92
ProAgri ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer April 2014 No / Nr 170 ISSN 1042 - 1558 Meganisasie | Gewasproduksie | Hulpbronbestuur | Veeboerdery Slim raad oor saad Rooskoning se boerdery blom hou veeboerdery gesond TM SPESIAAL! Kry jou Bonnox NAMPO-uithaalkaart binne

Proagri 170

  • Upload
    proagri

  • View
    408

  • Download
    60

Embed Size (px)

DESCRIPTION

ProAgri is a monthly magazine focussed on technological developments, products and services of importance to agriculture. ProAgri is distributed free of charge to active commercial farmers throughout South Africa.

Citation preview

ProAgriProAgritegnologie vir die boertechnology for the farmer

April 2014No / Nr 170

ISSN 1042 - 1558

Meganisasie | Gewasproduksie | Hulpbronbestuur | Veeboerdery

Slim raad oor saad

Rooskoning se boerdery

blom

hou veeboerdery gesond

TM

SPESIAAL!Kry jou Bonnox

NAMPO-uithaalkaart binne

www.proagri.co.za ProAgri 170 – April 2014 3

Ek wil graag hê my kinders se kinders se kinders moet ook nog eendag lekker om ’n braaivleisvuurtjie kan sit

met mieliepap, boerewors en ’n kraakvars slaai, in Suid-Afrika. Ek wil hê die winkelrakke moet oor 10, 50, 100 jaar nog vol Suid-Afrikaanse kosprodukte wees. My droom is ook dat ons boere nie net in ander Afrikalande of oorsese landstreke erkenning sal geniet as skitterende vindingryke voedselprodusente nie, maar ook op eie bodem. ProAgri is deel van die voedselproduksie-waardeket-ting. Ons produk is inligting, maar ons is net so afhanklik van ’n groeiende bloeiende landboubedryf soos elke trekker- of saadverkoper, plaaswerker of uiteindelik enigeen wat bekostigbare kos in hierdie land wil hê. Die regering deel nie hierdie doelwit nie. Die minister van Grondsake se beleidsdokument waarin grondoordrag sonder vergoeding van die boer na sy werkers afgedwing gaan word, het hy waarskynlik in ’n ou Kremlin-kelder gaan uitkrap. Lees meer daaroor op bl 51 en moenie stilbly nie! Ons het verlede maand ’n vraelys oor georganiseerde landbou gepubliseer. Dit is nog op ons webwerf, volg net die skakel regs bo. Gaan vul dit as-seblief in en as jy nie ’n lid van georganiseerde landbou is nie, vra tog net jouself af, wie moet namens jou in die

raadsaal opstaan, veg vir jou eiendomsreg en vir minister Nkwinti sê sy plan gaan die land in hongersnood dompel? Ondertussen sal ons voortgaan om nuus oor landboutegnologie en meganisasie oor te dra, om ons boere te bemagtig om slim te boer. Ek glo u sal hierdie REUSE uitgawe geniet en ook die groot NAMPO-kaart nuttig vind. Kom kuier gerus ook by ons in die Hinterlandsaal by die Oesdagfees.

Boer slim!

Annemarie Joubert > [email protected]

Meganisasie4 Platsny: Wen alkante toe met Honeybee en Valtra9 Oes beter met RovicLeers se kolskoot-strooiers13 JWL het ’n plan vir meer bone in die bak15 So snoei Rumax wingerd: Tjoef-tjaf, dis af!17 Woodmizer open nuwe inkomstebronGewasproduksie21 Maak geld met jou graan in ABC Hansen-silo’s23 Boere sê geenbewerking kan werk25 K2Agri: Laat die stroper besluit29 Monsanto se navorsing ken geen einde31 Kies jou eie reënval met die Ocmis33 Capstone is ernstig oor saadHulpbronbestuur36 EasyUAV: Die boer se alsiende oog41 Tegnologie troef gevaar43 Auto Commodities: Diesel vir Afrika!45 Hoe om sin te maak van geld49 Besorg oor jou bates? Bonnox dit51 Verblyfreg: Wat hou die toekoms in?Veeboerdery53 Zoetis maak fyn beplanning moontlik55 Staalmeester: Boer en beeste glimlag ewe breed57 Nic die Sleepwa: Die resep vir ’n voorspoedige boerderyGereeld61 Veilings63 GeneGids65 AgriTrader84 Tweedehands59 Ons kuier by... die Rooskoning, Ludwig Taschner

Redakteursbrief Voorblad

Inhoudsopgawe / Contents ProAgri

Smart Publishing

Gebou 2, Menlyn Woods,Spritestraat 291, Faerie Glen

Tel: 0861-777-225www.smartpublishing.co.za

Business-to-Business: Agriculture ABC Oct – Dec 2013

39 758 average copies per month

Copyright © 2013. All rights reserved. No material, text or photo graphs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.

Redakteur tydskrif en aanlynAnnemarie Joubert > [email protected]

VerslaggewerDu Preez de Villiers > [email protected]

Senior bemarkerStefan van Wyk > [email protected]

Bemarkers: Klein advertensiesXander Pieterse > [email protected]

Adele van Tonder > [email protected]

Uitleg & grafi kaEsta van Niekerk

NavraeEngela du Plessis > [email protected]

Rekeninge Ronel Keet > 0861-777-225 [email protected]

Verspreiding en intekeningMarlien v d Westhuizen > [email protected]

SakebestuurderGeorge Grobler

4

13

21

25

49

55

Vee is ’n kos-bare belegging en verdien die beste moontlike sorg. Zoetis, wat baie boere dalk nog beter sal onthou as Pfi zer, het nie net uitstekende gesondheids-middels nie, maar kan boere ook help met die beplanning en skedulering van lamtyd. Lees meer op bl 53. Foto: Esta van Niekerk.

ProAgri se pampoen is aangewys as die mooiste pampoen op die Cullinan Boere-unie se jaarlikse pampoen-fees. Die bielie agter my, van Riaan Rossouw van Delmas, was die wenpampoen teen 115 kg by die Goliat van Gat Pampoenwedstryd.

Sien ons groot A2-NAMPO-kaart binne!

4 ProAgri 170 – April 2014 www.proagri.co.za

Tydens ’n hewige windstorm vang die verkeerspolisie ’n boer wat teen

160 kmu met sy stroper deur Caledon se hoofstraat jaag. Sy verweer? “Ek het hierdie koring geplant en ek gaan dit stroop selfs al moet ek dit tot an-derkant Bredasdorp teen die see jaag.” Dit is die werklikheid van die Over-berg: Die wind waai so kwaai dat dit, sodra die koring begin ryp word, die korrels uit die are waai en daar sit die boer, na al sy insetkoste en harde werk, met geen graan om te stroop nie. Maar ’n boer maak ’n plan: Die Overbergse boere sny die koring plat net voordat dit ryp word omdat die wind nie korrels uit are wat mooi stil op die grond lê kan waai nie. Sodra die koring dan mooi droog is, stoot die boer sy stroper met ’n optelsnoet in die windrye in en dan kan hy suk-sesvol stroop sonder om Caledon se verkeerskonstabels op hol te jaag. Ook gars en hawer moet platgesny word voordat dit gestroop word. Kanola het, benewens pitte wat uit die peule spring wanneer dit ryp word en deur die wind rondgewaai word, ’n ander rede om platgesny te word: In die golwende Overberg word die kano-la teen die warm noorderhange gouer ryp as teen die koeler suiderhange. As die boer nou die hele oes platsny wan-

neer die eerste dele volwasse, maar nog nie ryp is nie, kan hy tot veertien dae gouer oes en ’n eenvormige oes lewer. Dat platsny noodsaaklik is, is ’n uitgemaakte saak. Die vraag is: Waar-mee kan die boer sy oes platsny? Daar is goeie selfl oopplatsnyers wat baie goed werk, maar die grootste deel van die jaar, wanneer daar nie platsnywerk te doen is nie, ledig in die skuur staan en paaiemente vreet. Daarom kies die boer wat nie ledig-heid op sy plaas duld nie eerder die skitterende platsny-opsie wat die Val-trac-agent op Riviersonderend, Human Landboudienste, bied: ’n voortrefl ike Valtra TwinTrac-trekker met ’n ewe uitmuntende Honey Bee-platsnytafel. Dit bemagtig die boer om fl ink, vinnig en doeltreffend plat te sny en windrye te pak binne die kort ven-stertydperk wat gewasse hom toelaat, maar dan het hy die res van die jaar ’n bruikbare, gevorderde trekker wat allerlei take op die plaas kan verrig en nooit ledig staan en geld kos soos ’n selfl operplatsnyer nie. ’n Sinvoller belegging en beter waarde vir geld kry jy nie.

Die platsnytafelDie Honey Bee-platsnytafel is spesiaal ontwerp om besteding aan masjine-

rie te verminder en produktiwiteit te vermeerder. Die gevorderde tafel is van voor tot agter ’n toonbeeld van bruikbare ingenieursvernuf met sy hidroulies-aangedrewe tol en SCH Easy Cut-sekellemme met hulle doel-treffende snit en materiaalvloei, min-der slytasie en vibrasie en ongeloofl ike duursaamheid. Die gesnyde materiaal val mooi netjies op die versterkte poliëstervervoerband, wat dit sagkens na die uitlaai-opening vervoer om in ’n netjiese, egalige windry gepak te word – gereed vir die stroper se opteller. Die Honey Bee se vervoerband-spoed, tolspoed, platsnytafelhoek en afl aaiplek (in die middel, links of regs) word alles maklik en gladweg vanuit die trekkerkajuit beheer. Dieselfde tafel kan met ’n passtuk voor aan ’n stroper gemonteer word vir regstreekse stroopwerk in gebiede waar platsny nie nodig is nie. Die Honey Bee is in wydtes van 6,4 meter, 7,6 meter, 9,1 meter en 10,9 meter beskikbaar.

Die trekkerDie Honey Bee word maklik en vinnig aan ’n Valtra TwinTrac-trekker gemon-teer of verwyder wanneer die trekker vir ander take nodig is. TwinTrac beteken dat dié trekker-model spesiaal ontwerp is om ewe

Platsny: Wen alkante toe met Honeybee en Valtra

’n Valtra TwinTrac-trekker werk ewe goed vorentoe en agter-toe. Sy luggeveerde sitplek swaai bloot om en daar gaan jy. Hier pak die Honey Bee-platsnyer sy windry in die middel af, maar as daar te veel materiaal is om losweg onder die trekker se pens deur te beweeg, kan jy hom vanuit die trekkerkajuit verstel om aan die linker- of regterkant uit te pak.

Meganisasieeganisasie

Sien ons by NAMPO 2014

Die Honey Bee-platsnytafel kan vanuit die trekkerkajuit verstel word om sy netjiese windry links, regs of in die middel af te laai. Hier pak hy die windry aan die linker-kant. Kyk hoe netjies lê die are almal met hulle koppe na dieselfde kant gereed vir die stroper se opteller.

Wanneer daar platgesny moet word, is daar geen tyd om te vermors nie. Wanneer die Honey Bee tussen verskillende lande moet beweeg, ontkoppel die boer hom woerts-warts en sleep hom met sy aanboordwielstel teen die Valtra-trekker se pad-spoed van 40 kmu na die nuwe land.

goed vorentoe en agtertoe te kan werk vir toepassings soos platsny, kuilvoer-sny en bonestroop. Dié trekkermodel se luggeveerde sitplek draai net om en daar is ’n volledige stel kontroles agter sodat die trekker se werkrigting omgeswaai word sonder die geringste verlies aan beheer. ’n Valtra-trekker se ratkas en kroon- en kleinrat (crown wheel and pinion) en hulle laers is spesiaal ontwerp om krag in trurat te lewer. Gewone trekkerratkaste is nie ontwerp om permanent in trurat te werk nie, daarom is Valtra se TwinTrac uniek. Hans-Jurie-hulle demonstreer die Honey Bee WS30 wat 9,1 meter (30 voet) wyd sny met ’n Valtra T191 van 139 kW, maar ’n T171 van 135 kW sal ewe gemaklik met hom deur ’n land draf. As Valtrac-agente vir die streek be-mark Human Landboudienste Valtrac se volledige reeds voortrefl ike werk-tuie aan boere, waaronder ook Valtra-trekkers en Honey Bee-platsnytafels. Hulle bemark Valtra-trekkers met volle vertroue, want as kontrakteurs vir kunsmis- kalk- en fl oddertoediening gebruik hulle self al agt jaar Valtra-trekkers en volgens Hans-Jurie Human is dit ’n trekker in ’n klas van sy eie. ’n Kontrakteur se trekkers moet gewoon-lik heelwat harder werk as ’n boer se trekkers, daarom is die betroubare, werklustige Valtra vir hulle die ant-woord. Human Landboudienste het hulle eie onderdelemagasyn en opgeleide werktuigkundige wat verseker dat alle Valtrac-produkte in hulle streek voltyds volstoom werk, en die rug-steun en kundigheid wat hulle van Valtrac geniet, gee hulle die gemoeds-rus dat al hulle kliënte altyd tevrede kliënte sal bly. Valtrac is immers land-wyd bekend vir sy legendariese diens.

Vir meer inligting oor die Honey Bee-platsnyertafel en Valtrac se eersteklas Valtra-trekkers, praat met Hans-Jurie Human van Human Landboudienste by 083-557-1386 of [email protected]. As jy op ’n ander plek as die Wes-Kaap boer, skakel Valtrac by 056-817-7338. Besoek ook Valtrac se webwerf by www.valtrac.co.za vir meer inligting oor Valtrac se puik produkreeks.

Spesiaal!Bestel nou jou pasgemaakte Valtra van die fabriek af en kry die volgende teen spesiale afslagpryse:

• Vooras met lugvering en lugdrukremme• TwinTrac-trustuur• Voorgemonteerde driepunthyser met kragaftakker• MX-laaigraaf

Aanbod geldig tot 31 Mei 2014

www.proagri.co.za ProAgri 170 – April 2014 5

www.proagri.co.za ProAgri 170 – April 2014 9

boere en kontrakteurs wat mis, flod-dermis of organiese produkte teen ’n medium of hoë digtheid wil toedien

• Die PS 160 (UPS160SM) vir groot boere en kontrakteurs wat mis, flod-dermis, organiese produkte en kalk teen ’n lae of medium digtheid wil toedien.

PS1140TDie Kuhn PS1140T-strooier is ontwerp om 11,34 ton opgehoopte nat mis te dra. Opgehoop is die kapasiteit 10,8 kubieke meter. Sy strooiwydte is, afhangende van die materiaal, tot 6 meter en sy twee swaardiens horisontale werpers met hulle vervangbare werpspane verseker dat materiaal doeltreffend fyngebreek en wyd en egalig versprei word. Soos alle strooiers in die reeks, het die PS1140T ’n soliede bakkonstruksie met ’n bak wat lank genoeg is sodat dit met ’n laaigraafskop van 2,4 of 3 meter wyd gevul kan word. Die vervoerbandvloer word

Vir meer inligting oor RovicLeers se doeltreffende strooiers, sowel as hulle wye reeks ander werktuie, praat met Marius Ras by 082-453-4808 of 021-907-1700 of [email protected]. Besoek ook www.rovicleers.co.za.

