28
1 Jaargang 21 Nr. 4 022-913 1796 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... www.piketberg.com R5,00 Mei 2014 AUTO ELECTRICAL SPECIALIST ONE STOP MOTOR PART SHOP PIKETBERG 022 913 1939 022 913 2404 Alle korrespondensie aan [email protected] Merietprys vir Maria Vis- ser...p4 Proefstudente...p4 Toekenning vir Berg- rivier Munisipaliteit...p6 Troufoto’s...p10 Piketberg Drukkers word 30...p12 Die Piketberger 20 jaar gelede...p18 Tuinbou Nuus...p20 Leandré kry graad...p22 WP o.21 netbal...p25 Aasvoëlkop Pretstap en -draf...p26 Witskip wen Stoops en Remax Die eerstespan van PHS, die Witskip, word bekroon as die Span van die Toernooi tydens die Tony Stoops rugbytoernooi waar 44 skole meegeding het. Hierdie manne het al drie hulle wedstryde gewen, teen Rondebosch, Sasolburg en Despatch. Dis voorwaar 'n groot prestasie. Agter ver- skyn die afrigter, Chris van der Merwe. Erich Kankowski, regs, word aangewys as speler van die toernooi en Christie van der Merwe, links, as beste voor- speler op Saterdag 31 Maart. Dié twee spelers is ook opgeneem in die Tony Stoopsspan wat bestaan uit die beste spelers in hulle posisies vir die toer- nooi. Verlede Saterdag het hulle die Remax-toernooi by Hoërskool Jan van Riebeeck gewen en Christie was aangewys as Speler van die toernooi en as beste voorspeler. Foto’s: Marietha Goosen

Piketberger mei 2014

Embed Size (px)

DESCRIPTION

 

Citation preview

1

Jaargang 21 Nr. 4 � � � � 022-913 1796

Piketberg se koerant vir Piketberg se

mense...

www.piketberg.com

R5,00 Mei 2014

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

ONE STOP MOTOR PART SHOP

PIKETBERG

℡ 022 913 1939 � 022 913 2404

Alle korrespondensie aan [email protected]

Merietprys vir Maria Vis-ser...p4 Proefstudente...p4 Toekenning vir Berg-rivier Munisipaliteit...p6 Troufoto’s...p10 Piketberg Drukkers word 30...p12 Die Piketberger 20 jaar gelede...p18 Tuinbou Nuus...p20 Leandré kry graad...p22 WP o.21 netbal...p25 Aasvoëlkop Pretstap en -draf...p26

Witskip wen Stoops en Remax

Die eerstespan van PHS, die Witskip, word bekroon a s die Span van die Toernooi tydens die Tony Stoops rugbytoernooi waar 44 skole meegeding het. Hierdie manne

het al drie hulle wedstryde gewen, teen Rondebosch, Sasolburg en Despatch. Dis voorwaar 'n groot prestasie. Agter ver-skyn die afrigter, Chris van der Merwe. Erich Kankowski, regs, word aangewys as speler van die toernooi en Christie van der Merwe, links, as beste voor-

speler op Saterdag 31 Maart. Dié twee spelers is ook opgeneem in die Tony Stoopsspan wat bestaan uit die beste spelers in hulle posisies vir die toer-nooi. Verlede Saterdag het hulle die

Remax-toernooi by Hoërskool Jan van Riebeeck gewen en Christie was

aangewys as Speler van die toernooi en as beste voorspeler.

Foto’s: Marietha Goosen

2

RedaksioneelRedaksioneelRedaksioneelRedaksioneel

Teken in op Die Piketberger teen R100 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Redaksie (((([email protected])

Berigte en foto’s: Marietha Goosen � 022-913 1796

Advertensies:

[email protected]

of sms 079 496 2719

Uitleg: Barbie Breunissen �022-913 3873 n/u

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter

Volblad: R450 Halfblad: R300 Kwartblad: R200 Agsteblad: R140

Ander groottes op aanvraag.

Barbie Breunissen Marietha Goosen

Briewe van ons lesers...Briewe van ons lesers...Briewe van ons lesers...Briewe van ons lesers...

Liefde Marietha

Die Swartkat skryf... My vyfde brief aan julle, skryf ek oor ‘n saak wat my keer op keer die laaste tyd geteister het, naamlik: trots! Nou kyk ek praat hier nie van trots, soos byvoorbeeld trots op jou kind se pretasies, of dalk jou eie prestasies nie. Ek praat hier van ‘n heeltemal ander soort trots. Ek praat van die tipe trots wat jy inslaan teenoor jou werk of byvoorbeeld jou tuin! En dit gesê verwys ek spesifiek na die foto’s deur Jannie se kameralens in die vorige uit-gawe van Die Piketberger. Daar het foto’s van tuine gepronk wat elkeen van ons, dalk in die verbygaan opge-merk het – en dit sonder om ooit die nodige erkenning aan die eienaar te gee. Ek is seker daardie foto’s het ge-weldig baie trots by die eienaars meegebring, toe iemand hulle trots teenoor hulle tuine, se handewerk erken en waardeer. Dit laat my dink aan die huis wat gedurende die Feesseisoen ‘n absolute fees vir die oog was! Gedrapeer in verskillende kleure, grootte- en vorm liggies! Daar was liggies in die duisende, takbokke met ‘n slee, ‘n kersvader en vele meer – opgemaak oor ‘n hele tuin! Ekself het menige aand by die huis verbygery om net weer en weer na die liggies te gaan kyk (natuurlik so gelukkig soos ‘n kind), en elke keer het ek net weer en weer waardering gekry vir die hoeveelheid moeite wat daarmee gepaard gaan. Dit was duidelik dat daar ‘n geweldige trots was. En kyk, trots kos nou maar eenmaal moeite! Min mag dit ra-aksien of selfs enigsins erken, maar die enkeling wat dit opmerk sal ‘n totale waardering daarvoor hê. En net ander dag gesels ek met iemand, wat self ook noem hoe ongelooflik belangrik werkstrots is (wat my on-middellik laat dink aan die sêding: “sy werk is sy trots” – hoor jy dit nog ooit?), asook die kweek van werknemer trots deur werkgewers. En ek verwys terug na wat ek pas ge-noem het. Min gaan dit dalk opmerk, maar die waardering van een sal tienvoudig wees. So van die os op die jas... het ek so ‘n mooi Afrikaanse gesegde gehoor oor trots, en ek sluit hiermee af. “Dit is soveel beter om jou trots te verloor vir iemand wat jy liefhet, as om iemand wat jy liefhet te verloor vanweë jou trots.”

