19
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT PUNTE: 80 Hierdie memorandum bestaan uit 19 bladsye. LEWENSORIËNTERING ALGEMENE ASSESSERINGSTAAK 5 SEPTEMBER 2014 MEMORANDUM GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT … · SERTIFIKAAT ALGEMENE ASSESSERINGSTAAK 5 PUNTE: 80 Hierdie memorandum bestaan uit 19 bladsye. LEWENSORIËNTERING SEPTEMBER

  • Upload
    others

  • View
    8

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT … · SERTIFIKAAT ALGEMENE ASSESSERINGSTAAK 5 PUNTE: 80 Hierdie memorandum bestaan uit 19 bladsye. LEWENSORIËNTERING SEPTEMBER

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

NASIONALE SENIOR

SERTIFIKAAT

PUNTE: 80

Hierdie memorandum bestaan uit 19 bladsye.

LEWENSORIËNTERING

ALGEMENE ASSESSERINGSTAAK

5 SEPTEMBER 2014

MEMORANDUM

GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

Page 2: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT … · SERTIFIKAAT ALGEMENE ASSESSERINGSTAAK 5 PUNTE: 80 Hierdie memorandum bestaan uit 19 bladsye. LEWENSORIËNTERING SEPTEMBER

Lewensoriëntering 2 DBE/September 2014 NSS – Algemene Assesseringstaak – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1 1.1.1 D ()

1.1.2 C () 1.1.3 A () 1.1.4 C () 1.1.5 B () 1.1.6 C () 1.1.7 A () 1.1.8 D () 1.1.9 A () 1.1.10 C ()

(10 x 1) (10)

1.2 1.2.1 Volgens die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, wat is die verantwoordelikheid van die werkgewer teenoor:

(a) 'n Werknemer wat op 'n openbare vakansiedag werk.

Die werkgewer…

moet die werknemer dubbel/ekstra betaal om op 'n openbare vakansiedag te werk wat met 'n werksdag saamval. ()

OF

kan met die werknemer onderhandel vir 'n verlofdag wanneer hulle op 'n openbare vakansiedag moet werk. ()

(1)

(b) 'n Vroulike werknemer wat bevallingsverlof benodig.

Die werkgewer...

moet aan die swanger werknemer tot en met vier aaneenlopende maande bevallingsverlof toeken. ()

moet aan die werknemer enigiets vanaf 4 weke voor die verwagte geboortedatum bevallingsverlof toestaan. ()

moet bevallingsverlof toestaan vanaf 'n datum wat die dokter of vroedvrou bepaal nodig is vir die werknemer se gesondheid of die van die ongebore baba. ()

mag nie verwag dat die werknemer moet werk vir 6 weke na die geboorte van haar kind nie, tensy sy deur die dokter of vroedvrou as fiks verklaar is. ()

mag nie verwag dat 'n swanger werknemer of 'n werknemer wa borsvoed werk moet verrig wat gevaarlik is vir haarself of haar kind nie. ()

(1)

Page 3: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT … · SERTIFIKAAT ALGEMENE ASSESSERINGSTAAK 5 PUNTE: 80 Hierdie memorandum bestaan uit 19 bladsye. LEWENSORIËNTERING SEPTEMBER

Lewensoriëntering 3 DBE/September 2014 NSS – Algemene Assesseringstaak – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

1.2.2

1.2.3 1.2.4

Buigsaamheid ()

Die praktyk onder dié met mag of invloed om guns te toon aan familie of vriende, veral met die toekenning van werk/posisies van

outoriteit sonder die relevante kwalifikasies. () Nasionaal ()

(1) (2) (1)

1.2.5 Impak van werkloosheid op die individu se emosionele welstand:

Dit kan die volgende veroorsaak:

Depressie ()

Woede ()

Hulpeloosheid ()

Swak selfbeeld/ tekort aan self-versekerdheid ()

Gebrek aan motivering/demotivering ()

Angs ()

Stres ()

Frustrasie ()

Aggressie ()

Minderwaardig ()

Selfmoordgevoelens/ -gedagtes ()

Eensaamheid ()

Of enige ander TWEE relevante antwoorde vir EEN punt elk.

(2)

1.2.6 Studievaardighede wat geheue verbeter terwyl jy studeer sluit in:

Flitskaarte () met belangrike inligting daarop wat jy met jou kan saamdra om hersiening te doen. ()

Geheuekaarte/Spinnekopdiagramme () verbind inligting op 'n logiese manier wat jou help om groot hoeveelhede inligting in hanteerbare dele op te breek. ()

Mnemoniek () is 'n woord, sin of lied wat jou help om inligting te herroep/ verbalisering. ()

Opsommings () gebruik sleutelwoorde wat belangrik is vir die inhoud. ()

Tabelle () help jou om inligting op 'n logiese manier te organiseer. ()

Of enige ander EEN relevante antwoord vir TWEE punte elk. Toekenning van EEN punt vir die identifisering van die vaardigheid. Toekennins van EEN punt vir die relevante beskrywing.

(2)

TOTAAL AFDELING A: 20

Page 4: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT … · SERTIFIKAAT ALGEMENE ASSESSERINGSTAAK 5 PUNTE: 80 Hierdie memorandum bestaan uit 19 bladsye. LEWENSORIËNTERING SEPTEMBER

Lewensoriëntering 4 DBE/September 2014 NSS – Algemene Assesseringstaak – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING B (VERPLIGTEND) 1. 2.

In hierdie afdeling moet kandidate se antwoorde so ver moontlik in volsinne geskryf word. Daarom, met 'n 3- of 4-punt-vraag, kan en moet 4, 3, 2 en 1 of 'n 0 (nul) aan kandidate toegeken word afhangende van die vlak waarop die antwoord gegee is. Let daarop dat in elke kategorie van die kandidaat se pogings, daar onderskeid gemaak moet word tussen uitstekende, goeie, bevredigende en swak antwoorde.

