59
Microsoft ® Office Excel ® 2007- opleiding Skep jou eerste werkboek

Microsoft ® Office Excel ® 2007-opleiding

  • Upload
    xandy

  • View
    74

  • Download
    0

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Microsoft ® Office Excel ® 2007-opleiding. Skep jou eerste werkboek. Kursusinhoud. Oorsig: Waar om te begin? Les 1: Maak kennis met die werkboek Les 2: Voer data in Les 3: Redigeer data en hersien werkblaaie. Elke les sluit ’n lys van voorgestelde take en ’n stel toetsvrae in. - PowerPoint PPT Presentation

Citation preview

Page 1: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Microsoft® Office Excel® 2007-opleiding

Skep jou eerste werkboek

Page 2: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Kursusinhoud• Oorsig: Waar om te begin?

• Les 1: Maak kennis met die werkboek

• Les 2: Voer data in

• Les 3: Redigeer data en hersien werkblaaie

Elke les sluit ’n lys van voorgestelde take en ’n stel toetsvrae in.

Page 3: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Oorsig: Waar om te begin?

Jy is gevra om data in Excel 2007 in te voer, maar jy het nog nooit met Excel gewerk nie. Waar begin jy?

Of dalk het jy met Excel gewerk, maar wonder nog hoe om sommige van die basiese dinge, soos die invoer en redigering van teks en getalle, of die byvoeg of skrap van kolomme en rye te doen.

Hier leer jy die vaardighede wat jy nodig het om in Excel te werk, vinnig en met min ophef.

Page 4: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Kursusdoelwitte• Skep ’n nuwe werkboek.

• Voer teks en getalle in.

• Redigeer teks en getalle.

• Voeg in en skrap kolomme en rye.

Page 5: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Les 1

Maak kennis met die werkboek

Page 6: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Maak kennis met die werkboekWanneer jy met Excel begin, word jy in die gesig gestaar met ’n groot leë rooster bestaande uit kolomme, rye en selle.

Indien jy onbekend is met Excel wonder jy dalk wat jy volgende moet doen.

Daarom sal hierdie kursus begin deur jou te help om gemaklik te raak met sommige basiese beginsels van Excel wat jou sal lei wanneer jy data in Excel invoer.

Page 7: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Die StrookDie band aan die bokant van die Excel 2007-venster word die Strook genoem.

Die Strook bestaan uit verskillende oortjies, waarvan elk verwant is aan spesifieke soorte werk wat ’n mens in Excel doen.

Jy klik die oortjies aan die bokant van die Strook om die verskillende opdragte op elke oortjie te sien.

Voeg in

Skrap

Formateer

Selle Besig om te redigeer

Tuis

Sorteer &Filtreer

Page 8: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Die StrookDie Tuis-oortjie, eerste aan die linkerkant, bevat die alledaagse opdragte wat ’n mens die meeste gebruik.

1

2

Die Strook strek oor die bokant van die Excel-venster.

Opdragte op die Strook is georganiseer in klein verwante groepe. Byvoorbeeld, opdragte om met die inhoud van selle te werk, is saam gegroepeer in die Redigering-groep en opdragte om met selle self te werk, is in die Selle-groep.

Die prent illustreer Tuis-oortjie-opdragte op die Strook.

Voeg in

Skrap

Formateer

Selle Besig om te redigeer

Sorteer &Filtreer

Tuis

Page 9: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Werkboeke en werkblaaieWanneer jy met Excel begin, maak jy ’n lêer oop wat ’n werkboek genoem word.

Elke nuwe werkboek het drie werkblaaie waarin jy data invoer.

1 Die eerste werkboek wat jy sal oopmaak, word Boek1 genoem. Hierdie titel kom voor in die balk aan die bokant van die venster totdat jy die werkboek onder jou eie titel stoor.

Wat hier getoon word, is ’n blanko werkblad in ’n nuwe werkboek.

Hoe dit gedoen word.

