63
Pad Saam NuPro Spesiale aanbod Ons produsente besit en beheer VKB Help! My kop is verstop Biotegnologie-Help Boere DIE uitgawe 17 Februarie/Maart 2013

NuPro Spesiale aanbod Help!

  • Upload
    vonga

  • View
    356

  • Download
    57

Embed Size (px)

Citation preview

Pad Saam

NuPro Spesiale aanbod

Ons produsente besit en beheer VKB

Help!My kop is verstop

Biotegnologie-Help Boere

DIE

uitgawe 17 Februarie/Maart 2013

2

Voergewasse verbeter diereproduksieDie gebruik van weidings- en voergewasse as hulpmiddel om veeboerdery te verbeter, is nie nuut nie. Dit kan as intensiewe voergewasse, ’n aanvullende voedingsbron tot beskikbare veldweiding, die oorwintering van diere, of as afrondingsvoer aangewend word. Aangeplante weidings is egter nie ’n goedkoop bron van voer nie. Om dit winsgewend aan te wend, is dit belangrik om hierdie weidings strategies reg deur middel van hoëproduksiediere te gebruik. Die voordele hiervan is veelvoudig: dit beteken stabiele en hoë produksie, vul kritiese weidingstye aan en bevorder volhoubare produksie. Omdat plase, boerdery-praktyke, hulpbronne en die veefaktor op plase verskil, is daar geen enkele oplossing vir voervloeibeplanning wat oral ewe geslaagd toegepas kan word nie. Ook ander gewasse wat deel van ’n boer se gediversifiseerde boerderyvertakkings uitmaak, soos mielieproduksie, en waarvan oesreste deur vee benut word, het ’n invloed op voergewasse wat die beste by ’n stelsel sal inpas. Waar dit om die keuse van ’n geskikte voer- of weidingsgewas vir ’n spesifieke doel gaan, het die boer nie tyd om met verskillende kultivars te eksperimenteer nie. As vooraanstaande verskaffer van saad aan boere wat betrokke is by ’n verskeidenheid van kontant- en weidingsgewasse en wat grootliks op voedselproduksie gemik is, is PANNAR deurlopend besig om kultivars vir hul produksiepotensiaal en aanpasbaarheid te toets. PANNAR is daartoe verbind om ’n toonaangewende wêreldklasverskaffer van topgehalte saad te wees. Die totale pakket uitstaande kultivars wat deur Pannar bemark word, en wat onder meer voergewasse insluit, word deur volgehoue navorsing, planteteeltprogramme, tegnologiese ontwikkeling, landboukundige dienste en voortreflike klantediens gerug-steun. Pannar het die grootste toegewyde bemarkingspan in die land en sien daarna uit dat boere met hulle sal gesels om sodoende die beste oplossings te bepaal, waardeur optimaal aan ’n gegewe produksiestelsel se behoefte aan ’n voervloeiprogram voldoen sal kan word.

Kontakbesonderhede:Webwerf: www.pannar.com Verkoopskantore:KwaZulu-Natal en Kaap (Greytown) Tel. 033 413 9500 Noordwes (Klerksdorp)Tel. 018 406 1700Oostelike Hoëveld en Limpopo (Delmas)Tel. 013 665 8500Sentrale Hoëveld (Heidelberg)Tel. 016 341 6404Wes-Vrystaat en Noord-Kaap (Kroon-stad)Tel. 056 216 3000

Jannie de Bruyn in ‘n mooi blok Sarom stoelrog

1

Weidingsgewasse van hoë gehalte gee beste gehalte melkWanneer dit by die produksie van melk kom, is gehalte ononderhandelbaar. Die regte keuse in weidingsgewasse speel hier ’n baie belangrike rol

Navorsing oor die vreetgewoontes van melkbeeste toon dat ’n koei 32 000 happe voer per dag neem. Dit beteken dat sy binne hierdie 32 000 happe genoeg voer moet inneem om nie net aan haar eie voedingsbehoeftes te voldoen nie, maar om ook ten beste te kan melk produseer. Die gemiddelde voedingsbehoeftes van ’n koei is sowat 54 megajoule per dag. Dit beteken dat 54 megajoules se energie genoeg sal wees om die koei te laat oorleef, maar dit sal nie genoeg wees vir die koei om melk te produseer nie. Indien sy byvoor-beeld 60 megajoules inneem, gaan sy genoeg energie hê om 6 megajoule in melk om te skakel. 66 megajoule sal haar potensieel in staat stel om dubbel die hoeveel-heid melk te produseer. Dit is dus duidelik dat die produsent vir die koei soveel voer moontlik bó haar onderhoud moet gee, sodat sy dit alles in melk kan omsit. Dit is ook belangrik om te onthou dat ’n koei slegs ’n beperkte hoe-veelheid voer per dag kan vreet en dus is dit belangrik dat sy voer van die hoogste gehalte moontlik moet kry sodat sy haar genetiese potensiaal kan vervul. Dus sal sy genoeg hoëgehalte voer moet inneem om soveel moontlik melk te

produseer, en ook in ’n goeie kon-disie bly sodat sy weer beset kan raak. Verder is dit ook belangrik dat sy so vinnig as moontlik nadat sy gekalf het, weer beset word. Vir die melkprodusent is daar ver-skeie opsies beskikbaar wat ’n basis vir melkproduksie kan vorm. Die op-sie wat uitgeoefen kan word, hang grootliks af van die beskikbaarheid van natuurlike hulpbronne. (Sien Figuur)Waar weidings ingespan word, word dit onder besproeiing gepro-duseer. Raaigrasse vorm gewoonlik die fondasie met ’n keuse van eenjarige en meerjarige raaigrasse. Eenjarige raaigrasse speel ’n be-langrike rol en is wyd aangepas oor die hele land. In sekere gebiede speel meerjarige raaigrasse ’n belangrike rol. Meerjarige raai-gras is hoog in gehalte, maar het die nadeel dat dit moeilik is om te bestuur. Raaigrasse se tekort-kominge is gewoonlik dat dit nie genoeg voer in die middel van die winter en in die somer produseer nie. In die somer neem die gehalte af. Afhangende van die produksiege-bied kan onder andere droëland-kikoejoe, voersorghums, basterba-bala, kuilvoer, Japannese radys en hooi (tef, oulandsgras of lusern)

op strategiese tye gebruik word. Afhangende van die tyd van die jaar kan die produsent na hierdie gewasse kyk om strategies ’n be-duidende bydrae tot sy voerbank te maak. Konsentrate sal ook ’n groot rol in die voervloeistrategie speel en wissel van 0-10 kilogram per kop, of gemiddeld 6,5 -7,5 kilo-gram per koei.Voersorghums is ’n hoëgehalte somergewas en na gelang van die behoefte op die plaas is daar ook basters wat vir spesifieke gebruike geskik is. Weidingstipes kan drie tot vier maal deur die seisoen bewei of gesny en gevoer word. Die basters het ook die vermoë om goeie hergroei te gee ná benutting. Die produsent kan die weiding laat uitgroei tot ongeveer 80 sentime-ter en laat afwei tot ongeveer 25 sentimeter voordat daar weer uitgegroei word. Basters met ’n hoë opbrengspotensiaal word gewoon-lik eenmalig uitgegroei waarna die weiding gesny en gevoer word. Hierdie basters kan selfs as staan-dehooi gebruik word.

1

Verskillende speenkalfproduksiestelsels verg verskillende voerstelselsAfhangende van die tipe speenkalfproduksiestelsel wat gevolg word, is daar verskeie oorwegings vir die regte weidingsgewasse wat gevoer moet word.

Daar is twee tipes speenkalf-produksiestelsels. In die eerste plek is daar die speenkalfprodusent wat die speenkalf-seisoen volg, en diegene wat speenkalwers regdeur die jaar probeer lewer. Diegene wat die speenkalf-seisoen volg, koop kalwers in Maart tot Mei aan, “background” hierdie kalwers, en verkoop hulle dan aan die voer-kraal of slagter in November en Desember. Vir hierdie produsent is die voer van speenkalwers redelik maklik, aangesien daar verskeie gewasse is wat ’n hoëgehaltevoer gedurende daardie tyd van die jaar kan lewer. Vir die produsent wat regdeur die jaar probeer kalwers lewer, is die prentjie ietwat meer ingewikkeld. Hierdie produsent verkry ’n premie op sy diere, en hy het ook sy eie voerkraal of ’n buurman wat ’n voerkraal besit. Dan is die oogmerk om regdeur die jaar ’n stand-vastige voorraad kalwers aan die voerkraal te lewer. Hierdie produsent moet dus ook met somergewasse as weidings-voorraad werk. Aangeplante weidings van hoë gehalte speel hier ’n groot rol en hierdie pro-dusent sal ook een van diegene wees wat byvoorbeeld hul Smutsvingergras sal moet bemes. Ander opsies soos voersorghums en weimielies sal ook in hierdie produsent se besluitneming ’n rol speel.

Pannar beveel gewoonlik hulle geregistreerde VAT 5-mengsel aan vir die beste speenkalfproduksie. VAT 5 is ’n meerjarige mengsel van vyf gewasse en is nie net baie hoog in voergehalte nie, maar is ook baie vergewensgesind en die produsent kan dit amper soos veld-weiding bestuur. Hoewel VAT 5 nie so goed soos raaigras is nie, is dit nie naastenby so moeilik om te bestuur soos raaigras nie, en word VAT 5 gewoonlik as ’n basis gebruik. ’n Lekker opsie is dat VAT 5 in die middel van die win-ter deur boere gebruik kan word om staandehooi te maak. Al die gewasse wat in die herfs gaan groei, bly in die winter groen en smaaklik, en omdat die gehalte van die weiding konstant hoog bly, kan produsente met ’n geruste hart hul diere gedurende die winter op die VAT 5 laat wei. VAT 5 het twee pieke, in die herfs en in die lente, en kan ook in koeler gedeeltes van die land tot in die somer nog sterk bly. In die warmer gedeeltes van die land, gaan VAT 5 nog effens meer groei in die winter ook. Dit bied aan die produsent ’n baie goeie basis om vanaf te werk en gee ook die opsie om slegs die tekortkominge met aanvullers aan te vul. Eenjarige raaigras word gewoonlik gebruik om VAT 5 aan te vul, sowel as wintergrane, en Ja-pannese radys. Vir produsente wat regdeur die jaar kalwers wil lewer,

is die gebruik van voersorghums raadsaam en word daar dan ook strategies na hierdie verskillende weidingsgewasse gekyk. Hooi speel hier ook ’n baie belangrike rol, en die keuses van gewasse lê tussen tef, oulandsgras en lusern. Indien die produsent dalk vind dat hy ’n klein oorlê-landjie in die somer het, kan tef aangeplant word. Die tef kan dan gesny en gebaal word, en dit is dan ook nooit te versmaai om ’n hooigewas êrens in ’n voerbank te hê nie. Tefbale was verlede seisoen ook hul gewig in goud werd, en met droogtetye kan dit vir diegene wat vind dat hulle meer as genoeg voer het, ’n nuttige ekstra inkomste genereer. Lusern is ook ’n uitstekende opsie vir die-gene wat dit kan aanplant. Daar is tans geen gelyke as voergewas vir lusern nie, aangesien dit oor baie deurvloeiproteïen beskik en uiters hoë gehalte voer lewer. Wat mielieoesreste en weimielies betref is daar baie produsente wat raaigras tussen die mielies, wat onder besproeiing is, insaai. Die graan word dan tussen Junie en Julie gestroop en dan het die produsent oesreste wat tussen raai-gras staan en ’n puik rantsoen gee. Produsente moet egter in gedagte hou dat die voginhoud hier ’n groot impak kan maak, aangesien ’n droë profiel aan die einde van die seisoen die gewas in die ko-mende seisoen sal beïnvloed.

3

Intensiewe skaapproduksie verg beste voerSkaapboerdery is ’n intensiewe, hoëproduksiebedryf en verg fyn beplanning. Die regte voer is hier onontbeerlik vir die beste resultate.Skaapboere weet dat gehaltevoer en lamseisoene sekerlik die be-langrikste aspekte uitmaak om ’n suksesvolle skaapboerdery te verseker. Ooie moet nie net soveel lammers moontlik in ’n seisoen grootmaak nie, maar moet ter-selfdertyd weer beset word in die volgende seisoen, wat beteken dat hulle regdeur die jaar in die bes moontlike kondisie gehou moet word. Ongelukkig speel hulle nie altyd saam nie, en is skape uitsoekvreters wat die bestuur van weiding be-moeilik. Tesame hiermee is daar nog die beplanning van die verskil-lende lamseisoene. Die produsent moet besluit hoe intensief die boerdery benader moet word: word daar slegs een maal per jaar gelam, of word daar slegs in die herfs en lente gelam, of word daar drie keer in twee jaar gelam? Dit is belangrik om skape se lamtyd te beplan, aangesien daar genoeg voer gedurende hierdie tyd beskik-baar moet wees. Die keuse van watter gewasse om aan te plant om aan hierdie voerbehoefte te kan voorsien, speel hier ’n deur-slaggewende rol.Om te verseker dat skape reg-deur die seisoen in ’n goeie kon-disie bly, is drukbeweiding baie belangrik. Soos genoem is skape uitsoekvreters, en neem hulle nie bloot happe of ’n bek vol gras soos wat beeste byvoorbeeld sou doen nie. Dit is dus raadsaam om ’n groot hoeveelheid diere op ’n kleiner stuk weiding te laat wei wanneer daar met skape gewerk

word. Op hierdie manier soek skape nie na “smaakliker” plante nie, maar vreet hulle wat voor kom. Op hierdie manier neem die skape dan die hele mengsel voer in, wat beteken dat minder voer van die mengsel wat aan hulle gevoer word, vermors word, en daar is minder metaboliese steurnisse en minder siektes want die diere word ook meer gereeld geskuif, sodat parasiete nie posvat nie. Die keuse van weidingsgewasse vir skape is baie soortgelyk as dié wat vir speenkalf-produksie voorgestel word. Pannar beveel hier ook ge-woonlik die VAT 5-mengsel aan (’n mengsel van langswenk-, kropaar-, meerjarige raaigras en klawers), want die gehalte van die mengsel is hoog genoeg sodat dit op sy eie gebruik kan word. Wanneer die middel van winter aanbreek, en die VAT 5 nie genoeg weiding pro-duseer nie, kan eenjarige raaigras ingespan word om in die nodige voerbehoeftes te voorsien. Nog ’n uitstekende weidingsgewas wat veral by skape aangewend kan word, is Japannese radys. ’n Skaap benut radyse sekerlik die beste van alle diere, en met die nuwe radyskultivars wat deur Pannar geteel word, steek daar meer van die radys bokant die grond uit wat benutting verder verbeter. Die ooie kan die radyse maklik bykom, en wanneer hulle eers daaraan ge-woond geraak het om die radyse te vreet, benut hulle dit gemaklik. Groenvoer pas uitstekend in vir ’n herfslamtyd en vir slaglam-produksie. Pannar beskik oor ’n

uitstekende kultivarpakket van hoë potensiaal hawer-, korog- en stoelrogkultivars wat groenvoer van goeie gehalte in die kritiese laat herfs-, winter- en lentemaande kan lewer. Groenvoer kan onder droë-land- en/of aanvullende besproei-ing verbou word.Groenvoerkultivars word, net soos koringkultivars, volgens hul groei-wyse in lente-, intermediêre en wintertipes ingedeel. Elkeen van hierdie tipes het ’n eie ge-bruiksaanwending in ’n voer-vloeiprogram. Dit is daarom be-langrik om op die eienskappe van elke tipe ag te slaan, om so die beste voordele daarvan te benut. Elke kultivar het dus ’n spesifieke benuttingsperiode.Die aanplant van lusern vir voer is ook ’n opsie indien die produsent oor die hulpbronne beskik om lusern te kan produseer. Lusern verskaf uitstekende weiding met relatief min water, en is uiters geskik om as middel-winter voer aan te wend. Basterbabala is blousuur-vry, het ’n uitstekende hergroei en weens die feit dat dit ’n vinnige groeier is, verskaf die gewas genoeg voer binne ’n redelike tyd. Milkstar, ’n baster-babala, word baie goed deur skape benut, omdat hierdie gewas nie baie hoog groei nie. As die Milkstar in rye geplant word, loop die skape gewoonlik in die rye af en vreet, wat weidingsbestuur vergemaklik. Voersorghum en basterbabala is eenjarige voergewasse wat na gelang van die baster se eien-skappe as weiding, in ’n sny-en-voer-sisteem, as staande hooi of as kuilvoer benut kan word. Dit is belangrik om tydens basterkeuse op die eienskappe met betrekking tot hergroeipotensiaal, opbrengs-potensiaal en suikerinhoud ag te slaan. Weidingstipes kan drie tot vier maal deur die seisoen bewei of gesny en gevoer word, aangesien hierdie basters die vermoë het om goeie hergroei te gee ná benut-ting. Die basters kan toegelaat word om uit te groei tot ongeveer 80 sentimeter, waarna dit tot op ongeveer 25 sentimeter afgewei word, en dan weer toegelaat word om uit te groei.

4

Feb/Mrt 2013in hierdie uitgawe

28

22

47

Uitgewer:VKB en NTKRedakteur: Hannelie Cronjé/ Posbus 100/ Reitz 9810 Tel:058 863 8223 /[email protected] Eindredakteur: Koos Janse van RensburgOntwerp en Uitleg: Etienne Janse van RensburgTaalversorging: Lize Mulder Druk: Oranje Drukkers, SenekalAdvertensies: Hannelie Cronjé www.vkb.co.za

Alle regte van Die Pad Saam word voorbehou ingevolge Artikel 12(7) van die Wet op Outeursreg.

Die eienaar en uitgewer aanvaar nie aanspreeklikheid vir enige uitlatings deur skrywers of medewerkers nie.

VKB beskik oor ‘n klientedienssentrum wat bestuur word deur die groep se skakelbeampte,

me Anelie Swemmer:Kontak haar gerus by 058-863 8277 of per e-pos by [email protected]

5 Voorwoord: Hannelie Cronjé6-7 Koos Janse van Rensburg8-11 Nuus 12-19 Finansies20-21 Wat sê die wet22-23 Veiligheid24-26 Dieregesondheid27 Partrite28-29 Klein Jakkalsies30-31 Wild en Jag Deel 232-33 Echo34-35 Nu Pro Winterlekke aanbod36-37 Watertenke38-41 Biotegnologie GM42 Monsanto43-46 Tuin47-49 Gesondheid:Sinus50-51 Ina:Sukses storie52-54 Bederf jouself55 Nuwe inwonder56-60 NTK en VKB Nuus61 Toer saam62-64 Foto Kompetisie

Veiligheid

Pasop vir die jakkalsies

Wat is sinus?

5

Uitgewer:VKB en NTKRedakteur: Hannelie Cronjé/ Posbus 100/ Reitz 9810 Tel:058 863 8223 /[email protected] Eindredakteur: Koos Janse van RensburgOntwerp en Uitleg: Etienne Janse van RensburgTaalversorging: Lize Mulder Druk: Oranje Drukkers, SenekalAdvertensies: Hannelie Cronjé www.vkb.co.za

Voorwoord

Dit is vir my lekker om te sê na bietjie meer as ’n jaar geniet ek nog steeds elke dag hier in die Vrystaat. Hoe dan anders met wonderlike kollegas, die vriendelike mense en die mooi omgewing?Ek kan egter nie help om te wonder hoeveel van julle soggens opstaan met die gevoel dat dit net “nog ’n dag met sy gewone roetine” is nie. Ek probeer regtig elke dag om net een persoon spesiaal te laat voel – of dit nou my man is, of my kinders, of my huiswerker, of ’n

ou op straat – nie omdat ek voel ek moet nie; net omdat ek dan self beter voel. Probeer dit gerus.Een van my kollegas het onderstaande aan my gestuur, en dit is só waar dat ek dit net moes deel:

Daar was ’n boer wat mielies gekweek het. Elke jaar het hy sy mielies ingeskryf by die landbouskou, en soos klokslag wen hy die blou roset vir die beste mielies in die distrik. Een jaar het die joernalis van die plaaslike dagblad ’n onderhoud met hom gevoer en iets baie interessants geleer rondom die boer se manier van mielieverbouing. Die verslaggewer het te wete gekom dat die boer sy aanplantingsaad met sy bure deel.“Hoe kry jy dit oor jou hart om jou mieliesaad met jou bure te deel terwyl hulle ook elke jaar inskryf vir die beste mielie-kompetisie?” vra die verslaggewer aan die boer.“Maar, meneer,” sê die boer “het jy nie geweet nie? Die wind tel stuifmeel op van die rypwordende mielie-koppe en waai dit van saailand na saailand. Indien my bure mielies van minderwaardige gehalte verbou, sal kruisbestuiwing stadig maar seker die kwaliteit van my mielies nadelig beïnvloed. Indien ek goeie mielies wil hê, moet ek my bure help sodat hulle ook goeie mielies verbou.”Die boer was terdeë bewus van die mens se interafhanklikheid van mekaar. Sy mielies kan nie verbeter tensy sy bure se mielies nie óók verbeter nie. So is dit ook met ons lewens gesteld. Dié wat in vrede wil lewe, moet ook hul bure help om in vrede te lewe. Dié wat gelukkig wil wees, moet ook ander om hulle help om geluk te vind aangesien die welstand van elkeen verbind is aan die welstand van almal.Dit is moontlik om weg te gee en steeds ryker te word! Dit is ook moontlik om té styf vas te hou en alles te verloor. Ja, die vrygewige man sal ryk wees! Deurdat hy aan ander water gee, les hy ook sy eie dors.

Spreuke 11:24-25Daar is een wat ruim uitdeel en nog meer kry, en een wat terughou meer as wat reg is, maar tot sy gebrek.Die siel wat seën, word versadig; en hy wat laaf, word self ook gelaaf.

My gebed vir elkeen van julle is voorspoed, gesondheid, vrede, vreugde en genade. Mag Jesus elkeen ryklik seën en Sy beskermende hand oor elkeen hou in die jaar wat voorlê.

En onthou om jou voorspoed met ander te deel.

Hannelie Cronjé

Hannelie Cronjé

6

Na aanleiding van dr. Philip Theunissen se artikel in Die Pad Saam van Okto-ber/November 2012 (Wat is ’n VKB-aandeel werd?), het ek dit nodig geag om VKB se strategie in hierdie verband met u as aandeelhouers/belanghebbers te deel:

Ontstaan van landboumaatskappyeLandboukoöperasies het ontstaan deurdat hul lede ’n behoefte gehad het na kollektiewe bedinging om

insette teen die goedkoopste moontlike prys te bekom en ook die verpoeling van die aanbod van uitsette om die beste moontlike opbrengs vir die produsent se produkte te realiseer. Meeste van die koöperasies is sedert-dien omskep in maatskappye weens ’n verskeidenheid redes soos waarde-ontsluiting, aantrek van kapitaal en politiese vrese.Die effek van die omskepping was dat maatskappye tot stand gekom het wie se klantebasis oorwegend

bestaan uit sy eie aandeelhouers. Hierdie unieke onderskeidende kenmerk maak landboumaatskappye an-ders as ander normale maatskappye van wie die primêre doel is om waarde te ontsluit in terme van die ver-hoging in die aandeelprys en die dividend wat dit betaal. Die aandele van die maatskappye is gewoonlik wyd versprei tussen ’n groot aantal aandeelhouers as gevolg

van die oorsprong van die maatskappye waar ’n groot aantal aandeelhouers elk ’n nominale hoeveelheid aandele in die koöperasie opgeneem het in ruil vir die voorreg om met die koöperasie te mag besigheid doen. Hierdie oorspronklike aandele is soms aangevul deur bonusse wat aan lede geallokeer is teen aandeelhouers se ledefondse wat met omskepping omskep is in aandele. Ongeveer 100 jaar later het landbouprodusente nog steeds die behoefte na kollektiewe bedinging vir goed-

koop insette en gesamentlike bemarking van sy produkte.

