37
Jaargang 20 Nr. 9 022-913 1796 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... www.piketberg.com R2,00 Oktober 2013 AUTO ELECTRICAL SPECIALIST ONE STOP MOTOR PART SHOP PIKETBERG 022 913 1939 022 913 2404 Alle korrespondensie aan [email protected] Leon se Ontwerp Wen Leon van der Westhuizen, oud-PHS’er en derde jaar argitektuur student by Nelson Mandela Metropolitan Univer- siteit, het met sy ontwerp die “Student Designer of the Year”-prys voor nege finaliste landwyd opgeraap. Caesarstone, ’n internasionale ontwerp– en vervaardigings maatskappy, met hul hoof- kantoor in Israel, loods elke jaar 'n "Stu- dent Designer of the year" kompetisie. Stu- dente moes vanjaar iets ontwerp om die lewe te vier van 'n individu wat 'n groot by- drae gelewer het tot die Suid-Afrikaanse samelewing of omgewing. Leon se ontwerp is van ‘n museum teen Tafelberg ter ere aan dr. Christiaan Bar- nard wat die eerste hartoorplanting in 1967 gedoen het. Die tema is “The Heart of South Africa - get the blood pumping". Al die finaliste is deur Caesarstone Kaap toe gevlieg, waar hulle heerlik bederf is in die Hilton City Centre Hotel, gevolg deur 'n Glansaand in die "Young Blood Art Gallery" waar al die finaliste se ontwerpe uitgestal is. 'n Paneel van vyf wêreldbekende ar- gitekte het die voorleggings bestudeer en groot was die oomblik toe Leon van der Westhuizen van Piketberg as vanjaar se wenner aangewys is. "Hierdie jong ont- werper het die hele paneel se harte gesteel met sy ongelooflike kreatiewe ontwerp wat kop bo skouers bo die ander uitgestaan het. Met al die tonnels en aktiwiteite in die museum, het hy die konsep van die wer- king van die hart fenominaal vasgevang,” Vervolg op p6 Leon van der Westhuizen is aangewys as “The Student Designer of the Year”. Foto verskaf Hoof van Weskus...p4 Goud vir Pep...p4 Lentebruide...p8 Hystoestel herleef...p11 Die Piketberger 20 jaar gelede...p13 Huis AJL Lentetee...p20 Bergrivierkoor...p24 Aurora Gymkhana...p26 Glansryke Matriek- afskeid...pp28,29, 30 Sportprysuitdeling… pp32, 33 Stass kaptein...p33 Gimnastiek...p34

Piketberger oktober 2013

Embed Size (px)

DESCRIPTION

 

Citation preview

Page 1: Piketberger oktober 2013

1

Jaargang 20 Nr. 9 022-913 1796

Piketberg se koerant vir Piketberg se

mense...

www.piketberg.com

R2,00 Oktober 2013

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

ONE STOP MOTOR PART SHOP

PIKETBERG

022 913 1939 022 913 2404

Alle korrespondensie aan [email protected]

Leon se Ontwerp Wen Leon van der Westhuizen, oud-PHS’er en derde jaar argitektuur student by Nelson Mandela Metropolitan Univer-siteit, het met sy ontwerp die “Student Designer of the Year”-prys voor nege finaliste landwyd opgeraap. Caesarstone, ’n internasionale ontwerp– en vervaardigings maatskappy, met hul hoof-kantoor in Israel, loods elke jaar 'n "Stu-dent Designer of the year" kompetisie. Stu-dente moes vanjaar iets ontwerp om die lewe te vier van 'n individu wat 'n groot by-drae gelewer het tot die Suid-Afrikaanse samelewing of omgewing. Leon se ontwerp is van ‘n museum teen Tafelberg ter ere aan dr. Christiaan Bar-nard wat die eerste hartoorplanting in 1967 gedoen het. Die tema is “The Heart of South Africa - get the blood pumping". Al die finaliste is deur Caesarstone Kaap toe gevlieg, waar hulle heerlik bederf is in die Hilton City Centre Hotel, gevolg deur 'n Glansaand in die "Young Blood Art Gallery" waar al die finaliste se ontwerpe uitgestal is. 'n Paneel van vyf wêreldbekende ar-gitekte het die voorleggings bestudeer en groot was die oomblik toe Leon van der Westhuizen van Piketberg as vanjaar se wenner aangewys is. "Hierdie jong ont-werper het die hele paneel se harte gesteel met sy ongelooflike kreatiewe ontwerp wat kop bo skouers bo die ander uitgestaan het. Met al die tonnels en aktiwiteite in die museum, het hy die konsep van die wer-king van die hart fenominaal vasgevang,” Vervolg op p6

Leon van der Westhuizen is aangewys as “The Student Designer of the Year”.

Foto verskaf

Hoof van Weskus...p4 Goud vir Pep...p4 Lentebruide...p8 Hystoestel herleef...p11 Die Piketberger 20 jaar gelede...p13 Huis AJL Lentetee...p20 Bergrivierkoor...p24 Aurora Gymkhana...p26 Glansryke Matriek-afskeid...pp28,29, 30 Sportprysuitdeling… pp32, 33 Stass kaptein...p33 Gimnastiek...p34

Page 2: Piketberger oktober 2013

2

Redaksioneel

Teken in op Die Piketberger teen R99 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Redaksie ([email protected])

Berigte en foto’s: Marietha Goosen 022-913 1796

Advertensies:

[email protected] of sms 079 496 2719

Uitleg:

Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter

Volblad: R450 Halfblad: R300 Kwartblad: R200 Agsteblad: R140

Ander groottes op aanvraag.

Barbie Breunissen Marietha Goosen

Briewe van ons lesers...

Benodig Vrywilligers! Asook Skenkings van

tweedehandse komberse, handdoeke, leibande en

hondehokke of … borg ‘n sterilisasie!

Kontakbesonderhede: Minette: 079 249 1535

Beryl-Ann: 071 828 7952 [email protected]

NEDBank Piketberg SPAAR Rek: 2004892374

Hierdie advertensie word geborg deur Sam en Berenice

Scheepers

David en Myrtle skryf… Alle dank en eer aan ons hemelse Vader vir gebede wat verhoor is en dat Hy ons elke dag in die holte van Sy hand hou. Aan ons kinders, dankie vir die pad wat jul saam met ons loop en “gery” het sedert Mei. Stel jul voor twee 73-jariges wat die pad elke keer moes aandurf Grootte Schuur toe, in die donker en reën en verkeer. Baie dankie vir almal se gebede, sms’e, telefoonoproepe en besoeke. Dankie klink so min, maar dit gaan goed met David, want hy bly positief en glo Jesus wil, kan en sal hom genees. Dankie Ds Johan en Martin vir volgehoue belangstelling.

In Memoriam Dr Francois Erik

van Niekerk Oorlede 18.10.2012

Reeds een jaar van ons

weg. Sag val die trane van

verlange. Nooit sterf die band van

liefde wat ons bind.

Ons bly oneindig lief vir jou. Pa, Ma, Pierre, Sanet

en seuns

Die Piketberger se datums vir 2013 Sluitingsdatum vir Die Piketberger advertensies en berigte verskyn 15 Oktober 24 Oktober

Dis Partytjietyd Die afgelope maand word daar ernstig reëlings getref vir Die Piketberger se 20ste verjaarsdagpartytjie. Dié vrolike aand val saam met die verskyning van hierdie uitgawe op Donderdag 19 September. Die uitnodigings is uitges-

tuur en die reaksie was verstommend. Met uitsondering van 'n paar mense, het die meeste gaste flink gereageer en 'n ronde 100 mense gaan daar wees. Dié wat nie kan kom nie, het regtig geldige redes. Wat vir my so fan-tasties is, is die mense se goeie wense en mooi boodskappe wat ingestroom het. Komplimente vir Die Piketberger is kwistig uitgedeel en soos vir enige vrou, was dit vir dié 20-jarige 'dame' in gedrukte formaat won-derlik om gekomplimenteer te word. 'Sy' gaan nou net meer en meer blom en gedy in die toekoms. Ek neem maar aan dat die koerant vroulik is, aangesien dit nou net ek en Barbie is. Soos met dames oor die algemeen, sal dit sekerlik die laaste 'groot' verjaarsdag wees, aangesien 'sy' nou 'n sensitiewe stadium in 'haar' lewe betree. 'n Paar dekades sal nou ongesiens verbygaan, totdat ons by 80 kom, want dis min of meer weer wanneer vroue verder verjaar. Mans, daarenteen, is weer trots op al die myle wat hulle opsit - hoe ouer, hoe ernstiger word hulle

opgeneem en mense luister wanneer hulle praat. Pierre, op die foto, was 50 toe sy koerant, Die Piketberger, die lig gesien het! 'n Goeie tyd in sy lewe vir so 'n kosbare nalatenskap. Ja, dit be-teken Pierre word op 24 September 70 jaar. Baie baie geluk, Pierre. Dankie, nogmaals, vir hierdie juweel wat vir Piketberg uniek maak. Ons beste wense vir 'n voorspoedige aftrede met goeie gesondheid, sodat jy by al die

projekte kan uitkom wat jy nog beplan en vir baie jare nie altyd tyd gehad het nie. Ek het spesifiek 'n foto van Pierre gevra waar hy besig is om hande-arbeid te doen - vir iemand soos hy wat vir baie jare baie moes dink en met mense moes werk, is skep met sy hande 'n groot stuk bevrediging. Ek het iets daarvan beleef met my kombuis-kaste - en kan nou my vorige maand se storie afsluit en sê, die genade was groot en ek kon toe self my kaste verf. Wat 'n onbeskryflike vervullende maand in my lewe! Marietha

Page 3: Piketberger oktober 2013

3

Page 4: Piketberger oktober 2013

4

Klere vir die vrou met

eksklusiewe smaak

Winkel 022-913 2418

022-942 1787

Riana Smit 022-942 1787

082 921 1977

Nuwe Somervoorraad

beskikbaar

Hoof van die Weskus

Marius Scholtz, middle, van Hoërskool Piketberg het sy toekenning ontvang van Jannie Beukes, direkteur:

WKOD-Paarl en Gavin de Bruyn, Cape Teaching Leading Institute.

