57
2 1 2016 Augustus Uitgawe 1 Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe www.up.ac.za Word vervolg op bladsy 3 Tydens die onlangse baanbrekerseremonie op die Future Africa- kampus op die Universiteit se Proefplaas het prof Cheryl de la Rey, die Visekanselier en Rektor van die Universiteit van Pretoria (UP), die wese van Future Africa soos volg opgesom. Volgens haar is dit ’n ruimte wat 300 jong, talentvolle jongmense sal byeenbring om saam te werk en doktorale navorsing te onderneem terwyl hulle op ’n leierskapsreis is. Hulle sal ’n geslag wees wat wetenskap vir beleidmaking en -implementering sal skep. Sy het verduidelik dat wat hier ter sprake is, ’n nuwe model van doktorale onderrig is, wat gekoppel is aan leierskapsontwikkeling en ’n poging om die gaping tussen die natuur- en sosiale wetenskappe en tussen universiteite, wetenskap en die implementering van beleid, te verklein. Sy het beklemtoon dat die seremonie ’n baanbrekergeleentheid was, met die klem op die konstruksie van ’n ruimte wat UP geskep het, maar dat dit terselfdertyd ’n manier is om die groter prentjie ’n werklikheid te maak. Prof De la Rey het gesê dat ‘baanbrekersgeleentheid’ die mees gepaste beskrywing is, omdat die Universiteit werklik aan die begin van ’n baanbrekerprojek staan. Sy het ook genoem dat die projek onderskeidend, uniek en ’n voorloper is in sy poging om reaktief te UP ’n integrale deel van die toekoms van Afrika wees ten opsigte van ’n veranderende Afrika-konteks. Dit verleen terselfdertyd erkenning aan die wêreldwye herposisionering van hoëronderwys wat op die voorpunt van wetenskap staan. In 2010 het UP met ’n proses van langtermyn strategiese beplanning begin wat in lyn is met die huidige langtermynstrategie waarna verwys word as UP 2025. Tydens die ontwikkelingsproses van hierdie strategie het UP verskeie omgewingsopnames onderneem waartydens ’n aantal neigings waargeneem is wat waarskynlik die toekoms van die instansie, wetenskap en beurse sal bepaal. Die neiging wat waarskynlik ’n invloed op UP se strategie gehad het was die wyd-aanvaarde besef dat die uitdagings en grootste probleme wat die wêreld en spesifiek Afrika in die gesig staar, opgelos kan word by wyse van geïntegreerde benaderings tot die wetenskap. Prof De la Rey het ook genoem dat ons slegs deur ons onderskeie kundighede op nuwe maniere saam te voeg, die waarskynlikheid kan verbeter om kwessies soos onder andere water, energie, voedselsekerheid, gesondheid en welstand, en klimaatsverandering onder hande te neem. In September 2015 het Suid-Afrika, saam met die res van die wêreld, die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte (VOD) aanvaar. Prof De la Rey het beklemtoon dat, om hierdie doelwitte suksesvol te bereik, Die med-fly, Ceratitis Capitata (Foto: Andre Coetzer). Lees artikel op bladsy 26.

UP ’n integrale deel van die toekoms van Afrika · In 2010 het UP met ’n proses van langtermyn strategiese beplanning begin wat in lyn is met die huidige langtermynstrategie waarna

  • Upload
    others

  • View
    4

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

3 21

2016Augustus

Uitgawe 1

Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe

www.up.ac.za

Word vervolg op bladsy 3

Tydens die onlangse baanbrekerseremonie op die Future Africa-kampus op die Universiteit se Proefplaas het prof Cheryl de la Rey, die Visekanselier en Rektor van die Universiteit van Pretoria (UP), die wese van Future Africa soos volg opgesom. Volgens haar is dit ’n ruimte wat 300 jong, talentvolle jongmense sal byeenbring om saam te werk en doktorale navorsing te onderneem terwyl hulle op ’n leierskapsreis is. Hulle sal ’n geslag wees wat wetenskap vir beleidmaking en -implementering sal skep.

Sy het verduidelik dat wat hier ter sprake is, ’n nuwe model van doktorale onderrig is, wat gekoppel is aan leierskapsontwikkeling en ’n poging om die gaping tussen die natuur- en sosiale wetenskappe en tussen universiteite, wetenskap en die implementering van beleid, te verklein.

Sy het beklemtoon dat die seremonie ’n baanbrekergeleentheid was, met die klem op die konstruksie van ’n ruimte wat UP geskep het, maar dat dit terselfdertyd ’n manier is om die groter prentjie ’n werklikheid te maak.

Prof De la Rey het gesê dat ‘baanbrekersgeleentheid’ die mees gepaste beskrywing is, omdat die Universiteit werklik aan die begin van ’n baanbrekerprojek staan. Sy het ook genoem dat die projek onderskeidend, uniek en ’n voorloper is in sy poging om reaktief te

UP ’n integrale deel van die toekoms van Afrikawees ten opsigte van ’n veranderende Afrika-konteks. Dit verleen terselfdertyd erkenning aan die wêreldwye herposisionering van hoëronderwys wat op die voorpunt van wetenskap staan.

In 2010 het UP met ’n proses van langtermyn strategiese beplanning begin wat in lyn is met die huidige langtermynstrategie waarna verwys word as UP 2025. Tydens die ontwikkelingsproses van hierdie strategie het UP verskeie omgewingsopnames onderneem waartydens ’n aantal neigings waargeneem is wat waarskynlik die toekoms van die instansie, wetenskap en beurse sal bepaal.

Die neiging wat waarskynlik ’n invloed op UP se strategie gehad het was die wyd-aanvaarde besef dat die uitdagings en grootste probleme wat die wêreld en spesifiek Afrika in die gesig staar, opgelos kan word by wyse van geïntegreerde benaderings tot die wetenskap. Prof De la Rey het ook genoem dat ons slegs deur ons onderskeie kundighede op nuwe maniere saam te voeg, die waarskynlikheid kan verbeter om kwessies soos onder andere water, energie, voedselsekerheid, gesondheid en welstand, en klimaatsverandering onder hande te neem.

In September 2015 het Suid-Afrika, saam met die res van die wêreld, die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte (VOD) aanvaar. Prof De la Rey het beklemtoon dat, om hierdie doelwitte suksesvol te bereik,

Die med-fly, Ceratitis Capitata (Foto: Andre Coetzer).

Lees artikel op bladsy 26.

3 22

Die krag van multidissiplinêre navorsing

Boodskap van die DekaanBo

odsk

ap v

an d

ie D

ekaa

n

RedakteurMartie Meyer (Redakteur)[email protected] 420 5498 (kantoor)012 420 5895 (faks)Kamer 8-9 Landbouwetenskap GebouFakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe

Uitleg en OntwerpKim ZimmermanReDzign084 296 0884 of [email protected]

Taalversorging en VertalingMelodie Veldhuizen

Spesiale dank aan Louise de Bruin en Ansa Heyl as akademiese skrywers

Stuur gerus kommentaar en terugvoer oor die fakulteitsnuusbrief en idees/voorstelle vir artikels na [email protected]

Die Fakulteit is nou ook op Facebook. Besoek asb die bladsy en ‘like’ ons.

3 22

Die neigings wat waarskynlik die toekoms van die Universiteit van Pretoria sal vorm is wetenskap en beurse en die wyd erkende besef dat die uitdagings en groot probleme wat Afrika tans in die gesig staar, opgelos kan word deur middel van ’n multidissiplinêre benadering tot wetenskap. Ons sal waarskynlik slegs kwessies soos water, energie, voedselsekerheid, gesondheid en welstand, klimaatsverandering en dergelike sake suksesvol kan hanteer deur ons onderskeie vaardighede saam te voeg. Die onlangse baanbrekerseremonie by die Future Africa-kampus op die Hatfield Proefplaas, ’n nuwe model van doktorale navorsing en onderrig wat met leierskap gekombineer word, sal help om die Universiteit se visie te verwesenlik. Lees meer hieroor op bladsy 1.

Deur middel van multidissiplinêre navorsing, asook onderrig- en leerondernemings in die Fakulteit stel ons onsself dit ten doel om die wêreld te verbeter. ’n Baie interessante onderneming in die Departement Genetika, onder die leiding van dr Vinet Coetzee, was die gesig-aftastingsprojek wat help om die spesifieke gelaatstrekke wat verband hou met toestande by Afrika-babas en kinders te identifiseer om te kan help met die vroeë diagnose van Downsindroom by Afrika-kinders (bladsy 25). Wie sou ooit kon dink dat die toevoeging van insekte tot ons dieet ’n oplossing kan bied vir veelvuldige probleme, insluitend die tekort aan lewensvatbare landbougrond wat benodig word vir tradisionele landbou, soos byvoorbeeld die bedryf van vee- en saaiboerdery? Lees meer oor dr Yusuf Abdullah van die Departement Dierkunde en Entomologie se kundige mening hieroor (bladsy 37).

Soos gewoonlik is ons baie trots op die uitmuntende prestasies van ons personeellede wat op hulle onderskeie navorsingsgebiede uitblink. Prof Pedro Crous is die mees onlangse A-gegradeerde navorser in die Fakulteit (bladsy 4). Prof Mike Wingfield het die toekenning vir Uitnemende Leierskap vir Internasionale Wetenskaplikes vir 2016 van sy alma mater, die Universiteit van Minnesota ontvang (bladsy 6). Prof Brenda Wingfield het die hoogaangeskrewe Harry Oppenheimer Gedenkstudiebeurstoekenning ter waarde van R1,5 miljoen ontvang (bladsy 8).

Daarbenewens het prof Dave Berger die Spesiale Toekenning vir Gewaswetenskappe en Voedselsekerheid tydens die 2015/2016 Nasionale Wetenskap- en Tegnologieforum (NWTF) se toekenningseremonie ontvang (bladsy 14).

Omdat die Fakulteit mensgesentreerd is, is ons voortdurend op soek na geleenthede om hoogs erkende navorsers en akademici te werf en aan te stel. Een van ons nuwe aanstellings is prof Jacek Banasiak, as die bekleër van die DWT/NNS SARChI-leerstoel in Wiskundige Modelle en Metodes in Bioingenieurswese en Biowetenskappe. Hierdeur word die skeidsmuur tussen wiskundiges en bioloë verwyder (bladsy 40). Prof Wlady Altermann, met sy uitstaande akademiese rekord en hoogaangeskrewe verbintenisse in die nywerheidsomgewing , is as die nuwe Hoof van die Departement Geologie aangestel (bladsy 41).

Soos gewoonlik het ons studente ook op hul onderskeie gebiede uitgeblink. Courtney Gehle, ’n derdejaar BSc Geografie-student het onlangs die geleentheid gehad om as deel van die Verenigde State (VS) se Leierskapsprogram ’n besoek aan Parys en die VSA te bring (bladsy 55). Thokozani Sikhosana, ’n MSc Biochemie-student is as die Suider-Afrikaanse Netwerk vir Biowetenskappe (SANBio) se studente-ambassadeur vir Suider-Afrika gekies (bladsy 19). Daarbenewens is Pelly Malebe, ’n PhD-kandidaat in Biochemie as die Future Einstein Forum (NEF) se Ambassadeur vir Suid-Afrika gekies en sy het die TEF en haar land by die 2016 wêreldwye byeenkoms verteenwoordig (bladsy 10). Die konferensietema, Connecting Science to Humanity, beklemtoon die krag van multidissiplinêre navorsing.

Baie meer uitmuntende prestasies deur ons personeellede, studente en medewerkers op wie ons baie trots is, kan aangehaal word. Die doel van hierdie nuusbrief is om sommige van hierdie prestasies ten toon te stel en ons hoop dat u hierdie opdatering oor die nuutste verwikkelinge in ons Fakulteit sal geniet.

Prof Jean LubumaDekaan: Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe

3 23

geïntegreerde benaderings tot navorsing vanaf die universiteitsektor vereis, spesifiek deur die skeiding tussen die sosiale en natuurwetenskappe te verwyder. Sy het bygevoeg dat deur die verwydering van die skeiding tussen universiteite en die wyse waarop universiteite met beleid, beleidmakers en die implementeerders van beleide skakel, hierdie projek poog om aan al hierdie behoeftes te voldoen.

Ter erkenning van hierdie uitdagings, het die Internasionale Raad van Wetenskap (International Council of Science) onlangs die Toekomstige Aarde-projek van stapel gestuur. Hierdie is ’n baie groot internasionale navorsingsplatform, wat ’n ruimte bied vir kennis en die ondersteuning van versnelde verandering tot ’n meer volhoubare wêreld. Dit was suksesvol in die byeenbring van verskeie programme wat op omgewingsverandering fokus en is ook geaktiveer om op navorsing in drie breë temas te fokus: die dinamiese planeet, wêreldwye volhoubare ontwikkeling en veranderinge in die rigting van volhoubaarheid. Future Africa sal ’n belangrike skakel tussen UP-navorsing en hierdie wêreldwye pogings wees.

Prof De la Rey het ook na die voorsitter van die Afrika-unie Kommissie, dr Nkosazana Dlamini-Zuma, verwys wat, toe sy UP besoek het, aanbeveel het dat die Universiteit die uitdaging aanvaar om ’n nuwe horison te skep vir die toekoms van Afrika deur betrokke te raak by Agenda 2063, Afrika se langtermynontwikkelingstrategie. Prof De la Rey het gesê dat een van die maniere om op die oproep te reageer, is om die konsep, wat bekendstaan as Future Africa te verwesenlik en op dié manier ’n betekenisvolle belegging in die toekoms te maak deur ’n nuwe geslag van wetenskaplikes op te lei wat baie beter voorbereid sal wees om navorsing te onderneem wat verband hou met Afrika-ontwikkeling op ’n meer geïntegreerde en oplossing-gebaseerde manier.

Sy het beklemtoon dat die seremonie ’n baanbrekersgeleentheid was, waartydens daar op die konstruksie van ’n ruimte wat UP geskep het, gefokus is, maar dat dit terselfdertyd dien as ’n manier om die groter visie te verwesenlik. Die ruimte wat geskep is, sal 300 talentvolle jongmense byeenbring wat saam sal werk en leef en doktorale navorsing sal onderneem en terselfdertyd op ’n leierskapsreis sal wees. Hulle sal ’n geslag wees wat wetenskap sal skep vir beleidmaking en die implementering van beleid.

Sy het beklemtoon dat die sukses van hierdie projek van vennootskappe afhang en het afgesluit met die stelling dat Future Africa ’n ankerprojek was vir Suid-Afrika se bydrae tot die Toekomstige Aarde-inisiatief. Prof De la Rey het gesê dat, sonder hierdie vennootskappe en dialoë, hulle nie suksesvol sal wees nie.

Prof Tinyiko Maluleka, Adviseur vir die Visekanselier en Rektor, het ook die byeenkoms bygewoon. Hy het verduidelik dat Future Africa al hulle idees oor die Universiteit se Afrika-strategie vasvang – idees van interdissiplinêre samewerking, netwerkvorming, innovering, probleemoplossing en die skep van ’n ruimte waarin Afrika-navorsers moontlik die kwessies kan aanraak wat ons as ’n kontinentin die gesig staar.

Prof Bernard Slippers, professor in Genetika by UP, was sedert die begin van die Future Africa-projek die leier daarvan. Hy het die belangrikheid van vennootskappe bevestig met die woorde dat vennootskappe versterk moet word namate hulle onsself vereenselwig met hul visie en aksie vir ’n beter Toekomstige Afrika.

Die idee agter die argitektuur, geïnspireer deur sosiale innovasie, was om ’n werkruimte te skep wat terselfdertyd ’n sosiale ruimte is, soos wat beskryf is deur Earth World se argitekte wat die geboue vir Future Africa ontwerp het.

3 23

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

3 24

Die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe (NLW) by die Universiteit van Pretoria (UP) kondig met trots nog ’n A-gegradeerde navorser in ons midde aan. Prof Pedro Crous is ’n professor in die Departement Mikrobiologie en Plantpatologie en betrokke by die Instituut vir Bosbou- en Landboubiotegnologie (FABI) by UP.

Die Fakulteit spog nie net met sewe A-gegradeerde navorsers nie; drie van hulle is boonop by FABI geaffilieer. Die Universiteit het tans 14 A-gegradeerde navorsers.

Prof Crous is ook die Direkteur van die Centraalbureau voor Schimmelcultures (CBS) (Fungale Biodiversiteitsentrum), ’n Instituut van die Royal Dutch Academy of Arts and Sciences, Utrecht, die Nederlande, en professor aan die universiteite van Utrecht en Wageningen in die Nederlande.

Prof Crous het in 2009 sy DSc by UP ontvang.

As ’n fitomitoloog/plantmitoloog is sy hoofbelangstelling in die evolusie en filogenie van plantpatogeniese fungi, in besonder Dothideomycetes, Diaporthalesen Hypocreales. Die verstaan en definiëring van spesies beteken dat die belangrikheid van geslag (herkombinasie) nie geïgnoreer kan word nie. Prof Crous se navorsing het getoon dat baie plantpatogene beide paringstipe gene

Nog ’n A-gegradeerde professor vir NLW

Prof Pedro Crous

besit en moontlik onwaarneembare seks mag hê, wat ook ernstige

implikasies vir siektebeheer en evolusietempo het. Hy stel belang

in intra- en interspesies variasie en hoe dit verband hou met die

spesifieke hoedanigheid van die gasheer en soortvorming.

Prof Crous streef aktief daarna om DNA-data met morfologie en

ekologie te integreer. In hierdie verband het hy MycoBank geïnisieer

met die doel om alle fungus-name vas te lê, en tans koppel hy spesies

met hul DNA-data, fungus kulture, populasies en ekologie. Een van

die hoofdoelwitte van sy navorsingsgroep is om die genetiese variasie

in spesies en populasies te bepaal en om molekulêre hulpmiddels

te ontwikkel wat die spoedige opsporing van sodanige patogene

met betrekking tot kwarantyn en handel moontlik sal maak. Sy

navorsingsgroep bestaan uit postdoktorale navorsers en studente in

verskeie lande in Europa, Afrika, Asië en Suid-Amerika.

Gedurende die afgelope vyf jaar is hy as Korresponderende Lid van

die Royal Academy for Overseas Sciences (2010) verkies, het hy die

Stigterstoekenning van die European Mycological Association (2011)

ontvang, en het hy ook erelidmaatskap van die Mycological Society of

America (2012) ontvang. Hy is ook as ’n studiegenoot van die Suider-

Afrikaanse Vereniging vir Plantpatologie (2013) verkies.

3 24

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

3 25

Na ’n strawwe keuringsproses is dr Bianca Verlinden, ’n postdoktorale studiegenoot verbonde aan die Departement Biochemie deur die Nasionale Navorsingstigting (NNS) as een van twee uitmuntentende jong navorsers gekies om in Maart Suid-Afrika by die eerste HOPE-vergadering saam met Nobel-pryswenners in Tsukuba, Japan te verteenwoordig.

Uit die groep van 109 internasionale jong wetenskaplikes wat teenwoordig was, is dr Verlinden vereer met die gesaghebbende HOPE-toekenning vir navorsingsuitnemendheid. Daar benewens het sy ook een van vyf Beste Plakkaat aanbieder-toekennings ontvang. Die HOPE-vergadering lê sterk klem op spanwerk en die span waarvan dr Verlinden ’n lid was, het die Unieke Span aanbiedings toekenning vir hul inspirerende pogings ontvang.

