33
-1- Aan alle Gelowiges in Rustenburg en ook Suid-Afrika of selfs gelowiges tot aan die uithoeke van die wêreld! Uitnodiging na “Groot Lydensweek: ’n Geloofsreis soos nog nooit!” Dit is ’n voorreg vir ons om op hierdie wyse met julle kontak te maak oor ’n opwindende en lewensverrykende geleentheid wat aangebied word aan alle gelowiges. Groot Lydensweek (Heilige Week) is ’n geleentheid vir hertoewyding aan die Here. Dit is ’n tyd vir selfondersoek, skuldbelydenis en gebed. Só berei ons onsself voor vir Paasfees, die dieptepunt van ons geloof is Jesus as ons Here! Om gelowiges hiermee te help sou ons vanjaar vir die week voor Paasfees ’n uitstalling in die Saal van NG Gemeente Rustenburg-Suid (Hoek van Kerk- en Uniestraat) aanbied wat Jesus se laaste ure op aarde uitbeeld. Die plan was om ’n “reis” te onderneem waartydens reisigers die betekenis daarvan in hulle eie lewe oordink aan die hand van ’n meditatiewe handleiding. Met die inperking wat tans geld is dit nie meer moontlik nie. Die gedagte is dat jy steeds hierdie reis saam met Christus sal deurleef aan die hand van die Lydenstyd se tekste wat tydens die eredienste gebruik is (die preke is ook op die webblad beskikbaar). Bepeins en oordink dit sodat jy die betekenis daarvan vir jou eie lewe beter kan verstaan. Jy kan die reis selfs opbreek en oor ’n paar aande onderneem. Aan die einde van die “reis” word u genooi om ’n “virtuele” koppie koffie of tee saam met ons te geniet en rustig die reis te oordink en selfs u joernaal te voltooi. Sodra ons weer met die eredienste mag voortgaan nooi ons u graag om saam met ons na die diens ’n regte koppie koffie of tee te kom geniet! Nooi gerus jou familie, vriende en bure om ook die Pelgrimsgids af te laai, selfs ook diegene wat nie normaalweg kerk toe kom nie. Ons bid dat hierdie geleentheid sal bydra dat Opstandingssondag vir ons as gelowiges en kerk weer opnuut sal help om ons geloof uit te leef!

New Uitnodiging na Groot Lydensweek: ’n Geloofsreis soos nog nooit!” · 2020. 4. 3. · Die nadenke oor die betekenis van Jesus se lyding en dood vir jouself, lei tot dankbaarheid

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: New Uitnodiging na Groot Lydensweek: ’n Geloofsreis soos nog nooit!” · 2020. 4. 3. · Die nadenke oor die betekenis van Jesus se lyding en dood vir jouself, lei tot dankbaarheid

-1-

Aan alle Gelowiges in Rustenburg en ook Suid-Afrika of selfs gelowiges tot aan die uithoeke van die wêreld!

Uitnodiging na “Groot Lydensweek: ’n Geloofsreis soos nog nooit!”

Dit is ’n voorreg vir ons om op hierdie wyse met julle kontak te maak oor ’n opwindende en lewensverrykende geleentheid wat aangebied word aan alle gelowiges.

Groot Lydensweek (Heilige Week) is ’n geleentheid vir hertoewyding aan die Here. Dit is ’n tyd vir selfondersoek, skuldbelydenis en gebed. Só berei ons onsself voor vir Paasfees, die dieptepunt van ons geloof is Jesus as ons Here! Om gelowiges hiermee te help sou ons vanjaar vir die week voor Paasfees ’n uitstalling in die Saal van NG Gemeente Rustenburg-Suid (Hoek van Kerk- en Uniestraat) aanbied wat Jesus se laaste ure op aarde uitbeeld. Die plan was om ’n “reis” te onderneem waartydens reisigers die betekenis daarvan in hulle eie lewe oordink aan die hand van ’n meditatiewe handleiding. Met die inperking wat tans geld is dit nie meer moontlik nie. Die gedagte is dat jy steeds hierdie reis saam met Christus sal deurleef aan die hand van die Lydenstyd se tekste wat tydens die eredienste gebruik is (die preke is ook op die webblad beskikbaar). Bepeins en oordink dit sodat jy die betekenis daarvan vir jou eie lewe beter kan verstaan. Jy kan die reis selfs opbreek en oor ’n paar aande onderneem. Aan die einde van die “reis” word u genooi om ’n “virtuele” koppie koffie of tee saam met ons te geniet en rustig die reis te oordink en selfs u joernaal te voltooi. Sodra ons weer met die eredienste mag voortgaan nooi ons u graag om saam met ons na die diens ’n regte koppie koffie of tee te kom geniet! Nooi gerus jou familie, vriende en bure om ook die Pelgrimsgids af te laai, selfs ook diegene wat nie normaalweg kerk toe kom nie. Ons bid dat hierdie geleentheid sal bydra dat Opstandingssondag vir ons as gelowiges en kerk weer opnuut sal help om ons geloof uit te leef!

Page 2: New Uitnodiging na Groot Lydensweek: ’n Geloofsreis soos nog nooit!” · 2020. 4. 3. · Die nadenke oor die betekenis van Jesus se lyding en dood vir jouself, lei tot dankbaarheid

-2-

Pelgrimsgids ’n Geloofsreis soos nog nooit!

2020

Kom! Berei voor en word stil oor die betekenis van Jesus se

lyding soos oorvertel in die Evangelie volgens Johannes.

Groot Lydensweek: Word stil op die Lydenspad

5 April - 11 April 2020

Vir eie gebruik tydens die tydperk van

inperking a.g.v. die Corona-virus

Saamgestel deur: Ned. Geref. Gemeente Rustenburg-Suid

Hoek van Kerk- en Uniestraat

Page 3: New Uitnodiging na Groot Lydensweek: ’n Geloofsreis soos nog nooit!” · 2020. 4. 3. · Die nadenke oor die betekenis van Jesus se lyding en dood vir jouself, lei tot dankbaarheid

-3-

Gebed vir Aswoensdag

Op my voorkop

’n Teken van die kruis

Gesmeer in as vanuit die vuur

Wat my hubris-paleis afgebrand het.

En, saam met dit,

Die geld wat ek weg moes gee,

Die TV wat ek as sintuigverdower gebruik het,

Die tapyt waarop ek veronderstel was om op te verskyn,

Die deure wat ek veronderstel was om vir ander oop te maak,

Die koeverte wat ek veronderstel was om vir liefdesbriewe te gebruik

Die wyse boeke wat ek so oop en bloot uitstal,

om die illusie te skep dat ek dit gelees het,

Die leë spasies in my foto-albums,

waar my donkerder, swaarder, seerder oomblikke onthou moes word,

Die kalenders waar besoeke aan dié wat dit die meeste nodig gehad het,

geskeduleer moes word,

Die rusbank van my verlammende oorgerustheid,

Die gemakstoel van my luiheid,

Die hemde wat ek volgestop het met my eie trots,

Die skoene wat ek met ander moes ruil,

sodat ons gereisde myle kon deel.

Op my voorkop

’n Teken van die kruispad,

Waar ek kan wegdraai van die pad van verderf,

Na die Weg van die Lewe.

“Ash Wednesday” deur Jim Burklo, vertaal deur Hanno Langenhoven

Page 4: New Uitnodiging na Groot Lydensweek: ’n Geloofsreis soos nog nooit!” · 2020. 4. 3. · Die nadenke oor die betekenis van Jesus se lyding en dood vir jouself, lei tot dankbaarheid

-4-

Welkom!

Ons gaan jou laat nadink en stil word by verskillende “stasies” waarin jy die betekenis van Jesus se lyding vir jouself oordink.

Hy wat ware God is, het werklik mens geword. By elke stasie kan jy met God gesels oor dit wat in jou gemoed leef.

Die gedagte is dat jy vir jouself genoeg tyd gee om hierdie reis te onderneem. Jy kan die reis selfs opbreek en oor ’n paar aande onderneem.

In die reisgids is daar ’n fokusteks en gebed vir elke stasie. Bepeins die inhoud daarvan en maak dit jou eie.

Visualiseer elke stasie en die meegaande teks - oordink wat daar gebeur. Probeer detail raaksien. Hoe “praat” dit met jou?

Moenie haastig wees nie, neem tyd en beleef dit. Gebruik die teks in die reisgids om jou in gebed tot God te wend - laat die Gees jou lei.

Luister eers en praat dan met God.

Maak dit wat van toepassing is, jou eie.

Druk gerus die Pelgrimsgids uit. As jy wil kan jy ’n paar aantekeninge oor jou ervaring tydens die reis in die joernaal agterin neerskryf. Indien jy aan die einde van die reis die behoefte het om met iemand te gesels of saam te bid kontak gerus u leraar of ouderling. Anders wees net rustig en voltooi jou joernaal.

Dit bly jou eiendom!

Mag hierdie reis van hier af elkedag jou eie lewensreis definieer. Jy kan selfs weer môre die reis onderneem - sou jy wou.

Die nadenke oor die betekenis van Jesus se lyding en dood vir jouself, lei tot dankbaarheid en gebed.

Daarom is hierdie ’n uitnodiging tot gebed.

Maak ook vir jouself ’n draagbare kruis as ’n fisiese herinnering en simbool van die reis waarop jy nou gaan. Dra dit saam met jou,

totdat jy aan die einde genooi word om ’n besluit daaroor te neem.

Oorweeg asseblief om steeds ’n elektroniese bydrae te maak om te help dat die gemeente se werksaamhede kan voortgaan. Elke bydrae word werklik waardeer.