Die volgende Piketberger verskyn op 22 Mei

Berigte en advertensies moet ons bereik teen 13 Mei

Stuur na: [email protected]

Klavierstemmer Stem en Herstel van Klaviere

Professioneel 50jr Ondervinding

Alle Areas

Skakel Wessel de Beer 0232 320422 of 082 704 3276

Die Vals Noot 'n Man skuif voor die klavier in en begin sommer so "uit die kop" speel - 'n talent wat my met be-wondering vul. Iemand langs my merk op dat die klavier darem vals is…

In verlede week op Loslip 'n bespreking juis hieroor. Alles kan goed en glad verloop, maar wanneer iet-sie slegs gebeur, praat mense! Ek oefen my daarin om meer positiewe dinge raak te sien en die negatiewe dinge in perspektief te plaas. Ons maak soms so met die Here ook - ons wonder selde hoekom dit goed gaan met ons, maar wan-neer 'n ongeluk, siekte, droogte, inbraak, terugslag of dood ons pad kruis, vra mense dikwels: "Waar is die God van Liefde?" As jy dit móét vra, vra dit maar - dit het mettertyd 'n helende effek, mits jy aanhou soek na Hom. Hy ís daar, soos Hy altyd daar wàs en soos Hy altyd daar sál wees. Geseënde Paasfees. As jou klavier vals is, sien onderstaande advertensie.

3

4

Winkel ���� 022-913 2418

� 022-942 1787

Riana Smit ���� 022-942 1787

� 082 921 1977

Nuwe Wintersvoorraad

Beskikbaar

Merieteprys vir Maria

Studente aan CPUT op Wellington wat in die tweede kwartaal proef by PHS, is agter Dricus Kirsten, Lin a

Nieuwoudt, Jean Truter, Suné van der Westhuizen en voor Linnihan Hanekom, Lolla Burger, Carla

Kellerman en Kobus Basson. Foto: Marietha Goosen

PHS verwelkom Proefstudente

Klere vir die vrou met

eksklusiewe smaak

Maria Visser, gr 12-leerder by PHS, ontvang 'n Henn ie Joubert Merieteprys vir haar uitstaande prestasie i n verlede jaar se UNISA teorie eksamen. Maria het 96%

behaal vir Graad 5 Musiekteorie. Die pryse van R750 elk word toegeken aan die drie

kandidate per graad wat die hoogste punte landwyd behaal het. By Maria verskyn haar musiek-

onderwyseres, Alison Müller. 'n Foto van Maria verskyn in volume 43.1, 2014 van

die Musicus uitgawe. Foto: Sanet Ackermann

5

6

Uit die kantoor van die

Munisipale Bestuurder...

Hanlie Linde

Kekkel & Kraai

Langstraat 79, Piketberg ����022 913 2297

� 022-913 2646

Gesonde Feta-en-Olyf Hoender

4 - 6 hoenderporsies 15ml origanum Sout en varsgemaalde swart-peper 2 wiele fetakaas, gekrummel 1/4 koppie olywe, grof gekap 2e olyfolie Voorverhit oond tot 200°C. Geur die hoender met die origanum, sout en peper. Lig die vel effens. Meng die fetakaas en olywe en stop die hoender onder die vel daar-mee. Pak op ‘n bakplaat en smeer met die olie. Oondrooster vir 40 tot 45 minute tot gaar. Bedien met ‘n groenslaai.

Ek hou van mense wat goeie idees het! En hier in Piketberg woon baie sulke mense. Uit die aard van my werk het ek die voorreg om gereeld met goeie idees “gevoer” te word deur ons publiek en daarvoor wil ek vir elkeen wat dit doen opreg dankie sê. Die nuutste baie goeie idee het gekom van Melonice Blanckenberg. Sy is die Bestuurder Gemeen-skapsontwikkeling by Weskus Distriksmunisipaliteit ver-antwoordelik vir ons area. Sy het saam met Gus Pickard (die koördineerder van Piket-Bo-Berg se Belasting-betalersvereniging) die briljante idee uitgedink van ‘n Speelgoed Biblioteek. Ons het dadelik van die idee ge-hou en nou het die Munisipaliteit in vennootskap met die Weskus Distriksmunisipaliteit en die Belasting-betalersvereniging van Piket-Bo-Berg, ‘n Speelgoed Bib-lioteek geopen op 16 April 2014. Die idee daarvan is om in hierdie landelike gedeelte ‘n plek te vestig waar plaaswerkers se kinders toegang kan kry tot opvoedkun-dige speelgoed en leermateriaal wat hul fisiese-, emosionele-, sosiale- en kognitiewe ontwikkeling sal stimuleer en verbeter. Speelgoed soos poppe, boeke, legkaarte en enige ander opvoedkundige speelgoed is van die leermateriaal wat deur ouers en kleuterskole by die Speelgoed Biblioteek uitgeleen kan word. Die uitleen periode is vir drie maande op ‘n keer. Die terrein is ver-skaf deur die Piket-Bo-Berg Inwoners. Die biblioteek is geopen by die Piket-Bo-Berg Inwoners Vereniging se kantore. Enige lid van die publiek wat goeie gehalte leer-materiaal en opvoedkundige speelgoed het wat hulle nie meer gebruik nie, word aangemoedig om dit te skenk vir hierdie wonderlike projek. Bring dit asb voor einde Mei 2014 na ons kantore te Piketberg en merk dit vir aandag Stanton Booys (083 2345 113). Die volgende speelgoed biblio-teek word reeds beplan vir Porterville Bo-Berg. Laastens moet ek darem namens die Munisipaliteit ‘n bietjie spog ook. Op 31 Maart het die Nasionale Ouditeur Generaal, Kimmie Makwetu, ‘n toekenning oorhandig aan Bergrivier Munisipaliteit vir die beste vordering gemaak tydens die 2012/2013 oudit. (Foto onder).