Boek1 – Microsoft Excel

Blad1 Blad2 Blad3

Page 10: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Werkboeke en werkblaaieWanneer jy met Excel begin, maak jy ’n lêer oop wat ’n werkboek genoem word.

Elke nuwe werkboek het drie werkblaaie waarin jy data invoer.

2 Blad-oortjies kom voor aan die onderkant van die venster. Dit is ’n goeie idee om die blad-oortjies te herbenoem ten einde die inligting op elke blad makliker te identifiseer.

Wat hier getoon word, is ’n blanko werkblad in ’n nuwe werkboek.

Hoe dit gedoen word.

Boek1 – Microsoft Excel

Blad1 Blad2 Blad3

Page 11: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Werkboeke en werkblaaieJy wonder dallk ook hoe om ’n nuwe werkboek te skep.

1. Klik die Microsoft Office Knoppie in die boonste linkerkantse gedeelte van die venster.

Hoe dit gedoen word.

2. Klik Nuwe.

3. In die Nuwe Werkboek-venster, klik Blanko Werkboek.

Boek1 – Microsoft Excel

Blad1 Blad2 Blad3

Page 12: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Kolomme, rye en selleWerkblaaie word verdeel in kolomme, rye en selle.

Dit is die rooster wat jy sien wanneer jy ’n werkboek oopmaak.

1 Kolomme loop van bo na onder op die werkblad, vertikaal. Elke kolom het ’n alfabetiese opskrif aan die bokant.

Rye loop dwars oor die werkblad, horisontaal. Elke ry het ook ’n opskrif. Ry-opskrifte is getalle vanaf 1 tot 1,048,576.

2

Page 13: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Kolomme, rye en selleWerkblaaie word verdeel in kolomme, rye en selle.

Dit is die rooster wat jy sien as jy ’n werkboek oopmaak.

Die alfabetiese opskrifte van die kolomme en die numeriese opskrifte van die rye dui aan waar jy in ’n werkblad is as jy ’n sel klik.

Die opskrifte kombineer om die sel-adres te vorm. Byvoorbeeld, die sel by die interseksie/kruising van kolom A en ry 3 word sel A3 genoem. Dit word ook genoem die selverwysing.

Page 14: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Selle is waar die data gehou wordSelle is waar jy eintlik regtig begin en data in ’n werkblad invoer.

Die prent aan die linkerkant toon wat jy sien wanneer jy ’n werkboek oopmaak.

Die eerste sel in die boonste linkerkantse hoek van die werkblad is die aktiewe sel. Dit word omlyn in swart wat aandui dat enige data wat jy invoer daarheen gaan.

Page 15: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Selle is waar die data gehou wordJy kan data invoer waar jy wil deur enige sel in die werkboek te klik om die sel te kies.

Enige sel wat jy kies, word die aktiewe sel. Soos voorheen beskryf, word dit in swart omlyn.

Die opskrifte van die kolom en ry waarin die sel geleë is, word ook verlig.

Page 16: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Selle is waar die data gehou wordJy kan data invoer waar jy wil deur enige sel in die werkboek te klik om die sel te kies.

Byvoorbeeld, as jy ’n sel in kolom C in ry 5 kies soos aangetoon in die prent aan die regterkant:

1

2

Kolom C is verlig.

Ry 5 is verlig.

Page 17: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Selle is die plek waar data staanJy kan data invoer waar jy wil deur enige sel in die werkboek te klik om die sel te kies.

Byvoorbeeld, as jy ’n sel in kolom C in ry 5 kies soos aangetoon in die prent aan die regterkant:

3 Die aktiewe sel, C5 in hierdie geval, is omlyn. En die naam daarvan—ook bekend as die sel-verwysing—word in die Naamblok in die boonste linkerkantse hoek van die werkblad getoon.

Page 18: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Selle is waar die data gehou wordDie omlynde sel, verligte kolom en sel-opskrifte, en die voorkoms van die selverwysing in die Naamblok maak dit maklik vir jou om te sien dat C5 die aktiewe sel is.

