32
Standaard Assesseringstaak: Natuurwetenskap Graad 9 – Leerdersboek Bladsy 1 van 32 GEMEENSKAPLIKE ASSESSERINGSTAAK STANDAARD ASSESSERINGSTAAK (SAT) Afdeling A GRAAD 9 – 2009 NATUURWETENSKAPPE (Leerdersboek) Inhoud: Demokrasie Punte: 120 Getal Bladsye.: 32 Tema: Demokrasie Fokus: Mynbou Tyd: 5 ure

Natuurwetenskap SAT LB Finaal · In die oostelike neerslae vanaf Mpumalanga suidwaarts tot by KwaZulu-Natal is plante vasgevang in antieke moerasse. Hulle is vasgevang in klam, luglose

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Natuurwetenskap SAT LB Finaal · In die oostelike neerslae vanaf Mpumalanga suidwaarts tot by KwaZulu-Natal is plante vasgevang in antieke moerasse. Hulle is vasgevang in klam, luglose

Standaard Assesseringstaak: Natuurwetenskap Graad 9 – Leerdersboek Bladsy 1 van 32

GEMEENSKAPLIKE ASSESSERINGSTAAK

STANDAARD ASSESSERINGSTAAK (SAT)

Afdeling A

GRAAD 9 – 2009

NATUURWETENSKAPPE

(Leerdersboek)

Inhoud: Demokrasie

���� Punte: 120

���� Getal Bladsye.: 32

Tema: Demokrasie

Fokus: Mynbou

� Tyd: 5 ure

Page 2: Natuurwetenskap SAT LB Finaal · In die oostelike neerslae vanaf Mpumalanga suidwaarts tot by KwaZulu-Natal is plante vasgevang in antieke moerasse. Hulle is vasgevang in klam, luglose

Standaard Assesseringstaak: Natuurwetenskap Graad 9 – Leerdersboek Bladsy 2 van 32

INHOUDSOPGAWE

ONDERWERP BLADSY No. TYD PUNTE

Inleiding 3 – 4 20 min.

TAAK 1: ENERGIE 180 min. 46

Aktiwiteit 1 5 – 6 10

Aktiwiteit 2 6 – 7 6

Aktiwiteit 3 7 10

Aktiwiteit 4 8 – 11 20

TAAK 2: MINERALE 10 min. 8

Aktiwiteit 5 12 – 13 8

TAAK 3: OMGEWING 40 min. 14

Aktiwiteit 6 13 – 14 14

TAAK 4: GASSE 20 min. 10

Aktiwiteit 7 15 – 16 10

TAAK 5: MYNBOU 60 min. 30

Aktiwiteit 8 16 – 17 12

Aktiwiteit 9 17 – 19 18

TAAK 6: SIEKTES 60 min. 12

Aktiwiteit 10 20 – 21 12

AANHANGSEL 1: Fossielebrandstof-storiekaarte 22

AANHANGSEL 2: Mynbouverwante siektes 23 – 26

AANHANGSEL 3: Beroepsverwante Longsiektes

van Mynwerkers

26 – 29

Page 3: Natuurwetenskap SAT LB Finaal · In die oostelike neerslae vanaf Mpumalanga suidwaarts tot by KwaZulu-Natal is plante vasgevang in antieke moerasse. Hulle is vasgevang in klam, luglose

Standaard Assesseringstaak: Natuurwetenskap Graad 9 – Leerdersboek Bladsy 3 van 32

INLEIDING

Die mynbou-industrie in Suid-Afrika is al vir meer as 100 jaar operasioneel. Die

kommoditeite wat gemyn word is goud, kool, platinum, chroom en ander. Asbesmynbou

is in die vroeë 1990’s verban, aangesien blootstelling verrykende effekte op gesondheid

het.

Figuur 1: Die opening van die Witwatersrand Hoofrif met die ontdekking van goud in

1886.

Steenkoolmynbou in Suid-Afrika

Suid-Afrika is een van die wêreld se hoof steenkoolprodusente. Dit het drie uigebreide

steenkoolvelde waarvan ongeveer 71% herwinbare reserwes is met ‘n omvang van

ongeveer 50 000 ton.

Suid-Afrika is die derde grootste uitvoerder van steenkool in die wêreld. Na goud is

steenkool die land se grootste bron van inkomste. Suid-Afrika produseer jaarliks

ongeveer 240 miljoen ton steenkool. Slegs ongeveer die helfte van dié steenkool is

egter van uitvoergehalte. Teen die huidige ontginningstempo van steenkool sal die

steenkoolreserwes teen 2050 uitgeput wees. Aangesien dit nie herwinbaar is nie, is dit

dus ‘n beperkte bron.

Steenkoolreserwes word gevind in die Karoo rotse van Mpumalanga, Vrystaat en Noord-

KwaZulu-Natal. Die steenkoolmyne is geleë naby die dorpe Secunda, Ermelo en

Witbank. Meeste van die land se steenkool word uitgevoer langs die KwaZulu-Natal

kus.

Page 4: Natuurwetenskap SAT LB Finaal · In die oostelike neerslae vanaf Mpumalanga suidwaarts tot by KwaZulu-Natal is plante vasgevang in antieke moerasse. Hulle is vasgevang in klam, luglose

Standaard Assesseringstaak: Natuurwetenskap Graad 9 – Leerdersboek Bladsy 4 van 32

Eskom gebruik groot hoeveelhede steenkool om elektriese energie by die kragstasies

van Ermelo en Witbank op te wek. Iscor benodig steenkool vir hul ystersmeltaanlegte.

Sasol het chemiese metodes ontwikkel om steenkool (koolstof) om te skakel na die

(koolwaterstof).

Fossiele in Suid-Afrika

Ongeveer 280 miljoen jaar gelede het riviere wat van die berge af vloei na die noorde en

westekant van die Wes-Kaap sediment gedeponeer wat ‘n paar kilometer dik is. Vandag

kom soortgelyke sediment voor in die Kaapse plooiberge as fyn tekstuurde skalie

bekend as die Bokkeveldgroeprotse. Hulle bevat klein gefossileerde seediertjies bekend

as trilobiete.

Tussen 300 en 160 miljoen jaar gelede is die rotse van die Karoo neergelê in vier fases:

Dwyka, Ecca, Beaufort en Stormberg. Die Dwyka-rotse is die oudste en is gedeponeer

vanaf antieke yslae. Ecca-rotse bestaan uit sand en slik en bevat groot hoeveelhede

plantfossiele. In die oostelike neerslae vanaf Mpumalanga suidwaarts tot by KwaZulu-

Natal is plante vasgevang in antieke moerasse. Hulle is vasgevang in klam, luglose

omstandighede en het derhalwe nie ontbind nie, maar steenkool gevorm. Al die energie

wat die plante oorspronklik vanaf die son ontvang het is behoue as chemiese potensiële

energie in die steenkool.

Soos miljoene jare verloop het is die potensiële steenkoolvelde van Suid-Afrika deur ‘n

ander fase van sediment bekend as Beaufort-rotse bedek. Hierdie het voortbestaan

deur die tydperk van reptiele en amfibieë: dinosourus-tydperk. Baie gefossileerde bene

van hierdie diere is gevind in die Cradock na Graaf-Reinet area.

Page 5: Natuurwetenskap SAT LB Finaal · In die oostelike neerslae vanaf Mpumalanga suidwaarts tot by KwaZulu-Natal is plante vasgevang in antieke moerasse. Hulle is vasgevang in klam, luglose

Standaard Assesseringstaak: Natuurwetenskap Graad 9 – Leerdersboek Bladsy 5 van 32

Individueel

Aktiwiteit 1: Vergelyk windkrag en steenkoolkragstasies

In Suid-Afrika word steenkool gemyn sodat dit gebruik kan word om elektrisiteit mee op

te wek. Hierdie steenkool is afkomstig vanaf fossiele wat miljoene jare gelede

ondergronds begrawe is.

