9
Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 22 nr 3 5 Februarie 2015 Vinkie Laerskool Fairland BELANGRIKE DATUMS 24 Februarie VVF – Barnyard (fondsinsameling) 28 Februarie – 1 Maart Seniorkoor-kamp 3 Maart Beheerliggaamverkiesing: Nominasies open 10 Maart Beheerliggaam: Algemene Ouerverkiesing 6 Maart – 8 Maart Pa en seun- en Ma en dogternaweek UIT DIE HOOF SE KANTOOR Atletiek Baie geluk aan die atlete wat hulle Vrydag so goed van hul taak gekwyt het. Baie dankie aan al die ouers wat die skool so getrou ondersteun. Baie sterkte aan al die atlete wat Maandag 9 Februarie aan die interlaer gaan deelneem. Interlaer Maandag 9 Februarie sal die skool gesluit wees. Daar is reeds Maandag ‘n brief met die nodige inligting aan al die ouers per e-pos gestuur. Voltooi asb. die skeurstrokies sodat daar vroegtydig reëlings getref kan word. Klasma-vergadering Baie dankie aan elke klasma wat die vergadering bygewoon het en ook aan die wat nie daar kon wees nie, maar bereid is om as klasma op te tree. Baie dankie ook aan Maritza Rothmann wat die vergadering gelei het. VAN DIE BEHEERLIGGAAM BEHEERLIGGAAMVERKIESING 10 MAART 2015 (Alle ouers met leerders in gr. R tot gr. 7) Ons wil graag ter inligting aan u ‘n paar reëlings deurgee in verband met: Nominasie van kandidate Indien u ‘n ouer wil nomineer, moet die ouer ‘n onkreukbare reputasie hê, oor geskikte kwalifikasies beskik vir die relevante portefeuljes en steeds ‘n kind in die skool hê. Die ouer moet sy/haar beskikbaarheid bevestig deur ‘n getekende dokument (nominasievorm) wat by die skool beskikbaar is. Afskrifte van ID-dokumente moet saam met die nominasie ingehandig word. Die voltooiing van ‘n volmagvorm (proxy) Indien ‘n stemgeregtigde ouer nie die verkiesingsvergadering kan bywoon nie, mag die ouer aan ‘n ander stemgeregtigde ouer volmag verleen om namens hom/haar te stem. Die volmagvorms moet vooraf voltooi word en moet ook deur die relevante ID-afskrifte vergesel word. Elke kieser is geregtig daarop om twee volmagstemme uit te bring namens die kiesers. Hierdie volmagstemme tel ook as deel van die kworum. Geen ongetekende of ongemagtigde volmagvorms sal ten tye van die verkiesing aanvaar word nie. Die stemproses Tydens die stemproses word die volgende prosedure gevolg: Kiesers registreer deur op die kieserslys afgemerk te word (ID as bewys vereiste). Kiesers kry ‘n stemregbewys (token) vir elke stem wat hy mag uitbring. Maksimum is 3 bewyse. Een vir self en 2 volmagstemme. Nominasievergadering vind plaas om laaste geleentheid vir nominasies te verleen. Nominasies sluit 5 minute voor verkiesing begin. Kiesers luister na kort voorstelling van al die genomineerde kandidate waarna hulle die stemregbewyse mag ruil vir stembriewe waarop al die kandidate se name in genommerde volgorde verskyn. Kiesers bring hul stem in die geheim uit en plaas stemme in ‘n verseëlde houer wat na afloop van die verkiesing onder toesig van die hoofverkiesingsbeampte oopgemaak en getel sal word. Die uitslag van die verkiesing sal na afloop van die telproses bekend gemaak word. Dit is uiters noodsaaklik dat daar ‘n kworum kiesers teenwoordig moet wees vir die verkiesing om voort te gaan. ‘n Kworum is 15% van die name op die kieserslys, dus 250. Ons doen dus ‘n ernstige beroep op ons ouers om hierdie belangrike verkiesing by te woon. Neem asb. in ag dat die verkose lede u kind se skoolbelange vir die volgende 3 jaar moet behartig en besluite gaan neem wat u as ouer, direk raak. Ons maak staat op julle ondersteuning en teenwoordigheid. Finansies: Die skool beskik nou oor kredietkaartfasiliteite. Sien asb. ook op die School Communicator (Bronne/Algemeen) belangrike inligting ten opsigte van betaling van skoolgeld en ook ander gelde.

Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 ... · inligting aan al die ouers per e-pos gestuur. Voltooi asb. die skeurstrokies sodat daar vroegtydig reëlings getref kan word

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 ... · inligting aan al die ouers per e-pos gestuur. Voltooi asb. die skeurstrokies sodat daar vroegtydig reëlings getref kan word

Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 22 nr 3 5 Februarie 2015

Vinkie Laerskool Fairland

BELANGRIKE DATUMS24 Februarie VVF – Barnyard (fondsinsameling)28 Februarie – 1 Maart Seniorkoor-kamp3 Maart Beheerliggaamverkiesing: Nominasies open10 Maart Beheerliggaam: Algemene Ouerverkiesing 6 Maart – 8 Maart Pa en seun- en Ma en dogternaweek

UIT DIE HOOF SE KANTOORAtletiekBaie geluk aan die atlete wat hulle Vrydag so goed van hul taak gekwyt het. Baie dankie aan al die ouers wat die skool so getrou ondersteun.Baie sterkte aan al die atlete wat Maandag 9 Februarie aan die interlaer gaan deelneem.InterlaerMaandag 9 Februarie sal die skool gesluit wees. Daar is reeds Maandag ‘n brief met die nodige inligting aan al die ouers per e-pos gestuur. Voltooi asb. die skeurstrokies sodat daar vroegtydig reëlings getref kan word.Klasma-vergaderingBaie dankie aan elke klasma wat die vergadering bygewoon het en ook aan die wat nie daar kon wees nie, maar bereid is om as klasma op te tree.Baie dankie ook aan Maritza Rothmann wat die vergadering gelei het.

VAN DIE BEHEERLIGGAAMBEHEERLIGGAAMVERKIESING 10 MAART 2015 (Alle ouers met leerders in gr. R tot gr. 7)Ons wil graag ter inligting aan u ‘n paar reëlings deurgee in verband met:Nominasie van kandidateIndien u ‘n ouer wil nomineer, moet die ouer ‘n onkreukbare reputasie hê, oor geskikte kwalifikasies beskik vir die relevante portefeuljes en steeds ‘n kind in die skool hê. Die ouer moet sy/haar beskikbaarheid bevestig deur ‘n getekende dokument (nominasievorm) wat by die skool beskikbaar is. Afskrifte van ID-dokumente moet saam met die nominasie ingehandig word.

Die voltooiing van ‘n volmagvorm (proxy)Indien ‘n stemgeregtigde ouer nie die verkiesingsvergadering kan bywoon nie, mag die ouer aan ‘n ander stemgeregtigde ouer volmag verleen om namens hom/haar te stem. Die volmagvorms moet vooraf voltooi word en moet ook deur die relevante ID-afskrifte vergesel word. Elke kieser is geregtig daarop om twee volmagstemme uit te bring namens die kiesers. Hierdie volmagstemme tel ook as deel van die kworum. Geen ongetekende of ongemagtigde volmagvorms sal ten tye van die verkiesing aanvaar word nie.Die stemprosesTydens die stemproses word die volgende prosedure gevolg:• Kiesers registreer deur op die kieserslys afgemerk te word (ID as bewys vereiste). Kiesers

kry ‘n stemregbewys (token) vir elke stem wat hy mag uitbring. Maksimum is 3 bewyse. Een vir self en 2 volmagstemme.

• Nominasievergadering vind plaas om laaste geleentheid vir nominasies te verleen. Nominasies sluit 5 minute voor verkiesing begin.

• Kiesers luister na kort voorstelling van al die genomineerde kandidate waarna hulle die stemregbewyse mag ruil vir stembriewe waarop al die kandidate se name in genommerde volgorde verskyn. Kiesers bring hul stem in die geheim uit en plaas stemme in ‘n verseëlde houer wat na afloop van die verkiesing onder toesig van die hoofverkiesingsbeampte oopgemaak en getel sal word. Die uitslag van die verkiesing sal na afloop van die telproses bekend gemaak word.

• Dit is uiters noodsaaklik dat daar ‘n kworum kiesers teenwoordig moet wees vir die verkiesing om voort te gaan. ‘n Kworum is 15% van die name op die kieserslys, dus 250.

• Ons doen dus ‘n ernstige beroep op ons ouers om hierdie belangrike verkiesing by te woon. Neem asb. in ag dat die verkose lede u kind se skoolbelange vir die volgende 3 jaar moet behartig en besluite gaan neem wat u as ouer, direk raak. Ons maak staat op julle ondersteuning en teenwoordigheid.

Finansies: Die skool beskik nou oor kredietkaartfasiliteite. Sien asb. ook op die School Communicator (Bronne/Algemeen) belangrike inligting ten opsigte van betaling van skoolgeld en ook ander gelde.

Page 2: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 ... · inligting aan al die ouers per e-pos gestuur. Voltooi asb. die skeurstrokies sodat daar vroegtydig reëlings getref kan word

2

VERJAARSDAEBaie geluk aan die volgende personeel wat verjaar:Louise le Roux - 1 FebruarieJohan Kamper - 10 FebruarieOns glo en vertrou dat jul nuwe lewensjaar voorspoedig en geseënd sal wees.

