12
OORDELIKE UUS ORTHERN EWS N N Die waarheid sonder voorbehoud! The truth without prejudice! 8 000 weekly FREE BECAUSE IT’S PRICELESS To advertise, call us on: MOKOPANE 015 491 3082 LEPHALALE 014 763 5132 Find us online: www.noordnuus.co.za BELA-BELA – ‘n Gesellige verjaardagpar- tytjie het die afgelope naweek in ‘n nag- merrie ontaard toe Lindie Bosch-Jansen (35) Sondagoggend in die parkeerarea van Laerskool Warmbad met ‘n mes dood- gesteek is. Lindie was ‘n geliefde onderwyseres wat jare in Lephalale gewoon het en by Laerskool Bosveld Primary, King’s College en Laerskool Vaalwater skoolgehou het. Sy het vroeër die jaar by Jinnah Park Primary School in Spa Park in Bela-Bela as onderwy- ser gewerk. Lindie is in haar bors gesteek terwyl sy besig was om goed na haar motor te neem nadat sy haar vriend, Howard Holtzhausen, se pa se 60ste verjaardagpartytjie by Laer- skool Warmbad se skoolsaal bygewoon het. Haar twee kinders was ook die aand by die geselligheid. Ao. Tommy van Blerk, ondersoekbeamp- te, het gesê haar oudste seun, Jay-Dee (10), het skielik geskree dat iemand by die motors rondsluip. ’n Vreemde man het Bosch-Jan- sen genader en haar onder haar linkerarm in die bors gesteek. Die aanval het glo ten aanskoue van haar twee seuns, Jay-Dee en Juwan (7), afgespeel. “Howard (jnr.) het op daardie stadium na buite gekom en haar hoor gil. Hy het die verdagte gesien hardloop. Hy het twee skote met sy pistool op die man afgevuur, maar het misgeskiet. Hy en ’n vriend het die man agterna gesit en hom naby die heining van die skool vasgekeer,” het Van Blerk gesê. Holtzhausen het dadelik teruggekeer na sy vriendin en haar na die St Vincent’s-hos- pitaal, wat skaars twee blokke van daar is, geneem. Van Blerk sê mense het toe in die par- keerarea begin skree en die vriend het die verdagte agtergelaat omdat daar vermoed is dat nog mense in gevaar was. Die verdagte het toe weer probeer vlug. Bosch-Jansen is kort ná haar opname in die hospitaal dood verklaar. Die polisie, asook die Bela-Bela Crime Support-groep (Warmbad-buurtwag), het met ’n grootskeepse soektog na die verdagte begin. Die verdagte het glo eers in die erf van ’n leë huis oorkant St Vincent’s-hospitaal pro- Mesaanval eis geliefde juffrou beer skuil voordat hy na die volgende eien- dom “gespring” het. “Ongelukkig vir hom be- hoort dié erf aan ao. André van de Venter van die Bela-Bela-polisie,” het Van Blerk gesê. Die soekspan het die verdagte op Van de Venter se huis se dak gevind en in hegtenis geneem. Desmain Clark Adams (20) het op Dins- dag, 19 Oktober, in die Bela-Bela- landdroshof verskyn in verband met die misdaad. Albei Adams se polse was met verbande toegedraai. Hy is vermoedelik beseer toe hy oor die lemmetjiesdraad van die laerskool se sportvelde gespring het in ’n poging om weg te kom. Adams was tydens sy inhegte- nisname vol bloed en is onder poli- sietoesig na die Warmbad-hospitaal vir behandeling geneem, maar is later die dag ontslaan en na die aanhoudingselle geneem. Daar is ’n GPS by hom gevind en die polisie het ’n bebloede mes op die sportvelde naby die lapa gevind, het Van Blerk gesê. Daar moet nog vasgestel word aan wie die GPS behoort. “Daar is ’n vermoede dat nog mense by die voorval betrokke was, maar die saak word nog ondersoek. Die polisie het egter ’n sterk saak teen Adams,” het Van Blerk gesê. Albei die Holtzhausens (pa en seun) het vandeesweek Adams se hofsaak bygewoon. Die saak is uit- gestel na Dinsdag, 27 Oktober, vir ’n borgaansoek. “Lindie was so ‘n fantastiese positiewe mens wat altyd net die beste vir haar leerders wou gee,” sê Elmarie Pretorius, Bosch-Jansen se suster. Sy sê die familie is plat- geslaan deur die voorval. “Dit is so totaal sinneloos.” “Die twee seuntjies is ernstig getraumatiseer. Hoe verduidelik mens vir hulle dat iemand hulle mamma so wreedaardig wegge- neem het?” “Dit voel asof ek droom,” sê Anne Hoffman, Bosch-Jansen se ma. “Dis so verskriklik om te dink dat ek nooit weer my kind se stem gaan hoor of vir haar kan raad vra nie.” In ‘n roerende huldeblyk aan Bosch-Jan- sen skryf haar vriend, Howard Holtzhauzen, dat Lindie sy pasmaat was en dat hy haar glimlag nooit sal vergeet nie. - Lin Nuus / Die Pos / Noordelike Nuus Bo: Lindie Bosch-Jansen is dood nadat sy op Laerskool Warmbad se skoolterrein met ’n mes gesteek is. Saam met haar op die foto is haar vriend, Howard Holtzhausen (jnr.). Regs: Desmain Clark Adams (20) van Bela-Bela, het vandeesweek vlugtig in die Bela-Bela-landdroshof verskyn in verband met die mesmoord op Lindie Bosch-Jansen. Adams se saak is uitgestel na 27 Oktober. Foto: Herman Steyn

Nn 23 10 web

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Limpopo-based community newspaper for Lephalale & Mokopane.

