11
1 Kaartjies vir produksies vanaf 2 November 2020 by Computicket beskikbaar. Toneelproduksies Wat As Toneel: Drama Met Francois Jacobs, Adriaan van As en Simone Pretorius Teks: Kanya Viljoen Regie: André Odendaal Gradering: Geen o/14 (Taal) Tydsduur: 80 min Datum en tyd: Wo 16 Des 18:00; Do 17 Des 10:00; Vr 18 Des 15:00; Sa 19 Des 09:00 Venue: Nelspruit Laerskool Prys: R152 Debuut Ondersteun deur NATi en Standard Bank Innibos. Drie skoolvriende oorleef ’n tragiese motorongeluk waarin van hul skoolvriende dood is. Nou, 16 jaar later, ontmoet die drie mekaar weer onverwags in ’n kroeg en probeer sin maak van wat daardie nag gebeur het. Soos hulle ou koeie uit die sloot grawe, kom geheime op die lappe en word skokkende onthullings gemaak. Is daar rus en vrede te vind op die bodem van die glas en skuldige gewetes? ’n Kragtoer die verlede in wat jou aan die hart sal raak. Dobbel Toneel: Drama Met Susanne Beyers, Illse Roos, Cintaine Schutte en Carla Smith Teks: Retief Scholtz Regie: Lara Bye Vervaardigers: Artist Warehouse & Retief Scholtz Produksies Gradering: Ouerbegeleiding Gesin Tydsduur: 75 min Datum en tyd: Wo 16 Des 10:00; Do 17 Des 18:00; Vr 18 Des 10:00; Sa 19 Des 14:00 Venue: Mbombela Stadsteater

mekaar weer onverwags in ’n kroeg en probeer sin maak van ... · depressie en hopeloosheid. Die verhaal wat volg is verrassend, aweregs en uniek en lewer skerp en spitsvondige

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: mekaar weer onverwags in ’n kroeg en probeer sin maak van ... · depressie en hopeloosheid. Die verhaal wat volg is verrassend, aweregs en uniek en lewer skerp en spitsvondige

1

Kaartjies vir produksies vanaf 2 November 2020 by Computicket beskikbaar.

Toneelproduksies

Wat As

Toneel: Drama Met Francois Jacobs, Adriaan van As en Simone Pretorius Teks: Kanya Viljoen Regie: André Odendaal Gradering: Geen o/14 (Taal) Tydsduur: 80 min Datum en tyd: Wo 16 Des 18:00; Do 17 Des 10:00; Vr 18 Des 15:00; Sa 19 Des 09:00 Venue: Nelspruit Laerskool Prys: R152 Debuut Ondersteun deur NATi en Standard Bank Innibos.

Drie skoolvriende oorleef ’n tragiese motorongeluk waarin van hul skoolvriende dood is. Nou, 16 jaar later, ontmoet die drie mekaar weer onverwags in ’n kroeg en probeer sin maak van wat daardie nag gebeur het. Soos hulle ou koeie uit die sloot grawe, kom geheime op die lappe en word skokkende onthullings gemaak. Is daar rus en vrede te vind op die bodem van die glas en skuldige gewetes? ’n Kragtoer die verlede in wat jou aan die hart sal raak.

Dobbel

Toneel: Drama Met Susanne Beyers, Illse Roos, Cintaine Schutte en Carla Smith Teks: Retief Scholtz Regie: Lara Bye Vervaardigers: Artist Warehouse & Retief Scholtz Produksies Gradering: Ouerbegeleiding Gesin Tydsduur: 75 min Datum en tyd: Wo 16 Des 10:00; Do 17 Des 18:00; Vr 18 Des 10:00; Sa 19 Des 14:00 Venue: Mbombela Stadsteater

Page 2: mekaar weer onverwags in ’n kroeg en probeer sin maak van ... · depressie en hopeloosheid. Die verhaal wat volg is verrassend, aweregs en uniek en lewer skerp en spitsvondige

2

Prys: R152 Debuut Ondersteun deur NATi en Standard Bank Innibos.

