65
DAGBOEK AFRIKA TRIP. Na baie gepraat, wonder, droom breek die dag uiteiendelik aan. Ons gaan Suider Afrika per pad aandurf.Anders as gewoonlik wanneer ons alleen reis gaan ons die keer geselskap he. Murray, Lien en die kinders sal vir die eerste paar weke saam wees, dan is ons op ons eie vir so ‘n kort tydtjie waarna Gep en Gerda by ons sal aansluit. Dag 1. 11 Junie 2010. Ons ontmoet die kinders by Clanwilliamdam en ons was nog so ‘n halfuur of wat weg toe Murray laat weet hy is al op sy tweede koffie. Daar aangekom geniet ons ‘n lekker piekniek ontbyt wat Helentjie ingepak het en neem toe die pad verder na Goegap Natuurtuin waar ons die aand sou slaap. By Goegap aangekom is die hek toe en daar is nie ‘n mens in sig nie. Vind die hek is nie gesluit nie en besluit toe ons gaan onsself maar tuis maak. So gese so (gedaan en kort voor lank is ons kamp opgeslaan en sit ons heerlik en ontspan terwyl Ray en Carli soos twee apies die koppie invaar. Dit is ysig koud en ons sit die aand almal om die vuur toegedraaa in komberse en beny die mus wat Murray op sy kop het. Dag 2. 12 Junie 2010. Na ‘n vinnige draai by Pep Stores om vir ons elkeen ‘n mus te koop terwyl die mans die bakkies laat vol gooi neem ons die pad na Port Nolloth. Ek voel ons ry in die verkeerde rigtigting, bekyk die kaart en verstaan dit nie. Vra uiteindelik vir Ewoud en hy se net hy wil die pad ry. Nou ja,ons ry toe die pad en wat ‘n pad is dit toe nie! Die woord sleg is te goed om dit te beskryf en ons moes die prys daarvoor betaal. ‘n yslike knik laat die sleepwa se trekstang buig. Ek en Ewoud moes toe agterbly in Port Nolloth om dit te laat regmaak terwyl die kinders aangery het na die Rigtersveldt waar ons vir die aand bespreek was. Gelukkig het ons by ‘n baie bekwame en vriendelike Danie van Wyk (Port Dienste)uitgekom wie die nodige kennis en gereeedskap gehad het en hy en Ewoud kon die skade herstel. Dit was egter te laat om deur te ry Richtersveldt toe en ons het by Mc Dougals Bay gaan kamp opslaan vir die aand. Dit lyk nog net soos die 1

Web viewBy die kamp aangekom het die wind behorlik sy ding gedoen en moet die tentpale en toue weer ingeslaan en gespan word. ... Daar ons so gou reggekom het met die treiler in Kampala

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Web viewBy die kamp aangekom het die wind behorlik sy ding gedoen en moet die tentpale en toue weer ingeslaan en gespan word. ... Daar ons so gou reggekom het met die treiler in Kampala

DAGBOEK AFRIKA TRIP.

Na baie gepraat, wonder, droom breek die dag uiteiendelik aan. Ons gaan Suider Afrika per pad aandurf.Anders as gewoonlik wanneer ons alleen reis gaan ons die keer geselskap he. Murray, Lien en die kinders sal vir die eerste paar weke saam wees, dan is ons op ons eie vir so ‘n kort tydtjie waarna Gep en Gerda by ons sal aansluit.

Dag 1. 11 Junie 2010.

Ons ontmoet die kinders by Clanwilliamdam en ons was nog so ‘n halfuur of wat weg toe Murray laat weet hy is al op sy tweede koffie. Daar aangekom geniet ons ‘n lekker piekniek ontbyt wat Helentjie ingepak het en neem toe die pad verder na Goegap Natuurtuin waar ons die aand sou slaap. By Goegap aangekom is die hek toe en daar is nie ‘n mens in sig nie. Vind die hek is nie gesluit nie en besluit toe ons gaan onsself maar tuis maak. So gese so (gedaan en kort voor lank is ons kamp opgeslaan en sit ons heerlik en ontspan terwyl Ray en Carli soos twee apies die koppie invaar. Dit is ysig koud en ons sit die aand almal om die vuur toegedraaa in komberse en beny die mus wat Murray op sy kop het.

Dag 2. 12 Junie 2010.

Na ‘n vinnige draai by Pep Stores om vir ons elkeen ‘n mus te koop terwyl die mans die bakkies laat vol gooi neem ons die pad na Port Nolloth. Ek voel ons ry in die verkeerde rigtigting, bekyk die kaart en verstaan dit nie. Vra uiteindelik vir Ewoud en hy se net hy wil die pad ry. Nou ja,ons ry toe die pad en wat ‘n pad is dit toe nie! Die woord sleg is te goed om dit te beskryf en ons moes die prys daarvoor betaal. ‘n yslike knik laat die sleepwa se trekstang buig. Ek en Ewoud moes toe agterbly in Port Nolloth om dit te laat regmaak terwyl die kinders aangery het na die Rigtersveldt waar ons vir die aand bespreek was. Gelukkig het ons by ‘n baie bekwame en vriendelike Danie van Wyk (Port Dienste)uitgekom wie die nodige kennis en gereeedskap gehad het en hy en Ewoud kon die skade herstel. Dit was egter te laat om deur te ry Richtersveldt toe en ons het by Mc Dougals Bay gaan kamp opslaan vir die aand. Dit lyk nog net soos die vorige keer toe ons daar oornag het met Gep hulle maar Ewoud kon glad nie onthou dat ons al daar was nie.

Dag 3. 13 Junie 2010.

Sluit aan by die kinders by Rigtersveldt waar hulle reeds lekker nes geskrop het. Ons kamp heerlik tenspyte van die feit dat daar geen water is nie. Is bly vir die musse wat ons in Springbok aan geskaf het. Ons eet omtrent soos die Boesmans, ons maak al ons vleis gaar en smul omtrent aan ‘n lekker vet ribbetjie want ons kan dit nie die volgende dag oor die grens neem nie.

Dag 4. 14 Junie 2010.

‘n Heerlike nuwe ervaring vir Ray en Carli want ons neem die Pont oor die oranje Rivier na Namibia. Daar is geen probleme met die grensposte en ons is gou en vinnig daardeur. Die landskap is dor en die berge is ru en donker maar toe ons daardeur is le die oop vlakte voor ons. Die wind waai en ons moet seker maak dat ons die bes moontlike plek uitsoek om te stop vir ontbyt. ‘n Behoorlike ontbyt met ‘toast’, eiers en spek is nou reeds ‘n instelling en

1

Page 2: Web viewBy die kamp aangekom het die wind behorlik sy ding gedoen en moet die tentpale en toue weer ingeslaan en gespan word. ... Daar ons so gou reggekom het met die treiler in Kampala

die kinders het net nooit moeg geword hiervoor nie. Almal het dit ook nog meer geniet wanner ons langs die pad gestop het daarvoor. Met die dat ons so gou en maklik deur die grensposte is besluit die mans dat ons deur sal ry tot in Bertesdakamp in die Sousousvlei omgewing en ‘n ekstra aand daar oorbly. Dit is ‘n lang ent pad en die wind waai onophoudelik. By Betesda het hulle gelukkig vir ons staanplek vir die ekstra aand en ons slaan kamp op onder ‘n tamaaie groot doring boom. Dit is ysig koud die aand en die wind waai onophoudelik so ons sit al ons kant seile op en sit in so ‘n stywe kring die aand om en gesels.

Dag 5. 15 Junie 2010.

Die wind waai nog steeds maar ons pak koffie en beskuit in en vat koers na Sesriem Canyon. Wonder almal wat is die afrikaanse woord vir Canyon maar kry nie die antwoord nie. Onder in Sesriem is dit heerlik om uit die wind te wees en die kinders geniet hulle gate uit. Volg al wat ‘n moontlike paaitjie kan wees en klouter ooral in. Ons wens almal ons kan daar bly net om uit die wind te wees maar die kamp wag en ons moet maar die pad vat terug daarheen. By die kamp aangekom het die wind behorlik sy ding gedoen en moet die tentpale en toue weer ingeslaan en gespan word. Arme Murray het ook hierna die volgende twee nagte niks anders gedoen as om nuwe planne te maak om alles staande te laat bly nie. Ewoud het naderhand sleg gevoel om hom so alleen te laat sukkel en het maar bra teensinnig opgestaan om te help. Dit bly ysig koud en ons hoor dat die Wes en Ooskaap se berge wit is onder die sneeu.

Dag 6. 16 Junie 2010.

Daar is nog geen eiende aan die wind nie en ons leef in stof en nogmaals stof en begin wonder of ons ooit weer die wereld om ons behoorlik sal kan sien. Vol twyfel of dit die moeite werd gaan wees pak ons ‘n piekniek mandtjie en neem koers na Sousousvlei. Die stof is so dig dat mens met tye skaars kan sien waar om te ry. Ons hou egter moed en kom by die vlei aan maar kan glad nie eers die duine sien nie. Gelukkig het ons gehoor dat dit soms so teen die middel van die dag opklaar en ons besluit om te wag en sien wat gebeur. Net so wel want dit is toe ook so. Ray en Ewoud klim die een duin uit en Murray en Carli ‘n ander een. Ons smul heerlik aan ‘n skaapblad wat ek reeds by die huis gaar gemaak het en ons gevries het spesiaal vir vandag. Terug by die kamp is dit nog steeds net wind en stof en ysig koud.

Dag 7. 17 Junie 2010.

Die wind waai so dat ek nie kan help om die tent op te slaan nie gelukkig is Murray daar om te help maar selfs hy en Ewoud moet spook om alles opgevou te kry. Van skoonmaak en afstof is daar geen sprake nie, ons is maar net te dankbaar dat ons alles bymekaar kan hou. Ry deur tot in Walvisbaai en almal is ewe verlig toe ons ‘n windlose staanplek kry by Lagoon Camping. Ons tent se een kap het gebreek van die wind maar Ewoud maak dit reg met ‘n besemstok. Die kinders se tent se rits het ook die gees gegaf maar gelukkig het Murray voorsieniong gemaak en ‘n tweede tent saam gebring vir die ingeval!

Dag 8. 18 Junie 2010.

2

Page 3: Web viewBy die kamp aangekom het die wind behorlik sy ding gedoen en moet die tentpale en toue weer ingeslaan en gespan word. ... Daar ons so gou reggekom het met die treiler in Kampala

Die bakkie gaan in vir die 60 000km diens en ons maak gebruik van die geleentheid om asem te skep en skoon te maak. Die kinders gaan om Quad fietse en duine te ry en later stap ek en Ewoud dorp toe om die bakkie te gaan haal. Dit is so 4km en dit is baie warm maar dit doen ons goed om die ent te stap. Na ons die bakkie gekry het soek ons ‘n vis winkel en koop twee vars Angel visse. Ewoud het toe die een vir ons die aand gebraai en dit was werklik heerlik, almal het hulle vingers afgelek. Laterd die middag het ek saam met die kinders Swakkopmund toe gegaan waar ons toe ook ons kos vooraad aangevul het.

Dag 9. 19 Junie 2010.

Ons se varwel aan Walvisbaai en ry kuslangs tot by Hentiesbaai waar ons ooswaarts draai na die Brandberge toe. Ons draai by Uis af om na die WhiteLady rots tekeninge te gaan kyk. Ewoud is geskok oor hoeveel duurder alles nou is as toe ons laas hier was, maar nou ja tyd en pryse staan nie stil nie! Ons vra na Christian die gids wie ons laas vergesel het en is hartseer om te hoor dat hy net so ‘n paar maande vroer oorlede is aan VIGS. Ons kry egter weer ‘n baie oulike gids, Barnabas, en geniet die stap na die White Lady. Ray en Carli gesels een strook deur met die gids en bespook hom behoorlik met vrae. Helenetjie verwonder haar behoorlik aan die rots tekeninge en ons besef toe dat dit die eerste keer is wat sy so iets sien. Ons slaap die aand weereens onder ‘n groot doringboom by die White Lady Community Kamp. Dit is egter nie ‘n werlike gemeenskapskamp nie daar dit ‘n blanke eienaar het. Ons is vol afwagting dat ons die woestuin olifante sal sien want hulle is in die omgewing maar hulle ontwyk ons. Ray Kind is gefasineer deur die ablusie geriewe want dit is die eerste bos tipe wat ons kry. Hy is egter net so bereid om die donkie te stook as wat hy is om elke aand vuur te maak.

Dag 10. 20 Junie 2010.

Ons besoek die Versteende Woud en die kinders leer en sien van die welwitchia plante. Hierna ry ons verder noord en mik vir Palmwag. Net voor ons by Palmwag kom merk ek ‘n teken wat se Palms Camp en ons besef toe dit is ‘n kamp wat aan die ‘locals’ behoort. Ons draai toe daar in en vind ‘n lieflike staanplek waar ons ons tuis maak. Daar is self netjiese geriewe en water. Ons het nie hout nie en wil nie sommer net die bosse invaar en kap nie toe stap ek en Carli oor na ‘n klompie huisies so ‘n ent weg anderkant die pad. Ons kry toe ‘n ou man daar en hy help ons toe met hout en verseker ons ons kan maar met ‘n geruste hart kamp opslaan. Die ou in bevel sal wel later opdaag. Ons gesels heerlik met die man en verneem dat sy vrou in Khorixas werk en dat hy die jonger kinders tuis oppas. Hy vra toe of ons nie dalk vir hom ‘n Bybel het nie. Ek en Carli is toe terug na die ander en Helenetjie se sy het ‘n dagboek wat sy kan gee toe stap ons twee weer terug om dit vir die ou man te gee asook Vreugde armbandtjies vir hulle almal. Hy was omtrent oorstelp van dankbaarheid en het net aanhou se hy het nie genoeg woorde om dankie te se nie. ‘n Heerlike kamp en die kinder se eerste ondervinding van alleen wees in die middel van nerens soos ons al vir hulle vertel het.

Dag 11. 21 Junie 2010.

Ons neem die pad verder Noordwaards via Opuwa na Epupa. Die pad raak al hoe slegter en slegter en die berge al hoe hoer en hoer. Die een driffie is baie klipperig en ons is

3

Page 4: Web viewBy die kamp aangekom het die wind behorlik sy ding gedoen en moet die tentpale en toue weer ingeslaan en gespan word. ... Daar ons so gou reggekom het met die treiler in Kampala

bekommerd oor Murray se treiler en hou toe stil om vir hulle te wag . Terwyl ons daar staan merk Ewoud op dat ons treiler se een wiel amper teen die modderskerm skuur. Hy en Murray stel toe ondersoek in en besef toe die as het losgebreek van die ‘mounting bracket’ Ons maak dit tot in Opuwa en kry gelukkig ‘n ou wat dit vir ons sal kan sweis. Ons los toe vir Ewoud daar en ons ander gaan soek toe na ‘n kampplek vir die aand. Is nie baie suksesvol nie maar kry tog ‘n plek wat maar gorrigrig is. Wel ‘beggars can’t be choosers’ so ons se toe maar ons sal daar bly. Ek het niks gese maar moet nou erken die plek het my laat dink aan die mense wie se chalets ens in Zimbabwe, in die boek The Last Resort, in die plaaslike bordeel omskep is. Asof dit nie genoeg was nie was dit ook naby ‘n Shebeen en is ons tot drie uur die oggend met oordrewende musiek, ekskuus lawaai, oorval. Kon darem na ek die stort uitgeskrop het elkeen stort. Die aand het Ray soos gewoonlik vir ons ‘n vuur aangesteek en ons het nog so lekker daarom gesit en gesels toe ons skielik merk daar loop ‘n stroom water onder deur ons tent. Die manne stel ondersoek in en vind ‘n pyp wat agter by die tenk gebars het. Ons het net weer lekker gesit toe ons iets hoor en die volgende oomblik spuit daar ‘n stroom water uit die vuur uit. Ons vuur was toe mooi netjies oor die waterpyp en die hiite het dit toe deurgebrand. Gelukkig het ons toe almal klaar gestort want hierna was daar niks meer water nie. Nou ja ons het alles veilig orleef maar nie een van ons was jammer om die keer verder te ry nie.

Dag 12. 22 Junue2010.

Ons was bekommerd oor die toestand van die pad na Epupavalle want onthou dit as as ‘n lang , kronkelende pad vol klip driwwe. Waarsku die kinders dat ‘n lang ent gaan wees en dat dit maar baie stadig sal gaan. Groot is ons verassing. Die pad is oorgedoen en ry soos ‘n droom. Tog jammer want met die nuwe pad verloor mens die gevoel dat jy regtig nou die beskawing agterlaat. Toe Ewoud die bespreekings gedoen het was die kamp by die valle vol en het hy toe vir ons by Kapika Lodge kamplek bespreek. Daar aangekom sak ons moed in ons skoene want dit is karig en sonder skadu. Die vrou vertel toe dat hulle bouer hulle in die steek gelaat het en die eientlike kampplek nog nie voltooi is nie. Gelukkig help sy toe en ons kry plek by die valle waar ons in die eerste plek wou wees. Dit is so pragtig en heerlik onder die Makalani palms dat ons besluit om drie nagte daar te bly. Die kinders tel die neute op en Carli kerf so ywerig aan hare dat haar hande skoon styf word. Ewoud en die kinders swem in die poel bokant die valle.

Dag 13. 23 Junie 2010.

Ons stap af met die rivier, neem fotos en verwonder ons aan die prag van die natuur. By die sandbank sit Ewoud, Ray en Carli op die rotse en gesels en wonder waar al die water vandaan kom. Aanvanklik weet Carli nie en sy se toe skielik “o ja Jesus doen dit”. Hulle het dit egter uiteiendelik uitgereideneer en die antwoorde gevind wat hulle Oupa uit hulle getrek het. Dit was mooi en goed om die drie van hulle dop te hou. Ek en Lien het die bondel wasgoed wat nou redelik opgegaar het in ons “wasdrom’ so een kyk gegee en besluit om gebruik te maak van die vroue wat wasgoed doen. Was bly en lekker om al ons goed weer ‘n keer vars en skoon te he. Ons het ook almal ingespring en gehelp om al die kamp toerusting en goed minder stowerig te kry. Intussen het die kinders maats gemaak en geniet hulself gate uit. Kerf nog steeds aan die neute.

4

Page 5: Web viewBy die kamp aangekom het die wind behorlik sy ding gedoen en moet die tentpale en toue weer ingeslaan en gespan word. ... Daar ons so gou reggekom het met die treiler in Kampala

Dag 14. 24 Junie 2010.

‘n Heerlike lui dag met die gedruis van die valle in die agtergrond en rustig onder die skadu van die palms.

Dag 15. 25 Junie 2010.

Kamp afslaan en pad vat na Ruacana. Weereens stof en nogmaals stof. Ons neem lief daarmee dat dit maar die norm gaan wees. Stop om na die Ruacana valle te kyk maar daar is geen valle nie, dit is droog. Wil Cokes by die winkeltjie langs die pad koop maar hulle het net onbekende blikkies vrugte koeldranke. Die Cokes is op! Koop maar wat daar is want dit is tenminste koud en, kan ek maar se, ons voel stowerig!! Ons mik na ‘n dam so 30 km anderkant Ruacan waaar daar blykbaar ‘n lodge is met kampplek. Kom by die uitdraai maar sien geen teken van iets nie. Gelukkig het Murray en Lien gesien dat ‘n boer wys ons moet stop en ons draai toe terug. Die boer groet ons toe en vertel toe daar is nie ‘n Lodge nie, die ou wie dit glo sou gebou het het die geld gesteel en is kort daarna dood in ‘n ongeluk. Die naaste kamplek is op die volgende dorp ‘n hele ent verder. Ek vra hom toe hoe veilig is die omgewing as ons dalk somer langs die pad sou staan. Hy se toe dit is baie veilig maar as ons bereid is om dit te doen kan hy vir ons ‘n plek gee op sy plaas waar ons kan staan. Ons se toe sonder huiwering dit sal fantasties wees en hy neem ons dieper die paas in na ‘n plek wat ons toe Boompie Aleen doop. Ons nooi hom toe om later die middag ‘n drankie saam met ons te kom geniet. Hy daag toe op met ‘n grat tamaties en die pragtigste twee botterskorsies. Gesels heerlik, geniet twee brandies en coke en Ewoud gee hom ‘n bottel wyn. Ons geniet die aand en is vir Johan Marais baie dankbaar vir sy gasvryheid. Toe ons kamp opslaan die volgende oggend val Ewoud oor die een tent tou en maak sy voet seer. Hy het gekrul van die pyn en sukkel lank daarmee. Dit is ongelukkig sy voet wat geoppereer was.

Dag 16. 26 Junie 2010.

Ons staan so lui, lui op en geniet eers ‘n lekker ontbyt voordat ons die pad vat terug na Ruacana en dan weer ooswaarts na Etosha se kant toe. Dit is nou wel terrepad en dus het ons so ‘n bietjie blaaskans van die stof maar dit gaan stadig. Dit is dorpoie op dorpie en als en almal wat beweeg is op die pad. Dit is donkies, bokke,kinders, ou mense, jong mense, beeste en honde. Daar is ook nerens om te stop sonder dat iemand nader staan en jou bekyk.

Die bakkie het ‘n enjinMaar dit help ons net nietDis donkies en dis klonkiesBokke, honde en wat nogSo vir vinniger ry Is dit neusie verby.