Citation preview

Page 1: Nn 23 10 web

oordelike uus orthern ewsN NDie waarheid sonder voorbehoud! The truth without prejudice!

8 000 weekly FREE BECAUSE IT’S PRICELESS

To advertise, call us on:MOKOPANE 015 491 3082 LEPHALALE 014 763 5132

Find us online: www.noordnuus.co.za

BELA-BELA – ‘n Gesellige verjaardagpar-tytjie het die afgelope naweek in ‘n nag-merrie ontaard toe Lindie Bosch-Jansen (35) Sondagoggend in die parkeerarea van Laerskool Warmbad met ‘n mes dood-gesteek is.

Lindie was ‘n geliefde onderwyseres wat jare in Lephalale gewoon het en by Laerskool Bosveld Primary, King’s College en Laerskool Vaalwater skoolgehou het. Sy het vroeër die jaar by Jin nah Park Pri ma ry School in Spa Park in Bela-Bela as on der wy-ser ge werk.

Lindie is in haar bors gesteek terwyl sy besig was om goed na haar motor te neem nadat sy haar vriend, Howard Holtzhausen, se pa se 60ste verjaardagpartytjie by Laer-skool Warmbad se skoolsaal bygewoon het. Haar twee kinders was ook die aand by die gesellig heid.

Ao. Tom my van Blerk, on der soek be amp-te, het ge sê haar oud ste seun, Jay-Dee (10), het skie lik geskree dat ie mand by die motors rond sluip. ’n Vreem de man het Bosch-Jan-sen ge na der en haar on der haar lin ker arm in die bors ge steek. Die aan val het glo ten aan skou e van haar twee seuns, Jay-Dee en Juwan (7), af ge speel.

“How ard (jnr.) het op daar die sta di um na buite gekom en haar hoor gil. Hy het die ver dag te ge sien hard loop. Hy het twee sko te met sy pis tool op die man af ge vuur, maar het mis geskiet. Hy en ’n vriend het die man ag ter na ge sit en hom na by die hei ning van die skool vas ge keer,” het Van Blerk ge sê.

Holtz hausen het da de lik te rug ge keer na sy vriendin en haar na die St Vin cent’s-hos-pi taal, wat skaars twee blokke van daar is, ge neem.

Van Blerk sê men se het toe in die par-keer area be gin skree en die vriend het die ver dag te ag ter ge laat om dat daar ver moed is dat nog men se in ge vaar was. Die ver dag te het toe weer pro beer vlug.

Bosch-Jan sen is kort ná haar op na me in die hos pi taal dood verklaar.

Die po li sie, as ook die Be la-Be la Crime Sup port-groep (Warm bad-buurt wag), het met ’n groot skeepse soek tog na die verdagte begin.

Die ver dag te het glo eers in die erf van ’n le ë huis oor kant St Vin cent’s-hospi taal pro-

Mesaanval eis geliefde juffrou

beer skuil voor dat hy na die vol gen de ei en-dom “ge spring” het. “Onge lukkig vir hom be-hoort dié erf aan ao. An dré van de Ven ter van die Be la-Be la-po li sie,” het Van Blerk ge sê.

Die soek span het die ver dag te op Van de Ven ter se huis se dak ge vind en in heg te nis ge neem.

Des main Clark A dams (20) het op Dins-

dag, 19 Ok to ber, in die Be la-Be la-land dros hof ver skyn in ver band met die mis daad. Albei Adams se polse was met ver bande toege draai. Hy is vermoe delik be seer toe hy oor die lem me tjies draad van die la er skool se sport vel de gespring het in ’n poging om weg te kom.

A dams was ty dens sy in heg te-nis na me vol bloed en is on der po li-sie toe sig na die Warm bad-hos pi taal vir be han de ling ge neem, maar is later die dag ont slaan en na die aan hou ding sel le ge neem.

Daar is ’n GPS by hom ge vind en die polisie het ’n be bloe de mes op die sport vel de na by die la pa ge vind, het Van Blerk ge sê. Daar moet nog vas ge stel word aan wie die GPS behoort.

“Daar is ’n ver moe de dat nog men se by die voorval be trok ke was, maar die saak word nog onder soek. Die po li sie het egter ’n sterk saak teen A dams,” het Van Blerk ge sê.

Albei die Holtz hausens (pa en seun) het vandeesweek Adams se hof saak by ge woon. Die saak is uit-gestel na Dinsdag, 27 Oktober, vir ’n borg aan soek.

“Lindie was so ‘n fantastiese positiewe mens wat altyd net die beste vir haar leerders wou gee,” sê Elmarie Pretorius, Bosch-Jansen se suster. Sy sê die familie is plat-geslaan deur die voorval. “Dit is so totaal sinneloos.”

“Die twee seuntjies is ernstig getraumatiseer. Hoe verduidelik mens vir hulle dat iemand hulle mamma so wreedaardig wegge-neem het?”

“Dit voel asof ek droom,” sê Anne Hoffman, Bosch-Jansen se

ma. “Dis so verskriklik om te dink dat ek nooit weer my kind se stem gaan hoor of vir haar kan raad vra nie.”