Jy kan baie dinge oor Vera Rossouw sê, maar sy het wraggies haar beste probeer. Al is Vera kromgetrek deur die lewe en haar lyf moeg, is haar gees steeds bloedjonk en haar humorsin vlymskerp. Haar geheue is volgepak met herinneringe van ’n leeftyd. Vera volg haar lewe lank haar eie kop. Sy maak nie verskoning nie en sy laat haar nie voorsê of intimideer nie. Vera se dae was eens op tyd besig. Hier waar sy egter nou is, het “Hoe meer dae, hoe meer dinge” verander in “Hoe meer dae, hoe mínder dinge”. Gister was wat môre gaan wees, elke dag presies dieselfde. Máár, vandag is Vera se dag vol geboek, daar is besoekers en êrens wil sy darem nog kaart speel ook. Besluite moet ook gemaak word, of sy nou daarvan hou of nie. En wanneer alles te veel raak en die besluite te moeilik raak, dan kan sy altyd die uitkoms op geluk baseer. Want niemand vertel vir Vera hoe sy haar besluit moet maak nie. Waaraan hou jy vas wanneer jy ná ’n leeftyd

net één ding gaan onthou, en belangriker — wat kan jy meer doen as om net jou beste te probeer?

Leengoed

Toneel: Tragi-komedie Met Tobie Cronjé en Wynand van Vollenstee Teks: Wynand van Vollenstee Regie: Gert van Niekerk Gradering: Geen o/14 (Taal) Tydsduur: 70 min Datum en tyd: Wo 16 Des 18:00; Do 17 Des 10:00; Vr 18 Des 15:00; Sa 19 Des 10:00 Venue: Mbombela Stadsteater Prys: R152 Debuut Ondersteun deur NATi en Standard Bank Innibos

Page 3: mekaar weer onverwags in ’n kroeg en probeer sin maak van ... · depressie en hopeloosheid. Die verhaal wat volg is verrassend, aweregs en uniek en lewer skerp en spitsvondige

3

Vanjaar smee die legendariese Tobie Cronjé en Wynand van Vollenstee kragte saam en bring ʼn splinternuwe tragikomedie na Innibos. ʼn Aspirerende internasionale operasanger ontvang slegte tyding en hy besluit om al sy mooiste antieke meubels en versamelstukke sommer by ʼn vlooimark te gaan verkoop vir ʼn appel en ʼn ei – die huis moet leeg. Maar die lewe loop sy eie draaie met jou, want hier ontmoet hy die 72-jarige oom Hennie, ʼn kort-van-draad man wat ook geen kind of kraai het nie. Hierdie is die aangrypende verhaal waar twee oënskynlike vreemdelinge, vanuit twee verskillende wêrelde, onwetend by mekaar antwoorde vind. ’n Verrassende ommekeer en onvoorspelbare slot sal die gehoor boei tot die einde. In hierdie verhaal kom elke swerwer tog huis toe en alle soeke na onsself vind ons in ander. Soms in dié van wie ons dit die minste van verwag... Leengoed is uitstekend, oorspronklik en verrassende vermaak vir elke persoon wat al ooit nagedink het oor die lewenspad wat ons kies en dit wat vanself ons pad kruis. Foto’s deur Jaco Bothman van Empire Photography.

Die Grapmakers

Toneel: Absurde komedie Met Neels van Jaarsveld en Michelle Botha Teks en Regie: Lizz Meiring Vervaardiger: Giep van Zyl Gradering: Geen o/16 (Taal ) Tydsduur: 65 min Datum en tyd: Wo 16 Des 10:00; Do 17 Des 18:00; Vr 18 Des 10:00; Sa 19 Des 13:00 Venue: Nelspruit Laerskool Prys: R152 Debuut

