Messiaanse Seder Pakket

Embed Size (px)

Citation preview

  • 8/2/2019 Messiaanse Seder Pakket

    1/9

    Ingesluit in

    die pak:

    Bybelklub vir Kinders

    Messiaanse

    Seder

    Pakket

  • 8/2/2019 Messiaanse Seder Pakket

    2/9

    Messiaanse Seder

    Wat is 'n Messiaanse Seder?

    Die Messiaanse Seder Paasmaaltyd is 'n maaltyd waar

    ons die tyd in Egipte gedenk toe God, deur Moses, Sy

    mense uit Egipte bevry het. Die Egiptiese farao het God

    se mense vrygelaat nadat die Engel van die dood elkeeersgeborene in Egipte laat sterf het. Almal behalwe die

    Israeliete se eersgeborenes. God het vir hulle ges om

    bloed van 'n lam op hulle deurkosyne te verf, elke Israeliet

    wat dit gedoen het se eersgeborene is gespaar. Dit was

    die instelling van die Paasfees. God het vir Sy mense

    verduidelik wat Hy wil h hulle moet eet met Paasfees enhoe hulle die dag moet vier.

    Eksodus 11 - 12

  • 8/2/2019 Messiaanse Seder Pakket

    3/9

    Messiaanse SederWat behels die maaltyd?

    God het 'n spesifieke lys kos voorgeskryf wat

    gedurende die Paasmaaltyd geet moet word.

    Matzah of ongesuurde brood

    Druiwesap / wyn

    Pietersielie (vars)

    Peperwortel (Horseradish)

    Fyngekapte appels en rosyne (Haroset)

    Lamskenkel

    Hardgekookte eiers

    Bakkie met soutwater

    Vir 'n maaltyd vul bogenoemde aan met die volgende of

    enige ander disse van jou keuse onthou niks mag gis

    inh nie:

    Lamsboud

    WortelsAartappels

    Rys

    Roomys vir nagereg

  • 8/2/2019 Messiaanse Seder Pakket

    4/9

    Messiaanse Seder

    Verloop van die maaltyd

    Versier jou tafel met wit linne, kerse en sit 'n bord in die

    middel van die tafel neer met die volgende daarop:

    Pietersielie (vars)Peperwortel (Horseradish)Fyngekapte appels en rosyne (Haroset)LamskenkelHardgekookte eiers, nog in die dop

    Plaas die Matzah toegedraai in 'n linneservet in 'nmandjie / bord op die tafel. Sit 'n paar bakkies met

    soutwater op die tafel neer.

    Dek elkeen se plek met 'n glas, bord en eetgery. Jy kan

    ook 'n plek dek vir Jesus, as jy dit so sou verkies.

    Die res van die kos kan ook op die tafel geplaas word, of

    in die kombuis gelos word om warm te bly.

  • 8/2/2019 Messiaanse Seder Pakket

    5/9

    Messiaanse Seder

    Hou jou Bybel gereed en begin met die Paasmaaltyd.

    Hou ook 'n bak met water reg vir handewas, sowel as 'n

    handdoek.

    Verduidelik dit soos volg aan jou kind /ers:

    Vanaand vier ons die Paasmaaltyd of Seder. Dit is 'n

    Joodse tradisie, en ons is nie Jode nie, maar Christene.

    Deur die Paasmaaltyd onthou en herdenk ons egter die

    gebeure van hoe God Sy mense uit Egipte uit bevry het.

    Ons vier ook die Paasmaaltyd omdat Jesus dit gevierhet! Jesus se laaste maaltyd saam met Sy dissipels

    was gedurende die Paasfees en was 'n Paasmaaltyd.

    Hy het ook nagmaal ingestel by die maaltyd. Die brood

    simboliseer Sy liggaam en die wyn / druiwesap Sy bloed.

    Hy het aan die kruis gesterf vir ons sondes! Die

    dissipels was natuurlik 'n bietjie deurmekaar wantniemand het nog ooit so iets gesien nie. Van daardie

    dag af het wyn en brood vir ons as Christene n ander

    betekenis. Ons vier Paasfees om Jesus te onthou, ons

    gaan dieselfde kos eet as wat Hy geet het.

