24
November/Desember 2018 So kan jy jou huwelik gelukkig hou … Hoe leer jou kind? Kinders se leermetodes verskil. Lees meer hieromtrent … Hoe om stil te word …

So kan jy jou huwelik gelukkig hou … Hoe om stil te word … · 2018-11-22 · Sake-entrepreneurs Gerhard Hauptfleisch 082 777 8381 Woordskool Henriëtte Barnard ... verander en

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: So kan jy jou huwelik gelukkig hou … Hoe om stil te word … · 2018-11-22 · Sake-entrepreneurs Gerhard Hauptfleisch 082 777 8381 Woordskool Henriëtte Barnard ... verander en

November/Desember 2018

So kan jy jou huwelik gelukkig hou …

Hoe leer jou kind?Kinders se leermetodes verskil.

Lees meer hieromtrent …

Hoe om stil te word …

Page 2: So kan jy jou huwelik gelukkig hou … Hoe om stil te word … · 2018-11-22 · Sake-entrepreneurs Gerhard Hauptfleisch 082 777 8381 Woordskool Henriëtte Barnard ... verander en

INHOUD

Vox Studios

011 913 4567

Sake-entrepreneurs

Gerhard Hauptfleisch

082 777 8381

Woordskool

Henriëtte Barnard

011 913 4567

Sondagoggende @ 08:30in die ouditorium.

Benoni-kampus: 10:30

60Plussers: Donderdagoggende @10:00 in die onderste saal.

Sondagaande @ 18:00in die ouditorium.

AFLAME (13 tot 18 jaar)Vrydagaande @ 19:00 - 21:00in die onderste saal

ALIVE (19 tot 28 jaar) Sondagaande @ 18:00011 913 4567

www.woordenlewe.com

Gebedsversoeke (SMS)082 935 [email protected]

@woordenlewe

/woordenLewekerk

Woordenlewe

Kruiskyk:Donderdae: 20:30Sondae: 07:00 & 20:00

Bankbesonderhede:Nedbank, Sunward Lifestyle CentreRek. no. 1904 027 970Takkode: 190442

16

19

18

12

3 Dagsê

4 Uit Henriëtte se pen

5 Wonders

6 Jou kind

8 Jou gesondheid

10 Getuienis

11 Jou huwelik

12 Dames by Woord en Lewe

14 Sielsvoedsel

15 Streeknuus

16 Aflame

18 Alive

19 Nuus by Woord en Lewe

20 Kersalbum

20 Roete 60

21 Nuwe lidmate

22 Benoni-kampus

23 Resep

@woordenlewekerk

2 • JouBlad

Page 3: So kan jy jou huwelik gelukkig hou … Hoe om stil te word … · 2018-11-22 · Sake-entrepreneurs Gerhard Hauptfleisch 082 777 8381 Woordskool Henriëtte Barnard ... verander en

Redakteur Marietjie [email protected] UitlegAll Lion Enterprises011 979 2766

Woord en Lewe

[email protected]

www.woordenlewe.com

011 913 4567

011 913 4093

H/v Trichardtsweg en Kingfisherlaan, Sunward Park, Boksburg

Posbus 9001, Cinda Park, 1463

GroeiGroei in jou verhouding met God

KonneksieGroei in jou verhouding met ander

DienDien saam met ander

DeelDeel sy storie

DagsêMy pad met die Here …

Ek het nou onlangs ‘n ondervinding gehad wat die Here gebruik het om my te laat besef dat Hy hoor as ons bid. Ek deel dit met jou.

My bloeddruk was baie hoog. Sommige mense weet nie wanneer hulle bloeddruk styg nie, maar ek weet onmiddellik. Toe ek sien hoe hoog my bloeddruk is, het ek geskrik en dadelik begin bid en die bloed van die Here daaroor gepleit. Dit was so, so wonderlik om op die bloeddrukmasjien te kon sien hoe my bloeddruk onmiddellik begin daal! Ek glo die Here het dit gebruik om my geloof te versterk en te weet dat Hy antwoord as ons bid. Ek wil jou ook deur my ondervinding, bemoedig: Die Here hoor as ons bid!

NagmaalLees gerus Henriëtte se briefie aan ons as gemeente. Dit sal wonderlik wees as ons

almal daagliks nagmaal kan gebruik. Ek en my man doen dit alreeds vir ‘n paar weke met baie seën. Jy kan dan ook met ons deel hoe julle dit as gesin doen en wat julle daardeur ervaar.

Jou getuienisDeel jou wonderwerk of gebedsverhoring met ons. Dit is ‘n manier om die Here se

naam groot te maak.

VakansieDis weer sulke tyd … Geniet dit as jy bevoorreg genoeg

is om met vakansie te kan gaan. Ons bid jou ‘n veilige reis toe.

Seënwense,Marietjie Deacon

Marietjie Deacon011 918 2878 / 083 2979324

[email protected]

JouBlad • 3

Page 4: So kan jy jou huwelik gelukkig hou … Hoe om stil te word … · 2018-11-22 · Sake-entrepreneurs Gerhard Hauptfleisch 082 777 8381 Woordskool Henriëtte Barnard ... verander en

Een oggend baie vroeg …

Uit Henriëtte se pen

'n Paar weke gelede, baie vroeg een oggend, sit ek alleen in my bed. My

gemoed is swaar ... ek voel half oorwel-dig deur al die slegte gerugte en negatiwi-teit waarmee ons daagliks oorspoel word. Omstandighede in ons eie land wat byna daagliks verswak ... hoop wat verskraal en 'n toekoms wat al hoe donkerder blyk te wees ...

Toe my openbaring …Skielik kry ek 'n ingewing ... Ek besluit om dit

wat na my toe gekom het, op ons familie se WhatsApp-groep te plaas: “Kosbare kinders, wat daarvan as ons as familie strategies begin om Vader se “Ek is met julle”-beloftes vir ons vas te maak deur, as aparte gesinne, elke dag saam nagmaal te gebruik – saam te bid en ‘n spesifieke belofte vir 'n tyd lank te proklameer. Sodoende kan sy Woord ook in ons kinders se harte posvat. En dan kan ons as ‘n familie een keer per week saam kom en dieselfde doen. Ons kan dan ook beurte maak om een keer per week te vas. Kom ons raak ernstig despe-raat dat Vader aktief teenwoordig word in en deur ons!"

Terwyl ek dit oordink, kry ek nog 'n inge-wing:Wat van … Ons betrek die hele gemeente daarby! Om as huisgesinne, families, selfs vriendegroepe, dieselfde te doen …

Later die oggend vertel ek vir Ronnie daar-van en hy vra toe dat ek dit met die spanver-gadering wat daardie oggend sou plaasvind, moet deel.

Net voordat ek aan die woord kom, ver-tel Ina van 'n ervaring wat hulle tydens hul onlangse deurnagbid gehad het ... en dit be-vestig presies dit wat ek wou deel. Ons ervaar dat hierdie saak uit Pappa Vader se hart kom. Daarom wil ons elkeen - as enkelinge, huis-gesinne, breër families en vriendegroepe - vra om dieselfde te doen.

Elke Sondag gaan ons as gemeente ook saam daaraan meedoen deur tydens ons aanbid-ding, nagmaal te gebruik en die spesifieke

belofte saam te proklameer. Hierdie belofte wat ons dan ook daagliks saam as gesinne gaan proklameer, sal elke tweede week verander en in die Naweekbulletin verskyn.

God se beskermingGod se beskerming en voorsiening was

'n werklikheid vir sy volk toe Hy hulle - soos Hy beloof het - uit Egipte tot in die beloofde land gelei het. Hulle was op die volgende wyse aktief betrokke daarby:

• Hulle moes die bloed van die paas-lam aan hul deurkosyne verf.

• Hulle moes hulleself omgord terwyl hulle die Pasgamaaltyd vier net voor hulle vertrek.

• Hulle moes onder die wolkkolom en vuurkolom bly.