Ondersteun deur NATi en Standard Bank Innibos

Komedie is geen grap nie, dis ʼn ernstige saak! “Waar kom grappe vandaan?” is ʼn vraag wat telkens in gesprekke opduik. Wie skep die humor rondom gebeure? Wie draai binne minute die tragiese om in die humoristiese? Hier is die antwoord. Oftewel, die fiktiewe antwoord. Iewers, in ʼn stowwerige, vergete kantoor, sedert die begin van tyd – sit twee uitgeworpe muse. Dié twee hanteer die humorafdeling, maar hulle is in die moeilikheid. Die mensdom is nie meer mensslim en oopkop genoeg om humor te verstaan, te aanvaar en te waardeer nie. En as hulle hul werk en doel verloor, verdwyn hulle in die universele groot swart gat van depressie en hopeloosheid. Die verhaal wat volg is verrassend, aweregs en uniek en lewer skerp en spitsvondige

Page 4: mekaar weer onverwags in ’n kroeg en probeer sin maak van ... · depressie en hopeloosheid. Die verhaal wat volg is verrassend, aweregs en uniek en lewer skerp en spitsvondige

4

kommentaar oor die waarde van humor vir die mens. Dit bevat sterk, slim satire oor die verlies van die vermoë om vir onsself en andere met deernis te lag.

Kamphoer – die verhaal van Susan Nell

Toneel: Drama Met Sandra Prinsloo Teks: Cecilia du Toit, Sandra Prinsloo en Lara Foot Gegrond op die topverkoper en debuutroman Kamphoer deur Francois Smit en die niefiksie-publikasie The Boer Whore deur Nico Moolman Regie: Lara Foot Stel- en beligtingsontwerp: Patrick Curtis Klankontwerp, klankbaan en komposisie: Simon Kohler Kostuumontwerp: Mariechen Vosloo en Birrie le Roux Verhoogbestuurder: Jeanne Steenkamp Vervaardig deur Theatrerocket Moontlik gemaak deur KunsStig Gradering: Geen o/14 (Geweld, Seks, Vooroordeel) Datum en tyd: Wo 16 Des 10:00; Do 17 Des 18:00; Vr 18 Des 10:00; Sa 19 Des 15:00 Venue: Laeveld Laerskool Tydsduur: 75 minute Prys: R152 Gegrond op ʼn ongelooflike ware verhaal, vertolk Suid-Afrikaanse legende Sandra Prinsloo die uitdagende rol van Susan Nell wat gedurende die Anglo-Boereoorlog (1899–1902) in ʼn konsentrasiekamp beland waar sy deur twee Britse offisiere en ’n joiner wreedaardig verkrag en vir dood agtergelaat word. Sy oorleef die gruweldaad en reis gedurende die Eerste Wêreldoorlog na ʼn psigiatriese hospitaal in Engeland waar haar paaie kruis met een van haar

verkragters, waar hy as pasiënt aan bomskok lei. Met dié herontmoeting word Susan opnuut gekonfronteer met die pyn en vernedering van haar verlede.

Beeld skryf: “Sandra Prinsloo speel dié rol met oorgawe.” Stronk beskryf dit as “ ’n kragtige drama wat diep tref” en “Prinsloo se kragtoer as Susan Nell het die gehoor verdwaas gelaat. Trane het in baie oë geblink ná ’n staande ovasie.” Jan-Jan Joubert skryf in sy resensie vir Maroela Media: “Dit is meesleurend. Beter teater gaan jy nie sommer kry nie, en as jy dit misloop, is dit onontkenbaar jou verlies”. Dié kragtige drama het talle toekennings ingeryg na vyfster resensies en uitverkoopte vertonings. Hierdie pragstuk is ook bekroon met ʼn kykNET Fiësta-toekenning vir die Beste Solo-vertoning.

Page 5: mekaar weer onverwags in ’n kroeg en probeer sin maak van ... · depressie en hopeloosheid. Die verhaal wat volg is verrassend, aweregs en uniek en lewer skerp en spitsvondige

5

Schalk sing sleg

Toneel: Stand-up Komedie Met Schalk Bezuidenhout en Wesley van der Westhuizen Feesdebuut Vervaardiger: Erns Grundling Gradering: Geen o/16 (Taal) Datum en tyd: Sa 19 Des 16:00 Venue: Nelspruit Laerskool Tydsduur: 70 min Prys: R142

