11
December 2020 Chairmans Report 1 NATURE'S VALLEY BELASTINGBETALERSVERENIGING VOORSITTERSVERSLAG Hierdie verslag word gelewer teen die agtergrond van die koronavirus-pandemie wat ons onverhoeds betrap het. Ons was gedwing om groot veranderinge aan te bring in die manier waarop ons lewe en met mekaar omgaan. Dit maak nie saak of ons in Nature’s Valley, Kurland of Covie woon nie, ons word tans intens geraak deur die inperkings en die uitdagings van die pandemie. Die plaaslike winkels, restaurante en die hele toerisme bedryf het reeds baie gely, so ook Nature’s Valley Trading Store. Ons bedank graag vir Richard, die eienaar wat daarin kon slaag om die winkel en restaurant tot dusver oop te hou. Ons dra ook graag ons simpatie oor aan Richard en die familie na die skielike afsterwe van sy vrou Robyn. In memoriam Met hartseer noem ons die name van die persone wat ons in die jaar ontval het: Mev Van der Wat Alet Ellis (Erf 219) Joyce de Bruin

NATURE'S VALLEY BELASTINGBETALERSVERENIGING …Local Area Spatial Planning and Zoning Scheme 'n Tweede weergawe van die Bitou Municipal Spatial Development Framework is in Januarie

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

  • December 2020 Chairmans Report

    1

    NATURE'S VALLEY BELASTINGBETALERSVERENIGING VOORSITTERSVERSLAG

    Hierdie verslag word gelewer teen die agtergrond van die koronavirus-pandemie wat ons onverhoeds betrap het. Ons was gedwing om groot veranderinge aan te bring in die manier waarop ons lewe en met mekaar omgaan. Dit maak nie saak of ons in Nature’s Valley, Kurland of Covie woon nie, ons word tans intens geraak deur die inperkings en die uitdagings van die pandemie. Die plaaslike winkels, restaurante en die hele toerisme bedryf het reeds baie gely, so ook Nature’s Valley Trading Store. Ons bedank graag vir Richard, die eienaar wat daarin kon slaag om die winkel en restaurant tot dusver oop te hou. Ons dra ook graag ons simpatie oor aan Richard en die familie na die skielike afsterwe van sy vrou Robyn.

    In memoriam

    Met hartseer noem ons die name van die persone wat ons in die jaar ontval het:

    Mev Van der Wat

    Alet Ellis (Erf 219)

    Joyce de Bruin

  • 2 Chairman’s Report 2020

    Con Roux (Erf 387)

    Ina Williams (Erf 275)

    Shirley Levy (Erf 11)

    Barry Woode (Erf 17)

    Morne du Plessis (ex NV Superintendent)

    Braam Deacon (Erf 278)

    Rosie Dekker (Erf 192)

    Molly Theron (Erf 439)

    Bernard Marchant (Erf 198)

    Die NVBV wil graag ons innige simpatie aan die families oordra

    Nature’s Valley het geblyk 'n veilige werkplek te wees ten tyde van die inperking en heelwat mense wat hulle werk via die internet hiervandaan kon doen. Dit het die Vallei relatief besig gemaak. Daar was gelukkig baie min infeksies aangemeld.

    Dankie vir ondersteuning.

    Nature's Valley eienaars en lede van die NVBV het ruim bygedra tot die skemas wat voedselhulp verleen het in Covie en Kurland. Ons bedank ook die lede wat voortgegaan het om finansieel by te dra to die NVBV in hierdie moeilike tyd.

    Al die gewone aktiwiteite in belang van Nature's Valley moes soos in die verlede voortgaan. Ek bedank graag elke lid van die NVBV-komitee vir ondersteuning en hulp gedurende hierdie eerste jaar van my voorsitterskap. Veral ook 'n woord van dank aan Annamarie wat die kantoor getrou beman en 'n vriendelike ontvangs vir besoekers verseker het.

    Ons besondere dank aan die Superintendent, Marco Bernardo, wat met sy span helpers verseker het dat die infrastruktuur van die Vallei behoue bly en selfs uitgebou word.

    Die Nature’s Valley Trust (NVT)

    Ons was baie jammer om afskeid te neem van Dr Mark Brown, maar ons was ook dankbaar om sy opvolger, Duncan Hay as Direkteur van die NVT te verwelkom. Duncan was vantevore die Direkteur van die Institute of Natural Resources, asook 'n mede-navorsingsgenoot aan die Universiteit van KwaZulu-Natal.