Sharron Adams, Hoof van Oudit in die Weskaap, Nasionale Ouditeur Generaal, Kimmie Makwetu,

Hanlie Linde, Munisipale Bestuurder, Evert Manuel, Burgemeester Bergrivier Munisipaliteit, Helena

Priem, interne ouditeur van Bergrivier Munisipalite it en Vise Ouditeur Generaal, Tsakani Ratsela.

Foto verskaf

WEN ELKE DAG PRYSE

10 EENHEID KONTRAK

5 EENHEID KONTRAK

MAANDELIKS ETE BY SPUR

DANKIE VIR U VOLGEHOUE

ONDERSTEUNING

7

8

Fondse bekom vanaf Weskus Biosfeer Bewaringsgebied, Wes-Kaap vir

Bergrivier Munisipale Area verslag deur die Munisipale Bestuurder

Die Weskus Biosfeer het fondse bekom vanaf “Table Mountain Fund” om sewe toekennings te maak van R20 000 elk. Bergrivier Munisipaliteit het aansoek gedoen vir 12 projekte en vier van die sewe moontlike toeken-nings verwerf. Uit die drie Munisipaliteite wat binne die biosfeer val (Saldanha, Swartland en Bergrivier), is 24 aansoeke ingestuur, waarvan Bergrivier Munisipaliteit 12 voorgelê het. Die toekennings is spesifiek vir gemeen-skapsprojekte en Tracy Stone en Stanton Booys het baie van die ondersteuningswerk vir die publiek gedoen om te kan aansoek doen. Die vier toekennings is vir: Lendas Kwekery in Goedverwacht – kweek kruie Groen Piketberg – Verfraaiing van Wyk 4 SHGS Groente – Groente kweek projek in Wittewater waar groente in tonnels gekweek word (bestaande projek wat uitgebrei word) FDSA Velddrif – Voedingskema in Velddrif (plant olyfbome en maak olyfolie) Hulle het reeds die kontrakte onderteken en sal 50% van die fondse kry, waarna die Biosfeer ‘n inspeksie sal uit-voer voordat verdere fondse oorbetaal sal word. Die Weskus Biosfeer sal al die projekte monitor vir volhou-baarheid en goeie besteding van die fondse. Die biosfeer se befondsing is vir ‘n drie-jaar periode beskikbaar gestel en daar sal verdere rondtes wees waarvoor ons kan aansoek doen. Enige iemand wat belangstel kan vir Stanton Booys kontak by 022 913 6077 of [email protected] Aan al ons wyksraadslede: Neem asb spesifiek kennis en moedig ons gemeenskappe aan om aansoek te doen. Die aansoek-proses is eenvoudig en maklik haalbaar.

Op die rakke van die Biblioteek Bespreking deur

Erin Nel

Piketberg Leeskring het op 19 Maart "Kan ek maar aan jou selluliet vat" be-handel. Dit was die jongste boek van gewilde Sarie rubriekskrywer, André le Roux, van 'Op die vrou af'. Groot was ons verrassing toe ons be-sef alhoewel min dames opgewonde was oor die boek, dat almal taamlik uitgesproke was en dus heerlik saamgesels het oor die kwessies. Veral waar dit handel oor hoe 'mans se koppe werk', wat ook die subtitel is van die boek. Die boek dek 48 mites oor die liefde en raak ernstige onderwerpe aan soos menopouse, buite egtelike ver-houdings, die stadiums van verlief wees, liefde en seks, maar word deurgaans gevul met lekker tong-in-die-kies grappies waarvoor die skrywer so geliefd is. Lees gerus hierdie interessante boek. Jy sal dit vind onder die nie-fiksie afdeling in die biblioteek en kom geniet volgende maand die Leeskring-oggend saam met ons.

Hoofstraat 21, Piketberg

Posbus 64, Piketberg 7320

Tel. 022 913 1600 022 913 2075

Het so pas GEMS kontrak gekry vir chroniese medi-

syne met lae of geen bybetaling!

Volgende Leeskring 14 Mei Die Pes/The Plaque deur Albert Camus

Bespreking deur Deidre Eigelaar

9

10

Paul de Villiers en Suzaan Coetzee is op 8 Maart te Citrusdal getroud.

Foto: Karien Fotografie

Morné Perreira en Roché Tredoux is op 15 Maart te Elandsbaai getroud.

Foto: Elmarie Louw fotografie

Johann Visser en Madelie Lochner is op 22 Maart op Piketberg getroud. Hulle is gevestig op Moorrees-burg, waar Madelie 'n haarkapster is en Johann 'n

ingenieur. Die diens is deur Ds Arnold van der Westhuizen van die NG Kerk Koringberg waar-

geneem. Foto: Vanessa de Villiers

Marius Kriel en Sanmaré MacRobert is op 15 Maart in die huwelik bevestig te Wagenaarskraal in die Karoo .