Schalk Bezuidenhout het geen bekendstelling nodig nie. Dié 27-jarige krulkop met die kenmerkende truitjie is volksbesit sedert hy in 2015 vir Trever Noah geopen het. Met drie puik eenmanvertonings, die hoofrol in die veelbekroonde Kanarie, die rol van die geliefde Danny in die kykNET-reeks Hotel en as nuusanker in die satiriese Die Ware Naarheid, het Schalk die afgelope jare in kykers en gehoorlede se harte gekruip. Hy

is bekend as ʼn vreeslose én skreeusnaakse komediant. Vanjaar is Schalk terug by Innibos met ʼn splinternuwe vertoning wat stand-up komedie met vlymskerp liedjies kombineer. Hy mag dalk in ʼn koor gesing het en hy was dalk selfs ʼn kanarie op die silwerdoek, maar die slotsom is: Schalk sing sleg. Of sing hy regtig sleg? Schalk deel die verhoog met die talentvolle musiekonderwyser, komponis en uitvoerende kunstenaar Wesley van der Westhuizen. Wesley speel verskeie instrumente, Schalk tree dus nie op met backtracks soos een of ander snotkop met ʼn snor nie. Kom tuit jou ore en lag jouself ʼn papie, want Schalk se liedjies sal jou laat mis, eet, slaap, herhaal én skater!

Die Pomporrelkonsert

Toneel: Komedie Met Johny Klein Teks: Ferdinand Deist verwerk deur Frans Swart Regie: Frans swart Gradering: Gesin Datum en tyd: Vr 18 Des 15:00 Venue: Laeveld Laerskool Tydsduur: 75 minute Prys: R142 Die Sandveldse streektaal en stories uit Ferdinand Deist se pen is volksbesit. Hy het geskryf oor kleurvolle karakters, sommige groter as lewensgroot, uit daardie smal landboustreek tussen die Swartland en die Weskus.

Page 6: mekaar weer onverwags in ’n kroeg en probeer sin maak van ... · depressie en hopeloosheid. Die verhaal wat volg is verrassend, aweregs en uniek en lewer skerp en spitsvondige

6

Akteur Johny Klein het op RSG as’t ware ’n stem gegee aan dié kosbare verhale, en nou kry hierdie vertellings lyf by op die verhoog in Die Pomporrelkonsert. Jy sal jou verkneukel, uit die maag lag en so sommer ook wonder of alles is soos dit klink.

My Oom se Vrou se Plekkie

Toneel: Klug Met Etienne du Plessis, Johan Joubert, Ana van Achterbergh, Marissa Claasen, Elma Potgieter, Botha Enslin, Francois van Rensburg, Janè Swanepoel, Juanita Mardon Teks: Ray Cooney en John Chapman, vertaal deur Cobus Venter en Estelle Venter Regie: Frans swart Gradering: Ouerbegeleiding Geen o/13

Datum en tyd: Wo 16 Des 19:00; Do 17 Des 10:00; Vr 18 Des 19:00; Sa 19 Des 09:00 Venue: Laeveld Laerskool Tydsduur: 135 minute Prys: R162

My Oom se Vrou se Plekkie speel af in die baie elegante dakwoonstel van Phillip en Jeanette Martins. Die woonstel is pas opgeknap en het leeggestaan. Phillip is ʼn baie eerbare kinderboekuitgewer, en deel ʼn kantoor met sy vennoot Henry Loots, op die grondvloer van dieselfde gebou. Phillip stem teen sy sin in dat Henry die woonstel een aand leen om sy nuutste vriendin te trakteer. Terselfdertyd word Jeanette deur Linda, Henry se vrou, oortuig om dieselfde woonstel vir haar te leen sodat sy haar nuutste minnaar kan trakteer. Maar wat

Page 7: mekaar weer onverwags in ’n kroeg en probeer sin maak van ... · depressie en hopeloosheid. Die verhaal wat volg is verrassend, aweregs en uniek en lewer skerp en spitsvondige

7

niemand weet nie, is dat die binnehuisversierder, wat die afgelope drie maande aan die woonstel gewerk het, besluit het om vir die au pair, Sylvie, die nuwe, ronde bed te wys. En ja, dit alles gebeur op dieselfde aand! Kom lag jouself ʼn papie vir al die misverstande, onderduimshede en guitighede.

