Upload
sumaya
View
78
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
AFKALLD/301/4/2012
Studiebrief 301/4/2012 Algemene studiebrief aan alle studente in die Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap
Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap
Hierdie studiebrief bevat belangrike inligting oor die module
VOORBEREIDING VIR AFSTANDSONDERRIG
Bar code
AFKALLD
2
INHOUDSOPGAWE 1 INLEIDING ...................................................................................................................................... 3
1.1 Verwelkoming deur die departementshoof ..................................................................................... 3 1.2 Die doel van hierdie studiebrief ...................................................................................................... 4 1.3 Hoe om deur jou studiepakket te werk ........................................................................................... 4
2 ORIËNTERING TEN OPSIGTE VAN OPE AFSTANDSONDERRIG (OAO) IN DIE KONTEKS VAN DIE KOLLEGE ................................................................................................................................. 4
2.1 Die aard van OAO .......................................................................................................................... 4 2.2 Wat die universiteit/kollege van jou verwag .................................................................................... 5 2.3 Wat jy van die Universiteit/Kollege kan verwag .............................................................................. 6
3 LEERSTRATEGIEË ....................................................................................................................... 6
3.1 Tydsbeplanning .............................................................................................................................. 6 3.2 Lees om te verstaan ....................................................................................................................... 7 3.3 Opstel van jou eie woordelys .......................................................................................................... 8 3.4 Die hergebruik van doeltreffende leerstrategieë ............................................................................. 8 3.5 Werkopdragte ................................................................................................................................. 9 3.6 Voorbereiding vir die eksamen ..................................................................................................... 22
4 ETIESE GEDRAG VAN ‘N STUDENT ......................................................................................... 24
4.1 Plagiaat ......................................................................................................................................... 24
5 ALGEMENE VRAE ...................................................................................................................... 25
5.1 Dosente verwys altyd na studiebrief 101. Wat is dit? ................................................................... 26 5.3 Moet ek enige voorgeskrewe boeke aankoop? Word verdere leesmateriaal aanbeveel? ........... 26 5.4 Wat staan my te doen wanneer ek probleme met die inhoud van die studiemateriaal ondervind?26 5.5 Ek het nog nie my studiemateriaal ontvang nie. Kan die departement dit aan my stuur? ............ 26 5.6 Wanneer begin klasse by Unisa? ................................................................................................. 27 5.7 Is daar besprekingsklasse? .......................................................................................................... 27 5.8 Wanneer en waar skryf ek eksamen?........................................................................................... 27 5.9 Wanneer word die eksamenuitslae bekend gemaak? .................................................................. 27 5.10 Waar kry ek my eksamenuitslae? ................................................................................................. 27 5.11 Wat kan ek doen indien ek ontevrede met my uitslae is? ............................................................. 28 5.12 Hoe doen ek aansoek as ek my eksamenvraestel weer wil laat nasien? ..................................... 28 5.13 Wanneer vind die aanvullende eksamen/aegrotat-eksamen plaas? ............................................ 28 5.14 Vir watter modules moet ek nou registreer? ................................................................................. 28 5.15 Wat is myUnisa? ........................................................................................................................... 28 5.16 Wat is videokonferensies en satellietuitsendings? ........................................................................ 29 5.17 Wat is EVL? .................................................................................................................................. 29 5.18 Ek wil krediete van ʼn ander Universiteit af oorplaas. Hoe doen ek dit? ........................................ 29 5.19 Ek wil saam met ander studente werk. Hoe kan ek dit doen? ...................................................... 29 5.20 Wat staan my te doen indien ek nie ʼn leser of skrywer met selfvertroue is nie? .......................... 29 5.21 Wat gebeur as ek ʼn CD of DVD ontvang het, maar ek het nie die toerusting om dit te speel nie?30 5.22 Hoeveel kontak kan ek van my dosente verwag?......................................................................... 30 5.23 Waar kan ek finansiële bystand kry? ............................................................................................ 30
AFKALLD/301
3
1 INLEIDING
1.1 Verwelkoming deur die departementshoof
Ons verwelkom jou graag by die Kollege vir Menswetenskappe. Gegradueerdes dra op verskeie maniere
tot ons samelewing en ekonomie by en ons is dus bly dat jy hierdie studieveld gekies het. Ons hoop dat jy
jou studie suksesvol sal afhandel en dat dit toepaslik op jou gekose loopbaan sal wees. Ons hoop voorts
dat jou studie-ervaring by Unisa aangenaam asook stimulerend sal wees.
Hierdie studiebrief bevat belangrike inligting wat jou met jou studie in die Kollege vir Menswetenskappe sal
help. Lees dit asseblief sorgvuldig deur en hou dit byderhand wanneer jy deur die studiemateriaal werk, vir
werkopdrag(te) en die eksamen voorberei en vrae aan jou dosente rig.
Ons wil jou reeds van die begin af herinner dat jy al die studiebriewe wat jy gedurende die semester
ontvang, onmiddellik en sorgvuldig moet deurlees. Die inligting daarin is altyd belangrik en soms selfs dringend.
Geniet jou studie. Ons wens jou alles van die beste toe!
Prof. M. Keuris
Departementshoof: Dept. Afrikaans en ALW
Tel: 012 429-6308
4
1.2 Die doel van hierdie studiebrief Die doel van hierdie studiebrief is om jou ten opsigte van ope afstandsonderrig (OAO) te oriënteer, ‘n paar
studievaardighede op te som wat jou in staat sal stel om meer onafhanklik as student te word en ʼn paar
algemene vrae wat deur studente gevra word, te beantwoord.
1.3 Hoe om deur jou studiepakket te werk Jy moet onmiddellik Studiebrief 101/2012 vir al die modules waarvoor jy geregistreer is, lees.
Hierdie studiebrief bevat belangrike inligting oor onder andere:
• werkopdragte (aantal en keerdatums);
• voorgeskrewe en/of aanbevole boeke;
• addisionele studiemateriaal (byvoorbeeld CD’s, DVD’s, leesbundels);
• samestelling van jou jaarpunt;
• assesseringskriteria;
• myUnisa;
• eksamen en hereksamen en
• videokonferensies en groepsbesprekingsklasse
Let op die keerdatums van die werkopdragte vir al jou modules. Beplan dan jou studieprogram op so ʼn
wyse dat jy in staat sal wees om al jou werkopdragte betyds in te handig. Op die laaste bladsy van hierdie studiebrief het ons ʼn studieprogram (kalender) ingesluit. Ons moedig jou
aan om dit te voltooi met inbegrip van belangrike datums (byvoorbeeld werkopdragdatums,
eksamendatums en datums vir besprekingsklasse) vir al die modules waarvoor jy vir 2012 geregistreer is.
2 ORIËNTERING TEN OPSIGTE VAN OPE AFSTANDSONDERRIG (OAO) IN DIE KONTEKS VAN DIE KOLLEGE
2.1 Die aard van OAO
Jy het gekies om by Unisa, wat ʼn ope afstandsonderriginstansie vir hoër onderrig is, te registreer. Wat
beteken dit vir jou?
Eerstens het jy moontlik toegang tot die universiteit verkry as gevolg van die ‘oop’ aard daarvan, sonder dat
jy noodwendig die nodige vaardighede het om op universiteit die mas op te kom. Dit mag ook wees dat jy
reeds geruime tyd uit die onderrigstelsel is. Die nodige vaardighede kan egter aangeleer word. Noudat jy
AFKALLD/301
5
geregistreer het, sal jy toegang tot hulpbronne hê wat jou in staat kan stel om ʼn sukses van jou studie te
maak: studiegidse, werkopdragte, die biblioteek, dosente, studieleiers, raadgewers om met
studievaardighede te help, ewekniegroepe en myUnisa (die aanlynleerbestuurstelsel). Jy moet hierdie
hulpbronne verstandig benut.
Tweedens impliseer afstandsonderrig gewoonlik ʼn onafhanklike studiepakket. Baie mense is nie gewoond
daaraan om heeltemal in isolasie van die instansie, hul dosente en medestudente te studeer nie.
Afstandsonderrigstudente voel soms alleen en staak dan hul studie. Soos in die vorige paragraaf genoem,
is daar hulpbronne beskikbaar om hierdie afstand te oorbrug en ondersteuning te lewer. Gebruik dit asseblief.
2.2 Wat die universiteit/kollege van jou verwag
In hierdie kollege verwag ons van studente wat vir hierdie kwalifikasie ingeskryf het om
• uit oorwegend geskrewe materiaal te leer;
• wat hulle geleer het verstaanbaar in die medium van instruksie te kommunikeer;
• met gerigte ondersteuning, verantwoordelikheid vir hul eie vordering te aanvaar;
• die vasgestelde uitkomste vir die relevante module te bereik;
• suksesvolle leerstrategieë van een kursus na ʼn ander oor te dra;
• hul eie prestasie teen gegewe assesseringskriteria te evalueer.
