21
Lewenswetenskappe Peter Preethlall Sagie Pillay Karoline Hanks Bridget Farham Studiegids 11 Ken & Verstaan © Cambridge University Press www.cambridge.org Cambridge University Press 978-0-521-71933-9 - Ken and Verstaan Studiegids 11 Lewenswetenskappe Peter Preethlall, Sagie Pillay, Karoline Hanks and Bridget Farham Frontmatter More information

Studiegids 11 Lewenswetenskappe - Assetsassets.cambridge.org/97805217/19339/frontmatter/... · Picturenet: bl. 207; The Bigger Picture: bl. 75 (Empics); Karoline Hanks: bl. 219. Voorbeeld

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Lewenswetenskappe

Peter Preethlall Sagie Pillay Karoline Hanks Bridget Farham

Studiegids 11

Ken & Verstaan

© Cambridge University Press www.cambridge.org

Cambridge University Press978-0-521-71933-9 - Ken and Verstaan Studiegids 11 LewenswetenskappePeter Preethlall, Sagie Pillay, Karoline Hanks and Bridget FarhamFrontmatterMore information

CAMBRIDGE UNIVERSITY PRESSCambridge, New York, Melbourne, Madrid, Kaapstad, Singapoer, São Paulo, Delhi

Cambridge University PressThe Water Club, Kusweg, Granger Bay 8005, Kaapstad, Suid-Afrika

www.cambridge.orgInligting omtrent hierdie titel: www.cambridge.org/9780521719339

© Cambridge University Press 2008

Alle regte voorbehou. Onderworpe aan statutêre uitsonderings en die voorwaardes van relevante lisensie-ooreenkomste, mag geen gedeelte van hierdie boek op enige manier gereproduseer word sonder die skriftelike toestemming van die uitgewer nie.

Eerste uitgawe 2008

In Suid-Afrika gedruk deur Paarl Print

ISBN 978-0-521-71933-9 sagteband

Redakteur: Revenia AbrahamsVertaler: Nonna WeidemanOntwerper: Graham ArbuckleSetter: The Science PressIllustreerders: Laura Brecher, Catherine Crookes, John Dickin, Lizette Duvenage, Craig Farham, Kay Fish, John Hall, Andrew Kerr en James Whitelaw. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .

Die uitgewer erken met dank toestemming van die volgende bronne:

Foto’s: Gallo Images: bl. 16, 72; Fotozone Africa: bl. 249, 261, 264; Picturenet: bl. 207; The Bigger Picture: bl. 75 (Empics); Karoline Hanks: bl. 219. Voorbeeld van eksamenvraestel, met vergunning van die Departement van Onderwys.

Alle moontlike pogings is aangewend om kopiereghouers op te spoor. As oortredings plaasgevind het, lig asseblief die uitgewer in wat dit sal regstel in die geval van ’n herdruk.

Indien jy meer oor hierdie boek of oor enige ander Cambridge University Press publikasie wil weet, skakel ons by (021) 412-7800, faks ons by (021) 419-8418 of stuur ’n e-pos na [email protected].

© Cambridge University Press www.cambridge.org

Cambridge University Press978-0-521-71933-9 - Ken and Verstaan Studiegids 11 LewenswetenskappePeter Preethlall, Sagie Pillay, Karoline Hanks and Bridget FarhamFrontmatterMore information

Inhoud

Inleiding v

Module 1: Weefsels, selle en molekulêre studies 1Eenheid 1: Mikro-organismes en mikrobiologie 2Eenheid 2: Mikro-organismes en siekte 12Eenheid 3: Die imuunstelsel 19Module 1 Oefenvrae 27

Module 2: Strukture en beheer van prosesse in basiese lewenstelsels 47Eenheid 1: Steun (struktureel) 48Eenheid 1 Oefenvrae 59Eenheid 2: Vervoerstelsels 78Eenheid 2 Oefenvrae 94Eenheid 3: Ekskresie (uitskeiding) 117Eenheid 3 Oefenvrae 128Eenheid 4: Chemiese koördinasie en die senuweestelsel 143Eenheid 4 Oefenvrae 165

Module 3: Omgewingstudies 185Eenheid 1: Menslike invloede op die omgewing 186Eenheid 2: Omgewingsvolhoubaarheid 202Eenheid 1 en 2 Oefenvrae 217Eenheid 3: Lug-, land- en wateroordraagbare siektes 228Eenheid 3 Oefenvrae 235

Module 4: Diversiteit, verandering en kontinuïteit 243Eenheid 1: Wat is ’n populasie? 244Eenheid 2: Populasiegrootte 246Eenheid 3: Populasiedigtheid en populasieverspreiding 249

Eenheid 5: Populasieregulering 260Eenheid 6: Sosiale gedrag in populasies 262Eenheid 7: Bestuur van populasies 265Module 4 Oefenvrae 269

Antwoorde 281

Voorbeelde van eksamenvraestelle 313Lewenswetenskappe Vraestel 1 313Lewenswetenskappe Vraestel 2 323Memorandum vir Lewenswetenskappe Vraestel 1 334Memorandum vir Lewenswetenskappe Vraestel 2 341

Woordelys 349

© Cambridge University Press www.cambridge.org

Cambridge University Press978-0-521-71933-9 - Ken and Verstaan Studiegids 11 LewenswetenskappePeter Preethlall, Sagie Pillay, Karoline Hanks and Bridget FarhamFrontmatterMore information

vInleiding

Inleiding tot die Studiegids vir Lewenswetenskappe Graad 11

Dié Studiegids sal jou help om die inhoud van die kurrikulum vir Lewenswetenskappe Graad 11 te verstaan en om jou eksamen suksesvol af te lê. Lewenswetenskappe is die studie van lewe in die natuurlike en mensgemaakte omgewing. Dit fokus op ’n begrip van die basiese

en hul afhanklikheid van mekaar. Om suksesvol te wees in jou studie van Lewenswetenskappe moet jy die prosesse van wetenskaplike ondersoek, probleemoplossing en kritiese denke verstaan en weet hoe om jou kennis toe te pas. Die vak Lewenswetenskappe omsluit dissiplines soos plantkunde,