  • 8/2/2019 Messiaanse Seder Pakket

    6/9

    Messiaanse SederGedurende die maaltyd gaan ons vier keer uit onsglasies uit drink.

    Vir die ouer:

    Verduidelik vir jou ouer kind dat die vier glasies die

    volgende simboliseer:

    1.Heiligmaking om ons bewus te maak van God se

    beloftes.

    2.Verlossing God het Sy mense uit slawerny gered.

    3.Verlossing Jesus het aan die kruis vir ons gesterf.

    4.Danksegging ons dank God vir alles wat Hy vir ons

    gedoen het.

    Indien julle vir Jesus 'n plek gedek het, wys dit uit vir die

    kind en noem dat God altyd by ons is.

    Lees Markus 13:12 16 saam met jou kinders deur.

    Drink die eerste glasie sap/ wyn. Was julle hande.

    Vra vir jou kind (of as die kind oud genoeg is kan hy /sy

    die vragies vra) Hoekom doop ons die pietersielie in

    die soutwater?

  • 8/2/2019 Messiaanse Seder Pakket

    7/9

    Messiaanse SederDie pietersielie help ons om te onthou hoe die Israeliete

    met 'n takkie bloed aan hulle deurkosyne moes verf, die

    soutwater is hulle trane wat hulle gehuil het terwyl hulle

    in slawerny was en help ons ook onthou van die Rooi

    See waardeur God hulle gehelp het.

    Doop die pietersielie twee keer elkeen moet dit selfdoen. Eet dit (net 'n happie is voldoende).

    Skink solank 'n volgende glasie, maar moet nog nie

    drink nie, daar gaan nou 'n paar vragies volg, gewoonlik

    gevra deur die jongste in die huis, as jou kinders nog

    klein is kan jy eers vra en beantwoord en later in dievolle tradisie oorgaan waar die kind dit vra.

    Hoekom is vanaand anders as ander aande?

    Ons was eenmaal slawe in Egipte, maar God het ons

    bevry.

    Hoekom eet ons vanaand slegs ongesuurde brood?

    Gis laat brood rys, net soos sonde ons laat pof, en

    onheilig maak. Ons eet ongesuurde brood om Jesus

    wat sondeloos was te onthou.

  • 8/2/2019 Messiaanse Seder Pakket

    8/9

    Messiaanse SederHoekom eet ons vanaand slegs bitter kruie

    (peperwortel)?

    Dit help ons om te onthou hoe bitter slawerny was en die

    soutwater help ons onthou van die trane wat gehuil was.

    Doop die peperwortel en neem 'n happie op 'n stukkie

    Matzah. Die Matzah saam met die bitter kruie

    simboliseer God se vergifnis vir ons.

    Drink nou julle tweede glasie.

    Verduidelik baie kortliks wat die kos op die tafel

    simboliseer :

    Die eier simboliseer die offers wat aan God gebring is

    in die Tempel van Jerusalem.Die lam simboliseer die Paasfees opoffering.Appel en rosyne simboliseer die sement waarmee die

    Israeliete moes werk in Egipte

    Die hoofmaal word nou bedien en geet. Danksegging /

    gebed kan gedoen word voor julle eet.

    Skink na ete die derde glas indien julle gemaklik voel

    daarmee kan julle nou nagmaal gebruik, of drink slegs

    die glasie.

  • 8/2/2019 Messiaanse Seder Pakket

    9/9

    Messiaanse Seder

    Skink die laaste glasie. Drink dit en sing saam 'n

    Godsdiens liedjie of eindig met gebed.

    * * * * * * * * * * *

    Resep vir Haroset:

    3 appels, fyn gekap

    Handvol rosyne

    teelepel kaneel

    2 teelepels heuning (of suiker as jou kind allergies is, ofbaie klein is)

    Bietjie druiwesap

    Meng al die bestanddele saam. Bedien.

    * * * * * * * * * *