12
Tel (053) 831 2331 Woensdag 23 Julie 2014 www.noordkaap.co.za GRATIS Die Diamantstad se koerant André Botha AGT maande nadat Griekwa-ondersteuners in sak en as gesit het toe die Pumas die Poubloues uit die Premierliga van die Curriebeker-reeks geboender het, kan hulle weer juig. Die Griekwas het Saterdag die drieë ingeryg om die SWD-Arende met 57-12 kaf te draf en het reeds in die 30ste minuut van die eerste helfte die broodnodige bonuspuntdrie gedruk. Ook maar goed, want die Luiperds wat die uitspeelwedstryde deur kort op die Griekwas se hakke gebly het, het in húl laaste wed- stryd die Grens-Bulhonde met 103-15 verplet- ter. Het die Griekwas dus nie Saterdag ’n bonuspunt gekry nie, was die Eerste Liga hul voorland. Die Luiperds was reeds voor Saterdag se wedstryde voor die Griekwas met puntever- skil, aantal drieë, verskil in aantal drieë én meer bonuspunte. Het die twee spanne gelyk op die punteleer geëindig, sou die Luiperds dus na die Premierliga deurgedring het. “Verlig én opgewonde,” het die Griekwas se afrigter, Hawies Fourie, oor sy span se nuutgevonde Curriebeker-status aan Gerdie Karstens gesê. “Dit was ’n moeilike klompie maande. Ons het van die begin af geweet in watter bootjie ons ons bevind en sedert November 2013 gewerk met net één doel – en dit was om weer Curriebeker-rugby te speel. Dit het ons in ’n hegte eenheid omskep en ’n soort kultuur gevestig wat net met tyd geskep word. Nou kan ons fokus op ons volgende doelwit en dit is om te presteer in dieselfde reeks as waarvoor ons nou gekwalifiseer het,” het Fourie gesê. “Ons het geweet ons moet net geduldig wees en dat ons punte sal kry indien ons bly druk toepas. “Ek het voorspel die Luiperds gaan Grens met ’n groot telling klop en gelukkig het ons kop gehou,” het Fourie gesê. Curriebeker wink weer Griekwas terug in Premierliga ná sege oor Arende SOWAT 100 mense het Saterdag op die kruising van die N12 en die R31 net buite Kimberley byeengekom om daarop aan te dring dat die kruising beveilig word. Twee jong mense is verlede naweek dood en twee beseer toe hul motor hier teen 'n vragmotor gebots het. Talle ongelukke het al hier gebeur. Magda Vertue, wat die byeenkoms gereël het, sê versoekskrifte is ook opgestel. Foto: André Botha Pleit vir veiliger pad

Noordkaapnk 20140723

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Noordkaapnk 20140723

Citation preview

Page 1: Noordkaapnk 20140723

Tel (053) 831 2331 Woensdag 23 Julie 2014 www.noordkaap.co.za GRATIS

Die Diamantstad se koerant

André Botha

AGT maande nadat Griekwa-ondersteunersin sak en as gesit het toe die Pumas diePoubloues uit die Premierliga van dieCurriebeker-reeks geboender het, kan hulleweer juig.Die Griekwas het Saterdag die drieë

ingeryg om die SWD-Arende met 57-12 kaf tedraf en het reeds in die 30ste minuut van dieeerste helfte die broodnodige bonuspuntdriegedruk.

Ook maar goed, want die Luiperds wat dieuitspeelwedstryde deur kort op die Griekwasse hakke gebly het, het in húl laaste wed-stryd die Grens-Bulhonde met 103-15 verplet-ter.Het die Griekwas dus nie Saterdag ’n

bonuspunt gekry nie, was die Eerste Liga hulvoorland.Die Luiperds was reeds voor Saterdag se

wedstryde voor die Griekwas met puntever-skil, aantal drieë, verskil in aantal drieë énmeer bonuspunte.

Het die twee spanne gelyk op die punteleergeëindig, sou die Luiperds dus na diePremierliga deurgedring het.“Verlig én opgewonde,” het die Griekwas

se afrigter, Hawies Fourie, oor sy span senuutgevonde Curriebeker-status aan GerdieKarstens gesê.“Dit was ’n moeilike klompie maande. Ons

het van die begin af geweet in watter bootjieons ons bevind en sedert November 2013gewerk met net één doel – en dit was omweer Curriebeker-rugby te speel. Dit het ons

in ’n hegte eenheid omskep en ’n soortkultuur gevestig wat net met tyd geskepword. Nou kan ons fokus op ons volgendedoelwit en dit is om te presteer in dieselfdereeks as waarvoor ons nou gekwalifiseerhet,” het Fourie gesê.“Ons het geweet ons moet net geduldig

wees en dat ons punte sal kry indien ons blydruk toepas.“Ek het voorspel die Luiperds gaan Grens

met ’n groot telling klop en gelukkig het onskop gehou,” het Fourie gesê.

CurriebekerwinkweerGriekwas terug in Premierliga ná sege oor Arende

SOWAT 100 mense het Saterdag op die kruising van die N12 en die R31 net buite Kimberley byeengekom om daarop aan te dring dat die kruising beveilig word. Twee jongmense is verlede naweek dood en twee beseer toe hul motor hier teen 'n vragmotor gebots het. Talle ongelukke het al hier gebeur. Magda Vertue, wat die byeenkoms gereëlhet, sê versoekskrifte is ook opgestel. Foto: André Botha

Pleit vir veiliger pad

Page 2: Noordkaapnk 20140723

2 NOORDKAAP, WOENSDAG 23 JULIE 2014

André Botha

WERK aan Westra, ’n filiaal vanGWK, se nuwe koringmeule, asook’n pasta-en-beskuitjiefabriek inModderrivier, vorder fluks.

Eddie Ueckermann, uitvoerendebestuurder van Westra, sê diepasta-en-beskuitjiefabriek se dak ispas opgesit. Die binnekant van diegeboue is ook reeds gedeeltelikvoltooi.