    Die NVT en die NVBV het gedurende die jaar saamgewerk aan verskeie projekte om die nood veroorsaak deur Covid 19 te verlig.

    Munisipale sake

    Die Bitou Wyk 1 komitee, die Bitou Belastingsbetalersvereniging en die IDP begroting

  • December 2020 Chairmans Report

    3

    Bitou se munisipale skuld het vanjaar R340m oorskry. Daarvan is 97% huishoudelike skuld en baie daarvan is ouer as 4 maande. Die gemiddelde betaalperiode vir Nature’s Valley is 2.5 maande teenoor Kurland (38.7), Kranshoek (39) en Kwanokuthula (15.8). 50% van die totale munisipale skuld is verbind aan Kwanokuthula, Kurland en Kranshoek, wat 'n aanduiding is van die sosiale en ekonomiese druk waaronder daardie gemeenskappe bestaan. Ongelukkig het die Munisipaliteit net een maatreël om druk toe te pas en dit is die afsny van dienste. Gedurende Augustus 2020 is 934 huishoudings in hierdie areas afgesny. Baie belastingbetalers het ook gedurende daardie tyd uitermate hoë munisipale rekeninge ontvang. Ons het leiding verskaf aan eienaars oor die prosedure om besware in te dien en daar was positiewe resultate.

    In die lig van stygende skuldvlakke en gepaardgaande swak finansiële bestuur by die Munisipaliteit word die NVBV met baie uitdagings gekonfronteer ten einde voortgaande oorsig oor en bestuur van die situasie te verseker. Die effek van Covid-19 het ook veroorsaak dat wyksvergaderings nie gereëld plaasgevind het nie.

    Die volgende munisipale verkiesings vind plaas vanaf 3 Augustus tot 3 November 2021.

    Die Bitou Belastingbetalersvereniging

    Die verskillende dorpe langs die Tuinroete is almal onderwerp aan dieselfde uitdagings en word gedwing om 'n meer aktiewe rol te speel in die bestuur van die dorpe soos Plettenbergbaai, Knysna, Keurboom, Nature !s Valley, Belvidere, Leisure Isle, Buffelsbaai, Sedgefield en Crags. Hierdie oorkoepelende Belastingbetalersvereniging kon ongelukkig nie vergader nie as gevolg van die Covid-situasie, maar daar is planne om meer aktief betrokke te raak in die komende jaar.

    Die IDP Begroting

    Die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (IDP) het 'n derde opdatering ondergaan in 'n poging om te beplan en te begroot vir 2020 to 22/23.

    Die NVBV het die begroting bestudeer en verskeie voorstelle gemaak ten einde te voldoen aan die behoeftes van die Vallei. Dit sluit in:

    - Die voltooiing van 'n mini-substasie naby Arum straat (prioriteit)

    - Herstel van elektriese meterkaste (prioriteit)

    - Stormwaterdreinering van paaie

    - Instandhouding van Lagoon Drive (prioriteit)

    - Rioolsuiweringsaanleg

    - Opgradering (groter kapasiteit) van die waterreservoir (prioriteit)

  • 4 Chairman’s Report 2020

    Aktiwiteite van die laaste jaar. Die BITOU MoU (Memorandum of understanding)

    In 2017 het die NVBV 'n ooreenkoms met die Munisipaliteit onderteken waarvolgens effektiewe bestuur van die dorpsgebied verseker sou word. Hierdie ooreenkoms kan soos nodig aangepas en vernuwe word en dit raak die volgende dienstereine:

    Die "Waste Transfer Station" (WTS) en afvalbestuur.

    Die WTS is goed bestuur en was effektief in die hantering van huishoudelike afval, behalwe in sommige gevalle waar persone kosoorblyfsels in of buite die herwinningshouers gelaat het en die bobbejane toegang daartoe verkry het. Intussen is duidelike kennisgewings aangebring en persone word versoek om nie enige items wat kosoorblyfselfs bevat in die herwinningsdromme te laat nie.

    Ek wil weereens 'n beroep doen op eienaars om aan hierdie reëls gehoor te gee en te verseker dat huurders volledig ingelig word oor riglyne vir die hantering van afval.

    - Geen afval mag in sakke langs die pad gelaat word nie. Dit moet behoorlik toegemaak in 'n wheely bin gelaat word of afgelewer word by die WTS. Indien die wheely bin te klein is vir al die sakke, mag die los sak nie langs die houer gelaat word nie.