• Hulle moes sewe maal om Jerigo se mure stap.

Hierdie is maar ‘n paar van die dinge wat hulle gedoen het.Kom ons raak aktief betrokke by Vader se voorsiening, beskerming en uitredding vir ons elkeen en vir ons land Suid-Afrika.

Iets wat al vir 'n hele ruk op my hart is! Wat van as ons as gesinne, kinderlik gelowig,

fisies al langs ons grensdrade stap terwyl ons elke hoekpaal afsalf en ons eiendom oorgee en as Vader se eiendom proklameer en nie ons s'n nie. Hy het maniere om na dit wat aan Hom behoort om te sien en te beskerm.

Kom ons gebruik Hebr. 10:23-25 (NV) as inspirasie: “Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het. Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade. Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aan-moedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom.”

Henriëtte Barnard

Past. Ronnie en Henriëtte Barnard

4 • JouBlad

Page 5: So kan jy jou huwelik gelukkig hou … Hoe om stil te word … · 2018-11-22 · Sake-entrepreneurs Gerhard Hauptfleisch 082 777 8381 Woordskool Henriëtte Barnard ... verander en

Met die Blessing in a bag-projek, wil ons graag hierdie Kersseisoen iets ekstra in die kospakkies vir ons behoeftige gesinne sit.

Hier is ‘n paar idees …• Jellie of kitspoeding• Koekies, lekkergoed• Enige tipe pap • Skryfbehoeftes of ander benodigdhede vir skoolkinders• Onbederfbare voedsel• Toiletware• Smere vir toebroodjies• Blikkieskos: Bv. spaghetti and meatballs• Iets soets wat kinders en bejaardes op Kersdag kan geniet

Jou bydrae kan ‘n glimlag op ‘n kind se gesiggie sit en ‘n bejaarde vreugde verskaf.

Sharon082 294 3924

Blessing in a bag-projek

Won

ders

Hoe om stil te word voor die Here …Wanneer jy stil word voor die Here, moet jy sorg dat jou hart, jou verstand en jou gees stil en rustig is voor Hom

sodat jy sy liefde kan ervaar.Moenie toelaat dat die begeerlikhede van die wêreld jou aandag aftrek nie.

Draai jou oë weg van die onstuimige golwe van die lewe wat jou kan oorweldig. Kyk na Jesus en gee jouself oor aan Hom.

Gaan in aanbidding voor Hom. Loof en prys Hom met alles wat in jou is, want Hy alleen is waardig!Wees stil. Die almagtige God sal die stryd vir jou stry.

Al wat jy moet doen, is om in ‘n gemaklike posisie te sit en stil te word voor Hom. Ontspan en vertrou op die Here. Hy is in beheer en sal die res doen.

Weet net, jy is sy geliefde kind wat Hy met sy keurseëninge wil seën.Daarom: Wees stil. Ontspan, met die wete dat die Here jou baie liefhet. Al sy beloftes is joune.

GebedVader, maak my kalm en rustig. Maak my gedagtes stil en help my om in U liefde te rus.

Maak my rustig en my oë gevestig op U. Help my om te weet dat U God is en in beheer van my lewe.U is in beheer van my lewe en dit is U wil dat ek moet ontspan, moet glimlag, vreugdevol moet wees en op U moet

vertrou.Ek aanvaar en glo nou dat dit so sal wees.Ek bid dit in U groot en almagtige Naam.

JouBlad • 5

Page 6: So kan jy jou huwelik gelukkig hou … Hoe om stil te word … · 2018-11-22 · Sake-entrepreneurs Gerhard Hauptfleisch 082 777 8381 Woordskool Henriëtte Barnard ... verander en

David Kolb word die vader van Ervaringsopvoeding genoem en is al die afgelope meer as 40 jaar besig

om opleiding by skole en universiteite in die vakgebied, Ervaringsopvoeding, te gee. Kolb sê dat kinders leer deur ervarings wat hulle oor tyd opdoen. Hierdie ervarings word na kennis getransformeer. Daar is wel enkele ervarings wat ‘n kind opdoen wat sy lewenservaring oombliklik beïnv-loed, soos wanneer hy aan ‘n warm stoof of plaat raak. Hy sal dit nie sommer weer doen nie. Volgens Kolb leer kinders egter die beste wanneer hulle ervarings oor ‘n langer tydperk opdoen. Hierdie ervarings word in kennis getransformeer en ‘n kind sal hierdie kennis nooit vergeet nie. Daar is hoofsaaklik vier verskillende maniere hoe kinders leer. Hy leer hoofsaaklik op een manier of deur ‘n kombinasie van twee van die onderstaande kategorieë. Kyk of jy kan bepaal in watter kategorie jou kind val.

1. Ouditiewe leerders - leerders met konkrete ervarings

Hierdie kinders leer deur ouditiewe ervar-ings wat hulle opdoen. Hulle hou van speletjies speel asook rollespel. Hulle leer by ander mense asook saam met ander mense. Hulle leer deur hulle gehoor en hou van terugvoering en aanmoediging.

Hoe leer jou kind?“Learning is the process whereby knowledge is created through the transformation of experience.

Knowledge results from the combination of grasping experience and transforming it.” - David Kolb 1984

Dit is belangrik om opdragte duidelik oor te dra en te verduidelik totdat hulle ver-staan. Hierdie kinders het ‘n “leermeester” baie nodig.

Hulle leer deur:

• Duidelike instruksies: Alhoewel hulle deur gehoor leer, is dit nog steeds nodig om duidelike oogkontak met hulle te maak wanneer instruksies gegee word.

• Te lees, of deur iemand wat vir hulle lees.

• Te studeer: Alle kinders is allergies vir studeer, maar hierdie kinders vind dit makliker om te leer. Hulle leer veral hardop en het dus ‘n plek nodig waar hulle hardop kan leer.

• Memorisering.

2. Reflektiewe, opserwerende leerders

Om te reflekteer, is vir hierdie kinders baie belangrik. Hulle sal na objekte vanuit ver-skeie perspektiewe kyk. Hulle kan lank stil-sit en konsentreer. Hierdie kinders is baie diepdenkers en selfs filosofies. Ek hou van die stories wat uit die mond van ‘n reflek-tiewe leerder kom. Hulle gee gewoonlik meer as net die inhoud en feite, hulle gee ook hulle perspektief van wat hulle ge-leer het. Hulle het tyd nodig om inligting te verwerk asook om na te dink oor die impak wat die inligting op hulle as persoon het. Hierdie kinders hou ook daarvan om in die natuur te wees.

Hulle leer deur:

• Roetine: Moenie te veel aan hulle roetine peuter nie, veral hulle slaap- en opstaanroetine. Hulle het net ‘n

Jou kind

6 • JouBlad

Page 7: So kan jy jou huwelik gelukkig hou … Hoe om stil te word … · 2018-11-22 · Sake-entrepreneurs Gerhard Hauptfleisch 082 777 8381 Woordskool Henriëtte Barnard ... verander en

daaglikse, weeklikse, maandelikse en jaarlikse roetine nodig.

• Repitisie: Dieselfde dinge moet oor en oor herhaal word.

• Refleksie: Hulle moet kan nadink oor die inligting wat deurgegee word. Hulle moet besluit hoe die inligting hulle gaan beïnvloed, asook hoe die wêreld waarin hulle leef daardeur beïnvloed gaan word wanneer dit oorgedra en nagekom word.

• Ritueel: Sekere dinge moet op sekere maniere aan hulle gekommunikeer word.

3. Visionêre leerders - abstrakte, konsep-tuele leerders

Hierdie leerders is logies en sistematies. Hulle word ook visionele en visionêre leerders genoem. Deur net na ‘n prentjie te kyk, kan hulle vir jou die storie vertel. Hulle formuleer idees wat goed gestruk-tureerd en goed deurdink is. Hulle gebruik ook prentjies om hulle idees te deel. Hulle sal ook hulle toekoms in die vorm van ‘n prentjie met jou deel. Hulle hou baie daar-van om prentjies te teken of in te kleur. Alhoewel tegnologie ‘n groot invloed op alle kinders het, is dit veral hierdie kinders wat tegnologie en veral visionêre tegnolo-gie verorber.