Die Japannese Vereniging vir die Bevordering van Wetenskap (JVBW) (Japanese Society for the Promotion of Science (JSPS)) bied al sedert 2008 jaarliks die HOPE-vergaderings in Japan aan. Die HOPE-vergaderings is ontwerp om uitstekende wetenskap-talent te bevorder by wyse van ’n intensiewe program van navorsingslesings, interdissiplinêre besprekings en span aktiwiteite wat deur Nobel-pryswenners en ander hoogaangeskrewe wetenskaplikes gelei word.Daar word aan die deelnemers die geleentheid gebied om hulle eie navorsingsresultate aan te bied en om kollegiale netwerke te vorm.

Jong UP-wetenskaplike skitter saam met Nobel-pryswenners

Dr Bianca Verlinden

Die ruim borgskap van die NNS en die Departement Wetenskap en

Tegnologie, in vennootskap met die JVBW, het dit vir dr Verlinden

moontlik gemaak om die HOPE-vergadering by te woon.

Dr Verlinden het ’n BSc (Biotegnologie)- en ’n BSc Hons (Biochemie)-

graad aan die Universiteit van Pretoria, beide met lof verwerf. In 2011

is haar MSc-graad na ’n PhD-graad in Biochemie opgradeer. Tydens

haar PhD-studies het dr Verlinden vyf internasionale toekennings

ontvang wat verband hou met haar navorsing en haar strewe

na bio-entrepreneurskap. Die navorsing vir haar tesis het tot die

ontdekking van ’n nuwe antimalaria-stellasie, wat heeltemal anders

as enige bestaande antimalaria samestelling is, aanleiding gegee.

Haar navorsings bevindings is in die Journal of Medicinal Chemistry

gepubliseer. Dit is 30 keer aangehaal en ook in die volgende boeke

ingesluit: Advances in protozoa research and treatment (2012 uitgawe)

en in Amines- Advances in research and applications (2013 uitgawe) Dit

is ook in die Current topics in medicinal chemistry (2013) geresenseer.

Hierdie bevindings is ook by 11 internasionale konferensies

aangebied, waarvan die meeste op uitnodiging was. Dr Verlinden

is ’n kranige kommunikeerder en is sedert 2009 tot op hede ’n lid

van die Scientia Toastmastersklub in Pretoria, waar sy opleiding as

openbare spreker ontvang.

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

3 26

“Een van die mees produktiewe wetenskaplikes van sy tyd en waarskynlik ooit op die gebied van bosgesondheid. Hy is ’n uitsonderlike vakkundige, maar ook ’n uitsonderlike leier, mentor en vriend vir baie wetenskaplikes regoor die wêreld.“ Hierdie was een van die aanhalings oor prof Mike Wingfield tydens die aankondiging dat hy die Distinguished Leadership Award for International Scientists vir 2016, van sy alma mater, die University of Minnesota, ontvang het.

Prof Wingfield is ’n professor en die Stigtersdirekteur van die Instituut vir Bosbou- en Landboubiotegnologie (FABI) aan die Universiteit van Pretoria. Hy is ook die huidige President van die International Union of Forest Research Organizations (IUFRO), ’n wêreldwye netwerk van meer as 15 000 bosbouwetenskaplikes, waarvan die hoofkantoor in Oostenryk is. Prof Wingfield is ook ’n A1-gegradeerde navorser, soos gegradeer deur die Nasionale Navorsingstigting (NNS).

Hierdie leierskaptoekenning word aan individue toegeken wat hulself in hul post-universiteitswerk as leiers in hul professionele loopbane onderskei. Prof Wingfield het die navorsing vir sy PhD aan die University of Minnesota onderneem en het in 1983 sy graad verwerf.

Sy werk oor die onderwerp van boomgesondheid is in meer as 600

Internasionale Leierskap toekenning vir prof Mike Wingfield

Prof Mike Wingfield

navorsingsverslae en vyf boeke gepubliseer. Hy het as genooide spreker wêreldwyd talle aanbiedings gedoen waarvoor hy groot lof ontvang het.

Prof Wingfield is as ’n studiegenoot van verskeie wetenskapverenigings verkies, Koninklike Vereniging van Suid-Afrika, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap (ASSAf), die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plantpatologie en die American Phytopathological Society. Hy is ook een van slegs enkele erelede van die Mycological Society of America.

Die toonaangewende Afrika-unie (AU) Kwame Nkrumah Wetenskaptoekenning in die Lewens- en Aardwetenskappe-kategorie is in Mei 2013 in Addis Abeba aan prof Wingfield toegeken. Ander toekennings wat hy ontvang het sluit die Johanna Westerdijk-toekenning van die Centraalbureau voor Schimmelcultures (CBS) (Fungus Biodiversiteitsentrum, die Nederlande), en ere-DSc-grade van die University of British Columbia in 2012, en van die North Carolina State University in 2013 in.

Meer inligting oor die redes waarom hy hierdie toekenning ontvang het, kan op die volgende webtuiste gelees word: University of

Minnesota.

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

3 27

Prof Braam Van Wyk

’n Dosent in Wiskundige Statistiek gedurende die dag en ’n hobospeler saans. Hierdie is maar twee van die fasette van Johan Ferreira van die Departement Statistiek by die Universiteit van Pretoria (UP), wat oor vele talente beskik. Hy is as een van die *Mail & Guardian se top 200 jong Suid-Afrikaners vir 2016 benoem.

Johan verduidelik dat daar ’n intrinsieke verband tussen wiskunde en musiek bestaan. Wiskunde (en in die besonder statistiek) berus op tel. Hy sê verder dat die wêreld uit wiskunde bestaan en dat musiek maar ’n deel daarvan is. In ’n orkesuitvoering of ’n solo voordrag, vorm tel die grondslag van jou optrede, of jy nou Beyoncé of Joshua Bell is.

Johan Ferreira vermeng wel die wêrelde van wiskundige statistiek en koordlose kommunikasiestelsels vir sy PhD, maar hy is ook ’n dosent, en per geleentheid, ’n rugbyspeler.

Johan sê dat hy by ’n verskeidenheid aktiwiteite betrokke is, wat wissel van navorsing, onderrig, optredes en sport, tot gemeenskapsbetrokkenheid. Hy is ook ’n lid van die bestuursraad van twee nie-winsgewende organisasies in Pretoria en Johannesburg.

In die afgelope vier jaar het Johan ’n verskeidenheid navorsingspryse van UP, die Suid-Afrikaanse Statistiek-vereniging en die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns verower.

Vanaf 2013 tot 2015 het hy ’n deurslaggewende rol vertolk in die insameling van meer as $50 000 om die vakgebied Statistiek binne die Suid- Afrikaanse wetenskapsgemeenskap op te hef via verskeie inisiatiewe in die Departement Statistiek by die Universiteit.

In April 2016, was Ferreira waarnemende hoof van die Suid-Afrikaanse staatsafvaardiging van die G20 Jeugberaad in Duitsland, waar hy die Suid-Afrikaanse en Afrika-uitdagings in wêreldgesondheid, arbeidsmarkkwessies, nuwe strategieë vir die finansiële sektor, en tegnologiese uitdagings met ander jong leiers en met uiteenlopende agtergronde van reg oor die wêreld, bespreek het.

Benewens bogenoemde ag Ferreira homself bevoorreg om by musiek betrokke te wees as die hoof-hobospeler van die Gautengse Filharmoniese Orkes in Pretoria. Hy tree ook as vryskut-hobospeler vir die KwaZulu-Natalse Filharmoniese Orkes en die Johannesburgse Filharmoniese Orkes op. Hy het ook onlangs Lisensiaat van die Koninklike Skool van Musiek (Royal Schools of Music) in hobo-uitvoering voltooi en is deel van die houtblaserskwintet, Airflair, in Pretoria, waar hulle ’n optredeskedule volg.

Volgens Ferreira beskou baie mense statistiek as syferverslaggewing oor data. Dit behels egter veel meer: algoritmes wat bepaal hoe die banksisteem werk, logistieke beplanning van regeringsdienste, onderliggende modelle van maniere waarmee lede van die publiek met mekaar kommunikeer –statistiek is oral.

Om ’n PhD-student te wees, is volgens Ferreira soos om in ’n ry te staan om ’n treinkaartjie te koop – dit verleen aan jou toegang tot ’n sekere aantal treine wat jou iewers heen kan neem waar jy nog nooit vantevore was nie. Hy haal vir Tiana Cline aan wat gesê het: “Hoofdoelwit: kry hierdie treinkaartjie!”

*Die Mail & Guardian deursoek jaarliks die land vir betekenisvolle en nuuswaardige jong Suid-Afrikaners jonger as 35 wat hulle in hul jaarlikse 200 Jong Suid-Afrikaners publikasie bekend kan stel.

Erkenning: Mail and Guardian

Johan Ferreira as een van SA se Top 200 jong Suid-Afrikaners benoem

Johan Ferreira

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

3 28

Prof Brenda Wingfield, een van die Universiteit van Pretoria se A-gegradeerde wetenskaplikes het onlangs die hoogaangeskrewe Harry Oppenheimer Gedenknavorsingsgenoottoekenning ter waarde van R1, 5 miljoen ontvang wat deur die Oppenheimer-gedenktrust (OGT) toegeken is. Prof Xolela Mangcu, politieke kommentator en toonaangewende akademikus van die Universiteit van Kaapstad soortgelyke toekenning ontvang.

Tydens die aankondiging van die 2016 wenners van die toekenning het mnr Nicky Oppenheimer, voormalige Voorsitter van die De Beers Diamantmaatskappy genoem dat dit ongewoon, maar nie uitsonderlik was om hierdie toonaangewende toekenning aan twee vooraanstaande akademici toe te ken nie. Hy het gesê dat daar vir ’n paar jaar niemand was wat hierdie toekenning ontvang het nie. Hierdie jaar was daar egter twee kandidate wat die Trustees van die OGT só beïndruk het dat hulle besluit het om beide die akademici te beloon.

Die twee toekennings is deur OGT Trustee, mnr Bobby Godsell, voormalige hoofuitvoerendebestuurder van die De Beers Diamantmaatskappy aangekondig en deur mnr Nicky Oppenheimer oorhandig. Die toekenningseremonie wat in die Brenthurst-biblioteek van die Brenthurst-landgoed (tuiste van die Oppenheimer-familie) plaasgevind het, is deur kollegas, familie en vriende van die ontvangers van die toekennings bygewoon. Baie vername gaste, onder andere ‘n voormalige visepresident van Suid-Afrika, Kgalema

Toonaangewende navorsings-toekenning aan prof Brenda Wingfield

Van links: Mnr Bobby Godsell, mnr Nicky Oppenheimer en prof Brenda Wingfield.

Motlanthe, het ook die seremonie bygewoon. Die R1, 5 miljoen sal

gebruik word om in die komende jaar die ontvangers se gekose

navorsingsdoelwitte na te jaag. Prof Wingfield sal haar navorsing

oor die voortplanting van fungus voortsit en sal spesifiek aan haar

studente die geleentheid bied om aan ’n internasionale projek oor

hierdie onderwerp deel te neem.

Prof Wingfield geniet betekenisvolle erkenning op nasionale en

internasionale gebied vir haar werk op die gebied van Plantpatologie.

Sy het talle belangrike toekennings vir haar navorsing ontvang. Van

hierdie toekennings sluit in die Suid-Afrikaanse Departement van

Wetenskap en Tegnologie se Vooraanstaande Vroue in Wetenskap-

toekenning in 2008, die Afrika-unie Streekstoekenning vir Vroue

in Wetenskap in 2009 en die Nasionale-forum van Suid-Afrika se

Toekenning vir Mentorskap en Menslike Vaardigheidsontwikkeling

in 2014. Sy was die eerste vroulike navorser wat die Christiaan

Hendrik Persoon-medalje van die Suider-Afrikaanse Vereniging

vir Plantpatologie (SAVPP) in 2015 ontvang het. In 2015 het prof

Wingfield die SARCHI-leerstoel in Fungus-genomika ontvang. Sy is ook

’n programleier by die Sentrum vir Boomgesondheidsbiotegnologie

(een van die eerste sewe sentra vir uitnemendheid in Suid-Afrika wat

deur die Departement Wetenskap en Tegnologie en die Nasionale

Navorsingstigting geïdentifiseer is). Gedurende die eerste vyf

bestaansjare van die Sentrum het prof Wingfield ’n toonaangewende

rol gespeel.

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

3 29

Prof Martin Steyn, ’n medeprofessor in die Departement Plant- en Grondkunde, het onlangs die Wisseltrofee van die Raad van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Aartappelgewasproduksie ontvang vir die beste aanbieding by die Gekombineerde Kongres van die Grond-, Gewasse-, Tuinboukunde- en Onkruidwetenskappe Verenigings van Suidelike Afrika, wat in Bloemfontein gehou is.

Die titel van hierdie aanbieding was ’Resource use efficiencies of potato production in South Africa’ en die mede-outeurs daarvan was prof Jacquie van der Waals (UP), dr Linus Franke (UVS)en prof Anton Haverkort (Wageningen Universiteit, Nederland).

Prof Steyn se navorsing is gerig op landboukunde en die watervereistes vir veldgewasse en medisinale plante, met spesifieke klem op aartappelgewasse. Hy werk saam met verskeie navorsingsorganisasies, op nasionale en internasionale vlak en in die onlangse verlede het hy formele bande met wetenskaplikes van Wageningen, Nederland gesmee. Sy huidige navorsing fokus op die verbetering van doeltreffende besproeiingswaterbestuur, aartappelproduksie in ’n veranderende klimaat en die ontwikkeling van meer volhoubare gewasproduksiepraktyke.

In Julie 2015 is prof Steyn uitgenooi om as die hoofspreker by die 2015 Wêreld Aartappelkongres in China op te tree, waar hy afgevaardigdes oor die huidige stand en toekomsverwagtinge van aartappelwaterproduktiwiteit toegespreek het.

Hy was voorheen in diens van die Landbounavorsingsraad en was die afgelope 28 jaar betrokke by aartappelnavorsing. Hy het ’n publikasierekord van 41 eweknie-geëvalueerde artikels in wetenskaplike tydskrifte en nog 35 semi-wetenskaplike en algemene artikels. Gedurende die afgelope dekade was hy ook studieleier en mede-studieleier van 40 nagraadse studente wat hul meesters- en PhD-grade suksesvol voltooi het. Hy is tans die studieleier en mede-studieleier vir 13 meesters- en PhD-studente.

Aartappelkundige ontvang toekenning by Nasionale Kongres

Prof Martin Steyn

Presidentstoekenning vir dr Tesfamariam

Dr Eyob H Tesfamariam, ’n senior lektor in die Departement Plant- en Grondkunde het onlangs die Presidentstoekenning van die Vereniging van Grondkunde van Suid-Afrika ontvang in die kategorie Beste mondelinge aanbieding tydens die Gekombineerde Kongres van die Grond-, Gewasse-, Tuinboukunde- en Onkruidwetenskappe Verenigings van Suidelike Afrika, wat in Bloemfontein gehou is.

Die Vereniging evalueer alle aanbiedings wat gedurende die Kongres gemaak word op grond van gehalte en nuutheid en die beste referaat word vir die Presidentstoekenning gekies. Die titel van sy aanbieding was ’Municipal sludge as low grade fertilizer for maize production in South Africa: crop yield, nitrogen and phosphorus balances’.

Dr Tesfamariam is ’n landboustelsels-modelleerder, en sy navorsing is gerig op water-, stikstof- en koolstofsiklusse in landbougrond en die impak van klimaatveranderinge op oes- en weiveldproduksie. Sy huidige navorsing beklemtoon die gebruik van afvalwatermodder en die impak van uiterste weerstoestande op mielieproduksie in Suid-Afrika.

Hy is sedert 2010 by multidissiplinêre navorsingsprojekte betrokke wat deur die Europese Unie se FP7-program, die Departement Wetenskap en Tegnologie se Waternavorsingskommissie (WNK) en die Oos-rand Watersorgmaatskappy (East Rand Water Care Company (ERWAT) befonds word.

Hy werk saam met verskeie navorsingsorganisasies op nasionale en internasionale vlak, insluitende die French National Institute of Agricultural Research (INRA) en die Research Council for Agriculture and the Analysis of Agricultural Economies of Italy (CREA), wat almal betrokke is by klimaatverandering. Sy navorsing het tot die ontwikkeling van ’n gebruikersvriendelike besluitnemingsondersteunings hulpmiddel vir modderaanwending in landbougrond regoor Suid-Afrikaanse agro-ekologiese gebiede gelei. Dit het ook aanleiding gegee tot die assessering van die impak van uiterste weerstoestande as gevolg van veranderende klimaat op mielieproduksie in Suid-Afrika en moontlike aanpassings- en versagtingsmaatreëls.

Dr Tesfamariam was ʼn studieleier en mede-studieleier vir nege nagraadse studente wat hul meesters- en PhD-grade suksesvol verwerf het. Hy is tans die studieleier en mede-studieleier vir 11 meesters- en PhD-studente.

Dr Eyob H Tesfamariam

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

3 210

’n Biotegnologie PhD-kandidaat aan die Universiteit van Pretoria (UP), Pelly Malebe is onlangs gekies as die ‘Volgende Einstein-forum Ambassadeur’ (Next Einstein Forum Ambassador) vir Suid-Afrika en het die Next Einstein Forum en het haar land by die 2016 wêreldwye byeenkoms verteenwoordig.

Die Next Einstein Forum (NEF) is ’n platform wat wetenskaplikes in staat stel om wêreldwye uitdagings op te los deur toonaangewende denkers op die gebied van wetenskap, beleid, die nywerheid en die burgerlike samelewing in Afrika byeen te bring. As ’n inisiatief van die Afrika Instituut vir Wiskundige Wetenskappe (AIWW) en die Robert Bosch Stiftung, mobiliseer die NEF die flinkste verstande om deur middel van Wetenskap, Tegnologie, Ingenieurswese en Wiskunde (WTIW) (Science, Technology, Engineering and Mathematics (STEM)), asook die sosiale wetenskappe, die mees volhardende probleme te ondersoek.

Pelly Malebe is ’n PhD-kandidaat in die Departement Biochemie, met prof Zeno Apostolides as haar studieleier. Sy het ’n BSc in Menslike Genetika en ’n MSc in Biotegnologie by UP verwerf. Tydens haar honneurs- en meestersgraadstudies was sy werksaam as ’n onderwys-assistent. Sy is ’n lid van die Golden Key International Honour Society.

Haar huidige navorsing fokus op die identifisering en ontwikkeling van molekulêre merkers vir droogteverdraagsaamheid en opbrengs van die teeplant. Die moontlike uitkomste van hierdie navorsing is kragtige molekulêre merkers wat gebruik kan word in ’n keuringsproses, met die doel om die opbrengs van tee wat deur die wêreldwye teenywerheid vervaardig word, te verbeter. Haar doelwit is om die verstaan van die genetiese grondslag van droogteverdraagsaamheid in plante te verbeter, omdat hierdie kennis ’n invloed kan hê op voedsel- en werksekerheid deur die kweek van droogteverdraagsame gewas-variëteite.

’n Voorwaardelike patent is geregistreer, gebaseer op die uitslae van die navorsingsresultate van haar MSc-studies. Die finale registrasie van hierdie patent by die Afrika-streeksintellektuele-eiendomsorganisasie (African Regional Intellectual Property Organisation), asook in Indië, Sri Lanka, China en Suid-Afrika, is in die proses.

