20
Bl. 1 Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET

Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET€¦ · Ons eie RSA Makelaars webtuiste asook die Finsolnet webtuiste bevat interessante en insiggewende leesstof. Artikels, beleggingsinligting

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET€¦ · Ons eie RSA Makelaars webtuiste asook die Finsolnet webtuiste bevat interessante en insiggewende leesstof. Artikels, beleggingsinligting

Bl. 1

Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET

Page 2: Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET€¦ · Ons eie RSA Makelaars webtuiste asook die Finsolnet webtuiste bevat interessante en insiggewende leesstof. Artikels, beleggingsinligting

Bl. 2

1.1 Ons bevestig graag dat die koste wat in die

verlede op Finsolnet portefeuljes vir administrasie gehef was, nl. 0.10%pj van fondswaarde vir portefeuljes kleiner as R1,000,000 en 0.05%pj vir portefeuljes groter as R1,000,000, vanaf 1 Julie 2012 gestaak word. Die individuele primêre Assosiate sal vanaf Julie 2012 hierdie uitgawes betaal. Dit sal noodwendig ‘n verbetering in die opbrengs van die portefeuljes tot gevolg hê.

1.2 Finsolnet is in 2003 gestig om die

hele proses van die samevoeging in een “familie” van ‘n baie uitgelese groep Finansiele Beplanners, te fasiliteer. Finsolnet is sonder enige wins motief gestig en tans is die vergoeding van die Besturende Direkteur, die 4 Beleggingskomiteelede en die 5 Direkteure die enigste administratiewe uitgawes. Tot 2 jaar gelede is die Direksie, Beleggingskomitee en die ander Assosiate wat ‘n baie groot bydrae tot die funksionering en die sukses van Finsolnet gemaak het, nie vergoed nie.

1.3 Met verwysing na ons Desember 2011 nuusbrief

kan ons nou bevestig dat al ons portefeuljes tussen 11 en 14 Junie 2012 finaal na die nuwe strategie oorgedra sal word wat Finsolnet met Sygnia beding het. In hierdie verband verwys ons ook na die onlangse skrywe wat AIMS namens Sygnia aan u gestuur het. Aangeheg as Bylae A (bl.10) is die 2 skematiese uiteensettings wat in dié brief vervat was, met ‘n kort vanselfsprekende beskrywing daarby.

Ons sien daarna uit om die opbrengs van die nuwe strategie deeglik te monitor en is baie opgewonde oor die potensiaal

wat dit vir ons beleggers inhou. Ons het reeds verduidelik dat die administrasiekoste, asook die bestuurskoste gaan verminder. Die meer interaktiewe besluitnemings-proses wat met die verskuiwing in portefeuljes gevolg word, gaan beslis ‘n verdere bydrae tot verbeterde opbrengste maak. Om in die huidige uiters moeilike wêreldwye ekonomiese omstandighede ‘n verbetering op portefeuljes te kan bewerkstellig is geweldig positief.

1)

FINSOLNET NUUS

2) FINSOLNET NUUS

1 Finsolnet Nuus Bl. 2

2 Webtuistes Bl. 3

3 Ekonomiese Barometers Bl. 3

4 Vlekvryestaal Houers Bl. 3

5 Inkomstebelasting Bl. 4

6 Plaaslike Rentekoerse Bl. 4

7 Verdeling van Kapitaal (Kort-, Medium-, Langtermyn) Bl. 5

8 Prosedure by Dood Bl. 5

8.1 By Finansiëlebeplanner (Makelaar)

Bl. 5

8.2 By Eksekuteur

Bl. 6

8.3 Algemeen Bl. 6

9 Maandelikse Reisprogram Bl. 7

10 Produk Inligting Bl. 7

11 Lewende Testament Bl. 8

12 GEPF Verhoging van Gadepensioenvoordeel Bl. 8

13 Diensfooie van konkurrent Finansiëlebeplanners Bl. 8

14 Personeel Nuus Bl. 9

15 Bylaes Bl. 1 0-19

16 RSA Makelaars – Personeel/Kontak Besonderhede Bl. 20

IN H

IER

DIE

UIT

GA

WE

Soos u kan sien is hierdie uitgawe in ‘n groter formaat gedruk.

Ons verneem graag u mening oor die nuwe poging. Indien u verkies om die Nuusbrief per epos te ontvang, bevestig dit asb. aan ons.

Page 3: Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET€¦ · Ons eie RSA Makelaars webtuiste asook die Finsolnet webtuiste bevat interessante en insiggewende leesstof. Artikels, beleggingsinligting

Bl. 3

2) WEBTUISTES

1.4 Ons beveel aan dat u hierdie gedeelte van ons

Desember 2011 nuusbrief (Punt 1) weer deurlees. Soos daarin bevestig, is die Finsolnet beleggings-oplossing nou op die volgende platforms vir ons beskikbaar om te hanteer: - Allan Gray

- Sanlam - Glacier

- Old Mutual - Fairbairn Capital

- Stanlib

- Momentum

Die Voordeel hiervan is: dat ons nie meer verplig is om bestaande

beleggingskapitaal van bg. platforms na AIMS te verskuif nie. Die moontlikheid van Kapitaalwins-belasting word dus grotendeels vermy.

Dit vergemaklik ook beheer oor individuele portefeuljes waarin die kapitaal belê is, aangesien ons kwartaalliks met Sygnia en die Fondsbestuurders vergader om die opbrengs en prosedure wat in die nuwe strategie gevolg word, te monitor.

Ons doen tans deeglik ondersoek na die bestaande portefeuljes by hierdie maatskappye om te bepaal waar, na ons mening, die nuwe strategie beter

opbrengste tot gevolg sal hê. Ons sal mettertyd kliënte individueel kontak met die nodige voorstelle om, waar van toepassing, die verskuiwings kosteloos te doen.

Ons eie RSA Makelaars webtuiste asook die Finsolnet webtuiste bevat interessante en insiggewende leesstof. Artikels,

beleggingsinligting en kommentaar word gereeld opgedateer en ons nooi u uit om dit te besoek.