Ons verwag ook van studente om ten opsigte van hul kursus te beplan, te moniteer, en hul leerproses en
strategieë te evalueer: Vrae vra is een manier om verantwoordelikheid vir jou eie leerproses te neem.
Beplanning: Wat weet ek alreeds wat my sal help om hierdie aktiwiteit uit te voer? Wat moet ek
eerste doen? Hoeveel tyd het ek tot my beskikking en hoeveel tyd benodig ek om dit te leer? Watter
hulpbronne het ek en waar kan ek om hulp aanklop?
Monitering: Is ek op die regte spoor? Hoeveel tyd het ek tot my beskikking? Moet ek vinniger
werk? Moet ek (her)prioritiseer? Wat moet ek doen indien ek iets nie verstaan nie? Hoe kan ek my
plan wysig as dit nie werk nie?
Evaluering: Wat kon ek anders gedoen het? Hoe goed het ek gevaar? Wat het ek geleer wat ek in
ander take kan gebruik? Hoe lank het dit my geneem? Kon ek dit vinniger gedoen het? Indien wel,
hoe?
6
2.3 Wat jy van die Universiteit/Kollege kan verwag
Jy kan die volgende verwag:
• ‘n studiegids wat jou help om
♦ die belangrike inligting wat in die kursus aangebied word, te prioritiseer;
♦ die hoofidees en -debatte in die studie-area te verstaan;
♦ die terme en konsepte wat van belang in jou gekose veld is, te bemeester;
♦ wat jy leer in die betrokke kontekste toe te pas en
♦ ander media soos myUnisa, CD’s, en DVD’s te integreer.
• ondersteuning by studiesentrums of aanlynbystand;
• biblioteekoriëntering en –dienste;
• loopbaan- en studievaardigheidsvoorligting;
• terugvoer oor lees- en –skryfvaardighede;
• geleenthede om werkopdragte in te dien en konstruktiewe terugvoer voor die eksamen te ontvang.
3 LEERSTRATEGIEË Hierdie afdeling van die studiebrief gee riglyne vir tydsbebeplanning/doelwitstelling, die gebruik van effektiewe leerstrategieë en die benadering van geskrewe en meerkeuse-werkopdragte.
3.1 Tydsbeplanning
Studente registreer dikwels vir meer modules as wat hulle kan hanteer. Jy kan die kursusvereistes en die
tyd wat jy daarvoor beskikbaar het, bepaal deur die volgende tydstaat in te vul.
TYDSTAAT: ALLE VERPLIGTINGE Die volgende tydstaat help jou om die hoeveelheid tyd wat jy weekliks aan gewone werk- en
lewensaktiwiteite bestee, te beraam, sodat jy kan vasstel hoeveel ure jy vir studie beskikbaar het.
Elke Unisa-module verg 120 studie-ure oor verskillende aktiwiteite versprei. Vir ʼn semester van 12
tot 15 weke moet jy ongeveer 8 tot 10 ure per week vir elke module beskikbaar hê.
Hoe meer akkuraat jou berekening is, hoe meer realisties kan jy bepaal hoeveel modules jy op een
slag kan neem. Jy het potensieel 168 ure per week.
AFKALLD/301
7
Ure wat alreeds weekliks aan ander aktiwiteite toegeken is:
Slaap (bv. sewe ure per nag = 49)................................................................................................ Maaltye.......................................................................................................................................... Persoonlike higiëne....................................................................................................................... Huishoudelike take (bv. skoonmaak, inkopies, kosmaak, kindersorg, tuinwerk)........................ Werk.............................................................................................................................................. Reistyd.......................................................................................................................................... Uitstappies...................................................................................................................................... Sosialisering.................................................................................................................................... AANTAL URE TOEGEKEN:...........................................................................................................
Ure beskikbaar voor studie = 168 – (aantal ure toegeken) =.............................................................
Indien jy hierdie getal deur 8 of 10 deel, kan jy die maksimum aantal modules wat jy per semester
behoort te neem, bepaal.
Hou by die aantal ure wat per week vereis word. Een van die groot gevare van afstandsonderrig is
dat ʼn krisis (soos ʼn skielike siekte) jou van koers af kan dwing; met die gevolg dat jy agter raak en
selfs jou studie staak. Wees aanpasbaar indien ʼn krisis opduik en herbereken jou tyd sodat jy kan
inhaal. Dit is makliker om dit te doen indien jy voor die krisis reeds op koers was. Raadpleeg jou
dosent onmiddellik vir advies indien jy agter raak met die inlewering van jou werkopdragte.
Stel ʼn aantal kort- en langtermyndoelwitte op om te verseker dat jy jou program doeltreffend bestuur sodra
jy jou tydsbeplanning gedoen het.
3.2 Lees om te verstaan
Jy moet eers vlugtig deur jou hele studiepakket lees ten einde suksesvol te kan beplan. Gaan die titels van
elke dokument wat jy in die pakket ontvang het, na. Studiebrief 101 het ‘n instruksie op die voorblad wat
daarop dui dat dit belangrik is, byvoorbeeld LEES HIERDIE STUDIEBRIEF EERSTE. DIT BEVAT DIE
VERPLIGTE WERKOPDRAG.
Jou studiegids is ook belangrik. Jy moet eerstens na die inhoudsopgawe kyk en jou daarvolgens ten
opsigte van die omvang en inhoud van die module oriënteer.
8
Studente se leesspoed en -vaardighede verskil. Hoe ʼn vaardige leser is jy? Jy kan maklik jou huidige
leesspoed bepaal. Lees vir ‘n minuut uit jou studiegids en tel dan hoeveel woorde jy in daardie minuut
gelees het. Jy moet jou leesvaardighede ontwikkel sodat jy ongeveer 250 woorde per minuut kan lees om
jou in staat te stel om jou leeslading vir elke module te bemeester.
‘n Manier om vinnig ‘n geheelindruk van die werk te kry, is om eers vlugtig deur die teks te lees. Begin
deur slegs die hoofopskrifte en eerste sin van elke paragraaf te lees. Wees op die uitkyk vir enige
diagramme, sodoende kan jy die algemene strekking van die teks kry. Jy kan ʼn opsomming van die teks
maak deur hierdie strategie toe te pas. Sodra jy die algemene of hoofidee snap, kan jy die detail makliker
lees en verstaan. Ander effektiewe leesstrategieë is om
• te herlees
• opsommings te maak;
• diagramme te teken;
• studiegroepe te vorm;
• inhoudsvrae aan jouself te stel;
• te parafraseer ter wille van duidelikheid;
• voorkennis te betrek;
• onderwerpsinne te soek;
• navrae aan dosente te rig.
3.3 Opstel van jou eie woordelys
ʼn Woordelys is soos ʼn woordeboek: dit gee ʼn woord of frase asook die betekenis daarvan. Jy kan begin
deur ʼn alfabetiese lys van nuwe terme op te stel wat in die studiegids of handboek verduidelik word en
voorbeelde byvoeg om die betekenis nog duideliker te maak. Jy kan moontlik selfs ʼn verduideliking in jou
eie taal neerskryf indien jy Afrikaans/Engels as ʼn bykomstige taal gebruik.
Verklaar ‘vakterme’ (woorde wat van belang is in jou studieveld). Verklaar ook akademiese woorde
byvoorbeeld ‘data’, ‘fenomeen’, ‘kritiese denke.’
3.4 Die hergebruik van doeltreffende leerstrategieë
Sommige leerstrategieë is effektief en suksesvol; ander werk egter nie en laat jou met die gevoel dat jy
nooit die leerinhoud gaan verstaan nie, en daarom inligting moet memoriseer en weergee. Memorisering is
egter self ook ʼn strategie. Indien memorisering jou hoofstrategie is, maar jy druip aanhoudend, moet jy
besef dat dit nie ‘n suksesvolle strategie is nie. Indien die opstel van jou eie woordelys jou help om te leer,
gebruik dit in al jou modules. Indien jy suksesvoller kan leer deur vlugtig deur die werk te lees, gebruik dit
AFKALLD/301
9
vir al die tekste. Maak notas van strategieë wat vir jou werk, sodat jy dit direk of in aangepaste formaat kan
hergebruik.