Uitkomsgebaseerde onderwys

Wanneer jy Lewenswetenskappe bestudeer werk jy, soos met al die vakke wat jy tans het, met leeruitkomste en assesseringstandaarde wat vir jou ’n raamwerk gee van wat jy behoort te weet en hoe jy daardie kennis moet kan toepas. Die inhoud van Lewenswetenskappe word opgebou en toegepas binne vier kennisareas: weefsels, selle en molekulêre studies; strukture en beheer van prosesse in basiese lewenstelsels; omgewingstudies; en diversiteit, verandering en kontinuïteit. Dié Studiegids is saamgestel om genoemde kennisareas te dek, asook die leeruitkomste en assesseringstandaarde wat jy moet behaal vir Lewenswetenskappe Graad 11.

Tydens jou studie van Lewenswetenskappe word van jou verwag om die volgende vermoëns te ontwikkel – die sogenaamde leeruitkomste:

wetenskaplike ondersoek- en probleemoplossingsvaardighede konstruksie en toepassing van Lewenswetenskappe-kennis ontwikkeling van ’n begrip van die onderlinge verhouding tussen

Lewenswetenskappe, tegnologie, die omgewing en die samelewing.

Hierdie vermoëns moenie in isolasie gesien word nie. Binne elke leeruitkoms is daar ook standaarde, bekend as kritieke uitkomste en ontwikkelingsuitkomste. Wanneer jy byvoorbeeld jou wetenskaplike ondersoek- en probleemoplossingsvaardighede ontwikkel, leer jy ook hoe om:

probleme op te los, besluite te neem en rasioneel te dink inligting te versamel, ontleed, organiseer en krities te evalueer doeltreffend te kommunikeer deur middel van visuele hulpmiddels

en taal.

© Cambridge University Press www.cambridge.org

Cambridge University Press978-0-521-71933-9 - Ken and Verstaan Studiegids 11 LewenswetenskappePeter Preethlall, Sagie Pillay, Karoline Hanks and Bridget FarhamFrontmatterMore information

Inleidingvi

Ander kritieke uitkomste wat jy sal ontwikkel tydens die konstruksie en toepassing van Lewenswetenskappe-kennis en wanneer jy die onderlinge verhouding tussen Lewenswetenskappe en die res van die samelewing verstaan, is onder meer:

om as ’n span saam te werk om wetenskap en tegnologie met verantwoordelikheid teenoor die

omgewing en ander mense te gebruik.

Hoe om hierdie boek te gebruik

Hierdie boek is geskryf om maklik verstaanbaar te wees en om jou te help om die vereistes van die kurrikulum onder die knie te kry. Jy moet die boek gebruik vir onafhanklike selfstudie saam met jou ander handboek vir Lewenswetenskappe en enige ander verwysingsmateriaal wat jy in die klas of tuis gebruik.

Selfstudie is belangrik omdat dit jou help om ’n groter sin van verantwoordelikheid aan te kweek en ook om meer selfdissipline en groter selfmotivering te ontwikkel.

Die beste manier om dié boek te gebruik is om: Elke module, met die eenhede wat dit bevat, sorgvuldig deur te lees. Die inligting in elke module vir elke onderwerp puntsgewys op te

som. Jy kan dit natuurlik ook doen met die leerstof wat julle in die klas behandel.

Te oefen om diagramme te teken en byskrifte op die regte manier in te skryf (sien die afdeling oor sketse en diagramme vir besonderhede).

Die akkuraatheid van jou diagramme en byskrifte na te gaan deur dit met die diagramme in hierdie boek te vergelyk.

Die vrae aan die einde van elke module of eenheid te beantwoord. Moenie die antwoorde lees voordat jy die vrae op jou eie probeer beantwoord het nie.

Jou antwoorde met dié in die boek te vergelyk. Dit sal jou help om dadelik te sien waar daar leemtes in jou kennis is. Dan sal jy moet teruggaan na die betrokke gedeeltes in hierdie boek asook in jou handboek om die materiaal weer te leer.

of ander verwysingsmateriaal kan oplos nie, bespreek dit met jou onderwyser.

Wenke vir portefeuljes

Jou portefeulje is ’n versameling van jou werk waarmee jou deurlopende assesserings punt (DASS) bepaal word. Dié punt tel 25% van jou totale punt vir Lewenswetenskappe. Deurlopende assessering is ’n integrale deel van die

jou op ’n deurlopende basis met verskillende assesseringstegnieke assesseer. As jy ’n voltydse kandidaat is, moet jy ’n DASS-punt vir Lewenswetenskappe hê, anders sal jou resultate nie deur die Suid-Afrikaanse

© Cambridge University Press www.cambridge.org

Cambridge University Press978-0-521-71933-9 - Ken and Verstaan Studiegids 11 LewenswetenskappePeter Preethlall, Sagie Pillay, Karoline Hanks and Bridget FarhamFrontmatterMore information

viiInleiding

’n Portefeulje is ’n versameling van bewyse dat jy die werk gedoen het. Jy hoef nie geld te spandeer om jou werk netjies voor te lê nie. Voorbeelde van goedkoop portefeuljes is:

velle karton wat aanmekaargekram is verseëlde A4-koeverte waarvan die bokant afgesny is vertoonlêers drukbooglêers.

Jy moet netjies en georganiseerd werk. Die onderwyser sal rekord hou van al die punte wat jy vir jou portefeulje gekry het, maar jy moet die portefeulje veilig bêre en gereed wees om dit as bewys van jou deurlopende assesseringswerk voor te lê.

