9
1 TWEEWEEKLIKSE NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL DURBANVILLE Die skool waar elkeen iemand is! UITGAWE 2 ~ 18 Februarie 2013 IN HIERDIE UITGAWE : Skoolhoof se Brief 2 Mooi Maria-opvoering 4 Klaskapteins 2013 4 Kunsuitstappie 4 My School-kaart 5 The Blue Parade 6 Sportuitslae 7 KONTAK ONS : Tel / faks: 021 976 3188 (t) / 021 976 3189 (f) Algemeen: [email protected] Sport: [email protected] Kultuur: [email protected] Bemarking: [email protected] Alumni: [email protected] Klerewinkel: [email protected] Boekekamer: [email protected] BELANGRIKE DATUMS : FEBRUARIE 21 SR-Kenmekaar 27 Bloedskenk SR-Leierskapseminaar OSB-Verkiesing 28 Sjampanjeproe (tbv Matirekafskeid) MAART 01 Wêreldbiddag vir Vroue Gr. 12-Kunsuitstappie 04 Skoolure verander: 07:45 14:30 05 Jaarbladfoto’s: Somersporte Engels-Olimpiade 06 B-Liga Swemkampioenskappe 07 JAM-Koffiekroeg: Ouditorium 08 JAM: Boys’ / Girls’ Night 12 Rekenaarolimpiade 14 Mnr. & Me. Durbie-Kleedrepetisie 15 Mnr. & Me. Durbie: Gala-aand 18 Erekleure-funksie 19 Wetenskap-Olimpiade 20 Stigtingsdagvieringe Orkestoer na Hartenbos 21 MENSEREGTEDAG 22 SKOOLVAKANSIEDAG 28 SKOOLSLUITING

UITGAWE 2 ~ 18 Februarie 2013 ber 2012 · 2014. 1. 31. · Us, Reggie's, Altech Netstar en SupaQuick, om net 'n paar te noem. Hulle gee namens jou 'n persentasie van die bedrag wat

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: UITGAWE 2 ~ 18 Februarie 2013 ber 2012 · 2014. 1. 31. · Us, Reggie's, Altech Netstar en SupaQuick, om net 'n paar te noem. Hulle gee namens jou 'n persentasie van die bedrag wat

1

TWEEWEEKLIKSE NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL DURBANVILLE

Die skool waar elkeen iemand is!

ber 2012

UITGAWE 2 ~ 18 Februarie 2013

be

r 2012

IN HIERDIE UITGAWE:

Skoolhoof se Brief 2

Mooi Maria-opvoering 4

Klaskapteins 2013 4

Kunsuitstappie 4

My School-kaart 5

The Blue Parade 6

Sportuitslae 7

Ons Borge 9

KONTAK ONS:

Tel / faks: 021 976 3188 (t) / 021 976 3189 (f)

Algemeen: [email protected]

Sport: [email protected]

Kultuur: [email protected]

Bemarking: [email protected]

Alumni: [email protected]

Klerewinkel: [email protected]

Boekekamer: [email protected]

BELANGRIKE DATUMS:

FEBRUARIE 21 SR-Kenmekaar

27 Bloedskenk

SR-Leierskapseminaar

OSB-Verkiesing

28 Sjampanjeproe

(tbv Matirekafskeid)

MAART 01 Wêreldbiddag vir Vroue

Gr. 12-Kunsuitstappie

04 Skoolure verander: 07:45 – 14:30

05 Jaarbladfoto’s: Somersporte

Engels-Olimpiade

06 B-Liga Swemkampioenskappe

07 JAM-Koffiekroeg: Ouditorium

08 JAM: Boys’ / Girls’ Night

12 Rekenaarolimpiade

14 Mnr. & Me. Durbie-Kleedrepetisie

15 Mnr. & Me. Durbie: Gala-aand

18 Erekleure-funksie

19 Wetenskap-Olimpiade

20 Stigtingsdagvieringe

Orkestoer na Hartenbos

21 MENSEREGTEDAG

22 SKOOLVAKANSIEDAG

28 SKOOLSLUITING

Page 2: UITGAWE 2 ~ 18 Februarie 2013 ber 2012 · 2014. 1. 31. · Us, Reggie's, Altech Netstar en SupaQuick, om net 'n paar te noem. Hulle gee namens jou 'n persentasie van die bedrag wat

2

Geagte Ouers

Dit is sommer baie lekker om hierdie brief

vandag te begin. Baie geluk aan ons

leerders wat tydens die Ko-Ed atletiek

weggestap het met die meeste van die

toekennings.

Die dogtersatletiekspan was die wenner van

die dogtersafdeling. Leiere Falck het die

beste vertoning op die baan gelewer en

Michael Badenhorst het die beste vertoning

van al die veldatlete gelewer. Hierdie twee

atlete was dus volgens die ASA-tabel die

beste atlete van die dag.

Alexis Hickson was die D. o.14 Victrix

Ludorum en TJ Campbell die S. o.17 Victor

Ludorum. Van die 14 rekords wat verbeter is,

het ons atlete 9 verbeter! Voorwaar‘n

kragtoer.

Baie geluk aan die atletiekafrigters – om

mee te ding teen skole met heelwat meer

diepte, beteken net eenvoudig harder werk

en dit het ons atlete en afrigters dan ook wel

gedoen. Ons sien uit na die kompetisie

volgende jaar.

Ons leerders het op die pawiljoen ook nie op

hulle laat wag nie. Ons is, wat getalle

betref, totaal oordonder, maar harde werk

deur die geesbouspan en die dirigente -wat

reeds verlede jaar - begin het, het die

gewenste resultaat gelewer. Ons dirigente

was uitstekend voorberei en op die dag in

staat daartoe om die beste uit die pawiljoen

te haal.

Laasgenoemde het dan ook puik gereageer

en met hulle dissipline en toewyding gesorg

dat die kleiner skool weer die beste was.

Hierdie is’n besonderse prestasie en ek weet

dat almal wat daar was, sal saamstem dat

ons poging as groots beskryf kan word.

Ons leerders (atlete en toeskouers) se

gedrag en dissipline was skitterend en

persoonlik het dit vir my van die dag

uitgestaan. Dus baie geluk aan die meisies

en manne van The Blue Parade. Ons is trots

op julle.

Baie dankie aan elke ouer wat so geduldig

kinders vervoer het – sonder u hulp sou dit

net nie kon nie.

Baie dankie ook aan al die afrigters en

beamptes en toesighouers wat die dag nie

net moontlik nie, maar ook aangenaam

gemaak het.

Ek wil graag vir me Wallace en me Kok

uitsonder vir hulle onvermoeide werk om die

pawiljoen weer eens die kampioene te

maak en me Esterhuyse vir haar ywer om die

beste uit ons atlete te haal. Me Blom het die

administrasie rondom die atletiek hanteer en

mnr Minnie die reëlings rondom die

byeenkoms. Baie dankie aan elkeen van

julle vir die ekstra moeite en aandag.

Dit sal darem maar lekker wees om al drie

die trofeë gelyk hier te hê. ‘n Paar jaar terug

het dit onwerklik gelyk, maar dit begin al

meer moontlik te word.

Dankie aan dr. Rust en me. Marisa Theron

wat die hempies vir die atlete en die

onderwysers geborg het. Dit het ons atlete

sommer laat uitstaan en die lekker gevoel

van spanwees geskep. Wees seker dat ons

dit baie hoog op prys stel – dit was’n

besonderse gebaar.

Baie dankie ook aan almal wat vir my goeie

wense op my verjaarsdag gestuur het. Die

graad 10 –graadraad het dit ‘n fantastiese

onthou-geleentheid vir my gemaak.

Ons beweeg nou weer in die rigting van ons

spansportsoorte. Ek wil net graag weer‘n

paar reëls uitlig en onderstreep:

Ouers mag glad nie inmeng nie – beslis nie

tydens wedstryde of oefensessies nie. Indien

u ’n bydrae wil maak, kontak ons

sportbestuurder, mnr N.Minnie, en hy sal u

versoek verder hanteer.

Uit die Hoof se Kantoor

Page 3: UITGAWE 2 ~ 18 Februarie 2013 ber 2012 · 2014. 1. 31. · Us, Reggie's, Altech Netstar en SupaQuick, om net 'n paar te noem. Hulle gee namens jou 'n persentasie van die bedrag wat

3

Wanneer ‘n sportspan/individu onder die

vaandel van die Hoërskool Durbanville op

die veld gaan, geld die skoolreëls. Indien u

nie daarby hou of wil hou nie, moet u die

skoolhoof kom spreek. Ons kan nie ons sport

doeltreffend bestuur as daar verskillende

reëls vir elkeen geld nie. Dissipline bly die

hoeksteen van enige sportsoort.

Drank en skoolsport gaan nie saam nie.

Sekere sportsoorte leen hulle daartoe (soos

krieket op Nuweland), maar ons wil dit glad

nie langs ons velde hê nie.

Ons afrigters is baie bekwaam en besluit

op’n wedstrydplan en kies spelers wat by die

plan inpas. Ek ondersteun elke afrigter se

keuse omdat hulle kenners op hulle gebiede

is en versoek u om dieselfde te doen. Indien

u kind nie die span van sy keuse haal nie,

spoor hom/haar aan om maar net harder te

werk en die geleentheid aan te gryp

wanneer dit opdaag.

Ons wil onder geen omstandighede

toeskouers hê wat uitstaan omdat hulle swak

gemanierd is nie.‘n Besoekende skoolhoof

het ons hokkie-ouers verlede jaar

gekomplimenteer op wat hy bestempel het

as hulle grondige kennis van die spel en hulle

bereidwilligheid om wedersyds applous te

gee. Ek weet dit is ook so by ons ander

sportsoorte – kom ons hou by die kode van

die goeie toeskouer wat al vir etlike jare by

ons in gebruik is.

Onthou die skeidsregters is, soos ons almal,

menslik en kan foute begaan. Kom ons is nie

daarop uit om foutvinderig te wees nie,

maar ons gee liewer erkenning vir goeie

vertonings deur die manne en dames met

die fluitjies.

Die WKOD het aanpassings in die kurrikulum

aangekondig. Daarvolgens moet ons

skooldag 25 minute langer wees. Die

personeel en die SBL het baie gedebatteer

en gewik en geweeg en uiteindelik besluit

om die skool om 7:45 te laat begin en die

sluitingstyd sal dan 14:30 wees.

Daar is baie voor te sê om die skool later te

laat begin en later te laat uitkom, asook om

die skool ‘n halfuur vroeër te laat begin. Ons

oordeel egter dat die nuwe tyd die geskikste

vir die grootste groep sal wees.Dit gee die

personeel nog kans om hulpklasse aan te

bied en die sportoefeninge om so te begin

dat ons (veral in die winter) nog in daglig

kan klaarmaak.

Bostaande reëling sal geld vanaf Maandag

4 Maart.

Groete tot volgende keer.

George Germishuys

Tydens die skoolhoof, mnr. George

Germishuys se afgelope verjaardagvieringe

is hy verras met ‘n wonderlike geskenk.

Michelle Fivaz, ma van Christo Fivaz (gr. 9),

het in samewerking met kommandeur

Andrew Souma van Simonstad, vir hom ‘n

besigtigingstoer gereël op ‘n duikboot.

Baie dankie, me. Fivaz vir hierdie besondere

voorreg vir ons hoof!

Op die foto hieronder verskyn mnr.

Germishuys en sy vrou, me. Dorette

Germishuys saam met dr. Rust Theron, die

voorsitter van die Beheerliggaam. Die

parate matrose wat die agterste linie dek, is

Rowan Wolmarans, Philip Jacobs en MC van

der Walt.

KAPTEIN, SPAN DIE SEILE!

Page 4: UITGAWE 2 ~ 18 Februarie 2013 ber 2012 · 2014. 1. 31. · Us, Reggie's, Altech Netstar en SupaQuick, om net 'n paar te noem. Hulle gee namens jou 'n persentasie van die bedrag wat

4

Barend Erlank is verkies tot klaskaptein vir die

gr. 11A-klas.

C. Esterhuyse

Die gr. 12-kunsleerders onderneem op 1

Maart ‘n uitstappie na die Goodman-,

Everard Read- asook die Nasionale

Kunsgalerye gedurende skooltyd. Ouers sal

eersdaags ‘n kennisgewingbrief, asook

vrywaringsvorm ontvang.

H. Rebel

KULTUURNUUS

“MOOI MARIA” KOM KUIER IN DURBANVILLE !

MOOI MARIA, deur Pieter Fourie, is een van die beste en mooiste toneelstukke wat

ooit in Afrikaans geskryf is. Onder regie van Albert Maritz wen dit in 2011 by Aardklop

die toekennings vir beste produksie, beste regisseur en beste aktrise.

Saam met die produksie tree ook twee topgehalte Tienertoneelstukke op:

o HS Brackenfell se “Sjuut!! (Netnou hoor die gode ons!)”

(2012-finalis in ATKV Nasionale Tienertoneelkompetisie.)

o HS Durbanville se “Japie”

(Eenvrou-kragtoer wat beoordelaars in vervoering gehad het.)

Datum: 20 - 22 Februarie

Plek: HS Durbanville ouditorium

Tyd: 19:00

Toegang: R100 (Volwassenes)

R40 (Skoliere en studente)

Program:

20 & 21 Feb: Mooi Maria (met “Sjuut!!” voor pouse)

22 Feb: Mooi Maria (met “Japie” voor pouse)

Besprekings open Maandag, 4 Februarie

Neelie Griebenow: 079 441 5219 / [email protected]

KLASKAPTEINS KUNSUITSTAPPIE

Page 5: UITGAWE 2 ~ 18 Februarie 2013 ber 2012 · 2014. 1. 31. · Us, Reggie's, Altech Netstar en SupaQuick, om net 'n paar te noem. Hulle gee namens jou 'n persentasie van die bedrag wat

5

My School MyVillage My Planet-Program

Die MySchool-program is 'n unieke fonds-

insamelingsprogram wat broodnodige

fondse insamel vir skole en liefdadigheids-

organisasies regoor die land, sonder dat dit

jou 'n sent kos.

MySchool dra elke maand meer as R3

miljoen by tot hulle begunstigdes! Die beste

deel: Dit kos jou, as 'n ondersteuner, nie 'n

sent om 'n verskil te maak nie!

Kids:

Hoe werk die Program?

Fondse word op 'n maandelikse basis

ingesamel vir ons skole. Gebruik eenvoudig

jou MySchool Ondersteunerskaart wanneer

jy by een van die MySchool-vennote koop;

waaronder Woolworths, Engen QuickShops,

Waltons, kalahari.com, Jack's Paint, Toys R

Us, Reggie's, Altech Netstar en SupaQuick,

om net 'n paar te noem. Hulle gee namens

jou 'n persentasie van die bedrag wat jy

bestee het aan jou skool. Daar is geen kostes

vir jou nie!

Partners:

Watter voordele hou dit in?

Samel fondse in vir jou skool sonder dat dit

jou 'n sent kos;

Skole kan die fondse aanwend op enige

wyse soos hulle verkies;

Kry maandelikse terugvoering via die

MySchool-staat oor die bedrag

wat ingesamel is;

Kaarthouers kwalifiseer outomaties om

deel te wees van die Woolworths

WRewards-program (i.e. tot 20% kitsafslag

op meer as 300 items in die winkel)

Elke keer as jy jou MySchool-kaart gebruik,

kwalifiseer jy vir 'n reeks bykomende

voordele soos:

Spesiale laer pryse op uitgesoekte

produkte,

uitnodigings na voorskoue van

uitverkopings, en

spesiale promosies en weggee-produkte

Besoek www.myschool.co.za vir meer detail-info.

Hoe begin ek?

1. Doen aansoek vir jou kaart deur die

aangehegte aansoekvorm te

voltooi en terug te stuur na die skool.

2. Of, doen aanlyn aansoek:

www.myschool.co.za

3. Of,per telefoon by 0860 100 445. (Onthou, ons skoolnaam is die begunstigde.)

4. Het jy reeds 'n kaart?

Verander of voeg 'n begunstigde/skool by

– jy het nie 'n nuwe kaart nodig nie.

Kontak eenvoudig vir MySchool.

ELKE TRANSAKSIE TEL –

WORD DEEL VANDAG!

Page 6: UITGAWE 2 ~ 18 Februarie 2013 ber 2012 · 2014. 1. 31. · Us, Reggie's, Altech Netstar en SupaQuick, om net 'n paar te noem. Hulle gee namens jou 'n persentasie van die bedrag wat

6

SPORTNUUS

‘n Blou golf van ongelooflike gees, entoesiasme en toewyding het Vrydag, 15 Februarie

die Bellville Atletiekstadion getref. Veni, vidi, vici! Julius Caesar se gevleuelde woorde

na ‘n kort oorlog teen Pharnaces II van Pontus, is tekenend van die Durbies se durf: die

Durbies het en masse gekom, gesien wie is die vyand en oorwin! Of so byna oorwin,

maar met die terugneem van die Gees- & Dirigentebeker en met nege van die 14

rekords in ons sak, het die Durbies so goed soos oorwin.

‘n Kort “oorlog” was dit miskien, maar die aanloop en voorbereiding tot hierdie stryd

was weliswaar nie kort nie. Die toewyding van personeel, leerders en ouers het sonder

twyfel bygedra tot die sukses van die dag. Baie geluk aan elke deelnemer op die

pawiljoen en op die baan en veld. Julle is almal ware wenners! Ons opponente is

waarskynlik “blou” van jaloesie op die krag en gees van The Blue Parade!

*******

‘n Gelukwensing van Marisu Rocher, ‘n ouer:

Geagte Mnr Germishuys, Personeel en Leerlinge

Weer eens is ek trots om ‘n Durbie-ouer te wees ! Baie geluk met Vrydag se uitslae ! Die Gees,

Atletiek en Maniere van die Durbies was ongelooflik ! Baie, baie dankie en baie, baie geluk !

Page 7: UITGAWE 2 ~ 18 Februarie 2013 ber 2012 · 2014. 1. 31. · Us, Reggie's, Altech Netstar en SupaQuick, om net 'n paar te noem. Hulle gee namens jou 'n persentasie van die bedrag wat

7

KO-ED BYEENKOMS

Beste Dogterspan van die dag

Beste op ASA-tabel:

Leiere Falck: Do.14 90m - hekkies

Michael Badenhorst: So.19-gewigstoot

Victor / Victrix Ludorum:

Alexis Hickson: o.14

TJ Campbell: o.17

Rekords:

Marna Louwrens: (o.17) 3000m

Michael Badenhorst: (o.19) gewigstoot

Leiere Falck: (o.14) 90m hekkies

Tijan Malherbe: (o.19) diskus

Bertmari Kraay: (o.15) 800m

Rowan Wolmarans: (o.17) gewigstoot

Derick Turner: (o.15) spiesgooi

Sherene Adams: (o.15) spiesgooi

Leiere Falck: (o.14) 400m

M. Blom

LIQUI FRUIT-BYEENKOMS

Tydens die Liqui Fruit-byeenkoms op Vrydag,

1 Februarie het 60 Durbies deelgeneem en

puik gepresteer! Die dogters o.15-aflosspan:

Mienka Rossouw, Bertmari Kraay, Silvia van

Rooyen en Leiere Falck het die beste gevaar

in hul ouderdomsgroep en ‘n trofee verwerf.

M. Blom

Tydens ‘n interskole-swemgala by Fairbairn

College Donderdag, 7 Februarie het ons

swemmers baie goed gevaar. Die Durbies

behaal ‘n puik tweede plek en ons mis die

eerste plek met slegs 20 punte! Die

volgende swemmers het almal eerste plekke

behaal:

Mattieu Bettings

Marinelle Wegman

Dian Kuhn

Arno Nothnagel

Jean Rabie

Jana van Rooyen

Marna Louwrens

Aflosspanne:

O.16-Seuns

O.14-Seuns

O.14-Dogters

I. Keet

Saterdag 02 Februarie vs Milnerton

O.14 A

Durbanville 159/8

Beste kolwers:

Jean Aucamp 102*

Milnerton 139 almal uit

Beste boulers:

Jean Aucamp 4/20

Durbanville wen met 20 lopies.

J.van Deventer

O. 15 A

Durbanville 53/7

Milnerton 52 almal uit

Durbanville wen met 3 paaltjies.

H.Jordaan

O.19A

Milnerton 211 almal uit

Beste boulers:

Emce van der Walt 5/61

Durbanville 117 almal uit

Durbanville verloor met 94 lopies.

N.Minnie

Donderdag 14 Februarie vs Brackenfell

O.14 A

Brackenfell 96/8

Durbanville 58/4

Durbanville verloor met 38 lopies.

J. van Deventer

KRIEKET

SWEM

ATLETIEK

Page 8: UITGAWE 2 ~ 18 Februarie 2013 ber 2012 · 2014. 1. 31. · Us, Reggie's, Altech Netstar en SupaQuick, om net 'n paar te noem. Hulle gee namens jou 'n persentasie van die bedrag wat

8

Donderdag 14 Februarie vs Elsiesrivier

O. 15 A

Elsiesrivier 27 almal uit

Beste boulers:

Tiaan de Swart 4/8

Durbanville 28/1

Durbanville wen met 9 paaltjies.

H.Jordaan

Saterdag 16 Februarie vs Stellenberg

O. 14 A

Durbanville 47 almal uit

Stellenberg 48/1

Durbanville verloor met 9 paaltjies.

J. van Deventer

O. 15 A

Durbanville 74 almal uit

Stellenberg 80/6

Durbanville verloor met 4 paaltjies.

H.Jordaan

Saterdag 16 Februarie vs De Kuilen

O. 19 A

De Kuilen 103 almal uit

Beste boulers:

Gerhard Alberts 4/24

Louwrens Roux 3/16

Rowan Wolmarans 3/18

Durbanville 106/5

Beste kolwers:

Gerhard Alberts 55*

Durbanville wen met 5 paaltjies.

N. Minnie

28 Januarie – 1 Februarie

SEUNS

1ste span: (geen wedstryd)

2de span: Wen vs Curro 5 - 1

3de span: (geen wedstryd)

4de span: Wen vs Monument Park 5 – 1

DOGTERS

1ste span: Wen vs Bellville 6 - 0

2de span: (geen wedstryd)

3de span: (geen wedstryd)

4de span: Wen vs Tygerberg 6 – 0

11 – 14 Februarie

SEUNS

1ste span: Wen Brackenfell 6 - 0

2de span: (geen wedstryd)

3de span: Gelykop Bellville 3 - 3

4de span: Wen Milnerton 6 - 0

DOGTERS

1ste span: Gelykop Curro 3 - 3

2de span: Verloor Brackenfell 2 - 4

3de span: Wen Brackenfell 5 - 1

4de span: (geen wedstryd)

S. du Toit

Sewe Durbies het op Saterdag, 2 Februarie

die Westelike Provinsie verteenwoordig by

die Highgate Interprovinsiale Tweekamp-

byeenkoms op Oudtshoorn.

435 Atlete van WP, Boland, SWD, OP,

Griekwas, NWK en Vrystaat het deelgeneem.

Marna Louwrens het puik gepresteer deur

met 2347 punte die goue medalje vir dogters

o.17 te verower. Sy is ook aangewys as die

Junior Victrix Ludorum vir die

ouderdomsgroepe o.9 tot o.19. Ander HSD-

atlete het soos volg gepresteer :

Mari Theron o.19 8ste 1915

Pascal Rocher Seniors 6de 1863

Jana van Rooyen o.15 18de 2072

Jansie Slabbert o.13 26ste 1969

Wian Venter o.17 19de 2035

Johan Slabbert o.15 36ste 1702

Ruan Naude o.13 37ste 1667

TENNIS

TWEEKAMP

KRIEKET

Page 9: UITGAWE 2 ~ 18 Februarie 2013 ber 2012 · 2014. 1. 31. · Us, Reggie's, Altech Netstar en SupaQuick, om net 'n paar te noem. Hulle gee namens jou 'n persentasie van die bedrag wat

9

Atlete van Meerendal, die wenspan van die

atletiektrofee tydens die interhuisatletiek-

byeenkoms, verskyn op die foto hieronder

met die borg van die span, Meerendal

Wynlandgoed:

(vlnr) Willi Botha, algemene bestuurder ;

Leiere Falck wat die meeste punte op die

ABSA tabel behaal hetvir ‘n enkele item, Liza

Goodwin, wynmaker, TJ Campbell, Senior

Victor Ludorum en Piti Coetzee, oud-Durbie

en assistent-wynmaker van Meerendal.

Die dirigente van Diemersdal wys trots na die

trofee wat hulle span verower het vir die

beste gees en sang tydens die interhuis-

atletiekbyeenkoms:

Agter (vlnr): Linda Ntentema, Charmoné

Harris, Lourens van der Merwe, Simoné

Jansen van Vuuren, Mieke van der Riet en

Timmy Van Straaten

Voor (vlnr): Lara Hattingh, JC van Ee en

Ilse Bester

ONDERSTEUN ONS BORGE!