Die verbranding van fossielbrandstof stel kweekhuisgasse in die atmosfeer vry. Hierdie

kweekhuisgasse in die atmosfeer veroorsaak aardverwarming. In ‘n poging om

aardverwarming te verminder, gebruik sekere lande alternatiewe energiebronne bv.

windplase om energie op te wek. Die opwekking van elektrisiteit deur die gebruik van

windenergie is skoon, aangesien geen kweekhuisgasse in die atmosfeer vrygestel word

nie.

Figuur 2: Steenkoolkragstasie Figuur 3: Windkrag

Van die sinne hieronder beskryf elektrisiteit vanaf steenkoolkragstasies en die ander

beskryf elektrisiteit vanaf windkrag. Trek twee kolomme, een vir steenkoolkragstasies

en die ander vir windkrag.

1.1 Skryf die volgende sinne in die korrekte kolom as antwoord op die vrae.

• Veroorsaak lugbesoedeling (1)

• Veroorsaak nie lugbesoedeling nie (1)

• Energie gaan verlore in die vorm van hitte (1)

• Gebruik herwinbare energiebronne (1)

• Produseer relatief klein hoeveelhede elektrisiteit (1)

Taak: Energie

1 � Minute: 120 �Punte: 46

Page 6: Natuurwetenskap SAT LB Finaal · In die oostelike neerslae vanaf Mpumalanga suidwaarts tot by KwaZulu-Natal is plante vasgevang in antieke moerasse. Hulle is vasgevang in klam, luglose

Standaard Assesseringstaak: Natuurwetenskap Graad 9 – Leerdersboek Bladsy 6 van 32

• Hitte-energie gaan nie verlore nie (1)

• Gebruik nie-herwinbare energiebronne (1)

• Produseer nie elektrisiteit die heeltyd nie (1)

• Produseer elektrisiteit die heeltyd (1)

• Produseer groot hoeveelhede elektrisiteit (1)

[10]

Individueel

Aktiwiteit 2: Kragstasies in Suid-Afrika

‘n Land moet groot hoeveelhede energie produseer om aan die groot aanvraag vir

energie te voldoen. Baie ontwikkelde lande maak staat op steenkool vir die verskaffing

van energie. Energie in die vorm van fossielbrandstowwe bv. steenkool, ru-olie en

natuurlike gasse word diep in die aarde gevind. Steenkool is die hoofbron van elektriese

energie in Suid-Afrika. 90% van die steenkool wat in Suid-Afrika geproduseer word,

word gebruik om elektrisiteit op te wek en sintetiese brandstowwe (petrol, diesel en

paraffien) te vervaardig. ‘n Suid-Afrikaanse maatskappy, Sasol, is die wêrelde se

grootste vervaardiger van sintetiese brandstof uit steenkool.

No. Tipe kragstasie Getal

kragstasies

Hoeveelheid

elektrisiteit

opgewek in

mega watts (MW)

1. Steenkoolaangedrewe kragstasies 10 34 532

2. Kernkragstasies 1 1 930

3. Gasturbine kragstasies 2 342

4. Konvensionele hidro-elektriese

kragstasies

6 600

5. Hidro-elektriese opbergstasies 2 1 400

6. Gebergde koolaangedrewe kragstasies 3 3 800

Tabel 1: Tipes en getal kragstasies in Suid-Afrika

Page 7: Natuurwetenskap SAT LB Finaal · In die oostelike neerslae vanaf Mpumalanga suidwaarts tot by KwaZulu-Natal is plante vasgevang in antieke moerasse. Hulle is vasgevang in klam, luglose

Standaard Assesseringstaak: Natuurwetenskap Graad 9 – Leerdersboek Bladsy 7 van 32

2.1 Gebruik tabel 1 en trek ‘n staafgrafiek van die verskillende tipes

kragstasies en hulle getal in Suid-Afrika. (3)

2.2 Wat is die totale hoeveelheid elektrisiteit in mega watts (MW) wat deur

al die verskillende kragstasies in Suid-Afrika geproduseer word? (1)

2.3 Gebaseer op die informasie in tabel 1, watter persentasie elektrisiteit word

geproduseer in steenkoolaangedrewe kragstasies in mega watts (MW) in

Suid-Afrika. (2)

[6]

Groep

Aktiwiteit 3: ‘n Fossielbrandstof storie op ‘n plakkaat

Jy benodig: ‘n volledige stel kaarte (AANHANGSEL 1)

3.1 Maak seker julle groep het ‘n volledige stel fossielbrandstof storie kaarte (9 kaarte).

3.1.1 Die groep moet elke kaart lees en die betekenis bespreek ten einde die

hele storie te verstaan.

3.1.2 Maak ‘n plakkaat met relevante prente (foto’s en/of handgetekende

prentjies met byskrifte) tesame met ‘n beskrywing om die storie te vertel.

3.1.3 Die plakkaat sal geassesseer word volgens die volgende kriteria.

Kriteria Punte

Relevansie van prentjies tot die storie 4

Relevansie van addisionele beskrywing (eie woorde) om die storie te vertel

4

Netheid en duidelikheid van plakkaat 2

[10]

Page 8: Natuurwetenskap SAT LB Finaal · In die oostelike neerslae vanaf Mpumalanga suidwaarts tot by KwaZulu-Natal is plante vasgevang in antieke moerasse. Hulle is vasgevang in klam, luglose

Standaard Assesseringstaak: Natuurwetenskap Graad 9 – Leerdersboek Bladsy 8 van 32

Groep

Aktiwiteit 4: Identifiseer ‘n gebied met die sterkste wind op die skoolterrein

In hierdie aktiwiteit werk die klas as geheel saam en julle werk ook in kleiner groepe.

Julle werk word gemerk volgens die volgende kriteria:

Kategorie Punte toewysing Punte

Bou ‘n werkende windsnelheidsaanwyser

• Die apparaat word nie deur die wind omgewaai nie

• Die apparaat draai maklik - geen wrywing • Glasies is stewig en bestendig

6

Rekordeer alle lesings akkuraat

• Leerlinge kan vooraf ‘n betroubare stelsel om die data te rekordeer beskryf bv.: - akkurate observasies van die anemometer - wie is verantwoordelik vir watter rekordering - noodsaaklike apparaat, gereedskap en

tegnieke vir rekordering • Data word op so ‘n wyse gerekordeer dat dit

sinvol is vir enige iemand

5

Akkurate berekenings van gemiddelde windsnelheid wat lei tot die algehele windsnelheid

• Data word gemanipuleer om sin te maak • Relevante berekeninge is akkuraat gedoen • ‘n Algemene standpunt t.o.v. wind word

gemaak uit die berekeninge

4

Neem lesings op die aanbevole aantal kere per dag (oggend, middag en namiddag vir 3 dae)

• Neem lesings op aanbevole intervalle 2

KLAS: finale sortering en plotting van die areas met die hoogste windsnelheid en maak ‘n gevolgtrekking waar is die beste plek vir die oprigting van ‘n windturbine

• Vermoë van die klas om sistematies ‘n gevolgtrekking te maak gegrond op die rekordering en berekeninge van elke groep bv.: - Interpreteer sekere lesings - Rangskik die lesings aan die hand van

sekere kriteria

3

Totaal 20

Page 9: Natuurwetenskap SAT LB Finaal · In die oostelike neerslae vanaf Mpumalanga suidwaarts tot by KwaZulu-Natal is plante vasgevang in antieke moerasse. Hulle is vasgevang in klam, luglose

Standaard Assesseringstaak: Natuurwetenskap Graad 9 – Leerdersboek Bladsy 9 van 32

Figuur 4: windmeter gemaak van papierglasies

Jy benodig: ‘n skêr, 4 × klein papierglasies,enige kleur koki pen, 2 stroke stywe

gekartelde karton of hout (4 cm breed en 20 cm lank elk), liniaal, kramdrukker,

duimdrukkers, potlood, ‘n stukkie hout met 1 skerp ander kant plat (ongeveer 30 cm lank

en 1 cm in deursnee), ‘n horlosie met ‘n sekondewyser, verskillende kleure plakkers, ‘n

boek per groep om waarnemings neer te skryf, berekeninge te doen en gevolgtrekkings

te maak.