Presisie is die wagwoord in vandag se boerdery, en dit geld ook vir

die toediening van mis en kunsmis. Goeie bemesting lei tot goeie, lonende oeste, en goeie bemesting beteken die stiptelike, eenvormige toediening van die regte bemestingstowwe volgens die plant se behoeftes en die grond se potensiaal. Daarom maak boere wat vir wins boer staat op net die beste mis- en kalkstrooiers: Kuhn PS strooiers wat in Suid-Afrika verskaf en rotsvas gerug-steun word deur RovicLeers, wat reeds sedert 1927 die boer se staatmaker-verskaffer van landboutegnologie is. Die nuwe PS-reeks strooiers is die toppunt van betroubare en akkurate strooitegnologie en sluit die volgende drie modelle in:• Die PS1140T (UPS140HB) vir boere

of medium-grootte kontrakteurs wat mis of organiese produkte teen ’n hoë digtheid (ton per hektaar) wil toedien

• Die PS 160 (UPS160VB) vir groot

Oes beter met se veeldoelige strooiers

Die KUHN PS160SD met die ACCUSPREAD® Spinner module is ontwerp om mis en kalk te strooi.

Die Kuhn PS160VB (UPS160VB) van RovicLeers is ’n robuuste, maar akku-rate missstrooier wat mis, fl oddermis en organiese produkte teen medium en hoë digthede toedien. Hy dra 17 ton en het, soos al die strooiers in die reeks, ligte sodat hy padlangs na ander lande gesleep kan word.

hidroulies aangedryf teen ’n spoed wat presies volgens behoefte verstel kan word. Die PS1140 het ligte sodat dit pad-langs vervoer kan word en net 66 kW trekkerkrag is nodig om hom aan te dryf.

PS160VB (UPS160VB)Hierdie bulstrooier is gemaak om groot oppervlaktes deeglik te bemes. Hy dra ’n volle 17,236 ton of 17 kubieke me-ter (opgehoop), maar draf tog ligvoets oor die land met sy breë tandemwiele. Sy vloervervoerband word deur vier ekstraswaardiensinhaakkettings aangedryf om die mis na agter te voer. Daar wag die hidroulies verstelbare beheerhek om die toedieningshoeveel-heid te beheer, vanwaar twee vertikale werpers met verharde werpertande dit oor die land versprei. Die UPS160VB kan ’n redelike hoeveelheid vreemde materiaal, soos klippe, baasraak en hy strooi tot 9 meter wyd, afhangende van die materiaal.

PS160SD (UPS160SM)Vir die toediening van mis, floddermis, organiese produkte en kalk teen lae of medium hoeveelhede per hektaar, is die akkurate Kuhn PS160 (UPS160SM) die antwoord. Hy strooi tot 15 meter wyd, afhangende van die materiaal, met sy Accuspread(R) – strooimo-dule. Die agterhek beheer die toedie-ningstempo haarfyn volgens die voorskrifte van die strooier se skaal-stelsel. Soos die PS160 (UPS160VB) dra hy 17,236 ton of 17 kubieke meter opgehoopte materiaal en benodig 118 kW trekkerkrag.

Meganisasieegani ie

Sien ons by NAMPO 2014

Ons hou die boer aan die boerVan planttyd tot strooptyd, deur die voerkraal tot in die

bos, bied INTTRAC TRADING net die beste werktuie vir die boer, en net die beste diens –

oral in die land, met die ondersteuning van meer as vyftig opgeleide handelaars.

INTTRAC TRADING is ’n invoerder, ontwerper en vervaardiger van ’n wye

verskeidenheid landboutoerusting van

topgehalte. ’n Groot voorraad tweedehandse onderdele is

ook beskikbaar.

INTTRAC TRADING CCINTTRAC TRADING CC

VoermengersInttrac se reeks Strautmann-voermengers meng deeglik en vinnig teen luierspoed en vra min trekkerkrag. Stilstaande- sleep- en selfloopmodelle vir enige grootte boerdery. Kuilvoerwaens

Strautmann-kuilvoerwaens beskikbaar van 40 tot 54 m³.

StrooiersDie reeks Strautmann-strooiers vir mis en kalk hanteer van 6 tot 26 ton. Groot strooiers ook beskikbaar met presisieboer-derytoerusting.

sss eneneneeennnery KuiKuiKuiKuilvolvolvovoerwerwerwrwwaenaenaenaene sss

StStStSDDDDvirvirvivirtotototbebeddd

ORSI

GeenbewerkingsplantersVence-Tudo-mielie- en fynsaadplanters is in verskeie modelle beskikbaar. Kan in onbewerkte en selfs klipperige grond plant.

MielieplukkerkoppeVence-Tudo-plukkerkoppe is doeltreffend en eenvoudig. Opsionele outomatiese hoogtebeheer beskikbaar.Plukkerkoppe van 6 tot 24 ry in ry-af-stande van 45 cm tot 1,8 m.

BaalhanteringDie Rhino is plaaslik ontwikkel en word met Duitse onderdele gebou. Laai 14 groot rondebale op een slag. Vol outomaties.Rhino-kuilvoerwa ook beskikbaar.

BoskappersORSI stoppel-/boskerwers 1,5 en 2,2 m breed, stoppelkerwer 1,5 tot 6 m breed.

Kom kyk self by Nampo! Standplaas 136

Vir boerdery sonder sukkel praat met Inttrac Trading by 016-365-5799

of 082-566-1455 of Adam van Aswegen by 078-457-0952 of

[email protected]. Besoek ook www.inttrac.co.za.

Inttrac verskaf ook die Sauter-koppelstelsel, wat ’n drie-punthyser en kragaftakker is vir voormonte-ring.

sien ons by NAMPO

2014

www.proagri.co.za ProAgri 170 – April 2014 12

Sojapeule het ’n nare manier om in die stroopproses oop te spring en

hulle kosbare inhoud op die grond te laat val in plaas van in die stroper se pens waar hulle hoort. En as hulle eers geval het, is dit boontjie verby! Manie Portwig en sy seun, DC, van Standerton het die geleentheid aangegryp om Werner Nel van JWL Landbou Voorsieners in Ermelo se oplossing te toets, naamlik ’n AWS-blaser. AWS staan vir Advanced WIND-REEL Systems en DC meen dit sal veral sojaboere loon om maar die naam te onthou. Die WIND-REEL kan vir enige stro-pertafel bestel word en dit is baie maklik om te monteer. Die eenheid het ’n waaier en die windspoed en hoek van die wind kan vanuit die stroperka-juit beheer word. Die wind loop in ’n pyp voor op die stropertafel en word dan deur spuitstukke afgevoer om seker te maak die soja spring nie uit nie, maar na die awegaar toe om weg-gevoer te word.

In Amerika is bevind dat tussen 67 en 200 kg/ha se soja wat verlore sou gaan, met die WIND-REEL se hulp herwin is. Werner het uitgewerk as dit in geld omgeskakel word beteken

“Ons kan nie tyd mors wanneer ons plant nie, en dit is hoekom

die Montag vir ons werk,” sê Wouter (jr) Kruidenier van Perdekop naby Volksrust. Die Montag kunsmiskar word ook deur Werner Nel van JWL voorsien en bied ’n oplossing aan boere wat vinnig en akkuraat met planttyd korrelkun-smis in die plantrye onder die pitte wil plaas om wortelgroei te bevorder. Die Montag se pens kan vyf ton kuns-mis dra en sy bek is groot ge-noeg dat Wouter-hulle met ’n telehan-teerder hulle eenton-sakke kunsmis gemaklik daarin kan uitgooi. In die bak is wurms (augers) wat die kunsmis roer en agter-op is ’n hidroulies aangedrewe waaier wat die

Meganisasie

Werner Nel van JWL Landbou Voorsieners het die AWS-oplossing vir verlore bone aan Manie en DC Portwig van Standerton bekend gestel.

Wouter Kruidenier van Perdekop sê die Montag-massakunsmistoediener spaar tyd, is akkuraat en sonder nonsies.

Vir hierdie, en nog baie ander landbou-oplossings, kontak Werner Nel van JWL Landbou Voorsieners op Ermelo by 079-506-7495, [email protected] of Jakes by 076-400-7801.

Bone in die bak is geld in die sak

Korrel raak met Montag

eganisasi

kunsmis deur die uitmeter na die pype blaas. Elke pyp se kunsmis word indi-widueel uitgemeet, en dit, sê Werner, is wat die Montag in ’n klas van sy eie plaas. Die Montag kan op ’n werktuig gemonteer word of op sy eie stuur-bare sleepkar agter die werktuig loop. Die kalibrasie is eenvoudig en dit kan as deel van ’n presisiestelsel gebruik word. Wouter sê: “Ons het die Montag regdeur die seisoen gebruik sonder om ooit ’n probleem te kry en ek kon veral by die jong mielies die verskil sien. Hulle het vinnig en goed gegroei omdat hulle dadelik toegang tot die kunsmis gehad het.”

dit dat selfs teen die laagste opbrengs (67 kg/ha) ’n boer net ongeveer 400 hektaar se soja hoef te stroop om die AWS se koste in een seisoen te dek. DC sê hulle het die AWS op so 200 hektaar gebruik en hy kan beslis die verskil in die werking van die stroper sien. Die soja maak nie bondeltjies nie, maar word glad en egalig na binne gevoer, wat beteken die stroper loop gladder en beter en daar kan vin-niger gestroop word. Soos ’n goeie boer maar maak, het DC ook sy eie proefneming gedoen deur twee areas af te merk, een met die AWS te stroop en een daarsonder en toe die pitte op die grond te tel. Dalk nie heeltemal wetenskaplik nie, maar op die spesifieke land was die verskil 121,7 kg/ha. Teen ’n sojaprys van R5 850 per ton, beteken dit R712 per hektaar meer in sy sak!

www.proagri.co.za ProAgri 170 – April 2014 15

om georganiseerde toere te reël, want medeboere, wingerdkundiges en selfs masjienvervaardigers van oorsee stroom na die plaas om te kyk hoe die masjien werk. Die snoeimasjien is die breinkind van Jaco Pieters van BJP Supplies in Worcester, wat aan ProAgri se lesers as die Rumax-man bekend is, met sy skitterende reeks voermengers en hamermeulens. Hy en Zirki het koppe byme-kaar gesit om ’n arbeidsbesparende meganiese oplossing te vind vir die tydrowende werk om druiwestokke te snoei. Zirki sê hy is van kleins af geleer dat snoei ’n fyn werk is met spesifieke lote wat voor spesifieke ogies afgesny moes word en dit was nogal ’n kopskuif om te maak na so ’n eenvormige snoeistelsel. Hy sê: “Dit het ’n tyd geneem om oor te skakel, want ons moes die wingerde spesiaal oplei vir meganiese snoei en ook sorg dat ons paaltjies en drade reg is sodat die lemme vry oor die wingerd kan beweeg.”

Hoe dit werkDie lemme, wat hidroulies vanaf die trekker aangedryf word, vorm ’n kas-sie oor die wingerd, sodat dit gelyk

Skakel Jaco Pieters by 082-335-3970 of 023-342-6070, e-pos [email protected] of besoek www.rumax.co.za.

Net omdat dinge al vir jare en jare op dieselfde manier gedoen word,

beteken dit nie dat dit die enigste regte manier is nie. ’n Rewolusionêre wingerdsnoeimasjien wat op eie bo-dem ontwikkel is, het die tonge aan die klap in die wynwêreld. Zirki du Toit van Goudini in die Breedekloof, op wie se plaas, Klipdrift, die prototipe die afgelope paar jaar getoets is, sê hy het dit al oorweeg

van bo af en aan die kante gesnoei kan word. Die hoogte en breedte kan verstel word. Die snywerk word deur twee snel bewegende stelle tande wat ’n skêrbe-weging uitvoer, gedoen. Die tande het ’n spesiale vorm en is van versterkte staal gemaak, sodat dit geen pro-bleem het om die winterlote te sny nie. Die lemme het ook ’n weg-breekaksie om skade te voorkom. Net agter die boonste lem loop ’n wurm wat die gesnyde lote wegvoer sodat dit nie op die plante bly lê nie. Die snoeiwerk kan teen 3 kmu geskied, wat beteken dat jy maklik ’n hektaar binne drie uur kan kafdraf. Die masjien is op ’n stewige raam-werk gemonteer, wat met gemak voor aan enige boordtrekker gehaak kan word en agterna op ’n uittrekstaander in die skuur gebêre kan word.

Maar wat sê die druiwe?“Wel, die kelder kom doen gereeld inspeksie. My trosvorming is inder-waarheid beter as gevolg van beter deurlugting en daar is niks fout met die gehalte nie. En ek spaar al die pad,” sê Zirkie. Jaco sê hy het die snoeimasjien, wat nog ’n naam moet kry, ontwikkel om Suid-Afrikaanse boere te help en mense is welkom om hom te skakel om oor die prys en beskikbaarheid te gesels. Hy lag lekker: “Die ouens van oorsee het kom kla oor my prys; hulle sê ek is besig om hulle uit die mark uit te prys!”

Die snoei-masjien het sy eie uittrek-staander waarop hy na sy harde werk netjies in die skuur kan rus.

Zirki du Toit van Goudini in die Breedekloof glimlag breed oor al die tyd en arbeid wat Rumax se wing-erdsnoeimasjien hom bespaar.

So snoei Rumax wingerd:Tjoef-tjaf, dis af!

Die nuwe Suid-Afrikaanse patent om wyndruiwe blitsig en netjies te snoei het wyn-boere aan die gons.

Meganisasieeganisasi

Sien ons by NAMPO 2014

www.proagri.co.za ProAgri 170 – April 2014 17

Danny Muller se plaas, Rus ‘n Bietjie, buite Hofmeyr is die tuiste

vir Tripple Stars Trading, ’n dinamiese saagmeul-onderneming wat reeds aansienlike suksesse behaal het, hoe-wel nog in sy kinderskoene. As ’n boorling van Cradock in die Oos-Kaap en met ’n bewese agter-grond in die landbousektor, is Danny Muller deeglik bewus van die eise van suksesvol boer in Suid-Afrika. Al het Rus ’n Bietjie se boerbok-boerdery en perde wat vir uithou-wedrenne geteel word mooi groei gebring in die vyf jaar wat Danny daar boer, is ’n ekstra inkomste altyd welkom. Die talle indringerbome wat wyd in die gebied voorkom en die aanvraag na gesaagde hout in veral die ou Tran-skei, het Danny oortuig dat die onbe-nutte hulpbron ekstra stuiwers in Rus ’n Bietjie se armbeurs kan beteken. Na Tripple Stars se stigting in September 2013, het die aankoop van ’n ou sleepwa-gemonteerde Wood-Mizer LT20 hulle toetrede tot die saagmeulsektor moontlik gemaak. Die eerste meul se uitsette in die daaropvolgende maande en die aan-vraag na die gelewerde produk het so gegroei dat Tripple Stars in Maart

2014 hulle tweede Wood-Mizer saag-meul kon bekostig. Die nuwe meul – ’n spesiaal aange-paste statiese LT20 wat ook gesleep kan word – het die uitsette van hoof-saaklik strukturele saaghout in lengtes van drie tot ses meter nou weer eens

Boer bedryf fl ink saagmeulsaak vanaf plaasskerp laat styg. Tripple Stars gee nou werk vir 18 mense en die meul sny 24 uur per dag. “Kyk verby die hindernisse,” moedig Danny aan - Rus ’n Bietjie is nou nóg rustiger met dié se finansies deeglik in die groen.