ABSA Bank. Rekening Nommer: 1220580128.

Jy word ook hartlik uitgenooi om saam met ons die Goeie Vrydag diens, Vrydag, 10 April en ons Opstandingsfeesdiens op Sondag, 12 April te vier deur die skakel op die webblad te volg!

Page 5: New Uitnodiging na Groot Lydensweek: ’n Geloofsreis soos nog nooit!” · 2020. 4. 3. · Die nadenke oor die betekenis van Jesus se lyding en dood vir jouself, lei tot dankbaarheid

-5-

Oorsig van ’n Geloofsreis soos nog nooit!

Voorbereiding vir die reis Stasie 1 – Here, kan ek saam reis? Joël 2: 1-2, 12-17

Stasie 2 – Ek kies steeds die reis. Genesis 2: 15-17; 3: 1-7

Stasie 3 – Reis na ’n onbekende toekoms. Genesis 12: 1-4a

Stasie 4 – Wanneer die reis moeilik raak. Eksodus 17: 1-7

Stasie 5 – Ek, geringe reisiger, waardig. 1 Samuel 16: 1-13

Stasie 6 – Nuwe lewe vir my dooie reisiger bene. Esegiël 37: 1-14

Stasie 7 – Juigende toeskouers vir die pylvak van die reis. Matteus 21: 1-11

Die Pylvak Stasie 8 – Jesus moet dood. Johannes 12: 1-11

Stasie 9 – Doodsbenoud. Johannes 12: 20-36

Stasie 10 – Verraai of verloën? Johannes 13: 21-30

Stasie 11 – Om self die voorskoot aan te trek… Johannes 13: 1-17, 31-35

Stasie 12 – Die ontnugtering van my reis: Hy het dit alles vir my gedoen. Johannes 19: 17-21 en Johannes 19: 28-31

Stasie 13 – Grafstil. Johannes 19: 38-42

Die Oorwinning Stasie 14 – Die eindpunt is toe ’n ondenkbare begin. Johannes 20: 1-18

Stasie 15 – Joernaal, koffie en tee.

Page 6: New Uitnodiging na Groot Lydensweek: ’n Geloofsreis soos nog nooit!” · 2020. 4. 3. · Die nadenke oor die betekenis van Jesus se lyding en dood vir jouself, lei tot dankbaarheid

-6-

Groot Lydensweek Hoewel ons die lyding en kruisiging van Jesus herdenk, gaan dit nie oor die wreedheid van mense of die kruisdood van Jesus as sodanig nie. Dit gaan ook nie oor die oordeel van God

oor die sonde van die mens nie, maar dit gaan oor die feit dat Jesus na die wêreld toe gestuur is, sodat ons deur Hom en sy finale offergawe verlos kan word.

“God het immers nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te oordeel nie,

maar sodat die wêreld deur Hom verlos kan word.” Johannes 3: 17

Die gebeure van die kruis herinner ons aan die prys wat Jesus bereid was om te betaal,

sodat ons verlos kan word.

Jesus se kruisdood gaan oor verlore mense wat redding nodig het. Gedurende die Lydensreis staan elkeen van ons by die verskillende stasies voor die kruis van Jesus en raak bewus van wat Hy vir my gedoen het. Die Johannes-evangelie maak dit baie

duidelik dat Jesus se verlossing alle mense in alle omstandighede insluit.

Stasies 1-7 berei ons voor op die laaste week van Jesus se aardse reis.

Stasies 8-13 fokus op Jesus se laaste week voor sy kruisiging.

Met stasie 14 en 15 vier ons Jesus se oorwinning oor die dood.

Spandeer minstens 5 minute by elke stasie en gee die Heilige Gees kans om in jou te werk.

Page 7: New Uitnodiging na Groot Lydensweek: ’n Geloofsreis soos nog nooit!” · 2020. 4. 3. · Die nadenke oor die betekenis van Jesus se lyding en dood vir jouself, lei tot dankbaarheid

-7-

Voorbereiding vir die reis Stasie 1: Here, kan ek saam reis?

Ons stagneer maklik in ons geloofsgroei en belewenis van die nabyheid van die Here. As dit oor liefde vir Christus gaan, kan ons nie abstrak daaroor nadink nie. Ons kan slegs Jesus persoonlik liefhê. Die doel van die viering van Lydenstyd is om opnuut te fokus op die persoon van Jesus Christus en op ’n lewe van totale toewyding aan Hom. Die Lydensreis dien as voorbereidingstyd vir die viering van Paasfees. Dit is ’n tyd van gebed, vas, skuldbelydenis en verootmoediging. Met die pelgrimstog kry elke gelowige die geleentheid om opnuut bewus te word van die wêreld se lyding, nood en ellende en ons elkeen se aandeel daarin. Dit is ’n geleentheid vir sondebesef, skuldbelydenis en ’n bewuswording van die prys wat Christus daarvoor betaal het. Joël 2: 1-2, 12-17

Blaas die ramshoring in Sion, roep hard op my heilige berg. Al die inwoners van die land sal bewe, want die dag van die Here kom, dit is naby: 2dié stikdonker dag, die dag van donker wolke waarop die groot sterk nasie oor die berge uitsprei soos die lig van die dagbreek uitsprei. Só ’n sterk nasie was daar nog nooit en sal daar nooit weer wees nie, selfs nie in die verste toekoms nie. 11Die Here laat sy stem weerklink voor sy leërmag uit. Sy leër is ontsaglik groot, dié wat die Here se bevel uitvoer, is sterk. Die dag van die Here is ’n groot dag, ’n verskriklike dag; wie is daarteen bestand?

Kom terug na My toe! 12Maar nou sê die Here: Kom met julle hele hart terug na My toe, vas, huil en treur! 13Skeur julle harte, nie julle klere nie. Kom terug na die Here julle God toe: Hy is genadig en barmhartig; Hy is lankmoedig en vol liefde.

Gebed Here maak van my ’n pelgrim in hierdie dae. Dissiplineer my tot dissipelskap.

Laat hierdie geestelike reis my lei tot ’n geestelike feestyd.

Here, hier voor U aangesig besef ek: Alles wat leef vergaan. Ek erken dat ek ook stof is en tot stof sal terugkeer. Maar uit stof kan U ’n nuwe wêreld skep. Suiwer my in hierdie tyd van my selfsug en my bekommernisse, sodat ek U en ander voluit kan dien. Amen.

Page 8: New Uitnodiging na Groot Lydensweek: ’n Geloofsreis soos nog nooit!” · 2020. 4. 3. · Die nadenke oor die betekenis van Jesus se lyding en dood vir jouself, lei tot dankbaarheid

-8-

Voorbereiding vir die reis Stasie 2: Ek kies steeds die reis.

As ons oor die paradys dink is daar iets meer wat ons moet raaksien, naamlik die geestelike betekenis wat Eden gehad het. Die res van die Ou Testament praat van Eden as die plek waar God woon. Eden was dus in die eerste instansie nooit die plek wat die Here vir Adam en sy vrou geskep en as woonplek gegee het nie, maar die eintlike bedoeling van Eden was ’n plek waar die Here met die mens kon woon en wandel! Dit is wat die paradys PARADYS gemaak het! Dit het alles oor die gemeenskap gegaan wat God met Sy beelddraers gaan vestig het! Die eintlike prag van Eden was die wandel van God en mens met mekaar. God het met ander woorde ten diepste Eden gemaak as SY woonplek. En Hy maak ons as Sy beelddraers en verteenwoordigers sodat Hy met ons in verhouding kan tree. Die regtige Eden is ’n plek waar God self ’n tuiste vind by die mens. Hy wil by Sy mense woon. Genesis 2: 15-17; 3: 1-7 15Die Here God het die mens in die tuin laat woon om dit te bewerk en op te pas. 16Die Here God het die mens beveel: “Van al die bome in die tuin mag jy eet soos jy wil, 17maar van die boom van alle kennis mag jy nie eet nie. Die dag as jy daarvan eet, sterf jy.” 3Die slang was listiger as al die wilde diere wat deur die Here God gemaak is en het vir die vrou gevra: “Het God werklik gesê julle mag van geen boom in die tuin eet nie?” 2Die vrou het die slang geantwoord: “Ons mag eet van die vrugte van die bome in die tuin. 3God het net gesê ons mag nie eet van die vrugte van die boom in die middel van die tuin nie en ons mag dit nie aanraak nie, want dan sterf ons.” 4Toe sê die slang vir die vrou: “Julle sal beslis nie sterf nie, 5maar God weet dat julle oë sal oopgaan die dag as julle van daardie boom eet en dan sal julle soos God wees deurdat julle alles kan ken.” 6Toe besef die vrou dat die boom se vrugte goed is om te eet en mooi om na te kyk en begeerlik omdat dit kennis kan gee. En sy het van sy vrugte gepluk en geëet. Sy het ook vir haar man by haar gegee, en hy het geëet. 7Hulle altwee se oë gaan toe oop, en hulle besef dat hulle kaal is. Toe werk hulle vyeblare aanmekaar en hang dit om vir klere.

Page 9: New Uitnodiging na Groot Lydensweek: ’n Geloofsreis soos nog nooit!” · 2020. 4. 3. · Die nadenke oor die betekenis van Jesus se lyding en dood vir jouself, lei tot dankbaarheid

-9-

Gebed Vader in die hemel, ek is skaam om voor U te kom. En tog weet ek my hoop lê by U. Noudat ek begin agterkom dat U daarna verlang dat ek meer in U teenwoordigheid sal leef, in gemeenskap met U, en noudat ek daarna begin verlang het, is ek verbaas hoe min daarvan gebeur! Maak my nou stil, Heer. Ek wil na U luister; my hart vir U oopmaak dat U my kan aanraak. Open my oë, my hart en my ore, dat ek U leer ken, Heer, en voor U kan lewe. Heilige Gees, laat die Woord ons vandag op reis neem om by die waarheid van Jesus Christus uit te kom. Amen.