VRAAG 2 2.1 Punte word soos volg toegeken:

EEN punt () vir die noem van die relevante arbeidswetgewing wat van toepassing is op die uittreksel.

EN

TWEE punte () afhangende van die verduideliking wat deur die kandidate gegee word.

Page 5: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT … · SERTIFIKAAT ALGEMENE ASSESSERINGSTAAK 5 PUNTE: 80 Hierdie memorandum bestaan uit 19 bladsye. LEWENSORIËNTERING SEPTEMBER

Lewensoriëntering 5 DBE/September 2014 NSS – Algemene Assesseringstaak – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

ARBEIDSWETGEWING VERDUIDELIKING

Die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV) ()

Hierdie wet stipuleer 'n raamwerk vir goeie werksverhoudinge tussen die werkgewer en die werknemer. ()

OF

Hierdie wet maak reëls vir die verhoudings tussen werkgewer en 'n individu of groepe werknemers, werkgewer of werksgewers-organisasie en 'n vakbond en 'n werknemer en 'n vakbond. ()

EN

Hierdie uittreksel toon 'n gebrek aan kommunikasie oor die pligte en funksies van die werknemers. ()

OF Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV) ()

Hierdie wet reguleer/verseker dat werks-/leef- toestande van die werker, betaling en dienskontrak van 'n minimum/aanvaarbare standaard is () en dus weerhou dat huishulpe uitgebuit word.

OF

Hierdie wet stipuleer wetlike vereistes met betrekking tot hoeveelheid ure 'n werknemer elke week moet werk, oortydure, etenstye, skofwerk, jaarlikse verlof, familieverlof, kraamverlof, kennis van diensbeëindiging en vergoeding. ()

EN

Die uittreksel beskryf die ongesonde leeftoestande van huishulpe, onregverdige betaling en werksure. ()

OF

Die uittreksel wys ook op die werknemer wat pligte buite die werkskontrak verrig. Byvoorbeeld, om die werkgewer te masseer. () OF

Sektorale Vasstelling 7 ()

Van toepassing op alle huishulpe met verwysing na minimum loon en werksure, () dit beskerm die regte van alle huishulpe.

EN

Die uittreksel beskryf die ongesonde leeftoestande, onregverdige betaling en werksure van huishulpe. ()

(1 + 2)

(3)

Page 6: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT … · SERTIFIKAAT ALGEMENE ASSESSERINGSTAAK 5 PUNTE: 80 Hierdie memorandum bestaan uit 19 bladsye. LEWENSORIËNTERING SEPTEMBER

Lewensoriëntering 6 DBE/September 2014 NSS – Algemene Assesseringstaak – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

2.2 Punte moet as volg toegeken word:

TWEE punte () elk vir DRIE goed verduidelikde antwoorde.

Dit wil voorkom asof die arbeidswetgewing vir huishulpe in Suid-Afrika nie deur sommige werkgewers nagekom word nie. Drie moontlike redes hiervoor mag wees:

Baie werknemers mag dalk nie hul regte ken of verstaan nie (ongeletterdheid / tekort aan inligting) () en is kwesbaar vir uitbuiting. ()

Baie huishulpe leef en werk in sosiale isolasie (weg van familie en vriende) () en hulle is daarom nie bewus van hul regte nie. ()

Daar is dikwels geen formele werksbeskrywing of dienskontrak nie, () daarom word hulle uitgebuit om enige werk te verrig wat die werkgewer wil hê hulle moet doen. ()

Onwettige immigrante is dalk nie formeel geregistreer nie en mag desperaat wees vir geld () en sal dus enige werk aanvaar sonder behoorlike kontrakte/met 'n lae salaris. ()

Die Departement van Arbeid het nie akkurate data van huishulpe nie () wat dit moeilik maak om hul regte te monitor/om in te tree wanneer dit benodig word. ()

Armoede () mag sommige huishulpe forseer om enige werkstoestande te aanvaar. ()

Tekort aan aktiewe deelname van vakbonde () en dus word reëls nie gevolg nie. ()

Tekort aan rapporteringsstrukture () lei tot die uitbuiting van werkers. ()

Of enige ander DRIE relevante antwoorde vir TWEE punte elk. (3 x 2)

(6)

2.3 2.3 Punte moet as volg toegeken word:

EEN punt () vir elk van die DRIE aanbevelings EN

EEN punt () om aan te dui hoe elk van hierdie aanbevelings die lewe van huishulpe kan verbeter.

Die volgende aanbevelings kan die regte van huishulpe beskerm en hul lewe verbeter:

Die unies kan…

lede opvoed omtrent hul regte () en op hierdie manier kan werknemers verantwoordbaar gehou word vir die diensvoorwaardes van huishulpe. ()

verseker dat behoorlike verslagdoenings-prosedures en stelsels (bv. 'hotline') in plek is. () Dit sal huishulpe in staat stel om verslag te doen sonder vrees vir intimidasie of werksverlies. ()

verseker dat huishulpe wat ongeletterd is aangemoedig word om hul kontrakte aan mense te wys wat dit aan hulle kan verduidelik. () Dit stel hulle in staat om te weet waarvoor hulle teken en waaraan hulle hulself bind. ()

massamedia soos radio, televisie, koerante, ens. gebruik () om bewustheid by werkgewers en werknemers te skep oor hul regte.()

Page 7: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT … · SERTIFIKAAT ALGEMENE ASSESSERINGSTAAK 5 PUNTE: 80 Hierdie memorandum bestaan uit 19 bladsye. LEWENSORIËNTERING SEPTEMBER

