Upload
others
View
0
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
© R. J. du Preez Stamouers van Koos en Marietjie
Opdatering 12.3.2016 Vordering 25 50 75 95
Hoofstuk 2
Stamouers in Koos en Marietjie se
voorgeslagte
Oriëntering As Suid-Afrikaanse stamouers word diegene geneem wat die eerste geslag was wat in Suid-Afrika kinders gehad het of met kinders in die Kaap aangekom het. In sommige gevalle, soos met die slawe, is dit dikwels moeilik om die eerstes wat hier kinders gehad het, te bepaal. Daar is oor die Suid-Afrikaanse stamouers se voorgeslagte in hulle lande van herkoms tot 'n sekere mate reeds gegewens bekend. Daar mag hier en daar na hierdie voorsate verwys word, maar hierdie storie word beperk tot die Suid-Afrikaanse stamouers. As die voorouers van Jan en Annie geneem word en telkens weer die man en vrou van die voorgeslagte, kom 'n mens by baie stamouers uit. In 'n redelik geslote gemeenskap, soos aan die Kaap, kom dieselfde stamouers dikwels meer as een keer in ’n voorouerlys voor.
Koos en Marietjie se voorouerlys Heelwat persone wat familiegeskiedenis navors, stel 'n voorouerlys op. Dit bestaan meesal uit die name en genealogiese gegewens van al die betrokke voorouers. So 'n voorouerlys word nie hier verstrek vir Koos en Annie nie en wel om die volgende redes:
o Dit kan nie op een bladsy uiteengesit word nie. Inderdaad kan dit baie bladsye met baie gegewens beslaan wat vir die leser verwarrend kan wees.
o Die genealogiese gegewens oor die persone in so 'n voorouerlys is in 'n groot mate reeds beskikbaar in navorsing oor bepaalde vanne of algemene publikasies soos die Suid-Afrikaanse Geslagsregisters. Om al die gegewens hier te verstrek sal in die meeste gevalle 'n herhaling wees van wat reeds beskikbaar is.
o Dit val nie binne die bestek van hierdie navorsingsprojek om die voorouerlys met al sy gegewens na te vors en op te stel nie.
In hierdie hoofstuk
Oriëntering – bl.
Voorouerlys – bl.
SA Stamouers – bl.
Regering aan Kaap – bl.
Botsings met gereg – bl.
Verset teen regering – bl.
Maatskaplike lewe – bl.
Slawe stamouers – bl.
Hugenote stamouers – bl.
Vroue wat merk maak – bl.
Plase van stamouers – bl.
© R. J. du Preez Stamouers van Koos en Marietjie
Opdatering 12.3.2016 Vordering 25 50 75 95
Die raamwerk van so 'n voorouerlys is wel opgestel om te bepaal wat die vanne van al die voorouers van Jan en Annie was. Die voorouerlys is teruggewerk tot by voorouers wat aan die Kaap aangekom het en wat hier die stamouers genoem word.
ʼn Gedeelte van die voorouerlys van Koos en Marietjie Steenkamp se kinders. Hieronder is 'n gedeelte van die voorouerlys van Koos en Marietjie se kinders. Daar is by hulle kinders begin om gegewens oor beide Koos en Marietjie in te sluit. Soos uit die voorbeeld gesien kan word, word die ouers van iemand telkens verstrek. So hou die lys aan vertak tot by die stamouers. Afhangende van die getal geslagte wat daar in die land was, kan die lys voorsiening vir 1022, 2044, ens. moontlikhede vir voorouers maak. Daar sal egter nie soveel verskillende voorouers wees nie, omdat dieselfde voorouers op verskeie plekke voorkom.
2
(Koos)
Hendrik Stephanus Steenkamp
h3
4
Jan Harm (Jan)
Steenkamp g5
8 Hendrik Stefanus Steenkamp f9
16 Jan Harm Steenkamp e1
17 Alida Barendina Coetzee g1
9 Adriena Petronella van Wyk g5
18 Jan Harm van Wyk f7
19 Anna Sophia van Tonder e14
1 Steenkamp - 1. Jan Harm 2. Alida 3. Jacobus Hendrikus 4. Hendrik Stephanus 5. Pieter Jacobus
5
Anna Sophia Pretorius
g4
10 Petrus Jacobus Pretorius g4
20 Martin Johannes Lodewikus Pretorius g8
21 Martha Johanna Lavina van der Walt g6
11 Huibreg Catharina Florina Coetzee g6
22 Johannes Jacobus Adriaan Coetzee f6
23 Anna Sophia Venter g2
3
(Marietjie)
Maria Gertruida
Jacoba Janse van Rensburg
i9
6
Jacobus Hendrikus Janse van Rensburg
h3
12 Jacobus Hendrikus Janse van Rensburg g3
24 Jacobus Hendrikus Janse van Rensburg f5
25 Elizabeth Johanna Maria Nel f4
13 Sophia Catharina Kleynhans e?
26 Johannes Adolph Kleynhans d2
27 Maria Clasina Geertruida Willemse e1
7
Alida Jacoba Beneke
e2
14 Jacobus Wessel Pieter Beneke d?
28 Jacobus Wessel Beneke c6
29 Susanna Hendrina Raats d2
15 Alida Jacoba Olwage c6
30 Deetlef Christiaan Olwage b7
31 Rachel Dorothea Raats d7
© R. J. du Preez Stamouers van Koos en Marietjie
Opdatering 12.3.2016 Vordering 25 50 75 95
Suid-Afrikaanse stamouers wat van Koos en Marietjie se voorouers is.
Koos en Marietjie se voorouers wat ook Suid-Afrikaans stamouers is, word in die tabel hieronder weergegee. Notas:
o Die kolomme vir die man en vrou dui die stamouers aan, ongeag daarvan of hulle getroud was of nie. Heelwat van die stamouers het meer as een huwelik aangegaan, maar hier word slegs die man en vrou genoem wat die ouers van die voorsate van Koos en Marietjie was. Waar daar voorouers uit beide huwelike is, word die huwelike afsonderlik aangetoon.
o In die eerste twee kolomme word alternatiewe name ook aangedui en die tydstip waarop die betrokkenes in die Kaap aangekom het, waar dit beskikbaar is.
o Die kolomme “STK” en “JVR” verwys na die Steenkamp en Janse van Rensburg familiegroepe. Binne die kolomme is voorsiening vir die Steenkamp, Pretorius, Janse van Rensburg en Beneke families. Die kolom waarin daar 'n kruisie voorkom dui aan van wie van Koos en Marietjie se kante van die gesin die stamouers is.
o Name in skuinsdruk is die van stamouers en die in gewone druk hul geselle wie se stamouers elders aangedui word.
o Die kolomme oor die herkoms dui aan waarvandaan die persone afkomstig was. Grense het baie gewissel oor tyd.
KOOS EN MARTIETJIE SE STAMOUERS IN SUID-AFRIKA
MAN
VROU
STK JVR Herkoms
Man
Herkoms
Vrou
STK
PR
E
JVR
BEN
Barnard, Johannes Kaap: 1708
Strand, Sara Pietersz Kaap: Onbekend
X Keulen, Duitsland
Amsterdam, Nederland
Bastiaanse, Francois (Frans) Kaap: Vermeld 1686
De Leeuw, Anna Maria Kaap: Onbekend
X X Armentières, Frankryk
Nederland
Bekker, Pieter Kaap: Vermeld 1691
De Klerk, Jeanne (Jannetje) Kaap: 1688
X X Königsberg, Duitsland
Walcheren, Nederland
Beneke, Johan Dietrich Kaap: 1734
Monk, Anna X Duitsland
Bezuidenhout, Wynand Leenderts Kaap: Vermeld 1668
Gerrits, Jannetje Kaap: Onbekend
X X Nederland Amsterdam, Nederland
Johannes Bockelenberg Kaap: 1705
Johanna van den Bosch X Kolberg, Pole
Mauritius
Boshouwer, Pieter Kaap: c. 1682
Adrianje Gabrielsz 1 X X Nederland
Bosman, Hermanus Kaap: 1706
De Villiers, Elizabeth X Amsterdam, Nederland
Botha, Friedrich (Frederik) Kaap: 1678
Kickers, Maria Kaap: Onbekend
X X X Gotha, Duitsland
Nederland
Breitenbach, Johan Jacob Kaap: 1738
Bezuidenhout, Gerbrecht X Würzburg, Duitsland
Burger (Burcherdt), Barend Kaap: Vermeld 1691
Van der Merwe, Maria (Marritje)
X X Lübeck, Duitsland
Buys, Barend Kaap: 1715
Van den Berg, Alida X X Brunswyk, Duitsland
© R. J. du Preez Stamouers van Koos en Marietjie
Opdatering 12.3.2016 Vordering 25 50 75 95
MAN
VROU
STK JVR Herkoms
Man
Herkoms
Vrou
STK
PR
E
JVR
BEN
Campher, Lourens Kaap: Vermeld 1685
Ansela van die Kaap (Ansela Hanselaar)
2
X Pommere, Duitsland
Onbekend Was slavin
Celliers, Josua Kaap: 1700
Couvret, Elizabeth Kaap: 1700
X Orleans, Frankryk
Orleans, Frankryk
Claasz, Cornelis3
Kaap: Catharina van Malabar Kaap:
X X X Utrecht, Nederland
Malabar, Indië
Cloete, Jacob Kaap: Moontlik 1657
4
Raderotjes, Sophia (Fijtje)5
Kaap: 16596
X X X Oedt, Keulen, Duitsland
Oedt, Keulen, Duitsland
Coetzee, Dirk Kaap: 1679
Van der Schulp, Sara Kaap: 1679
X X Kampen, Nederland
Amsterdam, Nederland
Cordier, Louis Kaap: 1688
Martinet, Francoise Kaap: 1688
X X Orleanais7,
Frankryk Champagne, Frankryk
Cornelissen, Evert Kaap: 1673
Willemse, Maria Kaap: 1673
X Emmen, Nederland
Utrecht, Nederland
De Beer, Matthys Andries Kaap: 1699
Smit, Hilletje X Vaasa, Finland
De Jager, Pieter Christiaan Kaap: Vermeld 1696
Willemina van Mauritius Kaap: Onbekend
X X Gelderland, Nederland
Mauritius
De Klerk, Abraham Kaap: 1688
Mouton, Madeleine (Magdalena)
X X Walcheren, Nederland
De Savoye, Jacques Kaap: 1688
Du Pont, Christine Kaap: 1688
X X Ath, Frankryk
Ath, Frankryk
De Villiers, Abraham Kaap: 1689
Gardiol, Suzanne Kaap: 1688
X Bourgogne, Frankryk
Provence, Frankryk
De Villiers, Jacques (Jacob) Kaap: 1689
Gardiol, Marguerite Kaap: 1688
X La Rochelle, Frankryk
Provence, Frankryk
De Vries, Hendrik Abraham Kaap: 1708
Zaaiman, Maria X Mauritius
De Wege, Gideon Kaap: Onbekend
Vermeulen, Maria X Nederland
Du Plessis, Jean Prieur Kaap: 1688
Menanteau, Madeleine Kaap: 1688
X Poitiers, Frankryk
Poitiers, Frankryk
Du Preez (Des Prez), Hercules Kaap: 1688
D’Athis, Cecilia Kaap: 1688
X X Courtrai, België
Courtrai, België
Du Toit, Guillaume Kaap: 1686
Cochet, Sara Kaap: 1688
X Ryssel (Lille), Frankryk
Walcheren, Nederland
Erasmus, Pieter Kaap: Vermeld 1697
Jooste, Maria Elizabeth X X Nederland
Fouche (Foucher), Philippe Kaap: 1688
Souche, Anna Kaap 1688
Suevres, Frankryk
Frankryk
Fourie, Louis Kaap: 1688
Jordaan, Anna X X Dauphine, Frankryk
Gerrits, Caspar Kaap: Vermeld 1695
Speldenberg, Elsje X X Gelderland, Nederland
Kaap
Giliomee (Guillaumet), Francois Kaap: 1726
Cloy, Claudine Kaap: 1726
X Berlyn, Duitsland (Frans)
(Frans)
© R. J. du Preez Stamouers van Koos en Marietjie
Opdatering 12.3.2016 Vordering 25 50 75 95
MAN
VROU
STK JVR Herkoms
Man
Herkoms
Vrou
STK
PR
E
JVR
BEN
Grobbelaar (Grobler), Johan Kaap: 1708
Knoetzen, Geertruid X Brandenburg Duitsland
Helm, Hans Kaap: 1671
Willemse, Geertruy Kaap: 1671
X X X X Nederland Nederland
Hendriks, Thieleman Kaap: Vermeld 1659
Van den Berg, Mayken Hendriks Kaap: Vermeld 1659
X Zeeland, Nederland
Zeeland, Nederland
Henn (Herrn), Michael Kaap: 1748
Christina van die Kaap Kaap: Onbekend
X Sakse, Duitsland
Human, Jan (Johann) Kaap: 1703
Vion, Lysbeth van die Kaap
X Pruise, Duitsland
Jacob, Pierre Kaap: 1688
De Vos, Suzanne Kaap: 1688
X X Calais, Frankryk
Calais, Frankryk
Janse van Rensburg, Claas (Jansz) Kaap: Vermeld 1708
Van der Merwe, Aletta X Onseker
Jansen Van Vuuren, Gerrit Kaap: Vermeld 1691
Jacobs, Suzanne (Susanna) X Nederland
Jooste (Joost), Frans Kaap: 1693
Mouton, Maria
X Lippstadt, Duitsland
Jordaan (Jourdan), Pierre Kaap:
Fouche, Anne (Anna) Provence, Frankryk
Joubert (Jaubert), Pierre Kaap: 1688
Richarde, Isabeau Kaap: 1688
X Provence, Frankryk
Frankryk
Kemp, Nicolaas (Johannes) Kaap: 1696
Swerisse, Cecilia
X X Batavië Europa?