Page 10: New Uitnodiging na Groot Lydensweek: ’n Geloofsreis soos nog nooit!” · 2020. 4. 3. · Die nadenke oor die betekenis van Jesus se lyding en dood vir jouself, lei tot dankbaarheid

-10-

Voorbereiding vir die reis Stasie 3: Reis na ’n onbekende toekoms.

God se verhaal met die mens begin by Adam en Eva en dan kan ons sê maak God ’n nuwe begin met Noag en sy gesin. Na die gebeure by die toring van Babel moet die Here weer oor begin. Daarna kies God ’n man en hy word die Vader van die gelowiges genoem. Wat die 3de begin anders maak is dat God Abraham seën sonder dat hy enigiets verdien. Hy vra net een ding. Wees vir ander ’n seën! Genesis 12: 1-4a 1Die Here het vir Abram gesê: “Trek uit jou land uit, weg van jou mense en jou familie af na die land toe wat Ek vir jou sal aanwys. 2Ek sal jou ’n groot nasie maak, Ek sal jou seën en jou ’n man van groot betekenis maak, en jy moet tot ’n seën wees. 3Ek sal seën wie jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek. In jou sal al die volke van die aarde geseën wees.” 4Abram het toe weggetrek, gehoorsaam aan die woord van die Here, en Lot het saam met hom getrek.

Gebed Here ons leef in ’n onseker wêreld en onseker tye. U is ons enigste sekerheid. Ons vertrou U onvoorwaardelik. Ons loof U omdat U u beloftes aan ons kom waar maak het in Jesus Christus. Skenk aan ons vertroue om U op U Woord te neem. Amen.

Page 11: New Uitnodiging na Groot Lydensweek: ’n Geloofsreis soos nog nooit!” · 2020. 4. 3. · Die nadenke oor die betekenis van Jesus se lyding en dood vir jouself, lei tot dankbaarheid

-11-

Voorbereiding vir die reis Stasie 4: Wanneer die reis moeilik raak.

Die volk het in die Sinwoestyn opgedaag nadat God hulle gered het van die Egiptenare by die see. God se redding daar het gekom nadat hulle gekla het dat Moses hulle uitgelei het om doodgemaak te word. Daar in die Sinwoestyn het hulle weer gekla omdat hulle nie kos gehad het nie. God het hulle weer gered, hierdie keer met die manna en kwartels. En nou, alweer! Leer hulle dan nooit om op te hou kla nie! Tog is hier iets anders aan die gang, dit is of hulle klagtes tot op ’n volgende vlak gelig word. Eksodus 17: 1-7

Nadat die hele volk Israel uit die Sinwoestyn vertrek het, het hulle op bevel van die Here van plek tot plek gegaan totdat hulle by Refidim kamp opgeslaan het. Maar daar was geen water vir die volk om te drink nie. 2Toe het die volk met Moses rusie gemaak en gesê: “Gee jý vir ons water om te drink!” En Moses antwoord hulle: “Waarom maak julle rusie met my? Waarom stel julle die geduld van die Here op die proef?” 3Maar die volk was dors en hulle het vir Moses verwyt: “Waarom het jy ons uit Egipte laat optrek om ons en ons kinders en ons vee van dors te laat omkom?” 4Daarna het Moses tot die Here geroep: “Wat moet ek met hierdie volk aanvang? Netnou gooi hulle my met klippe dood.” 5Toe sê die Here vir Moses: “Loop voor die volk verby en neem van die leiers van Israel saam. Vat ook die kierie waarmee jy op die Nyl se water geslaan het, en stap vooruit. 6Ek sal daar reg voor jou op die rots by Horeb staan. Dan moet jy teen die rots slaan, en daar sal water uitloop vir die volk om te drink.” Moses het dit toe gedoen voor die oë van die leiers van Israel. 7Hy het die plek Massa en Meriba genoem omdat die Israeliete daar met Moses rusie gemaak het en ook omdat hulle die geduld van die Here op die proef gestel het toe hulle gesê het: “Is die Here by ons of nie?”

Voor ons nou die koppe te meerderwaardig skud oor die klomp Israeliete, kom ons meet onsself eers in hulle spieël. Waaroor gaan hierdie gedeelte? Dit is maklik om te sê dit gaan daaroor dat God voorsien. Gaan dit nie ook oor die Israeliete, en ons(!), se gebrek aan vertroue nie? In ons dag waar ons alles probeer toets aan wat ONS kan sien, glo, verstaan. Vra ons nie ook soms as dinge moeilik gaan “Is die Here by ons of nie?” Ons vra tog:

Waar was God toe my geliefde gesterf het? Waar is God met die staatskaping en ekonomiese rampspoed wat ons lewens moeilik

maak? Waar is God in hierdie Corona uitbraak of daardie hongersnood? ens.

Page 12: New Uitnodiging na Groot Lydensweek: ’n Geloofsreis soos nog nooit!” · 2020. 4. 3. · Die nadenke oor die betekenis van Jesus se lyding en dood vir jouself, lei tot dankbaarheid

-12-

Ons is maar ook almal in die woestyn met een vraag op ons lippe: “Is die Here by ons of nie?” En nou soek ons antwoorde! En hier moet ons ’n oomblik stil raak. Stil raak, want die antwoord is nie ’n eenvoudige ja of nee nie. Ons gaan dit nie in tekens of wolke of wondergenesings sien of kry nie. Ons het klaar ons antwoord gekry in Jesus wat gebore is, geleef het as mens, gekruisig is en gesterf het, opgestaan het en aan God se regterhand sit vir ons. Die vraag is eerder, “Maak die teenwoordigheid van die Here nog ’n verskil in my lewe?” of “Is ek by die Here?” Die antwoord op die vraag “Is die Here by ons of nie?”, kry ons in veranderde lewens, in mense wat Jesus in mekaar sien, wat moeite doen om daar te wees vir mekaar, mense wat deur hulle by die Here wees, daar kan wees vir ander. Gebed Here ek wil naby aan U leef. Dit is asof iets in my U nie wil toelaat nie, ek wil sélf regkom met die lewe. Iets in my wil beheer hou en dit wil nie hê dat ek my in U moet verloor nie; wil nie te veel van U hê nie. Here, ek is skuldig! Vergewe my! Oorwin die weerstand in my, oorwin die eie belang al meer, sodat ek kan leer dat ek niks, niks self kan vermag om ’n verhouding met U te bou nie, sodat ek alles net van U wil ontvang, sodat die lewe in U teenwoordigheid nie meer iets sal wees wat ek probeer regkry nie, maar U wat my oorlaai met U genade! Amen.

Page 13: New Uitnodiging na Groot Lydensweek: ’n Geloofsreis soos nog nooit!” · 2020. 4. 3. · Die nadenke oor die betekenis van Jesus se lyding en dood vir jouself, lei tot dankbaarheid

-13-

Voorbereiding vir die reis Stasie 5: Ek, geringe reisiger, waardig!

Die volk is na die intog in die beloofde land deur die Rigters gelei met Samuel, as profeet. ’n Profeet is iemand wat na God se wil in die toekoms soek en die hede aanspreek en verander om in lyn met God se wil te wees. Na die Rigterstydperk dring die Israeliete by Samuel op ’n koning aan. Vir Samuel was dit ’n groot skok want God is Israel se koning, hoe kan Israel nou vra vir ’n menslike koning? Dit is mos om God te verwerp! Samuel salf Saul uiteindelik volgens die wil van die Here. So is hulle, Samuel en Saul vir jare die volk se leiers - Samuel as profeet en Saul as koning. Saul word egter ongehoorsaam aan die wil van die Here en God onttrek Hom van Saul. 1 Samuel 15: 34 - 16: 13 35bSamuel het oor Saul getreur, en die Here was bedroef daaroor dat Hy vir Saul koning oor Israel gemaak het. 16Die Here het vir Samuel gesê: “Hoe lank gaan jy nog oor Saul treur nadat Ek hom as koning oor Israel verwerp het? Maak ’n horing vol olie en gaan na Betlehem toe! Ek stuur jou na Isai toe, want onder sy seuns sien Ek vir My ’n koning.” 2Samuel vra toe: “Hoe kan ek gaan? As Saul dit hoor, sal hy my doodmaak.” En die Here sê vir hom: “Neem ’n vers saam en sê: ‘Ek het gekom om vir die Here ’n offer te bring.’ 3Nooi dan vir Isai na die offer toe. Ek sal jou meedeel wat jy moet doen. Salf vir My dié een wat Ek jou sal beveel.” 4Samuel het gedoen wat die Here gesê het. By sy aankoms in Betlehem het die leiers van die stad hom ontsteld tegemoet gekom en gesê: “Kom u in vrede?” 5En hy het gesê: “Ja. Ek het gekom om vir die Here ’n offer te bring. Reinig julle en kom saam met my na die offer toe.” Hyself het vir Isai en sy seuns gereinig en hulle na die offer toe genooi. 6Toe hulle inkom, het Samuel vir Eliab gesien en gedink: die gesalfde van die Here staan hier voor die Here. 7Maar Hy sê vir Samuel: “Moenie na sy voorkoms of sy buitengewone lengte kyk nie, want Ek het hom nie gekies nie. Die Here kyk nie na dieselfde dinge as die mens nie. Die mens kyk na die uiterlike, maar die Here na die innerlike.” 8Toe roep Isai vir Abinadab en laat hom voor Samuel verbygaan en hy dink: die Here het ook hierdie een nie gekies nie. 9Daarna het Isai vir Samma laat verbygaan, maar Samuel het gedink: die Here het ook hierdie een nie gekies nie. 10Nadat Isai sewe van sy seuns voor Samuel laat verbygaan het, sê Samuel vir Isai: “Die Here het nie een van hulle gekies nie.”

