12
Tel (053) 831 2331 Woensdag 4 Desember 2013 www.noordkaap.co.za GRATIS Phoenix op kroegtoer ervaar bl. 3 Eureka dra krieketkroon weer bl. 12 Vida help geskiedenis bewaar bl. 9 Ruan Bruwer KORT nadat die nuwe feesterrein van die Gariep Kunstefees bekend ge- maak is, het inwoners reeds hul onte- vredenheid met die keuse te kenne ge- gee. Die feeskantoor het Vrydag aange- kondig die fees gaan volgende jaar (van 28 tot 31 Augustus) op die sport- terrein van die Hoërskool Noord- Kaap aangebied word. Die feesterrein moes geskuif word weens ’n gedeelte van die nuwe uni- versiteit wat op die Oppenheimer-tui- ne, die huidige terrein, gesetel sal wees. Inwoners van die enkele wonings in Haystonweg oorkant die skool het te kenne gegee hulle is nie ingenome met veral die bykomende voertuie en bedrywighede in die omgewing nie. Die moontlik harde musiek maak ’n ander inwoner ongemaklik. Volgens Theuns Zimmermann, die fees se uitvoerende bestuurder, was daar enkele moontlikhede, maar is eindelik op die sportterrein van die Hoërskool Noord-Kaap as die geskik- ste terrein besluit. Hy het dit beklemtoon dit is net ’n tydelike oplossing en dat steeds na ’n beter volhoubare en blywende terrein gesoek sal word. Hy voorsien nie ’n probleem met parkeerplekke nie en noem die oop gebied wat die Hoërskool Noord-Kaap en die HTS Kimberley van mekaar skei en wat van Jacobus Smit- tot Meyerstraat loop, sal as voldoende parkeerruimte dien. “Ek moet die skool bedank wat baie gunstig vir die aanbieding van die fees op sy terrein is. Ons is vol ver- troue die fees sal wel tot sy reg kom en ’n aangename ervaring vir fees- gangers bied. “Die terrein is veral geskik wat vol- doende parkeerplek en ’n groot ge- noeg gebied vir die pretpark betref.” Zimmermann sê ofskoon daar ge- noeg grasperk is, is die gebrek aan bo- me wel ’n effense probleem. Bokkie Smith, ’n inwoner van Hay- stonweg, is glad nie tevrede met die aankondiging oor die nuwe feester- rein nie. “Hulle kon regtig maar eers vooraf met ons gekonsulteer het. Ek sukkel reeds soggens met motors wat voor my opritte parkeer wanneer die kin- ders by die skool afgelaai word. “Ek moes my sypaadjie verander om iets hieraan te doen. Wat sal ge- beur as 20 000 meer mense nou hier toesak?” wou sy weet. Feesgangers sal die pad, Hayston- weg, wat uit Meyer- en Jacobus Smit- straat loop, as in- en uitgang gebruik. Zimmermann erken gesprek is nie met inwoners van die omgewing ge- voer nie. “Met watter inwoners moet jy praat, want daar is baie woonbuurte rondom die feesterrein? Die gedagte is nie dat die fees ’n negatiewe impak op die skool moet hê of verkeerspro- bleme moet veroorsaak nie. “Ons vra die publiek om ’n jaar of twee verdraagsaam te wees. Die fees is belangrik vir Kimberley.” Die organiseerders kyk daarna om een groot tent vir musikale optredes te gebruik in plaas van die gebruikli- ke twee (die Castle- en Garieptent). Die RSG- en Reënboogverhoë is steeds deel van die beplanning en waarskynlik op ’n groter skaal. Die plan is van die skole in die om- gewing – HTS, Noord-Kaap en die La- erskool Newton – se skoolsale sal vir opvoerings ingespan word. Terrein krap om DIT is nie aldag dat jy ’n fotosessie met ’n babatjie van net vier dae oud het nie. Klein Ava is die kleinding van Riaan en Jessica Loots. Sy is onlangs deur Nérette Botha van Zoomink afgeneem. Die Lootse, wat hier grootgeword het, woon dees- dae in China, maar was in die land toe geboorte aan Ava ge- skenk is. Riaan se ma woon in Kimberley. Foto: Nérette Botha, Zoomink

Noordkaap 20131204

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Noordkaap 20131204

Citation preview

Page 1: Noordkaap 20131204

Tel (053) 831 2331 Woensdag 4 Desember 2013 www.noordkaap.co.za GRATIS

Phoenix opkroegtoerervaar bl. 3

Eureka drakrieketkroonweer bl. 12

Vida helpgeskiedenisbewaar

bl. 9Ruan Bruwer

KORTnadat die nuwe feesterrein vandie Gariep Kunstefees bekend ge-maak is, het inwoners reeds hul onte-vredenheidmet die keuse te kenne ge-gee.Die feeskantoor het Vrydag aange-

kondig die fees gaan volgende jaar(van 28 tot 31 Augustus) op die sport-terrein van die Hoërskool Noord-Kaap aangebied word.Die feesterrein moes geskuif word

weens ’n gedeelte van die nuwe uni-versiteit wat op die Oppenheimer-tui-ne, die huidige terrein, gesetel salwees.Inwoners van die enkele wonings

in Haystonweg oorkant die skool hette kenne gegee hulle is nie ingenomemet veral die bykomende voertuie enbedrywighede in die omgewing nie.Die moontlik harde musiek maak ’n

ander inwoner ongemaklik.Volgens Theuns Zimmermann, die

fees se uitvoerende bestuurder, wasdaar enkele moontlikhede, maar iseindelik op die sportterrein van dieHoërskool Noord-Kaap as die geskik-ste terrein besluit.Hy het dit beklemtoon dit is net ’n

tydelike oplossing en dat steeds na ’nbetervolhoubareenblywende terreingesoek sal word.Hy voorsien nie ’n probleem met

parkeerplekke nie en noem die oopgebiedwat dieHoërskoolNoord-Kaapen die HTS Kimberley van mekaarskei en wat van Jacobus Smit- totMeyerstraat loop, sal as voldoendeparkeerruimte dien.“Ekmoet die skool bedankwat baie

gunstig vir die aanbieding van diefees op sy terrein is. Ons is vol ver-troue die fees sal wel tot sy reg komen ’n aangename ervaring vir fees-

gangers bied.“Die terrein is veral geskikwat vol-

doende parkeerplek en ’n groot ge-noeg gebied vir die pretpark betref.”Zimmermann sê ofskoon daar ge-

noeg grasperk is, is die gebrek aan bo-me wel ’n effense probleem.Bokkie Smith, ’n inwoner van Hay-

stonweg, is glad nie tevrede met dieaankondiging oor die nuwe feester-rein nie.“Hulle kon regtig maar eers vooraf

met ons gekonsulteer het. Ek sukkelreeds soggens met motors wat voormy opritte parkeer wanneer die kin-ders by die skool afgelaai word.“Ek moes my sypaadjie verander

om iets hieraan te doen. Wat sal ge-beur as 20 000 meer mense nou hiertoesak?” wou sy weet.Feesgangers sal die pad, Hayston-

weg, wat uit Meyer- en Jacobus Smit-straat loop, as in- en uitgang gebruik.