SCENARIO:

Die ouers, onderwysers en leerlinge van die skool het besluit om ‘n windturbine te

installeer waarmee die battery vir die skoolrekenaars gelaai kan word. Almal verstaan

dat hierdie turbine opgerig moet word in die area met die hoogste windsnelheid. ‘n

Demokratiese proses is gevolg om te besluit waar op die skoolterrein die turbine

geïnstalleer moet word. Die meerderheid onderwysers, ouers en leerlinge het vir ‘n

bepaalde plek gestem, maar daar was ouers, onderwysers en leerlinge wat vir verskeie

ander plekke gestem het. Alhoewel die besluitnemingsproses demokraties was, weet

niemand vir ‘n feit dat die area waarvoor die meeste mense gestem het wel die verwagte

resultate nl. hoogste windsnelheid sal lewer nie.

As ‘n natuurwetenskapklas besef jy dat demokrasie in hierdie geval nie help nie en dat

die besluit gegrond moet word op wetenskaplik bewysde feite. Julle besluit dus om ‘n

ondersoek te doen sodat almal sal weet watter area op die skoolterrein die hoogste

windsnelheid het.

Page 10: Natuurwetenskap SAT LB Finaal · In die oostelike neerslae vanaf Mpumalanga suidwaarts tot by KwaZulu-Natal is plante vasgevang in antieke moerasse. Hulle is vasgevang in klam, luglose

Standaard Assesseringstaak: Natuurwetenskap Graad 9 – Leerdersboek Bladsy 10 van 32

TAKE OM TE DOEN:

Klas

Voor jy die windsnelheid meet …

1. Teken ‘n plan van die skoolterrein (gebruik ‘n bestaande een indien beskikbaar).

2. Gebruik verskillende kleur plakkers om die verskillende areas op die kaart te merk

waar elke groep sy windsnelheid sal meet. (Die verskillende groepe moet soveel

moontlik van die terrein dek).

3. Voorspel die area wat moontlik die hoogste windsnelheid sal hê, asook die area wat

moontlik die laagste windsnelheid sal hê.

4. Rekordeer alle voorspellings.

5. Gaan werk in jul groepe.

Nadat windsnelheid gemeet is…

6. Ontwerp ‘n geskikte tabel om die data van al die groepe te versamel.

7. Rangskik die areas volgens hul windsnelheid.

8. Vergelyk jou resultate en voorspellings en bespreek waarom daar verskille en/of

ooreenkomste is.

9. Gebruik ‘n grafiek of tabel om die resultate aan die bestuursliggaam voor te lê.

Groep:

‘n Windmeter is ‘n apparaat wat gebruik word om windsnelheid te meet. As ‘n groep

moet julle eerstens besluit waar op die skoolterrein julle windsnelheid gaan meet. Julle

moet dan ‘n anemometer bou om die windsnelheid in hierdie gebied te meet. Julle

anemometer gaan slegs ‘n aanduiding gee van hoe vinnig die wind waai, dit sal nie

akkurate windsnelheidlesings gee soos ‘n regte anemometer nie.

Bou jou eie anemometer

1. Sny 1 cm van die oop bokant van die papierglasie af sodat dit ligter is.

2. Kleur die buitekant van een glasie in met die kokipen.

3. Sit die kartonstroke in die vorm van ‘n kruis of plusteken (+) sodat die middelpunte

presies oormekaar is. Gebruik jou liniaal en potlood om die presiese middelpunt van

die kruis te bepaal.

4. Maak seker dat al die kante gelyk is en kram hulle dan aanmekaar vas.

Page 11: Natuurwetenskap SAT LB Finaal · In die oostelike neerslae vanaf Mpumalanga suidwaarts tot by KwaZulu-Natal is plante vasgevang in antieke moerasse. Hulle is vasgevang in klam, luglose

Standaard Assesseringstaak: Natuurwetenskap Graad 9 – Leerdersboek Bladsy 11 van 32

5. Kram die middelpunte van die papierglasies aan die punte van elke kartonstrook vas

soos aangetoon in figuur 4. Die glasies moet by elke punt van die kartonstrook op

dieselfde wyse geplaas word sodat die oop kante in dieselfde rigting wys om die

wind op te vang.

6. Druk die duimdrukker deur die middelpunt van die karton (waar die potloodlyne kruis)

en heg die kartonkruis met die glasies op aan die platkant van die hout.

7. Blaas op die glasies om seker te maak die karton draai vrylik om die duimdrukker

(as).

8. Druk die hout stewig in by die skerpkant sodat dit regop bly en nie deur die sterk

wind omgewaai word nie.

Meet windsnelheid met jou windmeter:

1. Gebruik jou horlosie en tel die aantal kere wat die gekleurde glasie ‘n sirkel voltooi in

een minuut.

2. Doen dit vir 5 minute en rekordeer al jou resultate.

3. Bereken die gemiddeld van hierdie 5 lesings en rekordeer dit ook. Op hierdie wyse

moet jy die windsnelheid in revolusies (draaie) per minuut. Windmeters wat deur

weervoorspellers gebruik word, skakel die revolusies per minuut om na kilometers

per uur.

4. Rekordeer die windsnelheid drie keer ‘n dag (oggend, middag en namiddag) vir 3

dae.

5. Bereken die algehele gemiddelde windsnelheid van die verkose area akkuraat.

[20]

Page 12: Natuurwetenskap SAT LB Finaal · In die oostelike neerslae vanaf Mpumalanga suidwaarts tot by KwaZulu-Natal is plante vasgevang in antieke moerasse. Hulle is vasgevang in klam, luglose

Standaard Assesseringstaak: Natuurwetenskap Graad 9 – Leerdersboek Bladsy 12 van 32

Individueel

Aktiwiteit 5: Minerale

5.1 Geverfde ysteroppervlaktes roes nie so vinnig soos nie-geverfde ysteroppervlaktes

nie. Watter EEN van die volgende verskaf die beste wetenskaplike rede vir

bostaande waarnemings? (1)

A. Stikstof kom nie maklik in aanraking met yster nie.

B. Die verf reageer chemies met die yster.

C. Koolstofdioksied kom nie in aanraking met die yster nie.

D. Verf maak die oppervlakte van die yster glad.

E. Suurstof en vog kom nie in aanraking met die yster nie.

5.2 Staalvervaardigers gebruik ‘n chemiese proses wat ‘galvanisasie’ genoem word op

staalstawe wat gebruik word tydens die oprigting van hoë geboue.

Hoekom MOET die oppervlak van die staal gegalvaniseer word? (1)

5.3 Die metaal yster kom algemeen voor in die kors van die aarde in die vorm van

verskillende ystererts.

Haematiet (Fe2O3) of ysteroksied is een tipe erts.

Om die yster vanuit die erts te kry word ‘n smeltoond gebruik waar die ystererts tot

baie hoë temperatuur verhit word met kooks of koolstof en kalk (CaCO3) of

kalsiumkarbonaat.

Verskeie chemiese reaksies vind plaas in die smeltoond met die gevolg dat yster

as element gevorm word.

