7
09 Nov. 2016 No. 408 http://mullies.net “Kom ons kweek ‘n samelewing wat nie net talente ten toon stel nie, maar ook onbesproke karakter.- Onbekend Mullie Meule Laerskool Muldersdrif, Posbus 6, Muldersdrif, 1747 Sedert 1909-2009 Tel: 011 662 1929 www.mullies.net Normale Skoolure 2015: Gr 00 - 2: 07:25 tot12:45 Gr 3: 07:25 tot 13:15 Gr 4-7: 07:25 tot 13:45 Bustye: Maandag tot Donderdag: 13:45 en 15:15 Vrydae 13:45 Sport: 13:45 tot 15:15 Graad 7's skryf hul Kunseksamen op 10 November 2016 in toetsperiode. 16-Nov-16 Wiskunde Gr. 4 - 7 Gr. 6 NT Provincial Examination 17-Nov-16 EBW Gr. 7 18-Nov-16 English FAL Gr. 4 - 7 Gr. 6 Maths Provincial Examination 21-Nov-16 SW Gr. 4 - 7 Gr. 6 Eng. FAL Provincial Examination 22-Nov-16 Tegnologie Gr. 7 Gr. 7 Tech. District Common Examination 23-Nov-16 Afrikaans Gr. 4 - 7 25-Nov-16 NW Gr. 7 en NT Gr. 4 - 6 28-Nov-16 LO Gr. 4 - 7 Tien wenke vir sukses in die eksamen Meeste van ons ken die druk en spanning van ‘n eksamen. Dit is ‘n stresvolle tyd, die druk is hoog en jou angsvlakke neem toe. Jou eksamen se resultate is belangrik. Dit bepaal byvoorbeeld of jy na ‘n volgende graad bevorder word, of jy ‘n beurs sal kry en of jy jou kwalifikasie sal behaal. Hier volg ‘n paar wenke vir elkeen wat eksamen moet skryf: 1. Berei goed voor: Dit is sekerlik een van die belangrikste aspekte van eksamenskryf. Werk deur die jaar, doen jy opsommings gereeld, woon klasse by en wees pligsgetrou in jou studies. Jy kan nie positiewe resultate verwag indien jy nie hard werk en goeie voorbereiding doen nie. Maak studies jou prioriteit – nie net in eksamentyd nie, maar regdeur die akademiese jaar. 2. Moenie wag tot die laaste minuut nie: Moenie tot op die nippertjie wag om te studeer nie. Dit plaas net op jouself groter druk, en maak jou meer angstig. Daar is diegene wat sê hulle kan net onder druk studeer. Dis bloot nie waar nie – dis net ‘n handige verskoning om uit te stel. Begin vroegtydig en sorg dat jy voor die tyd die leerwerk bemeester. Dit sal jou meer selfvertroue gee en jou ook die kans gee om meer as eenkeer deur die inhoud te gaan en vas te lê. 3. Behou goeie gewoontes tydens eksamen: Sorg dat jy gedurende eksamentyd gesond eet en die nodige slaap inkry. Jy kan selfs oefeninge doen – veral waar jy tussen studiesessies ‘n breek neem. Maar moenie dat oefeninge teveel tyd opneem nie. Wanneer jy gesond voel, genoeg slaap inkry en reg eet, is jou brein ook meer wakker. 4. Werk ou vraestelle uit: Dit is uitstekende voorbereiding vir die eksamen. Dit gee ‘n goeie aanduiding van die tipe vrae en die formaat waarin die vraestel opgestel kan word. Help om jou skryftempo en –tyd vir die eksamen te verfyn. Dit verbeter ook jou begrip van hoe jy die eksamenvrae moet benader en struktueer. 5. Daag betyds by die eksamenlokaal op: Maak seker jy daag betyds by die lokaal op. Dit veroorsaak addisionele spanning, en ook paniek, wanneer jy laat is. Sorg dat jou potlode, penne en ander skryfbehoeftes in orde is, sodat jy rustig en gefokus kan begin skryf. 6. Lees die instruksies deeglik: Oorhaastigheid en stres veroorsaak dat leerlinge dikwels nie die instruksies reg lees nie. Hierdeur verloor hulle baie punte. Jy moet presies weet wat van jou in die vraestel verwag word. Maak byvoorbeeld seker van die keuses en aantal vrae wat beantwoord moet word. 7. Lees die vrae deeglik: Stres en angs kan veroorsaak dat vrae nie reg gelees word nie. Lees elke vraag aandagtig en beantwoord dit wat gevra word. Dit gebeur gereeld dat leerlinge en studente verkeerd antwoord, omrede hulle nie seker maak van dit wat spesifiek gevra word nie. Hou jou antwoord by dit wat gevra word. 8. Bestuur jou tyd: ‘n Groot probleem vir baie studente is om binne die vasgestelde tyd hul antwoordstelle te voltooi. Dikwels word punte uitgelos waarvan die student wel die antwoord weet. Dan is dit ‘n groot