REDAKSIE Is jy voorbereid vir Februarie? Die kortste kort maand? Dis natuurlik ook die warmste maand en die maand van liefde. Die gedagte kom by my op dat ‘n mens verantwoordelik en met groot ontsag te werk moet gaan as jy besluit waaraan jy die grootste gedeelte van jou dag gaan afstaan. Uit die aard van ons bestaan, gaan die grootste deel gewoonlik oor jou beroep en as jy nog in die skool is, daaroor. Vir volwassenes is dit redelik eenvoudig. Jy staan op, gaan werk, gee aandag aan jou gesin en gaan slaap. Herhaal. Die gelukkiges onder ons het uitgewerk hoe om die gym, ‘n storieboek, bietjie retail therapy en jou gunsteling sepie daar iewers in te pas. Vir julle ouens: ‘n Goue ster! Ons kinders staan egter gevaar om op ‘n jong ouderdom reeds in die moeilikheid te beland wat hulle tydsbesteding betref. Dit kom voor asof daar twee uiterstes is: Die een groep doen maar so min as moontlik werk van ‘n konstruktiewe aard. Hulle het geen of bitter min leiding ten opsigte van beplanning van ‘n studieprogram en word merendeels oorgelaat aan hulle eie oordeel. Hierdie kinders sukkel later om by te hou met programme wat al hoe meer van hulle vereis en is geneig om langs die pad moed te verloor. Die ander groep is presies die teenoorgestelde. Hulle word met groot erns en passie deur hulle ouers “bestuur” en elke moontlike spaar tydjie word gevul met lesse en klasse en afrigting. Dis wonderlik vir die prestasiegedrewenes, maar kan die gevolg hê dat ook hierdie kinders iewers langs die pad moed verloor. Wat is dan die oplossing? “Matigheid in alles,” sê die oumense. En ek dink hulle was reg. Maak tyd om te lewe. Hou op om alles te jaag. Jy hardloop net in die rondte en kom weer by die begin uit. (Jou eie stert?) Stop! Haal diep asem en dink vir 60 sekondes of dit wat jy op daardie oomblik doen, waarde aan jou lewe toevoeg. As jy nie kan besluit nie, is dit tien teen een nie so belangrik nie en kan jy maar gou ‘n bietjie met jou hond speel, of na jou rose gaan kyk of sommer net sit en luister.Ek gun jou hierdie komende week ‘n paar ekstra minute van net “wees”.Erika

AKADEMIEToetsrooster: Eerste Kwartaal 2015

Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7

Vr. 6 Februarie Afrikaans Afrikaans Afrikaans Afrikaans

Vr. 13 Februarie Wiskunde Engels Wiskunde Wiskunde

Vr. 20 Februarie Engels Wiskunde Engels Engels

Di. 24 Februarie LV

Vr. 27 Februarie NW LV SW EBW

Di. 3 Maart SK

Vr. 6 Maart SW NW NW SW

Di. 10 Maart Tegnologie

Vr. 13 Maart LV SW LV NW

KULTUURSENIORKOORHierdie jaar gaan ‘n opwindende nuwe jaar wees met baie geleenthede en selfs weer die geleentheid om ons staal te wys op die kassie. Ons gaan weer aan die Sing in Harmonie-kompetisie deelneem, wat beloof om hierdie jaar nog groter en beter te wees. Ons gaan kamp, ons gaan kuier, ons gaan sing en ons gaan dit alles voluit doen. So stof jou stembande af en kom neem deel aan die seniorkoor vir 2015. Indien enige leerders van gr. 4 tot gr. 7 nog belangstel om oudisies te kom aflê, gee asb. jou naam vir juf. Chrisné om ‘n tyd te reël.OefentyeDinsdae 17:00 tot 19:00 in die saal.Koorwerkswinkel Saterdag 7 Februarie 2015 09:00 tot 12:00 in die saal.Koorkamp (LEKKER!)27, 28 Februarie en 1 Maart 2015JUNIORKOOROefentyeOefeninge sal op 12 Februarie begin vanaf 14:00 – 15:30 in die skoolsaal.Enige leerders wat nog ‘n oudisie wil kom aflê is welkom om met die eerste oefening te kom vir ‘n oudisie.NEANEA-diplomawenners van 2014 het uitnodigings ontvang om aan die 2015 “Young Performer Awards”-kompetisie deel te neem.Eerste rondte: 16 Februarie – 24 MaartKwarteindrondte: 14 – 18 AprilHalfeindrondte: 05 – 08 MeiEindrondte: 16 MeiKoste: R360 per inskrywing (1 deelnemer) R380 per inskrywing (2-5 deelnemers) R530 per inskrywing (6 of meer deelnemers) Inskrywings het nou gesluit.

Page 3: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 ... · inligting aan al die ouers per e-pos gestuur. Voltooi asb. die skeurstrokies sodat daar vroegtydig reëlings getref kan word

3

SPORTKAAPTOER: 19 – 23 JulieVoorlopige spanne wat saamtoer is soos volg:1ste rugby-, netbal- en hokkiespanne (hokkieseuns en -dogters)Tennis: Seniorseuns en –dogters A-spanneATLETIEKBaie dankie aan al die atlete wat deelgeneem het. Dit het baie goedgegaan met ons atlete.