Foto: David Howburg, die Courant

Marius Scholtz, skoolhoof van Piketberg Hoërskool, is by ‘n glansgeleentheid aangewys as die Beste Skoolhoof in die Weskusstreek. Dit was die Streeksuitdunne vir die jaarlikse Nasionale projek van die Departement van Onderwys om uitne-mendheid in onderwys te vereer. Marius is aangewys as die wenner in die Weskusstreek in die kategorie: Uitne-mendheid in Sekondêre Skoolleierskap. Die volgende rondte is om wenners in die Wes-Kaap aan te wys. Daarna gaan die wenners meeding om die Na-sionale titel.

Goud vir Pep Piketberg se Pep Stores-tak is opge-wonde en verheug oor die goue sertifi-kaat wat hulle ge-wen het. Pep Stores word dwarsdeur die jaar ge-evalueer op s e k e r e p u n t e . Piketberg-tak het hierdie jaar voldoen aan al die kriteria en daarvolgens kon hulle die goue sertifi-kaat Piketberg toe bring. Voorwaar iets om op trots te wees en dit sou nie moont-lik gewees het as hulle nie as ‘n span saamwerk nie. Elke spanlid word bedank vir hul harde werk dwarsdeur die jaar. Pep kan ook hierdie jaar spog dat hulle die Sikhula KunYe sertifikaat huistoe gebring het. Dié sertifikaat gaan aan ‘n persoon wat die waardes van Pep uitleef en daagliks werk aan die groei van Pep asook die groei van sy spanlede. Vanjaar het die toekenning gegaan aan Frances Swanepoel. Pep Stores wil graag al hul klante bedank vir hul wonder-like ondersteuning. Hul klante is vir hulle soos ‘n groot familie en hulle waardeer elkeen.

Frances Swanepoel, regs voor en haar span met hul goue

Hoof, Huis AJ Liebenberg skryf... Dit is met leedwese dat ons afskeid neem van ons geliefde Suster Boys. Ons sal haar altyd onthou as die "moedertjie" wat oor ons almal bekommerd was en oor ons almal ge-waak het. Sy was vir my die spreekwoordelike Moeder Theresa, nie net hier in die Tehuis nie, maar ook in haar gemeenskap. Haar liefde vir haar medemens het sy ten volle uitgelewe en het my diep geïnspereer. Haar aanhaling van die oggendgodsdiens op ʼn Maandagoggend se sportboodskap vir die Siel. Elke verpleegster se wel en wee was aan haar bekend en sy het empatie gehad vir elkeen se omstandighede. Elke verpleegster moes maandeliks ʼn geldjie by haar kom "spaar" vir Desember sodat hulle iets het vir Kersfees en daar was gereeld ʼn broodgeldjie wat sy uitgedeel het aan die personeel. Haar liefde vir die natuur het sy ook hier by die Tehuis uitgeleef deur haar tuintjie - ʼn blommetjie was daar altyd op haar lessenaar in die siekeboeg. Sy het ook graag plantjies en blommetjies uitgedeel.

Huis AJ Liebenberg groet Suster Boys

Wyle Suster Boys Foto verskaf

Page 5: Piketberger oktober 2013

5

Page 6: Piketberger oktober 2013

6

Uit die kantoor van die

Munisipale Bestuurder...

Hanlie Linde

Kekkel & Kraai

Langstraat 79, Piketberg 022 913 2297

So sit ek ook elke Woensdag-oggend vroeg my twee ver-skillende kleur sakke op my sypaadjie. Verlede week ry ‘n buurman verby, betrap my in my pajamas by my sakke en vra my ‘n paar interessante vrae oor die herwinning op Piketberg. Net daar wonder ek hoeveel van ons dorp se inwoners die antwoorde ken. Nou vertel ek julle: Bergri-vier Munisipaliteit is in die unieke situasie dat alle vullis wat gegenereer word in ons hele area, vervoer moet word na die Highlands Stortingsterrein in Malmesbury. Ons probeer alles in ons vermoë doen om die vervoer-kostes hiervan te beperk. (80% van die totale kostes is die vervoer van die vullis). Ons stort geen vullis meer op ons stortingsterrein in Piketberg nie, omdat ons in die proses is om die terrein te sluit en te rehabiliteer. Slegs groen afval en bourommel word op geselekteerde areas gestort. Die groen vullis word versnipper en vir kompos- materiaal gebruik, terwyl bourommel gebruik word vir dekkingsmateriaal. Maar ons moes die vullis wat vervoer word, verder beperk en daarvoor is die drie sak stelsel (swart, deurskynend en groen) geimplimenteer. Elke hu-ishouding kan twee swart sakke per week uitsit (een daarvan word verskaf) en twee groen sakke met tuinvullis en grassnysels. Deurskynende sakke word gebruik vir herwinning, groen sakke vir groen materiaal en dan natuurlik die swartsakke vir alles wat oorbly. Slegs die swartsakke bereik die oor-laaistasies en word uiteindelik vervoer na die storting-sterrein in Malmesbury. Die doel is dus om so min as moontlik swartsakke te vervoer om kostes te spaar en om die voordeel dan uiteindelik deur te gee aan u, die kliënt. U samewerking het gehelp dat daar reeds 34% in vervoer-kostes bespaar is. Die voordeel vir die publiek was reeds ‘n baie laer vullistarief verhoging in Julie 2013. Op die oomblik doen Velddrif die beste met hul herwinning en ek vra graag dat elke Piketberger drie keer sal dink voordat hulle iets in ‘n swartsak plaas. Kom ons herwin! Dit is die regte ding om te doen! Baie dankie aan Riaan de Vries, Hendrik Krohn en Jaco Breunissen wat hierdie proses in die Munisipaliteit dryf met groot sukses. Herwinning is Her-WENning!

Paprika

1 eetlepel druiwepit-olie 6 ontbeende hoenderborsies Sap van 1 suurlemoen 2 teelepels paprika Sout Grofgemaalde swartpeper 1 eetlepel vars pietersielie, fyngekap Sny borsies deur om twee plat skyfies te kry. Verhit olie in pan. Rangskik borsies in pan. Voeg suurlemoen en paprika by. Geur met sout. Braai 6-8 minute aan elke kant. Plaas op opdienbord. Geur met peper en sprinkel met pietersielie. Genoeg vir 6 mense.

Lente Jolyt by Kruisfontein naby Redelinghuys

083 324 2210

Leon vervolg van p1… was die kommentaar van Jonathan Anstey van die pa-neel. Voorwaar ‘n trotse oomblik, toe dié plattelandse jongman op die verhoog klim en met die grootste glimlag 'n toespraak maak wat getuig van sy passie, drome en baie harde werk. Hy ontvang ‘n pragtige trofee, ge-raamde toekenning en ‘n oorsese reis na twee lande van sy keuse. So word nog een van sy drome be-waarheid....Italië (Rome) en Griekeland. Baie gepas word die glansaand met die wenner van NMMU afgesluit met 'n aanhaling van oudpresident Nelson Mandela: "It always seems impossible until it’s done…”

Skool heropen op 1 Oktober

Page 7: Piketberger oktober 2013

7

voorskrifbril*

Page 8: Piketberger oktober 2013

8

Lentebruide

Hanlie Kleynhans en Morné Olesen is op 7 September te Laatson, Porterville getroud. Foto: Adele Joubert Photography

60 jaar Huweliksherdenking

Gert en Elize de Beer het onlangs hul 60 jaar huweliksherdenking gevier met ‘n ete saam met

vriende by Huis AJ Liebenberg. Foto: Esmé Steenkamp

Riana Wium 084 2453 922 [email protected] Kerkstraat 33 Piketberg

Laerskool VRL hou Lentetee PHS se laerskool VRL het ‘n Lentetee gehou vir die inwoners van Huis AJ Liebenberg.

Gielie Hanekom en Carné Rossouw is op 24 Augustus te Laatson, Porterville getroud. Foto: Adele Joubert Photography

Page 9: Piketberger oktober 2013

9

uit te vind hoe

Page 10: Piketberger oktober 2013

10

Bespreking deur dr. Margaret Mollett Danie Schreuder se debuut is kontreikuns op sy beste; vertellings, sketse en verhale wat spreek van ’n wysheid gevoed deur ’n baie intieme kennis van en liefde vir ’n spesifieke stuk aarde. Die mond wat hier vertel, is een wat oorloop omdat die hart vol is, en die hart is vol van die Swartlandse dorp, Koringberg, en sy omtes,” aldus die uitgewers van ’n Beter Hemel (Tafelberg). Só skryf Danie: “Hoewel ek op Koringberg gekerk en geskool is, was ek altyd skaam om te sê waar ek van-daan kom. Koringbergers bry en wanneer ’n mens die naam sê dan moet jy twee keer bry – mense het my altyd gespot daaroor.” “Baie jare lank was mense verbaas om te hoor ek het matriek op Koringberg gemaak. ‘Is daar dan ’n skool?’ wou hulle altyd weet. Ek was dus eintlik nooit trots op my wortels op dié ou agter-af plekkie nie.” Een van sy vele herinneringe: “Kerkbasaars was feeste-like geleenthede op ons dorpie en veral geleenthede waar stories kon ontkiem. En waar mense hulle ware kleure gewys het.” Onskuldig was hy ook nie. Een jaar toe hy agt was, het hy ’n halfkroon by sy pa gekry om op dié dag te spandeer. Na hy ’n klein blommeruikertjie, twee koeksisters en twee kolwyntjies gekoop het, het hy na Ant Babie se kafee gesluip met die sikspens wat oor was en ses kougomme gekoop ― “sulke groot, vierkantige pien-kes.” “By die huis aangekom neuk my ma my omdat ek die Here se geld in the kafee loop uitgee het. Ek het bitter verontreg gevoel en ek voel nou dat my ma op ’n tegniese punt verkeerd was.” So gaan die vertellings, liries, sinies, bepeinsend, skreeusnaaks, selfs platvoers oor sy kinder- en jeugjare op die plaas Middeldrift voort. Op twee waterskilderye wat van foto’s gemaak is nadat die plaas verkoop is, lê Witte-water ver op die agtergrond. “Net so is my onthou van Wittewater en sy mense ook maar altyd daar ver op die agtergrond, witvlekkies op ‘n skildery. Maar wanneer my gedagtes dwaal na die mense wat my storie help weef het, dan is Wittewater se mense ook altyd daar. Elke keer wanneer ek na die skilderye kyk, is dit asof iets my fokus na die agtergrond, na die berg van Wittewater trek. Op ’n dag, baie jare daarna, besoek hy dié plek en kyk af op Middeldrift, na oorkant die rivier...”