Foto: André van Niekerk van Vivid Blue

Maart ook ‘n Maand van Liefde...

11

12

Piketberg Drukkers is vanjaar 30 jaar oud. Die Piketberger se verbintenis met Piketberg Drukkers strek reeds oor die afgelope 20 jaar. Op die foto verskyn Morné Olesen, Besturende Direkteur, heel links saam met die per-

soneel van Piketberg Drukkers, met hulle aantal die nsjare tussen hakkies, agter John van Wyk (30), Mor né Goosen, Rodney Javan (2), JB Gouws (25) en Steve va n Wyk (20). Voor, Vivian Turner (23), Mariana Kirst en (21), Elizabeth Goedeman (21), Rosline Brink (7) en Oreli a Turner (17). Afwesig: Danny Goedeman (6). Morné O lesen

bedank sy gedugte span vir hul lojale diens. Die Piketberger wens Piketberg Drukkers geluk en voorspoed vir nog baie jare en bedank hulle vir hul vriendelike diens.

Foto's Marietha Goosen

Piketberg Drukkers Druk Deur vir 30 jaar

Nog ‘n A vir PHS Herschelle Benjamin, Gr 12-

leerder van PHS se 2013 groep het pas verneem dat

hy ook ‘n A-simbool verwerf het. PHS het dan vyf A-

kandidate opgelewer in 2013.

Baie geluk Herschelle - Red.

Foto verskaf

13

14

15

16

Truitjies vir die Winter Hannie Visser

van Badisa ont-vang truitjies vir

die winter wat gebrei is deur

Anna Burger en Hanna Schreu-

der. Die helfte van

die truitjies gaan aan die ACVV.

Foto:

Marietha Goosen

MEDIESE MEDIESE MEDIESE MEDIESE

PRAKTISYNSPRAKTISYNSPRAKTISYNSPRAKTISYNS

Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG

7320

� 022-913 1172 alle ure / all hours ���� 022 913 1907

Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri

Sat 08:00 - 13:00

022 913 2333 083 412 3070

[email protected] Belinda de Kock Langstraat 101, Piketberg

Markstraat 30, Porterville Hannon

Grimering en haar produkte nou beskikbaar.

Bekendstelling 21 Mei 2014 18:00 By De Berge Gastehuis

Sop & Sherry R50.00 per persoon

Vir meer inligting kontak Jolandie: 022 913 2333 072 436 9619

Ds ES Breytenbach vertel nog 'n staaltjie…

By 'n plattelandse gemeente het die gebruik ontstaan om so teen Kersfees en Nuwejaar 'n bietjie te ontspan en as wyke saam te kom op 'n Saterdagnamiddag en -aand. Dit het die vorm aangeneem van lekker gesels, saam eet en te eindig met 'n dans. Gemmerbier en ook wat sterker was, was vrylik beskikbaar en soos met die bruilof in Kana het die geleentheid teen die einde baie vrolik ge-word. Die huisies se vertrekkies was maar klein en van dans was daar nie veel sprake nie - meer 'n gewieg heen en weer. Die predikant was baie sterk gekant teen die gebruik, maar sy prediking het nie baie gehelp nie. Hy hoor toe van so 'n byeenkoms in 'n wyk en so na 10 uur gaan kyk hy wat daar aangaan. Die konsertinaspeler was net besig met 'n stadige wals, toe hy sien daar staan 'n man in die gangdeur. Hy gee net 'n roep na bo en raak ontslae van sy konsertina. Hoe die meestal gesette mense so gou by die klein deur en venstertjie uitgekom het, bly 'n raaisel, maar baie gou was die predikant alleen in die vertrekkie. Rondom die huis was digte turksvybosse en die veiligste plek om skuiling te soek. Toe dit Sondagmôre lig word, was almal nog nie bevry nie en nie een van die wykslede was in die kerk nie - te veel seer lywe om tuis te voel op 'n harde kerkbank. NS: As ek ooit my lewe kon oorhê, sal ek baie anders opgetree het - meer gelet het op die verlore skape as op die 99.

Seënwense aan Ds ES Breytenbach met sy 90ste verjaarsdag op

Saterdag 10 Mei

17

Foto’s: Carla Kellerman. Uitleg: Ansel van Schalkwyk Hierdie bladsy word geborg deur

18

20 Jaar Gelede — Mei 1994

Vanweë omstandighede is die stigtingsvergadering van die Blokkiesraaiselklub uitgestel na 7 Junie 1994. Name kan by die Biblioteek ingegee word. Die Goedverwacht Voetslaanklub wat uit 15 lede bestaan, het 'n uitstappie na die Cederberge on-d e r n e e m . Die VLV beplan 'n fondsinsameling met die Kunste-naars Gé Korsten en Rina Hugo. Steynville Sekondêr neem afskeid van Mev ES Gordon, wat sedert 1947 in die onderwys is. Alta Rossouw het 'n nuwe landsvlag aan PHS ge-skenk. Piet en Marleen Bruwer het 'n nuwe stormvlag g e s k e n k . Piketberg verwelkom die nuwe tandarts, dr Herold Truter, sy vrou, Elsabé en hulle babadogter, Jani. Bybelkor berig dat Piketberg met sy verteenwoordiger in die persoon van Hendrik Brand, vanuit 1400 versprei-ders deur die land, onder die eerste 10 is wat die ver-spreiding van Bybelkorstof betref.