Kliënte wat self direkte toegang tot hulle portefeulje op die AIMS platform verlang, kan met ons kantoor in verbinding tree om die nodige toegangskodes daarvoor te reël.

Vir die afgelope 5 maande het die wêreld en die Suid-Afrikaanse ekonomië sy-waarts beweeg, hoofsaaklik omdat Griekeland se ekonomiese krisis nog nie opgelos is nie. Op hierdie stadium is die vooruitsigte steeds dat die wêreld en lokale ekonomië nie voor 2014 noemenswaardig sal verbeter nie. Gevolglik neem ons steeds ‘n baie konserwatiewe benadering tot enige beleggingsadvies.

Die Britse ekonomie is tans volledig in ‘n resessie en dit spel ongelukkig niks goeds vir die res van die finansiële jaar nie.

Multistar:

Ons is steeds in onderhandelings met ‘n buitelandse maatskappy gewikkel, om moontlik as agente vir die Multistar maatskappy, die bestuurstaak oor te neem Dit is egter geweldige komplekse onderhandelings met baie detail en sodra hier positiewe nuus is, sal ons u dienooreenkomstig meedeel.

International Tank Containers: Ons is, soos in die verlede, steeds tevrede met die opbrengs van International Tank Containers. Die dalende Rand veroorsaak verder dat ons plaaslik meer verdien.

I.T.C. nader tans kliënte om hul houers te verkoop. Onthou dat dit ‘n inkomstebelasting terugskrywing implikasie inhou. Kontak ons dus voordat u finaal besluit.

Let interessantheidshalwe daarop dat ‘n nuwe houer tans R250,000 kos.

www.rsabrokers.co.za www.finsolnet.co.za

3) EKONOMIESE BAROMETERS

1)

4) VLEKVRYESTAAL HOUERS

Page 4: Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET€¦ · Ons eie RSA Makelaars webtuiste asook die Finsolnet webtuiste bevat interessante en insiggewende leesstof. Artikels, beleggingsinligting

Bl. 4

Ons versoek u vriendelik om asseblief dringend op hierdie kennisgewings te reaggeer

5.1 Belastingbesparing deur middel

van uittree-annuïteitsbydraes In ons Desember 2011 nuusbrief het ons verwag dat die formule om die maksimum bydrae tot ‘n annuïteit te bepaal, vanaf 1 Maart 2012 sou verander. Die huidige formule van 15% van bruto belasbare inkomste sou na 22.5% van bruto belasbare inkomste verander word. Die Minister van Finansies het egter in sy begrotingsrede die wysiging na 1 Maart 2014 uitgestel. Gevolglik kan ons vir die 2013 belastingjaar steeds voortgaan om op dieselfde berekeningswyse bydraes tot uittree annuïteite te bereken ten einde belasting te bespaar.

Ons sal in Augustus vanjaar weer kennisgewings in verband met die “omrol” van annuïteite uitstuur. Die skrywes sal vir u individueel

spesifieke instruksies deurgee, hetsy vir die “omrol” van u bestaande annuïteite by dieselfde Maatskappy, óf om dit as gevolg van omstandighede op te vra en na die daarop volgende voorgestelde maatskappy oor te dra.

Ons versoek u ook om ons van u 2011/12 belastingaanslag te voorsien, tensy u belasting deur Pam Coetzee, Cassie Venter of Ronel Raubach hanteer word, aangesien hulle vir ons van die aanslag sal voorsien.

Almal wat sedert die veranderde wetgewing in 2009 jaarliks tot ‘n annuïteit bygedra het, het dus oor die afgelope tydperk reeds die gevolglike voordeel van belastingkrediet ervaar. Indien daar enige onduidelikheid oor hierdie saak is, sal ons dit waardeer indien u dringend vir ons sal skakel.

5.2 Dividendebelasting Op hierdie stadium behoort almal wat beleggings in effektetrust en/of aandele het, reeds van die onderskeie maatskappye ‘n kennisgewing ontvang het ivm die gewysigde dividendebelasting wat vanaf April 2012 in werking getree het. Die meerderheid van die skrywes was egter onduidelik oor wat die individu moes doen. In hoofsaak het die daarop neergekom dat, indien ‘n persoon wél gekwalifiseer het vir die sowat 5 gegewe omstandighede waarvolgens dividende belasting NIE betaalbaar is nie, moes die dokument voltooi en aan die individuele maatskappye teruggestuur word. Die meeste Suid-Afrikaanse beleggers het egter nie vir hierdie uitsluiting gekwalifi-seer nie en was dit dus nie nodig om die dokumente terug te stuur nie.

Die Reserwe Bank het weereens nie algemene rentekoerse verhoog nie. Dit bevestig dat die Reserwe Bank nie kan waag om rentekoerse te verhoog nie, aangesien dit die reeds sukkelende plaaslike ekonomie verder negatief sal beïnvloed.

Daar is steeds ‘n sterk gevoel dat rente eerder moet daal voordat dit weer styg.

5) INKOMSTEBELASTING

6) PLAASLIKE RENTEKOERSE

Page 5: Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET€¦ · Ons eie RSA Makelaars webtuiste asook die Finsolnet webtuiste bevat interessante en insiggewende leesstof. Artikels, beleggingsinligting

Bl. 5

8) PROSEDURE BY DOOD

Hierdie gedeelte van ons Nuusbrief word weereens herhaal omdat ons steeds vind dat sommige kliënte, individueel of gesamentlik, te veel geld in ‘n spaar-, tjek- en/of geldmarkrekening by die Bank hou. Dis is belangrik dat slegs ongeveer R50,000 likied in ‘n bankrekening gehou word en dat die balans van die kapitaal vir likiditeit en groei in ‘n konserwatiewe portefeulje by AIMS geplaas word. In hierdie verband verwys ons na die nuutste fondsfeitestaat van die konserwatiewe fonds wat vir die afgelope jaar tot aan die einde van April 2012 ‘n opbrengs van 9.8% reflekteer. Bylae E - Bl 15: U word versoek om dit te vergelyk met die sowat 5% wat u tans in ‘n Bank geldmarkrekening ontvang. Dit is dus duidelik dat dit baie voordeliger is om in die AIMS konserwatiewe portefeulje te belê.