Produksie sal in April 2015begin.

Die meule en die fabriek sal ’ngeldelike inspuiting vir Modderri-vier wees en verskeie werkgeleent-hede in dié brandarm gebied skep.

Ueckermann sê die vierdeverdieping van die koringmeule ispas voltooi, asook die innamebuiseen klaar-produksiebuise. Diemassa-uitlaatbuise is ook gereed enproduksie van koringmeel sal inJulie 2015 begin.

Eugene Champion, bestuurder:produkte van Westra, sê dié aanleghet begin as ’n droom wat in 2010posgevat het om waarde toe te voegaan die produkte wat GWK seaandeelhouers verbou.

“Ons wou ook ons voetspoor invoedselvervaardiging vergroot.”

Hy sê verskeie alternatiewe is indie markondersoek oorweeg.

“Die verbruik van koringproduk-te toon jaar ná jaar ’n styging perkapita en daarom is besluit om indie mark te belê en koringmeel tevervaardig. Slegs 20% tot 25% vankoringmeel word egter deur dieeindverbruiker gebruik.

“Daarom het ons moontlikhedeondersoek om verdere waarde aandie produkte toe te voeg. Weer hetons na stygende markte gekyk,terwyl ’n lang raklewe ook deelvan die kriteria was. Pasta enbeskuitjies het aan al die kriteriavoldoen.”

Die projek is op ISO-standaardegegrond wat voedselveiligheid,gehaltebeheer en werkveiligheidbetref. ’n Groenbenadering wordook by die aanleg gevolg en ’nhouerdam is gebou vir die opvangen hergebruik van stormwater,asook gesuiwerde rioolwaterwaarmee tuine besproei sal word.

Energiebesparende beligting enmotors vir kragopwekking isaangebring.

“Ons betaal aanvanklik ’n premiedaarop, maar met die oog opbesparing op lang termyn is dit diemoeite werd.”

Met die ontwerp van die geboueis die rigting in ag geneem sodatsonlig in die warm somer tot dieminimum beperk word.

Die dakke wat 1,5 ha beslaan, iswit geverf om verder ’n koelwerkomgewing te skep, terwylenergie nie nodig is om die geboute verkoel nie.

Geraasbesoedeling is ook in aggeneem en knaldempers is op alletoerusting met bo-normale geraas-vlakke aangebring.

In die meulegebou word warmlug gesirkuleer wat veral in diewinter voordelig sal wees.

Bouery vorder fluks

WESTRA, 'n filiaal van GWK, se koringmeule en pasta-en-beskuitjiefabrieksal albei volgende jaar oopmaak. Bouwerk daaraan is reeds ver gevorder.Heelwat werkgeleenthede word hierdeur geskep. Foto: Verskaf

Gesels saam op Noordkaapse Facebookblad.www.noordkaap.co.za

Up to

selected merchandise & apparel

50%OFF

MEN’S VALIANT OR WOMEN’SGUINEVERE FLEECE JACKETSFull zip fleece jacket – excellent insulatorA DWR finish repels water

MEN’S REFLEX 2WATERPROOF LEATHER SHOESDurable waterproof leather uppersSticky rubber outer soles for better grip

NOWR799

NormallyR1090

Quick drying mesh uppersMoulded EVA midsoles and Ortholitesockliners for comfort

* Special available on selected colours only

WOMEN’S XA PRO 3DULTRA 2 SHOES

NOWR1199

NormallyR1699

Flashlight and lamp in oneWaterproof designFloats on water

CYGNUS EMERGENCY LAMP

NOWR25

NormallyR75

Volume: 70LWeight: 1.2kgHydration system compatibleRain cover included

VENTURE 70L BACKPACK

NOWR1199

NormallyR1399

MEN’S OR WOMEN’SSHEEPSKIN SLIPPERS

NOWR350

NormallyR450

Insulating furpile innerDurable sheepskin uppers

GREAT VALUE DEAL

NOWR899

NormallyR1399

3-in-1 jacket with a removable inner fleecejacket. An adjustable and removable hoodprovides warmth and protects the user’shead from the elements.

MEN’S DE SOTO 3-IN-1 JACKET

Windproof BreathableWaterproof Insulating

Stainless steel construction8 Tools in one

GYGES MULTITOOL

NOWR99

NormallyR199

SALESAVE THE BUCK

NOWR399

NormallyR599

Sale starts 25 July 2014. While stocks last!SHOP ONLINE at www.capeunionmart.co.za Fans find out first.

Visit www.capeunionmart.co.za or call 0860 3333 29. Limited to 3 units per product per customer. Products subject to availability. Stores nationwide.All our products are covered by our famous 5-way guarantee, ensuring that you always get the best price and advice along with the fairest return and exchange policy.

8456

E&OE FREE delivery on ALL online orders

Page 3: Noordkaapnk 20140723

NOORDKAAP, WOENSDAG 23 JULIE 2014 3

Unique Jacobs

EDERIES ARENDSE is vandeesweekNoordkaap se profielfokus. Die 26-jarigeGriekwa-vleuel is in die Kaap gebore en hetal op skool rugby begin speel.Arendse het voorheen vir die Westelike

Provinsie uitgedraf. Hy het besluit om virdie Griekwas te speel, omdat dit ’n geleent-heid was om hom te toets en meer vanhomself te leer. Die grootse aanpassing,volgens hom, was die weer en die gebrekaan ontspanning buiten rugby.Arendse wil altyd sy bes doen, nie net vir

homself nie, maar ook vir sy spanmaats.Die oud-Springbokkaptein Jean de Villiers

is een van sy rolmodelle, omdat hy ’nbesonderse persoonlikheid en leierskapstylhet.Een van sy hoogtepunte op die veld was

toe sy span die Vodacombeker in 2012gewen het. Sy laagtepunt is wanneer ’nbesering hom van die veld af hou.