Boeke Innibos

Innibos Boeke-crawl

Met Carina Stander, Joshua na die Reën, Chris van Niekerk, Luna Paige en Johnny Klein Datum en tyd: Do 25 Junie 14:00, 16:00 en 18:00 Plek: Kaapsehoop Tydsduur: 240 minute Gradering: Volwassenes Prys: R302 (ligte verversings en drinkgoed ingesluit) Busse vertrek vanaf NG Kerk Westergloed se parkeerterrein, Koraalboomstr. 36. Produksie ondersteun deur LW Hiemstra Trust, Silver Mist Country Lodge, Kaapsche Hoop Gastehuis en Van Loveren-wyne Woorde wat magiese wêrelde skep gee vanjaar die toon aan by die gewilde Innibos Boeke-crawl op die klein bergdorp Kaapsehoop met sy eiesoortige atmosfeer. Die eerste stop is by Long Creek Lodge wat hom leen tot intieme huisteater. Hier lees Johnny Klein voor uit tekste wat nie net die verbeelding prikkel nie, maar ’n mens soms ook uitasem laat vanweë ’n wending wat die krop van die maag tref. Luna Paige, sanger, musiekmaker en self ’n woordkunstenaar, verskaf die gepaste klankbaan.

Skrywer Carina Stander en Joshua na die Reën wag ons in by die klein kapel. Carina se tweede boek in die Bergengel-trilogie, Wonderwese, neem ons verder op reis deur die mitologiese Gabriëllië. Haar meegaande kunswerke ontsluit hierdie enigmatiese wêreld, terwyl Joshua na die Reën se gevoelvolle musiek ’n perfekte pasmaat is. Waar is daar ’n beter plek as onder die wye sterrehemel om die Boeke-crawl met ’n hoogtepunt af te sluit in die geselskap van die verhaal van Die klein prinsie soos voorgelees deur stemkunstenaar Chris van Niekerk. Ons volg die reise van die prinsie met sy geel serp deur die heelal en word weer verwonderd deur die onskuld en wysheid van die kind, ook binne ons. Regie deur Naòmi Morgan.

Page 8: mekaar weer onverwags in ’n kroeg en probeer sin maak van ... · depressie en hopeloosheid. Die verhaal wat volg is verrassend, aweregs en uniek en lewer skerp en spitsvondige

8

Leefstyl-produksies

The Ultimate Kasi Experience @Innibos

Date: Sat 27 June Time: 12:00 – 22:00 (Meals served from 15:00 – 16:30) Venue: Casambo Exclusive Lodge Cost: 150 p/p

Come enjoy a buffet of traditional African and township dishes such as Umbhidvo,Mugodu (tripe), Lidombolo (dumplings), Emancina (port trotters), Kasi peri peri chips, etc. The delightful aromas interesting flavours of the local foods brought here for you to enjoy as part of your Innibos experience. Paired with local drinks, vibrant live entertainment and local craftsmen whose products you can admire or buy. The artist who will participate are Tshepang Dean, MaryJane, NaT The DJ and the poet Menzi Mkhonza. The memory of

The Ultimate Kasi Experience will linger long after you have gone home. Come and savour a taste of Africa. For reservations call 081 844 0505.

The Creative Club@Innibos Kunstefees

Kom geniet al hierdie klasse saam met ander feesgangers en steek die kreatiewe vure aan die brand! Skakel 0829583614 om te bespreek vir die klasse. Onthou daar is net ʼn beperkte aantal plekke beskikbaar. Bespreek vroegtydig om teleurstelling te voorkom. Vir die volledige program, besoek gerus Innibos se webtuiste by www.innibos.co.za Leefstyl: Handwerkkunsklasse

Botaniese relief print

Gradering: Volwassenes Tydsduur: 3 ure Datum en tyd :Ma 14 Des 9:00 tot 12:00 Venue: The Creative Club, Suikerriet straat 12, Central Park Prys: R500

In hierdie werkswinkel gaan regte blomme en kruie gebruik word en hulle prag gaan in spogprodukte verewig word. Maak ʼn afdruk van die blomme in spesiale klei en giet dan ʼn versterkte gipsmengsel binne in die klei. Die gips verhard en die blomme se beeld bly agter

in die gips. Ons gaan een groot ronde paneel en vier kersboomversierings. Die werkswinkel sluit alle materiale asook ʼn ligte vinger ete, koffie en tee in. Skakel 0829583614 om te bespreek vir die klasse.

