18
V a n m e l k t o t m e l k s k o m m e l s . . . ONDERWYSGIDS 'N INLIGTINGSHULPBRON VIR ONDERWYSERS OM DIE PLAKKAAT TE VERGESEL 'n Inisiatief van die Verbruikersopvoedingsprojek van Melk SA Tel. 012 991 4164 Faks. 012 991 0878 [email protected] www.rediscoverdairy.co.za Die voedselroete na melkproduksie.

ONDERWYSGIDS - Dairy · PDF fileNavorsing toon dat 'n lae-sout eetplan met groente, vrugte en drie porsies suiwel per dag, help om hoë bloeddruk te voorkom

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: ONDERWYSGIDS - Dairy  · PDF fileNavorsing toon dat 'n lae-sout eetplan met groente, vrugte en drie porsies suiwel per dag, help om hoë bloeddruk te voorkom

Van melk tot melk

skom

mels

...

ONDERWYSGIDS'N INLIGTINGSHULPBRON VIR ONDERWYSERS OM DIE PLAKKAAT TE VERGESEL

'n Inisiatief van die Verbruikersopvoedingsprojek van Melk SA

Tel. 012 991 4164 Faks. 012 991 0878 [email protected] www.rediscoverdairy.co.za

Die voedselroete na melkproduksie.

Page 2: ONDERWYSGIDS - Dairy  · PDF fileNavorsing toon dat 'n lae-sout eetplan met groente, vrugte en drie porsies suiwel per dag, help om hoë bloeddruk te voorkom

PLAKKAAT

1. Inleiding 1

2. Op die plaas 2

3. Verwerking van melk 4

4. Die voedingswaarde van melk 6

5. Gesondheidsaspekte van melk en

melkprodukte

6. Suiwelprodukte 11

7. Die voedselroete na melkproduksie 15

8. Hoe die gehalte en veiligheid van melk

beskerm word

16

9. Verdere inligting oor melk 16

8

INHOUDSOPGAWE

DIE VOEDSELROETE NAMELKPRODUKSIE

DIE VOEDSELROETE NAMELKPRODUKSIE

Page 3: ONDERWYSGIDS - Dairy  · PDF fileNavorsing toon dat 'n lae-sout eetplan met groente, vrugte en drie porsies suiwel per dag, help om hoë bloeddruk te voorkom

1.

Inleiding

1

Melk is wêreldwyd 'n gewilde kossoort en bevat 'n verskeidenheid belangrike voedingstowwe.Die mens het oor die eeue heen geleer om melk te gebruik om talle verskillende voedsel-produkte te maak, soos maas, jogurt en kaas.

Koeie, soos alle soogdiere, produseer melk vir hulle kalwers. 'n Melkkoei skenk geboorteaan een kalf per jaar en produseer vir sowat tien maande daarna melk mits sy gereeld ge-melk word.

In 1868 het 'n Franse wetenskaplike, Louis Pasteur (1822–1894), ontdek dat bakterieëdoodgemaak word as melk tot 'n baie hoë temperatuur verhit en dan vinnig afgekoel word.Dié proses is bekend as pasteurisasie en maak dit moontlik om melk vir verskeie dae teen1–5°C te stoor. Pasteurisasie is nou 'n standaardprosedure in melkerye waar melk van baieplase vir kommersiële verspreiding verpak word. Pasteurisasie maak net bakterieë dood enbeïnvloed nie die voedingswaarde van melk nie.

Suiwelplase in Suid-Afrika kom voor in gebiede met 'n hoë reënval, volop water en groengras. Daarby is daar talle individue wat een of twee koeie aanhou om melk vir hul gesinnete verskaf. Melk word in tenkwaens van die plase na die melkerye vervoer waar dit ge-pasteuriseer en verpak en dan by winkels afgelewer word. Kommersiële melkboere verkoophul melk aan melkproseseerders of ander fabrieke, wat dan weer die verwerkte suiwel-produkte aan winkels verkoop waar verbruikers dit kan koop.