Uitslae was soos volg:L/s Hennopspark - 665L/s Fairland - 605L/s Kenmare - 578L/s Fairland - 711Komende Vrydag is dit ons laaste vriendskaplike byeenkoms en dit vind plaas teen L/s Randhart (weg). Sterkte aan al ons atlete!Aksiefoto’s van byeenkomsBesoek gerus hierdie webtuiste (www.nickysmit.co.za) om aksiefoto’s van atletiek te bestel.Atletiekgroete - Nicky Cronjé

HOKKIED10-proeweDogters neem op die volgende dae deel aan die proewe:o/12 : 10 Februarie 17:30 – 19:00 St. Stithianso/13 : 17 Februarie 17:30 – 19:00 St. StithiansSpelers moet 30 minute voor dié tye aanmeld.NETBALo/13 - 31 Maart – 4 April Georgeo/10 – o/13 - 17 – 19 April (A- tot D-spanne) RalokaMINI-NETBALDaar is op 29 Januarie op ons bane ‘n mini-netbalkursus vir alle o/6- tot o/9-speelsters aangebied. Die dogters het in groot getalle opgedaag en is in sessies van 2 ure elk besig gehou met verskillende aanvallende vaardighede, voetwerk, balvaardighede en speletjies. Die volgende kursus wat meer op die verdediging sal fokus, word gehou op Donderdag 5 Februarie en sal weer soos volg in twee sessies opgedeel word:0/6 en 0/7 - 13:30-15:300/8 en 0/9 - 16:00-18:00Ons hoop om weer so baie dogters daar te sien!Juf. LillianRUGBYRugbyvaardighedeRugbyvaardighede vind van Maandag tot Woensdag plaas. Die rugbyseuns wat nie deelneem aan die atletiek nie, moet asb. die oefeninge bywoon sodat hul kan fiks word in vaardighede en kondisionering.1ste sessie vir die juniors (0/9 tot o/11)2de sessie vir seniors (o/12 tot o/13)Konkadatumso/9A - 19 – 21 Maart 2015o/10A - 23 – 25 Maart 2015o/11A - 6 – 9 April 2015o/13A - 30 Maart – 2 April 2015Dean BenadieTENNISSeniorsBelangrike datumsGauteng-sentraal tennisproewe (dogters): 7 Februarie en 8 FebruarieUitslae: Seniorseuns A- en B-span vs. TinityHouse (Randpark) Die seniorseuns tennisspanne het teen ‘n baie verbeterde TrinityHouse Randpark tennisspan gespeel en ongelukkig verloor.

Page 4: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 ... · inligting aan al die ouers per e-pos gestuur. Voltooi asb. die skeurstrokies sodat daar vroegtydig reëlings getref kan word

4

5. Deon Muller 5. Lea Simpson6. Christian Strauss 6. Marguerite du Toit7. Marcel Steyn 7. Maria Kotze8. Ruben Aucamp 8. Jeanemari Hattingh9. Ian Hattingh 9. Isabella du Toit10. Zack van Niekerk 10. Chanel Fourie11. Jean Oosthuizen12. Jacques Scheltema13. Corné de Fouw14. Ian van Heerden15. Dylan Buys16. Bernard Ankersmit17. Jarik Engelbrecht18. Simon Kilian19. Duan Brittion20. Aiden Venter21. Andries de Kock22. Leon Frederick23. Kevin OppermanBethlehemDie top 8 seuns en top 4 dogters sal aan die Truida Kestell-tennistoernooi deelneem. U sal binnekort al die inligting in verband met die toernooi ontvang.DatumsVertrek Woensdag 22 AprilEindig Saterdag 25 AprilSKAAKOefening:Gr. 1 : Maandag – Donderdag Naskool tot 14:15 Kamer 22Gr. 2 – 3 : Donderdag 14:00 – 15:00 Kamer 27Gr. 4 – 7 : Donderdag 15:00 – 16:30 Kamer 31

INLIGTINGSENTRUMATKV-KINDERBOEKTOEKENNING 2015)Hier volg die leeslys vir 2015:Gr. R – 1 : VoorleeskategorieBennie Boekwurm vertel lekker stories deur Louise SmitDie coolste ouma op aarde deur Marita van der VyverKoebaai, gorilla deur Jaco JacobsSakkie Slakkie en ander stories deur Pierre Coetzee