By Oshikati kry ons brandstof en so ‘n bietjie kos voorrade. Dis Saterdagoggend en soos ‘n mal huis. Kry darem alles wat ons nodig het . Ons mik vir Sassenheim ‘n plaas met kampplek net so drie kilometer van die afdraai na Etosha. Ek en Ewoud het al voorheen daar gebly en ons was bly om te sien dat dit nog bestaan en gerieflike kampplek bied.

5

Page 6: Web viewBy die kamp aangekom het die wind behorlik sy ding gedoen en moet die tentpale en toue weer ingeslaan en gespan word. ... Daar ons so gou reggekom het met die treiler in Kampala

Dag 17. 27 Junie 2010.

Die Van der Merwes gaan vir die dag na Etosha en is veral opgewonde oor die olifante wat hulle gesien het. Ewoud se voet is nog baie seer en ons twee het agter gebly by die kamp. Ek probeer om van die stof ontslae te raak en was wasgoed en Ewoud kyk of daar nie iets is wat hy kan doen om die sleepwa meer stogdig te maak nie. Later die middag kom daar so ‘n jong meisie aan by die kamp langsaan en Ewoud se toe vir Murray hulle twee kan gerus gaan kyk of sy nie dalk hulp nodig het nie. Ray Kind hoor die gesprek en se toe ‘Oupa ,jy is al lankal oor die muur!!” as of dit nie genoeg is nie vertel Murray toe dat van ‘n Zebra in Etosha swart seuntjie ingesluk het en toe hang die se armpie nog uit. Carli antwoord toe dat hy ‘n waterbottel by hom mes gehad het want daar loop water uit!

Dag 18. 28 Junie 2010.

Dit is ons laaste dag saam met die kinders en ons besluit om op Tsumeb oor te bly want ons moet ons yskas laat regmaak. Ons gaan soek ‘n paar lekker steaks om die aand te braai en ek bederf almal met poeding. Ewoud kry ‘n bottel Whiskey persent en ek ‘n bottel Amarula. Ons kuier heerlik saam en geniet vir die laaste aand Ray se vuur.

Dag 19 29 Junie 2010.

Die kinders neem afskeid en neem die pad huistoe. Ek en Ewoud besluit om nog ‘n dag oortebly by Tsumeb sodat ek ons wasgoed op datum kan kry en ons op ons tyd ons voorade kan aanvul want die pad voorentoe na Kaudom is daar nie veel kans om dit te doen nie.

Dag 20. 30 Junie 2010.

Ons pak op en na ‘n vinnige stop vir vars brood draai ons weereens noord tot so vyftig kilometer anderkant Grootfontein waar ons oosdraai na Kuadom se kant toe. Na die laaste ent van teerpad is dit weereens stof en nogmaals stof. Kry darem ‘n gerieflike plek om te stop vir ons gebruikelike ontbyt en verlang na die kinders omdat hulle dit altyd so geniet het. Ek kyk die heeltyd uit vir ....................Gemeenskapskamp waar ons so lekker oorgestaan het en saam met die Boesmans gekuier het . Ons kry die kamp en Ewoud se hy gee my ‘n halfuur om uittevind of Christiaan en sy mense nog daar is. Ek volg toe die paatjie die bosse in en kry toe sowaar vir Johannes (nou Ou Johannes daar die Ou Johannes van voorheen oorlede is) asook Christiaan se vrou. Hulle het nou drie kindertjies. Christiaan self was ongelukkig nie daar nie en hulle het hom eers die middag terug verwag. Die kamp self bestaan ook nog en die man wat op diens was het trots vertel dat hulle nuwe geriewe gebou het. Ons probeer brandstof kry op Tsumkwe maar die pompe is leeg. Ry aan tot by Sererketikamp, Kaudom waar alles maar nog net is soos voorheen, net nog meer verwaarloos. Die toilette is stukkend, die dionkie vir warm water werk net op genade en dan is daar water en dan nie. Nietemin dit is Kaudom en ons is bly om daar te wees.

Dag 21. 1 Julie 2010.

Ons kan nie juis rond ry op soek na wild nie as gevolg van die feit dat ons nie diesel kon kry op Tsumkwe nie. Dit is egter heerlik om net so rustig in die kamp te wees. Die ander mense wat daar was is weg en nou is dit net ons. Die stilte is amper oorvoerdowend! As gevolg van

6

Page 7: Web viewBy die kamp aangekom het die wind behorlik sy ding gedoen en moet die tentpale en toue weer ingeslaan en gespan word. ... Daar ons so gou reggekom het met die treiler in Kampala

onlangse goeie reents is die water in die riviere ooral volop so die kanse om die diere te sien is uiters skraal. Dit tref ons net dat mens hulle ook nie hoor nie so moet hulle ver wees.

Dag 22. 2 Julie 2010.

Ry na die naaste watergat in die hoop dat daar iets sal wees maar behalwe vir ‘n enkele jakkals en voels is daar niks nie. Verder is dit net’n lekker lui dag so op ons eie onder die bome. Net voor sononder hoor ons ‘n voertuig en kom daar nog mense in. Hulle gaan staan egter ‘n hele ent weg so ons is skaars bewus van mekaar.

Dag 23. 3 Julie 2010.

Gesels met Pieter Pretorious wie die voorige aand ingekom het en hy beveel aan dat ons deur Botswana ry eerder as Runda om . Verseker ons dat die grenpos by Dobe nou oop is en dat die pad rybaar is. Ons maak toe so en kom sonder moeite deur die grens met net ‘n enkele polieseieman aan elke kant. ‘n Interessante nuwe ervaring is die Veaartsgrens prosedure. Ons moet tot op ‘n presiese posisie ry met die bakkie waarna al die wiele gespuit word. Word ook gese om uitteklim en in so ‘n lendelame bak wat lyk asof daar ‘n ou stuk kombers in is te staan. Die word ook gespuit. Dit is vir voet en klouseer bestryding en ons kom dit weer later tee. Van Dobe is dit ‘n elle lang ent pad wat net al hoe slegter en slegter raak soos net in Botswana kan gebeur tot ons by die teerpad uitkom by Nokaneng. Ons verligting om op die teer te kom was maar van korte duur want sowat van donkies kry mens nie dikwels nie. Dit het ook begin later raak en die goed is bykans onsigbaar so in die skemerte. Is nie seker waar ons sal kan kamp nie maar is bly om ‘n teken te sien wat ‘n kamp aandui waar mens nie ‘n 4x4 benodig nie. Dit is swamp gebied en ons wil nie kanse waag nie. Kom toe by Sepopa Swamp Stop langs die Okavango uit en kry ‘n gerieflike staanplek temidde ‘n koorsang van paddas.

Dag 24. 4 Julie 2010.

Ons bly die dag oor in Sepopa. Kan nie verstaan hoekom alles so nat en verwaarloos lyk tenspyte van die feit dat dit duidelik is dat dit lyk asof daar al baie moeite gedoen is om dit ‘n pragtige plek te maak nie. Gesels toe met die mense daar en hulle vertel toe vir ons dat die rivier in vloed was en hulle vir meer as ‘n aand dit moes ontruim en dit nou maar eers weer oopgestel is. Waar ons kamp moes hulle twee weke gelede nog met mokoros rondry! Daar is nog steeds water so te se reg rondom ons die dat die padda gesang so oordreuwend is. Die Okovango vloei sterk en was glo 40 jaar laas so hoog. Die vloed is egter vererger as gevolg van ‘n dam wat erens in Angola gebreek het.

Dag 25. 5 Julie 2010.07.

Staan so lui lui op, slaan kamp af eet ontbyt en neem die pad. Ek moet die hek oopmaak maar moet eers ‘n koei wat bankvas voor dit staan wegja. Die teken na die kamp het gese geen 4 x 4 is nodig nie so die water wat ooral staan pla ons nie teveel en ons is mos reeds voorheen sonder moeite daardeur. Sonder om veel daaroor te dink volg Ewoud ‘n lot spore en midde ‘n yslike plas water begin die bakkie te sink. Ons sit bank vas, kan nie beweeg nie en die voorkanste regterwiel sak al hoe dieper. Alleen sal ons beslis nie daaruit nie so Ewoud moet maar te voet gaan soek vir hulp. Soos dit maar gaan waar daar ouens is met

7

Page 8: Web viewBy die kamp aangekom het die wind behorlik sy ding gedoen en moet die tentpale en toue weer ingeslaan en gespan word. ... Daar ons so gou reggekom het met die treiler in Kampala

4x4 is daar spoedig meer as genoeg gewillige hande, elkeen met syeie raad en oplossing om ons weer veilig op droe grond te kry. Ray Kind sou omtrent die opwinding geniet het en ek hoop ek het so ‘n paar goeie aksie fotos om vir hom te kan wys. Ry toe sonder voorval verder tot by die grenspos op Mohamba waar ons toe nuwe assuransie moes uitneem vir Namibia. Stop vir voorrade by so ‘n regte afglee winkeltjie en ry tot Bam Hills langs die Kwando Rivier waar ons ‘n pragtige ‘en suite” staanplek kry. Ewoud kan nie meer sy lus hou vir ‘n stuk steak nie toe ry ons maar oor die rivier na Kongola maar al wat daar is is hoender. Ek gesels met die eienaar van die winkel en hy se die mense slag hulle eie veee. Wonder hoekom hou hulle dan nie hoenders aan nie???

Dag 26. 6 Julie 2010.

Ons kry ‘n permit en gaan stel ondersoek in na Namwab wat hoogs aanbeveel is deurPpieter Pretorious. Dit is 17 kilometer met die rivier af. Mens ry verby ‘ ou weermagskamp wa t dateer uit die oorlogsjare en glo as ‘n dekmantel vir hoelui se jag ekskapades gedien het. Die kamp is werklik afgelee en baie pragtig maar ons bly lekker by Bum Hills en besluit om ons kamp daar te hou. Verder aan van die kamp maak die pad so ‘n u draai om ‘n inhaan van die rivier en dit is bekend as Horseshoe Bend. On s ry toe aan daarheen en nog verder verby, skielik is daar ‘n drif vol water oor die pad. Ewoud sit voet neer, baie braaf ons het mos nou nie die sleepwa nie. Wel ons is daardeur maar die water spat regoor die bakkie. Met die terug ry besluit ek ek soek verniet na olifante en gaan nou maar die bome dop hou met die hoop om ‘n luiperd te sien. Vergeet toe skoon ons is in olifant wereld en skrik my byna boeglam toe daar ‘n olifant reg by die bakkie is. Ewoud skrik net so vir een aan sy kant en daar is ons tussen vier ou grotes. Die diere hier is baie rustig insluitend die kudos wat volop is. Ewoud tel hout op en ons maak ’n regte Ray vuur wat ons geniet terwyl ‘n hoender potjie eenkant op kole prut. Skielik hoor ons net takke kraak en alhoewel dit te donker was om te kan sien het ons afgely dit is ‘n sekooi wat wei. Van donker gepraat die twee aande op Bum Hills was dit stik donker in die tent, geen maan en geen ligte. Selfs die sterre het nie gehelp as gevolg van die digte blare van die reuse Assegaai?boom waaronder ons gestaan het.

Dag 27. 7 Julie 2010.

Het vandag seker die korste ent ooit van een plek na die ander gery, net 25 kilometer tot by Kwando kamp. Dit is ‘n pragtige kampplek langs die rivier onder groot koelte bome met grasperke. Omdat ons so ‘n kort ent gery het het ons nie langs die pad ontbyt nie en doen dit toe voor ons kamp opslaan. Daar is ‘n slang in die boom net agter ons en ewoud het ‘n baba enetjie gesien so ons neem aan dit was ‘n ma slang wat kleintjies grhad het. Die toilette is enorm groot en herinner my aan die grashutte wat my pa vir ons as kinders laar bou het om in te speel. Dit is so lekker rustig en skoon, wat beteken sonder stof, dat ons besluit ons sal ‘n ekstra aand daar oorbly.

Dag 28. 8 Julie 2010.

Dit is ‘n pragtige oggend en ek gaan stap ‘n ent. Bly vir eers versigtig binne die kampgrense maar sien toe so ‘n breerige padtjie en besluit om daarlangs te loop. Na so ‘n hele ent kom ek op ‘n groente tuin af. Ek stap toe aan in die hoop om by die eienaar uittekom maar voel

8

Page 9: Web viewBy die kamp aangekom het die wind behorlik sy ding gedoen en moet die tentpale en toue weer ingeslaan en gespan word. ... Daar ons so gou reggekom het met die treiler in Kampala

later ek moet maar liewer terg draai. Dit was seker nie so ver en eensaam as wat dir gevoel het nie maar so alleen in die bosvoel alles ver. Terug by die kamp begin ek rtondvra oor aan wie die tuin behoort en toe kom die man van die wildernis kamp langsan na vore en se dit is syne. Nou ja die uiteiende was toe dat ons die aand heerlike vars geplukte spinasie op ons spyskaart gehad het.

Later in die dag se Ewoud hy sien kans om ‘n ent padlangs met my te gaan stap en toe ons by so ‘n klompie huisies aankom word ons ontmoet deur die “village Guide’ wie toe offer om ons deur hulle tradisionele stad te neem asook aan van die mense voortestel. Dit kos N$20 elkplus tips maar ons se toe maar ja ons sal saam met hom stap. Hy kry die naam Exactly omdat hy die woord in bykans elke sin wat hy praat gebruik. Dit is interessant om te sien hoe primitief die mense werklik nog leef. Hulle kos word nog alles op die vuur gemaak en vervoer vir hulle goedere is ‘n slee (met geen wiele) wat deur beeste getrek word. Hulle ploeg ook op die wyse en elkeen kry ‘n stukkie grond na gelang die grote van sy gesin asook sy rykdom wat gemeet word aan hoeveel beeste hy het.

Exactly vertel vir ons dat hy baie arm is daar sy pa dood is toe hy net 5 jaar oud is en die familiie nie vir hom die beeste van sy pa wou gee wat hom toekom omdat hy nie kon bewys dit was die sin nie. Hy besit ook geen bokke of ‘n hond nie maar het wel ‘n vrou en twee kinders. Sy vrou is egter nog op leen omdat hy nog nie die nodige labolla gepaal het nie. As gevolg staan hy ‘n groot kans dat haar familie vir haar en die kinders sal terugeies en aan ‘n ander man verkoop!

Dag 29. 9 Julie 2010.

Pak op ons tyd op en ry stadig verder en besluit om af te draai waar ‘n kamp aangewys word deur die GPS. Volg ‘n rdedelike oop pad duer so ‘n groterige nedersetting verby en kom voor ‘n rivier tot stilstand. Daar is wel ‘n houtbrug wat so ‘n snaakse draai in het maar ons is nie seker of ons moet voorentoe. Dit is egter ook die dorpie se algemene was plek asook karwassery en van die manne verseker ons ons kan dit oor die brug waag en dat daar wel ‘n kamp is voorentoe. Ry toe so iewat stamperig oor en kry toe weer ‘n rivier maar dit het die keer ‘n sterk nuwe staal brug. Dit amuseer ons dat die voorige brug geen waarskuwings gehad het terwyl die een ‘n groot teken het om te se mens ry op eie risiko daaroor. Dit voel egter vir ons of ons nou al baie ver gery het en is nie seker of ons moet aanry nie. Gelukkig kom daar ‘n jong man en se ons moet nog aanhou, oor nog ‘n nuwe staal brug ry en die eerste teken wat ‘n kamp aanwys ignoreer want daar is ‘n baie moooi kamp, Rupara, net ‘n entjie verder. Ons volg toe sy instruksies, kry die volgende brug , met sy waarskuwing, wat gevolg is deur nog ‘n hout brug, sonder waarskuwing, wat met sandsake gepak is. Die kamp wat ons moes ignoreer is toe die een wat die GPS aangewys het maar ons besluit om aan te ry en te kyk hoe lyk dit by Rupara. Dit is toe ‘n nuwe gemeenskaps kamp met net 4 staanplekke waarvan elkeen hul eie geriewe het. Ons besluit op staanplek 2 wat nou wel nie teen die water is nie maar uitkyk op die veld. Dit is ‘n pragtige kamp, ons beste nog met die rit en ons besluit sommer om vir twee dae te bly. Die kamp bestuurder heet Reagen en kan nie genoeg vir ons doen nie. Het ‘n pragtige groot glimlag en hou die donkie heeldag lank gestook en dra hout aan soveel ons wil he.

Dag 30. 10 Julie 2010.

9

Page 10: Web viewBy die kamp aangekom het die wind behorlik sy ding gedoen en moet die tentpale en toue weer ingeslaan en gespan word. ... Daar ons so gou reggekom het met die treiler in Kampala

Die oggend vroeg kom roep Reagen ns om te vertel ons moet kyk daar is ‘n groot trop buffels en daardie nag hoor ons hul die heelnag om ons wei. Ewoud is in die wolke want ons is in die Linyanti Swamp gebied waar hy nog altyd so graag wou wees maar so seker was ons nie sou kon kom nie. Ons gaan ry ‘n draai deur Mamili Nasionale Park en die vriendelike opsigter ry ‘n ent saam om vir ons te wys hoe ons moet ry om leuus te sien. Daar is geen leeus en ook dikwels geen pad so Ewod moet nie net al sy kennis van bosbestuur gebruik maar ook spoorsny. Behalwe vir ‘n enorme trop buffels, letwhis, vlakvarke en kudus sien ons nie juis wild nie maar die wereld is ongerep en baie min mense kom tot hier. Ons besluit ons sou weer na die gebied wil kom om dit ten volle te kan deurkruis. Terug by die kamp was ewoud wasgoed en bak vir ons ‘n pragtige broodtjie. Toe hyklaar is besluit hy om vir Reagen ok een te bak om dankie te se dat hy ons so mooi oppas.

Dag 31. 11 julie 2010.

Ons ry vroeg die oggend en sien die tekens van die buffels wat die voorige nag om ons gewy het. Weereens oor al die brue en ek klim iuit om fotos te neem. Volg die boonste pad na Katimo Mulilo. Dit is stowerig en daar is nie juis enige iets nomenswaardig om te sien nie. Ons was net jammer dat ons nie gestop het by ‘n “slaghuis’ langs die pad nie. Ons was teen die tyd uitgehonger vir ‘n lekker stuk rooi vleis daar ons die laaste vier aande net hoender gehad het. By Katimo Mulilo slaan ons kamp op by die Zambezi River Lodge, gerieflik en op die rivier maar niks spesiaals nie. Gaan Pick en Pay toe om rooi vleis en brood te koop. Ons sal nou hier bly tot Gep en Gerda kom.

Dag 32. 12 Julie 2010.

Ons vaar die strate van katimo Mulino in. Ewoud moet by ‘n sweisplek uitkom om van die treiler se skarniere te laat sweis en versterk. Dit is ‘n snaakse dorpie maar daar is duidelik baie nuwe ontwikkeling wat plaasvind. Ons soek ooral na ‘n werkbare telefoon sodat ons Annette met haar verjaarsdag kan bel en gaan vra uiteiendelik by Telecom maar die vrou daar se toe nee hulle onderhou nie meer die publieke telefone nie omdat almal selfone gebruik. Terug by die kamp was en skrop ek alles wat ek my hande op kan le en Ewoud gaan die treiler met ‘n fyn kam deur en draai skroewe en boude vas en maak reg wat regmaakbaar is. Dit lyk omtrent of ons kampplek ‘n skrynwerker se werkswinkel is. Ons buurman James Dove het ‘n nuwe Jurgens Katravaan en kla van alles wat verkeerd is. Ewoud besluit hy moet ‘n afgetreede bankier wees maar tot sy verbasing vertel James dat hy deel van die Dove familie is aan wie Doves Begrafnisnondernemers is en sy lewe daaraan spandeer het. Hy pas die rol perfek en is baie vriendelik en gesels graag. Mariet is sy twede vrou en hulle het vyf kinders ytussen hulle. Ons het nog ‘n mede kamper ontmoet, tom Oscan, ‘n Turk wie nou ‘n Namibiar is. Hy vertel ons kan gerus die ope mark op die dorp gaan besoek. Ons maak toe so en dit is ‘n nuwe ondervinding. Helenetjie ebn Bettie moet maar liewer nooit dit doen nie want daar is tafels vol vis. Gedroog, dood, half lewendig. Tiervisse, katvisse, bream en kapentas. Ewoud wil vis koop maar beweer ek et hom skeef aangekyk en het in sy notas geskryf dat hy die volgende dag alleen sou gaan want vis wil hy eet. Die Turk is baie vriendelik en gesels net so lekker as James. Hy maak elke aand ‘n yslike vuur en hy nooi ons en die Doves om dit met hom die aand te deel. James het kerrie gemaak en op die ou end kuier en eet ons toe almal saam.

10

Page 11: Web viewBy die kamp aangekom het die wind behorlik sy ding gedoen en moet die tentpale en toue weer ingeslaan en gespan word. ... Daar ons so gou reggekom het met die treiler in Kampala

Dag 33. 13 Julie 2010.

Behalwe om so ‘n bietjie voorrade te gaan koop is dit ‘n regte lui lui dag van niks doen. Tog te lekker om so lui te kan wees sonder om skuldig te voel.

Dag 34. 14 Julie 2010.