Op die rakke van die Biblioteek

Tina Wolvaardt, Marietjie se dogter, skryf... Marietjie Gagiano, ‘n woonstelbewoner van Huis AJ Lie-benberg, is op 79-jarige ouderdom steeds baie avontuur-lustig, ons sukkel erg om haar uit die berge en van die klippe en die damwalle af te hou! Sy het op ‘n plaas groot geword. So, ek en my man, Anton, het besluit om vir haar ‘n baie spesiale Moedersdag geskenk te gee. Ons het gaan Zip-slide by Ceres. ‘n Mens bespreek en betaal by die stasie net waar jy Ce-res inkom en dan trek hulle vir jou jou harnas aan, laai jou in die bussie saam met twee toergidse, vat jou dwars-deur Ceres tot naby die eerste stasie. Van daar af is daar ‘n effense klim en ja, dan begin die pret! Jy kan alleen Zip of jy kan saam met een van die toer-gidse gaan. Ma het verkies om saam met die gids te zip, en hoewel sy aan die gids vasgegespe was, was sy steeds in beheer van die kontrole. Daar is agt slides en die uitsig is asem-rowend, panoramies! Jy slide, maar basies van een sta-sie na die ander totdat jy weer terug is by die bussie, dan neem hulle jou weer terug na die onderste stasie. Die tydsduur van die avontuur hang maar af van hoeveel mense op een een slag gaan. Na die tyd het ons by Die Tolhuis gaan eet. Ma het ‘n baie wye kennis van die natuur en is juis nou weer op ‘n Namakwa toer.

Zipline op 79

Die 79-jarige Marietjie Gagiano saam met Tina en Anton Wolvaardt.

Marietjie Gagiano saam met ‘n gids op die Zipline in Ceres. Foto verskaf

Salon Stella

Naels Bio Sculpture Gel Naels asook

Bio Sculpture produkte. Skakel 073 867 5556

Sonbed Spesiale Aanbod tot 30 September 2013

R150 vir 10 sessies of R20 per sessie. Skakel 022 913 1638 vir afspraak

VLV Vergadering — 17 Oktober 2013 Demonstrasie deur “Fish 4 Africa”

(Boland Superspar) Navrae Nicoline Brown 082 477 0665

Page 11: Piketberger oktober 2013

11

Voëlvlei hys weer na 20 jaar 'n Hystoestel oftewel "hoist", wat in 1993 deur Voëlvlei wyk geskenk is aan Thinus Duvenhage, is pas opgeknap en vir 'n tweede keer geskenk - dié keer aan Huis AJ Lie-benberg. Vir tien jaar het Thinus baie goeie diens uit die toestel gekry en het dit die lewe vir hom, sy vrou Kowie en dogter, Marnell, makliker gemaak. Sedert die Duven-hages se verhuising na Riversdal, is die "hoist" slegs ge-bruik tydens besoeke aan Piketberg. Die Duven-hages het besef dit kan nog van waarde wees vir iemand an-ders, en het daarom dit aan Voëlvlei wyk teruggegee. Die wyk het die toestel laat opknap by Van Niekerk In-genieurswese en 'n "blink-nuwe" hystoestel is pas in ge-bruik geneem by Huis AJ Liebenberg.

Van die personeellede van Huis AJ Liebenberg by die pasiënt in die hystoestel, is Suster Anna Marie van

Wyk, Verpl Leonora Swarts, Verpl Emily Adams, Verpl Sarina Baadjies, Stafverpl Rachel Adams en Verpl

Rachel Philander. Foto: Marietha Goosen

Die gewillige pasiënt wat vir die demon-strasie ingespan is,

is Lena Nelson en Ver-pleegster Emily

Adams sit handjie by.

Foto: Marietha Goosen Thinus Duvenhage skryf… Graag wil ek net namens myself Thinus, Kowie en Mar-nell baie dankie sê vir die Voëlvlei wyk dat hulle die ‘hoist’ aan my beskikbaar gestel het. Dit was oor tyd ‘n handige apparaat om te gebruik, want daarmee kon ek maklik oorskuif vanaf my rolstoel tot op my bed en weer terug of vanaf my stoel tot in die motor. Ek hoop dat Huis AJ Liebenberg ook soveel voordeel sal trek met die gebruik hiervan. Ek bedank ook graag die persone wat moeite gedoen het om die ‘hoist’ weer reg te maak.

Week van Bejaardes

1 tot 4 Oktober

Huis AJ Lie-

benberg

Page 12: Piketberger oktober 2013

12

deur Jannie Lategan

180 ruiters het die 120km uitmergelende rit deur die Woestyn begin. Die rit het bestaan uit vier dele (bene soos dit maar in die uithourit kringe bekend staan). 1ste Been – 40km 2de Been – 30km – oor duin 7 3de Been – 30km – langs die see 4de Been – 20km – deur die duine in die woestyn My perd, Tribes, was sterk deur die hele rit. Hy is 12 jaar oud en is ‘n Arabier/Saalperd kruising. Hy het al 2 000km in kompetisies voltooi. Ek hoop om weer in die Spring-bokspan met Tribes te ry in 2014. Hy was baie goed voorbereid vir die rit. Ons het geweldig baie probleme ervaar hierdie jaar om by die rit uit te kom en dis hoekom ek regtig trots voel op die prestasie. Soms werk dinge uit soos dit moet. Kom ek deel sommer ‘n paar intriges hierdie jaar met Tribes. 1. Met die Drie Nasie kompetisie was ek en Tribes in die WP-span om daar te gaan deelneem. Op pad na Faure-smith het hy in die “horsebox” geval en ek moes omdraai met hom. Ek kon dus nie gaan deelneem aan die kompe-tisie nie. 2. Op pad na Walvisbaai het ons op die grenspos prob-leme met dokumentasie gehad, maar na baie telefoon oproepe kon ons dit uitsorteer. 3. Ons het by Mariental oorgeslaap en die nag daar het Tribes in sy perde kombers verstrengel geraak en was so mank op sy agterbene dat ek nie gedink het ons sal kan wegspring in die kompetisie nie. 4. Aangekom by Walvisbaai, was sy hematokrit lesing 44 wat ‘n teken was van erge dehidrasie. Almal se raad was dat ek hom moet “drip”, maar ek het daarteen besluit. In drie dae het hy 100% herstel en sy hematokrit lesing was terug na normaal (33). 5. In Walvisbaai het hulle ingebreek in ons voertuig en alle perdepaspoorte is gesteel. Dit kon weereens beteken dat Tribes nie kon wegspring nie, want jy moet ten alle tye bewys kan lewer van al hulle entings en dat die perd waarmee jy ry wel die perd in die paspoort is. Uiteindelik kon ek egter wegspring. Bostaande is maar net ‘n paar van die probleme wat ons ervaar het. Ek wil werklik almal bedank wat die rit vir my moontlik gemaak het. 1. Ons Hemelse Vader vir die krag en talent wat hy aan my gegee het om die sport te beoefen asook ‘n onbaat-sugte liefde vir perde. 2. My vrou – om my die Vryheid te gee om die sport te beoefen en die kostes aan te gaan. (Glo my dis nie ‘n goedkoop sport nie en borgskappe is bykans onmoont-lik). 3. My ouers wat my liefde vir perde van kleins af ge-koester het. 4. Victor Kroon en Candice de Villiers vir al die onderste-uning en hulp.

Uitmergelende en moordende perde uithourit te Walvisbaai

Ek stel Dirk self aan die woord, wat nou reeds vir die tweede keer hierdie rit meegemaak het en reeds sy Springbokkleure verwerf het.

Dirk Lategan en Tribes waar hulle die Walvisbaai uithourit voltooi in die 6de plek in die swaargewig

afdeling. Foto: verskaf

5. Basjan Bruwer vir die gebruik van sy dubbel ka-juit bakkie. Op die foto maak ek klaar op die 120km rit. Soos julle kan sien, is Tribes nog op en wakker. Ek sou beslis die volgende dag nog ‘n rit met hom kon ry. Dis die geheim van die sport……jou perd kom altyd eerste. Die “motto” is: “To finish is to win”… dus om 6de te kon kom was vir my net so goed soos ‘n wen. Waarop ek net so trots is, is dat ek Tribes self beslaan (hoefysters aansit), voer met ‘n rantsoen wat ons self meng en oefen op ‘n program wat ons self uitwerk. Die Engelse het ‘n mooi woord daarvoor en dit vat dit vir my saam, “complete horsemenship”, dis waaroor die sport vir my gaan en dis wat my weer en weer terug vat om die tipe uitmergelende kompetisies te doen. Dit is die “ultimate challenge” vir perd en mens!

Klavierstemmer

Stem, herstel, koop, verkoop en restoureer klaviere.

‘n Klavier moet minstens 1 keer per jaar gestem word.

Kontak Wessel de Beer 023 232 0422 of 082 704 3276

Opgelei te Worcester.

Page 13: Piketberger oktober 2013

13

Kerkstraat 45 Piketberg

022 913 3903

R9-20

R42-80 R10-80

R16-00

Yogueta stokkielekkers x 48

Volroom Melk 1 liter

R6-50

Krag en selfoon lugtyd ook beskikbaar

R20-25

Sweets Mania

Bar-One Mini x24 Fruit Plus 100’s

Funny Faces x72 Yo-Yo bubblegum x 144

R37-90

GLOBALG.A.P

BENODIG U HULP MET

GLOBALG.A.P

(Opstel van lêers met nuutste regulasies)

KONTAK MARIZCA SWART

BY

082 928 2462

OF

[email protected]

Party Packs

Toffies x 50

R6-50

Terwyl voorraad

hou

Die Piketberger 20 jaar gelede

Nuusbrokkies uit Oktober 1993 se uitgawe van Die Piketberger Raadslid AA (Wolf) Liebenberg is vir die vierde termyn verkies as Onder-Burgemeester van Piketberg Munisipa-liteit. Jan Links, leerling by Steynville Sekondêr, is as Boland-skrumskakel gekies en het deelgeneem aan die SASSA-toernooi in Durban. Carel van Niekerk (jnr) van PHS is opgeneem in die WP Platteland Skaakspan. Briewe van ons lesers - slegs uittreksels: Johan en Marlien Smit skryf... Baie geluk met die eerste uitgawe van Die Piketberger. Ons glo dat die gemeenskap nog baie voordeel daaruit sal trek. Lank lewe Die Piketberger. Luit MH le Roux skryf… 'n Dorp met sy eie koerant het rede om spoggerig te wees. André Kennedy skryf… Hiermee wil ons die Hoërskool gelukwens met Die Piketberger. Dit is 'n goeie idee en dit kan net van krag tot krag gaan.