Hierdie aanduiders is nie so belangrik wanneer jy reg bo-aan die werkblad in die heel eerste paar selle werk nie.

Maar as jy verder en verder af of dwarsoor die werkblad werk, kan dit jou regtig uithelp.

Page 19: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Oefenvoorstelle1. Herbenoem ’n werkblad-oortjie

2. Beweeg vanaf een werkblad na ’n ander.

3. Voeg kleur by werkblad-oortjies.

4. Voeg by en skrap werkblaaie.

5. Hersien kolom-opskrifte en gebruik die Naamblok.

Page 20: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Toets 1, vraag 1Jy benodig ’n nuwe werkboek. Hoe skep jy een? (Kies een antwoord.)

1. In die Selle-groep, klik Voeg in en klik dan Voeg Blad in.

2. Klik die Microsoft Office-knoppie en klik dan Nuwe. In die Nuwe Werkboek-venster, klik Blanko werkboek.

3. In die Selle-groep, klik Voeg in en klik dan Werkboek.

Page 21: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Toets 1, vraag 1: AntwoordKlik die Microsoft Office-knoppie en klik dan Nuwe. In die Nuwe Werkboek-venster, klik Blanko werkboek.

Page 22: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Toets 1, vraag 2Die Naamblok toon die inhoud van die aktiewe sel. (Kies een antwoord.)

1. Waar.

2. Vals.

Page 23: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Toets 1, vraag 2: AntwoordVals.

Die Naamblok verskaf aan jou die selverwysing van die aktiewe sel. Jy kan ook die Naamblok gebruik om ’n sel te kies deur die selverwysing in die blok te tik.

Page 24: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Toets 1, vraag 3In ’n nuwe werkblad moet jy begin deur in sel A1 te tik. (Kies een antwoord.)

1. Waar.

2. Vals.

Page 25: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Toets 1, vraag 3: AntwoordVals.

Jy is vry om te swerf en op enige plek waar jy wil, te tik. Klik in enige sel en begin tik. Maar moenie lesers laat rol om data te sien wat net sowel in sel A1 of A2 kon begin het nie.

Page 26: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Les 2

Voer data in

Page 27: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Voer data inJy kan Excel gebruik om alle soorte data, professioneel of persoonlik, in te voer.

Jy kan twee basiese soorte data in werkbladselle invoer: syfers en teks.

Jy kan Excel dus gebruik om begrotings te skep, met belasting te werk, studentepunte of bywoningsyfers vas te lê of produkte wat jy verkoop, te lys. Jy kan selfs daaglike oefeninge aanteken, jou verlies aan gewig volg, of navolg wat die koste van verbeterings aan jou huis beloop. Die moontlikhede is werklik oneindig.

Laat ons nou na data-invoer kyk.

Studentepunte

Verkopeverslag

Vakansie-uitgawes

Page 28: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Neem jou lesers in ag: begin met kolomtitelsWanneer jy data invoer, is dit ’n goeie idee om te begin met die invoer van titels aan die bokant van elke kolom.

Op hierdie manier kan enigeen wat jou werkblad deel, verstaan wat die data beteken (en jy sal dit self ook lateraan verstaan).

Jy wil dikwels ook ry-titels invoer.

A B C D E F1 2004 2005 2006 2007 2008

2Avontuurwerke

3

Baldwin-wetenskapsmuseum

4 Contoso

12

Page 29: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Neem jou lesers in ag: begin met kolomtitelsDie werkblad in die prent toon werklike en verwagte tendense oor verskeie jare heen.

Daar word kolom- en ry-titels gebruik:

1

2

Die kolomtitels dwarsoor die bokant van die werkblad, dui jare aan.

Die ry-titels af aan die linkerkant is maatskappyname.

A B C D E F1 2004 2005 2006 2007 2008

2Avontuurwerke

3

Baldwin-wetenskapsmuseum

4 Contoso

12

Page 30: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Begin tikVeronderstel jy skep ’n naamlys van verkoopspersoneel.