Hulle leer deur:

• In ‘n span saam met ander te werk: Hulle moet visionêr kan sien hoe ‘n opdrag uitgevoer word.

• Ontdekking: Deur te sien hoe ‘n opdrag uitgevoer word, kan hulle besluit hoe hulle die opdrag wil doen en uitvoer.

• Integrasie: Dit wat geleer word, word in sy eie konteks geïntegreer.

• Visionêre tegnologie.

4. Kinistetiese leerders (aktiewe, eksperi-mentele leerders)

Ek noem hierdie leerders, “mier-in-die-broek-leerders”. Hulle is woelig en altyd besig. Hulle leer deur te DOEN. Hulle word ook kinistetiese leerders genoem. Hulle wil altyd nuwe dinge doen. Hulle kan nie stilsit nie, want hulle leer deur beweging. Hulle is ook nie bang om risiko’s te neem nie. Hierdie kinders hou van die natuur. Hulle wil nie net na die grond staar nie,

hulle wil daarin grou en hulle “vingers en hande vuilmaak”. Hierdie kinders hou ook daarvan om dinge uitmekaar te haal sodat hulle kan uitvind hoe dit werk.

Hulle leer deur:

1. Variasie: Wil nie op dieselfde manier elke keer geleer word nie.

2. Stories wat verduidelik hoe dinge werk.

3. Kennis op hulself en op andere toe te pas.

4. Aktiwiteite: Hoe “rowwer hoe beter”. Moenie net vertel nie. Hierdie kinders moet dit beleef.

Jou

kind

The Spirit inspired the Word and therefore He goes where the Word goes. The more of God’s Word you

know and love, the more of God’s Spirit you will experience.

-John Piper

JouBlad • 7

Page 8: So kan jy jou huwelik gelukkig hou … Hoe om stil te word … · 2018-11-22 · Sake-entrepreneurs Gerhard Hauptfleisch 082 777 8381 Woordskool Henriëtte Barnard ... verander en

Help olyfolie om hartprobleme te voorkom?Antwoord: Ja Olyfolie is ‘n antioksidant en verlaag die risiko van hartsiektes asook kan-ker. Extra-virgin-olyfolie is egter die beste omdat dit die meeste polifenole bevat, terwyl ander olyfolie min daar-van in het. Die gehalte daarvan is ook nie so goed nie.

Antwoord: Nee In die 1980’s het studies gewys dat koffie pankreaskanker kan veroorsaak. Hierdie bevinding is later verwerp. Meer onlangse studies het in die guns van koffie gedraai. Koffie verlaag eerder die risiko van tipe 2-diabetes, Parkinson se siekte, lewerkanker en selfs selfmoord.

Kan koffie kanker veroorsaak? Antwoord: Ja Navorsing leer dat om langer te oefen meer kalorieë verbrand, eerder as om hard te oefen. Alhoewel hardloop ‘n meer effektiewe manier van oefen-ing is, is dit nie noodwendig beter nie. Volgens ‘n studie wat in die jour-nal Arteriosclerosis, Thrombosis and Vascular Biology is bevind dat om teen ‘n gemaklike pas te stap of te hardloop, dieselfde gesondheidsvoordele inhou.

Is loop net so effektief as hardloop?

Mite of waarheid … ?

Jou gesondheid

8 • JouBlad

Page 9: So kan jy jou huwelik gelukkig hou … Hoe om stil te word … · 2018-11-22 · Sake-entrepreneurs Gerhard Hauptfleisch 082 777 8381 Woordskool Henriëtte Barnard ... verander en

Maak neute my vet? Antwoord: Nee Alhoewel 75 persent van neute uit vet bestaan, beteken dit nie dat dit jou vet maak nie. Moet net nie te veel daarvan eet nie. Die goeie nuus is dat die vette in neute is gesonde vet wat ‘n mens versadig laat voel. Dit bevat ook ‘n bietjie proteïene en vesel. Amandels bevat minder kalorieë. Meeste van die vet van neute word deur die liggaam uit-geskei.

Kan warmbaddens my siek maak? Antwoord: Ja Warmbaddens, veral dié by spa’s, hotelle en gyms, is ‘n perfekte broeiplek vir kieme. Die water is nie warm genoeg om kieme dood te maak nie, maar net reg om bakterie te maak en dit nog vinniger te laat groei. Al word die baddens met chloor behandel, veroorsaak die hitte van hierdie ont-smettingsmiddel dat dit vinniger afgebreek word. Dit is nie gewens om in ‘n vuil Jacuzzi met skuim te sit nie. Dit kan verskeie siektes veroorsaak.

Werk oor-die-toonbank-hoesstroop?Antwoord: Nee Die bestanddele wat dit bevat is nie voldoende nie. Slegs jou dokter sal die regte hoesmedikasie kan voorskryf.

Kan koeldranke wat suiker bevat, diabetes veroor-saak? Antwoord: Ja Die meeste navorsing is teen die gebruik van koeldranke wat suiker bevat. Volgens die Journal of the American Medical Association is dit bevind dat vrouens wat meer as een van dié koeldranke per dag drink, se risiko om tipe 2-diabetes te ontwikkel, 83 persent hoër is as diegene wat minder as een van hierdie koeldranke per maand drink.

Kan ek te veel water drink? Antwoord: Ja Alhoewel dit baie selde voorkom dat iemand van te veel water kan sterf, gebeur dit tog. Ontwatering by atlete is meer algemeen. Om 'n oormaat water te drink, verdun die konsentrasie natrium in die bloed wat lei tot 'n toestand wat bekend staan as hiponatremie. Die simptome wissel van naarheid en verwarring tot epilep-tiese aanvalle en selfs die dood in ernstige gevalle.

Verhoog eiers cholesterolvlakke? Antwoord: Nee Alhoewel die geel van ‘n eier cholesterol bevat, leer navors-ing ons dat versadigde vette ‘n groter impak op jou choles-terolvlak het as voedsel wat cholesterol bevat. Volgens die Universiteit van Arizona kan persone met normale choles-terolvlakke met ‘n geruste hart eiers eet.

Jou

geso

ndhe

id

- https://articles.mercola.com/sites/articles/archive/2013/02/25/mainstream-nutrition-biggest-lies.aspx

JouBlad • 9

Page 10: So kan jy jou huwelik gelukkig hou … Hoe om stil te word … · 2018-11-22 · Sake-entrepreneurs Gerhard Hauptfleisch 082 777 8381 Woordskool Henriëtte Barnard ... verander en

Word and Life Foundation

Getuienis Gedurende Maart hierdie jaar het ek my bedanking by my vorige gemeente in Edenvale, waar ek

vir 10 jaar hoofsaaklik in die musiekspan bedien het, met ‘n swaar hart ingehandig. Die gemeente was vir my soos ‘n familie waar ek hegte vriendskappe opgebou het en onder die inspirerende herderskap van past. Giel Vermeulen, ook geestelik en as mens gegroei het. Ek kon egter nie meer die stem van die Heilige Gees ignoreer nie. Dit was tyd vir ‘n nuwe seisoen ...

Ek het ‘n paar gemeentes besoek. Toe, na ‘n Sondagoggenddiens by Woord en Lewe, het ek geweet: hier is my nuwe geestelike huis! Gelukkig en tevrede, maar ook onse-ker oor wat die Here nou eintlik met ‘n nuwe seisoen bedoel het...

En toe gebeur dit ...op 17 Julie, op pad huis toe van die werk

af in laat middagverkeer, word die ruit aan die passasierskant van my kar stukkend geslaan en my selfoon word gesteel! My tweede “smash and grab”-aanval in drie jaar! Met ‘n stukkende ruit en glasstukke orals in my kar, het ek geskok en kwaad huis toe gery. Ook dankbaar dat ek met my lewe, onaangeraak, daarvan afgekom het.