Lewensoriëntering 7 DBE/September 2014 NSS – Algemene Assesseringstaak – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

huishulpe aanmoedig om by die unie aan te sluit deur voorspraak-vergaderings te hou op plekke waar hulle bereik kan word, bv. dorpe, kerke, en deur maatskaplike werkers. () Dit sal bewustheid skep van die rolle van unies en dienste wat vir lede beskikbaar is. ()

bewustheid skep oor die rol van die unie, hul beleide en dienste wat beskikbaar is aan lede sodat () hulle sal weet waar om advies en bystand te kry, bv. kontrakbreuk (deur beide huishulpe en werkgewers) is onwettig. ()

kollektiewe mag gebruik () om besluite te beïnvloed wat die werkstoestande van huishulp raak. ()

intree by betalingsbedinging () om te verseker dat huishulpe 'n leefbare inkomste verdien. ()

standaarde stel () met betrekking tot werksterme en voorwaardes. ()

intervensie-strategieë bevorder () sodat kwessies wat deur die huishulpe geopper word wel aangespreek word. ()

help om die menslike potensiaal van die lede te ontwikkel () sodat hulle bemagtig kan word om self te onderhandel. ()

huishulpe organiseer () sodat hulle kollektief kwessies kan opper. ()

om werkers by dissiplinêre-verhore te verteenwoordig () om ten einde ondersteuning en raad aan hulle te verleen. ()

Of enige ander DRIE relevante antwoorde vir TWEE punte elk. (3 x 2)

(6) [15]

VRAAG 3 3.1 Punte moet soos volg toegeken word:

EEN punt elk () vir elk van die DRIE oorsake. Verduideliking van die DRIE moontlike oorsake van die hoë infeksiekoers van die 30–34-jaar-ouderdomsgroep:

Hulle is meer onafhanklik en geneig om meer seksmaats te hê en mag dalk onbeskermde seks geniet ().

Hulle mag in 'n verhouding wees en hul maats dring aan op onbeskermde seks omdat hulle mekaar vertrou. ()

Hulle beweeg makliker rond en kan migreer en dit mag veelvuldige seksmaats tot gevolg hê en daarom mag hulle moontlik betrokke wees by onbeskermde seks. ()

Hulle het lewenstyle wat hulle meer kwesbaar maak vir MIV infeksie, bv. dwelmmisbruik, roekelose gedrag, swak kondoomgebruik. ()

Sommige mense ontken dat hulle met MIV/Vigs geïnfekteer kan word en daarom gaan hulle nie vir toetsing nie. ()

Werkloosheid mag sommige vroue forseer om deel te neem aan 'kommersiële sekswerk'/prostitusie wat hulle meer kwesbaar vir infeksie maak. ()

Of enige ander DRIE relevante oorsake vir EEN punt elk. (3 x 1)

(3)

Page 8: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT … · SERTIFIKAAT ALGEMENE ASSESSERINGSTAAK 5 PUNTE: 80 Hierdie memorandum bestaan uit 19 bladsye. LEWENSORIËNTERING SEPTEMBER

Lewensoriëntering 8 DBE/September 2014 NSS – Algemene Assesseringstaak – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

3.2 Punte moet as volg toegeken word:

TWEE punte () elk vir DRIE goed verduidelikde antwoorde. Redes vir geslagswanbalans, soos gesien in die grafiek, sluit in:

Die ekonomiese afhanklikheid van vroue in sekere kulture maak hulle meer kwesbaar vir MIV-infeksie, omdat mans in hierdie verhoudings geneig is om meer mag uit te oefen. () Dit het tot gevolg dat vroue nie in staat is om hulself teen mishandeling, seksuele uitbuiting of onbeskermde seks te beskerm nie. ()

In verskeie kulture het vroue geen mag om oor seksuele kwessies te onderhandel nie, bv. die gebruik van kondome. () Dit maak dat vroue meer kwesbaar tot MIV-infeksie is. ()

Seksuele geweld, wat verkragting kan insluit, kom algemeen voor in Suid-Afrika. () As gevolg hiervan kan vroue geïnfekteer word omdat hulle geforseer word om onbeskermde seks te hê. ()

Jong meisies het seks met ouer mans ('sugar daddies' – vir materiële voordele) wie reeds veelvuldige seksmaats gehad het. () Dit stel jong vroue bloot aan die risiko om MIV op te doen. ()

In sommige kulture is dit 'n teken van manlikheid en status tussen mans om veelvuldige seksmaats en onbeskermende seks te hê. () Dit kan die vrou se risiko verhoog om MIV op te doen. () Of enige ander DRIE relevante antwoorde vir TWEE punte elk. (3 x 2)

(6)

3.3 Noem TWEE intervensie-strategieë wat deur die regering of jou gemeenskap in plek gestel is om MIV-infeksie te voorkom. Evalueer die effektiwiteit van elke strategie krities. Punte moet soos volg toegeken word:

EEN punt () vir die meld van 'n intervensie-strategie EN

TWEE punte () vir die kritiese evaluering van die strategie. Voorkoming van MIV-infeksie:

Kondome word gratis voorsien in gesondheidsorgsentrums. () o Kondome is effektief omdat diegene wat veilige seks beoefen

maklike toegang tot die kondome het by die klinieke. () OF

o Om gratis kondome te voorsien mag dalk nie so effektief wees nie omdat daar steeds so 'n groot getal tienerswangerskappe is, wat daarop dui dat daar diegene is wat dit nie gebruik nie. ()

Page 9: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT … · SERTIFIKAAT ALGEMENE ASSESSERINGSTAAK 5 PUNTE: 80 Hierdie memorandum bestaan uit 19 bladsye. LEWENSORIËNTERING SEPTEMBER