Arendse speel vir spanmaats

EDERIES ARENDSE, ’n Griekwa-vleuel.Foto: Emile Hendricks

DIE polisie in Kimberley het Mandela-dag met ’n staptog van 3 km deur Kimberleyse strate gevier. Die polisielede het vullis opgetel so ver hulle gestap het. Die HarryOppenheimer-tuin is ook skoongemaak. Sowat 120 polisielede het aan die staptog,wat van die Kimberley-polisiekantoor tot by die Bishops-klub gestrek het, deelge-neem. Hier stap ’n groep in Dalhamweg. Foto: André Botha

NOG ’n leser kan vandeesweek ’n geskenk-bewys van die Diamond Pavilion ShoppingMall in Noordkaap en die winkelsentrumse Soek-en-Wen-kompetisie wen.Dit is ’n maklike kompetisie en baie

pret.Elke tweede week sal ’n miniatuur-logo

van die Diamond Pavilion Shopping Malliewers in Noordkaap verskyn.Dit kan in ’n berig weggesteek wees, of

op ’n foto, dalk selfs in die mashoof.Al wat jy moet doen, is om dit te soek.

Onthou, dit moet die een wees met diediamant in die middel.As jy dit gekry het, SMS die sleutel-

woord “logo”, jou naam, telefoonnommeren die bladsy waarop die logo verskyn senommer na 45527.Dit kos R1,50 om jou in te skryf.

’n Wenner word uit die inskrywingsaangewys en kry ’n geskenkbewys vanR200 van die Diamond Pavilion ShoppingMall.Soek daarna, stuur ’n SMS en jy kan die

gelukkige wenner van die geskenkbewyswees.Die SMS-lyn sluit Vrydag om 10:00.Die wenner sal telefonies in kennis

gestel word en ook in volgende week seuitgawe van Noordkaap aangekondig word.

Soek enwen bewys

FERNANDO KIVEDO is die wenner van dielogo-kompetisie. By hom is Simone Craf-ford van die Diamond Pavilion ShoppingMall.

Page 4: Noordkaapnk 20140723

4 NOORDKAAP, WOENSDAG 23 JULIE 2014

DIE tydperk waarin ons leef,stel geweldig baie eise. Baiemense kry geldelik swaar en’n vaste aanstelling hetuiters skaars en kosbaargeword.

Juis daarom is dit nood-saaklik om tyd aan beplan-ning te bestee. ’n Mens moetweer seker maak wat diebelangrikste doelwitte in joulewe is.

En daarna moet jy sekermaak dit wat die belangrik-ste is, kry die meeste vanjou tyd en aandag.

’n Mens moet byvoorbeeldjou dag so beplan dat jyiewers ’n tydjie afknyp omnet stil te word en jou“batterye” daagliks teherlaai.

Probeer ook jou dag soinrig dat daar nooit ’nkoorsagtige gejaag ontstaannie.

Maak dan ook seker jy

ruim daagliks tyd in vir diemense ná aan jou, wathopelik onder die topdrievoorkeure in jou lewe is.

Wees goed vir jouself.Maak seker jy doen gereeldiets wat opbouend enpositief vir jou is.

Wees goed vir die menseom jou. Probeer om gereeldiets goeds en moois vir hullete doen, al is dit net om ’nsleurwerkie oor te neem.

Kom gereeld in diebuitelug en ervaar enwaardeer die skoonheid vandie omgewing.

Probeer om jou gedagtesop positiewe dinge te rig –’n mens word wat jy dink,en ’n mens se lewe neig indie rigting van waaraan jydie meeste dink.

Baie sterkte vir die tweedehelfte van die jaar. Mag ditmet al die lesers net al hoebeter gaan.

Leef voluit, leef positiefHannes Nöeth

DIE afgelope skoolvakansie is Kimberley semense intens deur die dood van geliefdesbeproef – weens siekte, ouderdom en dieongelukke.

Skielik word geliefdes weggeruk en ditraak gesinne en ’n gemeenskap.

Almal weet dit is die weg van almal opaarde en almal weet die pad van die doodis ’n deel van die lewenspad wat gestapmoet word, maar dit bly moeilik.

’n Mens is dankbaar vir die wete daar islewe ná die dood, maar vir die gesinne watagterbly, is dit ’n vreeslike seer.

Ek dink vandag aan ’n begrafnis wat ekin Kimberley moes hou. In die diens kon ekdie familie troos met die woorde: Nou leefhy.

Hy wat ons begrawe het, was die allerbes-te voorbeeld van hoe ’n mens moet leef ensterf. Hy was nie bang vir die dood nie,maar terwyl hy sterwend, swak en siekwas, het jy hom nie moedeloos gekry nie.Dit maak nie saak hoe swak die liggaamwas nie, hy het gelééf terwyl hy nog leef engesê as hy sterf, sal hy dan éérs leef.

Daarom dat ek so troosryk vir die familiekon sê dat hy nou leef. Hy het geleef totdathy gesterf het en toe lééf hy.

Dit is wonderlik indien ’n mens so kanleef en so kan sterf. Soos ons almal wou hynie doodgaan nie en daarom het hy elkeoomblik gebruik, goed gebruik; nie om tekla of negatief te wees nie.

Party mense sterf terwyl hulle lewe enander lewe, al is hulle aan die sterf.

Intussen dink ons saam aan hulle watweens die dood seer het, en terwyl daarsoveel met die seer om ons is, moet ’nmens elke oomblik van jou lewe gebruikom te leef.

Moenie die gawe van lewe by jou laatverbygaan nie, moenie die lewe versuurmet ’n alewige gekla en gemor en be-swaardheid nie. Moenie daarop roem dat jymoeilik is om mee oor die weg te kom nie.Leef, leef voluit en leef positief.

