4
1 Erediens Sondag 6 November 2011 2 Kor. 8:1-5; 9:6-15 Oop hand Ons word groot met die gedagte dat niks in die lewe is verniet nie. Dit wat jy in die lewe wil bereik en wat jy wil kry, moet jy voor werk soms baie hard werk. En dit is ook reg so, anders maak ons bederfde kinders groot wat alles wil hê, sonder dat hulle ’n vinger verroer. - Elkeen het sy pligte in die huis: Bed opmaak, kamer aan die kant maak, help skottelgoed was sodat almal gelukkig kan wees. - Ek moet my huiswerk doen sodat ek goed kan presteer op skool. - As ek aan ’n buitemuurse aktiwiteit deelneem – kuns, musiek, sport moet ek hard oefen sodat ek ’n toekenning kan ontvang of kan wen. - In ons werk, in ons huwelik, in ons gesinslewe vra dit van ons hardewerk sodat ons gelukkig en suksesvol kan wees. - In ons geloofslewe gaan dit ook so: Ek moet gereeld die eredienste bywoon, Bybelstudie hou en bid, diensbaar wees sodat ek geestelik kan groei. - In die sin sluit dit vir ons mooi aan by die Bybelse Boodskap: “Wat ’n mens saai, dit sal hy ook oes” (Gal 6:7) - Maar wat maak ons met ons teks? 2 Kor9: 6 Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes”. Of ’n ander teks was dikwels met die gee van dankoffers gebruik word: Mal 3:10 Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar iets te ete in my huis kan wees,en toets My hierin,sê die Here die

Oop Hand

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Preek - 6 November 2011 Dr Danie Dreyer

Citation preview

Page 1: Oop Hand

1

Erediens Sondag 6 November 2011

2 Kor. 8:1-5; 9:6-15

Oop hand

Ons word groot met die gedagte dat niks in die lewe is verniet nie. Dit

wat jy in die lewe wil bereik en wat jy wil kry, moet jy voor werk –

soms baie hard werk. En dit is ook reg so, anders maak ons bederfde

kinders groot wat alles wil hê, sonder dat hulle ’n vinger verroer.

- Elkeen het sy pligte in die huis: Bed opmaak, kamer aan die kant

maak, help skottelgoed was sodat almal gelukkig kan wees.

- Ek moet my huiswerk doen sodat ek goed kan presteer op skool.

- As ek aan ’n buitemuurse aktiwiteit deelneem – kuns, musiek,

sport – moet ek hard oefen sodat ek ’n toekenning kan ontvang of

kan wen.

- In ons werk, in ons huwelik, in ons gesinslewe vra dit van ons

hardewerk sodat ons gelukkig en suksesvol kan wees.

- In ons geloofslewe gaan dit ook so: Ek moet gereeld die

eredienste bywoon, Bybelstudie hou en bid, diensbaar wees

sodat ek geestelik kan groei.

- In die sin sluit dit vir ons mooi aan by die Bybelse Boodskap: “Wat

’n mens saai, dit sal hy ook oes” (Gal 6:7)

- Maar wat maak ons met ons teks? 2 Kor9: 6Dink daaraan: wie karig

saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes”.

Of ’n ander teks was dikwels met die gee van dankoffers gebruik

word:

Mal 3:10Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar

iets te ete in my huis kan wees,en toets My hierin,sê die Here die

Page 2: Oop Hand

2

magtige.Toets My of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal

oopmaak en vir julle reën sal uitgiet,meer as wat julle kan gebruik

nie”.

- Beteken dit dat ek my tiende of meer vir die Here gee, sodat Hy

my met baie meer sal seën? Daar is sekere kerke wat dit leer –

skynbaar met groot sukses - én mense glo dit! Jou dankoffer is ‘n

deposito in die Hemelse Bank en die rente is baie geld vir jou huis,

kar, vakansies, ens.Christene moet suksesvol, gesond en

welvarend wees – anders is daar fout met jou geloofslewe. Jy gee

nie genoeg sodat die Here jou kan seën nie!

Dit is miskien goed om weer hieroor na te dink. Is dit die volledige

Boodskap van die Bybel? Is dit die Evangelie?

