8
Die Vriende van Afrikaans (VVA) in samewerking met die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) het onlangs lees in die omgewing van George bevorder. Volgens Chareldine van der Merwe, projekbestuurder van die VVA, is agt boektrommels vir skole in die omgewing geskenk en ’n verdere tien addisionele assistente vir die Doen-en-Leerprogram opgelei. Hierdie skenkings is moontlik gemaak deur die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON). Tydens hierdie geleentheid het die uitvoerende hoof van die AON, Daan Potgieter, die opvoeders toegespreek en oor die AON se werksaamhede ingelig. Wyle dr. Rose Botha, wat 60 jaar se ondervinding in die onderwys gehad het, het die Doen-en-Leerprogram ontwikkel. Dokka Swart sit nou hierdie werk voort. Dit is ’n aanvangs-en-intervensieleesprogram wat aan enige ongeletterde persoon genoeg selfvertroue gee om te kan lees. Klank-, lees-, skryf- en terapeutiese oefeninge is deel van die les. “Ons het in Januarie 100 leesondersteuners opgelei en sien daarna uit om nog opvoeders op te lei wat die Nuusbrief van die Vriende van Afrikaans Jaargang 24: Nommer 5: Desember 2019 Boektrommels vir gemeenskappe om nood te verlig Hier is Chareldine (VVA) en Karien (ATKV) saam met Daan Potgieter (AON) wat die boektrommels geskenk het en die mense wat die voorleeswerks- winkel bygewoon het. agterstand onder ons kinders wat lees betref uit te wis,” sê sy. Sy sê daar is reeds sedert die vorige opleidingskursus goeie vordering gemaak. “Die impak op die leerders is ongelooflik. Hulle raak gemotiveerd en ontwikkel selfvertroue wanneer iemand hulle leer lees. Ewe skielik gaan die wêreld van leer vir hulle oop en hul horisonne word verbreed.” Chareldine en haar span het vir 30 opvoeders in die George-omgewing ’n voorleeswerkswinkel aan- gebied. “Dit is vir ons belangrik om ’n kultuur van voorlees in elke klaskamer en huishouding te kweek. Dit is die enigste manier hoe ons kinders gaan kry om lief te word vir lees en boeke.” sê sy. “Dit is vir ons wonderlik om so aktief betrokke te wees. Ons is baie dankbaar vir die fondse en ondersteuning wat ons ontvang.”

Nuusbrief van die Vriende van Afrikaans · 2019. 12. 13. · Dokka Swart van die Doen-en-Leerprogram lei fasiliteerders op om kinders en volwassenes in veral landelike gebiede te

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Nuusbrief van die Vriende van Afrikaans · 2019. 12. 13. · Dokka Swart van die Doen-en-Leerprogram lei fasiliteerders op om kinders en volwassenes in veral landelike gebiede te

Die Vriende van Afrikaans (VVA) in samewerking met die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) het onlangs lees in die omgewing van George bevorder.

Volgens Chareldine van der Merwe, projekbestuurder van die VVA, is agt boektrommels vir skole in die omgewing geskenk en ’n verdere tien addisionele assistente vir die Doen-en-Leerprogram opgelei. Hierdie skenkings is moontlik gemaak deur die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON). Tydens hierdie geleentheid het die uitvoerende hoof van die AON, Daan Potgieter, die opvoeders toegespreek en oor die AON se werksaamhede ingelig.

Wyle dr. Rose Botha, wat 60 jaar se ondervinding in die onderwys gehad het, het die Doen-en-Leerprogram ontwikkel. Dokka Swart sit nou hierdie werk voort.

Dit is ’n aanvangs-en-intervensieleesprogram wat aan enige ongeletterde persoon genoeg selfvertroue gee om te kan lees. Klank-, lees-, skryf- en terapeutiese oefeninge is deel van die les.

“Ons het in Januarie 100 leesondersteuners opgelei en sien daarna uit om nog opvoeders op te lei wat die

Nuusbrief van die Vriende van Afrikaans

Jaargang 24: Nommer 5: Desember 2019

Boektrommels vir gemeenskappe om nood te verlig

Hier is Chareldine (VVA) en Karien (ATKV) saam met Daan Potgieter (AON) wat die boektrommels geskenk het en die mense wat die voorleeswerks-winkel bygewoon het.

agterstand onder ons kinders wat lees betref uit te wis,” sê sy.

Sy sê daar is reeds sedert die vorige opleidingskursus goeie vordering gemaak.