� Minute: 62 �Punte: 8 2 Taak:

Minerale

Page 13: Natuurwetenskap SAT LB Finaal · In die oostelike neerslae vanaf Mpumalanga suidwaarts tot by KwaZulu-Natal is plante vasgevang in antieke moerasse. Hulle is vasgevang in klam, luglose

Standaard Assesseringstaak: Natuurwetenskap Graad 9 – Leerdersboek Bladsy 13 van 32

Die volgende onderstaande drie fases gee die chemiese vergelykings wat

plaasvind in die vorming van yster uit ystererts.

Beskryf elke fase 1, 2 en 3 in woorde. Noem die reaktante (stowwe wat deelneem

aan die reaksie) en die produkte (stowwe wat gevorm word aan die einde van die

reaksie) van elke fase volgens die chemiese vergelykings wat by fase 1, 2 en 3

hieronder gegee word.

Fase 1: C + O2 � CO2 (2)

Fase 2: C + CO2 � 2CO (2)

Fase 3: Fe2O3 + 3CO � 2Fe + 3CO2 (2)

[8]

Individueel

Aktiwiteit 6: Besoedeling van riviere by mynbou

Lees die volgende aangehaalde koerantberig en antwoord dan die vrae wat volg:

Hoekom Kruger se krokodille vrek

Warren Foster

Aangehaal uit Mail & Guardian Junie 27 tot Julie 2 2008

Mynbou word blameer vir die dood van meer as 50 krokodille langs die Olifantsrivier in

die Kruger Nasionale Wildtuin in gegewe maand.

� Minute: 20 �Putne: 14 3 Taak:

Omgewing

Page 14: Natuurwetenskap SAT LB Finaal · In die oostelike neerslae vanaf Mpumalanga suidwaarts tot by KwaZulu-Natal is plante vasgevang in antieke moerasse. Hulle is vasgevang in klam, luglose

Standaard Assesseringstaak: Natuurwetenskap Graad 9 – Leerdersboek Bladsy 14 van 32

Lykskouings wat uitgevoer is op hulle het die oorsaak van dood onthul. Die krokodille

het gesterf a.g.v. ‘n vorm van vergiftiging wat veroorsaak het dat hul liggaamsvet

verhard. Die verharding van die liggaamsvet het veroorsaak dat hulle nie kan beweeg

nie en dus van honger gesterf het.

Danie Pienaar, hoof van Kruger se wetenskaplike dienste het gesê dat die plek waar die

meeste dooie krokodille gevind is word getoets vir swaarmetaal besoedeling.

Disseksies van die dooie diere het verharde oranje vet onthul, wat gewoonlik ‘n teken is

van pansteatitus, ‘n vergiftiging wat geassosieer word met die eet van vrot vis.

Daar was egter geen verslae wat aangetoon het dat visse in die omgewing doodgaan

nie..

Verlede jaar het 6 van die bevolking van 15 krokodille in Loskopdam gesterf met

soortgelyke simptome.

“By Loskopdam is die dood van die krokodille verbind met die verbruik/eet van

verrottende visse. Ons sien duidelik nie die volledige prentjie nie,” sê Pienaar. “Daar

bestaan ander oorsake van pansteatitus, insluitende swaarmetaal vergiftiging.”

Pienaar het gesê daar heers kommer oor die toekoms van die krokodilbevolking in die

area asook die potensiele gevaar vir mense se gesondheid.

“Dit is iets werklik ernstig en van groot kommer vir ‘n klomp mense wat afhanklik is van

die rivier. Ek sal nie van die rivier se water drink of enige vis uit die Olifantsrivier eet nie.

Krokodille sterf nie in hierdie getalle sonder rede nie.”

6.1 Wat is die naam van die habitat van die krokodille? (1)

6.2 Hoe beïnvloed mynbou die rivierwater waarin hierdie krokodille leef? (2)

6.3 Verduidelik hoe mynbou die dood van die krokodille in die rivier veroorsaak

het? (4)

6.4 Wat is die naam van die siekte wat vermoedelik die dood van die krokodille in die rivier veroorsaak het? (1)

6.5 Noem TWEE maniere hoe mense se gesondheid geaffekteer kan word deur die vergiftiging van hierdie spesifieke rivier. (2)

6.6 Watter effek het lug- en waterbesoedeling wat veroorsaak word deur mynbou op die voedselketting van ‘n habitat? (4) [14]

Page 15: Natuurwetenskap SAT LB Finaal · In die oostelike neerslae vanaf Mpumalanga suidwaarts tot by KwaZulu-Natal is plante vasgevang in antieke moerasse. Hulle is vasgevang in klam, luglose

Standaard Assesseringstaak: Natuurwetenskap Graad 9 – Leerdersboek Bladsy 15 van 32

Individueel

Aktiwiteit 7: Gasse in die atmosfeer

Gas Persentasie volume

Stikstof (N2) 78%

Suurstof (O2) 21%

Koolstofdioksied (CO2) 0,04%

Tabel 2: Volume van gasse in die atmosfeer

Jy is ‘n leier wetenskaplike in die mynbou-industrie in Suid-Afrika. ‘n Nuwe ontwikkeling

van ‘n baie bruikbare mineraal ‘n paar kilometers ondergrond het jou baie opgewonde

gemaak omdat dit die tekort van brandstof in die wêreld sal oplos. Die enigste probleem

is dat geen lewende wese kan asemhaal waar hierdie mineraal gemyn sal word nie, as

gevolg van die giftige gasse daar onder.

As ‘n leier wetenskaplike moet jy ‘n 10 liter asemhalingsgassilinder vir elke

ondergrondse mynwerker ontwerp. Die maatskappy wat die silinders sal vervaardig en

met gas vul is in Kenia. Jy moet dus jou instruksies noukeurig neerskryf sodat hulle

presies weet wat om te doen.

Hier is sommige van die spesifikasies wat jy vir hulle neerskryf:

7.1 ‘n Tabel wat ‘n lys gasse toon waarmee elke 10 liter gassilinder gevul

moet word en hulle verwagte volume in liters. (5)

7.2 Gee ‘n algemene rede hoekom die volumes van die gasse moet wees soos

jy dit spesifiseer. (2)

� Minute: 15 �Punte: 10 4 Taak:

Gasse

Page 16: Natuurwetenskap SAT LB Finaal · In die oostelike neerslae vanaf Mpumalanga suidwaarts tot by KwaZulu-Natal is plante vasgevang in antieke moerasse. Hulle is vasgevang in klam, luglose

Standaard Assesseringstaak: Natuurwetenskap Graad 9 – Leerdersboek Bladsy 16 van 32

7.3 Wat is die funksie van suurstof in die menslike liggaam? (1)

7.4 Wat is die funksie van stikstof in die gassilinder? (1)

7.5 Watter organe is verantwoordelik vir respirasie in die menslike liggaam? (1)

[10]

Individueel

Aktiwiteit 8: Produksie en verkope van steenkool in Suid-Afrika

Jaar Produksie in

kilotonne

Plaaslike

verkope

Uitvoer

verkope Totale verkope

1985 175 714 R 125 178 000 R 46 744 000 R 171 922 000

1990 174 974 R 135 795 000 R 49 625 000 R 185 420 000

1995 205 639 R 146 030 000 R 59 676 000 R 205 706 000

2000 224 907 R 155 532 000 R 69 955 000 R 225 487 000

2005 244 988 R 173 437 000 R 71 442 000 R 244 879 000

Tabel 3: Produksie en verkope van steenkool in Suid-Afrika

8.1 Het steenkool uitvoerverkope toegeneem of afgeneem tussen 1985 en

2005? (1)

8.2 Met hoeveel het die steenkool uitvoerverkope toegeneem of afgeneem

tussen 1985 en 2005? (1)

� Minute: 60 �Punte: 30 5 Taak:

Mynbou

Page 17: Natuurwetenskap SAT LB Finaal · In die oostelike neerslae vanaf Mpumalanga suidwaarts tot by KwaZulu-Natal is plante vasgevang in antieke moerasse. Hulle is vasgevang in klam, luglose

Standaard Assesseringstaak: Natuurwetenskap Graad 9 – Leerdersboek Bladsy 17 van 32

8.3 (a) Het Suid-Afrika meer steenkool binnelands of in die buiteland

verkoop? (1)

(b) Wat was die toename in steenkoolproduksie gedurende hierdie

tydperk? (1)

8.4 Wat dink jy is die rede vir die verskil in steenkoolproduksie in 1990

en in 1995? (2)

8.5 Gebruik die inligting in Tabel 3 en trek ‘n grafiek van plaaslike

verkope, uitvoerverkope en totale verkope oor die jare van 1985 tot 2005.

