10
1 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum Die Kandelaar – 10 November 2019 Telefoon en faks: 051 522 2547Finansies 051 522 8119 Bankbesonderhede: NG Kerk Universitas-Wes Nedbank Reknr. 1187847283 Takkode: 198765 E-pos: [email protected] WEBADRES: www.rooikerk.co.za / nguniversitaswes Kantoorure: Maandag, Dinsdag, Donderdag , Vrydag: 08:00 tot 13:00 Woensdag: 08:00 tot 10:00 en 12:00 tot 13:00 Sondae: Net ná die erediens tot 10:30 of tot die laaste persoon gehelp is. Leraar: Hannes du Plessis 062 127 5300 / Frans Oosthuizen 082 859 2092 ROOIKERK-EREDIENSTE – Biddag vir Reën Sondagoggend Ons bid spesiaal vir die boere in ons land en die droogte 09:00 Hannes Teks: Ps 78:1-8 Tema: Die geheue van ‘n vis 09:00 Baba-, Peuter- en Kinderkerk 10:15 Junior- en Seniorjeug-Omgeegroepe Sondagaand 18:00 Hannes Teks: Mal 3:13-15 Tema: Waarom reën dit nie? Deurkollekte: Fonds vir Bearbeiding van Gevangenis Volgende Sondag

nguniversitaswes Kantoorure: Woensdag Sondae: Hannes du ...rooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/11/... · Hannes & Rolyn, die Jansen van Rensburgs asook die koster. Vir n beter

  • Upload
    others

  • View
    10

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: nguniversitaswes Kantoorure: Woensdag Sondae: Hannes du ...rooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/11/... · Hannes & Rolyn, die Jansen van Rensburgs asook die koster. Vir n beter

1 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Die

Kan

del

aar

– 1

0 N

ove

mb

er 2

01

9

Telefoon en faks: 051 522 2547Finansies 051 522 8119

Bankbesonderhede: NG Kerk Universitas-Wes Nedbank Reknr. 1187847283 Takkode: 198765

E-pos: [email protected]

WEBADRES: www.rooikerk.co.za / nguniversitaswes Kantoorure:

Maandag, Dinsdag, Donderdag , Vrydag: 08:00 tot 13:00 Woensdag: 08:00 tot 10:00 en 12:00 tot 13:00

Sondae: Net ná die erediens tot 10:30 of tot die laaste persoon gehelp is.

Leraar: Hannes du Plessis 062 127 5300 /

Frans Oosthuizen 082 859 2092

ROOIKERK-EREDIENSTE – Biddag vir Reën

Sondagoggend

Ons bid spesiaal vir die boere in ons land en die droogte

09:00 Hannes

Teks: Ps 78:1-8

Tema: Die geheue van ‘n vis

09:00 Baba-, Peuter- en Kinderkerk

10:15 Junior- en Seniorjeug-Omgeegroepe

Sondagaand

18:00 Hannes

Teks: Mal 3:13-15

Tema: Waarom reën dit nie?

Deurkollekte: Fonds vir Bearbeiding van Gevangenis

Volgende Sondag

Page 2: nguniversitaswes Kantoorure: Woensdag Sondae: Hannes du ...rooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/11/... · Hannes & Rolyn, die Jansen van Rensburgs asook die koster. Vir n beter

2 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

VERJAARDAE Baie geluk aan elkeen wat vandag of in die volgende week verjaar.

10 Nov Danie Botha Marna Luwes Jan Olivier Tiaan Pienaar 11 Nov Narette Botha Kayla Lötter Dries van Eden Emil van Zyl 12 Nov Theuns Kruger Beatrice Olivier 13 Nov Estelle du Rand 14 Nov Willie Botha Aletta Kellerman Henk Steyn 15 Nov Jeffrey Dowd Marlize Pretorius Elreza Vorster 16 Nov Marelize Visser 17 Nov Hanna-Mari de Kock Jano J van Rensburg Deoné Niemann Pieter Pretorius Elize Scholtz Amoré van Wyk

LIEF EN LEED

Connie Bruwer sterk tuis aan.

Ernst Reblin, ons koster, sterk steeds aan, maar is terug op sy pos. Ons is baie dankbaar.

Nicolene de Bruyn se niggie, Ria Steenkamp, is reeds ‘n geruime tyd baie ernstig siek in Rosepark-Hospitaal.

Ons bid vir elkeen wat siek is ʼn spoedige herstel toe en dat jy tydens jou siekwees, sterker sal word en gou weer al jou energie sal terugkry.