Zimmermann erken gesprek is niemet inwoners van die omgewing ge-voer nie.“Met watter inwoners moet jy

praat, want daar is baie woonbuurterondom die feesterrein? Die gedagteis nie dat die fees ’n negatiewe impakop die skool moet hê of verkeerspro-bleme moet veroorsaak nie.“Ons vra die publiek om ’n jaar of

twee verdraagsaam te wees. Die feesis belangrik vir Kimberley.”Die organiseerders kyk daarna om

een groot tent vir musikale optredeste gebruik in plaas van die gebruikli-ke twee (die Castle- en Garieptent).Die RSG- en Reënboogverhoë is

steeds deel van die beplanning enwaarskynlik op ’n groter skaal.Die plan is van die skole in die om-

gewing – HTS, Noord-Kaap en die La-erskool Newton – se skoolsale sal viropvoerings ingespan word.

Terrein krap om

DIT is nie aldag dat jy ’n fotosessie met ’n babatjie van netvier dae oud het nie. Klein Ava is die kleinding van Riaan enJessica Loots. Sy is onlangs deur Nérette Botha van Zoominkafgeneem. Die Lootse, wat hier grootgeword het, woon dees­dae in China, maar was in die land toe geboorte aan Ava ge­skenk is. Riaan semawoon in Kimberley.Foto:NéretteBotha,Zoomink

Page 2: Noordkaap 20131204

2 NOORDKAAP, WOENSDAG 4 DESEMBER 2013

A SOCIAL WORKERfrom Cape Town istrying to locate relati-ves of Marie Bobojie(32) who died at theBrooklyn Chest Hos-pital in Cape Townwhere she was a pa-tient.Her last known ad-

dress was in Ottery,Cape Town. She wasoriginally from Dou-glas. Anyone whoknew her is asked tophone Veronica vanWyk, a social worker,on 021-508-7484/70.This is an attempt

to trace her familyand inform them ofher passing. The hos-pital has no address,contact number ornames of them.

Familywanted

Woensdag 4 Desem-ber:’n Biddag vir

broodnodige reën indie Noord-Kaap wordom 19:00 in die

Laerskool Newton se saal gehou.Bel past. Johan Vrey by 082-471-8121.

Thursday, 5 December:The Kimberley College of Magic takes

some amazing and thrilling magicalentertainment to the Kimberley Library at10:00.Leaders Edwin Tsiolo and Tebogo Keswa

are honing their skills and aspiringmagicians in their third year are ready toentertain and amuse with coins, cards,ropes, silk handkerchiefs and incrediblesponge balls.They will share their juggling skills and

magical mysteries – with secretly appea-ring and vanishing floating and multiply-ing objects of delight.The show is free of charge.

Vrydag 6 en Saterdag 7 Desember:’n Kunsuitstalling deur Lidi Gelderblom

en studente met uiteenlopende onderwerpe,asook in verskillende mediums, wordVrydag van 11:00 af en Saterdag heeldag indie Diamond Pavilion Shopping Mall opdie tweede vlak gehou.) Indien jy ’n gebeurtenis in Kimberleyaanbied, stuur gerus die inligting aanNoordkaap. Dit word gratis in die koerantgeplaas.Indien dit die Woensdag wanneer die

koerant beskikbaar is, moet verskyn, moetdit Noordkaap die vorige week voorVrydag om 10:00 bereik.Jy kan die inligting na noord-

[email protected] e-pos, dit na 086-214-7986 faks of per SMS na 45533 stuur.Die SMS moet met “NK” begin.

VAKANSIETYD is om die draai – ’ntyd wat aan feesviering, inkopies envakansiepret gekenmerk word.Terwyl die meeste mense diegeskenk van lewe beleef, is daarander mense wat deur siektes in diegesig gestaar word. Dit verhoed hulleom dié tydperk met geliefdes tegeniet.“Duisende mense maak daagliks op

bloedoortappings staat. Dit sluit invroue wat bloed tydens bevallingverloor of die slagoffers van ongeluk-ke. Die Suid-Afrikaanse NasionaleBloeddiens (SANBD) moet elke dag

3 000 eenhede bloed insamel om aandie bloed-behoefte van pasiënte inSuid-Afrika te voldoen. Statistiekewys minder as 1% van die bevolkingskenk daagliks bloed wat die gevaarlaat bestaan dat hospitale gedurendevakansies ’n bloedtekort magondervind,” sê Vanessa Raju,kommunikasiebestuurder van dieSANBD.“Terwyl Desember ’n wonderlike

tyd is om te ontspan is dit ook ’n tydom een van die grootste geskenke tegee – die vloeistof (bloed) wat elkehart laat klop, ongeag ras, geslag of

ouderdom.”Raju versoek almal wat kan om die

vakansie tyd te maak om mensered-dende bloed te skenk.“Terwyl jy tyd met jou familie

bestee, dink ook ’n oomblik aandiegene wat dit misloop as daar niegenoeg bloed beskikbaar is nie. Ditduur slegs 30 minute van jou tyd ombloed te skenk en dit kos nie ’n sentnie. Gee die beste geskenk dieKersfees – die geskenk van lewe,”het sy gesê.Skakel die SANBD in Kimberley

by 053-833-1651.

Gee dié Kerstyd die geskenk van lewe

ERIC RINUS KOK, Kimberley:

SOUTH AFRICA is a countryobsessed with race; so much so thatits citizens will jump at any andevery opportunity to make theirfellow citizens feel inferior.We can turn any argument into a

full-blown race war. However, whenthe story of the brown mixed-breddog who fell into Kimberley’s BigHole emerged, I was actually amazedto log into a social media site andread comments about the wholeevent. For the first time there wereno racial slurs thrown about, notrolls on the forefront, fanning outthe flames of racial divide. No onementioned anything about whetherthe owner of the dog was white or

black and who should be blamed forwhat happened. It was as if everyonewho commented was drunk onrainbow-berry juice. Black and whitepeople were agreeing unanimouslyand pleading that the dog be saved.When I looked at the footage of the

rescue on the news, the onlookerswere of every single race of SouthAfrica. Some rejoiced, while othersshed a few tears of relief as “Kap-tein” was finally rescued.It took a little stray dog from

Kimberley to prove to ourselves thatwe as South Africans can look pastour ignorance and accomplish ourgoals as one united force.We saved the dog, but it also saved

us, because even just for two dayswe were all South Africans and not acolour.Let us stand together, stop the

blame game, put down the race cardsand start to work on our problems.We did it for “Kaptein”, now let’s doit for our children.

Let’s put downthe race card

THE rescue attempt that had everyone on the edge oftheir seats in front of their computers as they followedthe process on the social networks. Photo:EmileHendricks

Letters: PO Box1583, Kimberley8300

Page 3: Noordkaap 20131204

NOORDKAAP, WOENSDAG 4 DESEMBER 2013 3

Skuimkop Pienaar en Jan Dop

KIMBERLEY het byna ’n eeu lank diereputasie gehad hier was twee keer meerkroeë as kerke en apteke in die stad.Een van die redes vir die ongelooflik

baie kroeë was omdat die delwers vandestyds ’n plek gesoek het om hul sukses tegaan vier en die ongelukkige delwers omvertroosting te gaan vind. Dié keer is onsterug in Beaconsfield by die Phoenix-hotel.Ná twee vorige mislukte pogings om diePhoenix se kroegdeure voor sonsondergangoop te kry het ons maar vroeg daar aange-doen om nie weer voor dooimansdeur testaan nie.

Dit ’n rapsie ná 17:00 op ’n Donderdag.Binne is dit net die kroegman en twee manswat soos boere lyk – kan maklik ’n pa enseun wees. Hulle het nie lank genoeg geblyvir ons om ’n geselsie aan te knoop nie.