Dit is Aneette se verjaarsdag en ek moet vrede daarmee maak dat ek net ‘n SMS kan stuur. Voel darem so ‘n bietjie getroos met die dat ons later ook by ‘n Internet kafee uitkom waarvandaan ons vir almal ‘n ‘update’ van ons doen en late kan stuur. Ons verwag vir Gep hulle en was bly om ‘n boodskap te kry dat hulle so teen vyfuur by ons sal wees. Besluit om ‘n potjie op te sit om hulle mee te verwelkom.

Dag 35. 15 Julie 2010.

Gaan vroeg dorp toe om ons voorade aan te vul en ‘n draai by die opemark te maak. Gep en ewoud is braaf genoeg om dit in die vis afdeling in te waag en koop vir ons Zambezi Bream vir ons aandete. Ons is vinnig en maklik deur die grenspos by Katimo Mulilo waar alles baie netjies en georden is maar aan di Zambia kant is dit ‘n ander storie. Die gebou is afgeleef en deurmekaar en toe ons daar instap staan die mense dit stap vol. ‘n Gawe ou roep ons egter nader en se ons moet hom volg. Na ons paspoorte gestempel is neem hy Gep hulle in een rigting en ons word na ‘n ander kant gestuur. Dit is toe die begin van betaal en betaal, 4 punte, ‘n carbon tax, tol tax, Community tax en de gewone derde party. Ons moet dood gedwonge ‘n klompie rande vir Kwatchas op die swartmark ruil want dit is nerens anders beskikbaar nie. Almal is egter baie vriendelik en kprt voor lank word ons verseker ons kan ry, geen hek , doeane of polisie waar mens uit ry nie. Opgewonde en vol afwagting neem ons koers langs die manjefieke Zambezi maar wat ‘n pad. Dit is stof en dongas draaie en klippe maar moedig beur ons voort. Ewe skielik is daar ‘n versperring oor die pad, ons hou stil en moet weereens ‘n Community tax betaal. Die mans besef ons sal nie die dag se mikpunt maak teen die spoed wat ons ry, gemiddeld 15.20 km per uur, en ons is bly verras om by ‘n kamp genoemd Sioma uit te kom. Dit behoort aan ‘n jong Deen ene Hans Christian en omdat ons die enigste mense daar is se hy ons moet ons kamp tussen die chalets opslaan en dat hy een van hulle vir ons sal oopmaak om te gebruik. Gep en Gerda is baie verlig want hulle hetnie te goed gevoel oor die boskamp nie. Ewoud braai vir ons die bream en ons smul heerlik daaraan. Ons het skaars klaar geet gehad toe Ewoud begin siek word en dit was toe die begin van ‘n swaar paar dae vir hom.

Dag 36. 16 Julie 2010.

Ek is ywerig dat ons nog ‘n dag by Simoa oor bly want ek is baie onrustig oor ewoud maar die ander stem my uit en ons val in die pad vir Kafue Nasionale park. So ‘n kort entjie uit Simoa uit kom ons by die Ngonyi valle bordtjie uit en besluit om te gaan kyk hoe dit lyk. Mag natuurlik nie alleen stap nie maar ‘n interessante gids is ons metgesel. Dit is ‘n baie langer stap as wat ons gemeen het en neem baie langer as wat ons verag het. Ewoud stap moedig saam tot op ‘n punt maar besluit toe om maar nie verder te gaan nie. Toe ons terug kom by hom le hy en slaap op die sand en ek skrik toe ek hom sien, hy is werklik baie siek. Weereens word die pad net slegter en slegter en op ‘n stadium kom ons by ‘n brug en die

11

Page 12: Web viewBy die kamp aangekom het die wind behorlik sy ding gedoen en moet die tentpale en toue weer ingeslaan en gespan word. ... Daar ons so gou reggekom het met die treiler in Kampala

GPS se vir ons “bridge no longer in use”. Die rivier is te vol om die alternatiewe roete daardeur te neem so ons keuse is voorentoe oor die brug of ‘n dag en ‘n half se terugdraai. Na dat hulle so ‘n bietjie herstel werk aan die brug gedoen het word die voertuie voetjie vir voetjie oor die brug ge’nurse’ terwyl ek en gerda ons asems ophou. Oor daardie brug wil ons nie een weer nie so ons is baie verlig toe ons uiteiendelik by die ferry aankom en sien dat dit loop. Ewoud beweer die andrenelien het hom opgekikker en vol moed pak ons die volgende stuk pad aan met die besef dat ons nie ‘n kat se kans staan om dit tot by Kafue te maak nie. Ons was skaar buite sig van die Fery toe ons weer te staan kom voor ‘n modderige nat drif en ons sit vas. Vol modder spatsels komm ons los en beeur voort al hoe stadiger en stadoger want die pad raak net slegter en slegter. Daar is duidelike tekens daar daar een op’n tyd ‘n redelike normale pad moes gewees het maar als is weggespoel. Uiteiendelik kom ons by die volgende dorp , Senanga? aan en is baie dankbaar dat die lodge wat de GPS aanwys wel daar is en dat ons daar kan kamp. Dit is op die Zambezi en idie tuin en grasperk is pragtig skoon. Die geriewe lyk ook heel goed maar ons kom gou agter dat jy baie versigtig moet wees want als wat jy aan vat val af. Ons is in die stad en moet maar lief neem dat dit Afrika is so die plaaslike discos is kliphard en hou tot vroefoggend aan. Daar is ‘n Deense meisie, Rika, wat alleen met die plaaslike vervoer deur Zambia reis en sy kuier die aand by ons.

Dag 37. 17 Julie 2010.

Helentjie verjaar stuur vir haar ‘n SMS. Wow ‘n teerpad en geen stof nie!! Dit voel asof wiele vlerke gekry het maar o wee kort voorlank is ons weer behoorlik op mpoederaarde. Dit is slaggate em mense. Ons stop by Mangu om voorrade te koop en weer by Kuoma vir brandstof. Ewoud is baie sleg en ek bestuur. Ons moet kort kort stop om vir ewoud ‘n kans te gee om ‘n draai te loop en die tyd stap aan maar ons maak dit tot by kafue en kom by Mukambi Lodge uit. Ons moet hoor dat hulle vol is maar gelukkig sien die vrou ons is redelik moedeloos en se dis ok ons kan maar kamp opslaan vir die volgende twee aande. Ons is moeg en almal is maar ‘n bietjie kort van draad maar gelukkig is daar toe ‘n engel genaamd Josef wat sommer inspring en ons help. Kort voor lank sit ons by ‘n yslike vuur en ontspan en is die dag se kommer vergete.

Dag 38. 18 Julie 2010.

Ons is bly om ‘n dag oor te kan staan en neem die kans waar om wasgoed te was. Dit is ‘y yslike bondel maar ek troos my dat dit goeie oefening is. Gep het ‘n probleem met sy yskas en Ewoud help hom daarmee. Later die middag gaan ry ons ‘n draai deur die wildtuin maar dit is tevergeefs, ons sien net mooi niks bealwe letwhis en kudoes.

Dag 39. 19 Julie 2010.

Ons sien almal daarna uit om by lusaka te kom en om vir Fanie en kate te sien, boodskape , eposse te kan stuur en ‘n wasmasjien te kan gebruik. Kry geen antwoord van Fanie of Kate en besluit toe ons sal maar mik na ‘n kampplek wat ewoud gemerk het en hulle dan weer daarvan daan probeer kontak. Die ingang na Lusaka is chaoties dit voel asof almal hul besighede op die strate beoefen. By ‘n robot waar ons regs moet draai verloor ons vir Gep hulle en raak redelik benoud want dit is bykans ontmoontklik om stil te hou om vir

12

Page 13: Web viewBy die kamp aangekom het die wind behorlik sy ding gedoen en moet die tentpale en toue weer ingeslaan en gespan word. ... Daar ons so gou reggekom het met die treiler in Kampala

hulle te wag. Ons doen dit wel so ‘n paar keer maar besluit uiteiendelik om maar aan te hou tot Eureka, die kampplek en dan verder lan te maak. By Eureka aangekom is hulle reeds daar, moes iewers by ons verby gery het sonder dat ons hulle gesien het. Ons kry ‘n boodskap dat Fanie hulle in London is omdat kate ‘n heup operasie gehad het maar ons is welkom om hulle huis te gebruik. Ons besluit ons sal maar by Eureka bly, dit is oud maar gerieflik en skoon. Ewoud spandeer die res van die dag om die treiler se ligte reg te maak as ook ‘n wiel wat pap raak op die bakkie.

Dag 40. 20 Julie 2010.

Ons moet noodgedwonge die dorp invaar want ons het kos asook ‘n koppellig vir dietreiler te koop. Wil ok graag almal e=posse na die kinders stuur. Lusake midde dorp is ‘n aangename verassing, Skoon en almal gehoorsaam die verkeers wette, ry stadig en is bedagsaam. Die winkel kompleks waar ons GAME kry is modern en vergelybaart met die van Suid Afrika. Ons is almal bly dat ons toe nie net daar weg is met ons eerste indrukke van Lusaka met ons aankoms die voorige dag nie want dit so baie beslis ‘n skewe beeld gewees het.

Dag 41. 21 Julie 2010.

Ons val weereens noordwaards in die pad en is teen die tyd gewoond daaraan dat ons by omtyrent elke dorpie wat jy kom gestop word deur die polisie. Almal is egter baie vriendeklik en ons et geen probleme nie. Weet nie regtig eientlik altyd waaroor dit gaan nie want hulle vra baie keer net waar kom ons vandaan en waarheen is ons op pad. Sommige wil die kar se papiere sien, party ons paspoorte en ander weer die bestuurder se liksens. Ons kampplek vir die aand is weer ‘n nuwe ervaring. Dit is Kalwa Farm Camp en was ‘n plaas van die Moffats. Daar is ‘n begrafplaas en die laaste Moffat wie daar begrwe is was in 1991. Blykbaar het hulle die plaas vir sendeling werk nagelaat maar dit word nou sover ons on uitmaak deur die gemeenskap behartig. Dit is hartseer om te sien hoe vervalle alles is en hoe min wat voorheen ‘n prag van ‘n plaas moes gewees het nou produseer. Die mense is egter baie vriendelik en dra ons op die hande en ons kamp lekker en rustig. Dit voel net nie vir my reg dat ons in Mevrou Moffat se tuin wat sy seer sekerlik met moeite en liefde tot stand gebring het uitspan nie.

Dag 42. 22 Julie 2010.

Verdere noord, draii af na ‘n kampplek wat baie belowend lyk duskant Mpika. Dit is omtrent een en twintig kilometer weg van die pad af. Ons kom toe daar aan en is omtrent verbaas om te hoor dit is vol bespreek vir die aand vir ‘n groep Belge. Die ou, Mike, is nie te vriendelik nie en ons het geen keuse moet maar omdraai. Hy stel wel voor dat ons so nege tot elf kilometer terug ry op die teerpad na ‘n gemeenskaps kamp Motondo. Ons maak toe so en word baie vriendelik en hartlik ontvang maar die kamp is baie basies. Die water moet uit ‘n put gehaal word, die toilet sitplekke is uit sement gemaak met ‘n langwerpige, hoekerige gat en die stort bestaan uit ‘n canvas sak, Die staanplekke is ongelyk en klipperig. Ons slaan egter wel kamp op terwyl ons heeltyd deur ‘n groep belangstellendes bekyk word. Ons begin besef dat die paaie wat ons ry nie so dikwels deur blankes gebruik word en dat ons ‘n aardigheid is. Die mense van die omgewing bly aangestap kom om te kom groet en te

13

Page 14: Web viewBy die kamp aangekom het die wind behorlik sy ding gedoen en moet die tentpale en toue weer ingeslaan en gespan word. ... Daar ons so gou reggekom het met die treiler in Kampala

gesels en ek besluit toe om die twee wie blykbaar in bevel is so ‘n bietjie uittevra. Die kamp behoort aan ‘n trust en die mense van die gemeenskap kan aansoek doen om lid te word. Leonard is die voorsitter, Edward die onder voor sitter en Mike (die knorrige ou) die sekretaris en tesourier. Daar is 49 lede van die onmiddelike omgewing en ‘n verdere 300 plus in die koservasie area dieper in in die omgewing van die kampwaar ons eers wou gaan oorstaan het. Leonard en edward neem my toe op ‘n toer om te wys wat hulle alles al gedoen het . Daar is ‘n landery wat met mielies geplant is, al die lede moet help om dit te bewerk en die oes word blybaar deur die regering by hulle aangekoop met die doel dat die opbrengs daarvan teruggeploeg moet word on die kamplek te ontwikkel. Die stukkie aangeplante veld is maar bra klein en dit is moeilik om te glo dat 49 mense daar kan werk. Elke lid kry ‘n sak kunsmus om hulle die mielies wat hulle vir persoonlike gebruik self moet aanplant en versorg. Daar is ‘n gemeenskaps saal wat tans as stoor vir die mielies gebruik word en ‘n paar chalets, twee daarvan het ‘n enkele bed in waarvan een linne het en twee word tans deur plaaslike mense benut. Toe ek uitvra oor hoekom alles so halfpad gedoen is is die antwoord dat hulle nog nie die geld het om verder te gaan nie. Hulle verseker my egter dat hulle ‘n plan het en gaan wys my. So tussen die mielies in die saal is daar toe ‘n ‘flip chart’ op ‘n stander met die jaar plan. Baie oulik maar dit het net gegaan oor die aanplant en oes van die van die mielies. Hulle is egter baie oop oor die vrae wat ek stel en se niemand het al ooit so baie vrae gevra nie en ons is welkom o voorstelle te maak. Ons het toe wel later voorgestel dat hulle baie kan doen om die plek te verbeter sonder om ‘n sent uittegee. Terrein meer gelyk maak, die klippe optel waar mens moet kamp ens. Sover ek kon uitmaak kom daar van tyd tot tyd besoekers van oorsee en dan het hulle ‘n werkswinkel maar dit is alweer die storie van wat ons nie het nie eerder as wat kan ons doen met wat ons het. Later die middag kom daar drie baie vriendelike vroue daar aan en die een kan omtrent gesels. Ek gee vir hulle elkeen ‘n armbandjie en Gerda vra of ons by haar die aand van haar kos kan proe. Kathrine nooi ons toe baie hartlik uit en ons twee vroue het met haar, die twee kindertjies en nog ‘n vriendin, Patricia en so ‘n dertienjarige meisie, Prieska by hulle vuur gekuier. Hulle kon nie verstaan dat ek en Gerda se hare so verskillend is nie en Prieska en Patricia het gevra of hulle asseblief myne kan voel. Ek moes maar doodluiters lief daarmee neem dat prieka die res van die tyd wat ons daarwas my hare aaneen gevryf het. Patricia wou dit vir my vleg maar daarvoor het ek nie kans gesien nie. Maar die feit dat daar nie genoeg tyd is as verskoning gebruik. Intussen het verskeie ander van die gemeenskap aan een gekom om te groet en hulle self tuis gemaak by ons vuur, min gepla dat ons eet. Ewoud was nie beindruk nie en het die belangstelling nie geniet nie.

Dag 43. 23 Julie 2010.

Ons is al gewoond daaraan dat ons kort kort deur die olisie gestop word en as gevolg van die feit dat almal altyd baie vriendelik is s ons heel op ons gemaak as ons sien daar is alweer ‘n versperring om te stop. Net voor ons by Mpika kom is dit toe weer sulke tyd en Ewoud stop toe gelyk met die polisie man wie net so anderkant die versperring was. Hy vra toe of ons wil aanry en ons neem aan hy maak ‘n grap en se so ewe ja natuurlik. Die uiteiende is dat hy toe ‘n moeilikheid soeker is en ons sowel as Gep hule boetes moes betaal. Jammer dat een ou sy land se beeld so kan skaad. Ek en Gep merk altwee dat hy die enigste vet beampte was wat ons nog gesien het!! Na Mpika neem ons die pad na Noord Luangwa Nasionale Park en span uit by Natwange Gemeenskaps kamp. Dit is ‘n lieflike plek op die

14

Page 15: Web viewBy die kamp aangekom het die wind behorlik sy ding gedoen en moet die tentpale en toue weer ingeslaan en gespan word. ... Daar ons so gou reggekom het met die treiler in Kampala

rivier oewer en ons het dit vir onsself. George is in bevel en is behulpsaam en vol kennis oor die dierelewe en plante van die omgewing. Hy is besig met studies daarin en is vol passie vir die natuur. Dit is so ‘n heerlike plek dat ons onmiddelik besluit ons sal vir twee dae daar oorstaan. Die middag gaan ry ons ‘n ent in die park in, steil afdrandes, pragtige bome tot onder maar in die leegte was dit baie droog. Ons ry al om die Renoster se herberg en Raak uit tyd uit sodat Ewoud die steiltes terug kamp toe met ‘n skrikwekende pas aanpak.

Dag 44. 24 Julie 2010.

‘n heerlike stil en rustige dag by die kamp. Ons die bakkie skoon, was wasgoed en vang op met ons administrasie. Ek en Gerda gaan stap ‘n ent saam met George en is beindruk deur sy entosiasme en liefde vir die plek. Die aand geniet ons ‘n heerlike groot vuur langs die rivier. Net duOns moes wel opdok vir die lekkerte van die kamp want toe ons die volgende dag uitgaan was daar bo en behalwe die kamp fooi van $15 per persoon ‘n heffing van $15 per persoon asook $30 vir die motor omdat ons in die park in gegaan het.

Dag 45. 25 Julie 2010.

Nog steeds noordwaards op koers na Kapisha Hot Springs, en Shiwa House waarvan vertel word in die book Africa House. Die plaas en geboue rondom Shiwa House is baie vewaarloos en dit kos geweldig baie om die huis te besoek so ons besluit om dit nie te doen nie, Ry toe aan na Kapisha die bron waar Lorna van Shiwa gebruik het. Dit plaas insluitend die bronne is nog in besit van die familie en word tans deur twee van die kleinseuns bewoon. Gep en Gerda is baie dapper en neem die voetpad na valle en kom amper donker eers weer terug by die kamp. Ek en Ewoud gaan le in die warm water, 40%, die bron is ‘n natuurlike poel en is lieflik skoon. Ons ontmoet vie Dave en Daneke en gesels terwyl ons in die water le. Dave ken iemand by Jurgens en neem later ‘n klomp fotos van die treiler en Ewoud help hom weer met sy GPS probleme.

Dag 46. 26 Julie 2010.

Op pad na Kasama, op die teer is daar ‘n spul gebreekte bottels en daar is geen manier wat ons dit kan vermy nie. Die gevolg is ‘n pap wiel en wat nog erger is is dat dit een van die splinter nuwe agterbande is. By Kasama besef Ewoud die band is nie herstelbaar nie en koop noodgedwonge ‘n tweedehandse band vir R800. Toe ons die aand by ns kampplek is besluit hy toe om net seker te maak dat alles reg is met die ank net om te ontdek dat dit ‘n lekplek et, gelukkig kan hy dit regmaak. Ons kamp langs Chilla Meer, ‘n gemeenskapskamp deur Bruce, van Kapisha, aanbeveel toe hy gehoor het ons is op pad na Grasshopperkamp. Dit was ‘n baie oulike kamp met ‘n vindingreike en aangename eienaar. Ons was baie gelukkig dat ons daar uitgekom het want dave hulle het nie van beter geweet nie en is toe na Grasshopper en het opgeeiendig om langs die ad te slaap. Ek en Gerda het gaan inkoppies doen in Kasama terwyl die mans besig was met die band en maklik reggekom in ‘n Shopright wat net sowel tuis kon gewees het.

Dag 47. 27 Julie 2010.

Na Mbala kom ons by die grenspos aan tussen Zambia en Tanzania, dit is baie dor en karig en ons word omsingel deur kindertjies wat bedel maar ons is sonder enige moeite baie gou

15

Page 16: Web viewBy die kamp aangekom het die wind behorlik sy ding gedoen en moet die tentpale en toue weer ingeslaan en gespan word. ... Daar ons so gou reggekom het met die treiler in Kampala

deur na Tanzania se kant. Daar aangekomis alles morsdood, daar is nie ‘n siel in sig nie en die gebou is gesluit. Na ‘n ruk stap ek toe deur die hek na so ‘n afgevalle gebou waar ek stemme hoor. Ek klop aan die deur maar daar is geen reaksie, roep hello en klop weer hard. Die deur gaan oop en ‘n ou se “waite at office”. Na nog so ‘n half uur se wag kom daar toe uiteiendelik iemand aan en se hulle was besig met hulle “breakfast break”, 11 uur die oggend!!! Ons se toe maar baie verskonnnend ons is jammer ons het hulle gepla. Na nog ‘n ruk daag die doeane ou op en na hy so ‘n halfuur geneem het om die forms te voltooi het is ons deur die hek sonder ‘n derde party wat ons in Sumbuwanga moes kry. In Tanzania is die pad onmiddelik so sleg dat ons kort voor labnk dink dat die een langs die Zambezi in Zambia maklik was. Ons oorwegende spoed is 15km per uur en ons besluit ons beste plek om voor te mik die Morovian Community Accomodation in Sumbuwange, is soos aangedui op die GPS . Daar aangekom is daar geen kampplek maar die mense is bereid dat ons die tente in die pakeer terrein opslaan. Dit is egter vol voertuie en baie klipperig so ons besluit om liewer van die amers gebruik te maak, basies maar skoon. Die sjef is in bevel en gaan uit sy pad om ons behulpsaam te wees, ons maaltyd bestaan uit die maerste hoender wat daar seker nog ooit bestaan het. Ons moes omtrent twee uur wag vir ons kos en nog voor dit kom het die krag afgegaan. Terwyl ns so ‘n die erslig gesit het kom Dave en Daneke daar aan, doodmoeg en uitgeput. Hulle het verdwaal en hulle treiler se U-bender het gebreek. Ons kuier lekker saam tot hulle kos ook uiteiendelik opdaag.