Skakel ons by 0861-WOODMIZER, 011-473-1313 of stuur epos na [email protected]. Be-soek ook www.woodmizerafrica.com

Tripple Stars se eerste LT20 sny populier in die Graaff-Reinet distrik

Meganisasieeganisasi

www.proagri.co.za ProAgri 170 – April 2014 21

By die Nels regoor die Kwenadam op die Lydenburgpad is daar maar

min tyd om die idilliese omgewing te bewonder, want daar word hard en intensief geboer. Die drie 500 ton-silo’s wat ABC Hansen op die plaas opgerig het, speel ’n groot rol om die wisselboustelsel van mielies, soja en koring hanteerbaar te maak, en nog die melkery aan die gang te hou. Nic Nel en sy twee seuns, Jaco en Flippie, boer saam. Jaco is die graan-man en die silo’s help hom om die risiko’s van die graanmark te bestuur. “Die silo’s is die hele jaar in ge-bruik, wat ook beteken dat ek die hele jaar graan het om te verkoop wanneer die prys reg is,” sê hy. In hierdie stadium, wat die slegste tyd van die jaar is, het hy nog so 100 ton geelmielies beskikbaar. “Maar ja, jy weet mos hoe gaan dit; ’n mens

help ook jou bure wat nie meer voer beskikbaar het nie.” Een van die dae gaan die silo’s weer begin kreun wanneer hulle in Mei die soja begin stroop en in Junie die mie-lies. Onmiddellik nadat die soja onder besproeiing af is, word daar koring geplant. Hulle het sowat 280 hektaar onder besproeiing en dan word daar ook droëlandaanplantings gedoen. Die middelste silo is toegerus met ’n droër, en die graan wat vroeg in die seisoen gestroop word, gaan soon-toe. Wanneer die graan klaar droog is tydens strooptyd, gaan dit na die ander twee. Jaco ry steeds graan na die silo’s op Lydenburg aan, maar hy kan dit nou doen wanneer dit hom pas. “Jy sien mos hoe lyk ons paaie hier en in hierdie omgewing moet ons stroop wanneer die weer dit toelaat. Dit het

vroeër gebeur dat die weer draai en dit begin reën voor ek terugkom van die dorp af en dan verloor ek strooptyd.” Daarby bespaar hy baie geld teenoor ber-gingskoste in die dorp. Hy sê die hele silo-aanleg, wat vir hulle ’n groot kapitaaluitleg beteken het, het hom-self reeds oor die af-gelope vyf jaar afbetaal net deur die besparing aan bergingskoste. Jaco sê daar is goed-koper maniere om silo’s op te rig, maar hulle het besluit om dit behoor-lik te doen met die oog op verdere uitbreiding

later. Die water wat van die berg af deursypel, het vereis dat hulle baie dik en stewige betonfondasies moes bou. Hulle het ook ’n behoorlike onderdak afleweringsput gebou. Die tapkar stop op ’n rooster en die graan word onder uitgelaat. Vanuit die put word dit met ’n awegaar na die graanpomp geneem. Die graanpomp is ’n pypstelsel met ’n eindelose sleepketting wat die hele tyd in ’n kringloop beweeg. Die ketting het spane wat die graan sagkens en gladweg vervoer tot waar dit uitgelaai word. Van 40 tot 50 ton per uur kan hanteer word, afhangende van die pyp se deursnit. ’n Sluis wat bokant die regte silo oopgemaak word, sorg dat elke graanbesending in sy bestemde tuiste beland. Daar is vertikale skroewe wat die graan in die silo aan die beweeg kan hou en vir die uitlaaislag is daar ook ’n skroef op die vloer wat help dat die laaste korrel deel van die oes bly. Jaco sê as gevolg van die baie vog in die omgewing wat in die pype kan kondenseer, moet hulle baie versig-tig wees wanneer hulle begin met graanoorplasing, maar hy het twee goed opgeleide manne, Daniël Gume-de en Koos Mange, wat presies weet hoe om die beheerpaneel te bestuur sodat daar geen verstoppings voorkom nie. Hy sê: “Met hulle twee hier om die proses te bestuur, kan ek voortgaan om te stroop en te laai en aan te ry. Die silo’s sorg dat ek my tyd meer produktief kan gebruik.” ’n Deel van die twee manne se taak is om die graan eers te sif, want die sifsels word in die melkkoeie se voer gebruik. Die stelsel maak ook voorsiening vir beroking van bo af en deurlugting van onder af. Jaco sê hy is veral lief vir die soja wat nie eers beroking nodig het nie, omdat die bone nie maklik deur gog-gas en swamme aangeval word nie. “Die soja het ons goed behandel, veral omdat ons dit kan berg. Die prys styg maklik met ’n duisend rand deur die seisoen.” Met Mario en Marion van Niekerk van ABC Hansen se diens is hy hoogs tevrede. “Aan die begin was ek party-keer half paniekerig as iets verkeerd gaan, maar hulle is altwee so rustig en behulpsaam oor die foon en as dit nodig is stuur hulle binne enkele dae iemand uit, dikwels sonder om agterna ’n rekening te stuur.”

Beheer jou graaninkomste met ABC Hansen se hulp. Kontak Mario van Niekerk by 012-803-0036, 082-572-2205 of [email protected]. Besoek ook www.abchansenafrica.co.za of gaan kuier by hulle standplaas op NAMPO.

Maak geld met jou graan inABC Hansen-silo’s

Jaco Nel en sy seun, NJ, voor die droër wat dit moontlik maak om ook graan wat nog nie heeltemal droog is nie, te berg.

Koos Mange en Daniël Gumede bestuur die hele graanoorlaai en -bergingsproses.

Gewasproduksie

Sien ons by NAMPO 2014

Teen ’n mielieprys van argumentsonthalwe R2 000 per ton beteken die haasbekplekke in rye ’n opbrengsverlies van R1 760 per hektaar, of R176 000 per 100 hektaar of R1 760 000 per 1 000 hektaar

Plant met Jumil van en behaal jou volle wins per hektaar!

Jumil-planters span die heel voorste tegnologie in om meer geld in jou sak

te besorg

Jumil maak die droom van geenbewerking en presisieplant waar

Só wen jy met ’n presisieplanter van Voorbeeld:As jy 1 hektaar mielies in rye van 900 mm plant, is dit gelyk aan 111 rye per hektaar en gemiddeld 4 pitt e per meter.

Plantestand= 44 000 plante per hektaar

HaasbekplekkeEen haasbekplek elke 2,5 meter = 4 440 plante minder

TebeR1R1R

As elke plant 200 gram mieliepitt e lewer, beteken dit 4 440 plante x 200 gram = 888 kg of 0,88 ton per hektaar minder opbrengs

Normale plantspasiëring (Jumil) Dubbelplasing Drie-drie pitt e Mislukking

Koppe van dubbelplante weeg gemiddeld 100 gram. Koppe van drie-drie plante weeg gemiddeld 60 gram en dikwels is daar geen pitt e aan die kop nie.

Vir ‘n hoër opbrengs en lonender produksie, plant

met Jumil

Daar is ’n Jumil-handelaar naby jou

Haasbekrye kos jou geld. Wat doen dubbelplantery?

Nuwe

Sien ons by NAMPO 2014

Standplaas 234 & 235

Praat met Hennie du Toit van Crop-Tech by 082-850-3744 of

056-817-7210 of [email protected].

Besoek ook www.croptech.co.za

organismes die plantreste gedurende die vorige twee maande afgebreek het, heerlik sag en poreus was. Al die reënwater gaan reguit grond toeJimmy Stewart van Merrivale het 110 mm reën in vier uur ontvang en daar was geen teken van verspoeling in sy lande nie. Gelukkig het hy al vir 13 jaar geenbewerking toegepas, anders sou die wolkbreuk op 20 Maart 2010 ongekende skade beteken het. Na die reënbui was daar geen teken van ingespoelde slik in die dam aan die onderpunt van sy plaas nie en Jimmy se plaas is glad nie plat nie... Jimmy en sy pa is al vir baie jare ernstige bewaringsboere en het langs stewige en deeglike kontoere begin plant, lank voor hulle geenbewerking begin toepas het. Met die oorskake-ling is die kontoere net so gelaat en vandag kan ’n mens dit nie eers meer raaksien nie. Die plantreste onder die grond sorg voorwaar dat die bogrond nêrens heen gaan nie.

Indringerplante word komposAntony Morton is ’n skaarswildteler van Thabazimbi wat sy 2 100 ha plaas se drakrag wou vergroot. Toe hy sy plaas vyf jaar gelede gekoop het, kon hy en sy wild nie veel daarvan geniet nie want die bosse was heeltemal onbegaanbaar en die gras heeltemal verdring. Sy droom was om die veld in

’n Brandende bewys’n Gedeelte van Anthony Muirhead se geenbewerkinglande wat onder stronkbedekking was en gereed was vir plant, se deklaag is in Augustus 2009 tydens ’n brand wat hand-uit geruk het, uitgebrand. Na die plant-seisoen in Oktober het die mielies oor sy hele land baie mooi opgekom en gegroei tot daar ’n droë tydperk aangebreek het waartydens die vog in die grond begin kwyn het. Die mielies op die gedeelte waar die grondbedekking verbrand is, het baie vinniger uitgedroog as die mie-lies op die res van die lande waar die stronkbedekking tydens die brand gered kon word. Die verskil in plant-kleur was so duidelik soos daglig en nog ’n verbasende verskynsel was toe Anthony die grondtemperatuur op verskeie plekke gemeet het. Die verskil tussen die twee gedeel-tes was gemiddeld vier grade Celsius. Die gedeelte waar die bedekking verbrand het, het so hoog as 28 grade gemeet, terwyl die gedeelte met die bedekking se temperatuur 22,3 grade was, wat ’n veilige temperatuur is vir mikro-organismes om in te oorleef en hulle werk te doen en te vermeerder. Maar dit is nie al nie. Die afge-brande deel se grond het ook plek-plek tekens van verspoeling begin wys en was so hard dat Anthony gesukkel het om die termometer se pen in te druk, terwyl die grond waar die mikro-

’n grasparadys te omskep en die groot bome soos knoppiesdoring, hardekool en mopanie te behou. Hy koop toe vir hom ’n CAT-bos-kerwer om die indringerstruike op te kerf en oor die grond te strooi. Arbeid is ingespan om die uitheemse bosse rondom die groot bome uit te kap, wat ook vir die boomkerwer gevoer is. Uiteindelik het Antony met ’n uitmun-tende grasveld gesit wat met behulp van ’n deklaag maklik aan die gang gekom het sonder om gras te saai of ’n ploeg daar naby te bring. Richard sê: “As redakteur van die No-Till-nuusbrief kom ek in aanraking met soveel boere wat hierdie een-voudige en doeltreffende stelsel van geenbewerking suksesvol volg dat ek glo dit is in nasionale belang om die stelsel te bevorder ter wille van bewaring en volhoubaarheid.”

Boere sê geenbewerking kan werk

Tony Morton se wildsplaas het van ’n dorre bosbegroeide stuk aarde in ’n grasparadys verander.

Die foto’s wys duidelik die verskil tussen die mielies wat sonder ’n deklaag deur die droogte moes gaan en die mielies waar die deklaag behoue gebly het.

Richard Findlay en Anthony Muirhead gaan op die eerste twee dae van Graan SA se NAMPO-oesdag by Crop-Tech se uitstalling (Standplaas 234 en 235) elke uur ’n demonstrasie hou om die voordele van geenbewerking uit te beeld met behulp van laaitjies waarin verskillende bewerking-stelsels se grond aan toetse onderwerp word. Bring hierdie artikel saam om in aanmerking vir ’n prys te kom.

Gewasproduksie

Verlede maand het ProAgri ’n artikel gepubliseer waarin Martiens du Plessis, grondkundige by NWK Beperk, die gevolgtrekking bereik dat geenbewerking waarskynlik die pad vorentoe is, met die voorbehoud dat grondafbreking doeltreffend bestuur moet word. Dikwels hoor ons van boere wat die roete gevolg het en dan weer teruggaan na be-werking as gevolg van ’n verskeidenheid probleme. Ons het Richard Findlay, die redakteur van die Kwazulu-Natal No-Till Club se nuusbrief, genader om ’n paar voorbeelde te gee van boere wat wel deurdruk en sukses behaal. Hy beskryf ’n paar interessante voorvalle:

www.proagri.co.za ProAgri 170 – April 2014 23

www.proagri.co.za ProAgri 170 – April 2014 25

Die heel beste raad oor kulti-varkeuse kry jy by jou stroper. So

glo KLEIN KAROO Saad Bemarking (KKSB) se mense, en daarom is hulle almal daarop toegespits om die boer al die pad by te staan om die lonend-ste moontlike oes te behaal – van die ontwikkeling van kultivars wat die beste presteer in alle moontlike kli-maatstoestande, siekte-uitdagings en verbouingsmetodes, tot ondersteuning met kultivarkeuses en boerderyprak-tyke. KKSB loop die hele pad saam met

Die vraag na sojabone word steeds groter en KKSB staan reg met die saad waarmee boere hulle slag kan slaan. ’n Eksklusiewe ooreenkoms is met ’n Suid-Amerikaanse maatskappy aangegaan omdat hulle sojabone so goed aangepas is vir Suid-Afrikaanse omstandighede.

Met sy 18 geel en 17 wit kultivars spog KKSB met die mees stabiele mieliepakket in die land, sê Fanie Yssel, streekbe-stuurder KKSB. “Ons jaag nie plantestand nie – dit gaan oor jou opbrengspotensiaal en bemesting.” Met hierdie beleid bied KKSB kultivars soos KKS 8216 BR, ’n vinnig groeiende geelmielie wat onder besproeiing al 18 tot 20 ton per hektaar

Kyk net daardie drag. Geen wonder NS5009* is Argentinië se toppresterende sojaboon in die medium-vroeë groeiklas nie.

GC de Beer, verkoopsver-teenwoordiger, is opgewonde oor die groentesaad, en veral die wor-tels, wat KKSB, ontwikkel en verskaf. Nectar en Newhall is altwee baie goed vir algemene ge-bruik. Hulle het ’n mooi kleur, ’n klein kern, ’n heerlike soet smaak en is geskik vir winter- en lenteproduk-sie.

As graanproduksie die mikpunt is, help reuse plante en dik stronke jou niks. Kyk net hierdie baie pitte en dun stronkie. Een van die dinge waaroor mielieboere opge-wonde is, is KKSB se bekendstelling van hoogs produsende Clearfield-mielies, wat beteken dat mielies en sonneblom met Clearfield-onkruidbeheer nou sonder ‘n wagtyd reg na mekaar geplant kan word.