Ons beklemtoon dat u kapitaal in die volgende drie kategorieë belê moet word:

Korttermyn:: ‘n Likiede noodfonds van ongeveer R50,000 word in ‘n Geldmarkrekening by u Bank behou.

Mediumtermyn: (Effektetrust) Hier lê die klem op likiditeit en belastingdoeltreffende kapitaalgroei. Die bedoeling is ook om u korttermyn-kapitaal aan te vul. Let daarop dat u hierdie kapitaal met ±3-5 werksdae kennisgewing kan opvra.

Langtermyn:: Die uitdruklike doel van langtermyn beleggings is om belastingeffektiewe inkomste te voorsien wat u maandelikse begroting bevredig, asook om belastingvrye kapitaalgroei te voorsien. Ons stel gewaarborgde beleggings en/of portefeulje-samestellings by FedGroup, Liberty, AIMS, Cadiz en Discovery voor.

In ons vorige nuusbrief het ons klem gelê op die persone wat by sterfte in kennis gestel moet word en op die dokumente wat deur die Eksekuteur benodig word. Ons het so ‘n positiewe reaksie en belangstelling van ons kliënte oor hierdie onderwerp ontvang dat ons graag in hierdie uitgawe meer inligting aan u wil deurgee met betrekking tot die prosedure wat deur die Makelaar en deur die Eksekuteur by afsterwe gevolg moet word:

88..11 PPrroosseedduurree bbyy ddiiee FFiinnaannssiiëëlleebbeeppllaannnneerr ((MMaakkeellaaaarr)): 1. Sodra die F.B. deur die oorlewende

naasbestaandes (gade, kinders of familie) van ‘n sterfte in kennis gestel word, word die oorledene se opgawe van Beleggings en Versekering onmiddellik met die nuutste waardes opgedateer en aan die erfgename gegee. ‘n Afspraak word gereël om die langslewende(s) en/of erfgename te spreek.

2. Indien dit nie reeds aan hom beskikbaar is nie, moet die F.B. afskrifte ontvang van die tersake Testament, van die Sterftesertifikaat en van die volgende FICA documente: ID Dokument; bewys van belastingverwysingsnommer; bewys van bankrekening en bewys van adres deur middel van munisipale rekening - beide nie ouer as 3 maande nie;

3. Die F.B. verkry die tersake eisdokumente vanaf die betrokke versekeraars en beleggingsinstan-sies en berei die eisdokumente voor. In gevalle waar beleggings begunstig is moet dit deur die

begunstigde onderteken word ten einde die eis te aktiveer. 4. Die voltooide eisdokumente, sterftesertifikaat en FICA doku-mente word dringend deur die F.B. aan die individuele maatskappye voorsien ten einde die eis te hanteer en die kapitaal direk aan

die begunstigdes te betaal. 5. Die Eksekuteursaanstellingsbrief moet ook aan

die F.B. voorsien word. Die F.B. sal dit op sy beurt aan die betrokke maatskappye besorg.

6. Let daarop dat alle beleggings wat begunstig is, nie aan Eksekuteursvergoeding onderhewig is nie, maar dat dit steeds ‘n geagte bate vir boedelbelasting doeleindes sal wees. Uittree annuïteite, pensioenfondse, lewende annuïteite en bewaringsfondse is nie aan Eksekuteurs-vergoeding of boedelbelasting onderhewig nie.

7. Tydens die gesprek met die F.B. sal nuwe finansiële inligting van die erfgename/naas-bestaandes ingewin word en sal daar na

7) VERDELING VAN KAPITAAL (Kort-, Medium-, Langtermyn)

Page 6: Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET€¦ · Ons eie RSA Makelaars webtuiste asook die Finsolnet webtuiste bevat interessante en insiggewende leesstof. Artikels, beleggingsinligting

Bl. 6

aanleiding van die kliënt se nuwe begrotings-behoeftes ‘n finansiële ontleding voorberei word.

8. Indien daar kapitale uitgawes benodig word sal die nodige voorsiening daarvoor gemaak word.

9. Voorstelle vir die herbelegging van die kapitaal sal gedoen word en waar nodig sal die aansoek-vorms vir die oordrag van bv. annuïteite of lewende annuïteite vir ondertekening voorsien word.

10. Die keuses vir die aanwending van individuele beleggings, annuïteite en/of pensioenfondse sal ook volledig bespreek word en die tersake skriftelike aanbevelings vir die geïdentifiseerde behoeftes sal deurgevoer word.

11. Die F.B. kan die opgawe van beleggings en versekering in punt 1 genoem, aan die Eksekuteur oorhandig ten einde die werk van die Eksekuteur te vergemaklik en om prosedures te bespoedig. Dit is noodsaaklik dat daar baie goeie samewerking tussen die Eksekuteur en die F.B. moet wees sodat die boedel so koste effektief en so spoedig moontlik afgehandel word.

12. Die F.B. kontroleer die finale distribusierekening van die Eksekuteur, na afhandeling van die boedel.

88..22 PPrroosseedduurree bbyy ddiiee EEkksseekkuutteeuurr::

1) Die Eksekuteur moet ook so gou moontlik deur die naas-bestaandes/F.B. van die sterfte in kennis gestel word.

2) Die Eksekuteur:

reël ‘n afspraak met die gade/ erfgename waartydens die dokumente soos in stap nr 2 (Bl. 14) van ons Desember 2011 nuusbrief vervat, benodig en voltooi sal word;

doen by die Meester se kantoor aansoek vir bevestiging van die aanstelling as Eksekuteur;

stel ‘n register van alle bates en laste van die oorledene op;

reël die oordrag van alle likiede gelde, bv. in bankrekeninge, na ‘n Trustrekening by die Eksekuteur;

reël nodige advertensie in die plaaslike koerant;

3) Op ontvangs van die Eksekuteursaan-stellingsbrief gaan die Eksekuteur voort om alle Maatskappye waar daar beleggings en/of versekering is, van die sterfte in kennis te stel en om dan gedetailleerde inligting daarvan te verkry.