DIE Katolieke St. Mary-katedraal in Dutoits-panwegsebegin kan teruggetrekwordnava-der Anatole Hidien van Frankryk, wat kort nádie ontdekking van diamante per ossewa uitBloemfontein na die Diamantveld toe gekomhet, die eerste priester op die delwerye. Hyhet ’n groot tent opgeslaan om as kerkgeboute dien. Sy opvolger, vader Francois Le Be-han, ook ’n Fransman, het in 1872 twee sink-kerke, een elk in Bultfontein (Beaconsfield)en New Rush (Kimberley), laat oprig. Dietweede St. Mary’s is in 1880 deur vader Hilai-re Lenoir opgerig, vermoedelik langs die oor-spronklike gebou. Dié kerkgebou kon 500mense huisves. Die katedraal is in 1925 opge-knap. Dit is egter op Oujaarsaand 1938 in ’nbrand verwoes. Slegs die swartgebrandemure, ’n deel van die superstruktuur en dietoring het oorgebly. Bouwerk aan die derde(en huidige) St. Mary’s het in Junie 1940 be-gin. Aandie anderkant vandie katedraal (fotobo) kan die bouval van die Kimberley-klub ge-sienwordwat in 1895 afgebrandhet, endaar-na herbou is om te lyk soos wat dit vandaglyk. Die gebou aan die voorkant het blykbaaras sowelweeshuis as klooster in verskillendetydperke gedien en sedert 1879 die St.Mary’sConvent School gehuisves. Dié gebou is laterdeur ’n groter een van klip vervang. In 1933is die skool na die gebou vandie Belgrave-ho-tel in Atlasstraat verskuif. Die skoolgebou isdaarnadeur ondermeer die departement vanpos- en telekommunikasie gebruik, en ookdie voorloper van die latere Noord-Kaapland-seTegnieseKollege (nouKollege vir Voortge-sette Onderwys en Onderrig) gehuisves. Ditis later gesloopomvir die huidigeAllenstraatplek te maak.

Foto’s: Emile Hendricks en Africana-biblioteek

Brande eis hul tol op katedraal

Karin Muller

MENSE is waarskynlik groten-deels uit twee dele saamgestel:emosies en sintuie.

Dit hang seker af van joupersoonlike smaak en ondervin-ding, maar emosies is gewoon-lik so uiteenlopend soos mense.Soms onvoorspelbaar, maarverseker beslis afwisseling in ’n skynbaardoodgewone lewe.

Ons sintuie lyk ooglopend omtrentdieselfde, maar bring ook ’n besonderseaanslag in ons almal se lewe.

Dit is nie noodwendig in die oomblikwaarop jou sintuie aan die werk spring watdit so kosbaar maak nie, maar die nadraaivan die besonderse werk wat ons sintuieverrig. Selfs maande, jare of dekadesdaarna.

Bewustelik sou jy moontlik al vergeet hetvan gebeure waaraan jou sintuie jou laterherinner.

In ander gevalle sou jy dit in daardieoomblik as onbelangrik beskou, maar jarelater sal jou sintuie jou herinner dat dit

eintlik nie so onbelangrik wassoos hoe jy dit oorspronklikervaar het nie.

Die vlugtige reuk van ’ngasbottel wat oopgemaakword, neem jou terug nawoonwavakansies of kuiers opjou oupa se plaas. So ook ’nkers wat aangesteek word. Diebreukdeel van ’n sekonde

totdat die reuk van swael jou neus bereik,laat jou deeglik bewus word van herinne-ringe uit jou kinderdae. Die reuk vankaneel neem jou terug na reënerigepannekoekdae of jou ouma se pypkaneel-kluitjies op wintersaande.

Indien ’n spesifieke geluid jou ore bereik,word jy dadelik teruggesleep na goeie tyewat diep in jou geheue weggebêre was. ’nLiedjie waarna jy op ’n tyd baie geluisterhet, die geluid van ’n trein wat die stasieverlaat, die kenmerkende geskree van ’nhadida of die rustige gekoer van torteldui-we.

Sintuie help jou om ’n vol lewe te lei. Ditis ook ’n manier waarop jy die brug naherinneringe uit vergete se dae oorsteek.

Sintuie ’n tuig vir emosies

Weerstaan dieeise van ons tyd

Page 5: Noordkaapnk 20140723

NOORDKAAP, WOENSDAG 23 JULIE 2014 5

LOLLYPOP CHOTETSI, Noordkaap se finalisin die 2014-Spontaan-talentkompetisie, hetKimberley se naamSaterdag opdie Blêrkas-verhoog hoog gehou. Sy het gewilde lied-jies gesing. Foto’s: Tharine Hurter

DIE wenners van die Spontaan-talentkompetisie saammet van dieborge Saterdag net nadat hulle aangewys is. Van links is LudwigStreso, derde plek enOns Stad se finalis, Lynne Landman van Z PRCommunication andPublic Relations Consultants, Puleng Tsotetsi,tweede plek en Vista se finalis, Hendrik Prinsloo van SpecSavers,Damaris Godoy,wenner vanSpontaan 2014 en finalis van Vrystaat,Pieter Bruwer van PCB Productions en Chenelle Joubert van Exe-cuSpecs.

Waardige wenners

Page 6: Noordkaapnk 20140723

6 NOORDKAAP, WOENSDAG 23 JULIE 2014

Jannie Hennop

’N MENS moet versigtig weesindien jy neerhalend na Chinesebakkies verwys.

Hulle is lankal nie meer almal“só” nie.

Daarmee word bedoel goedkoopweergawes van ougenerasie-bakkiesvan bestaande Japanse bakkie-bouers.

Foton is een van die Chinesebakkiebouers wat hard probeer ommet die beste saam te gesels en krydit in ’n mate reg. Eers het Fotonons verras met die Tunland-dubbel-kajuit wat nie skaam tussen andernuwerwetse bakkies hoef te staannie.

Ná die 4x4-Tunland het ’n4x2-weergawe gevolg en toe ’nenkelkajuit wat Off-Road heet en in4x4 en 4x2 beskikbaar is.

Nou het nog ’n Tunland-enkelka-juit hier aangeland. Waar dieluukse Off-Road-enkelkajuit ook virrofry gebou is, is die nuweling, watOn-Road heet, net ’n werkesel.