Jou grafiek sal volgens die volgende kriteria gemerk word:

Item Punte

Toepaslike titel vir die grafiek 1

Korrekte eenhede vir X en Y asse 1

Korrekte byskrifte vir X en Y asse 1

Sleutel vir lyngrafieke 1

Gebruik verskillende lyne vir grafieke 1

Akkuraatheid van lyngrafieke 1 x 3 (ENIGE VYF) (5)

8.6 Wat sal die gevolg wees as Suid-Afrika se steenkool opraak? (1)

[12]

Individueel

Aktiwiteit 9: Werkverskaffing in die mynbou-industrie in Suid-Afrika

Suid-Afrika is een van die lande wat afhanklik is van steenkool vir die vervaardiging van

elektrisiteit. Die talle steenkoolmyne en ander myne in Suid-Afrika verskaf

werksgeleenthede vir baie mense. Sommige provinsies het meer myne as ander,

daarom verskil werksgeleenthede in die mynbou-industrie in verskillende provinsies.

Figuur 5 hieronder toon die persentasie mense wat werk in die mynbou-industrie in die

9 provinsies. Tabel 4 toon minerale verkope per provinsie.

Bestudeer Figuur 5 en Tabel 4 deeglik en beantwoord dan die volgende vrae.

Page 18: Natuurwetenskap SAT LB Finaal · In die oostelike neerslae vanaf Mpumalanga suidwaarts tot by KwaZulu-Natal is plante vasgevang in antieke moerasse. Hulle is vasgevang in klam, luglose

Standaard Assesseringstaak: Natuurwetenskap Graad 9 – Leerdersboek Bladsy 18 van 32

Figuur 5: Suid-Afrika se mynbou- industrie: Werkverskaffing per provinsie, 2006

Provinsie Totale verkope (R’000) Persentasie

Oos-Kaap 384 968 0,2

Vrystaat 9 038 808 4,6

Gauteng 22 528 397 11,5

KwaZulu-Natal 4 445 751 2,3

Limpopo 39 067 809 20,0

Mpumalanga 41 405 291 21,2

Noordwes 54 297 417 27,8

Noord-Kaap 17 768 527 9,1

Wes-Kaap 6 517 604 3,3

Tabel 5: Suid-Afrika se primêre minerale verkope per provinsie, 2006

Figuur 5 (pie grafiek) en Tabel 5 bo toon persentasie werkverskaffing en persentasie minerale verkope, respektiewelik vir 2006.

Vrystaat

10,0%

Noordwes

34,4%

Oos-Kaap

0,2%

Wes-Kaap

0,7%

Page 19: Natuurwetenskap SAT LB Finaal · In die oostelike neerslae vanaf Mpumalanga suidwaarts tot by KwaZulu-Natal is plante vasgevang in antieke moerasse. Hulle is vasgevang in klam, luglose

Standaard Assesseringstaak: Natuurwetenskap Graad 9 – Leerdersboek Bladsy 19 van 32

9.1 Toon die persentasie werksverskaffing gegee in Figuur 5 en die persentasie

mineraalverkope in Tabel 4 sy aan sy in ‘n staafgrafiek. Gebruik

verskillende stawe vir werksverskaffing en minerale verkope vir elke

provinsie. (7)

Jou grafiek sal gemerk word volgens die volgende kriteria:

Item Marks

Toepaslike titel vir grafiek 1

Regte keuse wat lê op X en Y asse 1

Byskrifte vir X en Y asse 1

Stawe langs mekaar 1

Sleutel vir staafgrafiek 1

Akkuraatheid van staafgrafiek 2 (ENIGE SEWE) (7)

9.2 Gebruik jou staafgrafiek om die volgende vrae te beantwoord:

9.2.1 Noem die vyf grootste mynbouprovinsies in Suid-Afrika. (5)

9.2.2 In watter provinsie vind die minste mynbou-aktiwiteite plaas? (1)

9.2.3 Gee ‘n rede hoekom sekere provinsies min tot geen

mynbou-aktiwiteite het. (2)

9.2.4 Wat laat jou dink dat Suid-Afrika ‘n land is wat ryk is aan minerale? (1)

9.2.5 Kan ons van uit die grafiek sê dat daar ‘n verwantskap is tussen

werksverskaffing en mynbou-aktiwiteit in Suid-Afrika. Gee ‘n rede

vir jou antwoord. (2)

[18]

Page 20: Natuurwetenskap SAT LB Finaal · In die oostelike neerslae vanaf Mpumalanga suidwaarts tot by KwaZulu-Natal is plante vasgevang in antieke moerasse. Hulle is vasgevang in klam, luglose

Standaard Assesseringstaak: Natuurwetenskap Graad 9 – Leerdersboek Bladsy 20 van 32

Groep

Activity 10: Mynbouverwante siektes

Lees Aanhangsel 2 en 3 voor jy die vrae van die aktiwiteit antwoord.

• Aanvaar dat jy ‘n lid is van ‘n paneel deskundiges oor mynbouverwante siektes.

• Wanneer jy op TV is, word van jou verwag om vrae te antwoord van kykers oor jou

kennis van siektes wat mynwerkers affekteer.

• Kies ENIGE EEN van die ses mynverwante siektes hieronder genoem.

• Jy moet soveel moontlik inligting versamel uit die leesstof verskaf in hierdie stuk en

ook van enige ander bronne, insluitende vrae aan meer mense.

• Dit word van jou verwag om kykers (jou klasmaats) se vrae oor mynbouverwante

siektes duidelik en korrek te antwoord.

• Jy moet vrae met selfvertroue kan antwoord soos kenners doen oor die siekte wat jy

gekies het.

• Jou onderwyser sal al die leerlinge in die klas help om hul onderwerpe te kies.

• As jy nie deel van die paneel is nie, is jy een van die deelnemers wat vrae vra aan

die paneel.

• Jou onderwyser gee punte vir jou deelname beide as lid van die paneel asook vir jou

vrae as deel van die gehoor.

• Die onderwyser gee leiding en moniteer die TV sessies totdat al die leerders

deelgeneem het as paneel en toeskouer lede.

• Die vrae word beperk tot die ses onderstaande mynverwante siektes:

Lys van sommige mynverwante siektes:

1. Asbestose - asbesverwante siekte (ARD)

2. Mesothelioma – asbesverwante siekte (ARD)

3. Asbesverwante longkanker - asbesverwante siekte (ARD)

� Minute: 40 �Punte: 12 6 Taak:

Siektes

Page 21: Natuurwetenskap SAT LB Finaal · In die oostelike neerslae vanaf Mpumalanga suidwaarts tot by KwaZulu-Natal is plante vasgevang in antieke moerasse. Hulle is vasgevang in klam, luglose

Standaard Assesseringstaak: Natuurwetenskap Graad 9 – Leerdersboek Bladsy 21 van 32

4. Verspreide longvliesverdikking - asbesverwante siekte(ARD)

5. Pneumokoniose

6. Silikose

• As ‘n groep kan julle enige van bogenoemde siektes kies en ‘n ‘kenner’ op die

gebied word.