Ons produsente besit en beheer VKB

Koos Janse van Rensburg

7

Wisselende behoeftes van aandeelhouer en klant van landboumaatskappyeMet die omskepping van koöperasies in landbou-

maatskappye het ondernemings tot stand gekom wat sterker gemeet word aan die doelstellings van maatskappye. Die wisselwerking tussen die aandeel-houer se behoefte as klant na goedkoop insette en goeie produkpryse aan die een kant, en die aandeel-houer se behoefte na ’n opbrengs op sy belegging in die maatskappy aan die ander kant, veroorsaak dat daar binne landboumaatskappye ’n voortdurende konflik bestaan tussen die verskaffing van goedkoop goedere en dienste en die generering van optimum winste. Onder landboumaatskappye het twee denkrigtings

ontwikkel. Die een wat suiwer die primêre doelstelling van die maatskappy nastreef en poog om maksimum waarde vir sy aandeelhouers te ontsluit (korporatiewe model), en die ander wie se aandeelhouers se be-hoefte as produsent sterker weeg as die behoefte van ’n belegger en dus die klem steeds plaas op goed-koper insette en maksimum uitsette eerder as op die skep van waarde vir die aandeelhouer as belegger (koöperatiewe model). Landboumaatskappye het oor die jare ontwikkel

in dinamiese besighede maar gaan gebuk onder wisselvallige finansiële resultate weens klimaats- en ekonomiese oorwegings. Klimaatsfaktore beïnvloed die deursette deur verwerkings- en bergingsfasiliteite as gevolg van die direkte invloed op klante se oeste. Die grootte en kwaliteit van oeste het ’n direkte impak op die finansiële posisie van die produsent en beïnvloed sy koopkrag en solvabiliteit. Dit het weer ’n direkte effek op die landboumaatskappy se besigheid gedurende die daaropvolgende jaar. Die landbou-maatskappy verskaf krediet aan klante ter finansie-ring van oeste en dit veroorsaak uit die maatskappy se oogpunt dat bedryfskapitaalbehoeftes groot is en die omdraai van die geld stadig is. Dieselfde faktore is weer uiters noodsaaklik vir die klant wat afhanklik is van die tipe finansiering. Die landboumaatskappy in sy huidige vorm en die produsent is dus tot ’n groot mate ’n onlosmaaklike verlengstuk van mekaar en daar bestaan nie bloot ’n toevallige verhouding van klant, verskaffer en aandeelhouer nie.

Waardeontsluiting versus beheer oor die maatskappyHoewel daar oor jare groot waarde binne land-

boubesighede opgehoop het wat waardeontsluiting op die kort termyn maklik maak, is die langtermyn-volhoubaarheid van waardeontsluiting volgens die korporatiewe model weens die bogenoemde faktore meer onseker. Dit veroorsaak dat landboumaatskap-pye oor die langer termyn nie noodwendig aantrek-like beleggingsgeleenthede is nie en gevolglik sukkel om waarde te ontsluit deur die maksimering van die aandeelwaarde van die maatskappy. Weens lae opbrengste is die verklaring van groot, konstante divi-dende om te kompenseer vir die gebrek aan waarde-toename van die aandeel, nie ‘n maklike alternatief vir die landboumaatskappy nie.Hoewel landboumaatskappye oorwegend pu-

blieke maatskappye is, of publieke maatskappye as houermaatskappy het, word die verhandelbaarheid van hul aandele oor die algemeen beperk deur die

maatskappye se memorandum van inlywing in ’n poging om beheer te verseker deur die produsente. Dit het ’n nadelige uitwerking op effektiewe waarde-ontsluiting. Indien daar nie beheermaatreëls is oor die verhan-

delbaarheid van die aandele nie, is die risiko dat pro-dusente beheer verloor oor hul landboumaatskappy met moontlike verreikende gevolge. waarvan daar legio voorbeelde in ons land is, bv die suiwelbedryf.

VKB beleidVir VKB se produsente was die onderneming oor jare

’n verlengstuk van hul boerdery-ondernemings. VKB was oor al die jare die stabiele staatmaker waarop hulle kon steun vir die verskaffing van hul insette, finansiering. ensovoorts, en ook vir die berging en bemarking van hul produkte. Beheer oor hul land-bouonderneming was nog altyd vir hulle van kardi-nale belang. Juis daarom was VKB een van die laaste koöperasies wat omskep het in ’n maatskappy. Oor die jare het ons ’n unieke metode van waarde-

ontsluiting ontwikkel waar die waarde ontsluit word deur aansporingskortings aan die produsent uit te keer uit die jaar se wins om hom aan te spoor om meer besigheid met VKB te doen. Met hierdie model keer ons die waarde uit aan die klante uit wie ons die wins gemaak het in verhouding tot elkeen se proporsionele bydrae tot die wins.Ons is oortuig dat dit vir ons onderneming die mees

effektiewe meganisme van waardeontsluiting is en daar is baie voordele wat met die model saamgaan:

Produsente kry jaarliks ’n kontantaansporingskor-• ting op sy besigheid met VKB gedoen. Lede se uitgestelde kortings hoop op en dien as • sekuriteit vir hul produksieskuld.Dit is in baie gevalle ook die produsent se pen-• sioen. Hierdie is een van die effektiefste lojaliteitstelsels • tans in bedryfJong boere kry goedkoop toegang tot die • onderneming, sy dienste en sy fasiliteite. Produsente hou beheer oor hulle landboubesig-• heid

Gevolgtrekking:Die finale besluit oor die debat bly die voorreg van

die eienaars van die onderneming maar VKB se Raad is dit eens met Dr. Theunissen dat die kortstondige waardeontsluiting moontlikhede van die korporatiewe model nie so voordelig is vir die produsent as die meer koöperatiewe model wat VKB oor soveel jare met groot sukses toepas nie.

Daarom word die onderneming tans bestuur as een van min ware produsentebesighede wat nog in die land oor is – ’n besigheid wat besit en beheer word deur die produsent.

8

deur Dr. Philip TheunissenComputus Bestuursburo

Op 2 Februarie 2012 kondig die Departe-ment van Arbeid aan dat die minimum loon vir

plaaswerkers vanaf 1 Maart 2012 opwaarts aangepas word van R7,04 tot R7,71 per uur, van R317,51 tot R347,10 per week en van R1 375,94 tot R1 503,90 per maand in terme van die sektorale vasstel-ling vir plaaswerkers. Vir die twee jare daarna sal die minimum loon ook nog telkens met ten minste die verbruikersprysindeks plus 1,5% aangepas word. Verder onder-neem die departement ook om toe te sien dat die minimumloon wel toegepas word deur middel van 800 inspekteurs oor die hele land. Nege maande ná die vasstelling van die huidige minimum loon begin plaaswerkers in die Hexrivier-vallei met gewelddadige stakings en eis ’n minimumloon van R150,00 per dag, wat meer as dubbeld is as wat die departement van arbeid vasgestel het. Verskeie politici spring vinnig op hierdie wa en skep die indruk dat boere hul werkers finansieel uitbuit en soos slawe behandel. Marius Fransman, ANC-leier in die Wes-Kaap en ook adjunkminister van internasionale betrekkinge en samewerking, het volgens berigte gesê dat die boere van die De Doorns-omgewing sal “k@k”. Tony Ehrenreich tokkel onophoudelik op die snaar van “slawerny” waaraan boere hulself skuldig maak en verklaar dat Mari-kana na die plase toe gekom het. Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, bosbou en visserye, wens die stakers geluk met hul

“oorwinning” oor die boere, en die Oos-Kaapse ANC vra die buiteland om Suid-Afrikaanse wyn te boikot.

WerksgeleenthedeIn hulle verslag, “The Economic Rationale for Agricultural Regen-eration and Rural Infrastructure Investment in South Africa”, bevind Meyer, Breitenbach, Fenyes en Jooste dat die landbousektor se kapasiteit en ook vermoë om werksgeleenthede te kan skep by verre dié van enige ander sektor van die ekonomie oorskry. Dit geld nie net vir landbou self nie maar ook vir stroomaf sektore wat land-bouprodukte as grondstof gebruik. Dit is in die besonder van toepass-ing om armoede in die platte-landse gebiede te verlig. Die ver-slag spel ook uit dat ander sektore tot ’n groot mate reeds hul versa-digingspunt bereik het en dus nie dieselfde potensiaal as landbou het om nuwe werksgeleenthede te kan skep nie. Dan word daar tot die gevolgtrekking gekom dat die regering hierdie moontlikhede moet erken en sy ondersteuning aan landbou moet verleen sodat die sektor se vermoë om werk te skep ten volle benut kan word.In die praktyk is die teendeel egter waar. Tracey Simbi en Michael Aliber van die departement van handel en nywerheid se verslag, “Agricultural Employment Crisis in South Africa”, kom tot die gevolg-trekking dat indiensneming deur Suid-Afrika se kommersiële boere teen ’n onrusbarende tempo afneem. Volgens hierdie verslag is boere ook toenemend meer geneig om weg te beweeg van permanente werkers en maak hulle meer van tydelike werkers gebruik. Dan kom die verslag tot die ge-volgtrekking: “If the decline in em-

ployment continues in this fashion, then the already grave problem of rural unemployment will become graver still.” Voor die ANC in 1994 aan bewind gekom het, was daar in totaal by-kans 1,1 miljoen mense op plase in Suid-Afrika werksaam. In 2010 be-loop hierdie syfer 650 000. Dit is ’n afname van 450 000 werksgeleent-hede op plase terwyl die res van die ekonomie vir die ooreenstem-mende tydperk bykans 1,2 miljoen meer mense in diens geneem het. Die verslag wat hierdie statistiek bevat, “Estimate of the contri-bution of the agricultural sector to employment in the Southern African Economy”, opgestel deur die direktoraat ekonomiese dien-ste, departement van landbou, bosbou en visserye, verklaar in 2010 verder dat dit ooglopend is dat plaaswerkers gemiddeld meer as die minimumloon verdien. In 2003 het hulle R13 626,93 verdien wat tot R17 649,70 in 2007 toegeneem het. Terselfdertyd was die minimumloon in 2003 R7 800,00 en het tot R12 492,00 in 2007 toegeneem. “The gap between the minimum wage and what agriculture sector em-ployees earn is significant” en ook: “The farm workers are therefore re-ceiving wages in accordance with South Africa’s labour law”, luidens die verslag. Die departement van landbou, bosbou en visserye se verslag voer redes aan waarom die aantal plaaswerkers so skerp afgeneem het. Daar word aangevoer dat tesame met ’n verandering in die ekonomiese omgewing (insluitende tegnologiese vordering), is wet-gewing, met die klem op plaas-werkers se verblyfreg, die vernaam-ste bydraer tot die verlies aan werksgeleenthede op plase. Die

Fluitspelers gaan duur betaal vir onrus

9

verslag haal dan ook vir Simbi en Aliber aan wat argumenteer dat boere se vrese dat hulle beheer van hul eie grond aan plaaswer-kers sal moet afstaan en ook hul persepsie dat al die arbeidswette wat onder die ANC se bewind ingestel is, dit moeiliker maak om arbeid te bestuur, die vernaamste redes vir die groot werksverliese op plase is.

Die feiteDit is dus nodig om ’n paar feite rondom plaaswerkers uit boge-noemde saam te vat: Die minimum loon word deur die regering en nie deur boere nie, vasgestel. Daar kan dus nie sprake van uitbuiting deur boere wees nie.

Die huidige minimum loon is • nege maande vóór die on-rus reeds aangekondig en vakbonde, politieke partye en plaaswerkers het meer as genoeg tyd gehad om hulle ontevredenheid daarmee te toon. Geen plaaswerker word onder • dwang en teen hulle sin deur boere aangewend nie en dit staan elke werker vry om enige tyd vrywillig te bedank en ‘n ander heenkome te gaan soek. Om die werkgewer- werkne-merverhouding op plase as slawerny te tipeer is totaal ver-regaande.Verskeie gesaghebbende • ondersoeke, selfs uit regerings-departemente, toon aan dat die oorgrote meerderheid van plaaswerkers heelwat meer as die minimum loon verdien. Om aan te voer dat boere die mini-mum loon as ‘n plafon beskou is van alle waarheid ontbloot.Al die komplekse arbeidswette •

en gepaardgaande moontlik-heid van arbeidsonrus maak boere huiwerig om nuwe werks-geleenthede te skep. Daarom doen hulle eerder die teendeel om hulle blootstelling hieraan te verminder.

VolgelingeDit is natuurlik nie die eerste keer wat ANC-politici of sy alliansies poog om ’n slagveld van landbou te maak nie. In die verlede het die eertydse adjunkminister van land-bou, wyle dr. Dirk du Toit, boere daarvan beskuldig dat hulle stelsel-matig met ’n menseslagting onder plaaswerkers besig is. Die voorma-lige leier van die ANC-Jeugliga, Julius Malema, het herhaaldelik aangevoer dat boere die grond gesteel het waarop hulle boer. Die huidige minister van polisie, Nathi Mthethwa, sê die meerderheid plaasaanvalle is die resultaat van loongeskille tussen boere en hul werkers. Joemat-Pettersson neem boere kwalik vir die slakkepas waarteen grondhervorming plaasvind en bly steun op die Pekeur-verslag wat aanvoer dat plaaswerkers uitgebuit word en dat meer as ’n miljoen plaaswerkers onwettig van plase afgesit is.Dit is nie duidelik nie, nog verstaan-baar, waarom die ANC volhou om ’n haatklimaat tussen boere en hul plaaswerkers te probeer skep. Dit is ook onverklaarbaar waarom die ANC na hoogs omstrede verslae gryp en feitelik ondersoeke, selfs dié van staatsdepartemente, ignoreer. Dit is verder onbegryplik waarom sogenaamde onwet-tige optrede van boere teenoor hul plaaswerkers net op politieke platforms na vore kom maar nooit in hofuitsprake nie. Dit is ook op-merklik dat natuurrampe en ekono-

miese faktore wat die plaaslike produksie van landbouprodukte wesenlik raak, nooit dieselfde aandag van die regering kry as aangeleenthede rondom plaas-werkers nie. Die enigste gevolg-trekking waartoe daar gekom kan word, is dus dat die feite nie goed vir populistiese politiek is nie terwyl arbeidsonrus wel is. Daarom moet daar aanvaar word dat die stakings ’n politieke dryfkrag het eerder as wat dit ’n loongeskil tus-sen boere en plaaswerkers is. Die onsekerheid wat deur die arbeidsonrus geskep word, gaan boere noodsaak om die probleem kleiner, en nie groter nie, te maak. Die politici se populistiese opstokery van plaaswerkers gaan dus net verdere werksverliese op plase veroorsaak. Ongelukkig is dit ’n groot klomp naïewe seisoenale plaaswerkers wat soos die onskul-dige kinders in die dorpie Hamelin agter die fluitspeler gaan aanloop en in die berg gaan verdwyn net om nooit weer op plase gesien te word nie.

Fluitspelers gaan duur betaal vir onrus

10

deur Hannes Dreyer

Die boerdery Neuman Broers, van Rodney en Leonard Neuman van Vrede, is gedurende Oktober 2012 tydens ’n dinee wat jaarliks saamval met die Aldam Beesskool, aangewys as die wenner van Molatek se landwye Veeboer van die Jaar-kompetisie. Die beoordeling het op 4 Oktober plaas-gevind en is gedoen deur prof. Frikkie Neser van UV en Johan Mouton van Molatek. Mouton het gesê dat die uitstaande kenmerk van die finaliste van vanjaar se kompetisie was dat hulle die basiese goed reg doen – nie net beplan om dit te doen nie, maar dit wel dóén. Die Neuman-broers boer met stoet- en kommersiële Drakensberger-beeste en stoet- en kommer-siële merinoskape op die veld. Verder is daar ook ’n groot melkery (Fries en Holstein). Kontantge-wasse word hoofsaaklik verbou om aan die kuddes se voervloei te voldoen.

AgtergrondHul pa, Hymie, en sy broer, Sam, het die boerdery dekades gelede as Neuman Broers begin en dit is vandag nog die boerdery se naam. Hymie is in 1977 oorlede toe Leonard 19 jaar en Rodney 17 jaar oud was. Dit het toe uit dieselfde fasette as tans bestaan; net kleiner. Sam is reeds in 1967 oorlede. Leonard het die boerdery in 1977 oorgeneem, maar met ’n groot bedrag boedelbelasting wat hy moes betaal, het mense hom aangeraai om te verkoop, “want jy sal dit nie maak nie”. Toe reeds

het sy positiewe ingesteldheid en deursettingsvermoë na vore getree, want hy het besluit om sy planne om medies te studeer, te laat vaar en na sy weermag-opleiding eerder te gaan boer.

Cork Merinos sinoniem met veld-rammeSedert die stigting van die Oos-Vrystaatse veldramklub in 1986 is Cork Merinos ononderbroke deel van hierdie klub (26 jaar). Doelgerigte teling het tot gevolg gehad dat hierdie stoet reeds verskeie toekennings ontvang het. Benewens die aantal silwer meriete ramme- en “beste ram”-

toekennings, het die stoet ook die afgelope drie jaar die toekenning as beste teler ontvang. Hierdie jaar het 87% van die ramme van Cork Merinos die toets geslaag en is gekeur. Dit het 13 jaar geneem voordat Cork Merinos die eerste toekenning by die klub verwerf het, maar nou word die vrugte gepluk van ’n doelgerigte teel-beleid waar veldramme geteel word wat aangepas is onder suurveldtoestande. Die hoofdoel van Cork Merinos is om in die eerste plek ramme te produseer om in hul kommersiële kuddes te gebruik. Al die ver-koopsramme word ten minste een

Neuman-broers van Vrede presteer

11

maal in hul kudde gebruik. Die klem by teling val veral op vrug-baarheid , bouvorm, groei en wol. Die afgelope drie jaar is beide ramme en ooie op die veld getoets onder toesig van Veldram SA. Dit is een van die min stoeterye waar baie klem gep-laas word op aanpasbaarheid en waar kondisiebepalings met elke weging gedoen word.

MelkeryHoewel die melkbedryf baie moeilike tye beleef (van die 45 melkerye in Vrede het net 3 oorgebly), kry die Neumans dit reg om melk steeds ekonomies en volhoubaar te produseer. Volgens Johan Theron, die mel-kerybestuurder, kan dit aan drie faktore toegeskryf word, naamlik hulle produseer hul eie graan; meng hul eie voere, en benut bestaande fasiliteite ten volle.Daar is tans ongeveer 360 koeie in die melkery en hulle word twee maal per dag gemelk. Die koeie is in vier produksiegroepe verdeel en word daarvolgens gevoer. Die huidige stalgemiddeld is 8 400 kg melk per laktasie.Kunsmatige inseminasie word op alle koeie gedoen en geen bulle word gebruik nie. Hulle teelbeleid is eenvoudig: Goeie funksionele koeie word geteel met die klem op uiers en langlewendheid. Die versgrootmaakprogram is baie suksesvol en verse weeg 400 kg op 15 maande en word dan geïnsemineer om op 24 tot 27 maande te kalf.

BeesteDie Neumans het al in die sestiger-jare met swartbeeste begin boer. Drakensbergers aard uitstekend in hul omgewing, wat deur baie koue winters met sneeu en swak winterveld gekenmerk word. Die koeie het uitstekende herstelver-moë na die winter en groei nog terwyl hulle kalwers soog. Hul eie

kalwers het oor ’n tydperk van twee jaar gemiddeld 1,59 kg per dag in voerkrale gegroei.In 1980 het hulle aangesluit by die Drakensberger Beestelersgenoot-skap as die Hymgert Drakensber-ger-stoet. In 2002 is die bekende Frelon-stoet van wyle Pieter Botha aangekoop. Die uitsluitlike rede was om die twee bloedlyne te “kruis” ten einde “basterkrag” binne die ras te benut.In 1981 en 1989 is Suid-Afrikaanse rekordpryse van onderskeide-lik R12 000 en R50 000 vir bulle betaal. Beide hierdie bulle het uitstekend by hulle presteer. In 2011het hulle self die nasionale rekordprys van R107 500 vir ’n Drakensberger-bul ontvang terwyl die gemiddelde prys van R38 500 (oor 50 bulle) ook die hoogste vir ’n Drakensberger-veiling in die land is. Die Frelon en Hymgert Drak-ensberger-stoet was die eerste Drakensberger-kudde wat ’n veldtoets op die plaas onder beskerming van Veldbul SA uitge-voer het. Met so ’n veldtoets word verseker dat net die beste bulle (wat aangepas is op veld) ge-selekteer word om in die stoet en kommersiële kuddes te gebruik. “Met veldtoetse word tellings vir kondisie, temperament, hare en bespiering gedoen, want as jy net prestasietoets- en Blup-data benut, teel jy net vir ’n groot bees wat baie weeg, maar weet niks van sy kondisie en bespiering af nie,” vertel Rodney.Daar word elke jaar tussen 200 en 300 bulle op die plaas ge-toets onder beskerming van Veldbul SA. Hiervan word die beste 150 in die kudde gebruik vir die dekseisoen. Die beste 50 word dan op hul jaarlikse bulvei-ling aangebied. Die res van die bulle word geslag omdat slegs die beste op die veiling aangebied word. Hierdie stelsel werk uitste-kend omdat die beste bulle uit die

stoet jaarliks self gebruik word en genetiese vordering dus versnel word. Die verdere voordeel is dat die kommersiële kudde in werklik-heid net een generasie agter die stoetkudde is. Kopers van Neu-man-bulle kry die voordeel dat hulle beproefde veldaangepaste drie jaar oue bulle te koop kry. Hierdie stelsel se verdere voordeel is dat daar nie jaarliks ’n groot getal bulle aangekoop word nie – bulaankope word beperk deur enkele stoetbulle oor ’n tydperk aan te koop. Sulke bulle moet op die veld getoets wees onder dieselfde omstandighede as wat by Neuman Broers geld.Volgens Rodney was dit (om ’n veldtoets te doen) en die hou van ’n eie produksieveiling van die beste besluite wat hulle nog geneem het. Drakensberger-bulle en merino-ramme word jaarliks op ’n veiling aan die begin van Augustus verkoop.

OpsommendProf. Frikkie Neser het met die toekenning gesê dat dit prysens-waardig is dat die Neuman-broers dit reggekry het om met tradisio-nele rasse (Drakensberger-beeste en merinoskape) hul boerdery te omskep in een van die mees wins-gewendste boerderye in die land. Met hul streng teelbeleid en duidelike doelwitte het die boer-dery oor die jare tot ’n model-boerdery ontwikkel.In al drie vertakkings word ’n streng teelbeleid met duidelike doelwitte gevolg waarvan nie afgewyk word nie. Die ander beoordelaar, Johan Mouton van Molatek, het gesê dat hulle veral beïndruk was met die presisie waarmee die broers ’n boerdery van hierdie omvang hanteer. Die basiese beginsels word reg gedoen en daar word geen kompromieë aangegaan nie.

Beoordeelaars: Prof. Frikkie Neser, Johan Mouton, Leonard Neuman, Rodney Neuman

12

-

deur Philip TheunissenComputus Bestuursburo

“Do not value money for any more nor any less than its worth; it is a good servant but a bad mas-ter. Alexandre Dumas fils, Camille, 1852

Die tipiese ekono-miese handboek definieer gewoonlik drie primêre funksies vir geld, naamlik dat

dit ’n ruilmiddel is, ’n rekeneenheid is en ’n item is wat sy waarde oor tyd kan behou. Geld het dus ’n nutsfunksie wat deur ’n intrinsieke waarde verteenwoordig word. Maar kan geld regtig net aan die hand van sy ekonomiese nut ver-duidelik word?

Daar is duidelik meer agter geld want dit het ook die vermoë om ongewone emosies by mense uit te lok. ’n Deel van geld se aan-trekkingskrag lê ook daarin dat dit ’n verandering veroorsaak in hoe ons voel. Hierdie gevoel het geen biologiese of ekonomiese oorsaak

Waar lê geld semagsbalans?

13

nie. Dit is soms bloot ’n kwessie van geld najaag ter wille van om geld te kan hê. Buiten die intrinsieke waarde, ontlok geld dus ook die illusie van vervulling van sekere van die mens se instinkte.

Geld as rekeneenheidDie primêre eienskappe van geld; ruilmiddel, rekeneenheid en waardehouer, maak daarvan ’n maateenheid vir rykdom soos liter vir water, kilometer vir afstand of hektaar vir oppervlakte. Daarom is dit moontlik om geld te gebruik om sosiale status mee ten toon te stel. Ons hoef nie noodwendig ons eie geld hiervoor te gebruik nie, solank ons net die illusie na buite skep dat ons baie geld het, kan ons ’n meet-bare hoë sosiale status geniet. Dit is dan juis hierdie maatstaf wat aan geld ’n mag gee wat sy intrinsieke waarde ver oorskry. Die twee Engelse navorsers, Lea en Webley, skryf die oorsaak hiervan aan twee aspekte toe:

Opwinding Die mens het uit ondervinding geleer dat die uitruil van goedere of dienste tot beide partye se voordeel is. Dit is egter ook so dat mense wat meer suksesvol handel kan dryf, ’n beter kans vir oorlewing het as diegene wat minder suk-sesvol kan handel dryf. Suksesvolle ruilhandel veroorsaak dus opwin-ding, en geld as ruilmiddel lei dus tot ’n genotvolle ervaring.

Telling houDie mens hou van speel, van rugby tot slangetjies en leertjies, en wen of verloor maak altyd saak in hierdie speletjies. In ons sosiale lewe is dit maklik om van geld ’n telbord te maak en dit het tot gevolg dat die strewe na ’n beter telling die basis verskaf om van geld ’n spel te maak.Geld bepaal die wenner. Geld verteenwoordig die individu se eie magsposisie relatief tot ander mense. Geld word dus as re-keneenheid gebruik om mag en status te bereken. Die gevaar daarvan is dat geld ’n emosionele mag oor die mens kan uitoefen eerder as wat die mens geld as ’n blote ekonomiese instrument gebruik.