Die kroegman knik instemmend toe Janvra of dit maar altyd so stil in die stokoukroeg is.

Net Vrydag- en Saterdagaande is hier lewe,die res van die week is dit maar gevrek. Netdie regulars kom hierheen, aldus diekroegman wat ons Coke en Red Bull aangee.Hy is slim, gee kleingeld bestaande uit ’npaar tweerandstukke – so asof hy geweet hetons sou ’n paar van hulle benodig vir diepotspeltafel wat agter die kroeg staan.HaarstyleAan die mure is ou foto’s van klubspanne

waarvan die meeste klubs lankal nie meer inKimberley bestaan nie.

Die kroeg laat ’n mens baie aan vervloëdae dink. Die groot speakers bo die kroeg geejou ’n aanduiding hier is al groot partytjiesgehou. Ook aan die mure is twee geraamdefoto’s van die Protea-krieketspan wat ná diewêreldbekertoernooie in 1992 en 1996 geneemis. Dit is interessant om Jacques Kallis semiddelpaadjie op die foto van 1996 op temerk – dit was natuurlik die jare toe diemiddelpaadjie hoogmode was, hoewel daardieera ’n kortstondige een was. Ek en Jan praat’n ruk oor haarstyle wat gekom en gegaanhet.Praat nie juis nieNá twee nederlae op die potspeltafel gee

Jan moed op. Ons sien intussen het tweemans by die kroeg gaan sit wat na regularslyk. Ons bestel al twee ’n Hunters en gaansit naby die twee mans. ’n Derde een komook ingestap. Hulle praat nie ’n woord metmekaar nie. En dit is nie dat al hul aandagop byvoorbeeld hul selfone gevestig is nie.Nee, hulle lyk net nie lus vir gesels nie. Wilnet hul dop in stilte drink.

Die een man het nog nie eens klaargedrink nie toe loop hy, met die glas en al . . .

Ons begin maar met die oom die naasteaan ons gesels. Hy sê hy kom die afgelopedrie jaar redelik gereeld hier. Maar volgenshom het die voete die laaste tyd aansienlikafgeneem. Hy kan nie verklaar wat die rededaarvoor kan wees nie. Maar hy lyk redelikafgehaal terwyl hy dit vertel.

Dit is nou net ons drie in die kroeg. Diekroegman staan en praat buite met ’n kennisof vriend.Net een drankieDankie tog vir die televisie wat op ’n

sportkanaal is. Want andersins het besoekersaan die kroeg seker met hul hare gesit enspeel. Want vir gesels lyk niemand hier lusnie.

Dit wil voorkom asof almal hier net eendrankie drink en dan waai. Soos die manwat ook daar aangesit het terwyl ons onsderde potspelwedstryd gespeel het. Hy praatEngels. Maar net toe ons dink ons kan ’nbietjie klets, groet hy. Nou is dit weer netons drie oor.

Die oom, wat te kenne gegee het hy werkin ’n myn by Hothazel sit steeds daar. Hykyk so af en toe na die TV-skerm, maar lyknie baie geïnteresseerd nie.

Dit blyk ’n heel besige straathoek te weeswaarby die hotel geleë is. Baie mense loopdaar verby sonder om ooit vas te steek of nabinne te loer. Op pad huis toe staan ons eers’n ruk buite en gesels. Dit is 19:15 en die oomkom uitgestap. Nog voordat hy in sy bakkievertrek, sien ons die venters van die kroegword toegemaak. Die deur volg oomblikkelater. Ons wonder of, soos met die haarstyle,dit ook maar net ’n era is waartydens diekroeg ’n bietjie swaar trek. Want dit lykimmers of die Phoenix al die toets van tyddeurstaan het.

Net ’n paar siele,danmaak hy toe

DIE Phoenix­hotel in Beaconsfield lok deesdae nie juis meer baiemense na sy kroeg nie. In die week sluit die deur reeds voor sons­ondergang. Foto: Skuimkop Pienaar

ROMMELHOPE in ElToropark en die mees­te van Kimberley sewoongebiede is gerui­me tyd al ’n probleem.Etta van der Walt, ’ninwoner, het onlangsbesluit om iets hier­aan doen. Só werkPiet Riet (foto) sedertSeptember Maandaein die omgewing omalle afval in vullissak­ke te gooi en die sakkedan op die straathoe­ke te los vir diemunisi­pale vragmotor omditDinsdae te verwyder.Van derWalt is passie­vol oor die woonge­bied en het selfs diestuk oop grond op diehoek van McDougall­straat en Queenwegskoongemaak.

Foto: Ruan Bruwer

Page 4: Noordkaap 20131204

4 NOORDKAAP, WOENSDAG 4 DESEMBER 2013

Eksamenvraaglaat tonge klapDIE departement van basieseonderwys sit met soveel verleent-heid oor die omstrede vraag indie matrieks se dramavraestel datgeen verduideliking – hoe opregook al bedoel – dit sal kanverwyder nie.

Dramaleerlinge het verledeMaandag ’n verpligte vraag oor ’nuittreksel uit die toneelstukTshepang gekry wat deur diewrede verkragting van die negemaande oue baba Tshepang opUpington geïnspireer is.

Die leerlinge moes beskryf hoehulle die akteur ’n verkragtings-daad sal laat uitvoer met ’nbesemstok en brood om diewreedheid daarvan te beklem-toon. Dié vraag het ouers,leerlinge en drama-onderwyserseweneens die harnas in gejaag endie strydbyle teen die departe-ment laat opneem. Die departe-

ment het teruggekap deur te sêverkragting is ’n werklikheid inSuid-Afrika waaraan jong mensedaagliks blootgestel word.

Die departement is reg wanneerhy sê verkragting is iets watmatriekleerlinge waarskynlik alin klasverband behandel het ofelders aan blootgestel is. Hy misegter die punt.

Niemand ontken verkragting isiets waarvan jong mense bewusmoet wees nie. Die manierwaarop die departement dieonderwerp benader het, grensegter aan onverantwoordelik.

Opvoeders moet omsigtig tewerk gaan wanneer hulle dieonderwerp met jong mensebehandel.

GEBEURTENISSE op 4 Desember indie verlede:1791 – Die oudste Sondagblad in die

wêreld, The Observer in Brittanje,verskyn die eerste keer.1900 – Emily Hobhouse kom in

Suid-Afrika aan om in die Anglo-Boere-oorlog noodlenigingswerk onder Boere-vroue en kinders te verrig.1966 – Britse en Rhodesiese leiers kom

byeen om die geskil oor Rhodesië seeensydige onafhanklikheidsverklaring teprobeer oplos.1976 – Minstens 20 mense sterf in

swart faksiegevegte in Kaapstad.1981– Ciskei word ’n onafhanklike

tuisland.1991 – Die Suid-Afrikaanse skrywer

Nadine Gordimer, wat in Swede is om dieNobelprys vir letterkunde te ontvang, vradat ekonomiese sanksies teen Suid-Afrikavolgehou word.2001 – Marike de Klerk, gewese vrou

van oud-pres. F.W. de Klerk, wordvermoor in haar woonstel in Table View,

Kaapstad, aangetref.2007 – Die voormalige Pakistanse

premier Benazir Bhutto en 20 andermense sterf in ’n sluipmoord-aanval inRawalpindi. Sy was besig met ’n verkie-singsveldtog.2008 – Louis Stofberg, die enigste mens

wat as lid van die Herstigte NasionaleParty (HNP) ’n parlementsetel kon wen,sterf op 81 jaar.Geboortes op die dag:1936 – Ena Murray, Afrikaanse

skrywer.1949 – Jeff Bridges, Amerikaanse

akteur.1967 – Marc Lottering, komediant.