Kervel, Jurgen Kaap: Vermeld 1708
Harmensz, Catharina Kaap: Stammoeder?
X X Haarlem, Nederland
Herkoms
Kleynhans, Theodorus Kaap: 1747
Volschenk, Sophia Maria X Friesland, Nederland
Knoetzen, Cornelis Kaap: Onbekend
Helm, Dirkje X Fünen, Denemarke
Kruger (Cruger), Jacob Kaap: 1713
Kemp, Jannetje X X Pruise, Duitsland
Labuschagne, Pieter Kaap: 1710
Bacot, Anna Maria Kaap: 1717
X Enkhuizen, Nederland
Leeuwarden Nederland
Le Roux, Jean (a1) Kaap: 1688
Mouy, Jeanne Kaap: Onbekend
X X Blois, Frankryk
Lille, Frankryk
Le Roux, Jean (a3) Kaap: Vermeld 1689
De Haas, Maria
X Normandië, Frankryk
Lille, Frankryk
Lessing, Christiaan Goddlieb Kaap: 1748
Weyers, Johanna
X X Sakse, Duitsland
Maartens, Lourens Kaap: Onbekend
Visser, Martha X Oslo, Noorweë
Malherbe, Gideon Kaap: 1688
Grillion, Marie Kaap: Vermeld 1688
X Normandië, Frankryk
Orleans, Frankryk
Maré, Ignace (Ignatius) Kaap: Vermeld 1707
Jansen van Vuuren, Susanna
X Onseker
© R. J. du Preez Stamouers van Koos en Marietjie
Opdatering 12.3.2016 Vordering 25 50 75 95
MAN
VROU
STK JVR Herkoms
Man
Herkoms
Vrou
STK
PR
E
JVR
BEN
Matthee (Matthe), Abraham Kaap: 1743
Matthysen, Johanna X Tramelan, Switserland
Matthysen, Philip Kaap: Onbekend
Martyn, Anna Kaap: Onbekend
X Onbekend Onbekend
Moses van Macassar Kaap: Vermeld 1690
Sara van Macassar Kaap: Vermeld 1690
X Indonesië Indonesië
Mouton, Jacques Kaap: 1699
De Villiers, Marie X X Vlaandere, Frankryk
Myburgh, Lambert Lambertsz Kaap: Onbekend
Alberts, Aaltje (Aletta) Kaap: Onbekend
X X Noord-Holland, Nederland
Noord-Holland, Nederland
Neef, Heinrich Kaap: Voor 1693
Helm, Dirkje X Bordesholm, Duitsland
Nel (Neel), Guillaume Kaap: Voor 1690
De la Batte, Jean Kaap: Voor 1690
X X X Normandië, Frankryk
Samour, Frankryk
NN Iba van Timor8
Kaap: Onbekend X X Timor,
Indonesië
NN Maaij Claesje van Angola Kaap: 1658
X Angola
NN Marij van Angola9
Kaap: 1658 X Angola
NN Dorothe van Angola Kaap: 1658
X X Angola
Oberholster, Jan (Johann) Kaap: 1696
Du Toit, Helena X Oberholz, Switserland
Olivier, Hendrik Cornelisz Kaap: Vermeld 1671
Verwey, Beatrix (Guiberte) X X Ouwenkerk, Nederland
Olivier, Ockert Cornelisz Kaap: 1671
Visser, Maria Jansz X X Ouwenkerk Nederland
Olwage (Oldewage), Detlef Christiaan Kaap: 1773
Henn (Hern), Anna Margaretha
X Nedersakse, Duitsland
Oosthuizen, Johannes Kaap: 1685
Maartens, Johanna Kaap: Onbekend
X Weert, Nederland
Grypskerk, Nederland
Otto, Michael Kaap: 1714
Siek, Anna Margaretha X Pruise, Duitsland
Paasen, Jacob Kaap: Onbekend
De Jongh, Barbara Kaap: Onbekend
X Utrecht, Nederland
Onbekend
Pal, Helmer Kaap: Onbekend
Van Norden, Jacoba Kaap: Onbekend
X Quakenbruk, Duitsland
Onbekend
Piek, Casper Kaap: 1686
Hartog, Margaretha X Anrochte, Duitsland
Pienaar (Pinard), Jacques Kaap: 1688
Fouche (Foucher), Ester Kaap- 1688
X Chartres, Frankryk
Onbekend
Pyl, Abraham Bastiaansz Kaap: Vermeld 1670
Cornelisse, Cornelia X Zonnemaire, Nederland
Potgieter, Harmen Jansz Kaap: Vermeld 1673
Frederiks, Isabella (Beeltjie) Kaap: <1672
X X Wesfale, Duitsland
Amsterdam, Nederland
© R. J. du Preez Stamouers van Koos en Marietjie
Opdatering 12.3.2016 Vordering 25 50 75 95
MAN
VROU
STK JVR Herkoms
Man
Herkoms
Vrou
STK
PR
E
JVR
BEN
Pretorius, Johannes Kaap: 1666 en 1669
Victor, Johanna Kaap: <1677
X Goeree, Nederland
Amsterdam, Nederland
Prevot, Charles Kaap: 1688
Le Febre, Marie Kaap: 1688
X X Marq Calais Frankryk
Marq Calais Frankryk
Putter (Potter), Dietrich Kaap: Voor 1676
Visser, Zacharia X Zierenberg, Duitsland
Raats, Jasper Kaap: Vermeld 1711
Bastiaanse, Magdalena X X Utrecht, Nederland
Radyn, Jurgen Kaap: 1707
Malherbe, Maria X Hamburg, Duitsland
Rossouw (Rousseau), Pierre Kaap: 1688
Retief (Retif), Anne Kaap: 1688/89
X Orleans, Frankryk
Orleans, Frankryk
Roux, Paul Kaap: 1688
Seugnet, Claudine Kaap: c. 1699
X X Orange, Frankryk
Saintogne, Frankryk
Ryckman, Johannes Kaap: Vermeld 1685
Matthysen, Maria Kaap: Onbekend
X X Wey, Duitsland
Onbekend
Sandersz, Gerrit Kaap: Vermeld 1658
Arabus, Lijsbeth Kaap: 1656
X Blechsum Madagaskar
Schoeman (Schumacher), Hendrik (Heinrich) Kaap: 1724
Olivier, Martha X X Holstein, Duitsland
Siek, Johann Kaap: Onbekend
Helm, Geertruy X Bremen, Duitsland
Slabbert, Floris Kaap: Vermeld 1699
Jasperse, Huybregje Kaap: Vermeld 1700
X X Zeeland, Nederland
Westkapelle, Nederland
Smit, Johannes (Jan) Kaap: c.1688
Tol, Adriana Kaap: c.1688
X Maastricht, Nederland
Maastricht, Nederland
Snijder, (Schneider), Hans Christoffel (Christoph) Kaap: Vermeld 1667
Catharina van Paliacatta (Catharina van Bengale) Kaap: 1657
X X Heidelberg, Duitsland
Paliacatta, Bengale, Indië
Speldenberg, Hendrick Kaap: Vermeld 1679
Gabrielsz van die Kaap, Adrianje
10
X X Onbekend
Steenkamp, Jan Kaap: 1701 en 1707
Van Eck, Jannetje X Onseker
Steyn, Douwe Gerbrand11
Kaap: 1668
Lozee, Maria X Friesland, Nederland
Teerling, Willem Kaap: Onbekend
Sanders van die Kaap, Lysbeth
X Engeland
Tessenaar (Tesner), Heinrich Kaap: 1738
Francina Cordier X Wes-Pruise, Duitsland
Terrier, Daniel Kaap: 1688
Jacob, Sara Kaap: 1688/89
X Blesois, Frankryk
Calais, Frankryk
Trost, Hans Rutger Kaap: Onbekend
Maria van Bengale12
Kaap: Onbekend
X Elberfeld, Duitsland
Malabarkus, Indië
Van Aart, Gerrit Jansz Kaap: 1700
Van Gent, Levijntje Theunis Kaap: 1707
X X Delft, Nederland
Delft, Nederland
Van Belen (Van Bollen), Jan Jansz Kaap: Vermeld 1719
Van der Heyde, Anna
X Ditmarschen Duitsland
Kaap
© R. J. du Preez Stamouers van Koos en Marietjie
Opdatering 12.3.2016 Vordering 25 50 75 95
MAN
VROU
STK JVR Herkoms
Man
Herkoms
Vrou
STK
PR
E
JVR
BEN
Van den Berg, Jacobus Kaap: Vermeld 1700
Carteniers, Jacomina Kaap: Vermeld 1700
X X Zeeland, Nederland
Vlaandere, België
Van den Bosch, Jan Kaap: Onbekend
Cornelia Helm X Nederland
Van den Heever, Peter Petersen Kaap: c.1720
Johanna Bockelenberg X Husum, Holstein, Duitsland
Van der Merwe, Willem Schalk Kaap: 1660
Cloete, Elsje X X X Nederland
Van der Swaan, Gerrit Kaap: Vermeld 1705
Capher (Kamfer), Agnietie (Antoinetta)
X Nederland
Van der Vyver, Willem Kaap: 1714
Vivier, Maria X Haarlem, Nederland
Van der Walt, Geele Andries Kaap: 1727
Weyers, Johanna X X Friesland, Nederland
Van Deventer, Gerrit Janse Kaap: Vermeld 1687
Jacobs, Arianje X Deventer Nederland
Rotterdam, Nederland
Van Eck, Adriaan Kaap: Vermeld 1691
Haester, Anna Kaap: Vermeld 1693
X Amsterdam, Nederland
Leiden, Nederland
Van Graan, Otto Ernst Kaap: Vermeld 1704
Mosesz van die Kaap, Rebecca
X Onbekend
Van Jaarsveld, Adriaan Kaap: <1702
Nel, Cornelia X Onbekend
Van Locherenberg, Jan Kaap: 1717
Boshouwer,Gerbrecht X Rotterdam, Nederland
Van Marseveen, Pieter Jansz Kaap: Vermeld 1688
Du Preez, Elizabeth Kaap: 1688
X X Nederland Courtrai, België
Van Meerhoff, Pieter Kaap: 1659
Krotoa (Eva) van die Kaap X Denemarke Kaap Inheems
Van Staden, Maarten Kaap: <1686
Ernst, Margaretha Kaap: <1686
X Haarlem, Nederland
Amerongen, Nederland
Van Tonder (Tonderen), Andries Cornelisz Kaap: Vermeld 1703
De Vrij (Vrey), Cornelia Kaap: Vermeld 1711
X Nederland Amsterdam, Nederland
Jansen Van Vuuren, Gerrit Kaap: 1687
Jacobs, Suzanne (Susanna) X Nederland
Van Wielligh, Nikolaus Kaap: 1705
Van Wyk, Elizabeth X Hamburg, Duitsland
Van Wyk, Roelof Adriansz Kaap: 1677
Jansz, Trijntje Kaap: 1677
X X Nederland Nederland
Venter, Hendrik Kaap: Onbekend
Viljoen, Anna X X Onbekend
Vermeulen, Dirk Kaap: 1705
Hansen/Rutgertroost van die Kaap, Jannetje
X Nederland
Verwey, Gysbert Dirksz Kaap: <1668
Ganzevanger, Catharina Kaap: <1668
X X Milligen, Nederland
Milligen, Nederland
Viljoen (Villion), Francois Kaap: 1671
Campenaar (Cempenaar, ens), Cornelia
X X Clermont, Frankryk
Zeeland, Nederland
© R. J. du Preez Stamouers van Koos en Marietjie
Opdatering 12.3.2016 Vordering 25 50 75 95
Kaap: Vermeld 1676
MAN
VROU
STK JVR Herkoms
Man
Herkoms
Vrou
STK
PR
E
JVR
BEN
Vion, Dirk13
Kaap: Vermeld 1698
Lijsbeth van Malagasij Kaap: Onbekend
X X Amsterdam, Nederland
Madagaskar
Visser, Gerrit Jansz Datum: 1670
Thielemans, Janetta (Jannetje)
X Overyssel, Nederland
Visser, Jan Coenraad Datum: 1657
Gerrits, Geertjen (Margarteha) (Grietjie Grof) Kaap: 1662
X X X Overyssel, Nederland
Nederland
Vivier, Abraham Kaap: 1688
Du Preez, Jacquemine Kaap: 1688
X Normandië, Frankryk
Courtrai, België
Volschenk, Evert Jansz Kaap: Onbekend
Van Graan, Sara X Noorweë
Vosloo, Johannes Kaap: 1681
Helena van Malabar14
Kaap: Vermeld 1693
X Wesfale, Duitsland
Malabar, Indië
Vrey, Bernardus (Barnard) Kaap: 1750
Van Aarde, Anna X Montabaur, Duitsland
Weyers, Heinrich Kaap: 1702
Gerrits, Anna Elizabeth X X Nederland
Willemse (Willems), Gert Kaap: 1690
Cornelisz, Maria X Friesland, Nederland
Zaayman, Daniel Kaap: 1709 vanaf Mauritius
Van Meerhoff, Pieternella Kaap: 1709 vanaf Mauritius
X Nederland & Mauritius
Kaap & Mauritius
Soos uit die bogenoemde lys blyk, is daar nie oral sekerheid oor stamouers nie. Indien die persone in die bogenoemde lys wat gelys is as stamouers wat van buite die Kaap hier aangekom het, asook die inheemses, geneem word is die herkoms soos in die tabel hierlangsaan aangedui. NB: Tel weer voor finaliseer (Soos op 8.3.2016) Daar is in die verlede gepoog om met die gegewens oor die herkoms van die voorsate uit te werk watter bydrae verskillende groepe gemaak het tot 'n nasaat – bv. hy of sy is x% Nederlands, y% Frans en z% Duits.