Met die koms van dié werkperdhet Foton ’n goeie reeks opgebouwat die aandag van verskeie soortekopers behoort te trek.

Die Tunland On-Road is net soosdie ander Tunland-bakkies met ’nCummins-dieselenjin van 2,8 litertoegerus. Trouens, dit is die eerste

bakkie in die afdeling wat deur ’nenjin van die beroemde Amerikaan-se enjinbouer aangedryf word.

Die nuwe Tunland-bakkie, watvir strawwe werk gemaak is, kosR199 950, ’n baie mededingendeprys. Die nuwe werkperd is geen-sins ’n afgeskeepte, goedkoopbakkie nie. Hy spog met ’n ruim,aantreklike kajuit soortgelyk aandie van passasiersmotors entoerusting soos lugversorging,elektries beheerde ruite, ABS-rem-me met elektroniese remkragver-spreiding, ’n lugsak vir die bestuur-der, hoogteverstelbare sitplekgor-dels, snelheidsgevoelige deurslotte,

afstandbeheerde sentrale sluiting enhoogteverstelbare hoofligte.

Die bakkie met sy versterktelaaibak het ’n vragvermoë van 4 m³en ’n loonvrag van 1 105 kg.

Voor word ’n onafhanklikeveerstelsel met dubbele mikkeingespan, terwyl bladvere agtergebruik word. Die Tunland segrondvryhoogte is 160 mm.

Die Cummins ISF 2,8-turbodieselin die Tunland On-Road ontwikkel96 kW en 280 Nm se wringkrag.

Foton reken die bakkie sedieselverbruik kan 8 liter/100 kmwees. Die brandstoftenk hou 75 literbrandstof.

China bouwerkesel

Ferdi de Vos

TWEE dekadesgelede het Audi diemotorwêreld verrasmet ’n skokkendvinnige, Porsche-getoorde stasiewa –die RS2 Avant.

Dié blitswa hetgelei tot quattroGmbH, die Audi-ekwivalent vanBMW se M- enMercedes se AMG-afdeling. En nou hetquattro GmbH nog ’nongewone RS-rydingin sy reeks bekendgestel – ’n rooiwarmsportnutsvoertuiggeskoei op daardiemelkbaard-veldryer,die Q3.

Hoort diéopgewarmde Q3(R696 500, sonderopsies) in Audi seRS-familie of is diteintlik net ’n slimbemarkingstruuk?Wel, gegewe diewêreldwye vraagna vinnigersportnutsvoertuie,asook Audi se soekena nuwe marknisse,het dié modelmoontlikbestaansreg. Tog kandit wees dat Audiook nog ’n platformvir sy briljanteturbo-vyfsilin-derenjin (die TT RSs’n) gesoek het.

In die RS Q3 lewerdie 2,5 liter-20-klep-enjin 228 kW en420 Nm, genoeg,volgens Audi, omhom in net 5,2sekondes tot100 km/h voort testu.

Gee hom gas, ensy vyfsilinder-meulse klankbaanherinner sterk aandié van dieoorspronklikequattro-karre . . . Ai,dit is hemels.

Tog voel dit halfonvanpas in ’nsportnutsvoertuig,selfs metonberispelikepadmaniere, danksyRS-vering en vettekkies.

Sy sewegang-S-tronic-ratkas is netsoms ’n aks te stadigen in kronkels werkdit beter in handrat-modus.

Is die spesiale Q3die RS-kentekenwaardig? Mynsinsiens nie. Goed,met veranderdemarkbehoeftes saldaar diegene weeswat die andersheidvan dié half sinlosewoelwa en die RS-kenteken salwaardeer.

Tog, met bynaR40 000 vironmisbare 20-duim-skoeisel bygevoeg(vir ’n prys vandigby R750 000)teenoor net duskantR800 000 vir ’n S Q5met standaard-20-duimers, is daar nogsin in ’n RS Q3?Veral as die groterdieselgedrewe S diekleiner RS seagterent in ’n reguitlyn gaan skop?

Q3kryookRS

DIE Foton Tunland On-Road, ’n ware werkesel. Foto: Verskaf

DIE eerste motortydren in jare is onlangs in Kimberley gehou. BillyLaw, wat vroeër jare baie lank sulke byeenkomste gereël het, hetweer sy slag hiermee gewys. Paul Jordaan, een van die organiseer-ders, sê die byeenkoms was ’n groot sukses. Een van die uitvloei-sels daarvan was dat Oranje Toyota as sy bydrae ’n tjek van R3 000aan die Kimberley-hospice gegee het. Hier oorhandig Japie Zaay-man, verkoopbestuurder van Oranje Toyota, die tjek aan die be-stuurder van die Kimberley-hospice, Marilyn Burrow. Foto: Verskaf

MOTORS

Ontvang groot bydrae

Wat is joumening? Geselssaam op Noordkaapse Facebook-blad.

Page 7: Noordkaapnk 20140723

NOORDKAAP, WOENSDAG 23 JULIE 2014 7

Unique Jacobs

VANJAAR is die Gariep Kunstefees Geskoolin die kunste. Dié kunstefees wat van 28 tot31 Augustus by die laerskole Newton enEureka plaasvind, beloof om propvol ver-maak te wees met ’n verskeidenheid toneel-en musiekproduksies.Feesgangers wat lekker wil lag, kan op 28

Augustus om 15:00 na Chris Vorster (Rynovan 7de Laan) se Affairs vir domkoppe in dieEureka-teater gaan kyk waar hy klasgee ooralles wat mans nie moet weet nie.Vorster speel die rol van sewe karakters

wat skreeusnaakse weergawes van onderandere Steve Hofmeyr, Marius Weyers, KurtDarren en Nico Panagio insluit.Indien jy nooit na raad luister nie, moet jy

na dié raad gaan luister. Indien jy nooit joules leer nie, moet jy jou les hiér leer.