Page 9: mekaar weer onverwags in ’n kroeg en probeer sin maak van ... · depressie en hopeloosheid. Die verhaal wat volg is verrassend, aweregs en uniek en lewer skerp en spitsvondige

9

Leefstyl: Handwerkkunsklasse

Egte leer clutch handsakkie en leertossel-sleutelhouer

Gradering: Volwassenes Tydsduur: 4 ure Datum en tyd :Ma 14 Des 13:00 tot 16:00 Venue: The Creative Club, Suikerriet straat 12, Central Park Prys: R500

Maak ʼn oulike egte leerhandsakkie vir binne in jou handsak vir penne, grimering of iets elegant vir ʼn aand uit. Stik self die panele met die hand vas en versier met leer stikgaring of stempel jou voorletters op die sakkie. Ons gebruik egte beesleer. Kies jou eie kleur stikgaring en afwerkingstegniek. Geen ervaring is nodig nie, al die voorbereidingswerk is klaar gedoen. Die werkswinkel sluit al die

materiale asook ʼn ligte vingerete, koffie, tee en wyn in. Skakel 0829583614 om te bespreek vir die klasse. Leefstyl: Handwerkkunsklasse

Handgestikte egte leer belt

Gradering: Volwassenes Tydsduur: 3 ure Datum en tyd :Di 15 Des 9:00 tot 12:00 Venue: The Creative Club, Suikerriet straat 12, Central Park Prys: R500

Kom sny en stik jou eie leerbelt aanmekaar. Gebruik gekleurde stikgaring om die belt met garing te versier in ʼn Boho-ontwerp. Ons gebruik egte beesleer en garing spesiaal ontwerp vir leer. Jy kan ook jou voorletters in die belt druk. Die werkswinkel sluit alle materiale asook ʼn ligte

vingerete, koffie en tee in. Skakel 0829583614 om te bespreek vir die klasse. Leefstyl: Handwerkkunsklasse

Hars (Resin) juwele- en sleutelhouers

Gradering: Volwassenes Tydsduur: 3 ure Datum en tyd :Di 15 Des 13:00 tot 16:00 Venue: The Creative Club, Suikerriet straat 12, Central Park Prys: R500

Maak ʼn pragtige stel hars (resin) juwele met ʼn sterling silwer hangertjie en bypassende oorbelle. Kies jou en ʼn geliefde se voorletters en skep twee bypassende sleutelhouers. Ons gaan ook ʼn juweliersbakkie met hars en verf versier. Gebruik gedroogte blomme of pinata-ink om jou skeppings uniek te

maak. Die werkswinkel sluit alle materiale asook ʼn ligte

Page 10: mekaar weer onverwags in ’n kroeg en probeer sin maak van ... · depressie en hopeloosheid. Die verhaal wat volg is verrassend, aweregs en uniek en lewer skerp en spitsvondige

10

vingerete, koffie en tee in. Skakel 0829583614 om te bespreek vir die klasse. Leefstyl: Handwerkkunsklasse

Sement verf

Gradering: Volwassenes Tydsduur: 3 ure Datum en tyd: Wo16 Des 9:00-12:00 Venue: The Creative Club, Suikerriet straat 12, Central Park Prys: R500