3.5 Werkopdragte 3.5.1 Die waarde van werkopdragte
Die voltooiing van werkopdragte, asook aktiwiteite in die studiegids, is ’n baie belangrike deel van die
leerproses in die module. Werkopdragte stel jou in staat om die standaard wat die kollege vir die studente
stel en die kwaliteit van werk wat verwag word, te bepaal. Terugvoer op werkopdragte is gewoonlik
gedetailleerd. Indien jy hierdie kommentaar lees en op die werkopdrag toepas wat jy geskryf het, sal dit jou
baat wanneer jy die werk vir eksamendoeleindes hersien. Werkopdragte kan ook as ‘n proeflopie vir die
eksamen beskou word.
Werkopdragte en eksamens het wesenlik verskillende doeleindes: ʼn werkopdrag is bedoel om jou te
help fokus - dikwels op slegs een of twee uitkomste. Met ʼn eksamen word die bemeestering van die
leeruitkomste van die module op die proef gestel.
Jou werkopdragte dra by tot
• eksamentoelating;
• ʼn jaarpunt/semesterpunt.
Algemene riglyne en voorstelle (byvoorbeeld om die werkopdrag te verstaan en die werkopdragonderwerp na te vors) is ewe belangrik wanneer geskrewe en meerkeuse-werkopdragte benader word.
Die doelwitte van die werkopdragte, die aktiwiteite in die studiegids en aanlynbesprekingsforums is die volgende:
1. Ons wil hê dat jy aktief betrokke moet raak en leer deur selfwerksaamheid en die terugvoer op
werkopdragte.
2. Ons wil jou motiveer om deur al die studiemateriaal te werk en al die uitkomste te bereik.
3. Jy moet die lees- en skryfvaardighede bemeester wat van ʼn toekomstige beroepspersoon verwag
word.
4. Ons wil hê dat jy moet oefen om uit verskeie bronne saam te voeg; met ander woorde om verskillende
idees en argumente in ʼn antwoord te kombineer.
10
5. Jy moet oefen om materiaal te versamel en idees op ʼn logiese, geordende manier aan te bied deur
oortuigende argumente te gebruik.
Dit is nie aanvaarbaar om bloot die studiemateriaal oor te skryf nie. 6. Jy moet leer om assesseringskriteria en terugvoer op werkopdragte te gebruik om jou
selfassesseringsvermoë te verbeter. Wanneer jy begin werk, sal dit nodig wees om jou eie argumente en voorleggings te evalueer. Jy moet dus hierdie vaardigheid so gou moontlik aanleer.
In die Kollege vir Menswetenskappe vereis ons dat jy jou opsteltipe werkopdragte volgens ʼn spesifieke
metode aanbied en struktureer. Hierdie studiebrief sal jou help om dit korrek uit te voer en moet saam met
Studiebrief 101 bestudeer word vir elke module waarvoor jy in 2012 geregistreer het.
Jou werkopdragantwoorde moet aan sekere vereistes vir wetenskaplike en akademiese skryfwyse voldoen.
Dit is belangrik dat jy hierdie studiebrief lees voordat jy poog om ʼn werkopdragantwoord te skryf. Soos jy
met jou studie vorder, sal jy die wetenskaplike metode vir die skryf van werkopdragte al hoe versigtiger
moet toepas. Let wel dat jy gepenaliseer sal word indien jou werkopdragantwoorde nie aan hierdie
vereistes voldoen nie.
3.5.2 Verstaan die werkopdrag
In hierdie afdeling word die interpretasie van die werkopdragonderwerp behandel. Die probleemstelling
vloei uit die interpretasie van die onderwerp voort. Hierdie aspekte sal weer in subafdeling 3.5.7.2 van
hierdie studiebrief (waar ons die inleidende deel van jou werkopdragantwoord behandel) hanteer word.
3.5.3 Lees die werkopdrag
Dit is baie belangrik dat jy die werkopdrag sorgvuldig deurlees en dat jy seker maak jy verstaan wat verwag
word. Lees dit verskeie kere deur om seker te maak dat jy dit nie verkeerd interpreteer nie. Slaan enige
onbekende woorde in ʼn woordeboek na. Al die belangrike vakterme word in jou studiegids gedefinieer.
Belangrike inligting word oorgedra deur die manier waarop die werkopdrag verwoord is, asook deur die
instruksies, assesseringskriteria en riglyne wat saam met die werkopdrag voorsien word.
3.5.4 Vind die sleutelwoorde
Wat is die funksie van ʼn sleutel? Dit help jou om iets oop te sluit sodat jy dit kan oopmaak. ʼn Sleutelwoord
help jou om idees oop te maak. Die volgende stap is dus om die onderwerp presies te identifiseer, asook
vas te stel watter aspekte van hierdie onderwerp deur die werkopdragonderwerp gedek word. Om dit te kan
doen, moet jy die sleutelwoorde (met ander woorde die belangrikste woorde) in die werkopdragonderwerp
identifiseer. Die sleutelwoorde stel jou in staat om te verstaan wat in die werkopdrag van jou verwag word.
AFKALLD/301
11
Sleutelwoorde kan vir jou meer inligting oor die onderwerp gee. Die rede waarom jy sleutelwoorde moet
identifiseer, is omdat dit jou rig wanneer jy oor die onderwerp nalees. Die feit dat jy sleutelwoorde
geïdentifiseer het, beteken egter nie dat jy elke woord apart moet beskou of daaroor terugvoer moet gee in
jou werkopdragantwoord nie.
Die vraagwoorde wat in werkopdragte gebruik word, dui aan watter tipe antwoorde verskaf moet word. Die
volgende is voorbeelde van vraagwoorde wat gewoonlik in werkopdragte voorkom. Hierdie woorde stel jou
in staat om op die fokus van die werkopdrag te besluit.
Gebruik die vraagwoorde in die onderstaande tabel wanneer jy jou werkopdragte beantwoord.
Vraagwoord (opdrag) Betekenis
Noem op Noem items of feite een vir een op. Geen detail word benodig nie. Die
resultaat van opnoeming is ʼn lys dinge of faktore.
Dui aan Dui die kern van die saak aan.
Analiseer Verdeel in afdelings of elemente en bespreek in detail.
Definieer Gee die presiese betekenis van ʼn term soos jy dit in jou
werkopdragantwoord gebruik. Die definisie moet verseker dat die term
slegs een betekenis het en dat dit konsekwent in jou werkopdragantwoord
gebruik word. Jy sal soms verskeie definisies moet deurlees voordat jy ʼn
finale besluit kan neem oor die presiese betekenis wat jy in die betrokke
werkopdrag aan die term koppel.
Onderskei Verskaf definisies, maar dui ook ooreenkomste en verskille aan.
Beskryf Gee ʼn verslag van die kenmerke of eienskappe van ʼn saak op so ʼn wyse
dat die leser dit kan herken en dit nie met enigiets anders verwar nie.
Verduidelik Skryf op so ʼn manier oor die onderwerp dat die leser die belangrikste
aspekte daarvan beter kan begryp.
Vergelyk Sit uiteen hoe dinge van mekaar verskil en/of ooreenstem.
Bespreek Dit impliseer dat daar verskeie verduidelikings van of opinies oor die
onderwerp is wat jy moet bespreek. Argumente vir en teen die saak word
teen mekaar opgeweeg. Elke standpunt moet duidelik gemotiveer word.
Evalueer Assesseer of bepaal die waarde van iets. Dit beteken dat jy kriteria moet
hê waarteen jy iets kan meet. Die eindresultaat behoort die formulering
van jou eie ingeligte mening oor die saak te wees. Jy kan dit wat jy moes
12
evalueer, goedkeur, afkeur, of ʼn wysiging daarvan voorstel. Evaluering
behels gewoonlik vergelyking en moet altyd gestaaf word.
Ondersoek Kyk na/neem waar/identifiseer die probleem of die eienskappe. Beskryf wat
jy waargeneem het en bespreek ʼn onderwerp dan krities na gelang van
definitiewe kriteria of riglyne. Stel moontlike oplossings voor.
Lewer kommentaar Gee jou eie ingeligte mening oor die saak, gebaseer op die kennisbasis
van jou dissipline of studieveld.
Toon aan/wys uit Vestig die aandag op iets, byvoorbeeld: prioriteite in ʼn veld,
teenstrydighede in ʼn argument, of beredeneerde veronderstellings.
Som op Gee die sleutelaspekte van ʼn onderwerp.
Illustreer Gee voorbeelde of teken ʼn diagram om ʼn spesifieke onderwerp of vak toe
te lig.
Interpreteer Spesifieke inligting word verskaf en jy moet sê wat dit binne ʼn spesifieke
konteks of ten opsigte van sekere kriteria beteken. Jou verduideliking moet
so prakties moontlik wees.