Dowwe Dolla leer ook vanjaar baie lessemet dié dat so baie mense deesdae betaal omhaar te sien en sy nou haar belastingopgawedie eerste keer in haar lewe moet indien.In Dowwe Dolla betaal belasting is die

proses so ingewikkeld en senutergend datDolla besluit het om die hulp van kenners opdie gebied, soos Kenny Kunene, ArthurBrown en Kotie se konsultant, Rashid vandie Vlakte, in te roep.Sy leer wanneer die beste tyd is om deur

restaurante en ryk mense se vullisblikke tesnuffel op soek na kontantstrokies wat ’nmens kan eis en ook hoe om die eekhoringsin jou tuin afhanklikes te maak. Dit is op 29Augustus om 18:00 in die Newton-teater.Vir die ernstiger feesgangers is daar die

dramaproduksies. Die akteur WaldemarSchultz vertolk op 30 Augustus om 20:00altesaam 27 rolle in die toneelstuk Stander in

die Eureka-teater. Die produksie vertel dieverhaal van Stander wat aan die einde vansy loopbaan van 17 jaar in die polisie diereëls en norme begin uitdaag en bankeberoof. Tussen die skop, skiet en snorre krykykers ’n blik van ’n verwarde man metlittekens.Oskar en die pienk tannie handel oor ’n

tienjarige kanker-leier, Oskar. SandraPrinsloo speel op 28 Augustus om 21:00 in dieNewton-teater die rol van Oskar, Ouma Rosa(’n bejaarde vrou wat elke dag die kinderhos-pitaal besoek) en ’n paar ander karaktertjiesin die kindersaal.Die fees sluit af met ’n gratis Gospel-koe-

baai op Sondag 30 Augustus. Alan Ladd,Tiro, Burgerd en Zita, en Gerhard Steyn sal’n gospel-boodskap en musiek op die RSGverhoog aanbied.Kaartjies is by Computicket beskikbaar.

Hou feesmet ’n lag én ’n traan

DOWWE DOLLA is vanjaar op die GariepKunstefees te sien in Dowwe Dolla betaalbelasting. Foto: Annelize Langeveldt

Page 8: Noordkaapnk 20140723

8 NOORDKAAP, WOENSDAG 23 JULIE 2014

DIE sanger Jannie du Toit tree op 1 Augus-tus in die William Humphreys-kunsgalery in’n vertoning ten bate van die Helen Bishop-nasorgsentrum vir kinders met gestremdhedeop.Die vertoning, Doep is nie dood nie, het

vroeër vanjaar sy debuut op die KKNK inOudtshoorn gemaak.Dit is ’n kombinasie van musiek en teks

oor die filosofie en werk van die digter ensanger Koos du Plessis.Vir Du Toit was dit ’n lewenslange droom

om ’n vertoning oor Du Plessis se werk tedoen. Hy word deur die tjellis Susan Moutonen die pianis Connie Rall in die vertoningondersteun.Kaartjies kos R80. Skakel 011-452-2774 vir

inligting en om kaartjies te koop.

Jannie du Toit tree in Kimberley op

Besoekwww.noordkaap.co.za

virmeernuus,foto’senvideo’sofom

aanlyndeurvorigeuitgawesvandie

koerantteblaai.

Page 9: Noordkaapnk 20140723

NOORDKAAP, WOENSDAG 23 JULIE 2014 9

André Botha

DIT was drop, place en score op dieHoërskool Diamantveld se rugbyveld toerugbyspelertjies, sommige skaars ’nbaksteen hoog, die fyner rugbyvaardighedevan Griekwa-sterre soos Gouws Prinslooen Francois Brümmer geleer het.Die geesdrif was gróót.“Ek wed jou as ek nou ’n size four gehad

het, het ek hom oorgeskop,” het een vir symaats gesê.Hy het juis van die doelpale op die

B-veld af gekom waar Prinsloo die drietopskoppers in elke groepie vir oulaaskans gegee het om pale toe te mik om diebeste een te kry.“Julle is mos die cream of the crop,” het

hy hulle aangemoedig.En hulle hét geskop. Soms windskeef

met die bal wat dóér trek. Maar meerdikwels het die bal oor die dwarslatgetrek, al was dit net-net, soms net so ’nhaarbreedte verby. Of onderdeur.Hotklou, boonop, twee van hulle.“Weird,” het Prinsloo gesê.Heelwat talent onder die seuns, het hy

gemeen.

“Kop af, lyf reguit,” het Ian van Niekerkvan die Hoërskool Douglas gesê wat hygeleer het.Op die A-veld was ’n miniatuur-hinder-

nisbaan. Bal onder die arm het hulle ditvlugvoetig aangedurf onder luide toejui-ging van hul maters én ’n paar ma’s enpa’s.Jean Stemmet, self ’n oud-Griekwa-

rugbyspeler en nou die afrigter van dieHoërskool Diamantveld se eersterugbyspan, was ook byderhand om raad tegee.Hy was een van die organiseerders van

dié Gemsbok Kidz-rugby-en-netbalkliniekvir laerskole.Dit is vir spelers van o.6 tot o.13. Hy sê

130 rugbyspelers en 120 netbalspelers hetaan die klinieke deelgeneem wat totVrydag gehou is.Saterdag het die seuns die geleentheid

gekry om op GWK-park, die tuiste van dieGriekwa-rugbyspan, te speel en hul nuwevaardighede te wys.Dalk die eerste proesel van gróót rugby

vir ’n hele paar wat dalk net oor ’nklompie jare in ’n Griekwa-trui, of selfs ’nSpringbok-trui, kan uitdraf.

Geesdrif op veld groot

HENCO LOURENS van die Laerskool Newtonmaak gereed om die bal tussen die pale deurte klits op die Gemsbok Kidz-rugbykliniek vir laerskole. Foto’s: Emile Hendricks

GOUWS PRINSLOO, bobaasskopper van die Griekwas, kyk toe terwyl Jaden Peters vandie Laerskool Pescodia sy skopvernuf wys.