Laat die stroper besluit

die boer. Hierdie houding geld nie net vir akkerbouprodukte (mielies, sorg-hum, koring en sojabone) nie, maar ook vir KKSB se opwindende reeks groentesaad en weiding. KKSB is ’n eg Suid-Afrikaanse maatskappy met warm Boereharte, maar ook met internasionale belange en kontakte wat hulle in staat stel om die heel voorste tegnologie wat die wêreld kan bied tot ons boere se beskikking te stel. Om boere te help om deurgaans volhoubaar en wins-gewend te boer, stel KKSB gereeld nuwe ontwikkelings voor in hulle soja-boonreeks, mielies, sorghum, koring, groente en weiding. En dit is nie blote praatjies nie – boere kon self kom kyk by ’n tentoonstelling van KKSB se 2014-produkreeks by Bapsfontein, en wat hulle gesien het, het hulle oë laat blink. Kyk net:

GewasproduksieSien ons by NAMPO

2014

Boere is ingenome met die gehalte groentesaad wat KKSB hulle bied. Wat kool betref, is Padoc* geskik vir die winter, vir die sak- en kettingwinkelmark, maar Megaton word meer in die winter geplant vir die smous- en varsmark. Dis nou tyd om saad vir somerkool te bestel, en daar is Capture* met sy goeie swartvrotver-draagsaamheid en mediumgrootte, be-markbaarder koppe, ’n uitstekende keuse.

Soetrissieboere is ingenome met die pragtige en smaaklike SV1609* wat oorvloedige oeste van ’n skitterende gehalte lewer. Batna* bied ’n baie goeie siekteweerstandpakket en die saad is baie bekostigbaar.

Dis nou tyd vir boere om die saad vir hulle somerbeet te bestel. As jy mooi, goedgevormde, eenvormige beet met klein loof- en wortelaanhegting wil kweek en wat ook vir die verwerkingsmark geskik is, is Boro jou keuse. * Variëteite ingedien vir registrasie

KKSB bied ’n wye reeks vingerskorsie-saad, waarvan SV9054* met sy goeie siektepakket en eenvormige groei ’n volle veertien dae voor hulle mededingers oesgereed is.

Kontak KLEIN KAROO Saad Bemarking landwyd:Oudtshoorn (hoofkantoor) 044-203-9800Potchefstroom 018-293-1233Bethal 017-647-6431Brits 012-252-6849Bapsfontein 011-964-5005George 044-878-2921Senekal 058-481-4691Louis Trichardt 015-516-4809Malmesbury 022-482-2739Potgietersrus 015-419-6700

26 ProAgri 170 – April 2014 www.proagri.co.za

Planters

Blu-Jet strookbewerker

www.proagri.co.za ProAgri 170 – April 2014 29

neem Monsanto vier tot agt jaar om ’n mieliekultivar te ontwikkel wat aan die markbehoeftes van ’n onsekere môre moet voorsien. Monsanto moet dus deurgaans sy blik stewig op die toekoms hou. “Biotegnologie in SA is aan die toeneem en as navorsingsmaatskappy kyk ons hoe produksie-oppervlakte beter benut kan word omdat mense meer word en landbougrond minder. In 1965 was 9% van die gemiddelde mens se dieet vleis en dit is besig om na ’n verwagte 14% in 2030 te styg. Dit beteken dat die behoefte aan mielies as voedingsbron vir wit- en rooivleisproduksie ook skerp toeneem. “Verder bly peste en plae ook nie dieselfde nie. As jy lank in die land-bou is, sal jy sien hoe plantsiektes en insekte verander terwyl die aantal en intensiteit daarvan ook wissel en hulle weerstand teen huidige middels toeneem. Een van die belangrikste deurbrake in die katoenbedryf is dat vandag se GM-katoen net twee be-spuitings teen insekte benodig teenoor die veertien bespuitings vroeër. “Die boer moet ook onthou dat sy

Vir verdere inligting oor Monsanto se uithaler-kultivars kan Magda du Toit by 011-790-8254 of 082-388-0187 geskakel word.

Gewasproduksie

Monsanto se navorsing ken geen einde

Coenie Reigel, verteenwoordiger van Monsanto vir die gebied wes van Lichtenburg, vertel meer oor die eienskappe van die verskillende droëland-witmielies wat tans regoor die land geteel word.

Die Lichtenburg-streek het ’n heerlike nat najaar beleef na die

afgelope twee jaar se moordende droogte. Dit het die perfekte kli-maat geskep om weer ’n opwindende Monsanto-boeredag aan te bied. Die geleentheid is op die plaas, Riet-gat, aangebied, in die skadu van die massiewe Thobontle-saadverwerkings-aanleg waar Monsanto aan boere ’n voorsmakie van hulle nuwe tegnologie gegee het. Du Preez de Villiers het die boeredag bygewoon.

Navorsing en vars idees om veranderinge tegemoet te komGert Heyns, bemarkingshoof van Monsanto, het veranderende omstan-dighede, soos ’n snelgroeiende wêreld-bevolking en klimaatsveranderinge, sterk beklemtoon as agtergrond en motivering vir Monsanto se deurlo-pende ontwikkeling van hoofsaaklik nuwe soja-, katoen- en mieliekulti-vars. Monsanto het die jaar 2000 as grondslag gebruik om hulle produksie teen 2030 te verdubbel om in die ver-wagte wêreldbehoefte te voorsien. Dit

beplanning nooit te vroeg kan begin nie en volgende jaar s’n moet al op die tafel wees.” Monsanto staan altyd reg met nuwe kultivars wat die boer in staat stel om steeds volhoubaar en winsgewend te boer.

Kultivarnuus’n Nuwe witmieliekultivar wat pas vrygestel is en vir die westelike produksiestreek aanbeveel word, is DKC77-77BR. Dit is beskikbaar in die stapelgeenvorm, met die nuwe Yieldgard II-geen en verdraagsaam-heid teen Roundup PowerMAX®. Dié groeikragtige kultivar ontkiem vinnig, het sterk saailinge en dit moet ver-kieslik in kombinasie met die bekende DKC78-45BR-familie gebruik word. Vir aanplantings in die ooste en weste is die nuwe DKC78-79BR en sy familie vrygestel. Die kultivar is beskikbaar in konvensionele vorm, met stronkboorderweerstand of Yield-gard II, Roundup Ready en stapelgeen en sal goed werk in kombinasie met die DKC78-45BR-familie. Altwee die kultivars bied uit-stekende blaarsiekteweerstand, is sterk meerkoppig en presteer goed in die droogte.

TegnologiebestuurMonsanto doen tans proewe om die toevlugsarea se saad saam met die GM-mielies in dieselfde sak te sit sodat boere nie meer nodig sal hê om ’n aparte toevlugsarea aan te plant nie. Dit sal bekend staan as RIB wat staan vir “Refuge in a bag” of in Afri-kaans, Toevlug in die sak. Verskillende persentasies van toevlugsaad word tans beproef om te kyk wat die beste werk en hoe dit kan bydrae tot die bekamping van weerstandigheid.

Hendrik Engelbrecht, streekbestuur-der van Monsanto in die westelike streek en organiseerder van die boeredag, vertel vir boere van die proewe om toevlugsaad saam met GM-saad in dieselfde sakkie te sit.

Sien ons by NAMPO 2014

dien. Altesaam gee ek 56 760 liter per uur met ’n sproeier van 26 mm. Die sproeier spuit 56 meter ver.”

’n Reghoekige spuitveld“Ek kon ’n spilpunt opgerig het, maar omdat ek bestaande reghoekige lande het, was die Ocmis ’n baie beter keuse omdat ek elke hoekie van my lande deeglik kan benat en benut. Ek het nou 30 hektaar mielies, maar sal met gemak 40 hektaar kan baasraak en ek wil beslis vir my nog ’n spuit koop so-dat ek die res van my beplande lande ook in geld kan omskep,” sê Chris. “Tobie van Irrigation Unlimited is ’n man wat verstaan hoe om ’n boer

Praat met Tobie van den Heever by 012-736-2121 of 082-658-6054 of [email protected] of besoek www.iunlimited.co.za vir meer inligting oor hulle hele reeks besproeiingstoerusting.

Gewasproduksie

Nommerpas besproeiing vir sy mie-lieboerdery is wat Chris Robbertse

van Rustenburg gesoek het en die ant-woord was die flukse Ocmis-kruipspuit van Irrigation Unlimited. “Wat my dadelik getref het, is dat dit slegs 20 minute neem vir die skuif, opstel en afrol van die spuit om ’n strook van 100 m breed by 300 m lank te benat. Met goukoppelpype kan dit tot twee-en-’n-half uur neem voor die eerste druppels begin val. “Ek kan ook presies bepaal hoeveel water ek op die land wil plaas met my waterdruk van 7,8 bar,” sê Chris. “Tans loop die Ocmis se karretjie 20 meter per uur om 40 mm water toe te

tevrede te stel. Hy luister na my en hoor graag van my idees en kom-mentaar en hy was baie professioneel tydens die aflewering en instel van die spuit.” Chris sê die Ocmis het min onder-houd nodig, maar soos met alles op die plaas, kry jy uit wat jy insit. “As jy net jou spuit nougeset versien en ghries; die spuit waterpas laat staan terwyl hy werk en die karretjie elke keer loodreg teenoor die tol uittrek, sal jou Ocmis vir jou ’n ewige plesier wees,” sê Chris.

Kies jou eie reënval met die

OcmisChris Robbertse is baie tevre-de met sy Ocmis –’n spuit wat sy omstandighede soos ’n handskoen pas. Hier staan hy by sy mielies wat slag-gereed is vir kuilvoermaak.

www.proagri.co.za ProAgri 170 – April 2014 31

Sien ons by NAMPO 2014

Chris beduie hier hoe hy met die verskillende verstellings die hoeveelheid water van sy keuse kan neerlaat.

www.proagri.co.za ProAgri 170 – April 2014 33

maar maak ’n ronde pensie tussen die punte. Dit is voortreflike groeier met baie goeie siekteweerstand, baie oop-springbestand, baie splinterbestand, en met ’n hoë oesverwagting bied Cap 2000 boere die goue kans om hulle slag in die bonemark te slaan. Capstone se sonneblombasters staan vir geen ander baster in Suid-Afrika terug nie. Die maatskappy bied ook drie verskillende variëteite ak-kerbone, Multicut-bastervoersorghum, Sweetfeed-soetsorghumbasters, Speedfeed-babalabasters met tot 23% proteiene, gewone sorghums vir die pluimveemark, soet of bitter na smaak en behoefte!

Capstone Seed se meerjarige raai-grasse, eenjarige raaigrasse, lank-swenkgrasse, kropaargrasse, eksklu-siewe hawer en rog-/stoelrogvariëteite het ’n standaard in Suid-Afrika gestel wat baie moeilik geklop kan word. Targa-hawer is byvoorbeeld ’n onein-dige lang groeier wat maklik tot teen die einde van November weiding verskaf! Southern Blue-stoelrog maak reg deur die winter kos, met Southern

Skakel gerus jou naaste kantoor of verteenwoordiger en begin ’n nuwe langverhoudingsvriendskap wat net tot jou voordeel gaan strek en jou boerdery gaan help om gesond te groei. Skakel 033-330-4474 of [email protected] vir meer inligting en besoek www.capstone.co.za.

Gewasproduksie

Cap 444 NG is ’n sterk meerkoppige (tot 5 koppe per plant), droogtever-draagsame geelmieliebaster.

Cecil van Rooyen wys hoe Cap 122-60 in die Wes-Kaap aard.

Capstone bied saad vir ’n wye reeks weidingsgewasse, waarvan Avalon, die meerjarige raaigras, een is.

Groot groei lê opgesluit in Capstone Seed se wye reeks saad; nie net

vir die kontant- en weidingsgewasse waarvoor hulle saad voorsien nie, maar ook vir die boer wat hulle voor-treflike saad plant. Capstone Seed is ’n egte saad-maatskappy met voetspore dwars-deur Suid-Afrika, asook die buiteland. Die maatskappy konsentreer op die verskaffing van ’n wye verskeidenheid gehalte saad wat regdeur Suid-Afrika aard en bemark word. Capstone het volledige skoon-maakaanlegte en pakhuise in Mooiri-vier en Harrismith, met ’n hoofkantoor in Howick en kantore en ’n pakhuis in Potchefstroom. Die produkte wat Capstone aan-bied, skakel baie goed in by vandag se boerderypraktyke en sluit, onder meer, die volgende in: Vir die mielieboere bied Capstone ’n wye keuse wat strek van ’n uit-stekende wei-mielie waarvan die saad nog onder die R500 per sakkie kos, tot by ’n kleinpit duiwemielie van ’n 3-grootte. Capstone se kuilvoermielie is rondom siekteweerstand geteel met net die regte verhouding van plantma-teriaal en mieliepitte om ’n konings-maal aan vee voor te sit. Die Cap 444 NG-geelbaster het absoluut uitstekende droogteverdraag-saamheid en is sterk meerkoppig met tot vyf koppe per plant. Cap 122-60 is ’n vinnige geelmie-liebaster met ’n opbrengsvermoë van 14 tot 15 ton per hektaar in die weste-like besproeiingsgebiede. ’n Opwindende nuwe ontwikkeling is Capstone se huidige proewe met ’n nuwe groenmielie wat beslis ’n nuwe standaard gaan stel! Vir Suid-Afrika se opkomende boere is daar ’n bekostigbare geelmieliekul-tivar wat uitstekend dien as bees-, skaap-, vark-, bok- en hoendervoer! Volgens kenners is daar nog baie ruimte in die mark vir rooi gespikkelde suikerbone. Cap 2000 lyk soos ’n gewone rooi gespikkelde suikerboon,

Green die een vir laat aanplantings. Al hierdie produkte pas soos ’n hand-skoen in die boer se voervloeiprogram. Die gewildheid van Japanese radyse as voergewas is steeds besig om toe te neem en dis ook geen wonder nie, want Capstone se Samurai en Geisha is wenners vir die winter met bolle van tot 21,5 kg! Japanese radyse bied baie kos vir min geld. Jy plant tussen 2 en 5 kg saad per hektaar om tonne smaaklike winterkos vir jou vee te verseker. Maar voortreflike saad is nie al wat Capstone die boer bied nie. Jy sal ver-baas wees hoe maklik dit is om met een van Capstone Seed se bekwame verteenwoordigers te gesels; plat op die aarde met geen dubbelsinnigheid, onverstaanbare verduidelikings of vreemde woorde nie.

Is jy ernstig oor plant?Capstone is ernstig oor saad

34 ProAgri 170 – April 2014 www.proagri.co.za

NAMPO 2014Stand No 227A

Th e most versatile irrigation system on the market

Jasper Hewitt 023-342-3438 / 082-773-7544 • [email protected] • www.rotrixafrica.co.za

Rhino 300 Rainmaker 200

Greenkeeper 200 Clubman 100 Sportsman 120

Rainmaker 200 4x4R i k 200 4 4

Tobie van den Heever 012-736-2121 • 082-658-6054 • [email protected]

36 ProAgri 170 – April 2014 www.proagri.co.za

Nadat hommels (drones) die mens se verbeelding aangegryp het met

die toepassing daarvan in konflikge-biede, het dit nie lank geneem vir slim mense in die landbou om te besef hoe nuttig dié vlieënde robotte in die bedryf kan wees nie. Landbou is mos gedurig gewikkel in ’n oorlog teen peste, plae, wildstropers en diewe, en ’n goeie boer sal wat wil gee om gereeld, teen ’n baie lae koste sy gesaaides se vordering te kan sien, of hoe sy weiding uit die lug lyk.