15 Die
berekenings is egter gebaseer op soveel aannames dat die geldigheid daarvan minstens verdag is.
Herkoms van stamouers hierbo van buite die Kaap
Land Getal Land Getal Angola 3 Kaap Inheems 2
België 4 Madagaskar 2
Denemarke 2 Mauritius 3
Duitsland 36 Noorweë 2
Finland 1 Nederland 72
Frankryk 42 Onseker/Onbekend 15
Indië (Ook Bengale) 4 Pole 1
Indonesië 4 Switserland 2
© R. J. du Preez Stamouers van Koos en Marietjie
Opdatering 12.3.2016 Vordering 25 50 75 95
Brokkies oor die vroeë Kaap en sommige stamouers Oriëntasie Daar word nie verder in die publikasie aandag aan die stamouers gegee nie, behalwe ten opsigte van die vier families waaroor geskryf word. In hierdie gedeelte word dus brokkies oor sommige van die stamouers en hul geselle verstrek. Die betrokke persone se hele lewens word nie bespreek nie, maar slegs enkele fasette. In elke geval waar ‘n persone vermeld word, is aangedui van watter van die vier families hulle die stamouer(s) is. Daarby word in party gevalle brokkies inligting oor die vroeë Kaap ook verstrek sodat die leser oor die situasie waarin hierdie mense gelewe het ‘n begrip kan vorm. Die eerste teiken met hierdie publikasie is die lewende familielede van die vier families waaroor geskryf word. Die inligting, wat uit sekondêre bronne kom, sal dus nie nuus wees vir die gesoute familienavorser nie.
In die rekords het veel makliker die negatiewe gebeurtenisse ten opsigte van persone behoue as die positiewe. Die postiewe het meesal in die newels van die tyd verdwyn.
Stamouers van die families soos volg: STK = Steenkampfamilie PRE = Pretoriusfamilie JVR = Janse van Rensburgfamilie BEN = Benekefamilie
STK PRE JVR BEN
Regering aan die Kaap Die Vereenigde Oostindische Compagnie (VOC)
Die VOC het vanaf 1602 tot 1799 bestaan. Dit het die Kaap as 'n verversingpos tussen Nederland en die VOC se Oosterse besittings, met Batavië as hoofkwartier, gestig in 1652. Die VOC het ook Ceylon, Java, Malakka (Maleisië), Makassar, Ternate, Banda en Ambon beheer. Dit het handelstasies in Ceylon, Bengale, Soerat, Thailand en aan die Persiese Golf gehad.
Die VOC het die Kaap regeer. Hier was 'n Politieke Raad wat die hoogste gesagsliggaam was. Afhangende van rang het die Kaapse Goewerneur of iemand op die besoekende skepe as voorsitter van die Politieke Raad as Breë Raad opgetree tedrwyl die skepe in die hawe was. Die Politieke Raad het ook oor sy eie milisie beskik vir polisiëring en militêre optrede. Die vryburgers is ook betrek in die militêre bedrywighede en sommiges het ook militêre range gehad.
Kasteel de Goede Hoop16
: Sentrum van die VOC in die Kaap
© R. J. du Preez Stamouers van Koos en Marietjie
Opdatering 12.3.2016 Vordering 25 50 75 95
Die Raad van Justisie het regsaangeleenthede hanteer. Strawwe wat die VOC kon oplê, het die doodstraf ingesluit. Aanvanklik het die hele regering in “Cabo” gesentreer, maar nadat die Stellenbosch distrik gestig is, het ‘n mate van desentralisasie plaasgevind. Buite “Cabo” was die Landdros die verteenwoordiger van die regering met beperkte magte. Die stelsel het ontwikkel van distrikte wat uit ‘n aantal wyke bestaan het waarin later veldkornette diens gedoen het. Die VOC het ook sake soos die toekenning van vryburgeskap en grond aan nedersetters en die heffing van belastings hanteer. Die Weesheer het boedels beredder. Die regering was beman deur amptenare in diens van die VOC en dit het selfs die predikante aan die Kaap ingesluit. Geleidelik is ruimte geskep vir vryburgers om op beperkte skaal deel te neem as Burgerrade en as Heemrade saam met die landdroste. Primêr, was die VOC ‘n handelsonderneming en winsbejag was sy hoofdoelwit. Aan die Kaap het die VOC ook besluit wie handel mag dryf en aan wie die boere, ens. hulle produkte mag verkoop.
In 1799 het die VOC ontbind a.g.v. sy bankrotskap en die bates en laste is deur die Nederlandse Regering oorgeneem.
Die eerste klompie gemeentes en distrikte in die Kaap Aanvanklik was daar vanaf 1652 slegs die Kaap met een gemeente en een “distrik”. Die nedersetting (dorpie) het nie ʼn spesifieke naam gehad nie en daar is daarna verwys as Cabo of die Kaapse Vlek. Drie name wat deesdae nie meer so bekend is nie, is soos volg:
o Drakenstein = Paarl. o Land van Waveren = Tulbagh. o Wamakersvallei = Wellington.
Die stigting van gemeentes en landdrosdistrikte het nie altyd saamgeval nie en die posisie ten opsigte van die eerste gemeentes
17 en distrikte
18 is soos volg:
Sentrum Kerk Landdros Sentrum Kerk Landdros
Kaap (Cabo) 1665 1652# Beaufort-Wes 1819 1836
Stellenbosch 1686 1685 Somerset-Wes 1825
Drakenstein (Paarl) 1691 1839 Worcester 1821 1822
Roodezand (Tulbagh) 1743 1804 Somerset-Oos 1825 1825
Swartland (Malmesbury) 1745 1839 Clanwilliam 1826 1837
Graaff-Reinet 1792 1785 Colesberg 1826 1837
Swellendam 1798 1745 Durbanville 1826
Caledon 1818 1837 Tygerberg 1826
George 1813 1811 Glen Lynden (Bedford) 1829
Uitenhage 1817 1804 Wynberg 1829
Cradock 1818 1837 Albanie 1831 1814 # - Die Raad van Justisie het die hofwerk in Cabo behartig.
Die bydraes van enkele stamouers: Wynand Leenders Bezuidenhout was Baastuinier van die VOC. Pieter Boshouwer was aangestel as “geregtsbode, aanspreker en bidder by begrafnisse” op Stellenbosch.
© R. J. du Preez Stamouers van Koos en Marietjie
Opdatering 12.3.2016 Vordering 25 50 75 95
Hermanus Bosman: Hy was aangestel as sieketrooster, eers op 'n skip en toe aan die Kaap te Drakenstein (Paarl) wat hoofsaaklik Franssprekend was. Hy was reeds Frans redelik magtig toe hy in die Kaap aankom. Hy het ook onderwyser, voorleser en voorsanger in die kerk te Drakenstein geword. Barend Burger: Hy was in Drakenstein (Paarl) kaptein van die Burger Dragonders. Aan die einde van 1698 is hy aangewys as een van die Heemrade van Drakenstein. Dirk Coetzee was 'n Heemraad. Tot kort voor sy dood in 1722 was hy herhaaldelik kerkraadslid van die gemeente Stellenbosch, eers as diaken en later as ouderling. Van 1706 dien hy as Kaptein van die Burgerinfanterie. In 1719 word hy Kassier van die Burgerkrygsraad. Op 66-jarige leeftyd versoek hy om van sy amptelike pligte onthef te word en toegelaat te word om in Kaapstad te gaan woon. Louis Cordier was een van die eerste ouderlinge van die Franssprekende Gemeente Drakenstein. Jacques de Savoye was een van die afvaardiging van vyf Hugenote wat op 18.10.1689 onder leiding van ds. Pierre Simond vir goewerneur Simon van der Stel besoek het om 'n eie gemeente en kerkraad vir die Hugenote te bepleit. Guillaume du Toit was ‘n Heemraad. Nicolaas Kemp was Mandoor van die Slawelosie. Jan Oberholster was ‘n Kerkraadslid en Kaptein van die Drakenstein Burgermag en daarna van die Stellenboschse Dragonders. Harmen Jansz Potgieter was aktief in die openbare lewe as "wagmeester" van die artillerie en Heemraad. Johannes Pretorius was 'n diaken en ouderling, Lid van die Burgerraad, Lid van die Huwelikshof, Weesmeester en later Kommissaris van Huweliksake en die Brandweer. Pierre Rossouw was een van die eerste kerkraadslede van Drakenstein, voorleser en sieketrooster en 'n Heemraad. Johannes Ryckman was Hooftuinier. Douwe Gerbrand Steyn was Heemraad, Landmeter, Opsiener van die Stellenboschse kerkhof, Diaken en armbesorger en Ouderling. Claas Jansz van Rensburg is in 1709 aangestel as Korporaal van die Drakenstein Infanterie Kommando en in 1710 is hy bevorder tot Sersant.
19
Die Gereg en botstings daarmee
Regspraak en Strawwe aan die Kaap20 Die Raad van Justisie het aan die Kaap die regspraak beoefen aan die hand van die Nederlandse regstelsel wat gebaseer was op die Romeinse Reg. Die strawwe lyk nou wreed, maar het destyds nie
© R. J. du Preez Stamouers van Koos en Marietjie
Opdatering 12.3.2016 Vordering 25 50 75 95
verskil van die strawwe wat ook in Europa en elders toegepas is nie. Moord, verkragting en opsetlike brandstigting was onder misdade waarvoor die doodstraf opgelê kon word. Daar was egter kombinasies van strawwe. In die geval van vroue was die doodstraf meesal deur verwurging voltrek. In die geval van mans was metodes soos hang, fussileer en ledebraak gebruik om die doodstraf te voltrek. In die geval van Estienne Barbier, wat skuldig bevind is aan hoogverraad, moes hy op die kruis gebind word, sy regterhand afgekap word en hy daarna onthoof word. Daarna is sy lyk “gevierendeel” – in vier stukke verdeel. Sy kop is op 'n pen by Roodezandkloof geplaas en die vier dele van sy liggaam langs die vier hoofpaaie na die binneland. (Dit moes die inwoners afskrik van gewapende verset teen die VOC.) Die slaaf Jephta van die Kaap, wat Petronella Marseveen verkrag het, is op 'n kruis gebind, ontman, die geslagsdele in 'n vuur gegooi en hy is daarna geledebraak. Na sy dood is hy onthoof en is sy kop op 'n paal by die Roodezandkloof geplaas totdat dit vergaan het. Saam met die doodstraf is ander strawwe ook opgelê, soos byvoorbeeld dat met 'n gloeiende tang vleis op vier plekke uit die lyf van die veroordeelde geknyp word. Strafversagting kon ook heel vreemd wees, soos in die geval waar die ter dood veroordeelde gevangene se laaste versoek toegestaan en die vergunning gemaak is dat hy in 'n kis begrawe mag word in die begraafplaas vir matrose. Ander strawwe wat vir ander oortredings opgelê is het verbanning na bv. Robbeneiland, Mauritius of Batavië, gevangenisstraf op Robbeneiland, die slaan van slawe-oortreders in kettings, ens. behels.
