21
‘n Verbond tot die dood . . .

n Bloedverbond . . . tot die dood!

  • Upload
    meliscl

  • View
    502

  • Download
    2

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: n Bloedverbond . . . tot die dood!

‘n Verbond tot die dood . . .

Page 2: n Bloedverbond . . . tot die dood!

Die basis van die Christelike Geloof is gegrond op ‘n Bloedverbond . . .

‘n Bloedverbond is ‘n ooreenkoms wat aangegaan word tussen twee partye, wat ‘n baie nou vriendskapsband met mekaar het, waarvolgens alles wat hulle

besit vir mekaar beskikbaar is, op aanvraag . . .

Hierdie uitruil van besittings is die verantwoordelikheid van albei partye,

Die ooreenkoms word met die bloed van die betrokke partye verseel & is ‘n verbintenis tot die dood . . .

Page 3: n Bloedverbond . . . tot die dood!

Wanneer enige van die twee partye wat in die bloedverbond staan weier om aan enige van die behoeftes van die ander verbondsparty te voldoen

beteken dit dat hy die ooreenkoms tussen hulle verbreek . . .

. . . dit beteken dat hy ‘n gruwelike dood sal sterf & so ook die res van sy familie, gewoonlik aan die hand van die party wat nie reg hanteer is volgens die ooreenkoms nie . . .

Dit is dus verstaanbaar wat die partye motiveer om aan die ander party se eise te voldoen as daar iets gevra word . . .

Page 4: n Bloedverbond . . . tot die dood!

Genesis 3:21 beskryf die heel eerste bloedverbond waarvan ons in die Bybel lees

God het vir Adam & Eva klere gemaak van vel . . .

Adam & Eva het in die teenwoordigheid van God gesondig. God kannie die sonde aanskou nie, wat beteken dat Hy Sy hele skepping sou moes vaarwel roep . . .

Maar God is onwillig om Sy rug op die mens te draai; daarom het Hy die sonde met bloed bedek . . .

Nou het God nie die sonde aanskou nie, maar die bloed van die dier waarmee Hy vir Adam & Eva klere gemaak het om hul naaktheid te verberg

Page 5: n Bloedverbond . . . tot die dood!

Die eerste bloedoffer in die tuin van Eden is die basis vir die Ou Testamentiese offers van bloed, wat na die uiteindelike offer verwys . . .

Die bloedvergieting van die Lam van God . . .

Die onskuldige Lam moes doodgemaak word om die vel af te trek om die sonde van Adam & Eva te bedek

Page 6: n Bloedverbond . . . tot die dood!

In Genesis 4 lees ons dat Kain & Abel elk ‘n offer aan God bring vir hul sondes . . .

God het Abel se bloed offer aangeneem, omdat sy offer die vloei van bloed ingesluit het; maar geen bloed het gevloei om Kain se sondes te bedek nie; daarom was sy offer onvoldoende . . .

Page 7: n Bloedverbond . . . tot die dood!

Die konsep van ‘n bloedoffer is die vloei van onskuldige bloed vir die bedekking van sondes,

sodat God in die teenwoordigheid van Sy skepping kan kom . . .

Dit is ook die oorsprong van die bloedverbond wat God met Abraham gesluit het toe God hom ‘n nageslag belowe het wat in getal gelykstaande

sal wees aan die sterre in die hemel of die sand van die see . . .

Omdat God Gees is & nie vlees & bloed nie, moet daar altyd ‘n plaas vervanger wees wat namens God die bloed verskaf vir die bloed verbond . . .

Page 8: n Bloedverbond . . . tot die dood!

God se bydrae vir die bloedverbond met Abraham is

volgens Genesis 15:9 ‘n driejaaroud vers; ‘n driejaaroud bokooi; ‘n driejaaroud ram; ‘n tortelduif & ‘n jong duif . . .

Abraham se bydrae was sy voorhuid volgens Genesis 17:11 en verder . . .

“Ek sal My verbond oprig tussen My & jou & jou nageslag na jou in hulle geslagte as ‘n ewige verbond, om vir

jou ‘n God te wees & vir jou nageslag na jou . . . Genesis 17:7

Die verbond was bedoel om ‘n ewige verbond te wees tussen God die Almagtig & Abraham. Twee bloedverbonds partye . . .

Page 9: n Bloedverbond . . . tot die dood!

Hoekom was dit nodig vir Jeshua om aan die kruis te sterf as daar ‘n ewige verbond tussen Abraham & God bestaan het?

Die probleem is dat die mens telkemale die voorwaardes van die bloedverbond verbreek & daarom herhaaldelik die prys vir nie-voldoening moet betaal!

‘n Man moes gevind word wat die bloedverbond voorwaardes sou nakom & die bloedverbond sou respekteer & volhou . . .