deur Jannie Lategandeur Jannie Lategandeur Jannie Lategandeur Jannie Lategan

Wintertyd is leestyd Die Winter is in aantog en die koeler tem-peratuur is reeds in die vroeë oggend en teen die laatmiddag aanvoelbaar. Die son

is besig om gesig te wys in die woonkamer en nou kan elkeen hom verkneukel aan al wat 'n boek of artikel is. 'n Nuwe wêreld kan weer in elkeen se lewe ontvou en soveel verryking vind plaas met leesstof wat bou, verryk en kennis laat toeneem. Televisie het die hele wêreld tot binne elkeen se huis gedra, maar die insig wat deur lees teweeggebring word, is onmeetbaar. Jy visualiseer die karakters en die omgewing waaroor jy lees en plaas hulle op bepaalde plekke in jou eie denkwêreld. Jy “sien” kleur en beleef en ervaar die verhaal soos dit hoofstuk vir hoofstuk ontplooi. Jou denke word vasge-vang in elke moment, soos die outeur alles beskryf en jy kan selfs jou eie oordeelkundige afleidings maak. Jou verstand gaan op wye vlugte. 'n Onbeskryflike reisverhaal verbaliseer in jou denke en jy beleef 'n wêreld wat deur die skryfkuns aan jou gebring word. Jy “sien” helaas die geboue of geskiedkundige strukture waarvan geskryf word. Jy kan met groot selftevredenheid 'n boek neersit, wanneer die laaste sin gelees is. Opnuut is daar nuwe gespreksriglyne vasgelê wat jy nou eerstehands met an-der kan deel. Kleinlike gesprekvoering het nie nou meer 'n plek in jou lewe nie, want daar is soveel mooi en ver-rykende verhale waarvan jy nou kan vertel. Lees werk vernuwend in op elke lewe. Die intensiteit waarmee ge-lees word, kweek nuwe karaktereienskappe wat voort-vloei in jou optrede en handelswyse teenoor ander. Dis verstommend om te dink dat ons hele volk eintlik ten gronde sal gaan, omdat daar mank gegaan word aan die oordra van die belangrikheid van lees en nogmaals lees van goeie boeke. Die Afrikaanse taal leef in die let-terkunde, maar helaas ons kan nie veg vir die taal as ons hom nie lees nie. Deur te lees en goed te lees, is daar reeds 'n groot struikelblok oorkom om op die tersiêre vlak goed te vorder, want dit is dikwels volumes wat be-meester moet word en gelees en bestudeer moet word. Lees bevorder die korrekte frasering en help beslis met die korrekte taalgebruik en spelling. Idiomatiese uitdruk-kings herleef weer en rond 'n taal af. Met ‘n taal in jou kop, kan elkeen talle grense oorsteek, maar as jy nie die taal magtig of vaardig daarin is, waarin jy wil kommuni-keer nie, kan dit jou tot mislukking lei. ‘n Gebrekkige en beperkte woordeskat kan jou striem in vooruitgang. Taalarmoede kan helaas as ‘n gebrek be-skryf word. Jy kan ‘n taalpartikularis(*) wees of snaaks artikuleer en dit sal geen skade aan die karakter van jou taalgebruik maak nie; die belangrikste is net dat jy die woordeskat vasgelê en gestoor in jou geheue moet hê. Wil jy beter Engels magtig wees, lees baie Engels en as jy Afrikaans in sy volle glorie wil ervaar, lees Afrikaans en doen alles met oorgawe. TV het sy plek en tyd, maar lees, span die kroon wanneer dit met passie gedoen word...maak nie saak of jy vaktaal of letterkundige werke lees nie. Winter-tyd is leestyd. *Taalpartikularis ...'n Persoon wat daarna strewe om 'n streek-taal tot algemene kultuurtaal te verhef.

Word bedien met die beste produkte wêreldwyd.

Word verras met lieflike resultate.

Jou kontak vir maerword, ook vetword, gesondword

en mooiword!

Christa De Waal: 079 617 5394

Marietha Goosen: 083 654 3170

NUWE BEGIN FIKSHEID DIE TREK 28 PIKETBERG 7320 BELINDA DIPPENAAR 082 467 4076

Persoonlike afrigting klastyePersoonlike afrigting klastyePersoonlike afrigting klastyePersoonlike afrigting klastye Maandag & Woensdag

7:15; 8:15 & 9:15 en 14:45; 15:45 & 16:45 Vrydag 8:15 & 9:15

Spinning Dinsdag & Donderdag

7:15 & 8:15 en 12:15; 15:45 & 16:15

Kom & geniet die klasse saam met ons

Moedersdag Sondag 11 Mei

19

20

VLV Nuus

Graag wil ons almal baie hartlik uitnooi na ons Kun -ste-en-Handvlyt demonstrasie in die Kunsklas by Hoërskool Piketberg. Dit is 'n middag-vergadering o p 15 Mei om 14h30. Ferina Visser gaan vir ons ‘n kun-stige demonstrasie doen . Indien jy daarvan hou om jou kreatiwiteit te beoefen, gaan jy ook 'n geleentheid kry om iets moois te maak! Kom kuier gerus saam met ons, jy gaan beslis iets interessants leer! Die VLV Sirkel Weskus se 82ste Konferensie is gehou in Velddrif, al die dames was geklee in blou vir die tema: “Kom see toe in blou”. By die afgelope VLV-Konferensie in Velddrif op 5 Maart het twee van ons lede pryse verower. Frannie Botha het eerste prys in die kategorie “Preservering” met haar roosblaarjellie gekry en Netta Liebenberg het tweede prys gekry in die kategorie “Lekkers” met haar turkse lekkers gekry. Vyf lede van die Piketberg-tak het die konferensie byge-woon, Nicoline Brown, Dinette Lochner, Frannie Botha, Christa Myburgh (die bestuur) en Rosa Lategan as ere-g a s . Die res van die jaar se vergaderings vir Junie, Septem-ber, Oktober en November is om 09:00 in die Biblio-t e e k s a a l . Belangstellendes kan Nicoline Brown 022 913 1263 of Dinette Lochner 022 913 3346 skakel.