In ‘n roerende huldeblyk aan Bosch-Jan-sen skryf haar vriend, Howard Holtzhauzen, dat Lindie sy pasmaat was en dat hy haar glimlag nooit sal vergeet nie.- Lin Nuus / Die Pos / Noordelike Nuus

Bo: Lindie Bosch-Jansen is dood nadat sy op Laerskool Warmbad se skoolterrein met ’n mes gesteek is. Saam met haar op die foto is haar vriend, Howard Holtzhausen (jnr.). Regs: Desmain Clark Adams (20) van Bela-Bela, het vandeesweek vlugtig in die Bela-Bela-landdroshof verskyn in verband met die mesmoord op Lindie Bosch-Jansen. Adams se saak is uitgestel na 27 Oktober. Foto: Herman Steyn

Page 2: Nn 23 10 web

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 23 OCTOBER 20152

MOGALAKWENA MUNICIPALITY

NOTICE: 179/2015CONSERVATION OF WATER FOR THE

MOGALAKWENA MUNICIPALITYMogalakwena Local Municipality is a Water Services Authority and bound to provide access to water services in terms of the Water Services Act, Chap-ter III. It has however been noted that during the first week of October 2015 there has been an increase in water consumption in Mokopane Town, sur-rounding extensions and a number of villages.

The supply from our Water Service Provider (Lepelle Northern Water) has been constant but there has been a significant drop of water level at our Moko-pane reservoirs.

The municipality is of the view that the increase is as a result of high tempera-tures as experienced recently. During this time of the year, consumers are using too much water for irrigation, bathing, swimming pools/fountains, cleaning with hose, etc. Lack of rain and poor water conservation by consumers is an immense contributor to this challenge.

Should this trend continue, there will be water shortage with the entire munici-pality. Consumers will experience low water pressure and eventually there will be no water supply due emptied reservoirs. Rural communities are also experiencing shortage of water as well. This is due to drying up and collapsing of boreholes.

Most affected villages include: Marulaneng, Bakenberg, Dipere, Nong, Ga-Mushi, Harm, Old Ga-Pila, Ga-Puka, Ga-Sekhaolelo, Taueatswala, Sterkwater Ga-Chokoe, Sandsloot Mabusela, Seema / Ga-Chokoe, Lesodi, Maseh-laneng.

The challenge in the above mentioned villages is that borehole sources are no longer yielding initial capacity and over 15 737 households are affected.

The municipality therefore recommends that: Communities use water sparingly during this period, the available water be used only for household until the normal supply is restored, that heavy penalties be imposed in case of illegal connections and periodic shut off at certain areas will be exercised to ensure availability of wa-ter is sustained in our reservoirs.

P MAKONDO-ACTING MUNICIPAL MANAGER NOTICE NO: 179/2015

Op 4 September het ‘n brand in die huis in Ellis straat ontstaan wat die lewens van albei José se kleinkinders geëis het. “Ek het in die kamer ingehardloop waar my klein-kinders geslaap het en was oorval met ‘n donker rookwolk,” vertel José bewoë. Vol-gens hom sal hy nooit die klapgeluid vergeet wat die verterende vuur gemaak het nie.

José se voete is verbrand, terwyl Sibreena da Costa (José se dogter en die kinders se ma) se vriend, Johan Nel wonde aan sy hande opgedoen toe hy die venster moes breek om die kinders uit die kamer te probeer kry. Katelint en Jayden het ernstige brand-wonde oor hulle liggaampies opgedoen en die hele gesin is oorgeplaas vanaf Lephalale na Mankweng-hospitaal net buite Polokwane.

“Op daardie stadium het ek nie eers aan my eie pyn gedink nie en wou net so gou as moontlik die kinders uit die huis uit kry.” José sê dat klein Katelint nog met hulle gesels het toe hy by die hospitaal aankom en dat die dapper dogtertjie vir hulle gesê dat hulle nie bekommerd moet wees nie want alles gaan regkom.

José vertel van vlammehelLEPHALALE – José da Costa wat brandwonde aan sy voete opgedoen het toe hy probeer het om sy kleinkinders, Katelint (8) en Jayden (1), uit ‘n brandende kamer in hulle huis te red het aan Noordelike Nuus se Amanda Basson sy dank uitgespreek teenoor almal wat hulle bygestaan het tydens die tragedie.

“Dit was ‘n skok om by Mankweng hospitaal aan te kom; dit was vuil en die ver-pleegpersoneel was ongeskik,” sê José, maar tog het hy baie hoop gehad dat Katelint ge-sond sou word. “Sy het nog vir haar ma gevra of sy dan nie moet skool toe gaan nie.”

“Sibreena het toe vir haar gesê dat dit ‘n spesiale vakansie is en dat sy eers terug skool toe sal gaan as sy gesond is.”

Katelint is kort na haar opname in ‘n geïnduseerde koma geplaas en is ‘n paar dae later oorlede. “Dit was ‘n groot skok, want sy het net voor hulle haar in die koma geplaas het nog vir ons gesê sy soek ‘n rolstoel sodat sy bietjie buite toe kan gaan.”

Anneri du Plooy van die Hero Burn Foun-dation het met die gesin kontak gemaak en daar is besluit om Jayden oor te plaas na Meulmed Hospitaal in Pretoria. “Jayden het sy beentjie beweeg as mens aan sy voete ge-vat het en ek kon sien dat hy wel reageer op aanraking.”

Die Hero Burn Foundation het gehelp om Jayden per vliegtuig na Meulmed te vervoer waar dit nodig was om Jayden na die teater

geneem om dit skoon te maak. ‘n Breinskan-dering is later gedoen en daar is gevind dat die seuntjie geen brein funksie toon nie. Op 20 September is hy in sy mamma se arms oorlede.

“Anneri was amper die hele tyd by ons gewees en sy het ons verskriklike pyn met ons gedeel en daarvoor wil ek vir haar baie dankie sê,” sê José.