4) Eise: Die Eksekuteur hanteer alle eise, bv. Medies, ens. tensy begunstiging van toepassing is.

5) Oordragte: In terme van die Testamentêre

bepalings, afhangende van omstandighede en soos met die erfgename ooreengekom reël die Eksekuteur die oordrag na die erfgenaam en/of verkoop van vaste bates (bv. eiendom) en roerende bates (bv. motor). Dit is baie belangrik dat

erfgename BETYDS met die Eksekuteur skakel om bv. aandele en effekte NIE te verkoop nie, maar om dit juis na die erfgename oor te dra. 6) Ná hantering van moontlike eise, word ‘n

voorlopige distribusierekening opgestel. Dit is ‘n opgawe van alle bates en laste wat met die erfgename bespreek word.

7) Sodra die boedel gefinaliseer is word ‘n finale distribusierekening aan die Meester se kantoor voorgelê vir goedkeuring.

8) Op ontvangs van die goedkeuring van die finale distribusierekening kan die Eksekuteur voort-gaan om die likiede bates/kapitaal in die boedel aan die erfgename oor te dra. Die oordrag en/of verkope van eiendom sal op daardie stadium reeds na gelang van die behoefte van die erfgename, gefinaliseer wees.

9) Die Eksekuteur ontvang sy betaling en die Boedel word afgesluit.

88..33 AAllggeemmeeeenn:

1) Ons heg ‘n voorbeeld van ‘n distribusierekening vir u kennisname aan. Sien Bylae B – Bl 11-12.

2) ‘n Redelike periode vir die afhandeling van ‘n gewone Boedel is ongeveer 6-9 maande.

3) Let daarop dat alle dokumente wat van ‘n oorledene beskikbaar mag wees aan die Eksekuteur oorhandig moet word sodat hulle volgens hul diskressie kan besluit of dit nagespeur moet word aldan nie. Kliënte moet onder geen omstandighede probeer besluit watter aangeleenthede wel of nie aan die Eksekuteur deurgegee moet word nie.

4) Dit is uiters moeilik om ‘n boedelrekening weer by die Meester oop te maak indien daar ná die afhandeling van ’n boedel gevind word dat daar nog verdere bates of beleggings is.

5) Let ook daarop dat indien ‘n oorledene ‘n begunstigde uit bv. ‘n bestaande Trust was, dat dit noodsaaklik is dat die Eksekuteur dienooreen-komstig ingelig moet word.

6) Indien dit bekend is dat daar ook in terme van ’n vorige testament sekere vruggebruikbepalings aan die oorledene was, moet hierdie inligting ook aan die Eksekuteur deurgegee word.

Page 7: Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET€¦ · Ons eie RSA Makelaars webtuiste asook die Finsolnet webtuiste bevat interessante en insiggewende leesstof. Artikels, beleggingsinligting

Bl. 7

7) Indien die bates in ‘n boedel minder as R125,000 is, word ‘n sogenaamde Artikel 18(3) gedoen. Dit is ‘n opgawe van Bates en Laste wat aan die Meester voorgelê word en ‘n tarief van 3.9% van boedelwaarde of soos ooreengekom, is betaalbaar. Geen verdere formaliteite word dan benodig nie.

8) Dit is noodsaaklik om die Eksekuteurs-vergoeding reeds in die Testament met die Eksekuteur ooreen te kom, of om dit by die aanmelding van die Boedel dadelik te doen. Die maksimum Eksekuteursvergoeding is 3.5% van Netto Boedelwaarde + BTW = 3.9% totaal.

9) Meestersfooie is in die orde van R1,500 per boedel.

10) Begrafniskoste moet van die boedel verhaal word omdat dit die netto batewaarde verminder en dus Eksekuteursvergoeding bespaar.

11) ‘n Nuwe Testament moet so gou doenlik gereël word, indien die bestaande Testament onvoldoende blyk te wees. Die Finansiëlebeplanner of Eksekuteur kan dit reël.

Kontak ons gerus met verdere vrae.

Ons maandelikse reisprogram bly steeds soos hieronder uiteengesit. Indien u ‘n spesifieke situasie het wat u buite ons normale geskeduleerde opvolg vir u area wil bespreek, is u welkom om ‘n afspraak deur Maria de Jongh of Eileen van Zyl te reël.

Let egter daarop dat, indien u finansiële situasie tot so ‘n mate verander dat ‘n herbeplanning benodig word, is dit noodsaaklik dat u volledige inligting aan ons verskaf.

Oos-Kaap Hierdie area word gedurende die tweede week van ʼn maand besoek. Ons begin by George, beweeg via Jeffreysbaai na Port Elizabeth en van daar vlieg ons via Oos-Londen terug na Kaapstad.

Potchefstroom, Johannesburg en Pretoria Hierdie area word gedurende die laaste week van die maand besoek.

Op Potchefstroom werk ons vanuit die kantoor van Ronel Raubach op die 203 Oktron gebou, James Morokalaan 62, Potchefstroom

In Pretoria werk ons vanuit Renwick House, Rubensteinrylaan 878, Moreletapark.

Johannesburg kliënte word individueel besoek

1100..11 FFoonnddssffeeiitteessttaattee Bylae E – Bl. 15-19 Ons heg graag AIMS en Liberty Life fondsfeitestate hierby aan.

1100..22 CCaaddiizz Cadiz het sopas ‘n nuwe 5-jaar beleggingsproduk waarvan die onder-liggende bates kommersiële eien-domme is, bekendgestel. Wat hierdie portefeulje baie interessant maak is dat Cadiz dit kon regkry om inkomste wat uit hierdie portefeulje geneem word op Artikel 10A van die inkomstebelastingwet te baseer. In kort beteken dit dat sowat 10 maande se inkomste per jaar belastingvry sal wees en slegs sowat 2 maande se inkomste belasbaar sal wees. Die belegging is dus uiters belastingvriendelik. Daarbenewens kon hulle daarin slaag om die standaard 30% belasbaarheid van 5-jaar

versekeringsprodukte met betrekking tot rente en huur opbrengs in die portefeulje te vermy en om dit te hanteer asof dit ‘n effektetrust portefeulje is. Hierdie belastingvoordele maak die produk uiters aantreklik vir belastingvrye en kapitaalwinsbelasting-vrye groei. Let ook daarop dat as gevolg van begunstiging die belegging nie aan Eksekuteursvergoeding van 3.9% van batewaarde onderhewig sal wees nie. Ons monitor op hierdie stadium die opbrengste in die portefeuljes en sal dit waar (per individu) van toepassing moontlik aanbeveel, afhangend van omstandighede.