RUAN WATTS van die Laerskool Eurekastaan reg om die bal tussen die pale deurte klits. Regs is Gouws Prinsloo, Griekwa-rugbyspeler.

BRENT STRYDOM van die Laerskool Eurekaken net een pad en dit is vorentoe.

Charné Kemp

DIE eerste aasvoëlnesopname in 13 jaarwat in en om die stad gedoen is, toon ’nafname in aasvoël- en roofvoëlbedrywig-hede.Die redes hiervoor sal moontlik later

bekend word.Beryl Wilson, die dierkundige by die

McGregor-museum, en André Botha, dieprogrambestuurder by die Trust virBedreigde Natuurlewe (EWT) se roof-voëlprogram, het saam met PeterHohne, ’n vrywilliger by die BateleursFlying for the Environment-organisasie,in sy helikopter gevlieg om die opnamete doen.Volgens Wilson is die laaste opname

in 2001 gedoen toe 240 neste met 650voëls getel is. Sy glo nie hulle hetvanjaar 200 neste gewaar nie.Aasvoëls is ’n bedreigde spesie wat

deur verskeie oorsake soos vergiftiging,verdrinking en weens tradisionelegebruike doodgemaak word.“Ons het ses kolonies in die provinsie

ondersoek. Daar is minder aktiwiteitsigbaar as wat in die 2001-studie gesienis. Ons sal egter die inligting volledigmoet verwerk om tot enige gevolgtrek-king te kom. Dit is wel insiggewend.”Die span het verlede Saterdag oor die

Mokala- Nasionale Park en aangrensen-de plase gevlieg. Omdat hulle laag vlieg,is die nodige toestemming voorafverkry. Hulle was versigtig om nie dievoëls of ander wild te versteur nie.Die span het die dag daarna oor die

Dronfield-reservaat ’n opname gedoen.Terwyl Hohne op ’n voorafbepaalde

roete (dieselfde as in 2001) gevlieg het,het Botha en Wilson foto’s geneem.Botha het ook die neste en voëls getelen Wilson het voortdurend aantekenin-ge gemaak.“Benewens minder aktiwiteite op

aasvoëlneste, het ons minder aktieweroofvoëlneste gesien.“Ons het een visarend-, twee breëkop-

arend-, een roofarend- en een swartborslag-arendnes gesien. Daar was kuikens eneiers in sommige neste.“Dit is baie minder roofvoëls as wat ek

al in ander meer ongeskonde dele vanSuid-Afrika gesien het,” sê Botha.

Die span het witrugaasvoël-, maar geenswartaasvoëlneste nie gewaar.Botha meen daar kan verskeie oorsake

wees dat minder aktiewe neste gesien is.“Daar was beslis ’n brand wat ’n aantal

groot bome vernietig het. Die wind kon

ook van die neste vernietig het.“Dalk het die aasvoëls neste in ander

bome gebou waarvan ons nie bewus isnie.”Al die inligting sal met ander Suid-

Afrikaanse inligting saamgestel word.

Roofvoëlsmoontlik álminder

DIÉ witrugaasvoël is in die Dronfield-reservaat afgeneem. Die eer-ste aasvoëlnesopname in 13 jaar is die afgelope naweek in en omdie stad gedoen. REGS: Die span wat ’n aasvoëlnesopname in dieprovinsie gedoen het, is van links Peter Hohne (vlieënier), BerylWilson (dierkundige by die McGregor-museum) en André Botha(programbestuurder by die Trust vir Bedreigde Natuurlewe se roof-voëlprogram). Foto regs: Charné Kemp; bo: André Botha

Page 10: Noordkaapnk 20140723

10 NOORDKAAP, WOENSDAG 23 JULIE 2014

LENINGS

1445

CONSOLIDATION:Loan online.Up to R23 000.Low credit score is [email protected]

TE KOOP

ALLERLEI

1655

AANDAG ALLE BOERE:Ek verkoop immergroenRussiese gras en is opsoek na skape, bokke en oubakkies te koop vir kon-tant. 072 604 5219www.russiangrass.co.za

UTILITY RUBBER STAMPS:SAME-DAY SERVICE.TEL./FAX: 053 832 1951.

ALGEMENE &

HUISDIENSTE

SKOONMAAK-

DIENSTE

1805

GRIQUA CARPETCLEANERS.For super clean carpets,sofas, mattresses andcars. We come to you.Ronelle: 074 751 3292

ALLERLEI

1845

PLAFONISOLERING:THERMGUARD LITENK. Koel in somer, warmin winter. SABS. Gratiskwotasies. 082 388 0307of 053 832 9194.

SAKE

GELEENTHEDE

2415

Successful, profitablebusiness opportunities:Sweet distributionChocolate manufacturingMedical aid kits.Myer: 012 547 5767 of:[email protected]@gmail.com

EIENDOMME

WOONSTELLE

TE HUUR

3250

OOPPLANWOONSTELte huur.Water ingesluit, koopkrag,R3 300 p.m.Skakel 053 861 3769.

TE KOOP

3201

40-HA-PLASIE: R1, 2 m.2 sterk boorgate, rivier-front. Geboue: Woonhuis,groot werkstoor en drank-winkel met dranklisensie.Algemene handelaar -ongelooflike potensiaal.40 km buite Kimberley.Skakel Amanda by082 412 4218

Page 11: Noordkaapnk 20140723

NOORDKAAP, WOENSDAG 23 JULIE 2014 11

IS jy sportief of weet jy vaniemand in jou skool wat goed insport is?Noordkaap en SuperSport se

Let’s Play-kompetisie hoor graagvan die Diamantstad se sportie-we jong mense.Noordkaap en SuperSport se

Let’s Play-sportster van diemaand-kompetisie het inFebruarie begin. Dit is oop vir enigeentussen 6 en 18 jaar.