José se kollegas by SVK Engineering, waar hy werk, het van die begin af ingespring en gehelp met fondsinsamelings vir die gesin. “Ek kan nie genoeg dankie sê vir die klomp mense wat saam gestaan het om die tyd vir ons makliker te maak nie.”

José bedank elke persoon wat ‘n donasie gemaak het en die gesin in hulle gebede ge-dra het. “Ek glo nie ek sal ooit heeltemal oor hierdie tragedie kom nie en sukkel nou nog om te slaap, maar dit is vir ons as gesin fan-tasties om te weet dat soveel mense bereid was om ons te help.”

José kan weens sy wonde nog nie terug gaan werk toe nie, maar hy sê dat hy elke maand ‘n donasie aan Hero Burn Foundation wil maak sodra hy weer finansieel in staat is. “Ek wil nie hê dat enigiemand anders moet ervaar waardeur ons gegaan het en wil hê dat daar fondse beskikbaar is sodat toekom-stige slagoffers van so ‘n tragedie net die beste mediese sorg kan kry.”

Regs: José se voete is besig om te herstel nadat hulle ver-brand het in die vuur wat twee van sy kleinkinders geeis het.

Martie Pretorius ([email protected])

MOKOPANE - Die sekuriteitsmaatskappy, Special Operations Solutions (SOS), het op versoek van bekommerde inwoners van die dorp ingestem om die beboste area op die hoek van Kruger- en Taylorstraat “aan te neem” om so ’n veiliger omgewing te skep.

Die maatskappy is deur die Vryheidsfront Plus se Marcelle Maritz genader om die in-woners te help.

SOS gryp in om veld woonbuurt te beveiligNoordelike Nuus het op 9 Oktober berig

oor die Mogalakwena Munisipaliteit se onder-neming om die area wat aan die Akasia te ontbos (“Beboste area wek kommer”, bladsy 3). Die munisipaliteit het egter net ’n klein gedeelte ontbos met weinig impak op die omgewing se misdaad.

“Ons wil uitreik na die gemeenskap en streef daarna om misdaad te bekamp,” sê Gary O’Farrell, eienaar van SOS.

SOS was Woensdagoggend oorgehaal en

het te voet deur die bosse beweeg om verdagte persone wat daar mag skuil aan die kaak te stel. Martin van Eck, reaksie bestuurder van SOS, het na die operasie laat weet hulle het afgekom op een of meer handsakke sowel as skoene, klere en ook stuk-kende televisie skerms.

Die span het ook ’n are wat ver-moedelik as slaapplek gebruik is in die bosse ontdek.

Page 3: Nn 23 10 web

23 OKTOBER 2015 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za

“Belê in toekoms,” sê nuwe raadslidMOKOPANE – Die Demokratiese Alliansie (DA) se nuwe raadslid vir Wyk 32, Yolande Coetzee, sê dit is tyd om te belê in die toekoms van die dorp, munisi-paliteit, provinsie en land as ‘n geheel.

Coetzee ver-wys na die party se onlangse oprui-mings projek waa-rin daar gedemon-streer is hoe mooi die dorp se hoofstraat kan lyk as elke per-soon sy eie rommel optel en weggooi. Sy is trots op die party gemeenskapsprojekte en wys op onlangse bydraes in die vorm van skenkings aan die Noodforum, KANSA, en opvoedkundige instansies.

Die party beplan ook om in samewerk-ing met die DAAC Dwelm Restourasie een-heid, op 30 Oktober ‘n dwelm bewustheid dag te hou by die Centre of Hope in Mah-welereng. Verskeie klagtes oor straatligte, Coetzee sê sy is oorgehaal om ‘n verskil te maak ry saans deur die dorp op soek na nog probleme waaraan daar aandag geskenk kan word.

DA aktiviste is aktief in die dorp besig, sê Coetzee. Daar word kragte saamgespan om in alle buurte van die dorp ‘n verskil te maak. In Akasia word ‘n muur wat met graffiti bespuit is, skoongemaak en oorgeverf.

Sy het ook ‘n omgeeprogram geloods waardeur sekere instandhoud-ingsdienste gratis aan bejaarde inwon-ers verskaf word. Sy sê herstelwerk aan motors en huise het reeds begin en bedank Bosveld Elektries en Midas vir hulle betrokken-heid by die omgee program. Coetzee doen ‘n beroep op individue en of ondernemings om ook betrokke te raak by die program.

Lesers wat bere-id is om te help kan vir Coetzee kontak by 079 2737 986.

3

OVER AND ABOVE YOUR FULL POLICY VALUE, AVBOB GIVES YOU:• A FREE basic funeral (burial or cremation)*• FREE transportation of the deceased in South Africa*This means you get to keep your money – your entire policy value – to spend on those extras that will ensure a dignifi ed send-off for your loved ones.These FREE funeral benefi ts* are over and above your policy value and special bonuses declared.

KEEP YOURMONEYAV

B-15

0729

-4-N

N/3

97

*Terms and conditions apply. AVBOB is an authorised Financial Services Provider. *Funeral benefi ts only apply if AVBOB Funeral Service conducts the funeral.AVBOB is a level 2 B-BBEE contributor. FSP 20656.www.AVBOB.co.za

Feel free to contact Neels Barnardo about AVBOB’s one-stop funeral insurance and funeral services solution.Marula Mile Shop 2, 35 J Louis Botha Drive, Ext 65, Ellisras. Tel: 014 763 1363

ANC beskuldig van korrupsieMarcelle Maritz van die Vryheidsfront Plus beskuldig die ANC daarvan dat hy mense onwettig by die Onafhanklike Verkiesing Kommissie (OVK) se kantore in Mokopane registreer vir die komende munisipale verkiesing.