• Jou voorbereiding moet die volgende insluit:

o Die naam van die siekte en die naam se eenvoudige betekenis

o Die simptome van die siekte

o Die deel van die liggaam en die orgaan/organe wat geaffekteer is deur die siekte

o Die verandering van die orgaan/liggaam as resultaat van infeksie van die siekte

o Die oorsaak van die siekte

o Stappe wat geneem kan word om die siekte te voorkom

o Die mense wat die grootste kans staan om die siekte te kry

o Enige ander inligting wat jy dink relevant is sodat jy kan antwoord soos ‘n

‘kenner’.

Dit is nie nodig om enige kaarte of modelle voor te berei vir die aktiwiteit nie.

Jy kan ‘n maksimum van 8 punte kry vir jou deelname as ‘kenner’ op die TV paneel wat

vrae beantwoord. Jy kan ‘n maksimum van 4 punte kry vir jou deelname in die TV

gehoor deur vrae te vra. Dit beteken jou deelname is belangrik vir maksimale punte in

die rolspelaktiwiteit.

[12]

(a) Name en beskrywings van die siektes:

Asbesverwante siektes (ARDs)

- asbes-geïnduseerde kanker – mesothelioma is ‘n nie-geneeslike kanker

van die longvoering (membraan)

- asbestose - longsiekte veroorsaak deur inaseming van asbesvesel

(b) Veroorsaak deur:

- blootstelling aan asbes

- inaseming van fyn asbesvesels of stof

(c) Hoe openbaar die siekte homself?

- pynlik en uitasem - gewoonlik omtrent 18 maande na diagnose.

Page 22: Natuurwetenskap SAT LB Finaal · In die oostelike neerslae vanaf Mpumalanga suidwaarts tot by KwaZulu-Natal is plante vasgevang in antieke moerasse. Hulle is vasgevang in klam, luglose

Standaard Assesseringstaak: Natuurwetenskap Graad 9 – Leerdersboek Bladsy 22 van 32

- kortasem en moeg - baie pyn - permanent op morfienkursus.

Ander mynverwante siektes

(a) Naam en beskrywing van die siekte:

Pneumokoniose

- pneumokoniose en pulmonêre-kardio (long en hart) tuberkulose - opgedoen deur

myners in die mynbou-industrie en die gemeenskappe wat rondom die mynbou-

areas leef.

- party van die siektes ontstaan lank na ‘n persoon die mynbou-industrie verlaat

het.

(b) Veroorsaak deur:

- inaseming van minerale stof

- hierdie stof lê neer op die longe

- die longweefsel reageer op dié teenwoordigheid en die gevolg is opdoening van

pneumokoniose.

(c) Hoe openbaar die siekte homself?

- die longweefsel reageer op die teenwoordigheid van die stof

- die respons is sigbaar in die opdoening van pneumokoniose.

Silikose

a) Naam en beskrywing van siekte:

- Silikose is ‘n progressiewe longsiekte

- 4 tipes: akute, vernellende, kroniese en gekompliseerde silikose

i) Akute. Die ontwikkeling van akute silikose volg op blootstelling aan

verskeie hoë dosisse silika-stof. Dit ontwikkel in 6 maande tot 2 jaar na

blootstelling aan stof.

ii) Ontwikkelende (versnellende) silikose verskyn na 5 - 10 jaar van

intensiewe stofblootstelling.

iii) Kroniese silikose verskyn na 15 of meer jare van intense blootstelling.

Hierdie blootstelling word geassosieer met ligte wanfunksie van die

longfunksie.

iv) Gekompliseerde: Kroniese silikose kan omsit in gekompliseerde silikose

wat karakteriserend is van uitgebreide vorming van fibrose (letsels) op die

longmembraan.

Page 23: Natuurwetenskap SAT LB Finaal · In die oostelike neerslae vanaf Mpumalanga suidwaarts tot by KwaZulu-Natal is plante vasgevang in antieke moerasse. Hulle is vasgevang in klam, luglose

Standaard Assesseringstaak: Natuurwetenskap Graad 9 – Leerdersboek Bladsy 23 van 32

b) Veroorsaak:

- Silikose kom voor waar die deeltjies van silika vasgevang word in klein sakkie

(alveoli) in die longe waar gaswisseling plaasvind.

- Dit aktiveer die mobilisering van witbloedselle wat makrofages in die alveoli

genoem word.

- Hierdie witbloedselle sluk die stofdeeltjies in en gaan dan dood.

- Dit veroorsaak inflammasie wat meer makrofages (witbloedselle) na die area

dryf.

- Die immuunsisteem vorm ‘n fibrose (letsel) membraan om die inflammasie area.

- Die aksie van die immuunsisteem het nodule-vorming tot gevolg.

- Die siekte toestand kan gestop word op hierdie punt, of versprei tot groot areas

van die long.

- Hierdie proses (fibrose) kan voortduur lank nadat die myner nie meer blootgestel

is aan die silikastof nie.

c) Hoe die siekte homself openbaar?

- Simptome: Myners ly aan ‘n droë hoes, asemhalingsprobleem en somtyds ‘n

borskaspyn.

[12]

Page 24: Natuurwetenskap SAT LB Finaal · In die oostelike neerslae vanaf Mpumalanga suidwaarts tot by KwaZulu-Natal is plante vasgevang in antieke moerasse. Hulle is vasgevang in klam, luglose

Sta

nd

aa

rd A

ssesse

ring

sta

ak: N

atu

urw

ete

nska

p G

raa

d 9

– L

ee

rde

rsb

oe

k

Bla

dsy 2

4 v

an

32

AA

NH

AN

GS

EL

1: F

os

sie

lbra

nd

sto

f-sto

riek

aa

rte (T

aak 1

, Aktiw

iteit 3)

FO

SSIELB

RANDSTO

F-S

TORIEKAART 1

FO

SSIELB

RANDSTO

F-S

TORIEKAART 2

FO

SSIELB

RANDSTO

F-S

TORIEKAART 3

Gro

en p

lante

verv

aard

ig v

oedse

l

(hoofsa

aklik

styse

l) vanuit C

O2 , H

2 O

deur lig

energ

ie v

anaf d

ie so

n te

gebru

ik.

Wanneer p

lante

sterf b

evat h

ulle

steeds

ato

me v

an koolsto

f, wate

rstof e

n

suursto

f.

Net so

os la

ndpla

nte

verv

aard

ig

seepla

nte

ook v

oedse

l deur lig

energ

ie

te g

ebru

ik. D

ie v

oedse

l bevat k

oolsto

f,

suursto

f en w

ate

rstof.

FO

SSIELB

RANDSTO

F-S

TORIEKAART 4

FO

SSIELB

RANDSTO

F-S

TORIEKAART 5

FO

SSIELB

RANDSTO

F-S

TORIEKAART 6

Toe p

lante

miljo

ene ja

re g

ele

de g

este

rf

het is h

ulle

op d

ie se

ebodem

begra

we

bedek d

eur la

e m

odder e

n slik

van d

ie

ose

ane.

Soos d

ie p

lante

ontb

ind w

ord

meeste

van d

ie su

ursto

f in d

ie a

tmosfe

er

vry

gela

at so

dat sle

gs d

ie k

oolsto

f en

wate

rstof a

gte

rbly.

Oor ty

d v

ero

orsa

ak h

itte e

n d

ruk d

at

koolsto

f en w

ate

rstof v

erb

ind o

m

fossie

lbra

ndsto

fverb

indin

gs so

os o

lie e

n

gas te

vorm

.