Die lys sal ook die datums van verkope, tesame met hulle bedrae bevat.

Jy benodig dus hierdie kolomtitels: Naam, Datum en Bedrag.

A B C D

1 Naam Datum Bedrag

2

3

4

5

Page 31: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Begin tikVeronderstel jy skep ’n naamlys van verkoopspersoneel.

Die lys sal ook die datums van verkope, tesame met hulle bedrae bevat.

1. Tik Naam in sel A1 en druk TAB. Tik dan Datum in sel B1, druk TAB en tik Bedrag in sel C1.

Die prent illustreer die proses om die inligting te tik en van sel tot sel te beweeg:

A B C D

1

2

3

4

5

Naam Datum Bedrag

Page 32: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Begin tikVeronderstel jy skep ’n naamlys van verkoopspersoneel.

Die lys sal ook die datum van verkope, tesame met hulle bedrae bevat.

2. Nadat die kolomtitels getik is, klik in sel A2 om die verkoopspersoneel se name te begin tik. Tik die eerste naam en druk dan ENTER om die keuse met een sel af in die kolom na sel A3 te beweeg. Tik dan die volgende naam, ensovoorts.

Die prent illustreer die proses om die inligting te tik en van sel tot sel te beweeg:

A B C D

1

2

3

4

5

Naam Datum Bedrag

Buchanan

Suyama

Peacock

Page 33: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Voer datums en tye inExcel belyn teks aan die linkerkant van selle, maar belyn datums aan die regterkant van selle.

Om ’n datum in kolom B, die Datum-kolom in te voer, behoort jy ’n vorentoestreep of ’n kommapunt te gebruik om die dele te skei: 7/16/2009 of 16-Julie-2009. Excel sal albei as ’n datum herken.

A B C D

1

2

3

4

5

Naam Datum Bedrag

Buchanan

Suyama

Peacock

05/03/2009

06/05/2009

05/05/2009

Page 34: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Voer getalle inExcel belyn getalle aan die regterkant van selle.

A B C D

1

2

3

4

5

Naam Datum Bedrag

Buchanan

Suyama

Peacock

05/03/2009

06/05/2009

05/05/2009

5500

6300

4180

Page 35: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

• Om breuke in te voer, laat ’n spasie tussen die heelgetal en die breuk. Byvoorbeeld, 1 1/8.

• Om slegs ’n breuk in te voer, voer eers ’n nul in, byvoorbeeld 0 1/4. Indien jy 1/4 sonder die nul invoer, sal Excel die getal as ’n datum, Januarie 4 interpreteer.

• Indien jy (100) tik om ’n negatiewe getal deur middel van hakies aan te dui, sal Excel die getal as -100 vertoon.

Voer getalle in Ander getalle en hoe om hulle in te voer

Page 36: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Oefenvoorstelle

1. Voer data in deur TAB en ENTER te gebruik.

2. Maak foute reg terwyl jy tik.

3. Voer datums en tye in.

4. Voer getalle in.

Page 37: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Toets 2, vraag 1Deur ENTER te druk, word die keuse een sel na regs geskuif. (Kies een antwoord.)

1. Waar.

2. Vals.

Page 38: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Toets 2, vraag 1: AntwoordVals.

Deur ENTER te druk, word die keuse afgeskuif. Deur TAB te druk, word die keuse na regs geskuif.

Page 39: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Toets 2, vraag 2Watter van hierdie sal Excel as ’n datum herken? (Kies een antwoord.)

1. Februarie 6 1947.

2. 2,6,47.

3. 2-Feb-47.

Page 40: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Toets 2, vraag 2: Antwoord2-Feb-47.

Jy gebruik ’n skuinsstreep of ’n kommapunt om dele van die datum te skei.