Bid saammet boere vir reënHannes Noëth

INTERESSANT hoe vreemde dingesoms gelyktydig gebeur. Opdieselfde oomblik dat ek ’n foto perSMS van ’n boer ontvang wat wyshoe droog dit is, loop ek om diepark voor my huis. Die kontras isironies erg. As dit nie so hartseersou wees nie, sou dit snaaks kongewees het. Die foto getuig vanwanhoop, moedeloosheid enmagteloosheid. ’n Foto wat getuigvan geen reën oor maande enseisoene heen nie en honger diere.Die park voor my huis is oor-stroom met water. Vier dae aaneenloop die sproeiers. Ek kry nie ’n

plek om dit toe te maak nie.Die munisipaliteit antwoord nie

en toe hy antwoord, het niemandjuis lus geklink om te help nie.Daar is blykbaar oor twee weke ’nbelangrike herdenkingsgeleentheidin die park. Daarom dat die parkso baie aandag kry – gras wordgesny en die sproeiers loop gereeld.

Die hartseerste is die sproeiers isaan vergeet. Nie ’n dag nie, nietwee dae nie, al vier dae. Terwyldie kosbare water uitstroom, is ons

magteloos om ’n verandering tebring. Daardie onthou het ná vierdae gekom. En terwyl ek ’n getuievan die vermorsing is, treur ons inons hart saam met die boere. Daaris nie ’n plan B nie. Reën isdringend nodig. Selfs ons in diestede wat dink ons is minderafhanklik daarvan besef water is ’nmees basiese behoefte. Daarom datons sorgsaam daarmee moetomgaan. Nie lukraak kan mors enkrane oop vergeet nie. Wat ’nvoorreg om water te mag hê ensterkte aan boere wat wag op reën.

Ons bid saam met julle. En aanalmal: Laat ons nie met die wateraan ons toevertrou is, mors nie.

KIMBERLEY-NUUSFLITSE van die afgelopeweek:) Motoriste in die Noord-Kaap, asookbesoekers aan die provinsie, sal moetligloop. Mac Jack, LUR vir vervoer, het opdie bekendstelling van die program gesêonskuldige bestuurders, passasiers envoetgangers word die slagoffers van andermense se roekelose manier van bestuur enongeduld op die pad.Hy het die R31 (tussen Kimberley enBarkly-Wes) en die N12 (tussen Warrentonen Hopetown) as berugte doodspaaiebeskryf. Die verskillende wetstoepassings-eenhede sal sterk op dié paaie fokus.) Die gemeenskap in Galeshewe huil oordie wreedaardige verkragtings en moordevan vroue. ’n Ses weke oue baba en ’nbejaarde vrou (87) is ook in Galesheweverkrag. Die vrou is ook vermoor. Al tweeslagoffers is na bewering aangerand deurmense wat hulle geken het.Die beskuldigde het op aanklagte vanverkragting en poging tot moord op ’npolisieman (in ’n onverwante voorval)verskyn. Hy sal weer op 12 Desember in diehof wees. Die man het glo ’n BCom-graad.) Alle skoolhandboeke vir die nuweskooljaar in die Noord-Kaap is reedsafgelewer. Só sê Lehuma Ntuane, kommuni-kasiehoof van die onderwysdepartement.Die aflewering van die handboeke is in dietweede week van November afgehandel. Diedepartement van basiese onderwys hetbesluit alle provinsies moet die aflewering

van handboeke teen die einde van Oktoberafhandel.) Die kop van die omstrede burgemeestervan die Sol Plaatje-munisipaliteit, AgnesNtlangula, het eerste gerol toe die ANC diesweep oor die munisipaliteit geklap het.“Ruk jou reg” was die duidelike boodskapaan die munisipaliteit én sy politiekeampsdraers. Dié aankondiging kom nadatdie stad die afgelope jaar telkens langwateronderbrekings ervaar het. Rommel indie strate het toenemend ’n verleentheid energernis vir inwoners geword.Ntlangula word vervang deur Dave Molusi,ANC-hoofsweep in die wetgewer en ’nvoormalige LUR vir gesondheid, asook virpaaie en openbare werke.) John Block, LUR vir finansies, ekonomie-se sake en toerisme, se aansoek om verloftot appèl teen die beslaglegging op syTrifecta-aandele en ’n gastehuis op Uping-ton is in die hooggeregshof afgewys.Regter B.M. Pakati het bevind die beslagleg-gingseenheid het bewys die 25 Trifecta-aan-dele en die verbeterings aan die gastehuisis uit korrupte handelinge betaal.

SKETS: Danie Cronjé

Só maak die weer Minimum MaksimumDonderdag 14 °C 33 °CVrydag 14 °C 34 °CSaterdag 18 °C 35 °CSondag 18 °C 38 °C

Page 5: Noordkaap 20131204

NOORDKAAP, WOENSDAG 4 DESEMBER 2013 5

VISIT ONE OF OUR BRANCHES COUNTRYWIDE, CALL US ON 0860000886 OR SMS YOUR NAME TO 41575 ANDWE WILL CALL YOUwww.omfinance.co.za

No matter what anyone tells you, the longer you take to pay back a loan the more it costs you.At Old Mutual we don’t make paying off your loan longer than it should. Instead, our plans aredesigned to assist you in getting out of debt sooner rather than later. Let us help you find a loanthat suits your needs. Because if you borrow responsibly, there is such a thing as good debt.

Terms and Conditions apply.NCRCP35

Old Mutual Finance is a Licensed Financial Services and Registered Credit Provider

PAYING OFF YOUR LOANOVER A SHORTER PERIOD OF

TIME SAVES YOU MONEY

Ruan Bruwer

IS WEER SAGIE is die tweede roman in diedrieluik wat Jan van Tonder beoog oor diejong man Sagie en sy lewe van onskuld enhalf verstaan.Dit hervat Sagie se verhaal vier jaar nadat

hul bure, die De Wets, met hul dogter Ansieuit die distrik Ladismith in die Klein-Karoovertrek het.Sagie boer steeds saam met sy pa, Barend,

maar wanneer hy ook al ’n tydjie kanafstaan, bou Sagie aan Ansie se huis: Hy gloAnsie sal terugkeer sodra rook uit dieskoorsteen trek . . .Is weer Sagie is ’n aangrypende, deernis-

wekkende leeservaring oor Sagie se groei navolwassewording. Die trefkrag van dieverhaal lê in die fyn en onderbeklemtoondeuitbeelding van emosies in die wêreld vaneenvoud en onskuld. Soos die eerste romanoor Sagie is die een weer ’n diep menslikeverhaal wat baie lesers sal raak.Kategorie: Fiksie.Formaat: Sagteband, 191 bladsye.Uitgewer: Human & Rousseau.Onlangse publikasies: Roepman, Starga-

zer en Is Sagie.Oor die skrywer: Jan van Tonder (59) het

in Durban grootgeword. Hy het ’n universi-teitsgraad in sielkunde en kriminologie enbeskik oor ’n skipperslisensie. Hy het in 1979in die tronk begin skryf toe hy in diePoint-gevangenis in Durban as bewaarderbegin werk het. Die verhaal is gepubliseer enas Huisgenoot se kortverhaal van die maandaangewys.Naas tronkbewaarder was hy ook al

kaartjieondersoeker, stoker, restaurantbe-stuurder, opleidingsbeampte, joernalis,skilder en skrywer.