Nota aan onderwyser:

Hierdie dokument dien as ‘n riglyn om leerders van Graad 1-4 te leer oor suiwel-

produkte wat afkomstig is van koeie. Gebruik die plakkaat “Van melk tot melk-

skommels” en die feiteblad (bl. 15) wat verskaf word wanneer u die inligting

oordrae of die lesplan beplan.

Page 4: ONDERWYSGIDS - Dairy  · PDF fileNavorsing toon dat 'n lae-sout eetplan met groente, vrugte en drie porsies suiwel per dag, help om hoë bloeddruk te voorkom

2.

Op die plaas

2

Aktiwiteit

Vra leerders om prentjies van koeie, kalwers en/of koeie wat gemelk word,

van die huis te bring, of laat die leerders prentjies teken

Koeie is belangrike plaasdiere. Hul melk kan gedrink word en produkte soos maas (amasi),

jogurt, kaas, botter en room word daarvan vervaardig.

Die koei word gewoonlik toegelaat om een keer per jaar te kalf en sy gee dan vir 300 dae

daarna melk. Die koei se voeding is baie belangrik, want dit bepaal die gehalte en hoeveel-

heid melk wat sy sal gee. 'n Koei produseer melk in haar uier, waar dit gestoor word tot sy

gemelk word.

'n Koei benodig 15–20 kg voer en 45–90 ℓ vars water per dag. Koeie eet gras (weiding),

hooi of kuilvoer. Beeslekke met sout en ander minerale kan ook verskaf word om die dieet

aan te vul.

Koeie het 'n spesiale maagstelsel. Dit bestaan uit vier maagkompartemente wat hulle help

om gras behoorlik te verteer.

* Koeie sluk gras in sonder om dit fyn te kou. Wanneer die gras ingesluk word, gaan dit na

die eerste twee maagkompartemente, naamlik die grootpens en kleinpens of ook genoem

retikulum. Hier word dit afgebreek in die kousel, wat herkou sal word.

* Die koei bring hierdie kousel op en herkou dit. Sulke diere word herkouende diere genoem.

'n Mens sien koeie dikwels lank staan en kou alhoewel dit nie lyk asof hulle iets vreet nie;

dit is wanneer hulle besig is om te herkou.

* Wanneer die kousel ingesluk word, gaan dit na die volgende twee mae, waar water en

sekere voedingstowwe geabsorbeer word.

* Die kousel gaan dan na die abomasum of melkpens, waar vertering plaasvind.

Page 5: ONDERWYSGIDS - Dairy  · PDF fileNavorsing toon dat 'n lae-sout eetplan met groente, vrugte en drie porsies suiwel per dag, help om hoë bloeddruk te voorkom

3

MELK MAAS JOGURT KAAS

Kleur die koei in en kyk watter produkte van

haar melk gemaak kan word. Of teken ‘n prentjie

van melk, maas, jogurt en kaas en plak dit binne die

sirkels.

Aktiwiteit

1

Page 6: ONDERWYSGIDS - Dairy  · PDF fileNavorsing toon dat 'n lae-sout eetplan met groente, vrugte en drie porsies suiwel per dag, help om hoë bloeddruk te voorkom

3.

Verwerking van melk

4

Page 7: ONDERWYSGIDS - Dairy  · PDF fileNavorsing toon dat 'n lae-sout eetplan met groente, vrugte en drie porsies suiwel per dag, help om hoë bloeddruk te voorkom

5

Versamel leë houers vir melk, jogurt, drinkjogurt ens. Vergelyk die

verpakking ten opsigte van grootte en volume (bv. 500 mℓ, 1 ℓ, 2 ℓ en 3 ℓ) en

die behandelingsproses (gepasteuriseer, verlengde raklewe of langlewe

melk).

'n Ander manier waarop melk vir inname beveilig word, is om die melk te behandel vir 'nlanger raklewe. Verlengde raklewe (ESL melk) is behandel om die mikrobiesetelling nog verderas met pasteurisasie te verminder. Verlengde raklewe melk word in uiters higiëniese toestandeverpak en het 'n langer raklewe as vars gepasteuriseerde melk wanneer dit teen 'n temperatuurvan 0–5 °C bewaar word.