“Die impak op die leerders is ongelooflik. Hulle raak gemotiveerd en ontwikkel selfvertroue wanneer iemand hulle leer lees. Ewe skielik gaan die wêreld van leer vir hulle oop en hul horisonne word verbreed.”

Chareldine en haar span het vir 30 opvoeders in die George-omgewing ’n voorleeswerkswinkel aan-gebied. “Dit is vir ons belangrik om ’n kultuur van voorlees in elke klaskamer en huishouding te kweek. Dit is die enigste manier hoe ons kinders gaan kry om lief te word vir lees en boeke.” sê sy.

“Dit is vir ons wonderlik om so aktief betrokke te wees. Ons is baie dankbaar vir die fondse en ondersteuning wat ons ontvang.”

Page 2: Nuusbrief van die Vriende van Afrikaans · 2019. 12. 13. · Dokka Swart van die Doen-en-Leerprogram lei fasiliteerders op om kinders en volwassenes in veral landelike gebiede te

Bladsy 2Desember 2019

VVA en ATKV-tak help gemeenskap leesIn die omgewing van die Suid-Kaap en Sentraal-Karoo is daar honderde kinders en selfs volwassenes wat nie die wonder van lees ken nie. Mense wat nog nooit meegevoer is deur die wêreld wat in boeke opgesluit lê nie.

Die Vriende van Afrikaans (VVA) en die ATKV-tak Sommer net Ons in George het onlangs opleiding aan vrywilligers gegee sodat hulle ander kan help om te leer lees.

“Dié volwassenes het die Doen-en-Leerprogram wat die VVA aanbied, bygewoon,” vertel Chareldine van der Merwe van die VVA.

“Ons het verlede jaar ‘n demonstrasie van die Doen-en-Leer-leesprogram aangebied. Op grond van terugvoering het ons toe besluit om van die ouers op te lei sodat hulle ander ouers en kinders kan leer om te lees.”

Dié program is deur die oudonderwyser wyle dr. Rose Botha ontwikkel en word tans met die ondersteuning van die VVA geïmplementeer.

Dokka Swart van die Doen-en-Leerprogram lei fasiliteerders op om kinders en volwassenes in veral landelike gebiede te help met lees.

“Ons het verlede jaar saam met die ATKV-tak Sommer net Ons drie boektrommels in die gemeenskap geskenk en gaan werksboeke en ook die pakkette vir die opleidingskursus aan die gemeenskap oorhandig,” sê Chareldine.

ATKV-tak Sommer net Ons woeker self ook met verskeie leesprojekte in die gemeenskap.

“Met die ondersteuning van die VVA vorder ons leesprojek baie goed en beoog ons om al die skole in ons omgewing by dié projek te betrek,” sê Beverley McKelly, takvoorsitter.

“Ons het besef daar is ’n agterstand in ons gemeenskap wat leesvaardighede betref en deur ons leesmarathon en ander leesprojek wil ons weer die liefde vir lees onder kinders en grootmense kweek,” sê sy.

Dokka Swart besig met ‘n demonstrasie tydens die opleiding.

Page 3: Nuusbrief van die Vriende van Afrikaans · 2019. 12. 13. · Dokka Swart van die Doen-en-Leerprogram lei fasiliteerders op om kinders en volwassenes in veral landelike gebiede te

Melvin Tobias en Magon Mouton (ATKV-Streeks-bestuurders) het vir Mandie Ehlers (ATKV en VVA) genooi om op Saterdag 12 Oktober ’n voorlees-werkswinkel aan te bied vir hulle ATKV-takke.

Die saal was behoorlik vol en dit het die VVA baie beïndruk om soveel pappas ook daar te sien. Tydens hierdie werkswinkel het Mandie wenke gedeel oor hoe om vir kinders voor te lees en ook watter boeke geskik is om voor te lees. Daar is ook statistieke gedeel. Die mense het interaktief deelgeneem en was baie opgewonde oor die Doen-en-Leer-program, waarvan Mandie ’n demonstrasie gedoen het.

Wat ’n wonderlike geleentheid. Ons sien uit om in die toekoms nog meer dinge saam aan te pak.

Voorleeswerkswinkel12 Oktober

Glenda Mnqwwazi ontvang ‘n eretoekenning vanaf die DAK Netwerk vir haar vir haar lewensbydrae tot taalvaardigheid in Kayamandi. Glenda werk vir die laaste 3 jaar met die kinders met die Doen-en-Leer-leesprogram.