Sy roman Roepman is wyd deur resensentegeloof, was op verskeie kortlyste vir pryse enis ook in Nederlands vertaal.Die rolprent daarvan is in 2011 uitgereik.

Onskuld uitgebeeld

Om ’n kans te staan om die en vyfander Afrikaanse boeke te wengaan na www.noordkaap.co.za ensoek die skakel “Kompetisies”.!!

DIE Noord-Kaapse Federasie vir Water-sport in die Noord-Kaap (Nocasa) en dieSuid-Afrikaanse Instituut vir DwelmvryeSport bied môre om 18:00 ’n inligtingses-

sie rakende aanvullings en wat inaanmerking geneem moet word, by dieKaren Muir-swembad aan. Navrae: DeonSteyn by 083-281-4043.

Nocasa hou inligtingsessie

Page 6: Noordkaap 20131204

6 NOORDKAAP, WOENSDAG 4 DESEMBER 2013

FOKUS OP CALVINIA

IN Suid-Afrika se grootste provinsie, dieNoord-Kaap, omtrent halfpad tussen Kaap-stad en Upington in die Karoo, lê die kleindorpie Calvinia in die hart van die Hantam-Karoo gesetel.Die dorp lê in ’n kom gevorm deur twee

bakens, die Hantamberg en dan Rebunie watvan ver af sigbaar is en uit elke rigting ’nander vorm aanneem.Die dorp het baie interessanthede om te

verken soos die prettige museum, staproetesin die Akkerendam-natuurreservaat net buitedie dorp, wonderlike oornagplekkies soos dieCalvinia-hotel en kleurryke karakters watdie strate bewandel.Die heiligdom van stilte genaamd Calvinia

is ’n dorp waarop die mense nog plat op dieaarde is, waarop jy ’n vreemdeling kanvoorkeer en vra vir die kortste pad na joubestemming, of sommer net om te gesels ooralledaagse dinge. Hier kan jy jouself toelaatom in die verlede terug te tree terwyl jysteeds alle moderne geriewe tot jou beskik-king het. Op Calvinia kan jy wegkom van dieoorlaaide vakansieoorde en jou kragte opbouomring van die rustigheid van die omgewing.Jy mag dalk soos ’n verlore seun opdaag,maar word gou soos ’n ou ingeseteneverwelkom.Calvinia is ’n dorp vasgevang tussen die

hede en die verlede waar dinosourusse 250miljoen jaar gelede rondgeloop het en ’nerfenis van ’n besonderse fauna en flora eninteressante geologiese verskynsels nagelaathet. Die lewe op die skilderagtige dorp voelof dit stadiger beweeg as elders sodat jy meertyd vir die goeie dinge in die lewe kan hê.Hier, naby die grootste posbus in die

wêreld, speel jy woestyngholf terwyl llamastoekyk. In die plaaslike museum maak jykennis met ’n wollerige skaap met ’n vag van38 cm wat voorheen drie jaar alleen in dieveld oorleef het.Die Hantam is vleiswêreld waar die

jaarlikse Hantam-vleisfees al van 1990 af elkelaaste naweek van Augustus met oorgawegevier word. Hier word gesmul aan skaap-

vleisgeregte voorberei uit elke deeltjie vangeurige Hantam-lammers.Die enigste hotel op die dorp, die Calvinia-

hotel, vroeër bekend as die Hantam-hotel ennog vroeër as die Royal-hotel, is heeltemalgerestoureer en die beroemde dansparty watin 1926 vir die Earl of Athlone hier gehou is,word nou gereeld vir langarm-entoesiasteherhaal.Die hotel spog ook met ’n swembad op die

boonste balkon, 25 en suite-kamers met DStven gratis Wi-fi, konferensiegeriewe vir meeras 80 mense en ’n biertuin.Gaste kan ook van die restaurant en kroeg

met veilige parkeerplek vir gemoedsrusgebruik maak. Vanjaar het die Tankwa-lodge,wat verbind is aan die Calvinia-lodge, ook syvir die publiek oopgemaak.Rig navrae oor die Calvinia-hotel aan

027-341-1512 of e-pos [email protected].

Dorp bied ontvlugting

DIE reusagtige posbus op Calvinia.

Page 7: Noordkaap 20131204

NOORDKAAP, WOENSDAG 4 DESEMBER 2013 7

CUSTOMERS ENTERED BY MAKING A CALL FOR 1 MINUTE A DAY FOR A WEEK. CAMPAIGN ENDS 31 JANUARY 2014. *RICA IN-STORE. Offers valid from 1 December – 31 December 2013. All prices are inclusive of VAT. Terms and Conditions apply. Once-off SIM & connection fee of R114applies to contracts only. Limitations apply to these products and promotions. For these limitations and full terms and conditions, please visit www.cellc.co.za or ask in-store. E&OE.

cellc.co.za

JHB44

703 LOWEST

CALL RATEGUARANTEED FLAT

YOUR SHARE OFYOUR SHARE OFYOUR SHARE OF

R2 MILLIONALL OUR CUSTOMERS ARE AUTOMATICALLYENTERED. ONE R100 000 WINNER DRAWN

EVERY WEEK.

Nokia Lumia 520 Smartphone

R129PMx24

ON STRAIGHT UP 100*

FEATURES: 4” Super-sensitive display, Perfectshot always with Smart Shoot, Free VoiceGuided Navigation.

99c PER MIN. ON PER SECOND BILLING

100SMS/MMS

100MINUTES

100MB DATA

Samsung Galaxy S4Smartphone

R389PMx24

ON STRAIGHT UP 100*

FEATURES:Dual Camera, Group Play,S Translator, Samsung Smart Pause/Scroll.

99c PER MIN. ON PER SECOND BILLING

100SMS/MMS

100MINUTES

1GBMB DATA

CHANGETO CELL C AND

R169PMx24

ON STRAIGHT UP 100*

FEATURES: Android 4.3 (Jelly Bean), 1GhzDual-Core Processor, 8GB Onboard memory,4” super AMOLED Screen.

99c PER MIN. ON PER SECOND BILLING

100SMS/MMS

100MINUTES

100MB DATA

Samsung Galaxy S3Mini Smartphone

GOODIE BAGINCLUDES

ENERGIZERPOWERPACK

Available at the following Cell C stores:New Park 084 828 0319 • Northern Cape Mall 084 828 0353 • Maxcell-Kimberley 074 809 2444

Page 8: Noordkaap 20131204

8 NOORDKAAP, WOENSDAG 4 DESEMBER 2013

DIE RSG­omroeper IanWes­sels voer Vrydag sy solover­toning,Ek’s anoniem!, in dieWilliam Humphreys­kuns­galery op. In die komediebekyk Wessels alledaagsesituasies waarin enigeen salwens hy of sy kon lieweranoniem gewees het. Ditbegin om 19:00. Kaartjies isteen R100 by Computicketof by 083­746­8385 be­skikbaar.

Vermaak in KbyRuan Bruwer

DIE verhaal van Kaptein Seeley,oftewel Kimberleigh, het toe ’ngelukkige einde.

Die hond is ná langer as ’nweek uit die Groot Gat gered, isnou weer perdfris en gelukkigby haar nuwe eienaar.