‘n Paar weke na die voorval het ek nagmerries begin kry en angs wou my oorweldig. My senuwees was op! My man het aanbeveel dat ek hulp kry en vir traumaberading gaan. Ek het ‘n afspraak by Woord en Lewe se Beradingsentrum gemaak en is na past. Dries vd Heever verwys. Min het ek geweet dat hierdie afspraak ‘n ommekeer in my lewe sou teweegbring!

Ef. 3: 20-21 “En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk, aan Hom die heerlikheid in die gemeente in Christus Jesus deur alle geslagte tot in ewigheid!”

Toe ek al die vrae oor my familiegeskiedenis en verlede op die innamevorm van die Beradingsentrum moes invul, het dit my net weer eens

laat besef hoe ons Hemelse Vader my deur al die jare gedra het. Ek is as kind seksueel gemolesteer, was depressief in my twintigerjare en het selfmoord probeer pleeg. My eerste huwelik het verbrokkel nadat my man ontelbare kere ontrou was. Ek het self ook baie foute gemaak en verkeerde besluite geneem wat my duur te staan gekom het. Maar deur dit alles was die Here by my. Hy het my verlos van depressie, my ‘n wonderlike nuwe man en stiefkinders gegee en ook my bediening herstel.

Jes. 43:2 “As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere — hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal dit jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.”

Ek het jare gelede teologie begin studeer, ‘n paar kursusse in berading gedoen en is ook die geleentheid gebied om ‘n genesingsbediening wat op emosionele genesing gefokus het, in my vorige gemeente te kon begin. Tog, ten spyte van al my boek- en geestelike kennis en ook lewensondervinding, het ek voor die deur van Woord en Lewe Beradingsentrum gestaan - bedruk, beangs, bemoeid en belas.

Met oë vol deernis en wat Goddelike liefde en jare se wysheid uitstraal, het past. Dries my ontvang. Ek het dadelik rustig en op my gemak gevoel. Hy het my innamevorm deurgelees en maklik die areas waarmee ek in my lewe sukkel, geïndentifiseer. Hy het, deur die leiding van die Heilige Gees, aan al my wonde – oud en nuut - wat nog nie heeltemal genees was nie, geraak. Deur al my trane deur, sonder oordeel en met soveel begrip, het hy na my geluister. Die tyd het gevlieg en ‘n paar uur later het ek met verwondering daar uitgestap. Ek het later daardie aand vir my man gesê dat die Here die beradingsessie gekaap het. Hy het dit oorgeneem! Ek het daar uitgestap met baie meer as wat ek verwag het.

Die Here het al die stukke van my lewe

bymekaargebring. Hy het vir my die volle prentjie gewys van hoe Hy alles ten goede en tot sy eer sal laat meewerk. Past. Dries het bevestig dat die Heilige Gees alreeds in die parkeerarea van die Beradingsentrum aan my gesê het dat ek ‘n berader moet word.

So het my nuwe seisoen aangebreek! Ek kan nou teruggee wat ek oor die jare geleer het. Nie net het die Here my daardie aand, deur die gehoorsaamheid van past. Dries, van angs en vrees verlos nie, maar ook vir my ‘n nuwe lewensvisie en -missie gegee! Die Here het die oënskynlike nagevolge van ‘n “smash and grab” gebruik om vir my vars hoop en ‘n doel te gee terwyl ek hierdie nuwe seisoen op my reis met Hom ingaan.

Rom. 8:28 “En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.”

Jer. 29:11 “Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ’n hoopvolle toekoms te gee.”

Elize le Roux

Berading soos geen ander!

10 • JouBlad

Page 11: So kan jy jou huwelik gelukkig hou … Hoe om stil te word … · 2018-11-22 · Sake-entrepreneurs Gerhard Hauptfleisch 082 777 8381 Woordskool Henriëtte Barnard ... verander en

So kan jy jou huwelik gelukkig hou

Jou

huw

elik

Kies om mekaar lief te hê – selfs in tye wat dit moeilik is mekaar lief te hê. Liefde is ‘n verbintenis, nie ‘n gevoel nie.

Antwoord altyd die foon as jou huweliksmaat jou skakel en, indien moontlik, skakel jou foon af wanneer julle saam kuier.

Dit moet ‘n prioriteit wees om alleentye saam te hê.

Omring jou met vriende wat opbouend en tot voordeel van jou huwelik is. Vermy diegene wat nie ‘n aanwins vir jou huwelik is nie.

Lag baie. Soek geleenthede om te lag. Deel snaakse en humoristiese oomblikke van die verlede. Moeilike tye moet ook gedeel word en waardeer dan wat julle nou het.

Daar nie ‘n wenner of ‘n verloorder in ‘n argument is nie. Julle is vennote in alles en daarom verloor en wen julle saam … Werk saam om ‘n oplossing te vind.

Daar is nie twee sterk persone tergelykertyd in ‘n huwelik nie. ‘n Man en vrou sal om die beurt die sterk een in ‘n huwelik wees wanneer die ander party swak is.

‘n Huwelik is nie ‘n 50-50-ooreenkoms nie,

‘n egskeiding is … ‘n Huwelik is 100-100! Dit is nie om alles in die helfte te deel nie, maar elke huweliksmaat moet sy alles ten volle gee.

Elkeen moet sy beste gee, nie die oorblyfsels nadat jy jou beste vir ander gegee het nie.

Leer uit ander paartjies se foute, maar moenie jouself of jou huwelik met die van ander mense vergelyk nie. Die Here se plan vir jou huwelik is uniek!

Moenie jou huwelik verwaarloos terwyl jy jou kinders grootmaak nie. Dit kan opeindig in ‘n leë nes en ‘n leë huwelik …

Moenie dinge vir mekaar wegsteek nie. Geheimsinnigheid is ‘n vyand van intimiteit.

Moenie vir mekaar jok nie. Leuens breek vertroue, terwyl vertroue die fondasie van ‘n sterk huwelik is.

Erken as jy ‘n fout gemaak het. Erken dit in nederigheid en vra om vergifnis. Wees gou om te sê: “Ek was verkeerd”. “Ek is jammer.” “Vergewe my asseblief.”

As jou huweliksmaat jou vertroue verbreek het, vergewe hom/haar onmiddellik. Genesing sal vertroue herstel. Dit is ‘n goeie idee om gou te vergewe en

aan te beweeg. Julle kan nie aanbeweeg as daar onvergewensgesindheid is nie.

Wees geduldig met mekaar. Dit is ook die vrug van die Gees. Jou huweliksmaat is altyd belangriker as jou skedule!

Sorg dat jou huwelik ‘n modelhuwelik is wat jou kinders kan navolg.

Moet nooit sleg van jou huweliksmaat praat nie. Beskerm hom eerder.

Sorg dat jy altyd jou huweliksring aan het. Dit sal ‘n boodskap aan die wêreld daar buite deurgee.

Sorg dat jy by ‘n geestelike groep by die kerk ingeskakel is en gereeld die eredienste bywoon. Dit kan ‘n groot verskil in jou huwelik maak.

Sorg dat julle gereeld saam bid. As die Here die middelpunt van jou huwelik is, sal jou huwelik net sterker word.

Dink voordat jy iets vir jou huweliksmaat sê. Kies eerder om stil te bly …

Egskeiding moet nie ‘n opsie wees nie! ‘n Perfekte huwelik is maar net twee onperfekte persone wat weier om op te gee …

Sterkte met ‘n wonderlike geskenk wat die Here vir ons gegee het: ‘n huwelik! Pas dit op.