WELKOM

Besoekers en nuwe lidmate kom ontmoet die Nuwelidmatespan ná die erediens by

die Inligtingstoonbank.

Indien daar leë saailingbakkies iewers rondlê, sal Ernst

baie bly wees as jul dit vir hom sal skenk. Hy wil saailinge vir

die kerktuin kweek.

Page 3: nguniversitaswes Kantoorure: Woensdag Sondae: Hannes du ...rooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/11/... · Hannes & Rolyn, die Jansen van Rensburgs asook die koster. Vir n beter

3 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

FINANSIëLE STAND VAN DIE GEMEENTE (STRIATA INGESLUIT) VIR DIE TYDPERK: 1 MAART 2019 - 31 OKTOBER 2019

Begroot vir

die jaar Begroot tot op datum

Werklik tot op datum

Verskil tot op datum

INKOMSTE -2,894,028.73 -1,972,726.76 -1,796,827.86 -175,898.90

Min: UITGAWES 2,894,028.73 1,925,562.24 1,666,681.22 258,881.02

* Bedryfsuitgawes 920,602.70 613,735.14 478,912.29 134,822.85

* Gemeentevisie/ Sending- en uitrei-kaksies

425,630.00 286,386.67 189,537.64 96,849.03

* Salarisse en lone 1,547,796.03 1,025,440.43 998,231.29 27,209.14

Surplus 0.00 47,164.52 130,146.64

September, Oktober en November se spesiale koevertinsameling gaan vir TIENDEMAAND-DANKOFFERS vir ons drie gestuurde uitdagings.

Page 4: nguniversitaswes Kantoorure: Woensdag Sondae: Hannes du ...rooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/11/... · Hannes & Rolyn, die Jansen van Rensburgs asook die koster. Vir n beter

4 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

NUWE BANKBESONDERHEDE

Rekeningnaam: NG KERK UNIVERSITAS WES Bank: NEDBANK Rekeningnr: 1187847283 Takkode: 198765 Maak asb seker u gebruik die nuwe bankbesonderhede vir enige inbetalings

KLEUTERKERK

Ons kleutermaatjies (ouderdom 2 tot 5 jaar),

word uitgenooi om saam te kom kuier by ons

eie Kleuterkerk. Sodra die kindermoment in die

Erediens afgehandel is, kan die kleuters saam met Marietjie Daffue

uitbeweeg.

VERSORG DIE VERSORGER

Soms gebeur dit dat daar binne gesinsverband ‘n situasie ontwikkel waar ‘n gesinslid of –lede die versorging van ‘n familielid moet “oorneem” weens siekte of skielike verandering in iemand se fisiese onafhanklikheid, bv na ‘n ongeluk, beroerte, ens. Dit is dus persone wat nie noodwendig mediese of nasorg-opleiding het nie. Hierdie kan ‘n uiters vermoeiende en emosioneel tappende proses wees. Iemand wat dit persoonlik ervaar het en voel dat die Here dit op sy hart gedruk het om hierdie versorgers by te staan, is Jannie Gunter. Hy nooi nou ander wat hierdie rolle vervul uit om hom te skakel indien hul ‘n behoefte het aan iemand wat verstaan en kan ondersteun.

Jannie se kontaknr : 083 395 2125

Kerktuin

Ons wil so graag fase een van die kerktuin voltooi.

Ons kort egter iemand wat vir ons die swyswerk kan doen

van ons kruise. As jy oor die nodige vaardighede beskik en kans sien

om te kom help, kontak asb die kerkkantoor of 0836098007.

Gebedsbediening

“Dankie dat U ook na my geroep het en dankie dat ek u roepstem vanaf die kruis

gehoor het.” Johan Smit

Hilda Human 083 732 1025

Page 5: nguniversitaswes Kantoorure: Woensdag Sondae: Hannes du ...rooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/11/... · Hannes & Rolyn, die Jansen van Rensburgs asook die koster. Vir n beter

5 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

ʼn PAAR GEDAGTES RONDOM GEBEDSBEDIENING

Elke eerste Dinsdag van die maand word ‘n gebedsbyeenkoms gehou om 18:00 by Striata H41. Hier word ons versterk en geseën deur God en mekaar.

Gebedsversoeke word ontvang en aan ongeveer 62 lede deurgegee. Soms word vertroulike gebedsversoeke ontvang en dit word so hanteer.

‘n Voorreg om weekliks in Die Kandelaar gedagtes wat ek hier en daar optel, te deel. Beplanning is tans besig om die Gebedskamer te skuif. Indien jy van hulp kan wees, ook met idees, kontak my asb. (Hilda Human 083 732 1025)

GEBED: Dat ons ‘n biddende gemeente sal wees.