Volgens Mario van derWesthuizen, inspekteur van dieDierebeskermingsvereniging(DBV), het hy Vrydag Seeley se

huis geïnspekteer en dit geskikgevind. Seeley het die honddaarna gaan afhaal. Van derWesthuizen sê hy het nie weeriets van Seeley gehoor nie, dusvertrou hy die hond is gesond.

’n Skikking is Vrydag tussendie DBV en past. Chris Baadjiesse regspanne bereik.

Daar is ooreengekom Baadjiesskenk Kimberleigh aan die DBVen sy word vir aannemingbeskikbaar gestel.

Kimberleigh by nuwe tuiste

Page 9: Noordkaap 20131204

NOORDKAAP, WOENSDAG 4 DESEMBER 2013 9

NOW SHOWING ATSTER-KINEKOR THEATRES

SHOWTIMESFRIDAY 29 NOVEMBER

- THURSDAY 5 DECEMBERSHOWS, PRICES AND TIMES SUBJECT TO CHANGE. NEW RELEASE - NO COMPLIMENTARY

TICKETS (*) FOR ONE WEEK FROM DATE OF RELEASE UNLESS OTHERWISE STATED

MORE WAYS TO BOOK

TicketLine082 16789

Standard rates apply. Free minutes do not apply.

sterkinekor.com /sterkinekortheatres APP @sktheatres

Follow us

NORTH CAPE MALLMANDELA: LONG WALKTO FREEDOM ¸˛Ç

Daily: 11:00, 14:00, 17:15, 20:30——————————————————————————————————

SCHUKS!YOUR COUNTRYNEEDSYOU ¸˛Ç

Fri, Sat: 9:45, 12:00, 14:45, 17:30, 19:45, 22:00Sun: 9:45, 12:00, 14:45, 17:30, 19:45Mon,Wed,Thu: 9:45, 12:00, 14:45, 17:30, 19:45Tue: 9:45, 12:00, 14:45, 17:30, 19:45, 22:00

——————————————————————————————————

HUNGER GAMES:CATCHING FIRE ˛Ç

Daily: 9:00, 11:15, 14:30, 17:45, 20:45Fri, Sat,Tue: 22:45

——————————————————————————————————

JUSTIN AND THE KNIGHTSOF VALOUR ˛Ç∂

Fri, Sat: 9:15, 11:30, 14:15, 16:45, 19:30, 22:15Sun: 9:15, 11:30, 14:15, 16:45, 19:30Mon,Wed,Thu: 9:15, 11:30, 14:15, 16:45, 19:30Tue: 9:15, 11:30, 14:15, 16:45, 19:30, 22:15

——————————————————————————————————

THOR: THE DARKWORLD ˛Ç

Fri, Sat,Tue: 12:15, 15:00, 17:30, 20:00, 22:30Sun, Mon,Wed,Thu: 12:15, 15:00, 17:30, 20:00

——————————————————————————————————

AS JY SING ˛ÇƒDaily: 9:30, 12:30, 15:15, 17:45, 20:15

Carine Beylefeld

KIMBERLEY is alombekend vir syinteressante geskiedenis wat goedopgeteken is en behoue gebly het.Sonder sy geskiedenis sou Kimber-ley nie so interessant gewees hetnie.Een van daardie mense wat dit in

stand help hou en voortdurend nuwegeskiedenis navors en aanteken, isVida Allen, hoof van die geskied-kundige afdeling van die McGregor-museum.Allen (56) werk bykans 30 jaar

hier en het al baie lof verdien virdie werk wat sy so passievol doen.“Ek het van jongs af in geskiede-

nis belang gestel en het baiegelees.Wanneer ek ’n monument gesien

het, wou ek altyd meer daaroorgeweet het,” vertel sy.Sy het op Griekwastad grootge-

word waar haar pa, ds. Pieter Botha,’n predikant was. Ná sy dood hethulle na Kimberley verhuis en syhet haar skoolloopbaan aan dieDiamantveld Hoërskool voltooi.Sy het dus ekstra plesier beleef

om te help met die navorsing vir ’nboek wat die skool met sy 75-jarigebestaansviering onlangs uitgereikhet.Sy het biblioteekkunde aan die

Universiteit van Pretoria (UP)gestudeer. In 1978 het sy na dieDiamantstad teruggekeer om in dieAfrikana-biblioteek te werk.Sy sê een van haar take is om die

museum se argief oor die diegeskiedenis van die Noord-Kaap,Griekwaland-Wes en Kimberleybygewerk te hou.Sy en haar sewe kollegas is ook

verantwoordelik vir die permanenteuitstallings in die provinsie.Met die jare se navorsing het sy

twee boeke uitgereik: Early Kimber-ley – A photographic souvenir enMalay Camp: A forgotten suburb.Sy was die mede-outeur van Green

Point – A forgotten suburb en Thestruggle for liberation and freedomin the Northern Cape 1850-1994.Laasgenoemde boek word binnekortuitgereik.Behalwe vir lees, swem sy graag

en besoek gereeld die gimnasium.Naweke kuier sy lekker saam met

vriende en is by Beaconsfield seMetodistekerk betrokke waar sy dieNagmaalkelner is. Vida sê sy wil ooragt jaar aftree en dan graag by die

see gaan woon.Sy en haar man van 30 jaar,

Ramon, het twee seuns, Aronsarden Gareth.

Vidawerk verlede by

VIDA ALLEN, hoof van die geskiedkundige afdeling van die McGregor­muse­um, by ’n kennisgewingbord in die museum wat in die vorige bedeling oralin die land te sien was. Foto: Carine Beylefeld

Wen só fliekkaartjiesFLIEKFLOOIE sal bly weesom te verneem drie gelukki-ge lesers kan elke week metNoordkaap vier kaartjies elkmet die vergunning vanSter-Kinekor wen.Die fliekgids vir die

rolprente wat in die Ster-Ki-nekor-rolprentteater in dieNorth Cape-winkelsentrumvertoon word, word ookvoortaan weekliks in Noord-kaap geplaas.Ongelukkig word die

weeklikse gids, wat vanVrydae tot Donderdaeinsluit, eers op ’n Woensdagdeur Ster-Kinekor uitgestuur,

wat dus te laat vir publikasieis. Om die fliekgids tot dievolgende Woensdag te sienbesoek gerus Noordkaap sewebtuiste, www.noord-kaap.co.za, of www.sterkine-kor.com.Om ’n kans te staan om

een van die drie wennersvan vier fliekkaartjies tewees gaan na www.noord-kaap.co.za en soek die skakel“Kompetisies” bo-aan dieblad. Hier sal jy sien hoe omte maak om deel te neem.Let wel: Die kaartjies geldnie die eerste week van ’nnuwe uitreiking nie.

IT was 02:00 andWest 47th Street wasstill buzzing.The man behind

the Sorbetti hotdog stand was busy as a beeand the Indian man behind the Newsstandcounter had his hands full with demandingcustomers. My friend was babbling about theoff-Broadway comedy production we had justseen, but I had my eyes fixed on the steps ofthe small chapel to my right.There, down and out with life, sat a

woman with her head between her knees,sobbing as if her heart was breaking. Istopped to see if any of the bypassing NewYorkers would bother to aid to her or askher what was wrong. However, none of themeven as much as cast a glance her way.Only then I realised I was a long way from

home. The individualistic, driven, action-oriented Americans taught me a lot. I learntto talk about pressing issues. South Africanshave this “sweep-everything-under-the-rugmentality” which, let’s face it, is not gettingus anywhere.I learnt to appreciate service delivery. One

thing to know about the Americans is thatanything slower than fast is unacceptable.I learnt the importance of pride. The

moment we start taking pride in our nation,we will be motivated to solve pressing issues.Lastly, and perhaps most importantly, I

learnt the importance of humanity whichmost Americans lack. I think back to thatpoor woman out on the curb in New Yorkand in many aspects, life. If she had beensitting like that on our streets someonewould undoubtedly have sympathy with her.That is what we as South Africans haveright. And we must fight to keep it that way.) Zanri finished her first year of MediaStudies at the University of the Free State(UFS). She matriculated in Kimberley in2012. She was granted an opportunity totravel to America as part of an exchangeprogramme the UFS offered to first-yearstudents.