Kritiseer Akademiese kritiek neem positiewe sowel as negatiewe aspekte van ‘n
saak in ag. Identifiseer die aspekte; hou die beskikbare feite in gedagte;
pas jou verworwe kennis toe; gebruik die gegewe kriteria en gee jou eie
mening.
Die instruksies wat saam met elke werkopdrag gegee word, behoort dit wat verwag word, toe te lig. Kontak
jou dosent of studieleier indien jy nie ʼn werkopdrag verstaan nie. Hulle sal jou graag help om enige
vakverwante probleme op te los. Dit is egter belangrik om eers na te lees oor die werkopdragonderwerp
voordat jy jou dosente kontak, sodat jy ‘n meer ingeligte gesprek kan voer.
3.5.5 Stel ʼn lys op van goed om uit te vind
Stel ʼn lys op van dit wat jy moet uitvind nadat jy die werkopdrag deurgelees het. Vra vir jouself vrae. Dit sal
jou help om op die toepaslikste aspekte van die onderwerp te konsentreer en sal ook verseker dat jy nie
belangrike aspekte uitlaat nie.
AFKALLD/301
13
3.5.6 Navorsing oor die werkopdragonderwerp(e) 3.5.6.1 Vind die inligting.
a) Studiegids en voorgeskrewe boeke
Lees die toepaslike afdelings in jou studiegids en voorgeskrewe boek(e). Dit sal die belangrike aspekte van
die onderwerp in breë trekke beskryf. Onderwerpterme waarmee jy bekend is, word gewoonlik in die
studiegids, voorgeskrewe boek(e) en aanbevole bronne gedefinieer.
b) Aanbevole bronne
Sodra jy ʼn algemene indruk van die onderwerp het, behoort jy een van die ander aanbevole bronne (indien
enige in Studiebrief 101 in die werkopdragonderwerp genoem word) te raadpleeg. Gebruik
inhoudsopgawes en indekse in bronne om die toepaslike afdelings op te spoor. ʼn Inhoudsopgawe word
aan die begin van die bron aangetref en verskaf die opskrifte en subopskrifte van elke hoofstuk. Dit sal jou
na die hoofstukke lei wat heel moontlik toepaslik is. Die indeks is aan die einde van die boek en is ʼn
alfabetiese lys van onderwerpe, met bladsynommers wat aandui waar die onderwerpe in die bron bespreek
word.
Dit is belangrik om die volgende in gedagte te hou, sodat jy die inhoud en betekenis van die teks kan
verstaan:
• Opskrifte en subopskrifte dui aan waaroor die teks handel. Dit sal jou help om te besef watter
faktore in ʼn spesifieke afdeling behandel word, en om die afdelings in ʼn boek of artikel te selekteer
wat op jou onderwerp van toepassing is.
• Probeer die sleutelsin in elke paragraaf opspoor sodat jy die hoofpunte kan identifiseer. (Moenie
in biblioteekboeke onderstreep of skryf nie.) Die sleutelsin ontsluit die betekenis van die res van
die paragraaf. Dit is dikwels (maar nie altyd nie) die eerste sin in ʼn paragraaf. Indien jy die teks
vlugtig deurlees – met ander woorde slegs die eerste sin van elke paragraaf – behoort jy ʼn goeie
idee van die breë trekke van die leesstof te kry.
3.5.6.2 Om toepaslike inligting te selekteer
Sodra jy besluit het dat ʼn bron van nut vir ʼn spesifieke werkopdrag kan wees, kan jy die toepaslike inligting
begin versamel. Dit beteken dat jy inligting wat spesifiek op die werkopdragvraag betrekking het, moet
selekteer. Maak aantekeninge op papier terwyl jy lees.
14
Hou in gedagte dat die outeur van die boek of artikel nie noodwendig op jou spesifieke onderwerp fokus
nie. Daar kan dalk te veel inligting oor sake wees wat nie heeltemal van toepassing is nie. Selekteer en
skryf slegs die inligting neer wat van toepassing op die werkopdragonderwerp is. Hierdie inligting sal jou
help om jou standpunt oor die onderwerp te bevestig of te bevraagteken.
a) Hoe om aantekeninge te maak
Hier is ʼn paar wenke hoe om aantekeninge te maak van die inligting wat uit literêre bronne verkry is:
Stap 1 Sit al die inligtingsbronne wat jy gekry het vir die skryf van die werkopdrag, met inbegrip van die
studiegids, artikels en die voorgeskrewe boek(e) bymekaar. Lees eers die toepaslike afdelings in
die studiegids, artikels en die voorgeskrewe boek(e) deur, en dan die aanbevole en ander bronne
wat jy moontlik in die hande gekry het.
Stap 2 Identifiseer die aspekte van inligting wat van toepassing op die werkopdragonderwerp(e) is en
maak soos volg aantekeninge:
• Gebruik ʼn aparte vel papier vir elke aspek wat jy dink behoort oorweeg te word.
• Skryf ʼn gepaste opskrif vir elke spesifieke kwessie bo-aan elke bladsy neer.
Stap 3 Trek twee parallelle kantlyne aan die linkerkant van elke vel papier om twee kolomme te maak.
Skryf die opskrif ‘Bron’ bo-aan die linkerkantste kolom en ‘Bladsynommer’ langsaan.
Stap 4 Begin aantekeninge maak terwyl jy deur jou inligtingsbronne lees. Indien jy byvoorbeeld ʼn definisie
van navorsing op bladsy 4 van die aanbevole boek vind, neem die bladsy met die opskrif ‘Definisies:
navorsing’. Skryf ‘Aanbevole boek’ in die kolom links neer, en ‘4’ in die kolom daarnaas. Maak dan ʼn
aantekening van die kern van die definisie wat jy in die boek gevind het. Indien jy ook ʼn definisie vir
navorsing op bladsy 18 van ʼn artikel gevind het, neem weer eens die bladsy met die opskrif
‘Definisies: navorsing’. Skryf die naam van die outeur(s) van die artikel in die kolom links en ‘18’ in
die kolom daarnaas. Skryf die kern van die spesifieke outeur se definisie neer. Nadat jy klaar gelees
het, kan die bladsy met ‘Definisies: navorsing’ ʼn hele aantal definisies deur verskeie outeurs bevat.
• Onthou dat ʼn sin of gedeelte van ʼn sin wat woord vir woord uit enige inligtingsbron neergeskryf
word, in aanhalingstekens geplaas moet word, selfs wanneer jy bloot aantekeninge maak. (ʼn
Sin of gedeelte van ʼn sin wat woord vir woord uit ʼn bron neergeskryf word, word ʼn verbatim-
aanhaling genoem.) Meer inligting oor die korrekte bronverwysing en verwysingsmetodes wat
gebruik moet word, word verderaan in hierdie studiebrief verskaf.
Stap 5 Sodra jy klaar aantekeninge geneem het, kyk na die inligting wat jy op al die bladsye neergeskryf
het. Neem die bladsy met die opskrif ‘Definisies: navorsing’ as ʼn voorbeeld. Bestudeer al die
definisies wat jy neergeskryf het en kyk of party van hulle van mekaar verskil. Een outeur kan
byvoorbeeld ʼn spesifieke punt in sy/haar definisie noem wat nie deur ander genoem word nie, of
kan heeltemal ʼn ander definisie verskaf. Hierdie punte moet op die bladsy aangedui word. Indien jy
hierdie tipe verskille in jou werkopdragantwoord kan aandui en hierdie inligting as ʼn basis vir die
AFKALLD/301
15
formulering van jou eie definisie kan gebruik, sal jy bewys dat jy krities kan dink. Dit sal jou moontlik
help om ‘n hoër punt te behaal.
Jy gaan jou werkopdragantwoord uit hierdie aantekeninge saamstel. Dit is dus belangrik dat jy die naam
van die bron en die bladsynommers korrek neerskryf.
3.5.6.3 Om bronne te assesseer
Wanneer jy lees, moet jy nie outomaties aanvaar dat alles wat die outeur sê waar is nie. Jy moet bewus
wees van die verskil tussen ʼn feit en ʼn mening. ʼn Feit is ʼn algemeen-aanvaarde waarheid, soos
byvoorbeeld: “Unisa is in 1873 gestig”. ʼn Mening is ʼn afleiding wat deur ʼn individuele outeur gemaak word,
byvoorbeeld: “Unisa is die beste universiteit”. Feite is objektief; menings is subjektief.