JouBlad • 11

Page 12: So kan jy jou huwelik gelukkig hou … Hoe om stil te word … · 2018-11-22 · Sake-entrepreneurs Gerhard Hauptfleisch 082 777 8381 Woordskool Henriëtte Barnard ... verander en

Vrou na God se hartDam

es by Woord en Lew

e

Vrou na God se hart het hulle jaarlikse makietie saam met 230 dames op lentedag gevier. Lindie Strydom, motiveringspreker

en skrywer, het ons vrouens kom bedien en gesels oor wat dit beteken om ‘n ‘Vrou na God se hart’ in die tyd waarin ons leef, te wees. Nadia Vorster het die geleentheid met goeie musiek afgerond. Die dames kon ook ‘n verskeidenheid van stalletjies besigtig en na hartelus koop. Die oggend is afgesluit met heerlike lekkernye.

Ons deel graag ‘n paar van die foto’s met julle.

Vrouemakietie by Woord en Lewe

Foto’s deur Blue Tree Photography

Sharali Barnard

12 • JouBlad

Page 13: So kan jy jou huwelik gelukkig hou … Hoe om stil te word … · 2018-11-22 · Sake-entrepreneurs Gerhard Hauptfleisch 082 777 8381 Woordskool Henriëtte Barnard ... verander en

Vrou na God se hart het vanaf 12-14 Oktober ons tweede Vrouekamp ‘Mexican style’

met groot bederf by Woord en Lewe-Rusoord aangebied. Ons tema, ‘Met alles’, het elke vrou op ‘n reistog geneem om wat bedoel word in Markus 12:30, “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou ganse siel en met jou totale verstand en met al jou krag”, beter te verstaan en toe te pas.

Wat ‘n voorreg om die kroon van God se skepping te bedien, te bemoedig en te inspireer. Ons eer die Here vir al die getuienisse waar vrouens se lewe aangeraak en verander is.

Ons deel graag van die getuienisse met julle.

“Die kamp het ongelooflik baie vir my beteken. Ek was in ‘n baie donker tyd in my lewe en het my lewe probeer neem omdat ek net nie meer lig gesien het nie. Maar die naweek het ek weer die lig gevind en weer begin lewe. Ek is ‘n kind van God.” - Anoniem

“Het nie woorde om te beskryf wat die kamp vir my beteken het nie. Dankie.” – Antoinette

“Ek het nie regtig geweet wat om te verwag nie, maar het gekry waarna ek gesmag het. God het weer lewe in my geblaas!” - Rochelle de Beer

“We are forever told to renew our minds. This weekend was the first time I was taught how to renew your mind! I came with a question on my heart and Friday night as I closed my eyes to go through my thoughts, God showed up and answered it as clear as anything. I left camp knowing exactly what He wants from me. Thank you to all the ladies for including me and making the weekend so super special for me.” - Julie Gilchrist

“Ek het met die verwagting gekom om te ontvang. ‘Obviously’ het God sy eie planne gehad. Ek is so opgewonde dat Hy my kon gebruik om van die ‘girls’ te bedien en te kon ‘relate’ om hulle te motiveer, te laat lag en net goed te laat voel. Ek is ‘blessed’!” - Chantal Holder

“Wat die kamp vir my beteken het: Ek sal nooit weer alleen wees nie, God sal altyd daar wees. God wil my gebruik. In Hom is ek sterk. Dit maak nou nie meer saak hoeveel dinge in my lewe gebeur nie - ek sal altyd ‘n lig uitstraal in sy Naam. When I am weak, I am strong. My siel is honger vir meer van God. Ek was gedoop … groot doop! Ek kom van ‘n kerk waar dit nie ‘normaal’ is nie. Ek sê vir julle dankie dat my lewe vorentoe nooit weer dieselfde gaan wees nie. Julle dames in bediening het my menswees verander!” - Christine Bekker

“Ek was so geseënd om by die kamp te kon wees. Ek gaan deur ‘n baie

moeilike tyd met my skeisaak, maar die kamp het my opnuut verreik. Ek is gedoop! Baie dankie aan almal wat hierdie kamp vir my en my dogter spesiaal gemaak het. Ek gaan huis toe met ‘n nuwe hart, met liewe Jesus in my hart!” - Anoniem

“Ek het na die kamp toe gekom om myself te vind, maar het meer as dit gekry! Ek het weer die krag waarna ek so na gesmag het. Ek wil net baie dankie sê … elke oomblik van hierdie naweek het persoonlik baie vir my beteken. Ek het gekry waarna ek gesoek het. Baie dankie!” - Anoniem

“Ek wil net vir Vrou na God se Hart-bediening baie dankie sê vir een besonderse kamp. Wow! is al wat ek kan sê. Dit wat die Here Saterdagaand vir my gedoen het, is iets wat ek sukkel om in woorde te om te sit. Maar dit was rêrig n ‘life changing experience’ wat ek gehad het toe toe ek in die kerk afgeloop het. Soveel seer en ‘inner vows’ wat ek oor soveel jare gemaak het, het die Here in ‘n kwessie van ‘n paar meter kom genees en herstel. Hy het op my hart kom opereer. Die ‘worship’ was so ‘intense’ en besonders en die Here het net gekom en gedoen wat net Hy kan doen. Waardeer alles wat julle vir elke vrou gedoen het. ‘Kosbaar’ beskryf dit nie eers nie.” - Anoniem

Vrouekampmet alles!

Vrou

na

God

se h

art

Dam

es b

y W

oord

en

Lew

e

JouBlad • 13

Page 14: So kan jy jou huwelik gelukkig hou … Hoe om stil te word … · 2018-11-22 · Sake-entrepreneurs Gerhard Hauptfleisch 082 777 8381 Woordskool Henriëtte Barnard ... verander en

Sielsvoedsel

Moenie oordeel nie

Matt. 7:6 “Moenie wat heilig is, aan die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie …”

Wanneer ons ander veroordeel en kritiseer, neem ons dit wat heilig is (liefde) en gooi dit vir die honde en varke (bose geeste). Ons maak ‘n deur oop sodat die bose geeste heilige dinge kan vertrap en ons dan verskeur.

Toe ek swanger was met ons vierde kind, was ek vir die eerste drie maande so naar dat ek gewig verloor het en geen energie gehad het nie. Soms te moeg om te roer. Hierdie situasie was vir my ‘n raaisel, aangesien ek dit nooit met die ander swangerskappe ervaar het nie.

Toe vra ek vir die Here: “Wat is fout met my, Here? Hoekom beantwoord U nie my gebed om die naarheid weg te vat nie?” Die Heilige Gees het my aangespoor om Matt. 7 te lees en my toe aan ‘n voorval ‘n paar jaar tevore herinner.

Ek het onthou hoe ek en ‘n vriendin oor ‘n ander Christenvriendin gepraat het wat swanger was en nie meer ons weeklikse Bybelstudiebyeenkomte bygewoon het nie omdat sy sleg gevoel

het. Ons het gevoel dat sy nie hard genoeg probeer het om haar omstandighede te bowe te kom nie. Ons het nooit uitgevind hoe dit werklik met haar gaan nie en ook nie aangebied om te help nie. Ons het eenvoudig besluit dat sy ‘n swakkeling is en haar swangerskap as verskoning gebruik omdat sy eintlik lui en gemaksugtig is.

Nou was ek in presies dieselfde bootjie as daardie vrou. Die Here wys my toe dat ek deur my veroordeling en kritiek, ‘n deur vir die duiwel oopgemaak het. Ek het my pêrels – dit wat heilig was (my vermoë om die vrou lief te hê) – vir die honde en die varke gegooi het en hulle het my kom verskeur. Ek het dadelik my sonde bely en my naarheid was iets van die verlede.

Daardie voorval het my ‘n belangrike les geleer oor die gevare van veroordeling en kritiek. Wanneer Jesus sê ons moenie ons medemens veroordeel nie, is dit om ons eie beswil, want Hy wil nie hê ons moet veroordeel word nie. Weerstaan die versoeking om te kritiseer en te veroordeel en verseker sodoende dat jy en jou medemens geseën, eerder as geoordeel word.