LigawedstrydeSpelers begin reeds op 28 Januarie met ligawedstryde. Die top 6 dogters en top 12 seuns neem deel.Dogters A - 11 Februarie - Unika - tuis 18 Februarie - BYE 25 Februarie - Fontainebleau - tuis 4 Maart - BYE 11 Maart - Curro Aurora - tuisSeuns A - 5 Februarie - Louw Geldenhuys - weg 12 Februarie - Unika - tuis 19 Februarie - BYE 26 Februarie - Fontainebleau - tuis 5 Maart - BYE 12 Maart - Crawford Sandton - tuisSeuns B - 5 Februarie - Rivonia - weg 12 Februarie - Fontainebleau - tuis 19 Februarie - KDVP - tuis 26 Februarie - Louw Geldenhuys - tuis 5 Maart - Crawford Lonehill - tuis 12 Maart - Bryanston - wegDaagwedstrydeDaagwedstryde vir die seuns is gesluit. Die daagwedstryde sal weer, sodra die ligawedstryde afgehandel is, open. Datums sal later beskikbaar wees.Oefeninge by Jean de LangeOefeninge by Jean de Lange vind op Maandagoggende (07:00 – 08:00) plaas. Die top 8 seuns en dogters MOET hierdie oefeninge bywoon. Indien ‘n speler wegbly sonder ‘n geldige rede, sal die speler sy/haar plek in die span verloor.Oefeninge het op 19 Januarie begin.JUNIORSOefeningDie top 8 seuns en top 8 dogters het op Maandag 19 Januarie begin oefen. Dit is baie belangrik dat alle spelers die verpligte oefeninge sal bywoon. Seuns moet by juf. Lizahn verskoning maak en dogters by juf. Penny.Tyd: Maandae 16:00 – 17:00 Philip LawsonRangleer JuniorsSeuns Dogters1. Reuben du Toit 1. Carla Dannhauser2. Juan Neveling 2. Ané Dannhauser3. Karl van der Westhuizen 3. Kara Schreuder4. Fouché Maré 4. Karla Rooseboom

Page 5: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 ... · inligting aan al die ouers per e-pos gestuur. Voltooi asb. die skeurstrokies sodat daar vroegtydig reëlings getref kan word

5

Gr. 2 – 3 : SelfleeskategorieDie dingesfabriek: Jannus en Kriek krimp deur Elizabeth WassermanPlons deur Fanie ViljoenProfessor Fungus 5: Dino-avontuur deur Jaco JacobsProfessor Fungus 6: Robotkrisis deur Jaco JacobsSlym en die towertapyt deur Fanie ViljoenSuperboetie deur Jaco JacobsGr. 4 – 5 : SelfleeskategorieDie eerste gimkana deur Mary SadlerDie poniehoewe-klub deur Mary SadlerNina en die funky eksperiment deur Elizbe van der ColffSanri Steyn 1 : Doktor Zombos se geheime formule deur Theresa van BaalenSanri Steyn 2 : Die aliens oorkant die straat deur Theresa van BaalenSpeurhond Willem en die diamantdiewe deur Elizabeth WassermanStalmaats 15: Stormnag deur Lize RouxStalmaats 16: Wegholrit deur Lize RouxZackie Mostert en die meisie-moles deur Jaco JacobsZackie Mostert en die wriemelende wurmkoekies deur Jaco JacobsGr. 6 – 7 : SelfleeskategorieBloujaar deur Keina SwartBrigadier en die raaiselponie deur Marga JonkerCity Girl en die swart hings deur Marga JonkerEggo’s in die Skimberge deur Kobie KrugerLang Henning en die groot bankroof deur Mary SadlerNova 5: Eindspel deur Fanie ViljoenSoene, sonroom en seestrome deur Nerine AhlersWian Verwey het ‘n crush op my deur Tania BrinkAl die bogenoemde boeke is bestel en 2 lesers per klas (gr. 2 – gr. 4) sal geїdentifiseer word om deel te neem aan die leesprojek. Gr. 5- tot gr. 7- leerders wat belangstel om aan die projek deel te neem, mag hul name vir juf. Leanie gee. Enige leerder wat egter belangstel om deel te neem, mag privaat die boeke bekom of by ‘n openbare biblioteek die boeke uitneem. Gaan kry net ‘n stembriefie by juf. Leanie as jy die boeke klaar gelees het, sodat jy kan stem vir jou gunsteling boek.Lekker leesgroete!Leanie Taljaard

ALGEMEENVERE-KASVere-kas-tye:

MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG

Oggend 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40

Middag 13:30-14:00 13:00-13:30 13:00-13:30 13:30-14:00 Gesluit

Vere-kasgroeteLillian Ankersmit082 324-5034STERRE VAN DIE WEEKKriteria:Op ‘n Donderdag wys elke klasopvoeder een wenner aan.Moontlike gedrag waarna gekyk word tydens die week:• Algemene samewerking in die klas - Nederigheid• Algemene netheid - Korrekte skooldrag - Organisasie van werkruimte - Hantering van boeke• Beleefdheid - Groet – personeel / werkers / mede-leerders• Hulpvaardigheid - Opvoeders / maats• Mededeelsaamheid• Respek• Betyds vir - Skool - By aantreeplek• Gesels tydens - Klaswerk, aantree, klaswisseling, in die saal (Opening/ Gewyde sang)• Gedrag tydens klasverwisseling• Gedrag tydens KDA• Uitskree• Boeke verloor• Krutaal• Boeliegedrag• Bitsigheid• Gevaarlike speletjies

Page 6: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 ... · inligting aan al die ouers per e-pos gestuur. Voltooi asb. die skeurstrokies sodat daar vroegtydig reëlings getref kan word

6

Karen Nel & Charné WritesSLUITKASSIESSluitkassies beskikbaar teen R150.00 per jaar. Vir navrae kontak Adele Ekron in die algemene kantoor.