    - Maak seker dat jou wheely bin teen bobejane beveilig is met 'n rek of slot.

    - Bitou Munisipaliteit is besig om 'n "Integrated Waste Management Plan" (IWMP) te ontwikkel. Die NVBV het voorstelle ingedien sodat die IWMP ook strafmaatreëls vir oortredings insluit.

    - Moenie enige afval (tuin- of ander afval) op enige oop ruimte aflaai nie. Dit sluit die duine en die bosgebiede rondom Nature's Valley in.

    - Plaas afval slegs in houers wat deur die Munisipaliteit goedgekeur is.

    - Die NVBV werk saam met die NVT om beter informasie en opvoedingsmateriaal beskikbaar te stel met die oog op riglyne vir bobbejaanbeheer en afvalbestuur.

    ! Riolering

    Ons is besig met die formalisering van 'n ooreenkoms met die Munisipaliteit waarvolgens septiese rioolputte onder sekere voorwaardes goedgekeur kan word. Die vereiste sal wees dat 'n "percolation test" gedoen moet word wanneer enige planne vir goedkeuring ingedien word. Die formalisering van hierdie prosedure sloer al vir meer as twee jaar as gevolg van personeelveranderinge by Bitou.

    Die tekort aan publieke toilette is steeds 'n groot probleem en sal opgevolg word in die nuwe jaar.

    Watervoorsiening

    Die watertoevoer was 'n paar keer hierdie jaar onderbreek. Dit was meestal as gevolg van soutwater wat die lagoon vul en opstoot tot by die pompstasie. Dan moet daar eers gewag word dat die

  • December 2020 Chairmans Report

    5

    soutvlakke genoegsaam daal. Ons is tans in gesprekke met SANParke en Bitou met die oog op 'n meer bevredigende beleid en reëling sodat die mond betyds oopgestoot kan word wanneer nodig.

    Die IDP begroting maak voorsiening vir 'n vergrote reservoir. 'n Bedrag van R3m word begroot vir die 21/22 finansiële jaar met 'n prioriteitsgradering van 3. Die NVBV beskou egter die vergroting van die reservoir as 'n hoë prioriteit en die saak bly op die agenda.

    ! Elektrisiteitsvoorsiening.

    Dringende herstelwerk aan die sogenaamde kioske is nodig en die saak word steeds met Bitou se betrokke departement bespreek.

    ! Roads

    Uitgebreide herstelwerk en nuwe oppervlakbedekkings is aan strate aangebring. Ons vertrou dat dit voortgesit sal word in 2021. Marco en sy span het self ingespring en die spoedhobbels geverf. Die geplaveide deel van Logoon Drive, voor die Sindikaat, het dringende herstelwerk nodig. Daar is egter 'n dispuut oor presies wie (Munisipaliteit of die Provinsie?) daarvoor verantwoordelik is. Ons hoop die saak sal gou opgehelder word.

    Boubedrywighede

    Erf 130

    Die uitgerekte dispuut oor die opheffing van beperkende voorwaardes en die hersonering van hierdie eiendom het uiteindelik gevorder tot 'n ooreenkoms wat die goedkeuring van al die partye wegdra. Die ondertekening en afhandeling van die dokumente word binnekort verwag en die besonderhede sal aan die belastingbetalers gekommunikeer word.

    Local Area Spatial Planning and Zoning Scheme

    'n Tweede weergawe van die Bitou Municipal Spatial Development Framework is in Januarie 2020 uitgereik vir kommentaar. Die NVBV het in Maart 2020 kommentaar ingedien met beswaar teen die herklassifikasie van die oop ruimtes soos die Fynbos reservaat en die Phyl Martin Park as “potential strategic development areas”. Opvolg-dokumente word in 2021 verwag.'n Verdere aspek van die NVBV se respons was die versoek dat NV hanteer word as 'n “overlay zone” in welke geval NV se titelaktes behoue bly en gerespekteer word. Die lede van die NVBV sal op die hoogte gehou word van verwikkelinge.

    Bouwerk en die omgewing

    Soos in die verlede was daar weereens heelwat konstruksie- en herstelwerk in die Vallei. Die boukontrakteurs wat aktief is in die Vallei is oor die algemeen baie samewerkend en gesteld op die bewaring van die omgewing. Die NVBV sal ook binnekort verdere riglyne sirkuleer waarin eienaars en kontrakteurs versoek word om minumum standaarde vir gesondheid, veiligheid, die sosiale en die fisiese omgewing na te kom.