Page 14: New Uitnodiging na Groot Lydensweek: ’n Geloofsreis soos nog nooit!” · 2020. 4. 3. · Die nadenke oor die betekenis van Jesus se lyding en dood vir jouself, lei tot dankbaarheid

-14-

11Daarop het Samuel vir Isai gevra: “Is dit al jou seuns dié?” En hy het geantwoord: “Die jongste is nog oor, maar hy pas nou skape op.” Toe sê Samuel vir Isai: “Laat haal hom, want ons eet nie voordat hy hier is nie.” 12Isai het hom laat haal. Hy het ’n rooi gelaatskleur gehad, mooi oë en ’n goeie voorkoms. Toe sê die Here: “Staan op, salf hom, want dis hý.” 13Samuel het die horing met olie gevat en hom voor sy broers gesalf. Die Gees van die Here het van daardie dag af kragtig in Dawid gewerk. Daarna het Samuel klaargemaak en na Rama toe teruggegaan.

Tel die onwaarskynlike nog vir die kerk vandag? Soek en gee ons ernstig genoeg aandag aan die onwaarskynlike optrede van God, onwaarskynlike opdragte van God of het Hy maar net te voorspelbaar, verklaarbaar of manipuleerbaar deur ons geword? Sal ons insien en instem om in die plan van God ons plek in te neem, ons opgelegde taak te aanvaar en tot Eer van God te leef. Groeiende armoede, geweld, sinlose moorde, werksverliese en sporadiese ras-insidente laat baie hoop in Suid Afrika, selfs in God en in die kerk verloor. En tog wil die verhaal van ’n jong skaapwagter wat tot koning gesalf word, hy wat teen alle logika in uitverkies en as koning gesalf word, ons herinner dat God nie altyd met die normale, verstaanbare praktyke werk nie. God tree nie net as God op binne die grense van die logika en denke nie, Hy is in staat om buite die normale, op onverstaanbare wyse, Sy wil te laat geskied en Sy koninkryk te laat kom. Dit is hierdie “goddelike” en menslik onbekende terrein, wat God God maak. Dit is hierdie ingrype van God wat ons roep tot groter vertroue en dieper geloof. So help ons mense om met hoop, liefde, geloof en vertroue te leef, maar ook met nederigheid in ons diens aan God. God verwag van ons gehoorsaamheid - dit beteken om te luister én te doen! Gebed Ek bely voor U my blindheid. Dat ek eintlik in duisternis leef. Ek beoordeel mense op uiterlike maatstawwe. En as ek self so beoordeel word, kom ek bedroë daarvan af. Ek erken dat my heil nie by myself lê nie. Ek het niks om uit myself te bied dat U my sou aanvaar nie. Amen.

Page 15: New Uitnodiging na Groot Lydensweek: ’n Geloofsreis soos nog nooit!” · 2020. 4. 3. · Die nadenke oor die betekenis van Jesus se lyding en dood vir jouself, lei tot dankbaarheid

-15-

Voorbereiding vir die reis Stasie 6: Nuwe lewe vir my dooie reisiger bene.

Waaraan laat SA vandag vir u dink? Doodsbeendere, of ’n land met potensiaal en geleenthede? Hoe dink of voel ons oor wat ons sien en hoor? Wat is daar wat vir ons hoop gee vir die toekoms? Ek wens ek kon hoor wat elkeen hierop antwoord. Almal is moedeloos, bang en onseker. Opmerkings soos: Hier is nie regtig ’n toekoms nie - Die vraag is dan: van watter toekoms praat ons? Of: Wat gaan van ons word? En: Hier is nie regtig hoop nie - van watter hoop praat ons? Esegiël 37: 1-14 1Die mag van die Here het my in besit geneem en my deur die Gees van die Here uitgebring en neergesit binne-in ’n laagte. Die laagte was vol bene. 2Die Here het my om die bene laat loop, en ek het gesien daar is baie bene in die laagte en hulle is baie droog. 3Toe vra Hy vir my: “Mens, kan daar in hierdie bene weer lewe kom?” Ek het geantwoord: “Nee, dit weet net U, Here my God.“ 4Hy sê toe vir my: “Tree op as profeet vir hierdie bene en sê vir hulle: Hoor die woord van die Here, droë bene! 5So sê die Here my God vir hierdie bene: Ek gaan gees in julle laat kom sodat julle kan lewe: 6Ek sal vir julle senings en vleis aansit en julle oortrek met vel en dan sal Ek gees in julle gee sodat julle kan lewe. Dan sal julle besef dat Ek die Here is.” 7Ek het toe as profeet opgetree soos ek beveel is, en terwyl ek dit doen, hoor ek ’n gedreun: die bene het na mekaar toe beweeg, elkeen na die been toe wat by hom pas. 8Terwyl ek kyk, kom daar senings en vleis aan hulle en word daar vel bo-oor getrek. Maar daar was nog nie gees in hulle nie. 9Toe sê die Here vir my: “Praat nou as profeet met die gees, tree op as profeet, mens, sê vir die gees: So sê die Here my God: Kom uit die vier windstreke, gees, blaas in hierdie dooies in dat hulle kan lewe.“ 10Ek het as profeet opgetree soos die Here my beveel het, en toe kom die gees in hulle, en hulle lewe en gaan staan regop. Dit was ’n baie groot menigte. 11Die Here het vir my gesê: “Mens, al hierdie bene stel die hele Israel voor. Hulle sê: ‘Ons bene is uitgedroog, ons het geen hoop meer nie, dit is klaar met ons.’ 12Tree op as profeet, sê vir hulle: So sê die Here my God: Ek sal julle grafte oopmaak en julle laat uitkom, my volk, en Ek sal julle terugbring na die land Israel toe. 13Wanneer Ek julle grafte oopmaak en julle laat uitkom, my volk, sal julle besef dat Ek die Here is. 14Ek sal my Gees in julle laat kom sodat julle kan lewe en Ek sal julle in julle land laat woon. Dan sal julle besef dat Ek die Here is. Ek het dit gesê en Ek sal dit doen,” sê die Here.

Page 16: New Uitnodiging na Groot Lydensweek: ’n Geloofsreis soos nog nooit!” · 2020. 4. 3. · Die nadenke oor die betekenis van Jesus se lyding en dood vir jouself, lei tot dankbaarheid

-16-

Tot vandag toe gee God lewe, identiteit en roeping, deur sy Woord en sy Gees. Ons kan dit vandag nog vier. Mag die Gees ons lei om ook in SA, vandag, Godgegewe geleenthede te sien waarin die Gees van God kom lewe skep het. Gelowiges wat weet ons is hier met ’n doel, ons staan onder ’n verpligting, maar nie teenoor ons sondige natuur wat alles net so gemaklik en gerieflik as moontlik wil hê nie; wat ongelooflik selfsugtig is en net aan onsself dink nie. Ons is uit genade gered, ons is mense wat die nuwe lewe ontvang het, ons ken die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan; ons het die Gees ontvang wat binne ons uitroep - Abba! Ons geborgenheid is nie in ons besittings nie, nie in ons werk of mediese versorging en sekerhede nie maar in ons Vader wat deur sy Woord lewe skep. Ons is geroep om hierdie lewe te deel met ander, daarom kan ons mense met vriendelikheid, met liefde, met geduld en met genade hanteer. Gelowiges raak opgewonde om te dink oor wat kan gebeur as kinders van die Here so begin leef en optree. Al is dit aanvanklik net eers teenoor die mense in die huis en later ander wat op jou pad kom - huishulp, tuinwerkers, petroljoggies, bedieners by kasregisters en later die werk, kollegas en oral waar ons kom - uiteindelik tot in die uithoeke van die wêreld. Daarmee ontken ons nie die probleme in die land nie; die bedreiging van die Covid-19 virus nie, maar ons erken dat dit ons is wat geroep is om in hierdie land, met sy probleme, as sout en lig te leef; om die liefde van God te demonstreer. Ons leef soos mense wat glo in die krag van die Woord en die Gees wat steeds magtig is om nuwe lewe te skep. Gebed Here ons bring na U alle verwarrende angs, alle ongegronde vrese, alle sondige begeertes, alle versoekings van die Bose, alle verdraaide waardes, alle selfsugtige begeertes, alle nuttelose bekommernisse en vra dat U aan ons U heilige teenwoordigheid, U lewegewende liefde, U genesende aanraking, U vreeslose moed, U versterkende krag, U volmaakte vrede, U omgee en liefde, U goddelike genade, U eindelose vreugde sal gee. Amen.

Page 17: New Uitnodiging na Groot Lydensweek: ’n Geloofsreis soos nog nooit!” · 2020. 4. 3. · Die nadenke oor die betekenis van Jesus se lyding en dood vir jouself, lei tot dankbaarheid

-17-

Voorbereiding vir die reis Stasie 7: Juigende toeskouers vir die pylvak van die reis.