“Venez danser avec moi” - Dit beteken “kom dans met my” in die mooiste liefdestaal – FransValentynsokkie - 11 Februarie 2015Kaartjies (R50 elk) by juf. Charmaine – sluit worsbroodjie en koeldrank in.Onthou van jou “Message in a Bottle”.“TOUCH RUGBY”Sondae tussen 15:00 en 17:00. Alle skoolkinders, broers en pa’s wat wil “touch rugby” speel, is welkom om elke Sondag te kom saamspeel.ADVERTENSIEBORDE Die bord op die hoek van Marketstraat en 7de Laan is pas nuut oorgedoen. Die volgende opsies is beskikbaar:12 spasies: 1.18m x 0.46m (Koste: R1500 per spasie jaarliks)(Die koste sluit die maak van die borde uit.)Kontakpersoon: Karén Reyneke ([email protected])KONTAK ASB. DIE KANTOOR IN VERBAND MET MYSCHOOL-, MAKRO- EN SCHOOL AND LEISURE-KAARTE.

Enige ander relevante gedragspatrone van ‘n week kan bygevoeg word – unieke situasies ontstaan.Gedragspatrone kan positief of negatief interpreteer word.Daar word gepoog om aan soveel moontlik leerders in ‘n klasgroep die positiewe erkenning van “Ster van die Week” te gee, maar ‘n leerder moet die erkenning waardig wees – dit word nie lukraak toegeken nie.Week: 30 Januarie 2015Gr. 1/18 : Rentia Grové Gr. 1/22 : Nina NieuwoudtGr. 1/24 : Chemené Mentz Gr. 1/25 : Donna de WetGr. 1/26 : Chané Liebenberg Gr. 1/27 : Niel MaraisGr. 2/14 : Joané Vorster Gr. 2/15 : Mia van der MerweGr. 2/16 : Nicola du Plessis Gr. 2/17 : Mischa OlivierGr. 2/21 : Anja Botha Gr. 2/23 : Mila ViljoenGr. 3/12 : Simon du Plooy Gr. 3/13 : Seeff DannhauserGr. 3/28 : Jessica Meyer Gr. 3/29 : Juané BooysenGr. 3/45 : Lara van Metzinger Gr. 3/46 : Armand OlvierVRIENDE VAN FAIRLANDKom ondersteun Vriende van Fairland se Barnyard-funksie ten bate van behoeftige gesinne van Laerskool Fairland.‘n Genotvolle aand van ‘Platinum Jukebox - 10 Decades of Song & Dance’ word aangebied.Datum : Dinsdag 24 Februarie 2015Plek : Die Cresta Barnyard TeaterTyd : 18:30, vertoning begin 20:00Koste : R160.00 per persoonBesprekings : Vir kaartjies en gasvrouens wat tafels wil hê, kontak Alet Beyl by [email protected] of skakel haar op 082 654 4087. ALLE PA’s EN SEUNSKorrespondensie is vroeër hierdie week aan oudste/enigste seuns uitgedeel. Die besprekingsbrief is ook op die School Communicator beskikbaar (Bronne/Algemeen).KampgroeteFraser Muller083 449 3422MA EN DOGTER-KAMP (6 - 8 MAART 2015)“Every adventure requires a first step.” The Cheshire CatBesprekings vir ons jaarlikse kamp het reeds verlede jaar oopgemaak. Bel gerus vir Adele Ekron in die kantoor om jul plekke te bespreek. Besprekings sluit 20 Februarie 2015. Moenie ons avontuur misloop nie!! “There is a place. Like no place on Earth. A land full of Wonder, Mystery and Danger! Some say to survive it, you need to be as Mad as a Hatter. Which luckily I am. “ - The Mad Hatter

SLUITKASSIES Sluitkassies beskikbaar teen R150.00 per jaar. Vir navrae kontak Adele Ekron in die algemene kantoor.