Penny se navorsing word gedeeltelik deur UP se Institusionele Navorsingstemas in Genomika befonds. Sy het die Nasionale Navorsingstigting se Doktorale Innovasie-toekenning ontvang, asook die Suider-Afrikaanse Biochemie en Informatika vir Natuurlike Produkte Netwerk (SABINA) se Doktorale Navorsingsbeurs, wat deur die Carnegie Corporation of New York befonds. In 2008 het sy ’n Merietetoekenning van die Departement Biochemie by die Universiteit van Pretoria ontvang vir uitmuntende akademiese prestasie. Daarbenewens het sy die NNS se honneurs-, meesters- en doktorale Innovasietoekennings ontvang, asook ’n SABINA -netwerk PhD-navorsingsbeurs.

Omdat sy ’n nuuskierigekind was, het Pelly se belangstelling in wetenskap reeds op ’n baie jong ouderdom begin. Sy het later besef dat sy die antwoorde op sommige van haar vrae in genetika handboeke kon vind.

Die NEF se wêreldwye byeenkoms het vroeër vanjaar in Dakar, Senegal plaasgevind. Die NEF het ’n teikengroep van 54 jong ambassadeurs, een uit elke Afrika-land saamgestel, wat aan die NEF Wêreldwye Byeenkoms 2016 deelgeneem het om Afrika-wetenskap, -tegnologie, - ingenieurswese en -wiskunde wêreldwyd te ondersteun en hulle is deel van die groeiende NEF-gemeenskap. Die Next Einstein Forum wêreldwye byeenkoms is deur wêreldleiers bygewoon en hulle het by die beweging aangesluit. Volg die skakel they joined the movement om meer te wete te kom oor die onderwerp. Macky Sall (President van Senegal), Paul Kagame (President van Rwanda) en Naledi Pandor (Minister van Wetenskap en Tegnologie, Suid-Afrika) was van die wêreldleiers wat die byeenkoms bygewoon het en wat by die beweging aangesluit het ter ondersteuning daarvan.

UP Biotegnoloog is een van die ‘Volgende Einsteins’

Pelly Malebe

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

3 211

Prof Bernard Slippers. ‘n internasionaal gerekende navorser

van die Departement Genetika in die Fakulteit Natuur-

en Landbouwetenskappe en ʼn navorsingsleier in die

Samewerkingsprogram vir Boombewaring en die Sentrum vir

Uitnemendheid in Boomgesondheidbiotegnologie in die Instituut

vir Bosbou- en Landboutegnologie (FABI) het vroeër vanjaar die

Kanselierstoekenning vir Navorsing vir 2014 ontvang. Hy staan ook

tans aan die hoof van die Toekoms Afrikaprojek by UP wat fokus op

die ontwikkeling van uitnemendheid in transdissiplinêreleierskap in

Afrika.

Die word jaarliks aan ’n maksimum van twee personeellede op

professionele vlak, wat buitengewone prestasies behaal het

betreffende navorsingsuitsette en internasionale erkenning van hul

navorsing, toegeken.

Sy navorsing fokus op die ekologie, evolusie en bestuur van insekte

en fungi wat boom gesondheid beïnvloed. Hy gebruik genetiese,

genomiese en chemiese hulpmiddels om globale patrone van

indringerpeste en -patogene van bome te karakteriseer, asook hul

bevolkingsdinamika, kommunikasiestelsels en paringstrategieë. Hy

het belangrike bydraes gemaak tot die begrip van die struktuur van

en diversiteit in plant-geassosieerde fungus- en insekgemeenskappe,

van bevolkingsvlak tot spesies en gemeenskappe. Dit het gelei tot

die ontdekking van talle nuwe patogeen- en pesspesies, waarvan

sommige ʼn wêreldwye bedreiging vir bosbou inhou.

Prof Slippers het bygedra tot die ontwikkeling van biologiese

beheerprogramme vir plantasie peste en ook tot die vestiging van ʼn

Prof Bernard Slippers wen Kanselierstoekenning vir Navorsing

belangrike Navorsingsentrum vir Biobeheer aan die Universiteit. Van

die toekennings wat prof Slippers ontvang het, sluit in dié van die

Suider-Afrikaanse Vereniging vir die Bevordering van Wetenskap, die

Britse Verenigingsmedalje (Silwer) en die JE Vanderplank toekenning

van die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Plantpatologie. Die NNS het

ʼn B1-gradering aan hom toegeken. Hy het meer as 180 artikels in

hoë-profiel vaktydskrifte gepubliseer, insluitende Science, Trends in

Ecology and Evolution en Trends in Plant Science. Hy is die redakteur

van ʼn boek oor Sirexnoctilio, ʼn indringer pes van woude wêreldwyd,

en outeur van verskeie hoofstukke in boeke. Hy dra gereeld populêre

wetenskapsartikels by vir tydskrifte, koerante en die radio. Prof

Slippers was die toesighouer van ʼn hele aantal postdoktorale

navorsers asook 48 PhD- en MSc-studente. Hy is gereeld betrokke

by nasionale en internasionale kongresse – as deelnemer, genooide

spreker en organiseerder. Hy beoordeel artikels vir sleuteljoernale in

sy veld. Hy is ʼn redakteur vir Plant Pathology en ʼn uitgawe redakteur

vir Studies in Mycology.

Hy is ʼn stigterslid van die Global Young Academy (GYA) en die Suid-

Afrikaanse Jong Akademie vir Wetenskap (South African Young

Academy of Science, SAYAS) en het ook die vestiging van ander jong

akademies in Afrika en elders ondersteun. Hy het as medevoorsitter

van GYA gedien en is ʼn Jong Geaffilieerde van Die Wêreldakademie

vir Wetenskappe (The World Academy of Sciences, TWAS), wat aan hom

die AU-TWAS Nasionale Toekenning as Jong Wetenskaplike gemaak

het.

Hy en sy vrou, Jana, is die koshuishoofde van Tuks Village, waar hulle

saam met hul dogters, Yvonne en Mia, woon.

Prof Bernard Slippers

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

3 2123 212

Die akademiese personeel in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe was vanjaar weereens die helderste sterre by die Universiteit se Akademiese Presteerders-toekenningsfunksie.

Die Universiteit van Pretoria (UP) bied elke jaar ’n gala-funksie aan om hulde te bring aan akademici wat in die voorafgaande jaar buitengewone prestasies gelewer het.

Die Visekanselier en Rektor van UP, prof Cheryl de la Rey, het gesê dat die geleentheid een van die hoogtepunte op die Universiteit se kalender is waartydens die uitnemendheid in die kernfunksies van die Universiteit gevier word en hulde gebring word aan die akademiese sterre en NNS-gegradeerde navorsers. Sy het bygevoeg dat, ten spyte van die onstuimigheid wat hoëronderwys in Suid-Afrika onlangs beleef het, toegewyde personeel wat met oorgawe na uitnemendheid in navorsing, onderrig en leer streef, die sleutelsuksesfaktor vir oorlewing en groei is. Sy het almal gelukgewens wie se name in vanjaar se Academic Achievers Publication (Publikasie vir Akademiese Presteerders) verskyn. Prof De la Rey het gesê dat hulle ’n lig op die Universiteit se pad van vordering is om ’n leidende navorsingsintensiewe universiteit in Afrika te word, wat erken word vir sy ontwikkeling van mense, die skep van kennis en die feit dat hy ’n verskil maak, plaaslik en wêreldwyd.

Die Kanselierstoekenning, ter erkenning van uitsonderlike prestasie in navorsing, met die doel om wetenskap te bevorder en die gepaardgaande bevordering van UP se belange, is aan prof Bernard Slippers van die Departement Genetika in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe oorhandig. Hy is ’n navorsingsleier in die Koöperatiewe Program vir Boombeskerming en die Sentrum vir

NLW-akademici skyn weer helder by Akademiese Presteerders-toekennings

Uitnemendheid in Boomgesondheidsbiotegnologie by die Instituut

vir Bosbou- en Landboubiotegnologie (FABI).

Boonop kan die Fakulteit vanjaar ook spog met ses van die agt

UP Uitnemende Akademiese Presteerders, naamlik prof Teresa

Coutinho, prof Johann Kirsten, prof Jean Lubuma, prof Andrew

McKechnie, prof Louis Nel en prof John Taylor.

Twee akademiese personeellede van die Fakulteit, prof Nico de Bruyn

en dr Peter le Roux, is ook erken as Buitengewone Jong Navorsers.

Die Laureaattoekenning vir Uitnemendheid in Onderrig en Innovasie

in die kategorie vir individue is aan prof Patricia Forbes van die

Departement Chemie oorhandig.

Prof Pedro Crous, ook van die Fakulteit Natuur- en

Landbouwetenskappe, was die ontvanger van vanjaar se enigste NNS

A1-navorserstoekenning. Hy is die Direkteur van die Centraalbureau

voor Schimmelcultures (CBS) (Fungale Biodiversiteitsentrum), ’n

instituut van die Koninklike Nederlandse Akademie vir Kunste

en Wetenskappe in Utrecht, die Nederlande, en professor by

die universiteite van Pretoria, asook Utrecht en Wageningen in

die Nederlande. By UP is hy ’n professor in die Departement

Mikrobiologie en Plantpatologie in die Instituut vir Bosbou- en

Landboubiotegnologie (FABI).

Uit hierdie ongelooflike prestasies van die personeellede in die

Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe blyk dit duidelik dat

is die Fakulteit een van die leidende wetenskap-fakulteite op die

vasteland is.

Uitnemende Akademiese Presteerders

Prof Teresa Coutinho Prof Johann Kirsten Prof Jean Lubuma

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

133 2 3 2

Prof Andrew McKechnie Prof Louis Nel Prof John Taylor

Buitengewone Jong Navorsers

Prof Nico de Bruyn Dr Peter le Roux

3 214

Prof Dave Berger van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe het die Spesiale Toekenning in Gewaskunde en Voedselsekerheid tydens die Nasionale Wetenskap- en Tegnologieforum (NWTF)-toekenningsgeleenteheid vir 2015/2016 ontvang.

Die NWTF-toekennings staan bekend as die ‘Wetenskap-Oscars’ van Suid-Afrika, omdat dit die grootste, mees omvattende en mees gesogte nasionale toekennings in hulle soort is. Die Spesiale Toekenning in Gewaskunde, word deur die Departement Wetenskap en Tegnologie geborg en dit word oorhandig ter herdenking van die 2016 Internasionale Jaar van Peulplante, soos verklaar deur die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie (UNESCO).

Prof Berger is ‘n ‘geenspeurder’ wie se navorsing daarop gemik is om gene te kry wat gewasplante teen swamsiektes beskerm. Hy is lid van die Departement Plant- en Grondkunde en lei die navorsingsgroep ‘Molekulêre Plant-Patogeen-Wisselwerkings’ in die Instituut vir Bosbou- en Landboubiotegnologie (FABI) by die Universiteit. Nadat hy in 2000 by UP aangesluit het, het hy die ACGT Mikroreeksfasiliteit gevestig wat steeds ‘n diens aan plaaslike navorsers lewer. Mikroreekse is mikroskoopskyfies waarop gene deur ‘n robot ‘gedruk’ word, sodat geenreguleringstudies van duisende gene in ‘n enkele eksperiment gedoen kan word. Prof Berger se navorsing, deels gesteun deur die Genoomnavorsingsinstituut aan die Universiteit fokus op genoomtegnologieë soos mikroreekse en volgendegeslag-opeenvolgingsbepaling om gewassiektes wat voedselsekerheid bedreig, te bekamp. Sy werk aan planttranskripsionele reaksies met gebruik van mikroreekse het reeds gelei tot die ontwikkeling van vyf

NWTF bekroon prof Dave Berger

bioïnformatika-sagtewarepakkette, wat vir geenontdekking gebruik word.

Prof Berger se huidige geennavorsing is gemik op grysblaarvleksiekte, wat wêreldwyd ‘n bedreiging vir mielies is. Hy koördineer ook ‘n openbaar-privaat vennootskap van plaaslike en internasionale navorsingsvennote oor hierdie onderwerp. Die konsortium het mielieweerstandsmeganismes geïdentifiseer en het verbeterde mielies vir sowel kommersiële as kleinskaalse boere ontwikkel. Benewens die navorsing oor mielies evalueer die span ook die impak en diversiteit van die swampatogeen plaaslik, en die projek het onlangs na ander Afrikalande suid van die Sahara uitgebrei. Hy was onlangs ook aan die hoof van die ontwikkeling van die eerste tamatiediversiteitreeks vir genetiese kartering by wilde tamatiespesies, as deel van ‘n projek van die Europese Unie.

Prof Berger is ‘n NNS-gegradeerde navorser (kategorie C1) en het al meer as 50 wetenskaplike referate gepubliseer, asook verskeie patente, hoofstukke in boeke en bioïnformatika-sagtewarepakkette. Hy was al studieleier of mede-studieleier van meer as 50 PhD- en MSc-studente. Sy talle bekronings gedurende sy loopbaan sluit in die aanwysing as ‘n Norman E Borlaug-navorsingsgenoot in Interna-sionale Landbouwetenskap en Tegnologie van die VSA se Departe-ment Landbou in 2013. In 2011 ontvang hy ‘n Raamwerkprogramprys van die Europese Unie in die kategorie Vaardigheidsontwikkeling, deur die Departement Wetenskap en Tegnologie, en die Biotech Funditoekenning (Vaardigheidsontwikkeling) deur Gautengse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling in 2013.

Prof Dave Berger

3 214

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

3 215

Me Rabia Mathakutha, ’n meestersgraadstudent in die Departement Plant- en Grondkunde het onlangs twee toonaangewende toekennings tydens die Gesamentlike Jaarlikse Konferensie van die Suid-Afrikaanse Botaniese Vereniging (SABV) en die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Sistematiese Biologie (SAVSB) ontvang. Sy het die toekenning vir die Beste mondelinge aanbieding deur ’n MSc-student en die Beste referaat deur ’n jong wetenskaplike ontvang.

Hierdie Gesamentlike Jaarlikse Konferensie is deur die Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein, aangebied, met die tema Biodiversity: past, present and future.

Rabia is ’n meestergraadstudent in plantkunde en doen haar navorsing op die sub-Antarktiese Marion-eiland, onder leiding van dr Michelle Greve en dr Peter le Roux. Haar navorsing konsentreer op die verstaan van wat tot die sukses van indringerplantspesies op op sub-Antarktiese eilande bydra. Die Antarktiese eilande is afgesonderde areas met koue, nat en winderige klimaatstoestande. Ten spyte van hierde strawwe klimaatstoestande kom daar steeds indringing deur uitheemse spesies voor.

Volgens Rabia gebruik sy ’n kenmerk-gebaseerde benadering om haar navorsingsvrae te formuleer. Dit behels die vergelyking tussen die funksionele kenmerke van inheemse nie-indringer, uitheemse spesies (uitheemse plante met ’n beperkte verspreiding) en indringer uitheemse spesies (indringerplante wat wydverspreid voorkom), om te bepaal of hul kenmerke van mekaar verskil. Indien verskille voorkom, kan dit gebruik word om te bepaal watter plante indringers is of waarskynlik in die toekoms indringers kan word, gebaseer op hul kenmerke. Dit sal belangrike implikasies hê vir die bestuur van gevestigde uitheemse plante op die eilande en vir die vermindering van toekomstige indringing. Navorsing word gedurende die tydperk April-Mei op Marion-eiland gedoen.

Haar laaste veldwerk op die Eiland en die daaropvolgende data-ontleding het vir Rabia in staat gestel om aan te toon dat indringer uitheemse spesies wat betref sekere sleutelkenmerke, van inheemse en nie-indringer uitheemse spesies verskil. Rabia sal weer vanjaar Marion-eiland besoek om haar veldwerk daar voort te sit deur die meting van meer kenmerke om ’n beter begrip te verkry van die onderliggende meganismes vir die indringing van sub-Antarktiese eilande deur uitheemse plantspesies.

Twee toonaangewende pryse vir Plantkunde-student

Rabia Mathakutha

Dr Ikenna Mbakwe, ’n postdoktorale navorsingsgenoot in Grondkunde in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe het onlangs ’n toekenning van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Grondkunde ontvang vir die beste referaat in Grondkunde, op die gebied van Opkomende Landbou.

Die titel van sy aanbieding, waarvan die mede-outeurs prof Richard Stirzaker en prof John Annandale is, is “Improving irrigation water and solute management, using simple tools and adaptive learning”. In sub-Sahara Afrika, was die opbrengste van oeste op kleinboer besproeiingsplase opvallend laag, deels as gevolg van lae vaardigheidsvlakke op die gebied van water- en voedingsbestuur. Tegnologieë wat rigting gee aan besproeiingsbestuur is nie baie goed aanvaar nie, omdat boere oor die algemeen ervaringskennis bo die gebruik van objektiewe hulpmiddels verkies, waarvan baie moeilik is om te verstaan. Die oplossing vir die verbetering van grondwaterbestuur in sub-Sahara Afrika, as voorloper tot die toename in landbouproduktiwiteit is dus geleë in eenvoudige hulpmiddels wat op boere se bestaande kennis gebaseer is, wat plaaslike eksperimentering en kreatiwiteit stimuleer en wat help met patroonherkenning en intuïtiewe besluitneming. Die outeurs het bevindings aangebied oor hoe ) die gebruik van hierdie eenvoudige hulpmiddels (die FullStop benattingsgrensopspoorder en die Chameleon grondwatersensor in ’n atmosfeer van aanpassingsleer, besproeiingslandbou op kleinboerplase in Suidelike Afrika verbeter het.

Dr Mbakwe is ’n Nigeriër en het sy MSc in Grondkunde aan die Universiteit van Stellenbosch en sy PhD in Grondkunde aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Hy is tans besig met postdoktorale navorsing in Grondkunde vir ’n projek wat deur die Australiese Sentrum vir Internasionale Landbounavorsing geborg word. Die titel van sy navorsing is “Increasing irrigation water productivity in Mozambique, Tanzania and Zimbabwe through on-farm monitoring, adaptive management and agricultural innovation platforms”.

Dr Mbakwe ontvang toekenning vir beste referaat in Grondkunde

Dr Ikenna Mbakwe

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

3 2163 216

“Wees kreatief en skep jou eie toekoms te skep op maniere wat nog nooit voorheen ondersoek is nie. Elke student moet ’n leier wees en ’n eie posbeskrywing skep soos dié van die ’Education Evangelist’ by Google. Die tydsberekening om innoverend te wees, is perfek – in die verlede sou jy gekruisig word indien jy met ’n onkonvensionele idee of standpunt vorendag sou kom, maar mense is vandag uitgehonger vir vernuwing – die soektog is aan die gang vir ‘ontwrigtende tegnologieë’ wat verandering teweeg bring in die manier waarop dinge gedoen word.”

Dít was enkele van die inspirerende gedagtes wat prof Patricia Forbes tydens die Jaarlikse Toppresteerderfunksie vir studente van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe (NLW) in Mei gedeel het.

Prof Forbes, ’n medeprofessor in die Departement Chemie, was die gasspreker by hierdie glansryke geleentheid. Sy het ’n opvoedkundige spektrofotometer (die SpecUP) ontwikkel. Dit kom in die vorm van ’n pakket wat studente kan kan saamstel en kan gebruik om analities nuttige resultate te lewer. In 2014 het sy die Chemiese Onderrigtoekenning van die Suid-Afrikaanse Chemiese Instituut (SACI) vir hierdie projek ontvang, wat by talle instansies regoor Afrika bekendgestel is. In 2015 is die toonaangewende internasionale Wharton QS Reimagine Education Award for Presence Learning aan die projek toegeken. In 2016 is sy bekroon met die Universiteit van Pretoria se Laureaat-toekenning vir Uitnemendheid en Innovasie in Onderrig.