Slootgrawer Te Huur 5 ton

Billike Tariewe

Skakel Landlyn 022 914 5010

Selnr 084 846 4783

Yskas, Vrieskas &Yskas, Vrieskas &Yskas, Vrieskas &Yskas, Vrieskas &

Lugverkoeling Lugverkoeling Lugverkoeling Lugverkoeling (voertuig en residensieël)

Herstel,

Installasie en Hergas

Kontak

Henk Pieters 071 583 6164 Henk Pieters 071 583 6164 Henk Pieters 071 583 6164 Henk Pieters 071 583 6164

E.mail [email protected] [email protected] [email protected] [email protected]

By die tuinbouvergadering van 9 April het Kim Zim-merman van Somerset-Wes ‘n blomdemonstrasie aangebied. Saam met Kim, is Rita Esau, links, ko-

miteelid verantwoordelik vir die vergadering en reg s Katinka Morrison, voorsitter van die Blom– en Tuin-bouklub. Kim het agt asemrowende ontwerpe ges-

kep. Foto: Edó Photography

Die volgende vergadering is op 21 Mei en nie 7 Mei soos aangetoon op die kerkalmanak nie. Die klub besoek Hebron op die berg om te gaan kyk hoe boegoe ver-werk word. Vir verdere inligting aangaande vervoer en tyd van vertrek, skakel Katinka Morrison by 082 829 6918.

Tuinbouklub hou Blomdemo

21

JUNIE / JULIE VAKANSIE WINSKOPIES! KAAPSTAD - 3* PROTEA HOTEL SEEPUNT 2 Nagte vanaf R1 569 pp wat deel

KAAPSTAD - 4* SOUTHERN SUN WATERFRONT 2 Nagte vanaf R1 565 pp wat deel

KAAPSTAD - 5* AFRICAN PRIDE 15 ON ORANGE 2 Nagte vanaf R1 872 pp wat deel

KAAPSTAD - 5* COMMODORE HOTEL V&A 2 Nagte vanaf R1 586* pp wat deel

1 kind onder 12jr bly gratis + gratis ontbyt

KNYSNA - 4* LAKE PLEASANT LIVING 2 Nagte vanaf R795 pp wat deel

CLARENS - 4* PROTEA HOTEL 2 Nagte vanaf R1 255 pp wat deel GORDONS BAAI – 3* HARBOURVIEW LODGE 2 Nagte vanaf R390 pp wat deel HERMANUS – 3* EASTBURY COTTAGE(selfsorg) 2 Nagte vanaf R275 pp wat deel

GORDONS BAAI – 3*+ GASTEHUIS 2 Nagte vanaf R977 pp wat deel

kinders onder 6jr bly verniet; 6-14jr R200 elk

KONTAK ONS GERUS VIR HIERDIE, EN ANDER WONDERLIKE SPESIALE AANBIEDINGE!

TEL. NO: 022 913 1465 (Ma.-Vry. 08h00—17h00, toe tussen 1-2nm)

EPOS: [email protected]

*Terme en voorwaardes geld, pryse onderhewig aan beskikbaarheid en verandering

Services Offered

HOUSE SITTER / PET SITTER I am available for House-sitting / Pet-sitting as

well as farm sitting in the Bergrivier region. Please contact Heike on 084 372 3326

or [email protected]

Te Koop

Oefenfiets te koop Trojan - R500 In goeie toestand

H. Carstens 073 1582 334

enjins

22

Heerlike Beesbiltong te koop

R145,00 per kg (net hoeveelhede van een

kilogram en meer)

Suiwer Beesmaalvleis te koop R47,00 per kg

(net hoeveelhede van een kilogram en meer)

Kontak N Louw 083 441 4032

Woonstelle te huur 1 en 2 slaapkamers

Skakel Riaan 084 624 0963

Te Huur

Stoorarea te Huur Nieuwoudia Sentrum Piketberg

Oppervlakte 155m² Huur R4 000,00 plus BTW per maand

Skakel 082 804 1888

Wat sê die reg?