Dag 48. 28 Julie 2010.

Ewoud wil weer sweiswerk aan die treiler laat doen en ons gaan op soek na iemand wat kan elp. Nie ‘n maklike taak nie want die Tanzaniers praat almal net Swahele. Kry toe tog wel ‘n plek en ‘n Rwandian wie Engels magtig is kom hoor of hy kan help. Danksy Immanuel Mugabo kom Ewoud gou reg en later los ons ook vir Dave hulle in sy bekwame hande. Immanuel is baie omgekrap omdat hy voel die sweisman het teveel gevra . Gaan koop ons derde party waar ons vir Gep hulle kry en neem dan die pad aan vir die volgende tog. Die pad bly sleg tot ons Katavi Park binegaan. In die park draai ons af na die kampplek wat aangedui is maar dit is verlate en ons kan niemand vind wat ons kan help nie. Die Tsetse vleie is erg en ons ry aan na die River Camp wat ook aangedui word. Daar aangekom is daar wel mense en an ons kamp. Baie verwaarloos maar ons kan regkom. Dit is reg langs ‘n rivier en die is vol seekoeie.

Dag 49. 29 Julie 2010.

Val weer in die pad en dit bly sleg of slegter. Daar is geen kampplekke aangewys vir die deel nie en ons besef ons sal iewers langs die pad moet slaap. Dit blyk gelukkig dat hoe hoer ons die berge in hoe yler raak die bevolking. Daar is ook bykaans geen verkeer nie waarvoor ons baie dankbaar is anders sou die stof net erger wees. Kry tot ons verbasing ‘n voertuig van voor wat lyk asof dit mal ouens soos ons kan wees maar dit is op ‘n baie slegte kol so ons ry net aan. Gep en Gerda wie agter ons is stop wel om met hulle te gesels, en dit is toe Namibiars. Hulle vertel toe dat hulle ‘n end terug ‘n Deen op ‘n fiets gekry het . Ons ontmoet toe ook later vir Jacob op sy fiets en toe Ewoud vir hom vra of ons met iets kan help se hy net ‘n nuwe stel bene en ‘n teer pad. Dit is baie beragtig en bebos en ons spoed wissel so tussen 10 en 15 klm. Ons trek af op ‘n pragtige beskutte kol waar ons so effens

16

Page 17: Web viewBy die kamp aangekom het die wind behorlik sy ding gedoen en moet die tentpale en toue weer ingeslaan en gespan word. ... Daar ons so gou reggekom het met die treiler in Kampala

weggesteek is van die pad en rig ons in vir die aand. Gelukkig is daar hope hout so ons kan ‘n yslike vuur aansteek wat help om die tsetsevleie minder lastig te maak.

Dag 50. 30 Julie 2010.

Terwyl ons kamp opslaan die oggend kom Jacob daaraan en se hy kan huil van frustrasie dat hy nie die vorige nag net drie kilometer verder gery het nie want dan sou hy saam met ons kon gekamp het. Ons mikpunt vir die dag is Jacobson Beach langs lake Tanganika en dit neem ons die heel dag om daar te kom en tot ons verbasing is Jacob slegs ‘n paar uur agter ons. Hy is op pad na Ethiopa van Pretoria. Ons nooi hom om saam te eet die aand en dit was eientlik lekker om te sien hoe hy die kos geniet. Om by Jacobson Beach te kom is nogal ‘n belewenis. Dis ‘n kronkelpaadtjie deur ‘n woongebied, steil en rof maar die end maak dit die moeite werd. Die kampplek is taamlik hoog maar daar is ‘n lieflike strand en die meer se water is pragtig helder en ‘n lafenis in die hitte. Ons maak gebruik van die feit dat daar volop water is om weer ‘n keer van die stof ontslae te raak. Ons kry vir die eerste keer werklik warm, beide dag en nag.

Dag 51. 31 Julie 2010.

Ons besluit om in te gaan na Kigoma vir voorraad en om die plek, waar hulle beweer, Stanley vir Livingstone ontmoet het en die beroemmde “ Mr Livingstone, I believe” gese het te gaan besoek. Daar is geen supermark e die dorp bestann uit hinderde klein winkeltjies wat elkeen skaars groter is as die agterkant van ons bakkie. Ek soek na wasgoed pennetjies en danksy gerda se uithou vermoee kry ek uiteeindelik ‘n pakkie. Dit is moeilik want almal praat net Swahili. Gep waag dit om ‘n stuk vleis , wat hy oortuig is fillet is by ‘n slagter te koop. Ons het wyslik besluit om dit in ‘n potjie te omskep eerder as om dit te probeer braai. Die Livingstone Memorial is vuil en afgeleef. Ons moet elkeen 20 000 sjielings opdok en is toe die hele storie deur ‘n Moslem vertel. Ek en Gerda voel dit is vreemd dat dit nou Moslems is wat daar diens doen daar Livingstone n Christen sendelikng was. Ewoud wandel weg want die ou praat so sag en snaaks dat dit moeilik is om te hoor wat hy se. Soos Ewoud heeltemal tereg gese het later mens kon die ‘deuntjie” hoor maar nie die woorde nie. By die monument begin ek met ander mense wie daar is gesels en hulle is toe Helgs en Christianna Hartmann en hulle vyf kinders. Hulle is sendelinge van Bujumbura in Burundi en se toe ons kan gerus deur Berundi ry maar bevestig dat daar nie kampplekke is nie. Hulle is met vakansie maar stel toe voor dat ons in Bujumbura in hulle tuin gaan kamp opslaan. Tot dusver vind ons Tanzania, stowerig en verwaarloos en die mense kom verwaarloos voor. Sit ook net ooral rond asof daar niks is om te doen nie. Dit is ok interessant dat hulle mens glad nie probeer oortuig om iets te koop nie, gee ‘n prys en as jy verder probeer vra loop hulle sommer weg. Moontik is dit as gevolg van die taal probleem. Dit is ekker om weer terug te kom by die kamp en ek en Ewoud gaan swem heerlik in die meer. Jacob die fietsryer eet weer die aand saam en bring pynappels as ‘n bydrae. Dit is ‘n lekker aand en almal gesels lekker saam.

Dag 52. 1 Augustus 2010.

Ons se varwel aan Jacobson Beach op pad na Burundi en wonder heeltyd hoe Jacob dit gaan maak. Die pad is slegter as sleg daar hulle besig is om dit te herbou. Daar is egter nie ‘n

17

Page 18: Web viewBy die kamp aangekom het die wind behorlik sy ding gedoen en moet die tentpale en toue weer ingeslaan en gespan word. ... Daar ons so gou reggekom het met die treiler in Kampala

ompad en die hele pad word op een slag gedoen so mens moet voort beur deur modder, sement en stof, koets vir ander voortuie en jou man staan teen die padwerk stootskrapers, rollers en water lories. Bonop is dit ook baie bergagtig en steil met ‘n homp om elke draai. Die mans is baie skepties of die Sjienese wie in bevel is enige idee het van padbou! Ons mis die Tanzania grens en is reeds ingestempel aan Burundi se kant toe die beampte van Tanzania daar aankom op sy borde, borde en ons terugroep. Gelukkig is almal baie behulpsaam en vriendelik en neem ons nie kwalik dat ons deur gery het sonder om eers te stop nie. Terug in Berundi hoof ons nie weer te stop nie maar die beampte wys ons gelukkig dat ons aan die regterkant van die pad moet ry. Die doena pos is so dertig kilometer verder by Mabanda en toe Ewoud weg is om aan te meld bly ek agter om eers gou iets op tekyk in die bakkie. Toe ek weer sien is daar nie ‘n enkele plek by die vensters waar ek kan uitkyk soos die kinders en jongmense na my staar. Dit het effe ongemaklik gevoel want hulle het aan die bakkie geruk, ek neem toe maar my kamera uit om ‘n foto te neem van al die nuuskierige agies maar ek weet nie wat hulle gedink het dit is nie want hulle het toe vinnig weggespring. Van die doeana af moes ons om die mark ry om by die sogenoemde teerpad wat verder gaan te kom. Dit was nogal chaoties met hoenders, bokke, mense, fietse, motors ,en wat nog wat elkeen in sy eie rigting prbeer beweeg. Vind gelukkig die regte pad maar daar is geen verligting nie want dit is slaggaat op slaggaat en muur tot muur mense sover mens ry. Van Nyanza Luc af ry ens al langs die meer tot in Bujambura maar ongelukkig is ons baie bewus dat die tyd teen ons is en met die toestand van die pad is dit nie ‘n maklike ry nie. In Bujambura aangekom ry Gep voor daar hy die aanwysings het om bydie priester se huis te kom, hy kom egter nie reg nie en Ewud gee toe vir hom ons GPS met die waypoint om saam met die kaart wat hy het te gebruik. Ons volg en skielik maak hy ‘n u-draai voor ons waar ons geensins kan nie. Daar sit ons toe, Gep hulle is voort en ons is ons GPS kwyt. Ewoud is knorrig en moeilik maar gelukkig bly ons toe net daar staan en na wat ‘n lang tyd gevoel het kom Gep sonder Gerda daaraan om ons te kom haal. Hulle het intussen die huis gekry. Ons slaan in die donker kamp op en die atmosfeer is maar so ‘n effe dig en is nie verbeter toe hulle twee koffie maak sonder om vir ons aante bied nie. Ons is egter baie dankbaar om veillg in die Hartmans se tuin te kan wees vir die aand tenspyte daarvan dat hulle hond ons redelik skade berokken deur van ons tent toue asook my selfoon se adapter draad stukkend te kou en daar weg is met ‘n skroef van die treiler.

Dag 53. 2 Augustus 2010.

Gep en Gerda wil Bujumbura so bietjie meer verken en ons besluit toe hulle sal die paar goed wat ons nodig het kry en ons sal aan ry na Kigale. Ons spreek toe af dat ons mekaar weer by die Golf Hills Inn in Kigale sal ontmoet daar iemand dit vir Gerda aanbeveel het en ons reeds weet dat daar geen kamplek is in Rwanda. Die pad van Bujambura is geweldig bergagtig maar baie interessant. Ons verstom ons hoe almal fietse gebruik wat huloodgedwonge meeestal moet stoot. Ons merk egter dat baie ‘n vashou greep kry op die groot lories en dan so die bulte opgesleep word. Op ‘n kol is daar een voor ons met omtrent agt ouens wat daaraan hang. Ons is baie gou en maklik deur die grenspos tussen Burundi en Rwanda en aan Rwanda se kant is alles onmiddelik anders. Ons hoof niks by te betaal by die grens nie en die pad voorentoe is ‘n droom en dit voel asof ons op ‘n verrebed ry. Golf Hills is glad nie te vide op die Gps nie en ons besluit om te mik vir die Toerisme kantoor.

18

Page 19: Web viewBy die kamp aangekom het die wind behorlik sy ding gedoen en moet die tentpale en toue weer ingeslaan en gespan word. ... Daar ons so gou reggekom het met die treiler in Kampala

Beland in ‘n verkeersknoop en sit vind ons uiteiendelik in ‘n posisie waar ons van alle kante vasgevang is. Ek klim uit m rigting te vra en besluit dit sal makliker wees om na die Toerismekantoor te stap. ‘n gawe man vra toe of ek gemaklik sal wees as hy my sou neem en my sesde sintuig voel heel gemaklik toe klim ek by hom in sy bakkie in. Hy neem my toe en was net erg besorg dat ek weer my pad sou terug vind na Ewoud. Kry toe instuksies by die Toerisme kantoor en intussen het die verkeer so bietjie afgeneem sodat Ewoud kon draai. Ewoud is nie op sygemak en ek hou maar my pouse dat ek die plek sal kry maar skielik se ‘n stem langs ons in afrikaans, “sjoe maar julle is ver van die huis af” Dit is toe Belinda ....... en haar man is ‘n vlienier en werk vir die President. Sy ry toe vooruit en baie verlig kom ons toe by Golf Hills uit. Ewoud stuur toe onmiddelik vir Gep hulle die coordinate maar hulle het toe reeds opgegee en elders anders ingeteken. Ons bly baie gerieflik maar wag die aand ‘n uur en ‘n half vir ons kos en dit is ‘n duur oorstaan. Ons besef ons en Gep hulle sal mekaar nooit in die stad vind nie en met die dat daar ‘n grenspos is om oor te gaan SMS ons mekaar en spreek af om by die volgende aand se kampplek in Kabale omgewing te ontmoet.

Dag 54. 3 Augustus 2010.

Ons is nie die oggend lus vir Golf Hills se ontbyt nie en vertrek lekker vroeg. “ Sally” van die GPS probeer haar bes om ons uit die stad te kry maar een van die paaie is vir ‘n optog gesluit en ons moet ‘n ompad ry. Dit maak natuurlik nie vir “Sally” sin nie maar uiteindelik kom ons reg. Kibale is ‘n groot stad maar alles is baie mooi skoon. Die verkeer is besig maar hantteerbaar. Dit is heerlik om deur Rwande te ry, almal is vriendelik en al die dorpies en woonings is pragtig netjies. Oud en vervalle maar daar is nie n papier of stuk plasties in sig nie. Die mense is ook almal besig met die een of ander vorm van arbeid en elke stukkie grond moontlik lyk asf dit bewerk word. Met die aankoms na die grenspos sak ons moed in ons skoene want dit lyk soos ‘n miernes. Dit voel asof daar minstens ‘n honderd trokke staan met geen plek vir ‘n muis om deur te kom nie. Een van die hek beamptes wys toe egter ons moet deur ry en versigtig weef ons toe maar so deur die trokke deur tot by ‘n oopplek waar ‘n ander vriendelike man wys ons moet stil hou. Ons raak baie gou geholpe aan Rwanda se kant en sonder teveel ophou met die Ugandese doeane kan ons deur gaan na Uganda. Ek kon gelukkig ons derdeparty uitsorteer terwyl Ewoud by diedoeana besig was so dit het ook vir ons tyd gespaar. Ons ry aan tot in Kabale waar ons geld trek en so ‘n paar inkopies doe voor ons verder ry na Bunyonyi meer waar ons afgespreek het om die aand te kamp. Die pad van Kabale na Buyonyi is nie ver nie maar gaan or ‘n baie steil, stowerige berg pas en ons klim omtrent. Bunyonyi meer is die diepste meer in Uganda en dit is ‘n crater gelee. Die water is mooi skoon en het geen bilharzia nie. Daar is ok niekrokkidille of seekoeie nie. Dit is baie pragtig en ons besluit ons sal vir twee aande daar bly. Gep hulle kom heelwat later daaraan was taamlik lank opgehou by die grenspos by Uganda. Hulle is heel tevrede om vir twee aande kamp op te slaan.

Dag 55. 4 Augustus 2010.

Daar is baie om te doen by die meer maar ons is almal tevrede om net rustig rond te sit. Ontmoet tot ons verbasing nog Somerset Westers, Rudolf en Anna- Marie Greyling wat vir ses maande lank al die wildtuine besoek as hulle vyftigste verjaarsdag geskenk aan hulleself

19

Page 20: Web viewBy die kamp aangekom het die wind behorlik sy ding gedoen en moet die tentpale en toue weer ingeslaan en gespan word. ... Daar ons so gou reggekom het met die treiler in Kampala

daar hulle altwee die jaar vyftig is. Hule vertel ons dat hulle nerens gas kan kry nie en ons vind later uit dat die as bottels in Uganda net omgeruil word en dat die opkoppeling anders werk as ons sin. Die gevolg is dat ons besef dat ons so spaarsaam moontlik sal moet werk met dit wat ons het. Die middag kom daar twee jong Kanadese by ons aan en vra toe of hulle vir ons elkeen ‘n bier kan koop en kom gesels. Hulle is ou reisigers en maak gebruik van publieke vervoer. Jacoman is ‘n akedemikus en Alexa een of ander navorser en ons gesels lekker saam.

Dag 56. 5 Augustus 2010.

Dit is alweer tyd vir voorade en ons besluit dat ek en Ewoud ‘n supermark sal soek en Gep hulle die varsprodukte mark en dan sal ons vir mekaar wag by die uitdraai pad wat ons moet neem so ‘n honderd kilometer na die noorde. Ek en Ewoud gaan toe in by die Royal Super Market, steeds baie klein maar baie netjies en Ewoud raai toe sommer dadelik dat dit aan ‘n Indier sal behoort. Dit is toe ok so en ons kan alles kry wat ons soek insluitend vleis en ‘n hoender. So ‘n ent uit Kabale uit is daar ‘n klein groente mark met ‘n groot verskeidenheid groentes en alhoewel ons besluit het dat Gep hulle die vars goed sal koop stop ons. Ons is onmiddelik oorval van ‘n ieder en ‘n elk wat iets aan ons wil verkoop en hulle klim amper by die vensters in in hulle ywer om ons te oortuig om iets te neem. Ons voel oorweldig en ongemaklik en besluit om maar liewer die handdoek in te gooi. Net voor ons by die afdraai kom waar ons Gep ulle moet ontmoet kry ons ‘n boodskap dat hulle die verkeerde pad geneem het en ons by die volgende kampplek sal kry. Ons krap omtrent kop soos ons bespiegel hoe dit moontlik kon wees dat hulle verkeerd gery het en moes toe tot ons verbasing later uitvind hulle het wes inplaas van oos gery. Ons weet nog steeds nie hoe hulle dit reggekry het nie! Die eerste stuk pad na ons afdraai is ‘n pragtige teerpad maar toe ons by die volgende afdraai kom is dit maar weer stowerig tog nie te sleg nie. Die hele gebied waardeur ons ry is beplant met piesangs, tee en koffie en lyk floreerend. Ons kampplek vir die aand is die Queen Elizabeth Safari Camp net anderkant Rubirizi. Dit is langs ‘n skool gelee en Ewoud gesels met die Engelse onderwyseres wie skaars 100 engelse woorde magtig is. Die kampplek is hoog teen ‘n heuwel gelee en le tussen twee draaie in die pad wat daarom kronkel so die lories raas heel nag. Ons kyk uit oor die vlaktes van die Queen Elizabeth Nasionale Park is en daar is vure wat brand net waar mens kyk. Die mense van die kampplek is weereens baie gaaf en behulpsaam so daar is gou vuur in die donkie vir warm water asook ‘n lekker vuur om om te sit. Ons het gese dat ons vir Gep hulle verwag en die man het bekommerd gevra of hy hulle nie moet probeer bel nie toe ons vertel dat hulle verdwaal het. Ons dink hy was net so verlig soos ons toe hulle later daar aankom. Ewoud braai vir ons die aand die fillet wat ons die oggend gekoop het, lekker maar taai. Ek gesels lekker met Filomon en die ‘bestuurder” en hulle nooi my om hulle kjos te proe, dit is die stapel voedsel van Uganda, naamlik, matooke met grondboontjie sous. Dit smaak heel lekker amper soos fyn artappels maar met ‘n digter tekstuur.

Dag 57. 6 Augustus 2010.

Ons ry deur ‘n stuk van die Queen Elizabeth Park en is skaars in die park toe ons ‘n olifant sien. Ons draai af na Lake Edward en ry verby ‘n yslike groot sout krater. Toe ons by die meer aankom i is daar volop bokke en ‘n horde seekooie en ons besluit om daar te stop vir

20

Page 21: Web viewBy die kamp aangekom het die wind behorlik sy ding gedoen en moet die tentpale en toue weer ingeslaan en gespan word. ... Daar ons so gou reggekom het met die treiler in Kampala

ontbyt, later het daar ook so ‘n ent weg twee olifante aangestap gekom en in die verte het buffels gewy. Ons ibesef ons is nou baie naby aan die ewenaar en omdat ons bang is ons sal dit mis is ons terug na die teerpad. Dit was ‘n goeie besluit want ons het op ‘n leeu afgekom wat ‘n vlakvark gevang het. Net daarna is ons by die ewenaar en ons stop om fotos te neem. Die pad verder is goed maar daar is elke bakketel ‘n dorpie en dan is daar die vreeslikste hobbels in die pad so ons moet noodgedwonge stadig ry. Ons kampplek vir die aan d is Uwa Kamp in die Kabale Nasionale Park so vyftien kilometer buite Fort Portal . Dit is ‘n pragtige woudpark en is die tuiste van chipansees. Die mense van die park kan nie verstaan dat ons nie ons tente kan opdra na die amptelike kampplek nie en se toe uiteindelik ons kan kamp opslaan voor een van die chalets. Ons neem toe aan dat dit leeg is en was baie verbaas toe ons later verneem daar bly ‘n Franse meisie daarin. Sy is toe ‘n viaarts student wat navorsing doen oor die chimpanzees en het gelukkig nie omgegee dat ons so reg voor haar voordeur staan nie. Die avorsings projek was toe oor hoekom die ape nie malaria kry tenspyte van die feit dat hulle wel gesteek word deur die muskiete nie.

Dag 58. 7 Augustus 2010.

