2
SUID-AFRIKA KANTOOR: [email protected] +27(12)807 2763 +27(83)628 6488/+27(84)506 3399 Kontak asb kantoor vir bankbesonderhede “Al ons aanbiedings het ’n spesiaal ontwerpte Norooz dekor gebruik en ons weeklikse Binnekring program het tradisionele feestelike musiek en danse ingesluit,” vertel Vervaardiger en Direkteur, Moe Pooladfar. “Die onder- werpe in al die programme was gebaseer op temas van herlewing en nuwe lewe.” Letterlik vertaal beteken Noe-rooz, ‘Nuwe Dag’, bestaande uit ’n kombinasie van die woorde noe wat ‘nuwe’, en rooz wat dag’ beteken. Die antieke Nuwejaar feesviering in die Persiese wêreld, wat die herlewing in die natuur vier, val op die oorgang na lente in die Noordelike halfrond, wanneer die dae langer en die nagte korter word. Hoewel Norooz sterk verband hou met Zoroastrianisme, vier byna alle Persies-sprekendes wel die fees. Die nuwe begin wat Norooz vier het ook ’n spesiale betekenis vir Persies-sprekende Christene waar hulle ’n nuwe identiteit in Jesus Christus vind. Norooz beeld derhalwe vir hulle die nuwe lewe in Christus uit waarvan die Woord getuig: “Daarom, iemand wat aan Christus behoort, is ’n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.” 2 Kor 5 :17 Lig speel ’n belangrike rol en word gevier deur die Zoroastriste. Hoewel hulle ’n minderheid van sowat 25,000 in Iran (2011 sensus) verteenwoordig, is die verering van lig ’n sterk kenmerk van die Persiese kultuur. Vir Persiese gelowiges het die ware nuwe lewe in Jesus, die Lig van die wêreld, reeds gekom. Hulle hoop is op Hom en saam met alle ander gelowiges glo hul in en verwag hulle Sy uiteindelike oorwinning en ewige heerskappy. Terwyl die Persies-sprekende gelowiges die Persiese Nuwejaar vier, bid dat hulle nuwe hoop, nuwe vrede en ’n nuwe doel in die lewe vind in Jesus Christus. Dank God vir SAT-7 PARS wat die gelowiges in Iran bemoedig en ook nuwe hoop vir die soekendes bied. Kopiereg© 2018 SAT-7 www.sat7sa.org www.sat7.org www.sat7uk.org Die Christene in Egipte, wat reeds vele dodelike aanvalle op aanbiddders—insluitende die bomaanvalle op kerke in Kaïro, Aleksandrië en Tanta en die aanval op ’n moskee in die Sinai, beleef het, het hul eenheid met ’n geskokte Nieu- Seeland bewys. SAT-7 het ’n boodskap van Dr Andrea Zaki, President van die Protestante Kerk in Egipte, regstreeks vanaf die “Eenduisend Evangeliese Leiers’ konferensie in Wadi el- Natroun uitgesaai. In die boodskap het Dr Zaki hul solida- riteit met die Nieu-Seelandse Moslem gemeenskap betoon. Verwysende na die dood van 49 mense en die besering van talle ander, het Dr Zaki gesê: “Ons staan vas in ons oortuiging. Ons veroordeel geweld teenoor enigiemand.” “Ons het soortgelyke ervarings gehad toe ons kerke aan- geval is en het die pyn van ons mense beleef. Ons roep vandag almal wat as martelare gesterf het, in herinnering. “Die moord op iemand wat bid, hetsy Moslem, Christen, Jood of watter geloof ookal, is onaanvaarbaar. Ons veroordeel hierdie terroriste aanval en verklaar dat ons sterk standpunt teen geweld en moord inneem. “Ons ondersteun persoonlike veiligheid en vryheid asook die vryheid om in veiligheid te aanbid sonder enige druk, enige plek in die wêreld. “Gebede vir vrede sal uit Egipte opgaan.” “Here, ons staan vandag hier, ons bely ons menslike swakheid. Ons bely dat sonde en boosheid oral om ons is. Ons bely dat onskuldiges gedood en bloed vergiet is. O, Koning van Vrede, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde van die ewige lewe. Koning van Vrede, wie anders het ons buiten U wat die Gewer van vrede is? Ons bid vir almal wat beseer is en vir die families van almal wie se lewens geneem is. Here, gee U vrede want U is die Koning van Vrede. In Jesus se Naam, Amen.” March 2019

Noe-rooz, - SAT-7 · 2019-03-31 · Letterlik vertaal beteken Noe-rooz, ‘Nuwe Dag’, bestaande uit ’n kombinasie van die woorde noe wat ‘nuwe’, en rooz wat ‘dag’ beteken