Jacques Ehlers

Latente en Patente Defekte Om ‘n eiendom te koop of te verkoop, is dikwels een van die belangrikste besluite wat jy ooit sal moet maak. Dit beteken egter nie dat dit een van die mees stresvolle besluite hoef te wees nie, mits jy jou huiswerk reg doen. Met die koop en verkoop van ‘n eiendom, kom die onderwerp van latente en patente defekte telkens op en is dit verbasend om te sien hoe dit deur, veral die kopers, oor die hoof gesien of geïgnoreer word. ‘n Latente defek is ‘n defek wat nie waarneembaar is met ‘n redelike inspeksie van die eiendom nie, byvoorbeeld waar die fondasie van die huis foutief is. ‘n Patente defek is ‘n defek wat sigbaar is op 'n redelike inspeksie van die eiendom, byvoorbeeld ‘n kraak in ‘n muur. Veronderstel ‘n potensiële koper inspekteer ‘n huis wat hy wil koop en merk ‘n kraak in ‘n muur in een van die kamers, maar hy besluit om voort te gaan en die huis te koop. Twee jaar later begin daar ook krake verskyn in die ander mure van die kamer, sowel as krake in die res van die huis. By nadere ondersoek word daar bevind dat die fondasies van die huis foutief is en dat die verkoper die krake in die huis herstel en geverf het voor die verkoping plaasgevind het. Ten einde die defekte nou te herstel, sal van die mure gesloop moet word, die fondasie herstel moet word en die mure herbou moet word, teen astronomiese onkostes. Die vraag wat nou ontstaan is wie verantwoordelik is vir die kostes daaraan verbonde aangesien die koopkontrak ‘n voetstoots klousule bevat? Waar daar 'n latente defek in die eiendom is, is die verkoper aanspreeklik vir die defek indien hy/sy daarvan geweet het en versuim het om dit aan die koper te openbaar, selfs al is daar ‘n voetstoots klousule in die koopkontrak. Die koper sal egter moet kan bewys dat die verkoper bewus was van die probleem en dat hy dit doelbewus van die koper weerhou het deur dit byvoorbeeld toe te pleister en te verf. Dit spreek egter vanself dat dit baie moeilik mag wees om die verkoper se intensies, tydens die koop, te bepaal. Faktore wat egter in ag geneem kan word, is pertinente vrae wat deur die koper aan die verkoper gevra is rakende die toestand van die eiendom alvorens die koopkontrak gesluit is. Indien daar bewys kan word dat die verkoper die defekte doelbewus van die koper weerhou het, is die volgende vraag watter remedies vir die koper beskikbaar is? Die koper kan een van die volgende doen, naamlik: Indien die koper nie die huis sou gekoop het as hy van die defekte bewus was nie, kan hy die transaksie kanselleer en skadevergoeding van die verkoper eis. Hierdie opsie mag egter problematies wees aangesien die eiendom reeds twee jaar gelede in die koper se naam geregistreer is. Alternatiewelik kan hy ‘n aksie teen die verkoper instel vir die vermindering van die koopprys tot ‘n bedrag wat hy bereid sou wees om te betaal as hy bewus was van die defekte. ‘n Verdere alternatief is dat die koper die verkoper aanspreeklik kan hou vir spesifieke nakoming, met ander woorde dat die verkoper die gebreke op sy eie onkostes moet herstel. Aan die hand van die bogenoemde is my advies aan potensiële kopers om altyd die eiendom behoorlik te inspekteer alvorens die koopkontrak onderteken word. Hulle kan ook die hulp van professionele “huis inspekteurs” inroep om die huis namens hulle te inspekteer. En net ingeval daar ‘n leser is wat nie wil glo dat daar só ‘n beroep is nie, tik volgende keer die woorde “home inspection services” op google se soek funksie en kyk wat gebeur...

Natuur Diploma vir

Leandré

Leandré Visser, oud-PHS’er het onlangs haar Nasionale Diploma behaal in Natuur-bewaring, by NMMU, Nel-son Mandela Metropolitan University. Leandré is tans besig met haar Btech graad in Natuurbewaring en spe-

sialiseer in omgewings-onderwys en -bestuur.

Foto verskaf

Jackie Thirion van Kei-moes is aangestel as opvoeder by PHS vir

Afrikaans Intermediêre Fase gr 4-6.

Foto: Marietha Goosen

Nuwe opvoeder by

PHS

Te Koop

Stuur asseblief gra-deplegtigheids-

foto’s en kort besk-rywing van graad na [email protected]

23

Vurkhyser Beginner

Vurkhyser Hernuwing

Geen akkommodasie of reiskoste word gehef nie.

Produktiwiteit

24

dorp

25

Die graad 1-leerders van Hoërskool Piketberg het 'n kankerbewusmakingsdag gehou om hulle maatjie

Emenick Truter te ondersteun wat tydems haar chemo. Almal het bandanas gedra en lekkergoed pak-

kies is geborg deur CHOC. Foto: Sanet Ackermann

Gr 1’s ondersteun Emenick

Oud-PHS’ers in WP o.21-span

Atletiek uitslae Keishan van Rooy ‘n leerder van Steynville Primer het die langnaweek in Paarl aan die kampioenskappe vir laerskole deelgeneem. Hy dring deur tot die finaal vir se-uns o.10 in 80m en 100m en behaal die 7de plek in 80m en 5de plek in 100m. Sy ouers wil alle borge bedank vir hul bydrae en diegene wat vir hom gebid het of sterkte toegewens het. Piketberg is trots op jóu, Keishan. Janke van Schalkwyk het skitterend presteer deur ‘n 4de plek te behaal in die verspring en ‘n 6de plek in die 200mH. Pamela Booys het ‘n 9de plek in die hoogspring behaal. Nicol van Shalkwyk wat vir Boland aan die ASA Junior Atletiekbyeenkoms te Coetzenburg deelgeneem het, het ‘n 8ste plek behaal in spiesgooi, seuns o.15.

“’n Bybeltjie vir ‘n Zoeloe-kindjie” - dis die waarde wat R60 in ‘n koevertjie kan toevoeg tot

iemand se lewe. Kix het reeds 73 Bybels bymekaar

Kix 2014-Projek “Vertel Vertel!”

Tydens die Klub Kampioenskappe

by De Hoek Gholfk-lub op 22 Maart het die Coetzee familie

geskiedenis ge-maak toe Ma

Annerie die vroue-afdeling gewen het,

Pa Gielie die C-afdeling en hul seun, Deon die

A-afdeling. Foto en berig:

Marie de Villiers

Coetzee Kampioene

Die Truter familie skryf… Graag wil ons net van die geleentheid gebruik maak om vir Jessica Grobbelaar van Bierman Grobbelaar Oogkun-diges dankie te sê vir die pragtige brilletjie wat julle vir Emenick gegee het. Danksy julle is sy nou weer op dreef en lê haar toekoms blink voor haar. God se rykste seën aan elkeen van julle by Bierman Grobbelaar Oogkundiges. Dankie ook aan Annelize en Corné vir al julle goeie diens en glimlaggies. Ons wil ook net namens ons dogtertjie baie dankie sê aan Juffrou Suné Rheeder en Juffrou Hanlie Olesen en al haar Gr1-maatjies en elkeen van julle wat haar onder-steun het die afgelope paar jaar. Dit was ‘n kwaai stryd, maar God het ons gedra en haar supersterk gemaak om die Kanker te oorwin. Dankie aan God. Dankie dat U hierdie mense op ons pad gestuur het en dankie dat U haar genees het. Aan almal wat ons bygestaan het en ons gehelp het, God se rykste seëninge voorwaar. Baie, baie dankie.