Studiemetodes en eksamenwenke

Ons moet almal eksamens deurkom om deur die onderwysstelsel te kan vorder en verder in die lewe te kom. Met die regte voorbereiding en benadering hoef eksamen nie ’n hindernis te wees nie, maar kan dit ’n manier wees om te wys wat jy weet en ook ’n manier om jou te help om jou kennis logies te organiseer.

Studiemetodes

Ons het almal verskillende maniere van studeer. Party mense werk hard en konstant deur die kwartaal en spandeer dan min tyd om vir die eksamen te hersien. Ander mense vind hulle het baie hersieningstyd kort voor die eksamen nodig. Daar is nie net één regte manier nie. Soos jy vorder deur die onderwysstelsel, sal jy uitwerk wat vir jou die beste is.

Hier volg ’n paar basiese wenke wat vir almal waardevol is: Kry ’n stil plek om te studeer. As dit nie by die huis moontlik is nie,

probeer om bedags ’n stil plek in die skoolgebou of die plaaslike biblioteek te gebruik as die skoolterrein gesluit is. Sorg dat jou studie-area goeie lig kry en gemaklik is.

Sit by ’n lessenaar! Baie min mense kan goed in ’n leunstoel of in die bed studeer.

Laat ander mense in die huishouding verstaan dat jy tyd aan jou studie moet wy en dat hulle jou nie moet steur behalwe as dit absoluut noodsaaklik is nie.

Werk hard, maar nie só hard dat jy oormoeg raak nie. As jy sport doen of ander gereelde oefening kry, moenie ophou daarmee

nie. Maak net seker dat jy dit by jou studie inpas en nie andersom nie! Verwaarloos gerus jou sosiale lewe vir ’n ruk. Ontspan rustig met musiek

of jou gesin eerder as om saam met vriende uit te gaan, wat tot laat aande en swak konsentrasie die volgende dag kan lei.

Sorg dat jy genoeg slaap kry. Die meeste mense het sewe tot agt ure slaap per nag nodig en ’n mens onthou beter as jy genoeg slaap kry.

© Cambridge University Press www.cambridge.org

Cambridge University Press978-0-521-71933-9 - Ken and Verstaan Studiegids 11 LewenswetenskappePeter Preethlall, Sagie Pillay, Karoline Hanks and Bridget FarhamFrontmatterMore information

Inleidingviii

Voordat jy begin hersien, moet jy seker maak dat jy presies weet watter materiaal vir daardie eksamen gedek moet word. Kyk na die inhoudsbladsye van hierdie studiegids en jou ander handboeke. Dit is die materiaal wat gedek moet word.

Kry al jou verwysingsmateriaal bymekaar, waaronder opsommingsnotas as jy dit gemaak het.

As jy nie opsommingsnotas het nie, is dit nóú die tyd om dit te maak.

Hou sover as moontlik by hierdie skedule. Stel ’n hersieningsrooster op. Studeer aktief. Moenie net inligting probeer memoriseer nie. Gebruik

notas, konsepkaarte en sleutelwoorde, en teken diagramme met byskrifte. Toets jouself gereeld deur oefenvrae te beantwoord. Verduidelik konsepte

aan ander lede van die familie. Jy moet iets goed ken voordat jy dit aan iemand anders kan verduidelik.

Neem gereeld ’n rustyd. Staan op en stap rond, verkieslik buite. Eet

drink nie!

Eksamentegniek

Die aand voor ’n eksamen: Moenie laaste bietjies kennis probeer inprop nie. Sit alles reg wat jy vir die eksamen die volgende dag gaan nodig hê, soos

penne en potlede. Sorg dat jy weet hoe laat die eksamen begin en waar dit geskryf word. Stel jou wekker sodat jy betyds kan opstaan, ’n goeie ontbyt kan eet en

genoeg tyd het om by die eksamen te kom. Kry ’n goeie nag se slaap in.

Die eksamen self: Lees die instruksies op die vraestel sorgvuldig deur en skryf enige

kommentaar van die toesighouer neer. Lees die hele vraestel deeglik deur voordat jy vrae begin beantwoord. As daar ’n keuse van vrae is, maak ’n merkie by dié vrae wat jy weet jy

goed ken. Kyk mooi hoeveel tyd jy vir die eksamen het en ook hoeveel vrae jy moet

beantwoord. Deel die tyd sorgvuldig in sodat jy al die vereiste vrae kan beantwoord. Jy gaan baie punte verloor as jy vrae uitlos.

Lees by veelkeuse-vrae elke vraag deur en dink goed na voordat jy antwoord. Moenie raai nie.

Lees vrae wat kort antwoorde vereis en gestruktureerde vrae goed deur. Sit jou antwoorde duidelik en logies uiteen, en gebruik notas as jy wil. Moenie vae en onduidelike stellings maak nie. Maak seker jy beantwoord die vraag wat gevra word.

© Cambridge University Press www.cambridge.org

Cambridge University Press978-0-521-71933-9 - Ken and Verstaan Studiegids 11 LewenswetenskappePeter Preethlall, Sagie Pillay, Karoline Hanks and Bridget FarhamFrontmatterMore information

ixInleiding

In vrae met oop antwoorde of waar jy ’n kort opstel moet skryf, maak eers notas van die hoofpunte wat jy moet dek. Dit help jou om die materiaal te onthou en jou gedagtes te orden sodat jou antwoord duidelik en logies is.

maklik sal kan nasien. Deel jou tyd só in dat daar ’n paar minute aan die einde van die eksamen

oor is om jou antwoorde op die vrae na te gaan.Sterkte!