    Goedkeuring van planne

  • 6 Chairman’s Report 2020

    Nege aansoeke vir verbetering op eiendomme is ontvang en hanteer. Een daarvan het gevra vir die verwydering van beperkende voorwaardes, wat deur die NVBV teengestaan is.

    SEKURITEIT

    ! Fidelity-ADT dienste

    Insidente wat deur die jaar voorgekom het, word in die tabel hieronder aangedui.

    Insidente wat aangedui word as "Trespass, Loitering and Illegal fires", kan meestal toegeskryf word aan een rondloper, E W van Covie, wat NV inwoners reeds die afgelope twee jaar lastig val. Die NVBV was in kontak met Plett SAPS en die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling oor moontlike oplossings vir die probleem. Geen aksie kan egter geneem word sonder dat 'n amptelike klag oor 'n spesifieke oortreding gelê is nie. Ons het Fidelity-ADT en SANParke gevra om die persoon se bewegings dop te hou. Fidelity-ADT bied steeds uitstekende dienste en is van groot waarde deurdat gedurig vir FW uit die Vallei begelei. Hulle bied ook hulp met die verjaag van bobbejane.

    " Bobbejaanbestuur

    Die NVBV het in samewerking met Bitou, NVT en SANParke gewerk aan 'n oorkoepelende strategie vir bobbejaanbestuur. Uitgebreide gesprekke is met ander instansies soos Overberg munisipaliteit en 3rd party baboon management consultants ten einde te besluit op die gewenste strategie vir NV. Die volgende is 'n opsomming van die konklussies waartoe gekom is:

    - Die grootste bydraende faktor tot die probleem van bobbejaanbestuur is afvalbestuur.

    - Voedsel wat in sig in huise gelaat word is 'n uitnodiging vir bobbejane om huise binne te dring en weer en weer terug te keer.

    MonthBreak in

    Break in & theft

    TrespassingLoitering/Nuisance

    Lockdown infringement

    Drone Illegal fires

    January 1 2 1 1February 1March 1 4 1April 1 1May 3June 1 6 3July 1 2 1 1August 1 3September 1 3 3October 2November 4December 1 1Total 5 14 12 7 3 1 9

  • December 2020 Chairmans Report

    7

    - Sogenaamde "Baboon monitoring" behels 'n span wat bewapen is met paintball-gewere en wat die strate patrolleer. Hierdie metode is bewys as baie duur en op die lang duur oneffektief en hoegenaamd nie geskik vir NV wat met bosse omring is nie.

    - Virtuele heinings het op ander plekke meer positiewe resultate gelewer, maar vereis "tagging and/or collaring" en die koste daarvan asook die bestuur van so 'n projek is baie hoog.

    - Sommige van bogenoemde metodes is in die Weskaap gebruik en het onlangs gelei to 'n vlaag negatiewe publisiteit. Die verantwoordelikhede van die verskillende rolspelers saam met Cape Nature, as die statutêre liggaam, moes hersien word.

    In die lig hiervan het die NVBV besluit dat ons pogings in samewerking met Bitou Munisipaliteit op die verbetering van afvalbestuur in NV gerig moet word, asook die opskerping van bewustheid van die uitdagings wat dit bied om 'n woonarea met bobbejane te deel. Daar bestaan baie verskillende opinies hieroor, maar die NVBV is oortuig dat dit die regte roete is om te volg. 'n Beroep word op alle lede en eienaars gedoen om saam te werk en so te verseker dat almal, veral ook huurders ten volle ingelig is.

    Die volgende is van die belangrikse maatreëls wat geïmplementeer moet word:

    - Al die houers vir afval by die ingange na die strand, by die winkel en by die lagoon-parkeerarea moet voorsien word van bobbejaanveilige deksels.

    - Supervisie van die WTS sal gedurende die vakansieseisoen vir 7dae per week voorsien word.

    - Daar word gewerk aan groter bewustheid van die probleem deur die effektiewe verspreiding van inligting.

    - Deur deelname aan 'n PhD-navorsingsprogram wat die ruimtelike beweging van bobbejane in die omgewing van Bitou en NV monitor. Die navorsing sal ook 'n oorsig en evaluering van afvalbestuur insluit en die studie begin in die eerste kwartaal van 2021.

    OMGEWING

    Kontrak en ooreenkoms rakende nationale parke

    Die NVBV het in samewerking met SANParke en Bitou twee vergaderings in die afgelope jaar gehou. Die doel daarvan was om die bestuur van die strand en die ablusiegeriewe langs die stand en by die lagoon te bespreek. SANParke bestuur en onderhou hierdie fasiliteite bevredigend.