Verslawende middelDie twee Engelse navorsers

gaan verder deur geld selfs as ’n verslawende dwelmmiddel te definieer. Hulle meen mense wat in ’n samelewing funksioneer waar geld as ruilmiddel gebruik word, word tot abnormaal hoë vlak gemotiveer om geld te bekom. Geld raak dan deel van die mens se gedragspatrone net soos wat voedsel of selfs seks daarvan deel is. In die besonder doen geld dan die volgende:

Geld dien as insentief As die mens van mening is dat ’n spesifieke aksie daartoe kan lei dat hulle geld daardeur kan bekom, sal hulle meer geneig wees om daardie aksie uit te voer.

Geld dien as versterker As die mens in die verlede onder-vind het dat ’n sekere aksie tot die verkryging van geld gelei het, sal hy geneig wees om daardie aksie te herhaal.

Geld het dus bó sy primêre funk-sies ook ’n addisionele funksielose eienskap wat, soos in die geval van dwelmmiddels, ’n sterk motiveer-der kan wees maar waarvan die aanhoudende gebruik daarvan tot slegte nagevolge vir die gebruiker kan lei. Soos die stimulus van ’n dwelm is die emosionele aanwen-ding van geld ’n kortstondige mo-tiveerder. Die langer tussentydse gevoel van neerdrukkendheid moet dus gereeld met ’n herha-ling van die kortstondige stimulus onderbreek word. Daarteenoor het die ekonomiese nut van geld gewoonlik nie onmiddellike motive-ring nie en word die werklike stimu-lus oor ’n lang tydperk opgebou.

Magsvertoon Die geldgebaseerde samelewing waarin die hedendaagse mens hom bevind, het ons emosioneel afhanklik daarvan gemaak dat ons magsposisie sigbaar waarn-eembaar moet wees. Ons be-hang onsself met ’n duur kar, duur ontwerpersklere, ’n duur sonbril en ’n duur horlosie. Wanneer ons eie geld opraak, gebruik ons krediet-kaarte, klererekeninge, huurkope en oortrokke fasiliteite om hierdie magsvertoon vol te hou. So gebruik ons uiteindelik geld wat ons nie het nie om goed te koop wat ons nie nodig het nie – net om mense te beïndruk wat ons nie eens ken nie.Die mag wat met eksterne be-

sittings geassosieer word, is mislei-dend. Geld lyk gewoonlik na die oplossing maar mettertyd raak dit juis die probleem. Geld op sigself gee jou nie mag nie. Oordadige magsvertoon met geleende geld ontwikkel inteendeel juis op ’n latere stadium tot totale magte-loosheid. Die somtotaal van ’n mens se ekonomiese waarde is gelyk aan Produktiewe ure gewerk x Waarde van jou arbeid. Hierdie formule weerspieël die potensiële hoeveel-heid geld wat ’n mens deur middel van sy arbeid oor sy leeftyd kan verdien. Hy kan die somtotaal dus verhoog deur óf sy produktiwiteit te verbeter, óf sy waarde as arbeider te verhoog. Dit is al manier hoe hy homself met geld kan bemagtig. Werklike mag kom dus van binne die mens. As jy geld bekom deur te leen, steel, dobbel of erf, verwerf jy dalk ’n bietjie magsvertoon, maar as mens bly jy steeds magteloos.

Neem beheerDie effektiewe aanwending van geld is ’n kwessie van balans tussen die kort- en die langtermyn. As ons meer geld uitgee as wat ons inkry, kan dit ’n stimulus op die kortter-myn verskaf, maar met verloop van tyd sal die ekonomiese agter-uitgang geleidelik groter word. Elke mens moet gevolglik die ideale balans tussen die nou en later vir sy eie persoonlike omstandighede bepaal sodat hy die ewewig tus-sen sy inkomste en sy uitgawes kan bepaal. Die hoeveelheid geld wat jy nóú uitgee, bepaal jou lewen-standaard vir die huidige, terwyl die hoeveelheid geld wat jy kan oorhou, bepaal wat jou lewen-standaard in die toekoms gaan wees. Geld se mag lê dus nie in hoeveel jy uitgee nie, maar eerder in hoeveel jy kan oorhou.Dit is ’n mite, of eerder ’n wanbe-grip, dat geld op sy eie mag het en ’n verslawende effek op mense kan hê. Dit is die mens wat van geld ’n dwelmmiddel maak. Geld bly in wese maar net ’n instru-ment wat die waarde van arbeid weerspieël. Geld se mag lê dus veel eerder in die effektiwiteit en bekwaamheid van ons arbeid, en daarom kan geld op sigself ons nie maak wat ons nie is nie. Dit beves-tig uiteindelik maar net wat ons alreeds is.

magsbalans?

14

Na goeie reën in die VKB-gebied vertoon die mielie-aanplantings in hierdie stadium uitstekend en indien die gunstige toestande voortduur, word ’n groot mielie-oes verwag. Die koring-oes is grootliks ge-stroop en die meeste produsente het ’n bogemid-delde opbrengs behaal. Vir die agt maande wat geëindig het op 30 November 2012, behaal VKB ’n omset van R2 902 miljoen, wat R692 miljoen beter is as die vorige jaar se ooreenstemmende tydperk, en ook beter is as die begroting. Hierdie styging is hoof-saaklik meegebring deur die groter mielie-oes asook die verhoging in kommoditeitspryse wat graanbe-marking se omset drasties verhoog het. Graanpryse beïnvloed egter nie VKB se wins so direk soos in die geval van die produsente nie. Aan die kommersiële kant het verhoogde volumes asook prysstygings vir landbou-insette bygedra tot die styging in omsette.

Wat die netto wins betref, beleef VKB ’n baie goeie jaar. Met die uitsondering van Saadverwerking en die nuwe nywerhede, presteer alle afdelings uit-stekend en oorskry meeste afdelings se resultate die begroting asook die vorige jaar se wins. Die mielieoes wat groter was as die vorige jaar asook goeie graan-bestuur het bygedra tot die uitstekende resultate van die graanafdeling. Die kommersiële afdelings se winsgewendheid is ook bo verwagting goed en toon ’n groei wat meer is as bloot net ’n inflasieaanpas-sing. VKB se winsdelingsmodel bly sy kompeterende voordeel; dit is een van die grootste redes vir die sterk groei in winsgewendheid. Die VKB-groep se netto wins vir die agt maande

geëindig 30 November 2012 is R121,6 miljoen teenoor die vorige jaar se R92,2 miljoen en die begroting van R94,9 miljoen.Wat VKB se ander beleggings betref, dra almal by

tot die goeie resultate. Dit sluit in NTK Limpopo Agric, Nu-Pro Voere, Nu-Pro Commidities en Crown Bag wie se resultate almal beter is as beide die begroting asook die vorige jaar.

VKB se totale kapitaal is aansienlik hoër as die vorige jaar asook die begroting soos in onderstaande grafiek waargeneem kan word. Die investerings in die nywerhede en ’n groter debiteureboek is groot-liks vir die styging verantwoordelik. Weens die groei-strategie wat VKB volg, is daar gevolglik ’n behoefte aan addisionele bedryfskapitaal. Die totale kapitaal aan die einde van November beloop R2 107 miljoen waarvan 36% rentedraende skuld is. Hoewel die totale kapitaal toegeneem het teenoor die vorige jaar, het die opbrengs op die kapitaal egter gestyg wat beteken dat die verhoogde kapitaal effektief aangewend word. Die opbrengs op totale kapitaal asook die opbrengs op eie kapitaal het wesenlik gestyg teenoor die vorige jaar.

Vorige jaar Huidige jaarOpbrengs op totale kapitaal 7,5% 8,2%Opbrengs op eie kapitaal (Ekwiteit) 14,7% 19,8%

Die resultate vir die eerste agt maande is bo verwagting goed, en VKB is baie optimisties oor die res van die finansiële jaar. Ten spyte van die nuwe nywerhede se aanvangsverliese is die wins van die groep hoër as die vorige jaar vir die ooreenstemmende tydperk. Die vooruitskatting vir die res van die jaar toon dat VKB die be-grote wins van R148,7 miljoen gaan oorskry en moontlik die vorige rekordwins van R158 miljoen gaan verbeter. VKB geniet ongekende ondersteuning en lojaliteit van sy aandeelhouers, wat die hoofrede vir die goeie resul-tate is.

VKB se aandeelhouers hou ons op die wenpadVKB Finansiële resultate April 2012 tot November 2012

deur Markus Mittermaier

15

16

deur Dr. Philip Theunissen(Computus Bestuursburo)

The waste of money cures itself, for soon there is no more to waste.- MW Harrison

Is jy in staat om kos, klere of ander huishoudelike items kontant aan te koop? Vir te veel mense is die antwoord op hierdie vraag “nee”, en dit maak hulle afhanklik van kredietkaarte, lenings of ander kre-dietinstrumente om van dag tot dag, week tot week of maand tot maand te leef. As dit die geval is, is die tekens daar dat jy aan skuld verslaaf is. Finansiële krisisse oorval mense nie in die nag terwyl

hulle slaap nie. Dit gebeur inteendeel juis op ‘n lang-same manier terwyl hulle wakker is en die simptome kan maklik raakgesien word. Dis baie eenvoudig: hulle het met verloop van tyd te veel skuld opgebou en te min inkomste gegenereer waarmee die skuld gedelg kan word. So wat sou die rede agter hierdie geleidelike onver-

antwoordelike opbou van skuld wees? Mense met baie mag en beheer, soos konings, het baie besittings. Besittings word dus geassosieer met mag. Besittings word aangeskaf met geld. Ons dink geld laat ons heers. Geld plaas ons dus in beheer. ‘n Maklike op-lossing is dus as ons almal ‘n miljoen rand se gedrukte note ontvang dan kan ons genoeg besittings koop

Is jy verslaaf aan...

wat ons magsposisie kan demonstreer. So, hoekom doen ons dit nie? Geld op sy eie is egter niks werd nie en kry eers ‘n

waarde as dit vir iets anders geruil kan word. Geld verteenwoordig dus ‘n produk. As daar in aanmerking geneem word dat produkte weer die resultaat van arbeid is, is geld in wese ‘n ruilmiddel vir arbeid. Dit word deur mense se arbeid geskep en om vir elkeen ‘n gedrukte pak note in die hand te stop, is nie die oplossing om vir almal ewe veel besittings te gee nie.

Geneigdheid om te verbruikOns het ‘n geneigdheid om te “verbruik”. Dit kan met

‘n voorbeeld geïllustreer word: ‘n Persoon ontvang ‘n inkomste van R10 000 per maand en het sy behoeftes so aangepas dat hy met R9 000 kan leef en R1 000 op annuïteite en polisse spandeer om eendag mee te kan aftree. Sy inkomste verhoog skielik na R15 000 per maand. Die kanse is baie goed dat sy besteding op basiese behoeftes nie op R9 000 per maand gaan bly nie, maar dat dit proporsioneel met R4 500 gaan

17

verhoog terwyl hy R500 na sy aftreefondse sal kanali-seer. Hy het dus ‘n geneigdheid om 90% van sy inkomste te verbruik. Hierdie “marginal propensity to consume (MPC)” is ‘n ekonomiese maatstaf wat toon hoeveel meer ‘n mens geneig sal wees om te spandeer namate sy inkomste toeneem. Die MPC beteken dus dat ons ons behoeftes tot binne

ons inkomste moet beperk of alternatiewelik onbeperkte toegang tot geld moet hê. Die meeste mense is egter nooit tevrede met die hoeveelheid geld wat hulle ver-dien nie, want in sy natuurlike aard is die mens se be-hoeftes onbeperk. Dit lei tot ‘n bose kringloop waarin die bevrediging van basiese behoeftes geleidelik in gierig-heid sal omskakel as ‘n persoon se toegang tot geld onbeperk is.

Die onbeperkte bronGeleende geld stel ons in staat om ons inkomste te ver-

hoog eerder as om ons verbruik in te perk. In ruil daar-voor bied ons ons toekomstige arbeid vir betaling aan om besittings te bekom wat ons nie beskore was nie, maar dit kom teen ‘n prys, genaamd rente. Solank ons die geleende geld met selfdissipline op noodsaaklike besittings binne hanteerbare vlakke van ons toekom-stige arbeid kan opneem, is dit nie ‘n probleem nie, maar getrou aan hul natuurlike aard ruil baie mense mettertyd soveel van hul arbeid vooruit en raak die ko-ste daarvan só hoog dat hulle dit in hul leeftyd nooit sal kan terugwerk nie.In Salomo se tyd moes skuld letterlik teruggewerk en nie

terugbetaal word nie. Geld is werklik vir arbeid verruil. Die wyse Salomo bevestig dan ook in Spreuke 22:7 “… die lener is die slaaf van die man by wie hy leen”. As jy geld skuld, is jy die uitlener se slaaf, of jy daarvan

hou of nie. Maar inherent is ons geskape om te heers,

nie om oorheers te word nie. Ons bied weerstand daarteen as iemand ons probeer oorheers en daarom haat ons mense aan wie ons geld skuld omdat hulle beheer oor ons uitoefen.

Kom uit die verslawingDaar bestaan beslis ‘n lewe van finansiële stabiliteit

anderkant die wêreld van skuld maar dit vra vir ‘n totale ander benadering tot geld. So ‘n benadering moet ‘n nuwe stel persoonlike waardes bevat wat binne die raamwerk van jou finansiële grense pas.Skuld is vrylik beskikbaar en die mens sal altyd deur

slim reklame aangemoedig word om daarvan gebruik te maak omdat die uitlener daarmee geld maak. Hulle wil daardeur juis besittings binne jou bereik plaas wat jy andersins nie sou kon bekostig nie. Dink daaraan dat dit jou toekomstige arbeid is wat jy so maklik in ruil vir sulke besittings aanbied. Jy gebruik geld wat jy nie het nie om goed te koop wat jy nie no-dig het nie om mense te beïndruk wat jy nie ken nie. Verlaag jou finansiële doelwitte tot ‘n vlak waar jy dit kan beheer en doen die nodige aanpassings. Jy mag dalk net verbaas wees oor die beloning wat daarmee saamgaan.

SamevattendWanneer ‘n mens oorweldig voel deur sy skuld, moet

hy sy finansiële situasie deeglik ontleed. Die vraag wat hy moet beantwoord is of sy MPC bo 100% is. Indien wel, moet hy probeer om sy inkomste te verhoog, sy uitgawes te verminder of sy skuld te herstruktureer. As dit nie moontlik is nie, moet hy van sy bates verkoop of ‘n skikking met sy krediteure aangaan. As hierdie op-sies hom nie ‘n redelike kans op finansiële oorlewing gee nie, is sekwestrasie die onafwendbare gevolg.

18

hou ’n pistool teen ons koppe

Eskom

deur dr. Philip Theunissen

Gedurende Januarie 2008 het ’n sluimerende ener-giekrisis uiteindelik sy ware kleure gewys toe groot-skaalse kragonderbrekings ’n algemene verskynsel geword het. Die krisis is toegeskryf aan Eskom se gebrek aan visie en totale onvermoë om betyds nuwe kapasiteit vir die groeiende ekonomie te skep. Kort na hierdie krisis het Eskom die nasionale energie-reguleerder, NERSA, met ’n enorme 60% verhoging in kragtariewe genader wat meegebring het dat die gemiddelde koste van krag van 18 sent/KW na 29 sent/KW gestyg het.Die meerderheid kraggebruikers het in daardie sta-

dium aanvaar dat die aansienlike verhoging ’n tyde-like maatreël sou wees om die onmiddellike kragkrisis te kon aanspreek. Dit was egter nie die einde van die buitensporige aanpassings nie aangesien die tariewe ook daarna jaarliks met ver meer as 20% aangepas is

sodat die tarief in 2012 op 66 sent/KW te staan gekom het. Sedert 2008 het die tarief dus in totaal met 268% gestyg.Aan die einde van 2012 kondig Eskom aan dat hy

by NERSA gaan aansoek doen dat sy tariewe vir die volgende vyf jaar telkens met 16% aangepas moet word. Indien hierdie tariewe in Maart 2013 goedkeur word, sal kragtariewe op 1 April 2013 tot in 2018 elke jaar met ver bo die verwagte inflasiekoers verhoog word. Dit sal die tarief vanaf die huidige 61 sent/KW uiteindelik op R1,28/KW te staan bring wat 611% meer sal wees as waar dit in 2008 begin het.

VraagbestuurEskom het verskeie programme in werking wat

kragverbruikers ontmoedig om krag te gebruik en in sommige gevalle word gebruikers selfs vergoed om

19

hou ’n pistool teen ons koppe

minder krag te gebruik. Dit het daartoe bygedra dat die spitsverbruik van 37,065 MW in 2011 tot 35,422 MW in 2012 afgeneem het. Dit beteken ‘n 4,6% verlaging in verkoopbare krag.Die doel agter hierdie insentiewe is om druk op die

oorlaaide opwekkingskapasiteit te verlig. Die pro-gramme behels die volgende:

Terugkoopooreenkomste met industriële gebruikers;• Vrywillige energiebesparingskemas met die 500 • grootste kraggebruikers;Residensiële kragverminderingsinsentiewe waar • laevloeistortkoppe, langlewegloeilampe, gei-serkomberse, tydskakelaars en sonverhittingspanele by woonhuise geïnstalleer word;Kragwaarskuwings wat op televisie uitgesaai word • en ’n beroep op gebruikers doen om minder krag te gebruik.

In die praktyk het hierdie programme onder andere meegebring dat die Xstrata-Merafe-ferrochroomven-nootskap R330 miljoen van Eskom gaan kry nadat daar ooreengekom is om vyf van sy 20 chroomsmel-ters in Suid-Afrika vir drie maande lank van begin Ja-nuarie tot einde Maart af te skakel. Die Amerikaanse maatskappy, Comverge, het verder ’n transaksie met Eskom van $27 miljoen (ongeveer R240 miljoen) beklink om vir sestien maande lank ’n vrywillige krag-besparingsprogram in die industriële sektor te bestuur.Op die oog af klink dit bemoedigend maar dit bete-

ken eerstens dat diegene wat wel krag gebruik vir die implementering van hierdie programme moet betaal. Tweedens word die ekonomie benadeel omdat produksie onderbreek moet word. By implikasie kos krag dus duurder sodat sommige gebruikers MINDER moet gebruik, met die gepaardgaande inkorting in produksie.

Verskuilde kragkosteDie onregmatige gebruik van krag word wyd in die

media gepubliseer. Die kwantifisering van hierdie verlore krag is nie moontlik nie maar hoe duurder krag gaan word, hoe groter gaan hierdie verskynsel word. Dit plaas meer druk op regmatige gebruikers om vir hierdie verlies aan krag te betaal.Hoewel nie werklik diefstal nie, voel baie ekonome

ook dat die ooreenkoms wat Eskom met BHP Biliton het, wel aan diefstal grens. Hiervolgens word krag teen 4 sent/KW aan laasgenoemde se aluminium-smelters verskaf terwyl net die energiekoste om krag op te wek reeds 23 sent/KW beloop. Volgens Eskom se eie berekeninge sal die gevolglike verlies oor die res van die kontrak se leeftyd hom R5,5 miljard kos wat ’n hoër tarief vir die res van die gebruikers meebring.Dit is in die parlement bekend gemaak dat die twee

nuwe kragstasies, Medupi en Kusile, teen R32 miljard elk opgerig sou word. As gevolg van onvoorsiene koste sal hierdie twee projekte egter teen R158 en

R116 miljard saam met addisionele rente voltooi word. Omdat hierdie twee kragstasies volgens alle aanduidings aansienlik later as die aanvanklike beplanning voltooi gaan word, gaan daar ook nog boetes aan die kontrakteurs betaal moet word vir die oponthoude. Die addisionele koste is dus drieledig naamlik aansienlik meer kapitale uitgawes as wat

aanvanklik voor begroot is, boetes vir die uitgerekte oprigtingsperiode en dan ook die gepaardgaande meer rente wat uiteindelik deur kraggebruikers betaal gaan word.

InfrastruktuurDie 16% verhoging vir die volgende vyf jaar lok

uiteraard heelwat negatiewe reaksie uit. Tog is daar sekere ontleders wat tereg besorg is of die 16% vol-doende gaan wees. Johan Muller van Frost & Sullivan is van mening dat die jongste produktiewe kragstasie van Eskom reeds 20 jaar oud is, wat beteken dat die res van Eskom se opwekkingskapasiteit volgens inter-nasionale standaarde reeds na aan die einde van hulle leeftyd is. Selfs al sou die nuwe kragstasies dus met 9 200 MW in produksie kom, moes daar reeds ‘n vervanging van 10 000 MW se verouderde kragsta-sies begin plaasvind het. In die lig hiervan is die 16% verhoging dus nie voldoende om die kapasiteit werklik uit te brei nie. Dit gaan in wese net in stand hou wat reeds bestaan.Daar is menige opinies dat die bestaande ver-spreidingsnetwerk ook verouderd is en toenemend

ontoereikend raak om krag aan gebruikers te lewer. Hoewel verskeie gebruikers dus reeds by ’n punt is waar kragtariewe onbekostigbaar geraak het, bestaan daar ’n wesentlike besorgdheid dat die infrastruktuur se vermoë om krag op te wek én af te lewer, nie langer aan die vraag sal kan voldoen nie.

SamevattendEskom slaag tans net-net daarin om ’n krisis af te

weer, maar die netwerk beweeg grootliks op die rand van die afgrond. Dit is net die bestuur van die vraag (teen ’n koste) en ook die beperking op ekono-miese groei wat ’n ineenstorting van die kragvoorsie-ning verhoed. Die land se kragnetwerk is dus steeds onder krisis en dit sal so bly tensy daadwerklike stappe deur kraggebruikers self geneem word.Die Suid-Afrikaanse ekonomie is tot ’n baie groot

mate op die veronderstelling gebou dat krag goed-koop is, geredelik beskikbaar is en in oorvloed gepro-duseer kan word. Hierdie uitgangspunt het sedert 2008 wesentlik in die gedrang gekom omdat Eskom dit eensydig verander het. Dit het tot gevolg gehad dat energie-intensiewe ondernemings se produksie-vermoë beperk geraak het en dat sommige selfs nie meer winsgewend kan produseer nie. Waar krag in die verlede ’n onbeduidende deel van die kostestruk-tuur was, het dit nou groot prioriteit geraak omdat dit aansienlik vinniger én hoër as enige ander koste-item gestyg het. Dit is nie net die onbeheerbare pryssty-gings wat ’n risiko vir besighede geraak het nie, maar ook die beskikbaarheid van krag, en dit plaas groot druk op die toekomstige volhoubaarheid van meeste ondernemings. Volgens alle aanduidings is daar steeds ’n kragkrisis

wat in die nabye toekoms eerder gaan vererger as wat dit opgelos gaan word. Beperkte hoeveelhede krag gaan dus toenemend teen ’n aansienlik hoë prys aan die hoogste bieders verkoop word want Eskom se beleid is eenvoudig: “As julle die ligte wil aanhê, moet julle meer betaal”. Met dié pistool teen die kop sal elke onderneming dus sy bekostigbare krag op die mees effektiefste manier moet aanwend.

20

deur Johan StrydomArbeidskonsultant, Federated Employers Organisation of South Africa (FEOSA)

Amptenare van die depar-tement van arbeid doen van tyd tot tyd inspeksie by alle ondernemings

om seker te maak dat die regte prosedure gevolg word. Hierdie inspeksies is nie net om die werkne-mer te beskerm nie, maar ook tot voordeel van die werkgewer sodat hy of sy kan seker maak dat hulle alle wetlike aspekte in plek het en dat hulle gedek is in die geval van dispute.Hierdie amptenare van die depar-tement laat gewoonlik voor die tyd weet wanneer hulle inspeksie gaan doen. In party gevalle voorsien hulle die werkgewer van ’n lys van items waarna hulle tydens hul in-speksie gaan kyk.

Tydens die besoek kyk hulle ge-woonlik na die volgende:

Dienskontrakte• Betaalstrokies• Tydstate/klokrekords. • Bewys van registrasie by die • Werkloosheidsversekerings-fonds asook bewys dat beta-lings tot op datum gedoen is. Bewys van registrasie by die • Ongevalle Vesekering / Ver-goedingskommissaris en die bewys dat betalings tot op datum gedoen is.

Bewyse van bogenoemde moet vir drie jaar bewaar word indien daar ’n dispuut is en daar op die doku-mente teruggegaan moet word.

Die volgende plakkate moet ook by die werksplek aange-bring word:

Wet op Basiese Diensvoor-• waardes Wet op Beroepsgesondheid • en Veiligheid Wet op Gelyke Indiensne-• ming (“Employment Equity Act”) Wet op Vaardigheidsontwik-• keling (“Skills Development Act”) Die werkgewer se dissiplinêre • kode. Dit is nie ’n vereiste dat hierdie plakkaat beskik-baar moet wees nie, maar daar is gevind dat dit die werkgewer se saak by die CCMA vergemaklik indien dit beskikbaar was. Al hierdie plakkate is ook in Sotho en Zoeloe beskikbaar.