Enkele Stamouers en die gereg Pieter Bekker::
Pieter is in 1701 vir 10 jaar na Mauritius verban as straf vir die aanranding van sy offisier Jan Stevensz Bothma. Hy was op Robbeneiland aangehou totdat hy per skip na Mauritius gestuur kon word. Hy ontsnap vanaf Robbeneiland en is om geen bekende rede nie weer gearresteer nie. Hy het blykbaar aan die Kaap rondgeswerf en het vier kinders tussen 1702 en 1710 gedoop. In 1710 word Bekker weer gearresteer weens die wrede mishandeling van sy slavin, Maria van Ceylon en omdat hy in gebreke gebly het om die dood van twee van sy slawe aan te meld. Sy straf is vier jaar in kettings op Robbeneiland, daarna verbanning uit alle gebiede onder die beheer van die VOC asook die konfiskering van die helfte van sy besittings. Sy gekonfiskeerde goed word op 24.11.1710 verkoop. (Pieter het op een of ander wyse weer in Nederland in diens van die VOC getree en na die Kaap gekom. Hy is toe na Robbeneiland verban en is daar dood.)
Anna Jordaan::
Sy was die vrou van Louis Fourie. Sy is as 14-jarige in 1712 verkrag. Antony van Mosambiek, 'n 25-jarige slaaf, het na die opstal gegaan om 'n byl te kry. Hier het hy gehoor dat Anna vir die slawe in die veld kos moes wegbring. Antony het haar op pad na die werkers in die veld voorgelê en met 'n mes gedreig en twee maal verkrag. Hy het haar die hele nag by hom gehou en sy het eers die volgende oggend daarin geslaag om te ontsnap. Antony se vonnis moes as 'n afskrikmiddel dien vir slawe wat soortgelyke voornemens gehad het. Gevolglik is daar eers met 'n gloeiende tang op vier plekke uit sy liggaam vleis geknyp voordat hy geledebraak en onthoof is.
Maria Mouton: 21
STK PRE JVR BEN
STK PRE JVR BEN
STK PRE JVR BEN
© R. J. du Preez Stamouers van Koos en Marietjie
Opdatering 12.3.2016 Vordering 25 50 75 95
Maria was die vrou van Frans Jooste. Sy het die moord op haar man beplan en uitgevoer. Sy het ’n verhouding met die slaaf Titus van Bengale gehad en hy en die slaaf Fortuin van Angola het vir Jooste op die werf van die plaas vermoor. Hulle het die lyk in ’n ystervarkgat begrawe, maar wilde diere het die lyk uitgegrawe. Die moord word toe bekend. Maria het aangevoer dat die moord daarop gevolg het dat haar man baie suinig was en dat sy nie klere van hom gekry het vandat hulle in 1706 getroud is nie. Jooste het inderdaad na sy huwelik in 1706 voorspoedig geboer, maar die Raad van Justisie het die afskeep van Maria nie as versagtende omstandighede aanvaar nie. Sy is dsaam met die t6wee slawe ter dood veroordeel. Maria is verwurg en toe is haar liggaam oor vuur geskroei. Titus is op ’n spit geplaas en na sy dood onthoof. Fortuin is op ’n kruis geplaas en sy regterhand afgekap. Daarna is hy sonder genadeslag geledebraak. Sy lyk is op ’n wiel geplaas en die onthoofde kop op ’n pen. Maria was die eerste vrouekolonis wat tereggestel is.
Hilletje Smit: Hilletje was die eerste vrouekolonis wat verkrag is. Sy is in 1705 verkrag in die Stellenbosch Distrik deur Jacob van die Koromandelkus. Hy is ter dood veroordeel en opgehang.
22 .
Heinrich Neef: 23 Loef Claas van Mook wou met ’n stiefdogter van Heinrich Neef trou, maar Neef het volstrek geweier. Claas wat as ‘n kneg by Andries Schutte gewerk het, het Neef in woede vermoor. Claas vlug en versteek hom op ’n skip na Nederland. In sy afwesigheid word hy ter dood veroordeel in 1727. Claas word in Nederland opgespoor en na die Kaap teruggestuur, waar hy weer ter dood veroordeel word in April 1729.
Mayken van den Berg: 24
Mayken is deur Karel Schoeman beskryf as ’n “… minder stigtelike persoon …”
25. Daar was verskeie
botsings met die gereg ten opsigte van onwettige veehandel en diefstal. Sy is na Robbeneiland gestuur en daarna na Mauritius.
Geertjen (Margaretha) Gerrits (Grietjie Grof):
Grietjie Grof was die vrou van Jan Coenraad Visser (Jan Grof). Tydens 1692 het Grietjie op 'n dag uitgevaar teenoor die slaaf Claas van Malabar omdat hy nie betyds hout gekap het sodat sy kon bak nie. Sy wou nie glo dat hy besig was om beeste te soek nie. Claas was woedend en het vir haar gesê: "Jou ouden hond gij moogt se dan selvs gaan halen!". Toe Grietjie hom met 'n “houtjie” wou slaan, het hy teruggeslaan met die byl wat in sy hande was. Die slavin, Marij van Koromandel, wat hiervan getuie was, het begin gil, "Baas, baas! Moeder is dood! Moeder is dood!" en Visser en ander mans het vir Claas oorrompel terwyl hy nog besig was om na die lyk te kap. Hy is veroordeel om geledebraak te word.
STK PRE JVR BEN
STK PRE JVR BEN
STK PRE JVR BEN
STK PRE JVR BEN
Verset teen die Owerheid
Die verset van Estienne Barbier Barbier was ‘n droster-sersant. Hy het die Kaapse regering beskuldig dat dit nie die belange van Nederland
© R. J. du Preez Stamouers van Koos en Marietjie
Opdatering 12.3.2016 Vordering 25 50 75 95
respekteer het nie. Hy het ook die Kaapse regering beskuldig van partydigheid vir die Khoikhoi. Hy het die regering aangeval omdat vye veeruil met die Khoikhoi nie toegelaat is nie en die mense verdruk is. Op die wyse het Barbier ‘n bietjie steun onder die burgery in Drakenstein verkry. “Nadat hy die kennisgewing met die verbod teen private veeruilery van die Drakensteinse kerkdeur afgeruk het, het die milisie hom in hegtenis geneem.”
26
In die notule van die Politieke Raad van 21 Maart 1739, word verwys na: “Estienne Barbier, bij sig hebbende deese volgende manschappen, namentlijk Lodewijk Putter, Hendrik Ras, Jan Olevier Cornelisz, Andries van der Walde, Sijbrand van Dijk, Jan Jacobsz van de Caab, Gerrit van Schalkwijk, Gerrit van Wijk, Christoffel van Wijk, Arnoldus Basson en Frans Campher, alle te paard met volle monteeringe,...”
27
Daar is aan al die persone wat hulle by Barbier geskaar het, amnestie aangebied indien hulle aan ʼn veldtog onder leiding van Johannes Cruywagen teen die Khoi-Khoi sou deelneem om geroofde vee terug te kry. Toe die voorwaardes aan “... Augustus Lourense, Jan Goes, Andries van der Walde, Arnoldus Basson ...” gestel is, het hulle dit aanvaar en deelgeneem aan die veldtog
28. Só het stamouer Andries van der Walt redelik lig daarvan
afgekom. Die Raad van Justisie het Barbier skuldig bevind aan hoogverrad. Sy straf was om “... op die kruis gebind te word, sy regterhand af te kap en dan te onthoof. Hy is hierna gevierendeel. Sy hoof is op 'n pen by Roodezandkloof geplaas en die vier dele van sy liggaam langs die vier hoofpaaie na die binneland. Hierdie "tentoonstelling" van die reste van Barbier moes die burgery, en ander, afskrik nie om in die toekoms gewapende verset teen die VOC-owerheid te oorweeg nie.”
29
Die verset teen W. A. Van der Stel W A van der Stel word Goewerneur in 1699. Die plaas Vergelegen word aan hom toegeken en hy vergroot dit. Daar boer hy met groot sukses. Ander amptenare van die VOC word ook toegelaat om te boer. Die afsetgebied vir die vryburgers se produkte word bedreig. Die wyn- en vleispag word aan gunstelinge van Van der Stel toegeken. Van die Vryburgers is baie ontevrede oor die toestand. Hulle tree op, veral onder leiding van Henning Huising en Adam Tas. 'n Klagskrif word na die Here XVII in Nederland gestuur. Dit is onderteken deur 63 vryburgers wat 31 Hugenote insluit. Van der Stel stel ook 'n getuigskrif op wat hom ondersteun na Nederland met 240 handtekeninge, waarvan 'n aantal bevraagteken kan word. (Die Contra-Deductie) Van der Stel begin optree teen die ontevredenes wat hy as muiters beskou. Adam Tas word gevang en vier van die leidende persone word na Nederland gestuur. Ander word in die ‘donker gat’ van die Kasteel aangehou. Ander word verban en aangehou om weggestuur te word. In 'n brief van 30 Oktober 1706 word Van der Stel ontslaan en moet hy terugkeer na Nederland. Die gevangenes word vrygestel.
30
Skets van Vergelegen (Die leeus agter die huis was
nie regtig destyds so groot nie!)
Stamouers wat die beswaarskrif onderteken:
© R. J. du Preez Stamouers van Koos en Marietjie
Opdatering 12.3.2016 Vordering 25 50 75 95
o Jacques de Savoye o Guillaume du Toit: Hy het 'n prominente rol gespeel in die verset teen W A van der Stel en was alreeds
op 'n skip geplaas om na Mauritius verban te word toe die berig ontvang is dat Van der Stel teruggeroep is. Sy gesondheid was egter geknak en hy is kort daarna oorlede.
o Jean le Roux o Abrahamn Vivier o Jacques Pinard
Stamouers wat die Contra Deductie onderteken
o Francois Bastiaansze o Cornelis Claasz o Abraham de Klerk o Pieter Erasmus o Pierre Jordaan o Jurgen Kervel o Gideon Malherbe o Ignace, Maré o Jacques Mouton o Jacob Paasen o Willem Schalk van der Merwe o Gerrit Janse van Deventer o Otto Ernst van Graan o Pieter Jansz van Marseveen o Maarten van Staden o Andries Cornelisz van Tonderen
Brokkies oor die maatskaplike lewe
Gerrit Jansz van Deventer en Ariaanje Jacobs
Een van Gerrit of Ariaanje het porfirie (porphyria variegata) die land ingebring. Vier van hulle kinders het porfirie gehad, nl. Jacomyntje (b2) getroud met Cornelis van Rooyen; Aletta (Altyn) (b3) getroud met Pieter Willem Nel; Johanna Margaretha (b4) getroud met Philippus Snyman en een van die seuns wat nie geïdentifiseer is nie, maar óf Jan Gerrit (b1) óf Jacob (Gerrit) (b5) moet wees. Ariaanje Jacobs het in 1688 as een van agt weesmeisies in die Kaap aangekom uit Holland op die Berg China. Sy was 18 jaar oud en het haar erfgeld saamgebring. Sy het uit die Gereformeerde Weeshuis, vroeër geleë aan die Oudse Wagenstraat, Rotterdam, gekom.
Krotoa en Pieternella van die Kaap Daar is reeds baie oor Pieter van Meerhoff en Krotoa (Eva van die Kaap) en hulle dogter Pieternella en haar man, Daniel Zaayman geskryf en hier word slegs 'n kort oorsig oor hulle gegee. Daar is, byvoorbeeld, geskryf in die Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, Karel Schoeman se Armosyn van die Kaap en ook sy Kinders van die Kompanjie en in Celestine Pretorius se Al Laggende en Pratende. Twee romans het ook verskyn, nl. Pieternella van die Kaap deur Dalene Matthee en Eilande deur Dan Sleigh.
STK PRE JVR BEN
STK PRE JVR BEN
© R. J. du Preez Stamouers van Koos en Marietjie
Opdatering 12.3.2016 Vordering 25 50 75 95
Krotoa (1642 – 1674) was 'n Khoi-Khoi van die Goringhaikona stam en haar oom, Harry, was die kaptein van die stam. Jan en Maria van Riebeeck het Krotoa, wat toe ongeveer tien jaar oud was, kort na hulle aankoms in die Kaap, opgeneem in hulle huishouding. In die Van Riebeeck huishouding het sy Nederlands leer praat en het sy met die Christelike Godsdiens kennis gemaak. Sy is in 1662 gedoop.
31 Sy het, onder andere, gedien as kontak
tussen Van Riebeeck en die Khoi-Khoi, veral oor die ruil van vee. Sy is ook beskryf as vlot in Nederlands, Engels, Frans en Portugees
32.
