12
Directorate: Curriculum FET VAK EN GRAAD Lewenswetenskappe Graad 11 KWARTAAL 2 Kwartaal 2 (Week 1,2 en 3) ONDERWERP Fotosintese DOEL VAN LES Aan die einde van die les behoort jy in staat te wees om: Basiese terminologie soos: fotosintese, ligfase, donkerfase ens te kan definieer. Die proses van fotosintese te ken deur woorde en simbole te gebruik Die belangrikheid van fotosintese te ken Die effek van lig, koolstofdioksied en temperatuur op die tempo van fotosintese te ken Die rol van koolstofdioksied-verryking, optimum lig en temperatuur in kweekhuisstelsels om oeste te verbeter te ken Die rol van ATP as energiedraer in die sel te ken Verskeie eksperimente oor fotosintese te kan interpreteer BRONNE Papier- gebaseerde bronne Verwys na die volgende afdelings oor ‘Fotosintese’ in jou handboek: Oorsig van fotosintese Beskrywing van die proses van fotosintese Belangrikheid van fotosintese Faktore wat die tempo van fotosintese beinvloed Verbeterde oesopbrengste Eksperimente oor fotosintese INLEIDING Hersien die gedeeltes oor selstruktuur, plantweefsel en die blaar as orgaan vanaf Graad 10. KONSEPTE EN VAARDIGHEDE Hieronder is ‘n lys van definisies van sommige van die terme wat jy in hierdie afdeling sal bestudeer. Gebruik jou handboek en onderstreep al die nuwe

news.hselspark.co.za€¦  · Web viewsintese ’ beteken om te produseer. Fotosintese . is die proses waardeur . chlorofil, binne die choroplaste van groen plante ... vanuit die

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Directorate: Curriculum FET

VAK EN GRAAD Lewenswetenskappe Graad 11KWARTAAL 2 Kwartaal 2 (Week 1,2 en 3) ONDERWERP FotosinteseDOEL VAN LES Aan die einde van die les behoort jy in staat te wees om:

Basiese terminologie soos: fotosintese, ligfase, donkerfase ens te kan definieer. Die proses van fotosintese te ken deur woorde en simbole te gebruik Die belangrikheid van fotosintese te ken Die effek van lig, koolstofdioksied en temperatuur op die tempo van fotosintese te ken Die rol van koolstofdioksied-verryking, optimum lig en temperatuur in kweekhuisstelsels om oeste te verbeter te

ken Die rol van ATP as energiedraer in die sel te ken Verskeie eksperimente oor fotosintese te kan interpreteer

BRONNE Papier- gebaseerde bronne

Verwys na die volgende afdelings oor ‘Fotosintese’ in jou handboek: Oorsig van fotosintese Beskrywing van die proses van fotosintese Belangrikheid van fotosintese Faktore wat die tempo van fotosintese beinvloed Verbeterde oesopbrengste Eksperimente oor fotosintese

INLEIDING Hersien die gedeeltes oor selstruktuur, plantweefsel en die blaar as orgaan vanaf Graad 10.

KONSEPTE EN VAARDIGHEDE

Hieronder is ‘n lys van definisies van sommige van die terme wat jy in hierdie afdeling sal bestudeer. Gebruik jou handboek en onderstreep al die nuwe terme/woorde wat jy in hierdie afdeling oor fotosintese sal bestudeer. Gebruik die woordelys in jou handboek om die volgende terme/woorde te definieer. (Let Wel: Ten minste 2 punte word toegeken as jy ‘n term korrek kan definieer tydens ‘n toets of eksamen).

Chlorofil– Die groen pigment in blare wat lig vasvang.Chloroplast – ‘n chlorofilbevattende organel in die sitoplasma van ‘n plantsel waarin fotosintese plaasvindFotolise– Die opsplitsing van watermolekules in waterstof en suurstof, tydens fotosintese

Directorate: Curriculum FET

Ligfase – ligafhanklike fase van fotosintese wat plaasvind binne in die grana van die chloroplastDonkerfase – Ligonafkanklike fase van fotosintese wat plaasvind in die stroma van die chloroplastStroma – vloeistofagtige deel van chloroplaste waarin die donkerfase van fotosintese plaasvind ATP –energiedraer in selle wat chemiese energie dra na die donkerfase van fotosintese

FOTOSINTESE Onthou: ‘Foto’ beteken lig en ‘sintese’ beteken om te produseer. Fotosintese is die proses waardeur chlorofil, binne die choroplaste van groen plante, stralingsenergie van die son

absorbeer, koolstofdioksied uit die atmosfeer en water vanuit die grond absorbeer om koolhidrate (bv. glukose) te produseer, wat in plante gestoor word as stysel. Suurstof word vrygestel aan die atmosfeer tydens die proses. Ensieme in die sel word ook benodig tydens die proses. (Jy het in graad 10 van ensieme geleer). Oortollige glukose word as stysel in die plant geberg.

Die proses van fotosintese kan deur die volgende vergelyking voorgestel word: chlorofilKoolstofdioksied (CO2) + water (H2O) + stralingsenergie glukose + suurstof(O2) ensieme

Fotosintese vind plaas in die chloroplaste van plantselle. (Onthou jy het die struktuur van ‘n chloroplast in graad

10 bestudeer).STRUKTUUR VAN ‘N CHLOROPLAST

Directorate: Curriculum FET

Aktiwiteit 1:

Gebruik die vloeidiagram hieronder en jou notas in jou handboek om die ligfase en donkerfase van fotosintese te beskryf.

Belangrikheid van fotosintese:

Fotosintese hou die suurstof konsentrasie in die atmosfeer en water konstant. Suurstof word benodig deur lewende organismes vir sellulêre respirasie. (Gebruik jou handboek en lees die afdeling oor sellulêre respirasie deur).