Vrou na God se hartDam

es by Woord en Lew

e

Joyce Meyer

14 • JouBlad

Page 15: So kan jy jou huwelik gelukkig hou … Hoe om stil te word … · 2018-11-22 · Sake-entrepreneurs Gerhard Hauptfleisch 082 777 8381 Woordskool Henriëtte Barnard ... verander en

Stre

eknu

us

Die Here se liefde en teenwoordighied was tasbaar tydens die naweek. Dit was ons as huisgesin se vierde kamp saam met die Oosstreek en, soos altyd, het ons dit weer eens baie geniet. Ek wou opgee, dit het gevoel of die Here van my vergeet het. Saterdagaand om die kampvuur, gaan daar vir my 'n profetiese woord uit. (Jy wat moeg is, kom na my toe. Ek het nie van jou vergeet nie.) Die afgelope paar maande was moeilik vir my, maar ek het staande gebly en op ons hemelse Pappa vertrou dat daar 'n deurbraak sal kom. Past. Juan het vir my gebid. Aanvanklik het dit gevoel of die boeie en ysters nie wou losgaan nie. Die Here sê toe vir my: "Laat los My kind, ek het jou". Ek was so dronk in die Gees dat ek glad nie kon opstaan of loop nie. Terwyl past. Juan vir die ander mense gebid het, vul die Heilige Gees my met vrede in my hart en 'n lag wat almal aangesteek het. Ek is beslis 'n ander mens en kyk anders na die lewe. Ek het geleer, al kry jy seer, vertrou altyd op God - net Hy kan restoreer en heelmaak. Baie dankie aan past. Juan en Merika wat die naweek onvergeetlik gemaak het. Julle is wonderlik! Ons almal het verryk en met nuwe moed huiswaarts gekeer! - Sharleen en Johan Steyn

Wegbreeknaweek van die OosstreekDie naweek van 7

September het die Oosstreek ons Woord-

en-Lewe-Rusoord besoek. Dit was 'n naweek van baie pret, lag en veral geestelike groei. FH Havinga, 'n groot kenner op die okkultiese gebied, het Saterdagoggend vir ons 'n sessie oor die Geesteswêreld en ons onkunde daaromtrent, aangebied. Hy het die volgende onderwerpe behandel: Wat is Halloween werklik? Kan kinders van die Here regtig onskuldig daaraan deelneem? Soms is ons nie bewus van die werklikheid en gevolge van die geesteswêreld nie, al is dit onskuldig.

Terwyl die oggendsessie aan die gang was, het die kinders heerlik aan Boeresport deelgeneem, roomys geniet en later in die “speletjieskamer” baljaar.

Die hoogtepunt van ons naweek was Saterdagaand waartydens ons lidmate om die kampvuur bedien is. Die Heilige Gees was teenwoordig en baie mense is aangeraak met wonderwerke en deurbrake.

In die Oosstreek is ons een groot familie en ons is dankbaar vir elke lidmaat.

Twee paartjies deel hulle ervaring van die naweek met ons.

Ons het baie geleer, nuwe mense in ons streek ontmoet en mekaar beter leer ken.

Ons was bevoorreg dat FH Havinga die naweek saam met ons kon meemaak. Hy het ons, onder andere, geleer hoe om die boek Openbaring beter te verstaan asook hoe om geestelike oorlogvoering te doen. Saterdagaand het ons om ‘n heerlike kampvuur deelgeneem aan lof en aanbidding, waarna past. Juan ons bedien het. Dit was wonderlik om in God se teenwoordigheid te wees en die krag van die Heilige Gees te kon ervaar. Duisend dankies vir die moeite wat ons pastoorspaar, Juan en Merika Momberg, gedoen het om die naweek onvergeetlik te maak. Dankie vir al julle beplanning, toewyding en omgee. Ons waardeer dit opreg. Mag God julle ryklik seën in julle bediening. Ons sien uit na die volgende kamp en dat baie nog by hierdie streek soos lewende stene ingebou sal word en deel sal wees van die Oosstreek-familie. - Jan en Ronelle Labuschagne

Past. Juan en Merika Momberg

FH Havinga

JouBlad • 15

Page 16: So kan jy jou huwelik gelukkig hou … Hoe om stil te word … · 2018-11-22 · Sake-entrepreneurs Gerhard Hauptfleisch 082 777 8381 Woordskool Henriëtte Barnard ... verander en

Aflame

Dawid Lamprecht082 457 9146

Elke Vrydag vanaf 19:00 tot 21:00 by Woord en Lewe

Aflame Jeug het hul eerste Survivor-kamp gehad. 20 tieners het vir vier dae in die natuur deurgebring met net die klere aan hulle lyf en ‘n potjie rys. Die aande was koud en hulle

moes self ‘n skuiling bou. Hulle was in twee spanne opgedeel wat teen mekaar moes kompeteer.

Die verloorspan het na Tribal Council gegaan waar hulle dan iemand van die span moes uitstem. Na vier dae was daar slegs drie spelers oor. Die uitgestemde tieners het toe gekies wie hulle dink die ultimate survivor moet wees. Lashoeraelle Oncke (Bella) is as die wenner van die eerste Aflame-survivor tydens ons Sondagaanddiens op 7 Oktober, aangewys.

Hierdie byeenkoms was een van Aflame se grootste byeenkomste en deur die Here se hulp ook baie suksesvol. Almal getuig daarvan.

Tydens die kamp het ek ‘n ander kant van ons tieners gesien. Dit was lekker om hulle buite die vier mure van die kerk beter

te leer ken. Ons het wonderlike jongmense met goeie harte. Dit was vir hulle baie moeilik om mekaar uit te stem. Die tieners het alles ingesit in die game.

Aflame het die beste tieners! Ons het geleer soos I Joh. 5:4 sê: “Alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld.” Almal is survivors deur Jesus Christus.

Volgende jaar doen ons dit weer en die tieners gaan dan ‘n nuwe Aflame-survivor kies om gekroon te word.

Dawid Lamprecht - Jeugpastoor

Aflame-Survivor

16 • JouBlad

Page 17: So kan jy jou huwelik gelukkig hou … Hoe om stil te word … · 2018-11-22 · Sake-entrepreneurs Gerhard Hauptfleisch 082 777 8381 Woordskool Henriëtte Barnard ... verander en

Die Survivor-kamp was vir my ‘n lekker uitdaging. Toe ek aanvanklik daar aangekom het, het ek gedink dit gaan moeilik wees omdat ek niemand daar geken het nie, maar almal was vriendelik en ek het sommer dadelik ingepas. Dit was vir my lekker om saam in ‘n span te werk en net al die uitdagings te geniet . Individueel was dit moeiliker en meer uitdagend, want toe moes ons vergeet van vriendskap en ‘n ‘rugsteker’ word wat glad nie lekker was nie! Ek het nooit gedink ek sal ooit wen nie, maar ek sou dit ook nooit sonder my vriende Micheal, Regardt en Enslin en die ander wat vir my gestem het, gedoen het nie! - Lashoeraelle Oncke (Bella) – Survivor-wenner.