Veiligheid Die departement van arbeid lê baie sterk klem op veiligheidsas-pekte en fokus gewoonlik op die volgende:

Daar moet ’n noodhulpkas-• sie by die werksplek beskik-baar wees. Maak net seker daar is nie medikasie soos hoofpynpille, ensovoorts in nie. Ongevalleboek (werksbese-• rings) Daar moet ’n persoon wees • wat opgelei is om noodhulp toe te pas. Indien daar 20 of meer mense in diens is, moet daar ’n veiligheidsverteen-woordiger aangestel word wat deur die werknemers verkies word. Vurkhyseroperateurs moet in • besit van ’n sertifikaat wees waarin hulle bevoeg ver-klaar is. Kompressor – skriftelike be-• wys moet gelewer word dat die kompressor elke vier jaar

gediens is (logboek). Chemikalieë & gifstowwe • moet in ’n stoorkamer toegesluit wees en slegs een persoon mag die sleutels hou. Daar moet ook ’n register gehou word van die chemikalieë/gifstowwe in voorraad.

Ter inligting word die stappe wat gevolg moet word om ’n besering aan diens aan te meld, uitgelig:

D e p a r t e m e n t v a n A r b e i d s e

inspeksies

21

Hoe hanteer die werkgewer beserings aan diens?STAP 1

• Wanneer daar ’n besering aan diens plaasvind en die persoon moet behandeling kry, word die “Em-ployers Report of an Accident” (W.CI.2) ingevul. Deel A, bladsy 1, word deur die werkgewer ingevul. Deel B moet dan aan die werknemer oorhandig word wat dit dan aan die mediese praktisyn moet oorhandig om ingevul te word.

As dit ’n noodgeval is, moet Deel B aan die noodgevalpersoneel wat op die toneel gewerk het, oorhan-dig word.

• W.CI.2-vorms wat halfpad voltooi is deur die werkgewer sowel as afskrifte van werknemers se ID-doku-

mente kan in die noodhulpkas gebêre word in geval van nood.

STAP 2

• Nadat die werknemer behandel is, moet die werkgewer die “First Medical report” (W.CI.4) by die dokter kry. Bladsy 2 van die W.CI.2-vorm moet voltooi word. Bladsy 1 en 2 asook die W.CI.4 en ’n gesertifiseerde afskrif van die werknemer se ID-dokument moet aan Ongevalle gestuur word by faksnommer 012 324 4734 of met geregistreerde pos gestuur word na: Posbus 955, Pretoria, 0001. Ongelukke moet binne sewe dae aangemeld word.

STAP 3

• Die Ongevalle-kommissaris sal vir die werkgewer ’n poskaart (W.CI.55) stuur met ’n eisnommer. Die eis-nommer moet op alle verdere dokumentasie gebruik word.

STAP 4

• As die eis deur die Ongevalle betaal gaan word, sal die Ongevalle-kommissaris weer ’n poskaart stuur aan die werkgewer (W.CI.56)

As daar nie ’n W.CI.56 uitgereik word nie, gaan die Ongevalle nie uitbetaal nie.

STAP 5

• In gevalle waar die werknemer lank van die werk afwesig gaan wees ná die ongeluk, moet ’n maande-likse verslag van die dokter aan die Ongevalle gestuur word. (W.CI.5)

STAP 6

• As die dokter tevrede is met die werknemer se toestand en bevind dat hy/sy weer geskik is vir werk, sal die dokter ’n “Final Report” (W.CI.5) uitreik wat aan die Ongevalle gestuur moet word.

STAP 7

• As die werknemer terug aan diens is, moet ’n “Resumption Report” (W.CI.6) voltooi word en na die On-gevalle gestuur word.

Gelyke Indiensneming (Employment Equity)

Werkgewers wat meer as 50 werknemers in diens het, of wie se omset meer as R2 miljoen per jaar is, moet die nodige verslae en planne indien. Indien jy minder as 150 mense in diens het, word die planne elke twee jaar ingedien en as jy meer as 150 mense in diens het, word dit jaarliks gedoen. Hoë boetes kan opgelê word indien werkgewers sou weier om die verslae in te dien. Indien werkgewers enige vrae het oor artikels wat geplaas is of oor enige ander arbeidsaangeleenthede, kan navrae per e-pos gerig word aan [email protected] en hulle sal so spoedig moontlik antwoorde verskaf.

b e s k e r m o o k d i e w e r k g e w e r

inspeksies

22

Veilige omgewing Wees bewus van die feit dat ’n • veiligheidsbedreiging bestaan.Wees bewus van huidige veil-• igheidsbedreiging in jou omge-wing.Inligting is van kardinale belang. • Deur inligting is daar baie aan-valle in die Vrystaat afgeweer.Vermy nalatigheid. Dit is wat • my betref die heel belangrik-ste proaktiewe leefwyse. Be-vraagteken dus alles, of sterf.

Doen alles in jou vermoë om veiligheid te verseker

Die veiligheidsituasie in ons land is tans baie onstabiel. Werkloosheid, misdaad, stakings, wetteloosheid en swak dienslewering bring mee dat landbouers meer as ooit betrokke moet raak by hul eie veilig-heid.Hoewel niemand presies weet wat tydens ’n aanval gaan gebeur nie, is dit goed om die volgende wenke in gedagte te hou:

Hannelie gesels met Hennie Gerber, Veiligheidshoof van Vrystaat Landbou-unie

Bedreigings vir veiligheidPolitieke invloed op werksmense• Onhaalbare verwagting by • werksmenseArmoede• Onregmatige optrede in die • verledeAanpassing van leefstyl van • swartes plaas groot druk op hul vermoëns

Redes vir aanvalle en roofGeld:• As die persepsie bestaan dat daar geld in jou huis is, loop jy die gevaar om beroof te word. Skep dus eerder die persepsie dat jy nie geld in die huis hou nie.Wapens: • Onthou, dit wat jy ad-verteer, skep die mark.Wraak:• Onbehoorlike verhou-ding tussen die werkgewer en die werknemer is baie keer die oor-saak van ’n moord- of rooftog.

Waar vind aanvalle plaasBinne-in die huis, waar jy of lede • van jou gesin oorrompel kan word.Buite die huis as jy ingewag word • by die huis, of by die plaashek of elders op die plaas waar jy besig is met werksaamhede.Terwyl die gesin lê en slaap.• Soms word die slagoffers buiten-• toe gelok en dan oorrompel, of een van die aanvallers lok ie-mand uit die huishouding buiten-toe sodat die makkers toegang tot die huis en die res van die gesin kan kry.Lede van die gesin word soms • in die slaapkamer oorrompel.

Optrede tydens plaasaanval Vermy te alle tye oogkontak. Die • aanvallers wil nie agterna herken kan word nie.Vermy onnodige vrae, want dit • kan die gemoedere laat opvlam en die aanvaller(s) noop om jou te beseer of selfs te vermoor.Bid hardop sodat die aanvallers • dit hoor en vra om hulp van Jesus. Gee jou samewerking aan die • aanvaller(s). Hulle is van die oomblik van die begin van die aanval af, net gefokus op die afhandeling daarvan – dit is hul enigste doel. Moet hom/hulle dus nie teengaan nie.Skep ’n omgewing van re-•

spek deur die aanvaller(s) met respek en op professionele wyse te behandel.Ontbied hulp indien dit enigsins • moontlik is om dit ongesiens te doen.Ontlont die situasie deur kalm en • in beheer te bly en voor te gee dat jy vreesloos is. Moet egter nie aggressief raak nie.Vermy skeltaal geheel en al.• Die aanvaller(s) is self gespanne • terwyl die aanval plaasvind en moontlik ook bang omdat hy/hulle ook nie seker is van die uitkoms nie.Die aanvaller(s) is dikwels onder • die invloed van drank of dwelms. Wees dus sensitief daarvoor en besef dat hulle dan moontlik ag-gressief kan raak.Die aanvallers kan oorreageer • as jy enigiets doen of sê om hulle teen te gaan.Onthou altyd: aggressie lok ag-• gressie. Wees dus so kalm moont-lik en moenie aggressief raak nie.NB! Slegs opgeleide mense kan • hulle teen aanvallers teësit. As jy nie ’n meester van gevegskuns is nie, moenie eens probeer nie. Die kanse dat jy die een gaan wees wat die stryd teen ’n gewapende aanvaller gaan verloor, is amper gewaarborg.Ken jou wapens en wees ver-• troud met hantering, veral in ’n situasie van paniek. Indien jy wel

23

daarin kan slaag om ’n wapen in die hande te kry, is dit baie noodsaaklik dat jy heeltemal ver-troud is met die wapen en weet wat jy doen.Fokus daarop om lewens te red • en geweld te vermy.Indien jy dit oortuigend kan • doen, verkort die aanvalstyd deur aanvallers bewus te maak van hulp wat op pad is – of dit wél so is, of nie.

Optrede in noodweerJou aksie word bepaal deur die • stadium van die aanval op daar-die tydstip.Met aanvaller steeds in aanval-• saksie, dus ’n direkte lewens-bedreiging, skiet in noodweer (selfverdediging).Sodra aanvalsaksie gestaak • word, dit wil sê as die aanvaller retireer, omdraai of na buite die huis vlug, geld selfverdediging nie meer nie.

Optrede na plaasaanvalBevry jouself en jou gesin indien • julle vasgebind of toegesluit was.Beveilig jouself en jou gesin.• Ontbied onmiddellik hulp.• Hou die toneel net soos dit is – • moet niks rondskuif of verwyder nie, want dit word nou as ’n mis-daadtoneel beskou en die polisie sal leidrade daar kan vind.Maak notas van allerlei inligting • wat jy reken ’n rol kan speel om die aanvallers vas te trek of te identifiseer, soos voorkoms, littek-ens, opvallende aksente, taalge-bruik, kleredrag, ensovoorts.

Voorkomende optrede Skep ’n omgewing van weder-• sydse respek tussen jou en jou personeel.Onthou die spreekwoord: “in-• ligting gaan deur die kombuis”. Dit wat in jou huis gesien en gehoor word, word opgeneem in werkers se gesprekke.Werkers is jou eerste linie • van verdediging, maar ook die bron waar plaasaan-vallers inligting bekom. Hou hulle dus aan jou kant.

Voorbereidende optrede Diefwering• Alarmstelsel• Honde• Kameras• Hou rekords van inligting van • eiendom om dit so spoedig moontlik na aanval aan die SAPD te verskaf vir die ondersoek.Hou ook rekords van plaaswer-• kers – die huidige sowel as personeel wat voorheen daar werksaam was.Skakel in by ’n veiligheidstruktuur • in die omgewing, of skep self een indien daar nog nie so iets bedryf word nie.Hou te alle tye alle noodnom-• mers byderhand vir ingeval jy die geleentheid kry om dit te skakel.Ken jou regte en die wet sodat • jy weet wat jy mag doen in so ’n geval en wat nie.Sorg dat jy en jou gesin opleiding • in selfverdediging ondergaan – hetsy deur te leer skiet of geveg-skuns of basiese selfverdedi- gingskursusse. Oefen ook gereeld op mekaar om paraat te bly.Handhaaf goeie verhoudinge • met jou werkers. Handhaaf goeie verhoudinge • met jou bure, want hulle kan moontlik jou enigste kans op oor-lewing wees. Hou rekord van verdagte voor-• valle – nie net in jou onmiddellike omgewing nie, maar kyk ook uit vir jou bure. Hou jou oë altyd oop vir ongeruimdhede of verdagte persone wat in die omgewing ronddwaal.Hou ’n ou selfoon met lugtyd • geredelik beskikbaar vir wanneer aanvallers joune buitmaak. Sorg dat die rekords en besonderhede op hierdie ekstra foon op datum gehou word, en dat die battery gereeld gelaai word.

Voorkomende optredeHandhaaf ’n parate houding. • Sorg dat jy te alle tye bewus is van wat om jou aangaan.Bevraagteken alle verdagte • voorvalle, voertuie, persone, ge-beure, ensovoorts.Wees oplettend vir dinge wat uit • plek isBerei jouself voor deur bewus te • wees van wat is waar.Plaas jouself in jou verbeelding in • situasies en oefen jou optrede in

jou gedagtes.Berei jou omgewing voor: Sorg • dat jy items byderhand hou waarmee jy jouself sal kan verdedig.Belê in ’n sekuriteitskamera wat • beelde na jou selfoon stuur so-dat jy gereeld kan kyk of dinge in en om jou huis reg en veilig lyk, selfs al is jy nie op die perseel nie.Hou nooditems soos ’n flits, sel-• foon, vuurhoutjies, mes of skêr, ensovoorts bymekaar en byder-hand vir ’n noodgeval.

Algemene wenkePlaasaanvalle en rooftogte • moet baie kalm en omsigtig hanteer word. Die verkeerde hantering van so ’n bedreiging kan bydra tot ’n wraakaanval.Moenie jouself blootstel nie; • doen alles binne die raamwerk van die wet.

SamevattingOns doen ’n beroep op u as die

gemeenskap om saam te werk, om sodoende eenheid ten op-sigte van veiligheid binne die raamwerk van die wet uit te bou en te ondersteun.Sterkte!

24

deur dr. Wilhelm Schack

InleidingDie gasgangreenkompleks van

siektes word veroorsaak deur ’n groep organismes bekend as Clostridium-bakterieë. Sponssiekte en gasgangreen is akute siektes met ’n baie vinnige verloop.

Letsels in diere is fokaal, met ander woorde dit is beperk tot ’n groep organe, bv. hart en longe, ’n spiergroep of die baarmoeder. Ná ontkieming van die bakterieë vermeerder hulle teen ’n astrono-miese tempo en produseer massas toksiene (gifstowwe), naamlik alfa-, beta-, gamma- en delta-toksiene wat ’n afbrekende effek op ver-skeie liggaamsweefsels het, soos op spier- en tussenspierweefsels, asook bloed. Daar bestaan geen teenmiddels vir hierdie toksiene nie, en as hulle reeds in die dier sirku-leer, is dit meestal te laat om die dier te probeer red.

Clostridium chauvoei is die oor-saak van sponssiekte in beeste, Clostridium novyi is die oorsaak van dikkopsiekte by skaap- en bokramme, en Clostridium septi-cum is die oorsaak van kwaadaar-dige edeem van herkouers, varke en perde.

Al hierdie organismes het al, afsonderlik of in kombinasie met

mekaar, in wild voorgekom, maar dit is nog nie absoluut duidelik wat die siekte in wild aan die gang sit nie. In plaasdiere weet ons dat kneusings weens bakleiery (kop-stamp in ramme, dikkopsiekte) of steekwonde die bakterieë stimu-leer om te ontkiem in die weefsels waarin hulle in die dier se liggaam dormant gelê het. Dalk is die nekslaan- en kopstampgedrag van kameelperde die ekwivalente gedragspatroon wat kneusings veroorsaak en wat die Clostridia in die spiere van die nek, skouer en blad aan die groei kry. Heelwat sulke gevalle is al waargeneem. In buffels kan die oorsaak ook moont-lik lê in kneusings wat opgedoen word tydens rangordegevegte en kopstampery onder jonger diere.

Hierdie bakterieë het ’n rustende vorm, genaamd spore, wat buite die dier in die omgewing kan oorleef en kom redelik algemeen voor in grond, riool en verrottende plante- en dieremateriaal, veral natuurlik op plekke waar ’n dier aan een van hierdie siektes dood is. Hierdie bakteriese spore word deur diere per bek ingeneem van waar hulle na die spiere versprei en daar latent bly lê totdat omstan-dighede geskik raak vir ontkieming. Spore is baie weerstandbiedend, selfs teen kookwater en kan lank in die grond rustend bly.

Grondtipe, seisoen en reënval speel ’n rol in die voorkoms van die siekte, en dit blyk dat somer en herfs, veral tydens en ná tye van hoë reënval, ideale omstan-dighede is vir ’n uitbraak. Die area waar ’n dier dood is aan sponssiek-te of ’n ander gasgangreenorga-nisme is ’n groot bron van besmet-ting vir ander diere, omdat hier miljoene spore is wat in die grond, water en op plante (bv. gras) oor-leef. Direkte oordrag tussen diere kom nie voor nie.

Sedert die vroeë dae van neder-setting in die Kaap was sponssiekte ’n baie algemene siekte onder beeste. In vorige eeue het beeste op groot skaal gevrek, maak sedert goeie entstowwe beskikbaar ge-raak het, het die siekte afgeneem tot by meer sporadiese voorkoms-vlakke. Dit kom egter steeds wyd verspreid voor en is ’n konstante bedreiging vir vatbare diere, en speel ’n al groter wordende rol in die wildbedryf.

Vatbare spesiesOnder plaasdiere kom die siekte

voor by beeste, skape, bokke en selde onder perde en varke. In wild is die siekte al waargeneem onder veral kameelperde, maar ook onder buffels, swartwitpense en njalas.

’n Uitbraak onder buffels in die

Wees bedag op voorkoms van gasgangreenkompleks onder jou vee en wild

25

Thabazimbi-distrik van die Lim-popo-provinsie het getoon dat die siekte, net soos in beeste, veral onder jonger diere van tussen nege maande en twee jaar oud voorkom.

In kameelperde kom dit egter ook onder ouer diere van oor die drie jaar en selfs vyf tot ses jaar voor.

SimptomeDie siektes het ’n akute verloop van gewoonlik minder as 24 uur. Die eerste stadiums in die verloop, naamlik koors, aptytverlies en geswolle en seer spiergroepe, wat die oorsaak van mankheid kan wees, word selde waargeneem weens die vinnige agteruitgang van die dier. Net voor dood mag die dier erg siek lyk, swelling in een of meer spiergroepe toon, baie vinnig asemhaal en ’n vinnige pols-slag hê. Die dood tree gewoonlik in binne 24 uur ná aanvang van simptome.

In wild wat vry op wildplase beweeg, word hierdie eerste tekens feitlik nooit gesien nie, en is die eerste sigbare verskynsel die ontdekking van ’n reeds ver-rotte karkas in die veld. Sedert die aanbreek van meer intensiewe teelstelsels waar afwykings in diere se gedrag en gesondheidstoe-stand gouer waargeneem word, het siektes soos sponssiekte, dikkop-sponssiekte en ander gasgan-greentoestande nou meer gerede-lik aan die lig gekom omdat diere meer dikwels gesien word weens

Wees bedag op voorkoms van gasgangreenkompleks onder jou vee en wild die intensiewe bestuur.

DiagnoseMet die gasgangreenkompleks

van siektes, is dit baie belangrik dat monsters so gou as moontlik uit die karkas geneem word vir analise. Verrottingsbakterieë, wat meestal ook Clostridium-bakterieë is, begin baie gou hul werk doen in ’n karkas en oorgroei die primêre siekteveroorsakende organismes in ’n japtrap. Daardeur word die moontlikheid vertroebel om ’n sui-wer diagnose te maak, veral as die karkas op ’n warm dag in die blote son gelê het.

’n Opgeblase en geswolle karkas is dus nie noodwendig ’n aan-duiding dat dit sponssiekte kon gewees het nie, veral as die kar-kas lank reeds lê nie. ’n Geswolle en groot karkas kort ná dood is egter ’n baie verdagte teken en as die aangetaste dele dan nog sponsagtig kraak onder druk met die hande, dan is dit ’n hoogs verdagte geval. Met snitte in die geswolle gedeelte word daar altyd ’n bloederige swart vloeistof gesien wat uit die wond mag drup en feitlik altyd ’n slegte reuk het, of soos galsterige botter mag ruik. Die aangetaste spiere is bloederig en swart, en in die weefsels tussen spiere kom gasblasies voor wat verantwoordelik is vir die krake-rige, sponsagtige gevoel as mens daaraan druk. Veeartse maak druksmere met mikroskoopglasies van die spierletsels wat dan na

’n laboratorium geneem word vir toetse. Die fluoresserende teen-liggaampietoets is die belangrik-ste laboratoriumprosedure om te onderskei tussen al die verskillende Clostridium-soorte, maar ander kleurmetodes (soos die Gram-kleur-metode en Diff Quick) word ook op die weefselsmere gedoen om siektes soos miltsiekte (wat ’n

enerse verloop het) te kan onder-skei. Om hierdie rede moet daar altyd ’n hele aantal smere (vier tot ses) van verskillende letsels in die karkas gemaak word, sodat labo-ratoriumpersoneel genoeg mon-sters het om mee te werk.

Die gasgangreesiektes moet onderskei word van ander siek-tes of toestande waarmee hulle verwar kan word, soos miltsiekte, pofadderbyte en groot absesse en onderhuidse infeksies. ’n Spesifieke tipering van die organismes maak dit dan moontlik om die korrekte behandeling, naamlik medikasie of entstof, toe te dien aan die oorbly-wende diere in die trop.

Huidige status in Suid-AfrikaGasgangreen is nog redelik onbe-kend onder wildbevolkings, maar is nou al duidelik geïdentifiseer as ’n entiteit om deeglik mee reke-ning te hou in die toekoms. Die voorkoms onder wilde diere hou in alle waarskynlikheid verband met die feit dat wild hervestig word op eertydse bees- of skaapplase waar sponssiekte moontlik voorheen onder beeste, skape of bokke kon

26

voorgekom het, en waar spore van die bakterië nog steeds in die grond oorleef. Diere neem nood-wendig die spore, wat oral in die omgewing tot mindere of meer-dere mate voorkom, in, en sodra omstandighede dan gunstig raak, breek die siekte uit.

Die volgende faktore speel ’n rol in die aanloop tot ’n uitbraak:

Diere word op kunsmatig hoë • voedingsvlakke gehou (energie-byvoedings soos mielies, semels, mieliekiem, ens. in verskeie re-septe). Aanhoudende voer van diere • oor jare of maande op een en dieselfde plek.Verhoogde stresvlakke onder • diere, soos byvoorbeeld tydens periodes van tandwisseling onder jonger diere.Somer en herfs tydens of ná ’n • goeie reënjaar.

SiektebeheerOmdat die siektes so ’n vinnige

verloop het, is dit van die uiter-ste belang om eerstens soveel as moontlik te doen ter voorkoming van ’n uitbraak, en tweedens om so vinnig as moontlik die regte stappe te neem indien ’n uitbraak wel plaasvind. Onthou dat dit ge-woonlik lyk asof gevalle sporadies voorkom met slegs een dier wat mag vrek op ’n dag, terwyl al die ander nog springlewendig ver-toon. ’n Aantal dae later vrek dalk nog een, en so aan, en teen die tyd dat ’n mens wakker skrik, kan oneindig baie skade reeds gedoen wees en verliese groot word.

Prosedures met uitbrakeElke dooie dier moet onmiddellik

ondersoek word, ’n diagnose moet vinnig gemaak word en die bak-terieëtipe moet so gou as moontlik vasgestel word. Indien daar ’n ver-moede bestaan dat gasgangreen ter sprake is, is daar nie tyd om te wag vir ’n uitslag vanaf Onderste-poort nie. Die volgende stappe moet dan onverwyld geneem word:

Alle diere van die trop waarin die uitbraak voorkom, moet gepyl en verdoof word sodat aan elke dier ’n voldoende hoë dosis langwerkende penisillien binne-spiers toegedien kan word. Ek gee terselfdertyd ook ’n dosis van die Onderstepoort-gasgangreenent-stof terwyl ek die dier onder hande het. Penisillien vernietig vinnig alle bakterie wat in verskillende diere in verskillende stadiums van ontwik-keling van die siekte is. Hierdie is die sogenaamde blokbehandeling en verseker dat die verdere ver-loop van die uitbraak daar en dan gestuit word.

Voorkomende maatreëlsGee roetine- voorkomende inen-

tings, veral aan die spesies waar die voorkoms van die siekte reeds bekend is, naamlik kameelperde, buffels, swartwitpense en njalas, en veral in areas waar die siekte reeds bekend is.

Inentings tydens vang en vervoer is ’n moet en wildvangers sal hul kliënte ’n goeie diens bewys as hulle tydens vang en vervoer die diere reeds ent.

In vrylewende troppe kan diere vanuit ’n helikopter gepyl word met uitvalpyle van ten minste 5 ml grootte.

Kameelperde behoort dubbeld die standaarddosis, naamlik 10 ml,

te ontvang.Dit is nie altyd prakties of finan-

sieel haalbaar om diere na vier weke die standaard skraagdosis vir verbeterde immuniteit te gee nie, maar ná ’n uitbraak in ’n trop, is dit ’n moet. Daarna is jaarlikse inen-tings van veral jong diere sterk aan te beveel.

Ander aanbevelingsVoerplekke moet gereeld verskuif

word omdat daar altyd ’n opbou van bakterieë is op plekke van langdurige gebruik. Ek sou aan-beveel dat diere nie langer as drie maande op dieselfde plek gevoer word nie.

Diere in intensiewe of semi-inten-siewe teelstelsels mag nie oorvet wees nie, en daar moet gewaak word teen te ryk ‘voerkraal’-resepte uit die beesbedryf.