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Noe-rooz, - SAT-7 · 2019-03-31 · Letterlik vertaal beteken Noe-rooz, ‘Nuwe Dag’, bestaande uit ’n kombinasie van die woorde noe wat ‘nuwe’, en rooz wat ‘dag’ beteken

SUID-AFRIKA KANTOOR: [email protected] +27(12)807 2763 +27(83)628 6488/+27(84)506 3399 Kontak asb kantoor vir bankbesonderhede

“Al ons aanbiedings het ’n spesiaal ontwerpte Norooz

dekor gebruik en ons weeklikse Binnekring program het

tradisionele feestelike musiek en danse ingesluit,” vertel

Vervaardiger en Direkteur, Moe Pooladfar. “Die onder-

werpe in al die programme was gebaseer op temas van

herlewing en nuwe lewe.”

Letterlik vertaal beteken Noe-rooz, ‘Nuwe Dag’, bestaande

uit ’n kombinasie van die woorde noe wat ‘nuwe’, en rooz

wat ‘dag’ beteken.

Die antieke Nuwejaar feesviering in die Persiese wêreld,

wat die herlewing in die natuur vier, val op die oorgang na

lente in die Noordelike halfrond, wanneer die dae langer en

die nagte korter word.

Hoewel Norooz sterk verband hou met Zoroastrianisme,

vier byna alle Persies-sprekendes wel die fees. Die nuwe

begin wat Norooz vier het ook ’n spesiale betekenis vir

Persies-sprekende Christene waar hulle ’n nuwe identiteit

in Jesus Christus vind. Norooz beeld derhalwe vir hulle die

nuwe lewe in Christus uit waarvan die Woord getuig:

“Daarom, iemand wat aan Christus behoort, is ’n nuwe

mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.” 2 Kor 5 :17

Lig speel ’n belangrike rol en word gevier deur die

Zoroastriste. Hoewel hulle ’n minderheid van sowat 25,000

in Iran (2011 sensus) verteenwoordig, is die verering van lig

’n sterk kenmerk van die Persiese kultuur.

Vir Persiese gelowiges het die ware nuwe lewe in Jesus,

die Lig van die wêreld, reeds gekom. Hulle hoop is op Hom

en saam met alle ander gelowiges glo hul in en verwag hulle

Sy uiteindelike oorwinning en ewige heerskappy.

Terwyl die Persies-sprekende gelowiges die Persiese

Nuwejaar vier, bid dat hulle nuwe hoop, nuwe vrede

en ’n nuwe doel in die lewe vind in Jesus Christus.

Dank God vir SAT-7 PARS wat die gelowiges in Iran

bemoedig en ook nuwe hoop vir die soekendes bied.

Kopiereg© 2018 SAT-7 www.sat7sa.org www.sat7.org

www.sat7uk.org

Die Christene in Egipte, wat reeds vele dodelike aanvalle

op aanbiddders—insluitende die bomaanvalle op kerke in

Kaïro, Aleksandrië en Tanta en die aanval op ’n moskee in

die Sinai, beleef het, het hul eenheid met ’n geskokte Nieu-

Seeland bewys.

SAT-7 het ’n boodskap van Dr Andrea Zaki, President

van die Protestante Kerk in Egipte, regstreeks vanaf die

“Eenduisend Evangeliese Leiers’ konferensie in Wadi el-

Natroun uitgesaai. In die boodskap het Dr Zaki hul solida-

riteit met die Nieu-Seelandse Moslem gemeenskap betoon.

Verwysende na die dood van 49 mense en die besering

van talle ander, het Dr Zaki gesê: “Ons staan vas in ons

oortuiging. Ons veroordeel geweld teenoor enigiemand.”

“Ons het soortgelyke ervarings gehad toe ons kerke aan-

geval is en het die pyn van ons mense beleef. Ons roep

vandag almal wat as martelare gesterf het, in herinnering.

“Die moord op iemand wat bid, hetsy Moslem, Christen,

Jood of watter geloof ookal, is onaanvaarbaar. Ons

veroordeel hierdie terroriste aanval en verklaar dat ons

sterk standpunt teen geweld en moord inneem.

“Ons ondersteun persoonlike veiligheid en vryheid asook

die vryheid om in veiligheid te aanbid sonder enige druk,

enige plek in die wêreld.

“Gebede vir vrede sal uit Egipte opgaan.”

“Here, ons staan vandag hier, ons bely ons menslike

swakheid. Ons bely dat sonde en boosheid oral om ons

is. Ons bely dat onskuldiges gedood en bloed vergiet is.

O, Koning van Vrede, na wie toe sal ons gaan? U het

die woorde van die ewige lewe. Koning van Vrede, wie

anders het ons buiten U wat die Gewer van vrede is?