Notas oor spesifieke studieareas

Vrae wat begrip en die onttrekking van data uit ander materiaal behels

Hierdie tipe vrae behels dat jy die inligting wat verskaf word in uittreksels uit ander boeke, wetenskaplike joernale of koerant- en tydskrifartikels moet begryp of verstaan. Die uittreksels wat jy in die vraag kry, het betrekking op Lewenswetenskappe en die toepassing daarvan op alledaagse situasies. Die vrae wat oor hierdie uittreksels gevra word, assesseer hoe goed jy die inligting in die uittreksel verstaan en hoe jy die data wat in die uittreksel is, kan interpreteer.

Hierdie volg belangrike punte waarop jy moet let wanneer jy ’n begripsvraag beantwoord:

Lees die uittreksel goed voordat jy na die vrae kyk. Vra jouself af of jy die inligting in die uittreksel verstaan.

As daar woorde is wat jy nie verstaan nie, kyk hoe hulle in die uittreksel

Kyk nou na die vrae. Al die inligting wat jy nodig het om die vrae te beantwoord, is in die uittreksel wat jy gekry het. Onthou dit!

Neem een vraag op ’n keer en gaan soek die antwoord in die uittreksel. Jy kan die bewoording in die uittreksel gebruik om jou antwoord saam te stel. Onthou dat enige antwoord op ’n vraag gebaseer moet wees op die inligting in die uittreksel wat jy gekry het.

Oefen om begripsvrae te beantwoord deur die oefenvrae in hierdie boek deur te werk.

As jy sukkel om sinne te bou, gebruik kort notas in jou antwoord. Solank jou antwoord al die korrekte inligting bevat, sal jy die punte kry wat jou toekom.

© Cambridge University Press www.cambridge.org

Cambridge University Press978-0-521-71933-9 - Ken and Verstaan Studiegids 11 LewenswetenskappePeter Preethlall, Sagie Pillay, Karoline Hanks and Bridget FarhamFrontmatterMore information

Inleidingx

Sketse en diagramme

Sketse en diagramme is noodsaaklik vir enige wetenskap en is veral belangrik vir Lewenswetenskappe omdat ’n mens dit gebruik om te interpreteer wat jy sien, soos wanneer jy na ’n eksemplaar onder die mikroskoop kyk of probeer verstaan hoe die menslike liggaam werk. Maar daar is reëls vir wetenskaplike sketse en diagramme. Onthou dat jou wetenskaplike skets of diagram nie ’n blote prentjie is nie. Dit is ’n maklik verstaanbare voorstelling van wat jy sien.

Reëls vir sketse en diagramme

Daar is algemene reëls wat jy moet nakom wanneer jy wetenskaplike sketse of diagramme teken.

Sketse en diagramme moet: in potlood geteken word (met ’n skerp HB-potlood en met duidelike,

vloeiende lyne) byskrifte in ink hê groot genoeg wees (ten minste ’n halwe A4-bladsy) sodat al die strukture

in die diagram sigbaar is in die middel van die bladsy geplaas word gewoonlik tweedimensioneel wees (wat dus slegs lengte en breedte toon) nie ingekleur wees nie ’n beskrywing of onderskrif onderaan hê.

Onthou dat ’n biologiese eksemplaar op verskillende maniere deurgesny

Die onderskrif moet die bron van die diagram aantoon, nl. of dit van ’n

word óf in een hoek van die skets self.

met ’n liniaal getrek word (nie met die hand nie) nie mekaar kruis nie nie pyltjies aan die punte hê nie

aan een kant van die diagram wees as daar min byskrifte is, maar as daar baie is, kan dit aan weerskante staan

netjies in lyn wees, met een byskrif mooi onder die ander een.

Onderwysers en eksaminators sal die volgende assesseringkriteria gebruik as hulle jou diagramme assesseer:

vorm grootte verhouding (of die verskillende dele van die diagram die regte grootte is

in verhouding tot die grootte van die voorwerp wat getoon word)

© Cambridge University Press www.cambridge.org

Cambridge University Press978-0-521-71933-9 - Ken and Verstaan Studiegids 11 LewenswetenskappePeter Preethlall, Sagie Pillay, Karoline Hanks and Bridget FarhamFrontmatterMore information

xiInleiding

posisie van die dele onderskrif

byskrifte netheid.

Figuur 1 ‘n Skets van ‘n tipiese parenchiem

Tabelle

’n Tabel word gebruik om die data wat jy ingesamel het met so min as moontlik woorde te organiseer en aan te bied. ’n Tabel is as ’t ware ’n opsomming van data.

’n Tabel lyk soos ’n reghoekige rooster wat in rye en kolomme ingedeel word. Rye loop van links na regs oor die tabel. Die ingekleurde deel in die tabel hieronder illustreer ’n ry (wat uit drie selle bestaan).

Kolomme is die vertikale blokke van ’n tabel. Die ingekleurde deel in die tabel hieronder illustreer ’n kolom (wat uit vier selle bestaan).

Tabelle kan eenvoudig (met twee kolomme en ’n paar rye) of ingewikkeld (bestaan uit baie kolomme en baie rye) wees.

Tabelle kan vir die volgende gebruik word: Om die resultate van ’n ondersoek te toon.

dun selwand

sitoplasma

selkern

groot vakuool

intersellulêre lugspasie

© Cambridge University Press www.cambridge.org

Cambridge University Press978-0-521-71933-9 - Ken and Verstaan Studiegids 11 LewenswetenskappePeter Preethlall, Sagie Pillay, Karoline Hanks and Bridget FarhamFrontmatterMore information

Inleidingxii

Om inligting op te som.

’n Tabel moet ’n opskrif hê wat sê watter tipe inligting dit bevat. Elke kolom en elke ry kan ’n opskrif hê, waar toepaslik, met eenhede, waar nodig.

Kyk as ’n voorbeeld na die kenmerke van die tabel hieronder (Tabel 1): Dit het ’n opskrif bo-aan. Dit het twee kolomme en agt rye. Elke kolom het ’n opskrif. Die eerste kolom moet die onafhanklike veranderlike toon (x-as – posisie

van die lig). Die volgende kolom (en ander kolomme, waar van toepassing) moet die

afhanklike veranderlike toon (y-as – deursnee van die pupil). Elke stuk inligting is in ’n afsonderlike sel. Die tabel het 2 x 8 = 16 selle.