‘n Man wat nie herhaaldelik die bloedverbond sou verbreek deur ongehoorsaamheid aan die ander bloedverbond party, die Almagtige God nie. . .

Page 10: n Bloedverbond . . . tot die dood!

Net hier pas Jeshua in omdat Hy beide Seun van God & Seun van die mens is . . .

Jeshua se natuur sou & sal nooit Sy bloedverbond vennoot God die Vader, ongehoorsaam wees of disrespekvol hanteer nie . .

Daarom die Nuwe Bloedverbond . . .

Jeshua se reddingswerk vervang die bloedverbond met Abraham wat aanhoudend verbreek was deur die mens . . .

Page 11: n Bloedverbond . . . tot die dood!

Die Ou Verbond het God slegs met een persoon, Abraham gemaak; niemand anders . . .

Ander kon slegs deel aan die verbond verkry, deur die reg van besnydenis . . .

In Genesis 17:10 se God aan Abraham: “Dit is My verbond wat julle moet hou tussen My & julle en jou nageslag na jou: al wat manlik onder julle is

moet besny word – julle moet aan die vlees van jul voorhuid besny word & dit sal ‘n teken wees van die verbond tussen My & julle . . .

Page 12: n Bloedverbond . . . tot die dood!

God het nie ‘n bloedverbond met elke Hebreer gesluit nie!

God het ‘n weg voorsien waarvolgens hulle toegang

tot die verbond met Abraham kon verkry . . . die besnydenis!

Dieselfde wyse waarop Abraham sy eie bloed voorsien het om toegang tot die bloedverbond met God te verkry . . .

Page 13: n Bloedverbond . . . tot die dood!

In die Nuwe Testament vertel Paulus van die besnydenis van die hart waar die ouNatuur weggegooi word & die nuwe natuur van God in die mens geplaas word . . .

Die Nuwe Verbond is dus gebaseer op die patroon van die Ou Verbond . . .

Hierdie Bloedverbond is vir ewig, want dit kannie verbreek

word soos die verbond van die Ou Testament nie . . .

Page 14: n Bloedverbond . . . tot die dood!

Die Nuwe Bloedverbond is nou tussen God die Vader & Sy Seun, wat die mens verteenwoordig . . .

Jeshua het namens die mens met God hierdie Bloedverbond gesluit . . .

Die wat by hierdie Bloedverbond tussen Vader & Seun wil aansluit

doen so deur die reg van besnydenis, besnydenis van die

hart, soos Paulus se in Romeine 2: 28-29

“ Want nie hy is ‘n Jood wat dit in die openbaar is nie & nie dit is besnydenis wat dit in die openbaar in due vlees is nie, maar hy is ‘n Jood wat dit in die verborgene

is & besnydenis is die van die hart, in die gees, nie na die letter nie. Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God”

Page 15: n Bloedverbond . . . tot die dood!

Wanneer jy Jesuha ontvang as jou Redder gebeur daar baie in die geesteswereld

Jy weet nie eers van die geestelike aktiwiteite om jou nie, maar jy weet net dat jy nou anders voel . . .

Jy ontvang nie slegs vir Jeshua as Verlosser nie, maar jy word besny tot die Nuwe Verbond tussen God die Vader & God die Seun,

wat die mens verteenwoordig . . .

Hierdie “insny” in die Nuwe Verbond word deur Jeshus gedoen; die mens se verteenwoordiger in die bloedverbond . . .

Hierdie insny word in die hart gedoen, nie op die voorhuid nie . . .

Daarom het almal wat na Jeshus kom, man of vrou, gelyke toegang tot die terme van die Bloed Verbond . . .

Page 16: n Bloedverbond . . . tot die dood!

Wat is die terme van die Nuwe Bloed Verbond?

In ‘n Bloedverbond verhouding is elke ding wat jy besit vrylik beskikbaar vir jou verbondsvennoot.

Net so het jy weer toegang tot alles van hom, jy moet net vra . . .

As jy jou verhouding met God hanteer soos ‘n verhouding tussen twee partye wat in ‘n bloedverbon staan hanteer behoort te word, sal alles wat God van ons nodig

het Syne wees & alles wat ons van Hom nodig het, ons s’n . . .

Jeshua se vir hulle: “ Wie My vlees eet & My bloed drink, bly in My & Ek in hom. Soos die Lewende Vader My gestuur het & Ek deur die Vader lewe,

so sal hy wat My eet ook deur My lewe . . . Dit is die brood wat uit die hemel neergedaal het. . . Johannes 6:53-58

Page 17: n Bloedverbond . . . tot die dood!
Page 18: n Bloedverbond . . . tot die dood!
Page 19: n Bloedverbond . . . tot die dood!
Page 20: n Bloedverbond . . . tot die dood!
Page 21: n Bloedverbond . . . tot die dood!