Outeurs beskou dikwels kwessies uit verskillende perspektiewe en het dus verskillende menings. Moenie
toelaat dat dit jou verwar nie. Verwys na verskillende bronne en vergelyk die inligting. Besluit watter
menings jy dink die geldigste is. Daar word egter nie van jou verwag om te besluit of ʼn standpunt reg of
verkeerd is nie. Dit is belangriker dat jy op hierdie meningsverskille let en dit in jou werkopdragantwoord
uitwys. Dit kan moontlik nodig wees dat jy die mees geskikte perspektief in ʼn spesifieke konteks moet kies.
Indien jy met ʼn spesifieke outeur se standpunt saamstem, kan jy dit in jou werkopdragantwoord noem, mits
jy aandui dat jy ander interpretasies oorweeg het, en kan verduidelik waarom jy ʼn spesifieke standpunt
aanvaar het. Indien jy jou eie menings insluit, moet jy dit staaf deur redes daarvoor te verskaf. Jy kan
byvoorbeeld nie slegs sê “Sensuur is sleg” nie. Jy moet ook meld waarom jy hierdie standpunt inneem,
byvoorbeeld: “Sensuur is sleg omdat dit die basiese beginsels van inligtingkunde skend, in die lig daarvan
dat inligting vrylik aan almal beskikbaar moet wees”.
3.5.7 Om die werkopdrag te beantwoord
Jy het nou die werkopdrag sorgvuldig deurgelees en besluit wat in jou antwoord verwag word. Jy het ook
verskeie bronne gelees en aantekeninge gemaak. Nou kan jy jou werkopdragantwoord begin skryf.
Daar is verskillende fases in die voltooiing van ʼn opsteltipe-werkopdrag, naamlik om
• die werkopdragantwoord te beplan;
• ʼn eerste weergawe van jou werkopdragantwoord te skryf;
• hierdie weergawe self te evalueer, gebaseer op die gegewe assesseringskriteria;
16
• die finale weergawe van jou werkopdragantwoord te skryf en aan die dosent voor te lê.
3.5.7.1 Om die werkopdragantwoord te beplan
Voordat jy jou werkopdragantwoord begin skryf, moet jy beplan hoe jy jou aantekeninge in ʼn wetenskaplike
en akademiese bespreking gaan omskakel. Die volgende voorstelle kan help.
Eerstens:
• Lees die werkopdragonderwerp weer deur om jou geheue te verfris.
• Kyk na die opskrifte, subopskrifte en ander besonderhede wat jy in jou aantekeninge neergeskryf het en
oorweeg of dit jou sal help om ʼn antwoord saam te stel. Indien nie, moet jy weer na jou bronne toe
teruggaan om nog inligting te vind.
Tweedens:
• Jy is nou gereed om ʼn oorsigtelike weergawe op te stel.
• Lees jou aantekeninge sorgvuldig deur. Begin opskrifte en subopskrifte in ʼn logiese volgorde plaas.
• Jy het nou ʼn raamwerk saamgestel waarvolgens jy die besprekingsdeel van die werkopdrag kan skryf.
Derdens:
• Oorweeg of hierdie opskrifte en subopskrifte voldoende en/of geskik vir ʼn bespreking van die
werkopdragonderwerp is.
3.5.7.2 Om jou werkopdragantwoord te skryf
Jy gaan nou die beplanning en aantekeninge gebruik om jou werkopdragantwoord te skryf. Skryf die
nommer en onderwerp van die werkopdrag neer soos dit in Studiebrief 101 verskyn voordat jy met die
inleiding begin.
a) Inleiding
Begin die inleiding met ʼn interpretasie van die onderwerp (ʼn kort verduideliking in jou eie woorde van jou
begrip van die studieveld van die werkopdrag: dit wil sê, die taak wat uitgevoer moet word). Die blote
herhaling of parafrasering van die onderwerp soos dit in Studiebrief 101 verskyn, is geen aanduiding dat jy
die onderwerp verstaan nie.
Die rede waarom jy die onderwerp moet interpreteer, is om seker te maak dat jy presies verstaan wat jou te
doen staan, sodat jy seker kan wees dat jy op sake wat van toepassing op die onderwerp is, konsentreer
terwyl jy inligting insamel en aantekeninge maak. ʼn Goeie interpretasie
AFKALLD/301
17
• skets in breë trekke die hoofveld van die onderwerp;
• fokus direk op die werkopdragonderwerp.
Die inleiding kan ʼn probleemstelling insluit. Die doel van die probleemstelling is om die
• onderwerp in die regte konteks te plaas;
• sentrale geskilpunt te stel;
• stappe aan te dui wat met die ondersoek of bespreking van die onderwerp gevolg moet word.
b) Hoofbespreking
Die probleme wat jy in die probleemstelling geïdentifiseer het, word hier bespreek. Jy gaan jou
hoofargument ontwikkel en redes vir jou antwoorde verskaf. Die hoofbespreking van jou
werkopdragantwoord behoort volgens die opskrifte en subopskrifte wat jy reeds in jou oorsigtelike
weergawe geïdentifiseer het, in afdelings opgedeel te word. Jy behoort ʼn opskrif en indien nodig
subopskrifte vir elke hoofpunt te hê. Opskrifte en subopskrifte moet genommer word. Gebruik Arabiese
nommers (byvoorbeeld 1, 2, 3) en desimale punte vir die nommering van subopskrifte (byvoorbeeld 1.1,
1.2).
Jou bespreking onder elke opskrif moet in paragrawe verdeel word. ʼn Goeie paragraaf
• hanteer een hoofidee of -onderwerp, verkieslik in die eerste sin;
• bevat al die verduidelikings, besonderhede en voorbeelde wat die hoofidee ondersteun;
• wys hoe die inligting met die werkopdragonderwerp verbind word;
• bevat nie ontoepaslike inligting nie en herhaal ook nie inligting nie.
Moenie jou bronne woord vir woord oorskryf nie; jy mag egter kort aanhalings met volledige verwysings in jou opstel gebruik. ‘Kort’ word gedefinieer as ʼn frase van twee of drie woorde, tot ongeveer drie reëls. Tensy jy jou eie woorde gebruik, kan ons nie bepaal of jy jou bronne verstaan
het of nie. Dit is nie moontlik om ʼn slaagpunt te kry vir ʼn antwoord waarin te veel van gedeeltes uit bronne gebruik gemaak is nie - selfs al is hierdie gedeeltes korrek met verwysings erken. (Hoe om werk wat geraadpleeg is, te erken, word onder paragraaf 4 hieronder verduidelik.) ʼn Verbatim (woord vir woord) aanhaling word slegs gebruik wanneer jy ʼn punt wat jy in jou werkopdrag gemaak het, wil beklemtoon. Die aanhaling moet dan tussen aanhalingstekens verskyn. Beperk
18
egter direkte aanhalings tot die minimum en maak altyd seker dat jy jou bron erken, selfs al haal jy nie direk daaruit aan nie.
Indien jy die titel van ʼn inligtingsbron in jou teks noem, moet jy die titel in handgeskrewe teks onderstreep
en dit in ʼn rekenaargegenereerde dokument kursief druk.
c) Gevolgtrekking
Die gevolgtrekking is die laaste paragraaf van jou opstel. Dit moet met die onderwerp(e) van die
werkopdrag verband hou.
Die hoofpunte van die werkopdragantwoord kan in die gevolgtrekking opgesom word, maar geen nuwe inligting moet ingesluit word nie. Jy moet die indrukke wat jy gekry het en die gevolgtrekkings wat jy na
aanleiding van die voorafgaande bespreking gemaak het, hier stel.
ʼn Goeie gevolgtrekking
• som die hoofargument en inhoud van jou opstel op;
• lewer kommentaar op die probleemstelling;
• gee jou eie ingeligte indrukke van die uitkomste van jou navorsing weer.
3.5.8 Tegniese besonderhede van werkopdragte
Die volgende moet ook in jou werkopdragantwoord ingesluit word:
• inhoudsopgawe;
• erkenning van bronne wat geraadpleeg is; en
• ‘n lys van bronne wat geraadpleeg is.
3.5.8.1 Inhoudsopgawe
ʼn Inhoudsopgawe is ʼn lys van al die opskrifte en subopskrifte en moet direk op die titel van jou werkopdrag
volg. Jy dui ʼn subopskrif aan deur die nommer wat vir die hoofopskrif toegewys is, te gebruik (byvoorbeeld:
3) en dan ʼn desimale punt vir die subopskrif by te voeg (byvoorbeeld: 3.1.) Die nommers, opskrifte en
subopskrifte moet dieselfde as dié wees wat in die teks van jou werkopdragantwoord gebruik is.
AFKALLD/301
19
Nommer die bladsye van jou werkopdrag en sluit die toepaslike bladsynommers in die inhoudsopgawe in. ʼn
Inhoudsopgawe is onvolledig indien dit nie die bladsynommers waarop die opskrifte en subopskrifte in die
teks verskyn, aandui nie.