SlotsomTans speel die siekte nie ’n groot

ekonomiese rol nie, en is dit relatief onbekend onder wildboere. Onder bees- en skaapbevolkings is dit egter landwyd een van die be-lagrikste siektes en moet derhalwe deur wildboere met groot erns bejeën word. Soos wat beesplase na wildplase omgeskakel word en wild al hoe meer aan inten-sifikasie en hoë voedingsvlakke onderwerp word, mag daar in die toekoms dalk ’n stygende tendens van sponssiekteverwante siekte-uitbrake onder wilde diere wees. Die aanduidings is reeds daar dat dit besig is om te gebeur, en voorkomende maatreëls sal betyds in plek moet wees, veral waar daar met skaarser diersoorte soos buffels en swartwitpense in teelprojekte geboer word.

27

28

Hannelie gesels met Tewes van Oudshoorn en Nick van Zyl

Wanneer jy sê “jakkals”, is dit asof daar so vir ’n oomblik ’n stilte is wat oor die ouens kom. Dan bars die bom oor al die probleme en skade wat hierdie diere aanvang en veroorsaak.’n Jakkals is een van die slimste diere en pas baie gou aan in die omgewing waarin hulle is. Hulle is ook meesters op die gebied van oorlewing. Die spreekwoord lui nie verniet “so slim soos ’n jakkals” nie.Jakkalse is baie gesofistikeerde diere. Die reun en teef vorm ’n lewenslange paar en het gewoon-lik ’n jonger een by hulle wat hulle help om die jaar se nuwe kleintjies groot te maak en kos aan te dra. Hulle is gebiedsgebonde diere en ook aan mekaar. Hulle is baie so-siaal en kry elke jaar hul kleintjies in dieselfde gate indien hulle nie daar gesteur word nie.Van middel April, Mei en Junie is hulle baie territoriaal en pas hulle hul gebied baie goed op. Augustus en September word die kleintjies gebore (soms selfs later) en werp-sels wissel van vier tot agt kleintjies (kan self meer wees). Die teef is vir 62 tot 65 dae dragtig. Die reun sal kos aandra vir die teef terwyl sy in die teelgat is wanneer die kleintjies nog klein is. Dit is egter net vir ’n kort tydperk. As sy gesteur word, sal sy die kleintjies baie vinnig wegdra na ander gate in hul territoriale ge-bied wat al vooraf voorberei is.Daar word verskeie metodes aangewend om jakkalse te pro-beer beheer. Ten spyte van al die verskillende produkte en metodes wat gebruik word om skade en verliese aan skape, bokke, beeste, kalwers en wild te probeer ver-hoed, het die jakkals altyd maar net weer *’n plan, en die probleem raak net groter en hulle raak ook net slimmer.Wat ’n mens moet onthou en wat ons dikwels vergeet, is die

Pasop vir daardie klein jakkalsies wat jou plaasdiere verniel

volgende: Olifante en ander wild word uitgeskiet wanneer hul getalle te veel raak en hulle dan skade begin veroorsaak. Dieselfde is nodig met jakkalse en rooikatte asook ander diere wat skade ver-oorsaak.Party van die maatreëls is doel-treffend en verhoed dat jakkalse en rooikatte skade aanrig. Jakkalse teel elke jaar met tussen vier en agt kleintjies, en soms ook meer.As een jakkalspaar byvoorbeeld op jou plaas vir die seisoen vier kleintjies kry – kom ons veronderstel twee is reuns en twee is tefies – sit jy dus aan die einde van die seisoen met ses jakkalse. As al drie tewe in die volgende jaar weer elk vier kleintjies kry, sit jy na een jaar reeds met 18 jakkalse. As elkeen van die pare in die volgende jaar wéér net elkeen vier kleintjies kry, raak jou

probleem baie vinnig heeltemal onhanteerbaar groot. Jakkalse trek ook rond en die probleem raak net groter indien goeie, doeltreffende beheer nie toegepas word nie. Hoe groter die jakkalspopulasie, hoe kleiner word die territorium en loopgebied. Wanneer sulke gebiede baie klein word, jag jakkalse in groepe saam in “pakke”.Kleinwild op die plaas word minder, kos word skaarser. Hulle bly jag, vang dan lammers, selfs bedags. Hou jy jou diere snags op kraal, is dit goed, maar bedags raak dan net so ’n groot risiko wanneer hulle rondloop en wei. Jakkalse vorm “pakke” en maak ook jag op groter diere soos spring-bokke, beeste en kalwers. ’n Jong vers wat kalf, word maklik geteiken. Jakkalse grou onderdeur ’n draad-

29

heining en spring maklik oor ’n heining van 1,2 meter. Elektriese heinings is doeltreffend maar ook nie 100% nie. Ander metodes wat ook ingespan kan word, is ra-dio’s wat heelnag blêr en ligte wat aangaan, alarms, sirenes en talle ander. Dit alles is egter maar net tyde-like oplos-sings vir die boere, want die jakkalse raak baie vinnig gewoond daaraan en vind dan weer ‘n ander manier om dit te omseil.Waar lê die oplossing dan? Getalle moet verminder. Metodes waarvan tans gebruik gemaak word, is slagysters, vanghokke vir rooikatte, strikke, gif, jag met behulp van ’n helikopter, jaghonde, nagjag met ’n skietlamp (of nagsigteleskope) en roeptoerusting. Gif en strikke is egter eintlik ontoelaatbaar.Elke metode wat gebruik word, het sy voordele én nadele. Onskuldige diere ly ook dikwels wanneer be-heermaatreëls nie reg aangewend word nie. Gif-stowwe laat gewoonlik die jakkalse ongedeerd. Nag-jag met gebruik van ’n skietlamp en roeptoerusting is van die meer gewilde en doeltreffende metodes. Ongelukkig vir baie jagters is daar kritiese vereistes aan verbonde. So ’n jagter moet verkieslik ’n kursus ondergaan waar hy die fynere besonderhede van jakkals- en rooikat-gedrag geleer word, en dan ook om hulle suksesvol te jag. Sulke jagters moet goed opgelei wees en weet wat om te doen gedurende die verskillende tye van die jaar. Sulke kursusse sluit onder andere onderwerpe in soos die gewoontes van probleemdiere en watter geluide om te gebruik vir die verskillende seisoene deur die loop van die jaar vir die betrokke diere. Die “roep”-metode is baie selektief en indien reg aangewend, kan die kwaaddoeners rede-lik goed gestuit word.Jakkalse en rooikatte is baie intelligente diere, en leer vinnig om ’n jagter suksesvol te ontduik. Groot foute wat begaan word, is byvoorbeeld om die

Pasop vir daardie klein jakkalsies wat jou plaasdiere verniel

diere mis te skiet, of om geluide verkeerd te gebruik, of om te veel te roep (oorroep) en vele ander. Jak-kalse raak “lig-”, “roep-”, “tyd-“ en “metode-sku”. Hulle daag dan eenvoudig net nie op nie, of jy kry hom nooit te sien nie. Maak ook deeglik seker waarna jy skiet, en nie net na oë wat blink in die ligkol nie. Om na ’n oog te skiet, kan jou duur te staan kom; dit kan dalk jou stoetram in die grassies wees.Fynere besonderhede oor die gebruik en toepassing van spesifieke metodes en geluide sal met ’n vol-gende geleentheid verduidelik word.Ondervinding en geduld is van die grootste belang.Hierdie diere is ’n groot probleem en daar kan wel iets aan gedoen word met die regte benadering en toepassing. Feitlik alle boere het skade van veral jakkalse weens die feit dat daar amper niks is wat ’n jakkals nié vreet nie. Daarom dat dit so moeilik is om hom uit te roei. Dit is nie net veeboere wat las en skade het van jakkalse nie, maar saaiboere ook, en ook eienaars van wildre-servate. Jakkalse oorleef op die minimum en as daar kosskaarste is, vreet hulle enigiets. Jakkalse is veral lief vir turksvye, pampoen, bone, waatlemoen en span-spek, alle peulgroente en vrugte, en sommer nog baie ander. Om te dink dat ’n jakkals sonder kos sal omkom, is ’n algehele wanopvatting. Hulle hou ook daarvan om drie maal per dag water te drink, maar glo my, hulle kan dae lank daarsonder ook oorleef.Laastens, te veel jagters is onervare en moet die fynere kunsies eers aanleer. Om jakkalse te jag vir die genot daarvan en as tydverdryf sal nooit werk nie. Balans moet gehandhaaf word. Respek vir die veld en diere moet te alle tye toegepas word. Ons wil hulle nie uitroei nie, (en ons kan ook nie) maar slegs beheer. Alle diere op die aarde het ’n doel en plek; beheer is net van uiterste belang.

30

WILD EN JAG: DEEL 2deur Delene Snyman

Om ’n wildboer in Suid-Afrika te wees, beteken nie dat jy ’n laat Gods water oor Gods akker-houding kan inneem nie. Inteendeel, beplanning en doeltreffende bestuur is net so be-langrik soos in enige ander bedryf. Dit word bevestig deur Herman de Lange, wildboer en voorsitter van die Waterbergtak (SAJWV) van Ellisras.

BesluiteHerman het in 1985 ’n beesplaas gekoop. Omdat die drade in elk geval vervang moes word, het hy besluit om dit met wilddraad te vervang. Dit was die eerste stap om ’n wildboer te word.Hoewel hy wild op hierdie manier ingespan het, was dit nie genoeg om van ’n wildsplaas te praat nie. Hy moes inkoop en het so stelsel-matig die spesies op sy plaas uitge-brei totdat hy vandag ongeveer 12 spesies het.Herman boer in hierdie stadium met “plains” oftewel die algemene wildspesies. Hy oorweeg dit om uit te brei na eksotiese wild en sê dit is ’n besluit wat elke boer moet neem as hy sou besluit om met wild te boer.Eerstens moet ’n boer egter besluit waarom hy wild wil aanhou. Die antwoord is gewoonlik een van twee moontlikhede: 1. Vir die estetiese waarde daarvan, met ander woorde dit is lekker om op die plaas wild te sien. Dit is dan nie juis ’n boerdery nie, maar meer ’n afleiding.2. Wild is ’n besigheid wat wins kan genereer.Vanuit een van hierdie twee sienswyses sal ’n boer dus besluit watter spesies om aan te hou en hoeveel, hoe vinnig en op watter manier die wild bemark sal word, en dies meer.Beesboerdery en wildboerdery is kompeterende bedrywe aange-sien die voeding van die veld af kom. ’n Voornemende wildboer moet sy sommetjies maak: hoe-veel geld hy uit ’n bees kan maak en hoeveel uit ’n wildsbok. Hierdie syfer word beïnvloed deur faktore soos spesie, voeding en ander insetkostes. Rasegte skaars diere soos buffels,

swartwitpense en verskeie ander spesies is op die oomblik ’n baie goeie belegging. Vraag en aan-bod speel natuurlik ook ’n rol. Njalas se pryse het byvoorbeeld oor die afgelope jaar of wat begin daal aangesien die aanbod ver-hoog het.Dit is duidelik dat verskeie faktore die besluit van ’n voornemende wildboer sal beïnvloed.

Voeding’n Groot gedeelte van Limpopo het die afgelope jaar swak reën-val ondervind. Herman de Lange moes, soos meeste ander boere, reeds van Februariemaand af voer, en moet steeds voer aange-sien die veld min voedingswaarde bied. Sedert hy met die boerdery begin het, was die afgelope jaar die droogste jaar wat hy onder-vind het. (Van Januarie 2011 tot September 2012 het daar slegs 144 mm reën geval.)Herman het permanente voer-bakke vir die wild op sy plaas. Hy voer regdeur die jaar sodat wild voortdurend weet kos is beskikbaar – selfs al is daar genoeg natuurlike weiding. Hy verminder voere in die somermaande maar staak dit nooit heeltemal nie.Tannienvergiftiging kom algemeen voor as diere blare vreet van bome wat hoë vlakke van tannien bevat – veral in droogtetye en in die lente en somer. Hiervoor beveel Herman Browse Plus aan – volgens hom ’n produk waarsonder die wild- en beesboer nie kan wees nie. Browse Plus is ’n verteringswysiger en tannien-inhibeerder wat die benutting van minder smaaklike plantmateriaal bevorder; die nor-male derm- en rumenfunksies her-stel en die mikrobe-populasie in die rumen optimaliseer. Dit neutraliseer

ook die skadelike effek van looisuur (tannien) en terpentyn. Dit is dus ’n produk vir die vee- en wildboer wat regdeur die jaar tot beter benut-ting van weiding kan meehelp en ook tot laer mortaliteite, veral onder blaarvreters, kan bydra.

BosluiseOm bosluise op sy wild te beheer, kombineer Herman sy wildboer-dery met beesboerdery. Deur die beeste te behandel, word bosluisgetalle beheer wat dan tot voordeel van die wild is. As ’n boer slegs met wild op sy plaas boer, is daar verskeie middels en appa-rate op die mark vir bosluisbeheer. Enige NTK-takbestuurder kan meer inligting hieroor verskaf.

Die bedryfDie wild- en jagbedryf het oor die afgelope agt na tien jaar geweldig uitgebrei in die Ellisras-omgewing. Herman vertel dat hy ’n tak van die SA Jagters- en Wildbewarings-vereniging in 2004 gestig het en gesukkel het om 14 lede bymekaar te kry. Vandag het hierdie tak 560 lede en groei steeds. Een rede hiervoor is waarskynlik die wapen-wet (Wet 60 van 2000) wat aan toegewyde jagters groter voordele bied ten opsigte van vuurwapen-besit. Die gewildheid van jag het ook toegeneem asook die beskik-baarheid van wild wat te koop aangebied word.Om vandag ’n wildplaas op die been te kry, is nie goedkoop nie. Grond, omheining, voer, water, lek, medisyne, ensovoorts is duur produkte. Herman sê egter dat dit nie ’n probleem is nie aangesien die beste produkte, advies en diens by jou naaste NTK-handelstak te vind is. Francois Botha, tak-bestuurder van Ellisras, is sy vennoot

31

Wildboerdery moet net soos enige boerdery bestuur word.

op die wildplaas. (Bespreek jou be-hoefte betyds met jou bestuurder en jy sal geen probleme onder-vind met die beskikbaarheid van produkte nie.)

Voor jy egter die besluit neem om ’n wildplaas aan te skaf of jou plaas in ’n wildplaas te omskep, is daar sekere feite om in ag te neem:

Voordele: Die satisfaksie om vrylopende wild op jou plaas • te sien, kan nie in geldwaarde gemeet word nie.Min arbeid word benodig.• Kan ’n goeie bron van inkomste wees mits jy dit • reg bestuur.Daar is geleenthede vir uitbreiding van wild-• plaas na ekotoerisme.Jy kan in jou eie en ander se vleisbehoeftes • voorsien. Daar is ’n groot aanvraag na wildsvleis.Dit is verkieslik om voer “op te gaar” vir die droë • jare en so kan jy jou uitgawes in terme van voer beheer.

Wat Herman persoonlik betref, bied die wildplaas aan hom die geleentheid om liefdadigheid te doen. So het hy al minderbevoorregte kinders en volwassenes kosteloos op sy plaas ontvang. Dit beteken vir hom meer as vir hulle as hy sien hoe hulle die natuur geniet.

Nadele: Droogtes maak dit moeiliker om ’n wildplaas te • bestuur. (Onvoorspelbaar)Langtermynbeplanning is moeilik. Die wildboer • moet egter vooraf beplan watter en hoeveel bokke bemark gaan word.Inteling kan ’n probleem raak as jy nie “nuwe • bloed” op jou plaas inkry nie.Diere moet aanpasbaar in die omgewing wees • anders gaan hulle vrek of lank neem om aan te teel.Onwettige jagters raak toenemend ’n bekom-• mernis in Suid-Afrika.Beskikbaarheid van voer mag ’n probleem wees • maar maak dit NTK se probleem.Tannienvergiftiging kom maklik voor met oorbe-• weiding. (Gebruik Browse Plus).Jagters kan onverantwoordelik wees as hulle • sonder toesig op jou plaas jag. Daarom is dit noodsaaklik om ’n gids saam met jagters uit te stuur of om jagters persoonlik te vergesel.

Ten slotteHerman de Lange is passievol oor sy wildboerdery. Vir hom is jag onderhewig aan bewaring. Dit vorm ’n belangrike deel van bewaring maar moet oordeelkundig gedoen word. Op ’n wildplaas is daar plek vir alle lewende spesies – selfs die roofdier het sy plek met die nodige bestuur van elke situasie.Ellisras is ’n harde wêreld en dit maak enige landboubedryf nie aldag maklik nie – ook nie die wild-bedryf nie. Maar die satisfaksie wat ’n wildplaas jou bied, kan nie geëwenaar word nie. Sy filosofie is: “First make money, then spend money”. Dit is ’n goeie uitgangspunt – ook vir ’n wildboer.“Die Here het aan die mens die opdrag gegee in Genesis 1:28 om die aarde te bewoon, te bewaar en te bewerk. Op ’n wildplaas kan jy ’n beskeie bydrae lewer tot hierdie opdrag,” sê Herman.“En onthou die volgende:

“Nie alles wat ek kan doen, mag ek doen nie.“Nie alles wat ek mag doen, behoort ek te doen nie.“Maar wat ek behoort te doen, kan en mag (moet) ek doen.”

32

33

34

60-90 dae betaalterme - Aanbod geldig tot 31.07.2012 - Bepalings en voorwaardes geld

Spesiale aanbod

NP Winterlek 45 – 50kgNP Graanlek 45 – 50 kg

NP Produksielek 28 – 50 kgNP Hefgrow 17 – 50 kg

SkapeNP Ultrawol 30 - 50kg

Bestelling geplaas voor 28.02.2013 – Hou media dop vir spesiale pryse asook handelstakkeSkakel Noord Area: George Delport: 073 255 0350Suid Area: Jaco Van Wyk – 082 889 7200

Winterlek-ReeksBEESTE EN SKAPE

35

36

37

38

Biotegnologie(genetiese modifikasie) help boere

Met nuwe ontwikkelings soos tabakplante met ’n laer nikotieninhoud aan’t kom, kan biotegnologie selfs krimpende landboubedrywe moontlik nuwe lewe gee!Maar waar staan ons en waarheen is ons op pad met biotegnologie en genetiese modifikasie (GM) in Suid-Afrika? ProAgri het by die wêreldleier in GM-ontwikkeling, Monsanto, gaan kers opsteek. Magda du Toit, korporatiewe kommunikasiebestuurder, gee die antwoorde:

Hoekom en hoe het genetiese modifikasie ontstaan?Biotegnologie het ontwikkel ná die deurbraak van wetenskaplikes in die 1950’s met die ontsyfering van genetiese kodes. Dit het aan wetenskaplikes die sleutel gegee tot meer voorspelbare genetiese ontwikkeling van spesifieke eien-skappe. Biotegnologie word nie net in landbou gebruik nie, maar op die mediese, veeartsenykundige, forensiese en farmaseutiese terrein, asook in omgewingswetenskappe, mynbou, verwerking en feitlik enige bedryf waaraan ’n mens kan dink. Dit bied hoop vir verhoogde voed-selproduksie, beter benutting van beskikbare hulpbronne en alter-natiewe energiebronne.Navorsing oor GM in die landbou word reeds sowat 40 jaar lank gedoen en die VSA verbou GM-gewasse reeds 14 jaar kommer-sieel. In Suid-Afrika word gewasse met GM-tegnologie reeds meer as ’n dekade aangeplant. Die eind-doel is om boere by te staan om die eise wat aan hulle gestel word, te hanteer. Deur beter tegnieke en tegnologie in te span, kan hoër opbrengste, beter beskerming teen insekte en doeltreffende onkruid-beheer ontwikkel word. Dit bete-ken dat gewasse beter sal presteer per eenheid op minder grond en met ’n optimale verbruik van ener-gie, bemesting en water.

Hoeveel hektaar is beplant met GM-produkte en watter persenta-sie maak dit van totale produksie uit? In Suid-Afrika is altesaam sowat 2,3 miljoen hektaar met GM-gewasse beplant. Dit is 72% van die totale produksie. Die aanplantings is gedoen met mielies, sojabone en katoen.

Boere is bekend met die Bt-geen (YieldGard-mielies) wat weer-stand teen stronkboorders bied en Roundup Ready-gewasse wat boere help om onkruid tussen gewasse dood te spuit, maar na watter ander eienskappe word daar tans gekyk?Benewens die nuwe YieldGard II-tegnologie word tans aan verskeie ander eienskappe gewerk.Van die jongste mylpale is droogte-verdraagsame mielies wat tans in plaaslike omstandighede in Afrika getoets gaan word en dan werk ander maatskappye aan bestand-heid teen mieliestreepsiekte. In die toekoms kan boere ook uitsien na gewasse wat stikstof doeltreffender gebruik. Monsanto bestee jaarliks wêreld-wyd miljarde rand aan navorsing en gebruik verskeie laboratorium-tegnieke om sy teelprogramme te ondersteun en sodoende nuwe basters en tegnologie vinniger na die mark te bring. Die ontwikkeling

van ’n nuwe GM-gewas kos sowat R520 miljoen voordat die produk in die handel vrygestel word.

Is ’n Bt-mielie totaal en al bestand teen stronkboorders?Nee, ons het altyd gesê dat Yield-Gard I 95% beskerming bied. Teenoor chemiese beheer is die doeltreffendheid veel beter met geen impak op die omgewing nie. Met die MON 810-geen was daar nie goeie uitdrukking van die geen in die reproduktiewe stadium en reproduktiewe dele van die plant nie, wat veroorsaak het dat daar wel vreetskade aan die pluime, baarde en koppe kon voorkom. Bt-tegnologie het die afgelope 12 jaar ’n belangrike rol gespeel in die beheer van stronkboorders in Suid-Afrika en bied in die meeste gevalle steeds die beste oplossing vir die beheer van stronkboorders. Mielie-aanplantings met die Bt-

39

geen het oor die genoemde tydperk tot ongeveer 75% van alle mielie-aanplantings in Suid-Afrika gegroei. Met die toename in die aanplant van die tegnologie is baie meer stronkboorders jaarliks aan die MON 810-geen (eerste generasie Bt-geen) blootgestel en die dinamika van die stronk-boorders het ook oor die tydperk verander. Daarom is die toepas-sing van insekweerstandbestuur op sowel die beskikbare gene MON 810 as die MON 89034 YieldGardII van deurslaggewende belang.Sekere gebruikers van YieldGard-mieliesaad het in die verlede nie die vereiste insekweerstands-bestuurstrategieë toegepas of dit korrek uitgevoer nie. Dit is waarom Monsanto, en die ander maatskap-pye wat die tegnologie in lisensie beskikbaar stel, die afgelope paar seisoene streng teen sulke indi-vidue begin optree het om die tegnologie te beskerm. Alle boere wat YieldGard-mielies plant, is deur die ondertekening van die Monsanto Tegnologie-ooreenkoms kontraktueel verplig om toevlugareas korrek, volgens die voorskrifte in die Gids vir die verbouing van geneties- ver-beterde mielies na te kom. In enige stronkboorderbevolking, in enige gebied, is daar ’n klein persentasie individue wat nie deur YieldGard beheer word nie. Die doel van die toevlugarea is om te sorg dat daar ook ’n bevolking vatbare motte beskikbaar is om met die weerstan-dige motte wat op die YieldGard-mielies oorleef het, te paar. Dit voorkom dat die nageslag van die motte weerstandig sal wees.Monsanto monitor alle mieliepro-duserende gebiede van Suid-Afrika deeglik om vas te stel of daar gebiede is waar stronkboorder nie bevredigend deur YieldGard-mielies beheer word nie.

Met chemiese middels word gekyk na die afwisseling van groepe as daar weerstand is. Is so iets moontlik met GM-weer-stand?Navorsing het bewys dat die plant van toevlugsareas die mees wetenskaplike metode is om insekweerstand te voorkom in Bt-tegnologie.Die YieldGardI- (MON 810) geen wat tans gebruik word, bevat een

proteïen genaamd Cry1Ab wat in mielies weerstand bied teen Busseola fusca- en Chilo partellus-stronkboorders. Die nuwe YieldGardII- (MON 89034) geen bevat twee proteïene, naamlik Cry1A.105 en Cry2Ab.2 wat albei weerstand bied teen die Busseola- sowel as die Chilo-spesies wat die Afrika-stronkboorders insluit. Biofisiese studies dui daarop dat die twee proteïene se metode van werking verskil in die manier wat dit bind met die stronkboorder se ingewande, wat letsels veroorsaak en die voeding beëindig wat tot die larwe se dood lei. Die twee proteïene wat die plant besit, bied twee metodes van werking en bied aan die plant dubbel die beskerming omdat die larwes op twee verskillende me-todes stuit. Dit kan dus ’n groot rol speel in insekweerstandsbestuur. Die nuwe tegnologie verhoed ook vreetskade aan die pluime, baarde en koppe. Dit bly egter van kardinale belang dat toevlugsareas steeds geplant word. Die gebruik van chemiese middels kan nog soms regstellend gebruik word om weerstand te bekamp.