Net soos die kinders wat vir die Survivor-kamp ingeskryf het en nie geweet het wat om te verwag nie, was dit

ook met my die geval. Toe Dawid my genader het om met die kamp te help, was dit ‘n dadelike ‘ja’, maar min het ek geweet wat dit alles sou behels! Die kamp was vol verrassings. Alhoewel daar moeilike besluite was, het alles aan die einde perfek inmekaar gepas. Die kinders is ‘n ongelooflike groep jongmense met wie ek enige tyd weer sal gaan kamp. Dit is so amazing hoe elkeen sy unieke persoonlikheid na die kamp toe gebring het. Dit het gelyk of elkeen perfek deur ons Vader se hand uitgekies is ... Die laaste aand voor die lang pad huis toe, was net ongelooflik! Die Here het ‘n ontmoeting met elkeen van ons seuns en dogters gehad toe Hy hulle met sy liefdeshand aangeraak het. As ek gevra sou word: “Alichia, sal jy dit weer doen?” sal my antwoord wees: "Vir seker!". En as ek gevra sou word of daar iets moet verander, sou ek met die grootste smile sê: "Niks nie. Dit was perfek." Dankie aan elke ouer wat julle kinders aan ons toevertrou het. Hulle is voorwaar ‘n amazing-groep. Alichia Pieterse Assistentjeugpastoor

Hier is ons kinders se terugvoer oor die kamp:

“Die kamp was baie lekker, maar rof. Dit was ‘n goeie uitdaging. Hoewel dit nie so moeilik en rof was soos die actual survivor nie, was dit steeds ‘n challenge vir ons tieners. Ek glo die kamp het ons almal as vriende nader aan mekaar gebring.” - Jaden Huisamen, Survivor-deelnemer (derde plek).

“Ek dink dit was heavy lekker gewees. En al die nuwe vriende wat ek ontmoet het, was amazing gewees. Dit was ‘n wonderlike geleentheid om op die kamp te kon wees.” - Chantell Haman, Survivor-deelnemer (tweede plek).

My ervaring by Survivor Aflame was iets wat ek nooit sal vergeet nie! Dit was nie maklik nie, maar ons almal was sterk genoeg om tot einde toe deur te druk.

Om mense uit te vote was die moeilikste ding om te doen, maar ons almal moes dit doen. Die challenges wat ons moes doen was regtig iets nuuts – iets wat ek nog nooit vantevore gedoen het nie. Ons almal het een ding deur die hele game geleer en dit is: Moet nooit opgee nie, al lyk dinge regtig sleg, dinge lyk altyd beter aan die einde … en jy is sterker as wat jy dink! - Lorrain Stemmet, Survivor-deelnemer.

Outwit Outlast OutplayIt's all you need!

Aflam

e

JouBlad • 17

Page 18: So kan jy jou huwelik gelukkig hou … Hoe om stil te word … · 2018-11-22 · Sake-entrepreneurs Gerhard Hauptfleisch 082 777 8381 Woordskool Henriëtte Barnard ... verander en

Aanddiens by Woord en Lew

e

Experience-Sondae is al deel van die aanddiens se jaarprogram en is altyd,

presies soos die naam sê, 'n ongelooflike experience! Hierdie kwartaal s'n was ook nie 'n uitsondering nie.

Op 2 September het die gasspreker, Rachel Kolisi, haar storie, getuienis en liefde vir ander en hul behoeftes met ons gedeel. Sy het ook tydens die vraag-en-antwoordsessie meer uitgebrei oor hoe dit voel om met Springbokkaptein, Siya Kolisi, getroud te wees, hoe baie sy van rugby hou en hoe sy en Siya dit regkry om vier kinders groot te maak. Sy vervul soveel rolle; as ma, vrou en organiseerder van verskeie liefdadigheidsprojekte en dit het gemaak dat talle mense in die gehoor by haar aanklank kon vind.

Die aand is, soos gewoonlik, afgesluit met heerlike kos en koffiestalletjies waar oud en jonk saam gekuier het. Die hart van Experience-Sondag is nie net om 'n uitsonderlike tyd in die teenwoordigheid van God binne die ouditorium te hê nie, maar ook na die diens. Daar word moeite gedoen om tyd te spandeer met mense in ons gemeenskap om verhoudings te bou.

Ons is baie opgewonde om te sien wat volgende jaar se Experience-Sondagprogram gaan inhou.

Bjorn UysOrganiseerder: Aanddienste

Wat 'n wonderlike experience!

Björn Uys

[email protected]

011 913 4567 / 082 456 1911

18 • JouBlad

Page 19: So kan jy jou huwelik gelukkig hou … Hoe om stil te word … · 2018-11-22 · Sake-entrepreneurs Gerhard Hauptfleisch 082 777 8381 Woordskool Henriëtte Barnard ... verander en

Nuu

s by

Woo

rd e

n Le

we

Baie geluk aan past. Ronnie en Henriëtte Barnard wat tydens die onlangse AGS-konferensie wat by Woord en Lewe aangebied is, ‘n langdienstoekenning ontvang het. Ons is so bevoorreg om

‘n presiderende pastoorspaar soos hulle te kan hê. Ons vertrou dat die Here hulle nog lank vir ons sal spaar.

Janrich van der Westhuizen, dromspeler en seun van Leon en Debbie wat ook deel van ons Lof-en-aanbiddingspan is, het aan die jaarlikse

Kids with talent SA-kompetisie deelgeneem. Hy het die eerste plek in die ouderdomsgroep 13 tot 14 jaar verower. Hy het ook die eerste plek in die dromafdeling oor al die ouderdomsgroepe gewen wat ‘n uitsonderlike prestasie is.

Baie geluk, Janrich! Ons vertrou dat jy nog vir baie jare jou talent tot eer van die Here sal gebruik en nog baie kompetisies sal wen.

40 jaar diens

Woord en Lewe se dromspeler presteer!

‘n Groepie kinders wat van verskillende plakkerskampe af kom, het by die AGS-konferensie opgetree.

JouBlad • 19

Page 20: So kan jy jou huwelik gelukkig hou … Hoe om stil te word … · 2018-11-22 · Sake-entrepreneurs Gerhard Hauptfleisch 082 777 8381 Woordskool Henriëtte Barnard ... verander en

Kersalbum

Die aanbiddingspan, onder leiding van Andrew, het

Sondag 4 November, hulle Kersalbum, Christmas won’t be Christmas, vrygestel. Die album bestaan uit gunsteling-Kersliedere, asook ‘n oorspronlike lied getitel, Christmas won’t be Christmas.

Kersfees-extravaganza

Op 2 Desember gaan ons ‘n Kersfees-extravaganza

aanbied wat beloof om ‘n groot aand te wees. Die Johannesburg Philharmonic Orchestra, Colla Voce-jeugkoor en die Salvation Army sal ook teenwoordig wees om van dit ‘n onvergeetlike aand te maak. Die konsert gaan tydens ‘n gesamentlike diens om 18:00 plaasvind en word gratis aangebied. Moet dit nie misloop nie! Nooi gerus al jou familie en vriende ook!

Sien jou daar.

Woord en Lewe se Kersalbum

Roete 60

Roete 60-mense, ons nooi julle om elke Donderdagoggend om 10:00 in Saal 1 bymekaar te kom vir Woordbediening en ‘n lekker kuier daarna.

OpvoeringOns beplan ‘n opvoering vir vroeg volgende jaar. Hierdeur wil ons ‘n boodskap van hoop aan die jonger geslag oordra. Om dit te kan doen, benodig ons jou verhaal van hoop. Sit dit asseblief op skrif en stuur dit aan [email protected]. Ons hoor graag van jou.

Ons sien jou by ons weeklikse byeenkoms …

Groete,

Past. Eben Spannenberg

Weeklikse byeenkoms

Andrew Graham

When God is involved, anything can happen. Be open. Stay that way. God has a beautiful way of bringing good vibrations

out of broken chords. -John Piper

20 • JouBlad

Page 21: So kan jy jou huwelik gelukkig hou … Hoe om stil te word … · 2018-11-22 · Sake-entrepreneurs Gerhard Hauptfleisch 082 777 8381 Woordskool Henriëtte Barnard ... verander en

Nuw

e lid

mat

e

Nuwe lidmate, baie welkom!