3.5.8.2 Erkenning van bronne wat geraadpleeg is
Soos ons vroeër gesê het, moet jy jou inligtingsbronne in die teks van jou werkopdragantwoord erken. Jy
moet dit doen selfs al haal jy nie direk uit die bron aan nie. Al die aanhalings moet akkuraat wees en ten
volle erken word. Raadpleeg asseblief die afdeling van hierdie studiebrief waarin verwysingstegnieke en
bronverwysings behandel word (paragraaf 4.2).
3.5.8.3 Lys van bronne wat geraadpleeg is
Voeg ʼn alfabetiese bibliografie (al die bronne wat jy geraadpleeg het, selfs al het jy nie na almal verwys
nie) of ʼn lys van geraadpleegde bronne aan die einde van jou werkopdrag in. Dit word gewoonlik direk
onder die gevolgtrekking of samevatting geplaas. Wanneer ʼn werkopdragantwoord bylae insluit, word die
bylae direk na die gevolgtrekking geplaas, en sal die lys van geraadpleegde bronne direk na die bylae
geplaas word.
3.5.9 ʼn Paar redigeerwenke
• Skryf die nommer en onderwerp van die werkopdrag op die eerste bladsy neer en maak seker dat
jou werkopdragantwoord die volgende bevat:
♦ ʼn inhoudsopgawe;
♦ ʼn inleiding;
♦ ʼn gevolgtrekking; en
♦ ʼn lys geraadpleegde bronne.
• Gaan jou grammatika na. Indien jy ʼn rekenaar gebruik, gebruik die grammatika- en speltoetser.
♦ Probeer om sover moontlik kort sinne te gebruik (ʼn maksimum van ongeveer 20 woorde).
♦ Gebruik kommas om idees te skei.
♦ Skryf in volsinne.
♦ Begin elke sin met ʼn hoofletter en eindig met ʼn punt.
20
• Gaan jou spelling na.
• Gebruik opskrifte en subopskrifte in jou teks.
• Verdeel jou opstel in paragrawe.
♦ Maak seker dat elke paragraaf ʼn hoofidee het.
♦ Maak seker dat elke hoofidee met voorbeelde, argumente en data ondersteun word.
• Erken jou bronne.
• Maak seker dat jou naam, adres, studentenommer, modulekode en werkopdragnommer op die
dekblad van die werkopdrag, asook bo-aan die eerste bladsy van jou antwoord verskyn. Hierdie inligting moet korrek wees. Jou studentenommer en die modulekode moet ook op elke
opeenvolgende bladsy aangebring word.
• Nommer jou bladsye.
• Maak seker dat die bladsye van jou antwoord stewig aanmekaargekram is. Moenie antwoorde van
verskillende werkopdragte saamvoeg nie.
• Vreemdetaal-uitdrukkings moet óf onderstreep óf kursief gedruk word.
• Ons beperk die lengte van werkopdragantwoorde om jou te leer om bondige, logiese argumente te
skryf. Dit is baie maklik om lang, onsamehangende antwoorde te skryf, maar sulke antwoorde
verdien nie goeie punte nie. Jy moet leer om jou navorsingsbevindinge op te som, sodat jy ʼn vraag
op ʼn feitelik-korrekte, bondige en logiese manier kan beantwoord.
• Moet NIE op albei kante van die bladsy skryf nie.
• Antwoorde op al die werkopdragvrae moet terselfdertyd ingedien word.
• Studente wat woordverwerkers gebruik, moet die brosjure My studies @ Unisa raadpleeg oor die
formaat en papier wat vir werkopdragte gebruik moet word. Indien moontlik moet die werkopdrag in
ten minste 1.5-spasiëring getik word. Indien dit nie moontlik is om ʼn getikte antwoord in te dien nie,
kan jy ʼn NETJIESE EN LEESBARE antwoord indien.
• Jy kan ook jou werkopdrag elektronies via myUnisa indien (kyk par. 5.15).
• Jy word aangeraai om ʼn kopie van die werkopdrag te maak voordat jy dit indien, vir ingeval dit in
die pos wegraak.
LET WEL
Studente verkies soms om in groepe saam te werk wanneer hulle ʼn werkopdrag voorberei. Unisa moedig studente aan om saam te werk, aangesien dit die leerproses kan bevorder. Let asseblief daarop dat jy jou eie interpretasie en formulering van dit wat jy in die groep geleer het, moet gee wanneer jy werkopdragte voltooi. Identiese werkopdragte deur verskillende lede van ʼn groep is nie aanvaarbaar nie. Dit is plagiaat en die betrokke studente sal gepenaliseer word. Unisa kan ook besluit om hierdie studente dissiplinêr te vervolg.
AFKALLD/301
21
3.5.10 Hoe om meerkeusevrae te benader Raadpleeg die brosjure My studies @ Unisa vir instruksies hoe om ʼn merkleesblad vir meerkeusevrae te beantwoord. Lees asseblief deur die volgende inligting oor die beantwoording van meerkeuse-vrae. Maak seker dat jy die verduideliking begryp. ‘n Meerkeusevraag is ʼn tipe kort vraag wat aan jou alternatiewe antwoorde gee, waaruit jy moet kies. Die volgende is ʼn eenvoudige voorbeeld van ʼn meerkeusevraag: 1 ... verwys na die vlugtige lees van ‘n teks om ‘n oorsig daarvan te kry [1] Ekstensieflees [2] Soeklees [3] Verkenlees [4] Intensieflees
Die meerkeusevraag bestaan uit die volgende: Die probleemstelling of vraag 1 ... verwys na die vlugtige lees van ‘n teks om ‘n oorsig daarvan te kry Moontlike afleiers/alternatiewe [1] Ekstensieflees [2] Soeklees [3] Verkenlees (korrekte antwoord) [4] Intensieflees
Die probleemstelling of vraag verskaf die perspektief waaruit of die konteks waarin jy moet werk om die
mees korrekte alternatief op te spoor. Dit gee ʼn aanduiding van hoe jy die vraag moet benader. Jy moet
dus altyd die probleemstelling sorgvuldig lees en oorweeg.
Wat is die perspektief waaruit of konteks waarin jy moet werk om die mees korrekte alternatief of antwoord
op die vraag in bogenoemde voorbeeld op te spoor?
Die sleutelwoorde is vlugtige lees en oorsig.
Dit is belangrik om al die alternatiewe vanuit die perspektief wat deur die probleemstelling of vraag verskaf
is, te oorweeg. Studente kies soms een van die eerste alternatiewe sonder om eers die res te oorweeg.
Hou in gedagte dat die afleiers in ʼn meerkeusevraag nie noodwendig heeltemal verkeerd is nie. Dit word
22
‘afleiers’ genoem omdat dit juis dikwels ʼn bietjie toepaslike inligting bevat. Dit is dus maklik om ʼn verkeerde
keuse te maak indien jy nie die vak goed ken nie, of indien jy nie deur al die alternatiewe lees voordat jy jou
antwoord kies nie. Jy moet dus die mees korrekte alternatief kies.
3.6 Voorbereiding vir die eksamen
3.6.1 Beplanning en hersiening
Beplanning is uiters belangrik vir voorbereiding vir die eksamen. Maak goeie aantekeninge, voltooi al die
werkopdragte en hou by die studieprogram. Al hierdie aktiwiteite kan tot sukses in die eksamen bydra.
Werk terug vanaf die eksamendatum en beplan jou beskikbare studietyd voor die eksamen. Indien jy vir
meer as een module ingeskryf is, moet jy besluit of jy elke dag ʼn bietjie tyd aan al die modules gaan
afstaan, en of jy jou tyd anders gaan beplan. Prioritiseer jou studie deur jouself ʼn reeks vrae te vra:
Wat verstaan ek reeds?
Waaroor is ek onseker?
Wat verstaan ek nie?
Wat moet ek doen as ek die werk nie verstaan nie? Oorweeg die volgende positiewe stappe:
• Bestudeer die studiegids weer en maak bykomende aantekeninge.
• Werk weer deur die werkopdragte en terugvoer/kommentaar.
• Kommunikeer met die studieleier/dosent oor studieprobleme.
• Werk in groepe saam met ander studente (in studiegroepe of die gespreksforum op
myUnisa).
As jy sukses in enige eksamen wil behaal, is daar geen ander opsie as dat jy die werk deeglik moet
verstaan nie. Dit kan slegs bereik word deur die studiegids en ander voorgeskrewe materiaal te bestudeer,
persoonlik of aanlyn met ander studente en dosente/studieleiers te kommunikeer, die biblioteek en ander
hulpbronne te gebruik, al die werkopdragte te voltooi en die terugvoer noukeurig te bestudeer.