Sy het haar boodskap afgesluit deur die voorgraadse studente wat by die geleentheid teenwoordig was, aan te moedig om die talle opwindende geleenthede wat daar beskikbaar is vir nagraadse studies te ondersoek en die uitdaging te aanvaar. Volgens haar is

Nou is die tyd vir vernuwing

die wêreld jou oester en die moontlikhede wat jou toekoms inhou,

is wyd.

Liezl Ferreira het haar uitstekende prestasies van die vorige jare

voortgesit. Vanjaar is sy vereer met die Visekanselier en Rektor se

medalje vir haar uitmuntende voorgraadse akademiese prestasie

as die beste student in die Fakulteit, met ’n gemiddeld van meer

as meer as 92,18 % gedurende haar drie jaar voorgraadse studies.

Sy het ook die Discovery Holdings-prys en die Outsurance-prys

verower. Verlede jaar was sy die nommer een-student op die Dekaan

se Merietelys, met ’n gemiddeld van 93% en het ook die meeste van

die toekennings (vier) by die geleentheid opgeraap.

Tristan Venter het hierdie jaar die meeste toekennings gewen, wat

almal deur FNB geskenk is. Hierdie drie toekennings was vir die

beste student in Finansiële Wiskunde, die beste tweedejaarstudent

in die BSc (Aktuariële Wetenskap)-graadprogram en die beste

tweedejaarstudent in Aktuariële Wiskunde.

Die Dekaan se Merietelys vir 2015 is aangekondig (die lys sluit

studente in met ’n gemiddeld van meer as 75%) en die Top 30

voorgraadse studente op hierdie lys (met ’n gemiddeld van 85% of

meer) het ook tydens hierdie geleentheid erkenning ontvang. Duncan

Dean was die nommer een-student op hierdie lys, met ’n gemiddeld

van 93% en het ook die toekenning as die beste tweedejaarstudent

in Fisika ontvang.

Die Dekaan het ook spesiale melding gemaak van al die kandidate

wat tydens die onlangse herfsgradeplegtigheidseremonie hul

doktorsgraad ontvang het en ook aangekondig dat hulle name in die

Dekaan se Merietelys ingesluit sal word.

Liezl Ferreira en mnr Piet Maree (Discovery Holdings) Prof Jean Lubuma (Dekaan: Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe) en Tristan Venter.

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

3 217

’n Innoverende benadering tot die ontwikkeling van ’n

spektrofotometer het studente duisende rande bespaar en het ook

daartoe gelei dat prof Patricia Forbes met nog ’n gesogte toekenning

vir haar werk bekroon is.

Prof Patricia Forbes, ʼn medeprofessor in Analitiese Chemie, is

vanjaar die individuele wenner van die Laureaattoekenning vir

Uitnemendheid in Onderrig en Innovasie. Die Laureaattoekennings

word gemaak aan genomineerde projekte wat bewys lewer van

onderrigpraktyke met duidelike doelwitte en goeie belyning tussen

die verskillende elemente in die breër konteks, wat spesifieke

behoeftes of gapings aanspreek en innovasie ten doel het om

onderrig en leer te optimaliseer.

Sy het ʼn passie vir die onderrig van die volgende generasie chemici

en glo daarin om studente aan te moedig om deur aktiewe en

ondersoekende leer ʼn begrip van sleutelkonsepte te ontwikkel.

Volgens prof Forbes word hedendaagse kommersiële

wetenskapsinstrumente vir die ontleding van monsters gemaak

om kragtig te wees en herhaalbare en akkurate analitiese resultate

te lewer. Daar is beperkte interaksie met die komponente van

die instrument, wat studente se onderrig benadeel, aangesien

geleenthede vir praktiese leer beperk is. ʼn Student se begrip van

wat in die instrument se ‘swart boks’ aangaan kan beperk of selfs

verkeerd wees. Dit is veral die geval met spektrofotometrie, wat

lig gebruik vir die ontleding van ʼn monster. Spektrofotometrie is ʼn

belangrike komponent van talle tersiêre wetenskapskursusse en

word in baie nywerhede gebruik, byvoorbeeld om farmaseutiese

middels en kosprodukte te ontleed.

UP Laureaattoekenning vir prof Patricia Forbes

Prof Forbes het ʼn spektrofotometer (genaamd die SpecUP) spesifiek

vir gebruik tydens onderrig ontwikkel. Die SpecUP bestaan uit ʼn

stel komponente wat studente aanmekaar kan sit en kan gebruik

om analities bruikbare resultate te genereer. Die SpecUP kos sowat

R600 per eenheid, terwyl ʼn intreevlak kommersiële instrument

omtrent R30 000 kos, wat beteken dat meer SpecUP-instrumente

aangekoop kan word. Die SpecUP het ʼn unieke, ‘oop’ ontwerp met

sigbare, beweeglike komponente wat praktiese en ondersoekende

leer moontlik maak en aanmoedig.

Die SpecUP word sedert 2014 in die Analitiese Chemie III-module by

die Universiteit van Pretoria gebruik. Die projek het fondse van die

Afrika-lasersentrum (wat fotonika in Afrika bevorder), die Koninklike

Chemiese Vereniging en die Departement van Wetenskap en

Tegnologie ontvang. Die SpecUP word nasionaal by talle instansies,

insluitende die universiteite van die Witwatersrand, Stellenbosch,

die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit, Walter Sisulu

Universiteit, Rhodes Universiteit en Tshwane Universiteit van

Tegnologie gebruik, asook in Afrika (Tunisië, Namibië, Lesotho,

Botswana, Kenia, Swaziland, Zimbabwe, Zambië, die Ivoorkus,

Egipte) en in Turkye en Italië. Die SpecUP het tot dusver aanleiding

gegee tot ʼn joernaalartikel, vyf SpecUP-werkswinkels en vyf genooide

konferensieaanbiedings.

Prof Forbes het ook in 2014 die Chemie-onderrigtoekenning

van die Suid-Afrikaanse Chemie-instituut ontvang en in 2015 die

gesaghebbende internasionale Wharton QS Reimagine Education

Award for Presence Learning vir die SpecUP-projek.

Prof Patricia Forbes

3 217

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

3 218

Tydens die jaarlikse Bosberaad van die Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde het prof Ansie Harding, Voorsitter van die Toekenningspaneel, die wenners van die gesogte Uitnemendheid in Onderrig-toekenning en die Toekenning vir Toegevoegde Waarde tot Onderrig vir 2015 aangekondig.

Erkenning vir uitnemendheid in onderrig

Dr Quay van der Hoff en prof Norman Duncan (Viserektor: Akademies).Me Rita Möller ontvang die toekenning vir Toegevoegde Waarde tot Onderrig van prof Norman Duncan (Viserektor: Akademies).

’n Span nagraadse Geo-Informatikawetenskap-studente van die Sentrum vir Geo-Informatikawetenskap (CGIS) het onlangs die klimaatverandering-kategorie by die Durbanse AgriHack Talent-uitdaging gewen.

Die span het uit Victoria Rautenbach (UP), Sean Cullen (UP), Nadia Oosthuizen (Eenheid vir Natuurlike Hulpbronne en die Omgewing, WNNR) en Danie Jooste (UP) bestaan en hulle het die Temo le Boso selfoon- en web-toepassing (’n oorsig-video) ontwikkel.

Die platform (webtuiste en toepassing) se mikpunt is om as ’n besluitnemingshulpmiddel vir boere te dien wanneer hulle moet besluit watter tipe gewas hulle moontlik in hulle area kan plant onder toekomstige klimaatstoestande. Vir die prototipe het hulle toeganklike data uit verskeie bronne gebruik, vernaamlik data van CGIS-Navorsingsprogram oor Klimaatsverandering, Landbou en Voedselsekerheid (SKLVS) (Research Program on Climate Change, Agriculture and Food Security (CCAFS)), ’n vennoot van die aktiwiteit. Hulle het hul trofee van ’n raadslid van die Suider Afrikaanse Konfederasie van Landbou-unies (SAKLU) (Southern African Confederation of Agricultural Unions (SACAU)), nog ’n vennoot van die aktiwiteit, ontvang. Die prys vir die kategorie is 4 000 euro en die geleentheid om die toepassing in sy totaliteit te ontwikkel.

Die Durbanse AgriHack Talent-uitdaging het in samewerking met die Wêreldwye Forum vir Innovasie in Landbou, Arika-tak (WFIL Afrika) (Global Forum for Innovation in Agriculture, African Edition (GFIA Africa)) plaasgevind en het aan die einde van 2015 in Durban in aanvang geneem.

’n Video van die produk wat hulle ontwikkel het, is beskikbaar by https://www.youtube.com/watch?v=8eSBK0c0PgI

Die artikel is aangepas uit http://durban-agrihack.ict4ag.org/index.php/2015/12/03/meet-the-winners-of-the-durban-agrihack-talent-challenge/

CGIS wen prys by Durbanse AgriHack Talent-uitdaging

3 218

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

3 219

Thokozani Sikhosana is vas oortuig dat wetenskap ’n hulpmiddel van onskatbare waarde is waardeur ons ons gemeenskappe kan verbeter. Sy is ’n MSc Biochemie-student aan die Universiteit van Pretoria (UP) en is onlangs gekies as die Suider-Afrikaanse studente-ambassadeur van die Suider-Afrikaanse Netwerk vir Biowetenskappe (SANBio). Haar rol as die SANBio studente-ambassadeur sluit die verspreiding van die SANBio-missie en die bevordering van Biowetenskappe in Suider-Afrika in.

Thokozani, wat ’n student in die Departement Genetika in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe is, is ’n ware ambassadeur wat SANBio se visie ondersteun om ’n wêreldwyd-erkende biowetenskappe-netwerk te wees vir die verbetering van die bestaanswyse van mense in Suider-Afrika. Hierdie visie word nagestreef deur die fasilitering van innovering en die ondersteuning van die ontwikkeling van ’n wetenskaplike kennis-gebaseerde ekonomie in Suider-Afrika. SANBio doen dit deur die ondersteuning van ’n navorsingsnetwerk wat mensekapitaal, infrastruktuurontwikkeling en die kommersialisering van innovering op die gebied van gesondheid en voeding ontwikkel het.

Sy glo dat daar talle geleenthede in Afrika is vanweë die vele uitdagings waarmee hulle te kampe het, insluitende wanvoeding en die verspreiding van armoedeverwante siektes. Thokozani verduidelik dat sy vas glo dat die meeste van hierdie probleme wat in Afrika ondervind word, deur wetenskap opgelos kan word. Nog ’n kritiese faktor vir ontwikkeling is die rol wat vroue in wetenskap vervul. Volgens haar het vroue bewys dat hulle meer as bekwaam is. Hiervan is prof Evelyn M Witkin ’n sprekende bewys is. Prof Witkin het die Nasionale Medalje vir Wetenskap ontvang vir haar navorsing oor DNA-mutagenetika.

Thokozani sê dat sy die opwinding geniet wat die wag vir die uitslae van ’n eksperiment meebring. Dit is vir haar baie opwindend om in die laboratorium besig te wees, selfs al kry sy nie die verlangde resultate nie. Sy meen dat dit slegs beteken dat nuwe maniere om die probleem op te los, ondersoek moet word, wat tot gevolg het dat meer kennis verwerf word. Thokozani sal enigeen wat belangstel om ’n wetenskaplike loopbaan te volg, aanmoedig om dit voluit te doen en om nooit moed op te gee nie. ’n Mens se agtergrond is nooit bepalend vir waarheen jy in die lewe op pad is nie – slegs vasberadenheid sal ’n mens se eindbestemming bepaal. As ’n passievolle jong vrou in wetenskap voel sy dat dit belangrik is vir vroue om hul natuurlike hulpbronne te ontgin, om te leer en te ontwikkel onder die leiding van hulle wat reeds die hoogtepunt in hul vakgebied bereik het en om daardie vaardighede dan te gebruik om ’n bydrae te lewer tot mense- en dieregesondheid.

Thokozani het haar loopbaan as ’n doelgerigte jong wetenskaplike begin toe sy in 2014 vir die BSc (Hons)(Biochemie)-program, onder leiding van prof Christine Maritz-Olivier, die hoof van die Bosluis- en Bosluisdraersiektegroep in die Departement Genetika ingeskryf het. In 2015 het sy vir ’n MSc (Biochemie) in dieselfde groep geregistreer en haar op die produksie van antigene wat moontlik as entstof teen bosluise op ekonomies belangrike lewende hawe gebruik kan word, toegespits. Dit is werklik omvattend omdat dit al die stappe wat onderliggend is aan die produksie van antigene, die formulering van entstowwe en diere-inentingsproewe, omvat. Thokozani verduidelik dat, wat haar navorsing betref, die doelwit van al bogenoemde is om dieregesondheid en voedselsekerheid deur middel van

’n Ware Biowetenskap-ambassadeur vir UP en Suider-Afrika

biotegnologie te verbeter. Sy sê dat sy tot op hede een antigeen in ’n eukariotiese uitdrukkingstelsel en drie in ’n prokariotiese stelsel suksesvol geproduseer en gesuiwer het. Een van hierdie antigene is in kleinskaalse beeste-entstofproewe getoets. Dit het ’n betekenisvolle fenotipe vertoon met betrekking tot die aantal vroulike bosluise wat hulleself tot barstens toe kon eet, asook ’n hoogs betekenisvolle effek het op hul vermoë om eiers te lê en op die vrugbaarheid van hulle nageslag. ’n Entstof teen bosluise, en meer spesifiek, Rhipicephalus micro plus, sal ’n positiewe invloed op die gemeenskap hê omdat dit sal verseker dat verafgeleë en opkomende boere toegang sal hê tot geteikende bosluisbeheer, spesifiek in gebiede waar mytweerstand ’n werklikheid is. Rhipicephalus micro plus is die ekonomies mees belangrike bosluisspesie vanweë sy vermoë om potensieel dodelike patogene soos Babesia bovis (Asiatiese rooiwater) oor te dra, sy vermoë om by verskillende geografiese gebiede aan te pas en sy snelle verkryging van myte.

Thokozani sê dat die verliese wat deur hierdie bosluisspesies veroorsaak word die ontwikkeling van kleinskaalse plattelandse boere ernstig verhinder, met negatiewe gevolge vir kommersiële boere. Sy sê dat verliese wat in die landelike en kommersiële nywerhede voorkom op hul beurt druk uitoefen op die werksekerheid van die 2.2 miljoen werknemers in diens van hierdie sektore. In ontwikke-lende gebiede waar wanvoeding algemeen voorkom, dra bosluise by tot die laste wat hulpbron-arm gemeenskappe daagliks in die gesig staar.

Thokozani Sikhosana

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

3 220

Geoinformatikastudent ontvang Esri-toekenning vir Jong Kundiges

Willeke de Bruin, ’n PhD-student in Plantpatologie, het onlangs die Wirsam Wetenskapprys vir die beste referaat wat deur ’n student-outeur aangebied is tydens die Konferensie van die Mikroskopievereniging van Suidelike Afrika (MVSA) by die St George Hotel, ontvang. Die titel van haar referaat is Ultrastructural effects of Nonylphenol on Cos lettuce (Lactuca sativa L.).

Haar studieleier is prof Lise Korsten (Plantpatologie) en haar mede-studieleier is dr Quenton Kritzinger (Plantkunde) en prof Riana Bornman (Fakulteit Gesondheidswetenskappe). Die titel van Willeke se PhD is Effect of Nonylphenol, an industrial endocrine disruptor chemical, on the germination and development of cos lettuce (Lactuca sativa).

Volgens Willeke is Nonylphenol ’n ontbindingsproduk van Nonylphenol ethoxylate, een van die surfaktante wat op die mees omvangryke skaal wêreldwyd gebruik word. Nonylphenol is gereeld in Suid-Afrikaanse besproeiingswater bespeur, wat na bewering van minderwaardige gehalte is as gevolg van ontoereikende sanitasie en afvalverwyderingspraktyke, rioolstortings, waterafvoer en die aktiwiteite van menslike nedersettings. Haar navorsing het uitgewys dat Nonylphenol ’n nadelige uitwerking op die ontkieming en ontwikkeling van kropslaai het.

Plantpatologie-student wen Wirsam Wetenskapprys

Willeke de Bruin

Kathryn Arnold, ’n BScHons (Geoinformatika)-student in die Departement Geografie, Geoinformatika en Meteorologie, het die Esri-toekenning vir Jong Kundiges ontvang vir haar derdejaarprojek getiteld ‘A GIS-based response time and risk analysis of municipal firefighting services in the Alaska informal settlement’.

Dié toekenning het haar in staat gestel om in Junie vanjaar die Esri-gebruikerskonferensie in San Diego by te woon. Die konferensie is deur 16 000 gebruikers, bestuurders en ontwikkelaars van geografiese inligtingstelsels (GIS) bygewoon en het meer as 300 gemodereerde sessies, asook tegniese opleiding, ingesluit.

Die praktiese komponent van me Arnold se projek, getiteld ‘The Alaska Fire Management Project’, is tussen Julie en November 2015 onderneem. Dit fokus op brande in die informele nedersetting Alaska (in Mamelodi-Oos, Pretoria). Sy het vir haar projek van die ArcGIS-sagteware en die ArcGIS Web AppBuilder gebruik gemaak om reaksietye te meet en die risiko te ontleed wat met die munisipale brandbestrydingsdienste verband hou. Die projek het gelei tot die ontwikkeling van ’n webtoepassing, 3D-modelle en hardekopiekaarte wat die gebiede in die Alaska informele nedersetting aandui waar daar ’n hoë risiko vir brande bestaan. Kathryn Arnold

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

3 221

Prof Rashid Hassan, Direkteur van die Sentrum vir Omgewingsekonomie en -beleid in Afrika (CEEPA) in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe is as lid van die Verenigde Nasies (VN) se Komitee vir Ontwikkelingsbeleid (KOB) (United Nations (UN) Committee for Development Policy (CDP)) aangestel.

In ooreenstemming met die Raad se besluite nomineer die sekretaris-generaal 24 kundiges, in hul persoonlike hoedanigheid, as lede van die Komitee vir ’n tydperk van drie jaar. Wanneer persone vir nominasies vir die komitee oorweeg word, neem die sekretaris-generaal die behoefte aan ’n verskeidenheid ontwikkelingservaring in ag. Dit sluit ekoloë, ekonome en sosiale wetenskaplikes, asook geografiese balans, geslagsbalans en ’n balans tussen kontinuïteit en verandering in lidmaatskap van die komitee in.

Prof Hassan is vanaf 1997 die Direkteur van die Sentrum vir Omgewingsekonomie en -beleid in Afrika (Centre for Environmental Economics and Policy in Africa (CEEPA)) in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe. Hy is ’n Senior Navorsingsgenoot by die Universiteit van Bonn se Sentrum vir Ontwikkelingsnavorsing (University of Bonn Centre for Development Research) (ZEF) , vanaf 2012 tot 2016 en was ook ’n lid van vele nasionale en internasionale adviesrade en -komitees, insluitend die Wetenskapsadviesraad (WAR) van die Stockholm Omgewingsinstituut (2014) (Science Advisory Council (SAC) of the Stockholm Environment Institute) die Raad van die Internasionale Vereniging vir Ekologiese Ekonomie (International Society for Ecological Economics), die Konsortium van Internasionale Landbounavorsingsentra (KILNS) (Consortium of International Agricultural Research Centres (CGIAR)), Wetenskapsraad – Onafhanklike Wetenskap- en Vennootskapsraad (OWVR) (Science Council – Independent Science and Partnership Council (ISPC)), die CGIAR Klimaatsveranderingsuitdagingsprogram (KVUP) (Climate Change Challenge Program (CCCP)), die Akademiese Adviespaneel vir die Wêreldontwikkelingsverslag oor Klimaatsverandering (Academic Advisory Panel for The World Development Report on Climate Change), die Stock-holm Veerkragtigheidsentrumraad (Stockholm Resilience Centre Board), die Wêreldwye Omgewingsfasiliteit (WOF) se Tegniese Adviespaneel- STAP IV (Global Environment Facility (GEF) Science and Technical Advisory Panel-STAP IV), die Wetenskappaneel van die Millenium Ekostelsel-assessering (Science Panel of the Millennium Ecosystem Assessment) en die Wetenskaplike Nywerheids- en Navorsingsraad (WNNR) van Suid-Afrika.