Pieter van Meerhoff (Havgard) was afkomstig vanaf Kopenhagen en kom as 'n soldaat van die VOC aan die Kaap aan in 1659. Hy onderneem en/of maak ’n aantal verkenningstogte na die binneland mee. Toe Pieter 27 jaar oud is, trou hy en Krotoa by wie hy toe reeds twee voorkinders gehad het. Van Meerhoff is intussen aangestel as die opsiener op Robbeneiland waar hy en Krotoa 'n jaar lank woon. Daarna is hy opdrag gegee om op 'n ekspedisie na Mauritius en Madagaskar te gaan om handelsbetrekkinge daar aan te knoop en om die kus van Mosambiek te verken. Hy is tydens die ekspedisie deur inboorlinge vermoor. Krotoa keer in 1688 terug vanaf Robbeneiland. Sy misbruik drank en lei 'n losbandige lewe. In Maart 1669 word sy, vanweë haar wangedrag, na Robbeneiland verban. Sy sterf op 32-jarige ouderdom op 27 Julie 1764. Haar lewe was verskeur tussen die lewens van haar stam en dié van die Nederlanders. Daarbenewens het die dood van Pieter van Meerhoff haar blykbaar erg getref. Pieternella van Meerhoff was die derde kind van Pieter en Krotoa. Sy is aan die Kaap gebore omstreeks 1663 en sterf in 1713 tydens die pokke-epidemie aan die Kaap. As gevolg van die bogenoemde wangedrag van Krotoa, is die kinders van haar weggeneem en aan Hendrik Reynst se sorg toevertrou. Later is Pieternella-hulle aan die sorg van Bartholomeus Borns en Theuntje Bartholomeus toevertrou en toe die pleegouers na Mauritius gaan, moes sy saamgaan
33.
Daniel Zaayman is gebore c. 1650 in Vlissingen, Nederland. Hy was 'n Vryburger op Mauritius, skeepsnavigator, kuiper en timmerman.
34 Hy is omstreeks 1714 aan pokke dood. Daniel en Pieternella trou op Mauritius op 30
Oktober 1677. Daar het hulle 8 kinders. So word Pieternella die stammoeder van die Zaaymans. Die VOC besluit om die buitepos te Mauritius te sluit c. 1708. Die inwoners kon ’n keuse uitoefen of hulle na Batavië of die Kaap wou gaan. Daniel-hulle kies om na die Kaap te kom en hulle kom in Januarie 1709 daar aan. Daniel koop die plasie Patrijzen Valleij aan. Daar is hulle albei, soos reeds hierbo genoem, aan pokke oorlede.
Jannetje (Jeanne/Johanna) de Klerk
Daar is reeds elders vertel van haar man, Pieter Bekker, se oortredings en vonnisse. Op 30.9.1714 doop Jannetje 'n dogter Johanna DE MAKER, wie se vader aangegee word as Korporaal M De Maker.
Die Raad van Justisie het goedgekeur dat Jannetje en Pieter Bekker "gesepereert van gemeenskap van goedere, tafel en bed" word.
36 Jannetje het voortgegaan om nog lank op hul plaas Straatskerk net buite Tulbagh te
boer.37
STK PRE JVR BEN
Inskrywing in Drakensteinse Doopregister 30 Julie 1714: “Johanna dogter van Jannetje de Clercq getrouwde
vrou zonder egte vader van het kind, getuijge Jacob Mouton.”35
© R. J. du Preez Stamouers van Koos en Marietjie
Opdatering 12.3.2016 Vordering 25 50 75 95
Frederik of Friedrick Botha
Hy het ook bekend gestaan as Friedrich Both en die ”Both” het later Botha geword. Hy kom in die Kaap aan as soldaat in 1678. Hy word 'n vryburger in 1683 en werk by 'n paar boere. In 1686 is hy by Jan Cornelisz waar hy om 'n kwart van die opbrengs werk.
38
Jan Cornelisz was getroud met Maria Kickers, 'n weesmeisie vanaf Nederland. Toe Jan en Maria in Januarie 1700 van mekaar skei, erken sy dat Frederik Botha die vader van sewe van haar kinders is. Jan Cornelisz word deur Maria as “onbekwaam” beskryf. Terwyl Maria met Jan Cornelisz getroud was het sy verhoudings gehad met Ferdinand Appel (by wie sy een kind gehad het) en Frederik Botha (by wie sy sewe kinders gehad het).
39
Frederik en Maria word later skuldig bevind aan owerspel, aanhouding en verberging van vee en geweld teen ene Claas Das. Hulle word elkeen gevonnis tot verbanning na Mauritius vir 10 jaar, maar hulle moet afsonderlik van mekaar op Mauritius wees en moes ook Rds 100 as vergoeding vir die aangehoue goedere betaal. Blykbaar het Frederik en Maria c. 1709 teruggekeer na die Kaap toe die buitepos op Mauritius gesluit is.
40
Jan Cornelisz is in 1713 oorlede en Maria kon toe weer trou. Botha en Kickers trou op 21 Julie 1714
41 in
Stellenbosch.
Hendrik Venter en Anna Viljoen Die geneesheer Charl Prieur du Plessis het die Ventergesin in 1712 en 1713 behandel. Sy rekening vir die behandeling het behoue gebly en daaruit kan die verloop van die ongesteldheid van Hendrik en Anna bepaal word.
44
o Hendrik is vanaf 17 Julie 1712 ses keer tot 1 April 1713 behandel vir borsvliesontsteking. Die behandeling het bloedlating, purgasie, ’n halwe fles brandewyn, poeier en ’n sweetmiddel ingesluit.
o Anna is behandel op 17 Julie, 16 Augustus en 10 Oktober 1712, veral met bloedlatings. Op 2 Mei 1713 is sy behandel “wegengs de pocken” deur, onder andere, ’n bloedlating en met “prise terriaque” (dit is triakel, 'n verouderde teegif wat baie opium bevat het en teen veroudering gebruik is)
45.
. Hendrik het dus al vir ’n paar maande probleme met sy bors ervaar. Hy is tydens die pokke-epidemie oorlede voor 18 April 1713 en dit is onseker wat die oorsaak van sy dood was, maar die moontlikheid dat dit pokke was, kan nie uitgesluit word nie, veral met inagneming van sy verswakte longe. Anna is voor 11 Mei 1713, toe sy begrawe is, oorlede. Haar boedel inventaris en vendusierol is opgestel op 15 Junie 1713
46.
Hendrik en Anna se dogter, Anna Sabina en haar man, Gysbert Verschuur, is so naby aan mekaar dood as gevolg van pokke, dat een inventaris vir hulle albei opgestel is op 14 Junie 1713
47.
STK PRE JVR BEN
STK PRE JVR BEN
Pokke-epidemie 1713 In 1713 het daar aan die Kaap ’n groot pokke-epidemie uitgebreek “… en honderde Europeërs en slawe gedood. Onder die Khoi-Khoi op die plase en in onafkanklike stamme was dit egter veel erger. Een eietydse waarnemer raam dat nouliks een uit tien Khoi-Khoi in die Kaapse streek oorleef het. As ’n onafhanklike maatskaplike struktuur het die Khoi-Khoi in die Suidwes-Kaap feitlik verdwyn.”
42
Pokke is ’n ernstige aansteeklike virussiekte wat tans grootliks uitgeroei is as gevolg van inenting. Na ’n inkubasietydperk van twee tot drie weke, is daar ’n paar dae van hoë koors en dan ’n puisieagtige uitslag oor die hele liggaam, maar veral die arms en bene. Die uitslag verander in ongeveer veertien dae in blasies, etterende sere en rowe. Daar is dikwels komplikasies soos brongopneumonie, wat noodlottig kan wees. Daar bly lelike letsels oor nadat die rowe afval.
43
© R. J. du Preez Stamouers van Koos en Marietjie
Opdatering 12.3.2016 Vordering 25 50 75 95
Slawe Stamouers
Slawe in die vroeë Kaap Blykbaar het die eerste slaaf in 1653 in die Kaap aangekom as verstekeling op ‘n skip. Teen 1657 was daar reeds 12 slawe aan die Kaap wat op insidentele wyse daar beland het. In Maart 1658 het ‘n vrag van 174 slawe die Kaap bereik vanaf Angola. Die volgende vrag van 228 slawe het vanaf Guineë aangekom in Mei 1658. Van die twee groepe slawe is ook na ander plekke verskeep. Daar was ‘n deurlopende vloei van slawe na die Kaap en mettertyd is dit aangevul deur die geboorte van kinders in slawerny aan die Kaap. Die slawe aan die Kaap het van plekke soos Indië, Bangladesh, Indonesië, Sri Lanka, Ethiopië, Japan, Mosambiek, Madagaskar, Guineë en Angola gekom. Baie van die slawe is op skepe van die retoervlote na die Kaap vervoer om hier verkoop te word, en nie met slaweskepe nie. Die slawe was in die besit van die VOC, die amptenare en die vryburgers, wat later vryswartes ingesluit het wat vrygestel is as slawe of die nageslag van slawe was en in gevalle self slawe besit het. Slawe is verhandel en van die waardevolle besittings van diegene wat hul besit het. Terwyl slawe verhoudings aangeknoop het, mog hulle nie trou nie en kon dit gebeur dat hulle en hulle kinders van mekaar geskei word deur verkope. Daar is ook heelwat voorbeelde van slawe wat goeie verhoudings met hul eienaars gehad het en van sommiges wat vrygestel is. Daar was min vroue aan die Kaap en daarom, maar ook om baie andere redes, was daar heelwat kinders deur amptenare en koloniste by slawevroue verwek. Die slawe is meesal genoem volgens 'n naam wat aan hulle toegeken is en hulle plek van herkoms. So sou mens
kon praat van September van Angola. Die slawe wat aan die Kaap gebore is, was gewoonlik soos ook andere wat in die Kaap gebore is, aangedui as “... van die Kaap”.
Die bevolking aan
die Kaap 1670 - 1798
Jaar Europese Vryburgers
Burgers se slawe
Vryswartes Totaal
1670 125 52 13 190
1690 788 381 48 1217
1730 2540 4037 221 6798
1770 7738 8200 352 16290
1798 c. 20 000 25754 c. 1 700 c. 47454
Slawe of hul nasate wat stamouers was of in verhoudings met hulle was Die volgende slawe, hulle nasate of nasate van slawe was ook van Koos en Marietjie Steenkamp se stamouers of in verhoudings met hulle. Dit het gebeur dat daar baie min getuienis beskikbaar is in sommige gevalle en dat die persoon ‘n vermeende stamouer is. Hieronder word die betrokke persoon en die persoon saam met wie ‘n nageslag verwek is, aangetoon. Daar mag ook meer gevalle wees, maar daar is nie voldoende getuienis om koppelings te maak nie.
1. Anna Margaretha Henn (Herrn) met Detlef Christiaan Olwage (Oldewage) 2. Adrianje Gabrielsz met Pieter Boschouwer, asook Hendrik Speldenberg
© R. J. du Preez Stamouers van Koos en Marietjie
Opdatering 12.3.2016 Vordering 25 50 75 95
3. Ansela van die Kaap (Ansela Hanselaar) met Lourens Campher 4. Catharina van Malabar met Cornelis Claasz 5. Catharina van Paliacatta (Bengale) met Hans Christoffel (Christoph) Snijder (Schneider) 6. Cecilia Swerisse met Nicolaas (Johannes) Kemp 7. Dorothe van Angola met ‘n onbekende man 8. Elsje Speldenberg met Caspar Gerrits 9. Gerbrecht Boschouwer met Jan van Locherenberg 10. Helena van Malabar met Johannes Vosloo 11. Iba van Timor met ‘n onbekende man 12. Jannetje Hansen, Rutgerstroost van die Kaap met Dirk Vermeulen 13. Lijsbeth Arabus met Gerrit Sandersz 14. Lijsbeth van Malagasij met Dirk Vion 15. Lysbeth Sanders van die Kaap met Willem Teerling 16. Lysbeth Vion van die Kaap met Jan (Johann) Human 17. Maaij Claesje van Angola met ‘n onbekende man 18. Maria Cornelisz met Gert Willemse (Willems) 19. Maria Elizabeth Jooste met Pieter Erasmus 20. Maria Lozee met Douwe Gerbrand Steyn 21. Maria van Bengale met Hans Ruther Trost 22. Marij van Angola met ‘n onbekende man 23. Moses van Macassar met Sara van Macassar 24. Rebecca Mosesz van die Kaap met Otto Ernst van Graan 25. Sara van Graan met Evert Jansz Volschenk 26. Sophia Maria Volschenk met Theodorus Kleynhans 27. Willemina van Mauritius met Pieter Christiaan de Jager
Groote Catrijn: stammoeder van die Snymans. Catharina van Paliacatta of Bengale, ook bekend as Groote Catrijn, (c. 1631 – c. 1683) was 'n slavin afkomstig van Paliacatta in Bengale en was werksaam in Batavië. In 1656 is sy seksueel aangerand in 'n stal deur haar metgesel, Claes van Malabar. Om haar te verdedig slaan sy Claes met 'n leer, sy blaas bars en hy sterf vier dae later. Sy word ter dood veroordeel, maar begenadig en verban as 'n slaaf na die Kaap waar sy in Februarie 1657 aankom. Sy was die wasvrou van agtereenvolgende Goewerneurs van die Kaap. Sy het twee voorkinders gehad, een by Pieter Everaerts en een by Hans Christoffel (Christoph) Snijder (Schneider) – Christoffel Snyman. Snijder het 'n verhouding gehad met Catharina van Bengale. Hy was 'n soldaat in die Kaapse garnisoen. Op 30 Julie 1667 is hy verban na Robbeneiland omdat hy nie wag gestaan het nie, maar in plaas daarvan gereeld by Catharina van Bengale geslaap het. Daarna verdwyn hy van die toneel. Catharina of Grootte Catrijn, is voor 1672 vrygestel as slavin. Sy het daarna op 20 Desember 1671 getrou met die vryswarte Antonij (Jansz) (de Later) van Bengale. Antonij van Bengale, Groote Catrijn, haar dogter en kleindogter het blykbaar almal omgekom tussen Desember 1682 en Februarie 1683 in een of ander tragedie. Christoffel Snyman het die tragedie oorleef en die groot boedel van Antonij het bygedra tot sy opvoeding en erfporsie. Hy trou met die 16-jarige Marguerite-Therese de Savoye. Sy is omstreeks 1671 gebore en kom in 1688 op die Oosterland saam met haar ouers as 'n Hugenote vlugteling in die Kaap aan vanaf Aeth in Vlaandere. Hulle het nege kinders gehad.