Tabel 1: Die veranderinge in die deursnee van die oog se pupil in respons op lig van verskillende intensiteite.

Posisie van die lig Deursnee van die pupil (mm)

1 1,2

2 1,8

3 2,4

4 3,0

5 3,6

6 4,2

7 4,8

Onderwysers en eksaminatore kan ’n kontrolelys of rubriek soos die een hieronder gebruik om ’n tabel wat jy opgestel het, na te sien: Assesseringskriteria 1 punt 0 punte

Opskrif

Insiggewende kolomopskrifte

Insiggewende ry-opskrifte

Eerste kolom: onafhanklike veranderlike

Eenhede in opskrifte

Geen eenhede in liggaam van tabel nie

Netheid

Volle stel resultate aangeteken

© Cambridge University Press www.cambridge.org

Cambridge University Press978-0-521-71933-9 - Ken and Verstaan Studiegids 11 LewenswetenskappePeter Preethlall, Sagie Pillay, Karoline Hanks and Bridget FarhamFrontmatterMore information

xiiiInleiding

Staafgrafieke

veranderlikes, dit is die veranderlikes op die x-as, elk met iets anders

inligting. Die voorbeeld wat hier volg, toon die verskillende tipes vervoer wat verskillende leerders gebruik om by die skool te kom. Daar is geen

die beste manier om hierdie data voor te stel.

Die stawe moet ewe breed en ewe ver uitmekaar wees.

Die onafhanklike veranderlike (x-as) en die afhanklike veranderlike (y-as) moet albei gemerk wees. Onthou om eenhede te gebruik, waar nodig.

Voorbeeld

leerders in die klas gebruik om by die skool te kom:

Histogramme

voor te stel waar die onafhanklike veranderlike (x-as) groepe inligting op ’n deurlopende of kontinue skaal voorstel. Histogramme is soortgelyk aan

is nie omdat elke staaf data toon wat op ’n manier verband hou met die ander stawe, sodat die stawe kontinu (aaneenlopend) is.

Tabel 2: Die tipe vervoer wat verskillende leerders in die klas gebruik om by die skool te kom.

Tipe vervoer Getal leerders wat dié metode gebruik

Stap 26

Fiets 2

Taxi 1

Bus 3

Figuur 2 ’n Staafgrafiek van die maniere waarop leerders by die skool kom.

30

25

20

15

10

5

0

Get

al le

erde

rs

Maniere waarop leerders by die skool kom

Stap Fiets Taxi Bus

© Cambridge University Press www.cambridge.org

Cambridge University Press978-0-521-71933-9 - Ken and Verstaan Studiegids 11 LewenswetenskappePeter Preethlall, Sagie Pillay, Karoline Hanks and Bridget FarhamFrontmatterMore information

Inleidingxiv

Die stawe kan horisontaal of vertikaal geteken word. Sorg net dat al die stawe ewe breed is.

’n Histogram moet ’n opskrif hê. Die onafhanklike veranderlike (x-as) en die afhanklike veranderlike(y-as) moet albei gemerk wees.

Die volgende tabel en die histogram wat op die data in die tabel gebaseer is, toon hoe ’n histogram geteken moet word.

VoorbeeldDie volgende tabel en histogram toon die omvang van leerders se punte vir ’n opdrag:

Die volgende rubriek toon die kriteria wat onderwysers en eksaminatore kan

Assesseringskriteria vir assessering van staafgrafieke en histogramme

Assesseringskriteria 1 punt 0 punte

Korrekte tipe grafiek

Opskrif/byskrif vir grafiek

Korrekte keuse en byskrif vir x-as

Korrekte keuse en byskrif vir y-as

Gepaste eenhede vir x-as

Gepaste eenhede vir y-as

Gepaste skaal vir x-as

Gepaste skaal vir y-as

Stawe korrek geteken

Jy sal punte verloor as:

’n histogram wanneer die data wel verband hou.

Tabel 3: Getal leerders met ‘n bepaalde %

Omvang (%)

Getal leerders met ‘n bepaalde %

0–9 0

10–19 0

20–29 2

30–39 3

40–49 4

50–59 7

60–69 10

70–79 6

80–89 3

90–99 0

12

10

8

6

4

2

0

Get

al le

erde

rs

0–9 10–19 20–29 30–39 40–49 50–59 60–69 70–79 80–89 90–100

Omvang van toetspunte (%)

Leerders met ’n bepaalde persentasie

Figuur 3 ’n Histogram wat die getal leerders met ’n bepaalde persentasie toon.

© Cambridge University Press www.cambridge.org

Cambridge University Press978-0-521-71933-9 - Ken and Verstaan Studiegids 11 LewenswetenskappePeter Preethlall, Sagie Pillay, Karoline Hanks and Bridget FarhamFrontmatterMore information

xvInleiding

jy die asse verkeerd teken. Onthou dat die y-as altyd die vertikale as en die x-as altyd die horisontale as is.

Lyngrafieke

’n deurlopende of kontinue wyse voorgestel kan word. ’n Voorbeeld van ’n kontinue verhouding tussen veranderlikes is die effek van temperatuur op die tempo van fotosintese.

’n Horisontale as, die x-as, vir die onafhanklike of manipuleerbare veranderlike. Dit verteenwoordig die veranderlike wat tydens die ondersoek gekontroleer of verander word om te bepaal watter uitwerking dit het. Dié as moet toepaslik gemerk word met eenhede, bv. Temperatuur (in grade Celsius).