Page 14: Piketberger oktober 2013

14

Wat sê die reg?

Christelle de Villiers

Die volgende Piketberger verskyn op 24 Oktober

Berigte en advertensies moet ons bereik teen Dinsdag 15 Oktober

Betrekking Gesoek HUISHULP BESKIKBAAR

1 dag p/w (onderhandelbaar), koskook ingesluit. Goeie verwysings. Skakel 082 950 9093

Betrekking Aangebied Halfdag huishulp, 3 dae per week.

Moet kan stryk en kook. Geen naweke.

Kontak asseblief 082 780 8698

Huis te huur Netjiese 4-slaapkamer plaashuis te huur

te Eendekuil. Skakel 072 347 2069.

Stuur u advertensies na [email protected]

OU KLERE GESOEK

Ons soek asseblief OU KLERE of KLERE wat u NIE meer DRA nie. Dit word uitgegee aan behoeftige

persone. Kom laai asseblief af by Shofar Kerk, Kerkstraat,

Piketberg (skuins oorkant die Polisiestasie). "O God, I have tasted thy goodness" AW Tozer.

Navrae Christa Liebenberg by 084 629 3330.

geloofsoortuigings of waardes en beginsels nie. Maar, dit staan natuurlik elke prokureur vry om ‘n instruksie te aan-vaar en indien dit indruis teen sy eie geloofsoortuigings, kan hy dit weier sonder om redes te verskaf. Die goeie nuus is dat daar vele prokureursorganisasies is wat sekere gelowe onderskryf en hul praktyke daarop baseer. Daar is byvoorbeeld die “Christain Lawyers As-sociation”, die “Muslim Lawyers Association”, die “Black Lawyers Association”, ensovoorts. Prokureurs wat aan so ’n organisasie behoort beoefen dan hulle praktyke vol-gens daardie geloofsoortuigings wat onderskryf word. Dit alles word natuurlik ook gebalanseer teenoor die Grond-wet. Hoe kan ‘n prokureur ‘n verkragter verteen-woordig...het julle dan nie ‘n gewete nie? Hierdie vraag kom so algemeen voor, en prokureurs word baie maklik geoordeel aan die instruksies wat hulle aanvaar (spesifiek in die strafreg). Die kort en die lank daarvan is dat ‘n prokureur nie in ‘n posisie is om die oordeel te maak nie (tensy hy self op die misdaad toneel betrokke was, wat uiteraard nie die geval is nie). Wie is jy om te sê of die kliënt wel die misdaad gepleeg het? Prokureurs moet gaan op hul kliënt se weergawe, en vir alle doel-eindes bestaan daar ‘n vertrouensverhouding tussen die prokureur en sy kliënt. Prokureur moet sy kliënt se weer-gawe kan glo, hoe anders gaan hy met oortuiging sy kliënt verteenwoordig? Wat as al die “odds” teen jou kliënt se weergawe wys? Wel, dan sal die prokureur ge-woonlik sy kliënt adviseer om ooreenkomstig te pleit. Dit bly die kliënt se keuse, en as die kliënt stry teen die “odds” is dit niks makliker nie, en laat dit die prokureur maar weer net met die kliënt se weergawe. Indien die kliënt erken dat hy die misdaad gepleeg het verander die situasie heeltemal. Die prokureur, as amptenaar van die Hof, behoort dan sy kliënt te adviseer om skuldig te pleit, of andersins eerder van die saak te onttrek. Dit is en bly maar ‘n baie moeilike, en soms onmoontlike situasie in die beroep.

Waar kry ek ‘n prokureur wat volgens sekere geloofsbeginsels

praktiseer? Daar is kliënte wat vra, “ek soek asseblief ‘n Christen prokureur, of ‘n Moslem prokureur…” Prokureurs behoort nie in hul professionele hoedanigheid hul uit te spreek oor

Betroubare blanke man beskikbaar. Kode 14, goeie ondervinding van wye

verskeidenheid boerdery praktyke en besigheid. Benodig u dalk oeshulp met die komende

seisoen? Ek kan ook help. Woonagtig in Piketberg.

CV beskikbaar op aanvraag. Kontak 076 903 0300 / 082 266 0978

Services Offered HOUSE SITTER / PET SITTER

I am available for House-sitting / Pet-sitting as well as farm sitting in the Bergrivier region.

Please contact Heike on 084 372 3326 or [email protected]

Gesoek

Te Koop Motorfiets te koop. Piketberg omgewing.

R5 000,00 Kontak 082 921 1977

Naby CTI, bokant Tygervallei. Kontak 083 234 9598

Verblyf Beskikbaar

Geelhout en Embuia eetkamertafel met 8 riempiestoele en kas.

Akkerhout slaapkamerstel wat bestaan uit dubbelbed, spieëltafel en hangkas.

3 x TV-stelle. Kontak 083 407 0854

Page 15: Piketberger oktober 2013

15

Jacques Ehlers Prokureurs Jacques en Marié Ehlers het in Desember 2011 na Piketberg verhuis nadat hy ‘n betrekking as Prokureur by Brits en Pretorius Proku-reurs aanvaar het. Jacques het na ‘n loopbaan van 11 jaar in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag met sy studies in die regte begin en in 2004 sy LLB-graad aan die Noord-Wes Universiteit (Potchefstroom Kampus) verwerf. Sedertdien het hy ook gekwalifiseer as ‘n Ak-tebesorger (oordrag van eiendom) en Notaris (opstel van kontrakte). Jacques het as Algemene Praktisyn by Brits en Pretorius gepraktiseer tot en met die hartseer afsterwe van wyle Piet Pretorius, wat die alleen-eienaar van Brits en Preto-rius was. Die ongelukkige oorlye van wyle Piet Pretorius het genoodsaak dat Jacques ‘n nuwe firma moes stig en gevolglik is Jacques Ehlers Prokureurs op 1 Augustus 2013 by die Kaapse Wetsgenootskap geregistreer waarna die firma op 5 Augustus 2013 geopen het. Die kantoor is geleë te Langstraat 50B, Piketberg, op die boonste verdieping tussen Standard Bank en Check In. Enige kliënte en voornemende kliënte wat probleme on-dervind met die klim van trappe word vriendelik versoek om vir Irene Kitshoff, wat vir Jacques in die oggende bystaan, by hulle kantore te skakel ten einde ‘n afspraak te maak vir ‘n konsultasie in die gemak van u eie woning, alternatiewelik enige ander geleë plek van u eie keuse. Die dienste wat gelewer word sluit onder andere die vol-gende in, naamlik: Siviele Reg (Hooggeregshof litigasie en Landdroshof litigasie); Strafreg; Kommersiële Reg; Notariële Praktyk; Oordragte van Residensiële en Kom-mersiële eiendom; Boedels; Familiereg; Invorderings; Egskeidings; Huweliksvoorwaardekontrakte; Huurkon-trakte en Testamente. Wyle Piet Pretorius sal altyd bly voortleef in die nuwe firma en sal hulle voortdurend daarna streef om voort te bou op die uitstekende diens wat deur Brits en Pretorius aan Piketberg se gemeenskap gelewer is. Hulle streef nie net daarna om ‘n uitstekende diens aan hulle kliënte te lewer nie, maar is ook trots in die nakoming van die streng etiese kodes van hulle beroep.

Jacques Ehlers Foto verskaf

Jacques Ehlers Prokureurs Aktebesorging Langstraat 50 Notariële Praktyk Piketberg 7320 Kommersiële Reg Familiereg t. 022 913 1144 Siviele Reg f. 022 913 1145 Strafreg s. 083 548 1731

E-pos: [email protected]

Bied ‘n los goedere en motor veiling aan

Plek: Voortrekker Garage Voortrekkerstraat 7 Piketberg Datum: 28 September 2013 Tyd: 11h00 vm

Almal het iets wat in ‘n boks staan waarvan hul ontslae wil raak. Geen beter plek as ‘n veiling nie. Enige items is

welkom. Van ornamente tot motors. Niks is te groot of te klein om opgeveil te word nie. Items kan ingedien word vanaf 16 September 2013 tot op die dag van die veiling.

Laat inskrywings welkom.

Vir meer inligting skakel - Gerhardt 078 850 4961 - Anandi 072 730 2931

Aan die verkoper: Verkopers moet by inhandiging van goe-dere hul ID dokument en bewys van verblyf hê.

Uitbetalings sal teen Maandag 30 September 2013 afgehandel wees.

Aan die koper: Alle belangstellende kopers word versoek om die oggend voor die veiling te registreer. ‘n Terugbetaalbare

deposito van R100 sal by registrasie gevra word. Kopers moet by registrasie hul ID dokument en bewys van verblyf hê.

Geen items sal perseel verlaat tot dit ten volle betaal is nie.

Page 16: Piketberger oktober 2013

16

Pizza World

Duitse Familie kuier by Coetzees

Charlotte Persitzkie was 'n Duitse uitruilstudent wat by Venelee Coetzee aan huis was 'n paar jaar gelede. Na 'n paar keer wat die Duitse familie vir Venelee by

hulle in Duitsland laat kom kuier het, het hulle as ge-sin besluit om Suid-Afrika te kom besoek. Hulle was vir 'n week by die Coetzees en het die voorreg gehad

om Piketberg se Matriekafskeid eerstehands te beleef, waarna hulle na die res van Suid-Afrika gaan toer het.

Foto: Chantel Clarys

René op RSG Luister op 20 November op RSG na ‘n

onderhoud met René Rust van Piketberg.

