getal vis gevang en die gewig tussen hakies:Senior mans: Hans Kleynhans (54,

26,365 kg), Phillip Lawrence (45, 15,524 kg),Bielie van der Walt (38, 18,513 kg), RassieVermaak (32, 16,875 kg), Christo Kriek (34,13,814 kg), Robin van der Walt (34,13,227 kg), Thys Booyens (30, 14,011 kg),Jano Karelsen (27, 9,890 kg), Piet Coetzee(21, 9,508 kg), Johan van Rensburg (16,7,026 kg) en Wicus Lengenhager (7,3,555 kg).

Vroue (met getal vis en gewig tussenhakies):Ilonke Lawrence (44, 17,105 kg), Marietjie

Kleynhans (39, 16,946 kg), Cherise Mostert(33, 16,329 kg), Ernesta van der Walt (25,10,808 kg), Chantel Kleynhans (24, 9,524 kg)en Nanette Jonker (3, 1,772 kg).

Penkop-afdeling: AJ Myburgh (10,3,616 kg).Lede van die publiek wat belang stel om

sosiaal of kompeterend te hengel worduitgenooi om Christo Kriek (tesourier) by083­267­6024 te bel om by dié visserigeaffêre betrokke te raak.

Só vang ’nmens vis

HANSKLEYNHANSwas die wenner van dieeerste hengelbyeenkoms van die Bethle-hem-hengelaarsvereniging.

AJ MYBURGH het die penkop-afdeling ge-wen. Foto’s: Verskaf

Dr.DJBezuidenhoutDr.DJBezuidenhoutTandartsTandarts DentistDentistNoNood: 07od: 071 98200081 9820008

De Leeuw straat 4,

TTeell: 058 3: 058 303 510203 5102

Bethlehem Mediese SentrumX1PLLBV1-MA040215

Mortimer Toyota Bethlehem37 Kerk Street, Bethlehem – Tel. 058 303 5441www.mortimertoyota.co.za

Mortimer Toyota ReitzSarel Cilliers Street, Reitz – Tel. 058 863 2831

ONS GEE JOU TOT R42 000 KONTANT TERUG IN JOU SAK

OF INRUIL BYSTAND BESKIKBAAR

• Nationwide delivery• While stocks last• Offer valid until 31/03/2015• Terms and Conditions apply

South Africa's top selling SUV since 2006

KRY JOU

TOYOTA FORTU

NER VANDAG

• Landswye aflewering• Terwyl voorraad hou• Aanbod geldig tot 31/03/2015• Termes en voorwaardes geld

X1PTTR99-MA040315