20
Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 19 Februarie 2020 Kortpad na advertensies Algemene nuusbrokkies Gemeenskapsadvertensies Kleinadvertensies (Persoonlik) Kleinadvertensies (Besigheid) Geestelike Pitkos Werksgeleenthede Afrikaanse kerkdienste Landswye dagboek Riglyne vir adverteerders Kanselleer intekening / Unsubscribe 19 Februarie 2020 Redakteursbrief Soos wat ek voorspel het, was dinge lekker gejaagd en deurmekaar aan die einde van die jaar. Gevolglik spring hierdie eerste uitgawe van die jaar laat weg maar eerder laat as nooit, of hoe? Dit verhinder my egter nie om aan elke leser ‘n baie voorspoedige 2020 toe te wens nie. Soos ‘n slim ou eendag gesê het: Mag jou beste dag van verlede jaar jou slegste dag vanjaar wees. Ek het besef dat ek daardie een liefs nie moet gebruik wanneer ek met mense gesels nie, want dit kom te maklik verkeerd uit as ‘n mens nie eers mooi dink voordat jy dit sê nie! In hierdie uitgawe plaas ek die kollig op die allerverskriklike wegholbrande wat Australië die afgelope maande beleef het. Ek was geskok oor die omvang, lewensverlies en skade. Lees gerus ‘n Suid-Afrikaanse egpaar se storie. Ek filosofeer ook in my geselsrubriek OP MY VOORSTOEP ‘n bietjie oor die jaar wat voorlê vanuit ‘n meer persoonlike perspektief, en iemand anders doen iets soortgelyks hier onder wanneer hy oor die ‘witbrood’ skryf: ‘n Leser, wat aan my bekend is maar anoniem wil bly, skryf die volgende: “Die witbrood onder my arm” Aan die einde van die jaar het ek my opname gedoen van al die suksesse en haakplekke van die jaar. Dis toe dat ek besef dat die lewe in my nuwe land my ongelooflike geleenthede bied, en dat ek nie so moet kla nie. Ek het my kop in skaamte laat sak omdat ek gewoonlik saam kla oor hoë belasting en brandstofpryse, en die foute van die regering. Op 'n onlangse toer deur Europa het ek tot die besef gekom van al ons seëninge en weer besef dat ek in 'n land van ‘melk en heuning’ woon. Ek het bewus geword van skoon strate en ongeskonde geboue wat nie deur enige oorlog ten gronde geskiet is nie. Ek het bewus geword van die baie ruimte wat die land aan my bied om die buitelug te geniet, en dat ek enige tyd van die dag met vrymoedigheid kan gaan stap sonder enige gevaar. Die heel belangrikste: waar ek woon, kan ek elke dag lug inasem wat seker van die suiwerste ter wereld is. Ek het niks om oor te kla nie. Ek besef dat daar duisende mense regoor die wêreld is wat in lang rye sou staan om my plek hier te kon inneem. Ek tel my seëninge nou een vir een. Ek het tot die besef gekom - ek moet ophou kla met die witbrood onder my arm! Philip Langenhoven Redakteur (Skryf gerus aan my by www.brokkies.net/kontak )

Redakteursbrief - Brokkies 19 Februarie 2020.pdftoe ek met kanker gediagnoseer is en vir lank deur chemo-behandeling moes worstel. Geloof, deursettingsvermoë en liefde uit alle oorde

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Redakteursbrief - Brokkies 19 Februarie 2020.pdftoe ek met kanker gediagnoseer is en vir lank deur chemo-behandeling moes worstel. Geloof, deursettingsvermoë en liefde uit alle oorde

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 19 Februarie 2020

Kortpad na advertensies Algemene nuusbrokkies

Gemeenskapsadvertensies

Kleinadvertensies (Persoonlik)

Kleinadvertensies (Besigheid)

Geestelike Pitkos

Werksgeleenthede

Afrikaanse kerkdienste

Landswye dagboek

Riglyne vir adverteerders

Kanselleer intekening / Unsubscribe

19 Februarie 2020

Redakteursbrief

Soos wat ek voorspel het, was dinge lekker gejaagd en deurmekaar aan die einde van die jaar. Gevolglik spring hierdie

eerste uitgawe van die jaar laat weg – maar eerder laat as nooit, of hoe? Dit verhinder my egter nie om aan elke leser ‘n

baie voorspoedige 2020 toe te wens nie. Soos ‘n slim ou eendag gesê het: Mag jou beste dag van verlede jaar jou

slegste dag vanjaar wees. Ek het besef dat ek daardie een liefs nie moet gebruik wanneer ek met mense gesels nie, want

dit kom te maklik verkeerd uit as ‘n mens nie eers mooi dink voordat jy dit sê nie!

In hierdie uitgawe plaas ek die kollig op die allerverskriklike wegholbrande wat Australië die afgelope maande beleef het.

Ek was geskok oor die omvang, lewensverlies en skade. Lees gerus ‘n Suid-Afrikaanse egpaar se storie.

Ek filosofeer ook in my geselsrubriek OP MY VOORSTOEP ‘n bietjie oor die jaar wat voorlê vanuit ‘n meer persoonlike

perspektief, en iemand anders doen iets soortgelyks hier onder wanneer hy oor die ‘witbrood’ skryf:

‘n Leser, wat aan my bekend is maar anoniem wil bly, skryf die volgende:

“Die witbrood onder my arm”

Aan die einde van die jaar het ek my opname gedoen van al die suksesse en haakplekke van die jaar. Dis toe dat ek

besef dat die lewe in my nuwe land my ongelooflike geleenthede bied, en dat ek nie so moet kla nie. Ek het my kop

in skaamte laat sak omdat ek gewoonlik saam kla oor hoë belasting en brandstofpryse, en die foute van die regering.

Op 'n onlangse toer deur Europa het ek tot die besef gekom van al ons seëninge en weer besef dat ek in 'n land van

‘melk en heuning’ woon. Ek het bewus geword van skoon strate en ongeskonde geboue wat nie deur enige oorlog

ten gronde geskiet is nie. Ek het bewus geword van die baie ruimte wat die land aan my bied om die buitelug te

geniet, en dat ek enige tyd van die dag met vrymoedigheid kan gaan stap sonder enige gevaar.

Die heel belangrikste: waar ek woon, kan ek elke dag lug inasem wat seker van die suiwerste ter wereld is. Ek het

niks om oor te kla nie. Ek besef dat daar duisende mense regoor die wêreld is wat in lang rye sou staan om my plek

hier te kon inneem. Ek tel my seëninge nou een vir een.

Ek het tot die besef gekom - ek moet ophou kla met die witbrood onder my arm!

Philip Langenhoven

Redakteur (Skryf gerus aan my by www.brokkies.net/kontak )

Page 2: Redakteursbrief - Brokkies 19 Februarie 2020.pdftoe ek met kanker gediagnoseer is en vir lank deur chemo-behandeling moes worstel. Geloof, deursettingsvermoë en liefde uit alle oorde

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 19 Februarie 2020

Algemene nuusbrokkies

“Ons was seker naief!” – slagoffer van Australië se wegholbrande vertel

“Bosbrande gebeur tog in digte bosse, in droë plantasies en verwaarloosde dorpserwe; sekerlik nie hier waar ons, omring

deur groen wingerde, woon nie”. Dít was die gedagtes wat deur Sunette en Jacob du Plessis se koppe geflits het toe die

verwoestende brande hul klein plaas in die Adelaide-omgewing bereik.

Die wegholbrande, moontlik die ergste in menseheugenis,

het nie net Australiërs stom en verslae gelaat nie maar ook

toekykers wêreldwyd wat nie kon glo wat hulle op

televisieskerms sien nie. Hoe kon so ‘n natuurramp vir so

lank aanhou en so ver buit beheer versprei?

Sunette vertel verder: “Die harde werklikheid het ons op ‘n

snikhete Vrydag in Desember getref. Dit was ‘n gewone

dag, indien ‘n mens die hittegolf wat die vorige drie dae

reeds oor ons gehang het, kon ignoreer. ‘n Totale verbod

op vuurmaak is verklaar en inwoners van Adelaide Hills is

aangesê om hul bosbrandplanne in werking te stel. Ten

spyte van die waarskuwings en enige voorbereidings wat

ons kon doen, het ‘n verwoestende brand by ons ontstaan.

“Min het ons geweet dat die vuur ongeveer vyftien kilometer

van ons af begin het. ‘n Yslike kolom rook het onheilspellend

nader en nader gekom namate ‘n verwoede wind dit in ons

rigting gedryf het. Glo my, ‘n angsgevoel het algaande by

ons posgevat, veral toe ons besef dat ons reg in die

stormvuur se pad was.

“Die brand by ons is veroorsaak deur ‘n boomtak wat

elektriese bedrading platgeval het, en ons kon niks daaraan

doen nie. Dit is moeilik om te beskryf hoe hulpeloos ‘n mens

voel wanneer jy deur so ‘n massiewe, verwoestende

natuurkrag gekonfronteer word.”

Sunette sê hul plasie is net buite Woodside, ‘n dorp nie ver

van Adelaide af nie, geleë. Hulle was nog altyd baie

gelukkig in hul nuwe tuiste, en het lief geword vir Australië.

Reg vir die skoonmaakproses. Sunette en Jacob

du Plessis nadat die vlammestryd gewen is.