MULLIE MEULE

  • Upload
    ngodan

  • View
    269

  • Download
    13

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: MULLIE MEULE

09 Nov. 2016 No. 408

http://mullies.net

“Kom ons kweek ‘n samelewing wat nie net talente ten toon stel nie, maar ook onbesproke karakter.”

- Onbekend

Mullie Meule Laerskool Muldersdrif, Posbus 6, Muldersdrif, 1747

Sedert 1909-2009 Tel: 011 662 1929 www.mullies.net

Normale Skoolure 2015: Gr 00 - 2: 07:25 tot12:45

Gr 3: 07:25 tot 13:15

Gr 4-7: 07:25 tot 13:45

Bustye: Maandag tot Donderdag: 13:45 en 15:15

Vrydae 13:45

Sport: 13:45 tot 15:15

Graad 7's skryf hul Kunseksamen op

10 November 2016 in toetsperiode.

16-Nov-16

Wiskunde Gr. 4 - 7

Gr. 6 NT Provincial

Examination

17-Nov-16 EBW Gr. 7

18-Nov-16

English FAL Gr. 4 - 7

Gr. 6 Maths Provincial

Examination

21-Nov-16

SW Gr. 4 - 7

Gr. 6 Eng. FAL Provincial

Examination

22-Nov-16

Tegnologie Gr. 7

Gr. 7 Tech. District

Common Examination

23-Nov-16 Afrikaans Gr. 4 - 7

25-Nov-16 NW Gr. 7 en NT Gr. 4 - 6

28-Nov-16 LO Gr. 4 - 7

Tien wenke vir sukses in die eksamen Meeste van ons ken die druk en spanning van ‘n eksamen. Dit is ‘n stresvolle

tyd, die druk is hoog en jou angsvlakke neem toe. Jou eksamen se resultate is

belangrik. Dit bepaal byvoorbeeld of jy na ‘n volgende graad bevorder word,

of jy ‘n beurs sal kry en of jy jou kwalifikasie sal behaal. Hier volg ‘n paar

wenke vir elkeen wat eksamen moet skryf:

1. Berei goed voor: Dit is sekerlik een van die belangrikste aspekte van

eksamenskryf. Werk deur die jaar, doen jy opsommings gereeld, woon

klasse by en wees pligsgetrou in jou studies. Jy kan nie positiewe resultate

verwag indien jy nie hard werk en goeie voorbereiding doen nie. Maak

studies jou prioriteit – nie net in eksamentyd nie, maar regdeur die

akademiese jaar.

2. Moenie wag tot die laaste minuut nie: Moenie tot op die nippertjie wag

om te studeer nie. Dit plaas net op jouself groter druk, en maak jou meer

angstig. Daar is diegene wat sê hulle kan net onder druk studeer. Dis bloot

nie waar nie – dis net ‘n handige verskoning om uit te stel. Begin

vroegtydig en sorg dat jy voor die tyd die leerwerk bemeester. Dit sal jou

meer selfvertroue gee en jou ook die kans gee om meer as eenkeer deur

die inhoud te gaan en vas te lê.

3. Behou goeie gewoontes tydens eksamen: Sorg dat jy gedurende

eksamentyd gesond eet en die nodige slaap inkry. Jy kan selfs oefeninge

doen – veral waar jy tussen studiesessies ‘n breek neem. Maar moenie dat

oefeninge teveel tyd opneem nie. Wanneer jy gesond voel, genoeg slaap

inkry en reg eet, is jou brein ook meer wakker.