Waarvoor werk Roundup Ready-tegnologie alles? Roundup Ready-tegnologie bied:• Breëspektrum onkruidbeheer- Doeltreffende beheer van ee-njarige en meerjarige grasse en breëblaaronkruide.- Grootsadige onkruide, soos olieboom, word beheer wat lei tot verlaagde kostes en uitskakel-ing van ongewenste sade in die graanmonster.• Bewese gewasveiligheid- Geen stremming op gewas met die gevolg dat die plant sy volle genetiese potensiaal verwesenlik.• Toedieningsbuigsaamheid- Doeltreffende onkruidbeheer vanaf opkoms tot voor oes.- Onkruidgrootte, en nie grond-kleipersentasie nie, bepaal die onkruiddoderdosis en gevolglik word daar ook net gespuit indien die onkruid teenwoordig is.- Wisselbou-opsies kan ten volle geakkommodeer word. Omdat die klimaat en grondtipe van streek tot streek verskil, spreek dit vanself dat plantestand, onkru-iddigtheid en onkruidspektrum sal

wissel en gevolglik is dit moeilik om een onkruidbeheerprogram voor te stel. Gegewe al die verander-likes is daar verskillende onkruid-beheerprogramme waar ander onkruiddoders bykomend tot gli-fosaat gebruik word met plant en ook na opkoms van die mieliege-was, om die totale onkruidprobl-eem te hanteer.

Hoe versoenbaar is GM-produksie en minimum-bewerking?Die beskikbaarheid van bioteg-nologie maak dit vir boere makliker om in die rigting van bewarings-bewerking te beweeg. Roundup Ready-tegnologie bied Suid-Afrikaanse mielieboere unieke geleenthede om onkruidbeheer baie doeltreffend toe te pas en konvensionele bewerkingsmetodes uit te skakel. Wat word gedoen om die oor-spronklike konvensionele geneti-ka te bewaar, as finale rugsteun? Alle nuwe basters word eers ontwik-kel en geteel en dan word die gene daarin teruggeteel. Daar is miljoene lyne in die wêreld beskik-baar wat gebruik kan word vir die teel van gewasse met of sonder geentegnologie.

Is daar nog ’n mark/premie vir konvensionele produkte?Ja, daar is graanhandelaars wat boere kontrakteer om GM-vrye mielies en soja te verbou ¬– hoof-saaklik vir buitelandse kopers in Europa en Japan.

Hoekom is daar in Europa nog soveel weerstand teen GM-produksie?Hulle produseer genoeg voed-sel en probeer hul eie mark be-skerm deur politieke inmenging. As gevolg van regeringsubsidies is boere ook nie onder soveel druk, soos byvoorbeeld Suid-Afrikaanse boere, om aanhoudend beter te presteer nie.

40

Baie mense het probleme met die moraliteit van genetiese oordrag tussen spesies, Is daar enige beperkings op navorsing en eksperimente in die verband? Daar is die afgelope 15 jaar baie

navorsing wêreldwyd hieroor gedoen en na aanleiding van die navorsing het Monsanto gesê dat ons nie ’n geen van ’n dier/mens sal oordra na ’n plant nie.

Is daar enige voordeel vir ver-bruikers? Is kos goedkoper, lek-kerder of makliker bekombaar?Dit is wel so dat die eerste gene-

rasie tegnologie meer gekon-sentreer het op eienskappe en aspekte wat meer voordeel vir die produsent en ook die natuur inhou. Maar inaggenome dat ’n produsent se oes beskerm word en produksie dus ook kan verhoog, trek die verbruiker en algemene publiek ook voordeel uit die feit dat meer kos geproduseer word, dat minder insekdoder gespuit word en dat die graan wat gelewer word, van’n beter gehalte is omdat daar minder swamme op die graan voorkom. Swamme kom voor weens sekondêre besmetting op die plek waar die stronkboorders aan die mieliekoppe gevreet het.Die volgende generasie tegnolo-

gie gee aandag aan beter olie in kanola en sojabone en ook ver-beterde vitamiene.

Is daar enige manier in Suid-Afrika om te weet wat jy eet of vir boere om hul produkte se naspeurbaarheid te bevorder?In die nuwe verbuikerswet is daar

’n gedeelte wat handel oor etiket-tering en ’n punt wat handel oor GM-produkte. Voedselprodusente moet dus nou op die etiket aandui dat die produk bestanddele kan bevat wat van GM-gewasse af kom. Die regulasies in dié verband is egter nog nie heeltemal gereed nie. Wat graan betref, kan boere sê by

watter silo en by watter maatskap-pye hulle graan gelewer het. Die-gene wat onder kontrak GM-vrye graan lewer, behoort ook daardie dokumentasie te hê; en die graan-handelaar wat die graan koop, sal kan aandui waar die graan vandaan kom.

Is biotegnologie die enigste pad vorentoe vir landboupro-dukontwikkeling?Hoewel ons meen dat biotegnolo-

gie ’n groot bydrae tot voedsel- en veselproduksie kan lewer, het ons nog nooit die mening geopper dat dit die alheelmiddel vir land-bouproduksie is nie. Ons glo wel dat dit een van die metodes is wat ingespan kan word om ons almal se lewe te verbeter. Ons plaas steeds baie groot klem op die ontwikkeling van genetika (nuwe verbeterde basters/variëteite) wat opbrengs kan verhoog. Ons glo ook aan verbeterde verbouings-praktyke om grond beter en meer volhoubaar te benut. Van die tegnieke wat die

maatskappy gebruik, is bioteg-nologie, nanotegnologie en ook merkers of MAB (Marker Assisted Breeding). Met merkers word spesifieke gene geïdentifiseer om ’n bepaalde probleem op te los en die tydsverloop wat tradisio-nele seleksies geneem het, word aansienlik verkort. Die tegniek hou baie voordele vir die bedryf in Suid-Afrika in, veral ten opsigte van droogte- en siektebestandheid wat van kardinale belang is in ’n land waar boere sukkel met beper-kende klimaatsomstandighede.Duister regulasies oor GM-etikette kan duur gevolge vir verbruikers hê

Soos GM-etiketteringsregulasies tans lees, skep dit ’n aansienlike probleem by die interpretasie daarvan. Dit kan lei tot ernstige, duur gevolge vir verbruikers deur hoër voedselpryse, wat van die re-gering se voedselsekerheidsbeleid ’n grap maak, waarsku Janusz Luterek. Luterek, ’n praktiserende prokureur

wat spesialiseer in voedseletiket-tering en voedsel- en verbruiker-swetgewing en optree namens die Meulenaarskamer en die CGCSA (SA Raad op verbruikersgoedere), verteenwoordigend van meer as 11 000 lede, het lede van die por-tefeuljekomitee vir handel en ny-werheid in Kaapstad toegespreek oor die etikeketteringsregulasies vir GM-produkte. Hy het verwys na die voorgestelde

wysiging van regulasie 7 van die Wet op Verbruikersbeskerming en gesê die wysiging klaar nie die tekortkominge op in die oorspronk-

like regulasie 7 nie. Dit kan verrei-kende gevolge hê wat kan vereis dat feitlik elke voedselproduk, so-wel as ander goedere soos katoen-klere en sekere medisyne, se etiket moet toon dat dit GM-bestanddele of -komponente bevat. Dit sal die regulasie se doel very-

del en lei tot vergroting van die administratiewe las op alle voed-selprodusente, -vervaardigers en -kleinhandelaars omdat die toets van alle bestanddele en goedere teen groot koste vereis sal word om hul GM-inhoud te bepaal, wat in sommige gevalle nie bepaalbaar sal wees nie. Die amendement moet hersien

word om te bepaal dat verbrui-kers van die noodsaaklike inligting voorsien word sonder om die voed-selvoorsieningsketting se las groter te maak, en op die lange duur ook die prys van voedsel en ander goedere te verhoog, het Luterek beklemtoon. “Daar is geen definisie vir be-

standdele of komponente in die wet of regulasies nie. Dit laat dit oop vir uiteenlopende interpre-tasie en kan herhalend wees. Die woorde ‘of komponente’ behoort geskrap te word. ’n Definisie van bestanddele behoort in die aanhef tot die regulasie vervat te word. Die term ‘alle goedere’ behoort vervang te word met ’n definitiewe of bepaalbare lys van goedere wat geëtiketteer moet word,” het Luterek gesê. Volgens die wetswysiging is die 5%-

drempelvereiste nie duidelik nie en sê dit nie of dit van toepassing is op die massa van die totale produk of 5% van ’n enkele bestanddeel nie. Ter wille van duidelikheid word die volgende wysigings aan die etiket-teringsregulasie voorgestel:

• Toepaslik op geneties gemodifiseerde kommoditeite goedgekeur vir kommersialise-ring deur die Uitvoerende Raad vir

Geneties Gemodifiseerde Orga-nismes kragtens die GMO-wet van 1997, en op goedere wat sodanige geneties gemodifiseerde kommo-diteite in ’n ongeprosesseerde vorm bevat. • Alle goedere wat minstens

5% geneties gemodifiseerde be-standdele bevat, ongeag daarvan of die vervaardiging van sodanige goedere in die Republiek of elders plaasgevind het.

41

Boere kan nou sukses proe met YieldGardIIMielieboere in Suid-Afrika kon die afgelope seisoene kennis maak met die verbeterde, nuwe generasie tegnologie op hul plase. Monsanto het in 2010 ingevolge GM-wetgewing, Wet nr. 15 van 1997, goedkeuring verkry dat die nuwe MON 89034-geen (YieldGardII) en die MON 89034 x NK 603-stapelgeen kommersieel in Suid-Afrika aangeplant kan word. “Ons is dankbaar dat ons die twee nuwe geen-eienskappe kon re-gistreer en dat ons dit aan ons kliënte kon beskikbaar stel,” sê Mag-da du Toit, korporatiewe kommunikasiebestuurder van Monsanto. Die YieldGardII-tegnologie is ook die eerste nuwe geen wat onder die nuwe GENUITY-vaandel in die mark geplaas is. YieldGardII sal talle voordele aan die boer verleen en so bydra tot beter graange-halte en hoër opbrengste. Terselfdertyd bied die tegnologie gerief en gemoedsrus omdat die hantering en gebruik van insekdoders verminder word.Gegrond op die wetenskaplike proewe wat gedoen is in verskeie mielieproduserende gebiede in die land, waaronder Bethlehem, Jankempdorp, Hertzogville en Bothaville, is dit duidelik dat Yield-GardII-tegnologie uitstekende resultate gelewer het – selfs nog beter as die YieldGardI-tegnologie in dieselfde kultivars.In die proewe is gekyk na die werking van die enkel YieldGardII-geen, asook na die werking van die tegnologie in die stapelgeen-basters, wat sowel die YieldGardII-tegnologie as die Roundup Ready-tegnologie bevat.Selfs in gebiede waar daar kommer was oor doeltreffende beheer van Busseola Fusca het die proewe getoon dat die nuwe tegnolo-gie uitstekend werk.Besoek gerus ook www.monsanto.co.za en www.proagri.co.za vir meer inligting.

“Slegs duidelike en ondubbelsin-nige GM-etiketteringsregulasies kan voldoening verseker en klagtes deur verbruikers teen onderne-mings in die bedryf op grond van uiteenlopende interpretasies ondervang,” het Luterek gesê.

GM-etikettering sal kos duurder maak

GM-etikettering kan die prys van voedsel met 10% laat styg, aldus navorsing in Brittanje, Australië en die Filippyne, het dr. Nompu-melelo Obokoh, hoof- uitvoerende beampte van AfricaBio, aan lede van die parlementêre porte-feuljekomitee vir handel en nywer-heid in Kaapstad gesê. Verpligte etikettering is ’n duur

onderneming vir boere, die nywer-heid en die regering. Etikettering van GM-voedsel sal nie openbare gesondheid bevorder nie en sal kospryse vir die verbruiker laat styg, het Obokoh beklemtoon. Daar is kommer oor die praktiese

implementering en werkbaarheid van die GM-etiketteringsregulasie wat kan lei tot duur hofsake teen boere, kruideniers en voedsel-maatskappye wat die regulasie on-prakties kan bevind en verwarrend om toe te pas. “Om koste te sny, stel ons voor

dat slegs produkte wat GM-vry is as nie-GM geëtiketteer word om voorsiening te maak vir klante wat graag produkte wil koop wat nie sekere GM-bestanddele bevat nie. ’n Onlangse opname oor GM-bevattende voedsel het getoon dat die meerderheid verbruikers selde etikette op verpakkings lees. Pryse en vervaldatums is skynbaar belangriker en baie van die verbrui kers het nog nooit van GM-voedsel gehoor nie. “Die reg om te weet sonder ba-

siese inligting oor die onderwerp sal verwarring veroorsaak en verbrui-kers bang maak. Die eerste stap vir die departement van handel en nywerheid moes gewees het om ’n goeie kommunikasiestrategie te ontwerp om die publiek se al-gemene begrip van biotegnologie uit te brei. “Voedsel wat deur biotegnologie

of ’n ander tegniek ontwikkel is, be-hoort geëtiketteer te word as daar ’n verandering in voedingsame-stelling is, of as ’n ander kompo-nent, wat toksies of allergenies kan

wees, bygevoeg is. Standaarde vir etikettering moet gebaseer wees op die kwantifiseerbare chemiese eienskappe van die eindproduk en nie die produksieproses nie. Dit verseker meetbare, objektiewe, wetenskapgebaseerde, verifieer-bare en afdwingbare etikettering,” het Obokoh gesê.

42

43

Ons almal ken die frustrasie van slakke wat jou tuin net so aanloklik soos jyself vind, en die ewige stryd om van hierdie skulpdiere ontslae te raak. Op die webblad www.tuis.com het ons hierdie interessante en nuttige wenke gevind.

Strooi skulpeDaardie seeskulpe wat ná die Desembervakansie saam teruggekom het van die see af, is ideaal. Kap ’n klompie daarvan stukkend en strooi dit om jou potplante wat onder die slakke deurloop. Die slakke loop nie sommer oor die skulpe nie!Van potjies tot wipSit ’n klein kleipotjie in ’n groter een en laat dit op hulle sykant tussen blomplante lê. Slakke wat snags uitkom om te vreet, sal sommer gou nesskop in dié nuwe beskutte “huisie”. Doen elke oggend inspeksie en krap die vabonde met ’n stokkie in ’n plastieksak vol sout. Gooi hulle dan dadelik in die asblik.In sak en asStrooi ’n dik laag hout-as in ’n sirkel om plante soos funkias (Hosta spp.) wat in die somer op hul beste lyk en heerlike lekkernye is vir slakke en naakslakke. Nie net haat die slymvoete die growwigheid nie; jy sal ook die tuingrond verryk met potas, ’n noodsaaklike voedingstof vir die vorming van blomme en vrugte.Doodsoen in ’n lemoenVul leë lemoen- en pomelohelftes (as jy klaar die sap uitgedruk het), met slaklokaas en sit dit tussen blom-plantjies in die tuin. Slakke kan die heerlike sitrusgeure nie weerstaan nie en sal dadelik nader staan vir ’n hap-pie.Growwe paadjieMaak ’n gat in die middel van ’n krulkop-potskuurder en trek dit oor die rand van ’n tuinpot vol sappige plante. Die ou slymvoete verpes die growwe draderigheid en sal eerder ander weiplek gaan soek.Bier, assebliefVul ’n piering met bier, sit dit neer tussen plante en sit dan ’n groot koolblaar onderstebo bo-oor. Slakke is nie kieskeurig oor spesifieke handelsmerke nie en sal dolgelukkig daarin versuip!

Bron: www.Tuis.com

Skoert ! jou slymerige slak

44

45

Om altyd met ’n mooi tuin te kan spog, moet ’n mens voortdurend aandag daaraan skenk.

Die spreekwoord lui: “Wat jy saai, sal jy maai”, en dit geld beslis vir jou tuin ook. As ’n mens elke maand die nodige doen, kan jou tuin die hele jaar ’n ware lushof wees sonder dat jy jou oor ’n mik hoef te werk.In Februarie is daar heelwat tuin-werk, maar moenie vergeet om jou tuin te geniet nie!Veral die lang, soel someraande is dit heerlik om tyd in die tuin deur te bring. Met die oog hierop, is dit raadsaam om genoeg welrie-kende plante aan te plant om jou in hierdie tye met ‘n sielslafenis te verfris!

Februarie is die tyd om blom-• saad soos vygies, gesiggies, violas, pronkertjies, ridder-spore, Yslandse papawers, gousblomme en delphiniums te saai.Plant ook bolplante soos • affodille, hiasinte, tjienke-rientjees, anemone, ranon-kels, freesias, watsonias en sparaxis.Verdeel agapante indien • nodig.Berei ’n bedding voor vir ’n • kruietuin.Bestry miere.• Kyk of daar muskiete in die • dammetjies, tussen die kan-nablare, strelitzias en ander grootblaarplante is. ’n Drup-pel paraffien of olie sal hulle weghou en niks aan die plante doen nie.Saai soetrissies en eiervrug, • mens kan nooit te veel hê nie!Saai groentes wat gaan ont-• kiem sodra dit koeler begin raak, soos tamaties, blaar-slaai, komkommers, beet, kopkool, spinasie, boontjies en pampoentjies.Saai beddingplante wat in • die winter en lente blom soos primulas, Ysland papawers, vilette, maar hou hul koel en klam.Sny na die einde van die • maand die gras korter.Hou kompos klam.• Plant klein hoeveelhede kool-• soorte indien nog nodig.Plant ook nog ’n paar rye •

geelwortels en beet.Plant saailinge van blaarslaai, • spinasie en seldery uit.

In gebiede wat daar ryp voorkom, is dit raadsaam om nou die vol-gende te doen:Verdeel sleutelblomme nou sodat hulle ’n paar maande het om weer te vestig.Maak steggies van pelargoniums, madeliefies en laventel; laat dit op beskutte plek oorwinter, om in die lente uitgeplant te kan word.Verdeel waterlelies wat mekaar verdring.Saai nog ’n paar koolsoorte en die laaste stambone direk in die grond.Saai uiesaad vir sprietuie.Plant jou beet, spinasie, pietersielie en blaarslaai- saailinge uit. Geel-wortels, preie, rape en witwortels kan ook met saad gesaai word.

In Maart begin die herfskleure oral kop uitsteek. Die somer is amper verby en met die skaduwees wat langer word, verwag ons koeler dae. Tuinwerk raak lekkerder en opruim van die somerstuine is ’n nuwe uitdaging en vreugde.

Saai saad soos floksies, gesig-• gies, grasangeliere, viooltjies, sewejaartjies, papawers en Namakwaland-madeliefies.Bolplante wat in Februarie • nie geplant is nie, kan nog geplant word.Bestry slakke en rooispin-• nekop wat nou baie skade kan aanrig.Begin jou kruietuin.•

Gebruik Kerb op grasperke wat die vorige jaar las gehad het van wintergras. Dit is ’n goeie tyd om struike in houers uit te plant sodat hulle ’n gesonde, sterk wortelstelsel kan ontwikkel in die warm, klam herfs-grond en gereed kan wees om te groei wanneer dit ná die winter warm word. Inheemse bolle soos freesias (kam-metjies), Ixiaen Babiana kan aan die einde van die maand in los, goed gedreineerde grond geplant word, maar dit is raadsaam om tot April te wag voor jy bolle uit die noordelike halfrond plant.Saai vir oulaas koolsoorte indien verlang. Dit is die beste planttyd vir saad van koelweergroente soos spinasiebeet, gewone spinasie, seldery, preie en witwortels. Maak verdere klein aanplantings van geelwortels, beet, rape en radyse sowel as pietersielie en blaarslaai.Hou op om plante te bemes. Maak steggies van rypgevoelige plante soos begonias, Josefskleed, Plec-tranthusen impatiens en beskut dit teen die koue. Gee grasperke ‘n laaste bemesting. Grasperke wat bruin word ná ryp, kan oorgesaai word met ‘Kik-Over®’, maar sal gereeld water moet kry.Saai vir oulaas van jou gunste-lingkoolsoorte, soos spinasiebeet, gewone spinasie, seldery, preie en witwortels. Saai ook geelwortels, beet, rape en radyse, sowel as pietersielie en blaarslaai.

Bron: Verwerk en aangepas uit o.a. Tuin-maak in Suid-Afrika deur die jaar - Marianne Alexander

dat jou tuin heeljaar ’n spogtuin blySorg

46

‘n Swamdoder snoeiwondmiddel vir die gebruik op rose, wingerde, struike en vrugtebome na snoei.

KUMULUS®WG‘n Waterdispergeerbare korrel swam-en mytdoder vir die beheer van sekere swamsiektes asook sekere myte en blaaspootjies.

STERISEAL

Kliëntediens: Tel: 0861 EFEKTO (333586) [email protected] www.efekto.co.zaAgro-Serve (Pty) Ltd t/a EfektoTM Reg. Nr. 1973/000868/07 Posbus 652147, Benmore, 2010

Kumulus®WG (Reg nr: L2404, bevat Swael 800g/kg) Steriseal (Reg nr: L4231, bevat ‘Busan 1009’ 10g/kg & 8-Hidroksikinoliensulfaat 10g/kg). Skadelik.

0305_Diepadsaam_Steriseal_Kumulus_A4.indd 1 2012/05/30 5:58 PM

47

Help! My kop is verstop

deur Hannelie Cronjé

Sinusitis word onder andere gekenmerk deur kloppende hoofpyne, ’n alewige loopneus, moegheid, en ’n permanente kuggie van die agterneusdrup. Min mense besef egter dat onbehandelde sinusin-feksie selfs tot die dood kan lei. Ek is nou net mooi ’n jaar in die Vrystaat en dit voel behoorlik vir my of my kop permanent verstop is van sinus. Daarom het ek ’n bietjie gaan rondvra en nalees om te kyk wat sal dit voorkom, wat sal help, en wat kan ek doen om beter te voel, en ek het op ’n hele paar interessante feite afgekom op die webblad www.health24.com.Ek deel dit graag met julle.

Wat is sinusitus? Sinusontsteking is die inflammasie – met of sonder infeksie – van die slymvliese in die sinusholtes in die neus, agter die oë en in die voorkop, verduidelik dr. Martin Young, ’n oor-, neus- en keelspesia-lis van Knysna volgens die artikel by www.health24.com.“Daar is tussen 14 en 16 lugge-vulde sinusholtes in die skedelbeen: weerskante van die neus, agter en tussen die oë, in die voorkop en selfs een dieper na agter. Die holtes maak die been ligter, ver-beter stemresonansie en absorbeer heelwat van die impak sou jy ’n harde hou teen die kop kry,” ver-duidelik hy.“Lug bereik die sinusse deur klein gaatjies in die skedelbeen waarin die sinusholtes geleë is. Die slym-vliese wat die sinusholtes uitvoer, skei slym af om die lug wat jy inasem en die lug in jou sinusholtes warm en vogtig te maak. En dis waar die probleem lê.“In die gewone gang van sake dien die bietjie slym wat afgeskei word, as filter en beweeg dit am-per soos ’n vervoerband oor die klein, fyn borselhaartjies in die neus-gange om slym na die keel af te voer, waar dit ingesluk word. Maar as swelling die klein luggaatjies in die gesigbene verstop, kan die lug nie die holtes binnegaan nie en die slym kan nie dreineer nie.Dan hoop die slym op en verdik dit, en is die kans groot dat bakterieë, virusse of swamme daarin kan groei,” sê Martin.

Die vier sondaars1. Hooikoors is die hoof-oorsaak van sinusitus, sê dr. Harris Steinman, allergiekenner van die Allergievereniging van Suid-Afrika (Allsa). Stof, stuifmeel, dierehare, huismyte, sommige oor-die-toon-bank-neussproeie en sigaretrook irriteer die slymvliese en lei tot hooikoors. Droë lug kan ook die slymvliese irriteer, asook uitlaat-gasse, petrol- en verfdampe, par-fuum, insekdoders en huishoudelike skoonmaakmiddels.“Hooikoors kom veral voor in gebiede waar mense aan baie stuifmeel van gras en bome en ook rook en besoedeling blootgestel is, maar mense oor die land heen ly aan sinusitus.”“Dit kom toenemend en dwarsdeur die jaar voor,” sê dr. Poens van der Merwe, ’n oor-, neus- en keelspe-sialis by die Panorama Mediclinic in Kaapstad.

2. Die tweede grootste oorsaak van sinusitus is ’n mens se

neusvorm en die bou van die gesigbene. As openinge en gangetjies in dié dele te nou is, kan dit makliker verstop raak – al het jy geen allergie nie. In die verlede is dié probleem dikwels opgelos deur ’n sinusoperasie, waar die verbindingsopeninge tussen die sinusholtes groter geboor is sodat die slym makliker daardeur kan dreineer. Deesdae is sinusoperasies egter omstrede en meen kenners dit word te veel gedoen. Anato-

miese probleme is nie so ’n groot oorsaak van sinusitus as wat in die verlede gemeen is nie en daarby is daar ’n gevaar van komplikasies. In uitsonderlike gevalle kan ’n mens breinvliesontsteking kry of blind word omdat die infeksie deur die oopgeboorde been na die brein of oë kan versprei. Boonop het sowat een uit vyf mense ná die operasie steeds probleme. “Sinusoperasies behoort net oorweeg te word as geen ander behandeling help nie,” sê Martin.