Page 3: Redakteursbrief - Brokkies 19 Februarie 2020.pdftoe ek met kanker gediagnoseer is en vir lank deur chemo-behandeling moes worstel. Geloof, deursettingsvermoë en liefde uit alle oorde

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 19 Februarie 2020

‘n Terugblik na uitdagings op hul nuwe pad in Australië

“Ek kan nie help nie om eers ‘n bietjie te verpoos by die gedagte

dat ons negentien jaar gelede ons tuiste in Boksburg, Gauteng,

vir Australië verruil het. Wie sou toe kon dink dat ‘n verwoesten-

de vuur jare later ons so sou raak? Ons het toe sak en pak

hierheen verhuis - met al ons besittings, kinders en geloof.

“Dit was nie altyd ‘n gelyk pad nie, o nee; ons moes ‘n paar

opdraendes uit. My man is beproef met ‘n rugprobleem

waarvoor daar geen oplossing is nie, maar hy het hom nie

daardeur laat onderkry nie. ‘n Groot hartseer het ons egter

getref toe ons oudste en enigste seun in ‘n vliegongeluk gesterf

het. Onbeskryflike smart en pyn het deel van ons nuwe lewe

geword. Sy weduwee is terug na haar ouers in Suid-Afrika en

so is ons as’t ware van ons twee kleinkinders vervreem.

“Die aankoop van ons plasie was ‘n ligpunt, en so ook ons

tweede dogter se huwelik. Hierdie lig is egter gou weer verdof

toe ek met kanker gediagnoseer is en vir lank deur chemo-

behandeling moes worstel. Geloof, deursettingsvermoë en

liefde uit alle oorde het ons ook deur hierdie drif gedra.

“Intussen het my suster en haar gesin ook ‘n aantal jare gelede

in Adelaide aangekom.

“Tien jaar gelede het ons vanuit Tea Tree Gully saam met ons

oudste dogter en haar man hier na ons plasie verhuis: ek en my

man om af te tree, en die kinders om met ‘n gesin en ‘n ‘hobby

farm’ te begin.

“Drie kleinkinders, sewentig stuks beeste, twintig skape, ‘n paar

hoenders, twee katte en ‘n paar byekorwe later, kan ek met

dankbaarheid verklaar dat ons hier wortel geskiet het,” sê

Sunette.

Terug by die brand

Sunette vertel verder: “Ons swaer het op die betrokke warm Vrydag by ons opgedaag om saam met twee buurmanne die

vuur te help bestry. Die rook, die reuk en die stof het ondraaglik geraak en toe ons die vlamme sien aankom, het ons

geweet dit is ernstig.

“Die CFS (Country Fire Service) kon ons nie bereik nie aangesien die paaie hierheen reeds te gevaarlik was en gevolglik

gesluit was. Ons was op ons eie aangewese!

“Dit was ‘n vreesaanjaende gesig: die vlamme wat alles voor die voet wegvreet, nie versadig raak nie, en soekend is na

die volgende boom of bos of grasveld om te verteer. Die groen wingerde kon die vlamme nie tem nie. Die uiters droë

veld en alles daarin, het gebrand. Honderd jaar oue bloekombome se dik stamme het begin brand net om later neer te

plof grond toe.

“Ek was so dankbaar dat ons spannetjie daarin geslaag het om die brand van ons huis af weg te hou! Dit was betreklik

maklik om vlamme in die kortgevrete gras van die weiveld naby die huis dood te slaan en dood te spuit – nogal met

gewone tuinslange. Aan die ander twee kante van die huis het ‘n besproeide groen weiveld en ‘n groot groen grasperk

die huis teen die vuur beveilig.

“Uitgeputte, swartbesmeerde mense wat na gebrande gras ruik, het die aand dankbaar in die stort gestaan om die dag se

angs en sweet af te was.

“Die skade was groot maar herstelbaar. Al die draadheinings was plat. Die hooiskuur met hooi, implemente en

gereedskap is vernietig. Kilometers se besproeiingspype het gesmelt. Ons kon slegs een byekorf red (wat is soeter as

Sunette en Jacob du Plessis glimlag darem nog.

Page 4: Redakteursbrief - Brokkies 19 Februarie 2020.pdftoe ek met kanker gediagnoseer is en vir lank deur chemo-behandeling moes worstel. Geloof, deursettingsvermoë en liefde uit alle oorde

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 19 Februarie 2020

heuning?) Dit was hartseer om te sien hoeveel van die groot

bome gebrand het; vier-en-twintig dae na die brand was hier

bome wat steeds gesmeul het.

“Toe alles verby is en die vlamme hulself uiteindelik

uitgewoed het, het dit maar bra lelik om ons gelyk. Die eens

pragtige heuwels, lappe groen wingerde en kronkelende

paaie is swart verbrand. Ons was groter skade gespaar, as

in ag geneem word dat tagtig plaashuise in ons omgewing

tot op die grond afgebrand het. Die reuk van as en roet het

nog vir lank in die lug gehang. Maar uiteindelik het die mooi

begin om te voorskyn te kom.

“Wat ons altyd sal bybly, is hoe oorweldigend die hulp en

bystand van die breër gemeenskap was. Skenkings het

vanuit alle oorde gekom en die opruimingswerk het

onmiddelik begin. Die goedheid en omgee van onbekende

mense stel nooit teleur nie en gee ‘n mens moed om die dag

van more met geloof en blydskap aan te pak.” ◼

Page 5: Redakteursbrief - Brokkies 19 Februarie 2020.pdftoe ek met kanker gediagnoseer is en vir lank deur chemo-behandeling moes worstel. Geloof, deursettingsvermoë en liefde uit alle oorde

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 19 Februarie 2020

Geselsrubriek: Op my voorstoep – Deur Philip Langenhoven

Ek wil dankbaar oukant toe staan

Nadat die son op die oujaar se gejaag gesak het, het ek tydens die Desember-wegbreek oor ’n paar dieper dinge besin.

Dit het my opeens getref dat ons gesin nou reeds twintig jaar lank buite Suid-Afrika woon. Een van die dae sal ek kan sê

dat ek nog nooit langer in een stad of plek gewoon het as waar ons tans woon nie – ek verwys nou na myself en vroulief,

want die kinders is lankal nie meer kinders nie en hulle woon oral oor die land.

Ek het myself oorreed om liefs nie my besinning vanuit ’n glas-is-half-leeg perspektief te doen en te fokus op die lewe wat

so vinnig einde se kant toe snel nie. Vanuit ’n glas-is-half-vol perspektief het ek aan al ons goeie lewenservarings gedink,

asook aan wat nog voorlê. Ek het toe besluit om my dankbaarheid te hernu.

Ek is dankbaar vir die lewe wat ons Hemelse Vader vir ons gegee het – en ek erken ruiterlik dat ek my dankbaarheid nie

genoeg toon nie. Te midde van siektes, kwale en beproewings wat deur soveel ander mense baie meer intens ervaar

word, het ons jaar na jaar die wonderlike geskenk van lewe ontvang. Ek voel jammer vir al die kere dat ek hierdie gawe

as vanselfsprekend aanvaar het.

Ek is dankbaar vir die geleentheid wat ons gehad het om ’n nuwe toekoms elders op God’s aarde uit te beitel. Ek het nog

altyd ’n waardering vir my herkoms en vir die eerste veertig jaar se vorming – ja, letterlik en figuurlik! - van my lewe in my

geboorteland, Suid-Afrika. Ek en vroulief het baie familie daar, en ons begin so stadig maar seker aanvaar dat hulle nie

by ons gaan aansluit nie...

Ek is dankbaar dat ons kinders hier in ’n veilige, vrye omgewing kon grootword - al moes ons, net soos ander om ons,

deur die aanslae worstel wat in die hedendaagse vrye westerse wêreld die mensdom se idee van vryheid en waardes

inkleur. En die verweer sal seker voortduur, want die enigste perfekte gemeenskap wag ons eers na hierdie lewe in.

Ek is dankbaar dat ons ons gesondheid behou het om ons eerste dogter te kon sien trou. Skoonseun is seker al moeg vir

my ’pa-grap’ dat ek dankbaar is dat ons dogter “die goeie buitelander” raakgetrou het! Of hy my wrange Suid-Afrikaanse

sin vir humor al verstaan, weet ek nie, maar hy lag beleefd saam.

Ek is dankbaar dat ons die aankoms van ons eerste kleinkind hier op ‘nuwe’ bodem kon beleef; asook die tweede een

wat baie onlangs nuus gemaak het toe sy in die vroeë oggendure van Nuwejaarsdag die eerste baba van die dekade was

om in daardie provinsie gebore te word.

En was dit nou nie vir jou spannend nie! Sy het besluit om ’n maand te vroeg haar opwagting te maak en op Oujaarsaand

besluit dis nou tyd. Ons het middernagtelik gewonder of die mediese fasiliteite in hul tuisdorp geskik was vir so ’n

premature geboorte, maar die hoop het nie beskaam nie. Ons wonderlike ‘nuwe land’ se gesondheidstelsel het

reggestaan. ’n Helikopter het hulle met ’n middernagtelike vlug na die naaste stad geneem en ons eerste kleindogter is

enkele ure later gebore. Ons is dankbaar dat alles so goed afgeloop het, en vir die land se veilige net wat gehelp het.

Ons is dankbaar vir al ons kinders en dat hulle hul lewens in die nuweland onder veilige, geleentheidskeppende, menslike

omstandighede kan leef. Dit is tog waarop ons gehoop het tydens ons immigrasie: om vir almal van ons ’n billike kans te

bied om die lewe voluit te kan lewe.