ROOIKERKHUIS HERWINNINGSPROJEK

Die Rooikerkhuis doen nog steeds herwinning. Ons het egter ‘n paar probleme. Eerstens sukkel ons om iemand te kry om vir ons die herwinning te vervoer na die besighede wat die herwinning aankoop. Tweedens het die pryse baie afgeneem, veral van karton. Om die projek vir ons lewensvatbaar te hou moet ons afskaal op wat ons herwin. Ons gaan in die vervolg die volgende kan ontvang:

1.Papier (wit papier sowel as tydskrifte en koerante) 2.Plastiek Ons kan ongelukkig nie meer karton of glas ontvang nie. Baie dankie vir elkeen wat ons nog altyd getrou ondersteun het in die herwinning projek. Dit is skoolboekeuitgooityd, onthou asb veral witpaier is vir ons ‘n goeie inkomste.

ROOIKERKHUIS SE BAKPROJEK

Die Rooikerkhuis se mense bak weer heerlike kleinkoekies vir die Kersseisoen. Daar is die volgende verpakkings beskikbaar: 1 kg teen R90, 500g teen R45 en

200g teen R20. Gemengde pakke sowel as enkelsoorte is beskikbaar. Die soorte sluit in

Koffiekoekies, Vlakoekies, Kondensmelkkoekies, Soentjies en Gemmerkoekies.

Die gemengde pakke sluit ook Soetkoekies en Romany Creams in.

Plaas asb bestellings by 0727639939 of Sondae na die erediens by die inligtingstoonbank.

Page 6: nguniversitaswes Kantoorure: Woensdag Sondae: Hannes du ...rooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/11/... · Hannes & Rolyn, die Jansen van Rensburgs asook die koster. Vir n beter

6 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

is so klein woordjie wat nie naastenby die omvang van

my gevoel en emosies kan omskryf vir die eerste Rooiwarm Kersmark nie.

Ek wil begin deur baie dankie te sê vir die hele markspan wat insluit stalletjie sameroepers en hul werkers, Genadedade, Rooikerkhuis, Hannes & Rolyn, die Jansen van Rensburgs asook die koster. Vir ‘n beter span met meer ‘vuur’ en visie kon ek werklik nie gevra het nie, elkeen van julle is jul gewig in goud werd. Dankie dat jul geglo het in ons markvisie en die droom ‘n realiteit gemaak het. Julle was werklik die Here se hande met hierdie mark. Vir oom Danie en sy gesin wat baie moeite gedoen het met die aanlê van ons eie 3-fase-kragpunt het ek nie woorde nie, met hierdie nuwe toevoeging gaan ons meer as R10 000 per mark spaar! Oom Grobbie vir die foto’s. Sonder my man Lourens en ma Gerty sou hierdie mark verseker nie op die been gekom het nie. Baie dankie vir ‘n LANG lys hulp, lekker lag en ondersteuning asook my ander familielede se harde werk.

Ek wil elke stalletjie en in besonder gemeentelede met stalletjies bedank. Elke stalletjie en produk het nie net gesorg vir ekstra inkomste nie, maar bygedra tot die sukses en gevoel van die mark. Elke persoon wat ons ondersteun het, skenkings gemaak het, druk van pamflette en vir ons gebid het, ons is so dankbaar vir julle.

Baie dankie aan Jeanté, Tjokkies, Louise Fourie Dansskool en Van Dyk wat ons wêreldklas vermaak GRATIS gegee het en jul Godgegewe talente met ons kom deel het, dit was voorwaar ‘n fees.

Mag ons in 2020 nog meer hande kry wat bereid is om te help om die drawerk ligter te maak en nog meer voete en beursies om ons te ondersteun.

Dit is baie moeilik om die lang lys dankies te voltooi en iemand bly altyd agter. Indien ek nie jou naam in my kort skrywe genoem het nie, vergewe my en weet dat ek elke inset waardeer. Weet egter dat God jou raaksien en saam hande klap. Alle eer vir hierdie mark gaan egter vir die Here. Die Rooiwarm Kersmark se sukses is werklik net Genade.