Behandeling teen ultrahoë temperature (UHT) stel melk in staat om vir 'n lang tyd vars enveilig te bly. Die melk word tot meer as 125 °C verhit en dan asepties verpak. Die eindprodukbevat geen mikroöganismes of spore wat bederf kan veroorsaak nie. Die UHT-proses is vinnig,sodat baie min vitamines vernietig word. UHT-behandelde melk, ook bekend as langlewemelk,kan vir baie maande in die verseëlde verpakking bewaar word sonder om suur te word.Wanneer die houer oopgemaak is, moet die melk koud gehou en net soos vars melk gebruikword.

Melk kan ook gehomogeniseer word om die vetverspreiding te verbeter. Homogenisasieforseer die melkvet teen 'n hoë spoed deur 'n baie klein spuitstuk en dit breek die vetdruppelsin nog kleiner druppeltjies op. Op dié wyse bly die vetdruppeltjies eweredig versprei in die melk.

Aktiwiteit

Page 8: ONDERWYSGIDS - Dairy  · PDF fileNavorsing toon dat 'n lae-sout eetplan met groente, vrugte en drie porsies suiwel per dag, help om hoë bloeddruk te voorkom

4.

Die voedingswaarde van melk

6

Melk lewer 'n waardevolle bydrae tot die voedingswaarde van 'n gesonde eetplan. Daar isnege belangrike voedingstowwe in suiwel wat vir goeie gesondheid nodig word. Een van diebelangrikste voedingstowwe in melk en ander suiwelprodukte is kalsium.

Kalsium is nodig vir sterk bene en tande. Melk is ook 'n bron van proteïen, wat nodig is virgroei en ontwikkeling, veral op 'n jong ouderdom.

Versamel verpakkings van verskillende suiwelprodukte, bv. Melk,

langlewemelk, jogurt in klein en groot bakkies, drinkjogurt, maas, kaas,

room of botter. Bestudeer die voedingsinligting op die pakkies om leerders te

help om meer oor die voedingswaarde van suiwelprodukte te wete te kom.

BB 10 SEPT 12

06:34

S O U R C E O F

C A L C I U M

S O U R C E O F

C A L C I U M

SE

RV

ING

SU

GG

ES

TIO

N

KEEP REFRIGERATEDProduced in South Africa

Low-fat milk, reconstituted whey powder, sugar, fruit (6%)

(strawberry puree and apple concentrate), thickener (maize starch),

yoghurt culture, flavouring, colourant

preservative (potassium sorbate)

*NRVs = Nutrient reference values for individuals 4 years and older

Milk.

TYPICAL NUTRITIONAL INFORMATIONSERVING = 300 g PER 100g PER 300g % NRVs*

PER SERVING

Energy 581 kJ

1.8 g

16 g

13.9 g

1.4 g0.8 g

0.0 g

38 mg

68.5 mg

Protein

Glycaemic Carbohydrates

of which total sugar

Total fatof which Saturated fat

Dietary fibre

Total Sodium

Calcium

1743 kj

5.4 g

48 g

41.7 g

4.2 g2.4 g

0.0 g

114 mg

205.5 mg

10

15.8

ALLERGENS

INGREDIENTS

Contains 6% real fruit

300 g

SHAKE WELL

SHUDDHA

SAHMS

Aktiwiteit

Drink-

jogurt

Page 9: ONDERWYSGIDS - Dairy  · PDF fileNavorsing toon dat 'n lae-sout eetplan met groente, vrugte en drie porsies suiwel per dag, help om hoë bloeddruk te voorkom

7

Medie

se N

avors

ingsra

ad.

1999.

Voedsels

am

este

llin

gta

belle (

1991):

melk

en m

elk

pro

dukte

, eie

rs,

vle

is e

n v

leis

pro

dukte

.

VOEDSEL-

BESTANDDEEL

Energie

Proteïen

Koolhidraat as

laktose

(melksuiker)

Vet

Vitamien A

Vitamien B2

Riboflavien

Vitamien B12

Kalsium

Magnesium

Fosfor

Kalium

Sink

Water

HOEVEELHEID

IN 250mℓ

LAEVET MELK

520 kJ

8 g

12 g

5 g

145 μg RE

0.4 mg

0.46 μg

288 mg

33 mg

258 mg

170 mg

0.43 mg

223 g

VOEDINGSFUNKSIE

Vir alle liggaamsfunksies en beweging

Komponent van alle liggaamselle; bou

liggaam op (spiere, organe,

bindweefsel, vel, bene, tande,

bloed, teenliggaampies, hormone en

ensieme) op en hou dit in stand.

Koolhidrate is die liggaam se

voorkeur bron van energie en hou jou

aan die beweeg.

Verskaf energie en essentiële vetsure

wat goed is vir die brein.

Help infeksie voorkom en hou die

slymvlieslagie van die liggaam in

stand. ‘n Tekort aan vitamien A word

verbind met verswakte immuniteit en

‘n verhoogde risiko van siektes. Dit is

belangrik vir goeie oog gesondheid en

voorkom nagblindheid.

Verskaf energie, hou oë en vel

gesond.

Hou bloed en senustelsel gesond.

Word ook die “breinvitamien”

genoem.

Versterk bene en tande en bevorder

spiersaamtrekking en energie-

omsetting.

Versterk bene en tande

energie-omsetting.

en bevorder

Versterk bene en tande. Speel ‘n rol in

energieomskakeling en die hand-

hawing van goeie spier- en senuwee-

funksie.

Kalium en natrium tesame reguleer

waterbalans in die liggaam. Dit is ook

belangrik vir groei en ‘n gesonde

metabolisme.

Help wondgenesing en bevorder

breinontwikkeling.

Belangrik vir hidrasie.

Die tabel toon die belangrikste

voedingstowwe wat in melk

voorkom en hul rol om 'n

gesonde liggaam te help verseker.

Page 10: ONDERWYSGIDS - Dairy  · PDF fileNavorsing toon dat 'n lae-sout eetplan met groente, vrugte en drie porsies suiwel per dag, help om hoë bloeddruk te voorkom

8

Dit het baie gesondheidsvoordele om suiwelprodukte soos melk, maas, jogurten kaas by die dieet in te sluit.

Melk, maas en jogurt verskaf kalsium, fosfaat, magnesium en proteïen, wat almal noodsaaklikis vir gesonde beengroei en -ontwikkeling. Die belangrikste tyd vir beenontwikkeling is diekinderjare en veral adolessensie (10–19 jaar). Lewenslange voldoende inname van diévoedingstowwe kan help dat bene sterk bly en kan sodoende latere osteoporose (bros/swak bene)voorkom.

Die kalsium en fosfaat in melk en suiwelprodukte is goed vir die ontwikkeling van tande.Kaseïen, een van die proteïene in melk, help om tande te beskerm, deurdat dit ‘n dun lagieoor die tandemalje vorm. Dit verhinder ook dat kalsium en fosfaat uit die tande verlore gaanwanneer hulle aan sure in die mond blootgestel word.

Navorsing toon dat 'n lae-sout eetplan met groente, vrugte en drie porsies suiwel per dag,help om hoë bloeddruk te voorkom.

Sommige mense wil nie melk drink nie, want hulle dink dit maak vet. Dit is nie waar nie.Trouens, mense wat laevetmelk (2%) drink, sal hul gewig waarskynlik beter beheer asdiegene wat melk vermy. Die gebruik van laevetmelk as deel van 'n energiebeheerde eetplanhou verband met gewigsverlies, veral vet om die middel (abdominale obesiteit).

Ons moet almal 8 tot 10 glase water per dag drink. Iemand wat nie genoeg vloeistof inneemnie, sal gedehidreer raak, wat tot swak konsentrasie kan lei en die geheue kan aantas. Diewater in melk vorm nie net deel van die totale hoeveelheid water wat elke dag benodig wordnie, maar verskaf ook voedingstowwe. Melk kan ook voor en na sportbeoefening gedrink wordvir hidrasie en spierherstel.

Sommige mense voel opgeblaas of ongemaklik nadat hulle 'n glas melk gedrink het, omdathulle liggame nie melksuiker (laktose) kan verteer nie. Dié toestand is bekend as laktose-onverdraagsaamheid. Mense wat nie laktose kan verteer nie, hoef egter nie alle suiwelproduktete vermy nie. Hulle kan hul verdraagsaamheid stadig opbou deur klein hoeveelhede melk op 'nslag te drink of dit saam met iets anders te gebruik (bv. tee of koffie). Gegistemelkprodukte soos maas, jogurt en kaas kan gereeld geëet word sonder om ongemak te ver-oorsaak, omdat die laktose reeds gedeeltelik deur gisting verteer is. Harde kaassoorte sooscheddar of gouda bevat geen laktose nie en kan sonder gepaardgaande ongemak geëet word.

GESONDE BENE

TANDE

BLOEDDRUK

VETSUG

HIDRASIE

LAKTOSE-ONVERDRAAGSAAMHEID

ontbytgraan,

5.

Gesondheidsaspekte van melk en melkprodukte

Page 11: ONDERWYSGIDS - Dairy  · PDF fileNavorsing toon dat 'n lae-sout eetplan met groente, vrugte en drie porsies suiwel per dag, help om hoë bloeddruk te voorkom

9

Beplan 'n aktiwiteit wat klem lê op die belangrike rol van suiwel in die

daaglikse dieet vir sterk, gesonde bene en tande.

Maak leerders bewus van die belangrikheid van goeie tandgesondheid en

hoe suiwel in die dieet tandbederf kan help voorkom.

Aktiwiteit

Page 12: ONDERWYSGIDS - Dairy  · PDF fileNavorsing toon dat 'n lae-sout eetplan met groente, vrugte en drie porsies suiwel per dag, help om hoë bloeddruk te voorkom

Hierdie is ‘n swak en ongesonde tand.

Jy kan hierdie tand help om gesond teword met die behulp van die prentjies hierbo.Sny die prentjies wat jy dink kan help om die tand sterkte maak uit en plak dit op die swak tand.

10

DIE BELANG VAN DIE INSLUITING VANSUIWEL OP ‘N DAAGLIKSE BASIS

Aktiwiteit

2

Page 13: ONDERWYSGIDS - Dairy  · PDF fileNavorsing toon dat 'n lae-sout eetplan met groente, vrugte en drie porsies suiwel per dag, help om hoë bloeddruk te voorkom

Jogurt drinkjogurten

is gegiste produkte.

Wanneer voordelige bakterieë

gekweek en by melk gevoeg word,

word dit suur, en dit gee jogurt sy

kenmerkende smaak en tekstuur.

Vrugtegeursel, stukkies vrugte en

sjokoladestukkies kan bygevoeg

word, wat jogurt smaaklik maak.

Dit is die ideale happie om

met ete of tussen etes

te geniet.

Maas,

ook bekend as amasi,

word gemaak van melk

wat gegis is met behulp van

gekweekte voordelige bakterieë.

Baie Suid-Afrikaners geniet dié

effens suur, dikmelk-

drankie op sy eie of voeg

dit tradisioneel

by pap.

6.

Suiwelprodukte

11

Karringmelk

word net soos maas

gemaak, maar met

'n effens verskillende

kweking. Karringmelk wat

verkoop word, is ook

bekend as “gekweekte”

karringmelk.

Mense eet reeds

duisende jare

Toentertyd is kaas waarskynlik

per ongeluk ontdek, toe mense besef

dat melk suur en dik word wanneer dit

bewaar word in 'n sak wat van 'n dier

se maag gemaak is. Dit word veroorsaak

deur die ensieme in die stremsel wat in 'n

kalf se maag voorkom. Stremsel laat melk

skif in ‘n soliede wrongel en dikmelk-water.

Die wrongel kan saamgepers word om 'n

ferm kaas te vorm. Sommige kaassoorte

kan vir verskeie maande rypgemaak

word om 'n sterk geur te ont-

wikkel. Hulle staan bekend

as ryp

kaassoorte.

kaas.

Room is die

vet van melk. Omdat

vet 'n laer digtheid as

water het, dryf dit bo-op.

Die roomlaag kan van die melk

afgeskei word voor dit verder

verwerk word. Die melk wat in

winkels te koop is, is

gehomogeniseer sodat die

room nie van die melk

skei nie.

Botter is room wat

geklop of gekarring word

tot die vet geskei word van

'n waterige vloeistof bekend as

karringmelk. Om 1 kg botter te

maak, het ons 22 ℓ melk nodig. Jare

gelede is botter in 'n karring gemaak

en met houtspane of botterspane in

langwerpige blokke gevorm. As botter

nie koel gehou word nie, kan dit

taamlik gou sleg (galsterig) word.

Sout kan as preserveermiddel by

botter gevoeg word.

Ghee is Indiese

kookbotter. Dit

is botter wat verhit

en deurgesyg is om

byna al die water

te verwyder

Die Italianers

het sowat 500 jaar

gelede uitgevind.

Tradisionele roomys is ver-

soete bevrore room wat met

vrugte en vanielje gegeur is.

Regte roomys word van volroom-

melk, room en ander bestanddele

gemaak. Die etiket op die houer sal

toon of dit slegs van suiwelvet ge-

maak is en of plantvette

bygevoeg is om die

vervaardigingskoste

te verminder.

roomys

Page 14: ONDERWYSGIDS - Dairy  · PDF fileNavorsing toon dat 'n lae-sout eetplan met groente, vrugte en drie porsies suiwel per dag, help om hoë bloeddruk te voorkom

12

Suiwelprodukte is geredelik in winkels beskikbaar. Die meeste suiwelprodukte moet verkoelword; net verseëlde langlewe-melkprodukte kan buite 'n koelkas gestoor word. Die raklewevan suiwelprodukte word aangedui deur die “verkoop voor”- en vervaldatums. Produkte moetgeëet word voor die vervaldatum. Langleweprodukte moet as vars beskou word sodra dit oop-gemaak is en ook in 'n koelkas gehou word.

Suiwelprodukte is veelsydig en kan deel vorm van enige ete of peuselhappie bedags. Daar wordaanbeveel wat drie porsies suiwel daagliks ingeneem word.

Die gebruik van suiwelprodukte

2x

100 mℓ-

bakkies jogurt

(200 mℓ)

Sowat 2 skyfies

van jou gunsteling

kaas (40 g)

1 glas of koppie

maas of drinkjogurt

(200 mℓ)

'n Paar voorbeelde van 'n porsie suiwel is:

1 glas of koppie

(250 mℓ) vetvrye

laevet- of volroommelk,

vars of UHT-

behandel

Page 15: ONDERWYSGIDS - Dairy  · PDF fileNavorsing toon dat 'n lae-sout eetplan met groente, vrugte en drie porsies suiwel per dag, help om hoë bloeddruk te voorkom

13

melk by jou

graanvlokkies

of pap

gegeurde melk as

hersteldrankie na

sport oefening

jogurt as peuselhappie

tussen maaltye

'n Mens kan suiwel op die volgende maniere by jou daaglikse dieet voeg:

‘n vrugteskommel

van jogurt en

vars vrugte

skep jou gunsteling

jogurt of roomkaas op

plaatkoekies of

Franse roosterbrood

kies maas, melk,

gegeurde melk of

drinkjogurt as

'n drankie.

kaas op

'n toebroodjie

Meng 'n teelepel koffie en 'n

teelepel sjokoladepoeier in 'n

koppie warm melk vir 'n

tuisgemaakte mokkakoffie

Page 16: ONDERWYSGIDS - Dairy  · PDF fileNavorsing toon dat 'n lae-sout eetplan met groente, vrugte en drie porsies suiwel per dag, help om hoë bloeddruk te voorkom

14

Van die plaas tot op die bord: Bring 'n paar suiwelprodukte skool toe en wys

leerders hoe om 'n gesonde kosblik te pak wat suiwel insluit. Demonstreer

verskillende maniere om elke dag suiwel in te sluit. Jy kan ook 'n vrugte-

skommel in die klas maak en die leerders laat proe.