Page 6: Redakteursbrief - Brokkies 19 Februarie 2020.pdftoe ek met kanker gediagnoseer is en vir lank deur chemo-behandeling moes worstel. Geloof, deursettingsvermoë en liefde uit alle oorde

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 19 Februarie 2020

Dit laat my gedagtes aanbeweeg na die miljoene in Suider-Afrika en oral oor die wêreld wat nie dieselfde positiewe

ervarings en voorregte ervaar nie. Soveel mense voer ’n hand-tot-mond bestaan en soveel beleef lyding van die een of

ander aard. My hart wil soms vir hulle breek.

Daarom is ek baie dankbaar vir alles. My hoop en bede is dat ons as gesin – met al ons toevoegings – sal besef hoeveel

voorregte ons gehad het en steeds het. Ek hoop dat ek en almal van hulle dankbaar en beskeie sal bly. Niks hiervan is

deur eie krag of pogings verdien nie.

Ek hoop dat ons die Gewer van lewe en goeie seëninge altyd sal erken en eer, en Hom dankbaar sal bly. Ek hoop ons

sal daarvan in woord en daad uitdeel deur diensbaar te wees.

Ek hoop om meer dankbaar oukant toe te staan. ◼

‘n Kort-kykie na verlede jaar se Aus-Brokkies nuus

Brokkies bestaan al vir 20 jaar, en vir die grootste deel daarvan was dit die mondstuk van Die Afrikaanse Klub van Nieu-

Seeland. Toe die klub 'n klompie jare gelede besluit om halt te roep, wou hulle die suksesresep van Brokkies laat

voortgaan en het hulle die eienaarskap daarvan geprivatiseer. Lees meer oor hierdie geskiedenis by www.brokkies.net. ‘n

Goeie vier jaar gelede het die konsep na Australië uitgebrei, en het hierdie Aus-Brokkies ontstaan.

Die Brokkies-publikasies (Aus-Brokkies en Kiwi-Brokkies) bied aan lesers leesstof in ons moedertaal, Afrikaans. Dit vertel

nuwe of hardebaard immigrante se stories en bied die geleentheid dat mense mekaar van hul sake-ondernemings,

gemeenskapsgroepe en inisiatiewe kan inlig. Aus-Brokkies groei nog en lesers word uitgenooi om betrokke te raak.

Hier is ‘n oorsig van wat verlede jaar in Aus-Brokkies was (ou uitgawes by www.brokkies.net/uitgawes) en skryf in:

Januarie 2019 • JC Ryan – ofte wel Leon Mostert – het ‘n bobaas-skrywer op Amazon geword, met tienduisende boekverkope.

• Ons lees verrassende inligting oor hoe dokters teen genadedood of geassisteerde selfmoord gekant is.

Februarie 2019 • Nuwe wetenskaplike inligting word bespreek rondom die vraag of Alzheimers al die tyd ‘n tipe 3 diabetes is.

• Ontnugterende inligting oor hoe genadedood of geassisteerde selfmoord alreeds skeefloop waar dit wettig is.

• In die rubriek ‘En daar was Lig’, word gevra of robotte ‘regte’ behoort te verkry.

Maart 2019 • Rita van der Walt skryf haar negende boek. Sy het voorheen onder die naam Rita Landman gepubliseer.

• Ons is saam met Suid-Afrika bly oor die middeloor-oorplanting in Pretoria wat die wêreld se eerste was.

April 2019 • Twee mense vertel van hul skrikwekkende ervaring in Suid-Afrika en hoe dit tot gebalanseerde insig gelei het.

• Hoe ‘seksie’ is die Aussie-aksent? Jy mag verbaas wees…

• Die val van huispryse word voorspel om vir die hele jaar te volhard.

Page 7: Redakteursbrief - Brokkies 19 Februarie 2020.pdftoe ek met kanker gediagnoseer is en vir lank deur chemo-behandeling moes worstel. Geloof, deursettingsvermoë en liefde uit alle oorde

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 19 Februarie 2020

Mei 2019 • “Ons gaan Australië toe, Oom!” Hoe traumaties mense in Suid-Afrika die duisende emigrante se verlies ervaar.

• Ons onthou Justus Tshungu, die eerste swart omroeper wat in Afrikaans uitgesaai het, wat oorlede is.

• Chris Barnard se 50-jaar oue hartklep van 1969 werk steeds!

• Oom Herrie sê in die rubriek ‘Oom Herrie se Kerrie’ dat tiksters medaljes verdien.

• In ‘Pitkos’ skryf ds Gawie Cloete dat godsdiens gevaarlik kan wees!

Junie 2019 • Met hul ‘Potential Profiling’ help Martin Hefer en Natasja de Wet jongmense hul ideale loopbaan ontdek.

• Bekende Afrikaanse akteur Paul Eilers sterf

• Suid-Afrika se Spekboom is ‘n ‘wonderplant’ wat meer koolstofdioksied uit die lug verwyder as die Amasone.

• Waarskuwing: Lief vir jou lemoenpampoentjies? Oppas vir die ontploffing as jy dit in die mikrogolf kook!

Julie 2019 • SILWER is nie die Diamonds se gunsteling kleur nie – Australië se netbaltrots wat die gunsteling vir goud was.

• Ontmoet vir Karla Pretorius – ‘Speler van die Wêreldbekertoernooi’ – asook vir Phumza Maweni.

• WêRELDKAMPIOEN! Die Springbokke breek uiteindelik die droogte.

• In sy geselsrubriek vertel Loeloeraai tong in die kies hoe hy vir sy treinpendel-ervarings gebrei is.

• Daar is groot hartseer omdat daar slegs een olifant in die Knysna-bos oor is.

• VERSTIKKING – wat om te doen, ook as jy alleen is

Augustus 2019 • “Wag laat ek eers weer ‘n kiekie neem…” - Christina Vermeulen (Tina) van Perth vertel haar storie en deel foto’s.

• Laat feesviering: Die Bokke het uiteindelik die droogte gebreek!

• Netwerk24 word 5 jaar oud…en hoe om die voorreg te behou.

• Dít is wat met jou liggaam gebeur as jy te lank sit.

• In die rubriek ‘En daar was Lig’ word gekyk hoeveel Genesis se ‘soorte’ verander kan word.

September 2019 • Vroue van invloed…weerskante van die Tasman. ‘n Ma van Nieu-Seeland en dogter van Australië se prestasie.

• In ‘Op my voorstoep’ mymer die redakteur oor hoe moeilik dit is om iets weg te gooi: ‘Africana tot die bitter einde!’

• Die rubriek ‘En daar was lig’ kyk hoe argeologie die Bybel se historiese aansprake bevestig.

• Oktobermaand in Wes-Australië – ‘n leser deel haar foto’s en ‘n pragtige klassieke gedig.

• ‘n Vierdag- of vyfdag werkweek: watter een verkies jy?

• Die Blikore se onlangse prestasie word (‘n bietjie laat) gevier.

Desember 2019 • OP MY VOORSTOEP: Viva Bokke! ‘n Agterna-kykie na hul wêreldkroon se impak.

• Hoe om 20 dae van verlof in 2020 in tot 55 dae se vakansie om te tower

• Gevaarlike swam in Aus ontdek wat jou brein kan krimp!

• Ai tog, die kantoortaal darem…dis te veel vir vlees en bloed.

• OOM HERRIE SE KERRIE: Destyds se rygoed.

Page 8: Redakteursbrief - Brokkies 19 Februarie 2020.pdftoe ek met kanker gediagnoseer is en vir lank deur chemo-behandeling moes worstel. Geloof, deursettingsvermoë en liefde uit alle oorde

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 19 Februarie 2020

‘n Kontantlose samelewing: Hoe voel jy? (Deel 1)

Dit lyk of kopers van dienste en produkte al meer kontant systap en met digitale metodes betaal. Natuurlik is dit wat jy

doen wanneer jy iets aanlyn koop – en sulke transaksies neem volgens statistiek met rasse skrede toe. Maar wat van die

gebruik van kontant in ‘n persoon-tot-persoon situasie? Dit neem skynbaar ook af, maar sal kontant ooit werklik verdwyn?

Hoewel harde kontant nog deeglik deel van die lewe uitmaak, begin mense al meer van ‘n kontantlose samelewing praat.

Kom ons kyk ‘n bietjie wat Australiese waarnemers daaroor te sê het. Hierdie is Deel I in ons kykie hierna.

Investor Daily vra die vraag: “Is ‘n kontantlose samelewing die moeite werd?” Hul antwoord begin dan met: “Namate

Australië sy onvermydelike momentum na ‘n kontantlose samelewing voortsit, moet ons die nadele in gedagte hou.”

Hulle skryf voorts dat die land reeds vir ‘n paar dekades ‘slegs ‘n paar jaar van ‘n kontantlose samelewing af’ is – maar

dat dit kom. Wetgewing tans voor die Senaat het ten doel om kontanttransaksies van hoër as $10,000 te verban in ‘n

poging om ‘n ‘swart ekonomie’ te verhinder. Dit is dus nie moeilik nie om te aanvaar dat kontant uiteindelik sal verdwyn.

‘n Gewaande voordeel van ‘n kontantlose samelewing is dat dit misdaad sal verminder, met die logika dat indien daar

minder kontant is om te steel, word minder gesteel. Geldwassery sal ook moeiliker wees, omdat elke transaksie op die

een of ander manier geregistreer (ge-‘log’) word.

‘n Kontantlose samelewing kom egter met ‘n paar negatiewe implikasies wat moontlik die positiewes oorskadu.