Rooiwarm Groete

Sally

Page 7: nguniversitaswes Kantoorure: Woensdag Sondae: Hannes du ...rooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/11/... · Hannes & Rolyn, die Jansen van Rensburgs asook die koster. Vir n beter

7 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Streek Oos- en Suidoos-Asië

Leier Koning Muhammad V Bevolking 32 042 000

Christen 9.2% Meederheidsgeloof Islam

Regering Federale Parlementêre Konstitusionele Monargie

Die Maleisiese Konstitusie definieer ‘Maleisiër’ as ʼn volgeling van Islam. Bekeerlinge tot Christenskap word dikwels dopgehou, geïntimideer en geteister. Hulle kan ook nie openlik deelneem aan kerkaktiwiteite nie. Moslems wat Islam verlaat om Jesus te volg loop die risiko om gestraf te word, geskei te word, en hul regte om te erf te verloor. Islamitiese onderrig is verpligtend vir alle skoolkinders by die staat se laerskole en kleuterskole.

Bid: Vir geheime gelowiges om saam met ander te kan ontmoet sodat hulle bemoediging kan ontvang om getrou aan Jesus te bly.

#42 Maleisië

Die seuns wil graag vir Kersfees iets terug gee aan die gemeenskap.

Oupa en Ouma Geskenkpakkies

Daarom vra ons hulp in die vorm van:

Lyfroom wat beide mans en vrouens kan gebruik, sjampoe en bevogtiger “conditioner”, lyfsproei en “roll-on”.

Die seuns voorsien self die ander produkte. Plaas asb in Carpe Diem-boks by inligting sentrum.

Vir meer inligting kontak Elzabé 0658315271 en Alta 0836870643. Ca

rpe

Die

m KOFFIEKROEG-KERK

Aangesien die bywoning heelwat minder tydens die aanddienste en veral in

skoolvakansies is, beplan ons om vanaf 1 Desember vanjaar ons

aanddienste in ‘n meer informele styl te hou. Dit sal in die koffiekroeg

plaasvind en ook ‘n saamgesels-karakter hê. Ons nooi almal om dit

asseblief by te woon en saam met die Rooikerk-Striata-familie te kom kuier

om die Woord.

Page 8: nguniversitaswes Kantoorure: Woensdag Sondae: Hannes du ...rooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/11/... · Hannes & Rolyn, die Jansen van Rensburgs asook die koster. Vir n beter

8 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

VAKATURE : ADMINISTRATIEWE BESTUURDER

UNIVERSITAS-WES GEMEENSKAPSENTRUM wat die Rooikerk- en Striata-bedieningspunte insluit

………………………………………………………………………………………

Indien jy oortuig is dat die Here deur die onderstaande inligting met jou praat, word jy genooi om met ons kontak te maak aangesien die

gemeente op 1 Januarie 2020 ‘n vakature sal hê.

Die gemeente word gekenmerk deur ‘n warm, gasvrye en informele bedieningstyl. Die kern van die bediening geskied deur een leraar, asook ‘n leraar by die aftreeoord, Striata en ‘n aantal Teologiese studente, tesame met ‘n span toegeruste leiers.

Die gemeente is ‘n waardegedrewe, missionale gemeente binne n breëre Bloemfontein-gemeenskap met die uitdagings waartoe ons GEROEP, versamel, gevorm EN GESTUUR word deur die die Here…

Posvereistes:

1. Minimum Graad 12 2. Rekenaarvaardigheid (Microsoft Word, Excel en Outlook) 3. Kennis van Winkerk sal tot voordeel van aansoek strek 4. Moet beskik oor uitstekende interpersoonlike vaardighede, entoesiasme en

presiesheid tov werksmetodes en onder druk kan funksioneer.

Werksure: Maandae tot Vrydae 08:00 tot 13:00, met kantoordiens elke tweede Sondag direk na die Erediens.

Salaris: Onderhandelbaar na gelang van kwalifikasie en ondervinding.

Indien die Gees deur bogenoemde aan jou raak, stuur vir ons jou volledige CV met 3 verwysings met kontakbesonderhede aan: [email protected]

Vir meer inligting, kan jy met die volgende persone gesels:

a. Danie Strauss – Voorsitter Diensverhoudinge: 082 553 5971 b. Emil van Zyl – Diensverhoudinge: 060 614 5156 c. Esmé Sinden – Finansies beampte: 051 522 2547

Jy kan ook nog verdere inligting kry deur te lees op die webwerf: www.rooikerk.co.za.

Sluitingsdatum: Maandag 11 November 2019 om 12:00

Ons behou ons die reg voor om nie noodwendig ‘n aanstelling te maak vanuit die aansoeke wat ontvang is nie.