“Venez danser avec moi” - Dit beteken “kom dans met my” in die mooiste liefdestaal – Frans Valentynsokkie - 11 September 2015 Kaartjies (R50 elk) by juf. Charmaine – sluit worsbroodjie en koeldrank in. Onthou van jou "Message in a Bottle". “TOUCH RUGBY” Sondae tussen 15:00 en 17:00. Alle skoolkinders, broers en pa‟s wat wil “touch rugby” speel, is welkom om elke Sondag te kom saamspeel. ADVERTENSIEBORDE

Die bord op die hoek van Marketstraat en 7de Laan is pas nuut oorgedoen. Die volgende opsies is beskikbaar:

12 spasies: 1.18m x 0.46m (Koste: R1500 per spasie jaarliks) (Die koste sluit die maak van die borde uit.) Kontakpersoon: Karén Reyneke ([email protected])

Page 7: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 ... · inligting aan al die ouers per e-pos gestuur. Voltooi asb. die skeurstrokies sodat daar vroegtydig reëlings getref kan word

7

AKTIWITEITE BUITE SKOOLVERBANDSWEMDankie aan die leerders wat verlede week deelgeneem het aan die swemproewe. Die swemspan sal die week bekend gemaak word. Indien u kind nie die span gehaal het nie, moet hul asseblief aanhou oefen vir die volgende swemproewe wat vroeg in die 4de kwartaal sal plaasvind vir die aflos - swemgala’s.Die eerste swemgala vind op Vrydag 6 Februarie plaas by North West Christian School.

ADVERTENSIES POTTEBAKKERY-KLASSEPottebakkery-klasse: Kinders en volwassenes. Beginners en gevorderde studente. Ontspanne en kreatiewe omgewing, kom leer van handwerk, wielwerk modelleer en verf of keramiek.Skakel Rika by Bohlokoa Studio, Kesselstraat 169, Fairland. Skakel: 011 678 2797 of 082 330 4246.VOLDAG ADMINISTRATIEWE POS IN FAIRLAND BESKIKBAAR Ideale beginnerspos vir ‘n student of pensionaris is beskikbaar om dadelik te begin. Kandidaat moet oor eie vervoer beskik, in Wesrandarea woon, MS Excel vaardig wees en oor goeie kommunikasievaardighede beskik. R4 500 p/m. E-pos CV teen 10 Feb. na [email protected] HET JY JOU LYF DIE VAKANSIE VERWAARLOOSSlimming-, toning- en naelsalon in Cornelisstraat – oorkant Laerskool Fairland. Besoek gerus ons webblad, www.bodyreinventions.com of kontak vir Judy by 083 740-8026.VALENTYNSVERKOPE 2015!Ons maak hierdie jaar Valentynsdag EKSTRA spesiaal. Kom kyk gerus tot Vrydag 13 Februarie na die pragtige, unieke geskenkies wat te koop aangebied word. Ons verkoop selfs pragtige ingevoerde artikels van China, spesiaal en sorgvuldig gekies. Daar is iets vir almal. Wys jy gee om en kom koop: • Pragtige botteltjies vol sweeties met ‘n groot hart daarop, • Ekstra GROOT hartjiekoekies (yum)• Oulike pakkies lekkers met sêgoed op,• Pragtige handgemaakte hartjie oorbelletjies, borspelde en ringetjies,• Boekies vol Valentynsplakkers,• Pakkies met hartjie marshmallows in,• Message in a bottle (stuur vir iemand ‘n geheime boodskappie.)• Pragtige sagte beertjies• Langsteel-rose• Harte op steeltjies• Stresballe• En nog baie meer!Kom maak ‘n draai, ons is elke pouse op die rugbyveld. Bring sakke vol geld!Ons het jou ondersteuning nodig!

PROFESSIONELE KONSULTANT VIR DIE VERKOOP EN KOOP VAN EIENDOMMEKontant: Bets Louw 082 8631817 / e-posadress: [email protected] MA MET JOU EIE INKOMSTE…Ek help ma’s om geld van die huis af te maak en sodoende kosbare tyd saam met hul kinders te geniet. Skakel my gerus dan wys ek jou hoe ek dit gedoen het. Antoinette Venter: 0826592240HAPPY TRANSITIONS

Dr Lanie Nieuwenhuizen van Happpy Transitions bied die volgende temperament ouerskap kursus aan op Donderdag 26 Februarie 2015 van 9:00-12:00.• Wil jy weet waarom jou een kind baie meer sensitief is as die ander … en hoe hanteer ek

dit?• Wil jy jou kind met wie jy gereeld koppe stamp beter verstaan?• Wil jy weer in beheer wees van jou huis en nie jou kinders nie?• Soek jy praktiese raad vir daaglikse dissipline?• Stel jy belang om die uniekheid en individualiteit van elkeen in jou gesin te verstaan, te

waardeer en te bevorder?Dit is slegs ‘n paar aspekte wat tydens die temperament-werkswinkel behandel word. Na afloop van hierdie kursus sal jy jou interaksie met jou familie, jou verhouding met jou kinders en jou huwelik met jou man verbeter! Maak julle emosionele laste ligter maar julle lewe saam voller!Tyd is van 9:00-12:00 en die koste beloop R550 per persoon. Dit sluit kursusmateriaal asook ligte verversings in. Slegs beperkte plekke beskikbaar. Dit vind plaas by Fontainebleau Gemeenskapskerk in Rabiestraat.Vir meer inligting besoek ons webwerf bywww.happpytransitions.co.za (let wel die happpy is met 3 p’s gespel), of kontak ons by [email protected] of by 082 822 5394