Ons neem die pad aan Kampala toe in een skof enn die pad is ‘n droom tot die laaste 60 kilometer wat in ‘n nagmerrie ontaard. Want hulle is besig om die pad te herbou. Daar is darem die keer bane wat oopgehou word maaar daar is baie verkeer en die stof is nimmereiendigend en belemmer mens se sig. Die plan is om reguit na Michael hulle toe te ry maar ons het net ,n GPS koordinaat en sukkel ons morsdood om die plek te kry. Ewoud dreig om op te gee en ek probeer paai wat nie altyd elp nie. Ons ry om en om in ‘n sirkel want volgens die GPS is ons reg by die huis. Uiteiendelik oortuig ek vir Ewoud om stil te hou dat ek stap en kyk wat ek kan uitrig. Al die plekke het yslike mure om hulle met groot staal hekke maar ek hoor toe stemme en klop op ‘n hek. Die tuinier maak oop en toe ek begin uitvra vra hy of hulle ‘n golf het en ‘n rooi kar . Ek se toe ja en hy se toe o dis Wendy met die vier kinders. Hulle is toe bure maar om by Michel hulle uittekom moes ons nog aan ry om die sirkel. Ek en hy stap toe vooruit. Intussen het Gep weer verdwyn en het ons geen idee waar hulle is nie. Michael en ewoud is toe voort om hulle ter soek en gelukkig het alles op die ou end ten goede gewerk. Ons word baie gul ontvang en hulle neem ons die aand uit na die Seven Hills Resturant wat hoog op ‘n hotel is en elke een en ‘n half uur in die ronte draai sodat ‘n mens oor die hele stad kan kyk. Michael dring aan om te betaal en ons voel omtrent bederf. Met ons aankoms het Ewoud die treiler weer deeglik ondersoek omdat dit steeds besig is om al hoe laer te sak. Hy besef toe dat dit weer aandag nodig het en Michael en Wendy reel dat hy dit Maandag sal inneem na iemand wie hulle ken met die nodige kennis en toerusting.

Dag 59. 8 Augustus 2010.

Michele moet vir ‘n swemles gaan by duie Country Club en ons is almal saam en eet ‘n heerlike ontbyt daar. Ons kuier die oggend daar om en is toe gou na Game en Shopright om ‘n paar goed te koop. Ons koop vleis m te braai en kuier toe verder op die stoep die dag om.

Dag 60. 9 Augustus 2010.

21

Page 22: Web viewBy die kamp aangekom het die wind behorlik sy ding gedoen en moet die tentpale en toue weer ingeslaan en gespan word. ... Daar ons so gou reggekom het met die treiler in Kampala

Ewoud neem die treiler in vir die herstel werk. Dit is blykbaar nog erger as wat hy gedink het maar die mense is bekwaam, ongelukkig net baie besig en hy is die laaste in die ry om gehelp te word. Besef toe ons sal maar langer van Michael hulle se gasvryheid gebruik moet maak maar ons is baie dankbaar om hier te kan wees want sonder die treiler is ek en ewoud dakloos. Michael is tuis vir die dag daar dit ‘n Suid afrikaanse vakansie dag is, Vrouedag, en na hulle Ewoud pad gewys het waarheen hy moes gaan is hulle en Gep verder om die gasbottels in te gee. Ek, Gerda, Michelle en Wendy is na die Bahai Tempel, die enigste in Afrika en slegs een van die nege in die wereld. Daar word Sondae ‘n gesaammentlike diens gehou vir nege verskillende gelowe. Daarvandaan neem Wendy ons in stad toe sodat ons ‘n bietjie in twee van hulle ope markte kan rondsnuffel en ons kry elkeen ‘n pak van Uganda se heerlike koffie persent. Die aand maak Wendy vir ons ‘n heerlike hoender gereg en ons eet almal teveel.

Dag 61. 10 Augustus 2010.

Ons ry uit na Speke Resort op Victoria Meer by Munyoni. Dit is ‘n pragtige plek met lieflike tuine en ‘n hotel en verskeie resturante wat goed sou vergelyk met die van Sol. Op pad terug stop ons vir koffie en ‘n soetigheid nader aan die stad en vaaar toe die middestad in om ons gas bottels te gaan oplaai. Ewoud kom laai ons toe af by die huis en het gaan kyk hoe die treiler vorder. Daar is nog ie juis iets verder gedoen sedert gister en ons sal dit op die gouste Donderdag oggend kan kry. Ons bespreek die situasie en besluit ons gaan tog more deur ry na urchasan Falls toe waar ek en Ewoud maar in ‘n chalet sal bly en ons almal sal regkom met Gep hulle se kombuis goed vir die twee dae .

Dag 62. 11 Augustus 2010.

Behalwe vir die feit dat dit ‘n redelike nagmerrie is om uit Kampala uit te kom is die pad na Murchansan Falls baie goed maar in die geharwar om uit Kampala uit te kom het ons vir Gep hulle verloor en ry dus baie stadig in die hoop dat hulle sal opvang. Ons is nie eers honderd persent seker of hulle steeds agter ons is nie want ons was lank opgehou by die Petrolstasie. Net na Masindi verander die pad en is dit weereens stof en die een donga na die ander. Die ouens wat van voor af kom weier om enigsins uit tedraai so dit is nogal senutergend. Ons was skaars op die slegte pad toe dit begin reent. Ons besef as Gep hulle agter ons is en moontlik glei as daar ‘n voortuig van voor kom is daar ‘n moontlikheid dat hulle sal vassit en ons besluit om aftetrek en ‘n ruk te wag met die hoop dat hulle wel agter ons is en sal opdaag. Dit reent al hoeharder en die slote weerskante van die pad is baie gou ‘n massa water en ons hoop maar ons sal weer terug kan kom in die pad. Is baie verlig toe Gep huller opdaag, kom daarem weert veilig op die pad en ry verder. Dit reent strome en mens moet mooi kyk om op die spoor te bly. Die stof van voorheen is nou ‘n modder massa. Die gebied is egter asem rowend mooi en ons ry ‘n langend deur ‘n digte reernwoud. Toe ons by die Red Chilli kamp kom waarvoor ons gemik het vind ons daar is net kampplek en nerens ‘n gaaitjie waar ek en Ewoud die aand sal kan slaap nie. Alles is geheel en al vol. Ons vind toe ‘n ene Rose by so ‘n toeriste kantoortjie naby die Rivier en met mooi soebat kry ek haar om vir ons rondtebel opsoek na ‘n slaapplek. Ons kon toe geholpe raak by die Paraa Lodge oorkant die rivier en moes toe inderhaas terug na Red Chilli om vir Gep hulle te laat weet want die laaste Ferry sou binne die volgende 15 minute vertrek. Ons is toe oor die Nyl

22

Page 23: Web viewBy die kamp aangekom het die wind behorlik sy ding gedoen en moet die tentpale en toue weer ingeslaan en gespan word. ... Daar ons so gou reggekom het met die treiler in Kampala

en slaap die aand peperduur vir $230 in die Lodge. Rose het intussen ook gereel dat ons wel die volgende aand ‘n kamer sou kry in ‘n “guest house” by Red Chilli. Die Lodge was mooi en gerieflik maar ek was verlig toe ons die volgende aand ‘n alternatiewe oplossing gehad het om ‘n tentjie en twee matrasse te kan leen.

Dag 63. 12 Augustus 2010.

Ons het die aand van te vore bespreek om met die boot op te ry na die valle en ons mede reisigers is meestal ‘n groep Koreanse Christene wie deel is van World Vision en eientlik op besoek is na hulle projekte in Uganda. Ons besef weer hoe vanselfsprekend ons alles aanvaar toe die een baie opgewonde by ons wou weet wat se dier die buffels was. Die Nyl is wyd en die boot neem omtrent ‘n uur en ‘n half om tot by die punt te kom waarvandaan ‘n mens die valle kan sien. Alles is baie mooi en daar is seekoeie en krokkedille ooral. Ons is weer net so voor een terug by die begin punt en is net betyds om die laaste pont kruising voor hulle sluit vir middagete te maak. Ons sluit aan by Gep en Gerda maar hulle is net reg om die twee uur boot rit te neem. Besluit om na die bopunt van die valle te ry en is baie bly ons het dit gedoen. ‘n Mens kan daar tot by die valle self kom en kry ‘n baie beter indruk van die masse waters wat deur ‘n nou poort van slegs 6 meter tuimel. Op pad na die valle het ons ‘n klompie buffels gekry wat ‘n modderbad neem en toe ons terug ry is hulle nog daar en is behoorlik van die tippie van hulle horings tot die tippie van hulle sterte met die modder bedek. Ewoud is nie beindruk met my besluit om die tentjie te huur nie en help baie halfhartig om dit op te slaan. Tenspyte daarvan slaap ons goed.

Dag 64. 13 Augustus 2010.

Ons bespreek af met Gep hulle dat ons reeds vroeg sal ry omdat ons eers Kampala toe moet gaan om die treiler te gaan haal. Die plan is dat ons mekaar dan in Jinja by die Nile River lodge of Speke Kamp sal kry daar die twee plekke regs langs mekaar is volgens die GPS. Kom nog voor twaalfuur in Kampala aan en is baie verlig dat die treiler reeds reg is en vir ons staan en wag. Daar ons so gou reggekom het met die treiler in Kampala besef ons dat ons heelwat vroeer as Gep hulle in Ninja sal wees en omdat hulle al ons vleis ens. Op die oomblik by hulle het besluit ons om uittekyk vir ‘n slaghuis om ‘n potjie gereed te kry vir die aand. Ons ry verder en kom heel betyds aan in Jinja maar ontdek toe dat die Nile River lodge nie kampplek het nie en Speke Kamp op ‘n heel ander plek is. Kry dit toe wel maar besef dat dit nie ‘n goeie keuse sou wees nie en is toe na Eden Rock. Los oral vir Gep hulle boodskape en is baie verlig toe hulle laat weet hulle weet waar om ons tekry. Ongelukkig het ons alma se stresvlakke en geduld met mekaar opgeraak en hulle was veral boos omdat hulle na ‘n ander plek wou gaan en nie geglo het dat ons dit nie op ons GPS kon kry nie. Die potjie se maak het ook geboomerang omdat hulle gevoel het ons eet teveel rooivlei. Besluit toe maar dat ons onsself eers elkeen sal kans gee om tot ruste te kom en dan die aand ons griewe sal uitsorteer.

Dag 65. 14 Augustus 2010.

Eden rock blyk toe nie so ‘n slegte keuse te wees nie en ons besluit om nog ‘n dag daar oor te bly. Wasgoed was is soos gewoonlik waaneer die kans daar is eerste aan die orde van

23

Page 24: Web viewBy die kamp aangekom het die wind behorlik sy ding gedoen en moet die tentpale en toue weer ingeslaan en gespan word. ... Daar ons so gou reggekom het met die treiler in Kampala

dinge. Ewoud bekyk die treiler goed en voel onrustig oor die werk wat gedoen is omdat daar nog ‘n swakplek teenwoordig is.

Dag 66. 15 Augustus 2010. .

Ons se vandag varwel aan Uganda en voel almal nogal ‘n bietjie hartseer daaroor. Het die land en die vriendelike mense daar werklik geniet. Na vele gewik en weeg besluit ons om die pad langs die meer te neem en by Busia eerder as Torroro oor die grens na Kenya te gaan. Meen almal dit sal ‘n kleiner en dis stiller grenspos wees. Daar aangekom ontdek lyk dit asof ons in ‘n miernes van petroltenkers inry. Wat ons nie een geweet het is dat Kisumu die endpunt van die olie pyplyn is na die binneland. Bo en behalwe dat dar al die tenkers is is daart ook horders mense en boerbokke en ons is net almal verstom dat die bokke nie doodgery word nie. Almal is egter baie vriendelik en behulpsaam en ons is sonder enige persoonlike drama daardeur. Ewoud is net verstom oor die derdeparty koste $90 vir drie dae! Aan Kenya se kant lyk dinge onmiddelik anders, huisies en winkels meestal van sinkplaat en die mense se marksartikels is meestal op die grond uitgestal. Die pad is iets ysliks en dit is slagdonga op slagdonga met hobbels van so 50cm hoog tussining. Tenspyte van die feit dat ons uiters versigtig ry vang ons die een onverwags en die bakkie en treiler hik soos dit hop. Ons kampplek vir die aand is Kisumu Beach Resort langs Victoria Meer by Kisumu. Dit moes vroeer jare ‘n pragtige plek gewees het met uitstekende geriewe maar is nou verwaarloos en afgeleef. Van ‘n strand is daar geen meer bewys nie alles is toegegroei onder die riete en dit ruik nie te goed nie. Die eienaars is of baie lief vir honde of maak staat op hulle vir veiligheid want Ewoud tel 12 plus 6 kleintjies. Ons is gevolglik die hele nag deur ‘n hondekoor gesteur en Gep en Gerda is baie vies toe hulle die volgende oggend ontdek dat van hulle skoene deur die honde stukkend gebyt is. Weet hoe hulle voel want ons kan onthou hoe vies ons was vir die Priester se hond wat ons goed verniel het. Net na ons kamp opgeslaan het kom daar ‘n jong paartjie aan, Samuel en Nancy Nyagudi. Hulle is van die paaslike mense en vra toe of hulle na ons tent en toerusting kan kyk omdat hulle ook baie lief is vir kamp maar nog nooit ‘n opset soos ons sin gesien het nie. Ewoud het beloof om vir hulle internet ontakte te laat kry soos ons terug is by die huis.

Dag 67. 16 Augustus 2010.

Ons is eientlik jammer dat ons nie meer tyd beplan het om in Kenya te bly nie want dit lyk asof alles daar tog so iewat meer gevorderd is. Ek let veral dat meeste van die skole mooi sportvelde het. By die grenspos na Tanzania kan ons amper nie glo hoegeorganiseerd dit is nie. Moet wel aan beide kante ‘n gemeenskaps belasting betaal voor ons deurgelaat word maar dit blyk dat dit goed aangewend word om die poste skoon te hou. Ons is baie onseker oor die slaapplekke voorentoe en besluit om dit veilig te speel en nie verder te ry as Tarime waar ons plek kry by die CMG Motel. Gep en Gerda neem ‘n kamer maar ons slaan tent op buite in hulle gronde. Ons eet wel almal saam die aand by ons en kort voor lank kom sluit ‘n paar Indiers by ons aan, Raja en Rama. Ewoud stel vas dat hulle Hindis is en nooi hulle vir ‘n whiskey. Hulle is mede eienaars van die Mara Koffie uitvoer bedryf langsaan. Gesels baie hartlik en nooi ons om die volgende oggend na hulle koffie bedryf te gaan kyk. Hulle is reeds agt jaar in Tarime en se dat alhoewel hulle al baie oorseese toeriste daar teegekom het s ns die eerste Suid afrikaaners wat hulle ontmoet. Die Motel se ontvangs

24

Page 25: Web viewBy die kamp aangekom het die wind behorlik sy ding gedoen en moet die tentpale en toue weer ingeslaan en gespan word. ... Daar ons so gou reggekom het met die treiler in Kampala

dammetjie is Bertha, ‘n mooi baie jong meisie en vir die een of ander rede neem sy my onmiddelik aan as ‘n ma. Sy is pragtig naif en ek het vir haar een van die armbandjies gegee en met elke kleur wat ek verduidelik soen sy my hand en se dankie. Ewoud is onrustig or die treiler daar die trekstang weer besig is om te buig. Gevolglik maak dit hom meer aanvanklik vir die Afrika hondekoor en luide musiek wat so dee is van elke plek waar ons naby mense moet oorstaan. Eienaardig hoe dit ons geensins pla as die jakkalse, hyhenas en leeus tekere gaan nie.

Dag 68. 17 Augustus 2010.

Ons ontbyt in die Motel daar dit glo by die prys ingesluit is, brood jam ‘n piesang elk en koffie! Daarna is ons langs aan om na die koffie bedrywigheid te kyk. Die rou bone word van die plaaslike mense gekoop en is alles suiwer organies en net Arabic koffie. Dit word dan skoon gemaak en in sakke gepak en blykbaar word dit dan alles uitgevoer na Duitsland. Wat baie opvallend was is dat behalwe vir ‘n masjien wat die bone ontdop wrd alles met die hand gedoen. So word die slegte bone een vir een met die hand autgehaal deur vroue wat plat op die vloer sit en werk. Daar is geen brandstof te kry op Tarime en ons ry verder tot in Musoma waar ons staanplek kry by Tongo Beach Camp . Dit is ook langs Victoria meer en alhoewel die kampstaan plek karig is is daar ‘n baie mooi strand, met palmbome lestoele en alles soos die prentjies altyd wys. Ons is egter nie oortuig dat die water skoon is en probeer nie om te swem nie gebruik die skraal windtjie wat waai as verskoning. Met die dat ons vroeg by die kampplek aangekom het het ons ‘n lekker staanplek onder die eenigste boom gekry na ewoud vir Gep moes uitsleep uit die sand uit. Ons het soos gewoonlik goeie gebruik gamaak van die spasie om ons maar is toe gevra om so bietjie minder ruimte op te neem. Was verbaas maar so van vieruur die middag besef ons hoekom. Daar het niks minder as vier busse met Europese en ander oorseese toeriste opgedaag en ons is kort voorlank letterlik omring en toegepak van tente. Ewoud moes ingaan Musoma toe om staal en bottelklampe te kry om die treiler mee te versterk en Gep en gerda is saam vir so ‘n paar inkopies. Ons eet die aand heerlik aan ‘n Nile Perch wat ek by een van die ‘locals’ by die kamp gekoop het. Dit het skaars begin skemer raak toe ons oorval is deur ‘n wolk van die een of ander muggie soort. Hulle was ooral en een van die Amerikaners het naderhand baie benoud kom hoor of ons nie iets et wat sy kan gebruik nie.

Dag 69. 18 Augustus 2010.

Ons bly vir nog ‘n dag oor by Musoma en gebruik die tyd om weer optevang met wasgoed en Ewoud werk weereens aan die treiler. Ek, Gep en Gerda stap dorp toe om ons derdeparty te koop. Gep spring eerste in die tou en los my toe alleen om ons sin uittesorteer. Se ewe hy neen aan ek gee nie om nie en ek is natuurlik te trots om ja te se!! Gelukkig is al die ander toeriste reeds redelik vroeg die oggend weer op pad en het ons die kampplek vir onsself. Die volgende sarsie sou glo eers weer die volgende aand kom. Behalwe vir die muggies wat net al hoe erger en erger geword het, selfs deur die dag en die feit dat die kampplek self maar uiters vaal en oninteressant is skep ons asem vir die volgende deel van ons tog.

Dag 70. 19 Augustus 2010.

25

Page 26: Web viewBy die kamp aangekom het die wind behorlik sy ding gedoen en moet die tentpale en toue weer ingeslaan en gespan word. ... Daar ons so gou reggekom het met die treiler in Kampala

Ons mikpunt vir die dag is die Serengetti en kort voor lank kom ons by Ndabaka Hek aan waty aan die weste kant van die park gelee is. Dit beteken ook natuurlik dat dit betaaltyd is en dit kos ons $200 om in te gaan vir die dag. Ons is baie opgewonde dat ons uiteiendelik in die Serengetti is maar o wee die pad. Dit is by ver die slegste wat ons nog ooit beleef het. Dis sinkplaat, vol gate en uiters klipperig. Dit is ook nie lank of die treiler se trekstang kom los en Ewoud moet tydelike herstelwerk doen. Daar is baie diere maar as gevolg van die toestand van die pad kan ons hulle nie geniet nie en mis baie omdat mens nie vir ‘n sekonde jou oe van die pad kan hou nie. Kry vir Ewoud en Gep wie aan die wiel is werklik jammer. Die kampplek waarheen ons verwys is is toe net vir tent kampers sonder voertye en ons is aangese om na ‘n volgende aan te ry. Ons kan nie vir Gep hulle wie agter ons is laat weet nie nle so ek bly agter met ‘n kampstoel en blokkies raaisel om vir hulle te wag. Is maar bly ons moet aanry want die geriewe by die kamppklek is uiters treurig. Ons is uiteiendelik weer almal op een plek uitgespan en alhoewel nog nie waffers is die geriewe darem beter en danksy ons toilet steltjies kan ons dit darem gebruik. Intussen is Ewoud weer aan planne maak om die treiler te aat hou. Maak ‘n plan met die trekstang en ons haal die tent se sy dak seile af en alles moontlik wat ekstra gewig opsit. Die battery het ook intussen besluit genoeg is genoeg en die gees gegaf so dit word agtergelaat. Dit is ‘n lieflike aand en met die hyhenas wat vroliuk raas ontspan ons heerlik om ons kampvuur, vergeet van die dag se sorge en smul lekker aan ‘n stukkie braaivleis.

Dag 71. 20 Augustus 2010.