Sy beweer sy het ANC lede op heterdaad betrap en is gedreig toe sy hulle daaroor kon-fronteer.

Baie van die mense wat in die OVK ry gestaan het om te registreer vir die verkiesing het later hulself uit die voete gemaak toe Matome Maponya, 'n OVK amptenaar, hulle daarop gewys het dat dit 'n kriminele oortred-ing is, sê Maritz.

Die VF Plus het 'n saak by die polisie aanhandig gemaak en 'n klag by die OVK se provinsiale en nasionale kantore gelê.

Noordelike Nuus het boodskappe is gelos vir die ANC streek voorsitter Tollie Masha-maite vir kommentaar oor die beskuldigings. Hy het teen druktyd nie gereageer nie.

Die plaaslike ANC het die saak na hul streekstak verwys het.

MOKOPANE – The police busted a 35-year-old Nigerian man last week for possessing drugs with an estimated value of R200 000.

Members of the police’s K9 unit and crime intelligence acted on information that lead to the man’s arrest. The suspect was found in possession of cocaine, rock and crystal meth, said provincial police spokes-person, Col Ronel Otto. An undisclosed amount of cash, a laptop and cell phones were also confiscated by police said Otto.

The man is expected to appear in the Mokerong Magistrates’ Court in Mawelereng.

LEPHALALE – A woman was crushed be-neath a truck in a collision involving several vehicles on Wednesday.

According to eyewitnesses the woman in a Fiat Uno was driving on the road between Marapong and Onverwacht when a white Toyota Hilux bakkie attempted to overtake the Uno on the left-hand-side. “The lady driving the Uno veered to the left and there was a slight collision between the two ve-hicles,” an eyewitness told Northern News.

“Both vehicles stopped in the road ob-structing the traffic flow and the occupants

Truck crushes womanallegedly got out.”

According to the witness a truck carry-ing bricks then drove into the back of the Uno and lost most of its load. The driver of a second truck tried to brake, but appar-ently lost control and the truck overturned landing on top of one of the women.

Warrant officer Frans Mokoena of the Lephalale police says a case of culpable homicide has been opened.

It was confirmed that the Toyota Hilux bakkie belongs to a prominent ANC coun-cilor residing in Marapong.

R200 000 drug bust

Knap gedaan, Kobus!MOKOPANE - Kobus Grobler (10) het Maandag by Laerskool Kruger-park erkenning gekry omdat hy verlede week vir sy boetie, Hekkie Grobler (12) wat aan bloedkanker ly, ‘n operasie ondergaan het vir sy beenmurgoorplanting. Die skool het hom vereer met ’n ambas-sadeurs knopie. Intussen gaan dit onder omstandighede goed met Hekkie. Hy het die afgelope week koors gehad en was naar gewees. Weens seertjies in sy mond sukkel hulle met die voeding, maar hoop om hom gou weer op die been te hê.

Page 4: Nn 23 10 web

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 23 OCTOBER 2015

MOGALAKWENA LOCAL MUNICIPALITY

conducive for revision study. To all in Matric Class of 2015 we advise that success is dependent on effective time management, smart studying techniques, a balanced diet and regular exercise. Take note that your attitude determines your altitude, success is possible if you have the determination to make it happen. The results you obtain in your examinations will indeed determine options for your choice of career and future prospects.As they say “ luck is what you make not what the cards dictate”.Be strong, relax and remain focused throughout the period of examinations. Best wishes to all learners, in particular Matric Class of 2015.

From the Mayor of Mogalakwena Local

Municipality, His Worship Cllr Malesela Parks

Sebatjane

His Worship Cllr Malesela Parks Sebatjane - Mayor

strengthening of a partnership between learners, teachers, principals and school governing bodies in an endeavor to ensure that conditions are in place for effective learning and teaching. However, we are aware that in some parts of our municipalities learners were affected by the protests thus losing valuable interactive learning, hopefully efforts were made to create time to catch up during the recent past school vacations. We are therefore, hopefully justified in saying that this has been year largely spend on interactive learning. We are confident that learning efforts by class of 2015 will be reflected in this year’s matric results. We are therefore, optimistic that this year’s Grade 12s in Waterberg District/Mogalakwena Municipality will make us proud by improving on last year’s pass rate of 70,6% to reach the 80% pass rate set by our Premier. As the Class of 2015 sit for their final examinations, we call on parents and siblings to play their role by ensuring that the home environment is

Issued by: Office of the Municipal Manager, Divisional Head of Communications

Malesela Selokela, e-mail [email protected].

Tel: 015 491 9760 / Cell: 083 359 6971

As the 2015 academic year in all schools in the jurisdiction of our munici-pality draws close, we wish them the best in their examinations. We acknowledge that they have laboured their body and mind to ready them-selves to tackle the final year papers.

We hope that all learners will give their final lab since they started their learning marathon in grade R more than 12 years ago. We pray that you all be in a good health physically and emotionally and we further call on all parents and educators to give them moral support at this history making moment in their academic life.

During the year we observed evidence that our schools were, in the main, functioning well. We witnessed

MATRIC MESSAGE CLASS OF 2015

4

Page 5: Nn 23 10 web

23 OKTOBER 2015 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za

YOUTH SUPPLIER DAY IVANPLATS INVITES YOUTH OWNED BUSINESSES IN MOGALAKWENA MUNICIPALITY TO A SUPPLIER INFORMATION DAY.