Sementverf kan absoluut op enige materiaal of objek gebruik word en kan enige iets na sement laat lyk. Daar is die mooiste kleure beskikbaar. Herwin ʼn ou lelike pot, raam of beeld en gee selfs ʼn kombuiskas ʼn tweede kans met die gebruik van sementverf. Dit is koste-effektief en kan binne en buite gebruik word. Alle materiale is ingesluit en jy sal ook leer om die verf op ten minste drie maniere te gebruik. Kom geniet ook ʼn

heerlike vingerete, koffie, tee en vrugte sap sal beskikbaar wees. Skakel 0829583614 om te bespreek vir die klasse. Leefstyl: Handwerkkunsklasse

Verf jou familie

Gradering: Volwassenes

Tydsduur: 3 ure Datum en tyd: Wo 16 Des 13:0 tot 16:00 Venue: The Creative Club, Suikerriet straat 12, Central Park Prys: R450

Verf skattlike oulike hout poppies wat jou familielede voorstel en ook ʼn huisie wat jy teen ʼn muur of op ʼn tafel kan plaas. Daar is tot diere houtpoppies vir die viervoetige familielede. Kom verewig die karakter van jou familie op hierdie prettige en oulike manier. ʼn Vars verandering op die tradisionele familiefoto. Alle materiale word verskaf. Kom geniet ʼn lekker glasie wyn saam met ʼn vingerete. Koffie, tee en sap sal ook voorsien word. Skakel

0829583614 om te bespreek vir die klasse. Leefstyl: Handwerkkunsklasse

Bad- en skoonheidsprodukte

Gradering: Volwassenes en kinders vanaf 12 jaar en ouer Tydsduur: 3 ure Datum en tyd : Do 17 Des 9:00 tot 12:00 Venue: The Creative Club, Suikerriet straat 12, Central Park Prys: R350

Page 11: mekaar weer onverwags in ’n kroeg en probeer sin maak van ... · depressie en hopeloosheid. Die verhaal wat volg is verrassend, aweregs en uniek en lewer skerp en spitsvondige

11

Kom maak sommer ʼn mandjie vol lekker bederfprodukte vir jou familie en vriende. In die werkswinkels gaan ons soliede lyfroom maak, lyfskrop-produkte, lipversorger en aroma-klippies. Dit is die perfekte kersgeskenk - mooi verpak met oulike etikette- reg om iemand se hart te verbly. Kinders vanaf 12 is welkom om die klas by te woon, maar moet deur ʼn ouer vergesel word. Verversings, koffie, tee en sap sal beskikbaar wees. Skakel 0829583614 om te bespreek vir die

klasse. Leefstyl: Handwerkkunsklasse

Hydro-dip terracotta potplanthouers

Gradering: Volwassenes en kinders vanaf 12 Tydsduur: 3 ure Datum en tyd: Do 17 Des 13:00 tot 15:00 Venue: The Creative Club, Suikerriet straat 12, Central Park Prys: R350

Kom versier 3 potte vir jou huis of tuin. Potte word binne verskillende kleure spuitverf in water gedompel vir ʼn

pragtige kleurvolle effek. Ons verskaf saadjies vir plant en ook oulike potmerkers vir jou skeppings. Kinders vanaf 12 welkom sou hulle deur ʼn ouer vergesel word. Sluit alle materiale asook verversings, koffie tee en sap in. Skakel 0829583614 om te bespreek vir die klasse. Leefstyl: Handwerkkunsklasse

Gemengde media en wyn aand

Gradering: Volwassenes Tydsduur: 3 ure Datum en tyd: Di 15 Des 17:00 tot 20:00; Wo 16 Des 17:00 tot 20; Do 17 Des 17:00 tot 20:00 Venue: The Creative Club, Suikerriet straat 12, Central Park Prys: R350

Kom skilder en borduur twee borduurrame met akrieliese verf volgens verskeie temas en leer hoe om borduur- en plaktegnieke te gebruik. Kies uit verskeie temas soos botanies, Fridah Kahlo en lynfigure. Geen ervaring van skilder is nodig nie. Kom geniet ʼn heerlike vingerete, wyn en ʼn lekker melktertjie-ysie as nagereg. Skakel 0829583614 om te bespreek vir hierdie genotvolle aand.

Hierdie program is onderhewig aan veranderinge en Innibos kan slegs plaasvind indien die inperkings deur die owerhede opgehef word.