Lewensoriëntering 9 DBE/September 2014 NSS – Algemene Assesseringstaak – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Moeder-tot-kind voorkomings-programme wat deur die regering geïmplementeer word. () o Moeder-tot-kind- oordrag het afgeneem met behoorlike opvoeding en

deur die dienste in meeste gemeenskappe toeganklik te maak. () OF

o Daar is steeds swanger vroue wat nie die kliniek besoek en van die dienste wat voorsien word gebruik maak nie of sommige van die moeders versuim om hul behandelings te gebruik. ()

Portuuronderrig/ lewensvaardigheid programme het die jeug bemagtig deur inligting meer toeganklik te maak. () o Hulle sal dit liewer binne 'n veilige omgewing met hul portuurgroep

bespreek en deel as met volwassenes. () OF

o Jongmense neem nie die advies van hul portuur ernstig op nie en die infeksiekoers hou aan styg. ()

Vrywillige berading en toetsing (VBT) en verskaffer geïnisieerde berading en toetsing is beskikbaar gemaak in gemeenskappe. () o Hierdie dienste is gratis en maak vroeë diagnose en voorkoming van

herinfektering moontlik. () OF

o Weens die stigma verbonde aan MIV is mense in die gemeenskap steeds huiwerig om vir berading te gaan. ()

Bewustheid deur religieuse instellings en organisasies. () o Hulle het 'n belangrike rol gespeel in die fasilitering van inligting deur

kennis te voorsien en onthouding aan te moedig. () OF

o Hulle is nie heeltemal betrokke nie weens die religieuse standpunte wat mense laat voel of hulle geoordeel word, of skuldig en skaam voel. ()

Mense wat met MIV en Vigs leef is betrokke as ambassadeurs. () o Hulle bepleit bewustheid en voorkoming effektief, daarom kan mense

weens hulle werklike lewensrolle en situasie met hulle identifiseer. () OF

o Mense wat hul status openbaar is gestigmatiseer. ()

Gemeenskapsvoorkomings-programme () o As 'n voorbeeld: mans se mediese besnyding word in

gesondheidsentrums bevorder en duisende mans is veilig besny. () OF

o Alhoewel hierdie dienste in gemeenskappe beskikbaar is, is baie mans steeds huiwerig om hiervan gebruik te maak weens apatie (stel nie belang nie)/verkies of verplig om tradisionele metodes te gebruik. ()

Page 10: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT … · SERTIFIKAAT ALGEMENE ASSESSERINGSTAAK 5 PUNTE: 80 Hierdie memorandum bestaan uit 19 bladsye. LEWENSORIËNTERING SEPTEMBER

Lewensoriëntering 10 DBE/September 2014 NSS – Algemene Assesseringstaak – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Daar is 'n toename in tuisversorging-sentrums/ tuisversorgers. () o Daar is 'n toename in ondersteuningsnetwerke soos tuisversorging en

opgeleide versorgers, daarom is mense in staat om meer hulp en ondersteuning te verkry. () OF

o Mense maak nie gebruik van hierdie tuisversorgsentrums nie of is huiwerig om tuisversorgers te gebruik. ()

Mediaveldtogte () o Hulle speel ‘n belangrike rol in die voorsiening van inligting aan die

publiek en dit help met die afname van MIV infeksies. () OF

o Hierdie veldtogte is nie duidelik in alle gemeenskappe nie, dus is mense nogsteeds onbewus en infeksies hou aan vermeerder. ()

Of enige ander TWEE relevante antwoorde vir DRIE punte elk. (3 x 2)

(6) [15]

TOTAAL AFDELING B: 30

Page 11: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT … · SERTIFIKAAT ALGEMENE ASSESSERINGSTAAK 5 PUNTE: 80 Hierdie memorandum bestaan uit 19 bladsye. LEWENSORIËNTERING SEPTEMBER

Lewensoriëntering 11 DBE/September 2014 NSS – Algemene Assesseringstaak – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING C

Kandidate moet enige TWEE (2) vrae in hierdie afdeling beantwoord. Indien die kandidaat al drie vrae beantwoord, sal net die eerste TWEE nagesien word. Die oorblywende vraag sal geskraap word en die volgende afkorting moet daarby geskryf word 'OV' (Oorskry aantal vrae wat vereis word).

VRAAG 4

Kandidaat se antwoord moet in opstelvorm wees.

'n Maksimum van TWAALF punte sal toegeken word vir die kandidaat se antwoorde en 'n maksimum van DRIE punte sal toegeken word vir algehele indruk en insig wat verskaf word. Sien die onderstaande rubriek. (12 + 3) (15)

Bespreek TWEE rolle van die media in terme van sportdekking.

Punte moet soos volg toegeken word:

TWEE punte () vir elke goed bespreekte rol OF

EEN punt () vir 'n gemiddelde bespreking.

Die rol van die media in terme van sportdekking is om ...

mense op te voed rakende verskillende sportkodes en die reëls van die spel () sodat mense opgevoed kan word rakende die speel van die sport. ()

om onbevooroordeelde kommentaar en akkurate verslaggewing te bied oor plaaslike en internasionale sportgebeure, soos die Olimpiese Spele, Super 15, 'UEFA' Sokkerliga, ens. () om die publiek in te lig en op datum te hou met die nuutste ontwikkelings. ()

voorsien gelyke dekking van beide manlike en vroulike deelname () om sodoende nie vooroordeel vir of teen spesifieke geslagsportsoorte aan te moedig nie ()

publiseer die optrede en prestasies van sportpersoonlikhede ) om sodoende belangstelling en ondersteuning vir sportpersoonlikhede aan te moedig. ()

om sportdeelname, vriendelike kompetisie, gesonde leefwyse en die liefde vir sport te bevorder () ten einde 'n gesonde lewenstyl aan te moedig. ()

om onbevooroordeelde kommentaar en akkurate verslaggewing oor sportgebeure regoor die wêreld te lewer () omdat hierdie die waarde van eerlikheid demonstreer en vertroue en betroubaarheid van die media laat toeneem. ()

om vermaak aan die gehoor te voorsien deur sportgebeure te vertoon () moedig sosiale interaksie en ontspanning aan en dit bevorder ook patriotisme. ()

om as 'n waghond op te tree () om korrupsie en wanbestuur in sport bloot te stel. ()

om 'n platform te skep vir debattering en bespreking in sport () en op hierdie wyse is mense meer ingelig en betrokke in sportkwessies. ()

om menseregte oortredings in sport bloot te stel () sodat kwessies soos geslagsbevooroordeling en diskriminasie behoorlik aangespreek kan word. ()