Abokwe Khanti, leerder in Rietenbosch, ontvang ‘n prys vir Oorheersende Top 3 in Graad 5. Hy ontvang 2de plek. Abokwe was ook by die program betrokke in Kayamandi.

Die VVA het onlangs in samewerking met WOW en die ATR werkwinkels oor die waarde van lees by skole in Cloetesville en Delft aangebied.

Bladsy 3Desember 2019

Geseënde Kersfees

ONS WENS VIR JULLE VAN HARTE ‘N

EN ‘N WONDERLIKE NUWE JAAR!

Page 4: Nuusbrief van die Vriende van Afrikaans · 2019. 12. 13. · Dokka Swart van die Doen-en-Leerprogram lei fasiliteerders op om kinders en volwassenes in veral landelike gebiede te

Bladsy 4

Deur Miemie Du Preez, PediaterUniversiteit van Stellenbosch Tygerberg Hospitaal

‘n Lewe vol liefde, lekker lag, boeke en woorde is net so belangrik vir ons kinders se toekoms soos borsvoeding, inenting en toegang tot gesondheidsdienste. Ons kan eenvoudig nie daarsonder klaarkom nie.

Die eerste 1000 dae van ’n kind se lewe (vanaf swangerskap tot hul 2-jarige verjaarsdag) het ’n geweldige impak op ’n kind se kapisiteit om te groei, leer en te floreer – asook op ’n land se groei en welvaard. Die Volhoubaarheidsdoelwitte van 2030 het ook ten doel om kinders nie net te laat oorleef nie, maar ook te laat floreer. Indien ons egter na ons onderwysuitkomste kyk – byna 80% van kinders wat nie kan lees vir betekenis in graad 4 nie - is dit duidelik dat ons kinders ’n agterstand het in vergelyking met ander kinders in beide ontwikkelde en ontluikende lande.

Blootstelling aan boeke is baie belangrik vir jong kinders se skoolgereedheid, maar 51% huishoudings met Graad R leerders in Suid-Afrika het nie eens ’n enkele boek tuis nie.

As kinderdokter glo ek dat mediese personeel ’n verantwoordelikheid het om op te tree as beskermers (en die stem) van kwesbare kinders.

Projekte wat kinderboekverspreiding en gesondheid verbind het aanvanklik in Amerika begin met die ROAR (Reach out and Read) projek. Dokters en ander verpleegpersoneel gee ’n prentjieboek aan jong kinders (vanaf geboorte) en moedig ouers aan om vir hulle kinders te lees. Die projek teiken kinders in minderbevoorregte gemeenskappe en navorsing toon dat ouers die interaksie geniet, en dat kinders se woordeskap en skoolgereedheid merkwaardig verbeter het.

Deur ouers van boeke en inligting te voorsien kan mediese personeel in Suid-Afrika ’n belangrike rol speel in die aanmoediging en bevordering van geletterdheid

Die TYGER ROAR (Tygerberg Reach out and Read Projek) bestaan sedert 2015. Die doel van die Baba Boek Projek is om interaksie tussen ouers en kinders te koester en blootstelling aan boeke te ondersteun. Dit is veral gemik op die baba en jong kinders. Dokters, mediese studente en verpleegsters werksaam by Tygerberg is aktief betrokke by die uitdeel van die boeke.

Die projek behels tans die volgende

1. Alle swanger mammas ontvang ’n rympieboek in hulle moedertaal op 36 weke swangerskap. Die verpleegpersoneel by die voorgeboortekliniek deel die boekies uit en vertel die mammas dat hulle babas reeds kan hoor en hulle taal aanleer. Babas hou so baie van hulle mammas se stemme soos wat mammas van sjokolade hou.

2. Alle kinders gesien as buitepasiente, of opgeneem in die sale ontvang ’n rympieboek. Voor in die rympieboek is ’n Voorskrif om te lees asook ’n verwysing na die biblioteek en leeswenke vir die ouers.

3. Daar is ’n beperkte hoeveelheid vrywilligers wat wagkamers bedien. Hulle voorsien die wagtende ouers van prentjieboeke uit boektrollies en vertel hoe lekker dit is om te lees. Mediese studente neem ook die boektrollies na die kindersale weekliks.

Die nasionale biblioteek ondersteun die projek, en ek ontvang van tyd tot tyd gebruikte boeke van hulle.

Ek is oortuig daarvan dat om gesondheid met geletterdheid te verbind oneindige potensiaal het om ons onderwysuitkomste te verander. Die advies dat ouers vir hulle kinders moet boeke koop en lees indien hulle dit nie kan bekostig is onvanpas. Ouers lees ook meer geredelik indien die dokter en verpreegpersoneel so adviseer.