1100..33 FFeeddBBoonndd Die rentekoers van die Fedbond deelnemingsver-band wat in ons vorige nuusbrief beskryf is, is tans 8% per jaar en ons sal dit, waar dit per individuele belastingomstandighede inpas, aanbeveel.

9) MAANDELIKSE REISPROGRAM

10) PRODUK INLIGTING

Page 8: Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET€¦ · Ons eie RSA Makelaars webtuiste asook die Finsolnet webtuiste bevat interessante en insiggewende leesstof. Artikels, beleggingsinligting

Bl. 8

Die buigbaarheid in die aanwending van die rente-opbrengs van hierdie belegging bly ‘n baie goeie voordeel. Met ander woorde dit kan, per die kliënt se individuele behoefte en keuse per maand, ten volle of gedeeltelik onttrek word en/of gedeeltelik of ten volle gekapitaliseer word.

1100..44 PPrruuddeennttiiaall BBeellaassttiinnggvvrryyee

DDiiwwiiddeennddee BBeelleeggggiinngg Hierdie belegging is op 1 April 2012 uitgefaseer. Ons was reeds met alle kliënte wat hierin belê het in verbinding om alternatiewe beleggings voor te stel.

Ongelukkig is daar nie ‘n soortgelyke belegging in die mark beskikbaar nie en kan werklike belastingvrye opbrengste slegs verkry word deur middel van ‘n belegging in ‘n 5-jaar termyn en wel by ‘n Versekeraar. In hierdie beleggings kan die interne portefeuljes óf gewaarborg wees, en/óf uit alternatiewe bestaan soos bv. Liberty Life se volvestigende kommersiële eiendomsportefeulje en/of AIMS se konserwatiewe, matige of aggressiewe beleggingskombinasies. Die nuwe Cadiz belegging, soos reeds in punt 9.1 bespreek, is natuurlik ook hier ‘n opsie.

WWeerrkkiinngg vvaann ‘‘nn LLeewweennddee

TTeessttaammeenntt

Verwys na Bylae C – Bl 13

Die doel van ‘n Lewende Testament is om aan die geneesheer of geneeshere wat ‘n persoon behandel ‘n indikasie gee dat dit die individu se versoek is dat, indien sy of haar situasie terminaal is en volgens alle redelike mediese inligting nie omkeerbaar of herstel-baar is nie, dat sodanige persoon nie kunsmatig aan

die lewe gehou moet word nie, maar so ver as moontlik pynloos hanteer moet word.

Hierdie dokument voorkom dat die besluit nie onder baie emosionele

omstandigheide, deur die eggenoot/ eggenote of gesinslede gemaak moet word nie. ‘n Voorbeeld van so ‘n dokument word aangeheg as Bylae C. Indien u hierin belangstel verneem ons graag van u ten einde u daarmee behulpsaam te wees.

Ons vestig graag u aandag op die jongste GEPF Nuusbrief van die Staatspensioenfonds waarin u in kennis gestel word van die opsie/keuse wat vir alle reeds afgetrede Staatsamptenare aangebied word om by afsterwe die normale vermindering van hulle pensioenfondsvoordeel aan hulle gades van die 50% na 75% te verhoog. Indien u in hierdie keuse

belangstel moet u voor

30 Junie 2012 die

nodige aansoekvorm by

GEPF indien. Die telefoon nommer om die vorms aan

te vra is 0800117663.

GEPF gaan die berekeninge binnekort per brief aan die persone wat belangstelling toon, uitstuur. ‘n Verdere byvoordeel wat alle Staatsamptenare toeval is dat die R7,500 begrafnisvoordeel deur die Staat, wat voorheen slegs van toepassing was op lede van die Fonds wat voor 1/12/2002 afgetree het, nou na alle pensioenarisse ongeag die aftreedatum uitgebrei is, op voorwaarde dat hulle pensioenarisse was op datum van implementering, nl. 01/04/2012. Ons stel voor dat u individueel sodanige nota by u Testamentêre dokumente sal plaas en dat u ook u eggenote en kinders daaroor sal inlig.

Verwys na Bylae D – Bl. 14

Ons heg vir u ‘n tabel hierby aan wat die kostestruktuur van een van ons bekende konkurrente reflekteer en wys u daarop dat ons al hierdie dienste voorsien, maar dat ons dit kosteloos doen.

Ons laat dit aan u individueel oor om self berekenings te maak oor wat u al in die verlede dus daardeur gespaar het. Ons is beslis nié van plan om in die toekoms op so ‘n koste basis te werk nie.

11) LEWENDE TESTAMENT

13) DIENSFOOIE VAN FINANSIËLE BEPLANNERS

12) GEPF VERHOGING VAN GADEPENSIOENVOORDEEL

Page 9: Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET€¦ · Ons eie RSA Makelaars webtuiste asook die Finsolnet webtuiste bevat interessante en insiggewende leesstof. Artikels, beleggingsinligting

Bl. 9

PETER-JOHN SMITSDORFF Ons is trots op ons Baas! Peter-John het vanjaar reeds sy 10e Argus fietstoer gery, sy 22ste Safari half-maraton en die Two Oceans half-maraton voltooi. Hy het reeds 21 Comrades en 22 Two

Oceans vol maratonne reeds in die sakkie!

JAPIE LOUW Ons plaas graag ‘n foto van Japie en Lynelle se nuwe baba en bevestig dat dit met hulle baie goed gaan.