HUIS AJ LIEBENBERG (50 JAAR LATER …)

WAAR: TILLALAAN WANNEER: 26 OKTOBER 2013

TYD: 9:00vm tot laat Bring u familie en kom geniet die dag

saam met ons! Behalwe verskeie vleisprodukte sal daar ook die

volgende wees: pannekoeke, poedings, roosterkoeke, tuisgebakte brood, kleinkoekies en beskuit, afvalpotjie, vars vrugte, groente,

blomme …. en nog vele meer!! KOM KRY WAARDE VIR JOU GELD

EN ONDERSTEUN TERSELFDERTYD ‘N GOEIE SAAK!!

Page 17: Piketberger oktober 2013

17

Malcolm Booys van Winkelshoek Wynkelder het Bemarkings Bestuur gestudeer. Sy Energieke en innoverende persoonlikheid dra hy alles oor in die

Bemarking en Verkope van ons nuwe sap reeks Frutmore. Vir enige navrae of inligting kontak hom gerus by:

Selfoon – 083 736 7363 of Epos: [email protected]

Page 18: Piketberger oktober 2013

18

34 Voortrekker Street. Piketberg Tel. 022 913 2819

Gebruikte Voertuie by GWM Piketberg JAAR VOERTUIE EKSTRA’S KM KLEUR VERKOOPPRYS 2011 FORD BANTAM 1.4 TDCi A/C P/U S/C AC 45000 WHITE R 119 995.00

2011 FORD EVEREST 3.0 TDCi XLT FULLHOUSE 45000 WHITE R 260 000.00

2010 FORD EVEREST 3.0 TDCi XLT AC; PS 72000 BLUE R 230 000.00

2011 FORD FIESTA 1.4i TREND 5Dr AC; PS 29000 ORANGE R 130 000.00

2008 FORD FIESTA 1.4i TREND 5Dr FULLHOUSE 119500 SPA R 110 000.00

2011 FORD FIGO 1.4 TCDi AMBIENTE FULLHOUSE 116700 WHITE R 100 000.00

2011 FORD FIGO 1.4 AMBIENTE AC; PS; CD 38000 SILVER R 105 000.00

2009 FORD FOCUS 1.8 Si 5Dr FULLHOUSE 91700 COLORAD R 158 000.00

2010 FORD IKON 1.6 AMBIENTE AC;PS 111000 SILVER R 109 000.00

2009 FORD IKON 1.4 AMBIENTE AC; PS; CD 100000 BLACK R 78 995.00

2011 FORD KUGA 2.5t WD TITANIUM A/T FULLHOUSE 86000 SEA GREY R 295 000.00

2009 FORD RANGER 3.0TDCi Hi-Trail XLE P/UD/C AC; PS 186000 WHITE R 217 000.00

2009 FORD RANGER 3.0TDCi XLE 4x4 A/T AC;PS 50000 BLUE R 285 000.00

2009 FORD RANGER 2.2i LWB P/U S/C PS 189500 WHITE R 99 995.00

X FORKLIFT HYSTER 3 TON X 9000ure GEEL R 49 999.00

2009 GWM 2.8 TDi LUX P/U D/C AC;PS 125000 SILVER R 105 000.00

2012 HONDA CBF 150 UNICORN 2000 BLACK R 19 500.00

2011 HONDA CIVIC 1.8 Lxi FULLHOUSE 55900 PEARL R 150 000.00

2009 HYUNDAI TUCSON 2.0 GLS FULLHOUSE 95548 OYSTER R 155 000.00

2010 JEEP CHEROKEE 3.7 LIMITED A/T FULLHOUSE 49800 SILVER R 255 000.00

2006 LEXUS GS 300 A/T FULLHOUSE 95000 GREY R 165 000.00

2009 MAZDA 3 1.6 ORIGINAL FULLHOUSE 78000 SILVER R 145 000.00

2009 MAZDA 5 2.0L ORIGINAL 6SP FULLHOUSE 57400 GROEN R 165 000.00

2008 MAZDA 6 2.3 DYNAMIC A/T FULLHOUSE 110146 BLACK R 118 000.00

2005 MAZDA DRIFTER 2500TD SLE P/U D/C FULLHOUSE 244300 BLUE R 115 000.00

2010 MITSUBISHI LANCER 2.0 GLS FULLHOUSE 69000 SILVER R 130 000.00

2007 NISSAN NAVARA 4.0 V6 P/U D/C FULLHOUSE 127000 SILVER R 165 000.00

2007 RENAULT MEGANE II 1.6 AUTHENTIQUE FULLHOUSE 62500 SILVER R 75 000.00

2004 RENAULT MEGANE II 1.6 DYNAMIQUE FULLHOUSE 98500 SILVER R 68 995.00

2011 TOYOTA YARIS ZEN3 ACS AC;CD;MAGS 53000 RED R 115 000.00

2011 TOYOTA YARIS ZEN3 ACS 5Dr AC; PS 64000 CHARCOAL R 115 000.00

2003 VOLKSWAGEN CITI.COM 1.4i 180480 WHITE R 45 000.00

Page 19: Piketberger oktober 2013

19

Page 20: Piketberger oktober 2013

20

MEDIESE PRAKTISYNS

Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG

7320

022-913 1172 alle ure / all hours 022 913 1907

Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri

Sat 08:00 - 13:00

Piketberg Museum het nou sy eie webtuiste!

www.piketbergmuseum.co.za

gaan kyk gerus.

Tydens die Septembervergadering het Micky Visser, Marinda Mostert en Katinka Morrison aan die lede

gewys wat hulle by die Helderberg werkswinkels, ty-dens die Helderbergskou, geleer het. Hier staan hulle

by van die ontwerpe wat gedemonstreer is. Foto verskaf

Tuinbou se volgende vergadering is op 9 Oktober en gaan 'n uitstappie wees.

Tuinbou Nuus Huis AJ Liebenberg hou Lentetee

By die Lentetee by Huis AJ Liebenberg was agter van links Annatjie Smit (lid van Redelinghuys VD), Winnie Grobbelaar (inwoner en VLV erelid), Betta van Niekerk

(inwoner) en voor, Dollie du Plessis (inwoner) en Christine Langeveldt (inwoner en VLV erelid).

In die kombuis by Nicoline Brown, VLV voorsitter, voor in die middel, verskyn van links Doreen du Plessis, Nanette Bothma, Frannie Botha, Alida

Walters, Alta Vos en Corne Brynard.

Van die lede van Redelinghuys VD by Huis AJ Lie-benberg agter van links Christelle Smit, Sienie Coet-zee en Nanette Bothma. Middel, Adele Coetzee, An-natjie Smit en Gerda van Schoor, voorsitter. Voor is

Jacqui van der Merwe en Corne Brynard. Foto’s: Riana Richter

Page 21: Piketberger oktober 2013

21

Sussietjie was as babakatjie verlam ge-laat nadat sy met 'n stok geslaan is. Sy word sedertdien deur Minette Cronje ver-sorg, maar is te af-hanklik om ooit aan-geneem te word. By-draes vir haar me-diese sorg is altyd welkom.

Belangstellendes kan

Minette kontak by 079 249 1535.

Larissa Beukman, Graad 7-leerling by Hoërskool Piketberg, versorg vyf katte op ‘n oop besigheidsperseel in Piketberg. Piketberg Ani-mal Welfare voorsien die kos met die doel om die katte weg te hou van besighede en huise waar hulle ‘n oorlas kan word deur sakke oop te skeur op soek na kos. Sodra Larissa hulle vertroue wen, wil ons die katte een vir een laat steriliseer en terugplaas of laat aanneem. Katte soos hierdie is gewoonlik deur hulle eienaars agtergelaat of weggegooi. PAW sal sken- kings van katkos en bydrae vir sterilisasiekoste waar-deer. Kontak gerus vir Beryl-Ann by 071 828 7952 .

PAW AMBASSADOR PIEKEL: “BLANKETS, FOOD, KENNELS,

LEADS, COLLARS, TOYS ALWAYS WELCOME”

CONTACT

071 828 7952 HELP US MAKE A DIFFERENCE!!

Larissa PAW Vrywillige Werker

Hulp vir Sussietjie

PAW kies nuwe bestuur Piketberg Aniwal Welfare het onlangs hulle nuwe bestuur gekies. Minette Cronje, voorsitter; Helena Priem, onder-voorsitter; Beryl-Ann du Plessis, Sekretaresse/Tesourier; Nicola Kellerman, fotograaf/jeuguitreik; Angelique Nel, jeuguitreik en opvoeding; Alta Vos, gemeenskapsuitreik en opvoeding.

PAW Geskenkpak Wenners

Dirk du Toit was die gelukkige wenner van ‘n ge-skenkpak wat geborg is deur Boland Superspar.

By Dirk is sy vrou, Marie en hul Yorkie, Miah. Nog ‘n gelukkige wenner was Madelie Burger.