3. ’n Derde oorsaak van sinusitus is neuspoliepe en ander gewasse in die neus en sinusholtes wat blok-kasies kan veroorsaak. Sommige mense is meer geneig as ander om

neuspoliepe te ontwikkel en as hulle boonop gereeld te veel aspirien drink, is die kans vir poliepe groter.

4. ’n Vierde maar minder al-gemene oorsaak van sinusitus is

immuniteitsprobleme. “As jy voortdurend met sinusinfeks-ies sukkel, laat gerus jou immuniteit-stelsel deur ’n allergiespesialisondersoek – veral as ’n operasie ter sprake is,” sê Harris. Dikwels is die operasie nie nodig nie en kan die immuniteitsprobleem met minder ingrypende behandeling opgelos word.

48

Die beste medisyne teen sinusitusVolgens die bron is hoofpyn die

algemeenste en eerste simptoom van sinusitus, aldus Harris. Dit kan ontstaan omdat die gaatjies in die neusbeen verstop is en lug nie die sinusholtes kan bereik nie. Dit ver oorsaak ’n lugleegte in die sinusholte en lei tot pyn.’n Sinushoofpyn duur gewoonlik

’n paar uur lank en verdwyn sodra die gaatjies in die been weer oop is. Pille soos Sinutab wat ’n ont-stuwingsmiddel bevat, is oor die toonbank te koop.As dit nie help nie, gebruik aspi-

rien (maar nooit vir kinders nie), parasetamol of ibuprofeen, altyd volgens die voorgeskrewe dosis.Die tweede fase is wanneer

oormatige slym afgeskei word, gewoonlik as ’n reaksie op ’n ir-ritasie in die lugweë of omdat die gaatjies in die been verstop is. Ont-stuwingsneussproeie soos Dristan, Drixine, Iliadin en Nazene wat ook oor die toonbank beskikbaar is, kan tydelike verligting vir ’n toe neus bring, maar moenie langer as drie dae gebruik word nie.As hooikoors die onderliggende

oorsaak is, word antihistamien soos Rhinolast ingespan, wat ook oor die toonbank beskikbaar is. Steroïedneussproeie wat kortisoon bevat, soos Inflanaze, Nasonex en Avamys, is die belangrikste behan-deling vir hooikoors en om infeksies te keer. Dis slegs op doktersvoorskrif beskikbaar.Die derde fase is die ernstigste en

gaan gepaard met ’n sinusinfeksie. Dit gebeur wanneer die slym nie dreineer nie, begin verdik en ’n ideale broeiplek vir virusse en bak-terieë skep, wat dan die weefsel in en om die sinusholtes laat opswel en ook gewoonlik gepaard gaan met koors.As bakterieë eers ’n vastrapplek

in jou sinusholtes gekry het, sal jy waarskynlik dik, geelgroen neus-slym ontwikkel. Dan het jy antibi-otika nodig wat jy minstens 10 tot 14 dae lank moet gebruik, en in sommige gevalle selfs tot agt weke lank, omdat die antibiotika baie moeilik tot in die sinusholtes dring.Gewoonlik word ’n steroïed-

neussproei soos Inflanaze saam met die antibiotika voorgeskryf om die swelling en inflammasie van die slymvliese te verminder en die

gaatjies in die been weer oop te kry. Moet nooit jou voorgeskrewe antibiotika of steroïed-neussproei staak voor jy dit so lank gebruik het as wat voorgeskryf is nie. “Vroeë staking van dié middels is die algemeenste rede waarom mense aanhoudende sinusinfeksies ontwikkel,” sê Harris.

Vinnige sinus-feite• ’n Mens se sinusse skei sowat ’n liter slym per dag af. Dit word ingesluk

en deur die maag verteer. • Die membrane wat die sinusholtes uitvoer, is ongeveer die grootte

van twee A4-velle papier. • Kinders het adenoïede (neusmangels), ’n soort kliertjie agterin die

neusholte wat as ’n ekstra filter dien en help om irriterende stowwe vas te vang. Dit verdwyn meestal op sesjarige ouderdom.

• Meer grootmense as kinders ly aan sinusitus omdat kinders se si-nusholtes nog nie volledig ontwikkel is nie. As ’n kind se neusslymvliese geïrriteer word, maak sy neus slym wat hy maklik uitblaas. Die slym sal moontlik sy oorkeelbuise verstop en middeloorontsteking veroorsaak of selfs sy oordromme laat bars, maar dit verstop gewoonlik nie die sinusholtes nie.

Keer so dat jy weer sinusitus kryHoe meer sinusinfeksies jy kry, hoe groter is die kans dat jy later ’n op-• erasie nodig het. Voorkoming is die beste raad, lui die bronartikel.

• As jy ’n onderliggende allergie en hooikoors het, stel vas wat dit vero-orsaak en vermy dit sover moontlik of laat jou met allergie-inspuitings behandel. Betroubare allergietoetse is die velpriktoets, die Rast/Unicap IgE-toets, die CAST-toets en die Patch-toets. Die BEST/Vega-, IgG-, Sci- en ALCAT-toetse is nie op betroubare wetenskaplike inligting gegrond nie, sê die allergiekenner dr. Harris Steinman.

• Allergie-inspuitings maak jou minder sensitief vir die stof waarvoor jy allergies is. Dié inspuitings moet 36 maande lank geneem word en begin ná ses tot 24 maande werk. Jy moet egter steeds probeer om die allergieoorsaak waar moontlik te vermy.

• Behandel verkoue so gou moontlik. ’n Verstopte neus is die begin van al jou probleme. Lug gaan twee keer vinniger tot in die sinusse as jy deur jou neus asemhaal as deur jou mond. Neusasemhaling vermin-der ook die kans dat bakterieë in jou neus groei.

• Blaas jou neus saggies en moenie een neusgat toedruk en hard blaas nie, want jy kan die slymvlies beseer.

• Hou op rook.

49

Is dit sinusitis of verkoue?

Is dit sinusitis of verkoue?Hoe weet jy of jy sinusitus het en nie net verkoue nie? Die bronar-tikel doen die volgende aan die hand:

• ’n Eenvoudige toets is om vooro-or te buig en as jy drukking of pyn agter jou oë voel, is dit moontlik dat van die sinusholtes verstop is.

• Algemene gesigpyn, veral wan-neer jy aan jou wange, langs jou neusbrug en bo jou oë druk, is ’n verdere teken.

• Wees ook bedag op ’n hoof-pyn wat nie beter word nie, selfs nadat jy parasetamol, aspirien, ibuprofen of ’n ontstuwingsmid-del gebruik het.

• Verdere simptome is ’n geswelde gesig, geel of groen slym in jou neus en keel, voortdurende koors, tandpyn en moegheid omdat jou slaap versteur word deur gebrek-kige asemhaling.

Stuit sinusontsteking – op die natuurlike manierDaar is volgens www.health24.com verskeie rate wat jy tuis kan beproef as jy voel dat jy self die probleme wil stuit voordat dit erger raak en jy die dokter moet besoek:

• Drink agt of meer glase water per dag of jy nou dors is of nie, om die slym te verdun.

• Asem warm stoom in: Gebruik ’n lugbevogtiger, staan onder ’n warm stort of stoom jou gesig oor ’n bak warm water terwyl jy ’n handdoek oor jou kop hou. Die water moet warm genoeg wees om stoom te vorm, maar nie so warm dat dit jou gesig verbrand nie.

• As jy allergies is, moet die humiditeit in jou kamer verkieslik nie hoër as 50 persent wees nie. Koop ’n bevogtiger wat die humiditeit meet.

• Kyk na die agterkant van jou keel – as slymstrepies verskyn, het jy waarskynlik ’n postnasale drup. Gorrel met louwarm water om te keer dat jy ’n seer keel ontwikkel.

• Slaap met jou kop hoër as jou lyf. • Koop ’n spuitbotteltjie by die apteek en sproei ’n sout-en-koeksoda-

oplossing gemaak van 2,5 ml sout, 1 ml koeksoda en 250 ml lou-warm water in jou neus om dit skoon te spoel. Trek die oplossing so diep moontlik in jou neus in: Druk een neusgat toe en snuif deur die ander een tot agterin jou neus en jou keel. Blaas dan jou neus lig-gies. Herhaal twee tot vier keer per dag. Jy kan ook ’n soortgelyke oplossing by apteke koop.

• Drink minder alkohol en koffie. Dit is ontwateringsmiddels en kan die slymvliese uitdroog, wat die slym laat verdik. Dit kan op sy beurt die sinusgaatjies verstop en infeksies vererger. Sulfiete, histamien of ander chemiese stowwe in wyn kan die neusslymvliese ook laat swel en ontsteek.

• Los ’n paar druppels bloekomolie of mentolkristalle in ’n koppie kookwater op en asem die stoom in. Dit kan help om die neus oop te maak. Wees versigtig, want die hitte van die warm stoom of die chemikalieë van die kristalle kan jou neus brand.

Bron: www.health24.com

50

Ina is na 17 jaar behoorlik gekonfyt met dié soet bederf

deur Delene Snyman

Toe Danie en Ina Lessing 17 jaar gelede hul boerdery in die Alma-omgewing gestaak het, het hulle na-der aan Nylstroom getrek om met volstruise te boer.

Dit was moeilike tye, vertel Ina. Swaar jare, maar hulle het altyd voor oë gehou dat die Here sal voorsien.Op ’n dag het hulle stamvrugte op die plaas gepluk. Met ’n paar perdebysteke as bewys van die plukkery, is Ina NTK toe om bottels te koop. NTK het pas sy grond-boontjiebotteraanleg gesluit en die bottels wat oorgebly het, is teen ’n verlaagde prys verkoop. Sy het die stamvrugte gekrap dat haar hande stukkend was, konfyt ge-kook en 200 bottels was reg om te verkoop.Maar aan wie? Sy en die kinders het die dorp ingevaar om dit te verkoop. Hoewel hulle daarvan verkoop gekry het, was dit nog nie genoeg om van ’n besigheid te

praat nie.Intussen het sy gesien dat maroelas oral op die plaas lê. Ina het dit opgetel en maroela-jellie gekook. Nou het sy twee produkte gehad om te verkoop. Sy leen toe geld by haar skoonpa en bestel een ton kwepers van die Kaap. Saam met twee vroue, op vier plate, verwerk hulle ’n ton kwepers.Steeds het sy nie veel van ’n afset vir haar produkte gehad nie, maar sy het ’n groter verskeidenheid ge-had om te bied. Lemoentyd breek aan en sy kry ook ’n bietjie aarbeie en alles word verwerk tot konfyt.Met hierdie produkte en vertroue in die Here, ry sy en Danie die hele Pretoria en Brits-omgewing plat om konfyt te verkoop. Daardie dag verkoop hulle nie ’n enkele botteltjie nie. Maar dit kry hulle nie onder nie. Danie en hul seun, Na-tan, besluit om in Nelspruit ’n mark te gaan soek en keer suksesvol terug. Die produkte begin verkoop!

Die uitbreidingDanie bou ’n stoor op die plaas en die punte waarop gekook word, verdubbel van 10 tot 20. Bestellings word meer en die verskeidenheid produkte wat te koop aangebied word, vermeerder.

’n Groot deurbraak het gekom toe hulle van tuisgedrukte etikette oorskakel na etikette wat nou spe-siaal vir hulle gedruk word. Ina het op die etikette besluit sonder om dit eintlik te oordink. Sy het van die goue kleur daarvan gehou en van die feit dat haar naam klein gedruk en ondergeskik aan die inhoud van die bottel was – nederig en simplis-ties – nes hulle onderneming begin het.Met die nuwe etikette verdriedub-bel verkope amper dadelik. Die woord versprei dat kwaliteitkonfyt in die bottel met die goue etiket by sekere winkels gekoop kan word, bestellings vermeerder en so brei die produkreeks ook uit.Vandag het Ina 51 kookpunte en 14 personeellede in haar diens. Haar dogter, Ané, hanteer die bemarking en bestellings vanuit Centurion vanwaar meeste van die verspreiding nou ook gedoen word. Die konfyte word egter alles steeds in die Modimolle-omgewing gemaak waar Ina oor elke proses van die vervaardiging toesig hou.

Die KaapOm die beste kwaliteitvrugte te kry, besluit Danie en Ina om jaarliks

Danie en Ina Lessing

Dit is waarlik ’n verhaal van nederige begin tot konfyt-koningin!

51

vir ses weke in die Kaap te gaan konfyt kook. Hulle 14 personeellede reis per trein af en dan kook hulle vir ’n vale konfyt in Bonnievale in die Kaap. Dit is hoofsaaklik perskes en vye wat in hierdie tyd verwerk word.Die personeel geniet die uittog vreeslik baie en ’n dag op die strand met ’n feesmaal daarby, is genoeg om hulle te laat tou staan om die volgende jaar weer saam te gaan.Danie koop die vrugte van die bome af, ry dit aan en Ina en die personeel werk dat dit klap. Verlede jaar het hulle ’n rekord van 5 000 bottels vyekonfyt op een dag gekook. Gedurende die ses weke in die Kaap kook hulle ongeveer 45 000 bottels konfyt!

Die produkteDaar is byna nie ’n vrug wat Ina nog nie gebruik het om van konfyt te maak nie! Behalwe vir die kon-fyt, is daar ook ingelegde vrugte, blatjang en verwerkte groente soos kerrieboontjies, rooi en geel beet, en binnekort pers wortels wat sy onder haar goue etiket bemark.Geen vrugte word gevries nie maar dadelik gebruik sodat alles wat hulle kook, vars en heerlik is. Geen preserveermiddels word ge-bruik nie en die departement van landbou reik jaarliks ’n goedkeu-ringsertifikaat uit.Kort voor hulle Kaap toe vertrek het, is appelkooskonfyt gekook. Tot 1 000 bottels kan op ’n dag gekook word as die vraag daarna dit vereis. Dit is vragte konfyt maar elke kastrol is werklik handgemaak onder Ina se toesig.Sy hou tred met modeneigings in die kosbedryf. Daar is ’n verskei-denheid produkte waarby sy rissies inwerk aangesien dit nou in aan-vraag is. Ina maak ook spesiale produkte op bestelling. So het sy onlangs rooskonfyt vir ’n troue gemaak en dit in spesiale botteltjies vir die troue verpak. Met organiese roos-blare en appels het Ina beslis ’n unieke produk opgetower.

Die resepteIna se liefde vir konfytkook het sy by haar ma geërf. As kind het sy saam met haar ma gekook en so geleer hoe om dit te doen. Tannie Henna Swanepoel het haar ook geleer maar baie resepte het sy

met die jare aangepas om haar unieke produk op die rak te kan sit. Sy het kortpaaie gekry om ’n kwaliteitproduk die lig te laat sien.Ina het ná skool Huishoudkunde studeer. Die kombinasie van teo-retiese kennis en praktiese ervaring het beslis bygedra tot haar sukses-verhaal.Sy ontwikkel voortdurend nuwe produkte want daar is altyd ruimte vir verbetering.

Die aankope en bemarkingDanie hanteer al die aankope. Hulle grootste uitgawe is natuurlik suiker en gas waarop die konfyte gekook word. Hy doen ook die verspreiding en aflewerings.Ané hanteer bemarking en bestel-lings. Produkte word hoofsaaklik versprei na Mpumalanga, Limpopo, Gau-teng en Wes-Kaap. Daar is ook ’n verspreidingspunt op Frankfort in die Vrystaat. Maar as die bestelling reg is, kan hulle enige plek aflewer.

Die suksesresepVra mens Ina wat haar suksesresep is, antwoord sy nederig dat alles net genade uit die hand van die Here is. Sy maak steeds “flops” want Ina beskou foute as deel van die lewe. Dit is egter belangrik om positief te wees en te bly. Jy moet glo in wat jy doen, nie tou op gooi nie. As jy boonop ’n passie het vir dit wat jy doen, kan sukses nie uitbly nie.Ina se projek was uit nood gebore maar sy en Danie was bereid om hard te werk. Ina het oor al die jare net een reël: die kwaliteit moet reg wees. Daarom is elke bottel Ina Lessing-konfyt, ingelegde vrugte of wat ook al, keurgraad.Wat natuurlik in haar guns tel, is die feit dat handgemaakte produkte mode geword het. Nie almal sien kans om konfyt te kook nie, daarom is dit heerlik om ’n tuisge-maakte produk te kan koop. Haar produkte wek ’n bietjie nostalgie op ... want dit is soos Ouma dit gemaak het.Vir Ina persoonlik is dit ’n baie be-vredigende bedryf wat sy geskep het. Die fabriek is klein genoeg dat sy persoonlik by alles betrokke kan wees maar groot genoeg om ’n goeie inkomste te genereer. Boonop sien sy die eindresultaat van haar handewerk in elke bot-teltjie wat versprei word.

Dit is waarlik ’n verhaal van nederige begin tot konfyt-koningin!

52

Eendag, nie so lank gelede nie, was daar ’n prinses. Haar naam was Anelie Swemmer. Maar Anelie moes baie hard werk. Sy was ma van drie kinders, ’n goeie vrou vir haar man Werner, en VKB se skakelbeampte, wat beteken het dat sy áltyd aan die werk was.Vir baie jare het Anelie gedink sy het nie ’n Goeie Fee in haar lewe nie, maar toe ontdek sy op

’n dag sy het inderwaarheid drie! Hulle name was Christelle, Jacoline en Hilde en hulle het ’n onderneming met die naam Nuveau in Bethlehem gehad. Toe Anelie op ’n dag ’n nota op haar lessenaar kry dat sy ’n afspraak by Nuveau het, het sy

geen idee gehad wat op haar wag nie. Maar die drie feë het hulle storie geken, hoor!Christelle, wat klere en trourokke maak en eersdaags haar eie nuwe reeks klere bekendstel,

het vir Anelie geleer hoe om elke dag op haar mooiste te lyk met die klere wat sy dra.Jacoline het skoonheidswenke gegee en vir Anelie gegrimeer dat sy haarself amper nie

herken het nie. En Hilde het met haar skêre en kwasse in Anelie se hare ingevaar en sommer ’n hele paar jaar afgeknip en ingekleur. Noudat Anelie haar drie goeie feë ontmoet het, lyk en voel sy mooier en jonger as ooit tev-

ore. Maar die drie feë het haar mooi laat verstaan dat hulle altyd daar sal wees vir haar, maar dat hulle graag in ander vroue se lewe ook ’n verskil wil maak, en dat sy hulle sal móét deel met al die ander dames wat hulle vir Valentynsdag, Moederdag, verjaarsdae of hul troudag opgetower wil hê, of sommer-net lekker bederf wil word omdat hulle vroue is.

Kyk ’n bietjie hoe lekker het ons saam met die wonderwerkers van Nuveau gekuier.

deur Hannelie Cronjé

Hannelie gesels met...Christelle:Wanneer jy ’n klerereeks vir ’n vrou beplan, waarna

kyk jy?Ná jare in die bedryf het ek geleer dat die belangrik-

ste van enige ontwerp is dat dit jou persoonlikheid weerspieël en jy gemaklik moet voel in wat jy dra. En natuurlik, enige vrou se wens, dat dit jou so maer as moontlik sal laat lyk! Die modegiere pas nie noodwen-dig jou lyf of smaak nie.Ek is nie ‘n modeslaaf nie en voel jy moet dra wat jou

en jou ouderdom pas. Beklemtoon jou beste bates en verbloem jou foute so goed jy kan. Ek begin my nuwe winkeltjie, Funky Fashions, juis om

vir vrouens “funky”, bekostigbare klere aan te hou en sommer raad te gee oor wat pas en wat nie pas nie. In dié winkel is daar enigiets, van krale tot skoene, jas-sies, toppies en alles wat mooi is! Jy begin eersdaags met ’n reeks vir swanger vroue.

Brei bietjie uit daaroor?Ja, ek is besig om ’n swangerskapreeks ook te begin

omdat dit onmoontlik is om moderne “kraamdrag” te

kry, en ná twee swangerskappe en moedeloos wees oor wat om aan te trek, weet ek dit gaan ’n treffer wees!

Is wit trourokke nog “in”?Wit vir troues is definitief in, maar nóg meer “in” is

winterwit – “af wit” eerder as blouwit. Kant en klassiek is jou beste opsie, en is tydloos. Kies ‘n rok waarop jy vir altyd trots sal wees as jy jou troufoto’s wys. En wees maar versigtig om ‘n ander kleur in jou trourok in te bring!

Vertel ons van Anelie se rok?Anelie dra ’n rok uit my nuwe reeks. Sy wou iets hê

wat haar magie bietjie sal verbloem, maar lekker gemaklik pas. Die lap wat ek gebruik het, dra heerlik en sy kan die rok oor haar kop gooi en pragtig lyk! Die kleur pas haar baie goed en kan enige tyd van die dag gedra word. Sy was ’n fantastiese kliënt vir die “makeover”!

Spieëltjie, spieëltjie in die hand...

53

Hilde:Waarna kyk jy eerste wanneer jy ’n kliënt sien?Hare is ’n baie belangrike deel van ’n vrou se

voorkoms. As ’n vrou se hare mooi en gesond voel, voel sy ook sommer goed oor haarself. Ek is nou al 10 jaar in die bedryf en ek besef elke dag dit is baie belangrik om ’n konsultasie te doen sodra die kliënt in die salon instap. Eerste ding waarna ek kyk, is die kliënt se gesigvorm, want die styl moet by haar gesig pas. Dan die toestand en tekstuur van haar hare. Die kleur van die hare kan die ondertoon van haar gesig koud of warm laat lyk. Grys hare het ’n growwe tekstuur omdat daar geen

pigment in die hare is nie, en het daarom ekstra ver-sorging nodig. Grys hare moet ook ten minste elke vier tot ses weke gekleur word.Krulhare is ook geneig om bietjie droër te wees as

reguit hare, so dit moet in ag geneem word. Laat sny jou hare só dat jy dit by die huis ook kan ver-

sorg en droogmaak.Ek het ’n paar goue wenke vir dames:

Gebruik altyd ’n goeie sjampoe en opknapper.• Gebruik ten minste een keer ’n week ’n spesiale • harebehandeling.Laat sny kort hare elke vier tot ses weke en lang • hare elke ses tot agt weke sodat jy altyd stylvol en versorg lyk.

Jacoline:Ons is so besig in ons dag-tot-dag-bestaan dat ons

nooit stilsit om aandag aan ons hande en voete te gee nie. Het jy vir ons ’n paar maklike en werkbare wenke om ons hande en voete te versorg?Dit is baie belangrik om gereeld die velletjies wat om

jou naels groei, die kutikels, terug te druk. Dit is ook baie belangrik om ’n goeie kutikelroom of “solar oil” te gebruik. Dit bevogtig ’n mens se naels en keer dat dit nie so maklik breek nie. Vyl ook so ver moontlik jou naels sonder om dit te

knip. Wanneer ’n mens jou naels knip, veroorsaak dit baie klein krakies wat jou nael in die lengte laat breek. Gebruik altyd ’n onderlaag wanneer jy naellak aan

jou naels sit. Dit keer dat jou naels vlek, en jou naellak hou baie langer. Wees veral versigtig met rooi naelpo-litoer. Dit kan ’n mens se naels baie gou geel kleur. Wees altyd baie versigtig watter soort jel jy op jou

naels sit. Ek stel altyd Shellac voor want dit beskadig nie die natuurlike nael so erg soos baie ander produk-te op die mark nie. Dit is sinneloos om mooi naels te hê en wanneer jy die jel afhaal, is die natuurlike nael in ’n baie slegte toestand.Dit is altyd goed om so een keer ’n maand vir ’n

goeie pedikuur te gaan. Tussen jou pedikure is dit baie goed om jou voete so drie keer ’n week te skuur. Die geheim is egter dat jou voete heeltemal droog moet wees, en ek bedoel hééltemal droog. Beslis nie net nadat jy gebad het nie want dan is daar nog te veel vog in die vel. Gebruik dan die skuurders wat soos skuurpapier lyk. Die wit stof moet behoorlik waai terwyl jy skuur. Wanneer jy klaar is, smeer dadelik ’n goeie room aan jou voete. Die resultaat: Voete so sag soos bababoudjies.Moenie die skuurders gebruik wat soos ’n rasper lyk

nie. Puimstene wat ’n mens in die bad gebruik, maak ook nie regtig veel verskil nie.