Japie het op die 18e November 2011 die finale CFP eksamen geskryf en dit goed geslaag. Hy het ook intussen die Sleutelpersoon eksamen suksesvol afgelê en 75% daarin behaal. Japie sal dus vanaf Junie 2012 behulpsaam wees om advies en diens aan bestaande en nuwe kliënte te voorsien. Hy vergesel Pieter tans op besoeke aan kliënte ten einde hom dan ook op hierdie wyse bekend te stel. Ons wil graag voorstel dat bestaande kliënte dit oorweeg om ons na hulle kinders te verwys sodat ons, deur middel van die werking van Japie vir hulle ‘n finansiële ontleding kan voorberei en van advies bedien.

PAM COETZEE Pam se man is onlangs ernstig in ‘n motorfiets ongeluk beseer en moes as gevolg daarvan intussen ‘n heupvervangings- operasie ondergaan. Ons is saam met Pam dankbaar dat sy lewe gespaar is en wens hulle beide sterkte toe met die herstel fase.

PORTEFEULJE/FINANSIËLE HERSIENINGSPROSEDURE: Die prosedure wat gevolg sal word tydens die hersiening van ‘n kliënt se portefeulje is kortliks soos volg:

1) Die volhoubaarheid van maandelikse inkomste word bespreek. Indien daar oorskotte is word dit vir herbelegging gekanaliseer en indien daar tekorte is word gepoog om dit uit bestaande beleggings aan te vul.

2) Die vorige jaar se belastingaanslag word nagegaan om te bepaal of daar nie ooglopende probleme is nie, soos bv.

a) ‘n oormaat blootstelling aan bank-rente, groter as die standaard kortings, wat onnodige inkomstebelasting kan veroorsaak;

b) die nie-gebruikmaking van bydraes tot uittree-annuïteite ten einde belasting te bespaar nie;

3) ‘n Volledige beleggings- en versekeringsopgawe word aan die kliënt oorhandig.

a) Elke belegging word individueel bespreek met betrekking tot die aanwending daarvan;

b) Ons kontroleer dat gebruik gemaak word van die korrekte portefeuljes en gevolglike hoër opbrengs;

c) Klem word ook gelê op die versekering dat, waar van toepassing, begunstiging aangeteken is om Eksekuteurs-vergoeding te voorkom en die afhandeling van die boedel te bespoedig;

4) Bestaande kapitaalbeleggings in banke word na-gegaan om te verseker dat dit, waar moontlik, nie R50,000 per individu oorskry nie en om die verskil in die mediumtermyn vir beter opbrengste te belê

5) Testamente word deeglik nagegaan met die klem op die versekering dat dit uitvoerbaar is en veral dat Eksekuteursvergoeding kontraktueel daarin beperk en verminder is teenoor die standaard maksimum Eksekuteursvergoeding van 3.9% BTW ingeluit.

6) Daar word ook spesiaal opgelet, indien daar omstandighede is waar bv. ‘n Trust benodig word, soos vir minderjarige kinders en/of individue wat nie handelsbevoeg is nie, daaraan aandag gegee word.

7) Advies word ook gegee in terme van ‘n kort beskrywing van internasionale en plaaslike markte en hoe dit moontlik op bestaande beleggings impak kan maak.

8) Hierdie bevindings en/of advies sal dan ook skriftelik bevestig, opgevolg en deurgevoer word.

14) PERSONEEL NUUS

BBEESSOOEEKK AAAANN OONNSS KKAANNTTOORREE Ons verwelkom graag ons kliënte by ons op kantoor om hul portefeuljes of navrae met die adminstratiewe personeel te bespreek. Ons versoek u egter vriendelik om vooraf ‘n afspraak met die betrokke adminstratiewe personeellid te reël alvorens u ons kantore besoek, ten einde te verseker dat die persoon beskikbaar is en ook sodat die lêer vir die

bespreking voorberei kan word. Ons dank u vir u gewaardeerde samewerking.

Page 10: Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET€¦ · Ons eie RSA Makelaars webtuiste asook die Finsolnet webtuiste bevat interessante en insiggewende leesstof. Artikels, beleggingsinligting

Bl. 10

BBYYLLAAEE AA:: ((VVeerrwwyyss BBll 22))

Existing Structure / Bestaande Struktuur

==============================================================

New Structure / Nuwe Struktuur

15) BYLAES

Asset Allocation by Sygnia Batetoedeling deur Sygnia

Finsolnet Inflation Plus 2-3% Portfolio (administered by AIMS and managed by

Sygnia) = AIMS

Cash / Kontant Bonds

Property

Equities

Prescient Investec

Investec Prescient Coronation

PIMCO

Sygnia Tracker Allan Gray Investec Coronation BlackRock Tracker Sygnia Tracker

Asset Managers Batebestuurders

Sygnia Inflation +2% Unit Trust Fund (offered by Sygnia platform) Sygnia Inflasie +2% Effektetrustfonds (aangebied op Sygnia platform)

Finsolnet Inflation Plus 2-3% Portfolio (administered by AIMS and managed by Sygnia)

= AIMS

AllanGray

Unit Trust/Effektetrust

Investec Unit Trust/Effektetrust

Coronation

Unit Trust/Effektetrust

Nedgroup Unit Trust/Effektetrust

Page 11: Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET€¦ · Ons eie RSA Makelaars webtuiste asook die Finsolnet webtuiste bevat interessante en insiggewende leesstof. Artikels, beleggingsinligting

Bl. 11

Boedel Nommer : ...................

Bates

Onroerende eiendom:

Erf ...................................... 1 1,316,000.00

(Gehou volgens titelakte T..........)

Roerende Eiendom:

Meubels 2 10,000.00

Motorvoertuig

Registrasie nommer .............. 3 5,000.00

NIB Multi manager Belegging

Rekening Nommer:................... 4 25,525.87

Multistar Houer

Opbrengs uit verkoop daarvan 5 34,650.00

Eerste Nasionale Bank

Rekening Nommer ........................... 6 31,903.03

Totale Bates 1,423,078.90

Bate 1 toegeken aan die Trustees van die ............. Familie Trust, in terme van en

onderhewig aan die voorwaardes van die Testament gedateer 13 November 20.....