Jesus se intog begin eenvoudig. Vir enige ingeligte Jood het dit die beeld van Sagaria 9: 9 opgeroep - dat die Messias op ’n donkie sou ry. Koning Dawid was ’n donkie-ruiter in 2 Samuel 15: 30, en omdat die vredevolle tyd was, het koning Salomo met ’n donkie in Jerusalem ingery (1 Konings 1: 38-40). Militante heersers het op groot perde gery as simbool van krag en spoed. Ware konings, wie se koninkryk vrede en ’n nuwe manier van lewe voorspel het, het op donkies gery. Wanneer Jesus Jerusalem binne ry, op hierdie nederige dier, is daar dus geen twyfel dat Jesus die lank verwagte Messias is. Jesus word ontmoet deur ’n skare wat Hosanna skreeu . Matteus 21: 1-11

Toe hulle naby Jerusalem kom en Betfage aan die Olyfberg bereik, het Jesus twee dissipels vooruit gestuur 2en vir hulle gesê: “Gaan na die dorpie daar reg voor julle, en net soos julle inkom, sal julle daar ’n donkie kry wat vasgemaak is, en ’n vul by haar. Maak haar los en bring hulle vir My. 3En as iemand vir julle iets daaroor sê, antwoord dan: Die Here het hulle nodig, en Hy sal hulle gou weer terugstuur.” 4Dit het gebeur sodat die uitspraak van die profeet vervul sou word: 5”Sê vir Sion: Kyk, jou Koning kom na jou toe; Hy is nederig en Hy ry op ’n donkie, op die vul van ’n pakdier.” 6Die twee dissipels het toe vooruit gegaan en gedoen wat Jesus hulle beveel het. 7Hulle het die donkie en die vul gebring, van hulle klere op die diere gesit, en Jesus het opgeklim. 8Die grootste deel van die skare het van hulle klere op die pad oopgegooi, en ander het takkies van die bome afgebreek en dit op die pad gestrooi. 9Die mense wat voor Jesus geloop het en dié wat agter Hom aan gekom het, het begin uitroep: “Prys die Seun van Dawid! Loof Hom wat in die Naam van die Here kom! Prys Hom in die hoogste hemel!” 10Toe Jesus in Jerusalem ingaan, het die hele stad in beroering gekom en gevra: “Wie is hierdie man?”

11Die skare het geantwoord: “Dit is die profeet Jesus van Nasaret in Galilea!”

Die donkie is ’n simbool van nederigheid. Koning Jesus het ’n koninkryk van liefde kom vestig wat die fondament van Sy koninkryk bou nie op die mag van die swaard nie - want dan sou Hy op ’n perd gery het - maar die mag van die liefde.

Page 18: New Uitnodiging na Groot Lydensweek: ’n Geloofsreis soos nog nooit!” · 2020. 4. 3. · Die nadenke oor die betekenis van Jesus se lyding en dood vir jouself, lei tot dankbaarheid

-18-

Dit sou Hy vir ons die Vrydag na die hierdie intog op Palmsondag op Golgota wys - so lief het God die wêreld. Mag ons in hierdie Groot Lydenstyd nadink: Wie is hierdie man? En mag ons die koning van die Jode, die Herder-Koning, vind! Gebed Here God, maak deur U Gees my hart onverdeeld net U woonplek; maak my innerlik sterk, sodat ek ontslae kan raak van alles wat my angstig en gespanne maak, sodat ek nie weggelok sal word deur enige begeertes nie - nie deur kleintjies nie en ook nie deur grotes nie. Help my om alle aardse dinge te sien as verganklik en om my liggaam ook só te sien - besig om verby te gaan. Die mens wat só na dinge kyk, is waarlik wys! Here, gee my die wysheid wat van U kom, sodat ek kan leer om bo alles U te soek en te vind; bo alles U te geniet en lief te hê en om alle ander dinge te sien vir wat hulle eintlik is - gawes, wat U in U wysheid gee en neem soos U wil. Help my om diegene te vermy wat my vlei en om diegene met geduld te verdra wat my teenstaan. Want ware wysheid is om nie nou dit en dan dat te glo nie; en om ook nie my ore uit te leen vir vleitaal nie. As ons dit doen, Here, sal ons voete koers hou op die pad waarop ons begin het. Amen.

Page 19: New Uitnodiging na Groot Lydensweek: ’n Geloofsreis soos nog nooit!” · 2020. 4. 3. · Die nadenke oor die betekenis van Jesus se lyding en dood vir jouself, lei tot dankbaarheid

-19-

Die Pylvak Stasie 8: Jesus moet dood.

Die lyding en sterwe van Christus kry in die besonder betekenis in ons eie tye van swaarkry, vertwyfeling en lyding. Daarom is lydenstyd by uitstek tyd om te besin oor jou navolging van Jesus. Die vertellings van Jesus se lyding en sterwe skep die geleentheid om - gedissiplineerd en verbeeldingryk - na te dink oor hoe ons lewe ingebed is in die lewe van Jesus. Johannes 12: 1-11

Ses dae voor die Paasfees het Jesus na Betanië toe gekom, waar Lasarus wat Hy uit die dood opgewek het, gewoon het. 2Daar het hulle vir Jesus ’n ete gegee. Marta het bedien, en Lasarus was een van dié wat saam met Hom aan tafel was. 3Toe het Maria ’n halfliter egte, baie duur nardusolie gebring en dit op Jesus se voete uitgegiet en sy voete met haar hare afgedroog. Die hele huis is deurtrek met die geur van die reukolie. 4Judas Iskariot, een van sy dissipels, die een wat Hom sou verraai, sê toe: 5”Waarom is hierdie reukolie nie vir drie honderd silwermuntstukke verkoop en die geld vir die armes gegee nie?”

6Dit het hy gesê, nie omdat hy hom oor die armes bekommer het nie, maar omdat hy ’n dief was. Hy het die beursie gehad en het van die bydraes gevat.

7Toe sê Jesus: “Laat staan haar. Sy moes dit hou vir hierdie dag om My te salf vir my begrafnis. 8Die armes het julle tog altyd by julle, maar vir My het julle nie altyd nie.”

Die besluit om Lasarus ook dood te maak

9Baie van die Jode het verneem dat Jesus daar is en het daarheen gekom, nie net ter wille van Jesus nie, maar ook om vir Lasarus te sien wat Hy uit die dood opgewek het. 10Die priesterhoofde het toe besluit om ook vir Lasarus dood te maak, 11omdat baie van die Jode deur hom na Jesus toe oorgeloop en in Hom geglo het.

Die intog van Jesus in Jerusalem

12Die volgende dag het die groot menigte mense wat na die fees toe gekom het, gehoor dat Jesus na Jerusalem toe kom.

Hoe plaas of oriënteer ons ons lewens na aanleiding van hierdie gebeure? Wat leer Maria se lewe as dissipel ons oor die navolging van Jesus? Hoe lyk egte dissipelskap? Jy glo nie omdat dit jou iets in die sak kan bring nie. Jy glo omdat jy aangespreek, aangeraak, verwonderd voel oor die God wat oorvloedig genadig teenoor ons is. Dit maak ’n roekeloosheid in jou wakker sodat jy gee en gee totdat jy jou alles gegee het.

Page 20: New Uitnodiging na Groot Lydensweek: ’n Geloofsreis soos nog nooit!” · 2020. 4. 3. · Die nadenke oor die betekenis van Jesus se lyding en dood vir jouself, lei tot dankbaarheid

-20-

Ons dissipelskap hang nie in die eerste plek van ons eie pogings af nie. Dissipelskap, soos ons dit by Maria sien, is ’n vanselfsprekende reaksie op die liefde en oorgawe van Jesus. Sy kosbare liefde vir ons maak dit moontlik om onsself vir Hom te gee. Om die lig vir die wêreld te wees, is om God se liefde vir die wêreld te wys. Dit is om die lig van Sy liefde uit jou lewe te laat skyn om die donkerte in ander se lewe te verlig of om die reeds verligte dele van iemand se lewe, nog helderder te maak sodat die God kleure nog skerper sal uitstaan. Laat ons Hom daarvoor prys! Geleentheid vir stilgebed…

Page 21: New Uitnodiging na Groot Lydensweek: ’n Geloofsreis soos nog nooit!” · 2020. 4. 3. · Die nadenke oor die betekenis van Jesus se lyding en dood vir jouself, lei tot dankbaarheid

-21-

Die Pylvak Stasie 9: Doodsbenoud.

Ons is hier besig met Jesus se “suksesverhaal” wanneer daar na die opwekking van Lasarus ’n groot toeloop na Hom toe plaasvind. Die nuus dat Jesus op pad is Jerusalem toe versprei soos ’n veldbrand en ’n skare gaan Hom tegemoet om Hom in Jerusalem te begelei.

Sommige is geïnteresseerd in die gebeure rondom die wonders;

Ander om te sien wat in die konflik met die Fariseërs gaan gebeur;

’n Groot deel van die skare haal Ou Testamentiese gedeeltes aan om Hom as die Koning van Israel te verwelkom en wuif Hom met palmtakke die stad binne, terwyl Hy op ’n donkie ry in vervulling van die profesie (Sagaria 9: 9).

Jesus kom triomfantelik in Jerusalem aan waarna die Fariseërs opmerk: “Kyk, die hele wêreld gaan agter hom aan!” En die Fariseërs is net nog meer oortuig dat hulle Hom uit die weg moet ruim.

Die dissipels is egter verward oor al dié dinge - onthou hulle was nie lus om te kom nie, omdat hulle die konflik met die Joodse Raad gevrees het.