Vertel ons ’n bietjie meer oor velsorg. Hoe voorkom ’n mens plooie, ensovoorts?Almal vra my altyd wat die beste is om te gebruik vir

hulle plooie. Die waarheid: ’n baie goeie sonskerm. Nie die soort wat jy by kettingwinkels kry nie, maar ’n goeie velsorgreeks se sonskerm. En asseblief, die son-skerm in jou room of onderlaag werk nie. Dit is ’n kon-sep wat van Europa af kom en ons son is heeltemal te erg vir dié konsep om te werk. Die son is seker een van die grootste redes hoekom ons te vroeg verouder. Dit is ook báie belangrik om ’n volledige velsorgroe-

tine tuis te volg. Met volledig bedoel ek die volgende: reiniger, saamtrekmiddel (“toner”), serum, vogroom, oogroom, skuurmiddel (“scrub”) en masker. ‘n Oog-room moet van 25-jarige ouderdom af gebruik word as jy wil hê jou vel moet mooi verouder. ‘n Skuurmid-del en masker moet ten minste twee keer ’n week gebruik word behalwe as jy ’n probleemvel het. Dan is dit baie belangrik om ’n gekwalifiseerde terapeut te raadpleeg oor wat om te doen wat die beste is vir jou vel. Goeie velsorg is duur want die produkte wat ons op

die rakke koop, of by die tannie in die dorp, het nie die aktiewe bestanddele in wat die produkte het wat jy by ’n salon koop nie. En dis juis die aktiewe bestand-dele wat vir jou die resultate gee wat jy graag wil hê. Dit is dus maar ’n persoonlike besluit of jy in jou vel belê of nie.

Watter rol speel grimering in ’n mens se daaglikse skoonheidsroetine?Grimering is vir enige vrou baie belangrik, maar dit

moet op so ’n manier gedoen word dat dit jou goeie gelaatstrekke beklemtoon en nie jou hele gesig oorn-eem nie. Sekere kleure grimering laat byvoorbeeld sekere kleure oë baie uitstaan. Hoe ouer ’n mens word, hoe meer subtiel moet jou grimering wees. Dit is ook baie belangrik dat jou grimering by jou ouderdom moet pas. As jy nie seker is nie, gaan na ’n professio-nele grimeerkunstenaar toe met wie jy gemaklik voel en volg ’n grimeerkursus. ’n Mens leer so baie van die fynere detail van grimering. Die kort en die lank van die saak is: Elke vrou verdien

om mooi te lyk en goed te voel oor haarself. En as mens vroeg begin, en met die regte inligting toegerus is, kan jy baie grasieus en natuurlik oud word sonder om die “plastiese pad” te volg. Ek glo dat die basiese nog steeds en altyd die manier sal bly om jou vel en liggaam goed te laat verouder. Wie wil in elk geval twintig lyk op sestig?

Vertel ons van Anelie se grimering?In Anelie se geval het ek ‘n vloeibare onderlaag ge-

bruik sodat dit nie haar vel uitdroog nie. Gekompak-teerde onderlae is geneig om dit te doen. Ek het bruin grimering gebruik om haar blou oë uit te bring. Op die ooggedeelte self het ek twee skakerings gebruik – die donkerder een net op die buitehoeke van haar oog, sodat dit haar oog groter laat vertoon. Anelie dra altyd ‘n helder rooi lipstiffie, maar ek het daarteen besluit want in die dag kan dit baie gou hard lyk – veral by iemand wat al bietjie ouer is.

54

verstom, verras, vermaak én bekoor nuwe inwonerReitz

Een gelukkige dame/man kan so ‘n sessie wen! Vertel net in 100 woorde hoekom jy dink jy moet dit wen, en e-pos dit na [email protected]

Wanneer laas was jy bederf? Bederf met iets wat jy jouself nooit gun nie. En by dit alles was dit ’n verrassing, iets wat ek glad nie kon droom met my kon gebeur nie. Een oggend by die kantoor stap Hannelie in en sê dat ek kan gaan vir ’n hele “makeover”. Van my kop tot my

tone.So stap ek by Nuveau in Bethlehem in. Ek word vriendelik ontvang, mates word geneem vir ’n rok, tye word

geskeduleer vir my voete, ’n massering, ’n “facial”, ’n nuwe haarstyl en ’n grimeersessie.En toe breek die dag aan. Nou verstaan ek hoekom vrouens so maklik praat as hulle by die haarkapper of die

manikuris is! Daar word sag met jou gewerk, sag gepraat, al jou probleme word sommer so met die massering saam uitgevryf. My voete was so mooi, ek wou sommer die hele dag op my hande loop; die massering was wonderlik, maar die beste van alles was die “facial”! Jacoline het die sagste, sagste hande! Hildé is ’n jong, moderne meisie met aansteeklike energie. My hare het strepies gekry met ’n nuwe korter haar-

styl. Ek voel sommer jare jonger. Die grimering was laaste, en toe bly net die rok oor wat Christelle ontwerp en gemaak het. Ek wil vir almal by Nuveau baie, baie dankie sê vir ‘n wonderlike ondervinding, vir al die bederf en die profes-

sionaliteit wat hulle deurgaans aan die dag gelê het. Ek kan al drie van hulle met graagte aanbeveel. Gaan bederf jouself!

Baie dankie, ek voel soos ’n nuwe mens!

voor na

55

Dis vreeslik terapeuties om dagboek te hou van al jou

gevoelens – vra maar vir enige sielkundige. Meeste mense sê hulle het nie tyd nie, of jy begin en hou op (want jy het net nie tyd nie), of jy is ‘n man. Mans hou nie dag-boeke nie; mans práát nie eens oor hulle gevoelens nie. Punt.Vandat ek 6 maande gelede hier in Reitz aangekom het, hou ek so nou en dan dagboek (ja, ek’s net so skuldig) van humoristiese dinge wat sou gebeur het of dalk net iets interessants wat ek opgemerk het, of sommer net van enige iets wat totaal en al anders hier in die Vrystaat is, of taboe is, of aanvaar-baar is, as waaraan ek gewoond is in my 31 jaar hier op aarde.Ek moet bieg dat ek bewustelik besluit het om sodra ons ons tuisdorp se “You’re now leaving”-bordjie sou sien verbyskiet, sou begin toeris speel. Watse skade sou dit tog doen? Negentien uur se ry met ons Hyundai, twee kinders in die motor, kat en haas deur vee-arts gedokter vir die langpad en hamsters veilig in hul hok, op pad Vrystaat toe...Net een ding: Ek was nog nooit in die Vrystaat nie. Vakansies was naweke in Jeffreysbaai, lang vakansies was George, Knysna, Plettenbergbaai, Kaapstad. Nog nooit die Vrystaat nie.Die enigste belangrike redes waarom ons hiernatoe getrek het

was: VKB en Grainfield Chickens (in ons tuisdorp en omliggende ge-biede was werkskaarste die norm). VKB en Grainfield Chickens het vir ons albei die kans gegee om ons vaardighede te bewys en vergoed ons vir dít wat ons kan doen en bied, dit wil sê ons kennis en vaar-dighede. Pluspunte van die skuif: Ons kon nog nooit medies bekostig nie, so ons knieë was rou gekniel snags in smeekgebede dat ons kinders beskerm word en nie noodhulp sou nodig hê nie. Ons het ook in hierdie tyd uiteindelik ‘n testament en le-wenspolisse gefinaliseer! Barabiem, ons kan slaap snags!Nou kom die interessante dele: Wat het ek (onthou hierdie is net my siening, slegs ék het dit so beleef, geen replika van enige ander deel van die land of enige ander deel se mense is hierin na-gemaak vir die doel om humor te verleen aan my skrywe nie…) die eerste 72 dae in Reitz, Vrystaat beleef? Ek sal dit kategoriseer in dele, naamlik skokkend, vreemd, humoristies, verstommend en be-kend.

Skokkend: Elke liewe winkel wat iets verkoop wat ek juis nodig het, is tydens my etenstyd toe. En ALMAL het etenstyd tussen een en twee smiddags. O ja, behalwe Spar. Maar dan is Spar só vol van mense wat op ete is dat jy nie kans kry om dít wat jy gekoop het, te eet nie!

Vreemd: Orals waar jy ry, waai vreemdelinge vir jou. Jy kan net sowel jou hand in die lug hou ter-wyl jy bestuur. Waar ons vandaan kom, loop almal koponderstebo in die hoop dat jy hulle nié raaksien nie. Waarom? Geen logiese ver-duideliking vir daai ene.

Humoristies: Ek het ‘n foto geneem van ‘n plakkaat aan die agterkant van ‘n publieke toilet (baie netjiese plekkie) wat so ’n stukkie humor (vir my altans) bevat. Aan die einde van die hele verskriklike verduideliking van reëls

oor die gebruike van die bad-kamer, vind ek dié juweeltjie: “Slegs opgevoede persone mag hierdie badkamer gebruik.” (Ek ken sekere óú mans wat nog nie opgevoed genoeg is om ‘n toilet te kan gebruik nie, hoor!) So, wat is opgevoed. Dit het my laat lag. Dankie, Reitz. Verstommend: Almal in Reitz ken mekaar, is familie van mekaar, het gehoor van mekaar of het al besigheid gedoen met mekaar. Almal ken almal se geskiedenis. Verstommend! Daar waar ons vandaan kom, herken ek na 31 jaar nog steeds nie sommige van die mense in die kerk nie!

Bekend: Ai, dis die hartseerste deel. Daar is nog steeds ’n paar van die Reitzers wat – seker nes die res van die land en die wêreld seker – maar net nie glo in die “een hand was die ander hand nie”. In die tyd wat ek hier bly, het ek al talle mense gesien en gehoor wat skuldig is aan absolute selfsugtig-heid. My oorlede ma het altyd vir my sussie gesê (een van hulle; ons is elf kinders) dat jyaltyd moet gee en gee en gee en méér gee – soveel as wat jy kan – en gunste moet doen aan soveel mense wat jy kan, en dan net ver-geet daarvan. Maak nie saak of jy van Reitz, die Kaap of oorsee kom nie, die beginsel bly dieselfde: Gee en doen vir en aan ander wat jy aan jouself sou gedoen wou hê. Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

Punt. End of Story. Finito. Klaar.

.

verstom, verras, vermaak én bekoor nuwe inwoner

Ek was nog nooit in die

Vrystaat nie.

“ “Reitz

Baie dankie, ek voel soos ’n nuwe mens!

Anoniem

56

nuus nuusBande word op die gholfbaan versterkMenige transaksies is al op ’n gholfbaan beklink. Baie sakebesluite is al so op die setperk geneem. Onlangs is bande tussen NTK, verskaffers en klante versterk op die pragtige gholfbaan by Mokopane/Potgietersrus.Dit was ʼn heerlike somersdag in Oktober toe boere van regoor NTK se be-dieningsgebied kom deelneem het aan die jaarlikse NTK-gholfdag – en ’n ieder en ’n elk het dit vreeslik geniet!NTK se verskaffers het weereens hul deel gedoen met die borg van putjies, pryse en klerasie. Dit is verskaffers wat waarlik die ekstra myl stap saam met NTK en vir wie besigheid met die boer baie belangrik is. En die wenner van die dag was … NTK!

Tomburke spog met ’n nuwe baadjieOngelooflik! Dis die enigste manier hoe mens die verbetering op Tomburke kan beskryf. ’n Mens kan kwalik glo dat dit dieselfde winkel is wat boere van die omgewing ’n paar maande gelede bedien het. Dieselfde puik diens kan ’n mens steeds vind op Tomburke met Nicolina stewig in die saal. Boere van die omgewing en ook Botswana word hartlik genooi om die verskil eerstehands te kom ervaar.Tussen-i-Berg kraai NTK Vivo koning

Die jaarlikse Tussen-i-Berge Bonsmara-produksieveiling was weereens ’n groot sukses met goeie pryse wat behaal is en goeie belangstelling vanuit die omgewing en veel verder. Nodeloos om te sê was Mariette Muller, tak-bestuurder van Vivo en haar span, betrokke by die dag.Mariette is ondersteun deur die volgende verskaffers: Virbac, Voermol, Cipla, Driehoek Voere en MSD. Haar personeel het oudergewoonte hul volle samewerking gegee.Die boere bewys hul dankbaarheid teenoor NTK Vivo deur hul ondersteu-ning. Op Vivo trek NTK en die boere saam en die resultate van die tak is ʼn duidelike bewys daarvan.En volgende jaar maak ons weer so!

Opleiding vir personeelNTK plaas ’n hoë premie op die opleiding van personeel. Slegs deur ge-noegsame kennis van ’n produk kan dit met vertroue bemark word.NTK se verskaffers doen moeite om aan personeel die nodige opleiding te verskaf want hulle besef ook die waarde van produkkennis.NTK-takbestuurders en ander personeel het onlangs opleiding van Saltcor en Efekto ontvang waarby hulle baie gebaat het. Clifford Retief het die opleiding namens Saltcor behartig terwyl Jan Swanepoel en Ian Simon Efekto-opleiding gegee het.

Verteenwoordigers besoek Molate se fabriekVerteenwoordigers van handelstakke wat groot besigheid met Molatek doen, was onlangs op fabrieksbesoek waar hulle die suikerfabriek sowel as die voeraanleg besoek het. Dit was baie interessant om te sien hoe alles inmekaar steek.’n Berg grondstowwe word verwerk tot die finale produk. Dit word alles onder higiëniese toestande gedoen met indrukwekkende masjinerie en hoogs opgeleide personeel. As jy met die eindproduk werk, verloor mens soms uit die oog wat alles moet gebeur om suiker of dan voer in die sak te kry. Dit gee ’n beter begrip van die kostes verbonde aan die vervaardiging van die produk sodat ’n mens die eindprys kan verdedig.’n Beplanningsessie is ook gehou waartydens veevoervragte vir 2013 be-plan is. Dit is noodsaaklik om beplanning voortydig te doen sodat genoeg voere vir die boere op die regte tyd beskikbaar sal wees.

Francois, Ruan, Christoff, Chris, Manie, Annelize, Johnny, Sonje, Hannetjie, Louw, Fanie en Estelle

Kobus Heystek en Joe Perreira van Nylstroom geniet ʼn grappie

Ou vriende: Manie Nel, Louw Schmidt, Tienie Ras en Tiny Fourie

Die winkel lyk pragtig!

Saam met boere wat diere voorsien het

NTK-personeel gereed vir opleiding

57

nuusVivo Boerebemarkingsdag ’n wegholsukses

Die Boerebemarkingsdag wat jaarliks op Vivo gehou word, is die hoogtepunt op almal se kalender. Dit is meer as net ’n geleentheid om sosiaal te verkeer of om inligting in te win. Hierdie dag is die groot fonds-insamelingsprojek van die plaaslike skool en die hele gemeenskap onder-steun dit met oorgawe.NTK Vivo speel ’n kardinale rol in die sukses van die dag. As hoofborg van die dag kry NTK baie blootstelling maar wys ook sy goeie gesindheid aan die gemeenskap. NTK word bemark, maar NTK ploeg ook terug in die ge-meenskap.Die dag word gehou by Botsé Safari’s, op die plaas van Anton Bothma. Dit is ’n ideale venue om die dag aan te bied met ’n mini-gholfbaan, genoeg uitstalruimte vir NTK se verskaffers en plek vir toutrek en sosiaal verkeer. Niemand in die Vivo-omgewing mis hierdie geleentheid nie!Die Boerebemarkingsdag is dié geleentheid in Vivo – vir die skool, die boere en vir NTK!Tzaneen bied geslaagde ekspo aanSedert die eerste dag wat Frikkie van Vuuren by NTK Tzaneen aangekom het, was dit duidelik: hierdie man laat nie gras onder sy voete groei nie. Hy gebruik elke geleentheid om NTK te bemark en om bande te versterk.’n Ekspo is onlangs by die tak gehou om mense na die winkel te lok en om bestaande klante die geleentheid te bied om eerstehandse kennis van verskaffers te bekom.Baie verskaffers het aan die dag deelgeneem en die dag kan as ’n groot sukses bestempel word. Klante het groot waardering vir die moeite wat Frik-kie en sy span doen om uitstekende diens aan hulle te lewer.

Tolwe verwelkom nuwe takbestuurderDie huidige en die vorige. Paul Naude tree af en Elize Pretorius neem die leisels oor.Ontmoet interne ouditeur, Joyce van NiekerkJoyce van Niekerk is onlangs as interne ouditeur van NTK aangestel. Sy vorm dan deel van die span wat voorheen bestaan het uit Hannes van Rensburg en Frits Brand. Joyce kom met die nodige akademiese kennis sowel as ondervinding.

Tot siens aan Pierre JacobsPierre Jacobs, bestuurder van NTK se Nywerhede-afdeling, verlaat NTK. Pierre het sy loopbaan by NTK begin, diens onderbreek en op 8 Mei 2006 teruggekeer as bestuurder: Nywerhede.In die ses en ’n half jaar wat hy die pos beklee het, het hy die afdeling tot nuwe hoogtes gelei. Die meule se verlies is binne ’n jaar omgekeer tot wins en vandag is die Meelhandel die grootste bydraer tot NTK se wins. Gewis ’n ongelooflike prestasie.Maar Pierre sal altyd beskeie daaroor wees. Vra ’n mens hom uit oor hierdie sukses, skryf hy dit toe aan konstante produkkwaliteit. Hy het nooit ver-menging geduld nie en so is verbruikersvertroue geskep en ’n puik handels-naam gevestig.Tydens sy afskeidsgeselligheid het Tienie Ras verwys na Pierre se positiewe gesindheid – en dit is waarskynlik waaraan sy sukses toegeskryf kan word. Pierre se positiwiteit is aansteeklik. John Sitole het namens die personeel van Pierre afskeid geneem. Hy het gesê die meule verloor ’n goeie mens en dat die mense gaan huil oor hom. Hy het gesê Pierre het werklik omgegee vir die mense en hy het Pierre daar-voor bedank.NTK groet Pierre Jacobs en wens hom en sy gesin alles van die beste toe.

Die winkel lyk pragtig!

NTK-personeel gereed vir opleiding

Gelukkige pryswenners saam met Mariëtte

’n Skaapkaal op uitstalling

Elize Pretorius

Joyce van Niekerk

Pierre Jacobs, John Sithole en Tienie Ras

58

deur Tienie RasDie huidige finansiële jaar stuur soos sake nou staan op ‘n hoogtepunt af. Vir die eerste sewe maande het

die maatskappy reeds meer as dubbel die begrote en vorige jaar netto winste vir dieselfde tydperk behaal. Dit is die resultaat van die fokus die afgelope vier jaar om die kernbesigheid van die maatskappy op ‘n ef-fektiewe grondslag te bedryf. Die strategie om die maatskappy se markaandeel onder kommersiële boere te verhoog het ook begin

vrugte afwerp. Die jaar op jaar groei is baie bevredigend, en die feit dat NTK lede reeds sedert die vorige finansiële jaar omsetkortings begin ontvang het, sal verdere stukrag aan die groei in hierdie marksegment vir 2013 verleen. Daar bestaan ook ander groei en uitbreidingsgeleenthede wat in die nuwe jaar ontgin kan word waaronder die verkope van Grainfield Chickens se produkte. Vanweë die maatskappy se gunstige finansiële posisie word agterstand in die instandhouding en verbe-

tering van die bates deurlopend aangespreek wat ook tot verbeterde bedryfsvoering en laer risiko lei. Die maatskappy se hoofkantoor skuif in 2013 na die Landbank-gebou in Modimolle (Nylstroom) wat, benewens die finansiële voordeel daaraan verbonde, ook die korporatiewe beeld en samehorigheid van personeel sal bevorder.Die herstrukturering van NTK behoort in 2013 afgehandel te word. NTK sal dan ‘n volfiliaal van VKB word

wat die finale stap sal wees van wat ‘n uiters gunstige transaksie vir beide maatskappye was. Die aandeel-houers gaan die toekoms tegemoet as lede van ‘n groter, meer gediversifiseerde groep van maatskappye waarvan die voordele reeds sigbaar is.

IN 2013

NTK hoofkantoor verhuis vanaf 1 Februarie

Nuwe adres & telefoonnommer:

Landbankgebou Kerkstraat 90

Nylstroom / ModimolleTel. 014 7199 211

Kom besoek ons gerus daar!

59

Langdienstoekennings

20j 20j

20j

20j

20j

20j

25j 25j 25j 25j

25j25j

25j

25j 25j

25j 25j25j

25j25j

30j 30j

30j

30j 30j

35j 35j

35j

35jTom Tsotetsi Thomas Moloi Stanner MoloiSolomon Gamede Simon Nkala

Schadrack MashininiSarah SebiloaneSamuel Mosia Sameul MalingaPiekanien MotsoengPetrus Mofokeng

MP Mokoena Moses Tshabalala Lucas QhamakoaneJoyce SibekoJoseph TshabalalaJoseph Mokoena

Josaih Mokoena John Mokoena Johannes MabuyaJeremia LetaoanaGladys MasanganeElizabeth Mnone

Eliot NhlapoDavid Motaung April Mokoena Andre BenadeAdam MtembuAbkan Maseko

60

nuusMeganisasie brei uit om diens aan kliënte te verbeter

VakleerlingeDie afhanklikheid wat die landbou van die natuur het, veroorsaak dat staantye van toerusting ’n baie groot

rol speel. Met dit in gedagte het ons besluit om die instandhoudingsbeen van Meganisasie uit te brei. Daar is vyf vakleerlinge aangestel in Meganisasie wat voortaan werksaam sal wees by Vrede, Villiers en Warden.

KeuringKandidate moes die nodige skoolkwalifikasies met gepaste uitslae en agtergrond hê om gekies te geword

het vir die kortlys. Met die onderhoude is die kortlys van kandidate gesif volgens hul persoonlikhede , tegniese agtergrond, kennis van basiese landboutoerusting en agtergrond rakende rekenaarvaardigheid vir die hoë tegnologie wat sal verseker dat hulle vaardigheid sal kan aanleer om wel aan die hoë vereistes te kan voldoen wat gestel word met die nuwe hoëtegnologieprodukte in die landboubedryf. Hul opleiding strek oor ’n tydperk van drie jaar waar hulle praktiese sowel as teoretiese opleiding sal ondergaan.

Warden-werkswinkel weer in volle swangWillem Meyer is aangestel op Warden as werktuigkundige en kan gerus gekontak word vir herstelwerk aan alle

landbouprodukte. Hy het ook ’n goeie kennis van vragmotors en sleepwaens.Ons verwelkom Willem Meyer, Willem Botes, Hennie Meyer, Andrew Conlon, Machiel Heyns en Ruan Meyer by

ons wenspan.

Die span werktuigkundiges by die verskillende takke is:Villiers Dawid Blom 072 246 1942Louis Brits 072 531 4290Reitz Gallie van der Berg 082 787 4563Danie Terblanche 082 878 6634Cf Engelbrecht 083 415 1555Petrus steyn Thys Labuschagne 072 149 6992Max van der Berg 083 557 2187Hannes Viljoen 082 057 3920Frankfort Gerhard de Waal 083 630 8434Ettiene de Waal 071 354 2833Vrede Koos de Waal 082 369 3040NJ Geldenhuys 072 767 1014Warden Willem Meyer 072 647 1074

VKB Soccer Tournament – another huge success

Dating for four excellent years now, VKB Soccer tournament was established as an initiative to make a unique and essential contribution to all youth and communities in general where VKB has business presence.VKB Agric Ltd saw its interest in community development come full circle in a form of sports. As

has been a norm, VKB solely and proudly sponsored a massive 2012 soccer tournament which continues to make history in local football fraternity. This season again, we sponsored the 2012 VKB Soccer tournament which was hosted in Reitz

on the 15th December 2012. This historic event made way for 36 soccer teams from 11 towns of Nketoana Local Municipality, Mafube Local Municipality and Phumelela Local Municipality. We partnered with three local football associations and forged a successful kick-off. Young

talent showcased in football was remarkable as we witnessed young players fiercely competing for glory against each other. VKB is indeed very proud to announce that Juventus FC from Phumelela Local Football Asso-

ciation in Vrede stole the show at Piet Geyer Park as they mercilessly shut out Peacemakers FC from Nketoana Football Association from Reitz with a final blow of 3-2. A big thank you to all Local Football Associations that worked together to organise the event

until the final whistle. We therefore emphasise that the commitment to social participation and development remains a priority and a meaningful contribution only cements the enduring rela-tionship with our various communities.

61

Kom saam met Die Pad Saam op ’n onvergeetlike 4x4-avontuur deur Sentraal-Botswana, die asemrowende Makgadigadi-panne, die pragtige groen Okavango-delta, die Caprivistrook in Namibië, Chobe en die verstommende Victoria-waterval in Zimbabwe!

Die toer strek oor 11 dae en 10 nagte. Almal bestuur self, maar gidse neem die leiding. Die program vir die paar dae is propvol! Drie bootritte, ’n wildbesigtigingsrit in Chobe en alle ander park-fooie is ingesluit by die prys.

Bhejane bied spesiale toere vir Die Pad Saam lesers

Soggens vroeg verlaat die groep die kamp saam met die toer-gidse terwyl die res van die span kamp afbreek. Hierdie span sal dan seker maak dat die tente, wat deur Bhejane verskaf word, klaar staangemaak is en die uiters kundige boskokke reeds agter die kospotte besig sal wees met aandete wanneer die gaste terugkeer. Aandete is slegs een van die drie maaltye wat elkedag voorgesit word.

Dié toer vind plaas van 22 Junie tot 2 Julie 2013. (Ander datums ook beskikbaar)Koste: R9 850 per persoon (50% vir kinders onder 10)(Slegs 20 persone) Vir enige navrae kontak Dennis by 044 535 9257, of stuur ’n e-pos na [email protected] of besoek www.bhejane.com.