VALENTYNSVERKOPE 2015! Ons maak hierdie jaar Valentynsdag EKSTRA spesiaal. Kom kyk gerus tot Vrydag 13 Februarie na die pragtige, unieke geskenkies wat te koop aangebied word. Ons verkoop selfs pragtige ingevoerde artikels van China, spesiaal en sorgvuldig gekies. Daar is iets vir almal. Wys jy gee om en kom koop:

· Pragtige botteltjies vol sweeties met „n groot hart daarop, · Ekstra GROOT hartjiekoekies (yum) · Oulike pakkies lekkers met sêgoed op, · Pragtige handgemaakte hartjie oorbelletjies, borspelde en ringetjies, · Boekies vol Valentynsplakkers, · Pakkies met hartjie marshmallows in, · Message in a bottle (stuur vir iemand „n geheime boodskappie.) · Pragtige sagte beertjies · Langsteel-rose · Harte op steeltjies · Stresballe · En nog baie meer!

Kom maak „n draai, ons is elke pouse op die rugbyveld. Bring sakke vol geld!

Ons het jou ondersteuning nodig!

Page 8: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 ... · inligting aan al die ouers per e-pos gestuur. Voltooi asb. die skeurstrokies sodat daar vroegtydig reëlings getref kan word

8

1.

Wen fliekkaartjies en bederf jou

Valentyn

Skryf ‘n gedig van 8 strofes en gebruik die volgende woorde:

Lees, leer, presteer, liefde

Epos jou inskrywing met volledige kontakbesonderhede, naam, graad en skool

na [email protected]

Sluitingsdatum: 11 Februarie 2015

Wenner sal telefonies gekontak word.

www.edublox.co.za

HET JY JOU LYF DIE VAKANSIE VERWAARLOOS Slimming-, toning- en naelsalon in Cornelisstraat – oorkant Laerskool Fairland. Besoek gerus ons webblad, www.bodyreinventions.com of kontak vir Judy by 083 740-8026. VRIENDE VAN FAIRLAND – BARNYARD: 24 FEBRUARIE 2015

VRIENDE VAN FAIRLAND – BARNYARD: 24 FEBRUARIE 2015

PROFESSIONELE KONSULTANT VIR DIE VERKOOP EN KOOP VAN EIENDOMME Kontant: Bets Louw 082 8631817 / e-posadress: [email protected]

WEES MA MET JOU EIE INKOMSTE… Ek help ma's om geld van die huis af te maak en sodoende kosbare tyd saam met hul kinders te geniet. Skakel my gerus dan wys ek jou hoe ek dit gedoen het. Antoinette Venter: 0826592240

PROFESSIONELE KONSULTANT VIR DIE VERKOOP EN KOOP VAN EIENDOMME Kontant: Bets Louw 082 8631817 / e-posadress: [email protected]

WEES MA MET JOU EIE INKOMSTE… Ek help ma's om geld van die huis af te maak en sodoende kosbare tyd saam met hul kinders te geniet. Skakel my gerus dan wys ek jou hoe ek dit gedoen het. Antoinette Venter: 0826592240

CONVERT PRECIOUS FAMILY VIDEOS TO DVD

ALL FORMATSLPs TO CD

DUPLICATING THE DVD WIZ LINDA 082 416 8616

www.thedvdwiz.co.za

Page 9: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 ... · inligting aan al die ouers per e-pos gestuur. Voltooi asb. die skeurstrokies sodat daar vroegtydig reëlings getref kan word

9

DRAMA

kreatiewe

Drama opleidingAlle genres

Mimiek Improvisasie

Toneel

Kunswedstrydafrigting

Redenaars afrigting

altyd le

kker!

Ontwikkeling van selfvertroue om voor ‘n gehoor te kan optree, kommunikasievermoëns en

Stimulering van kreatiewe denke, vaardighede, eie talente en uniekheid as skepsels van God. Versterking van die eiewaarde en opbou van ‘n positiewe selfbeeld. Spraakvaardighede, korrekte uitspraak, asemhaling, ontspannings-oefeninge en stembeheer.

BankbesonderhedeAlmarida ReyneckeFNB CrestaTjek rekening:62264639546

Betaling die 1ste week van elke kwartaal

Gebruik asb u kind se naam en van as verwysing

E-POSBewys vanbetaling

± 10 leerders per groep

Groepsklasse

Een uur sessie per week

Fooi: R550per leerderper TERMYN

Naam & Van:

Datum van Geboorte:

Skool & Klas:

Naam van Ouer/Voog::

Kontak Besonderhede (Werk):

Kontakbesonderhede (Sel):

E-pos adres:

1ste keuse:DinsdagWoensdagDonderdagVrydag

2de keuse:

Registrasie-Vorm:

DinsdagWoensdagDonderdagVrydag

Termesvoorwaa

rdes

navrae

083 454 2703

[email protected]

interaksie met individue en groepe.