Johannes 12: 20-36 20Daar was ook ’n aantal Grieke onder die mense wat fees toe gekom het om te aanbid. 21Hulle het na Filippus, wat van Betsaida in Galilea afkomstig was, gegaan en vir hom gevra: “Meneer, ons wil Jesus graag ontmoet.”

22Filippus het gegaan en dit vir Andreas vertel. Andreas en Filippus gaan toe en sê dit vir Jesus. 23Daarop sê Jesus vir hulle: “Die tyd het gekom dat die Seun van die mens verheerlik moet word. 24Dít verseker Ek julle: As ’n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy ’n groot oes in. 25Wie sy lewe bo My liefhet, verloor dit; en wie sy lewe in hierdie wêreld nie bo My liefhet nie, sal dit vir die ewige lewe behou. 26As iemand My wil dien, moet hy My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees. As iemand My dien, sal die Vader hom eer. 27Nou is Ek diep ontsteld. En wat moet Ek sê? Moet Ek sê: Vader, red My uit hierdie uur? Maar juis hiervoor het Ek gekom, vir hierdie uur. 28Vader, verheerlik U Naam!” Toe het daar ’n stem uit die hemel gekom: “Ek het my Naam verheerlik, en Ek sal dit weer verheerlik.”

29Die mense wat daar gestaan en dit gehoor het, het gesê dat daar ’n donderslag was. Ander het gesê: “’n Engel het met hom gepraat.”

30Toe sê Jesus: “Hierdie stem het nie om my ontwil gekom nie, maar om julle ontwil. 31Nou kom die oordeel oor hierdie wêreld; nou sal die owerste van hierdie wêreld uitgegooi word buitentoe. 32En as Ek van die aarde af verhoog is, sal Ek almal na My toe trek.” 33Dit het Hy gesê en daarmee ook aangedui op watter manier Hy sou sterwe.

Page 22: New Uitnodiging na Groot Lydensweek: ’n Geloofsreis soos nog nooit!” · 2020. 4. 3. · Die nadenke oor die betekenis van Jesus se lyding en dood vir jouself, lei tot dankbaarheid

-22-

34Die mense sê toe vir Hom: “Ons het uit die Skrif geleer dat die Christus vir ewig gaan bly. Hoe sê U nou dat die Seun van die mens verhoog moet word? En hierdie Seun van die mens, wie is hy?”

35Toe sê Jesus vir hulle: “Nog net ’n kort tydjie is die lig by julle. Lewe in die lig terwyl julle dit het sodat die duisternis julle nie oorval nie. Wie in die duisternis lewe, weet nie waar hy gaan uitkom nie. 36Terwyl julle die lig het, moet julle in die lig glo, sodat julle mense van die lig kan wees.”

Dit het Jesus gesê en daarna van hulle af weggegaan en Hom skuil gehou.

Wie kies om Jesus te volg, moet weet dat dit ’n prys gaan verg. Dit is egter ’n prys met ’n belofte. Wat jy ook al opoffer om Jesus bo alles lief te hê en te dien, sal vrug oplewer. Op die pad van dissipelskap volg ons ’n Here wat weet wat dit beteken om tot die uiterste toe beproef te word. Sy eie gehoorsaamheid aan God het Hom diep ontsteld gelaat. Daarom verstaan Hy ook die waardeur ons moet gaan met die maak van keuses. Gebed Paulus bid in Efesiërs 1: Ek bid dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie die heerlikheid behoort, deur sy Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik kan ken. 18Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, 19en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Amen.

Page 23: New Uitnodiging na Groot Lydensweek: ’n Geloofsreis soos nog nooit!” · 2020. 4. 3. · Die nadenke oor die betekenis van Jesus se lyding en dood vir jouself, lei tot dankbaarheid

-23-

Die Pylvak Stasie 10: Verraai of verloën?

Verraad is nie ’n gemaklike tema om oor te praat nie, nie in ons menslike verhoudings nie en bowenal nie in ons verhouding tot God nie. Johannes 13: 21-30 21Na hierdie woorde het Jesus hewig ontsteld geword en openlik verklaar: “Dit verseker Ek julle: Een van julle sal My verraai.”

22Die dissipels het verslae na mekaar gekyk en nie geweet wie Hy bedoel nie. 23Die dissipel vir wie Jesus baie lief was, het net langs Hom aan tafel gesit. 24Simon Petrus beduie toe vir hom dat hy moet vra wie dit is wat Jesus bedoel. 25Hy leun toe oor na Jesus se kant en vra vir Hom: “Here, wie is dit?”

26Jesus het geantwoord: “Dit is die een vir wie Ek ’n stukkie brood wat Ek in die sous ingesteek het, sal gee.”

Hy vat toe ’n stukkie brood, steek dit in die sous en gee dit vir Judas seun van Simon Iskariot. 27En nadat Judas die stukkie brood gevat het, het die Satan in hom ingevaar. Toe sê Jesus vir hom: “Wat jy wil doen, moet jy baie gou doen!”

28Niemand van die ander wat aan tafel was, het geweet waarom Hy dit vir hom gesê het nie. 29Omdat Judas die beursie gehad het, het party van hulle gedink dat Jesus vir hom sê: “Gaan koop wat ons vir die Paasfees nodig het,” of dat hy iets vir die armes moes gaan gee.

30Nadat Judas dan die stukkie brood gevat het, het hy dadelik uitgegaan. Dit was nag.

Maarten Luther het gesê dat ’n mens se god dit is waaraan jy jou hart hang. In die lig van die teks wat vertel dat Judas se hart aan iets anders gehang het as aan Christus, besin oor die vraag: Waaraan hang jou hart? Wat is dit waaraan jy getrou is of wat jou lojaliteit volledig besit? As ons eerlik moet wees, hang ons hart dikwels aan ander goed as aan God. Gebed Here, help my om getrou te bly aan U maak nie saak wat rondom my aangaan nie. Help my om te verstaan wat U wil laat gebeur in my lewe. Amen.

Page 24: New Uitnodiging na Groot Lydensweek: ’n Geloofsreis soos nog nooit!” · 2020. 4. 3. · Die nadenke oor die betekenis van Jesus se lyding en dood vir jouself, lei tot dankbaarheid

-24-

Die Pylvak Stasie 11: Om self die voorskoot aan te trek…

Wie aansit by ’n maaltyd moet deeglik bewus wees van die etiket van die maal waaraan hy of sy deel het. Soos met enige maal word die etiket van die Nagmaal deur die gedrag van die Gasheer, die konvensies van die tipe maal wat dit is, en die tafelgenote bepaal.

Johannes 13: 1-17, 31-35

Voor die viering van die Paasfees het Jesus reeds geweet dat die tyd vir Hom gekom het om van hierdie wêreld af na die Vader oor te gaan. Hy het sy eie mense wat in die wêreld is, liefgehad, Hy het hulle tot die uiterste toe liefgehad.

2Jesus en sy dissipels was aan tafel. Die duiwel het toe al klaar vir Judas seun van Simon Iskariot op die gedagte gebring om Jesus te verraai. 3Jesus het geweet dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van God gekom het en na God teruggaan. 4Toe het Hy van die tafel af opgestaan, sy bokleed uitgetrek en ’n handdoek gevat en om Hom vasgemaak. 5Daarna het Hy water in ’n wasskottel gegooi en begin om sy dissipels se voete te was en dit dan af te droog met die handdoek wat Hy omgehad het.

6Toe Hy by Simon Petrus kom, vra dié vir Hom: “Here, gaan Ú mý voete was?” 7En Jesus antwoord hom: “Wat Ek doen, begryp jy nie noú nie, maar later sal jy dit verstaan.”

8Maar Petrus sê vir Hom: “U sal in alle ewigheid nooit my voete was nie!” Daarop sê Jesus vir hom: “As Ek jou nie was nie, het jy nie deel aan My nie.”

9Simon Petrus sê toe vir Hom: “Here, dan nie net my voete nie, maar ook my hande en my gesig.” 10En Jesus sê vir hom: “Hy wat klaar gebad het, is heeltemal skoon; hy hoef later niks meer as sy voete te was nie. En julle is nou skoon, maar nie almal nie.” 11Jesus het geweet wie Hom sou verraai; daarom het Hy gesê: “Julle is nie almal skoon nie.”

12Toe Hy hulle voete klaar gewas en sy bokleed aangetrek het en weer aangesit het, sê Hy vir hulle: “Verstaan julle wat ek vir julle gedoen het? 13Julle noem My julle Leermeester en Here, en julle is reg, want Ek is dit. 14As Ek, wat julle Here en julle Leermeester is, dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was. 15Ek het vir julle ’n voorbeeld gestel, en soos Ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen. 16Dít verseker Ek julle: ’n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie, en ’n gesant ook nie belangriker as die een wat hom gestuur het nie. 17Julle weet dit nou; gelukkig is julle as julle dit ook doen.”

31Toe Judas uit is, sê Jesus: “Nou word die Seun van die mens verheerlik, en God word deur Hom verheerlik. 32En aangesien God deur Hom verheerlik word, sal God self Hom ook verheerlik; en Hy sal Hom binnekort verheerlik. 33My kinders, Ek is nog net ’n klein rukkie by julle. Dan sal julle My soek, en soos Ek vir die Jode gesê het, sê Ek nou vir julle ook: Waar Ek heen gaan, kan julle nie kom nie. 34Ek gee julle ’n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. 35As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.”