Veelvuldige aanwendingsDie Suid-Afrikaanse wildbedryf is seker die sektor wat onbemande vliegtuie die deeglikste ondersoek en beproef het en baie suksesse behaal het in die oorlog teen renosterstropery. Die afskrikwaarde wat so vliegtuigie het, is ongelooflik. “Hier in Krugersdorp het ek al klaar die bynaam, Tokoloshi, verwerf na die paar keer wat ek met die hommel in die lug was tydens die Gemeenskaps-polisiëringsforum se operasies,” sê Wesley Versfeld, tegniese direkteur

van EasyUAV. “Die hommel het geen liggies nie en maak net ’n onaardige bromgeluid as dit bo jou in die lug hang. Elke beweging van ’n skelm kan deur middel van ’n FLIR (Forward Looking Infrared) kamera op video vasgelê word, terwyl sy GPS-koör-

dinate na die geregs-dienaars wat op sy spoor is, gestuur word. Dit is voorwaar die Achilleshiel vir enige dief.” ’n Veearts het onlangs vir Wesley gevra om te kyk hoe naby hy die hommel aan ’n wildsbok kan neem en die resul-tate was veelbelowend. Toe die hommel langs die wildskamp opstyg het die voëls dadelik wegge-vlieg maar die wilds-bokke, wat glad nie gevaar van bo af ver-wag nie, het toegelaat dat die hommel vyftien meter van hulle af hang en ’n baie stabiele video

opneem. Dit beteken dat die hommel beter sal werk vir kleiner en gereelder wildteltakies as ’n duur, bemande helikopter. Dit is die ideale gereedskapstuk vir ’n boer om inspeksies op sy lande te doen om te kyk waar sy planter af-geskeep het, siektes uitbreek of waar gewasse net swaarkry. Verdere landboutoepassings is die inspeksie van silo’s, skuurdakke, watertenks en enige moeilik begaan-bare plekke op die plaas. Die hommel kan ses kilogram optel. Dit skep die moontlikheid vir kolbespuiting, sodat ’n boer vroegtydig ’n gewassiekte in die kiem kan smoor. Omdat die hommels geprogram-meer kan word om self op te styg en ’n bepaalde roete te volg en weer te land, is daar verdere moontlike toepassings, soos om die hommel op lukrake tye te laat opstyg om byvoor-beeld rooibekvinke op die lande te gaan verjaag, of ’n roete te volg vir sigbaarheid en sekerheidsdoeleindes.

Hulpbronbestuur

Gereed vir aksie…

Wesley Versfeld en Jacques Lourens is baie trots op hierdie hommel wat hulle self gebou en geprogram-meer het, pasgemaak vir Suid-Afrikaanse toestande.

’n Werklike geval waar twee inbrekers se pad met ’n hommel gekruis het. Die hommel het rustig in die lug gehang en hulle aksie op video vasgelê met die GPS-koördinate sodat die polisie die skelms in ’n japtrap kon vastrek. Die hommel is gebruik om te kyk hoe

naby dit aan ’n wildsbok kan kom voor die dier onraad merk.

EasyUAV: Die boer se alsiende oogdeur Du Preez de Villiers

www.proagri.co.za ProAgri 170 – April 2014 37

Meer as net ’n hommel en ’n afstandbeheer“Ons noem ons maatskappy EasyUAV, (Unmanned Aerial Vehicle), omdat ons die tegnologie so maklik as moontlik wil maak om te gebruik vir waarde-toevoeging tot alledaagse takies waarin hommels gebruik kan word” sê Wesley. Hy en Jacques Lourens, die bemarkingsdirekteur, is albei modelvliegtuig-geesdriftiges en Wesley is ’n gesoute programmeerder wat die taal van rekenaars en robotte verstaan. Hy is ook baie handig en eksperimenteer steeds om die produk deurlopend te verbeter. “Ons wil nie net ’n robot en ’n afstandbeheer aan ’n boer verkoop en hom dan los dat hy verder sien en kom klaar nie. Ons wil graag ’n hele onbemande lugstelsel (Unmanned Aerial System, UAS) aan boere beskik-baar stel, met volledige sagteware na sy behoefte, ’n opleidingsprogram, GPS en kameras en die regte hommel vir die boer se unieke behoeftes,” sê Jacques. Wesley het wêreldwyd gaan soek vir net die beste onderdele vir hulle hom-mels. Die veerligte koolstofmateriaal vir die raamwerke kom uit Sjina, die

Peter Gill gebruik sy onbemande vliegtuig om landmeterswerk te doen deur foto’s van ’n boer se plaas te neem en dit dan tot een groot foto saam te voeg.

Op die instrumentpaneel van EasyUAV se vliegprogram kan ’n boer die batterysterkte, seinsterkte, GPS-koördinate en videomateriaal sien. Al die inligting is duidelik sigbaar en maklik verstaanbaar.

EasyUAV se hommels kan ’n klomp foto's van ‘n boer se land neem, wat dan met GPS-programmatuur gelas kan word om een groot foto te vorm. Die groen dele beteken goeie gewasgroei, maar by die pers en swart dele is daar probleme.

motortjies uit Japan en die elektro-niese komponente, beheerder en GPS uit Amerika. Die hommel wat Wesley bemark kan wind van tot 30 kmu trotseer en tot 150 m hoog in die lug opgaan. “Die programmering het lank geduur, want ek glo in oopbron pro-grammatuur, maar om die beheerder met die GPS-en videoprogram, asook Google Maps, met mekaar te laat kommunikeer was nogal ’n uitdaging,” sê Wesley. “Hierdie is ’n unieke stelsel wat maakpas in Suid-Afrika vervaardig is en nou ernstig momentum kry in die landbou. Dis veral presisieboere wat al hoe meer besef wat die waarde van die oog in die lug is,” sê Jacques.

Survcor skets die groter prentjie“’n Saaiboer op ’n heuwelagtige plaas se grootste behoefte is om die water tussen sy gesaaides te behou en om erosie te bekamp, en hoe doen jy dit beter as om streng volgens die kon-toere van jou land te plant?” Peter Gill weet waarvan hy praat, want hy het op ’n plaas grootgeword en is al jare lank ’n landmeter. Hy werk nou saam met EasyUAV, maar fokus op ’n heel

ander aspek van hommeltegnologie. Survcor is sy onderneming en het onlangs begin om EasyUAV se vaste-vlerkvliegtuigies in te span om be-sonder akkurate lugfoto’s van boere se plase te neem, wat op sigself ’n waardevolle hulpmiddel is waarmee hy dan kontoere vir boere kan uitstip. Die foto’s word dan met die programma-tuur aan mekaar gelas om ’n hanteer-bare kaart te produseer. Vir groter plase sal meer as een kaart geprodu-seer word om die besonderhede te behou. In geskikte weerstoestande en liggehalte kan Peter 350 tot 400 foto’s oor 100 ha per uur neem. Indien Peter ’n gespesialiseerde ligfilter aan sy kamera monteer, kan hy die foto’s so manipuleer dat die verskil in gesaaides se blaarkleure met ’n wye spektrum van kleure ingekleur kan word, sodat duidelik gesien kan word waar gesaaides probleme ondervind. Gewasdigtheid, peste en plae, asook bestaande of dreigende erosie, kan dus beter waargeneem word terwyl die boer agter sy rekenaar sit. Boere kan ook Peter se hulp op ’n gereelde grondslag inroep sodat voorspellings en oesskattings gedoen kan word.

Vir meer inligting, kontak Wesley Versfeld by 083-616-6040 of [email protected], of besoek www.easyuav.co.za. Vir ’n gedetaileerde plaaslugfoto en maatpas landmeterdiens kan Peter Gill by 082-901-1505 of [email protected] gekontak word. Besoek ook gerus sy webwerf, www.survcor.co.za.

EasyUAV is tans besig om saam met CUAASA (Commercial Unmanned Aircraft Association of Southern Africa) te werk om die wetlike aspekte van die gebruik van hommels uit te stryk om aan die beplande wetge-wing van SACAA (South African Civil Aviation Authority) te voldoen. Dit behoort spoedig in plek te wees.

Hulpbronbestuur

Tegnologie is vandag een van die boer se troefkaarte as dit kom by

die beskerming van toerusting, vee en sy gesin se veiligheid. Afgesonderde plase is dikwels die teiken van diefstal en baie erger gebeure, en ongelukkig is die ou bekende landlynkommunikasie nie altyd betroubaar of meer beskikbaar nie, omdat dit self deurloop onder kabeldiefstal. Die beskikbaarheid van sellulêre sein word net beter en beter en wat dit nog lekkerder maak, is dat sellulêre netwerke self daarvoor betaal dat hulle seinverspreiding verbeter. Boere kan hierop kapitaliseer en teen verras-send lae datakostes die netwerke se infrastruktuur kombineer met draad-lose modems, routers, waarskuwing- en alarmstelsels, kamera-waarneming en paniek-oplossings, nie net om boerdery te vergemaklik nie, maar ook om meer doeltreffende sekuriteit en beheer uit te oefen. Die sellulêre netwerke het pakkette beskikbaar wat op dieselfde grondslag werk as om ’n selfoonkontrak uit te neem: die hardeware se koste word gedek deur die kontrak vir die SIM-kaart wat die eenheid gebruik. Dis belangrik dat boere bewus is van die oplossings, wat beteken dat hulle nie

vooraf ’n groot kapitale uitleg hoef te maak om toegang tot die diens te kry nie. Datakontrakte is gewoonlik goed-koper as praatkontrakte en bied pakkette vir letterlik elke oplossing waaraan gedink kan word. Bestudeer dit gerus; dit kan dalk ’n lewe red! Daar is verskeie maatskappye wat boere kan help om die regte netwerk-pakket te kies vir die hardeware wat benodig word, sonder om hoë konsul-tasiefooie te betaal. Met die hoë koste van brandstof en elektrisiteit deesdae, is dit ook broodnodig dat boere slim-mer moet werk om wins te verhoog en onkoste tot die minimum te beperk. Eenvoudige GSM-modems met ingeboude digitale en analoog-insette en relê-uitsette kan met beskostigbare SIM-kaarte letterlik enige proses op ’n plaas beheer, sommer van die boer se selfoon af of deur die internet. Inter-nettoegang self kan deur die routers met hulle SIM-kontrakte gedoen word. GSM-beheerde kamerastelsels kan ’n plaas ’n klein plek maak as dit kom by videomonitering of selfs prosesbe-heervideo-ontleding. Alarms wat met teksboodskappe beheer word en op hulle beurt met ’n missed call-kennisgewing ’n boer se bure kan mobiliseer as daar moeilik-

heid is, is vrylik beskikbaar en paniek-kennisgewings kan na die hele buurt gestuur word met die druk van ’n knoppie. Mobiele opsporingseenhede wat terselfdertyd ook ’n nywerheidsterkte selfoon met ingeboude GPS vir posi-sionering is, is nie net doeltreffend vir sekerheid nie, maar verskaf ’n nuttige kommunikasie-oplossing vir boere of werkers wat alleen werk. Toergidse in die berge, veldwagters en avontuurlustiges kan met ’n toe-passing soos Man Down Detection opgespoor word teen die helfte van die koste van ’n slim selfoon.

Tegnologie troef gevaar

Truteq Devices – Wireless GSM Soluti ons for Remote: Automati on, Connecti vity, Security, Agriculture, Video, Voice & Data

www.truteqdevices.com 012-667-1530 [email protected]

deur Derick Roberts, Truteq

www.proagri.co.za ProAgri 170 – April 2014 41

verlengde ure se werk verrrig. Auto Commodities is een van die agt Shell Topverspreiders landwyd en sy storie begin so bietjie meer as dertig jaar gelede toe Daan Joubert en sy vennoot, Gustav Pansegrouw, die vervoeronderneming, Payloads, aangekoop het. Payloads het in daar-die stadium die diesel vir sy 20 trokke by die Luipaardsvlei Shell-depot sowat drie kilometer van hulle af gekoop. Die Shell-depot was in die mark en Daan-hulle het besluit om dit te koop sodat hulle verseker kon wees van voldoende dieselvoorraad vir Payloads se gebruik. Dié treetjie na die energiebedryf het gou ’n lonende onderneming op sy eie geword, want die Wes-Rand is vol ondernemings wat goeie diesel nodig het om die sake-ratte te laat draai. Auto Commodities het ook intussen die perseel reg langsaan bekom, hulle eie tenks opgerig en spog nou met ’n bergingskapasiteit van 18-miljoen liter! “Dit was nie maklik nie,” sê Daan. “Ons moes die nodige kundigheid bekom, aan al die wetlike vereistes voldoen en die burokrasie baasraak, maar ons is feitlik daar.” Hulle kan ook ander energieproduk-te soos vloeibare gas berg, maar enige onderneming in die omgewing wat van grootmaat diesel afhanklik is, kan maar weet, die voorraad is daar. Vroeër het Auto Commodities in ’n straal van ongeveer 200 km rondom Krugersdorp afgelewer, maar deesdae loop die trokke tot so ver as Gaba-rone, Maputo en Durban, omdat Daan ’n plan bedink het om diesel een kant toe te vat en ander vrag, soos erts en mangaan terug te bring in dieselfde vragmotor. Shell se streekbestuurder, Francois Oelofsen, sê dit was van die begin af duidelik dat Auto Commodities een van die handjievol Topverspreiders moes wees as gevolg van hulle uit-muntende diens en ondernemerskap. Hulle besef ook die waarde van Shell

se produkte en handhaaf die Shell-beginsels van integriteit, eerlikheid en respek. As ’n Shell Topverspreider kan Auto Commodities nou van die wêreld-bekende Shell-handelsmerk gebruik maak om aan kliënte die gemoedsrus te gee dat hulle diesel nie net suiwer is nie, maar ook enjins se leeftyd ver-leng en prestasie verhoog. Daarby is volmaak ’n blitsige plesier, want Shell Diesel skuim nie wanneer dit ingegooi word nie. So 20 km van Auto Commodities af, is die Wearne-oopgroefmyn fluks besig om klip en sand te ontgin vir die boubedryf. Die myn gebruik nou al ’n hele paar jaar lank Auto Commodities se diesel. Piet Vorster, mynbestuurder, sê: “As ons vir een dag nie diesel het nie, praat ons van ’n paar honderdduisend rand se verlies, maar ons het nog nooit ’n voorraadprobleem gehad nie.”

Wees verseker van gehalte diesel. Bestel by Auto Commodities by 011-955-4571 of vind uit wie jou plaas-like Shell-verspreider is deur Réomè van der Westhuizen by 082-463-4344 te skakel of stuur ’n e-pos na [email protected].

Diesel vir Afrika!Hulpbronbestuur

Hierdie dubbeldoeltrok hoef nooit leeg te loop nie.

Daan Joubert van Auto Commodities in Krugersdorp sê Shell waarborg sy dieselgehalte en verseker sy voor-raad sodat sy onderneming kan groei.

Johan Oosthuizen van Oostermoed-boerdery boer lekker met Auto Commodities se Shell Diesel.