Prof Hassan is sedert 2005 ’n lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en ’n Verkose Navorsingsgenoot van die Akademie vir Wetenskappe vir die Ontwikkelende Wêreld (Academy of Sciences for the Developing World-TWAS,) asook ’n Senior Navorsingsgenoot van die Afrika-vereniging van Landbou-ekonome (AVLE) (Africa Association of Agricultural Economists (AAAE)). Hy dien op die redaksionele rade van baie internasionale vaktydskrifte en was die stigtershoofredakteur van die African Journal of Agricultural and Resource Economics (2006-2010). Prof Hassan is die outeur van meer as 160 eweknie-geëvalueerde publikasies, insluitend 12 boeke. In 2011 en 2015 was hy die ontvanger van die Universiteit van Pretoria se Kanseliersmedalje (Navorsing).

Prof Rashid Hassan as lid van VN Komitee vir Ontwikkelingsbeleid aangestel

Prof Rashid Hassan

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

3 222

Verbruikerswetenskap bevestig mededingende voordeelTydens die onlangse 12de Internasionale Konferensie van die SA Vereniging vir Gesinsekologie en Verbruikerstudies (12th International Conference of the SA Association of Family Ecology and Consumer Sciences) het die Departement Verbruikerswetenskap al die toekennings vir die beste publikasies verower vir die navorsingsresultate wat gedurende die vorige drie jaar in die verwante tydskrif (Journal of Family Ecology and Consumer Sciences) gepubliseer is.

Wat veral merkwaardig is dat hierdie vererings die uitmuntende reputasie van die Departement se kollegas bevestig wat hierdie toonaangewende toekenning reeds sedert publikasie in Volume 36 verower het. Toekennings word slegs tydens die tweejaarlikse konferensies oorhandig. Hoewel die inhoud van hierdie geakkrediteerde artikel nie tot plaaslike navorsing beperk is nie, bied dit ’n uitstekende platform waarin navorsingsresultate gepubliseer kan word wat spesifiek relevant is in ’n Suid-Afrikaanse konteks.

Die publikasies was:

• Sonnenberg, NC & Erasmus, AC. 2013. The development of a theoretical model to investigate factors associated with environmentally significant choice behaviour in the South African major household appliance market: an integrative conceptual approach. Journal of Family Ecology and Consumer Sciences, 41:71-84. ISSN 0378-5254. http://www.ajol.info/index.php/jfecs/article

Hierdie artikel spruit voort uit die PhD-tesis van dr Sonnenberg onder die leiding van prof Erasmus

• Van der Spuy, EH, De Klerk, HM, Vogel, DM & Wenhold, FAM.

Mnr Amu Muthambi en prof EJ Boshoff (Redakteur van die JFECS)

2014. The meaning of food for obese men. Journal of Family Ecology and Consumer Sciences, 42:59-69. ISSN 0378-5254. http://www.ajol.info/index.php/jfecs/article/view/110245/99986

Hierdie artikel is gebaseer op die PhD-tesis van dr Van der Spuy, onder die leiding van die mede-outeurs.

• Muthambi, A, De Klerk, HM & Mastamet-Mason, A. 2015. Sizing for ethnicity in multi-cultural societies: development of size specifications for young South African women of African descent. Journal of Family Ecology and Consumer Sciences, 43:62-72. ISSN 0378-5254. http://www.ajol.info/index.php/jfecs/article/view/126227/115751

Hierdie artikel is gebaseer op die navorsing vir mnr Muthambi se meestersgraad onder die leiding van die mede-outeurs.

Mathew Banda, ’n MSc-student in Tuinboukunde in die Departement Plant- en Grondkunde het onlangs twee pryse van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Tuinboukunde ontvang. Hy was ’n mede-ontvanger van hierdie twee pryse saam met ’n student van Stellenbosch.

Hy het die eerste prys gewen vir die beste mondelinge aanbieding deur ’n meestersgraadstudent in Tuinboukunde. Die tweede prys was ’n reistoekenning ter waarde van R10 000 vir die algehele beste studente-aanbieding in Tuinboukunde tydens die Gesamentlike Kongres van die Verenigings vir Grond, Gesaaides, Tuinbou en Onkruid van Suid-Afrika. Die reistoekenning mag aangewend word om enige internasionale Tuinboukundekongres by te woon. Die titel van Mathew se aanbieding by die konferensie was ’Validating sap flux density measurement methods in Citrus sinensis’’, en die mede-outeurs was mnr Teunis Vahrmeijer en dr Nicolette Taylor.

Mathew se navorsing konsentreer op die gebruik van sitruswater. Die toename in sitrusproduksie in Suid-Afrika oor die jare heen het baie druk op waterbronne tot gevolg gehad. Die toename in die aanvraag na besproeiingswater het aanleiding gegee tot navorsing om te bepaal wat die spesifieke waterbehoeftes van sitrus is, wat boere in staat stel om besproeiing akkuraat volgens daaglikse plantwatergebruik te skeduleer. Dit help met waterbesparing en die verligting van probleme rakende die uitspoel van voedingstowwe wat eutrofikasie (’n vorm van waterbesoedeling) tot gevolg het, wat sitrusproduksie volhoubaar maak.

Tuinboukundestudent raap toekennings op

Mathew Banda

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

3 223

Sameera Mohamed, ’n PhD-student aan die Universiteit van

Pretoria (UP), is onlangs deur die Geologiese Vereniging

van Suid-Afrika (GVSA) vereer met die Corstorphine-

medalje. Hierdie medalje word jaarliks toegeken vir ’n

MSc-verhandeling van uitmuntende verdienstelikheid, wat

ook aan die standaarde van internasionale bestepraktyke

voldoen.

Sameera het in 2013 ’n honneursgraad in Geologie aan UP

verwerf en het daarna met ’n MSc in Geologie begin, wat sy

vroeër vanjaar met lof verwerf het.

Sy is tans besig met ‘n PhD in die Departement Chemie. Haar

navorsing fokus op die ontwikkeling van koste-effektiewe

oppervlak-gemanipuleerde nano-adsorbeerders vir omge-

wings-tegnologiese toepassings deur die gebruikmaking

van Platinumgroepmetaal (PGM) mynuitskotte. Die

navorsingsprojek word gesamentlik deur die Nasionale

Navorsingstigting (NNS) en die Raad vir Geowetenskap (RGW),

onder die Professionele Ontwikkelingsprogram befonds.

Sameera het ’n tweejaar-lange internskap in die

Industriële Mineralogie-afdeling by die RGW beklee. Die

navorsingsbelangstellings van die groep het rondom die

ontwikkeling van industriële chemiese prosesse vir die

stabilisasie van industriële minerale afval (bv mynuitskotte en

steenkool vliegas. In haar matriekjaar het sy ’n dux-toekenning

ontvang en in 2011 het sy ’n lid geword van die Golden Key

International Honour Society. Sy was ook die ontvanger van

die tweede prys vir haar mondelinge aanbieding tydens die

20ste Suid-Afrikaanse Konferensie vir Steenkoolwetenskap

en -tegnologie in 2015. In 2016 het sy ’n Merietesertifikaat

vir Akademie namens die Studentegemeenskap van die

Universiteit van Pretoria ontvang.

Die beredenering van haar MSc is gebaseer op minerale

veredeling van Platinum Groep Elemente (PGE’s) se

uitskotte wat ’n sleutelfokusarea in Suid-Afrika geword het,

om volhoubare ekonomiese groei wat verder strek as die

mynbedryf. Hierdie inisiatief kan moontlik uitgebrei word om

verwante mineraal afvalprodukte in te sluit, wat ’n geskikte

platform kan skep vir die vermindering van die volume

uitskotte wat in ’n uitskotbergingsfasiliteit gestoor word

en om die omgewingsimpak wat daarmee verband hou, te

verminder.

Sameera se studieleier was prof Wlady Altermann

(Departement Geologie) en haar mede-studieleier was

dr Frederic Doucet (RGW) en dr Liezel van der Merwe

(Departement Chemie) met die titel van haar navorsing,

“Extraction of major elements from PGE tailings in view of

nanoparticle synthesis for environmental technological

applications.” Haar MSc-navorsingsprojek is finansieel deur

die NNS, RGW, GVSA en die Universiteit van Pretoria befonds.

Geologiestudent ontvang Corstorphine-medalje

Sameera Mohamed

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

3 224

Die 11de Internasionale Konferensie oor Voedseldata (International Food Data Conference) oor die skep van samestellingsdata van diereprodukte in Suid-Afrika het onlangs in Hyderabad, Indië plaasgevind.

Tydens hierdie geleentheid is prof Hettie Schönfeldt en nagraadse studente van die Universiteit van Pretoria (UP) met die 2015 Internasionale Netwerk van Voedseldatastelsels se Suksesverhaal-toekenning (International Network of Food Data Systems (INFOODS) Success Story award) beloon vir hul vir hul uitsonderlike prestasies en vordering op die gebied van voedselsamestelling.

Voedselsamestellingsdata vorm die grondslag van bykans alles wat met voeding verband hou. Data oor die voedingkundige inhoud van voedsel word gebruik om te bestudeer hoe die voedsel wat ons eet ons gesondheid, groei en ontwikkeling beïnvloed. Hierdie data is, word ook benodig om spesiale diëte te ontwikkel om riglyne vir industrieë, beleide en programme te bied om te verseker dat ons voedingsbronne oor hoër voedingswaarde beskik.

Suid-Afrika, ’n land met waar baie areas van voedselonsekerheid tussen ontwikkelde gemeenskappe voorkom, het ’n unieke bevolkingsvoedingkundige profiel. Oorgewig en vetsug is besig om toe te neem te midde van volgehoue ondervoeding en voedingkundige tekortkominge.

Hierdie diversiteit beklemtoon die belangrikheid van ons eie voedselsamestellingsdata om inligting aan die voedingstelsel te verskaf met betrekking tot die voorsiening en bevordering van die verskaffing van voedsel met ’n hoër voedingswaarde.

Rooivleis is ’n gunsteling-Suid-Afrikaanse kossoort. Rooivleis kan ’n belangrike rol speel in die verlaging van ondervoeding deur die voorsiening van noodsaaklike voedingstowwe soos byvoorbeeld proteïne, yster en B-vitamine. Desnieteenstaande word dierevoedselbronne beskou as bydraend tot siektes wat verband hou met oorvoeding, soos byvoorbeeld kardiovaskulêre siektes, hoë

Internasionale Toekenning vir Rooivleisnavorsing

bloeddruk en selfs sekere tipes kanker. Diereproduksiestelsels in Suid-Afrika is ook uniek, en dit het tot gevolg dat die eindprodukte voedingkundig van soortgelyke in ander lande verskil. Volgens voedselsamestellingsdata bevat Suid-Afrikaanse lams- en skaapvleis byvoorbeeld ’n baie laer vetinhoud as hul Amerikaanse eweknieë.

Om die rol van rooivleis in die dieet van Suid-Afrikaners te regverdig, het jong navorsers (dr Nicolette Hall, dr Ina van Heerden, me Marina Bester en me Jeanine Sainsbury) studies by UP onder die leiding van prof Schönfeldt voltooi. Deur middel van hul navorsingspogings het hulle ’n omvattende hoeveelheid voedselsamestellingsdata oor ’n verskeidenheid plaaslike rooivleisprodukte, insluitend lam, skaap, graan- en grasgevoerde bees, asook afval saamgestel. Voortspruitend uit hierdie data is meer as 10 wetenskaplike artikels eweknie-geëvalueerde nasionale en internasionale vaktydskrifte gepubliseer, wat opgevolg is deur die publisering daarvan in. Die data is ook as deel van vier tesisse gepubliseer, nege pamflette en 13 klein boekies gepubliseer.

Met beperkte of sonder enige nasionale aanmoediging om die skep van voeselsamestellingsdata te ondersteun, is die industrie oorreed tot befondsing oorreed om hierdie vier groot navorsingsprojekte ondersteun. Dit sluit ondersteuning van die Rooivleisnavorsingsontwikkelingstrust van Suid-Afrika, die Rooivleisvervaardigingsorganisasie, die Dierevoedings- en -produksie-instituut van die Landbounavorsingsraad, asook die WNNR en die SABS in.

INFOODS, wat in 1984 gestig is, funksioneer as ’n wêreldwye netwerk van voedselsamestellingskundiges, wat hulle ten doel stel om die gehalte, beskikbaarheid en betroubaarheid asook die gebruik van voedselsamestellingsdata te verhoog. INFOODS word in verskeie streeksdatasentra verdeel, waarvan die Voedsel- en Landbou-organisasie van die Verenigde Nasies (Food and Agriculture Organisation of the United Nations (FAO)) die wêreldwye koördineerder is.

Van links: Dr Paul Finglas (namens INFOODS), prof Prof Hettie Schönfeldt en dr Paul Hulshof.

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

3 225

Nav

orsi

ng Nagenoeg 700 toestande het kenmerkende gelaatstrekke wat daarmee gepaardgaan. Om die waarheid te sê ’n baba se gelaatstrekke kan dikwels die eerste aanduiding wees dat die baba met ’n spesifieke toestand gebore is. Dink byvoorbeeld aan die plat neusbrug en opwaartse skrefiesoë wat met Downsindroom geassosieer word, of die kenmerkende dun bolippie van ’n baba met fetale alkoholsindroom. Gelaatstrekke kan ’n belangrike rol speel by die aanvanklike diagnose van sekere toestande, maar dit wissel dikwels tussen bevolkingsgroepe. Hoewel baie navorsing oor hierdie onderwerp al in Europa en Amerika gedoen is, is baie min bekend oor die spesifieke gelaatstrekke wat met hierdie aandoenings in Afrikabevolkings geassosieer word.

Wat Downsindroom betref, word die meeste Westerse babas met die toestand voor of kort na geboorte gediagnoseer, terwyl hulle Afrika-eweknieë dikwels eers teen sewe maande of later gediagnoseer word. Die rede hiervoor is grotendeels dat dokters dikwels sukkel om die verband tussen die kind se gelaatstrekke en die toestand waar te neem as gevolg van die feit dat dit op verskillende maniere in die gelaatstrekke van die onderskeie bevolkingsgroepe manifesteer. Dit skep ’n probleem, aangesien dit uiters belangrik is dat hierdie kinders so vroeg moontlik gediagnoseer word. Vroeë opsporing maak dit nie net makliker om die meeste toestande suksesvol te behandel nie, maar dit help dokters ook om te weet na watter gepaardgaande toestande hulle moet oplet en watter ontwikkelingsingrypings hulle vir die kind se ouers of versorgers moet aanbeveel. Kinders wat laat gediagnoseer word, loop belangrike ingrypings en siftings mis wat ’n baie groot verskil in hul eie lewenskwaliteit en dié van hulle gesinne kon gemaak het.

’n Span navorsers van die Universiteit van Pretoria (UP) onder leiding van dr Vinet Coetzee van die Gesigmorfologienavorsingsgroep in die Departement Genetika het besef dat dit ’n probleem is wat

Gesigskanderingsprojek kan help met vroeë diagnose van Downsindroom by Afrika-kinders

3D image (Foto: Dr Vinet Coetzee)

aandag moet geniet en het begin met ’n projek om die spesifieke gelaatstrekke te identifiseer wat met toestande by Afrika-babas en -kinders geassosieer word.

Om mee te begin moes die span akkurate gesigfoto’s van kinders met en sonder ’n toestand kry. Dr Coetzee verduidelik dat 3D-beelde ideaal vir hierdie doel is omdat dit inligting in verskeie dimensies bevat, wat navorsers in staat stel om belangrike gelaatstrekke meer akkuraat te identifiseer.

Die span het aanvanklik hulle eie 3D-kamera gebou wat suksesvolle 3D-beelde gelewer het, maar het gou besef dat dit nie akkuraat genoeg vir hulle doel is nie. Kommersiële 3D-kameras wat goed werk met babas – wat selde stilsit as jy hulle vra om dit te doen – is baie duur en daar was in daardie stadium blykbaar geen kommersiële 3D-gesigbeeldstelsels in Suid-Afrika of selfs in Afrika beskikbaar nie Gevolglik het die span toe begin het met ’n skare-fondsinsamelingsveldtog om geld in te samel vir die bou van ’n doelgemaakte, meer akkurate 3D-kamera wat in hulle behoeftes sou voorsien. Die veldtog, wat vanaf 13 Januarie tot 1 Maart vanjaar op Walacea geduur het, was baie suksesvol en die span het ál die fondse ingesamel wat hulle nodig gehad het om met die projek voort te gaan. Afgesien van die goeie reaksie van die publiek en die wetenskaplike gemeenskap wat befondsing betref, het Canon ook tien EOS 1200D-kameras geskenk om as deel van die projek gebruik te word.

‘Toe ons van hierdie wonderlike, vooruitdenkende projek verneem het, was ons opgewonde om daarby betrokke te raak. Ons is gelukkig in ’n posisie om die nodige toerusting te borg om die bou van ’n 3D-kamera vir die gesigmorfologienavorsingsprojek te fasiliteer. Hierdie inisiatief het groot potensiaal om vroeë diagnose van sindrome by Afrika-kinders te fasiliteer sodat hulle betyds behandel

263 2 3 2

kan word en hulle prognose kan verbeter,’ sê Michelle Janse van Vuuren, Bemarkingsdirekteur by Canon Suid-Afrika.

Die tien kameras sal gebruik word om ’n 3D-kamera te bou. Die kameras sal gelyktydig geaktiveer word en die gevolglike beelde sal gebruik word om 3D-modelle van die kinders se gesigte te bou. Op hulle beurt sal hierdie 3D-modelle gebruik word om spesiale gelaatstrekke te identifiseer wat met sindrome soos Down-, Prader-,Willi-, Fragile X- en Marfan- by Afrika-kinders geassosieer word.

Gedurende die eerste stadium van die projek sal die span net daarop fokus om die gelaatstrekke wat met Downsindroom by Afrika-kinders en -babas geassosieer word, te identifiseer. Wanneer die grondslag gelê is, sal die span meer navorsers en meer toestande insluit om hulle uiteindelike doel te verwesenlik, naamlik om ’n gesigskanderingsinstrument te ontwikkel wat kan help met die diagnosering van ’n verskeidenheid toestande by Afrika-babas en -kinders.

Dr Emad Ghabrial van UP se Departement Ortodonsie, wat een van die kernlede van die span is, sal ook die kamera gebruik om nasale asimmetrie by kinders met ’n gesplete bolip en verhemelte meer akkuraat te identifiseer (en na te spoor) ten einde regstelmetodes vir hierdie toestande te verbeter.

‘Hierdie 3D-kamera kan so baie deure oopmaak vir gesigsdismorfologienavorsing in Afrika. My verwagting is dat ons werk sal help om kinders te diagnoseer wat andersins ons aandag sou ontglip,’ sê dr Coetzee.