Ons pak die tweede deel van die Seringetti aan vol vertroue dat dit net beter kan gaan daar die stuk pad op een van die hoof roetes is. Kom baie gou agter dat dit nie die geval is nie en indien enige iets is dit nog slegter. Maak nie saak hoe mens ry nie die voortye bons rond asof hulle die ritteltits het. Dan is daar ook nog die digte wolke stof waarmee mens te kampe het met al die “Vanderbeasts “ en “Vandervulturers” (die komersiele toeriste voortye) wat jaag asof hulle in ‘n wedren deelneem. Ek het op ‘n stuk van minder as sestig kilometer 45 getel wat van voor af verby ons is en daar was nie soveel minder wat verby ons is nie. Dit is jammer want die Serringetti verdien om op ‘n rustige wyse verken en waardeur te word. Om alles te kroon ontdek ons dat die treiler se spaarwiel op ‘n kol losgeskeur het en vir altyd vir ons verlore is. Wonder of dit nog daar iewers le en of iemand intussen die geluk getref het om ‘n splinternuwe spaarband op te tel. Ons is uiteiendelik by Naabi Hill Hek waar ons oorgaan na Ngorongoro. Weereens is dit tyd om opte dok, nog ‘n $200 dollor om in die park in te gaan en nog ‘n $200 dollor om die volgende oggende by die Krater te kan afgaan. Ons kamp op die rand van die krater en dit is koud omdat dit so hoog is maar kan darem ‘n lekker groot vuur maak om dit tee te werk. Ek mis die tent se stoep dak en voel asof my ‘huis” in aanbou is. Die treiler se as is ook weer besig om lostetrek en sal weer ‘n keer gesweis moet word. Twee jong Masai seuns raak aan die gesels met ek en Gerda, Modesus Ndelela en ‘n Elibabeki. Gee vir hulle ok elkeen ‘n armband en toe bring hulle vir my ook ‘n “gift’, die een ‘n blou ster van krale deur sy ma gemaak en die ander ‘n tydskrif. Die mense is regtig oral geweldig vriendelik. Weet darem teen die tyd dat karibu, welkom kom weer beteken, karismo, totsiens en asanti dankie is.Ek en Gerda is blykbaar altwee deur iets gebyt. Hare is om aar enkels en vorm yslike blase en ons is bekommerd dat dit Putsie larwas kan wees. My gewrig is erg geswel, baie rooi en brand soos vuur.

26

Page 27: Web viewBy die kamp aangekom het die wind behorlik sy ding gedoen en moet die tentpale en toue weer ingeslaan en gespan word. ... Daar ons so gou reggekom het met die treiler in Kampala

Dag 72. 21 Augustus 2010.

Ons is vroeg op en reg om die Krater af te vaar. Het besluit om ‘n kans te vat om sonder ‘n gids te gaan. By die hek is die ou in bevel nie te beindruk met ons nie en vra of ions dan nie gesien het reel 7 se mens moet deur ‘n gids vergesel word. Ewoud praat mooi en oortuigend en hy laat ons toe tog deur. Die pad af na die Krater is geweldig hoog en steil maar dit is omtrent ‘n belwenis. Binne die krater self is ‘n groot meer omring met oop gras vlaktes en gedeeltes wat bebos is. Dit kan werklik as een van die wereld se natuur wonders beskryf word. Die wild is volop en ons sien twee are leeus. Die pad na bo is nog steiler as die een na onder en Gep is verlig dat hy nie met sy bakkie daar moet uit nie. Ons spandeer so vier uur in die krater waarna dit ons meer as ‘n uur vat om die steiltes daar uit te ry. Omdat so duur sal wees om nog ‘n dag in die park te vertoef besluit ons om aan te ry tot by Karatu en daar te kamp vir die aand. Ons kry plek by so ‘n klein kampplekkie wat toevallig ook Ngorongora genoem is. Dit is nie sleg nie maar die musiek wat van die buurt af kom is oorweldigend. Die kampbestuurder verseker onsegter dat dit teen sewe uur sal ophou daar dit deel is van die eleksie propoganda. Gelukkig is dit toe ook so en ons kamp heel rustig verder.

Dag 73. 22 Augustus 2010.

Die sleepwa se as het weer gekraak en eies dringend aandag. Gelukkig is die pad na Arusha goed en ons neem dit maar uiters stadig weetend dat arusha ‘n groot dorp is en ons dus daar die nodige hulp sal kan kry. Die omgewing is baie ragtig en daar is lang dele met min mense, sien selfs skielik in die middel van nerens ‘n olifant. Merk by een van die dorpies ‘n ou wie besig is om met ‘n sweismasjien te wertk en se toe Gep hulle moet aar aanry na die kampplek terwyl ewoud kyk of hy daar geholpe kan raak. Weens dietaal probleem kan ons nie veel uitrig nie en ry toe maar verder. Die kampplek wat ons op besluit het is toe nie een nie en ons ry toe na die volgende een maar dit lyk erg karig en waarsku selfs dat hulle luide musiek speel tot minstens twee uuur siggens. Daar staan toe ook ‘n jong paartjie van PE, ‘n melk boer en hulle se die geraas was die vorige aand iets ysliks en het aangehou tot na vier. Intussen ontdek ewoud dat die sleepwa se as geheel en al kaput is en enige oomblik sal ingee. Ons besluit dat Gep hulle sal aanry om beter kampplek te soek en ons dan laat weet. Kry toe ‘n lekker staanplek so twaalf kilometer uit die dorp uit langs die Duluti Meer. Ek en Ewoud het toe soos ‘n kruipsuutjie aan gery en dit darem tot daar gemaak. Om dit erger te maak was die pad die hele end besaai met die hobbels waarvoor hulle so lief is in hierdie Afrika lande. Ewoud maak die sleepwa staan sonder die wiele sodat hy die as kan afhaal. Besef dat dit glad nie herstelbaar sal wees nie en indien ons nie ‘n plan kan maak om dit te vervang sal ons die sleepwa moet agterlaat. Stuur vir Muray SMS om so lank uittevind oor die moontlikheid om een van Suid afrika te laat aanstuur. Intussen ontmoet ons iemand by die kamp wat Arusha goed ken en ewoud spreek af om hom die volgende oggend te ontmoet en te kyk wat hulle kan uitrig. Daar is niks wat ons onmiddelik verder kan doen en alhoewel my gewrigen arm nog geweldig pynlik is maak ek die aand vir ons ‘n bobaas ete met ‘n potroast.

Dag 74. 23 Augustus 2010.

27

Page 28: Web viewBy die kamp aangekom het die wind behorlik sy ding gedoen en moet die tentpale en toue weer ingeslaan en gespan word. ... Daar ons so gou reggekom het met die treiler in Kampala

Die kampeienaar kom vrioeg die oggend by ons aan en se hy et oor ons probleem gedink en bsef toe daar is net hier naby ‘n ou met ‘n ingeneurswerkery wie sleepwaens bou en raai toe aan dat Ewoud daar aanry. Intussen het ek met Murray gepraat en alhoewel dit tyd sal neem en ook pepper duur sal wees sal ons wel van SA geholpe kan raak. Intusen het Ewoud ook na al die plaaslike opsies gekyk. Mnr. Singh , van Mc Cloy ingeneurs besigheid het ook kom kyk en na die mans beraadslag het is daar besluit dat die beste oplossing sal wees om die onderstel te vervang en versterk sowel as om ‘n nuwe as te mak. Mnr Singh is vol vertoue hy sal dit binne drie dae kan afhandel en kwoteer om en by R7000 om dit te doen. Ewoud sal die treiler se ou as weer terug sit om die sleepwa vroeg die volgende oggend by die werkswinkel te kan neem. Dit is gelukkig nie ver nie. Ons gaan die middag almal saam na Arusha om inkoppies te doen. Dit s ‘n baie mooi dorp en almal is behulpsaam en vriendelik. Ons yskas het ook die geesgegaf maar een van die ouens by Shopright ry toe saam met Ewoud om vir hom te wys waar hy dit kan laat regmaak. Gep en Gerda is na Vodocom om te kyk of hulle nie hulle foon kan kry om te werk nie en is toe na ‘n Internet kafee en ek het op my eie rondgedwaal. Interessante en mooi winkeltjies maar seer sekerlik die toeriste se hoek. Net oorkant Shopright is dit ‘n heel ander storie met ‘n plaaslike markpleinwat wemel van als en wat nog. Dit is moeilik om fotos te neem want die mense hou nie daarvan nie.

Dag 75. 24 Augustus 2010.

Ons het die vorige dag besluit dat Gep hulle sal aanry en hulle eie ding doen tot volgende Maandag, die 30ste, waar ons hopelik weer bymekaar sal uitkom in Dar Es Salaam. Ewoud is vroeg weg met die treiler terwyl hulle kamp opslaan. Gerda maak vir almal on tbyt en toe ry hulle. Ek het intussen by die baie vriendelike en behulpsame eienaar van die kampplek vasgestel dat hy vir ons ‘n kamer het wat ons kan gebruik. Dit is baie basies maar is skoon en netjies en sal vir Ewoud die gerieflikste plek wees om ‘n oog oor die treiler se vordering te hou. Ons ry later de middag weer na Arusha om die nodigste te koop, geld te trek en die yskas te gaan haal. Ewoud sien nie kans om weer met die bakkie in die agterstraaitjies in te vaar nie so ons pakeer by Shopright en stap toe om die yskas te haal. Tussen ons twee dra ons dit terug, so 1,5 kilometer en besekf hoe swaar dit eientlik is. Dit is jammer dat ons nie ‘n foto kon neem van die twee van ons wat die ding dra terwyl ons so tussen die mense deurweef. Ek het die vorige dag op my wandelinge op ‘n seekos winkeltjie afgekom wat die pragtigste prawns gehad het en sedert dien het ons monde gewater daarvoor. Ons besluit om vir ons so ‘n paar mooi groot langoustines te koop en vir Mamma Obama by die kamp te vra om dit vir ons gaar te maak. Sy is toe baie gewillig maar dit kom toe uit dat sy dit glad nie ken ne so tussen sy en Ewoud het hulle vir ons die aand in hulle kombuis vir ons kos gemaak. Ons het oppad terug van die dorp af gaan kyk ho die treiler vorder en was bly om te sien dat hulle hard aan die werk was daarmee.

Dag 76. 25 Augustus 2010.

Het nie te sleg geslaap nie maar die bed is baie kort en Ewoud het vir die eerste keer van ons van die huis af weg is hooikoors. Ek het vroeg al wasgoed gewas en sit nou hier en tik aan die dagboek terwyl Ewoud ‘n uiltjie gnip. Hy kom vra nou net of ek wil saam stap om te kyk hoe dinge vorder by die sleepwa so op die oomblik is ek tot op die minuut na op datum met

28

Page 29: Web viewBy die kamp aangekom het die wind behorlik sy ding gedoen en moet die tentpale en toue weer ingeslaan en gespan word. ... Daar ons so gou reggekom het met die treiler in Kampala

die opskryf van al ons doen en late. Ek hervat, so ,n paar dae later. Ons het toe die end na Mc Cloys gestap en was toe vir ‘n hele ruk daar. Die hek wag, Timothy, noem Ewoud teen die tyd sy ‘Friend” en wil net gesels. Ek haak toe daar by hom vas terwyl Ewoud aanstap. Hy vertel toe vir my dat hy nog nooit iemand soos ewoud ontmoet het nie en om sy woorde te gebruik, ‘he is the first person that has ever come here and talked to me and asked me what my name is. He will always be my very best friend”. Timothy is 53 maar lyk heelwat ouer, hy is getroud en het vier kinders wie hy baie graag wil laat verder leer. Hyself kon nie klaar maak met skool nie omdat hulle dit nie kon bekostig nie. Hy is baie hartseer dat ons nie langer bly nie want hy sou baie graag wou he dat ons saam met hom huistoegaan en sy vrou en kinders ontmoet. Terwyl ons by mc cloys is kom die eienaar daaraan en nooi ons na sy kantoor. Hy is ‘n jong Indiese Tanzanier en hy en syn broer besit die besigheid die afgelope drie jaar. Hy het Industriele Igeneurswese in Pretoria gaan bestudeer om meer bekwaam te kan wees in hulle poging om te bewys dat Tanzaniers kwaliteit diens kan verskaf.

Op ons pad terug na ons blyplek se ek Ewoud moet aanstap daar ek by die skool wat daar is wil ingaan. Vandat ons daar gekom het is ons beindruk met hoe netjies dit sowel as die kinders is en almal is altyd opmerklik besig. Ek ontmoet toe van die onderwysers asook die onderhoof en vind toe uit dit is ‘n privaatskool wat aan die Katolieke Kerk verbonde is. Dit is ‘n redelike nuwe skool en het meestal net inbly skoliere. Ek merk toe daar is ‘n teken wat se hulle is vol en sal ongelukkig nie tot volgende jaar in Julie weer hulle waglys kan oopstel nie. Bo en behalwe die akdemiese aktiwiteite help die kinders ook in die tuin wat groente aan die koshuis voorsien.

Ons voel nie een lus om weer ‘n keer in te ry na Arusha nie en vra toe maar vir Mamma Obama om vir ons iets te prakseer uit vier hoenderboutjies wat ons gekoop het. Dit was toe baie lekker met tjips en slaai by.

Dag 77. 26 Augustus 2010.

Baie positief dat die treiler latyer in die dag sal klaar wees pak ons open ontruim die kamer. Ons is toe so halfelf terug na Mc Coys waar Mne. Sing en kie nog hard aan die werk is. Ewoud houn toesig en ek sit maar en blokkiesraaisels doen maar uiteiendelik so net na een was hulloe klaar. Mnr. Sing nooi ons toe om by sy huis te gaan eet maar ongelukkig is ewoud hastig om in die pad te val en se nee dankie. Ons ry net so 80 kilometer tot by die Honey Badger Kamp waar ons oorstaan vir die aand. Die pad is nie sleg nie maar mens vorder stadig as gevolg van al die mense en hompe. Honey Badger is ‘n mooi en gerieflike kamp en dit is die lekkerste wat ek nog gestort sedert ons uit Namibia is. Warm water EN ‘n stort met ‘n kop wat werk plus genoeg waterdruk, wat ‘n luukse. Ons is die enigste mense in die kamp en dit is salig rustig. Ek gaan loop so bietjie rond en ontmoet ‘n jong meisie vanaf Iran. Sy is op toer saam met haart Amerikaanse vriend en hy het Kilomanjaro gaan klim terwyl sy vir hom wag. Ek vra toe hoekom is sy nie saam nie toe se sy dit is te duur en sy wil nie hom toelaat om vir haar te betaal nie. Ek se toe ek bewonder haar en dat dit baie wys is van haar, werklik ‘n mooi jong dogter (21). Sy hoop om so teen die 23ste in die Kaap te wees en ek het vir haar Victoria se besonderhede gegee want ek dink hulle twee sal mekaar geniet.

Dag 78. 27 Augustus 2010.

29

Page 30: Web viewBy die kamp aangekom het die wind behorlik sy ding gedoen en moet die tentpale en toue weer ingeslaan en gespan word. ... Daar ons so gou reggekom het met die treiler in Kampala

Die sleepwa lyk en voel belowend, ons het lekker rustig geslaap so pak ons vol moed die volgende skof aan. Die landskap is mooi en wissel tussen hoeveld se ooptes en laeveld vlaktes. Die pad is goed maar dit is dorpie op dorpie wat die een hobbel na die ander beteken. Ewoud wil nie te ver ry nie maar op die ou end het dit een van ons langste dae op die pad uitgedraai. Ons het by niks minder as vier kampplekke aangery maar het by elkeen ‘n bloutjie geloop daatr hulle blykbaar nie meer funksioneer nie. Die eerste een Pangani River Kamp was baie mooi maar het gelyk asof dit onlangs oorvloed is. Uiteiendelik besluit Ewoud ons gaan ‘n draai ry en mik vir Peponi Beach suid van Tanga daar hy seker is daar is ‘n kampplek wat funksioneer. Ons draai af by Pongo en se nie een iets nie maar ek dink ons het ewe moedeloos gevoel toe die padtjie alles behalwe belowend is. Kom egter by Peponie aan en dit is fantasties. ‘n Werklike paradys van ‘n Strandplek, netjiese kamp met mooi afdakkies, lekker koelte en goeie geriewe. Net wat ons nodig het om onsself weer georganiseerd te kry en ons besf ons het nodig om ‘n ekstrta dag hier oortestaan. Ewoud adem die seelug behoorlik in en dit is heerlik wartm sonder dat ‘n mens ongemaklik voel.

Dag 79. 28 Augustus 2010.

Ek was besig om wasgoed te was toe ek skielik op kyk en merk dat die see verdwyn het. Besef dit moet laag water wees maar het nog nooit voorheen gemerk dat die see so kan wegraak nie. Ek het vir Ewoud geroep om te kom kyk en hy was net so verbaas. Die douws wat voorheen op die see gedobber het le nou feiltlik hoog en droog op die strand met sommige wat so effe in die water is. Ons gaan stap toe ‘n lang ent met die strand af en loop in die vlak waters tot by die douwhs. Die manier waarop hulle seile werk fasineer vie Ewoud en hy bekyk hulle van elke hoek en draai totdat hy dit verstaan en wens toe hy kan een yuitneem om te gaan toets. Op ons pad nader een van die plaaslike mense ons en vra of ons kreef wil he. Ons besluit toe hoekom dan nie en se toe ja. Hy kom toe later daar aan met vyf kleineriges wat ons toe die aand op die kole gebraai het en dit was toe baie lekker. Twee jong Hollanders wie op hulle laaste skof huistoe is gee vir ons ‘n 6kg gasbottel met ‘n plaat persent en Ewoud reken dit sal goed werk p die boot. Peponi was werklik ‘n rus vir liggaam en siel.

Dag 80. 29 Augustus 2010.

Ons ry met so ‘n effense ompad deur Tanga na Dar Es Salaam waar ons vir Gep hulle moet ontmoet by Silversands Strand Kamp. Die pad daarheen is interessant maar ons ry nog steeds deur plate en plate sisal. By Msata draai ons af op ‘n grondpad om via Bagamoya by silversands te kom sodat ons Dar es salaam se verkeer kan mis. Die pad is gelukkig nie te seg nie en ons kom toe so om en by drie uur by Silversands. Ons het verwag dat Gep hulle nie daar sou wees maar hulle was toe wel. Silversands is ‘n groot teleurstelling, veral na Peponi. Die kampplek is baie vervalle asook die hotel wat vroerr baie mooi moes gewees het en daar is ook geen water nie. Ons is werklik verbaas dat Gep hulle besluit het om daar vir ons te wag veral daar ons wel ‘n ander alternatief gehad het indien dit sou nodig wees. Slaan toe maar kamp op en besluit om die volgende dag die Ferry te neem na Zanzibar. Niemand het nog iets uitgevind oor die moontlikhede toe gaan gesels ek maar met die Barman en hy se toe ons kan ons goed daar los en hy sal vir ons ‘n taxi reel. Robert die taximan daag toe later

30

Page 31: Web viewBy die kamp aangekom het die wind behorlik sy ding gedoen en moet die tentpale en toue weer ingeslaan en gespan word. ... Daar ons so gou reggekom het met die treiler in Kampala

op en ons kom ooreen dat hy ons die volgende oggend om 8 uur sal kom oplaai en tot by die Ferry neem vir TS30 000.

Dag 81. 30 Augustus 2010.

Robert is toe net so kort na agt daar om ons op te laai en dit is gou duidelik dat hy sy pad ken en weet waanneer om ‘n agterstraaitjie te neem en wanneer nie. Hy is ‘n bedagsame versigtige bestuurder en ons is almal op ons gemak tenspyte van die verkeer. By die ferry voel dit asof ons in ‘n doolhof inry maar Robert neem ons tot vlak voor die kaartjies kantoor se deur en maak seker dat ons weet waar om te gaan. Koop in alllerhaas ons kaartjies want die volgende ferry staan gereed om te ry. Die ferry is goed versorg en skoon en netjies en neem so net oor die 2 uur om tot by Zanzibar te kom. Daar is alles maar redelik choties en moet ons tot ons verbasing deur paspoort beheer gaan en presies die selfde vormpies invul as toe ons in Tanzania ingekom het. Verstaan glad nie die rede daarvoor nie en besluit maar so tussen ons dit is Zanzibar se manier om te wys dat alhoewel hulle nou offisieel deel is van Tanzania hulle hulself tog nog as onafhanklik beskou. Gelukkig het ons almal ons paspoorte saam geneem vir veiligheid. So tussen die vorms invul en gestempel van ons paspoorte word ons oorval van mense wat ons wil wys waar om te gaan bly . Elkeen verseker jou natuurlik dat hulle betroubaar is en ‘n erkende toeris helper is. Ons bly nee se en uiteiendelik uit moedeloosheid se ek dit is nie my eerste keer daar nie, toe word ek tenminste uitgelos. Het nie gejok nie en hulle het gelukkig nie gevra wanneeer was ek dan daar. Die een man het wel vir Ewoud gese, ‘hello mister, I remember you from last time!!” Gerda het die naam van ‘n moontlike hotel in Stone Town gekry en ons maak maar toe ons pad daarheen. Gep loop soos gewoonlik voor met die kaart en het nie ‘n saak of ons ander by is of nie. Die hotel waarheen ons verwys is is vol maar ons stap terug na een wat ons vroer gesien het en raak daar geholpe. Die Pyramid Hotel. Die kamers is baie klein en meeste van die plek word deur ‘n geweldige hoe bed met hotsnee werk, prentjies en ‘n musiek net koepel oorgeneem. Dit is egter skoon en netjies en ons het elkeen ons eie stort en ‘n sit toilet. Die bedrag van $15 per kamer sluit ook ontbyt in. Die hotel is baie duidelik een van die ou oorspronklike klipgeboue wat die mure is geweldig dik en baie skeef en krom. Ons gaan soek iets ligs om te eet en sit op ‘n dak resturant waar Ewoud ‘n pitza eet en ek en Gerda kalamari en Gep ‘n kerrie dis. Die kos is eetbaar maar nie waffers nie. Ons is na ons geet het terug na die hotel om te gaan reel om die volgende dag op ‘n speserye toer te gaan en besluit toe dat ons en Gep hulle elkeen ons eie koers sal inslaan vir die middag en mekaar dan weer ses uur by die hotel ontmoet. Ek en Ewoud stap toe deur Stone Town en maak toe ons pad na die deel waar die plaaslike mense hulle inkjopies doen eerder as om net in die toeriste deel rond te dwaal. Dit is baie interessant, blerende luidsprekers van die moskee wat om elke hoek en draai is, mense wat praat, musiek wat speel, ‘n kalaideskoop van kleure en geure maar alles is vuil, deurmekaar en word oorweldig deur sterk reuk wat alles behalwe aangenaam is. Die aand wend ons ons weg na die opelug vis eetplek, Dit is interessant maar ‘n tipiese tourist trap. Daar is hordes tafels hoog belaai met elke soort van vis dis denkbaar maar dit is moeilk om te glo dat alles werklik vars kan wees en daar is net teveel keuses om gemaklik te kan voel. Ewoud drink ‘n glasie water wat uit suikerriet gepers is en vind dit verbaasend verfrissend. Pootuit is ons redelik vroeg terug hotel toe en is dankbaar dat dit daar betreklik rustig is.