4. Werk ou vraestelle uit: Dit is uitstekende voorbereiding vir die eksamen. Dit

gee ‘n goeie aanduiding van die tipe vrae en die formaat waarin die

vraestel opgestel kan word. Help om jou skryftempo en –tyd vir die

eksamen te verfyn. Dit verbeter ook jou begrip van hoe jy die

eksamenvrae moet benader en struktueer.

5. Daag betyds by die eksamenlokaal op: Maak seker jy daag betyds by die

lokaal op. Dit veroorsaak addisionele spanning, en ook paniek, wanneer jy

laat is. Sorg dat jou potlode, penne en ander skryfbehoeftes in orde is,

sodat jy rustig en gefokus kan begin skryf.

6. Lees die instruksies deeglik: Oorhaastigheid en stres veroorsaak dat

leerlinge dikwels nie die instruksies reg lees nie. Hierdeur verloor hulle baie

punte. Jy moet presies weet wat van jou in die vraestel verwag word.

Maak byvoorbeeld seker van die keuses en aantal vrae wat beantwoord

moet word.

7. Lees die vrae deeglik: Stres en angs kan veroorsaak dat vrae nie reg

gelees word nie. Lees elke vraag aandagtig en beantwoord dit wat gevra

word. Dit gebeur gereeld dat leerlinge en studente verkeerd antwoord,

omrede hulle nie seker maak van dit wat spesifiek gevra word nie. Hou jou

antwoord by dit wat gevra word.

8. Bestuur jou tyd: ‘n Groot probleem vir baie studente is om binne die

vasgestelde tyd hul antwoordstelle te voltooi. Dikwels word punte uitgelos

waarvan die student wel die antwoord weet. Dan is dit ‘n groot

Page 2: MULLIE MEULE

Volg ons op @Mullies2016

2

Mullie Meule

Laerskool Muldersdrif

09 Nov. 2016

teleurstelling vir enige student. Leer om vinnig

en flink te werk in die eksamens. Moenie

onnodige tyd op vrae mors nie. Tyd aan ‘n

vraag spandeer moet in ooreenstemming

wees met die hoeveelheid punte wat aan

die vraag toegeken is. Stadige leerlinge kan

vir ekstra tyd aansoek doen.

9. Begin met vrae wat jy goed ken: Beantwoord

eerste die vrae wat jy goed ken, want dan

weet jy daardie punte is in die sakkie. Dit sal

ook jou rustiger maak en jou selfvertroue, vir

die res van die vraestel, ‘n hupstoot gee.

10. Gebruik die volle tyd tot jou

beskikking: Sommige studente jaag die

vraestel af en probeer so vinnig moontlik uit

die eksamenlokaal kom. Bestuur jou tyd reg,

spandeer genoeg tyd aan elke vraag, en

wanneer jy klaar geskryf is, en daar is nog tyd

oor, gaan weer deur jou antwoorde. Dalk

kan jy nog ‘n paar punte byvoeg. Maak

onder andere seker jou berekeninge is korrek.

Verander egter jou antwoorde slegs wanneer

jy doodseker van jou saak is.

‘n Sprankie wysheid vir die dag:

“Sukses is niks meer nie as ‘n paar eenvoudige

dissiplines, elke dag toegepas.” – Jim Rohn –

Mullie groete,

Herman Byleveld

Kriminele aktiwiteite

Ouers moet seker maak dat hulle toegangskyfies in hulle voertuie beskikbaar

het. Daar gaan in die oggende begin word om ouers inteken a.g.v. die

ongemagtigde voertuie wat deur die skoolterrein ry. Dis in die kantoor

beskikbaar by Tannie Hankie teen R5.00 elk.

09-Nov 18:00 Gr. 2 funksie Skoolsaal

10-Nov 18:00 Gr. 3 funksie Skoolsaal

23-Nov 18:00 Gr. 4 & 5 funksie Skoolsaal

28-Nov 18:00 Gr. 6 & 7 funksie Skoolsaal

FOTOS:

Gr. 1-3 - die fotograaf is vanaf 17:00 -18:00 (slegs vóór die tyd. Geen foto's na

die funksie).

Gr. 4-7 - die fotograaf is vanaf 19:00 - 20:30 (foto's slegs ná die funksie).

Alle foto's word in Juf. Elmine se klas geneem.