Dr Vinet Coetzee

3 227

Prof Andrew McKechnie

Suid-Afrika is die tuiste van verskeie vrugtevliegspesies, waarvan

drie van ekonomiese belang is as gevolg van hul vermoë om

vrugteproduksie te ontwrig en uitvoerbeperkings te veroorsaak. Die

drie spesies wat as ontwrigtend beskou word vir vrugteproduksie is die

Mediterreense vrugtevlieg (Ceratitis capitata); die maroelavrugtevlieg

(Ceratitis cosyra) en die Natalse vrugtevlieg (Ceratitis rosa). Oesverliese

en plaagbeheerkoste as gevolg van vrugtevlieë beloop na raming

meer as R20 miljoen per jaar net in die Wes-Kaap.[1]

As gevolg van die vrugtehandel het die Mediterreense vrugtevlieg die

grootste verspreiding van alle vrugtevlieë ter wêreld. Hierdie spesie

het homself in verskeie klimaattipes gevestig, byvoorbeeld in gebiede

soos die Wes-Kaap met ’n tipies Mediterreense klimaat, asook in

tropiese streke in Oos-Afrika, regoor Afrika suid van die Sahara en

nog verder in die noordelike woestyne. Mediterreense vrugtevlieë

blyk uitdrogingsverdraagsaam te wees, wat beteken dat hulle uiters

droë weerstoestande kan verdra. Dit blyk dat, solank daar die een of

ander bron van water is, die Mediterreense vrugtevlieg kan oorleef.

Navorsing toon dat klimaatverandering hierdie plae se verspreiding

beïnvloed – en nie op ’n voordelige manier nie. Dr Chris Weldon

verbonde aan die Departement Dierkunde en Entomologie aan

die Universiteit van Pretoria doen navorsing oor die voorkoms van

vrugtevlieë en hoe sekere spesies sekere weerstoestande beter as

ander kan verdra, veral baie warm, droë toestande voortspruitend

Die vrugtebedryf se groot probleem

uit klimaatverandering. Dr Weldon se navording is gemik op ’n begrip

van hoe hierdie vlieë sulke toestande kan verdra. Hy ondersoek

die manier waarop Mediterreense vrugtevlieë aangepas het en

doen ’n vergelykende studie van die drie inheemse Suid-Afrikaanse

vrugtevlieë.

Vrugtevlieë lê hul eiers in spesifieke soorte vrugte. Die kommersieel

gekweekte vrugte wat die meeste deur hierdie vlieë aangetas word,

sluit sitrus- en sagtevrugte in. Die Mediterreense vrugtevlieg het ’n

baie groter gasheerverskeidenheid as die ander twee Suid-Afrikaanse

vrugtevlieë, en dit dra by tot die groot verspreidingsgebied daarvan.

Sy gasheerbestek dek na bewering meer as 300 verskillende

vrugtesoorte. Interessant genoeg het dr Weldon bevind dat die

maroelavrugtevlieg net so uitdrogingsverdraagsaam soos die

Mediterreense vrugtevlieg is, maar dit is baie meer uitsoekerig

wat gasheervrug betref en lê sy eiers meesal in die maroelavrug

en veselperske. Die maroelavrugtevlieg se verspreiding word

dus beperk deur sy gasheerbestek, eerder as deur sy vermoë om

droë toestande te verdra. Die Natalse vrugtevlieg het die kleinste

verspreidingsbestek. Dit verkies natter toestande en het baie

beperkte verdraagsaamheid vir droë toestande.

Dr Weldon se navorsing het ’n interessante rede ontdek vir die

Mediterreense vrugtevlieg se vermoë om droë toestande te

verdra: die vlieg kan sy opgebergde liggaamsvet afbreek en dit

Die Mediterreense vrugtevlieg, Ceratitis capitata. (Foto: Andre Coetzer) 

Nav

orsi

ng

283 2 3 2

metaboliseer, en sodoende water vrystel. Dr Weldon vermoed dat

hierdie vrygestelde water gebruik word om die vlieg te help om

droë toestande te hanteer en vir langer tydperke te oorleef sonder

toegang tot ander waterbronne. Hy kon hierdie verskynsel nog nie by

die ander twee spesies bespeur nie.

Dr Weldon het ook bevind dat die Mediterreense vrugtevlieg meer

waterverlies, relatief tot sy liggaamsgrootte in vergelyking met ander

spesies kan verdra. Hy hoop om hierdie navorsing uit te brei om

te kyk na die wyses waarlangs insekte water verloor en hoe Suid-

Afrikaanse vrugtevlieë in hierdie opsig verskil.

Navorsing soos dié van dr Weldon is baie belangrik omdat vrugtevlieë

groot finansiële verliese kan meebring. Vrugtevlieë hou ’n groot

bedreiging vir vrugteproduksie in en verlaag produktiwiteit, aangesien

besmette vrugte nie verkoop kan word nie. Produksiekoste styg,

aangesien bestuurstegnieke duur is, en dit lei tot hoër vrugtepryse.

Lande waar daar nie vrugtevlieë voorkom nie, is huiwerig om vrugte

in te voer vanuit lande waar daar wel vrugtevlieë voorkom, omdat

hulle nie die risiko wil loop om vrugtevlieë saam met die vrugte in te

voer nie. Dit bly vir vrugteboere ’n groot uitdaging om te voorkom dat

vrugte besmet word, sodat dit uitgevoer kan word.

Daar is verskeie opsies vir die beheer van vrugtevlieë, maar in Suid-

Afrika is die vernaamste metodes lokaasbespuiting, die manlike-

uitwissingstegniek en die steriele-insektegniek. Dr Weldon het

opgemerk dat Suid-Afrika se beheerstrategieë goed werk, met

die gevolg dat die land se vrugteproduksie baie doeltreffend is.

Aangesien die insekte egter ’n merkwaardige vermoë het om by

veranderinge in die omgewing aan te pas, is dit belangrik om die

stelsels deurlopend te verbeter.

’n Nuwe vrugtevliegspesie is onlangs in Suid-Afrika ontdek, naamlik

die Oosterse vrugtevlieg (Bactrocera dorsalis). Hierdie vlieg, wat

eers in Kenia ontdek is, het oor die grootste deel van Afrika suid

van die Sahara versprei en kom nou ook in die noordelike dele

van Suid-Afrika voor. Die teenwoordigheid van hierdie spesie is

besonder kommerwekkend omdat dit nie net vrugte nie maar

ook groente teiken. Dr Weldon se navorsingsgroep, FliES (Flies of

Economic Significance Research Group), het begin om Bactrocera

dorsalis na te vors ten einde die verspreiding daarvan en die

vatbaarheid van plaaslike kommersieel geproduseerde vrugte beter

te verstaan. Sy grootste bekommernis is dat namate die gevolge van

klimaatverandering toeneem dit tot gevolg kan hê dat meer vlieë na

nuwe produksiegebiede versprei.

Dr Chris Weldon

3 229

Nav

orsi

ng

3 229

Prof Namrita Lall verbonde aan die Departement Plant- en Grondkunde in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, bring die wetenskap en tradisionele kennis byeen en maak dit vir die moderne mark toeganklik deur van Suid-Afrika se uiteenlopende verskeidenheid plantlewe gebruik te maak en dit vir medisinale en kosmeseutiese gebruik beskikbaar te stel. Prof Lall is een van net enkele UP-navorsers wat ’n produk op die kommersiële mark beskikbaar het.

Na raming word sowat 20 000 plantspesies vandag medisinaal gebruik, en verskeie van die bestanddele wat in moderne medisyne vir die behandeling van ernstige siektes gebruik word, het hulle oorsprong in plantgebaseerde tradisionele medisyne. Ondanks die feit dat ons land net 2% van die aarde se grondoppervlak uitmaak, is Suid-Afrika een van net 17 lande ter wêreld wat ’n megadiversiteit van plantlewe het, met meer as 25 000 verskillende inheemse plantspesies, of nagenoeg 10% van al die bekende plantspesies op die Aarde. Suid-Afrika is dus ’n uitstekende plek vir prof Lall se werk.

Prof Lall bestudeer al vir meer as 20 jaar medisinale plante en gebruik die wetenskap om hul doeltreffendheid te bewys, en sodoende bevestig sy tradisionele kennis. Plantgebaseerde medisyne is hoog in aanvraag in Europa, en hierdie tendens spoor prof Lall aan om haar kennis en navorsingsbevindings te gebruik om in hierdie aanvraag te voorsien. Die proses om plante vir voordelige eienskappe te toets word dikwels deur ’n gebrek aan hulpbronne en tyd vertraag. Ten spyte hiervan het prof Lall die proses voltooi vir ’n aantal plante wat nou gereed is vir kommersialisering.

Die medisinale plant Ceratonia siliqua, algemeen bekend as die Sint Janskruid of Johannesbrood, word nou deur Carina Franck gebruik in een van Suid-Afrika se top organiese velsorgreekse, Kalahari. Prof Lall het verskeie ander plante ontdek wat vir die doeltreffende behandeling van veltoestande gebruik kan word, insluitend pigmentasie-abnormaliteite, plooie en aknee wissel. Sy wag vir die finalisering van die plante se permitte sodat dit ook gekommersialiseer kan word. Ander produkte wat deur prof Lall ontwikkel is, sluit ’n doeltreffende mondspoelmiddel vir periodontale siektes, asook chemovoorkomingsvelsorg en hepatobeskermende en immuunmoduleringsprodukte in.

Prof Lall verduidelik dat plante op twee maniere geselekteer word, naamlik deur etnobotaniese seleksie of deur fitochemie. Die etnobotaniese benadering beteken dat plante wat deur inheemse gemeenskappe vir tradisionele doeleindes soos voedsel en medisyne gebruik word, getoets word om te bepaal of dit medisinale waarde het. Sy verduidelik dat die fitochemiebenadering verwys na die gebruik van bestaande kennis oor die chemiese stowwe in spesifieke plante. As ons weet dat ’n plant ryk is aan ’n spesifieke chemiese verbinding wat van medisinale of kosmoseutiese waarde kan wees, isoleer ons daardie verbinding en doen proewe om die bruikbaarheid daarvan te bepaal.

Deur haar werk het die Departement Wetenskap en Tegnologie (DWT) ’n vlagskipprojek geïdentifiseer wat op die aanwending van tradisionele kennis van plante vir farmaseutiese en kosmoseutiese gebruike fokus. Prof Lall sê dat dit een van die opwindendste dele van haar werk is. Studente verwerf grade, maar navorsingsresultate strek ook tot voordeel van die mensdom. Sy verduidelik dat sy baie belangstel in gemeenskapswerk en noem as voorbeeld dat sy en

Tradisionele kennis kan moderne medisyne verbeter

haar nagraadse studente betrokke is by ’n projek in Mamelodi. Hulle help boere om plante te kweek wat vir medisinale doeleindes gebruik kan word. Die gemeenskappe waar hulle werk, is volgens haar altyd betrokke en sal beslis voordeel put uit die resultate wanneer sommige van hierdie projekte ekonomies lewensvatbaar word.

Om so nou met tradisionele kennis te werk, vereis delikaatheid en geduld. Die proses om intellektuele eiendomsregte te kry en ander regsaspekte is die vernaamste faktore wat die kommersialisering en bemarking van ’n produk vertraag. Prof Lall het reeds verskeie plante gepatenteer, maar dit kan uitdagend wees om die gemeenskap waaruit die kennis afkomstig is, te betrek sodat hulle daarby kan baat vind. Na 11 jaar van pogings om produkte op die mark te kry, is prof Lall egter optimisties dat dinge vinniger sal verloop, noudat die proses ingestel is. Sy het reeds die permitte ontvang vir plante wat uit UP se eie tuine geselekteer is, en die produkte wat hieruit vervaardig word, kan gebruik word om velpigmentasie-abnormaliteite te behandel en ook vir chemovoorkomende-velsorg. Dit is bemoedigend dat prof Lall die eerste UP-navorser is wat ’n bioprospekteerpermit vir twee tipes plante ontvang het.

Dit is baie opwindend oor die moontlikhede van prof Lall se werk na te dink. Haar uitstekende navorsingsbevindings sal op verskeie vlakke voordelig wees, onder andere die toenemende skakel tussen die akademie en die bedryf, die verryking van die lewe van landelike gemeenskappe en die verbetering van die welstand van die mense wat hierdie produkte gebruik.

Die Universiteit het prof Lall se werk in April 2016 gevier deur ’n uitstalling te hou van sommige van die produkte wat sy help ontwikkel het.

Prof Lall se eerbewyse sluit die volgende in:

• Sy tel onder die top-1% van die internasionale Essential Science Indicators-lys van invloedryke akademici wat oor farmakologie en toksikologie skryf.

• In 2014 het sy die Orde van Mapungubwe – Suid-Afrika se hoogste eerbewys – van president Jacob Zuma ontvang ter erkenning van haar navorsing.

• Sy was in 2014 ’n finalis in die Nasionale Wetenskap en Tegnologie-forumtoekennings in die kategorie wat uitmuntende bydraes erken wat navorsers oor die afgelope 10 jaar gelewer het.

• Sy was ’n wenner van die 2002 UNESCO-L’Oreal-toekenning vir Vroue in Wetenskap.

Prof Namrita Lall

3 230

Nav

orsi

ng

Deesdae is dit ’n algemene probleem vir navorsers om hul navorsing buite die grense van die akademie te kry en dit in praktiese kontekste en situasies te laat toepas. Die Universiteit van Pretoria se Instituut vir Voedsel, Voeding en Gesondheid (IFNuW) is betrokke by ’n internasionale program om hierdie gaping te oorbrug deur navorsers en die media byeen te bring om beleidsverandering in voedselsekerheid te bevorder.

Hierdie inisiatief deur die IFNuW, die International Food Policy Research Institute (Internasionale Navorsingsinstituut vir Voedselbeleid) (IFPRI) en die Michigan State University (die Michigan-staatsuniversiteit), in vennootskap met Malawi se Ministerie van Landbou, word deur die United States Agency for International Development (Verenigde State se Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling) (USAID) befonds.

In April is ’n week-lange opleidingsprogram in Blantyre, Malawi, aangebied met die doel om tegniese en beleidsinligting oor beleidsverandering in voedselsekerheid aan joernaliste en redakteurs oor te dra. Die doel van die program was om joernaliste en redakteurs se vermoë om beleidsverandering te stuur en te steun, uit te bou. Deelnemers het ’n verskeidenheid mediatipes, insluitende radio, televisie en gedrukte media verteenwoordig. ‘Ons het die potensiaal om ons samelewing in ’n voedselsekere nasie te verander. Ons is beleidsdrywers!’ het een joernalis tydens ’n opleidingsessie gesê.

Die IFNuw se Direkteur, prof Sheryl Hendriks, was medefasiliteerder saam met dr Suresh Babu, hoof van Kapasiteitversterking by IFPRI. Elizabeth Mkandawire, ’n PhD-kandidaat onder die leiding van prof Hendriks, was ’n navorser in die span en het twee sessies aangebied. ‘Dit gebeur selde dat akademici die onmiddellike internalisering en toepassing van hul opleiding beleef soos blyk uit die stories van hierdie 27 geesdriftige joernaliste tydens die laaste sessie,’ het prof Hendriks gesê.

Gedurende hierdie week kon die navorsingspan ook ’n onlangs-ontwikkelde instrument vir beleidsontleding, die Kaleidoskoopmodel vir Beleidsverandering, toepas. Terwyl hulle joernaliste in die grondslae van voedselsekerheidsteorie opgelei het, het navorsers hierdie model op voedingsbeleid in Malawi toegepas. Die sessies is deur ervare en internasionaal erkende deskundiges op die gebied van voedselsekerheid, beleid en kommunikasie van die deelnemende instansies gefasiliteer. Dr Babu het gesê dat as die joernaliste nie die breë beleidsproses in ’n land en die spesifieke beleidskonteks verstaan nie, verslagdoening oor die kwessies, probleme en oplossings nie besluitvriendeliker gemaak kan word nie.

Die mediadokumente wat opgestel is deur joernaliste wat die program bygewoon het, toon ’n baie dieper begrip van voedselsekerheid, voeding en hoe om akkurate, deeglik nagevorste en ewewigtige mediaberigte op te stel. Hul dokumente het kritieke inligting oorgedra en die joernaliste is nou beter toegerus om beleidsverandering te beïnvloed deur die kennis en houdings van die teikengehoor te verander. Dit sal beslis tot veranderinge in praktyke lei.

Navorsers en joernaliste verenig om positiewe verandering teweeg te bring

Die navorsers, beamptes en joernaliste was dit almal eens dat meer sessies van hierdie aard nodig is om kennis te deel, ’n dieper begrip van beleidskwessies te ontwikkel en navorsing in die openbare domein beskikbaar te stel. Beter vennote as joernaliste om wetenskap as ’n katalisator om beleidsverandering in werking te stel, kan daar kwalik wees.

Met verwysing na die geleentheid sê Mkandawire dat dit bemoedigend was om te sien hoe die opleiding joernaliste bemagtig het om te besef hoeveel invloed hulle het en die verskillende maniere waarop hulle beleidsverandering kan beïnvloed. Volgens hom was dit ’n inspirerende groep om mee saam te werk omdat hulle hul vereenselwig het met die kwessies wat geopper is. Hul vermoë om die lesse op hul opdragte toe te pas, toon dat hulle werklik betrokke was.

3 231

Nav

orsi

ng

Waarom Afrika se voedselmandjie vol bone en ander peulgewasse moet wees Die 68ste Algemene Vergadering van die

Verenigde Nasies het op 20 Desember 2013 ’n besluit aanvaar wat 2016 tot die Internasionale Jaar van Peulgewasse verklaar. Peulgewasse – waaronder droëbone, kekerertjies en lensies – is ’n goeie bron van proteïen en aminosure wat onmisbaar in die voedselmandjie is. Dit is ook belangrik vir voedselsekerheid, gesondheid en voeding.

Die besluit is geneem ter wille van die voordeel wat peulgewasse vir die omgewing inhou deurdat dit die vrugbaarheid van grond bevorder. Uit ‘n voedingkundige oogpunt dra dit by tot ’n gesonde liggaamsgewig asook tot die voorkoming en bestuur van chroniese siektetoestande.

In die lig van toenemende besorgdheid oor die omgewing sowel as voedselsekuriteit, gesondheid en voeding, is peulgewasse een van die beste voedselsoorte waarmee miljoene mense gevoed kan word wat voortdurend honger en/of aan chroniese siektes, asook tekorte aan mikrovoedingstof ly. Hierdie toestande kom grotendeels voor by mense wat in Afrika woon.

Hierdie kommerwekkende toestande moet gesien word in die lig van die feit dat dit op ’n vasteland voorkom wat die vermoë het om sy eie ryke verskeidenheid voedsame plantgewasse en kossoorte, soos peulgewasse vir eie gebruik te verbou en sodoende ’n heelwat groter rol in die oplossing van Afrika se wanvoedingsprobleem te speel. Inheemse peulgewasse soos sorghum en swartbekboontjies groei byvoorbeeld welig in gebiede waar droogtetoestande heers en lae reënval endemies is, terwyl ander gewasse moeilik in sulke gebiede aard.

Wat is peulgewasse?

Droë bone, droë boerbone, droë ertjies, kekerertjies, droë swartbekbone, duiwebone, lensies, bambarabone, wilde-ertjies en lupiene, is almal plantvoedsels wat onder die peulgewasse tel, dit wil sê die benaming verwys na ‘n voedselsoort wat in ‘n peul gedra

323 2 3 2

word. Dit verwys ook na die enigste subgroep van peulgewasse wat in die gedroogde saadvorm as voedingstof gebruik word.