One thingwehave right

Page 10: Noordkaap 20131204

10 NOORDKAAP, WOENSDAG 4 DESEMBER 2013

PERSOONLIKEDIENSTE

LENINGS

1445

TE KOOP

ALLERLEI

1655

LIONS CHRISTMAS CAKES: 1 kg,R70.00. Contact 084 642 0038 orcollect at The Bakers Dream, cor.George and Waterworks Streets.

TROETELDIERE

1660

YORKIES TE KOOP: KLEIN TIPE.Kan KUSA-registreer. Skakel082 819 0767.

SAKE

GELEENTHEDE

2415

CHOCOLATES/SWEETS/BIS-CUITS/CHIPS/SWEET TOYS.Start a wholesale distribution busi-ness. Affordable!Myer 012 547 [email protected]

VOERTUIE

BAKKIES/4X2’sTE KOOP/HUUR

3010

2001 HILUX, R59 500. 2001 Ranger,R45 000. 1993 Nissan 1400, manyextras, R27 000. 071 967 0285.

MOTORS TE KOOP

3025

2006 PEUGOT 1107: R59 500.1997 Mercedes, R32 500.1998 Uno, R21 500.071 967 0285.

VOERTUIE GESOEKOM TE KOOP

3075

CASH FOR CARS and bakkies.R20 000- R40 000. Sms/whats App071 967 0285.

EIENDOMME

AKKOMMODASIEOM TE DEEL

3210

BAIE NETJIESE verblyf vir UV- enSUT-studente in huislike omgewingin Universitas, Bfn. Skakel 082 4114759.

LOSIES AANGEBIED

3280

VERBLYF VIR SKOOLGAANDEKINDERS:AP Kerk-lidmate. Laerskoolkinderswat in Kimberley moet skoolgaan in2014.Veilige verblyf teen R150 per dag.Vervoer kan ook gereël word.Bekende ouerpaar.Skakel: 053 861 2343 ná 17:00.

BETREKKINGS

3600

ADMINISTRATIEF

3605

EARN R800 IN YOUR FIRSTWEEK, GUARANTEED.Data Hub needs some workers to fillout forms (with or without acomputer). Easy step-by-step tutori-als. Own hours. SMS name, postal ore-mail address to 073 374 8703 [email protected]

APPLICANTS NEEDED FORDATA, copy/paste work in 2014.For info SMS name and address to071 548 6944.

LANDBOU

3610

JUNIOR SALES CONSULTANT:Kimberley, R10 000 plus car pluscomm. Min 2 yrs' agricultural indu-stry sales experience essential.E- mail CV: [email protected]

ALGEMEEN

3680

Organiseerder en afleweraarbenodig vir koerante en tydskrifte inLime Acres.Skakel Grandston Morgan051 404 7939.

KLEINHANDEL

3740

ASSISTANT STORE MANAGER.Kimberley, R10 000 + benefits.Min 3 yrs fashion retail store exp andsome management exp. is ess.E-mail CV: [email protected]

BOEDELKENNIS-GEWINGS

BOEDELS:KREDITEURE EN

DEBITEURE4201

KENNISGEWING: BOEDEL VANWYLE HENDRIK STEPHANUSHENNING.LIKWIDASIE- EN DISTRIBUSIE-REKENING.In die boedel van wyleHENDRIK STEPHANUS HEN-NING, identiteitsnommer: 3409075042 085 en nagelate eggenootELIZABETH SUSANNA HENNING,identiteitsnommer:320407 0031 088 van Reg de Villiers-straat 37, Kimberley.Meester se verwysing: 3778/2011.Die eerste en finale likwidasie- endistribusierekening in die bogemeldeboedel sal ter insae lê te die kantorevan die Meester van die Hooggeregs-hof KIMBERLEY vir n periode van 21(een en twintig) dae vanaf 6 Desem-ber 2013.HPA VENTERDUNCAN & ROTHMANProkureurs vir Eksekuteur.DUNCAN & ROTHMAN GEBOUCHAPELSTRAAT 39 - 43KIMBERLEY8301Verw: HV/jm/Hen17/0005

KENNISGEWING AANKREDITEURE IN BESTORWEBOEDELSIn die boedel van wyle JACOBUSSCHALK VAN HEERDEN,identiteitsnommer 220421 5037 082en nagelate eggenoot SARAHJOHANNA VAN HEERDEN,identiteitsnommer 340223 0004 082,van Huis 9, Stillerweë Aftreeoord,Kimberley.Meester se verwysing 2869/2013.Alle persone met vorderinge teen diebovermelde boedel moet dit binne 30(DERTIG) dae vanaf datum van pub-likasie hiervan by die betrokke ekse-kuteur inlewer.HPA VENTERDUNCAN & ROTHMANProkureurs vir EksekuteurPOSBUS 64KIMBERLEY8300Verw: HV/jm/Van947/0001.

BO: Vier leerlingevan die Hoër Tegnie­se Skool Kimberleyismet erekleure (witbaadjies) vereer virdie hoogste presta­sie in die skool gele­wer. Van links is Pa­balelo Otsheleng(wenner van Toyo­ta­ Tegniese Oplei­dingsprogram),Thuli Molebalwa(Springbokkleure inLandsdiens en pro­vinsiale leier), Mo­hamed Rosenberg(provinsiale hokkievan gr. 8 tot gr. 11,asook vir senior pro­vinsiale hokkie) enTsepo Ntuli (krieket,Griekwas o.19­span).

Foto’s: Ruan Bruwer

DIE skool se hoofleiers vir 2014 is van links, voor: Andrea van Heer­den en Selby Lucas (voorsitters); agter: Rethabile Thebe en ZaylorKoortzen (ondervoorsitters).

Gereed om skool te lei

DIE sportuitblinkers vandie Laerskool Staats wasvan links Shani vanRooyen (sportmeisie vandie jaar), Erlank Barnard(sportseun van die jaar),Rinske­marie du Plooy(derde plek nasionaal inritmiese gimnastiek ophoëprestasievlak 3) enTristen Pinetown (eerbe­wys vir die hoogste pres­tasie in sport vir haar 9deplek in naellope op dienasionale atletiekkam­pioenskap vir laerskole).

DRIE van die skoolse leerlinge het indie afgelope jaar hulnasionale kleure insport verwerf. Hulleis van links DJ Mey­er (kaalvoetski), Ga­vin Swartz en NielSwartz (albei kara­te).

DIE nuwe hoofleiers van die LaerskoolStaats is van links, voor: Tyler Anthony enJan Harm Duvenhage (ondervoorsitters);agter: Will­Marie Langeveld en Erlank Bar­nard (voorsitters).