’n Vertikale as, die y-as, vir die afhanklike of responderende veranderlike. Dit is die respons wat gemeet of gemonitor word tydens die ondersoek; ofte wel die veranderlike wat reageer of wat gemeet of bereken word. Dié as moet toepaslik gemerk word met eenhede, bv. Getal gasborrels per minuut geproduseer.

’n Gepaste skaal om die data voor te stel. Die punte wat gestip word, moet die grootste deel van die as gebruik, d.w.s. die totale beskikbare spasie. Om dit te kan doen, moet jy die omvang van die lesings bekyk en dan uitwerk wat die laagste en hoogste waardes vir elke skaal is. Die skaal wat jy kies, moet altyd in reëlmatige opvolging wees, d.w.s. die skaalindelings moet almal ewe groot wees, bv. 4 soos in 4, 8, 12, ens. Elke as moet gemerk word met die korrekte eenhede en jy moet sê wat op elke as aangedui word. Kom ons gebruik die voorbeeld van die effek van temperatuur op die tempo van fotosintese: die temperatuur sal op die x-as wees – gemerk Temperatuur (°C) en die getal gasborrels per minuut sal op die y-as wees – gemerk Tempo van fotosintese (getal gasborrels gelewer per minuut).

Stip van die punte.x- en

y-koördinate gebruik om die punte te stip. Die punte word verbind.

Gebruik ’n liniaal om punte wat op ’n reguit lyn lê te verbind.

Die punte is nie gewoonlik in ’n absolute reguit lyn nie vanweë eksperimentele foute en variasie. In só ’n geval trek jy ’n lyn van beste passing. Daardie punte wat nie pas nie, moet eweredig aan weerskante van die lyn lê.

As dit lyk asof die punte ’n kromme vorm, trek dan die kromme sorgvuldig deur al die punte te verbind. Moenie kort, onderbroke lyne trek nie.

y

xy

xy

x

© Cambridge University Press www.cambridge.org

Cambridge University Press978-0-521-71933-9 - Ken and Verstaan Studiegids 11 LewenswetenskappePeter Preethlall, Sagie Pillay, Karoline Hanks and Bridget FarhamFrontmatterMore information

Inleidingxvi

verhouding tussen die veranderlikes aan te toon. Byvoorbeeld: “Die effek van temperatuur op die tempo van fotosintese.”

Sleutel.

sleutel byvoeg, of ’n stippellyn en soliede lyn gebruik en dit merk.

Om waardes van ’n lyngrafiek af te lees

’n punt op die xstippellyn na die ydie waarde op die punt waar die lyn die y-as raak.

Voorbeeld

om 30 borrels vry te stel.

Figuur 4 Lyngrafiek wat die verwantskap toon tussen die getal borrels vrygestel deur ‘n plant en tyd.

Jou lesing sal toon dat dit die plant 15 minute geneem het om 30 gasborrels vry te stel.

Onderwysers en eksaminatore sal die volgende kriteria gebruik om te

Assesseringskriteria 1 punt 0 punte

Korrekte tipe grafiek

Opskrif van grafiek

Korrekte keuse en byskrif vir x-as

Korrekte keuse en byskrif vir y-as

Korrekte eenhede vir x-as

50

40

30

20

10

0

Get

al b

orre

ls v

ryge

stel

Getal borrels deur ‘n plant vrygestel oor tyd

0 5 10 15 20 25

Tyd (minute)

© Cambridge University Press www.cambridge.org

Cambridge University Press978-0-521-71933-9 - Ken and Verstaan Studiegids 11 LewenswetenskappePeter Preethlall, Sagie Pillay, Karoline Hanks and Bridget FarhamFrontmatterMore information

xviiInleiding

Korrekte eenhede vir y-as

Geskikte skaal vir x-as (konstante intervalle)

Geskikte skaal vir y-as (konstante intervalle)

Punte korrek gestip

Alle gestipte punte korrek verbind

Sirkeldiagramme

’n Sirkeldiagram toon data as ’n persentasie of relatiewe proporsie van die

op te deel (soos jy ’n pizza sal sny) om elke item as ’n persentasie van die geheel voor te stel. ’n Volledige sirkel stel die geheel of 100% voor, ’n halwe sirkel 50%, en so meer.

Bereken eers die persentasies wat jy vir elke sektor gaan gebruik. Bereken dan die hoek van elke sektor met die volgende formule (onthou daar is 360° in ’n sirkel):

h = v × 360 _______ t

hv is die hoeveelheid van die veranderliket is die totaal (100 in die geval van persentasie).

VoorbeeldIn ’n ekostelsel word 41 insekte (miere, skoenlappers, en so meer), twee akkedisse, drie spinnekoppe en vier voëls getel. Dit gee ’n totaal van 50 diere. Gebruik ’n sirkeldiagram om die persentasie van elke tipe dier in die ekostelsel voor te stel.

Met behulp van bostaande formule is die persentasie en grade uitgewerk en in die tabel hieronder aangeteken:Diere % Sektor/sny

Insekte 41 x 100 ______ 50 = 82% 82 x 60 _____ 100 = 295,2°

Reptiele 2 x 100 _____ 50 = 4% 4 x 360 _____ 100 = 14,4°

Arachnida (spinnekopagtiges)

3 x 100 _____ 50 = 6% 6 x 360 _____ 100 = 21,6°

Voëls 4 x 100 _____ 50 = 8% 8 x 360 _____ 100 = 28,8°

Hoe om die sirkeldiagram te teken:1 Jy kan ’n passer gebruik om die sirkel te trek en ’n gradeboog om

akkurate hoeke vir elke sektor of sny te kry.2

hierbo is insekte 295,2o of 82%, dan die volgende grootste, en so meer. 3

© Cambridge University Press www.cambridge.org

Cambridge University Press978-0-521-71933-9 - Ken and Verstaan Studiegids 11 LewenswetenskappePeter Preethlall, Sagie Pillay, Karoline Hanks and Bridget FarhamFrontmatterMore information

Inleidingxviii

Byvoorbeeld:

Figuur 5 Sirkeldiagram wat die persentasie van elke tipe diere in die ekostelsel toon.