Of enige ander TWEE relevante antwoorde vir TWEE punte elk. (2 x 2)

(4)

Page 12: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT … · SERTIFIKAAT ALGEMENE ASSESSERINGSTAAK 5 PUNTE: 80 Hierdie memorandum bestaan uit 19 bladsye. LEWENSORIËNTERING SEPTEMBER

Lewensoriëntering 12 DBE/September 2014 NSS – Algemene Assesseringstaak – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Ontleed krities TWEE maniere hoe die media openbare menings van sportpersoonlikhede kan beïnvloed beide op 'n:

Positiewe manier

Negatiewe manier

Punte moet as volg toegeken word:

VIER punte () moet toegeken word vir die ontleding van TWEE positiewe maniere EN

VIER punte () moet toegeken word vir die ontleding van TWEE negatiewe maniere.

Die media kan publiek se siening van sportpersoonlikhede op 'n POSITIEWE manier beïnvloed:

Die media…

beklemtoon voortdurend die prestasies van 'n spesifieke sport-persoonlikheid deur die toekenning van voldoende ruimte of tyd in gedrukte en elektroniese media. () Dit lei daartoe dat mense die sukses en talent van die sportpersoonlikheid bewonder en sodoende 'n positiewe en aangename beeld van die sportpersoonlikheid te skep. ()

projekteer die sportpersoonlikheid gereeld in advertensies in gedrukte (bv. Reklameborde) en elektroniese media. Die publiek word deurgaans blootgestel aan die beeld van die sportpersoonlikheid en hierdie positiewe beeld word ingegraveer in die publiek se gedagtes. () Dit verhoog die gewildheid van die person en maak van hom/haar 'n rolmodel. ()

beklemtoon liefdadigheidsorganisasies waarmee die sportpersoonlikheid geassosieer word. Op hierdie manier word die publiek oortuig om die saak te ondersteun en hulle begin van die persoon hou of begin hulle admireer weens sy toegewyde verbintenis aan liefdadigheidswerk () en daarmee 'n bevooroordeelde houding teenoor die sportpersoonlikheid te skep, byvoorbeeld indien daar enige negatiewe gerugte van die sport-persoonlikheid is, is mens geneig om dit nie te glo nie. ()

Of enige ander relevante antwoorde vir VIER punte. Die media kan die publiek se siening van sportpersoonlikhede op 'n NEGATIEWE manier beïnvloed op die volgende wyse: Die media…

'vervolg' sekere sportpersoonlikhede deur herhaaldelik oor hul foute of mislukkings te skryf of te praat. Dit fokus die publiek se aandag slegs op die negatiewe aspekte van die sportpersoonlikheid. () Op hierdie manier word enige positiewe prestasies wat deur die sportpersoonlikheid bereik word oorskadu deur die negatiewe persepsie wat van die sportpersoonlikheid geskep is. ()

reflekteer dikwels hul persoonlike opinies van die sportpersoonlikheid en oordryf die feite. Hulle sluit dikwels spekulasie en ongegronde skindernuus en gerugte in. () Die publiek is geneig om hierdie stories te glo en dit stel die sportpersoonlikheid verder in 'n slegte lig in die publiek se oë. ()

Page 13: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT … · SERTIFIKAAT ALGEMENE ASSESSERINGSTAAK 5 PUNTE: 80 Hierdie memorandum bestaan uit 19 bladsye. LEWENSORIËNTERING SEPTEMBER

Lewensoriëntering 13 DBE/September 2014 NSS – Algemene Assesseringstaak – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

gebruik sensasionele hoofopskrifte/foto's van die sportpersoonlikheid se private lewe wat help om koerante te verkoop. Dikwels word hierdie stories op die voorblaaie van die koerant geplaas. () Op hierdie manier word die negatiewe nuus op die voorgrond geplaas en dit swaai dikwels die publiek se denkwyse en opinie. ()

maak 'n ophef rondom 'n sekere speler en projekteer hom/haar as die beste speler in die span. () Die publiek fokus hulle ondersteuning en aandag slegs op daardie speler en vergeet dat die ander spelers ook tot die sukses bygedra het. ()

Of enige ander relevante antwoorde vir VIER punte. (2 x 2)

Aangesien hierdie 'n opstel is, moet punte toegeken word vir algehele indruk en insig wat getoon word. Die kandidaat moet in staat wees om die opstel te bespreek en dit in konteks te plaas met die stelling/vraag.