Page 25: New Uitnodiging na Groot Lydensweek: ’n Geloofsreis soos nog nooit!” · 2020. 4. 3. · Die nadenke oor die betekenis van Jesus se lyding en dood vir jouself, lei tot dankbaarheid

-25-

Die stowwerige paaie van Israel het veroorsaak dat mense se voete gedurig stowwerig en vuil was. Gevolglik was dit nodig dat dit gewas moes word. Jesus kom gee aan sy dissipels ’n nuwe gebod. Dié gebod is die enigste wat Jesus “nuut” noem in die Johannesevangelie. Dit is ’n nuwe gebod deurdat dit vereis dat hulle mekaar moes liefhê soos wat Hy hulle liefgehad het. Die gebod om mekaar lief te hê is as sulks nie nuut nie. Dit staan reeds in Levitikus 19: 18. Om Jesus se liefde die standaard van hulle liefde te maak was wel nuut. Die daad was simbolies van Jesus se hele lewe wat tot sy dood sou lei. Hy het gekom om te dien en nie om gedien te word nie. Dit is treffend om in verse 1, 3 en 11 te lees dat Jesus geweet het dat Hy gaan na sy Vader en dat Judas Hom sou verraai. Tog was Hy nog steeds elkeen se voete. Ons word opgeroep om soos die Gasheer die geringes van die wêreld selfopofferend te dien en te dien en te dien… Gebed Here Jesus, ek wil gehoorsaam wees aan die voorbeeld wat U vir my gegee het. Maak my bereid om te dien soos wat U gekom het en gedien het. Maak my bereid om ander lief te hê soos wat U ons liefhet. Dat ons wat party dae so oud, moeg en sonder uitsig voel, in Christus nuwe mense is, is ’n werklikheid wat ons nie kan omhels nie. Maar ons kom nou weer opnuut na U toe en bid: Help ons om te glo dat ondanks wat ons dink of voel, U woorde waar en betroubaar is. Gees van God, werk in ons sodat ons gehoorsaam aan U dit sal neerlê wat ons waardigheid as kinders van God aantas. Help ons om die nuwe mense te word wat ons reeds in Christus is - mense wat iets van God se liefde en deernis waar maak vir alle mense om ons. En gee dat dit ’n verskil sal maak in ’n samelewing waar die liefde vir ons aardse besittings en vir onsself dikwels meer is as ons liefde vir U. Amen.

Page 26: New Uitnodiging na Groot Lydensweek: ’n Geloofsreis soos nog nooit!” · 2020. 4. 3. · Die nadenke oor die betekenis van Jesus se lyding en dood vir jouself, lei tot dankbaarheid

-26-

Die Pylvak Stasie 12: Die ontnugtering van my reis: Hy het dit alles vir my gedoen.

Goeie Vrydag is die dieptepunt van Lydenstyd en die fokus van die erediens val op die kruisiging van Jesus. Ons dink aan Jesus wat aan die kruis vir die ganse mensdom gesterf het. Een van die gewildste kerkliedjies is al meer as ’n 100 jaar oud. Dit is die bekende “The old rugged cross” wat ons ken as “Daar’s ’n dierbare kruis”. Daar was egter niks dierbaar aan die kruis self nie, maar die gevolge van die kruis maak daarvan ’n dierbare kruis! In die kruis van Christus word die onvergelykbare goedheid van God voor die ganse wêreld ten toon gestel. Johannes Calvyn het gesê: Die heerlikheid van God skyn inderdaad in alle skepsels daarbo en hieronder, maar nêrens meer helder as in die kruis nie. Deur die kruis het daar ’n wonderlike verandering van dinge plaasgevind - die veroordeling van alle mense is voltrek, sonde is uitgevee, redding aan mense is herstel, in kort die ganse wêreld is vernuwe en alle dinge is herstel tot elkeen se bedoelde orde. Johannes 19: 17-21

17Jesus het self sy kruis gedra en uitgegaan na Kopbeenplek toe, soos dit genoem is, in Hebreeus Golgota. 18Daar het hulle Hom gekruisig en saam met Hom twee ander, een aan elke kant, met Jesus in die middel.

19Pilatus het ook ’n opskrif geskrywe en dit aan die kruis gesit. Daar het geskrywe gestaan: “Jesus van Nasaret, die Koning van die Jode.”20Baie van die Jode het hierdie opskrif gelees, omdat die plek waar Jesus gekruisig is, naby die stad was. Die opskrif was in Hebreeus, Latyn en Grieks. 21Die priesterhoofde van die Jode het toe vir Pilatus gesê: “Moenie skrywe: ‘Die Koning van die Jode’ nie, maar skrywe: Hy het gesê: Ek is die Koning van die Jode.”

Johannes 19: 28-31

28Hierna het Jesus, met die wete dat alles klaar volbring is en sodat die Skrif vervul kan word, gesê: “Ek is dors.”

29Daar het ’n kan vol suur wyn gestaan. Die soldate het toe ’n spons vol suur wyn op ’n hisoptakkie gesit en dit teen sy mond gehou.30Nadat Jesus die suur wyn gekry het, het Hy gesê: “Dit is volbring!”

Toe het Hy sy kop vooroor laat sak en die laaste asem uitgeblaas. 31Dit was Vrydag, en die Jode wou nie hê dat die liggame op die sabbatdag aan die kruis moes bly nie, want daardie sabbatdag was ’n groot dag.

Jesus se waardigheid en kalmte midde-in die afgryslike vyandigheid en verraad maak van die weg van smarte ’n oorwinningsmars. Die kruis word daarom ’n troon. Jesus se beroemde laaste woorde kan ons help om te juig oor die kruis van Jesus.

Page 27: New Uitnodiging na Groot Lydensweek: ’n Geloofsreis soos nog nooit!” · 2020. 4. 3. · Die nadenke oor die betekenis van Jesus se lyding en dood vir jouself, lei tot dankbaarheid

-27-

Gebed Here Jesus, vandag word ons weer in verbystering stil voor U liefde: dat U gekom het na die wêreld toe om te sterf. Ons is verbyster daaroor, Here, want dis nie soos ons is nie. Dankie dat U Uself gegee het tot in die dood. Dankie dat U ons Verlosser geword het. Ons aanbid U, Here Jesus, Koning van die kerk en van ons lewe. Wil U tog op hierdie reis opnuut Uself aan ons verbind; wil U ons asseblief deur U Heilige Gees verander dat ons soos U kan word, U kan navolg, onsself kan aflê. Word U tog meer in ons, Here Jesus, sodat dit nie meer ons sal wees wat lewe nie, maar U in ons! Seun van God wat gekom het om U lewe vir ons af te lê, hoor ons gebed! Skenk ons die visie, o Vader, om soos U na die wêreld te kyk. Om nie die wêreld te sien as ’n probleem nie, maar as mense wat U liefde en U genade nodig het, as mense wat iewers langs die pad die spoor byster geraak het, sodat U in Christus Jesus hulle weer kom soek het. Vergewe ons dat ons net dié liefhet wat vir ons liefhet, dat ons net vir hulle bid wat naby ons staan, dat ons tevrede is om met ons eie klein kringetjie gelowiges voort te gaan. O Vader wat nie behae het in die dood van die sondaar nie, maar daarin dat hy hom bekeer en kan lewe, hoor ons gebed! En nou, o Gees van God, bid ons dat U in ons sal werk, sodat Christus in ons lewe verheerlik sal word. Bly met ons besig, o Gees, totdat die dag kom waarop elke knie voor Christus sal buig en elke tong sal bely: Jesus is Here! Amen.

Page 28: New Uitnodiging na Groot Lydensweek: ’n Geloofsreis soos nog nooit!” · 2020. 4. 3. · Die nadenke oor die betekenis van Jesus se lyding en dood vir jouself, lei tot dankbaarheid

-28-

Die Pylvak Stasie 13: Grafstil…

Die gebruik was om gekruisigdes se bene te breek om die dood te verhaas. Anders kon gekruisigdes vir ’n paar dae lank so lank as moontlik probeer regop staan om die dreigende dood as hulle aan hulle arms sou hang, te vermy. Vir Jesus was dit egter nie nodig nie, omdat Hy Homself aan die kruisdood oorgegee het en reeds dood was. Johannes 19: 38-42 38Hierna het Josef van Arimatea, wat ’n dissipel van Jesus was maar in die geheim, omdat hy vir die Jode bang was, vir Pilatus gevra of hy die liggaam van Jesus mag neem. Pilatus het sy toestemming gegee. Josef het toe gegaan en sy liggaam weggeneem. 39Nikodemus, wat ’n keer in die nag na Jesus toe gekom het, het ook gekom en ’n mengsel van omtrent vyftig liter mirre en aalwyn gebring. 40Hulle het die liggaam van Jesus geneem en dit met die geurolie behandel en in doeke toegedraai, soos dit die gebruik van die Jode was om iemand vir die begrafnis uit te lê. 41By die plek waar Jesus gekruisig is, was daar ’n tuin en in die tuin ’n nuwe graf waarin daar nog niemand begrawe was nie. 42Daar het hulle Jesus begrawe, omdat die sabbatdag vir die Jode al amper aangebreek het en die graf daar naby was.

Josef van Arimatea en Nikodemus, die twee geheime dissipels, vra vir Jesus se liggaam en begrawe Hom in ’n tuin naby aan Golgota teen die aand. Ons het baie voorbeelde van helde wat volhard het met hulle opdragte of enduit volgehou het met ’n spesifieke lewenstaak. Maar daar is niemand wat meer gedoen het as Jesus nie, veral as ’n mens die blote vernedering van menswees vir God, en die afgryslike vernedering van ’n onskuldige kruisdood in ag neem. En dat Hy graf toe gegaan het vir my! Gebed Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde. En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here; wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria; wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het; wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode; wat opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader, van waar Hy sal kom om te oordeel dié wat nog lewe en dié wat reeds gesterf het. Ek glo in die Heilige Gees. Ek glo aan ’n heilige, algemene, Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges; die vergewing van sondes; die opstanding van die vlees en ’n ewige lewe. Amen.