Namate betalings aanlyn beweeg, groei die voorkoms van identiteitsdiefstal, rekening-oorname, bedrieglike transaksies

en databreuke – alles as gevolg van die hoër volumes kontantlose transaksies en meer punte van blootstelling vir die

algemene gebruiker. Kuberkrakers en ander kriminele het nou nuwe maniere om toegang tot mense se rekenings te kry,

en om potensieel sintetiese rekeninge op te stel om meer gesofistikeerde geldwassery-aktiwiteite te fasiliteer.

En dit is slegs die risiko wat deur kuberkrakers verteenwoordig word. Volgens die Britse ‘toegang tot kontant verslag’, kan

‘n kontantlose samelewing die risiko van finansiële misbruik verhoog. Veral senior-burgers wat digitale tegnologie nie so

goed verstaan nie, sal kwesbaar wees. Paartjies met gekombineerde bankrekeninge is ook onder risiko – geld kan

gemonitor en beheer word deur een persoon. Hierdie bekommernisse sal in ‘n kontantlose samelewing baie erger wees.

Dan praat ‘n mens nie eens nie van die feit dat digitale stelsels op net die beste digitale infrastruktuur staatmaak; iets wat

Australië nie tans baie van het nie, aldus die artikel. ‘n Soliede infrastruktuur moet die land beveilig teen kuber-aanvalle,

wat deur ander lande uitgevoer kan word met die doel om ‘n land se hele finansiële stelsel te vernietig. Wanneer ‘n mens

daardie moontlikheid in oënskou neem, lyk ‘n bietjie geldwassery nie so sleg nie.

‘n Kontantlose samelewing kan dinge ook vir werkers en die mees kwesbares in die samelewing erger maak.

‘Kontantloosheid’ is slegs ‘n kort stappie weg van ‘kassierloosheid’. Ons kan met ‘n ontploffing van werkloosheid sit.

Ook mense wat nie geredelik toegang tot banke het nie, of verkies om nie banke te gebruik nie, is kwesbaar. Sulke

mense sal nie in ‘n kontantlose samelewing so goed kan funksioneer as wat hulle in ‘n kontantgebaseerde samelewing

doen nie. Dit is ‘n kernprobleem vanuit ‘n gemeenskapsperspektief beskou.

‘n Kontantlose samelewing lyk aantreklik, maar die meer onsigbare risiko’s mag nie deur Australië geïgnoreer word nie.

[DEEL 2 volg in die volgende uitgawe. Indien jy ‘n opinie hieroor het, skryf aan [email protected] (Tik ‘Geld’ by die ‘Subject’)

Page 9: Redakteursbrief - Brokkies 19 Februarie 2020.pdftoe ek met kanker gediagnoseer is en vir lank deur chemo-behandeling moes worstel. Geloof, deursettingsvermoë en liefde uit alle oorde

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 19 Februarie 2020

Rubriek: ‘En daar was lig’ – Deur Philip Langenhoven

Waarom het God sonde in die wêreld toegelaat? Hierdie rubriek bied inligting wat nie algemeen bekend is nie: argumente en getuienis dat die Bybel op sigwaarde geneem en vertrou kan word as werklike geskiedenis wat deur sowat 40 skrywers oor 1,600 jaar in ‘n ongelooflike eenheid saamgevat is, en gevolglik ook geheel en al relevant is vir die vraagstukke van die huidige tydvak en die grondslag van alle antwoorde bied.

Shaun Doyle beantwoord ‘n gewilde vraag: Waarom het God sonde in die wêreld toegelaat?

Mense lei dikwels die vraag in met ‘n ander een: “As vrye wil in die Hemel bestaan, maar sonder

sonde, waarom het God nie so ‘n wêreld geskep nie, eerder as ‘n wêreld met vrye wil en sonde

wat naas mekaar bestaan? Kon God aan ons ‘n vrye wil gegee het sonder om aan ons die

neiging tot sondigheid te gee?

Ons kan van drie dinge seker wees, ongeag die antwoord wat volg: (a) Die kwaad bestaan; (2)

God is moreel perfek; en (3) God het die wêreld geskep en onderhou dit. Die eerste een is

ooglopend want ons sien die kwaad oral. Maar, die eerste stelling bied ook getuienis vir die

tweede een. Indien die kwaad bestaan, dan bestaan objektiewe moraliteit. Slegs ‘n moreel

perfekte God kan egter objektiewe moraliteit daarstel. Daarom bestaan ‘n moreel perfekte God.

En ons kan goeie argumente aanbied vir die derde stelling. Die Bybel sê dat God die wêreld gemaak het (kyk Gen 1:1, Ps

102:25, Joh 1:1-3). Die Bybel verskaf ook sterk getuienis dat God ook die wêreld onderhou (Ps 104, Matt 10:29–30, Kol

1:17, Heb 1:3). Die kwaad is ook nie getuienis teen God nie; dit is getuienis in ‘n uitgangspunt VIR God.

Die enigste vraag is dan of die Bybel en Jesus ‘n sterk genoeg saak uitmaak dat God die wêreld onderhou. Jesus verskaf

nie net getuienis vir God se omgee en onderhoud van die wêreld nie, maar ook vir die waarheid van die Bybel (sien Jesus

oor die onfeilbaarheid van die Skrif), wat bepaal dat God die wêreld onderhou: Matt 10:29–30). As God soewerein en

goed is, terwyl die kwaad bestaan, is die vraag dus nie ‘n goeie rede om in God te twyfel nie.

Kon God ‘n sondevrye wêreld met vrye skepsels geskep het?

God kon dit nie gedoen het nie. En suggereer daardie wete dat God minder as perfek magtig is? Nêrens sê die Bybel dat

dit vir God onmoontlik sal wees om so ‘n wêreld te skep nie, maar as vrye skepsels in enige scenario sonde sal pleeg,

dan is ‘n wêreld van vrye skepsels waar niemand ooit sondig nie, eenvoudig nie moontlik nie.

Ons moet onthou dat ons nie God se redes verstaan nie – ‘n volledige uiteensetting oor ‘waarom bestaan kwaad’ behoort

aan die ‘geheime’ dinge wat aan God behoort (Deut. 29:29, en soos Job uiteindelik geleer het in Job 42). Die tweede

opsie is dat God dalk ‘n wêreld kon geskep het wat sonder sondige skepsels is. Indien dit waar is, waarom het Hy nie?

Ons kan ook gedagtes aanbied oor waarom God ‘n wêreld sonder sonde verkies het. Eerstens, het Jesus nodig gehad

om te sterf in ‘n wêreld sonder sonde? Logiesgewys nie, maar dink hieroor: in ‘n sondelose wêreld, sou God die diepte

van Sy liefde en genade teenoor ons kon betoon, soos Hy deur Jesus se dood vir ons gedoen het? (Romeine 5:8,10). Ek

kan nie aan ‘n beter toonbeeld van liefde en genade dink as God wat Sy Seun stuur om vir sy vyande te sterf nie. En

sonder vyande (dus ‘sondaars’) is daar niemand aan wie hierdie liefde betoon kan word nie. Aan die ander kant, elke

vertoning van liefde wat God in ‘n sondelose wêreld kan doen, kan Hy ook in die Nuwe Wêreld in die toekoms doen.

In ‘n sondelose wêreld kan mense die destruktiwiteit van sonde slegs teoreties ken. Om die kontras te ervaar, bring groter

begrip en waardering vir die kontras met God se goedheid, en ‘n beter ervaring van Hom in die ewigheid sonder sonde.

Mens kan nou wonder: “Wat van die veroordeelde sondaars? Hul ervaring van die ewigheid sal sekerlik nie aangenaam

wees nie!” Dit is waar. Maar, benadruk dit nie nog meer die waarde van God se goedheid nie? Die slaapkamerlig skyn

ewe helder bedags as snags, maar is makliker om snags te sien. Net so het God nie die teenwoordigheid van sonde

nodig om goed te wees nie. Die teenwoordigheid van sonde maak dit makliker om te sien hoe goed Hy is op maniere wat

die afwesigheid van sonde nie sal kan doen nie. Die hel sal staan soos die nag teenoor God se morele lig.

Laastens: deur sonde en lyding voor die ewigheid te ervaar, maak dat die regverdiges God se goedheid en ewigheid

beter reflekteer. Talle Bybelse redes vir lyding is aan hierdie idee onderworpe. Is daar ‘n beter manier om getrouheid te

leer as om versoeking in die gesig te staar en dan weg te loop? Is daar ‘n beter manier om empatie te leer as om die

lyding te beleef wat ‘n ander beleef? Sonde het lyding daargestel, en lyding kan ons beter voorberei om ander te dien.

Self die Seun van God het Homself nie bo die uitlewing van hierdie beginsel gestel nie (Mark 10:45, Hebr 5:8–9). Daarom

moet ons daardie voorbeeld reflekteer (Phil 2:3–8, Hebr 12:1–4). ◼

Page 10: Redakteursbrief - Brokkies 19 Februarie 2020.pdftoe ek met kanker gediagnoseer is en vir lank deur chemo-behandeling moes worstel. Geloof, deursettingsvermoë en liefde uit alle oorde

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 19 Februarie 2020

Oom Herrie se Kerrie – Deur Herman Toerien

Gemmerbier oor Kerstyd (‘n terugblik)

Oom Herrie was besonder bevoorreg om van kleintyd af Kersfees tydens ’n

Kersvakansie by die see te kan beleef. Daar was uitsonderings, soos die jaar toe

die gesin die Kers- en wintervakansiebestemmings omgeruil het, en ‘n fees van ’n

Kersfees op ouma Meyer se plaas Merino in die hartjie van die Vrystaat gehou is.