Page 25: Natuurwetenskap SAT LB Finaal · In die oostelike neerslae vanaf Mpumalanga suidwaarts tot by KwaZulu-Natal is plante vasgevang in antieke moerasse. Hulle is vasgevang in klam, luglose

Sta

nd

aa

rd A

ssesse

ring

sta

ak: N

atu

urw

ete

nska

p G

raa

d 9

– L

ee

rde

rsb

oe

k

Bla

dsy 2

5 v

an

32

FO

SSIELB

RANDSTO

F-S

TORIEKAART 7

FO

SSIELB

RANDSTO

F-S

TORIEKAART 8

FO

SSIELB

RANDSTO

F-S

TORIEKAART 9

Fossie

lbra

ndsto

ww

e w

at b

esta

an u

it

wate

rstof e

n koolsto

f word

koolw

ate

rstow

we g

enoem

. Natu

urlik

e

gas w

ord

gew

oonlik

gevin

d b

o o

lie

neersla

e e

n is ‘n

verb

indin

g w

at

hoofsa

aklik

gevorm

word

uit m

eta

an

(CH

4 ).

Fossie

lbra

ndsto

f stel n

es e

nig

e a

nder

bra

ndsto

f hul e

nerg

ie v

ry in

die

vorm

van h

itte w

anneer h

ulle

verb

rand. O

ns

gebru

ik fo

ssielb

randsto

f om

ons h

uise

te

verw

arm

en e

lektrisite

it te p

roduse

er.

Wanneer o

ns fo

ssielb

randsto

f verb

rand

verb

ind d

ie g

esto

ord

e

koolw

ate

rstow

we m

et su

ursto

f om

CO

2

te v

orm

. Hie

rdie

CO

2 w

ord

deur

skoorste

ne in

die

lug v

rygeste

l. Te v

eel

CO

2 in d

ie a

tmosfe

er le

i tot d

ie

kw

eekhuise

ffek.

Page 26: Natuurwetenskap SAT LB Finaal · In die oostelike neerslae vanaf Mpumalanga suidwaarts tot by KwaZulu-Natal is plante vasgevang in antieke moerasse. Hulle is vasgevang in klam, luglose

Standaard Assesseringstaak: Natuurwetenskap Graad 9 – Leerdersboek Bladsy 26 van 32

AANHANGSEL 2: Mynverwante siektes (Taak 6 Aktiwiteit 13)

Asbesverwante siektes bekruip SA-myngemeenskappe

Oktober 05 2007 om 10:37VM

Aangehaal uit News-24.com

Prieska - Robert Devenish het afgetree weens ‘n dodelike asbesgeïnduseerde kanker, ‘n

stil maar wrede moordenaar wat mynbougemeenskappe in die Noord-Kaap van Suid-

Afrika bekruip.

"Niemand wil met ‘n lyding doodgaan nie, maar ons almal het nie ‘n keuse nie,” het die

64-jarige voormalige mynwerknemer, wie in Desember 2006 gediagnoseer is met

mesothelioma en slegs ‘n paar maande gegee is om te leef, gesê.

Mesothelioma is ‘n ongeneeslike longkanker wat die longvoering affekteer. Hierdie

siekte kan tot 40 jaar neem om te verskyn, na langdurige blootstelling aan asbes. Dit

veroordeel sy slagoffers tot ‘n pynvolle en asemlose einde, gewoonlik ongeveer 18

maande na diagnose.

Devenish is een van die tienduisende Suid-Afrikaners, meeste in klein Noord-Kaapse

dorpies, wat asbesverwante (ARD’s) siektes opgedoen het - ‘n nadraai van die land se

roemjare as een van die wêreld se top vervaardigers van asbes tot so lank terug as die

1920’s wat ernstige gesondheidsrisiko inhou.

Asbesmynbou is in Suid-Afrika gestop in die middel 1980’s, maar mense word steeds

gereeld gediagnoseer met ARD’s bv. mesothelioma en asbesis, terwyl baie ander

steeds ‘n risiko loop a.g.v. ongerehabiliteerde persele.

Alhoewel asbes baie gebruike het en eens baie gewild was as isolator a.g.v. sy

hitteweerstandbiedende kenmerk is dit nou wêreldwyd verban.

Die afgelope ses jaar het buitelandse mynmaatskappye tien miljoene dollars as skikking

uitbetaal aan myners vir die veroorsaking van ernstige asbesverwante siektes.

Page 27: Natuurwetenskap SAT LB Finaal · In die oostelike neerslae vanaf Mpumalanga suidwaarts tot by KwaZulu-Natal is plante vasgevang in antieke moerasse. Hulle is vasgevang in klam, luglose

Standaard Assesseringstaak: Natuurwetenskap Graad 9 – Leerdersboek Bladsy 27 van 32

Beraamde 10 000 Suid-Afrikaanse slagoffers van die siekte was begunstigdes van die

geld.

Mesothelioma-lyers soos Devenish het R28 000 ontvang wat ‘n klein troos is vir ‘n

sterwende man.

In plaas daarvan om sy aftrede te verwelkom, moes Devenish saam met sy vrou Anna

huis oppak en na die afgeleë nedersetting Marydale trek, na ‘n kleiner huisie in ‘n groter

dorp waar sy kan agterbly na sy dood.

"Die dokters het gesê dat lewensverwagting tussen ses en 18 maande is sonder

spesiale behandeling,” het Devenish verduidelik, wie ‘n duur maar hopelik

lewensverlengende kursus van chemoterapie volg.

Prieska se dokter Gideon Smith het gesê sy langslewende mesothelioma pasiënt het

twee jaar na diagnose gesterf. Dit is egter bekend dat sommiges vir vyf jaar geleef het.

Smith het gesê dat hy jaarliks vyf tot tien gevalle van mesothelioma pasiënte in die dorp

van ongeveer 20 000 diagnoseer.

"Elke keer as iemand my kom sien met ‘n longkwaal, is my eerste gedagte altyd asbes.

Dit is amper elke keer die geval,” het Smith gesê.

Een van sy pasiënte, die 68-jarige Petrus van Nell is bedlêend van mesothelioma met

min hoop om ooit weer op te staan.

Soos baie ander het hy grootgeword by asbesmyne en het as jongeling klippe

fyngemaak vir sakgeld.

"Ek is uitasem en moeg. Dodelik moeg. Ek het baie pyn,” het van Nell gesê terwyl hy

gesukkel het om regop te sit in die bed.

In ‘n nabygeleë klein huisie, is mesothelioma-lyer Magrieta Esau 52, permanent op ‘n

Page 28: Natuurwetenskap SAT LB Finaal · In die oostelike neerslae vanaf Mpumalanga suidwaarts tot by KwaZulu-Natal is plante vasgevang in antieke moerasse. Hulle is vasgevang in klam, luglose

Standaard Assesseringstaak: Natuurwetenskap Graad 9 – Leerdersboek Bladsy 28 van 32

kursus morfien, ‘n pyndoder. Sy het grootgeword by asbesmyne, later by een gewerk en

albei haar ouers verloor aan ARD’s.

"Asbes was oral, selfs in ons huise. Maar niemand het ons daarteen gewaarsku nie,”

het sy gesê. “As kinders het ons op die asbes mynhope gespeel. En ons is soms klein

bedrae betaal om te help om die klippe fyn te maak.”

"Ek is kwaad. Dit is moeilik om vrede te maak met die feit dat ek die res van my lewe in

pyn sal wees."

Studies toon dat die voorkoms van ARD’s in die Noord-Kaap myngebied tot so hoog as

50 persent van die populasie is.

Hope rou asbesvesels word steeds gevind, gestort en onbedek gelaat, terwyl

herstelwerk nog steeds gedoen moet word op verskeie mynhope wat gemeenskappe in

‘n 100-kilometer (62-myl) radius bedreig met wind kontaminasie.