Page 41: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Les 3

Redigeer data en hersien werkblaaie

Page 42: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Redigeer data en hersien werkblaaieAlmal maak foute. Selfs data wat jy reg ingevoer het, kan later bywerkings benodig.

Soms benodig die hele werkblad ’n verandering.

Veronderstel dat jy reg in die middel van jou werkblad nog ’n kolom met data moet byvoeg. Of veronderstel dat jy werknemers een per ry in alfabetiese volgorde lys—wat doen jy as jy ’n nuwe persoon in diens neem?

Hierdie les wys jou hoe maklik dit is om data te redigeer, en werkbladkolomme en rye by te voeg en te skrap.

Voeg Kolom in

Redigeer Data

Voeg Ry in

13256123456

Page 43: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Redigeer dataVeronderstel dat jy 5400 in sel A2 wou invoer, maar voer toe per abuis 4500 in.

Wanneer jy die fout raaksien, is daar twee maniere om dit reg te maak.

1

2

3

Dubbelklik ’n sel om die data daarin te redigeer.

Of, nadat jy in die sel geklik het, redigeer jy die data in die Formulebalk.

Nadat jy die sel met behulp van een van die twee metodes gekies het, toon die werkblad Redigeer in die statusbalk in die onderste linkerkantste hoek.

2007 2008 20094500

Hersien

4500

2700 3900

Page 44: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Redigeer dataWat is die verskil tussen die twee metodes?

Hier volg nou hoe jy veranderinge op een van die twee plekke kan aanbring:

• Skrap letters of syfers deur BACKSPACE te druk of deur hulle te kies en dan DELETE te druk.

• Redigeer letters en syfers deur hulle te kies en dan iets anders te tik.

Jou gerief. Jy vind dit dalk makliker om met die Formulebalk of die sel self te werk.

2007 2008 20094500

Hersien

4500

2700 3900

Page 45: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Redigeer data

Hier volg nou hoe jy veranderinge op een van die twee plekke kan aanbring:

• Voeg nuwe letters en syfers in die sel se data by deur die merker te posisioneer en te tik.

Wat is die verskil tussen die twee metodes?

Jou gerief. Jy vind dit dalk makliker om met die Formulebalk of die sel self te werk.

2007 2008 20094500

Hersien

4500

2700 3900

Page 46: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Redigeer data

Wat jy ookal doen, onthou om wanneer jy met almal klaar is ENTER of TAB te druk, sodat jou veranderinge in die sel behoue bly.

Wat is die verskil tussen die twee metodes?

Jou gerief. Jy vind dit dalk makliker om met die Formulebalk of die sel self te werk.

2007 2008 20095400

Hersien

5400

2700 3900

Page 47: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Verwyder dataformateringVerrassing! Iemand anders het jou werkblad gebruik, ’n hoeveelheid data ingevul en die getal in sel B6 vetdruk en rooi gemaak om te beklemtoon dat 2008 die laagste volume was.

Maar daardie volume het verander.

Jy wil die situasie regstel.

Tuis

Maak Formatering skoon

A B

A B

A B

2007 2008

2007 2008

2007 2008

5400

5400

5400

2700

4000

Maak alles skoon

Page 48: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Verwyder dataformatering

1

2

3

Die oorspronklike getal was vetdruk en rooi geformateer.

Skrap dus die getal.

Voer nou ’n nuwe getal in. Maar dit is steeds vetdruk en rooi! Wat gaan aan?

Soos die prent toon:

Tuis

Maak Formatering skoon

A B

A B

A B

2007 2008

2007 2008

2007 2008

5400

5400

5400

2700

4000

Verrassing! Iemand anders het jou werkblad gebruik, ’n hoeveelheid data ingevul en die getal in sel B6 vetdruk en rooi gemaak om te beklemtoon dat 2008 die laagste volume was.

Maak alles skoon

Page 49: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Verwyder dataformateringWat nou gebeur, is dat die sel self en nie data in die sel nie, geformateer word.

Wanneer jy dus data met spesiale formatering skrap, moet jy ook die formatering uit die sel skrap.