DATE: THURSDAY 29 OCTOBER 2015

VENUE: IVANPLATS GREEN AREA. 7 SECOND STREET

INDUSTRIAL AREA. MOKOPANE

TIME: 09:00-16:00

Please remember to bring with the following:

Certified ID copies for all shareholders

BBBEE Certificate

Business Profile

Registration Certificate (CIPC)

Proof of residence

Proof of Banking details

Please send confirmation of attendance to:

[email protected]

The Purpose of the supplier day:

Register new youth owned suppliers on the database

Youth owned businesses will get an opportunity to discuss their

services and profiles with the Enterprise and Supplier Development

and Procurement departments and confirm that all their information

on the supplier database is correct

Youth–owned businesses will be given information in respect of the

company, possible opportunities and the procedures to be followed.

For Enquiries please contact the ESD department at Ivanplats on 015 491 0600

Please note that this day is reserved for interaction with youth owned businesses only and proof of identification and age will be a requirement for dmission.

5

MOKOPANE – Die bejaardes by die Piet Potgieter Monument Tehuis het verlede Donderdag hulle gate uit geniet by ’n boemelaars dag wat as deel van die tehuis se 50ste ver-jaardagviering vir hulle gehou is.

Mariana van Tonder, die tehuis se bestuurder het gesê die bejaardes het oorspronklik gelyk. Die dag het gesorg vir groot pret en plesier. In-woners is met pryse vergoed nadat hulle beoordeel is vir oorspronk-likheid.

Regs: “Só moet ’n boemelaar lyk,” meen Engela Mason. Johan du Toit se geskeurde klere maak van hom ’n perfekte kandidaat vir ’n boemelaar.

Bejaardes vang gees

CVO Skool hou weer revue

MOKOPANE - Die Potgietersrus CVO Skool het verlede Vrydag hulle revue aand gehou. Ouers wat in die gehoor was getuig van ‘n puik vertoning waaraan hulle kinders en die skool se onderwysers baie hard gewerk het. Die leerders het die sirkus uitgebeeld. Die hoofkarakters was “Toinette” en “boe-boë”. “Toinette” het ‘n aaklige stiefma en loop weg van die huis af, waarna sy toe graag by die sirkus wou gaan werk. Die vertoning bereik sy piek toe “Toinette” verlief raak op een van die mimiek kunstenaars.

LEPHALALE – Tydens ‘n gemeenskap-spolisiëringforum (GPF)-vergadering verlede week is die geraas by Sydney’s Car Wash weer aangespreek.

Volgens Thys Eloff, GPF voorsitter, het hy klagtes van gemeenskapslede ontvang wat kla oor die geraas by hierdie karwas-plek. “Een lid van die gemeenskap beweer dat sy met die eienaar kontak gemaak het en dat daar aan haar gesê is dat sy eerder moet trek omdat sy hiper-sensitief is vir geraas,” sê Eloff.

Sybil Nieuwoudt, DA raadslid in die omgewing, beweer dat sy met die eienaar, Eddy Jacobs, gepraat het oor die geraas en die feit dat sy werkers in die eiland oorkant die pad staan en braai.

“Volgens my is dit baie gevaarlik omdat dit ‘n besige pad is en die werkers en kliënte

Raserige karwas-plek skep problemeheen en weer oor die pad loop.”

Nieuwoudt voer aan dat sy een Sondagaand, sowat twee weke terug, net na agt verby die karwas in Thabo Mbeki straat gery het en toe gesien het dat die werkers daar staan en braai met biere. “Ek het ges-top en vir die persoon wat braai gesê dat dit gevaarlik is, maar hy het aan my gesê dat die kliënte self kies om oor die straat te loop.”

Adjudant offisier Frans Mokoena van die Lephalale polisie sê dat gemeenskapslede die polisie moet in kennis stel van sulke voor-valle.

“Ons kan slegs optree as ons ‘n klaer in die saak het en dis belangrik dat mense wat klagtes indien bereid moet wees om ‘n ver-klaring te gee.”

Die eienaar van die karwas kon nie opge-spoor word vir kommentaar nie.

LEPHALALE – Even though there has been a steady increase in crime since last month according to the community policing forum (CPF), the local police say that they are win-ning the war against crime.

“Most of the sectors, and especially the smallholdings around town, are showing a slow but steady increase in instances of crime,” says Thys Eloff, CPF chairperson.

Constable Precious Munyai of the Lepha-lale SAPS says that according to their figures

Police gear up for the festive seasonmost crimes are on the decrease. “Assault with intent to cause grievous bodily harm has gone down by 26%, residential burglary has decreased by 45% while theft out of motor vehicle has decreased by 45%.”

Munyai says that the number of arrests for drunk driving and drug related crimes have increased.

“We are moving towards the festive sea-son and will be concentrating on arrests for drinking and driving and shoplifting.”

Action against reckless driversLEPHALALE – Eskom has promised to take action against reckless drivers in their em-ploy.

“I had a successful meeting with the management of Eskom in Lephalale and they have agreed to take appropriate action

against any Eskom employee who does not obey the traffic laws,” Community Policing Forum spokesperson, Thys Eloff, said at the monthly CPF meeting last week.

He expressed his hopes that other busi-nesses in the area will follow this example. “As a community we need to shrink the toler-ance levels that we currently have towards crime.”