Nicolene AckermanAllen AureliaJan BadenhorstSteven en Jolien Bam Charlotte BredenhannSusan BritzReuben BurgerClinton CamilleriDeon en de Bruin SuzetteStefan en Antwanuke de KockStefan de KockCarla de VilliersJannie de VilliersAdel du ToitRenier EberweinZander en Elmerize ElseAnnie ElseNeel en Liezle EngelbrechtWaldi en Yolandi EsterhuyseMarius Esterhuyse

Danie en Venda AyresAubrey en Denise BarnardAnton en Charmaine BekkerLourens BoddingtonJackie BoshoffWouter en Monique BothmaLionel BuckRita CoetzerDave CrauseRoy en Bernadette CrousLouis en Sonja de BeerMarie de BeerDaphne de LangeCorrie DexterMatilda EalesJamel EalesAnsie ErasmusEdward FunchalRikus en Tersia GoosenBekkie JohnsonPaul Joubert

Ons vertrou dat elke nuwe lidmaat alreeds welkom voel. Mag jy baie gelukkig wees by Woord en Lewe en deel voel van hierdie familie.

Zane EsterhuizenWillem GeldenhuisKobus HammanAnton en Chantel HutchansShawn en Chantell HolderMorne en Susan IkkingAndre KoekemoerAndre en Ronel KokDries en Vanessa KunzHester LabuschagnePhillip en Elize le RouxHermanus en Jolene LombaardSimone MaraisAnette MeyerZureta MeyerHeidi NelRiaan en Mariet NienaberEugene NienaberCaylah NishZelda Nortje

Marianka KrugerMark en Natasia LyonsAbraham en Helen MarketJan en Corri MeyerMagda MeyerJacques Adriaan MullerNellie NelDeon NortjeFlip en Marinda OlivierJannie OlivierClaude en Tania OosthuizenCandise PetzerToreen PienaarLanie PieterseWensi PortinhoJaco PretoriusJohn en Susan PrinsFrancois ReynekeEddie RewitzkyEngela ScottRonel Smit

Pieter NortjeJohan en Elzaan OlivierChantel PieterseRuan PieterseJaco en Widre ScheepersPatrick en Lelanie ScholtzYolanda SmitReg en Theressa SolomonPast. Eben en Rina SpannenbergJan en Kobie TaljaardJacoline vd HeeverVeronica vd BergSu-Mari vd HovenJohan en Jaconette van DykMagda vd SchyfAndré en Audrey van NiekerkPieter en Belinda van RooyenWillem en Yolanda van TonderMartie van ZylHanro WieseTyron Wykerd

Billy en Sadie SmitJeandre SnymanAnnetjie SteynKarin SwanepoelAlice SwanepoelLee-Anne SwanepoelNaomi SwartJadene VenterMorgan en Sterna VermaakCorne en Kathy VermaakRiaan en Zelda VisserRudy en Megan VolschenkTania van EedenLeandra vd MerweCorne vd MerweDebbie van StadenJohan van LoggenbergAndré en Marisa vd WaltJohan en Jackie van WykRuan van WykJenalee Wessels

Augustus 2018

November 2018

JouBlad • 21

Page 22: So kan jy jou huwelik gelukkig hou … Hoe om stil te word … · 2018-11-22 · Sake-entrepreneurs Gerhard Hauptfleisch 082 777 8381 Woordskool Henriëtte Barnard ... verander en

Love leaves legacy. How you treated other people, not your wealth or

accomplishments, is the most enduring impact you can leave on earth.

- Rick Warren

Benoni -kampus

Op Maandag, 8 Oktober het Benoni-kampus van Woord en Lewe die voorreg gehad om saam

met Inner City Ministries hande te vat om ongeveer 60 mense kos te gee. Die gemeentelede van die Benoni-kampus het die Sondagoggend na die diens bymekaargekom om kerrie en rys te maak. Ons het gou-gou skoonskip van ‘n paar sakke aartappels en uie gemaak. En ja … daar was dalk so ‘n bietjie kompetisie tussen die mans en vrouens oor wie van hulle ‘n groenteskiller die beste kon hanteer …

Maandagaand, gewapen met ons kospotte, bokse cupcakes en harte vol diensbaarheid, het ons die voorreg gehad om God se hande te wees.

Nadat hulle geëet het, is die Woord bedien. Daarna is hulle in klein groepies opgedeel om saam met ‘n fasiliteerder te gesels oor hoe om die Woord prakties in hul lewe toe te pas.

God sê in sy Woord: “Ek was honger en julle het My iets gegee om te eet en Ek was dors en julle het My iets gegee om te drink” (Matt. 25:35).

Dit was ons voorreg om deel te wees van God se liefde in aksie. Wat ons is, is uit genade. Ons gee aan God al die eer dat hy dit vir ons moontlik gemaak het om deel te kon wees van hierdie projek.

Natashja Poley Groepköordineerder, Benoni-kampus

Benoni-kampus dien die gemeenskap

Past. Sybil en Gert Bezuidenhout

22 • JouBlad

Page 23: So kan jy jou huwelik gelukkig hou … Hoe om stil te word … · 2018-11-22 · Sake-entrepreneurs Gerhard Hauptfleisch 082 777 8381 Woordskool Henriëtte Barnard ... verander en

Rese

p

Bestanddele1 groot hoender, geurig gaargemaak, ontbeen en in eetbare stukkies opgesny3 piesangs in skyfies gesny en met suurlemoensap behandel om verbruining te verhoed1 klein ui gerasper10 ml kerriepoeier250 ml mayonnaise200 ml vars room125 ml gevlokte amandels, effens in die oond gebak vir meer smaak1 pak (500 g) klein skulpienoedels gaargekook.

MetodeMeng alles saam en geniet.Indien die slaai die vorige dag gemaak word, verbeter die smaak. Moet net nie die piesang insny nie. Hierdie resep lewer 6-8 porsies.

Opsioneel: Vars pynappelstukkies en groenrissie kan ook bygevoeg word.

Rina Spannenberg is seker al bekend by die meeste van ons. Sy is die egg-enote van past. Eben en baie aktief

saam met hom in die bediening. Ek het haar gevra om haarself aan ons bekend te stel.

“Ek is 'n baie positiewe mens en baie lief vir die Here. Ek het in my matriekjaar my hart vir die Here gegee en ek kan net getuig van sy goedheid, genade en guns oor my lewe. Ek is geseënd in alle opsigte en my passie en liefde lê by mense en om hulle by die Here uit te kry.

My stokperdjies is eerstens kosmaak. Ek is baie lief daarvoor en ook geïnteresseerd

in ander kulture se kosse. Ek het voorheen baie spyseniering gedoen maar nou is ek voltyds saam met my man in die bedien-ing wat al my aandag verg. Verder is ek ook lief om tuin te maak wat te danke is aan my moeder wat my van jongs af al die tegnieke van tuinmaak geleer het. Sy het ook die verskillende plante aan my bekend gestel asook hoe om hulle te voed en te versorg. Dan, mooi klere bly my swakpunt … en ja, ook goed gemeubileerde huise bly maar mooi ...”

Ek gee ook 'n reseppie vir 'n heerlike hoenderslaai wat goed werk vir somers-dae!

Hoenderslaai

Rina Spannenberg

Failure isn't a character quality. It's just an event. How you respond to failure is your

character. -Rick Warren

JouBlad • 23

Page 24: So kan jy jou huwelik gelukkig hou … Hoe om stil te word … · 2018-11-22 · Sake-entrepreneurs Gerhard Hauptfleisch 082 777 8381 Woordskool Henriëtte Barnard ... verander en

BesigheidsureMaandae: 11:00 tot 16:00Dinsdae tot Donderdae: 08:00 tot 16:00 Sondae: 08:00 tot 13:00 17:00 tot 20:00

KoffiewinkelKom geniet ‘n lekker ontbyt, ‘n ligte middagete of ‘n koppie koffie met koek.

Ook beskikbaar vir: Klein funksies, Platters (bestelling moet 48 uur vooraf geplaas word)

011 913 4567

BoekwinkelHier kry jy:• Geskenkies• CD’s en DVD’s • Bybels en boeke• Lekkernye• Koeldranke

SPESIALE AANBOD

Cappuccino en ‘n

snytjie koek R40

Kersaanbod10% afslag op

verskeie boeke