NG Kerk Piketberg Paasfees Dienste Donderdag 17 April - Nagmaal 19:00; Goeie Vrydag -

Nagmaal 09:30 Huis AJ Liebenberg; Paassondag 09:30

Chanelle Mouton en Leaney Barnard is opgeneem in die WP o.21 netbalspan. Hulle neem deel aan die SA

Kampioenskap te Margate in Junie. Foto verskaf

26

Aasvoëlkop Pret Draf en Pret Stap , gehou 22 Maart te Piket-Bo-Berg deur die Morawiese Kerk, Moutonsvallei Gemeente, was ‘n groot sukses. Daar is groot waardering vir die toename in die getal stappers/drawwers en daar word geglo dat dit nog meer sal toeneem by toekomstige w e d l o p e . Aasvoëlkop wedloop is die roete by Piket-Bo-Berg na die torings op Piketberg. Dit is ‘n asemrowende, natuurskone wedloop in die natuurreservaat en definitief aan te beveel aan ieder en elk wat nog nooit die voorreg gehad het om die uitsig van daar bo-af te kon sien nie. Daar was na die wedloop lekker koeldrank en wors-rolletjies om aan te smul. Elke deelnemer het ‘n sertifikaat en ‘n sak Zwaanswyk Farms appels ontvang. Almal kon ook gebruik maak van die waterpunte elke 2.5km om die keel so bietjie nat te maak. Daar was ook vele gelukkige prystrekkings verskaf deur verskeie borge soos Build it; Liebco Vleishandelaars; Winkelshoek Wynkelder; Ned-bank; Capitec; Kaap Agri; Zwaanswyk Farms; Carel van Niekerk Ingenieurswerke; Mooi Media en Boland Super-spar. Daar was verskeie afstande vir deelnemers: 5km, 10km en ‘n 16km wedloop. Baie deelnemers het dit gedoen vir die pret daarvan, maar verskeie deelnemers was baie ernstig oor die aangeleentheid. Baie geluk aan Thomas Struis wat die 16km afgelê het in 1hr07min, Chris Laus-berg wat die 10km in 53min voltooi het en Ravell Frans wat die 5km in 25min voltooi het. Ons is baie trots op die wenners wat so goed presteer het. Die Morawiese Moutonsvallei gemeente beoog om die fondse wat ingesamel is te gebruik om dan later uiteinde-lik ‘n kerk te bou, maar intussen eers die huidige geboue te onderhou en sosiale euwels te probeer bekamp dmv sosiale en sport aangeleenthede. Hierdie wedloop gaan beslis weer in die toekoms aange-bied word en ons hoop om u weer te betrek by hierdie pragtige wedloop. Baie dankie weereens aan al die borge wat hierdie dag vir ons moontlik gemaak het.

Die algehele wenners: Thomas Struis 16km wenner, Chris Lausberg 10km wenner en Ravell Frans wenner

van die 5km wedloop. Foto’s: Leana van Niekerk

Aasvoëlkop Pret Draf en Stap

FNB Classic Clashes 17 Mei

27

Mother Pearl het hul jaarlikse fondsinsameling om verskeie aktiwiteite te befonds. Hier oor-handig Marietjie Pedro, Bestuurder, ‘n koop-

bewys van R500 aan Bianca Dirks.

Huis van Heerde het hul jaarlikse Gholfdag gehou en hier oorhandig Lizelle Pedro, Spanleier, Boland Superspar se

bydrae tot die pryse.

Shofar Piketberg het ‘n uitreik Lesotho toe beplan en ons glo dit was ‘n

reuse sukses. Hier oorhandig Santie van den Berg Freshline beskuit aan die

Shofar Letsgo spanleier!

Op 5 April het die spanleiers en personeel van Boland Superspar besluit om die SPAR Woman’s Walk aan te pak. Die dag het opwindend begin met die druk verkeer. Almal het by die Groenpunt Stadion bymekaar ge-kom en die dag was vreeslik opwindend, gevul met mense met snaakse klere, mans aangetrek as vrouens, dit was groot pret! Marietjie Pedro - Winkelbestuurder, Sally Dietrich - Slaghuis spanleier, Maria Swarts -

Bakkery spanleier, Sherine Williams - TOPS spanleier, Lo-Me Baadjies –Koffiewinkel kelnerin, Ashwille Fredericks - TOPS kassier en Toni Smuts -

Skakelbeampte het almal namens Boland Superspar gaan stap.

28

Die Mouton’s Hoek gemeenskap het weer die jaar die Cansa stap aangebied. Hier oor-handig Charlene Pedro en Ve-ronica Britz die geskenkbewys aan Terena Janse van Rens-burg, Ina Janse van Rensburg en Annatjie Smit. Toni Smuts het namens die winkel ook saam-gestap. Moenie volgende jaar misloop nie dit is regtig ‘n fan-tastiese dag!

Baie geluk aan Reginald Julies. Shirene Williams

oorhandig die Castle Lager visstok aan hom. Groenvlei Primêr het op 27 Maart ‘n kosverkope

gehou om skoolfondse aan te vul. Hier oorhandig

Toni Smuts, Skakelbeampte die bestanddele aan Barrel Booys en Louwna Steenkamp.

Congratulations to Piketberg High School for being crowned as the team who played the most impressive rugby at the Tony Stoops Festival. Well done

we are proud to sponsor the best!