Peulgewasse is ’n goeie bron van proteïene, vesel, kalsium, yster en vitamiene B, E en K. Afhangende van die genetiese samestelling kan peulgewasse in uiterste klimaatstoestande floreer waar ander voedselsoorte moeilik bekombaar is. Peulgewasse vorm die grootste deel van die gemiddelde dieet in ontwikkelende lande, weens die lae koste daarvan.

Hoewel die produksie en verbruik van peulgewasse afgeneem het, maak dit byna 4% uit van die belangrikste gewasse wat in die wêreld verbou word. In Afrika het die term ‘inheemse voedselgewasse’ nie net betrekking op voedsel van die kontinent nie, maar dit sluit ook gewasse in wat as genaturaliseerde of tradisionele gewasse erken word.

’n Voorbeeld hiervan is die peulgewasse wat hul oorsprong in Asië het en nou as inheems in Afrika beskou word. Die peulgewasse wat die algemeenste in Suid-Afrika verbruik word, is swartbekboontjies en mung-bone wat in Limpopo, Gauteng, Mpumalanga, Noordwes en KwaZulu Natal verbou word.

Suid-Afrika se probleem

In Suid-Afrika het sorghum en die swartbekboontjie goeie potensiaal. Hulle lewer hoër opbrengste as minder-standvastige graansoorte soos mielies en koring, maar hulle word in kleiner hoeveelhede deur kleiner bestaansboere vir tuisverbruik verbou. Die vermindering in die verbruik van inheemse kossoorte is hoofsaaklik die gevolg van dieetveranderinge as gevolg van voedingsoorgang.

Daar is bevind dat een uit elke vier kinders in Suid-Afrika weens verhinderde groei te kort vir hul ouderdom is. Een uit drie mense in die land ly ook honger weens voedingstekort .

Al die tekens van onbestendige groei begin reeds vroeg in die kind se lewe. Hierbenewens word gesê dat ’n aansienlike toename in getalle van Suid-Afrika se bevolking sogenaamde verborge

Researchhongertoestande beleef. Hierdie soort hongertoestande word gekenmerk deur ’n toenemende aantal mense wat oorgewig is of aan vetsug, of wanvoeding in die vorm van tekorte aan mikrovoedingsbestanddele in hul dieet ly. Dit kan maklik voorkom word deur goedkoper maar voedsame bronne te benut wat bestaan uit plantkossoorte soos dié wat peulgewasse bied.

Die drang na gerief, gedrewe deur verstedeliking en voedingsoorgang, het tot die verhoogde verbruik van hoogs verwerkte, minder voedsame kossoorte gelei. Die intensiewe verwerking en verfyning van voedsel kom verbruikers ongelukkig duur te staan.

Die beskikbaarheid van Westerse geriefsdiëte het gelei tot die verwaarlosing van plaaslik beskikbare, gesonder en goedkoper keuses wat kossoorte betref. Hierdie Westerse diëte bied hoë vlakke van energiehoudende voedingstowwe, gepaard met ’n lae inhoud van mikrovoedingsbestanddele, wat oorgewig, vetsug en mikrovoedingsbestanddeeltekorte tot gevolg het.

Kossoorte wat eie aan Afrika is, kan egter na behore in voedingsbehoeftes voorsien. Tans val kossoorte wat inheems in Afrika is geleidelik besig om te verminder en word hoofsaaklik deur kleinboere – dus in klein hoeveelhede – vir eie gebruik verbou.

Sorghum en swartbekboontjies – verlore voedselbronne

Kreatiwiteit is nodig om behulpsaam te wees met regeringsingrypings om die wanvoedingsprobleem te kan hanteer. Peulgewasse soos swartbekboontjies kan as ’n goedkoper voedingsbron benut word. Die Suid-Afrikaanse regering in wend hom tans tot ingrypings soos vitamienaanvullings, verryking van meel en brood en kindertoelaes om die kwessie van wanvoeding te pak.

’n Onlangse studie het bevind dat 40% van kinders van twee tot vyf jaar oud hul behoefte aan proteïeninname uit ’n vooraf-bereide maaltyd kan kry wat sorghum en swartbekboontjies bevat. Behoorlike bemarking en inheemse kossoorte wat opnuut as deel van die dieet gepropageer word, kan die algemene verbruik van dié kossoorte bevorder. Dieselfde kossoorte kan ook noodsaaklike aminosure soos lisien voorsien wat tipies afwesig is by mielies. Lisien is ’n lewensbelangrike aminosuur want die liggaam kan dit nie vervaardig nie, dus kan dit slegs deur middel van die dieet ingeneem word. Buitendien kan dit kinders wat tussen twee en vyf jaar oud is van die aanbevole hoeveelheid yster en sink voorsien.

Afrika moet noodwendig van inheemse kossoorte gebruik maak. As die Internasionale Jaar van Peulgewasse is 2016, is dit ook die aangewese tyd om inheemse kossoorte met meer toepaslike verbeeldingrykheid aan te wend. Een van die redes hiervoor is omdat inheemse peulgewasse oor ’n wye front klimaatsbestand is en ’n lae koolstofprofiel het omdat dit plaaslik met minimale insette verbou kan word.

Hierdie artikel is oorspronklik op The Conversation gepubliseer. Klik hier om die oorspronklike artikel te lees.

Outeur: Dr Nokuthula Vilakati, postdoktorale navorsingsgenoot by die Instituut vir Voedsel, Voeding en Gesondheid by UP.

Boontjies en peulgewasse

Dr Nokuthula Vilakati

3 233

Nav

orsi

ng

Alkoholiese drankies, soos jou gunstelingwyn moet talle wetenskaplike toetse ondergaan voordat dit die stadium bereik waar dit geniet kan word. Voordat alkohol verkoop kan word, moet dit streng toetse ondergaan om seker te maak dat die inhoud van die bottel is wat die etiket reflekteer.

Een van die toetse wat gebruik word, is om ondersoek in te stel na die koolstofisotoopverhouding van die produk. Verskillende tipes alkoholiese dranke, soos wyn, whisky en appelbier, het baie spesifieke koolstofisotoopbestekke wat getoets word om te verseker dat daar nie ander bestanddele by die produk gevoeg is nie. Die byvoeging van bestanddele soos rietspiritus by wyn word vervalsing genoem. Die Universiteit van Pretoria (UP) se Stabiele-isotooplaboratorium is die enigste laboratorium in die land wat gereelde toetse van alkoholprodukte uitvoer om seker te maak dat dit aan die regulasies vir die produksie van alkoholiese drank voldoen. Die laboratorium werk nou saam met die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DLBV) se Direktoraat: Voedselsekerheid en Kwaliteitsversekering om te verseker dat Suid-Afrika se alkoholiese produkte aan die streng internasionale standaarde en regulasies vir hierdie produkte voldoen.

Die wetenskap agter jou gunsteling alkoholiese drankie

343 2 3 2

ResearchDie hoof van die laboratorium, dr Grant Hall, voer self al die toetse in die laboratorium uit en gebruik ‘n stabielelig-isotoopverhoudingmassa-spektrometer om die relatiewe isotoop of isotope in ‘n gegewe steekproef te bepaal. In die geval van alkohol word koolstofisotope gemeet en afhangende van die bestek waarin die steekproef val, word die plantherkoms van die steekproef bepaal. Isotope is vorme van dieselfde element (soos koolstof of stikstof) waarvan die atoommassa verskil. Alle alkoholtipes, hetsy appelbier, spiritualieë of wyn, het ‘n bepaalde koolstofisotoopbestek.

Produkte wat hoofsaaklik van druiwe gemaak word, soos wyn, het ‘n bestek van koolstofisotoopverhoudings wat in die C3-plantkategorie val. Wingerdstokke volg ‘n bepaalde fotosintetiese roete om koolstof uit die atmosfeer op te neem en dit in die plant te prosesseer om weefsels soos vrugte te vorm. Spiritualieë, soos rietspiritus, kom van suikerriet (‘n grassoort), wat ‘n C4-plant is. C3- en C4-plante volg onderskeidelik ‘n effens ander metaboliese proses, wat verskillende koolstofisotoopverhoudings oplewer. Wyne sal dus ‘n ander koolstofisotoopbestek as byvoorbeeld appelbiere of spiritualieë hê.

Dr Hall ontvang steekproewe van ‘n verskeidenheid produkte vanaf die DLBV asook vanaf verskeie vervaardigers. Hy toets die produk se koolstofisotoopbestek om te bepaal of die produk vervals is. Soms word bykomende produkte soos rietspiritus of rietsuiker by wyn gevoeg om die alkoholpersentasie te verhoog of om die volume van die drank te vermeerder. Daar is regulasies oor die hoeveelheid bykomende produkte wat bygevoeg mag word. Indien hierdie regulasies nie gevolg word nie, sal dit onwettig wees om die produk ‘n wyn te noem.

Met die toenemende gewildheid van appelbierdrankies is daar ‘n toename in plaaslike produsente van appelbier, asook drankies wat uit Europa ingevoer word. Ingevolge streng plaaslike en internasionale regulasies moet die drank ‘n minimum van 80% appel of peer bevat om as ‘n appelbier te kwalifiseer.

Dr Hall sal elke steekproef drie keer met die massaspektrometer toets om die produk

se koolstofisotoopbestek te bepaal. As ‘n produk nie in die bestek val waarin dit bemark

word nie, sal dr Hall ‘n verduidelikende verslag aan die Departement of vervaardiger

stuur. As dit buite die bestek val, sal die produk se resep gewysig moet word.

Dr Hall is deurgaans onpartydig in sy navorsing. ‘n Laboratoriumnommer word aan alle

steekproewe toegeken en word dus nie volgens sy produknaam geïdentifiseer nie. Dit

verseker dat daar geen vooroordeel in sy bevindings is nie, en omdat die produkte net

deur hom hanteer word, word daar nie met die produkte gepeuter nie. Dit is besonder

belangrik vir ingeval daar ‘n hofsaak oor enige produkte sou voorkom.

Voedselforensika is ‘n ontluikende bedryf oorsee en laboratoriums in die VSA en Europa

maak goeie vordering hierdie gebied. Die toets van voedselitems soos vleis, kaas,

heuning en ook alkoholiese dranke is ‘n algemene verskynsel as gevolg van die groot

bedrae geld wat in hierdie markte betrokke is. Deur steekproewe te ontleed, kan hierdie

isotooplaboratoriums selfs die geografiese ligging bepaal waarvandaan die steekproef

kom, wat as bronnaspeuring bekend staan. Ander forensiese isotooplaboratoriums

het hulle ontledings selfs uitgebrei na die toetsing vir dwelms en plofstowwe en kan

deur middel van isotoopontleding naspeur waarvandaan dit kom.

Hoewel die UP se Stabiele-isotooplaboratorium tans die enigste laboratorium is wat

hierdie alkoholtoetse uitvoer, is daar groot groeipotensiaal. Dr Hall sê dit sal ideaal

wees as daar meer laboratoriums in Suid-Afrika kan wees wat kommersieel beskikbaar

en geakkrediteer is om die mark te laat uitbrei. Ander isotoopnavorsingskollegas

ontwikkel isotoopkaarte van gebiede. Hierdie isotoopkaarte sluit die skep van ‘n

databasis van suurstof- en waterstofisotoopverhoudings van grondwater asook

reënwater van regoor Suid-Afrika in. Deur verdere toetse op steekproewe uit te voer

en die waterisotoopdatabasis te gebruik, kan wetenskaplikes soos dr Hall water uit

byvoorbeeld ‘n wynmonster onttrek en dan uit die isotoopverhoudings van die water

bepaal in watter geografiese area die wyn vervaardig is.

UP se Stabiele-isotooplaboratorium word ook beskikbaar gestel aan nagraadse

studente wat ‘n verskeidenheid ander navorsing op verskeie vakgebiede doen.

Die laboratorium verskaf werkruimte en opleiding aan studente, sodat hulle hul

steekproewe vir isotoopontleding kan voorberei. Van die ander studies wat tans in

die laboratorium gedoen word, sluit in bemestingstoetse vir gewasse, dieetkeuses

van otters, en ‘n verskeidenheid navorsingswerk van die Soogdiernavorsingsinstituut

se span wat op Marion-eiland gebaseer is, asook deurlopende navorsing oor

kremetartbome wat regoor Suider-Afrika voorkom.

Alkoholsteekproewe gereed vir ontleding

Dr Grant Hall Foto’s deur dr Stephan Woodborne

3 235

Nav

orsi

ng

Dit is ironies dat ons in ons pogings om landbou uit te brei ten einde voedselproduksie te verhoog, sommige van die natuur se belangrikste bestuiwers in gevaar stel. Heuningbye is die wêreld se belangrikste bestuiwers van voedselgewasse en een derde van die voedsel wat ons daagliks verbruik is na raming afhanklik van bestuiwing – hoofsaaklik deur bye.[1]

Die aantal heuningby-kolonies wat beheer word, is besig om af te neem. Navorsing het aan die lig gebring dat dié afname deels te wyte is aan siektes en die gebruik van insekdoders. Navorsers in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe ondersoek tans nog ‘n faktor wat die oorlewing van hierdie waardevolle bestuiwers kan beïnvloed, naamlik voeding.

Soos in die geval van mense, kan ‘n gesonde dieet ook die immuunstelsels van bye versterk. Swak voeding blyk een van die redes te wees waarom heuningbybevolkings besig is om in getalle af te neem. As gevolg van die verlies van hul natuurlike habitat en die toename in monokultuurgewasse het dit onmoontlik geword vir bye om die nodige verskeidenheid voedingstowwe te vind en is hulle gevolglik meer vatbaar vir die uitwerking van insekdoders en siektes.

Prof Sue Nicolson van die Departement Dierkunde en Entomologie, haar kollega prof Christian Pirk en die Heuningbynavorsingsgroep doen tans navorsing om vas te stel hoe bye op verskillende diëte reageer. Deur van byekorwe op die Universiteit se Proefplaas gebruik te maak, spits hulle hul navorsing daarop toe om uit te vind hoe bye op die hoeveelheid en gehalte van makrovoedingstowwe (koolhidrate, proteïene en vette) reageer, en veral op variasies in die verhouding van koolhidrate tot proteïene in hul dieet. Bye uit verskillende kolonies word in klein hokkies aangehou en in ‘n donker broeikas geplaas om ‘n werklike byekorf na te boots, en word dan verskillende diëte gevoer, terwyl hul voedselinname, oorlewing en ander parameters gemeet word.

As gevolg van die blomryke gewasse of monokulture wat kenmerkend is van die hedendaagse landboubedryf doen die navorsingsgroep waarnemings om vas te stel hoe die bye op ongebalanseerde diëte reageer. In die geval van sonneblomme het die stuifmeel ‘n lae proteïeninhoud. Soos wat navorsers in die Verenigde Koninkryk verduidelik het, kan bye wat vir hul voeding van monokultuurgewasse afhanklik is,

Bye-voeding en menslike voedselsekuriteit vergelyk word met mense wat ‘n maand lank slegs sardientjies, sjokolade of witwortels eet! [2] Benewens die feit dat sulke gewasse nie die nodige verskeidenheid voedingstowwe kan voorsien nie, kan blomryke gewasse bye ook aan insekdoders blootstel.

Alhoewel dit waar is dat volwasse bye nie veel proteïen in hul diëte benodig nie, beklemtoon prof Nicolson die belangrikheid van proteïene en die funksionele rol daarvan binne die heuningbykolonie. Byelarwes, wat ook die broeisel genoem word, het ook proteïene nodig om te kan groei. Die larwes maak op die volwasse werkerbye staat om stuifmeel uit verskillende plantbronne te eet en dit in die jellie om te skakel wat die larwes dan eet. Heuningbye floreer op nektar wat ryk is aan koolhidrate en hul immuunstelsels word versterk deur ‘n dieet wat hoofsaaklik uit sukrose en ‘n klein hoeveelheid proteïen bestaan. Dit blyk dat die regte voeding ‘n belangrike komponent is in heuningbye se vermoë om

plae en parasiete wat siektes veroorsaak, te weerstaan.

Prof Nicolson benadruk die feit dat dit belangrik is om te verseker dat Suid-Afrikaanse heuningbypopulasies se voeding die nodige verskeidenheid voedingstowwe moet bevat, ongeag of hulle wild is of beheer word. Haar navorsing bevestig dat ‘n dieet wat uit stuifmeel van verskillende plante bestaan beter is as ‘n dieet wat uit ‘n enkele stuifmeelbron bestaan en dat dit hul immuniteit verhoog.

Ongeag of hierdie klein geel en swart insekte u belangstelling prikkel al dan nie, is dit belangrik om te besef dat bye ‘n uiters belangrike rol in die landboubedryf vervul en dat menslike voedselsekerheid sonder hul teenwoordigheid ernstig bedreig sal word.

1. ‘Why bees are important’

2. ‘Poor nutrition may be another reason for the declining honeybee population.

Prof Christian Pirk

Prof Sue Nicolson

3 236

Nav

orsi

ng

Die maaiers van vlieë kan gebruik word vir die vermindering van organiese afvalprodukte, wat ’n bron van besoedeling is wat teen hoë koste bestuur word, en kan terselfdertyd ’n goedkoop en volhoubare bron van proteïen wees.

Nina Parry, ’n meestersgraadstudent in die Departement Dierkunde en Entomologie in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, ondersoek tans die gebruik van die maaiers van vlieë om organiese afvalprodukte te verminder, asook ‘n metode waarvolgens dié maaiers tot ’n proteïenryke voer vir vee en visse in visboerderye verwerk kan word. Hierdie innoverende idee sal boere se afhanklikheid van duur en onvolhoubare proteïenprodukte soos sojabone en vismeel verminder en terselfdertyd ’n vermindering in die hoeveelheid problematiese organiese afvalprodukte tot gevolg hê.

Daar is alreeds bevind dat vliegmaaiers afvalprodukte soos mis, rioolvullis, afvalprodukte van slagpale en van kombuise en restaurante op ’n geslaagde wyse kan verminder en dit in ‘n bruikbare vorm van proteïen kan verwerk. Wanneer maaiers ophou vreet, kan hulle versamel, gesteriliseer en uitgedroog word om ‘n soort proteïenvoer te produseer wat geskik is vir varke, hoenders, skaaldiere en vleisetende vissoorte waarmee geboer word. Die afvalprodukte wat oorbly, ruik nie so onaangenaam nie, produseer minder CO2 en metaangas (as gevolg van die verminderde teenwoordigheid en aktiwiteit van bakterieë) en kan gebruik word om ’n ryk vorm van kunsmis te vervaardig.

Voedingstofherwinning van hierdie aard kan in groot industriële bio-verwerkingsaanlegte onderneem word, maar namate meer inligting oor bio-omsetting beskikbaar raak, sal selfs kleinboere die afval wat op natuurlike wyse op hul plase geproduseer word, kan gebruik om ’n bron van proteïen vir hul diere te vervaardig. Dit kan lei tot ’n besparing ten opsigte van die uitgawes wat aangegaan moet word om proteïenryke voer vir hul diere te koop en afval te bestuur. Die voordeel verbonde aan die beskikbaarheid van ’n bio-omsettingsaanleg van industriële grootte is dat die afval wat in ’n gebied geproduseer word op ‘n volhoubare wyse bestuur kan word en dat ’n goedkoop en plaaslik vervaardigde bron van proteïen aan boere in die omgewing beskikbaar gestel kan word.

Me Parry voer tans proefnemings uit met verskeie vliegspesies wat van nature in Gauteng voorkom, om vas te stel hoe doeltreffend hulle varkmis, afvalprodukte van slagpale en kombuisafval kan verminder. Daarna sal die maaiers verwerk word om hul voedingswaarde vir gebruik in dierevoer te bepaal.