Die volgende rubriek moet gebruik word om algehele indruk en insig te assesseer:

(4)

KRITERIA KRITERIA

UITSTEKEND (3) GOED (2) SWAK (1–0)

Algehele indruk en insig

Die kandidaat se opstel toon:

uitstekende insig en kritiese denk-vaardighede

oortuigende bespreking

noem huidige voorbeelde

voorsien uitstekende redes vir hul ontleding

Die kandidaat se opstel toon:

bevredigende insig en kritiese denkvaardighede

bevredigende bespreking

noem huidige voorbeelde

bevredigende redes word gegee vir hul ontleding

Die kandidaat se opstel toon:

geen/beperkte insig en kritiese denkvaardighede

geen/beperkte bespreking

noem geen huidige voorbeelde

geen/beperkte redes word gegee vir ontleding

(3) [15]

Page 14: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT … · SERTIFIKAAT ALGEMENE ASSESSERINGSTAAK 5 PUNTE: 80 Hierdie memorandum bestaan uit 19 bladsye. LEWENSORIËNTERING SEPTEMBER

Lewensoriëntering 14 DBE/September 2014 NSS – Algemene Assesseringstaak – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 5 Kandidaat se antwoord moet in opstelvorm wees. 'n Maksimum van TWAALF punte sal toegeken word vir die kandidaat se antwoorde en 'n maksimum van DRIE punte sal toegeken word vir algehele indruk en insig. Sien die onderstaande rubriek. 12 + 3 (15)

Evalueer die impak van omkopery op die individu en die maatskappy. LET WEL: Onderwyser: 'n Breë definisie van omkopery: Omkopery is 'n misdaad wat die aanbieding, gee en ontvang van enige item van waarde insluit om die aksies van 'n amptenaar of enige ander persoon in die maatskappy te beïnvloed. Kandidaat moet TWEE maniere vir die individu en TWEE manier vir die maatskappy voorsien:

Die impak van omkopery op die individu kan:

tot gevolg hê dat die individu sy/haar werk verloor indien hy/sy skuldig bevind word aan omkopery () en dit mag bydra tot finansiële, sosiale en emosionele probleme in sy/haar lewe. ()

tronkstraf tot gevolg het, indien die individu krimineel aangekla en skuldig bevind word, () met 'n gevolglike verlies aan vryheid. ()

duur boetes ontvang () wat finansiële verliese en selfs bankrotskap tot gevolg kan hê. ()

die beeld wat ander werknemers van die individu het, vernietig () veral as hy/sy as 'n rolmodel deur die ander werknemers in die maatskappy beskou word. ()

tot gevolg hê dat die individu geswartlys word () en nie staat is om enige ander tipe werk te kry nie. ()

swak prestasie in hy/sy werk tot gevolg hê () as die individu meestal tyd spandeer om persoonlike rykdom te bekom ten koste van die maatskappy se tyd en hulpbronne. ()

die selfbeeld van die individu verswak () as hy/sy uitgevang word en deur die ander werknemers in die maatskappy gestigmatiseer word. ()

veroorsaak dat die individu 'n onetiese waardestesel ontwikkel, () omdat hy/sy so obsessief word met die verbetering van status en rykdom in die samelewing. ()

Enige TWEE ander relevante antwoorde vir TWEE punte elk. (2 x 2)

(4)

Page 15: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT … · SERTIFIKAAT ALGEMENE ASSESSERINGSTAAK 5 PUNTE: 80 Hierdie memorandum bestaan uit 19 bladsye. LEWENSORIËNTERING SEPTEMBER

Lewensoriëntering 15 DBE/September 2014 NSS – Algemene Assesseringstaak – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Die impak van omkopery op die maatskappy kan:

bydra tot die kostes van sakeonderhandelings met die maatskappy, () want die maatskappy moet bykomende geld betaal om die tender/kontrak of die besigheidstransaksie aan die omkoper toe te ken. (). die kwaliteit van die dienste en produkte van die maatskappy verlaag, () indien die kontrakte nie toegeken word aan die mees geskikte bieër nie. Byvoorbeeld minderwaardige boumateriaal mag gekoop word inruil vir omkoopgeld. ()

'n onetiese kultuur by werknemers skep, () byvoorbeeld, as werknemers bewus raak van die bestuurder wat omkoopgeld aanvaar, mag hulle betrokke raak by dieselfde onetiese praktyk. ()

firmas en maatskappye in gevaar stel om verbied of besigheid geweier te word met ander besighede/regering/banke, () weens die negatiewe beeld wat die firmas/maatskappye opgebou het as gevolg van onetiese praktyke. ()

swak dienslewering van die maatskappy tot gevolg hê (), omdat individue meer besorg is oor persoonlike wins en hulle nie verbind aan die doelwitte van die maatskappy nie. ()

die langdurige skade verrig aan die reputasie van die maatskappy () en ander prestasies van die maatskappy oorskadu. ()

Enige TWEE ander relevante antwoorde vir TWEE punte elk. (2 x 2)

(4)

Stel TWEE maniere voor waarop landsburgers omkopery in hul gemeenskappe kan hanteer.

TWEE punte vir TWEE goed verduidelikde antwoorde.

Landsburgers kan omkopery in hul gemeenskap hanteer deur …

betrokke te raak om binne gemeenskappe bewustheid te kweek () deur by gemeenskapsvergaderings/buurtwagforums aan te sluit of om sosiale media platforms te skep waar landsburgers omkopery wat in die gemeenskap gebeur kan bespreek. ()

kennis te neem van die insident () en dit te rapporteer/blaas die fluitjie daaroor aan die relevante oorsiener of plaaslike owerhede sodat die regte prosedures van vervolging kan plaasvind. ()

'n petisie op te trek teen omkopery of persone binne die gemeenskap ()

en dit voorlê aan organisasies of plaaslike owerhede om aandag daarop te vestig en optrede te vereis teen hierdie aksies. ()

teen leiers of organisasies binne die gemeenskap te stem wat betrokke is in omkopery. () In die stemproses kan die skuldige partye vervang word deur ander mense wat morele etiek voorstaan. ()

omkopery in die gemeenskap te rapporteer (om 'n fluitjieblaser te wees) aan plaaslike koerante of radiostasies wat programme het wat bewustheid kweek oor gemeenskapsprobleme () en sodoende die regte opvolg-aksie teen hierdie optrede beïnvloed. ()

verantwoordbaar te wees en verantwoordelikheid te neem vir jou eie aksies () deur nie aan omkopery wat deur gemeenskapsowerhede, soos die polisie, munisipaliteit, verkeerspolisie en ander regeringsowerhede geïnisieer word, deel te neem nie. ()