3.6.2 In die eksamenlokaal
Selfs studente wat goeie vakkennis het, vaar soms swak in die eksamen. Studente bestee dikwels te veel
tyd aan die eerste paar vrae (waarvoor hulle goeie punte kry) en het dan nie genoeg tyd om die hele
vraestel te voltooi nie.
Dit is ʼn goeie idee om die vraestel eers sorgvuldig deur te lees. Let veral op die maksimum aantal punte
wat aan elke vraag toegeken is en besluit dan hoeveel tyd aan elke vraag bestee moet word.
AFKALLD/301
23
Maak seker dat jy by die toepaslike punte vir elke vraag hou. Studente voeg dikwels inligting by wat nie
van toepassing op die antwoord van ʼn spesifieke vraag is nie, met die hoop dat hulle beter punte sal
behaal. Geen punte kan egter behaal word deur inligting ‘in te gooi’ wat nie ter sake is nie.
Wanneer jy ʼn probleemvraag (dit wil sê ʼn vraag wat ʼn hipotetiese, feitelike situasie voorstel en waarvoor jy
ʼn oplossing moet vind) aanpak, moet jy jouself eers van die beginsels vergewis wat van toepassing is om ʼn
oplossing te vind. Gee ‘n kort beskrywing en stel dan jou oplossing naas die probleem. Selfs al sou jou
uiteindelike gevolgtrekking nie heeltemal korrek wees nie, sal jou beskrywing van die beginsels (indien dit
korrek gedoen is) aan jou waardevolle punte besorg. Indien die oplossing ook korrek is, sal jy uiteraard ook
daarvoor beloon word.
Wanneer daar van jou verwag word om sekere begrippe te definieer of sekere beginsels of kriteria te stel, moet jy bondig en saaklik wees. Dit is nie nodig om dit te bespreek of breedvoerig daarop kommentaar te
lewer nie, behalwe waar dit spesifiek vereis word.
Struktureer jou antwoorde in kort paragrawe. Dit is moeilik om deur ‘n lang, ononderbroke teks te lees.
Indien jy met jou antwoord begin het en na ʼn nuwe punt of aspek beweeg, begin ʼn nuwe paragraaf. Sommige studente nommer wel spesifieke punte en paragrawe, en dit help baie. Subopskrifte en
onderstreping kan net so nuttig wees wanneer vraestelle gemerk word.
Gebruik ʼn pen wat duidelik en leesbaar skryf en neem ʼn ekstra pen eksamenlokaal toe.
3.6.3 Hereksamens/aegrotat eksamens
Let daarop dat jou jaarpunt nie tot jou finale punt sal bydra in ‘n hereksamen nie, met ander woorde,
jou eksamen sal 100% van jou finale punt tel en jy sal ten minste 50% in die hereksamen moet verwerf om
die module te slaag.
Hierdie reëling is egter nie van toepassing op studente wat die aegrotat-eksamen skryf nie, met ander
woorde in die spesiale eksamen wat aan studente toegestaan word wat ten tyde van die geskeduleerde
eksamen siek was en wat ʼn mediese sertifikaat ter stawing inlewer. Hulle jaarpunt sal wel tot hulle finale
punt bydra.
24
4 ETIESE GEDRAG VAN ‘N STUDENT 4.1 Plagiaat
Plagiaat is die handeling waardeur woorde, idees en gedagtes van ander geneem en gebruik word asof dit
jou eie is. Dit behels ʼn aantal oneerlike aktiwiteite soos die kopiëring van ander studente se werk, die
kopiëring van handboeke of studiegidse sonder om die bron te vermeld, asook kopiëring in die eksamen.
Met registrasie word die Dissiplinêre Kode vir Studente (2004) aan alle studente gegee. Jy word aangeraai
om die kode te bestudeer, veral afdelings 2.1.4 en 2.1.13 (2004:3-4). Lees ook die universiteit se beleid oor
kopieregskending en plagiaat.
4.2 Verwysingstegnieke en bronverwysing
Daar is twee maniere waarop verwysings gedoen kan word, naamlik in voetnotas, of in die teks deur die
Harvard-metode. Die een is nie verkeerd en die ander korrek nie, maar die Departement Afrikaans en
Algemene Literatuurwetenskap verkies die Harvard-metode, wat jy dus konsekwent moet gebruik.
4.2.1 Bronverwysing: die Harvard-metode
In hierdie stelsel word jou verwysings in die teks tussen hakies geplaas. Hierdie stelsel veronderstel die
gebruik van afgekorte verwysings. Die volledige inligting word in die bibliografie weergegee. (Voetnotas
word nie gebruik nie, behalwe waar verduidelikende aantekeninge, toevallige opmerkings en aanhalings
verskaf word wat om die een of ander rede nie in die teks hoort nie.)
Voorbeelde
Volgens Masuku (1988:56) ...
Mandela (1992:10-16) meen dat ….
Daar kan aangevoer word dat … (Mandela 1992:10-16).
Ramaphosa en Meyer (1991:6) gee te kenne …
Daar is bewyse wat dui op … (Mahomed & Chaskalson 1995:8).
Terreblanche et al (1997:101) beweer …
AFKALLD/301
25
Navorsing dui op … (Gerwel et al 1995:101).
4.2.2 Gebruik van en verwysing na aanhalings
Wanneer daar na handboeke, gidse en artikels in jou werkopdragantwoorde verwys word, moet jy die
volgende in gedagte hou:
• Jy kan na voorgeskrewe handboeke, bronne of artikels in jou antwoord verwys deur bloot die outeur se
naam, die jaartal en die bladsynommer(s) te gee (byvoorbeeld: Snyman 2004:20). Die volledige
bibliografiese besonderhede word dan in die bibliografie aan die einde van jou werkopdrag voorsien.
Voorbeeld van ‘n verwysing na ‘n boek: Kannemeyer, J.C. 1978. Geskiedenis van die Afrikaanse Literatuur I. Kaapstad: Academia
Voorbeeld van ‘n verwysing na ‘n tydskrifartikel: Schutte, H.J. 1991. Die verlede as vertelsituasie in drie dramas van Pieter Fourie. Stilet 3(1):111-122.
Voorbeeld van ‘n verwysing na ‘n internetbron:
Brown, B. 1999. Hypertext theory. Online:
http://education.nation.co.za/cit/ma200/theory/theory.html. Accessed 4 April 2000.
• Moenie na bronne verwys wat jy nie persoonlik geraadpleeg het nie.
• Dit is nie nodig om volledige verwysings in die eksamen te verskaf nie.
• Werk wat direk uit die studiegids, voorgeskrewe boek of enige ander bron oorgeskryf is, is ook
onaanvaarbaar.
• Neem kennis dat jy altyd jou opdrag in jou eie woorde moet weergee, selfs al het jy in ‘n groep saam met ander studente gewerk.
Probeer om ‘n verskeidenheid bronne te raadpleeg. Oor die algemeen is ʼn lys verwysings wat slegs
aanlynbronne bevat nie aanvaarbaar nie. Geakkrediteerde tydskrifartikels word deur eweknieë hersien en
geredigeer, wat nie altyd die geval by internetartikels is nie.
5 ALGEMENE VRAE Ons ontvang dikwels oproepe van studente wat dieselfde vrae vra. Ons het gevolglik besluit om algemene
vrae met antwoorde by hierdie studiebrief in te sluit.
26
5.1 Dosente verwys altyd na studiebrief 101. Wat is dit?
Jy ontvang met registrasie ʼn Studiebrief 101 vir elke module waarvoor jy registreer. Studiebrief 101 bevat
noodsaaklike inligting soos inligting oor administratiewe sake, werkopdrag-besonderhede soos
keerdatums, werkopdragvrae en die voorgeskrewe bronne vir daardie spesifieke module. Dit is ‘n baie
belangrike dokument en dit is noodsaaklik dat jy hierdie dokument deeglik bestudeer en bewaar.
5.2 Is daar werkopdragte wat ek moet voltooi en inlewer?
Elke module het twee verpligte werkopdragte wat jy moet voltooi en voor die keerdatum wat in
Studiebrief 101 genoem word, indien. Gaan asseblief die werkopdragafdeling van Studiebrief 101
na om vas te stel hoeveel werkopdragte jy moet voltooi, watter tipe werkopdrag dit is en wat die
keerdatums is. Dit word duidelik in Studiebrief 101 gestel dat geen uitstel vir die indiening van die werkopdragte gegee word nie. Hou asseblief by die vasgestelde datum.