Foto en berig: Beryl-Ann du Plessis

Page 22: Piketberger oktober 2013

22

Page 23: Piketberger oktober 2013

23

Page 24: Piketberger oktober 2013

24

Kom vier Kersfees met die Bergrivierkoor

Kersfees is sinoniem met oorvloedige genade, besinlike musiek, uitbundinge familiebyeenkomste, lewenslustige kinderogies wat ongeduldig op die koms van Sinterklaas wag, asook ‘n tydperk wanneer elkeen hom- of haarself ‘n tikkie weelderigheid gun en hul huise met betowerende kersversierings verfraai. Net soos menige huisvrou al sedert die vorige Kersfees die volgende Kersmaal beplan en die tafels behoorlik laat kreun onder die welbekende en sentimentele kulninariese spyse, so het die Bergrivier-koor die vergange maande met onskatbare oorgawe vir November se konserte geoefen om ons dorp en streek met ‘n keurspel van wonderlike Kersmusiek te trakteer. Kersmusiek geniet enorme populariteit; nie net is die musiek sielverkwikkend en alombekend nie, maar dit plaas ons ook in die stemming vir dìt waaroor die Kersboodskap eintlik gaan, naamlik die koms van Jesus Christus in die vlees en dat ons as mens met deemoed moet kyk na die dure prys wat die Vader betaal het vir ons as sterflinge. Deel van die Bergrivierkoor se missie is die opvoed-kundige aspek van musiek en om ons gehore aan so veel as moontlik komponiste en musiekstyle blootstelling te gee. Musiek is die taal van die siel en wanneer ons dit nie blootstel aan musiek nie, bly ons siele sprakeloos en behoeftig. Een van die onoorsienbare tydperke in die musiekgeskiedenis is die Barok era. Jou Barokmusiek omvat hoofsaaklik drie tydgleuwe naamlik; die vroeg-barok (ca. 1590-1625), middel-barok (ca. 1625- 1660) en jou laat-barok (ca. 1660-1725). Die Barokstyl se hoofeienskap is die ontstaan van tonaliteit of klanknuansering, en diè musiek word veral gekenmerk deur die koloristiese en “skilderkunstige” effekte. Tekenend aan die tydperk is dat komponiste en musikante al hoe meer gebruik gemaak het van meer ingewikkelde musikale versiering. Verder het veranderinge in musieknotasie en die ontwikkeling van nuwe instrumentele speel-tegnieke tot gevolg gehad dat die Barokstyl die grootte, omvang en kompleksiteit van instrumentele uitvoerings drasties verander het. Die mees belangrikste nalatenskap van hierdie era is dat dit dit wat ons vandag ken as ‘opera’, ‘kantate’, ‘oratorium’, ‘concerto’ en ‘sonate’ as volwaardige musikale genres gevestig het. Ekserpe uit ons repertoire is toegespits op vier Barokkomponiste te wete; Jeremiah Clarke (1670-1707), Antonio Vivaldi (1678-1731), Georg Friedrich Händel (1685-1759), en Johann Sebastian Bach (1685-1750). Van bogenoemde komponiste is Johann Sebastian Bach se musikale erfenis van onskatbare waarde tot die reformisme en geniet hy naas die ander drie vandag nog wêreldwye faam. Bach is in Eisenach, Duitsland gebore tot ‘n welbekende musikale familie. Terloops, Eisenach is dieselfde stad waar die vader van die reformasie, Martin Luther, die Bybel in Duits vertaal het om dit meer toeganklik vir almal te maak. Nie net was Bach se pa, broers en ooms bekende komponiste of instrumentaliste nie, maar Bach se kinders (hy het 20 kinders gehad) en breër familie was meerendeels befaamde en deurwinterde musici. Dank sy pa se apodiktiese rigsnoer, het Bach onder sy leiding die viool en klavesimbel leer speel. Later het sy broer hom klavichord lesse gegee en as toonaangewende invloed gedien tot Bach se kennis van eertydse kontemporêre musiek. Benewens sy sangtalent as koorknaap is Bach vroeg blootgestel aan die orrel wat hy later meesterlik sou bespeel. Hy was ‘n uitstekende orrelis wie gedurende sy leeftyd

uitstekende orrelis wat gedurende sy leeftyd deur die ganse Europa hooggeag was. Bach het in verskeie stede as orrelis en musikant gedien, maar sy grootste bydraes tot die musiek het ontstaan in Weimar waar hy Vivaldi leer ken het, en uit dié vriendskap het Bach begin om die Italiaanse en Duitse musiekstyle saam te smelt. Dit was egter in Leipzig waar Bach as kantoraat aan die Thomasskool (die wêreldbekende Thomaner seunskoor) verbonde was, waar hy sy grootste nalatenskap van kerkmusiek aan ons gelaat het. Bach het ook hier sy laaste rusplek gevind. Die Bergrivierkoor sing onder andere 7 uittreksels uit Bach se Weihnachtsoratorium (Kersfeesoratorium) wat hy in 1734 vir dié Kersseisoen gekomponeer het. Hierdie musiek verteenwoordig 'n uiters gesofistikeerde uitdrukking van die parodie tegniek, met ander woorde die gebruik van bestaande musiek wat na 'n nuwe doel aangepas is. So byvoorbeeld neem Bach die meerderheid van die koor gedeeltes en arias uit werke wat hy 'n geruime tyd vroeër gekomponeer het, harmoniseer dit, en kompliseer so die welbekende en eenvoudige toonsettings. Hierdie tegniek waar dikwels net die soprane die leitmotiv in hul stempartituur het vereis dus absolute matematiese konsentrasie van die sangers. Terselfdertyd plaas Bach ook die stemme in harmoniese konkurrensie met mekaar. Om hierdie tegniek te begryp, kom luister gerus na die Bergrivierkoor se vertolking van die bekende kerskoraal O Jesulein süβ (Afrikaanse teks ‘O Jesuskind rein’ deur wyle Prof Gawie Cillièrs) wat Bach in 1736 in Leipzig gekomponeer het. Indien U as lesers van Die Piketberger vroegtydig die Kersfeestemming wil ervaar, kom ondersteun gerus die Bergrivierkoor se konserte op Sondag 17 November om 16h00 in die VG Kerk te Porterville en op Sondag 24 November om 19h00 tydens die Kerssangdiens in die NG Kerk Piketberg. As gassangeres is die Bergrivierkoor bevoorreg om op Sondag 24 November die verhoog met Charlene Truter-Lackay (voormalige Pasella feuilletonis) te deel. In volgende maand se uitgawe verraai ons nog musikale geheime uit ons Kersfees-repertoire.

Bach se standbeeld voor die Thomaskerk in Leipzig. Berig en foto: Sherlock Fortuin

Page 25: Piketberger oktober 2013

24

Kom vier Kersfees met die Bergrivierkoor

Kersfees is sinoniem met oorvloedige genade, besinlike musiek, uitbundinge familiebyeenkomste, lewenslustige kinderogies wat ongeduldig op die koms van Sinterklaas wag, asook ‘n tydperk wanneer elkeen hom- of haarself ‘n tikkie weelderigheid gun en hul huise met betowerende kersversierings verfraai. Net soos menige huisvrou al sedert die vorige Kersfees die volgende Kersmaal beplan en die tafels behoorlik laat kreun onder die welbekende en sentimentele kulninariese spyse, so het die Bergrivier-koor die vergange maande met onskatbare oorgawe vir November se konserte geoefen om ons dorp en streek met ‘n keurspel van wonderlike Kersmusiek te trakteer. Kersmusiek geniet enorme populariteit; nie net is die musiek sielverkwikkend en alombekend nie, maar dit plaas ons ook in die stemming vir dìt waaroor die Kersboodskap eintlik gaan, naamlik die koms van Jesus Christus in die vlees en dat ons as mens met deemoed moet kyk na die dure prys wat die Vader betaal het vir ons as sterflinge. Deel van die Bergrivierkoor se missie is die opvoed-kundige aspek van musiek en om ons gehore aan so veel as moontlik komponiste en musiekstyle blootstelling te gee. Musiek is die taal van die siel en wanneer ons dit nie blootstel aan musiek nie, bly ons siele sprakeloos en behoeftig. Een van die onoorsienbare tydperke in die musiekgeskiedenis is die Barok era. Jou Barokmusiek omvat hoofsaaklik drie tydgleuwe naamlik; die vroeg-barok (ca. 1590-1625), middel-barok (ca. 1625- 1660) en jou laat-barok (ca. 1660-1725). Die Barokstyl se hoofeienskap is die ontstaan van tonaliteit of klanknuansering, en diè musiek word veral gekenmerk deur die koloristiese en “skilderkunstige” effekte. Tekenend aan die tydperk is dat komponiste en musikante al hoe meer gebruik gemaak het van meer ingewikkelde musikale versiering. Verder het veranderinge in musieknotasie en die ontwikkeling van nuwe instrumentele speel-tegnieke tot gevolg gehad dat die Barokstyl die grootte, omvang en kompleksiteit van instrumentele uitvoerings drasties verander het. Die mees belangrikste nalatenskap van hierdie era is dat dit dit wat ons vandag ken as ‘opera’, ‘kantate’, ‘oratorium’, ‘concerto’ en ‘sonate’ as volwaardige musikale genres gevestig het. Ekserpe uit ons repertoire is toegespits op vier Barokkomponiste te wete; Jeremiah Clarke (1670-1707), Antonio Vivaldi (1678-1731), Georg Friedrich Händel (1685-1759), en Johann Sebastian Bach (1685-1750). Van bogenoemde komponiste is Johann Sebastian Bach se musikale erfenis van onskatbare waarde tot die reformisme en geniet hy naas die ander drie vandag nog wêreldwye faam. Bach is in Eisenach, Duitsland gebore tot ‘n welbekende musikale familie. Terloops, Eisenach is dieselfde stad waar die vader van die reformasie, Martin Luther, die Bybel in Duits vertaal het om dit meer toeganklik vir almal te maak. Nie net was Bach se pa, broers en ooms bekende komponiste of instrumentaliste nie, maar Bach se kinders (hy het 20 kinders gehad) en breër familie was meerendeels befaamde en deurwinterde musici. Dank sy pa se apodiktiese rigsnoer, het Bach onder sy leiding die viool en klavesimbel leer speel. Later het sy broer hom klavichord lesse gegee en as toonaangewende invloed gedien tot Bach se kennis van eertydse kontemporêre musiek. Benewens sy sangtalent as koorknaap is Bach vroeg blootgestel aan die orrel wat hy later meesterlik sou bespeel. Hy was ‘n uitstekende orrelis wie gedurende sy leeftyd

uitstekende orrelis wat gedurende sy leeftyd deur die ganse Europa hooggeag was. Bach het in verskeie stede as orrelis en musikant gedien, maar sy grootste bydraes tot die musiek het ontstaan in Weimar waar hy Vivaldi leer ken het, en uit dié vriendskap het Bach begin om die Italiaanse en Duitse musiekstyle saam te smelt. Dit was egter in Leipzig waar Bach as kantoraat aan die Thomasskool (die wêreldbekende Thomaner seunskoor) verbonde was, waar hy sy grootste nalatenskap van kerkmusiek aan ons gelaat het. Bach het ook hier sy laaste rusplek gevind. Die Bergrivierkoor sing onder andere 7 uittreksels uit Bach se Weihnachtsoratorium (Kersfeesoratorium) wat hy in 1734 vir dié Kersseisoen gekomponeer het. Hierdie musiek verteenwoordig 'n uiters gesofistikeerde uitdrukking van die parodie tegniek, met ander woorde die gebruik van bestaande musiek wat na 'n nuwe doel aangepas is. So byvoorbeeld neem Bach die meerderheid van die koor gedeeltes en arias uit werke wat hy 'n geruime tyd vroeër gekomponeer het, harmoniseer dit, en kompliseer so die welbekende en eenvoudige toonsettings. Hierdie tegniek waar dikwels net die soprane die leitmotiv in hul stempartituur het vereis dus absolute matematiese konsentrasie van die sangers. Terselfdertyd plaas Bach ook die stemme in harmoniese konkurrensie met mekaar. Om hierdie tegniek te begryp, kom luister gerus na die Bergrivierkoor se vertolking van die bekende kerskoraal O Jesulein süβ (Afrikaanse teks ‘O Jesuskind rein’ deur wyle Prof Gawie Cillièrs) wat Bach in 1736 in Leipzig gekomponeer het. Indien U as lesers van Die Piketberger vroegtydig die Kersfeestemming wil ervaar, kom ondersteun gerus die Bergrivierkoor se konserte op Sondag 17 November om 16h00 in die VG Kerk te Porterville en op Sondag 24 November om 19h00 tydens die Kerssangdiens in die NG Kerk Piketberg. As gassangeres is die Bergrivierkoor bevoorreg om op Sondag 24 November die verhoog met Charlene Truter-Lackay (voormalige Pasella feuilletonis) te deel. In volgende maand se uitgawe verraai ons nog musikale geheime uit ons Kersfees-repertoire.