Page 29: New Uitnodiging na Groot Lydensweek: ’n Geloofsreis soos nog nooit!” · 2020. 4. 3. · Die nadenke oor die betekenis van Jesus se lyding en dood vir jouself, lei tot dankbaarheid

-29-

Oorwinning Stasie 14: Die eindpunt is toe ’n ondenkbare begin!

Daar was ’n tyd in die verlede toe dit net te veel was vir mense om te glo toe Jesus gesê het Hy gaan uit die dood uit opstaan. Mense kon dit bloot net nie verstaan nie. Dis onmoontlik, niemand het dit al reggekry nie en dit het nog nooit gebeur nie. Toe dit wel gebeur het mense verslae gestaan en nie geweet wat om daarvan te maak nie. Jesus het dit gedoen! Ons hoef dus nie meer bang te wees vir die dood nie. A.g.v. Paassondag oggend is lewe na die dood ook nou moontlik! In die leefwêreld van vandag word Kersfees en Paasfees op ’n manier saam met die kerk gevier aangesien dit openbarevakansiedae is, maar dit waaroor dit eintlik gaan, die opstanding van Jesus, is ’n fees wat net die kerk vier. Vir eeue is die geloof in die opstanding van Jesus ’n skeiding tussen die wat glo en die wat nie glo nie, tussen die kerk en die wêreld. Indien die opstanding nie waar is nie, is daar geen bestaansrede vir die kerk nie. Johannes 20: 1-18 1Die Sondagmôre vroeg, toe dit nog donker was, kom Maria Magdalena by die graf en sien dat die klip van die graf af weggerol is. 2Sy hardloop toe en gaan na Simon Petrus en na die ander dissipel toe vir wie Jesus baie lief was, en sê vir hulle: “Hulle het die Here uit die graf weggevat, en ons weet nie waar hulle Hom nou begrawe het nie.” 3Petrus en die ander dissipel het toe uitgekom en na die graf toe gegaan. 4Die twee het saam begin hardloop, maar die ander dissipel het vinniger as Petrus gehardloop en eerste by die graf gekom. 5Toe hy vooroor buk, sien hy die doeke lê, maar hy het nie ingegaan nie. 6Ná hom het Simon Petrus ook daar aangekom, en hy het in die graf ingegaan. Hy sien toe die doeke daar lê, 7ook die doek wat om Jesus se kop was. Dié doek het nie by die ander doeke gelê nie, maar was eenkant afsonderlik opgerol. 8Daarna het die ander dissipel, wat eerste by die graf gekom het, ook ingegaan, en hy het dit ook gesien en geglo. 9Hulle het nog nie die Skrif verstaan dat Jesus uit die dood moet opstaan nie. 10Daarna het die dissipels weer huis toe gegaan. 11Maar Maria het buite by die graf bly staan en huil. Terwyl sy huil, het sy vooroor gebuk om in die graf in te kyk. 12Toe sien sy twee engele met wit klere aan daar sit waar die liggaam van Jesus gelê het, een waar die kop en een waar die voete was. 13Hulle vra toe vir haar: “Mevrou, waarom huil jy?”

Page 30: New Uitnodiging na Groot Lydensweek: ’n Geloofsreis soos nog nooit!” · 2020. 4. 3. · Die nadenke oor die betekenis van Jesus se lyding en dood vir jouself, lei tot dankbaarheid

-30-

Sy antwoord hulle: “Omdat hulle my Here weggevat het en ek nie weet waar hulle Hom nou begrawe het nie.” 14Nadat sy dit gesê het, het sy omgedraai en vir Jesus daar sien staan, maar sy het nie geweet dat dit Hy is nie. 15Jesus vra haar toe: “Mevrou, waarom huil jy? Vir wie soek jy?” Sy het gedink dit is die tuinopsigter, en sy het vir hom gesê: “Meneer, as u Hom weggevat het, sê vir my waar u Hom begrawe het, en ek sal Hom daar gaan haal.” 16Jesus het vir haar gesê: “Maria!” Sy draai na Hom toe en sê in Hebreeus vir Hom: “Rabboeni!” Dit beteken leermeester. 17Jesus sê toe vir haar: “Moet My nie vashou nie, want Ek het nog nie na die Vader toe opgevaar nie. Maar gaan na my broers toe en sê vir hulle: ‘Ek vaar op na my Vader toe, wat ook julle Vader is, na my God, wat ook julle God is.’” 18Maria Magdalena het toe vir die dissipels gaan sê: “Ek het die Here gesien!” En sy het ook vertel wat Hy vir haar gesê het.

Het jy opgemerk dat dieselfde vraag twee maal in ons teks herhaal word? Die engele vra vir Maria Magdalena: “Mevrou, waarom huil jy?” Jesus vra ook vir haar: “Mevrou, waarom huil jy?”

Haar trane maak dat sy nie Jesus voor haar herken nie! Eers as Hy haar op haar naam aanspreek herken sy Hom en word sy die eerste getuie van Jesus se opstanding! Eers dan word haar trane… trane van vreugde, dan word Paassondag ’n dag van lag en uitbundige vreugde! Die dood het nie meer die laaste sê oor ons nie… daar sal nooit weer ’n nag vir gelowiges aanbreek as gevolg van die dood nie, nee, daar sal altyd dag wees. Daarom glo ons in die lewe na die dood, waar ons saam met God sal wees - vir ewig! Ons het gesê ons glo dat Jesus uit die dood opgestaan het. Wat nou oorbly, is dat ons dit met ons lewe gaan bewys.

Page 31: New Uitnodiging na Groot Lydensweek: ’n Geloofsreis soos nog nooit!” · 2020. 4. 3. · Die nadenke oor die betekenis van Jesus se lyding en dood vir jouself, lei tot dankbaarheid

-31-

GEBED IS OOK OM SONDER WOORDE TE DOEN:

Matteus 27: 24, 25.

… Pilatus het water gevat en voor die skare sy hande gewas en gesê: “Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie man. Dit is julle verantwoordelikheid.” Toe antwoord die hele volk: “Laat die skuld vir sy bloed op ons en ons kinders rus!”

Bely jy dat Jesus Christus ook gekom het om jou sondes op hom te neem? Hier het jy twee keuses:

Kies jy die wêreld? Was dan jou hande in onskuld: los jou kruis en gaan terug na die wêreld.

Kies jy die om kruis te dra en Jesus te volg?

Gebruik dan die tekens van sy lyding.

1 Korintiërs 11: 23-26 23Ek het van die Here ontvang wat ek ook aan julle oorgelewer het: Die Here Jesus het in die nag waarin Hy oorgelewer is, brood geneem 24en, nadat Hy God daarvoor gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: “Dit is my liggaam; dit is vir júlle. Gebruik dit tot my gedagtenis.” 25Net so ook het Hy ná die maaltyd die beker geneem en gesê: “Hierdie beker is die nuwe verbond, wat deur my bloed beseël is. Gebruik dit, elke keer as julle daaruit drink, tot my gedagtenis.” 26Elke keer as julle van hierdie brood eet en uit die beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom.

Deur te eet van die brood en te drink van die wyn bely ek my eie sterwe en opstanding saam met Christus en verkondig ek Sy dood en opstanding totdat Hy weer kom. GEBED Jesus, ek het nou die weg van U kruis bewandel en oordink. Ek voel so skaam omdat ek so baie kla oor my eie lyding en omdat dit vir my so moeilik is om die Vader te gehoorsaam. Ek word soms so oorweldig deur die armoede, siekte, hongersnood, gierigheid en haat in die wêreld. Daar is soveel onskuldige mense wat so onregverdig ly. Amen.

Page 32: New Uitnodiging na Groot Lydensweek: ’n Geloofsreis soos nog nooit!” · 2020. 4. 3. · Die nadenke oor die betekenis van Jesus se lyding en dood vir jouself, lei tot dankbaarheid

-32-

Stasie 15: Joernaal, koffie en tee.

Verstaan ons altyd dat U voortgaan om U kruis te dra in die denke en liggame van elke mens?

Help my om U wil raak te sien in elke insident van my lewe.

Dit is wat U gedoen het - U het die Vader se wil gesien in die wat U vervolg het, in U vyande en U pyn.

U het die kruis omhels soos ’n begeerlike skat. Help my om raak te sien dat daar iets groots is agter elke onbegryplike stukkie lyding.

Daar is iemand wat saam met my die kruis dra. Daar is Goddelike wysheid in al die kleinlike irritasies wat my elke dag frustreer.

Here, wees my genadig om raak te sien wat U besig is om vir my te leer terwyl ek elke dag my kruis opneem,

om te sterf aan myself en aan my selfsug sodat ek U kan volg, terwyl ek al sukkelend leer om die wil van die Vader te doen.

Meditasie van Mother Angelica

Page 33: New Uitnodiging na Groot Lydensweek: ’n Geloofsreis soos nog nooit!” · 2020. 4. 3. · Die nadenke oor die betekenis van Jesus se lyding en dood vir jouself, lei tot dankbaarheid

-33-

As jy wil kan jy ’n paar aantekeninge oor jou ervaring tydens die reis in die Joernaal neerskryf.

Wat is die een gedagte waarmee jy hierdie reis saam met Jesus,

die Gekruisigde kan saamvat.

Jesus, ek gaan U oorwinning leef, deur: