4
1 Sondag 29 Januarie Matt. 9:35-38; Efes. 2:8-10 Miskien is jy een van daardie mense wat vra: Waar kom die gedagte van geloofgewoontes vandaan? Dit is ‟n belangrike vraag. Aan die een kant is die geloofsgewoontes nie so nuut nie: Ons het almal grootgeword met geloofgewoontes: Stiltetyd en gebed (binnekamer), huisgodsdiens, erediensbywoning, die gee van my dankoffer, omgee vir siek mense en hulp aan mense in nood. Aan die ander kant is dit tog nuut: Die klem wat vandag vanuit ander kerklike tradisies op geestelike dissiplines geplaas word, is vir ons tog bietjie vreemd. Die geestelike dissiplines soos vas en meditasie ken ons nie regtig nie. Daar word gesê dat ons bepaalde dinge moet doen selfs met groot opofferings - om geestelik te groei. Dit is amper soos die oefeninge in „n gimnasium. As gereformeerdes is ons op ons hoede vir enige vorm van prestasie of verdienste . Ons is bang vir „n wettiese godsdiens wat maklik tot geestelike hoogmoed kan lei. Dit is dan wanneer mense begin onderskei tussen geestelikes en leke; wedergebore Christene en ander; geesvevulde Christene en ander.. Daarom is dit belangrik dat ons duidelik vir mekaar sal sê waar die geloofgewoontes inpas. Dit is: a. Deel van ‟n groter gesprek oor dissipelskap . b. Deel van ons verstaan van die werk van die Heilige Gees . Miskien kan die beeld van „n skiër wat deur ’n motorboot getrek word ons help. Jy het ‟n sterk boot nodig met al die nodige ski toerusting. Dan moet jy leer om te ski. Die regte tegnieke en vaardighede help jou om in die sleurstroom (“slipstream”) van die boot te bly. Die kuns is om die regte spanning op die tou te hou!

Preek 29/01/2012

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Dr Danie Dreyer toeskouer of Deelnemer? Matteus 9:35-38

Citation preview

Page 1: Preek 29/01/2012

1

Sondag 29 Januarie

Matt. 9:35-38; Efes. 2:8-10

Miskien is jy een van daardie mense wat vra: Waar kom die gedagte

van geloofgewoontes vandaan? Dit is ‟n belangrike vraag.

Aan die een kant is die geloofsgewoontes nie so nuut nie: Ons

het almal grootgeword met geloofgewoontes: Stiltetyd en gebed

(binnekamer), huisgodsdiens, erediensbywoning, die gee van my

dankoffer, omgee vir siek mense en hulp aan mense in nood.

Aan die ander kant is dit tog nuut: Die klem wat vandag vanuit

ander kerklike tradisies op geestelike dissiplines geplaas word, is vir

ons tog bietjie vreemd. Die geestelike dissiplines soos vas en

meditasie ken ons nie regtig nie. Daar word gesê dat ons bepaalde

dinge moet doen – selfs met groot opofferings - om geestelik te groei.

Dit is amper soos die oefeninge in „n gimnasium. As gereformeerdes

is ons op ons hoede vir enige vorm van prestasie of verdienste. Ons

is bang vir „n wettiese godsdiens wat maklik tot geestelike hoogmoed

kan lei. Dit is dan wanneer mense begin onderskei tussen geestelikes

en leke; wedergebore Christene en ander; geesvevulde Christene en

ander.. Daarom is dit belangrik dat ons duidelik vir mekaar sal sê

waar die geloofgewoontes inpas.

Dit is: a. Deel van ‟n groter gesprek oor dissipelskap.

b. Deel van ons verstaan van die werk van die Heilige Gees.

Miskien kan die beeld van „n skiër wat deur ’n motorboot getrek

word ons help. Jy het ‟n sterk boot nodig met al die nodige ski

toerusting. Dan moet jy leer om te ski. Die regte tegnieke en

vaardighede help jou om in die sleurstroom (“slipstream”) van die

boot te bly. Die kuns is om die regte spanning op die tou te hou!

Page 2: Preek 29/01/2012

2

Dissipelskap is om in die “slipstream” van Jesus te bly.

Soos wat Jesus self elkeen van sy dissipels geroep het, sonder dat

hulle iets gedoen of gevra het, is ons uit genade gered (Efes 2:8-9).

Ons is op God se uitnodiging opgeneem in Jesus se “slipstream”. Dit

het reeds by ons doop begin. Niks wat ons kon doen of watter wette

ons onderhou of watter geestelike dissiplines ons beoefen, kan ons

meer aanvaarbaar vir God maak nie. In Christus word ons herskep

om ons lewe te wy aan die “goeie dade waarvoor Hy ons bestem

het”. Daarom is geloof sonder gehoorsaamheid, ‟n valse geloof;

genade sonder navolging van Christus, is goedkoop genade

(Bonhoeffer).