Daar is ook ‘n anderkant van die sodat. Wat gebeur as ek foute maak

– in my huwelik, in die opvoeding van my kinders? As ek nie genoeg

gedoen het om beloon te word nie? As ek ‘n oordeelsfout maak en

iemand anders word te nagekom of seer gemaak of is selfs dood in ‘n

ongeluk? As ek nie genoeg gee nie, nie genoeg glo en hard genoeg

bid nie? Dan is daar genoeg rede sodat die Here my kan straf!

Baie gelowiges het hiermee geworstel deur die eeue. Paulus het voor

sy bekering ook gedink dat sy lewe in orde is en dat hy baie het om

op trots te wees. Wanneer hy na sy ontmoeting met die lewende

Christus sy lewe toets aan elkeen van die tien gebooie kom hy tot

die gevolgtrekking: “Die goeie wat ek wil doen, doen ek nie, maar die

slegte wat ek nie wil doen nie, dit doen ek” (Rom 7:19). Daarom roep

hy uit: Rom 6:24”Ek, ellendige mens! Wie sal my van hierdie

doodsbestaan verlos?” En dan voeg hy by: 25”Aan God die dank! Hy

doen dit deur Jesus Christus ons Here.”

Page 3: Oop Hand

3

Al my wetsonderhouding, al my goeie werke, al my prestasie, al my

dankoffers is nie genoeg sodat God my kan red nie. Inteendeel, dit

dra net by sodat die Here meer rede het om my te straf. Selfs my

beste werke is maar besmet met sondige motiewe – dit draai steeds

om myself en my eie belange. Van nature is ons selfsugtig, liefdeloos

en onvergenoegd.

Iets moet gebeur in my lewe – iets radikaal. ‘n Hartsverandering, ‘n

gesindheidsverandering. ‘n hartgrondige bekering. Aan God die dank

– dit wat ek nie kan doen nie – dit het Hy kom doen in Christus Jesus!

Die doop is die bewys dat ek uit genade vrygespreek op grond van

die soenverdienste van Jesus Christus. Daarom dien ek nie Here, nie

sodat ek gered en geseën kan word nie, maar omdat ek uit genade

gered is deur die bloed van Christus. Die kruis van Christus maak die

sodat, ‘n omdat in my lewe!

Daar is geen sprake van ware dankbaarheid in my lewe voordat die

sodat ‘n omdat geword het in my lewe nie. Efes 2:8 “Julle is inderdaad

uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself

nie; dit is ’n gawe van God. 9Dit kom nie deur julle eie verdienste nie,

en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie.

10Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy

ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons

bestem het.”

Dit is ook Paulus se getuienis oor die manier waarop die lidmate van

Macedonië hulle dankoffers gee. Hulle het eers hulleself aan die Here

gegee (2 Kor 8:5) en toe aan die mekaar. Hulle het eers hulle saak

met die Here reggemaak, en toe kon hulle diensbaar aan ander

mense wees.

Page 4: Oop Hand

4

Paulus sê wel : 2Kor 9:6 “Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; en

wie volop saai, sal volop oes.” Maar, as jy verder lees voeg hy by:

10”God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan

julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid ’n ryk oes laat

oplewer”. Ja, daar sal ‘n oes wees - omdat Hy die saad gee!

En die heerlike vrugte van die oes is:

- Deur die Macedoniërs se gehoorsaamheid om hulle dankoffers te

gee, ontvang God die eer en word Hy gedank..Deur hulle

mededeelsaamheid gaan daar ‘n getuienis uit na ander gelowiges

en ook na ongelowiges.

- Wanneer ons uit dankbaarheid gee, val die klem nie in die eerste

plek nie op onsself nie, maar op God en op ander mense.

- En tog ervaar onsself ook iets van die seën van God in ons lewe!

Dit is deel van die onbeskryflike misterie van God se genade wat

net sy kinders iets van kan ervaar.

Wanneer ons ons dankoffers gee – ons geld, ons tyd, ons gawes -

nie sodat ons iets kan ontvang nie, maar omdat ons soveel ontvang

het, hoor ons dat 2 Kor 9:7 met ons praat: “Elkeen moet gee soos hy

hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie,

want God het die blymoedige gewer lief.”

As jy nog nie die gee van jou dankoffer ‘n saak van gebed gemaak

het nie, doen dit nou – en ervaar iets van die vreugde en seën van

die Here – dalk op ‘n gans ander en veel heerliker manier as jy dit

verwag. Dit is die misterie van God se genade: Hy het die blymoedige

gewer lief!