Bates 4 - 6 toegeken soos volg:

R4,692.50 (synde die Randwaarde van die US Dollar) aan The Rotary Foundation of

Rotary International, per die Testament gedateer, dated 13 November 20...

Die restant van die kontant aan die Trustees van die ................. Familie Trust, in terme van en

onderhewig aan die voorwaardes van die Testament gedateer 13 November 20.....

Bates 2 & 3 toegeken aan .............................., oorlewende gade van oorledene, in terme van en

onderhewig aan die voorwaardes van die Testament gedateer 13 November 20.....

Min Laste

Advertensie aan krediteure 309.78

Advertensie in verband met hierdie rekening 309.78

Meestersfooie 600.00

{Eksekuteur} - Fooie soos ooreengekom 42,692.37

BTW 14 % 5,976.93

Posgeld en admin 150.00

{Eksekuteur} - Oordrag Fooie 17,267.00

Voorsiening vir erfbelasting 2,500.00

Totaal van Laste 69,805.86

Restant beskikbaar vir verdeling 1,353,273.04

1,423,078.90

Rekapitulasiestaat

Kontant ingewin, Item 4 -6 92,078.90

Min Laste 69,805.86

Plus kontant bemakings 4,692.50

Kontant vir herverdeling 17,580.54

92,078.90 92,078.90

Eerste en Finale Likwidasie en Distribusie Rekening vir Boedel .............

.....................Identiteit nommerr ..............., getroud op Huweliksvoorwaarde

Datum van Afsterwe ..........................

Woonagtig te: ..................................................

BBYYLLAAEE BB ––((VVeerrwwyyss BBll 66))

VVoooorrbbeeeelldd vvaann DDiissttrriibbuussiieerreekkeenniinngg

Page 12: Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET€¦ · Ons eie RSA Makelaars webtuiste asook die Finsolnet webtuiste bevat interessante en insiggewende leesstof. Artikels, beleggingsinligting

Bl. 12

Distribusie Rekening

Balans beskikbaar vir verdeling 1,353,273.04

Aan: The Rotary Trust Foundation of Rotary International,

Erfgenaam in terme van en onderhewig aan

die voorwaardes van die Testament gedateer 13 November 20.....

Bemaking bestaan uit:

Kontant 4,692.50

Aan: ................................, langslewende gade van oorledene erfgenaam in terme van en

onderhewig aan die voorwaardes van die Testament gedateer 13 November 20.....

Bemaking bestaan uit:

Motorvoertuig 5,000.00

Meubels 10,000.00

Aan: Die Trustees van die .................... Familie Trust, erfgenaam in terme van en

onderhewig aan die voorwaardes van die Testament gedateer 13 November 20.....

Bemaking bestaan uit:

Erf ............................... 1,316,000.00

Kontant 17,580.54

1,353,273.04 1,353,273.04

Inkomste en Uitgawerekening

Geen

Fidusiêre Baterekening

Geen

Boedebelasting addendum

Totale Bates 1,423,078.90

Min Laste 69,805.86

1,353,273.04

Min - Seksie 4 (q) 15,000.00

1,338,273.04

Min - Seksie 4 A 3,500,000.00

Boedelbelasting Betaalbaar Nil

Page 13: Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET€¦ · Ons eie RSA Makelaars webtuiste asook die Finsolnet webtuiste bevat interessante en insiggewende leesstof. Artikels, beleggingsinligting

Bl. 13

BBYYLLAAEE CC ––((VVeerrwwyyss BBll 88 –– ppuunntt 1111))

LEWENDE TESTAMENT

Dit is die lewende testament van my .................................................... ID: ............................................

(hierna genoem die Testateur) tans gedomisilieer en woonagtig te {Volle Adres} wat by my volle verstand is, en na versigtige oorweging maak ek die volgende lewende testament:

1. Hierdie lewende testament herroep nie enige vorige of ander testament deur my gemaak wat beskik oor die erfenis van my boedel bates nie.

2. In hierdie lewende testament, beteken: 2.1 "dokter" enige een of meer van die mediese praktisyns wat van tyd tot tyd gevra is of gevra

kan word om my te ondersoek en om 'n vooruitsig van my mediese toestand te maak; 2.2 "sisteem" enige meganiese of kunsmatige lewensondersteunings sisteem of die gebruik

van verdowingsmiddels. AS GETUIES: 1. ________________ _______________ 2. ________________

3. Indien die tyd sou aanbreek dat ek nie langer in staat sal wees om besluite met betrekking tot my eie toekoms te neem nie en indien my fisiese en / of verstandelike toestand so agteruitgegaan het dat daar geen redelike vooruitsig van my herstel daarvan is nie en dit verwag word om vir my ernstige ellende te veroorsaak of om my onbevoeg te maak om redelik te kan voortbestaan versoek ek dat: 3.1 ek toegelaat word om te sterf. Ek versoek verder dat geen stelsel wat, indien dit nie gebruik sou

word nie, my dood tot gevolg sal hê, gebruik moet word om my aan die lewe te hou nie; 3.2 ek enige hoeveelheid verdowingsmiddels wat ek benodig om my vry van pyn en ellende te

hou moet ontvang, al word my dood daardeur verhaas.