Of enige ander TWEE relevante antwoorde vir TWEE punte elk. (2 x 2)

(4)

Page 16: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT … · SERTIFIKAAT ALGEMENE ASSESSERINGSTAAK 5 PUNTE: 80 Hierdie memorandum bestaan uit 19 bladsye. LEWENSORIËNTERING SEPTEMBER

Lewensoriëntering 16 DBE/September 2014 NSS – Algemene Assesseringstaak – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Aangesien hierdie 'n opstel is, moet punte toegeken word vir algehele indruk en insig wat getoon word. Die kandidaat moet in staat wees om die opstel te bespreek en dit in konteks te plaas met die stelling/vraag.

Die volgende rubriek moet gebruik word om algehele indruk en insig te assesseer:

KRITERIA UITSTEKEND (3) GOED (2) SWAK (1–0)

Algehele indruk en insig

Die kandidaat se opstel toon:

uitstekende insig en kritiese denk-vaardighede

oortuigende bespreking

noem huidige voorbeelde

voorsien uitstekende redes vir hul ontleding

Die kandidaat se opstel toon:

bevredigende insig en kritiese denk-vaardighede

bevredigende bespreking

noem huidige voorbeelde

bevredigende redes word gegee vir hul ontleding

Die kandidaat se opstel toon:

geen/beperkte insig en kritiese denkvaardighede

geen/beperkte bespreking

noem geen huidige voorbeelde

geen/beperkte redes word gegee vir ontleding

(3) [15]

VRAAG 6

Kandidaat se antwoord moet in opstelvorm wees. 'n Maksimum van TWAALF punte sal toegeken word vir die kandidaat se antwoord en 'n maksimum van DRIE punte sal toegeken word vir algehele indruk en insig. Sien die onderstaande rubriek. 12 + 3 (15)

Evalueer of die 16 Dae van Aktivisme-veldtog of enige soortgelyke veldtogte vroue en kinders wat mishandel is in jou gemeenskap gehelp het of nie. LET WEL: Die kandidaat se evaluering mag aandui dat die veldtog vroue en kinders in die gemeenskap gehelp HET, gegewe dat hul antwoorde geldig en relevant is. Enige VIER relevante antwoorde vir TWEE punte elk. OF Hulle mag aandui dat die veldtog NIE vroue en kinders in die gemeenskap gehelp HET nie, gegewe dat hul antwoorde geldig en relevant is. Enige VIER relevante antwoorde vir TWEE punte elk.

Page 17: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT … · SERTIFIKAAT ALGEMENE ASSESSERINGSTAAK 5 PUNTE: 80 Hierdie memorandum bestaan uit 19 bladsye. LEWENSORIËNTERING SEPTEMBER

Lewensoriëntering 17 DBE/September 2014 NSS – Algemene Assesseringstaak – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Die veldtog het vroue en kinders wat mishandel is gehelp deur:

bewustheid van die negatiewe effekte van mishandeling teen vroue en kinders in die gemeenskap te skep () deur verskeie vorme van media te gebruik (gedrukte en elektronies). ()

die gemeenskap bewus te maak van die gevolge vir die oortreder () en dat hierdie mishandeling 'n misdaad is en strafbaar is deur die Wet. ()

behulpsaam te wees om die geweld teen vroue en kinders te verminder (), omdat die veldtog die regte van die slagoffers en die Wette wat hulle beskerm, beklemtoon. ()

'n platform te gee aan vroue en kinders wie mishandel is om daaroor te praat () en op hierdie manier hulle waardig te laat voel wat ten einde hulle selfbeeld en selfvertroue verbeter. ()

hulle op te voed () omtrent hoe en waar hulle gevalle van mishandeling moet rapporteer. ()

aanmoedig om die mishandeling aan die polisie te rapporteer, () sonder die vrees van intimidasie en stigma in die gemeenskap. ()

lede van die gemeenskap meer bewus te maak rondom die kwesbaarheid van vroue en kinders in die gemeenskap () en sodoende hulle meer waaksaam te maak vir moontlike mishandeling wat in die gemeenskap plaasvind. ()

inligting aan vroue en kinders te voorsien () aangaande waar hulle kan gaan vir hulp, sowel as inligting oor plekke van veiligheid. ()

mans te kry om aan die saak deel te neem () deur hulle in te sluit in optogte wat plakkate met anti-mishandeling slagspreuke daarop toon. ()

mans aan te moedig om vergaderings by te woon () om sodoende ander mans op te voed oor kwessies van vroue- en kindermishandeling in die gemeenskap. ()

ander belanghebbendes, gemeenskapsorganisasies en politieke partye te betrek () om saam te werk om 'n gemene doel aan te spreek ().

borgskappe en finansiële bystand te organiseer (), vir vroue en kinders wat mishandel is. ()

Enige vier relevante antwoorde vir TWEE punte elk. (4 x 2)

OF

(8)