Ons bid vir almal wat beseer is en vir die families van

almal wie se lewens geneem is.

Here, gee U vrede want U is die Koning van Vrede.

In Jesus se Naam, Amen.”

March

2019

Page 2: Noe-rooz, - SAT-7 · 2019-03-31 · Letterlik vertaal beteken Noe-rooz, ‘Nuwe Dag’, bestaande uit ’n kombinasie van die woorde noe wat ‘nuwe’, en rooz wat ‘dag’ beteken

“Ek is ’n Christen en dit is nou ’n jaar sedert ek met

behulp van SAT-7 PARS se programme in geloof begin

groei het. Dit is deur Facebook wat ek SAT-7 PARS

ontdek het. Ek het daarna deel geword van die Whatsapp

en Telegram gespreksgroepe en die Christelike geloof

begin verstaan. Ons durf nie met ander gelowiges hier

kontak maak nie, maar ek leer deur jul programme te

volg en kry so antwoorde op my vrae.

Ek is sewe-en-twintig jaar oud en het vyf kinders. My

vrou is nie ’n gelowige nie; bid asb vir haar en dat ons

lewens verander. Ek is vol vreugde. Ek het in Jesus

begin glo nadat ek Hom in ’n droom ontmoet het.

Ek leer elke dag nuwe dinge deur jul programme en is

dankbaar dat julle so baie tyd spandeer om ons te dien

terwyl ons nie ’n kerk kan bywoon nie. Ek is dankbaar

vir julle almal, geliefde broers en susters.”

* Getuienis van ’n kyker in Iran. Foto vir illustrasie doeleindes.

Bid asb vir hierdie kyker en sy familie.

Duisende kykers kyk SAT-7 in die geheim uit vrees

vir die reaksie van familie en vriende. Bid dat

die programme hulle sal bemoedig en hul geloof

versterk. Bid dat hulle ‘veilige’ vriende vind.

"Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie

bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk

jou, Ek help jou ... “ (Jes 41:10). Bid dat diegene

wat vervolg word hierdie versekering van God se

teenwoordigheid ervaar.

Bid asseblief vir die volgende kykers

terwyl jy hul boodskappe lees.

KYKER IN ALGERIË

“Vra God om in my hart te werk sodat ek ’n geestelike

moeder vir die jonger vroue in ons kerk kan wees. Ek

wil alles doen tot eer van Jesus Christus.”

KYKER IN TURKYE

“Ek is nie in staat om kerk toe te gaan nie, maar jul

programme help my om op die regte weg met Jesus

Christus te bly. Ek bedank almal wat betrokke is by

hierdie programme.”

KYKER IN LIBANON

“Sedert my familie in Egipte uitgevind het dat ek in

Christus glo, is my lewe in gevaar. Ek het na Libanon

toe gevlug. Ek dank God vir die geleenthede wat Hy

my gee om te onderrig en te dien.”

KYKER IN AFGHANISTAN

“Ek is 24 jaar oud en was in ’n ekstremiste groep

totdat ek ontsnap het. Nou lees ek die Bybel. Indien

my ouers my opspoor, sal hulle my doodmaak. Bid dat

hulle ook God se lig sal sien.”

Loof God vir die miljoene SAT-7 ARABIES en

SAT-7 KIDS YouTube kykers elke maand. Bid

dat die video’s die kykers help om in hul

verhouding met die Here te groei.

Bid asseblief vir die volgende kykers

terwyl jy hul boodskappe lees.

KYKER IN IRAN

“Broers en susters buite Iran, bid asb dat dit moontlik

sal wees om in hierdie land kerke te hê wat oop en

veilig is vir elkeen om by te woon. Vra Jesus om Sy

Heilige Gees en Sy liefde oor Iran uit te stort.”

KYKER IN SAOEDI-ARABIË

“My vriend vertel mense in die geheim van Jesus

Christus. Bid asb vir hom vir wysheid wanneer om

watter woorde en met wie te praat.”

KYKER IN IRAN

“ ’n Sekuriteitsdiens amptenaar het voorgegee dat hy

’n gelowige is. Nou is sowat 70 lede van ’n huiskerk

gearresteer, insluitende die pastoor. Bid vir hulle

vrylating en getuienis.”

KYKER IN FRANKRYK

“Ek kom van Sirië af. Ek het SAT-7 ’n Bybel gevra,

en hulle het een vir my gestuur. Baie dankie vir hierdie

kosbare geskenk. Dit maak my baie gelukkig.”

Dank die Here vir die kerke in die streek wat

hul eredienste oopstel vir SAT-7 om uit te saai.

Daardeur maak hulle dit vir kykers, wat nie in

staat is om ’n kerk in hul eie gemeenskap by te

woon nie, moontlik om aanbiddings geleenthede

te beleef.