Bach se standbeeld voor die Thomaskerk in Leipzig. Berig en foto: Sherlock Fortuin

Page 26: Piketberger oktober 2013

25

Bradley in Konsert met bekende televisie gospel sterre

Bradley Miennies ‘n wel bekende jong man in die Berg-rivier en Cederberg is tans besig met sy derde gospel cd. Bradley se eerste musiek album, naamlik “Your Love Never Fails” was ‘n groot sukses. Onlangs het hy sy nuutste cd-album voltooi en hy glo dat hierdie album “Bradley in Worship” baie harte sal aanraak. “Bradley in Worship”- cd bestaan uit 11 geestelike “gospel” liedere. Drie dames van Eendekuil, naamlik Sariefa Maarman, Fiona Leukes en Annescka Assegaai, het die voorreg gehad om saam met hom die opname te doen, te Vishoek. Hierdie drie dames tree op as sy “backing vo-calists”. Boonop is Bradley se begeleier die bekende pi-anis, Chris Boois van Malmesbury. ‘n Voormalige lid van die groep “The Rockets”, Mnr Wilfred Cornellisen, tree op as sy musiek direkteur. Cornellisen is ook ‘n internasio-nale klankingenieur en het al met bekende musikante saamgewerk. Bradley se cd sal binnekort geloods en bekendgestel word. Bradley skakel dikwels met die Musiek Ontwikke-lings Agentskap in Kaapstad, wat bekend staan as “Cape Mic”. Bradley is geregistreer by SAMRO, die “South Afri-can Music Rights Organisation”. Hy is ook genader om ‘n gospel compiled cd met Donovan Isaacs van Super-sterre te begin. Voor die bekendstelling van sy derde gospel cd is hy te sien op die verhoog met twee bekende televisie per-soonlikhede naamlik, Tony Joshua van TBN en One Gospel kanaal en Sydwell Beziek, “I want to sing gospel” top 10 finalis. Die geleentheid geskied op 29 September 2013 te Citrusdal VG kerk om 17:00 en kaartjies kos R40.00. Nog vele bekende sangers sal hierdie geleen-theid bywoon ter ondersteuning van die “Bradley in Wor-ship” produksie. Ons beste wense vergesel hierdie jong, suksesvolle kun-stenaar. Bradley is beslis ‘n sanger vir wie ons dikwels in die toekoms gaan hoor. ‘n Goeie stem vergesel deur ‘n sprankelende persoonlikheid en mooi versorgde voorkoms voorspel net ‘n respep vir sukses vir die jare vorentoe. Besoek die jong sanger se facebook bladsy: Bradley in Worship vir meer inligting en kom luister self. Berig verskaf

Noodberig! PIKETBERGERS, julle het ‘n koor wat nog baie

groot gaan raak, hier en in die buiteland. Die BERGRIVIERKOOR, gaan einde volgende

jaar oorsee, op uitnodiging BOSTON toe. Om die hele koor daar te kry gaan van die lede moet staat maak op fondsinsameling. So het almal besluit om te woeker en iets te doen om GELD IN TE SAMEL.

Hou ons dop. Die BIO gaan ‘n uithaler ete, met moontlike optredes van plaaslike talent maandeliks

aanbied. Markdae gaan gehou moet word, en Saterdag-straat-optredes in die dorp oral rond.

Wees op die uitkyk, en as daar dalk ‘weldoeners’ is, laat weet, ons het lede wat op pensioen is, en party werkloos, en alles in die stryd sal werp om

die BERGRIVIER STREEK te kan showcase. Hou die pers dop en ons hou julle op datum.

- Sir Cobis Wilson -

Redelinghuys NG Kerk se Malgasbergwyk bied aan:

Heerlike Saamkuier Familiedag met

Boeresport & Potjiekos Waar: Scheppie Saus (Moutonshoek) Datum: 5 Oktober 2013 Vanaf: 09:00 Koste: Potjiekos etekaartjie R60 per persoon Etekaartjie vir kinders 8jr & jonger R30 ☺ Koffie- & Teetuin met varsgebak ☺ Tuisnywerheid tent ☺ Opblaas glybaan (Slip & Slide) ☺ Perdebegeleiding vir kinders ☺ Sakresies ☺Eier & lepel ☺3 been resies ☺ Toutrek ☺ Netbal } Spanne word die oggend saam-

gestel

Indien u self ook ‘n pot wil maak of vir enige verdere inligting, kontak gerus vir

Therena Janse v Rensburg 022 942 1533 of 083 677 0938

Jolita van Zyl 022 942 1653 of 083 611 1678

Vrouediens hou Lenteaand met Riekert Botha

Stoffel en Roché du Toit, Riekert Botha, Marlien Smit, Grace en Gys Dippenaar het die Lenteaand geniet.

Paul Burger, Bertus Olivier, Madelie Burger, Wilmien Olivier en Lindie Jordaan kuier gesellig by die

Lenteaand. Foto’s: Johan Smit

Page 27: Piketberger oktober 2013

26

Springkastele, Ball Pond, Waterwurm en Gladiator

te huur

Kontak Margaret 022 913 1777

Doodle T-Hemde

Die Gr.8 KK Spes leerders het in die tweede kwartaal die opwindende, maar ook uitdagende veld van

'Doodle' betree. ‘Doodle’, soos ons dit ken is 'n gek-rap op 'n stukkie papier terwyl ons op die foon ge-

sels, maar wanneer 'n mens 'doodle', kom dit wat in jou onderbewussyn skuil, uit. Dit is baie moeilik vir

ons as moderne mens om te laat gaan en ons oop te maak sodat ons vrylik uit ons onderbewussyn werk.

Die Gr.8's het begin grawe en na 'n kwartaal se 'doodle' het 20 totale individualistiese T-hemp ontwerpe gevolg, wat hul nou trots kan dra.

Hierdie spesifieke oefening is 'n ongelooflike metode om die leerders se selfvertroue, entrepreneurskap en

kreatiwiteit te bevorder, want nie net het hulle hard gewerk en pret gehad nie, maar het hulle 'n produk

om daarvoor te wys.

Foto’s en berig: Chantel Clarys

Op ‘n koue nat Saterdag 17 Augustus, is hierdie stil rus-tige dorpie in rep en roer. Die feestelikheid van die jaar-likse skou en Gymkhana-byeenkoms kon deur die hele dorp gehoor word. Verskeie Gymkhana-spanne vanuit die Boland het teen mekaar gewedywer met lanse en swaarde in die formele ruitersport kompetisie. Die punte wat ruiters by hierdie byeenkoms insamel dra by tot elke ruiter se punte wat bepaal of hy/sy Provinsiale- of selfs Springbokkleure verwerf. Beoordeling geskied volgens Internasionale standaarde vir Gymkhana en ruiters volg streng reëls en gedragskodes. Gedurende die namiddag, kon die entoesiastiese toeskouers verskuif na ‘n kleiner arena waar daar kans was om in te skryf vir ‘n regte egte wilde weste rodeo. Natuurlik het die plaaskinders geen Amerikaner nodig om hul enigiets te leer van hans-kalwers ry nie. ‘n Hele paar jong seuns het dan ook kans gesien vir die jong bulletjies in die kraal. Al het nie een juis langer as drie sekondes bo gebly nie, het die kinders met groot sportmangees die sand weer uit hul hare geskud en uit die mond gespoel. Die toeskouers het hul met groot applous beloon. Vir die jong manne het daar egter twee kwaai bulle gewag. Tog het ‘n hele klom-pie manne hul moed bymekaar geskraap en probeer om agt sekondes lank op ‘n bul te ry. Agt sekondes klink wel nie te lank nie, maar mens besef gou dis makliker gesê as gedaan. Die toeskouers het die hele skouspel oog-lopend geniet en selfs nie die koue nat weer het die ap-plous gedemp nie. Na al hierdie opwinding is almal verder vermaak deur onder andere JJ Strydom en daar is nog geskoffel tot laataand.

Gymkhana op Aurora

Hierdie seun wys hoe bedrewe hy is met kalfry.

Terwyl haar pa op sy beurt wag, kry klein Megan de Villiers kans om op sy perd te sit.

Berig en foto’s: Petrusa de Koker

Page 28: Piketberger oktober 2013

27

4U VERVOER

vir die vervoer van bousand, klippe, stene, sement, implemente, palette, vrugte en groente, veevoere, lewende hawe, koring, sement, kunsmis, rommel …

6 ton en 8 ton platbak vragmotors 2 X 6 m³ tipper, en ligter voertuie

Nou beskikbaar: Tuinsand en plaas-

mis teen billike pryse

Voldoende transito dekking. Vooraf bespreking noodsaaklik.

Kontak Fourie Lötz vir 'n kwotasie 082 660 2470 022-913 3984

VIR KWALITEIT EN GOEIE PRYSE EK KAN SPOG MET DIE WORS

Digger Loader werk

Uitgrawe van grond en sand

Skakel Adam 078 148 1771 of Fourie Lötz 082 660 2470

022-913 3984

Ons verwerk ook vleis en wild wat by ‘n goedgekeurde

abattoir geslag is

Swartland Honey Farm

Kloofstraat Piketberg Vrugte boere, vir u bestuiwings behoeftes, is ons tot u diens.