    Die Groot- en Soutrivier Estuarie

    Die Weskaap het 'n amptelike dokument beskikbaar gestel, Die River Estuarine Management Plan (v5) (EMP), ontwikkel deur die konsultant Royal Haskoning BV. The EMP is deel van die Garden Route National Park Management Plan en voorsien strategiese doelwitte en bestuursprioriteite vir die bestuur van riviere en esturaries. SANParke is verantwoordelik vir die implementering en bestuur van die plan, maar die Weskaap het aangedui dat dit gedoen moet word in samewerking met, en onder toesig van 'n Estuary Steering Committee (ESC), bestaande uit SANParke, Bitou Munisipaliteit, NVBV en die NVT. Die ESC sal dien as 'n Estuary Advisory Forum (EAF) vir beide die Groot- (Wes) and Sout- (Oos) rivier estuaries

  • 8 Chairman’s Report 2020

    Twee ESC-vergaderings is gedurende 2020 gehou. Toekomstige vergaderings sal fokus op die besoedelingsvlakke, die oopmaak van die mond, die vispopulasie en flora en fauna. Verslae sal tweemaal per jaar opgestel word.

    SANParke verslag - Januarie 2019 tot Oktober 2020 (oopmaak van riviermond)

    Die verslag is op die webblad beskikbaar en kan soos volg opgesom word:

    2019 - Die mond is 5 keer kunsmatig oopgemaak.

    2020 - Van die 11 keer se oopmaak was 4 natuurlik en 6 kunsmatig. Gedurende November-Desember het die mond weer natuurlik oopgegaan.

    Die kunsmatige oopmaak van die mond in 2020 was noodsaaklik as gevolg van hoë soutvlakke en in 2019 as gevolg van uitermate hoë watervlakke.

    Die bestuur van hierdie proses is 'n voortgaande taak en deel van die ontwikkeling van 'n "mouth management plan".

    Reënval

    Verslag deur SANParke

    Brandbestryding

    Daar was geen veldbrande in die omgewing van Nature’s Valley in 2020 nie. Daar was wel in Maart 'n brand in Soetkraal, noord van Crags. Daar was goeie samewerking tussen die plaaslike Crags FMU span, SANParke, die Tsitisikama FMU en MTO. Die brand is binne 3 dae geblus. Die ander voorval was 'n brand naby Monkeyland in Julie wat ook vinnig geblus is. Gekontroleerde brande het plaasgevind in die Spitzkop area en die Lottering plantasies by Boskor. Dit is gerusstellend om te weet dat daar in ons omgewing verskeie groepe vrywilligers is wat help met brandbestryding. Die NVBV is lid van SCFPA en ontvang gereëld verslag.

    Eienaars word versoek om dooie takke van hulle eiendomme te laat verwyder en nie te laat lê en sodoende 'n brandgevaar te skep nie. Tuin afval en takke kan afgelaai word by die Kwanokuthula fasiliteit anderkant Plett.

  • December 2020 Chairmans Report

    9

    Honde

    As 'n hondeienaar en hondeliefhebber is ek verleë oor die hoeveelheid hondemis wat langs die strate en by die lagoon en op die strand agtergelaat word. Hondeienaars word ernstig versoek om die nodige "poobags" saam te dra en hondeafval te verwyder sodat ons almal die omgewing kan geniet.

    Indringerplante – die swaardvaring

    Die swaardvarings is op verskeie plekke in NV te sien en is steeds besig om te vermeerder. Dit is 'n kategorie 1b indringer en eienaars is verantwoordelik om dit te verwyder. Daar is tuinkontrakteurs beskikbaar in die Vallei wat kan help met die verwydering van hierdie skadelike plante.

    FINANSIES

    Inkomste

    R209 214 is vir hierdie jaar ontvang tot 30 June 2020. Bydraes vir 2019/20 was R204 605 ontvang van 183 eienaars (46.2%). 67 het meer as R950 bygedra. Ander inkomste was R14 vir drukwerk en R4 595 as rente.

    Vergelykende bedrae vir 2019 was R238 045 ontvang vir 2018/19 waarvan R234 650 van 231 eienaars (58.3%). 144 het meer as R850 betaal. Ander inkomste was R1 235 vir plantverkope en drukwerk en rente van R2 160.