Daar is die sink-rondawel, wat as ramhok vir al die broers en nefies gedien het, se

kerse bedags in die opstal se diepvries gaan bêre. Het dit bedags in die rondawel

vergete gebly, was daar die aand net so ‘n lang stuk pap was wat gelyk met die

grond oor die tafelblad asof papgedruk lê. Sy blus, by wyse van spreke uit.

Maar gewoonlik het ons reguit afgesit na De Bakke, waar ouma en haar kinders

saam ‘n kothuisie besit het. Soos die kinders se gesinne uitgebrei het, het dit meet

en pas begin kos om ons almal fatsoenlik te onderdak.

Improvisasie was aan die orde van die dag. Daar was nie muurproppe nie, so om ‘n kraginstrument soos ‘n boor te

gebruik, is die muurprop met ‘n affêretjie vervang wat in die plek van ‘n gloeilamp in die kabel ingeskroef het. Kleintyd, so

verneem ek, was ek amper bokveld toe oor daai kontrêpsie. Ek het naamlik ‘n spyker wat tog so netjies gepas het, in een

van die gaatjies gaan indruk. Gelukkig het Eskom destyds nie landswyd krag verskaf nie, want dan was die hele land se

krag seker uitgeskop. Soos dit was, net die Bakke s’n is afgeskop, met die moontlikheid dat Mosselbaai en omstreke s’n

ook uit was. Volgens die dokter was ek gelukkig dat ek in daai stadium op ‘n bokvelletjie gestaan het.

Nie alles het met krag gewerk nie, soos die paraffien-yskassie. Dit het my dronk geslaan hoe iets wat met ‘n vlammetjie

werk, iets kon koudmaak. Maar dankbaar dit kon, veral die gemmerbier. Want ouma en tannie SC het lank voor die

vakansie aanbreek, begin gemmerbier maak. Hulle het dit in sulke groot glaskanne gebêre, met opgeswelde rosyntjies

wat bleeklyf bo dryf om die skerpheid op te slurp. En daai gemmerbier was onoortreflik lekker. Kyk, as ‘n man darem so

pootuit met die branders gespook by die huis kom, dan het so ‘n lekker groot glas gemmerbier darem voortreflik

gesmaak. Die een groot kan na die ander het die onderspit begin delf.

Maar soos die vakansie vorder, so is daar naderhand kwotas ingestel. Ons het gedink dis om dit vir die hele vakansie te

laat hou, maar later het ons uitgevind daai bleek opgeswelde rosyne doen meer as net die skerpheid opsuig. Dit gis, en

hoe sou dit nou lyk as die kinders hoederkop buite rondslinger. Veral as dit tyd raak om die openbare longdrop te gaan

opsoek, so ‘n 100 meter van die huis af. En ‘n kind wat geolie is, kan juis so maklik ‘n ongeluk by ‘n longdrop oorkom.

Hier na die einde van die vakansie toe is die kwota skaars ‘n sopie, soos dit wat die oumense saans uit sulke piepklein

glasies drink en daarna stoom het om amper die hele nag deur vrolik te kuier. Dan verdwyn die opgekroptheid oor die

duidelike oorbewoning en daarom gereelde, by wyse van spreke, op mekaar se tone-trappery.

Oukersaand was daar egter altoos gesorg vir ‘n redelike kwota gemmerbier. Kyk, dan is al wat kind is vreeslik bly oor die

geskenke wat Kersvader bring, al is dit by wyse van spreke nou ook ‘n stewige bottel kasterolie. Want kyk, dis ook mos

net ‘n seunskind wat, net voor hy die eerste keer skool toe gaan, bly is oor skoolgoed wat hy vir Kersfees kry, skoolklere

ingesluit. Daarna het hy uitgevind die grootmense het altyd kluitjies gebak oor hoe lekker skoolgaan is. Dis eintlik mos

onoortreflik sleg, veral as ‘n mens ‘n kwaai juffrou het.

Maar met ‘n stywe dop gemmerbier onder die blad is mens vreeslik bly oor die nuwe kryte en ‘n uitveër. Of die

skoolskoene. Al sukkel mens dan ook al taamlik om gepraat te kry en vir Kersvader behoorlik dankie te sê.

So ‘n dag of wat voor die lang pad huis toe is die gemmerbier op. Ook maar goed, want dit proe al amper so skerp en

sleg soos winkelgemmerbier. Dis maar ‘n weemoedige tyd; selfs Neels die donkie wat die waentjie sleep om die vullis te

kom oplaai, voel dit aan. Kort-kort balk hy te vreeslik weemoedig daar vanuit sy kampie anderkant die spoorlyn. Dit breek

‘n mens se hart as die donkie so verskriklik hartseer klink, en dan begin die &*&^se skool ook nog oormôre. En die

gemmerbier is op. ◼

Page 11: Redakteursbrief - Brokkies 19 Februarie 2020.pdftoe ek met kanker gediagnoseer is en vir lank deur chemo-behandeling moes worstel. Geloof, deursettingsvermoë en liefde uit alle oorde

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 19 Februarie 2020

Geestelike Pitkos

Terug na bo...

Wat daarvan as ons nie vervolging ervaar nie?

Omdat ‘n Christen in Jesus glo, blyk vervolging onvermydelik te wees. Hoewel sommige tekse in die Bybel dit mag laat

klink dat dit net sekere mense is wat sal ly vir hulle geloof, is daar ook die gedeeltes wat vir ons sê dat dit iets is wat elke

Christen kan verwag. Een so gedeelte is Johannes 15:20-21 waar Jesus sê: “Onthou wat Ek vir julle gesê het: 'n Slaaf is

nie belangriker as sy eienaar nie. As hulle My vervolg het, sal hulle julle ook vervolg. As hulle my woorde ter harte

geneem het, sal hulle julle s'n ook ter harte neem. Maar hulle sal dit alles aan julle doen omdat julle my Naam bely en

hulle Hom nie ken wat My gestuur het nie.”

En dan is daar die bekende agtste ‘saligspreking’ wat lees: “Geseënd is dié wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is,

want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. (Matt 5:10)

Dietrich Bonhoeffer, wat in die Tweede Wêreldoorlog in die tronk terreggestel is omdat hy sy geloof in Jesus geleef het en

nie na die pype van Hitler wou dans nie, het gesê: “Suffering is the badge of true discipleship. The disciple is not above

his master…if we refuse to take up our cross and submit to suffering and rejection at the hands of men, we forfeit our

fellowship with Christ and have ceased to follow Him.”

Miskien sou jy vra: Wat daarvan as ons nie vervolging ervaar nie? Ons is dalk bereid om vervolging te ervaar, maar ons

bevind ons nie in ‘n situasie van vervolging nie. Is dit enigsins moontlik dat so iets kan gebeur? Is die geskiedenis nie dalk

net vir ons goed deurdat ons leef in ‘n tyd en plek waar die gesindheid teenoor die evangelie nie so negatief is nie? Of

bluf ons onsself as ons so oor die saak dink?

Dis ‘n moeilike vraag. Aan die een kant is dit so dat die Evangelie nie van ons vra om tot elke prys lyding en vervolging te

soek totdat ons dit kry nie. Die Bybel ken ook so iets soos “voorspoed-dae” (Prediker 7:14) Aan die ander kant is dit nie

so maklik om van een van die saligsprekinge te sê dat dit dalk kan, maar nie hoef, deel te wees van ‘n mens se geloof

nie. As van al die ander saligsprekinge geld dat hulle nie losgemaak en uitgehaal kan word uit die geheel nie, is dit dalk

nie reg om skielik van die agtste saligspreking ‘n uitsondering te maak nie. As ons afhanklik van God moet wees, ook

sagmoedig en barmhartig en rein van hart sowel as vredemakers, dan sal ons sekerlik ook vervolg kan word.

Dit is ‘n netelige kwessie. Ons sal goed doen om maar voortdurend ook rekening te hou met die moontlikheid dat ons nie

vervolg word nie, omdat ons dissipelskap nie van die aard en kwaliteit is wat regtig die ryk van die bose bedreig nie.

Kom ons maak seker dat ons Jesus werklik toegewyd volg. En as die vervolging kom, dan is ons ook daaroor bly

(1 Petrus 4:13), want hierdie lewe is nie al wat daar is nie.

Ds Gawie Cloete Gereformeerde Evangeliese Kerk van Australie – Bunbury Gemeente (E-pos: [email protected])

(Soos in sy ‘Gedagte’ uitgegee en goedgunstiglik tot Brokkies se beskikking gestel.)

Page 12: Redakteursbrief - Brokkies 19 Februarie 2020.pdftoe ek met kanker gediagnoseer is en vir lank deur chemo-behandeling moes worstel. Geloof, deursettingsvermoë en liefde uit alle oorde

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 19 Februarie 2020

Vir nuwe lesers: So lyk en werk Aus-Brokkies…

Ter wille van die talle nuwe intekenaars wat die afgelope maande by Aus-Brokkies se adreslys gevoeg is, die volgende

agtergrond: Brokkies was vir bykans 16 jaar ‘n huishoudelike naam onder Suid-Afrikaanse en Namibiese immigrante in

Nieu-Seeland, en nou bestaan hierdie eweknie in Australië vir die afgelope paar jaar. Brokkies het dus in twee nuusblaaie

vertak: Kiwi-Brokkies en hierdie Aus-Brokkies. Lees Brokkies se geskiedenis.