Onderwysers en eksaminatore kan die volgende kriteria gebruik om jou sirkeldiagram te assesseer:Assesseringskriteria 1 punt 0 punte

Korrekte tipe grafiek

Gepaste opskrif

Gepaste byskrifte/sleutel

Berekening van % van elke sektor/sny

Berekening van grade vir elke sektor/sny

Sektore/snye korrek geteken

Wiskundige vaardighede vir Lewenswetenskappe

Wiskundige vaardighede is ’n belangrike deel van Lewenswetenskappe.

Skaal

Skaal word gebruik om die werklike grootte van ’n voorwerp te bereken wat in ’n diagram verklein is, soos om byvoorbeeld die breedte van die maag in Figuur 6 te bereken. Daar word van jou verwag om die breedte van die maag te meet en dit dan met die skaal soos aangetoon in die diagram te vermenigvuldig. Byvoorbeeld, as die breedte van A in Figuur 6 13 mm is, is die werklike breedte 13 × 5, wat gelyk is aan 65 mm (omdat die skaal 1

_ 5 is).Skaal word ook gebruik om die werklike grootte te bepaal van

byvoorbeeld die werklike lengte van ’n mikroskopiese bakteriële sel wil bereken, meet jy die lengte met ’n liniaal en deel dan hierdie syfer deur die vergroting soos aangedui onder of op die skets.

Gemiddeldes

Om die gemiddelde te bepaal, bereken jy die som van al die items en deel hierdie totaal deur die aantal items.

VoorbeeldDie 10 leerders in ’n klas het die volgende punte in ’n toets behaal: 85, 54, 67, 90, 95, 80, 60, 50, 35, 40.

insekte

reptiele

arachnida

voëls

Figuur 6 Deel van die menslike spysverteringstelsel. Skaal van skets: × 1 _ 5

A

© Cambridge University Press www.cambridge.org

Cambridge University Press978-0-521-71933-9 - Ken and Verstaan Studiegids 11 LewenswetenskappePeter Preethlall, Sagie Pillay, Karoline Hanks and Bridget FarhamFrontmatterMore information

xixInleiding

Totaal = 656 (Tel al tien getalle bymekaar)Gemiddelde = 656 ___ 10

= 65,6

Formules

’n Formule word vir sekere tipes berekeninge gebruik. In Wiskunde het jy geleer hoe om getalle in ’n formule te vervang (substitueer). Jy gebruik presies dieselfde prosedure wanneer formules in ander vakke gebruik word.

Voorbeeld 1Eenvoudige steekproefneming:Beraamde totale getal individue in ’n populasie

= getal individue in steekproefarea × grootte van habitat

___________________ grootte van steekproef

Voorbeeld 2Merk-hervang-eksperimente:

N = C × M ______ R Waar:N = beraamde grootte van populasieC = totale aantal individue gevangM = totale aantal gemerkte individueR = totale aantal gemerkte individue hervang

Ondersoeke om hipoteses te toets

Inleiding

’n Ondersoek in Lewenswetenskappe, en trouens in enige wetenskap, maak nie daarop aanspraak dat dit bewys dat ’n bepaalde verskynsel bestaan nie. Die meeste waarop ’n ondersoek kan aanspraak maak, is dat die resultate nie die voorspelling of stelling verkeerd bewys nie. So ’n voorspelling of stelling word gewoonlik ’n hipotese genoem. Die onvermoë om te “bewys” dat ’n bepaalde hipotese “waar” is, is ’n kenmerk van baie wetenskaplike ondersoeke. Een manier waarop wetenskap vooruitgang maak, is deur ’n hipotese te stel, voorspellings op grond van die hipotese te maak en dan die voorspellings met eksperimente te toets. ’n Hipotese is ’n poging om ’n gebeurtenis of waarneming te verklaar aan die hand van alle beskikbare inligting. Die hipotese word dan verwerp of gewysig as die resultate van die eksperiment nie die voorspellings bevestig nie.

Om hipoteses in Lewenswetenskappe te toets, gebruik jy die wetenskaplike metode. Dit is ’n stapsgewyse benadering wat in die vloeidiagram op die volgende bladsy opgesom word.

Jy kan die vloeidiagram gebruik vir ’n projek, ’n praktiese ondersoek, ’n toets of ’n eksamenvraag. As jy die prosedure soos aangedui in verskillende kontekste volg, sal dit jou help om die beginsels onderliggend aan wetenskaplike ondersoeke te verstaan.

© Cambridge University Press www.cambridge.org

Cambridge University Press978-0-521-71933-9 - Ken and Verstaan Studiegids 11 LewenswetenskappePeter Preethlall, Sagie Pillay, Karoline Hanks and Bridget FarhamFrontmatterMore information

Inleidingxx

OPSOMMING VAN DIE WETENSKAPLIKE METODE ’n Probleem word geïdentifiseer deur ’n waarneming te maak.

Kennis oor die onderwerp word uit verskeie bronne ingewin.

Veranderlikes word geïdentifiseer.

’n Veranderlike is ’n faktor wat die ondersoek kan beïnvloed. Voorspel of raai watter faktore sal die ding wat ondersoek word, beïnvloed.

Daar is drie tipes veranderlikes: Onafhanklik

Verander deur ondersoeker Afhanklik

Gevolg van die onafhanklike veranderlike Konstant/Vas

Dit kan resultate van ondersoek raak – moet dus konstant gehou word.

’n Hipotese word opgestel. Dit is ’n voorlopige verklaring vir die probleem/waarneming.

’n Voorspelling/doelwit word opgestel.

Beheerde eksperimente word ontwerp.

Eksperimentele groep.

Kontrole- groep.

Waarneming, insameling, manipulering en ontleding van data.