Maria Lozee, moeder van die Steyns Die skip die Amersfoort vertrek op 14 Oktober 1657 na die Kaap. Op sy reis kom die skip ’n Portugese slaweskip teë wat op pad is na die huidige Salvador en maak die skip buit op 23 Januarie 1658. Daar was 500 slawe aan
STK PRE JVR BEN
STK PRE JVR BEN
© R. J. du Preez Stamouers van Koos en Marietjie
Opdatering 12.3.2016 Vordering 25 50 75 95
boord en die Amersfoort neem 250 van hulle aan boord, terwyl die skip en die ander 250 slawe aan hulle lot oorgelaat word. Slegs 174 van die slawe wat die Amersfoort ingeskeep het, kom op 28 Maart 1658 in die Kaap aan.
48
Onder diegene wat in die Kaap aankom is die slavin Marij van Angola. Daar is sterk aanduidings dat sy en ’n onbekende man die ouers was van Maria Lozee, wat met Douwe Gerbrandt Steyn getroud was. Maria Lozee is in slawerny gebore.
49
Douwe Steyn kom in die Kaap aan in 1668 as ‘n messelaar in diens van die VOC. Hy het in Nederland ‘n seun, Age (≈Leeuwarden 11.10.1661) gehad, maar die seun het nie na die Kaap gekom nie en is in 1700 oorlede. Douwe trou met Maria Lozee in Kaapstad op 19 Augustus 1685.
50
Maria Lozee het ’n voorkind Jacobus (Jacob) gehad wat in Kaapstad gedoop is op 29 Augustus 1683. Daar is nie ’n aanduiding van wie die vader is nie. Douwe Steyn het hom egter aangeneem na sy huwelik met Maria Lozee en die hele nageslag van Douwe Steyn in Suid-Afrika stam van Jacobus af.
51 Maria was later ’n vroedvrou.
Franse Hugenote Stamouers
Die Franse Hugenote Die Hervorming spruit uit besware teen bepaalde praktyke in die Rooms Katolieke Kerk. Op 31 Oktober 1517 het Martin Luther sy 95 stellinge op die deur van die kasteelkerk in Wittenberg aangebring. Luther se idees word verwerp en in Parys voor die Notre Damekatedraal verbrand. In Frankryk het die Hervorming ‘n eie verloop gehad met Johannes Calvyn as leiersfiguur. In 1545 word die gereformeerde gemeente te Meaux naby Parys gestig en verdere gemeentes volg. In 1559 hou die Franse Gereformeerde Kerk sy eerste sinode. In 1562 begin ‘n proses wat tot agt godsdiensoorloë in Frankryk sou lei. Op 23 Augustus 1572 vind die Bartholomeusnag moorde op die Hugenote plaas. Daar word beraam dat daar in die vervolging daarna tussen 20 000 en 30 000 Hugenote dood is. In 1598 word die Edik van Nantes uitgevaardig wat aan die Hugenote in ‘n groot mate gelofsvryheid verleen. Lodewyk XIV (die Sonkoning) herroep die Edik van Nantes in 1685 en die vervolging van die Hugenote neem weer toe in intensiteit. Nagenoeg 200 000 Hugenote vlug na lande soos Switserland, Duitsland, Hongarye, Rusland, Swede, Denemarke, Engeland, Ierland, die Amerikas en Nederland. Die meesste van die vlugtelinge stroom na Nederland – tussen 50 000 en 70 000. Vandaar word ‘n klein klompie Hugenote gewerf om na die Kaap te kom.
52 Die eerste groep kom in 1688 in die Kaap aan.
Dit is kwalik moontlik om mens in te dink in die omstandighede waarin die Hugenote hulle aan die Kaap moes vestig. Hulle is net die noodsaaklikste bagasie toegelaat op hul reis vanaf Nederland. Aan die Kaap is hulle met
Hugenote Monument, Franschhoek
© R. J. du Preez Stamouers van Koos en Marietjie
Opdatering 12.3.2016 Vordering 25 50 75 95
waens van die Kompanjie (VOC) vervoer na hulle aangewese plase van nagenoeg 60 morge. Hulle is, volgens die owerheid se beleid, geplaas tussen (Hollandsprekende) vryburgers om assimilasie te bevorder. Baie van die plase was egter nie geskik vir die boerdery nie en hulle predikant, ds. Pierre Simond, versoek dat hulle vir hulle elders plase mag soek. Die versoek is, met bepaalde voorwaardes, goedgekeur en dit gee aanleiding tot die vestiging van ‘n aantal Hugenote in Olifantshoek, wat later Franschhoek sou word. Enkele gesinne is in die Distrik Stellenbosch gevestig, maar verder was hulle in Drakenstein (Paarl), waar daar ook aanvanklik dienste in Frans gehou is. In die vroeë 1700’s het van die Hugenote en hul kinders hulle ook in die Wagenmakersvallei (Wellington) en Land van Waveren (Tulbagh) gevestig.
Aan die Kaap is landbou- en bougereedskap aan hulle uitgereik waarvoor hulle later moes betaal. Hulle moes vir hulle huisvesting bou, wat meesal tak- en modderhuisies met grasdakke was. Hulle moes die grond gereed maak en bosse en wortels verwyder om landerye te maak. Aan die begin het hulle nie oor ploeë en osse vir die doel beskik nie. Daar was aan die begin nie geld vir die bekoming van arbeid om hulle te help nie. Daar was leeus, luiperds, hiënas, wildehonde, jakkalse en bobbejane wat die boere en hulle vee bedreig het. Hulle klere kon hulle op krediet kry by die VOC. Aan die begin was daar rantsoene van skeepsbeskuit, droë ertjies en soutvleis uitgereik.
53
Hulle nalatenskap word in een bron soos volg opgesom: “Op die ou end is die Franse Hugenote se nalatenskap vleiend: met verloop van jare het navorsers verniet gesoek na ‘n duidelike Franse invloed onder die Kaapse koloniste, en slegs die name van families en plase bly oor. Watter bydrae die Hugenote ook al gemaak het, word nie meer afsonderlik van hul mede-koloniste se bydrae onthou nie. Maar die Hugenote se sin vir waarde leef voort, en die romantiek klou steeds aan daardie Franse plaasname in die Wes-Kaap wat aan vlugtelinge herinner. ...”
54
Stamouers wat Franse vlugtelinge was Die volgende Franse vlugtelinge is onder die stamouers van Koos en Marietjie Steenkamp:
1. Celliers, Josua en Couvret, Elizabeth 2. Cordier, Louis en Martinet, Francoise 3. De Savoye, Jacques en Du Pont, Christine 4. De Villiers, Abraham en Gardiol, Suzanne 5. De Villiers, Jacques (Jacob) en Gardiol, Marguerite 6. Du Plessis, Jean Prieur en Menanteau, Madeleine 7. Du Preez (Des Prez), Hercules en D’Athis, Cecilia 8. Du Toit, Guillaume en Cochet, Sara 9. Fouche (Foucher), Philippe en Souche, Anna 10. Fourie, Louis 11. Jacob, Pierre en De Vos, Suzanne 12. Jordaan (Jourdan), Pierre 13. Joubert (Jaubert), Pierre en Richarde, Isabeau 14. Le Roux, Jean (a1) 15. Le Roux, Jean (a3) 16. Malherbe, Gideon en Grillion, Marie 17. Mouton, Jacques 18. Nel (Neel), Guillaume en De la Batte, Jean 19. Pienaar (Pinard), Jacques en Fouche (Foucher), Ester 20. Prevot, Charles en Le Febre, Marie 21. Rossouw (Rousseau), Pierre en Retief (Retif), Anne 22. Roux, Paul en Seugnet, Claudine 23. Terrier, Daniel en Jacob, Sara 24. Vivier, Abraham
© R. J. du Preez Stamouers van Koos en Marietjie
Opdatering 12.3.2016 Vordering 25 50 75 95
Vroue wat hul merk maak
Catharina Gysbertsz Ganzevanger (Trijntje de Boerin) Sy was getroud met Gysbert Dirksz Verwey en was ook bekend as Trijntje Theunis. Haar oudste dogter was Beatrix Verwey wat 'n “landbouweresse” genoem is en waaroor hieronder vertel word. Gysbert Dirksz Verwey en Catharina Ganzevanger kom voor 1676
55 met hul drie jong kinders in die Kaap aan. Hulle was afkomstig van
Milligen, Gelderland, Nederland56
. Gysbert is waarskynlik kort na hulle aankoms aan die Kaap oorlede want Trijntje was teen 1676 reeds 'n weduwee. Na hul aankoms in die Kaap het hul verskeie kere met die gereg gebots en Trijntje was, onder andere, skuldig aan minagting van die hof. Na haar man se dood het sy haar ook skuldig gemaak aan ruilhandel met die Khoi-Khoi. Sy het ook toegelaat dat amptenare van die Kasteel in haar huis slaap. Ten einde haar kinders te versorg, het Trijntje aanvanklik kosgangers in haar huis versorg. Sy het ook in 'n hofsaak aanspraak gemaak op die nalatenskap van 'n sekere Van Poortvliet wat tot sy dood by haar ingewoon en vir wie sy versorg het. In 1673 het Trijntje aan haar knegte opdrag gegee om twee beeste van die Khoi-Khoi wat in haar beestrop geloop het te slag en in te sout. Sy is veroordeel om aan ‘n paal vasgebind te word met ‘n simboliese strop om haar nek en beesvel oor haar kop. Sy moes ook gekasty en gebrandmerk word en is na Robbeneiland verban. Daar is beslag gelê op haar eiendom en sy moes vergoeding gee vir die gesteelde vee. Die knegte is gevonnis om gegesel te word en dwangarbeid in kettings vir ses jaar te doen. Hulle het ook al hul eiendom verbeur. Van die “mees beskaafde” vroue en haar jong kinders het versoek dat Trijntje van die strop-en-brandmerk gedeelte van die straf vrygestel word.
57
Die Kaapse owerheid was baie streng oor die veehandel en wat daarmee gepaard gaan, onder andere, omdat hulle op die mees ekonomiese wyse vleis aan die skepe wat in Tafelbaai aandoen moes voorsien. Daarom is Trijntje se oortreding in so ‘n ernstige lig gesien. Karel Schoeman meld in ‘n ander verband oor die oneerlikheid met die bekoming van vee van die Khoi-Khoi soos volg: “Wat hierdie tipe oneerlikheid betref, het daar oor die jare reeds ‘n soort tradisie ontwikkel ...”.
58
Dit kom in alle geval voor asof Trijntje begenadig is, want in 1676 was sy weer op vrye voet en het sy toestemming gekry om suikerbier te brou. In 1678 word daar na haar verwys as “... de nieuwe boerin ...” Sy het twee erwe in die Kaap besit sowel as die plaas Doordekraal aan die Tygerberg. Trijntje de Boerin is omstreeks 1715 oorlede. Die inhoud van haar boedel is per veiling verkoop vir ƒ17358 Indiese valuasie. Daar was 'n groot aantal items op die veiling, wat daarop dui dat Trijntje vooruit geboer het. Die boedel het, onder andere, 10 perde, 99 beeste, 1311 skape, 'n perdewa met toebehore, 2 ossewaens, 2 pistole en 6 gewere ingesluit. Haar dogter Beatrix het ook ’n aantal items op die veiling gekoop, insluitende 'n vroue saal.