By die Oostermoed-boerdery van Hekpoort is die wiele altyd aan die

rol. Met die skaap-, bees-, wild- en saai-afdelings, het die trekkers, bak-kies, vragmotors, vurkhysers en TLB’s elke dag ’n magdom werk om te doen en hulle almal loop op Auto Commodi-ties van Krugersdorp se uitstekende Shell Diesel. Johan Oosthuizen van Oostermoed sê: “Ons koop by Auto Commodities want hulle lewer goeie diens, hulle pryse is billik en ons weet ons kry net die beste gehalte diesel.” Hy sê Daan Joubert en sy span gaan uit hulle pad uit om goeie diens te lewer. “Hulle het al tot in die aand of vroegoggend afgelewer as ons ’n krisis in spitstyd het.” Johan-hulle het ’n massa dieseltenk op die plaas nodig vir hulle hoë ver-bruik van diesel per week. Hy sê die grootste voordeel van Auto Commodi-ties is dat hulle weet hulle kry goeie gehalte Shell Diesel sonder enige onwettige bymiddels. Vir Oostermoed- boerdery is dit belangrik dat die enjins op die plaas skoon moet brand en

www.proagri.co.za ProAgri 170 – April 2014 43

Sien ons by NAMPO 2014

www.proagri.co.za ProAgri 170 – April 2014 45

van ons besluite te verstaan voordat ons hulle neem. Een van ’n finansiële adviseur se sleutelverantwoorde-likhede is om ons te help verstaan of ons lewenstylbesluite volhoubaar is. Indien nie, moet hulle ons help ver-staan wat ons moet verander voordat dit te laat is. Dis ook belangrik om seker te maak dat ’n mens voldoende korttermyn-versekering het om die verliese van skade of diefstal te dek, en om skuld op hierdie bates so gou as moontlik af te betaal.

3. BeleggingsbatesFinansiële onafhanklikheid beteken om seker te wees dat jy sal kan bekostig om die tipe lewe te leef wat jy graag wil. Solank jou sakebates vir jou lewenskoste betaal, is dit onmoontlik om finansieel onafhanklik te wees. Beleggingsbates is die pot vol geld wat vir jou lewenstyl betaal wanneer jou onderneming dit nie meer kan – of behoort – te doen nie. Die punt van lewensversekering en ongeskiktheids-dekking is vir iemand om in te tree en die pot namens jou vol te maak indien jy die vermoë sou verloor om dit self te doen. Hoe meer beleggings ons het, hoe minder lewensversekering word gewoonlik benodig. Daar is vier dinge wat bepaal of jou geld so lank soos jy gaan hou: Hoeveel jy spaar, hoeveel jy bestee, wanneer jy aftree en hoeveel groei jy op jou beleggings gaan kry. As die antwoorde op hierdie vrae onseker is, is daar ’n goeie kans dat dinge iewers gaan skeefloop. Die enigste van hierdie vier oor-wegings wat iemand anders namens jou kan hanteer, is jou beleggings-groei. Dit is noodsaaklik dat jou beleggingsportefeulje as ’n geheel só bestuur word dat jy vir jouself die beste moontlike kans gee om die groei te kry wat jy nodig het (na koste en

belasting) teen ’n vlak van risiko waar-mee jy kan saamleef.

4. SurplusbatesSurplusbates is wat oorbly as jy ge-noeg gespaar het om te verseker dat jou geld nooit gaan opraak nie. Tipies word hierdie bates vir een van twee dinge gebruik: Spekulasie of nalaten-skap. Vir ’n nalatenskap – gewoonlik geld vir kinders, kleinkinders of die gemeenskap – geld dieselfde reëls as vir beleggingsbates. Strukture soos familietrusts kom hier dikwels handig te pas. Om finansies suksesvol oor ’n leeftyd te bestuur, is dit belangrik om ’n raamwerk te kies wat ’n konteks vir ons besluite skep. Solank ons ons emosies kan keer om hierdie raam-werk te ignoreer, is kanse goed dat ons ons bestemming sal bereik.

Hoe om sin te maak van geld’n Onlangse opname het bevind

dat meeste mense hulle motor-werktuigkundiges beter verstaan as wat hulle hul finansiële adviseurs verstaan. ’n Raamwerk wat ons help verstaan hoe ons finansies inmekaar pas, maak sinvolle finansiële besluite heelwat makliker. Wanneer ons na ons finansies kyk, kan die boustene in die volgende vier kampe opgedeel word:

1. SakebatesSakebates is daardie bates wat ons toelaat om geld te maak. Vir boere is dit hulle boerderye. Vir ander is dit ons intellektuele kapitaal – daardie dinge wat ons doen wat ons in staat stel om geld te verdien. Sakebates se aard is tipies hoë risiko – hoë opbrengs. Hulle is sterk afhanklik van wat ons doen, hoe goed ons dit doen en die omgewing waar-binne ons dit doen. As ’n mens moet skuld uitneem, is hierdie ideaal die tipe bates waarvoor ’n mens dit sal doen. Die rente is gewoonlik belastin-gaftrekbaar en jou onderneming hoort ’n beter opbrengs te gee as wat beleg-gings sal kan. Die belangrike ding hier is om jou sakerisiko’s te beskerm. Korttermyn-versekering vir jou onderneming en sakeversekering vir sleutelpersoneel is hier belangrik.

2. LewenstylbatesHierdie is die bates waarméé ons leef, soos huise en motorkarre. Hier word ook voorsien vir lewenskostes bene-wens ons maandelikse begrotings, soos skole en vakansies. Hierdie bates is nie beleggings is nie; hulle gaan al-tyd nodig wees in een of ander vorm.

Die rede waarom mense se geld na aftrede opraak, is omdat hulle nie kan bekostig om hulle lewenstyl geldelik te onderhou nie. Dit maak dit noodsaak-lik om die langtermyn geldelike impak

Hulpbronbestuur

deur Henry van Deventer, Old Mutual Wealth

www.proagri.co.za ProAgri 170 – April 2014 47

’n Boerdery word aan sy heinings geken. As daar so skewe, vaal,

slap draadjie om die plaas loop, kan jy maar weet die boerdery gaan ook so ’n skewe, vaal, slap affêre wees. ’n Trotse, blink, regop, stewige draad kondig sommer dadelik ’n trotse boer aan. Met Bonnox aan sy kant, hoef ’n boer draadspan net een maal goed en reg te doen om te verseker dat dit goed en reg bly – en dit teen ’n fraksie van die tyd, moeite en arbeid wat ander gewone draad benodig. “Daar is ’n regte manier om Bonnox behoorlik te span,” beduie Anita Gent, wat stewig aan die stuur van sake by die Bonnox-fabriek net suid van Preto-ria staan, vandat haar pa, VH Schade-walt, besluit het om ’n bietjie rustiger te begin lewe. “Dit is hoekom ons nie deur hande-laars versprei nie. Ons en ons opgelei-de verteenwoordigers kan vir ’n boer presies vertel hoe hy te werk moet gaan en hom van die nodige toerus-

ting voorsien om die draad in ’n kits stewig te span.” Daar is verteenwoordigers in die Noord-, Oos- en Wes-Kaap, Kwazulu-Natal, die Vaaldriehoek asook die Vrystaat. Sy sê Bonnox se goeie naam rus daarop dat kliënte die draad reg oprig. Die fabriek bied ook ’n een-stop-diens met alles wat nodig is: die hoekpale met hulle stutte, die Y-pale wat elke 10 meter ingeslaan moet word, die skroefbalk en draadtrekkers vir styftrek van draad omdat dit ’n voorafvervaardigde heining is. En selfs die binddraad om die Bonnox vas te maak. Nie alle geweefde blokkiesdraad is Bonnox nie en boere moet versigtig wees vir namaaksels wat soms as Bonnox aangebied word. Dit is ook waarom dit beter is om regstreeks met Bonnox se personeel te skakel. Dit is geen wonder dat Bonnox so ’n huishoudelike naam is nie, want dié eg Suid-Afrikaanse maatskappy is al van 1962 af in die draadbedryf. Die eerste produkte was gesweisde maasdraad, maar in 1965 kon Suid-Afrikaners ken-nis maak met ingevoerde skarnierlas-draad (hinge-joint). Die masjien wat die ingewikkelde draad kon weef en heg, moes self gebou word. Plaaslike produksie van die draad is in 1988 begin en van toe af het Bon-nox nog nooit weer teruggekyk nie. In 1988 het Bonnox ook met sy eie ontwerp vir wildheinings, bekend as die Africa Pattern, begin. Die draad is 2,44 meter hoog en het kleiner ope-ninge aan die onderkant om kleiner wild in te hou. Nog ontwerpe het gevolg, met nog masjiene wat gebou

moes word, en vandag het Bonnox 85 verskillende produkte. Een van die blink nuwe produkte wat onlangs sy verskyning gemaak het is ’n draad wat deur ’n sogenaamde ringsluitingstelsel (ring-lock) geheg word, wat beteken dat die draad teen ’n hoek gespan kan word om pro-bleemvry oor skuinstes en deur slote te loop. Die vertikale drade bly regop, selfs al loop die horisontale drade teen ’n hoek van 45˚. Baie navorsing en ’n intieme kennis van boerdery het gesorg dat Bonnox vandag al wat ’n plaasdier is op hok kan hou. Daar word voorsie-ning gemaak vir draadspringers, draadkruipers en deurglippers! Selfs die rekord-hoogspringers soos koedoes kan eersdaags met ’n nuwe drie meter hoë heining gekeer word. Die masjien om die nuwe produk te vervaardig, is amper gereed.

Hoe dit werkBonnox bestaan uit ’n aantal dwars drade van gewoonlik 100 meter lank, wat volgens ’n spesifi eke ontwerp op bepaalde afstande van mekaar af is. Die vertikale drade word ook op be-paalde afstande van mekaar af om die horisontale drade gedraai en afgeknip. Die hegtingsproses is Bonnox se eie patent en dit is gewoonlik waar die verskil tussen ’n egte Bonnox en ’n namaaksel lê. Al die draad wat gebruik word, is gegalvaniseerd vir ’n lang leeftyd.

Kyk uit vir die Bonnox-etiket om seker te maak dit is regte Bonnox.

Besorg oor jou bates?

Bonnox dit!

Hulpbronbestuur

Bonnox se vernuftige nuwe ringsluitinghegtings maak dit moontlik om ’n netjiese heining op ongelyke grond op te rig.

Anita Gent (regs) en haar regterhand, Nellie van den Berg, wat al diep spore by die maatskappy getrap het, is gereed om vriendelike diens aan boere te lewer.

Volgende maand wys ons hoe Bonnox gespan moet word.

Boere wat hulle bates wil Bonnox, kan gerus die webwerf, www.bonnox.co.za, besoek vir ’n lys van produkte en om ’n kwotasie aan te vra. Vir vriendelike telefoniese bystand skakel 012-666-8717 of 076-169-9068. Bonnox is die hoofborg van die Kyknet Plaasvars-fees wat elke dag tydens Nampo van laatmiddag af by die Hoërskool Bothaville aangebied word. Gaan praat gerus daar met die Bonnox-verteenwoordigers.

www.proagri.co.za ProAgri 170 – April 2014 49

50 ProAgri 170 – April 2014 www.proagri.co.za

Eksekuteurs van boedels wat plase as ʼn bate het, moet spesifiek let op

die aspekte rakende kopers en huur-ders, soos verlede maand bespreek is. Eksekuteurs het egter ʼn verdere probleem deurdat hulle moet seker maak dat daar beheer op die plaas uit-geoefen word tydens die boedelbered-deringsproses ten einde okkupeerders te verhoed om vir hulleself meer regte toe te eien as wat die oorspronklike/aanvanklike ooreenkoms die okku-peerder toegelaat het. Die probleem waarmee ekseku-teurs dikwels sit, is dat die grond-eienaar oorlede is en niemand anders weet wat presies die bepalings en voorwaardes van die verblyfooreen-koms met die okkupeerders was nie, aangesien die grondeienaar die een is wat dit onderhandel het en toegepas het. Grondeienaars en boedelbeplanners moet hierdie aspek in gedagte hou en verkieslik die verblyfvoorwaardes vas-maak in ʼn skriftelike verblyfooreen-koms wat deur sowel die grondeienaar as die okkupeerders onderteken is. Indien die eksekuteur nie weet wat die aard en omvang van die verblyfregte is nie en die plaas word verkoop, kan dit die eksekuteur op risiko plaas teen-oor die koper. ’n Wyse grondeienaar sal met die opstel van sy testament en boedelbe-planning, ook voorsiening maak vir die okkupeerders se verblyfregte op die grond, of minstens dan die inligting daaroor op skrif stel, ten einde dit makliker vir eksekuteurs en erfge-name te maak om hulle eiendomsreg teen oorskryding van okkupeerders te beskerm. Grondeienaars behoort behoorlike en volledige dokumentasie by te hou van verblyfregte. Dit sluit in om die verblyfregte te vervat in ʼn skrifte-like verblyfooreenkoms, en volledige aantekeninge daaroor te maak, wat aan opvolgende grondeienaars oorge-dra moet word. Die inligting moet “saam met die plaas loop”.

HuurkontrakteDie verhuurder sal wys wees om in

enige huurkontrak of kontrak wat ʼn persoon magtig om die grond op enige wyse te gebruik, die huurder te verbied om toestemming te gee dat enige persoon op die plaas mag woon. Indien die huurder dit oortree, kan hy aanspreeklik gehou word vir enige koste rakende moontlike uitsetting van die persone wat met die huurder se toestemming op die grond kom woon het. Dit het al gebeur dat ʼn plaas ver-huur word en dat die huurder toe-stemming gee aan sy werkers om op die plaas te woon. Toe die huurkontrak ten einde loop, het die huurder bloot getrek en sy voormalige werkne-mers op die huurplaas agtergelaat. Die eienaar sit toe met okkupeerders wat hy nie daar wou gehad het nie op die plaas, en wat hy nou op sy eie koste moet probeer verwyder. As die eienaar nie slaag met ʼn uitsetting nie, beteken dit dat hy vir alle praktiese doeleindes permanent die gebruik van ʼn sekere deel van die plaas verloor het.

Wat hou die toekoms in rakende verblyfregte op plase?Daar is tans wetgewende prosesse aan die gang om die regte van ok-kupeerders en werkers uit te brei en uitsetting nog moeiliker te maak as wat dit reeds is. Die finale beleidsvoorstelle van die minister van Grondsake van Maart 2014, bevat onder meer die volgende:

1. Werkers verkry eienaarskap van 50% van die grond deur middel van ’n aandeleskema wat as volg verdeel word:

Werkers wat vir 10 jaar aaneenlo-pend op die plaas gewerk het, maar nog nie 25 jaar nie, raak geregtig op 10% aandele. Na 10 jaar gedissi-plineerde werk is die plaasbe-

stuurder wetlik verplig om die werker basiese plaasbestuur te leer in ooreenstemming met hierdie nuwe bestuursregime;

Werkers wat vir 25 jaar of langer op die plaas gewerk het, maar nog nie 50 jaar nie, raak geregtig op 25% aandele. Na 25 jaar gedissiplineerde

werk is die plaasbestuurder wetlik verplig om die werker verdere plaas-bestuur te leer in ooreenstemming met hierdie nuwe bestuursregime;

Werkers wat vir 50 jaar of langer op die plaas gedissiplineerd gewerk het, raak geregtig op 50% aandeelhou-ding;

Dit blyk dat hierdie persentasies op die grond sowel as die boerdery-onderneming van toepassing gaan wees.

