Upload
vuminh
View
215
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
Alle vorme van tabak is gevaarlik!
Tabak-verwante siektes maak meer as 44 000 Suid-Afrikaners en byna 6 miljoen mense wêreldwyd jaarliks dood, dit is een persoon elke ses sekondes, wat neerkom op een uit 10 persone in die wêreld.
Tabakverbruik verhoog die risiko van kanker van die longe, slukderm, mond, blaas, pankreas, niere, maag, serviks en bors.
Wat jy moet weet
Wat jy moet weet Tabak is verslawend
Tabak en tweedehandse rook bestaan uit meer as 1 400 gevaarlike en skadelike chemikalieë, insluitende nikotien, die stof wat tabak so verslawend maak. Daar is geen bekende veilige vlakke vir tweedehandse rook nie. Tabakrook bevat meer as 300 kankervormende chemikalieë, ook bekend as karsinogene
Rooklose tabak
Rooklose tabakprodukte sluit in snuif, pruimtabak
en 'snus’. Hierdie produkte verhoog ook die risiko van kanker, veral mond- en kaak kanker
Wat is regtig in ‘n sigaret?
81 kankerveroorsakende chemikalieë is tot dusver in sigarette geïdentifiseer (volgens die Internasionale Agentskap vir Navorsing oor Kanker, (IARC).
Van dié sluit in:
• Asetoon - verfverwyderaar
• Ammoniak - toiletreiniger
• Arseen - rottegif
• Butaan - aanstekervloeistof
• Koolstofmonoksied - uitlaatgasse
• Naftaleen - mottegif
• Fenol - ontsmetmiddel
Wat jy moet weet
Tweedehandse rook is skadelik
• Tweedehandse rook bevat twee keer soveel teer en nikotien per eenheid volume as rook van 'n sigaret wat ingeasem word.
• Het 3x soveel bensopireen wat kanker veroorsaak,
• 5x soveel koolstofmonoksied,
• en 50x soveel ammoniak.
• Tweedehandse rook van pype en sigare is net so skadelik.
• Veroorsaak longkanker en dra by tot die ontwikkeling van hartsiekte
Geen onder 18-jariges mag tabakprodukte koop nie
Die wet bepaal dat geen persoon enige tabakproduk aan enige persoon onder die ouderdom van 18 jaar mag verkoop of voorsien nie
Is rook regtig die moeite werd?
Jy besluit
“Ek het nooit gedink dit sal met my gebeur dat ek kanker sal kry nie, maar ek was verkeerd. Ek moes my stembande laat verwyder, as gevolg van rook. Ek haal nou asem deur 'n gaatjie in my keel. Asseblief, hou op terwyl jy nog steeds kan asemhaal en praat.”
Dennis Woest - Kankeroorwinnaar
Om jonk te begin, lei na verslawing!
Jong volwassenheid is die mees vatbare en kwesbare tydperk om met die gebruik van tabakprodukte te begin. Die hartklop van die jeug wat rook is vinniger as dié van hul eweknieë
Langtermyn effekte voor die ouderdom van 18 sluit die volgende chroniese siektes in:
• Long- en maagkanker,
• beroerte en
• hartsiektes
Navorsing toon dat daar 'n sterk verband bestaan tussen aktiewe rook onder jong mense en verslawing aan nikotien, verminderde longfunksie, long ontwikkeling en asma
Elektroniese sigarette – nie veilig nie!
• Elektroniese sigarette is battery-aangedrewe toestelle baie keer ontwerp om soos normale sigarette te lyk.
• E-sigarette kan nikotien en ander skadelike chemikalieë bevat
• E-sigarette word beheer deur die Medisynebeheerraad in Suid-Afrika en is slegs beskikbaar op voorskrif by 'n apteek
Hoe sleg is hookah / hubbly bubbly?
Hookah en sigaretrook bevat beide gifstowwe, insluitende nikotien, teer, koolstofmonoksied, arseen en lood.
Arseen word gebruik as 'n rotgif, en koolstofmonoksied is 'n dodelike gas wat in motor uitlaatpypgas gevind word.
Selfs in klein hoeveelhede, kan lood kinders hiperaktief en prikkelbaar maak en breinskade veroorsaak.
Die water in die hookah filtreer NIE die giftige bestanddele uit tabakrook nie.
‘n Hookah-roker neem omtrent 100 trekke in ‘n enkele (45 minute) sessie, terwyl ‘n sigaret roker omtrent 10 trekke per sigaret neem.
So, om een hookah pyp te rook , kan soveel
nikotien afgee as om 10 sigarette te rook.
Teer in tabakrook veroorsaak kanker.
Rook wat in ‘n tipiese hookah sessie
geproduseer word, bevat omtrent 36 keer
meer teer, en omtrent agt keer meer koolstof-
monoksied, as die rook van ‘n enkele sigaret.
Hoe sleg is hookah / hubbly bubbly?