5.3 Moet ek enige voorgeskrewe boeke aankoop? Word verdere leesmateriaal aanbeveel?
Indien jy enige boeke vir jou module moet aankoop, sal besonderhede daarvan in Studiebrief 101
verskaf word. Dieselfde geld aanbevole leesmateriaal.
5.4 Wat staan my te doen wanneer ek probleme met die inhoud van die studiemateriaal ondervind?
Tree onverwyld met jou studieleier of een van die dosente wat vir die module verantwoordelik is, in
verbinding. Skakel gedurende kantoorure en maak ‘n afspraak indien jy ‘n dosent wil kom sien. Jy
kan ook ‘n brief, ‘n faks of ‘n e-pos stuur.
5.5 Ek het nog nie my studiemateriaal ontvang nie. Kan die departement dit aan my stuur?
Nee, die studiemateriaal word slegs deur Versending uitgestuur. Sms Despatch by 43579
indien jy nog niks ontvang het nie. Indien dit reeds versend is en jy het dit na ʼn redelike tydperk nog
nie ontvang nie, moet jy versoek dat nog ‘n kopie aan jou gestuur word.
Jy kan ook ‘n e-pos na [email protected] stuur en navraag doen. Vermeld jou
studentenommer in sodanige korrespondensie.
AFKALLD/301
27
Jou studiemateriaal is ook op myUnisa beskikbaar. Raadpleeg Studiebrief 101 vir aanwysings om
toegang tot myUnisa te verkry.
5.6 Wanneer begin klasse by Unisa?
Unisa is ʼn universiteit wat afstandsonderrig aanbied en is nie ʼn residensiële universiteit nie.
Ons bied dus nie op ʼn daaglikse basis klasse vir ons studente aan nie. Die studieprogram vir jou module word in Studiebrief 101 uiteengesit.
5.7 Is daar besprekingsklasse?
Inligting rakende besprekingsklasse word in ‘n opvolgstudiebrief voorsien wat jy in die loop van die
semester ontvang. Groepbesprekings sal ook op myUnisa aangekondig en geskeduleer word.
5.8 Wanneer en waar skryf ek eksamen?
Indien jy enige navrae oor die eksamendatum, -tyd en -lokaal vir jou module het, raadpleeg die
brosjure [email protected]. Kies ʼn eksamensentrum wat vir jou gerieflik is wanneer jy
registreer. Indien jy van eksamensentrum moet verander, stel die Direktoraat van Studente-
assesserings Administrasie (Directorate of Student Assessment Administration) betyds in kennis
sodat hulle vir jou voorsiening kan maak.
5.9 Wanneer word die eksamenuitslae bekend gemaak?
Raadpleeg die brosjure [email protected].
5.10 Waar kry ek my eksamenuitslae?
Jy kan jou uitslae op die dag waarop die eksamenuitslae bekend gemaak word, by die volgende
plekke kry:
• op kennisgewingborde op die hoofkampus in Pretoria, asook by die streekskantore/-
studiesentrums.
• aanlyn by: http://www.unisa.ac.za.
• deur die tolvrye nommer (0831234) op die MTN Spraakresponsstelsel te skakel.
ʼn Harde kopie van jou amptelike uitslae sal ook aan jou gepos word.
28
Let asseblief daarop dat die eksamenuitslae nie per e-pos of per telefoon bekend gemaak mag word nie.
5.11 Wat kan ek doen indien ek ontevrede met my uitslae is? Raadpleeg die agterblad van jou amptelike uitslae (wat jy per pos sal ontvang) vir die verskillende opsies. Raadpleeg ook die brosjure myStudies@Unisa wat jy as deel van jou studiepakket ontvang het.
5.12 Hoe doen ek aansoek as ek my eksamenvraestel weer wil laat nasien?
Jy sal al die inligting wat van toepassing op die hernasien van eksamenvraestelle is, op die agterkant van die amptelike uitslae wat jy per pos ontvang het, vind. Jy sal ook die inligting in die brosjure myStudies@Unisa wat jy as deel van jou studiepakket ontvang het, vind.
5.13 Wanneer vind die aanvullende eksamen/aegrotat-eksamen plaas?
Raadpleeg die brosjure [email protected].
5.14 Vir watter modules moet ek nou registreer?
Raadpleeg die Jaarboek (Deel 2: Vakke en Leerplanne) en die Jaarboek (Deel 5: Kollege vir Menswetenskappe). Jy kan ook die Buro vir Voorligting: Loopbaan en Akademiese Ontwikkeling vir bystand kontak. Raadpleeg ook die brosjure, myStudies@Unisa.
5.15 Wat is myUnisa?
myUnisa is die universiteit se aanlynleerbestuurstelsel. Jy kan jou studiegidse en studiebriewe vir jou module in PDF-formaat op die webwerf vind. Jy kan ook met jou dosente, ander studente en die administratiewe departemente van Unisa kommunikeer – alles aanlyn. Jy benodig internettoegang om myUnisa te kan gebruik.
• Om na die myUnisa webwerf te gaan, gaan na die hoof Unisa webwerf: https://www.unisa.ac.za/ en klik op myUnisa
• Teken aan met jou studentenommer en wagwoord
• Kies die betrokke module op die oranje balk
Raadpleeg die brosjure myStudies@Unisa vir meer inligting oor myUnisa.
AFKALLD/301
29
5.16 Wat is videokonferensies en satellietuitsendings?
Videokonferensies word deur Unisa gebruik om lesings regstreeks deur middel van ‘n
televisieskerm aan studente by Unisa streeksentrums te bied.
5.17 Wat is EVL?
Erkenning van voorafleer (EVL) is die erkenning wat Unisa gee vir nie-geakkrediteerde studie op
tersiêre vlak wat met ʼn Unisa-dissipline verband hou. EVL verwys dus na studie wat plaasgevind
het voordat jy besluit het om vir ʼn akademiese kwalifikasie te registreer.
• Die EVL-program by Unisa stel jou in staat om erkenning en krediet te ontvang vir dit wat jy
reeds weet en in staat is om op ʼn vlak gelykstaande aan universiteitstudie uit te voer.
• Jy ontvang krediet vir dit wat jy byvoorbeeld uit ervaring of opleidingskursusse geleer het. Indien
jy vir tien jaar as ʼn joernalis gewerk het, het jy waarskynlik heelwat vaardighede aangeleer, soos
om ‘n onderhoud te beplan en te voer, of ‘n koerantberig te skryf.
EVL maak dit vir jou moontlik om krediete vir ʼn Unisa-kwalifikasie te verdien; sodoende verkort dit
jou studietyd en verminder dit studiegeld.
5.18 Ek wil krediete van ʼn ander Universiteit af oorplaas. Hoe doen ek dit?
Raadpleeg die brosjure [email protected].
5.19 Ek wil saam met ander studente werk. Hoe kan ek dit doen?
Inligting oor studente in jou area is op myUnisa (Discussion Forum) beskikbaar.
5.20 Wat staan my te doen indien ek nie ʼn leser of skrywer met selfvertroue is nie?
Die Buro vir Voorligting, Loopbaan- en Akademiese Ontwikkeling bied geletterdheids-ondersteuning by verskeie streeksleersentrums aan. Hulle kan jou help om jou studievaardighede te verbeter.
30
5.21 Wat gebeur as ek ʼn CD of DVD ontvang het, maar ek het nie die toerusting om dit te speel nie?
Verskeie streekleersentrums het toerusting wat studente kan gebruik. Streekskantore kan ook die besonderhede van ander gemeenskapsentrums wat moontlik toerusting het, verskaf.
5.22 Hoeveel kontak kan ek van my dosente verwag?
Afstandsonderrig steun op onafhanklike selfstudie, dus behoort die studiepakket jou in staat te stel om die module suksesvol te voltooi.
Unisa bied egter die volgende ondersteuning:
• myUnisa;
• groepbesprekingsklasse;
• videokonferensies;
• opvolgstudiebriewe;
• briewe;
• fakse;
• telefoonoproepe;
• e-posboodskappe;
• besoeke aan dosente in hulle kantore (per afspraak).
Die Buro vir Voorligting, Loopbaan- en Akademiese Ontwikkeling het voorligters, geletterdheidsentrums en eweknie leerfasiliteerders.
5.23 Waar kan ek finansiële bystand kry?
Raadpleeg die brosjure [email protected].
Ons hoop dat jy jou studie sal geniet en wens jou alle sukses toe.
AFKALLD/301
31
ST
UD
IEPR
OG
RA
M 2
012
Nov
. O
kt.
Sept
. A
ug
Jul.
Jun.
M
ei
Apr
. M
rt.
Feb.
Ja
n.
Mod
ules