Jy kan jouself benoem of jy kan deur ’nvriend, onderwyser of jou afrigter benoemword. ’n Familievriend of iemand wat weethoe goed jy in sport is, kan jou ook benoem.

Van al die inskrywings wat maandeliksontvang word, sal een inskrywing as dieSuperSport Let’s Play-sportster van diemaand vir Noordkaap gekies word Diéwenner ontvang ’n Let’s Play-geskenkpak.

Teen die einde van die jaar word ’n

algehele wenner as Noordkaapse SuperSport Let’s Play-sport-ster van die jaar aangewys.

Benoemings ontvang voor die20ste van die maand sal bydaardie spesifieke maand sebenoemings ingesluit word.Benoemings wat ná die 20steontvang word, sal na dievolgende maand oorgedra word.

Die SuperSport Let’s Play-sportster vandie maand-wenners sal van Februarie totNovember gekies word.

Benoemings moet die volgende insluit:naam, ouderdom en ’n kort paragraaf(minder as 200 woorde) van prestasies insport. Inskrywings moet ook die spesifiekepersoon se kontakbesonderhede bevat.

Stuur benoemings na [email protected] of stuur ’n faks na 086-552-4922. Vir meer inligting bel Lynne Landmanof Juanré Viviers by 051-522-9574.

Benoem nou sportiewe jong mense

Gerdie Karstens

GRIEKWAS sal op 9 Augustus teen die Haaiein sy eerste Curriebeker-wedstryd waarskyn-lik sonder sy losskakel, Francois Brummer,moet klaarkom.

Brummer, wat Saterdag ’n deurslaggewen-de rol in die Poubloues se sege van 57-12 oordie SWD-Arende vertolk het, het in diéCurriebeker-kwalifiseerder sy vingergebreek.

Danksy die bonuspunt-sege in George isdie Griekwas terug in die Premierliga vandie Curriebeker-reeks, maar die kans is goeddat Brummer oor drie weke in Kimberleysake van langs die kantlyn sal dophou.

“Francois het vroeg in die wedstryd syvinger gebreek,” het Hawies Fourie, dieGriekwas se afrigter, gesê.

“Ons het gevra of hy kan aanhou speel totrustyd, maar hy het geweier om die veld te

verlaat en het selfs in die tweede helfteuitgedraf nadat ons die vinger verbind het.Hy (Brummer) is werklik taai en sal hom nielangs die veld laat hou as dit nie regtig nodigis nie. Ons sal dus sien hoe hy die volgendepaar weke herstel.”

Dié breier is verlig dat sy span weerCurriebeker-status bekom het, maar meen hywil nie net in die Premierliga meeding nie.

“Ons wil in die Curriebeker-reeks presteeren nie net daar wees om die groep vol temaak nie.

Puntemakers:Griekwas 57 (31): Drieë: Ryno Barnes (2),

Carel Greeff (2), Jonathan Francke, Maksvan Dyk, Marnus Schoeman, EderiesArendse, Tian Meyer. Doelskoppe: FrancoisBrummer (2), Nico Scheepers (4).

SWD-Arende 12 (0): Drieë: HentzwillPedro, Christo du Plessis. Doelskop: Elricvan Vuuren.

GW dalk sonder ster

LEVEL 1 to 3 rhythmic gymnasts representing several rhythmic gymnastic clubs willbe representing the Northern Cape at the regional championships in Johannesburg.Seen with the gymnasts are two of the coach’s helpers, as well as Mr Van Wyk,who kindly sponsored the gymnasts’ new gym bags. Photo: Supplied

Page 12: Noordkaapnk 20140723

12 NOORDKAAP, WOENSDAG 23 JULIE 2014

SportSportDie Diamantstad se koerant

Hannes Nienaber

HOPELIK kan dieGriekwas se o.18-rug-byspan in die nabyetoekomsopdie suksesvan die span van 2014voortbou.

Die Poubloues wastot op die laaste dagvan die 51ste Craven-week vir hoërskole opdie HTS Middelburgse hoofveld nog on-oorwonne. Die spanhet op die laaste dagteen die Grensmet 26-55 vasgehaak. Dié ne-derlaaghethomweer-hou om die eerstekeer sedert 1998 dietoernooi onoorwonneaf te sluit.

Griekwas hoort eg-ter onder die voorstespanne opdieCraven-week en die span van2014 het die eerstetree terug in die regterigtingvirdieuniege-gee.

Op die eerste daghet die span Grens-Platteland met 96-0vermorsel.

Dit is die naasgroot-ste sege in die geskie-denis van die Craven-week en die span vandie Noord-Kaap segrootste sedert dieontstaan van die toer-nooi in 1964.

Die Griekwa-los-skakel, Gerco Nortjé,het met sy 36 punte indie wedstryd amperdie Cravenweek-re-kord geëwenaar. Ditword deur André Es-terhuizen gehou watin 2011 in Kimberley38 punte teen dieGrens-Platteland aan-geteken het.

DieGriekwashet insy tweede wedstryddie Boland met 38-27verslaan. Die span selosskakel, Robbie Pet-zer, was uitstekend in

die kragmeting enwas waarskynlik diePoubloues se bestespeler opdie toernooi.Ander spelers watbreëbors oor hul ver-tonings mag rond-loop, isNortjé, die slotRikus Swarts, skrum-skakel Brandon deMelim, senter Ger-hard Holtzhausen envleuel JP Abrahams.

GWeen van bestes

GERCO NORTJÉ, losskakel van die Griekwa-Craven-week-span, het teen Grens-Platteland byna die Cra-venweek-rekord geëwenaar. Hy het 36 punte in diéwedstryd behaal, net twee minder as die rekord van38 wat André Esterhuizen in 2011 behaal het.

Foto’s: Deaan Vivier

ROBBIE PETZER was een van die uitblinkers in dieGriekwas se Cravenweek-span. Sy spel was in veraldie wedstryd teen die Boland puik. Hy was een vandie Poubloues se beste spelers in die toernooi.

Skitter vir Griekwas