Tyd vir ‘Kick Butt’
KANSA se eKick Butt program - 'n unieke aanlyn rookstaakprogram. Deur 'n reeks e-posse, opnames en aflaaibare materiaal, word jy gelei en gementor om op te hou rook. Om nie te rook nie, word 'n lewenslange gewoonte, nie net die tyd tussen twee sigarette nie. Hierdie program verskaf 'n reeks van handige instrumente om vir goed op te hou rook.
eKick Butt het al byna 4 000 mense gehelp om op te hou rook
Verbeel jou ‘n meer gesonde jy
Om tabak op te gee kan 'n positiewe uitwerking op jou gesondheid en leefstyl hê:
• Die vermindering van die risiko van kanker
• Laer hartklop en bloeddruk
• Beter asemhaling
• In staat wees om te loop sonder om kort van asem te wees
• Leef 'n langer en gesonder lewe
• Het meer fisiese energie
• Om 'n goeie rolmodel vir kinders en die jeug te wees
Tydlyn van ophou
20 minute na laaste sigaret: bloeddruk en polsslag verlaag; liggaamstemperatuur styg na normaal
8 uur na ophou: koolstofmonoksied vlakke in die bloed daal na normale vlak; suurstofvlakke styg
24 uur na ophou: kanse van hartprobleme verlaag
48 uur na ophou: senuweepunte begin hergroei; vermoë om te ruik en proe versterk
Na 2 weke tot 3 maande: bloedsirkulasie verbeter; om te loop word makliker; longfunksie verbeter
Tydlyn van ophou
Na 1 tot 9 maande: vermindering van hoes, sinus opeenhoping, moegheid, kortasemheid
Na 1 jaar: oortollige risiko van koronêre hartvatsiekte verminder tot die helfte van dié van 'n roker
Na 5 tot 15 jaar: beroerte risiko verminder tot dié van mense wat nooit gerook het nie
Na 10 jaar: risiko van longkanker daal tot so min as een-helfte van dié van ‘n roker; risiko van kanker van die mond, keel, slukderm, blaas, niere, en pankreas neem af; risiko van ulkusvorming daal
Na 15 jaar: risiko van koronêre hartvatsiekte is nou gelyk aan dié van mense wat nog nooit gerook het nie; risiko van dood terug na byna die vlak van mense wat nog nooit gerook het.
Ken die wet - elke individu
het die reg tot ’n rookvrye
omgewing
Parlement verklaar dat twee wette wat Suid-Afrika se tabak wysigingswette van 2007 en 2008, is nou van krag
Wetgewing is baie duidelik oor waar mense mag rook en waar rook verbode is
Dit is jou reg om te kla wanneer iemand in jou teenwoordigheid rook
Dit is ook jou reg om remediërende stappe te neem as iemand rook in enige plek waar rook verbode is
Ken die wet - elke individu het die reg tot ’n
rookvrye omgewing • Volwassenes mag nie in ʼn motor rook waar ʼn kind van jonger as 12 jaar ʼn passasier is nie.
• Rook word nie toegelaat op persele (private huise ingesluit) wat gebruik word vir kommersiële kindersorgaktiwiteite soos crèches, of vir opvoeding en onderwys
• Slegs persone bo 18 jaar word toegelaat in ʼn aangewese rookgebied
• Rook word nie toegelaat in gedeeltelik-afgekampte openbare plekke soos balkonne, oordekte patio’s, verandas, loopgange en parkeergebiede nie
• Die boete vir die eienaar van ʼn restaurant, drinkplek, kroeg of werksplek wat die rookwet verbreek, is maksimaal R50 000 en vir elke individuele roker R500
• Die tabakindustrie mag nie langer bemarkingspartytjies hou wat jongmense teiken nie
• Wetgewing bepaal dat geen persoon enige tabakproduk mag verkoop of beskikbaar stel aan ʼn persoon jonger as 18 jaar nie
• Smousoutomate wat tabakprodukte verkoop, mag nie gebruik word om ander produkte soos skyfies en sjokolades te verkoop nie
Hou jou omgewing rookvry
• Hou jou omgewing rookvry en rapporteer alle nie-nakoming van die Wet op die Beheer van Tabak aan die Omgewing sgesondheidsbeampte van die plaaslike owerheid waar die voorval plaasgevind het.
Neem ‘n belofte om bewustheid oor Wêreld
Geen Tabakdag te verhoog
Stel jou voor ‘n wêreld sonder kanker tabak?
• Belowe om tabakvry te wees en deel 'n boodskap
• Skryf op ons KANSA webwerf muur
• Deel 'n foto van jouself met jou boodskap / belofte op sosiale media met die hutsteken #KickButtWorldNoTobaccoDay
Neem ‘n belofte om bewustheid oor Wêreld
Geen Tabakdag te verhoog
Belowe 'n donasie - help KANSA om die publiek in te lig oor hoe om hul risiko van kanker te verminder - 'n R300 skenking sal ons in staat stel om 600 opvoedkundige pamflette oor die gevare van tabak te druk, die publiek bewus te maak van siftingsgeleenthede, kankersimptome en hoe om die risiko van kanker te verminder
Maak ‘n maklike donasie deur die Snapscan mobile phone app:
Die einde
Dankie
www.cansa.org.za
Tolvry 0800 22 66 22
Whilst the Cancer Association of South Africa (CANSA) has taken every precaution in compiling this presentation,
neither it, nor any contributor(s) to this presentation can be held responsible for any action (or the lack thereof) taken
by any person or organisation wherever they shall be based, as a result, direct or otherwise, of information contained
in, or accessed through, this presentation.
Whilst the Cancer Association of South Africa (CANSA) has taken every precaution in compiling this
presentation, neither it, nor any contributor(s) to this presentation can be held responsible for any
action (or the lack thereof) taken by any person or organisation wherever they shall be based, as a
result, direct or otherwise, of information contained in, or accessed through, this presentation.