My mening is dat Universiteits-gekoppelde hospitale ’n groot rol behoort te speel om geletterdheid en skoolgereedheid in Suid-Afrika te ondersteun. Hierdie is ’n projek wat help om verveeldheid uit hospitalisasie te neem, kinders geniet die boeke en boeklees ondersteun ouer en kind interaksie. Tans is ons die enigste hospitaal met ’n leesprojek. Die rympieboekies is ook uniek en is spesifiek vir die

Die Bababoek-projek

Desember 2019

Prof Mariana Jruger, dr. Vernita Beukes (US Taalsentrum), Chareldine van der Merwe (VVA), dr. Miemie du Preez, dr Granville Marinus en Salome Engelbrecht almal van Tygerberg Hospitaal.

Page 5: Nuusbrief van die Vriende van Afrikaans · 2019. 12. 13. · Dokka Swart van die Doen-en-Leerprogram lei fasiliteerders op om kinders en volwassenes in veral landelike gebiede te

Bladsy 5Desember 2019

projek ontwikkel sodat ons boeke in die tale van ons gemeenskap kan voorsien(isiXhosa, Kaaps, Afrikaans en Engels) Die rympieboeke het op die voorste bladsy ’n “ Voorskrif vir Lees” en verwysing na biblioteek toe in, asook wenke vir ouers hoe om lees te geniet.

Ek is passievol oor ons land se kinders en hul oneindige potensiaal en is van mening dat ons almal kan bydra om hul potensiaal te ontgun en daardeur tot Suid-Afrika se toekoms by te dra.

Dit is fantasties om te sien hoe bly die kleintjies is om ’n boek te ontvang en hoe ouers dit geniet om boeke met hulle kinders te deel.

Ek besef elke dag hoe bevoorreg ek is om met pasiente en hulle ouers te werk.

Die droom is :

1. Om genoeg boektrollies te kan vul sodat elke saal sy eie “Biblioteek op wiele” kan he.

2. Om die projek uit te brei na omliggende klinieke en hospitale (en sommer die hele Suid-Afrika).

Beste Chareldine

Baie dankie vir wat julle doen om ‘n verskil te maak in die gemeenskap. Ons waardeer die feit dat die ATKV hande vat saam KCF! Dis ons groot voorreg en ons sal ons kant bring! Dis ‘n belofte!

Weereens dankie! Ons sien mekaar op die 20ste.

Groetnis

Angelo (namens KCF)

Vernita en Chareldine, lees vir die pasiënte en hul ouers ‘n storie.

Briewe

Page 6: Nuusbrief van die Vriende van Afrikaans · 2019. 12. 13. · Dokka Swart van die Doen-en-Leerprogram lei fasiliteerders op om kinders en volwassenes in veral landelike gebiede te

Bladsy 6Desember 2019

JOHAN HUSS (MOR) PRIMARY SCHOOL

Kerkstraat, THORNHAM, 6307 Tel/Faks: 042-2803811 E-Pos: [email protected]

24 November 2019 Mev Elda Kruger ATKV Geagte Elda RE: ERKENNING VAN SKENKING VAN ATKV EN VVA

Ons is byna aan die einde van 'n baie suksesvolle jaar vir 2019 en namens ons Skoolhoof en Personeel by Johan Hus (MOR) Primêre Skool, wil ek ons waardering vir die donasie van boeke en vele ander geskenke aan ons skool uitspreek. U donasie het grootliks bygedra tot die behoeftes van ons leerders en ons vertrou dat ons u in die nabye toekoms weer vir hulp sal kan benader. Ons wens u en die personeel van ATKV en die VVA 'n Geseënde Feestelike seisoen toe! Groete Fiona-ann Cloete (Mev) SENIOR ADMINISTRATIEWE KLERK

Page 7: Nuusbrief van die Vriende van Afrikaans · 2019. 12. 13. · Dokka Swart van die Doen-en-Leerprogram lei fasiliteerders op om kinders en volwassenes in veral landelike gebiede te

Bladsy 7Desember 2019

Op die Bosman Wynlandgoed net buite Wellington ontvang die kleuterskool ‘n boektrommel. Chareldine het ook ‘n voorleeswerkswinkel vir die ouers aangebied en ‘n demonstrasie van die Doen en Leer leesprogram gedoen.