4. Dit is my uitdruklike begeerte dat my dokters en my familielede wat voldoen aan my voorafgaande versoeke vrygestel en onthef sal word van enige aanspreeklikheid wat ookal mag ontstaan vooruitspruitend uit hulle gebruik van of versuim om van 'n sisteem gebruik te maak of hulle besluit om die gebruik van enige sisteem te staak. GEDATEER TE _________________ OP DIE ____ DAG VAN ________________ 20____

AS GETUIES: 1. ________________ _______________ 2. ________________

Page 14: Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET€¦ · Ons eie RSA Makelaars webtuiste asook die Finsolnet webtuiste bevat interessante en insiggewende leesstof. Artikels, beleggingsinligting

Bl. 14

BBYYLLAAEE DD –– ((vveerrwwyyss nnaa BBll.. 88 ppuunntt 1133))

KKOONNKKUURRRREENNTT DDIIEENNSSFFOOOOIIEE

DDIIEENNSSTTEE FFOOOOII AFSPRAKE:

Aanvanklike konsultasie (Feitvindings afspraak)

Aftreebeplanning

Ander (Eiendom/ Belegging/ Spaar/ Mediesefonds & Konsolidasie Beplanning)

Gratis R500.00 p/uur R200.00 p/uur

WYSIGING:

Sessies / Begunsdigdes

Duplikaat polis kontrak

Belastingsertifikaat

Adres / Bankbesonderhede / Persoonlike besonderhede

Polis Skedule (Opdatering van waardes)

R300.00 p/polis R200.00 p/polis R 60.00 p/maatskappy R250.00 p/versoek R300.00

EISE:

Doodseise

Ongeskiktheidseis

Mediese- / GAP rekening Eise OF Mediesefonds kansellasie

Mediesefonds aanstelling van ander makelaar binne die 1ste jaar van lidmaatskap by ... {naam van konkurrent is verwyder}

Poliskansellasie / Afkoop

1% van Waarde (minimum R1000) 1% van Waarde (Minimum R1000) R150.00 R500.00 1% van Waarde (minimum R1000)

ALGEMEEN:

Fotostate / Faksdienste

Telefoon

R1.00 p/kopie R5.00 p/oproep

ANDER:

Hersien & Opdatering van Finansiële plan

Algemene Persoonlike Inkomstebelasting

R700.00 p/uur R700.00

TESTAMENT:

Opstelling

Wysigings

R500.00 R250.00

OF DIENSTE:

Al die bogenoemde dienste gelewer, uitsluitend Inkomstebelastingopgawe en kansellasie van polis

*R200.00 vaste maandelikse fooi

*Die vaste maandelikse fooi word jaarliks volgens inflasie en/of mark verwante fooie aangepas

RRSSAA MMaakkeellaaaarrss ddooeenn ddiitt VVEERRNNIIEETTaass ddeeeell vvaann oonnss ddiieennss

Page 15: Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET€¦ · Ons eie RSA Makelaars webtuiste asook die Finsolnet webtuiste bevat interessante en insiggewende leesstof. Artikels, beleggingsinligting

Bl. 15

BBYYLLAAEE EE––((vveerrwwyyss BBll.. 77 ppuunntt 1100..11))

FFOONNDDSSFFEEIITTEESSTTAATTEE

KKoonnsseerrwwaattiieewwee ffoonnddss

Page 16: Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET€¦ · Ons eie RSA Makelaars webtuiste asook die Finsolnet webtuiste bevat interessante en insiggewende leesstof. Artikels, beleggingsinligting

Bl. 16

MMaattiiggee FFoonnddss

Page 17: Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET€¦ · Ons eie RSA Makelaars webtuiste asook die Finsolnet webtuiste bevat interessante en insiggewende leesstof. Artikels, beleggingsinligting

Bl. 17

AAggggrreessssiieewwee ffoonnddss

Page 18: Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET€¦ · Ons eie RSA Makelaars webtuiste asook die Finsolnet webtuiste bevat interessante en insiggewende leesstof. Artikels, beleggingsinligting

Bl. 18

LLIIBBEERRTTYY LLIIFFEE FFOONNDDSSFFEEIITTEESSTTAATTEE

Page 19: Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET€¦ · Ons eie RSA Makelaars webtuiste asook die Finsolnet webtuiste bevat interessante en insiggewende leesstof. Artikels, beleggingsinligting

Bl. 19

Page 20: Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET€¦ · Ons eie RSA Makelaars webtuiste asook die Finsolnet webtuiste bevat interessante en insiggewende leesstof. Artikels, beleggingsinligting

Bl. 20

E-POS: Uitbreiding Nr.: Peter-John Smitsdorff [email protected] Derick Payne [email protected] Maria de Jongh (Persoonlike Assistent) [email protected] 101 Ingrid Singels (Finansiële Analises) [email protected] 107 Colleen Knoetze(Ontvangs) [email protected] 100

AAddmmiinniissttrraattiieewwee AAssssiisstteennttee // KKlliiëënntteeddiieennss:: Magda Matthee (A-D ) [email protected] 111 Linda Marais (F-H + V) [email protected] 110 Michelle Hüsselmann (E + I-N) [email protected] 115 Heidi Fontini (O-U + W-Z) [email protected] 109 Eileen Van Zyl (Portefeulje D Payne) [email protected] 113

WWEEBBTTUUIISSTTEE:: wwwwww..rrssaabbrrookkeerrss..ccoo..zzaa

Posbus 3547 TYGERVALLEI 7536

Insurance House Edwardstraat 126 BELLVILLE 7530

Epos: [email protected] Webtuiste: www.rsabrokers.co.za Tel: 021- 9196916 Faks: 021- 9199718

16) RSA MAKELAARS PERSONEEL / KONTAK BESONDERHEDE

OOnnss wwiill uu ggrraaaagg bbeeddaannkk vviirr uu jjaarreellaannggee oonnddeerrsstteeuunniinngg..

OOnnss kkaann uu vveerrsseekkeerr ddaatt ddiitt oopprreegg wwaaaarrddeeeerr wwoorrdd eenn ddaatt

ddiitt ‘‘nn vvoooorrrreegg iiss oomm uu vvaann aaddvviieess eenn ddiieennss ttee kkaann bbeeddiieenn..

AAggtteerr,, ssttaaaannddee,, vvaann lliinnkkss nnaa rreeggss:: Heidi Fontini; Magda Matthee; Maria de Jongh; Colleen Knoetze; Eileen van Zyl;

SSiitttteenndd,, mmiiddddeell,, vvaann lliinnkkss nnaa rreeggss:: Derick Payne; Japie Louw; Linda Marais; Peter-John Smitsdorff

SSiitttteenndd,, vvoooorr,, vvaann lliinnkkss nnaa rreeggss:: Michelle Hüsselmann; Ingrid Singels

IInnllaass:: Pam Coetzee