2. Werkers wat nie gedissiplineerd diens lewer nie kan deur die plaas-bestuurder by die te stigte Grond-regtebestuurskomitee (Land Rights Management Committee - LRMC) aangegee word en kan blykbaar deur die komitee uitgesit word. Wat die kriteria vir “gedissiplineerde diens” is, en hoe dit gemoniteer/afgedwing gaan word, is onduidelik.

3. Grondeienaars word ook nie reg-streeks vergoed vir die aandeel wat hulle verloor nie. Enige vergoe-

ding word in ’n Investment & Deve-lopment Fund (IDF) inbetaal wat deur die gewese(?) grondeienaar en werkers gesamentlik besit en bestuur word.

Dit blyk ook dat die bedoeling is dat dit van toepassing gaan wees op die persone wat op die plaas werk, ongeag of hulle op die plaas woon, of nie. Hierdie regte (aandeelhouding) word glo verkry weens die feit dat die werker vir ’n sekere periode op die plaas gewerk het en "nooit behoorlik ver-goed" is nie, en nou geregtig is op die aandeelhouding as vergoeding – aldus die minister. Die Grondregtebestuurkomitee (LRMC) moet enige dispute tussen grondeienaars en okkupeerders/wer-kers bereg. Dit blyk ook dat hierdie komitee oor die magte gaan beskik om te besluit wie op die grond mag woon en wie nie, en ook uitsettings kan magtig. Wie in hierdie komitees gaan dien, hoe aanstellings gaan geskied en op watter grondslag dispute bereg gaan word, is tans onduidelik. In watter mate die eienaar hom nog op die howe sal kan beroep, is ook onduidelik. Die vermoede is dat hierdie komitees waar-skynlik met politieke aanstellings gelaai gaan wees wat waarskynlik eerder die werkers as die grondeienaar ter wille gaan wees. Indien hierdie wetgewing deur-gevoer word, sal private eiendomsreg ernstig aangetas word en nie eers die Grondwet sal beskerming kan bied nie.

Vir meer inligting, kontak Tiaan van Dyk by 082-825-8876. Hierdie is ’n inligtingsartikel; vir regsadvies, kontak asseblief ’n prokureur. Hou www.proagri.co.za dop vir ’n skakel na die volledige reeks artikels.

Verblyfreg: Wat hou die toekoms in?

Tiaan van Dyk gee inligting oor die wetgewing rakende verblyfreg (ESTA-wet). In die vorige aflewering het hy die invloed van verblyfreg op kopers en huurders bespreek. In hierdie laaste aflewering van die reeks word die invloed van verblyf-reg op boedels bekyk, asook die regering se jongste voorstelle om nog meer regte aan huurarbeiders en okkupeerders te gee.

Hulpbronbestuur

www.proagri.co.za ProAgri 170 – April 2014 51

52 ProAgri 170 – April 2014 www.proagri.co.za

www.proagri.co.za ProAgri 170 – April 2014 53

Zoetis hanteer die produk ook baie versigtig deur dit af te wissel met ander aktiewe bestanddele in uit-gewerkte programme sodat die para-siete baie moeilik weerstandig kan raak. “Ons kan spog met lamverliese wat nooit meer as vyf persent is nie en ons lampersentasie is gemiddeld 170% op ’n siklus,” sê Dolf. “Verder word ons lammers op 120 dae geslag op ’n karkasmassa van 21 kg en lewer ’n A2-karkasgradering. “Ons loop nou al ’n lang pad met

David Human van Zoetis, wat baie betrokke in die gemeenskap is en mildelik bydra om boeredae te borg. Ek voel dit is baie belangrik vir ’n maatskappy om die regte tipe man aan te stel wat waarde tot jou maatskappy toevoeg deur die regte dinge op die regte tyd te doen en die produkte ken en verstaan. Boonop is Zoetis se produkte wêreldklas,” sê Dolf.

Aan-de Vallei-Dormerstoet naby Wakkerstroom spog met ’n 170% aanwas en drielinge is ’n baie algemene gesig.

Zoetis maak fyn beplanning moontlikdeur Du Preez de Villiers

Veeboerdery

Toe Dolf en Thys Bam, saam met Jacques de Wet en Johan Theron

die tweede oudste Dormerstoet in die land, die Aan-de-Vallei-stoet, in 'n groepteelskema bekom het, het hulle geweet hierdie is die aangewese groep skape met die regte teelge-skiedenis om hulle droom te bewaar-heid. Hulle wou in alle erns ’n hoogs gespesialiseerde lamhokstelsel op die been bring, wat topproduksie moes verseker. Die Dormerras is ’n briljante keuse vir so ’n intensiewe projek soos ’n lamhokstelsel omdat die diere nie siklies is nie en dus enige tyd van die jaar kan lam. Hulle moedereienskappe is uitstekend en die ooie lewer goeie melk. Die vinnig groeiende lammers beteken net goeie geld in jou sak. Die Bam-broers het die kerndiere van Aan-de-Vallei in 2006 uit die Kaap na hulle plaas, Waterval, naby Wak-kerstroom gebring en met die streek se uitstekende skaapklimaat het sake net rooskleurig gelyk. Hulle is in 2010 as ’n finalis vir die Skaapboer van die Jaar-kompetisie aangewys. Daar is besluit om ’n intensiewe lamhokskuur van 900 vierkante meter te bou waarin hulle 252 ooie in een siklus kan huisves. “’n Lamhokstelsel is nie grappies nie. Die sinkronisering van jou ooie verg baie fyn bestuur en jy het net die beste middels nodig om dit te ver-mag,” sê Dolf. Gelukkig was David Human, be-markingsbestuurder van Zoetis, van die eerste dag af daar om vir Dolf met raad en daad by te staan en die regte gesondheidsmiddels voor te skryf. Dolf het sedertdien nog geen behoefte ge-had om ander middels te beproef nie. “Ons sinkroniseer ongeveer 1 800 ooie met CIDR®. Met dié wonderlike produk kan een groep van ongeveer 250 ooie binne ’n tydperk van sewe tot tien dae lam, wat die ingewikkelde proses beslis die moeite werd maak,” sê Dolf. Hy sê hulle het genoeg van hulle eie goeie ramme geteel en daarom gebruik hulle vars saad om die ooie kunsmatig te insemineer. “As ons gevriesde saad gebruik, doen ons dit laparoskopies met behulp van ’n veearts omdat dit direk in die baar-moeder geplaas word.” Aan die gesondheidskant stel Zoetis ook glad nie teleur nie. Cydectin staan sy man teen rondewurm en een van Zoetis se nuutste produkte, Startect, het ’n unieke aktiewe bestanddeel teen haarwurms wat al sterk weerstand opgebou het teen vorige produkte.

Die Aan-de-Vallei Dormerstoet se ooie en hulle lammers is heel rustig in die lamhokke.

Vir verdere inligting oor Zoetis se doeltreffende produkte kan David Human by 076-923-3068 of 011-320-6234 geskakel word.

Dolf en Thys Bam en Gert du Toit, plaasbestuurder, met Aan-de-Vallei se top ooie en die lamhokskuur in die agtergrond.

Sien ons by NAMPO 2014

54 ProAgri 170 – April 2014 www.proagri.co.za

Veeboerdery

Geen bees kan kla as daar elke mid-dag, na ’n lang dag in die veld, ’n

krip vol sappige, fyngekerfde suiker-mieliestamme in sy voerbak lê nie. Dit is hoe Modelpak net noord van Brits, se beeste die lewe ervaar, maar as jou koeie ’n delikate proses soos embrio-spoeling moet deurgaan, is dit beslis nie ’n slegte idee om hierdie lekkerny deel van hulle rantsoen te maak nie. Daarbenewens waarborg die suiker-mielies, wat tussen middel Junie en middel Maart onder besproeiing in dié heerlike warm Bosveldstreek verbou word, ’n bestendige voedingsbron vir minstens nege maande van die jaar. Dit is dus ideaal vir Ockert Werner, eienaar van Modelpak, se embrio-spoelprogram omdat jy nie in dié tyd durf verander aan ’n koei se rantsoen nie. Ockert is ’n boer met baie vertak-kings op sy grond. Sy hoofbedryf is die verbouing van ’n wye verskeidenheid groente wat hy dan in sy eie pakstore verpak en dit na kettingwinkels toe stuur. Nadat die suikermielies se koppe geoes is, bly die stamme oor, wat ’n uitstekende voerbron is. Ockert het in 2011 op Nampo Staalmeester se JF-kuilvoerkerwers en JF Taurus-kuilvoerwaens gesien en besluit dat hierdie gawe masjiene twee vlieë met een klap op sy plaas moet kom doodslaan. Dit was vir hom ’n plesier om te sien hoe die kuilvoerkerwer en kuil-voerwa binne oomblikke soos ’n

treintjie agter sy trekker gehaak kan word en sonder moeite koers kies na sy lande voor die kerwer die suikermie-liestamme skoon en netjies af-sny, dit opkerf en in die voerkar blaas sodat dit in ’n japtrap na die beeskampe vervoer kan word en met die awegaar netjies, in die ry, in die krippe uitgestoot word. Indien daar in die middel van die seisoen ’n oorskot is, neem die Taurus-kuilvoerwa die oor-tollige voer na ’n kuilvoersloot, waar dit met die stel van ’n rat deur die kar se stertkant by die gat ingestoot word om kos vir ’n latere stadium te verseker. Die JF-kuilvoerkerwer speel egter nie en Ockert moes in 2012 ’n tweede kuilvoerwa koop sodat ’n ander trekker die kuilvoerwa tussen die kuil-voerkerwer en die voerbakke of kuilvoergat sleep. Vandag draf daar drie JF Taurus-kuilvoerwaens en twee

JF-kuilvoerkerwers op die plaas en die boer, die beeste en die operateurs is almal ewe tevrede met die werkver-rigting en betroubaarheid van die kuil-voerkerwer en kuilvoerwa. Boonop is daar die gemoedsrus dat Staalmeester se kenners net ’n telefoonoproep ver is indien daar ooit ’n probleem sou opduik. Sakkie Pieterse is die hoofplaas-bestuurder en hy moet sorg dat die sake op die grond seepglad verloop. Hy sê: “Ons sny omtrent een-en-’n-half hektaar van die plante per dag na behoefte vir die diere en meestal is dit ’n stopwerk tussen die ander bedrywighede deur die dag, maar die vinnige JF-kuilvoerkerwer sorg geluk-kig dat die beeste nooit honger ly nie.”

Modelpak se embrio-ontvangerkoeie kan nie wag vir Staalmeester se JF Taurus-kuilvoerwa wat hulle heerlike lekkerny bring nie.

Staalmeester het die antwoord vir seepgladde sny, kerf en wegry.Kontak Staalmeester by 018-431-0300 of Martin Coetzee by 082-806-6377 of Eduan Booyens by 082-883-6484 of [email protected]

Staalmeester se kuilvoerkerwers en kuilvoerwaens:

Boer en beeste glimlag ewe breed

Die JF-kuilvoerkerwer speel nie speletjies as hy deur die mielies glip nie.

www.proagri.co.za ProAgri 170 – April 2014 55

Sien ons by NAMPO 2014

56 ProAgri 170 – April 2014 www.proagri.co.za

Veilin

gs

Nic die Sleepwa:Die resep vir ’n gelukkige huwelik en ‘n voorspoedige boerderyGoed begin is half gewin, het die

wyse oumense gesê. Dis hoekom die verstandige Kootjie Koen van Klei-gat besluit het om sy boerdery reg te begin met die regte bruid en die regte sleepwa, wat albei hard kan werk en lank kan hou om Kleigat se boerdery voorspoedig te laat groei. Die regte bruid is natuurlik Soekie, en die verstandigheid van Kootjie se keuse het dadelik geblyk toe Soekie volmondig met hom saamstem dat ’n boerdery wat wil voorloop nie sonder ’n Nic-sleepwa kan bestaan nie. ’n Nic-sleepwa is immers net so waardevol, maar honderd keer nut-tiger, as die grootste karbonkel van ’n diamantverloofring. Sommer van meet af aan het Nic die Sleepwa ’n belangrike rol in die Koens se huwelik en Kleigat se boerdery gespeel toe hy Kootjie en Soekie se trougeskenk, die stoetbul Brontosaurus Magnus de li Biddos, in die grootste gerief en veiligheid van die bruilofsonthaal na die plaas ver-voer het. Net daar het Nic die Sleepwa reeds sy staal getoon met sy gerieflike laaiblad, sy slim uitgedinkte en maklik werkende hekstelsel, sy tussenskotte waarmee jy die gewigsverspreiding en beweging van die diere wat jy oplaai kan beheer en die voorbeeldige manier waarop hy stilweg in die spoor van sy sleepvoertuig volg sonder om ooit te swaai of te waggel. Trap jy rem, dan sorg Nic die Sleepwa se gevorderde remstelsel dat hy net daar tot stilstand kom sonder om aan die sleepvoertuig te stoot of te stamp.

Nic die Sleepwa se unieke, gevor-derde veerstelsel skakel die oordrag van padvibrasie na die sleepwabodem grootliks uit, sodat dier rustig en onverskrik vervoer word, en sy doel-treffende glywerende mat verseker ’n stewige en ferm vastrap regdeur die reis. Die sleepwa is so ontwerp dat die raam en vloer ’n wedersyds onder-steunende eenheid vorm, wat verseker dat ’n Nic-sleepwa lig en lekker sleep en nooit sal kraak of vervorm nie. Nic die Sleepwa is immers nie, soos gewone sleepwaens, bloot op die prin-siep van ’n kaskar ontwerp nie. Die ontwerpers weet ook dat wer-kers nie kan nalaat om op sleep-wamodderskerms te klouter en sleepwaligte af te trap nie, daarom is ’n Nic-sleepwa se modderskerms sterk genoeg om alle vandalistiese aanslae te weerstaan sonder om te buig of lelik te word. En die ligte is so weg-gesteek en beskerm dat dit nie verniel kan word nie. Nic die Sleepwa se ontwerpers het aan alles gedink: Daar is ’n opening tussen die vloer en die onderste tralie sodat jy maklik en sonder nodigheid vir skrop al die verkiesingsbeloftes wat diere tydens die rit op die vloer laat, met die tuislang kan uitspuit. Met die intrapslag op Kleigat kon Kootjie Koen dit sommer dadelik doen sonder om sy troupak te bemors. Nog voordat Bron-tosaurus al Kleigat se koeie se name kon vra, was Nic die Sleepwa reeds smetloos skoon. Maar by dierevervoer hou Nic die Sleepwa se nut nie op nie. Hy is gereed om sommer ’n tamaai vrag

Veeboerdery

koolkoppe of pampoene of ander produkte van Kleigat af mark toe aan te ry, om ’n volle vrag lek of bale of gereedskap of materiaal te laai om enigiets enige plek op Kleigat te voer of reg te maak of te verbeter, om voorrade van die koöperasie af aan te ry... In Kleigat se boerdery is daar haas geen taak nie of Nic die Sleepwa word ingespan om sukses te verseker. ’n Goeie boer beplan vir die toe-koms en daarom weet Kootjie al dat dit seker die getroue Nic die Sleepwa sal wees wat eendag Kleinkootjie se wiegie en later sy klimraam plaas toe sal aanry. En wanneer Kleinkoot Grootkoot word en Kleigat se boerdery oorneem, sal een van die vastighede waarop hy sy eie boerdery kan bou steeds Nic die Sleepwa wees – want Nic-sleepwaens is spesiaal ontwerp om die boer geslag na geslag deur dik en dun, onder die ongemaklikste vragte en oor die moeilikste paaie, tot in die verste toekoms te dien. Intussen staan Nic Sleepwaens gereed om enige moontlike naver-koopdiens te lewer – soos om jou Nic-sleepwa na jare en jare se rowwe plaasgebruik weer mooi te maak en deur te gaan om toe te sien dat alles nog reg werk, maar ook om die ver-beterings wat Nic knaend bedink, aan bestaande sleepwaens aan te bring.