31

Page 32: Web viewBy die kamp aangekom het die wind behorlik sy ding gedoen en moet die tentpale en toue weer ingeslaan en gespan word. ... Daar ons so gou reggekom het met die treiler in Kampala

Dag 82. 31 Augustus 2010.

Ons eet op die hotel se dak ontbyt en is toe op die Speserye Toer. Dit was werklik interessant en wat veral lekker was is dat dit nie tipeis toeris gedrewe was nie. Die plase wat ons besoek het was maar van die plaaslike mense sin en maar so ‘n bietjie deurmekaar. Ons toer het ook ‘n middagmaal ingesluit en die is deur van die plaaslike vorouens voorberei. Dit is bedien in ‘n grasafdak en ons het op die vloer gesit, Ewoud het gekla dat hy sy skoene moes uittrek maar was toe so verlig toe hy sien ons kry darem eetgerei dat die skoene storie skoon vergete is. Ons is ook elkeen aangese om ons hande te kom was onder ‘n bottel water wat vir ons gehou is. Sover dit sdie speserye bertef was daar neutmuskaat, mace, borrie, gemmer, cardomon, kaneel, vanilla, naaeltjies, rooi kerrie en veel meer as wat ek kan onthou. Daar was ook ‘n verskeidenheid van vrugtes soos bread en jackfruit, olifant, appels, stervrugte, ......(die stink vrug) , lemoene en ‘n eiesoortige litchie. Dan was daar ook die drie soorte klappers wat mens kry naamlik die koningsklapper, die lang boom en ‘n hibriede een. Peppers en kakao asook groot plantasies Cassawas waarvan tabioka en sago gemaak word. Na ons middagmaal word ons by die ferry afgelaai waar dit weereens uiter chaoties is. Ons kom daarem gelukkig redelik gpo deur die paspoort beheer en het ‘n lang wag tot die volgende ferry sal vertrek. Dit sal die laaste een wees vir die dag en die mense stroom net in by die wagplek. Dit lyk asof almal ewe bang is daar sal nie vir hulle plek wees nie want dit druk en dit stoot. Toe ons uiteindelik moes opklim het die momentum van die mense my letterlik voorentoe gedryf. Alles was verniet want daar was meer as een ferry en die Kilomanjaro waarop ons was was yslik groot en geensins vol nie. Die see was baie ontstuimig en die rit het heelwat langer geneem as gevolg daarvan. Kom sesuur in Dar aan en word gelukkig gou gehelp tot in ‘n taxi wat bereid is om vir ons Silversands toe te neem. Die arme bestuurder kon nie engels praat nie en dit was baie gou duidelik dat hy nie werklik geweet het waarheen hy ons moes neem nie. Die pad het seer sekerlik vir hom nog langer gevoel as vir ons. Gelukkig het Ewoud sy Garmin byderhand gehad en danksy die GPS was ons veilig by ons bestemming. Dit was tog goed om so ‘n bietjie van Dar Es Salaam te kon gesien het, dit lyk soos ‘n mooi moderne stad en alhoewel die verkeer oorweldigend besig is is diie mense tog op hulle manier bedagsaam en die sprukwoord “pola pola” sou ‘n goeie beskrywing daarvoor wees. Dit beteken slowly, slowly.

Dag 83. 1 September 2010.

Ons het nou ons verste punte wes, noord en oos bereik op ons rit deur Suidelike Afrika en sal dis van nou af aan vir alle praktiese doeleiendes suidwaarts keer. Van Dar moet ons egter eers weer wes ry tot ons uiteiendelik afdraai na Malawi. Ons koop vooraad by Shopright wat in ‘n pragtige moderne kompleks gelee is en baie gerieflik op ons pad is. Ons mikpunt vir die aand is Morogora waar daar volgens die GPS ‘n kampplek is. Daar gekom is bestaan die een wat aangewys word nie maar ons kry darem ‘n plek om kamp opte slaan vir die aand by die Kola Hill Hotel. Dit is weereens maar baie karig enj afgeleef en ek sou maklik aangery het maar ons besluit toe maar om daar te bly siende dat dit net vir die een aand is en ons nie weet hoe die volgende plek sal wees nie.

Dag 84. 2 September 2010.

32

Page 33: Web viewBy die kamp aangekom het die wind behorlik sy ding gedoen en moet die tentpale en toue weer ingeslaan en gespan word. ... Daar ons so gou reggekom het met die treiler in Kampala

Ons ry nie ver tot by die volgende kamp nie want Gerda wil wasgoed was. Stop vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd langs die pad vir ontbyt. Het besluit ons kan die kans vat omdat ons ‘n hele ent deur Mikumi Nasionale Park sou ry wat sou beteken dat daar nie mense sal woon nie. Is reeds lekker vroeg die middag by Trans Swiss kampplek net buite Mukumi en wonder bo wonder is daar baie mooi geriewe asook warm water. Kort voor lank het ons wasgoed gehang. Ewoud voel so effe moedeloos want dit lyk asof die koelkas alweer besig is om ‘n probleem te ontwikkel.

Dag 85. 3 September 2010.

Die gedeelte waardeur ons ry is pragtig. Bergagtig en dit is verbased hoe die omgewing kort kort verander. Ry deur ‘n vallei met die meeste krimitartbome wat ons nog ooit gesien het. Mens ry vir ‘n lang ent al langs die Great Ruaha rivier wat ook die grens is van die Udzungwa Mountains Nasionale Park. So ‘n vyftig kilometer varder as Iringa kom ons by ons bestemming vir die aand aan, Kisolanza Old Farm House kampplek. Dit is ‘n baie mooi kampplek met mooi skoon geriewe en warm water. Die plaas word bewerk en die boerdery bestaan uit beeste, skape, groente asook snyblomme wat na Holland toe uitgevoer word.

Dag 86. 4 September 2010.

Ons het besluit om ‘n dag oor te bly by Kisolanza en net so ‘n bietjie te ontspan. Ek en Gerda besluit ons wil na die blomboerdery gaan kyk en gaan stap toe hulle aanbevolle blom en dam plassroete. Ons het nie veel blomme gesien nie maar daar was plate en plate suiker tjies. Dit word op die plaas gegroei en word dar daarvandaan aangestuur na Kenia vir verpakking en uitvoer na Holland. Die blomme word ook alles uitgevoer na Holland. Gep et in die gaste boek in die kroeg gelees dat die plaas se vleis glo die lekkerste is wat die mense al geeet het en gaan vra toe of ons daarvan kan koop. Kry toe vir ons twee pakke rump en ons braai die een lot sommer die aand en dit was toe ook baie lekker. Dit is ons laaste aand in Tanzania.

Dag 87. 5 September 2010.

Ons ry nog so ‘n vyftig kilometer weswaarts tot by Mbeya waar ons finaal Suidwaarts draai. Nog so vyftig kilometer verder draai ons in na Bongo Kamp en weet nie wat om te verwag toe die paaitjie so amper amper nie ‘n paaitjie is nie. Ons wil nie graag verder ry want ons weet nie van ‘n ander kampplek voor ‘n mens die grens moet oorgaan nie. Die kampplek bestaan toe darem wel en dit lyk nie te sleg nie het gelukkig ons toilet stoeltjos wat ons oor die squats kan sit. Die kamp bestuurder is ‘n Rusti en daar is heelwat mense besig om ‘n heining op te sit tenspyte van die feit dat dit ‘n Sondag is. Ons vind toe uit dat die kamp ‘n gemeenskaps projek is wat as ‘n NGO bestuur word en dat almal wie daar werksaam is dit vrywilliglik doen. Daar is ook ‘n jong Deen wie getroud is met een van die plaaslike Tanzannise vroue. Daar is groot opgewondenheid toe daar sowaar nog ‘n voertuig opdaag vir die aand en wat nog meer verbasend was was dat dit ook vanaf die Kaap was. ‘n pa en sy dogter. Blykbaar het hy en sy vrou saam getoer tot in dar es Salaam maar toe moes sy terug keer werk toe en toe vlieg die dogter tot daar om die terugrit saam met haar Pa te doen. Die Rasti en sy mense steek ‘n vuur aan en almal kuier toe die aand saam daarom.

33

Page 34: Web viewBy die kamp aangekom het die wind behorlik sy ding gedoen en moet die tentpale en toue weer ingeslaan en gespan word. ... Daar ons so gou reggekom het met die treiler in Kampala

Dag 88. 6 September 2010.

Die kamp is so goedkoop asook die ontbyt wat hulle aanbied dat ons die voorige aand dit vir ons bestel het. Dit word nie daar gemaak nie maar wel deur een van die mense in die gemeenskap wie dit toe die oggend daar aanbring in ‘n mandtjie. Dit is roereier met groent. Heel smaakvol met ‘n yslike stuk mieleiemeel brrod en ‘n vetkoek wat hulle “sweetbread” noem. Geen booter of jam en ook geen melk by die koffie nie maar dit was ‘n lekker verandering en ons het ons mieliebroodtjies saamgeneem en met botter en konfyt die miidag opgeeet. Die laaste end pad uit Tanzania uit was baie beragtig en goed bewerk en as gevolg van die feit dat dit dig bevolk was was dit tot op die eiende toe hobbels op hobbels. Ons GPS wou ons aaneen terug stuur na Mbeya en via Zambia na die grenspos neem! Ons is egter so teen elfuur by die grens en is aangenaam verras om te sien dat alles baie goed georganiseerd lyk en dit glad nie besig is nie. Is vinnig en sonder enige moeite deur aan beide kante. In Malawi is die atmosfeer onmiddelik anders en is dit opmerklik hoe min verkeer daar is. Almal ry ook baie meer besadig en selfs die taxis jaag nie verby mens nie. Ewoud is verheug want daar is ook nie meer al die hobbels wat sy lewe al so versuur het nie. Kry wel elke bakketel ‘n poliisie stop maar die wat ons nie aanwaai nie wil eientlik maar net ‘n bietjie gesels. Die een het so ewe skoon vergeet dat hy aanvanklik gevra het om ewoud se liksens te sien. Die plan was oorspronklik om by Karongo oor te bly maar ons is so gou daar dat almal besluit ons moet liewer nog ‘n ent aan ry. Die GPS wat gelukkig vanaf die grens weer tevrede is dat ons op die regte pad is wys Mdoxeras Beach Camp aan en dit klink goed. Toe ons inry by Mdoxeris dog ons ons gaan net daar omdraai en ‘n ander plek soek maar ons het skaars ingedraai toe die bestuurder ons so oorweldigend vriendelik bedank dat ons daar kom kamp dat ons besluit ons sal maar kyk hoe lyk dit van naderby. Nou ja die toilette ten spyt slaan ons toe kamp op en het heerlik daar geslaap. Die stort was besonder interessant, ‘n emmer op ‘n tou met ‘n kraan daaraan en ‘n stortkop. Het vir Ray Kind ‘n foto geneem van sy oupa wat daar stort. Die mense was soos altyd baie vriendelik en Estine, die bestuurder se vrou wou nie hoor dat ons die skottelgoed moes was nie.

Dag 89. 7 September 2010.

Ons besluit om so ‘n aan te ry tot by Chintheche Inn wat so in die middel van die meer gelee is daar ons gehoor het dat daar ‘n baie mooi kampplek is. Het almal lus om so ‘n bietjie te ontspan met goeie geriewe. Die eerste deel van die pad ry ons al langs die meer en dan draai mens effens binnelands. Dit is baie bergagtig en ons verwonder ons aan die mense wat so hoog teen die hange bly. Wonder waar hulle water kry. Die enigste groot dorp op die end pad is Mzuzu waarvandaan mens weer terug draai na die meer. Ons moet brandstof kry en gaan by al wat ‘n garage is aan maar nie een het Diesel nie. Gelukkig se een van die joggies vir ons daar is ‘n plek waar ons geholpe sal raak. Hy beduie toe wwar ons moet gaan en se ons sal dit nie mis ry nie want ons sal sien hoe al die trokke daar tou staan. Nou ja sonder brandstof kan ons nie verder toe moes ons maar ook ons beuurt gaan afwag. Dit was toe ‘n BP Depot. Ewoud wou ook geld trek en met die op en houd verloor ons vir Gep hulle maar weet darem dat ons weer bymekaar sal uitkom by Chintheche. Die pad vanaf Mzuzu na die meer is smal en krokelrig maar nie sleg nie en met die dat daar feitlik geen verkeer is nie ry ons baie maklik. Tot ons verbasing kry ons skielik groot plantasies bome wat vir ons geheel en al onbekend was en sien toe later dat dit African Rubber is. Koop vir twee balle

34

Page 35: Web viewBy die kamp aangekom het die wind behorlik sy ding gedoen en moet die tentpale en toue weer ingeslaan en gespan word. ... Daar ons so gou reggekom het met die treiler in Kampala

wat van die rubber gemaak is, vir die kleinkinders, en moes later noodgedwonge dit agter in die bakkie sit omdat dit teveel gestink het.Ons stop om papajas en patats van stalletjies langs die pad te koop. By Chintheche Inn aangekom wag Gep hulle reeds vir ons, soos ons gedink het, en ons is almal baie verlig om te sien dat dit so mooi is as wat ons gevertel was. As ‘n mens so reis besef jy baie gou dat alles relatief is, wat vir die een ‘n goeie pad of plek of wat ookal is is nie noodwendig vir ‘n ander so nie. Afgesien van die feit dat dit die meer en strand baie mooi is het die kampplek heerlike koelte bome en groen grasperk. Die geriewe is ook puik en wonder bo wonder sou mens kon stort sonder om te wonder waar om jou goed neer te sit. Ons kon nie anders as om so ‘n bietjie afgehaal te voel toe ons alleenheid daarmee heen is toe daar ‘n groot groep locals opdaag nie. Hulle was toe ‘n groep van die Lutheranse kerk op hul pad terug na Lllongwe van ‘n konferensie. Ons was egter verniet bekommerd want dit het glad nie gepla nie.

Dag 90. 8 September 2010.

Ons besluit om vir nog ‘n nag oor te bly en dit is ‘n heerlike rus dag behalwe vir die feit dat ons van die lekker geriewe gebruik maak om als wat nodig is te was. Ek is gelukkig want Ewoud sit hand by maar arme gerda moet maar alleen deur hulle biondel swoeg. Ewoud en gep koop vir ons Chombo vis vars uit die meer uit vir ons aand ete. Ek maak gebruik van die mooi swembad maar daar is ‘n koelerige windtjie wat waai so dit was net so ‘n vinnige in en uit. Die meer self is redelik onstuimig so ons swem nie daarin nie. Met Ewoud se spesiale ommelette vir ontbyt en ons Chombo aandete leef en eet ons soos konings.

Dag 91.9 September 2010.

Ek en Gerda sou nie omgee om nog ‘n dag by Chintheche oor te bly nie maar die mans besluit ons moet aanry. Ons bly op die pad wat langs die meer ry maar mens sien nie eientlik veel daarvan nie. Dar is nie juis enig iets noemens waardig om te sien nie. Dit is net dorpie op dorpie en ‘n mens kry nooit ‘n stuk pad wat sonder mense is nie. Selfs die polisie is hier nie baie bedrywig nie en die wat ons wel teekom waai ons so lui lui aan. Ons ry wel oor heelwat iviere en van die brue is maar taamlik gehawend. Die enigste groot dorp op die ent pad is Seklima wat lank en uitgestrek is. Om van ‘n groot dorp te praat op die paaie gee eientlik ‘n wanindruk want dit beteken net meer mense meer gekonsentreed. Die grootste winkels is maar ‘n Peoples Superette, wat maar so groot soos ‘n hoekkafee tuis is of as mens gelukkig is ‘n Metro wat nie veel groter is nie. Van af Salima ry ons na Senga waar ons beoogde kamplek vir die aand is. Gep hulle raak agter want hulle het by ‘n ou historiese sendingstasie aangegaan so ons is voor hulle by Boabab waar ons die aand sou slaap. Daar aangekom lyk dit nie te belowend nie en ons besluit ek sal eers gaan kyk voor ewoud inry. Dit was net sowel want ons sou nooit daar kon kamp het nie. Intussen kom ‘n klompie locals nader en verseker ons hulle kan vir ons ‘n kampplek aanbeveel. Ek stap toe maar saam met hulle na die een langsaan maar sien nie daarvoor kans nie. Terug by die bakkie oortuig hulle Ewoud daar is nog ander maar dat ons net verder sal moet stap om te gaan kyk. Ons ruil toe rolle en hy stap saam terwyl ek by die bakkie bly. Terwyl hy weg is kom Gep hulle aan en wil verder ry. Hulle besluit toe darem om liewer eers saam met my te wag tot Ewoud kom. Hy is toe geholpe en ons kon nie help om te glimlag want die kam wat ons toe na toe gaan het ons op ons pad na die Boabab gesien en gewonder wat dit beteken.

35

Page 36: Web viewBy die kamp aangekom het die wind behorlik sy ding gedoen en moet die tentpale en toue weer ingeslaan en gespan word. ... Daar ons so gou reggekom het met die treiler in Kampala

Dit heet Toms Bar and Camp. Dit is nie op die eer nie maar is skoon en rustig en ons voel veilig. Josef wie daar toesig hou is verheug dat ons daar gaan kamp en kan nie vir ons genoeg doen nie. Was sommer Gep se bakkie vir hom toe hy sien hy wil dit doen. Hy vertel ons die plek war ons kamp behoort aan die eienaar en ons het skaars kamp opgeslaan toe daar ‘n blondeko[p aankom en vriendelk groet. Dit is toe Sam, die eienaares. Sam is oorspronklik van Zimbabwe maar het tot ‘n mate in Malawi grootgeword. Sy en haar man het in Zimbabwe geboer maar het hulle plaas daar verloor, en is toe Kaapstad toe. Haar man is daar vermoedelike vermoor en sy het toe besluit om terug te keer na Malawi. Besit toms asook nog ‘n kampplek Runnig Waters en is met allerhande gemeenskapsprojekte betrokke.

Dag 92. 10 September 2010.

Ons het nie ver om te ry nie want ons wil net tot by Monkey Bay gaan. Sam het vir ons aanbeveel om na Venice Beach kampplek te gaan so “Sally” is ingestel om ons daarheen te neem. Gep en Gerda neem aan om in salima te stop vir voorrade so ek en ewoud kom redelik lank voor hulle aan by Venice beach. Ons is baie dankbaar vir ‘Sally” want ons weet nie of ons dit ooit andersins sou gekry het nie. Dit lyk ons dat omtrent al wat ‘n Lodge of resort of wat ookal langs die meer is in die middel van ‘n vissersdorpie is en die dorpies begin waar die volgende ophou. Ons is nie te seker oor Venice Beach nie dit is baie sanderig maar ons word hartlik en gul ontvang eers deur Justine ‘n welbesproke Malawieer en toe deur Mathew van Norwee. Dit is weereens ‘n gemeenskaps projek en Mathew is hier as vrywilliger om hulle daarmee te help. Ons drink ‘n bier by die kroeg terwyl ons vir Gep hulle wag daar ons nie die besluit wil maak om te bly sonder hulle nie maar teen hulle toe kom voel ons al heel tuis. Na wik en weeg en met die wete dat ons vir drie aande hier sal moet oorbly sodat ons die maandag gas kan kry besluit ons om die sand ten spyt kamp opte slaan. Ewoud moet mooi werk om die treiler opplek te kry en sou dit nie kon gedoen het sonder die bakkie se 4 wiel storie nie. Vir Gep het hulle planke neergesit om op te ry. Dit is seker ons warmste dag nog en ek en Ewoud gaan swem in die meer toe ons klaar was om in te trek in ons tent huis. Die aand was werklik idielies en ons smul heerlik aan ‘n skaapboud wat gerda vir ons gepotbraai het.

Dag 93. 11 September 2010.