A5 foto's teen R35 per foto.

Geen foto's na die funksie.

Page 3: MULLIE MEULE

Volg ons op @Mullies2016

3

Mullie Meule

Laerskool Muldersdrif

09 Nov. 2016

Erkenningsfunksie

Toekenningsertifikate

Die jaar 2016 staan einde se kant toe, wat

beteken erkenning aan al ons leerders wat

gedurende die jaar presteer, deelgeneem of die

skool verteenwoordig het aan Akademie, Sport-

en Kultuur, binne skoolverband.

Daar word gepoog om die Sport-en Kultuur meer

gelykwaardig aan mekaar te maak. Daar is

besluit op die vereenvoudiging van die Sport- en

Kultuurerkennings d.m.v. ʼn sertifikaat gekoppel

aan prestasie in beide die komponente. Die

sertifikaat vervang geen prestasie nie en volle

erkenning word steeds aan ons leerders gegee.

Daar word dus, 1 sertifikaat vir Akademie, 1

sertifikaat vir Sport en 1 Sertifikaat vir Kultuur

uitgereik. Daar word duidelik onderskei tussen

die verskillende komponente op elke sertifikaat,

wat aangedui sal word d.m.v. ʼn plakker met die

skoolwapen op. Daar is steeds individuele

sertifikate vir bv: Leerlingraad of spesifieke

vermelde individuele prestasie.

Vir meer inligting, sien Communicator:

Bronne/Omsendbriewe

Toestemming om

skoolterrein te verlaat

Daar is huidiglike weer baie leerders wat

gedurende skoolure die skoolterrein vir verskeie

redes verlaat.

Let asb. dat GEEN leerder gedurende 'n

klasperiode geroep sal word nie. Slegs AAN DIE

EINDE VAN 'N PERIODE.

Die korrekte vorms (soos per die skool se beleid)

moet ook volledig, vroegtydig ingevul en

ingehandig word alvorens enige leerder/s die

terrein mag verlaat.

Sien Communicator Bronne: Algemene

Info/Toestemming om skoolterrein te verlaat,

sowel as die skoolbeleid.

Grondslagfase ASSESSERING

Let assseblief dat die Grondslagfase (Gr. 1-3) se assessering tot en met 25

November 2016 strek.

Daar word dus elke dag nog gewerk en leerders wat nie skool toe kom nie,

verloor waardevolle werk.

NOVEMBER EKSAMENREËLINGS EN –INLIGTING 2016

U word vriendelik versoek om u kind te inspireer om vroegtydig te begin

voorberei vir die eksamen wat op 16 November begin en duur tot 28

Novemver 2016.

Indien u kind weens mediese redes nie ‘n eksamenvraestel kan skryf nie, word

‘n mediese sertifikaat verlang. In alle vakke is die afbakenings reeds

beskikbaar (skriftelik aan leerders gegee en op die kommunikeerder). Dit is

ook belangrik dat leerders elke middag hul huiswerk behoorlik doen en die

dag se klaswerk hersien (leer). Indien enige onduidelikheid t.o.v. die werk

bestaan, behoort hul die volgende dag die onderwyser te nader vir hulp.

Voorsorg is beter as nasorg!

Gedurende die eksamen begin die skool om 7:30 tot 13:00. Die

eksamensessies eindig om 12:00. Indien u as ouer u kind daarna wil afhaal,

moet u asb. onderstaande skriftelike versoek aan die skool rig. Toesig strek tot

13:00. Busse vertrek ook om 13:00. Leerders wie se ouers hul 12:00 kom

afhaal, wag by “Wag ‘n bietjie” tot 12:30. Indien hulle nie teen 12:30

afgehaal is nie, beweeg hul na hul onderskeie voogklasse. Die kleuterskooltye

bly dieselfde.

Geen afkondigings kan gemaak word tydens die eksamen nie, aangesien dit

steurend op leerders sal inwerk. Byvoorbaat dankie dat ons op u

samewerking kan reken.

Let wel: Tydens die dae wat ‘n departementele eksamen geskryf word, sal

hierdie vraestel eerste geskryf word. ‘n Pouse sal volg, waarna ons interne

vraestel geskryf sal word. Die reëlings en uitkomtye is dieselfde soos bo

vermeld.