Die advertensie-afdeling het al ‘n klompie adverteerders bygekry, maar daar is nog baie oop spasies. Mense wat

kleinsake in Australië bedryf en wat graag hierdie blad met ‘n borg-advertensie (teen ‘n baie billike tarief) wil ondersteun,

kan op die Bokkies-webwerf gaan lees hoe advertering werk en voorbeelde van advertensies sien.

Bemark jou gemeenskapsgeleentheid Aus-Brokkies bied die geleentheid om jou kerk- of gemeenskapsaak se spesiale geleenthede in meer diepte bekend te

stel en dit versterk jou promosies op Facebook. Afrikaanse kerke kan hul gereelde dienste GRATIS adverteer. Kyk

‘Afrikaanse Kerkdienste’ elders. Afrikaanse radiostasies, taalklasse en sosiale geleenthede soos potjiekos, braaivleise

en musiekaande kan ook gratis geadverteer word. Ook ‘Aussie-gerigte’ geleenthede waarby SA immigrante betrokke is.

Aus-Brokkies benodig jou stories of storiewenke! Watter soort stories word benodig? Mense se prestasies, interessante stokperdjies, belangstelling, aktiwiteite, of hul eie

skryfwerk is goeie materiaal. Dit kan gaan oor mense se deelname op werk-, studie-, sport-, kultuur-, sake-, kerklike of

sosiale gebied. As jy voel jy skryf nie te lekker nie, gee net die inligting deur en ons doen die res! Lees net eers ons

riglyne vir plasing van artikels by www.brokkies.net/bydraes.

Outentiek Australië…

Page 13: Redakteursbrief - Brokkies 19 Februarie 2020.pdftoe ek met kanker gediagnoseer is en vir lank deur chemo-behandeling moes worstel. Geloof, deursettingsvermoë en liefde uit alle oorde

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 19 Februarie 2020

Vertel ons van mense se prestasies of belangstellings

Ken jy ‘n mede-immigrant vanuit SA of Namibië wat ‘n prestasie behaal het of ‘n interessante

werk, belangstelling of stokperdjie het? Of dalk het hulle iets baie interessant beleef. Onthou,

Aus-Brokkies soek altyd sulke stories om gereeld sy Afrikaanse lekker met almal te deel.

Jy kan help deur stories self te skryf; ons sal dit redigeer indien nodig. Of, jy kan net die

agtergrond deurgee met die persoon se kontakinligting sodat ek dit met hulle kan opneem. Kyk

by www.brokkies.net hoe dit werk by 'Bydraes'.

Gee jy jou Brokkies aan vir iemand?

Hier’s ‘n spesiale versoek aan alle intekenaars...

Talle lesers van die vorige Brokkies het hul kopie van die e-pos wat Brokkies se jongste uitgawe bekend stel, aan familie

en vriende elders aangestuur. Dit is goed dat hierdie proesel Afrikaans so versprei word, maar mense kan ons baie help

om ‘n beter gevoel te kry vir die werklike aantal lesers wat Brokkies weekliks bykry.

Daar is derduisende gesinne wat op Kiwi-Brokkies ingeteken is en Aus-Brokkies se adreslys groei reeds sterk. Daar is

ook talle ander, ook buite Australasië, wat dit onregstreeks ontvang. Hiermee ‘n versoek dat jy liewer hierdie skakel aan

hulle stuur sodat hulle self kan inskryf.

Kom gesels saam op Facebook in Afrikaans

Het jy al op Facebook die onlangs hernude groep ‘Afrikaans in Australia’ raakgeloop? Indien nie, maak gerus daar

‘n draai en gesels lekker met ander lede. Nooi ook jou vriende uit om by die groep aan te sluit.

Besoek ‘Afrikaans in Australia’ op Facebook

Die Brokkies-webwerf bied alles wat jy nodig het

Of jy wil inteken op Aus-Brokkies, vir die redakteur wil skryf, stories wil aanbied,‘n advertensie wil bestel of hernu, of

jou adres wil verander - alles word deur die Brokkies-webwerf gedoen. Alle uitgawes van Brokkies word op die

webwerf gehuisves vir mense wat iets soek wat in ‘n vorige uitgawe verskyn het.

Besoek Brokkies se Facebook-bladsy Brokkies het sy eie Facebook-bladsy. Die adres is https://www.facebook.com/Brokkies.Net Help ons asseblief deur

die nuwe webwerf se skakel (www.brokkies.net) aan vriende en familie te stuur. Onthou om te ‘like’ as jy dit ‘like’!

Kommunikeer so met Aus-Brokkies Vir Advertensie-riglyne, om 'n brief of ander bydrae in te stuur, om iemand in te teken of jou adres te verander, besoek www.brokkies.net. Die webwerf bevat skakels waardeur al bogenoemde funksies verrig kan word. Om op te hou om Aus-Brokkies te ontvang, besoek http://brokkies.net/skryf-in en versoek dat jou e-posadres verwyder word.

Aanspreeklikheid en Regte (Lees volledige Gebruiksvoorwaardes en Privaatheidsbeleid by brokkies.net - heel onder aan tuisblad) • Die redakteur van Aus-Brokkies aanvaar nie aanspreeklikheid vir die korrektheid, wettigheid of algemeen aanvaarbaarheid van enige nuus-of

algemene item nie. Dieselfde geld ook vir enige geplaasde advertensie of advertensie-artikel se inhoud of die belofte van ‘n produk of diens se gehalte wat in advertensies vermeld word. Enige probleme met advertensies se inhoud, dienslewering of produkgehalte moet regstreeks met die adverteerder opgeneem word, en die redakteur raak nie by daardie proses betrokke nie.

• Die redakteur behou die reg voor om enige voorgelegde bydrae (nuus of advertensie) van die hand te wys en nie te publiseer nie, sonder verstrekking van redes. Dit sluit in die reg om te enige tyd korrespondensie oor diesulke situasies eensydig te beeïndig.

Page 14: Redakteursbrief - Brokkies 19 Februarie 2020.pdftoe ek met kanker gediagnoseer is en vir lank deur chemo-behandeling moes worstel. Geloof, deursettingsvermoë en liefde uit alle oorde

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 19 Februarie 2020

Gemeenskapsadvertensies

Terug na bo...

Trinity Uniting Church in the City (Perth) verwelkom SAnrs in die middestad

Ons kerk is geleë in die hart van Perth se middestad. Trinity gemeente het ten doel om alle Suid-Afrikaanse immigrante

te help integreer in ‘n multikulturele Australiese samelewing. Ons wil vir almal ‘n geestelike tuiste en ‘n familiegevoel

skep, waar nuwe mense ontmoet kan word.

Ons wil ook met die Evangelie ‘n verskil maak hier in die vreemde. Ons werk daarom ook nou saam met ander kerklike

denominasies soos die Katolieke Kerk, Anglikane, Baptise en Charismatiese kerke in die stad.

Ons kom weekliks byeen vir eredienste. Die laaste Sondag van die maand kom ons om 8.30vm byeen vir ‘n meer

klassieke Afrikaanse erediens. Alle preke is eietyds en sterk Woordgerig.

Ons ontvang almal graag met ope arms. Kom raak deel van ons gemeente en ontmoet mense van ander agtergronde.

Adres: 72 St Georges Tce, Perth

Kontak: Dr Herman Nienaber, 0403 219 737, [email protected]

Beplan jy emigrasie? Wonder jy wat dit kos om in Australië te woon?

As deel van mense se voorbereiding om te emigreer, vra hulle gereeld vrae rondom die tipiese lewenskostes in Australië.

Mense help graag op sosiale media, maar die prentjie is nooit volledig nie want dit is ‘n moeilike vraag om te beantwoord.

Hierdie webwerf by mag van groot hulp wees indien jy lewenskostes in verskillende stede met mekaar wil vergelyk.

Die Strandloper – Jou HARTKLOP in Afrikaans

Die Strandloper saai weekliks uit vanuit Geelong, Victoria. Ons 2 uur lange program

is vol pret en alles wat lekker is.

Ons luister elke week na nuwe en ou musiek vir jonk en oud, en ons gesels gereeld

met kunstenaars vanuit Suid Afrika en bespreek alledaagse dinge.

Wanneer Woensdae van 8nm tot 10nm (AEST)

Waar: In Victoria op 94.7 FM,

Internet www.947thepulse.com of via die Tunein App op jou slimfoon

http://tun.in/seUCT

‘Like’ DIE STRANDLOPER op Facebook en bly so op die hoogte: https://www.facebook.com/947strandloper/

Stuur jou versoeke of gesels lekker saam tydens ons program op Whatsapp 0408 555 667 of op ons Facebook blad

Epos: [email protected]

Afrikaans Sonder Grense (ASG) – Vars uit Australië!

Afrikaans Sonder Grense (ASG) is 'n 2 uur lange Afrikaanse musiek radioprogram wat

weekliks lewendig uitgesaai word uit Bundaberg, Queensland in Australie.

Wanneer : Elke Donderdag 6-8 nm (Queensland-tyd)

Waar: Via Internet by www.coralcoastradio.net.au en op radio in en om Bundaberg op 94.7 Fm.

Hoofsaaklik Afrikaanse musiek vir jonk en oud, nuusgebeure, humor en onderhoude met besoekende kunstenaars. Van tyd tot tyd kry

ons interessante Suid Afrikaners wat vir ons kom kuier in die ateljee.