Ons het gehoor hier is ‘n groep Suid afrikaners wat ‘n boot bou vir die Malawiese regering en ewoud het die aand tevore die ou aanbevel ontmoet, Agmed Singh. Ja weer ‘n Mr. Singh! Dit is toe ‘n yslike groot Trawler wat eientlik in Suid afrika gebou is en toe in twee stukke hierheen vervoer is, per pad, en nou sweis hulle die twee dele aanmekaar. ‘Hawe en bote en dan nog een met ‘n spesiale betekenis het natuurlik beteken dat ons toe moes gaan kyk. Agmed het Ewoud verwag en ons was almal stom geslaan toe ons die Fish eagle sien, kon net nie glo dit is padlangs hierheen gebring nie. Ewoud is baie beindruk met die vakmanskap van Agmed en sy span. Daar is nog ‘n paar groot bote in die hawe waaraan werk gedoen word en die een is hulle glo besig om in ‘n hospitaal te omskep. Na ons by die hawe was ry ons so ‘n draai deur Monkey Bay se offisiele dorpie en besluit toe om te gaan kyk hoe die bekende Cape Mc Clare lyk. Dit is so vyfen twintig kilometer vanaf Monkey Bay en die pad daarheen is redelik bergagtig. Ons is verbaas dat alhoewel ons deur die Nasionale park ry is dit steeds bevolk. Cape Mc Clare is maar soos die res van Malawi langs die meer maar ons ry

36

Page 37: Web viewBy die kamp aangekom het die wind behorlik sy ding gedoen en moet die tentpale en toue weer ingeslaan en gespan word. ... Daar ons so gou reggekom het met die treiler in Kampala

toe na Chembe Eagles Crest wat ook vir ons aanbeveel was en die is werklik pragtig. Terug by die kamp waai die wind woes en ons soek maar net elkeen ‘n beskutte hoekie uit om in te sit. Gep gou tou op en sit in sy bakkie! Ewoud maak vir ons ‘n pasta pot vir aand ete en ons is almal nog vroer as gewoonlik in die bed.

Dag 94. 12 September 2010.

‘n Regte lui Sondag. Die wind waai nog steeds en dit is die eerste keer wat ons elkeen ‘n boek uithaal om te lees. Daar is geen reperasie werk of wasgoed om te doen nie en dit is selfs nie eers nodig om iets skoon te moet maak nie. Die grootste taak vir die dag is aandete wat bestaan uit Kaponga Vis. Ons het al Zambezi Bream, Talapia, Bruin en blou Chombo asook Nile Perch geeet so is di Kaponga ons vyfde soort wat ons probeer bo en behalwe die Kapenta wat k en Gerda geproe het.

Dag 95. 13 September 2010.

Ons ry verder suidwaarts langs die meer maar daar is nie veel te sien nie. By Mongochi stop ons om geld te rek, brandstof asook gas te kry. Is baie bly vir die gas want al ons bottels is so te se leeg en ons weet nie wat die moontlikeede vooentoe is nie. Terwyl ewoud die gas kry stap ek om brood en pasta te soek. Dit is interessant hoe niemand hulle aan my steur nie behalwe om vriendelik te groet. Kry wel brood maar geen pasta nie toe ry ons na Metro want ons wil ook cokes kry maar die draai is verniet want daar is geen pasta of cokes in blikkies of plastiek bttels nie. Mongochi het mooi bree strate maar daar is min voertuie, die meeste mense stap of ry per fiets. Ons merk ook dat die dorps Taksies hier gewone fietse is. Van Mongochi ry ons verder tot by liwonde waar ons oor die Malawi se grootste rivier, die Shire, ry. Ons is op pad na ‘n lodge genoemd die Mvuu wat blykbaar ook kampplek het. Ry in sirkels maar kry nie die lek nie wel ‘n Warthog en Shire maar beide is ooglopend toe en baie vervalle. Besluit toe om aan te ry na ‘n kamp wat net binne die Liwonde Nasionale park se grens aangewys word. By die poark se hek vind ons uit die bestaan ook nie meer nie maar hulle verwys ons toe na Bushmans Baobab wat so ‘n ent terug is op die park se grens. Die padtjie is maar baie effens maar ons kry darem die plek en kan daar kamp. Dit is in die bosse met geen skadu maar daar is storte en toilette en ons het skaars kamp opgeslaan gehad toe daar vir ons ‘n yslike vuur aangesteek is. Dit is ook langs die Shie Rivier en daar is oral tekens van seekoeie asook olifante en ons kan hulle ook hoor maar sien niks nie. Ons wonder net almal hoe dit moonlik kan wees om in die reent seisoen daar tekamp en selfs te kom want dit is baie duidelik dat alles onder water kan wees. Dit is ons laaste aand in Malawi en dit is nogal lekker om nie in ‘n ‘village’ te wees nie. Malawi het wel baie mense en dit is baie duidelik dat hulle meestal baie armer is as in die ander lande. Merkbaar baie minder voertuie asook selfone maar dit is ‘n aangename land om te besoek. Rustig en maklik om deur te reis en dit is vir ons omerkbaar dat die kinders nie bedel nie. Daar is net ‘n magdom kleuters en soos in oos tanzania het elke vrou wat in die regte ouderdomsgroep val ‘n baba op die rug.

Dag 96. 14 September 2010.

Ons ry terug na Liwonde en oor die Shire om via Balaka by Zobue grenspos uittekom . Die grenspos is nogal heel georden en daar is baie min voertuie asook mense so ons is baie gou

37

Page 38: Web viewBy die kamp aangekom het die wind behorlik sy ding gedoen en moet die tentpale en toue weer ingeslaan en gespan word. ... Daar ons so gou reggekom het met die treiler in Kampala

daardeur en in Mozambique. Dit is net interessant om te merk dat die twee lande se poste 8 kilometer van mekaar gelee is. Met die dat ons so maklik en gou oo die grens is en die pad mooi en oop is ry ons so goed dat ons besluit dat ons vir mekaar by die New Pnk Pawpaw sal wag en daar langs die pad middag ete eet eerder as om daar te stop vir die aand soos aanvanklik die plan was. Dit is toe ook net sowel want van ‘n kampplek daar is daargeen teken nie. Ons ry maklik aan tot by Chimoio en vertrou maar dat die plek genoemd die Milpark wel kampplek sal he want daarna is daar niks tot so oor ‘n verdere 300 kilometer nie. Chimoio is ‘n groot plek en blyk redelik besig te wees maar ons kom maklik reg met alles wat ons daar nodig het. ‘n pragtige Shopright met meestal Suid Afrikaanse produkte behalwe vir die vleis en wyn wat van Peru af kom. Ons vermoed net egter later dat ewoud moontlik in die winkel gepick pocket was. Die Milpark kon ons toe darem help alhoewel hulle eientlike kamp geriewe slegs nog net toekoms planne is. Die hotel self lyk redelik nuut en die kamer wat hulle vir ons gee om inn te stort is glo van die nuutste deel. Lykm op die oog af baie mooi maar alles wat mens aan vat is los en of werk nie reg nie!!! Ons kan darem elkeen ‘n warm stort ingepas kry. Ons kamp langs die pluimvee hok en daar is ‘n gans wat die heelnag protesteer dat ons daar is en die hoenderhane het besluit dat ons drie uur die oggend moet opstaan.

Dag 98. 16 September 2010.

Ons is nou op pad kus toe en beplan om tot by Inhassoro te ry. Die pad is in ‘n baie goeie toestand met baie min verkeer so ons ry baie maklik. Begin al vergeet dat ons oip ‘n stadium moedeloos was met slegte paaie en stof. Die gebied is baie boomryk en behoort baie pragtig te wees maar daar brand ooral veld vure en die sakke houtskool staan ooral langs die pad opgestapel. Daar is baie groot riviere maar meeste van die brue lyk asof hulle op ‘n stadium erg beskadig was. Ons weet nie of dit as gevolg van die oorlog of vloede was nie. Ry ook oor die Save wat ons in Zimbabwe ken as die Sabi en is verstom oor hoe groot dit hier naby die mond is. Ons kry kampplek by Sita Hotel and Camping in Isassora en alhoewel dit teen die see is is daar lieflike koelte bome en baie ruimte. Koelte, ruimte, ordentlike geriewe en nog ‘n strand daarby wat wil ‘n mens meer ons besluit sommer ons bly vir twee aande. Ons eet die aand soos konings (wanneer doen ons dit nie!) oopgevlekte hoender op die kole gebraai, vars brocolli en blomkool met ‘n kaassous, patats en vars mielies.

Dag 99. 17 September 2010.

Almal staan lui, lui op. Ons staan oor so dit beteken daar moet wasgoed gewas word. Ewoud help my soos gewoonlik en kort voor lank wapper alles mooi skoon in die wind . Teen Gerda klaar is met hulle sin is ons sin al droog. Ek maak vir ons ‘n vyfster ontbyt, vars pawpaw, worsies, gebraaide tamaties, baked beans en gebakte eiers met roosterbrood. Ons is nou al so gewoond aan ons lekker groot ontbyt elke oggend dat die een keer wat ons dit nie gemaak het wou Gep en Gerda brekfis he vir middagete. Ek het die voorige aand baie hard probeer om die ander om te praat dat ons vir die dag na paradise Eiland toe gaan maar hulle wou nie byt nie. Seker toe net sowel want die wind het n die nag opgekom en die see sou seker maar baie rof gewees het. Gelukkig is ons staanplek baie beskut. Hier is baie Suid Afrikaners en dit voel glad nie meer vreemd nie.

38

Page 39: Web viewBy die kamp aangekom het die wind behorlik sy ding gedoen en moet die tentpale en toue weer ingeslaan en gespan word. ... Daar ons so gou reggekom het met die treiler in Kampala

Dag 100. 18 September 2010.

Ons ry verder Suid en draai in see se kant toe om te gaan kyk hoe lyk Vilankulos. Dit is besig en deurmekaar en “Sally” hou aan om ons in sirkels te neem sodat ons later opgee om by die strand uittekom en maar terugkeer na die grootpad. Die probleem met so baie van die plekke is dat ‘n mens slegs by die strande kan kom as jy inry by ‘n oord of Lodge. Net voor ons by die grootpad kom besluit ons om vir Johan ‘n botteltjie Chillie sous te koop en dit is toe eers later wat ons ontdek hoe duur dit ons te staan gekom het daar een van ons stoele agter uit die bakkie gegaps is terwyl ons besig was! Ons het net mooi amper vergeet van stof paaie toe ons op ‘n twintig kilometer ompad te lande kom. Daar was ‘n yslike groot trok voor ons en geen kans van verbygaan so ons het maar doelbewus baie stadig gery om uit die se stof te bly en ook so min moontlik self te veroorsaak. Ons mikpunt was Morangula waar ons gehoor het daar ‘n baie lekker en mooi kamp plek is wat aan ou Rhodesiers behoort. “sally’ vat ons egter eers na Massingo en is vasberade dat ons daar op ‘n plek links moet draai maar daar is geen pad nie. Gelukkig het ons ‘n ent terug wel ‘n uitdraai gesien gehad wat Morangula aangewys het so ons besluit toe om maar terug te ry. Dit was toe gelukkig die regte besluit en het ons tot by die kampplek geneem wat toe alles was soos belowe. Dit was nie goedkoop nie maar was baie netjies en mooi. Pragtige palmbome, ‘n ellelange wit strand en lieflike groen grasperke om op te kamp. Ons eet die aand boere wors, papen sous en drink ons laaste wyn om ons honderdste dag op die pad te vier.

Dag 101. 19 September 2010.

Geen wasgoed om te was, groengras, dus niks stof of sand so daar lê ‘n dag van niks wat moet voor. Ons eiers en brood is op so ek maak gou vir ons ‘n broodjie aan wat ewoud oin die Cob bak. Ek en gerda gaan stap ‘n lang ent langs die see en word latert deur ‘n ene Jerry gegroet. Hy wil weet of ons vis of kreef soek. Ons se toe vir hom hy moet maar liewer met die mans praat toe stap hy saam terug. Ons kry toe uiteiendelik twee vissies en ‘n ‘n enorme kreef en eet baie lekker daaran. Ek ontmoet die eienaar, James Nelson en was omtrent verbaas om te ontdek dat hy saam met Ben en Bettie se seuns op skool was. Sy pa Dave het glo ook in Centenary geboer en het reeds in daardie jare die plek gekoop.

Dag 102. 20 September 2010.

Van Morangula ry ons terug na die groot pad en bly deur groot plantasies palms ry op koers na Xai Xai. Stop in een van die dorpies om eirs en brood te koop. Daar is nie pakeerplek nie so ewoud bly in die bakkie terwyl ek gaan kyk of ons gehople kan raak. Stap in waar dit se “Superette” en kry wonder bo wonder eiers wat sowaar in eierboksies, soos ons dit ken , is. Daar is egter nie brood nie maar alhoewel die eienaar net Portugees kan praat kom ons reg met ons kommunikasie en ek kan uitmaak dat ek met die volgende staat moet afstap om brood te kry. Doen dit toe en moet in die prose my pad deur die mense wie goed op straat verkoop weef. Dit is toe net sowel dat dit ek was en nie ewoud want hy sou nooit die bakkery gekry het nie. Daar is geen teken om dit van buite aan te dui nie en as ek nie maar net my kop gevolg het nie en by wat soos iemand se voordeur wat oopgestaan het ingeloop het nie sou ek dit ook nooit gekry het nie. Dit was toe egter die bakkery en het heerlike vars portugese rolletjies. Ons het eientlik afgespreek dat Gep hulle die brood en eiers sou kry maar omdat dit nie altyd so maklik is het ons besluit dat as ons wel op iets afkom ons dit

39

Page 40: Web viewBy die kamp aangekom het die wind behorlik sy ding gedoen en moet die tentpale en toue weer ingeslaan en gespan word. ... Daar ons so gou reggekom het met die treiler in Kampala

maar sal koop. Dit was toe ook goed want toe ons stop om ontbyt te maak het hulle brood gekry gehad maar nog nie eiers nie. As dit nie was dat ons nie meer die nodige gehad het nie sou ons liewer eers ontbyt geeet het voor ons gery het want ons het besef dat dit nie maklik sal wees om ‘n gerieflike stopplek langs die pad te kry nie. Daar is ooral mense. By Xai Xai moet ‘n mens weer afdraai om by die kus te kom. Dit is so bietjie verwarend want beide plekke, die groot dorp asook die kusdorpie gaan onder die naam van Xai Xai. Die eerste kampplek wat ons by kom is baie verlate en die geriewe is iets ysliks toe ry ons nog so ‘n vier kilometer verder met die strand langs en kom toe by S.............. uit. Dit is nogal heel anders, geen palm bome en lyk meer soos die kuslyn by die Damme en Pearly Beach anderkant Gansbaai. Daar is ook geen sprake van grasperke nie en ons moet in diep sand ons staan kry. Dit is gelukkig redelik beskut van die wind en die geriewe is bruikbaar. Ons is redelik geskok om te hoor dat die plek aan ‘n Suid Afrikaner, van Pretoria, en sy vrou behoort en dat hulle al reeds 20 jaar daar is. Daar is baie huisies, ‘n restuarant en sy hou ook skool vir ‘n groepie suid afrikaanse kinders, so ons voel die plek behoort in ‘n beter toestand te wees. Hulle invloed is wel goed te bespeur in die mense van die area want almal praat goed afrikaans en sê dat hulle dit by baas Piet geleer het. Die strand is mooi maar die sand is baie opgedolwe omdat ‘n walvis die vorige week daar uitgespoel het. Dit is toe glo opgesny en diep op die strand begrawe.

Dag 103. 21 September 2010.

Alhoewel die kampplek alles behalwe fantasties is besluit ons om nog ‘n dag daar oor te bly. Dit sal ek en ewoud se laaste nog in Mozanbique wees maar gep hulle tob nog of hulle in Maputu wil oorbly. ‘n Lui lekker dag, stap ‘n lang end langs die see. Dit is duidelik dat Xai Xai so stadigaan weer besig is om ‘n geliefde vakansieplek te raak maar dit is hartseer om te sien hoeveel van die vorige oorde en hotelle wat eens sekerlik baie deftig en pragtig moes gewees het nou gehaal en al vervalle en verlate is. Kry weer lekker vars kreef wat Ewoud vir ons die aand gaarmaak.

Dag 104. 22 September 2010.

Ons groet vir Gep en Gerda want ons is beplan om deur te ry na Swaziland en hulle is nog nie seker van wat hulle plan nou is nie. Ons moet so skuins verby Maputo ry en besluit toe dat ons baie verbaas sal wees as Gep besluit om daar oor te bly. Die verkeer is iets ysliks en dit is maar baie chaoties. Verder ry ons baie maklik en is voor ons ons oë kan uitvee by die grenspos. Dit is glad nie besig nie en ons is tjoeftaf daardeur. Het gemeen om die aand in Swaziland te slaap maar dit sou skaars twaalfuur wees wanneer ons by die kampplek aankom en besluit om deur te ry tot in Suid Afrika. Teen dit tyd is om slaapplek vir die aand te kry is ons in Suid Afrika en in die Jocinie Pongola area. Ons ry die kampplek by die dam mis en verder is daar baie Lodges maar geen kampplekke nie. Ek stel toe voor dat ons of na Bush Baby, naby Hluwe, gaan of sommer deur ry na Richardsbaai omdat ons dit ken en weet hulle is goed. Ewoud se baie beslis dit is te ver en was toe heel verbaas toe ons wel by Bush baby opdaag. Dit was nog net so goed versorg as toeons laas daar was en ons was vroeg genoeg om te kan ontspan. Beide Swaziland en die deel van Suid Africa was net baie droog.

40

Page 41: Web viewBy die kamp aangekom het die wind behorlik sy ding gedoen en moet die tentpale en toue weer ingeslaan en gespan word. ... Daar ons so gou reggekom het met die treiler in Kampala

Dag 105. 23 September 2010.

Met die dat ons sover gery het die voorige dag besluit Ewoud dat ons kan deurry tot by kokstad waarvandaan ons dan in een dag sou kon deurry tot by Annette hulle in PE. Is volg nou al die end die N2 en dit was ‘n droom om weer op sulke pragtige oop paaie te kan ry en ons is skaars daarvan bewus toe is ons verby Durban. Betaal wel vir die voorreg met al die Tol fooie wat ons moet opdok. Alles lanks die pad lyk nou pragtig groen en asof dit skoon gewas is. Seker maar die kontras van al die stof wat ons al gewoond geraak het. By Port shepstone draai ons binnelands, steeds op die N2, om by Kokstad te kom en is toe basies terug in Suider Afrika. Die pad is kronkelrig, nou en dit wemel van die mense. Ons besef ons het nie juis iets lekker vir die aand en besluit om op Paddock te stop om iets te kry. Net soos voorheen is daar nie erens waar ons maklik kan stop so Ewoud wag by die bakkie terwyl ek die strate en mense aandurf. Kry lekker vars spinasie asook ‘n heerlike stuk rump. Kom egter nie reg met die wyn nie. Die winkel is alles agter tralies en die Sjenees kan skaars engelks praat maar is vasberade dat ek nie mag ingaan om te kyk wat ek wil hê nie. Gelukkig Ewoud en die bakkie net so skuins voor die winkel en ek hensop toe maar en gaan se vir Ewoud hy moet liewer die wyn gaan koop. Ons kom laterig die middag aan in Kokstad en is baie verlig om te sien dat daar wel kapplek is by die dam. Dit is skoon en netjies en alhoewel daar ‘n ysige wind waai geniet ons ons laaste aand in ons tenthuis.

Dag 106. 24 September 2010.

Met die dat die laaste stuk pad na Kokstad so lank geneem het en met die Transkei wat voorlê voel ewoud onseker of ons dit sal maak tot by Annette hulle. Die eerste end tot by Mtata neem ook lank want alhoewel die pad redelik goed is is dit is berg op en berg af. Ek hou egter vol ons sal dit maak en dit is eientlik vreemd dat ons nou skielik rolle geruil het. Ewoud wil stop en ek wil aanry! By King Williamson Town besluit ons ons gaan deurdruk en dit het toe heelgoed uitgewerk want ons was so teen vyfuur, Vrydag, by Seaview. Die kindertjies was natuurlik verheug om ons te sien en ons kon nie help om ons verbasing uittespreek oor hoe die twee gerek het sedert ons hulle laas gesien het nie. Ons het nie besef dit is ‘n vakansie dag nie so was ons ook verbaas dat Johan ookal tuis was. Om die vakansie dag te vier het vriende die aand oorgekom vir ‘n braai en ons het almal heerlik saam gekuier.

Dae 107, 108 en 109. 25, 26 en 27 September 2010.

Omdat die bakkie die maandag moes ingaan vir ‘n diens was ons, soos die kindertjies dit gestel het, vir 4 slaapies by hulle. Het soos altyd heerlik saam gekuier. Johan en Annnette het voor hulle geweet het ons daar sou wees die naweek opsy gesit om in die tuin te werk en ek het heerlik saam gehelp. Ewoud het aan sy relaas oor die treiler se probleme na Jurgens gewerk. Dit was goed om die paar dae se breek van die toer te hê voor ons verder is huis toe.

Dag 110. 28 September 2010.

Ewoud het heeltyd gesê hy wil teen die eiende van September by die huis wees en so is dit toe ook. Dit was ‘n lang dag se ry maar alles het voorspoedig gegaan en ons het voor donker

41

Page 42: Web viewBy die kamp aangekom het die wind behorlik sy ding gedoen en moet die tentpale en toue weer ingeslaan en gespan word. ... Daar ons so gou reggekom het met die treiler in Kampala

hier aangekom en het selfs tyd gehad om alles af te laai. Hier by die huis was alles asof ons nooit weg was nie, ‘n geseende eiende na ‘n besonderse 110 dae en bykans 20 000 kilometer.

42