As jy ook jou huwelik en boerdery reg wil begin en aan jou kinders en kleinkinders ’n waardevolle bate in die gedaante van ’n Nic-sleepwa wil nalaat, praat met Nic Keyser van Nic Sleepwaens by 082-859-0904 of 018-673-0224 of [email protected]. Nic Sleepwaens het ’n sleepwa perfek vir elke doel. Kyk self by www.nictrailers.co.za.

Die rolle van Kootjie en Soekie Koen word vertolk deur RP Campher en Madelein du Toit en Brontosaurus Magnus de li Biddos se regte naam is Roelou Transformer.

www.proagri.co.za ProAgri 170 – April 2014 57

Sien ons by NAMPO 2014

58 ProAgri 170 – April 2014 www.proagri.co.za

Veilin

gs

“Die staatsorganisasiementaliteit het my weldra begin wurg en ek het vir my pa gesê ek gaan padgee. Net voor die muur gebou is, is ek Wes-Duitsland toe, waar ek ’n jaar lank gewerk het. “Onder die vryemarkstelsel was inligting en handel oper en dit het my telkemale getref dat mense met lof van die blomme van Suid-Afrika ge-praat het. Daar kom meer as 20 000 verskillende spesies net uit die Kaap, wat ingesluit word in genusse soos geraniums (malvas), zinnias (jakob-regops), bolplante soos freesias en pelargoniums wat in Europa veredel is. In Suid-Afrika kan jy ook vir tien maande van die jaar rose kweek!” In 1961 was daar ’n advertensies in ’n Duitse kwekervakblad vir ’n pos as ’n rooskweker in Pretoria. Jong Ludwig het aansoek gedoen, maar hy was te jonk en kon nie Engels praat nie. Hy het toe veertien maande lank in Enge-land gaan werk as roos-enter, waar hy onder die roosmal Engelse uitstekende kennis en ervaring opgedoen het. In 1962 kon hy uiteindelik Pretoria toe kom.

“My mond het oopgehang toe ek in Oktober hier aanland en die bloeiende jakarandas en blommeprag aanskou.” Hy het by ’n roosplaas in Kameel-drift begin werk en later besluit het om sy eie saak te open. “Die koms van voorstedelike tuin-sentrums waar die dorpsvroue hulle plante in sakkies kon koop, was ’n nuutjie en ek het gesien dat die koop van uitgeploegte rose op die roosplase se dae getel was. “Ek het die stukkie grond langs die beplande N1-snelweg gekoop met die doel om die eerste roosboer in Suid-Afrika te wees wat rose in sakkies in

die voorstad kan lewer.” Ludwig se spaargeld was maar min en hy moes noodgedwonge met ’n tuindienstesaak in die stad begin. Dit het hom waardevolle insig gegee in die smaak en behoeftes van die huisvrou in die voorstad ten opsigte van rose, en die res is geskiedenis. Vandag is Ludwig’s Roses ’n lus vir die oog met 800 variëteite wat hier gekweek word en ’n nuwe roos wat kort-kort die lig sien. Ludwig is ook ’n bemarker van formaat en toe hy sy rose na bekendes soos Bles Bridges, Rina Hugo en andere vernoem het, was die huisvrouens onkeerbaar. Hy het ook ’n roos na Vodacom vernoem nadat hy die kontrak gekry het om hulle hoofkantoor onder rose te be-plant. Saam met ’n terapeutiese wan-deling tussen die rose bied Ludwig’s Roses ook ’n teetuin en kiosk wat ver-skeie roosprodukte soos roosstroop, rooslikeur, rooskonfyt, roossout en roospeper verkoop.

Ons besoek....

Ludwig Taschner by “The Yellow”, ’n splinternuwe roos wat hy in September vanjaar beskikbaar gaan stel.

So lyk die perfekte roosvorm. ’n Goeie roos se tuit en randblare moet soos hierdie Esther Geldenhuys-roos s’n lyk.

Met ’n leë maag kan niemand oor-leef nie en vir daardie oorlewing

kan ons ons land se boere as kospro-dusente bedank. Maar ewe nadelig is ’n honger gees en Ludwig’s Roses noord van Pretoria staan reg om ons mense se siele met die skoonheid van blommeprag en -geur te voed. Die man agter die interessante en aanskoulike boerdery is Ludwig Tasch-ner, wat die destydse Ystergordyn net-net vrygespring het. “Ek is in die middel van die Tweede Wêreldoorlog in 1942 in Duitsland gebore. Na my skoolloopbaan in Oos-Duitsland, het ek my ambag as boomweker deurloop. Ek was die enig-ste van sewe kinders wat in my ouers se voetspore gevolg het. My pa was ’n landskapkweker met sy eie kwekery en my ma was bedrywig met geenteg-nologie en teelwerk, maar altwee was aktiewe kwekers.” As gevolg van die kommunistiese ekonomiese beleid kon jong Ludwig se pa nie die kwekery uitbrei om vir hom plek te maak nie hy moes toe by ’n staatskwekery gaan werk waar daar ’n beleid was om slegs op kosproduk-sie te fokus en vrugtebome te kweek. Rose het dus aan die agterspeen gesuig.

Ludwig (regs) en sy kinders wat ook op die plaas werk, Anja met met ’n Amelia Dee-roos in die hand, Heike en Halmar.

deur Du Preez de Villiers

Patrick Netshivhala is die man wat al vir dertig jaar Ludwig’s Roses se stuifmeel oes en bestuiwing doen in die delikate teelpro-gramme.

www.proagri.co.za ProAgri 170 – April 2014 59

“Suid-Afrika is die

utopie vir rose”

60 ProAgri 170 – April 2014 www.proagri.co.za

Veiling

s

-

www.proagri.co.za ProAgri 170 – April 2014 61

Veiling

s

62 ProAgri 170 – April 2014 www.proagri.co.za

Veiling

s

Veiling

sG

ene

Gid

s

www.proagri.co.za ProAgri 170 – April 2014 63

64 ProAgri 170 – April 2014 www.proagri.co.za

Ge

neG

ids

Ge

neG

ids

AgriG

ids

www.proagri.co.za ProAgri 170 – April 2014 65

66 ProAgri 170 – April 2014 www.proagri.co.za

AgriG

ids

Ons reël finansiering

AgriG

ids

www.proagri.co.za ProAgri 170 – April 2014 67

MILDEX bied aan:

TOP DOG DAY 5 & 6 Junie 2014

Bespreek by Anja 076-869-5576 [email protected] Milton [email protected]

Peter Milton bied verskeie kursusse oor veeboerdery aan en doen konsultasies op jou plaas.

Gassprekers bespreek beesgenetika!

• Nommer een stofsuier en droëmatskoonmaker in die wêreld• Duitse tegnologie op die beste• Die enigste stofsuier wat honde- en kathare in een beweging verwyder• 99,9% afname in asma en allergieë• Wêreldklas 11 Hepa-filtreerstelsel• Ligste regop en draagbare stofsuier• Geen mededingers; geen vergelyking – eenmaal ’n Vorwerk, altyd ’n Vorwerk

Goedgekeurde Vorwerk Kobold verkope en diens

Vir ’n gratis demonstrasie of enige vrae,

skakel 011-787-7627/011-886-8670/076-500-0806

68 ProAgri 170 – April 2014 www.proagri.co.za

2014 Amarok D/C 103kW 2.0 TDI Trendline 4x2

Mc Carthy Volkswagen Silver OaksNew Vehicles Sales Executive: Wouter BotesTel: 012 809 8032 Cell: 082 769 1389

From: R359 900Save: R36 100

Only at Mc Carthy Volkswagen Silver Oaks.Terms and conditions apply. Car featured fitted with optional equipment.

AgriG

ids

www.proagri.co.za ProAgri 170 – April 2014 69

AgriG

ids

70 ProAgri 170 – April 2014 www.proagri.co.za

AgriG

ids

www.proagri.co.za ProAgri 170 – April 2014 71

Kontak ons vir enige sonkragstelsels - huishoudelik en kommersieel

Ons werk landwyd

Weg met kragonderbrekings!Bespaar duisende op jou kragrekening!

Verander jou bestaande dompel-pomp, sentrifugale pomp of enige toerusti ng met ’n 3-fase motor na sonkrag met ons reëlbare-spoed-omsett er (variable speed drive converter).

Verleng die leeft yd van jou elektriese motors met ons omskakelaar se “sagte” aansit.

Wilco van Niekerk: 072-390-6183www.secure-automati on.co.za

Pomp-omskakelaar vanaf

R6 223Sonpanele @ R13,50 per Watt 5 kW bi-direksionele omskakelaar

R19 379

info@secure-automati on.co.za

AgriG

ids

72 ProAgri 170 – April 2014 www.proagri.co.za

AgriG

ids

www.proagri.co.za ProAgri 170 – April 2014 73

AgriG

ids

74 ProAgri 170 – April 2014 www.proagri.co.za

AgriG

ids

www.proagri.co.za ProAgri 170 – April 2014 75

AgriG

ids

76 ProAgri 170 – April 2014 www.proagri.co.za

AgriG

ids

www.proagri.co.za ProAgri 170 – April 2014 77

Slaap rustig met ’n wonderpompGoedkoop, maklik, k l

Met vyf eenvoudige stappe kan jy jou droompomp aan die gang kry:1. Koppel die waterleweringspyp aan die water-uitlaat en die lugpyp aan die luginlaat. 2. Koppel die luginvoerpyp aan die kompressor.3. Laat sak die pomp in die boorgat.4. Maak die pomp aan die bokant stewig vas sodat dit nie uit die boorgat stoot nie. 5. Skakel die kompressor aan en begin pomp!

Verby is die dae van lang slote grawe vir pompaanlê, pomproes, kabeldiefstal, uitbrand en sukkel met pompinstallasie en -onderhoud.

Verbeel jou ’n liggewig pomp wat heeltemal van plastiek gemaak is, met ’n gewone huishoudelike kompressor aangedryf word en enige kragbron van jou keuse kan gebruik.

Rocky Road Construction in Pretoria het baie na aan die volmaakte pompstelsel gekom met hulle Boorgatlugpomp.

Die pomp word heeltemal van politeenpyp gemaak en het geen metaalonderdele wat weg-gevreet kan word nie. Die pomp is dus geskik in water met ’n hoë sout-, yster- en sandinhoud.

Die pomp is geskik vir boorgate en daar is geen waardevolle elektriese kabel wat na die boor-gat loop nie. Gewone en goedkoop HDPE pyp word as bedieningspyp gebruik.

Dit kan ook as ’n rugsteunpomp gebruik word omdat dit so vinnig geïnstalleer word en met soveel verskillende kragbronne kan werk.

Die groot deurbraak is dat die pomp met ’n eenvoudige huishoudelike kompressor aangedryf word. Die kompressor kan dan maklik met ’n sonpaneel, windlaaier, petrol- of dieselmotor aangedryf word en die pomp sal nie uitbrand as die boorgat droogloop nie!

Die pomp weeg ’n skamele 2,9 kg, wat dit ’n droom maak om te installeer, selfs in minder as ’n uur. Onderhoud is kinderspeletjies, want al die diensbare onderdele is bogrond en geen elektriese dele word onder die water gedompel nie.

MetMMMMMMMMMMM vyvyvyvyvyvyvvyvyyf ef ef ff eeeenvnnvvnvvnvnvvoudige stappe kan jy jou droompomp aan dieeee gaaaaaaaangngnngngngngn kry::::::111.11111 KopKoppppKopppppelpelpelpelpepelpelellpel die wwwwwaterleweringspyp aan die water-uitlaat eneeee didididididiie e le le le e le ugpugpugpugpugpugpugpuu pu yyyyp yyyyy aan die llee leeee uguugugiuu nlaat.2222.2222222 Koppelpelpeeepelpeee diddddddddddddd e lugiuuuuuuuu nvoerpyp aan die kompressor.333.33333333 Laaaaaaaaaaaaa t ssssssssssssak akak ak akak ak ak kk die popppppppp mp in nnnnnn died bobooooooorgat.444.444444444 MaaMaaaaaaaaa k dddddddddddddieiieie ieiiee e pompompompompommmpomp apppppp an die bokant stewig vas sodat dit nie ue ee e e eeeee it t t diedidiediediedidiieed e boorgooorororo at stoooot ooooooo nie. 5.555555555 Skakk kel dididiiididididd ee ke ke kke keee ompmpmmpmpressorororororororoo aaaaaaaaaaa n en begin pomp!

Kontak gerus vir Heim Botha by 083-340-1838 vir meer inligting oor hierdie uitstaande [email protected]

AgriG

ids

78 ProAgri 170 – April 2014 www.proagri.co.za

AgriG

ids

www.proagri.co.za ProAgri 170 – April 2014 79

AgriG

ids

80 ProAgri 170 – April 2014 www.proagri.co.za

AgriG

ids

www.proagri.co.za ProAgri 170 – April 2014 81

AgriG

ids

82 ProAgri 170 – April 2014 www.proagri.co.za

AgriG

ids

www.proagri.co.za ProAgri 170 – April 2014 83

AgriG

ids

84 ProAgri 170 – April 2014 www.proagri.co.za

Twe

ed

eha

nds

Pryse onderhewig aan verandering sonder kennisgewing.Terwyl voorraad hou.Foto’s slegs vir illustrasie doeleindes.Bepalings en voorwaardes geld. Alle pryse sluit BTW in. Onmiddellike finansiering.

www.proagri.co.za ProAgri 170 – April 2014 85

Twe

ed

eha

nds

Twe

ed

eha

nds

86 ProAgri 170 – April 2014 www.proagri.co.za

Twe

ed

eha

nds

www.proagri.co.za ProAgri 170 – April 2014 87

Pryse onderhewig aan verandering sonder kennisgewing. • Terwyl voorraad hou. • Foto’s slegs vir illustrasie doeleindes. • Bepalings en voorwaardes geld. • Alle pryse sluit BTW in. • Onmiddellike finansiering.

88 ProAgri 170 – April 2014 www.proagri.co.za

Twe

ed

eha

nds

www.proagri.co.za ProAgri 170 – April 2014 86

Twe

ed

eha

nds