Aan die einde van 2019 kan die VVA met trots terugkyk na nog ‘n suksesvolle jaar. Die VVA kon deur samewerking en ondersteuning van baie vennote, borge en skenkings meer as 50 boektrommels versprei.

Boeke is ’n noodsaaklikheid vir ons kinders se toekoms. Ongelukkig kan baie skole en mense nie altyd boeke bekostig nie. Daarom bied die VVA deur middel van ons boektrommelprojek die geleentheid dat kinders so vroeg as moontlik aan die wêreld van woorde en stories blootgestel word.

Daarmee saam is meer as 300 mense opgelei om kinders te leer lees en ook kinders te help met leesagterstande deur middel van die Doen en Leer leesprogram en Dokka Swart. Almal weet dat ’n kind wat nie kan lees nie, nie optimal kan leer nie.

Deur ons boektrommel- en leesondersteuningsprojek kon ons verseker dat kinders toegang het tot lekker lees boeke en die vaardigheid om te lees aan te leer. Ons besef ook dat daar geen nut is om oor die belangrikheid van lees te praat as kinders nie toegang tot boeke het om te lees nie. Daarom wil ons graag die volgende instansies, vennote en mense bedank wat ons werk vir ons help moontlik maak:

Prof Carel Jansen (Nederland)

Jan en José Buiten (Nederland)

Dagbreek Trust

Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON)

Afrikaanse Taalraad (ATR)

US Woordfees en –Taalsentrum

Woorde Open Wêrelde (WOW)

Afrikaanse Taalmuseum en –monument (ATM)

Biblionef

Radio Kaapse Kansel

Pretoria FM

Unbuntu Stichting Nederland

Kylemore Charity Foundation

Doen en Leer

Sunflood (Dian Wessels)

Woordeboeke van die Afrikaanse Taal (WAT)

Moedertaalinisiatief

Afrikaans.com

RSG

Antonie Roux Stigting

Kayamandi Legacy Centre

Ons wens julle almal ’n vreugdevolle en geseënde Kersfees toe! Mag julle tyd saam met famlilie en vriende kosbare herinneringe inhou.

Groete

Chareldine van der Merwe

Kersboodskap

Page 8: Nuusbrief van die Vriende van Afrikaans · 2019. 12. 13. · Dokka Swart van die Doen-en-Leerprogram lei fasiliteerders op om kinders en volwassenes in veral landelike gebiede te

Bladsy 8Desember 2019

VERSPREI GERUS DIE NUUSBRIEF

Doendinge in Afrikaans

NUUSBRIEF

Redakteur: Mandie Ehlers

Assistentredakteur: Chareldine van der Merwe

Bladuitleg: Sunflood Studios

ALGEMENE INLIGTING

Straatadres:Cotillion Place, Technorylaan 22Tegno Park Stellenbosch 7600

Posadres: Posbus 1209, Stellenbosch 7599

Telefoon: 021 880 1761/ 021 880 1743

Faksnommer: 021 880 1946

E-posadres:

Mandie Ehlers:[email protected]

Chareldine van der Merwe:[email protected]

Webtuiste: www.atkv.org.za

Bank:ABSA, TjekrekeningRekeningnaam: ATKVRekeningnommer: 0170166728Takkode: 632005

Vir buitelandse inbetalings gebruik die volgende

“Swift Code”: ABSA ZA JJ

As verwysing gebruik asb: VVA en die item (bv. naam van CD, gedenkbundel, boektrommel ens.) E-pos of faks dan net die bewys van betaling, naam en van en ook bedrag wat inbetaal word.

Koopdinge in Afrikaans

DIE VOLGENDE ITEMS IS BY DIE KANTOOR TE KOOP:

1. Dubbel-CD: Ou Vriende van Afrikaanse kunstenaars soos Laurika Rauch, Lucas Maree en bekende kore teen R100

2. Voetslaankaart van Tafelberg in Afrikaans geskep deur Peter Slingsby teen R20

3. Pieter van der Westhuizen-huldigingsbundel (277 pp. bladmusiek van gewyde musiek) teen R160

4. CD: Vespers van Rachmaninof in Afrikaans teen R120

5. Basic Afrikaans – the top 1000 words and phrases teen R135

6. Joernaal van Jorik – in klank (toonsetting deur Roelof Temmingh) teen R120

7. Die Nagbiblioteek deur Amanda de Stadler, ‘n A3-formaat voorleesboek vir kinders onder 8 jaar teen R120

(R65 posgeld per bestelling moet ongelukkig gehef word)