Fotosintese hou die vlak van koolstofdioksied in die atmosfeer en water konstant. Koolstofdioksied word tydens sellulêre respirasie deur organismes vrygestel.

Fotosintese voorsien voedsel vir heterotrofiese organismes. (Wat is heterotrofiese organismes?)

Directorate: Curriculum FET

ATP as energiedraer in selle:

Wanneer ‘n sel energie benodig, word ATP afgebreek en die energie word vrygetsel. Selle gebruik die energie om belangrike molekules soos proteïene, vette ens. te produseer.

Spierselle het energie, wat deur ATP voorsien word, nodig om saam te trek. Energie, voorsien deur ATP, word benodig om stowwe aktief oor membrane te vervoer.

Faktore wat die tempo van fotosintese beïnvloed:

Aktiwiteit 2:

Gebruik jou handboek en die grafiek hieronder om die effek van ligintensiteit op die tempo van fotosintese te beskryf.

Directorate: Curriculum FET

Gebruik jou handboek en die grafiek hieronder om die effek van koolstofdioksied op die tempo van fotosintese te beskryf.

Directorate: Curriculum FET

Gebruik jou handboek en die grafiek hieronder om die effek van temperatuur op die tempo van fotosintese te beskryf.

Rol van optimum lig, temperatuur en koolstofdioksied in ‘n kweekhuis om oesopbrengs te verbeter:

‘n Kweekhuis is ‘n struktuur met ‘n glas of plastiekdak, wat boere gebruik om plante te kweek soos bv. tamaties. Hitte word vasgevang in ‘n kweekhuis. Die doel van die kweekhuis is om optimale toestande te voorsien, soos lig, temperatuur en koolstofdioksied, vir maksimum groei van plante.

Optimum ligintensiteit en temperatuur vermeerder die tempo van fotosintese en stimuleer die groei van plante. Koolstofdioksiedvlakke in die kweekhuis neem af, as gevolg van fotosintese. Koolstofdioksied gasse kan in ‘n kweekhuis gepomp word om die tempo van fotosintese te laat toeneem.

Aktiwiteit 3:

Directorate: Curriculum FET

Bestudeer die eksperimente oor fotosintese in jou handboek. Werk ook deur enige aktiwiteite oor fotosintese eksperimente in jou handboek.

Vraag 1:Bestudeer die apparaat hieronder wat gebruik was in ‘n ondersoek om die faktore wat benodig word vir fotosintese te bepaal. Groen blare was gebruik in proefbuise A tot C, terwyl ‘n bont blaar gebruik was in proefbuis D..

1.1 Wat is die doel van die volgende eksperimente?(a) B(b) C1.2 Gee die funksie van die natriumhidroksied in eksperiment B.1.3 Dui die kleurveranderinge aan wat waargeneem sal word indien jodiumoplossing op die blare gegooi word aan die einde van die eksperiment, in die volgende proefbuise:(a) A(b) DVraag 2:

Directorate: Curriculum FET

Bestudeer die volgende diagramme (A en B) wat ‘n ondersoek voorstel en beantwoord die vrae wat volg.

2.1 Noem die doel van die eksperiment.2.2 Gee EEN rede vir die elk van die volgende stappe tydens die ondersoek:(a) Aan die begin van die eksperiment was die plant vir 48 uur in ‘n donker kas geplaas. (b) Die blaar is gekook in water. (c) Die blaar is gekook in alkohol of spiritus.

2.3 Teken ‘n diagram om die blaar in stadium B te toon aan die einde van die ondersoek, nadat dit met jodiumoplossing behandel was en kleur die gedeeltes in wat positief getoets het.

Algemene foute wat deur leerders gemaak word in eksamens: Leerders nie bekend met basiese terminologie. Leerders verstaan nie die instruksie werkwoorde in vrae nie bv. die verskil tussen beskryf en verduidelik. Leerders nie in staat om die korrekte byskrifte te verskaf by tekeninge/illustrasies nie. Leerders nie in staat om vrae te beantwoord oor eksperiment in fotosintese Leerders nie in staat om vrae te beantwoord oor wetenskaplike ondersoeke bv. identifisering van veranderlikes,

skryf van afleidings ens.AKTIWITEITE & Voltooi die aktiwiteite/vrae oor fotosintese in jou handboek.

Directorate: Curriculum FET

ASSESERING Klik op die skakel hieronder en voltooi die uitgebreide aktiwiteite oor fotosintese. https://drive.google.com/file/d/1K2snqGg04YT7ohb3HzTtk6MnLmsZ3R_H/view?usp=sharing

KONSOLIDASIE Definieer alle terminologie relevant tot die onderwerp van fotosintese wat in die les gedek word. Werk deur aktiwiteite/ vrae in jou handboek oor die afdeling van fotosintese.

Let wel: Die kennis en vaardighede wat jy in hierdie afdeling verkry het sal jou help om die volgende afdelings wat jy nog moet bestudeer beter te kan verstaan:

Sellulêre respirasie Menslike Impak op die omgewing

WAARDES Deur fotosintese te bestudeer en te leer sal jy ‘n dieper waardering ontwikkel vir die belangrikheid van bewaring van alle organismes, aangesien die mens en diere afhanklik is van plante vir oorlewing.

Plante voorsien die voedsel wat ons eet, die klere wat ons dra, sowel as die aktiewe bestanddele vir ons medisynes.

Lewende plante is ook noodsaaklik vir die gesonde funksionering van ons biosfeer – die lewende gedeelte waar mense leef. Oortollige koolstofdioksied bou daagliks in ons atmosfeer op, wat bydra tot klimaatsveranderinge.

Plante absorbeer die oortollige koolstofdioksied en stel suurstof vry in die atmosfeer.