Skakel Kolie Lötz by 082 921 4697

Ons nooi alle senior burgers uit om ons fasiliteit

vir ouer persone te kom besoek gedurende die

week van bejaardes 1-4 Oktober 2013.

Kom kyk gerus watter dien-ste ons alles bied en hoe

ons na ons ouer persone omsien.

Groepe ook welkom

Kontak ons vir ‘n afspraak by 022 913 1228

Page 29: Piketberger oktober 2013

28

Hoërskool Piketberg hou Glansryke Matriekafskeid

Juné van der Westhuizen en haar met-gesel Tian Nel. Juné en Tian het saam hul skoolloopbane by PHS begin, maar Tian is in gr 8 Boland Landbou toe. Dit was baie spesiaal vir hulle om saam na

PHS se matriekafskeid te gaan.

Foto: Margaret Weideman

Michelle Langenhoven en haar met-gesel Carl Erasmus. Foto: Charlene Hall

Barno van der Westhuizen en sy metgesel Nicole Venter. Foto: Sammy Edmonds

Stephan Breunissen en sy metgesel Eska Lambrechts.

Foto: Edó Photography

Wege Olivier en Lezaan van Niekerk.

Foto: Ester Olivier

JJ Stander en sy metgesel Jeanne Nel.

Foto: Sammy Edmonds

Page 30: Piketberger oktober 2013

29

Claudia Burger en haar metgesel Jaco van Eeden.

Foto: Berenice Scheepers

Ané Venter en Duan Mostert. Foto: Edó Photography

Janeseke Rademan en haar metge-sel Erich Kankowski.

Foto: Leanda van Niekerk

Wynand Smit en sy metgesel Karli Truter.

Foto: Sammy Edmonds

Chanté Hartman en Herschelle Benjamin.

Foto: Gershwin Abrahams

Johmine Croeser en haar metgesel Neil Huyshamer van Porterville.

Foto:

Vone de Lange

Hoërskool Piketberg hou Glansryke Matriekafskeid

Page 31: Piketberger oktober 2013

30

Pieter-Hugo Wium en sy metgesel Michelle du Plessis. Foto: Edó Photography

Nog glansryke matriekafskeid paartjies

André Visser en sy metgesel Elandri Labuschagne. Foto: Kenneth Smit

Danelle Lochner en haar metgesel Deon Brand. Foto: L Rossouw

Nedbank bederf Andrea

Andrea Smit en haar metgesel Herbst van der Merwe. Foto: Mienie Scholtz

Hierdie jaar het Nedbank vir Andrea Smit geïdentifiseer om te bederf vir die matriekafskeid. Soos altyd het elke personeellid gehelp om Andrea se dag baie spesiaal te maak. Periëtte van HCT Makelaars het gehelp met die grimering en haar naels is gedoen deur Leonie by Salon Ke-yah. Andrea en haar metgesel, Herbst van der Merwe is in styl vervoer met ‘n Mercedes Benz wat behoort aan Johnny Jafta. Ons bedank graag almal wat ‘n aandeel gehad het om Andrea se dag vir haar spesiaal te maak. Dit was ‘n voorreg om Andrea te bederf aangesien sy ‘n pragtige mens is met ‘n baie spontane geaardheid wat haar nog ver gaan bring. Die personeel van Nedbank wens Andrea baie voorspoed toe vir die toekoms.

Page 32: Piketberger oktober 2013

31

Wiskunde Distrikswenners Piketberg het drie wenners in die pas afgelope Wiskunde Distrikskompetisie. Twee leerders, Jorden Pedersen in gr 3 en John-Elize Runba in gr 5 is van PHS (kategorie B-wenners) en Joanique Claasen in gr 7 is van Karookop Primêr (kategorie A-wenner). In hierdie kompetisie het die wenners uit die drie kategoieë A, B en C uit Kringe 2, 3, 4 en 5 teen mekaar meegeding. Piketberg het twee tweede plekke opgelewer, Nico Blanckenberg in gr 4 by PHS en Albert Grobler in gr 6 by PHS (kategorie B-wenners), asook een derde plek, Nic Visagie in gr 3 by Steynville Primêr (kategorie C).

Jorden Pedersen van PHS is die wenner in gr 3 (kategorie B). Derde is Anthea January van Laerskool

Lambertsbaai en tweede Timothy Daniels van Laer-skool Riebeeck-Kasteel.

John-Elize Runba van PHS is die wenner in gr 5 (kategorie B). Tweede is Van Dyk Mouton van Laer-

skool Olifantsvallei en derde is Armand van Dyk van Laerskool Lutzville.

Dr PJV Boonzaaier, Hoof van Kurrikulum in die Weskus Distrik saam met die wenners in gr 7

(kategorie A): Eerste is Joanique Claasen van Ka-rookop Primêr, tweede Mercelline Owies van Lutzville

Primêr en derde Marlo van Boom van Laerskool HP Williams.

Steynville Primêr Distrikswenners

Steynville Primêr se wenners in die Distriks Wiskunde Uitdaging was Sané Swarts, 3de in kategorie C vir

gr 6, Tristan Scheepers, 3de in kategorie C vir gr 2 en Nic Visagie, 3de in kategorie C vir gr 3.

Foto’s: Marietha Goosen

022-913 2646

WEN ELKE DAG PRYSE

10 EENHEID KONTRAK

5 EENHEID KONTRAK

MAANDELIKS ETE BY SPUR

DANKIE VIR U VOLGEHOUE ONDERSTEUNING

Kerssangdiens saam met Bergrivierkoor

17 November VG Kerk

Porterville 24 November NG Kerk

Piketberg

Page 33: Piketberger oktober 2013

32

PHS hou Sportprysuitdeling

Anke Schreuder, Victrix Ludorum, Terence Brown, gasspreker, Stass Nel, Victor Ludorum en Janke van Schalkwyk wen die Steeltech beker vir beste atleet in

die Laerskool.

Terence Brown saam met Bendert Smit, Victor Lu-dorum, Janét Stander, Victrix Ludorum en JJ Stander wenner van die Heldervue Estates beker vir die beste

atleet in die Hoërskool.

Beste junior netbalspeler in die Laerskool John-Elize Runba, gr 5 en beste senior netbalspeler, Janke van

Schalkwyk, gr 6 saam met Terence Brown.

PHS se beste tennisspelers, Freddie Visser beste seun in Laerskool, Bendert Smit, beste seun in die Hoër-

skool, Terence Brown, Suzaan Bassett, beste dogter in die Laerskool. Afwesig, Juné van der Westhuizen beste

dogter in die Hoërskool.

Terence Brown saam met Hagan Ludick en Louis Bester, beste junior en senior krieketspelers in die

Laerskool.

Terence Brown saam met Dewald van Deventer, gr 7 en Matthew Somers, gr 6 onderskeidelik die beste junior en

die beste senior rugbyspelers in die Laerskool.

Sportprysuitdeling foto’s:

Sanet Ackermann

Page 34: Piketberger oktober 2013

33

Die Sportvrouens van PHS vir 2013 is Janét Stander, Hoër-skool en Janke van Schalkwyk, Laerskool. Die Sportmanne

is Freddie Visser, Laerskool en JJ Stander, Hoërskool. Terence Brown staan by hulle.

Terence Brown saam met PHS se eie Proteas, Tinus Bronkhorst en Wickus Bronkhorst. Die twee

broers verteenwoordig die 2012 Proteaspan vir kickboxing.

PHS vereer sy sportmanne en sportvroue

Stephan Breunissen, gr 12 en Corné Wium, gr 9 is aangewys as onderskeidelik die beste senior en beste

junior rugbyspeler in die Hoërskool.

Janét Stander, gr 8 en Carla Smit, gr 12 is onder-skeidelik die beste junior en beste senior

netbalspelers in die Hoërskool.

Terence Brown saam met Jamile Sait, beste junior krieketspeler en Wynand Smit beste senior

krieketspeler in die Hoërskool.

Boland o/12

kaptein

Stass Nel, gr 6-leerder by PHS

is pas aangewys as

kaptein van die Boland o/12 rugbyspan.

Baie geluk

Stass!

Page 35: Piketberger oktober 2013

34

Level 3, agter van links Elné Burger (Silwer), Pamela Booys (Goud) en Sumarie Hanekom (Silwer).

Voor Annyda Janse (Silwer), Marelise Crous (Silwer) en Renate Coetzee (Silwer).

Ritmiese Gimnaste

Op 31 Augustus het die ritmiese gimnaste deel- geneem aan die Boland Kampioenskappe en het as volg gevaar, Level 1 en 2, agter van links Madelein van Zyl (Level 1 - Silwer); Elsje Basson (Level 2 -

Silwer) en Lené Nelson (Level 1 - Silwer). Voor Erna Koegelenberg (Level 1 - Brons); Lené Kruger (Level 1

- Silwer) en Anette Bruwer (Level 2 - Silwer).

Hierdie groep Ritmiese gimnaste het die volgende prestasies behaal in hul onderskeie ouder-

domsgroepe op die Boland Kampioenskappe op 31 Augustus 2013. Hulle verteenwoordig ook dan die Boland span in Durban tydens die SA Kampioen-

skappe gedurende 21 tot 25 September 2013. Level 4+ en groep, agter van links Yvona Louw (Level 5 - 1ste), Ané Nelson (level 6 - 1ste), Magdel Coetzee

(Level 9 - 1ste) en Christine vd Merwe (Level 5 - 2de). Middel Shanda Whitfield (Level 5 - 2de), Mia Oberhol-

zer (Level 4 - 1ste & groep - 1ste) en Jade Wilson (Level 4 - 4de & groep 1ste). Voor van links Mílah Baard (Level 4 - 1ste), Pamela Booys (groep 1ste), Franzel Basson (Level 5 - 3de), Elné Burger (groep

1ste) en Nicole Steyn (Level 5 - 1ste). Foto’s: Chrisna Baard

Flip van Niekerk e: [email protected] * m: 082 615 6747 t: 022 913 1539 * Kellermanstraat 4 * Piketberg * 7320

Alison se Swemskool 8 lesse @ R280

1e kursus 9—20 Desember 2e kursus 6—16 Januarie

Kontak A. Müller 073 229 2855

Page 36: Piketberger oktober 2013

35

Page 37: Piketberger oktober 2013

36