'Like' ons op Facebook by Afrikaans Sonder Grense met Rochelle en word so deel van ons Afrikaanse musiekfamilie in Australië.

As jy jou e-pos met ons deel, ontvang jy altyd 'n briefie van wat in die program gaan gebeur.

Skryf vir Rochelle by [email protected]

Die e-pos in die ateljee tydens ASG is: [email protected] (stuur ons jou versoeke!)

Page 15: Redakteursbrief - Brokkies 19 Februarie 2020.pdftoe ek met kanker gediagnoseer is en vir lank deur chemo-behandeling moes worstel. Geloof, deursettingsvermoë en liefde uit alle oorde

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 19 Februarie 2020

australia.gov.au webwerf vir al jou inligtingsbehoeftes Australië se regering het 'n baie bruikbare inligtingswebwerf genaamd australia.gov.au. Dit vat al die staatsdepartemente se inligting

ie publiek in een webwerf saam. Hoewel jy 'n soektog deur die soekfunksie kan doen, word die volgende temas aangebied waaronder

'n mens na inligting kan soek:

• Voordele en betalings

• Omgewing

• IT en Kommunikasie

• Openbare veiligheid en die Reg

• Besigheid en Industrie

• Familie en Gemeenskap

• Werk en Werkplek

• Sekuriteit en Verdediging

• Kultuur en Kuns

• Gesondheid

• Geld en Belasting

• Vervoer en Streke

• Opvoeding en Opleiding

• Immigrasie en Visas

• Paspoorte en Reis

• A-Z van regeringsdienste

Besoek australia.gov.au

Wil jy in Gemeenskapsadvertensies adverteer? Hierdie spasie is hoofsaaklik bedoel vir Suid-Afrikaners in Australië wat hul steungroepe, sosiale groepe, klubs of Afrikaanse kerke se

spesiale geleenthede wil adverteer of bevorder. Of die funksie of projek op mede-immigrante gerig is, of ook op die breër Aussie-

gemeenskap, maak nie saak nie. Solank daar ‘n Suid-Afrikaanse konneksie is (bv omdat ‘n SAner dit vir ‘n breër gemeenskapsgroep

reël, of omdat dit op SAners gemik is) kan advertensies hier geplaas word. Dit is GRATIS om hier te adverteer. Al wat benodig word,

is die Wat (paragraaf of twee), Wanneer, Waar, Koste, Kontakbesonderhede. Besoek www.brokkies.net/adverteer

Kleinadvertensies (Persoonlik)

Terug na bo...

Wil jy jou motor of kajak verkoop, ‘n ou meubelstuk verkwansel, boeke weggee, of benodig jy ‘n geleentheid om ‘n paar

items in iemand anders se vraghouer vanuit Suid-Afrika na Australië te laat kom? Dit is maar enkele voorbeelde van die

soort advertensie wat vir bostaande Persoonlik adertensie-kategorie bedoel is. En dit is GRATIS!

Lees meer by www.brokkies.net/adverteer

Kleinadvertensies (Besigheid)

Terug na bo...

Klik op die besigheidstipe van jou keuse:

Algemeen Eiendomme te huur of te koop Professionele dienste Versekering

Akkommodasie / Tydelike verblyf Finansiële dienste Rekenaardienste SA-produkte

Ambagsmanne / Kontrakteurs Motors Skoonheid & Gesondheid

Algemeen

Terug na besigheidstipes...

1. Eksklusiewe Juwele! Ontwerp en vervaardig volgens jou smaak Ons ontwerp en vervaardig bekostigbare, eksklusiewe juwele soos verloof- en trouringe, oorbelle, hangertjies,

armbande en mansjuwele. Ons ontwerp dit volgens jou persoonlike smaak en voorkeur.

Kontak ons vandag vir 'n gratis konsultasie om jou behoeftes te bepaal.

Liana Coetsee | [email protected] | www.thediamondtree.com.au | +61 04 280 75775

Page 16: Redakteursbrief - Brokkies 19 Februarie 2020.pdftoe ek met kanker gediagnoseer is en vir lank deur chemo-behandeling moes worstel. Geloof, deursettingsvermoë en liefde uit alle oorde

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 19 Februarie 2020

2. Strykwerk gedoen vir jou – Mindarie / Clarkson en omgewing Strykwerk gedoen in 'n rook- en dierevrye huis, in Mindarie, Clarkson en omgewing.

Volwassenes se items: $2.00 per item Kinders (7-10 jaar): $1.50 per 2 items

Kinders (0-6 jaar): $1.50 per 3 items Skooluniforms: $1.50 per uniform

Ook beddegoed, tafeldoeke ens. Alle pryse beskikbaar op ons Facebook-bladsy

Yolandi van der Merwe, Ironmate Ironing Services, tel 0452484677, e-posadres: [email protected]

3. Hannie’s Sewing - Naaldwerk professioneel gedoen! Naaldwerk en herstelwerk professioneel en netjiese gedoen. Diploma in naaldwerk, klere-ontwerp,

patroonmanipulasies en ‘taillering’. Industriële masjien vir netjiese afwerking. Rookvrye en troeteldiervrye huis.

In Butler, Quinns Rocks, Clarkson omgewing.

Skakel vir Hannie asseblief vir ‘n afspraak en kwotasie +61 0435123365. (Het ‘n ABN nommer.)

4. Geleentheid om groente te produseer By die Lifestyle Centre in Samford / Brisbane is daar 2.5 akker met waterregte beskikbaar vir die regte persoon teen

minimale teenprestasie. Die ideale persoon moet belangstel in plaaslike voedselproduksie (‘local food growing’) met

minimale tot geen gebruik van chemiese gifstowwe. ‘n Vraag na die produk bestaan reeds.

Registreer jou belangstelling by [email protected]

5. ‘Fingerboards R’us maak ou herinneringe weer werklikheid Vingerbord ... Vingerbakatel ... Flicker-bord ☆ Uitmuntende kwaliteitborde en diens ☆ Kan jy nog onthou? Het jy

goeie kinderdae-herinneringe rondom die gesins-gunsteling? Jy kan een by jou deur afgelewer kry; bel nou vir ‘n

kwotasie! Puik vir interaksie tussen oud en jonk! Hoor weer jou gesin lag en gesels rondom die gewilde spel!

Kontak Zenobia Pretorius | 04 669 07699 | E-pos: [email protected] | www.fingerboardgame.com

Akkommodasie / Tydelike verblyf

Terug na besigheidstipes...

Gratis advertensieruimte beskikbaar – Lees meer by www.brokkies.net/adverteer

Ambagsmense / Kontrakteurs

Terug na besigheidstipes...

Gratis advertensieruimte beskikbaar – Lees meer by www.brokkies.net/adverteer

Eiendomme te huur of te koop

Terug na besigheidstipes...

Gratis advertensieruimte beskikbaar – Lees meer by www.brokkies.net/adverteer

Page 17: Redakteursbrief - Brokkies 19 Februarie 2020.pdftoe ek met kanker gediagnoseer is en vir lank deur chemo-behandeling moes worstel. Geloof, deursettingsvermoë en liefde uit alle oorde

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 19 Februarie 2020

Finansiële dienste

Terug na besigheidstipes...

1. Bookkeeping services / Boekhoudienste Ek help enige kleinsake-onderneming om die weeklikse of maandelike finansiële sleurwerk vining en effektief af te

handel. My dienste sluit in: Inlees van data, finansiële varslagdoening, payroll, voorbereiding van BAS.

Ek is geleë in Redlands, Queensland

Sarah Baumbach | Kalos Bookkeeping | Tel: 0490 315 723 | E-pos: [email protected]

2. Is jy bekommerd oor jou geld wat nog in SA is? Rand Rescue is ‘n plaaslike maatskappy wat Suid Afrikaners voorsien van praktiese en koste-effektiewe maniere om

hulle Rande te “Rescue”! Ons spesialiseer in geblokkeerde fondse soos uittree-annuïteite, pensioenfondse, aandele

en erfgeld. Ons doen ook kontantoorplasings vanuit enige SA-handelsbank en kan jou help met jou SARS belasting

uitklarings. Kontak Reeva Cutting: 02 9098 0380 / 0448 609 061 / www.randrescue.com of Henrico +64 21 2655 066

[email protected]

3. Huislenings – die makliker uitweg Gideon Kirsten van Loan Market onderhandel met banke namens jou vir jou huislening, besigheidslening, herfinansiering,

ens. Hy lewer professionele advies, bied jou keuses aan en hy lewer ‘n persoonlike diens.

Skakel 0411 236 620 | vonkpos [email protected] | ( Australian Credit License # 390222).

Motors

Terug na besigheidstipes...

Besit jy ‘n motorwerktuigkundige besigheid? Hierdie ruimte is GRATIS beskikbaar. Meer by www.brokkies.net/adverteer

Professionele dienste

Terug na besigheidstipes...

1. Leiding met Loopbaan-, Studie- en Vakkeuses Potential Profiling help jou kind ‘n loopbaan kies wat sy/haar brein se natuurlike denkvoorkeure pas. Verhoed

teleurstelling, frustrasie, tydmors, demotivering, konflik, onderprestasie en studieskuld-las eie aan verkeerde

beroepskeuses. Vir ‘n unieke loopbaanleidings-diens, skryf vir Martin Hefer by [email protected]

2. Oorweeg jy om na Nieu-Seeland te verhuis? Indien jy oorweeg om Australië vir Nieu-Seeland te verruil, kontak ons gerus vir bystand en advies. Ons netwerk kom een

keer per maand in Auckland bymekaar om nuwe immigrante by te staan met advies en netwerkgeleenthede.

