2
September 2017 SUID-AFRIKA KANTOOR: Posbus 72646 Lynnwoodrif, PRETORIA 0040 [email protected] +27(12)807 2763 +27(83)628 6488/+27(84)506 3399 Dit is een rede waarom SAT-7 op 1 September sy nuwe AKADEMIE kanaal geloods het. Nog `n rede is die substandaard onderrig wat die meerderheid jongmense in hierdie streek ontvang – meestal blote memorisering sonder begrip of kritiese ontleding en soms ook gekontamineer met diskriminasie. “Opvoeding is een van die belangrikste antwoorde op die probleme in die Midde-Ooste,” sê Biskop Angaelos, Algemene Biskop van die Kopties-Ortodokse Kerk in Brittanje. “Solank as wat baie nie toegang het tot opvoeding nie, kan hulle gemanipuleer en geradikaliseer word.” Dr Mike Bassous, Algemene Sekretaris van die Bybel- genootskap van Libanon, sê hieroor: “Ons het al omtrent tien jaar lank dringend behoefte aan `n opvoedingskanaal. Daar is allerlei kanale maar niemand het nog regtig belê daarin om ons jongmense op te voed nie. SAT-7 AKADEMIE is antwoord op gebed en antwoord op `n noodroep. Ons kan nuwe waardes in die gebied vestig net as die opkomende geslag opgevoed kan word. Ons sien die koms van SAT-7 AKADEMIE as perfekte tydsberekening.” Kopiereg © 2017 SAT-7 www.sat7sa.org Die Arabiese Wêreld verteenwoordig net 5% van die wêreldbevolking. Tog, in 2014 het 45% van die wêreld se terreuraanvalle hier plaasgevind met 58% van die wêreld se vlugtelinge; 47% binnelandse ontwortelde mense; en 70% oorlog-verwante sterftes. Hierdie syfers het sedertdien dramaties versleg – teen 2016 is reeds 60 miljoen mense direk geraak deur die voortslepende konflik in Libië, Sirië, Jemen and Irak. “Een ligpunt in hierdie donker vallei is SAT-7,” het Dr Ascott gesê. “In 2016 het ons aandag gegee aan baie van die groot behoeftes van hierdie streek. Daar was programme oor traumaverwerking en wenke om te oorleef in vlugteling- kampe. Ons het ook gebou aan `n steeds groeiende biblioteek van opvoedkundige programme, wat uitgesaai word aan kinders wat tans nie skole kan bywoon nie en hulle wat waarskynlik nooit sal kan nie.” Ascott se slotwoorde is: “Te midde van al hierdie ontsteltenis, pyn en hartseer en met “valse nuus” wat toeneem, smag mense na egtheid, waarheid en hoop. Daar was derhalwe vir `n Christelike uitsaaidiens en digitale media-verskaffer in die Midde-Ooste nog nooit `n belangriker tyd as juis nou nie.”

se vlugtelinge; 47% binnelandse ontwortelde mense; · vuuroond en met Daniël in die leeukuil was.” - `n Kyker van SAT-7 se regstreekse lofprys- en aanbiddings-program, Hou aan

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: se vlugtelinge; 47% binnelandse ontwortelde mense; · vuuroond en met Daniël in die leeukuil was.” - `n Kyker van SAT-7 se regstreekse lofprys- en aanbiddings-program, Hou aan

Sep

tem

ber

2

01

7

SUID-AFRIKA KANTOOR:

Posbus 72646

Lynnwoodrif, PRETORIA 0040

[email protected]

+27(12)807 2763

+27(83)628 6488/+27(84)506 3399

Dit is een rede waarom SAT-7 op 1 September sy nuwe

AKADEMIE kanaal geloods het. Nog `n rede is die

substandaard onderrig wat die meerderheid jongmense in

hierdie streek ontvang – meestal blote memorisering sonder

begrip of kritiese ontleding en soms ook gekontamineer

met diskriminasie.

“Opvoeding is een van die belangrikste antwoorde op

die probleme in die Midde-Ooste,” sê Biskop Angaelos,

Algemene Biskop van die Kopties-Ortodokse Kerk in

Brittanje. “Solank as wat baie nie toegang het tot opvoeding

nie, kan hulle gemanipuleer en geradikaliseer word.”

Dr Mike Bassous, Algemene Sekretaris van die Bybel-

genootskap van Libanon, sê hieroor: “Ons het al omtrent

tien jaar lank dringend behoefte aan `n opvoedingskanaal.

Daar is allerlei kanale maar niemand het nog regtig belê

daarin om ons jongmense op te voed nie. SAT-7

AKADEMIE is antwoord op gebed en antwoord op `n

noodroep. Ons kan nuwe waardes in die gebied vestig net

as die opkomende geslag opgevoed kan word. Ons sien die

koms van SAT-7 AKADEMIE as perfekte tydsberekening.”

Kopiereg © 2017 SAT-7

www.sat7sa.org

Die Arabiese Wêreld verteenwoordig net 5% van die

wêreldbevolking. Tog, in 2014 het 45% van die wêreld se

terreuraanvalle hier plaasgevind met 58% van die wêreld

se vlugtelinge; 47% binnelandse ontwortelde mense;

en 70% oorlog-verwante sterftes. Hierdie syfers het

sedertdien dramaties versleg – teen 2016 is reeds 60 miljoen

mense direk geraak deur die voortslepende konflik in

Libië, Sirië, Jemen and Irak.