Die veldtog het nie vroue en kinders wat mishandel is gehelp nie, want:

die bewusmakingsveldtog was nie effektief nie, () omdat advertering van die veldtog nie baie gemeenskappe bereik het nie en mense nie regtig bewus is van die veldtog nie. ( )

dit nie werklik mishandeling in die gemeenskap verminder het nie, () want daar is steeds baie vroue en kinders wat mishandeling binne die gemeenskap ervaar. ()

vroue en kinders is steeds bang om mishandeling te rapporteer, () want hulle vrees intimidasie en stigmatisering in die gemeenskap. ()

die media vertoon steeds toenemende mishandeling van jonger kinders (), wat beteken dat die veldtog nie 'n effek gehad het in sommige gemeenskappe nie. ()

die nuus dikwels artikels bevat oor Intieme Maat Geweld () en dit is 'n aanduiding dat mishandeling steeds deel uitmaak van baie verhoudings. ()

Page 18: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT … · SERTIFIKAAT ALGEMENE ASSESSERINGSTAAK 5 PUNTE: 80 Hierdie memorandum bestaan uit 19 bladsye. LEWENSORIËNTERING SEPTEMBER

Lewensoriëntering 18 DBE/September 2014 NSS – Algemene Assesseringstaak – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

alhoewel baie geld spandeer is aan die veldtog, is daar geen definitiewe statistieke () wat aandui dat die veldtog 'n verskil gemaak het om geweld teen vroue en kinders te verminder nie. ()

die aandag wat aan hierdie veldtog bestee word vir 16 dae per jaar neem fokus weg van geweld () wat reg deur die jaar deur mans gepleeg word. ()

die geld wat aan die veldtog bestee is, kan beter spandeer word deur finansiële hulp aan die slagoffers van mishandeling te bied () in plaas van om dit te spandeer aan advertensies en bewusmakingsveldtogte wat nie werklike impakte op die gemeenskap het nie. ()

Enige vier relevante antwoorde vir TWEE punte elk. (4 x 2)

(8)

Stel TWEE maniere voor waarop jou gemeenskap hierdie veldtog kan ondersteun.

Gemeenskappe kan:

die veldtog ondersteun deur die wit strikkies tydens die 16-dae tydperk te dra. () 'n Wit strikkie is die simbool van vrede en simboliseer die toewyding van die draer om nooit geweld teen vroue en kinders te pleeg of goed te praat nie. ()

deelneem aan die onderskeie 16-Dae van Aktivisme geleenthede en aktiwiteite () wat gewoonlik georganiseer word deur die belanghebbendes. ()

nie-regeringsorganisasies (NRO's) en plaaslike gemeenskaps-organisasies, wat mishandelde vroue en kinders bystaan, ondersteun () deur hulself as vrywilligers aan hierdie organisasies beskikbaar te stel. ()

hulle tyd en vaardighede vrywillig aanbied () deur te help om 'n tuin by 'n skuiling aan te lê, plastiese tafels en stoele vir kinders by die kliniek te borg of om as 'n raadgewer by 'n organisasie aan te sluit. ()

geld skenk of fondse insamel vir organisasies wat werk om geweld teen vroue en kinders te beëindig deur 'n bydra te maak aan die Stigting vir Menseregte (). Hierdie stigting ontvang geld wat ingesamel is tydens die veldtog en versprei dit aan nie-regeringsorganisasies. ()

'n uitspraak maak teen vroue- en kindermishandeling deur: () o stille vroulike slagoffers aan te moedig om oor mishandeling te praat en te

verseker dat hulle hulp kry. () o kindermishandeling aan die polisie te rapporteer. () o kinders aan te moedig om boeliegedrag aan die skoolowerhede te

rapporteer. () o mans en seuns aan te moedig om oor mishandeling te praat en hulle sterk te

ontmoedig teen mishandelende gedrag. () o oortreders aan te moedig om hulp te soek indien hulle emosioneel, fisiek of

seksueel mishandelende gedrag openbaar teenoor hul maat en/ of kinders. ()

o mense aan te moedig om standpunt in te neem teen vriende, familie en kollegas wat vroue en kinders mishandel. ()

o aan te sluit by gemeenskapspolisiëringsforums (GPF's). Hierdie forums werk saam met die polisie om die veiligheid en sekuriteit van die mense in die gemeenskap te verseker. () Die doel is om

o effektiewe misdaadvoorkomings in die gemeenskap teweeg te bring. () o moedig lede aan om reserviste te word wat hulle dienste en tyd vrywilliglik

aanbied () om plaaslike polisiëring in hul poging om misdaad te beveg, te ondersteun. ()

Enige twee relevante antwoorde vir TWEE punte elk. (2 x 2)

(4)

Page 19: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT … · SERTIFIKAAT ALGEMENE ASSESSERINGSTAAK 5 PUNTE: 80 Hierdie memorandum bestaan uit 19 bladsye. LEWENSORIËNTERING SEPTEMBER

Lewensoriëntering 19 DBE/September 2014 NSS – Algemene Assesseringstaak – Memorandum

Kopiereg voorbehou

Aangesien hierdie 'n opstel is, moet punte toegeken word vir algehele indruk en insig wat getoon word. Die kandidaat moet in staat wees om die opstel te bespreek en dit in konteks te plaas met die stelling/vraag. Die volgende rubriek moet gebruik word om algehele indruk en insig te assesseer:

KRITERIA UITSTEKEND (3) GOED (2) SWAK (1–0)

Algehele indruk en insig

Die kandidaat se opstel toon:

uitstekende insig en kritiese denk-vaardighede

oortuigende bespreking

noem huidige voorbeelde

voorsien uitstekende redes vir hul ontleding

Die kandidaat se opstel toon:

bevredigende insig en kritiese denk-vaardighede

bevredigende bespreking

noem huidige voorbeelde

bevredigende redes word gegee vir hul ontleding

Die kandidaat se opstel toon:

geen/beperkte insig en kritiese denkvaardighede

geen/beperkte bespreking

noem geen huidige voorbeelde

geen/beperkte redes word gegee vir ontleding

(3) [15]

TOTAAL AFDELING C:

GROOTTOTAAL:

30 80