Gevolgtrekkings word gemaak.

Eksperimentele data steun die hipotese.

Eksperimentele data steun nie die hipotese nie.

Aanvaar hipotese. Verwerp hipotese.

Herh

aal

Hers

ien/

wys

ig/p

as a

an/g

ener

eer n

uwe

hipo

tese

© Cambridge University Press www.cambridge.org

Cambridge University Press978-0-521-71933-9 - Ken and Verstaan Studiegids 11 LewenswetenskappePeter Preethlall, Sagie Pillay, Karoline Hanks and Bridget FarhamFrontmatterMore information

xxiInleiding

Doen ’n opname om data vir ’n ondersoek in te samel

Opnames word dikwels in die nuwe Lewenswetenskappe-kurrikulum gebruik. Jy samel data vir ’n opname in deur ’n onderhoud of ’n vraelys. Hierdie aktiwiteite kan net suksesvol en van ’n hoë wetenskaplike standaard wees as jy weet wanneer en hoekom sulke opnames gedoen word. Verder hang dit af van die manier waarop die vrae in die vraelyste en onderhoude saamgestel word. Gestruktureerde vraelyste om data in te samel word in die volgende tipe situasies gebruik:

Om kennis oor die begrip van ’n verskynsel in die samelewing in te win, bv. die verspreiding van tuberkulose (TB).

Om die opinies, geloofsopvattings en houdings van mense vas te stel,

Om die gedrag van bv. tieners te ondersoek – hoe dikwels besoek hulle ’n biblioteek.

Deel 1: Hoe om ’n vraelys op te stel

Stap 1 Bepaal watter inligting jy wil insamel. Hiervoor sal jy moet terugverwys

na die stappe van die wetenskaplike metode. Formuleer die vraag wat ondersoek moet word sodat dit geen

onduidelikhede bevat nie. Verwys weer na die stappe van die wetenskaplike metode.

As ’n inleiding tot die vraelys, bedank die respondente (mense wat reageer) dat hulle tyd afstaan om die vrae te beantwoord, verduidelik kortliks die doel van die opname, gee duidelike instruksies oor hoe om die vraelys te voltooi en stel ’n keerdatum vas vir insameling of ’n adres waarheen die voltooide vraelys gestuur moet word.

Die uitleg en volgorde van die vrae moet gebruikersvriendelik wees. Begin met korter, makliker of interessanter vrae sodat die respondent (persoon wat antwoord) nie afgesit word deur die vraelys nie.

Hou altyd die respondent (persoon wat antwoord) in gedagte. Die taalvlak en woordeskat moet op ’n vlak wees wat hulle sal verstaan.

Vermy te veel oop vrae – omdat dit subjektief is, is dit moeiliker om te ontleed.

Stap 2 Die vraelys moet op ’n paar mense getoets word om te sien of daar enige probleme is, soos herhalings of onduidelikhede in die vrae. Die mense wat die vraelys toets, moet soortgelyk wees aan die uiteindelike respondente op die vraelys.

Deel 2: Kies jou steekproefpopulasie’n Vraelys sal nooit aan ’n hele populasie gegee word nie. Jy moet besluit op die steekproef van die populasie en die vraelys aan mense in hierdie steekproef gee.

© Cambridge University Press www.cambridge.org

Cambridge University Press978-0-521-71933-9 - Ken and Verstaan Studiegids 11 LewenswetenskappePeter Preethlall, Sagie Pillay, Karoline Hanks and Bridget FarhamFrontmatterMore information

Inleidingxxii

Die keuse van ’n steekproef moet: verteenwoordigend wees van die populasie wat jy teiken groot genoeg wees dat die resultate betroubaar sal wees dikwels ewekansig gekies word, hoewel gestruktureerde

steekproefneming ook gebruik word, soos wanneer jy byvoorbeeld wil kyk na mense tussen sekere ouderdomme of van ’n bepaalde geslag.

Deel 3: Hantering van die vraelys Die vraelys moet op dieselfde wyse aan alle deelnemers gegee word

sonder enige bykomende inligting wat die response van die respondente mag beïnvloed.

Jy moet nooit veroordelend wees oor die response nie, maar mense se antwoorde op die vrae net so aanvaar.

Deel 4: Insameling, optekening en ontleding van die dataDit is waar jy sal sien hoe belangrik dit is om vrae te vra wat nie ’n oop antwoord vereis nie. Jy kan byvoorbeeld vrae hê waarop mense net ja of nee moet antwoord, of uit ’n lys response moet kies. Hierdie response kan dikwels wiskundig gemerk word, met byvoorbeeld 0 vir ja of 1 vir nee. As jy ’n reeks opsies het, kan ’n nommer aan elke opsie toegeken word. So kan

kan jy jou response in ’n tabel opteken en die resultate wiskundig ontleed. Samel al die vraelyste in wat jy uitgedeel het. Werk uit hoeveel mense in jou steekproef dit volledig beantwoord het. Teken die response op elke vraag in ’n tabel aan. Dit is gepas om hierdie data wiskundig te ontleed omdat dit in so ’n

formaat objektief is, sonder vooroordeel of subjektiwiteit. Die gemiddelde, mediaan (middelste waarde in ’n groep van hoogste tot

laagste) en die modus (waarde in ’n reeks wat die meeste voorkom) word dikwels gebruik in die ontleding van resultate van ’n ondersoek voordat gevolgtrekkings gemaak word.

Deel 5: Aanbieding van jou bevindings Stel ’n skriftelike verslag op. Jy kan ook ’n mondelinge aanbieding gee.

toe te lig.

© Cambridge University Press www.cambridge.org

Cambridge University Press978-0-521-71933-9 - Ken and Verstaan Studiegids 11 LewenswetenskappePeter Preethlall, Sagie Pillay, Karoline Hanks and Bridget FarhamFrontmatterMore information