Die beoefening van die regte geloofsgewoontes help ons om in die

“slipstream” van Jesus te bly, soos die ingeoefende gewoontes die

skiër help weer sy balans te herwin as die tou slap tussen hom en die

boot slap geword het en hy wil val. Meer nog, dit help ons om meer te

word soos Jesus was!

As dissipels van Jesus kyk ons na mense soos Jesus na hulle

gekyk het: “Die oes is groot …..”. Die teks is gewoonlik as „n

sendingteks gebruik. Dan is gewys op die ryp koringgerwe op die

sendingakker (simbool van die Sendingjaar – 1988). Dit is nie

verkeerd nie. Maar baie mense voel dat hulle nie op hierdie

manier betrokke by die sending kan raak nie en gee daarom

hoogstens hulle geldelike bydraes sodat werkers uitgestuur kan

word. Wanneer Jesus praat van die oes, dan praat Hy van die

“menigtes” rondom Hom. Hy sien die verskeidenheid van hulle

behoeftes raak as ‟n geleentheid. In die “slipstream” van Jesus

sien ons geleenthede vir die oes raak daar waar die Here ons

geplaas het – by my werk as onderwyseres, sakeman, dokter; in

Page 3: Preek 29/01/2012

3

my gesin en vriendekring as man of vrou, as pa of ma, vriend of

vriendin; as kliënt by ‟n besigheid.

As dissipels van Jesus voel ons oor mense soos Jesus gevoel

het: “Hy het hulle innig jammer gekry”. Ons hand sal nie in

beweging kom as ons hart nie in beweging kom nie. Wanneer ek

nie ‟n passie vir iets het nie, doen ek dit nie uit liefde nie, maar uit

plig. Ek doen dit omdat ek dit behoort te doen, nie omdat ek wil

doen nie. Omdat ons so oorweldig word deur die slegte berigte en

nood van buite, beskerm ons onsself deur nie koerante te lees en

nuus te kyk nie. Ons raak afgestomp. Verskillende dinge bring

egter verskillende mense se harte in beweging. So hoor ons van

iemand in Alberton wat baie swaargekry het toe klein was, wat nou

vir die behoeftige kinders in sy omgewing ‟n Kerspartytjie reël. Vir

sommige gryp die nood van kinders en vir ander die nood van

oumense aan; sommige word aangegryp deur die besoedeling

van die omgewing en ander deur die ellende in die

plakkerskampe. Daar is sekere take wat die Here net vir jou voor

kan gebruik met gawes wat Hy vir jou gegee het! Elkeen het ‟n

unieke taak in die insameling van die oes vir die koninkryk van

God. Mag die Here hierdie jaar elkeen van ons se oë oopmaak om

die geleenthede rondom ons raak te sien. So word ons deel van

die verhoring van Jesus se versoek dat die Here arbeiders vir die

oes sal uitstuur.

As dissipels van Jesus begin ons doen soos wat Jesus gedoen

het. Hy het mense geleer, die Evangelie van die koninkryk

verkondig en siekes gesond gemaak. Mag die Here ons ook help

om tot aksie oor te gaan. Om as gemeente en as lidmate in sy

Naam en in sy krag ‟n verskil te maak.

Page 4: Preek 29/01/2012

4

Geloofsgewoontes help jou om in die stroom van die Gees te

bly.

Net soos wat „n skiër foute maak en val, so het Jesus se dissipels

ook foute gemaak – hulle het op die vlug geslaan en selfs vir Jesus

verloën. Dan kom soek Jesus hulle op en help hulle weer om in die

stroom te kom deur die beoefening van die regte geloofgewoontes:

skuldbelydenis, gebed, getuienis. Die ingeoefende geloofgewoontes

help ons op in die stroom van die Gees te bly. Gal5:25 “Ons lewe deur

die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal.”

Die geloofsgewoonte van die lees van die Bybel (lecto divina) wil

ons help om die stem van die Here te hoor en daarvolgens te

lewe.

So help ons vriendskap as geloofsvennote ons om as gelowiges

nie moeg en moedeloos te word nie.

Die geloofsgewoonte van ontvang om te gee, wil ons help om te

leef uit die rykdom van God se genade.

Samevattend:

Die doel van geloofsgewoontes is om:

Die geloofstou tussen ons en Jesus styf te hou en in Sy

“slipstream” te bly.

Wanneer ons foute maak help die geloofsgewoontes ons om weer

in die stroom van die Gees te kom.