Page 6: Nn 23 10 web

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 23 OCTOBER 20156

NOTIFICATION OF THE INTENTION TO APPLY FOR AN INTEGRATED WATER-USE LICENSE FOR THE GEORGE MASEBE HOSPITAL

This notification aims to inform all Interested and Affected Parties and Stakeholders that the Limpopo Department of Health intends to submit an Integrated Water Use License Application to the Department of Water and Sanitation in terms of the National Water Act, 1998 (Act No. 36 of 1998) for the George Masebe Hospital. The application is for the abstraction of raw water from the Mogalakwena River for potable use and the treatment and discharge of effluent from the Wastewater Treatment Plant (Oxidation Pond System). The application will be prepared in accordance with the requirements of the relevant authority. LOCATION: The George Masebe Hospital is located on Portion 1 of the Farm Haakdoorndraai 758 LR, east of the Bakenberg village and it can be accessed via the N11 Road. Coordinates: 23°52'40.01"S, 28°41'36.35"E. PROPONENT: LIMPOPO DEPARTMENT OF HEALTH: Private Bag X9302, Polokwane, 0700. Tel: 015 293 6275 DATE OF PUBLICATION OF ADVERTISEMENT: 23 OCTOBER 2015 WASTEWATER MANAGEMENT CONSULTANT: BTW & ASSOCIATES (PTY) LTD. PO Box 13614, Leraatsfontein, 1038. Tel: 013 697 6050. Contact Persons: I Haylett (E-mail: [email protected]) and M Selolo (E-mail: [email protected]). BTW Reference: 20369. RELEVANT AUTHORITY: DEPARTMENT OF WATER AND SANITATION, POLOKWANE OFFICE In order to ensure that you are identified as an Interested and/or Affected Party, please contact BTW & Associates to obtain a Background Information Document and Registration Form. Please submit all comments within 30 days of publication of this advertisement. All comments and concerns will be included in the application. CLOSING DATE FOR COMMENTS: 07 DECEMBER 2015 BTW & ASSOCIATES (PTY) LTD

Consulting Civil, Structural, Process & Geotechnical Engineers, Project Managers, Environmental Consultants

New sector manager LEPHALALE – Sector Two welcomed its new sector policing manager, Constable Ketshabile Elias Majadibodu, earlier this month. Majadibudu is committed to making Onverwacht a safer place for everybody. “I grew up in this area and know the challenges that our residents face.” Majadibodu has been in the police for nine years and says that the only way to combat crime is by getting the community involved. “We will be having the relaunch of our CPF sub forum on 29 October.” Community members who will be able to attend meetings and provide input into problems in the Onverwacht area are invited to attend the meeting that will start at 18:00 at Mabelane Seleka High School.

PARYS - Hoërskool Ellisras het Saterdag deelgeneem aan die SA Nasionale Skole Boogskiet kompetisie. Ammaarah Pandie het derde gekom in die Graad 10 dogters afdeling en het ‘n brons medalje gewen. Dirk Nel, FA Kemp, Steven Verwy, Safdar Williams, Whanita Pretorius en Thys Bekker het ook deelgeneem.

MARAPONG – The South African Police Service held a successful sports against crime day on Saturday. Eight netball and soccer teams from Marapong, Shongoane, Seleka, the Lephalale TVET College and the police participated during this event. Marapong’s netball team won the trophy for the day and the TVET College won the soccer trophy.

MOKOPANE - Vrydagaand se ongure weer het nie ondersteu-ners by KANSA se jaarlikse Re-lay For Life weerhou om hulde aan kankerlyers en oorwinnaars te bring nie.

Alhoewel die byeenkoms aansienlik kleiner was as vorige jare, sê KANSA se Ansie van Heerden hulle is baie dankbaar teenoor die 25 spanne wat wel die geleentheid ondersteun het. Van Heerden verduidelik dat elke Relay, ongeag hoe klein, ‘n baie belangrike rol speel in kankerpasiënte se lewens.

Die opening is waargeneem deur Ds. Jacques Erasmus, waarna kankerlyers spe-siaal verwelkom is en die eerste ere rondte aan hulle opgedra is. Die tweede rondte is daar dank betuig teenoor kankerpasiënte se versorgers en familie waarsonder ‘n kanker pasiënt nie kan klaarkom nie.

Later die aand is hulde gebring aan ge-liefdes wat die stryd teen kanker verloor het of steeds in die stryd is. Die sakkies met sand en brandende kerse in die stik donker vir twee minute is ‘n emosionele huldeblyk daaraan, sê Van Heerden.

Daar was groot bewondering vir Pieter Botha, die oudste deelnemer wat deurnag geloop het. Gert de Jager het die meeste rondtes voltooi. Die Kanker Slim trofee is aan Dr Vernon Els en sy span oorhandig. Hulle het deurnag gratis kanker opvoeding en sif- tingstoetse gedoen. Die trofee vir die eerste span inskrywing en betaling is toegeken aan Nedan 1.Die mees oorspronklike span was Westvaal. Bonus Motors het die beste span-gees gehad.

Die “Ekstra Fondsinsameling Trofee” is gewen deur die Potgietersrus Dienssentrum vir Bejaardes met die bak van pannekoeke.

KANSA benodig dringend die hulp van persone met verpleeg ondervinding wat kan help om kanker pasiënte te ondersteun. Vry-willigers kan vir Wilna van Den Heever by 082 493 1884 kontak.

KANSA relay samel R31 000 in

Die Vroue Landbou Unie (VLU) Aandster tak se Bittereinders span ondersteun KANSA se Relay For Life.

Kanker oorwinnaars by KANSA se Relay For Life tydens die eerste ere rondte.

Drie kanker oorwinnaars van Mokopane wat as eregaste die KANSA se Relay For Life bygewoon het.