OPdie LaerskoolStaats seprysuitdelinghetJodi Botha die eerbewys vir die hoogsteprestasie in ’n kultuuraktiwiteit ontvang toesy 94% indie halfeindrondevandieATKV­re­denaarskompetisie behaal het. Nico duPlooy is die skool se duxleerling.

ERRATUMPolice Trainees:

Basic Police DevelopmentLearning Programme

Please be advised that theclosing date for applications

has been extended to6 December 2013.

Enquiries can be directedto PO Syfers/PO Raaf at

(053) 839-3724We apologise for any

inconvenience caused.

Human Communications 104979

SOUTH AFRICANPOLICE SERVICE

POL IC E S E RV

I CE

SOUT

H AFR ICAN

G

E

K

L

A

S

S

I

F

I

S

E

E

R

D

G

E

K

L

A

S

S

I

F

I

S

E

E

R

D

Page 11: Noordkaap 20131204

NOORDKAAP, WOENSDAG 4 DESEMBER 2013 11

DIE Griekwas in dieo.19­span wat van16 tot 20 Desemberop die Khaya Majo­la­week in Durbangaan speel, is vanlinks, voor: WazeedAlexander, MaghielBrits, GM Bruwer(kaptein), RikusSwart, Pule Mokwe­na en Aiden Broo­ker; agter: PeterJohn Goeieman,Ainsley Bok, TshepoNtuli, Patrick Kruger,Franco Swart, Aus­ton Williams enJohannes van Zyl.

Foto’s: Ruan Bruwer

DIE spelers wat die Griekwas se o.19­krieketmeisiespan van 4 tot 8 Desember in Kaapstad verteenwoordig, is van links, voor: Natalie Darries, Cladia Velskoen, Lulu Smith, GenevieveSwartz (kaptein), Zarelle van Wyk en Noluthando Laven; agter: Amogelang Mohale, Elouise Fredericks, Kerrin Klaaste, Dionne Visser, Naledi Lojane, Ellen Kotzé en Letitia Human.

DIE Griekwas in die o.17 krieketspan wat van 6 tot 10 Desember in die Paarl en op Stellenbosch gaan deelneem, is van links, voor: Triston Traugott, Roche Rossouw, Ruben Visagie(kaptein), Marco de Kock, Andries Swart en Leon Lubbe; agter: Hannes Jacobs, Nealan van Heerden, Motheo Manake, André Share, Richard Ntumka, Matthew Rohlandt en SabataMolethi.

DIE spelers wat van 13 tot 17 Desember vir die Griekwas se o.15 krieketspan in Johannesburg gaan speel, is van links, voor: Wiaan van Niekerk, Simon Muller (kaptein), CraigPinetown, Bernu Engelbrecht, Matthew Wessels en Benjamin van Rensburg; agter: Themba Maupa, Kathlego Lukas, Rikus Pretorius, Johan van der Ryst, Mario Zacharia en ShaquilleCloete. Afwesig: Precious Proffie.

Speel vir Griekwas krieketSpeel vir Griekwas krieket

Page 12: Noordkaap 20131204

12 NOORDKAAP, WOENSDAG 4 DESEMBER 2013

SportSportDie Diamantstad se koerant

DIE Proteas en Indië sê mekaarmôre die stryd in die eerste vandrie eendagwedstryde aan. Invandeesweek se sporttrivia kykons na rekords tussen die tweelande in internasionale eendag-krieket:) Sedert die twee lande dieeerste keer in 1991 kragte gemeethet, is 67 wedstryde besliswaarvan Suid-Afrika 40 gewenhet teenoor Indië se 25. Tweewedstryde was onbeslis.) Die grootste totaal is in 2010deur Indië aangeteken – 401/3.Dit was die wedstryd waarinSachin Tendulkar die eerstespeler nog geword het om ’n200-tal in ’n eendagwedstryd temoker. Die Proteas se meestelopies in ’n kolfbeurt teen Indië –365/2 – is drie dae later inAhmedabad behaal.

) Indië se laagste totaal is 91waarvoor hy in 2006 in Durbanuitgehaal is.) Die grootste sege (met lopies)is in dieselfde wedstryd waarindie Proteas met 157 lopiesgeseëvier het.Suid-Afrika het twee keer (in2000 en 2005) met 10 paaltjiesgewen.) Tendulkar se 2001 lopies isverreweg die meeste tussen dietwee lande.) Shaun Pollock met 48 het weerdie meeste paaltjies laat kantel.) Die beste boulsyfers is in 1999deur Sunil Joshi behaal toe hy5/6 in 10 boulbeurte platgetrekhet.) Die hoogste vennootskap omenige paaltjie was in 2000 die 235lopies tussen Gary Kirsten enHerschelle Gibbs.

Sporttrivia:Antwoord enwen

DIE Noord-Kaapse Federasievir Watersport in die Noord-Kaap (Nocasa) se jaarliksesnelswemgala word Vrydag enSaterdag by die Karin Muir-swembad aangebied.Nagenoeg 400 swemmers

van die Noordwes, Noord-Vry-staat, Vrystaat, Noord-Kaap enNamibië gaan oor die twee dae

hul slag in die water komwys.Na verwagting sal die

Kimberleyse swem-ster CharlBouwer ook in aksie wees.John Seeley en sy hond,

Kimberleigh, sal as eregasteteenwoodig wees.Die aksie sal op al twee dae

om 09:00 begin.

Nocasa-gala die naweek gehou

Beantwoord die volgende vraag korreken jy staan ’n goeie kans om met diegeskenkpak van R250 van SuperSportweg te stap: Wat is die laagste totaal in’n eendagwedstryd tussen Suid-Afrika enIndië?Dit is maklik om vir die prys in aanmer-

king te kom. Stuur net ’n SMS na 45527.Begin die SMS met die sleutelwoord“Trivia”, gevolg deur jou naam, van enantwoord. Byvoorbeeld: Trivia, JanAlleman, 200. Jy kan jou tot Maandag om10:00 inskryf. Jy kan jou soveel keer inskryfsoos jy wil. Elke SMS kos R1,50.

Slaags in reeks DIE Laerskool Eureka se o.13A­krieketspan het verlede week sytitel as kampioen van die T20­McDonalds­Staats­aandreeks ver­dedig toe hy die Laerskool Newton in die eindstryd verslaan het.Eureka, wat het die reeks onoorwonne afgesluit het, het met 63lopies koning gekraai. Newton hetwelmet sy B­span in die kom­petisie gespeel. Tiaan duPlessiswas Eureka se groot staatmakermet die kolf en het presies die helfte (51) van sy span se totaal(102/5 in 20 beurte) aangeteken. Pieter­Gys de Kock het die besteonder Newton se boulers gevaar. Sy boulsyfers was 2/11 in 4beurte. Newton is in 12 boulbeurte vir 31 uitgehaal met Hancovon Abo wat met 4/11 in 4 beurte geskitter het. Henrie Swiegers(foto) het een of twee netjiese dryfhoue gespeel, maar is goed­koop (vir vyf lopies) uitgehaal. Foto’s: Ruan Bruwer

NÁ die reeks is ’n speler, bouler en kolwer van die reeks aange­wys.Hulle is ErlankBarnard (middel, Laerskool Staats), Ferdi vanSoelen (regs) en Brett Moses (links, al twee van die LaerskoolNewton). Erlank het 235 lopies aangeteken en 9 paaltjies geoes.Ferdi het 10 paaltjies (teen ’n gemiddelde van 8,8) laat kantel.Moses se 204 lopies het teen ’n gemiddelde van 29,1 gekom.