Sommige van die sekondêre paaie in die provinsie bevat asbes en baie skole en huise

in dorpe soos Prieska het steeds asbes in hulle raamwerk.

"As dit Europa was, sal groot areas ontruim moes word. Hulle is nie veilig vir mense om

in te lewe nie," het prokureur Richard Spoor, wat talle ARD’s verteenwoordig het in die

hof, gesê.

In ‘n provinsiale begrotingstoespraak in Junie, het Noord-Kaap se omgewingsminister

Pieter Saaiman gesê rehabilitasie van verlate eienaarlose asbesmyne vorder goed.

"Sekondêre asbesbesoedeling bly ‘n saak van kommer”, het hy gesê, maar nie ‘n plan

van aksie voorgestel nie.

Anri-asbestose aktivis Sol Bosch het sy vader oor drie jaar sien sterf van die longkwaal

asbestose.

Page 29: Natuurwetenskap SAT LB Finaal · In die oostelike neerslae vanaf Mpumalanga suidwaarts tot by KwaZulu-Natal is plante vasgevang in antieke moerasse. Hulle is vasgevang in klam, luglose

Standaard Assesseringstaak: Natuurwetenskap Graad 9 – Leerdersboek Bladsy 29 van 32

Bosch is bitter oor wat hy sien as myn maatskappye se onbetrokkenheid en die huidige

staat se onbetrokkenheid.

Maar op persoonlike vlak vrees hy dat hy dieselfde pad as sy vader sal stap.

"Ek is te bang om vir X-strale te gaan”, het hy gesê. “Ek wil liewer nie weet.” - Sapa-

AFP

AANHANGSEL 3: Beroepslongsiekte van myners (Taak 6, Aktiwiteit 10)

1. Inleiding

Daar is baie siektes wat deur myners opgedoen word in die mynbou-industrieë.

Sommige van die siektes verskyn lank na ‘n persoon die mynbou-industrie verlaat het.

Ons gaan ons bespreking beperk tot pneumokoniose en ‘n hart-long (long en hart)

tuberkulose. Mynbou-aktiwiteite affekteer ook die gemeenskappe rondom die

mynareas.

2. Pneumokoniose

Dit is in longsiekte wat myners opdoen deur inaseming van mynstof. Hierdie stof pak op

in die longe. Die longweefsel reageer op die stof en die gevolg is verwerwing van

pneumokoniose. Die versameling van stof in die longe hang af van die grootte en

hoeveelheid van stofdeeltjies. Die stof word uit die liggaam verwyder deur die

mukuscilia en sellulêre sisteme.

Page 30: Natuurwetenskap SAT LB Finaal · In die oostelike neerslae vanaf Mpumalanga suidwaarts tot by KwaZulu-Natal is plante vasgevang in antieke moerasse. Hulle is vasgevang in klam, luglose

Standaard Assesseringstaak: Natuurwetenskap Graad 9 – Leerdersboek Bladsy 30 van 32

Lung defenceLung defence

Clearance by alveolar macrophage phagocytosisClearance by alveolar macrophage phagocytosis

Clearance via the

muco ciliaryescalator

AIRWAYS

ALVEOLAR REGION

Fast clearing, well protected

Slow clearing, delicate

Figuur 1: Longe

Die natuurlike reaksie van die membraan word bepaal deur die hoeveelheid tydperk van

blootstelling en karakter van die stof. Vir enige stofontploffing is die reaksie van die

weefsel verbind met die versamelde longstoflas. Die stoflas in die long kan slegs indirek

gemeet word.

Figuur 2: die normale respiratoriese sisteem

Primêre

bronchus

Tersiêre

bronchus

Sekondêre

bronchus

vergroot

Terminale

bronchiole

Longverdeling LUGWEE Vinnig-reinend, goed beskerm

Uitwerping via die mukuscilia

hysbak

ALVEOLÊRE STREEK

Stadig-reinend, delikaat

Reinig deur alveolêre makrofage en fagositose

Page 31: Natuurwetenskap SAT LB Finaal · In die oostelike neerslae vanaf Mpumalanga suidwaarts tot by KwaZulu-Natal is plante vasgevang in antieke moerasse. Hulle is vasgevang in klam, luglose

Standaard Assesseringstaak: Natuurwetenskap Graad 9 – Leerdersboek Bladsy 31 van 32

Steenkoolwerkers-longtering

Pneumokoniose ontstaan as ‘n gevolg van langdurige inaseming van stof van steenkool-

en grafietmyne. Dit word ook swart longsiekte genoem.

Silikose

Silikose is ‘n progressiewe longsiekte. Dit word gekenmerk deur klontvorming,

veselagtige litteken in die longe. Die siekte is as gevolg van inaseming van silikastof,

meestal van kwarts in rotse, sand en verwante deeltjies. SILIKA is ‘n glas waarvan die

verbinding bekend is as SILIKONDIOKSIED (SiO2).

Silikose is nie net beperk tot myners nie. Dit kan ontwikkel in enige werker wat

blootgestel is aan silikastof bv. glasgieters of blasers, rock drillers, tonnel werkers,

sandblasers, klipsnyers, keramiekwerkers en ander.

Figuur 3: Sandblaser: ‘n Stofwolk van sanddeeltjies

Daar is vier tipes silikose, naamlik akute, versnellende, chroniese en gekompliseerde

silikose. Die ontwikkeling van akute silikose volg op erge blootstelling aan fyn, hoë

dosisse silika-stof. Dit ontwikkel in 6 maande tot 2 jaar na blootstelling aan stof.

Ontwikkelende (versnellende) silikose verskyn na 5 - 10 jaar van intensiewe

stofblootstelling. Kroniese silikose verskyn na 15 of meer jare van intense blootstelling.

Page 32: Natuurwetenskap SAT LB Finaal · In die oostelike neerslae vanaf Mpumalanga suidwaarts tot by KwaZulu-Natal is plante vasgevang in antieke moerasse. Hulle is vasgevang in klam, luglose

Standaard Assesseringstaak: Natuurwetenskap Graad 9 – Leerdersboek Bladsy 32 van 32

Hierdie blootstelling word geassosieer met ligte wanfunksie van die longe. Kroniese

silikose kan omsit in gekompliseerde silikose wat karakteriserend is van uitgebreide

vorming van fibrose weefsel in die longe.

Silikose kom voor waar die deeltjies van silikastof vasgevang word in klein sakkies

(alveoli) in die longe waar gaswisseling plaasvind. Dit aktiveer die mobilisering van

witbloedselle wat makrofages genoem word in die alveoli. Hierdie witbloedselle sluk die

stofdeeltjies en gaan dan dood. Dit veroorsaak inflammasie wat meer makrofages

(witbloedselle) na die area te lok. Die immuunsisteem vorm ‘n fibrose weefsel om die

inflammasie area af te sluit. Die aksie van die immuunsisteem het egter nodule-vorming

tot gevolg. Die siekte toestand kan gestop word op hierdie punt, of versprei en groot

areas van die long vernietig. Hierdie proses (fibrose) kan voortduur lank nadat die

myner nie meer blootgestel is aan die silikastof nie.

What Does Silicosis

Look Like?• Simple Silicosis

– Small discrete nodules

(lesions)

• Complicated Silicosis

– Lesions increase in

size

– Grow together to form

larger masses

Figuur 4: Silikose in die longe

Myners wat ly aan silikose het gewoonlik ‘n droë hoes, asemhalingsprobleme en

somtyds borskas pyn.

Hoe lyk Silikose?

• Eenvoudige Silikose

• Gekompliseerde Silikose

- Klein nodules

- neem toe in grootte - Groei saam en vorm

groter massas

Gekompliseerde Silikose

Eenvoudige Silikose