Gr. 1 Tswana lesse: Kwartaal 4 09 November Thuto 18

23 November Thuto 19

Salang sentle!

Page 4: MULLIE MEULE

Volg ons op @Mullies2016

4

Mullie Meule

Laerskool Muldersdrif

09 Nov. 2016

Baie dankie aan elke leerling en ouer se bydrae

om ‘n reuse sukses te maak van die Wiskunde

Olimpiade.

Baie geluk aan die volgende wenners!

Graadwenners:

Gr 00 – Aldré Wohlfahrt

Gr R – Liam Venter

Gr 1 – Caylie Bezuidenhout

Gr 2 – Mikyla Duif

Gr 3 – Cheanté Coetzee

Gr 4 – Mia Roets

Gr 5 – Dylan Bezuidenhout

Gr 6 – Neil Timmers

Gr 7 – Amoné Ackerman

Algehele wenners seniors”

3de plek – Neil Timmers

2de plek – Mia Roets

1ste plek – Dylan Bezuidenhout

Algehele wenners Juniors:

3de plek – Caylie Bezuidenhout

2de plek – Cheanté Coetzee

1ste plek – Aldré Wohlfahrt

LEESSENTRUM Die leessentrum se opsomming van uitslae het ‘n

verbetering vanaf 2015 tot 2016 getoon.

Die algemene uitslae vir die leerders se “Lees op

Oudersdomsvlak” het verbeter van 29% in 2015

tot 76% vir 2016!

Welgedaan Juf. Trudie met die goeie uitslae

waarby die leerders net kan baat.

Baie geluk aan Miëtte Wissing wat Saterdag, 29Oktober aan die finaal van

die Little Miss South Africa kompetisie by die Batter Boys konferensie sentrum in

Pretoria deelgeneem het.

Sy was nie die wenner nie maar as finalis het sy haar baie goed van haar taak

gekwyt en het n "sash and award for the best dressed competitor" ontvang.

Page 5: MULLIE MEULE

Volg ons op @Mullies2016

5

Mullie Meule

Laerskool Muldersdrif

09 Nov. 2016

Let asb. die sportdatums/plekke kan wel

verander. Veranderings sal op die

Communicator deurgegee word sodra ons

dit ontvang van die verskeie

onganiseerders/skole.

Krieket Baie geluk aan die volgende seuns wat vanaf 25

tot 27 November 2016 vir die onderskeie

Krugersdorp Krieketspan gaan speel:

o/8

Wesley Badenhorst

John Grubb

Liam Labuschagne

Erik Timmers

o/9

Marko Barnard

J.H. Heymans

Viam Swanepoel

o/10

Shane Niemand

Duan van Aswegen

Zak van Rooijen

Johnathan Zabo

o/11

Gabriel van Niekerk

o/12

Robert Laubscher

Mathew Smith

Rugby Toere 2017 o/8 en o/10: Thys Bezuidenhout Rugbyweek

31 Mrt. tot 1 April

- Wedstryde x 2

Koste : R440 pp (sluit in verblyf, etes, vervoer en

T-hemp,

o/11, 2de en 1ste Span: Prestige week

Menlopark 2017 – 6 tot 8 Apr 2017

- Wedstryde x3

Kostes : R1,500pp (sluit in verblyf en etes x 2

nagte, toernooigeld, T-hemde x 2,

spanfoto en professionele

afrigtingsessies)

Verdere inligting en lys van benodighede sal

nader aan die tyd verskaf word.

Die 1ste rugbyspan toer vanaf 2017 na Pretoria

en nie meer Bloemfontein nie.

Die 2016 se Graad 7's het R11,000 ingesamel vir die jaarlikse Graad 7

Liefdadigheidsprojek deur middel van hul entreperneursdag en Spur-projek.

Die groep het saam besluit om die geld so te versprei:

1. Gidshonde opleiding R2,000

2. Kankervereniging R2,000

3. Oom Hennie se vrou R2,000

4. Mullies se hulpfonds R2,000

5. Papier skenking aan 'n plaaslike laerskool R2,109

6. Medies donasie aan Mullie leerling R1,000

Baie dankie julle!