Page 9: nguniversitaswes Kantoorure: Woensdag Sondae: Hannes du ...rooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/11/... · Hannes & Rolyn, die Jansen van Rensburgs asook die koster. Vir n beter

9 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Vandag: 10 NOVEMBER 2019 – BIDDAG VIR REËN

Vanoggend se erediens word gelei deur Frans Oosthuizen

Teks: Filippense 4:4

Tema: “Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal; Wees bly!”

Volgende Sondag (17 November 2019) het ons die voorreg om ons voete onder die Here se tafel te mag instoot. Jy, ja jy, is genooi! Kom deel in ons nagmaal-vreugde.

Kerssangdiens: 24 November 2019

GELUK MET JOU VERJAARSDAG

As kind het ons uitgesien na verjaarsdae! Geskenke, partytjies, opwinding en aandag. Verjaarsdae was ʼn seën! Na baie verjaarsdae verander die konteks en

daarmee saam ook die opwinding. Eintlik wil ons nie meer verjaar nie. Ons sou

eerder jonk, gesond en vol lewe wou bly. Tog, hoe verder ons van ons geboortedatum af weg beweeg, hoe meer besef ons dat alles net genade is.

Met elke verjaarsdag herdenk ons dat ons nog ʼn jaar aan ons geleen is. Ons herdenk die Here se teenwoordigheid in ons lewens met die belydenis, as dit

nie vir die Here was nie! Verjaarsdae bring ook hoop vir die stukkende wêreld

waarin ons leef. Ja, nog ʼn jaar beteken dat die Here se planne vir my in die wêreld nog nie verby is nie.

Baie geluk met jou verjaarsdag en mag dit vir jou ʼn mooi jaar wees in God se liefdevolle teenwoordigheid!

11 November Pauli Redelinghuys

Petro Vermeulen 14 November Stienie Schutte Susan Stevens

Progam vir die week

Dinsdag Bybelstudie 10:00 in die saal. Almal is welkom. Kom ervaar God se teenwoordigheid wanneer ons na God en mekaar luister. Tema: Sonde wat tot die dood lei. Teks 1 Johannes 5:16: “Daar is sonde wat tot die dood lei; daarvoor sê ek nie dat hy moet bid nie” asook Matteus 12:31 “Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering kan mense vergewe word maar lastering teen die Heilig Gees kan nie vergewe word nie”. Moet dit nie mis nie!

“As dit nie vir die Here was nie!/?“

Page 10: nguniversitaswes Kantoorure: Woensdag Sondae: Hannes du ...rooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/11/... · Hannes & Rolyn, die Jansen van Rensburgs asook die koster. Vir n beter

10 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Sake vir voorbidding

1. Herlewing in ons Land.

2. Bekwame owerhede wat bekwame leiers moet aanstel.

3. Misdaad, veral onder vroue en kinders en so ʼn betroubare polisiemag op te bou.

4. Die uitroei van korrupsie en ook korrupsie te bekamp.

5. Rassehaat.

6. Vreemdelingehaat.

7. Plaasaanvalle/moorde en veediefstal. {boere en werkers)

8. Striata: Alle inwoners, veral die wat huisgebonde en eensaam is, behoort

mettertyd tuis besoek te word.

9. Admin persone, werkers by die hek, tuine en kombuis

10. Versorgingseenheid (almal wat versorging nodig het, siek is of net verswak is)

11. Erkenning van menswaardigheid

12. Werkskepping en armoede

13. Gemeenteleiers

14. Droogte toestande.

15. Werkloosheid. Ons moet egter ons dankbaarheid betuig teenoor ons HERE

vir al die mooi dinge wat wel in ons land gebeur.

Paar los dog treffende gedagtes

Daar is geen groter troos of vreugde nie as die sekerheid dat jy midde-in jou

nood omsluit word deur die liefde van God. Johannes Calvyn (1509-1624)

Nie in ons nooit versadigde drifte en begeertes lê die vreugde van die lewe nie,

maar in die hunkering na God en die verlange na meer. Dirkie Smit

Ek gooi my vreugde soos voëls in die lug op, Here, omdat ʼn nuwe dag singend

voor my oop gaan! Die tjirp en kwetter van u liefde. U genade skitter elke uur.

Here, goeie God, U maak elke dag! Gebed van ʼn man in Wes-Afrika

Blydskap is nie so uitbundig soos vreugde nie; dit is meer soos ʼn sagte soet

stem, of ʼn liggewende wolk wat altyd oor jou skyn. Samuel Taylor Coleridge (1772-1834)

Ons word altyd absoluut verras deur die onverwagte blydskap wat God gee. CS

Lewis