Besoek ons webtuiste by www.networkfinancialservices.co.nz of kontak Eugene by

[email protected] of +64 22 276 0082

3. Regsadvies vir Suid-Afrikaanse Aussies – MiGrate Lawyers Met kantore in beide Suid-Afrika en Australië, en Afrikaanssprekende prokureurs wat steeds in beide lande op die rol

is, kan ons help met alles van huiskoop (in Queensland), visas, boedelbeplanning, oprigting van maatskappye en trusts

en testamente wat oor beide jurisdiksies sal strek - veral as jy nog belange in Suid-Afrika het.

Alex Pretorius | Tel 07 4154 5500 | E-pos: [email protected] | Web: www.migratelawyers.com

Tipiese adverteerders in bogaande seksie sluit ook in prokureurs, dokters, tandartse, immigrasie-adviseurs, ens. Jy kan

tans gratis adverteer. Besoek www.brokkies.net vir meer inligting.

Page 18: Redakteursbrief - Brokkies 19 Februarie 2020.pdftoe ek met kanker gediagnoseer is en vir lank deur chemo-behandeling moes worstel. Geloof, deursettingsvermoë en liefde uit alle oorde

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 19 Februarie 2020

Rekenaardienste

Terug na besigheidstipes...

Of jy rekenaars herstel, bou of verkoop – of dienste soos programmering of webontwerp doen, hierdie afdeling is vir jou.

Jy kan tans gratis in hierdie advertensieruimte adverteer met geen verpligting later nie. Kyk www.brokkies.net/adverteer

Skoonheid & Gesondheid

Terug na besigheidstipes...

1. SOLAL* nou in Australië beskikbaar! SOLAL is ‘n uitgebreide verskeidenheid van gesondheid- en welstandprodukte met innoverende en doeltreffende

voedingsaanvullings wat geformuleer is om jou te help om die onderliggende oorsake van gesondheidsprobleme meer

natuurlik aan te spreek.

Kontak ons per epos by [email protected] of KOOP AANLYN by www.theskinworx.com

Versekering

Terug na besigheidstipes...

1. Is jy nuut in Australië? Ons help nuwe immigrante oor die laaste 15 jaar met hulle:

• Lewensversekering

• Pensioenfondse (Superannuation)

• Aftreebeplanning

Kontak ons vir vriendelike en professionele dienste.

Marius De Lange | Nautilus Financial Planning | Tel 04 025 77 374 | E-pos [email protected]

SA-produkte

Terug na besigheidstipes...

1. Biltong en boerewors – nou ook AANLYN beskikbaar! Mis jy jou biltong, boerewors, droë wors, Ouma-beskuit, Beacon-lekkergoed, Pronutro of ‘kriem soda’?

Snuffel dan na hartelus deur ons nuwe aanlynwinkel vir lekkernye wat uit Suid-Afrika ingevoer is. Ons het ook ‘n wye

reeks nie-kos produkte soos potjies, braairoosters, braaitange en vele meer…

BILTONG & BOEREWORS | Tel 028 678 6014 | E-pos [email protected] | www.biltongandboerewors.com.au

Page 19: Redakteursbrief - Brokkies 19 Februarie 2020.pdftoe ek met kanker gediagnoseer is en vir lank deur chemo-behandeling moes worstel. Geloof, deursettingsvermoë en liefde uit alle oorde

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 19 Februarie 2020

Werksgeleenthede

Terug na bo...

Geleentheid om groente te produseer By die Lifestyle Centre in Samford / Brisbane is daar 2.5 akker met waterregte beskikbaar vir die regte persoon teen

minimale teenprestasie. Die ideale persoon moet belangstel in plaaslike voedselproduksie (‘local food growing’) met

minimale tot geen gebruik van chemiese gifstowwe. ‘n Vraag na die produk bestaan reeds.

Registreer jou belangstelling by [email protected]

_______________________________________________________________________________________________

Hierdie ruimte is beskikbaar vir advertensies van vakatures; en in die meeste gevalle word hulle GRATIS geplaas

om ons immigrantegemeenskap te ondersteun.

Doen navraag by die redakteur by www.brokkies.net deur die skakel 'Kontak' en hy sal meer riglyne verskaf.

________________________________________________________________________________________________

Afrikaanse kerkdienste

Terug na bo...

Afrikaanse kerkdienste in Australië

Terug na bo...

1. BUNBURY – Gereformeerde Evangeliese Kerk Eredienste elke Sondag om 9vm in Afrikaans.

Adres: RSL Saal, 19 Spencer straat, Bunbury.

Kontak ds Gawie Cloete by 0420481965 of 08-97951125 vir meer inligting.

2. PERTH - Eredienste in Suide van Perth op 3 plekke: Deo Gloria Community Church

Afrikaanse diens in Leeming

Ons het elke Sondag om 9vm ’n diens in Afrikaans by Livingston Seventh Day Adventist Church, Nicholson Rd, Canning

Vale, waar ds Gerhard Bredenkamp die voltydse leraar is.

Daar is ook in een van die ander lokale ‘n erediens vir Engelssprekendes om 9vm elke Sondag. Ds Dirk de Swardt bied

die dienste aan. Dirk is ook die voltydse leraar vir ons hoërskooljeug en jong werkendes.

Afrikaanse diens in Secret Harbour

Terselfdertyd vergader ons elke Sondag om 9vm ook in Afrikaans te Secret Harbour Community Centre, Oasis Drive,

Secret Harbour, waar ds Peet Grobbelaar die voltydse leraar is.

Engelse diens in Mandurah

Vir Suid-Afrikaners en ander Engelssprekendes wat dalk in Engels bedien wil word, het ons ’n gemeente in Mandurah,

wat op Sondag om 9.30vm te Foundation Christian College, Multi-Purpose Hall Valentine Drive, Greenfields

bymekaarkom. Ds Johan de Swardt is die voltydse leraar.

Besoek ons webwerf by www.deogloria.org.au of volg ons direkte uitsendings by http://deogloria.sermon.net/main

Kontak ds Peet by 0415 680 930, ds Gerhard by 0450 467 557 of ds Johan by 0417 981 614 of ds Dirk by 0481 331

138 veral vir jeug-verwante aangeleenthede.

3. WES-AUSTRALIë – Eredienste op die PLATTELAND van WA: Outreach WA in samewerking met die Gereformeerde Evangeliese Kerk van Australië

Eredienste word gereeld op rotasiebasis in Afrikaans gehou by die volgende dorpe: Esperance, Albany, Katanning,

Brookton, Northam en Hyden. Daar word gewoonlik na die diens saam ge-eet en gekuier.

Vir meer inligting en ook vir die reël van ‘n pastorale besoek, kontak ds Gawie van der Merwe (woonagtig in Perth) op

selfoon 0415846599 of e-pos na [email protected]

Page 20: Redakteursbrief - Brokkies 19 Februarie 2020.pdftoe ek met kanker gediagnoseer is en vir lank deur chemo-behandeling moes worstel. Geloof, deursettingsvermoë en liefde uit alle oorde

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 19 Februarie 2020

4. WES-AUSTRALIë - Eredienste op Geraldton: Living Word (GEKA) Elke Sondag om 9vm in die SDA Kerk, 8 Milford Street, Geraldton. Die leraar is dr Tienie Bekker. Na die diens word daar

lekker saamgekuier oor ‘n koppie koffie/tee. (Indien Engelse mense in die erediens is, vind die diens in Engels plaas.)

Skakel Tienie by 0458 976 007 of e-pos na [email protected] meer inligting of besoek ons webwerf:

http://www.livingwordgeraldton.com.au/

5. PERTH - Lux Mundi Gereformeerde Evangeliese Kerk Sondae om 9.vm te Mater Dei College, 107 Treetop Ave, Edgewater.

Elke Sondag word 'n Afrikaanse en 'n Engelse erediens in verskillende lokale aangebied.

Kontakpersone:

Vir die Afrikaanse bediening: Ds James Walters, 0424824897 / [email protected]

Vir die Engelse bediening: Ds Wayne Becker 0430782377 / [email protected]

Vir algemene inligting, kontak gerus die kerkkantoor by [email protected]

Landswye dagboek

Terug na bo...

Dagboek: Melbourne

Besoek http://www.eventfinda.com.au/whatson/events/melbourne-inner-city vir aktiwiteite.

Dagboek: PERTH

Besoek http://www.eventfinda.com.au/whatson/events/perth vir aktiwiteite.

Dagboek: Sydney

Besoek http://www.sydney.com/nz/events vir aktiwiteite.

Dagboek: Canberra

Besoek http://www.eventfinda.com.au/whatson/events/canberra vir aktiwiteite.

Dagboek: Brisbane

Besoek http://www.queensland.com/en-AU vir aktiwiteite.

Dagboek: Adelaide

Besoek http://goo.gl/SkxjJ7 vir aktiwiteite.

Laat weet maar van ander stede of dorpe se ‘event’ inligting, by [email protected]

Riglyne vir adverteerders

Terug na bo...

Lees Aus-Brokkies se advertensieriglyne by www.brokkies.net/adverteer,

Kanselleer intekening / UNSUBSCRIBE

Terug na bo...

Om Aus-Brokkies te kanselleer, doen dit by http://brokkies.net/skryf-in of doen dit vanuit jou weeklikse subskripsie e-pos.

To unsubscribe email [email protected] with subject ‘Unsubscribe'. Provide your old email address in the body.