SKOOLFONDS 2017 PER JAAR PER KWARTAAL PER MAAND

Kleuterskool R17 400,00 R4 350 00 (x4) R1 450 00 (x12)

Laerskool R12 925,00 R3 231,25 (x4) R1 175 00 (x11)

Skoolplekke word aan die leerders toegeken vir die volle jaar vooruit, so is die

skoolgeld aan die begin van die akademiese jaar ten volle vooruit

betaalbaar en verskuldig op die dag waarop die leerder sy plek inneem aan

die begin van die jaar.

Om die kontantvloei van beide die ouers en die skool te akkommodeer maak

die skool voorsiening vir sekere toegewings rondom die betaling van

skoolgelde.

Per die toegewing reëlings, sal die skool betalings aanvaar op een van die

volgende wyses:

Vooruit teen 31 Januarie 2017, waar daar dan ‘n 10% korting van

toepassing sal wees;

Een kwart van die jaarlikse fooi teen die 1ste skooldag van elke

skoolkwartaal waar daar dan ‘n 5% korting per kwartaal van toepassing sal

wees;

Een elfde van die jaarlikse fooi op die eerste werksdag van elke maand

vanaf Januarie tot November, Laerskool.

Een twaalfde van die jaarlikse fooi op die eerste werksdag van elke maand

vanaf Januarie tot Desember, Kleuterskool.

In die geval dat een van hierdie opsies nie uitgeoefen word teen 1

Februarie en die betrokke betaling en alle daaropvolgende betalings nie

gedoen word volgens die opsies:

o Word die jaarlikse fooi onmiddellik ten volle betaalbaar, en

o Die skool behou die reg voor om aksies te inisieër om die volle

uitstaande bedrag te verhaal.

Vir meer inligting, sien Communicator: Bronne/Skool Admin. en Kalenders

Page 6: MULLIE MEULE

Volg ons op @Mullies2016

6

Mullie Meule

Laerskool Muldersdrif

09 Nov. 2016

Joe wenners:

Oktober 2016

Gr. 00 – Carleigh Joubert en Gr. R – Kevin Fraser

Gr. 1 Genevieve de Villiers

Gr. 2 – Erin Clegg en Regan Marais,

Gr. 3 Michayla Boosen en Zianelle Pretorius.

Gr. 4 – Ciné Fraser, Gr. 5 – Clazien Tijssen,

Gr. 6 – Kaylee Perkins

en Gr. 7 – Leyla Oberholzer.

1. Aanstellings – assistente:

Graad 1 : Tess-Mari van der Watt

Christelle Cornelisson

Graad 4 - 7 : Dawie Viljoen

2. Boitjie Lebosha is aangestel as nuwe busbestuurder vanaf 1 November

2016

3. Moeder Kutoane skuif snoepie toe om as assistent te funksioneer.

Page 7: MULLIE MEULE

Volg ons op @Mullies2016

7

Mullie Meule

Laerskool Muldersdrif

09 Nov. 2016

Let asb. enige datums/plekke kan verander. Veranderings sal op die

Communicator deurgegee word sodra ons dit ontvang van die

verskeie onganiseerders/skole af.

Datum Wat Waar

2016/11/09 Jnr koor oefen Mullies

Gr. 2 erkenningsfunksie Skoolsaal

2016/11/10

Gr. 3 erkenningsfunksie Skoolsaal

Gr. 2 Spurafsluiting Ruimsig Spur

Gr. 7 Kunseksamen Registerklas

2016/11/11

Juf. Trudie en Mnr. Kevin verjaar!

Voortrekker Offisiere afsluiting

Gr. 7 afskeid Valley of Waves, Sun City

Gr. 3 en 4 ruiling

Gr. 1 Spurafsluiting Ruimsig Spur

2016/11/12 Talent Africa regionals Skoolsaal

2016/11/14 Gr. 3 begin aantree op teerblad

2016/11/16

Eksamen begin: Wisk Gr. 4-7 Registerklasse

Manners 4 minors

Gr. 6 NT Provincial Examination

2016/11/17 Eksamen: EBW Gr. 7 Registerklasse

2016/11/18

Tannie Tania verjaar!

Eksamen: Eng Gr. 4-7 Registerklasse

Gr. R &1 ontvangsoggend

Manners 4 minors

Gr. 3 Spurafsluiting Ruimsig Spur

Gr. 6 Maths Provincial Examination