    In vergelyking met die vorige jaar was die ontvangstes uit jaarlikse bydraes R30 045 minder (-12.8%). 48 minder persone het bygedra (-20.8%). Hierdie vermindering is gedeeltelik te wyte aan covid-19 inperking wat meegebring het dat minder eienaars NV oor paastyd besoek het asook die negatiewe impak op die ekonomie in die algemeen.

    Uitgawes

    Uitgawes het die begroting met 2.3% oorskry R 149 836 - R146 444 en was ongeveer dieselfde as die vorige jaar, 2018/19 se R148 019. 'n Kettingsaag is aangekoop vir Marco se gebruik (R 4 441) en R 3 483 was betaal aan Plan Practice vir hulp met die NVBV se respons op die Bitou SDF-dokument.

    Regsonkostes.

    R 75 000 was begroot vir erf 130, maar niks is nog uitbetaal nie. Dieselfde bedrag is begroot vir 2020/21 met die hoop dat die saak afgehandel sal word.

    Die Covie Christmas Party het vanjaar (2019) R3 379 gekos in vergelyking met die R 2 829 van die vorige jaar. R 5 562 is beskikbaar vir toekomstige kerspartytjies.

    Kontantbalans

  • 10 Chairman’s Report 2020

    Op 30 June 2019 was daar R 97 055 kontant in die bank en op 30 June 2020 R 156 432. Dit is 'n vermeerdering van R 59 377.

    Jaarlikse bydrae

    Ons wil graag weereens almal wat bygedra het bedank. Die huidige bedrag vir bydraes is vasgestel op R1000 vir die jaar eindigende June 2021. Indien u nog nie bygedra het vir hierdie jaar nie, word u vriendelik versoek om dit so gou moontlik te doen. Die bankbesonderhede verskyn hieronder.

    Bankbesonderhede:

    Rekening: Nature !s Valley Ratepayer !s Association

    Rek nr: 082 60 9217

    Bank: Standard Bank

    Tak: Plettenbergbaai

    Takkode: 05 07 14

    Gebruik asseblief u Erfnommer as verwysing wanneer 'n betaling gemaak word en stuur 'n bevestiging na [email protected]. Geen kwitansies word uitgestuur vir internetbetalings nie.

    NVBV KOMITEE VIR 2021

    As voorsitter bedank ek graag die huidige komitee vir hulle toegewyde betrokkenheid in die afgelope jaar. 'n Woord van besondere dank aan Annamarie Kovacik vir haar hulp en dienste vanuit die NVBV-kantoor.

    Die NVBV -komitee bestaan tans uit die volgende lede:

    Dave Owen - Voorsitter (LAC), Doug Blaine (LAC), James Martin – Ondervoorsitter en penningmeester (LAC), Peter Harpur (LAC), Paul Erens (LAC), Julian Muller (LAC), Francois Kruger (LAC), Conrad Wiehahn en Libby Spies (LAC)

    LAC (Local Action Committee) verwys na die lede wat permanent inwoon en gereeld vergaderings kan bywoon.

    Persone wat aangedui het dat hulle beskikbaar is vir 'n volgende termyn is: Owen, Blaine, Martin en Muller.

    Paul Erens, Peter Harpur, Francois Kruger en Conrad Wiehahn het aangedui dat hulle nie vir herverkiesing beskikbaar is nie terwyl Libby Spies bedank het as lid van die komitee. Paul Erens is gewillig om steeds te help met sekuriteit en die goedkeuring van bouplanne. Conrad Wiehahn het aangebied om steeds te help met munisipale beplanningsake en sal dien as 'n gekoöpteerde lid. Almal word bedank vir hulle dienste die afgelope jaar en veral 'n woord van dank aan Paul vir hulp as vorige voorsitter.

    Nuwe nominasies:

  • December 2020 Chairmans Report

    11

    Nominasies vir lede word aangevra in die AGM-kennisgewing. Lede word aangemoedig om beskikbaar te wees ter wille van die welwese van die Vallei en sy mense. Nominasies kan ingedien word via email: [email protected]

    Ter afsluiting

    Ek hoop van harte dat die pogings van die NVBV gedurende hierdie jaar 'n positiewe bygedrae gelewer het.

    Namens die NVBV-komitee wens ek almal 'n vredevolle kersfees toe met die vertroue dat almal gesond en virusvry sal vakansie hou. Beste wense vir 2021. Bly gesond, dra maskers in die publieke areas en vermy groter byeenkomste. Besoek die Valley so dikwels as moontlik.

    Die uwe

    Dave Owen (Voorsitter)