MOKOPANE - Laerskole in die dorp het op 29 September by Mokopane South Primary School aan ‘n distrik lees- en skryfkompetisie deelgeneem en behoorlik uitgeblink.

Laerskool Krugerpark se Micke Theron in Graad 3 het vir haarself ‘n wisseltrofee opgeraap vir Afrikaanse lees. Leoné van Schalkwyk verwerf ook ‘n wisseltrofee. Sy het ‘n eerste plek vir Afrikaanse skryf.

Mokopane Primary spog ook met ‘n leerder wat tydens dié kompetisie presteer het. Fatima Ngwasheng in Graad 3 het ‘n tweede plek behaal vir Engelse skryf. Sien foto regs.

Graad 3’s styg uit

Micke Theron en Leoné van Schalkwyk van Laerskool Krugerpark is by ‘n onlangse distrik kompetisie vereer vir goeie prestasie in lees en skryf.

Sport against crime

Brons vir Ammaarah!

Page 7: Nn 23 10 web

23 OKTOBER 2015 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 7

PARYS - Laerskool Bosveld Primary het verlede Saterdag aan die NASP Nasionale Kampioenskappe by die Afridome deel-geneem en baie goed gevaar. Daar was 636 entoesiastiese skutters en 47 teikens. Skole regoor SA het aan die kompetisie deelgeneem. Die Bossies het glad nie teruggestaan nie en Ilis-Mari Venter het `n algehele tweede plek vir Graad 5 meisies behaal. Die boogskutters het baie hard gewerk deur die jaar en die afrigters is baie trots op elkeen wat deelgeneem het.

Dié groep leerders van Hoërskool Piet Potgieter (HPP) het op 16 Oktober teen agt hoërskole meegeding in die Top 10 swem kompetisie in Tzaneen. HPP se seunspan het gewys die blou masjien is goed geolie en het as die top tien wenners uitgetree. HPP het ook algeheel vierde in die kompetisie geëindig.

Brons vir Ammaarah!

HPP se swemmers beïndruk

Boogskutters blink uit!MOKOPANE - Mokopane English Combined School (MECS) hosted their 4th annual mat-ric farewell function on Thursday 15 Octo-ber at the Kameeldoring Country Club.

The school thanked the following people who made the event possible:

The staff and Grade 11 learners, Francois du Toit from Superior Function & Hire, Fazail

MECS hosts fourth matric farewellShaik from Elegant Hiring Services, Pieter Vogel from Chops & Chives, Marlune Benade from Marlune Fotografie, Kameeldoring Golf Club, André from Nyl Kwekery and Sandra van Staden from Rooibos Antiques.

“Thank you for all the hard work to make this event unforgettable to all the Grade 12 Learners.”

MECS’ Grade 12 group at their matric farewell function that was held at the Kameeldoring Golf Club last week.

Page 8: Nn 23 10 web
Page 9: Nn 23 10 web
Page 10: Nn 23 10 web

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 23 OCTOBER 201510

Page 11: Nn 23 10 web

23 OKTOBER 2015 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 11

Page 12: Nn 23 10 web

oordelike uus orthern ewsN NAitblinkerschievers

UWIMPY delivers in

Ellisras and Onverwacht. Call Alma on

082 879 1582 to place your order.

LEPHALALE - Johan Pitout van Hoërskool Ellisras was bevoorreg om in die vakansie saam met die Mauritz Hansen rugbyspan na Ierland te toer. Pitout moes sy matriekafskeid opoffer om te kon gaan, maar hy sê dat die ervaring 'n nuwe wêreld vir hom oopgemaak het. Die skoon land, indrukwekkende rugbystadions en kastele was vir hierdie leerling 'n ongelooflike ervaring.Pitout en sy spanmaats het in ‘n hotel in Dublin gewoon vanwaar hulle gereis het om drie rug-bywedstryde teen o/19 klubs te speel. Van die drie wedstryde waaraan hulle deelgeneem het het hulle twee gewen. Die Pitouts bedank almal wat bygedra het om Johan se droom waar te maak!

EHS leerder sê dankie vir Ierland ervaring

Martie Pretorius ([email protected])

MOKOPANE – Hoërskool Piet Potgieter (HPP) se jaarlikse lourier toekennings-funksie was weereens ‘n prestige-aand waar leerders op verskeie vlakke vir hulle harde werk beloon is en waar leierskap vir 2016 aangekondig is. Marnus Uys en Gaby Nel is 2016 se hoof-seun en -dogter. Onderhoofseun en -dogter is Lourens Kruger en Monique de Sousa.

HPP vereer sy bestes

Graad 12 se top vyf akademiese presteerders, Marina Vorster, Gideon van der Walt, Masejeng Leso, Gajan Devandran en Lané du Plessis.

Graad 11 se top vyf akademiese presteerders, Gaby Nel, Monique de Sousa, Mashadi Nailada, Eduard Barnard en Armand Steyn.

Graad 10 se top vyf akademiese presteerders, Kurt Kruger, Riëtte Uys, Cecilia Engelbrecht, Abrie van der Merwe en Felicia Isaac.

Gajan Devandran is Graad 12 se seuns Dux leerder. Hy het akademiese prestasies ingeryg.

Masejeng Leso is aangewys as Graad 12 se Dux leerder.

Graad 8 se top vyf akademiese presteerders, Siska van Heerden, René Buitendag, Ijanke Steyn, Janus Greyling en Charlize Collins. Regs: Graad 9 se top vyf akademiese presteerders, Anria Kruger, Barend Groenewald, Kinna Wessels, Sharon Venter en Leshego Khaas.