59 So het Trijntje as 'n merkwaardige en ondernemende vrou 'n sukses van die boerdery gemaak.
Beatrix Verwey die “landbouweresse””: Beatrix
60 (c. 1656 – c. 1740) was die dogter van Gysbert (Dirksz) Verwey en Trijntje de Boerin. Sy gebore te
Woerden in Nederland en trou met Hendrik Olivier, een van die Olivier stamouers op 30 Mei 1677 te Kaapstad. Hendrik Olivier was van Ouwenkerk, Nederland en hy is omstreeks 1701 oorlede.
61 In die inventaris van Hendrik se boedel is grond met verbeterings daarop by die Liesbeekrivier, 'n stuk grond met verbeterings op aan die Tygerberg, 182 beeste, 1000 skape, 4 perde, 10 mud koring en “... eenige huijsmeublen ...” aangeteken.
62
Hendrik en Beatrix was nagenoeg 24 jaar getroud. Hulle het nege
63 kinders gehad tussen 1678 en 1698 en nie
STK PRE JVR BEN
STK PRE JVR BEN
© R. J. du Preez Stamouers van Koos en Marietjie
Opdatering 12.3.2016 Vordering 25 50 75 95
een van die kinders was getroud toe Hendrik Olivier oorlede is in 1701 nie. Beatrix moes toe alleen voortgaan met die versorging van die gesin en sy gaan voort met boerdery. Beatrix ontvang op 9 Februarie 1702 sestig morg grond aan die Tygerberg. Daar het sy saam met haar moeder geboer
64. Die plaas se naam was Klaare
Annaesfontijn. Beatrix se boerdery het egter uitgebrei en sy het van 1703 tot 1707 'n hele paar keer weilisensies bekom. Na Harmen Jans Potgieter, was Beatrix die eerste persoon aan wie weiregte toegestaan is in die Land van Waveren (Tulbaghvallei) toe daar in 1706 aan haar 'n leningsplaas aan die Klein Bergrivier toegeken is. Die toekenning is telkens verleng en in 1714 is dit as die vrypagplaas Louisenklip aan haar toegeken.
65 Sy het ook 'n
plaas in die Swartland besit66
.
Op 12 Desember 1718 het Beatrix 'n testament gemaak waarin sy haar kinders, Gijsbert, Jan, Aart, Gerrit en Beatrix as erfgename noem. Sy het ook aan haar oorlede dogter Anna se man Jan Hendrik Cloete en haar dogter Neeltje wat 'n weduwee was, elk ƒ1400 bemaak.
67
Na haar dood, omstreeks 1740, is 'n inventaris vir Beatrix se boedel saamgestel op 30 Januarie 1741
68. Volgens
die inventaris het sy ’n huis, wat sy in 1731 bekom het, in die Kaap en het die huis vier kamers en 'n solder. In die huis is 'n houtkis aangetref met Rds 7988 daarin. Daar was ook interessante items soos 9 skilderye en 'n groot Bybel. Sy het ook 30 beeste gehad. Beatrix was ten tye van haar sterfte nagenoeg 82 jaar oud. Dit kom voor, volgens bogenoemde inventaris, of sy een of ander tyd in 1731 of dan daarna, “afgetree” het. Sy was 'n suksesvolle boer en is deur Böeseken en Cairns “... The redoubtable Beatrix Verwey...” genoem.
69
Handtekening van Beatrix Verwey
Die plase van sommige stamouers
Die toekenning van plase Aanvanklik is eiendomsplase aan die koloniste (die vryburgers) toegeken. Die eiendomsplase het uit relatief klein stukkies grond bestaan wat dikwels naastenby 60 morg groot was. Tussen die plase was daar egter meesal onbesette grond wat vir weiding gebruik is. Die praktyk van die toekenning van eiendomsplase is in 1717 gestaak.
70
Reeds vanaf 1703 is daar begin om weidingsregte aan koloniste toe te ken, eers vir drie maande, toe ses maande en later vir ʼn jaar op ʼn keer. Vanaf 1717 het dit die metode geword om grond toe te ken. So ontwikkel ʼn stelsel van leningsplase en die verskynsel van trekboere. Daar was twee voorwaardes waaronder die grond toegeken is. Eerstens moes daar jaarliks ʼn bepaalde bedrag vir die gebruik van die grond betaal word. Tweedens moes dit nie “... hinderlijk ...” wees vir iemand wat reeds in die omgewing gevestig is nie.
71 Die
weidingsregte is dikwels jaarliks verleng. Die grond kon nie verkoop word nie, maar verbeterings daarop kon verkoop word. Daar was nie wetlik ʼn bepaling oor die grootte van die plase nie, maar deur gebruik was ʼn plaas ʼn uur se stap oorkruis groot, met die opstal in die middel. Die plase was nie noodwendig rond nie, maar die geografie het die vorm daarvan bepaal.
72
Die stelsel van erfpagplase het dit moontlik gemaak vir koloniste om op veeboerdery te konsentreer en na die binneland te versprei. Sodoende het daar ʼn onbeplande en yl verspreiding van koloniste in die binneland plaasgevind. Dit het hulle later in die agtiende eeu in aanraking met die Khoisan en die Xhosas gebring. As
© R. J. du Preez Stamouers van Koos en Marietjie
Opdatering 12.3.2016 Vordering 25 50 75 95
gevolg van hierdie kontak het ʼn hele aantal skermutselinge plaasgevind. Die area wat deur Europese koloniste aan die Kaap beset is, het tussen 1703 en 1780 bykans vertiendubbel
73. Die
uitbreiding wat die trekboere veroorsaak het, het gelei tot die stigting van die distrikte Swellendam in 1748
74
en Graaff-Reinet in 178675
. In ‘n reeks boekies met die titel Ons Drakensteinse Erfgrond het J.G. en W.G. le Roux die plaasbesit in die wyke van Drakenstein (Paarl) opgeteken tot omstreeks 1850. Dit is ‘n besondere bron van inligting oor plaasbesit en word met waardering benut in hierdie hoofstuk.
Plase besit of beset vir ‘n bepaalde tydperk deur sommige stamouers
Eienaar
Plaas
Wyk en Distrik
Bastiaanse, Francois (Frans) Vredenhof Noorder-Paarl, Drakenstein De Klerk, Jeanne (Jannetje) Straatskerk Waterval, Waveren Burger (Burcherdt), Barend
Nantes Landskroon Leeuwenjacht Dekkersvlei
Noorder- en Suider-Paarl, Drakenstein Agter-Paarl, Drakenstein Agter-Paarl, Drakenstein Klein Drakenstein, Drakenstein
Buys, Barend
Blomkool Sluiswyk
Agter-Paarl, Drakenstein Bergrivier, Malmesbury
Celliers, Josua
Kruispad Orleans
Bottelary, Stellenbosch Klein Drakenstein, Drakenstein
Coetzee, Dirk
Coetzenburg Assegaaibos Uiterwyk Sonkwasdrif
Stellenbosch, Stellenbosch Stellenbosch, Stellenbosch Eersterivier, Stellenbosch Kasteelberg, Malmesbury
Cordier, Louis Bethel later Nantes Noorder- en Suider-Paarl, Drakenstein De Villiers, Abraham Champagne Franschhoek, Drakenstein
© R. J. du Preez Stamouers van Koos en Marietjie
Opdatering 12.3.2016 Vordering 25 50 75 95
Kaap: 1689 Meerrust Eensaamheid Bossendal Lekkerwyn
Groot Drakenstein, Drakenstein Groot Drakenstein, Drakenstein Groot Drakenstein, Drakenstein Groot Drakenstein, Drakenstein
Des Prez, Hercules De Soete Inval Suider Paarl, Drakenstein Du Toit, Guillaume
Aan’t Pad (Cloetesdal) Sonkwasdrif (Oos)
Klapmuts, Stellenbosch Agter-Groenberg, Drakenstein
Erasmus, Pieter Groenberg Bovlei, Drakenstein Fouche (Foucher), Philippe Wildepaardenjagt Klein Drakenstein, Drakenstein Grobbelaar (Grobler), Johan Landskroon Agter Paarl, Drakenstein Jacob, Pierre Goede Hoop Groot Drakenstein, Drakenstein Jansen Van Vuuren, Gerrit Bellegam Groot Drakenstein, Drakenstein Jordaan (Jourdan), Pierre Cabriere
La Motte Franschhoek, Drakenstein Franschhoek, Drakenstein
Joubert (Jaubert), Pierre Kaap: 1688
Bellegam Lormarins La Provence Winterhoek La Roquer Nabygelegen Kruishof Standvastigheid
Groot Drakenstein, Drakenstein Groot Drakenstein, Drakenstein Franschhoek, Drakenstein Klein Drakenstein, Drakenstein Klein Drakenstein, Drakenstein Voor-Groenber, Drakenstein Agter-Groenberg, Drakenstein Agter-Groenberg, Drakenstein
Le Roux, Jean (a1) Parys Klein Drakenstein, Drakenstein Malherbe, Gideon
Normandië Hexberg Groenfontein
Groot Drakenstein, Drakenstein Bovlei, Drakenstein Bovlei, Drakenstein
Neef, Heinrich Vleesbank (Wes) Kasteelberg, Malmesbury Nel (Neel), Guillaume Blouklip Moddergat, Stellenbosch Olivier, Ockert Cornelisz
Hoëbergsvallei Vrolikheid
Tygerberg, Kaapstad Tulbagh, Tulbagh
Olwage (Oldewage), Detlef Christiaan
Papiesvlei
Uilkraal, Caledon
Pienaar (Pinard), Jacques
Lustigaan Hartebeeskraal
Klein Drakenstein, Drakenstein Klein Drakenstein, Drakenstein
Potgieter, Harmen Jansz
Eersterivier (later Voorgelegen) Eersterivier, Stellenbosch
Raats, Jasper Lekkerwyn Groot Drakenstein, Drakenstein Rossouw (Rousseau), Pierre
l'Arc d'Orleans (De Boog van Orleans) Stellenkeur (Switserland) Sonkwasdrif (Oos) Eikeboom
Klein Drakenstein, Drakenstein Klein Drakenstein, Drakendtein Agter-Groenberg, Drakenstein Eikeboom, Agter-Groenberg
Van der Merwe, Willem Schalk Kunnenburg Simondium, Drakenstein Van Deventer, Gerrit Janse
Watervliet Slot van die Paarl St Martyn Zoetendal
Simondium, Drakenstein Paardeberg, Drakenstein Noorder-Paarl, Drakenstein Agter-Groenberg, Drakenstein
Jansen Van Vuuren, Gerrit Bellegam Groot Drakenstein, Drakenstein Venter, Hendrik Nasaret
Vleeschbank (Wes) Stellenbosch, Stellenbosch Agter-Groenberg, Drakenstein
Viljoen (Villion), Francois Idasvallei Stellenbosch, Stellenbosch
© R. J. du Preez Stamouers van Koos en Marietjie
Opdatering 12.3.2016 Vordering 25 50 75 95
Geraadpleegde bronne: Benewens die bronne hieronder vermeld, is die gegewens verkry uit die volgende bronne:
o Colenbrander, H. T. 1964. De Afkomst der Boeren. Tweede Uitgawe. Kaapstad: C. Struik, Gothic Printing Company. Colenbrander dui die eerste datum waarop die poersoon se naam in die Kaap vermeld is aan. Dit is nie noodwendig akkuraat nie, want namate bronne ontsluit word, kom nuwe inligting beskikbaar.
o Nationaal Argief. VOC Opvarenden. www.voc.websilon.nl o Robertson, Delia A. Compiler. The First Fifty Years Project. Geraadpleeg 2012. Webwerf
http://www.e-family.co.za/ffy. o Suid-Afrikaanse Geslagsregisters: verskeie dele.
1 Robertson, Delia A. Compiler. The First Fifty Years Project. Geraadpleeg 2012. Webwerf http://www.e-family.co.za/ffy.
Daar word aangedui dat ’n kandidaat vir vaderskap van Adrianje Gabrielsz Korporaal Gabriel Joosten is. Die moontlikheid word gemeld omdat ‘n getuie by die doop van Adrianje se broer Louwijs ene Gabriel Joosten was en dat Adrianje bekend geraak het as Adrianje Gabrielsz, wat daarop dui dat haar pa se naam Gabriel was. 2 Robertson, Delia A. Compiler. The First Fifty Years Project. Geraadpleeg 2012. Webwerf http://www.e-family.co.za/ffy.
Alhoewel Ansela aangedui word as Ansela van die Kaap en dit daarop dui dat sy aan die Kaap gebore is, word daar nie vir haar ouers aangedui wat in die Kaap aangekom het nie. Ansela is as ’n slaaf van die VOC aangedui in 1686 en 1792. Sy was blykbaar later vrygestel en was as ’n vryswarte bekend. 3 Robertson, Delia A. Compiler. The First Fifty Years Project. Geraadpleeg 2012. Webwerf http://www.e-family.co.za/ffy.