“Een ligpunt in hierdie donker vallei is SAT-7,” het

Dr Ascott gesê. “In 2016 het ons aandag gegee aan baie van

die groot behoeftes van hierdie streek. Daar was programme

oor traumaverwerking en wenke om te oorleef in vlugteling-

kampe. Ons het ook gebou aan `n steeds groeiende

biblioteek van opvoedkundige programme, wat uitgesaai

word aan kinders wat tans nie skole kan bywoon nie en

hulle wat waarskynlik nooit sal kan nie.”

Ascott se slotwoorde is: “Te midde van al hierdie

ontsteltenis, pyn en hartseer en met “valse nuus” wat

toeneem, smag mense na egtheid, waarheid en hoop.

Daar was derhalwe vir `n Christelike uitsaaidiens en

digitale media-verskaffer in die Midde-Ooste nog nooit

`n belangriker tyd as juis nou nie.”

Page 2: se vlugtelinge; 47% binnelandse ontwortelde mense; · vuuroond en met Daniël in die leeukuil was.” - `n Kyker van SAT-7 se regstreekse lofprys- en aanbiddings-program, Hou aan

“Ons het die reg om te sing ten spyte van al die moeilike

omstandighede om ons … Ons loof die Here omdat Hy

met ons is net soos wat Hy met die drie mans in die

vuuroond en met Daniël in die leeukuil was.” - `n Kyker

van SAT-7 se regstreekse lofprys- en aanbiddings-

program, Hou aan Sing het ingebel en met hierdie

woorde die wese van die aanbieding weergegee.

Ruth(32) deel haar getuienis van hoop midde `n stryd

teen kanker. Sy skryf vanuit Kaïro: “Die Here het gesê

’Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie

soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. ‘ … En dit is

wat ek ervaar. Te midde van die pyn gee die Here

blydskap en vrede.”

Broers in die aanbiddingsgroep, The Good News Team,

wat gereeld in die aanbiddingsprogram, Hou aan Sing optree, het onlangs hul moeder verloor na

`n lang siekbed. Victor Fawzi getuig: “Ons ervaar geen

smart of depressie nie. Ons moeder het geweet hoe

om die koninkryk van God hier op aarde uit te leef …

Daarom kan ons liedere sing terwyl ons haar heengaan

vier.”

Lofprysing- en aanbiddings programme vorm `n

belangrike deel van SAT-7 se bediening om die Kerk te

bemagtig en instrument te wees tot geestelike herlewing

in die Midde-Ooste en Noord-Afrika. Andrew Gamal

van SAT-7 verduidelik: “Deur die boodskap van die

Bybel deur middel van liedere aan te bied, raak mense

se siele en help hulle om God se teenwoordigheid te

beleef.”

Bid asb vir die volgende kykers

terwyl jy hul boodskappe lees:

Van `n kyker in Marokko: “Ek weet die kerk is

`n groep gelowiges en ek wil graag deel wees daarvan.

Ek is baie alleen. Bid dat my dogter en ek Christen

vriende sal ontmoet.”

Van `n kyker in Turkye: “My vriende en ek probeer

onsself verbeter deur na julle programme te kyk.

Wys ons die pad van Christenskap. Ons het geen ander

bron nie.”

Van `n kyker in Iran: “Ek het vanaand toevallig jul

program ontdek. Hoe kan ek my hart vir Jesus oop-

maak en met Hom praat? Bid vir my dat ek in die

regtig rigting gelei sal word.”

Van `n kyker in Libanon: “Dankie vir julle SAT-7

KIDS programme wat veilig is vir ons kinders om

na te kyk. Bid vir die impak van jul aanbiedings op

die volgende generasie.”

George Makeen, Program Direkteur van SAT-7

ARABIES is een van die dryfvere agter SAT-7 se visie

om die opvoedkundige behoeftes van die families in

die Midde-Ooste te help verlig. Nadat hy die stryd van

depressie, angstigheid, nagmerries en ander gedrags-

probleme van die vlugtelingkinders gesien het, getuig

Makeen: “Die omstandighede dwing my om te bid en

by God te pleit vir geregtigheid en dat Hy `n Vader vir

hulle sal wees. Mag ons deel van God se plan wees om

hulle te beskerm.”

Bid asb vir die volgende kykers

terwyl jy hul boodskappe lees: Van `n kyker in Iran: “Ons kerk se pastor en van

die gemeentelede is in aanhouding. Hulle Bybels is

gekonfiskeer. Bid dat God hulle sal beskerm en Sy lig

deur hulle laat skyn.”

Van `n kyker in Suid-Soedan: “Ek het Christus se

liefde ontdek en voel nie meer verwerp nie. Ek het my

moeder vertel dat ek haar liefhet al behandel sy my baie

wreed. Nou vra sy gebede vir haarself.”

Van `n kyker in Egipte: “My skoolmaats maak my

bespotlik en verwerp my. Ek vergewe hulle en is bly

God aanvaar my. Bid dat hulle ook sal ontdek dat Jesus

hulle liefhet.”

Van `n vroulike kyker: “Ek het my hart vir Christus

gegee. Ek wil dit uitskree: ‘Jesus het my uitverkies en

ek is `n uitverkorene!’ Ek het verlede nag soos `n baba

geslaap.” (Bid vir haar geestelike groei.)

Van `n kyker in Afghanistan: “Dwelms vernietig my

seun en sy vriende. Bid vir my dat ek kan weet hoe

om hulle te vertel van Jesus en hoe Hy hulle kan lei na

`n nuwe lewe.”

Van `n kyker in Europa: “Die boek van Johannes het

my lewe verander, maar my pa het my geslaan asof ek

`n ongelowige is. Vir tien jaar swerf ek rond, op soek

na `n tuiste. Bid dat ek iewers vlugteling status sal kry.”