Totdat jy dit doen, sal enige data wat jy in die sel invoer spesiaal geformateer word.

Tuis

Maak Formatering skoon

A B

A B

A B

2007 2008

2007 2008

2007 2008

5400

5400

5400

2700

4000

Maak alles skoon

Page 50: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Verwyder dataformateringHier volg nou hoe jy formatering verwyder.

1. Klik in die sel en dan op die Tuis-oortjie, in die Redigering-groep, klik die pyltjie op Maak skoon .

2. Klik Maak Formatering skoon, wat formatering uit die sel verwyder. Anders kan jy Maak alles skoon klik om beide die data en die formatering terselfdertyd te verwyder.

Tuis

Maak Formatering skoon

A B

A B

A B

2007 2008

2007 2008

2007 2008

5400

5400

5400

2700

4000

Maak alles skoon

Page 51: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Voeg ’n kolom of ry byNadat data ingevoer is, vind jy dalk dat dit nodig is om kolomme of rye by te voeg om bykomende inligting te hou.

Is dit nodig dat jy voor begin? Natuurlik nie.

Om ’n enkele kolom in te voeg:

1. Klik enige sel in die kolom direk regs vanwaar jy die nuwe kolom wil plaas.

2. Op die Tuis-oortjie, in die Sel-groep, klik die pyltjie op Voeg in. Op die aftrekkieslys, klik Voeg Bladkolomme in. ’n Nuwe blanko kolom word ingevoeg.

Voeg in

Voeg Selle in...

Voeg Rye in

Voeg Kolomme in

Voeg Blad in

Page 52: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Voeg ’n kolom of ry byNadat data ingevoer is, vind jy dalk dat dit nodig is om kolomme of rye by te voeg om bykomende inligting te hou.

Is dit nodig dat jy voor begin? Natuurlik nie.

Om ’n enkele ry in te voeg:

1. Klik enige sel in die ry direk onder waar jy die nuwe ry wil plaas.

2. In die Selle-groep, klik die pyltjie op Voeg in. Op die aftrekkieslys, klik Voeg Bladrye in. ’n Nuwe blanko ry word ingevoeg.

Voeg in

Voeg Selle in...

Voeg Rye in

Voeg Kolomme in

Voeg Blad in

Page 53: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Oefenvoorstelle1. Redigeer data.

2. Skrap formatering uit ’n sel.

3. Werk in Redigeermodus.

4. Voeg in en skrap kolomme en rye.

Page 54: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Toets 3, vraag 1Wat doen jy eerste om die formatering in ’n sel te skrap? (Kies een antwoord.)

1. Skrap die sel-inhoud.

2. Klik Formateer in die Selle-groep op die Tuis-oortjie.

3. Klik Maak skoonin die Redigeer-groep op die Tuis-oortjie.

Page 55: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Toets 3, vraag 1: AntwoordKlik Maak skoon in die Redigeer-groep op die Tuis-oortjie.

Klik dan Maak Formatering skoon.

Page 56: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Toets 3, vraag 2Om ’n kolom by te voeg, klik ’n sel regs vanwaar jy die nuwe kolom wil byvoeg. (Kies een antwoord.)

1. Waar.

2. Vals.

Page 57: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Toets 3, vraag 2: AntwoordWaar.

Dan op die Tuis-oortjie in die Selle-groep, klik die pyltjie op Voeg in en klik Voeg Bladkolomme in om die kolom in te voeg.

Page 58: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Toets 3, vraag 3Om ’n nuwe ry in te voeg, klik in ’n sel direk bokant waar jy die nuwe ry wil invoeg. (Kies een antwoord.)

1. Waar.

2. Vals.

Page 59: Microsoft ®  Office  Excel ®  2007-opleiding

Toets 3, vraag 3: AntwoordVals.

In plaas daarvan klik jy enige sel in die ry direk onder waar jy die nuwe ry wil invoeg.