Cornelisz word aangeui as die stiefvader van Adrianje Gabrielsz. Daar word aangedui dat ’n kandidaat vir vaderskap van Adrianje Gabrielsz Korporaal Gabriel Joosten is. Die moontlikheid word gemeld omdat ‘n getuie by die doop van Adrianje se broer Louwijs ene Gabriel Joosten was en dat Adrianje bekend geraak het as Adrianje Gabrielsz, wat daarop dui dat haar pa se naam Gabriel was. 4 Booyens, Harry. 2009. Jacob and Fijtje Cloeten “van Ut in ‘t Land van Ceulen”. Familia Volume 46/2009 nr. 1. Bl. 26. Daar is
ook spekulasie dat Jacob Cloete in 1652, saam met Jan van Rioebeeck, in die Kaap aangekom het, maar daar is geen bewys daarvoor nie. 5 Booyens, Harry. 2009. Jacob and Fijtje Cloeten “van Ut in ‘t Land van Ceulen”. Familia Volume 46/2009 nr. 1. Bl. 31. 6 Booyens, Harry. 2009. Jacob and Fijtje Cloeten “van Ut in ‘t Land van Ceulen”. Familia Volume 46/2009 nr. 1. Bl. 34.
7 Robertson, Delia A. Compiler. The First Fifty Years Project. Geraadpleeg 2012. Webwerf http://www.e-family.co.za/ffy.
Moontlike geboorteplek. 8 Robertson, Delia A. Compiler. The First Fifty Years Project. Geraadpleeg 2012. Webwerf http://www.e-family.co.za/ffy.
Die vermeende moeder van Willemina van Mauritius. 9 Robertson, Delia A. Compiler. The First Fifty Years Project. Geraadpleeg 2012. Webwerf http://www.e-family.co.za/ffy.
Vermeende moeder van Maria Lozee. 10
Robertson, Delia A. Compiler. The First Fifty Years Project. Geraadpleeg 2012. Webwerf http://www.e-family.co.za/ffy. Daar word aangedui dat ’n kandidaat vir vaderskap van Adrianje Gabrielsz Korporaal Gabriel Joosten is. Die moontlikheid word gemeld omdat ‘n getuie by die doop van Adrianje se broer Louwijs ene Gabriel Joosten was en dat Adrianje bekend geraak het as Adrianje Gabrielsz, wat daarop dui dat haar pa se naam Gabriel was. 11
Hy neem Maria Lozee se voorkind, Jacob, aan. 12
Robertson, Delia A. Compiler. The First Fifty Years Project. Geraadpleeg 2012. Webwerf http://www.e-family.co.za/ffy. Vermeende moeder. 13
Robertson, Delia A. Compiler. The First Fifty Years Project. Geraadpleeg 2012. Webwerf http://www.e-family.co.za/ffy. Vermeende vader en moeder van Lysbeth Vion. Dit word gemeld dat Dirk Vion algemeen aanvaar is as die vader van Lysbeth Vion. 14
Vermeende moeder van Helena Vosloo. 15
Colenbrander, H. T. 1964. De Afkomst der Boeren. Tweede Uitgawe. Kaapstad: C. Struik, Gothic Printing Company. Ble. 106 -127. 16
Oberholster, J.J. 1972. Die Historiese Monumente van Suid-Afrika. Die Kultuurstigting Rembrandt van Rijn op versoek van die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede. Kaapstad. ISBN 0 620 00191 7. Bl. 5. 17
Lombard, R. T. J. 1977. Handleiding vir Genealogiese Navorsing in Suid-Afrika. Pretoria: Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing, Publikasie nr. 6. ISBN 0 86965 389 X. Bl. 126. 18
Le Roux, J. G., Niemandt J.J., Olivier, Mariana en Olivier, Ronel. 2006. Bewaarders van ons Erfenis. Cradock. (Versprei deur die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika.) Bl. 57. 19
KAB 1 STB 13/1 Verwysings 40 tot 46. 20
Heese, H F. 1994. Reg en Onreg: Kaapse Regspraak in die Agtiende Eeu. Bellville: Universiteit van Wes-Kaapland. Opsommende gegewens uit 'n aantal hoofstukke.
© R. J. du Preez Stamouers van Koos en Marietjie
Opdatering 12.3.2016 Vordering 25 50 75 95
21
Heese, H F. 1994. Reg en Onreg: Kaapse Regspraak in die Agtiende Eeu. Bellville: Universiteit van Wes-Kaapland. 22
Heese, H F. 1994. Reg en Onreg: Kaapse Regspraak in die Agtiende Eeu. Bellville: Universiteit van Wes-Kaapland. 23
Heese, H F. 1994. Reg en Onreg: Kaapse Regspraak in die Agtiende Eeu. Bellville: Universiteit van Wes-Kaapland. 24
Schoeman, Karel. 2001. Armosyn van die Kaap: Die wêreld van ʼn slavin, 1652 – 1733. Kaapstad: Human en Rousseau. ISBN 0 79814 109 3. Bl. 490. 25
Schoeman, Karel. 2001. Armosyn van die Kaap: Die wêreld van ʼn slavin, 1652 – 1733. Kaapstad: Human en Rousseau. ISBN 0 79814 109 3. Ble. 454 – 455 en 490 - 496. 26
Heese, H F. 1994. Reg en Onreg: Kaapse Regspraak in die Agtiende Eeu. Bellville: Universiteit van Wes-Kaapland. 27
TANAP Project of the Nationaal Archief and Sentrum vir Besigheids- en Taaldiens. 2008. Resolutions of the Council of Policy of the Cape of Good Hope between 1651 and 1795. CD. 28
TANAP Project of the Nationaal Archief and Sentrum vir Besigheids- en Taaldiens. 2008. Resolutions of the Council of Policy of the Cape of Good Hope between 1651 and 1795. 29
Heese, H F. 1994. Reg en Onreg: Kaapse Regspraak in die Agtiende Eeu. Bellville: Universiteit van Wes-Kaapland. 30
Böeseken, A. J. 1972. Van der Stel, Wilhelm Adriaen (Willem Adriaan). Gepubliseer in Krüger, D. W. (Hoofredakteur). 1972. Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, Deel II. Kaapstad en Johannesburg: Uitgegee vir die RGN. Tafelberg Uitgewers. ISBN 0 62400 368 X. Bl. 802 – 803. 31
Pretorius, Celestine. 1998. Al Laggende en Pratende: Kaapse Vroue in die 17de en 18de Eeu. Ble. 31 – 36. 32
Schoeman, Karel. 2001. Armosyn van die Kaap: Die wêreld van 'n slavin, 1652 – 1733. Bl. 289. 33
Schoeman, Karel. 2001. Armosyn van die Kaap: Die wêreld van 'n slavin, 1652 – 1733. Bl. 452. 34
SAG 17. Bl. 17. 35
TAB FK 2816. 36
KAB MOOC 8/3 Verw. 29. 37
Pretorius, Celestine. 1998. Al Laggende en Pratende: Kaapse Vroue in die 17de en 18de Eeu. Johannesburg: Human en Rousseau. ISBN 0 79813 836 X. Bl. 30. 38
SAG 1. Bl. 360. 39
Schoeman, Karel. 2001. Armosyn van die Kaap: Die wêreld van 'n slavin, 1652 – 1733. Kaapstad: Human en Rousseau. ISBN 0 79814 109 3. Bl. 468. 40
Schoeman, Karel. 2001. Armosyn van die Kaap: Die wêreld van 'n slavin, 1652 – 1733. Bl. 468. 41
Els, Annelie. 2010. Jean Durand en sy huwelik – Groot fout met die datums van heelwat huwelike. E-pos aan Genforum op 9.3.2010 vanaf [email protected]. In die e-pos voer Annelie Els aan dat die bladsye in die Stellenbosche Doopregister verkeerd ingebind is en bladsy 9 eers na bladsy 10 ingebind moet wees. Die gevolg is dat 'n hele aantal huwelike wat in 1714 aangegaan is voorheen aangedui is as aangegaan in 1717. 42
Giliomee, Hermann en Mbenga, Bernard. 2007. Nuwe Geskiedenis van Suid-Afrika. Kaapstad: Tafelberg Uitgewers. ISBN 10 3978 0 624 04358 4. Bl. 53. 43
Van Elfen, J volledig hersien deur Du Toit, D. 2001. Dokter in die Huis. Kaapstad: Tafelberg. ISBN 0 624 039 633. Bl. 485. 44
KAB MOOC 14/1 Vol. 1. 45
Malherbe, Juna. E-pos van 6 Januarie 2009. 46
KAB MOOC 10/1 Verw. 80. 47
KAB MOOC 8/3 Verw. 11. 48
Schoeman, Karel. 2001. Armosyn van die Kaap: Die wêreld van ʼn slavin, 1652 – 1733. Kaapstad: Human en Rousseau. ISBN 0 79814 109 3. Ble. 106 en 107. 49
Robertson, Delia A. Compiler. The First Fifty Years Project. Geraadpleeg 2012. Webwerf http://www.e-family.co.za/ffy. 50
SAG12. Bl. 205. 51
SAG 12. Bl. 205. 52
Coertzen, Pieter. 1988. Die Hugenote. Geplaas in Lantern, Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Mei 1988. Jaargang 37 Nr. 2. 53
Franken, J. L. M. 1978. Die Hugenote aan die Kaap. Gepubliseer in die Argiefjaarboek van die Suid-Afrikaanse Geskiedenis. Een-en-veertigste Jaargang. Pretoria: Staatsdrukker. 1978. Bl. 11 54
Breyer, Lynne en Theron, Francois. 1988. Die Hugenote en hul Erfenis. Dieprivier: Chameleon Press. ISBN 0 62011 391 X. Bl. 65. 55
Die jaar waarin Gysbert Verwey moontlik oorlede is. 56
SAG 14. Bl. 289. 57
Schoeman, Karel. 2006. Kinders van die Kompanjie. Kaapse lewens uit die sewentiende eeu. Pretoria: Protea Boekhuis. ISBN 13: 978-1-86919-119-1. Ble. 237 en 238. 58
Schoeman, Karel. 2006. Kinders van die Kompanjie. Kaapse lewens uit die sewentiende eeu. Bl. 238. 59
KAB MOOC 8/3 Verw. 15. 60
Die naam Guiberthe (Gysberta) word soms ook aan haar toegedig. 61
SAG 14. Bl. 289.
© R. J. du Preez Stamouers van Koos en Marietjie
Opdatering 12.3.2016 Vordering 25 50 75 95
62
KAB MOOC 8/1 Verw. 65. 63
KAB MOOC 8/1 Verw. 65 verwys na 10 kinders, maar in SAG 7, ble. 84 – 108, word nege kinders se name verstrek. 64
Böeseken, A J. 1981. Verwey (Verweij), Beatrix . Gepubliseer in Beyers, C. J. (Hoofredakteur). 1981. Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, Deel IV. Durban: Uitgegee vir die RGN. Tafelberg Uitgewers. ISBN 0 40909 184 7. Bl. 686. 65
Böeseken, Anna en Cairns, Margaret. 1989. The Secluded Valley: Tulbagh: ‘t Land van Waveren: 1700 – 1804. Kaapstad en Johannesburg: Perskor. ISBN 0 62803 346 X. Bl. 38. 66
Schoeman, Karel. 2001. Armosyn van die Kaap: Die wêreld van 'n slavin, 1652 – 1733. Bl. 479. 67
Böeseken, A J. 1981. Verwey (Verweij), Beatrix . Bl. 686. 68
KAB MOOC 8/6 Verw. 63. 69
Böeseken, Anna en Cairns, Margaret. 1989. The Secluded Valley: Tulbagh: ‘t Land van Waveren: 1700 – 1804. Bl. 38. 70
Giliomee, Hermann. 2004. Die Afrikaners: ʼn Biografie. Kaapstad: Tafelberg Uitgewers. ISBN 0 62404 181 6. Bl. 21. 71
KAB RLR 19/1 Bl.[54]. 72
Van der Walt, A. J. H., Wiid, J. A. en Geyer, A.L. 1955. Geskiedenis van Suid-Afrika. Deel 1. Kaapstad, Bloemfontein, Johannesburg: Nasionale Boekhandel. Bl. 119. 73
Giliomee, Hermann. 2004. Die Afrikaners: ʼn Biografie. Bl. 22. 74
Van der Walt, A. J. H., Wiid, J. A. en Geyer, A.L. 1955. Geskiedenis van Suid-Afrika. Deel 1. Bl. 124. 75
Giliomee, Hermann en Mbenga, Bernard. 2007. Nuwe Geskiedenis van Suid-Afrika. Kaapstad: Tafelberg Uitgewers. ISBN-13 978 0 624 04358 4. Bl. 63.