Resep vir maklike vrugteskommel ingesluit.

Vrugteskommel

YSKOUE VRUGTESKOMMEL

1 medium groote piesang

125 ml gemengde bessies

2 eetl. grondboontjiebotter

125 ml vanilla jogurt

Ongeveer 90 ml melk

Aktiwiteit

Meng piesangs en bessies in

‘n voedsel verwerker tot fyn.

Voeg grondboontjiebotter

en jogurt by en meng.Voeg

bietjie melk by om die ver-

langde konsistensie te kry.

Wenk: Vries die piesangs en

bessies die aand van te vore

vir ‘n opwindende tekstuur

verskil.

Page 17: ONDERWYSGIDS - Dairy  · PDF fileNavorsing toon dat 'n lae-sout eetplan met groente, vrugte en drie porsies suiwel per dag, help om hoë bloeddruk te voorkom

7.

Die voedselroetena melkproduksie

Die melk in die tenk wordoorgeplaas na 'n spesiale

koeltrok en na dieverwerkingsaanleg geneem.

Die melk word higiëniesverpak of gebruik vir dievervaardiging van jogurt,maas of kaas.

Die verpakte melkof ander suiwelprodukteword in koeltrokke nawinkels vervoer.

7. Vervoer

Klante kan diemelk en ander

suiwelproduktekoop.

'n Inisiatief van

die Verbruikersopvoedingsprojek van Melk SA

4.

Vervoer

6.

Verpakking

8.

By die winkel

Nadat elke koei gemelk is,word die melk in 'n

koeltenk gestoor.

Die eerste stap in die vervaardigingvan alle voedsel is die prosesvan fotosintese. Groen plantevervaardig koolhidrate (suiker)in die aanwesigheid van sonlig,water en lug.

By dieverwerkingsaanlegword die melk gepasteuriseerom dit veilig vir gebruik te maak.

Koeie eet gras enabsorbeer die voeding-stowwe tydensspysvertering. Diévoedingstowweverskaf energie aandie koei en help ditom te groei en gesondte bly. Die voeding-stowwe worddeur die koei se lig-gaam gebruikom melk te maak.

1.

Fotosintese

2. Koeie eet

die gras of hooi 3.

Koeie word

gemelk

Belangrik:

Melk moet

tot onder

5 C verkoel

word.

°

9.

Geniet tuis

5. By die

verwerkingsaanleg

1315

Page 18: ONDERWYSGIDS - Dairy  · PDF fileNavorsing toon dat 'n lae-sout eetplan met groente, vrugte en drie porsies suiwel per dag, help om hoë bloeddruk te voorkom

1316

8.

Hoe die gehalte en veiligheid van melk beskerm word

Om veilige melk van hoë gehalte te verseker, moet die vervaardigingsproses deurgaans goedbestuur word.

• dat die gesondheid van die koeie verseker word.• dat higiëniese praktyke in die melkskure en tydens die vervoer van die melk toegepas word.• verseker dat vervaardigingsaanlegte en verpakking higiënies is, insluitende pasteurisasie• temperatuurbeheer tydens vervoer na winkels en stoorplekke in winkels

(handhawing van die koelketting)• monitering van die tyd wat verloop van vervaardiging tot verkope (die vervaldatum dien as

‘n riglyn)

Verbruikers moet ook hulle kant bring deur melk oppad huis toe en tuis koel te hou.

Onbehandelde melk bevat bakterieë. As dié bakterieë kans kry om te vermenigvuldig,kan die melk suur word. Sommige bakterieë kan ook gevaarlike siektes soos tuberkuloseveroorsaak.

Barnett, Anne. 2003. Food processing (Trends in food technology). Heinemann.

Fitzsimons, Cecilia. 1997. Dairy foods and drinks (All about foods). A Zoë book.

Halley, Ned. 1996. Farm (Eyewitness guides). Dorling Kindersley.

Phillips, Sarah. 1993. Food and farming (Picturepedia). Dorling Kindersley.

Dit sluit in:

9.Lees verder