Volgens me Parry is die doel van haar navorsing om plaaslike spesies op te spoor wat verskillende soorte afvalprodukte met maksimale doeltreffendheid kan verminder, aangesien slegs een of twee spesies tans vir die vermindering van alle soorte afvalprodukte gebruik word.

Me Parry werk onder toesig van dr Chris Weldon, wat hoop dat die resultaat van hierdie navorsing ’n sterk grondslag sal lê vir ’n jong nywerheid wat afvalprodukte sal verminder en ontwikkelende gemeenskappe van ’n volhoubare bron van inkomste sal voorsien.

Vliegmaaiers ’n toekomstige proteïenaanvulling vir vee

Nina Parry

3 237

Nav

orsi

ng

3 237

’n Verklaring deur die Wêreldbank lui dat grond, biodiversiteit, die oseane, woude en baie ander vorme van natuurlike kapitaal tans teen ’n ongekende tempo uitgeput word en dat voedselsekerheid, veral onder die wêreld se armste bevolkings, in gevaar gestel sal word tensy ons die manier waarop ons voedsel verbou en ons natuurlike kapitaal bestuur, verander.

Huidige data dui daarop dat die wêreld minstens 50% meer voedsel sal moet produseer om teen 2050 die geraamde bevolking van nege miljoen mense te kan voed. Hierdie droewe situasie word verder vererger deur die feit dat die gevolge van klimaatsverandering oeste met meer as 25% kan verminder. Dit is dus lewensbelangrik dat ons aan alternatiewe voedselbronne vir die steeds groeiende wêreldbevolking moet begin dink.

Volgens dr Yusuf Abdullah, ‘n nadoktorale navorser verbonde aan

Insekte as ‘n alternatiewe voedingsbron

die Departement Dierkunde en Entomologie by die Universiteit van Pretoria (UP), is daar ’n groot verskeidenheid uiters voedsame insekte wat betreklik maklik geteel kan word. Daar is inderdaad baie samelewings regoor die wêreld waar mense tradisioneel gereeld ’n verskeidenheid rou of gaargemaakte insekte eet. Dit is slegs in die Westerse lande dat mense dié voedselbron vermy. Hy sê dat die insluiting van insekte in ons dieet, ’n oplossing vir talle probleme kan bied, onder andere vir die tekort aan lewensvatbare landbougrond wat benodig word vir tradisionele vorme van landbou, soos veeteelt en gewasverbouing.

Dr Abdullah en ander wetenskaplikes van UP het onlangs in die TV-program Living Land, ’n gewilde SABC Opvoedkunde-produksie wat oor landbou in Suid-Afrika handel, in ’n episode opgetree waarin alternatiewe voedingsbronne ondersoek is.

By die Universiteit van Pretoria (UP) is ons vas oortuig dat die oplossings waarmee die wêreld verander kan word, gevind kan word in die navorsing wat vandag gedoen word en dat die deel van wetenskaplike kennis en effektiewe wetenskapskommunikasie van kritieke belang is vir die bereiking van hierdie doelwit. Met die oog hierop het die Universiteit onlangs ’n splinternuwe webwerf genaamd ‘Research Matters’ bekend gestel om van sy navorsings- en innovasie-uitsette ten toon te stel en om die impak daarvan in Suid-Afrika, Afrika en die res van die wêreld te beklemtoon.

‘Research Matters’ bevat gevallestudies van interessante navorsingsprojekte deur Universiteitspersoneel, asook infografika en video’s wat met ’n oogopslag ’n oorsig van hoë-impakprojekte verskaf, en ook inligting oor verskeie institute, sentrums en eenhede voorsien.

Wetenskapskommunikasie in kollig by UP

3 2383 238

Ná sewe jaar van toewyding aan haar portefeulje as Adjunkdekaan: Navorsing en Nagraadse Studies in die Fakulteit- Natuur- en Landbouwetenskappe, het prof Brenda Wingfield uitgetree. Sy is onlangs vereer met die SARChI se Navorsingsleerstoel in Fungale Genomie in die Departement Genetika. Sy verlaat dus die kantoor van die Dekaan om hierdie navorsingstoel te beklee.

Prof Wingfield was ook vanaf 15 Augustus 2014 tot 15 Maart 2015 as Waarnemende Dekaan in diens van die Fakulteit.

Prof Wingfield geniet beduidende nasionale en internasionale erkenning vir haar werk in Fungale Genetika. Sy het talle belangrike toekennings vir haar navorsing ontvang, insluitend die Suid-Afrikaanse Departement van Wetenskap en tegnologie se Vooraanstaande Vroue in Wetenskap-toekenning in 2008, die Afrika-unie Streekstoekenning vir Vroue in Wetenskap in 2009 en die Nasionale Wetenskap- en Tegnologieforum van Suid-Afrika se Toekenning vir Mentorskap en Menslike Vaardigheidsontwikkeling in 2014. In 2015 was sy die eerste vroulike navorser wat die Christiaan Hendrik Persoon-medalje van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plantpatologie (SAVPP) ontvang het. Prof Wingfield is ook ’n programleier by die Sentrum vir Boomgesondheidsbiotegnologie (een van Suid-Afrika se eerste sewe sentra van uitnemendheid, soos deur die Departement Wetenskap en Tegnologie en die Nasionale Navorsingstigting geïdentifiseer). Prof Wingfield het gedurende die eerste vyf jaar van die bestaan van die sentrum ’n leidende rol in die ontwikkeling daarvan gespeel.

Sy het ook onlangs die hoogs gesaghebbende Harry Oppenheimer-gedenkstudiebeurstoekenning ter waarde van R1,5 miljoen ontvang wat deur die Oppenheimer-gedenktrust (OGT) geskenk is. Die R1,5 miljoen sal deur die ontvanger aangewend word om haar gekose navorsingsdoelwitte gedurende die komende jaar voort te sit. Prof Wingfield sal haar navorsing oor voortplanting by fungi uitbrei en sal spesifiek aan haar studente die geleentheid bied om aan ’n internasionale projek oor die onderwerp deel te neem.

Prof Brenda Wingfield tree uit as Adjunkdekaan

Prof Brenda Wingfield.

Aans

telli

ngs

3 239

Prof Eddie Webb is as Waarnemende Adjunkdekaan: Navorsing en Nagraadse Studies in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe aangestel (NLW) vanaf 1 Julie tot 31 Desember 2016.

Hy neem die leisels oor by prof Brenda Wingfield wat sedert 2009 die Adjunkdekaan was. Prof Wingfield sal nou die SARCHI-leerstoel in Fungale Genomika beklee.

Prof Webb het die volgende grade by die Universiteit van Pretoria verwerf: BScAgric (1988), BScAgric (Hons) cum laude (1989), MScAgric cum laude (1992) en PhD (1994).

Uitmuntende akademiese prestasies sluit die volgende in: die Standard Bank van Suid-Afrika merietetoekenning, UP nagraadse en merietebeurse, NNS merietetoekennings, die AM Bosman Gouemedalje, ’n merietetoekenning van die Suid-Afrikaanse Veekunde Vereniging en ’n bronsmedalje van die Suid-Afrikaanse Veekunde Vereniging vir sy PhD-tesis.

In 1997 het hy ’n Navorsingstudiebeurs van die Vlaamse Ministerie ontvang en sy postdoktorale studies aan die Universiteit van Ghent in België en Nutreco in die Nederlande voltooi oor aspekte van groeimodellering en die effek van voeding op die sintese van vetsure by vee. Prof Webb het in 1999 sy navorsing oor vleiswetenskap en diereproduksiefisiologie by die Universiteit van Pretoria voortgesit.

Prof Webb se onderrig en navorsing fokus op die effek van dieetkundige faktore, groei en groeimodifiseerders op die gehalte van vleis en dierereproduksie. Hy het meer as 70 eweknie-geëvalueerde wetenskaplike referate gepubliseer en aangebied, 85 referate by konferensies en simposia aangebied, 25 tegniese verslae gepubliseer, was die mederedakteur van twee boeke, en het sewe hoofstukke in boeke asook 23 populêre wetenskaplike verslae gepubliseer. Hy is president van die Suid-Afrikaanse Veekunde Vereniging en is ’n geregistreerde professionele Veekundige. Prof Webb beskik oor ’n C1-gradering van die NNS.

Die Fakulteit sal, in sy strewe om die leiding te neem as navorsingsintensiewe Universiteit op die gebied van natuur- en landbouwetenskappe, voordeel put uit prof Webb se kundigheid.

Veekundige as Waarnemende Adjunkdekaan in NLW aangestel

Prof Eddie Webb

Aans

telli

ngs

3 240

Prof Banasiak beklee Leerstoel vir Wiskundige Modelle en Metodes in Bioinginieurswese en Biowetenskappe

Prof Jacek Banasiak is die nuwe bekleër van die DWT/NNS se SARChI-leerstoel in Wiskundige Modelle en Metodes in Bioingenieurswese en Biowetenskappe (M3B2). Hy volg in die voetspore van prof Jean Lubuma, wat sedert Januarie 2016 die Dekaan van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe is.

Voor sy aanstelling by die Universiteit van Pretoria (UP) was prof Banasiak ’n Akademiese Leier: Navorsing by die Universiteit van Natal (UN). Gedurende sy tydperk vanaf 2005 tot 2007 by die UN was hy ook die Hoof van die Skool van Wiskundige Wetenskappe, en ’n Senior Professor in die Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde.

Prof Banasiak het in 1989 ’n PhD-graad by die Strathclyde Universiteit in Glasgow verwerf, met die onderwerp elliptiese en paraboliese probleme in onreëlmatige definisiegebiede. ’n Habilitasie (DSc) (privaatdosentskap) is in 1999 deur die Universiteit van Warsaw aan hom toegeken en in 2007 het hy ook die staatstitel as Professor van die President van die Republiek van Poland ontvang.

Hy was die outeur/mede-outeur van vyf navorsingsmonografieë en was ook die outeur/mede-outeur van meer as 100 eweknie-geëvalueerde navorsingsverslae. Prof Banasiak was in 2004 ’n Besoekende Professor by die Universiteit van Franche-Comté, Frankryk, en is sedert 2010 ’n Besoekende Professor by die Universiteit van Strathclyde.

In 2012 het Prof Banasiak die Suid-Afrikaanse Wiskunde Vereniging se toekenning vir Navorsingsonderskeiding en in 2013 die Silwer Merietekruis (Cross of Merit (Silver)) van die Republiek van Poland ontvang. In 2014 is die eerste prys in die kompetisie vir die beste referaat in toegepaste wiskunde, wat deur die Sentrum vir Toegepaste Wiskunde (Gdańsk) gereël is, aan hom toegeken. Sedert 2008 is hy ook ’n B1-gegradeerrde wetenskaplike.

Hy is die Hoofredakteur van Afrika Matematika (Springer), ’n Raadgewende Redakteur van Mathematical Methods for the Applied Sciences (Wiley), Mederedakteur van Quaestiones Matematicae, en ’n lid van die Redaksionele Raad van Evolution Equations and Control Theory en van die AIMS Biblioteekreeks van die Cambridge University Press.

Prof Banasiak sê dat hy ’n omgewing betree het wat goed ontwikkel en in stand gehou is en wat deur sy voorgangers, prof Jean Lubuma en dr Michael Chapwanya (waarnemend), geskep is. Hy beskou homself tot ’n groot mate as ’n bewaarder van hul prestasies. Hy sê verder dat hy navorsingsgewys geïnteresseerd is in ’n kwalitatiewe en analitiese benadering tot die modelle wat in die Biowetenskappe ontwikkel is, maar dat hy, saam met die saam met die hoofnavorsers, nie die kwantitatiewe en berekeningsaspekte sal verwaarloos wat vir die praktisyns van groter belang is nie. Hy beplan om, benewens epidemiologie, ook aan bevolkingsdinamika en ekologiese netwerke aandag te skenk.

Prof Banasiak sê dat hy, vanuit ’n organisatoriese oogpunt, beplan om die plaaslike en internasionale netwerk van navorsers wat op die gebied van kwantitatiewe modelle op die gebied van lewenswetenskappe werk, uit te brei. Dit sluit spesifiek in om nouer saam te werk met malarianavorsingseenhede by die Universiteit van Pretoria en met die DWT/NNS se Sentrum vir Uitnemendheid vir Epidemiologiese Modellering en Analise by Stellenbosch, asook met internasionale kundiges en openbare gesondheidsorganisasies in.

Prof Jacek Basniak

3 240

Aans

telli

ngs

3 241

Prof Wlady Altermann is as die nuwe Hoof van die Departement Geologie in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe aangestel vanaf 1 Junie 2016.

Hy was die bekleër van die Kumba-Exxaro Leerstoel in Geodinamika in die Departement Geologie sedert Julie 2009. Hy het in baie lande onderrig, insluitende Duitsland, Sjina, Frankryk, Indië, die VSA en Australië.

By UP het hy kursusse in die velde van geologie, ekonomiese geologie en die geodinamika van minerale neerslae gefasiliteer. Om homself het hy die grootste Koolstofbergingswerksgroep in Suid-Afrika versamel, ook in noue samewerking met die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Koolstofvaslegging en -berging (SASKB), die Raad vir Geowetenskappe (RGW), die DWT/NNS se Sentrum vir Uitnemendheid van Geïntegreerde Minerale en Energiebronne-analise (SUGMEA), die Karoo Navorsingsinisiatief (KNI) en ook samewerking met internasionale instellings.

Prof Altermann is ’n internasionaal erkende Prekambriese sedimentoloog en bio-geoloog. Hy stel belang in en is die dryfveer agter die volgende navorsingsprojekte: Prekambriese geologie, biogeologie, die evolusie van lewe, asook sedimentêre erts- en steenkoolneerslae. Hy het ’n nuwe visie vir die Departement Geologie geformuleer, wat daarop gemik is om ’n nuwe navorsingsfokus oor geologiese koolstofberging en die geologie van konvensionele en onkonvensionele energiebronne te ontwikkel. ’n Samewerkingsooreenkoms oor hierdie navorsing met die Universiteit van Oslo (UiO), wat in 2015 in Noorweë gesluit is, sal UP-studente en dosente in staat stel om deel te neem aan ’n akademiese uitruilprogram. Die eerste kursusse deur ’n UiO-professor by UP sal in 2016 begin.

Prof Altermann het op verskeie internasionale wetenskapevaluasiepanele en redakteursrade van internasionale vaktydskrifte en as tesourier en raadslid van die Geologiese Vereniging van Afrika gedien. Hy is die huidige Visepresident van die Vereniging en die Voorsitter van die Suid-Afrikaanse Komitee vir Stratigrafie (SAKS). Hy het ’n B2-gradering van die NNS ontvang.

Prof Altermann lei Departement Geologie

Prof Wlady Altermann

Aans

telli

ngs

3 242

In M

emor

iam

Vaarwel aan prof Fritz WehnerDit is met diepe leedwese dat ons verneem het van die afsterwe van prof Fritz Wehner, voormalige mikoloog verbonde aan die Departement Mikrobiologie en Plantpatologie. Prof Wehner is op 12 Maart 1943 gebore en is op 21 Junie 2016 oorlede.

Prof Wehner was aanvanklik in diens van die Universiteit van Pretoria as ’n senior lektor en later, tot en met sy aftrede op die ouderdom van 65, as ’n volwaardige professor. Na sy aftrede was hy vir ’n tyd lank steeds die redakteur van die vaktydskrif African Plant Protection. Prof Wehner was veral bekend vir sy briljante mikologiese kennis en was in baie opsigte ’n ware ou-skool mikoloog en plantpatoloog. Hy was ook ’n uitstekende skrynwerker en het baie spesiale geskenke vir sy kollegas en nagraadse studente gemaak. Baie van ons sal sy hond onthou: die enigste foto in sy kantoor.

Hy het ’n baie droë sin vir humor gehad en sy vermoë om ’n artikel of tesis te redigeer, was uniek. Die deurlees van die fyndruk en baie sarkastiese opmerkings het later daartoe bygedra dat sy studente meer bestendig en sterk was.

Prof Wehner was vasbeslote om nie toe te gee aan die wêreldwye tegnologiese waansin betreffende meer gevorderde rekenaars nie en het volstrek geweier om sy tafelrekenaar op te gradeer. Ons was al reeds die “stiffie”-generasie, toe hy steeds verbete aan sy tikmasjien vasgeklou het so lank as wat hy kon. Hy het ook geweier om toe te gee om verder as ’n “floppie”-dryf op te gradeer. Sy rekenaar was uiteindelik die enigste een in die Fakulteit wat nog ’n “floppie”- drywe gehad het. Nodeloos om te sê dat, om so ver te kom om enigiets deur prof Wehner te laat redigeer, ’n bykans onmoontlike taak van omskakeling tussen “floppies” en “stiffies” was. Sy sin vir humor het hom nooit in hierdie moeilike situasies in die steek gelaat nie. Nog ’n laaste staaltjie wat oor prof Wehner vertel behoort te word, is die ordelike wanorde van sy kantoor. Hope en hope boeke en lêers was op sy lessenaar opgestapel. Desnieteenstaande het niemand sy vermoë onderskat om op versoek, in ’n breukdeel van ’n sekonde, ’n lêer met “militêre presisie” uit een van die stapels te pluk nie.

Vele plantpatoloë sal talle spesiale stories oor prof Wehner onthou en aan hom terugdink as ’n baie spesiale, maar eksentriese en briljante mikoloog. Hy het ’n betekenisvolle impak op die lewe van voorgraadse studente gemaak, was ’n lojale vriend vir menige nagraadse studente en ’n getroue ondersteuner van sy medenavorsers. Hy sal as ’n tradisionele mikoloog, ’n ware plantpatoloog en ’n goeie vriend onthou word.

Prof Fritz Wehner

3 243

Dit is met diepe leedwese dat ons kennis geneem het van die afsterwe van een van die mees bekende Suid-Afrikaanse fisici, prof Jan H van der Merwe (liefdevol bekend as prof Jan) op Sondag 28 Februarie 2016, op sy 94ste verjaardag.

Prof Van der Merwe is in Humpata, Angola gebore as die seun van ouers wat Dorslandtrekkers was. In 1880 het hierdie Dorslandtrekkers deur die Namib-woestyn getrek om hulself in Angola te vestig. In 1928 het hulle na Namibië (die destydse Suidwes-Afrika) verhuis, waar prof Jan skole in verskeie dorpe bygewoon het.

In 1941 het hy ’n beurs bekom om Ingenieurswese aan die Universiteit van Stellenbosch te studeer. Na die verwerwing van sy BSc-graad, is hy deur die Hoof van die Departement Toegepaste Wiskunde oorreed om oor te skakel na ’n MSc in Toegepaste Wiskunde, wat hy in 1945 met lof geslaag het. In 1946 is hy as ’n junior lektor in die Departement Toegepaste Wiskunde by die Universiteit van Stellenbosch aangestel. In 1947 het hy ’n pos aanvaar by die WNNR (Wetenskaplike Nywerheid- en Navorsingsraad) in Pretoria, onder die toesig van dr Meiring Naudé. Die WNNR het ook aan hom ’n beurs toegeken om ’n PhD in Brittanje te gaan verwerf.

Dr Naudé het gereël dat hy sy PhD in Teoretiese Vastetoestand Fisika onder die leiding van Sir Neville Mott (’n Nobel-laureate) aan die University of Bristol kon

Prof Jan H van der Merwe, ’n beroemde fisikus oorlede

voltooi. Gedurende hierdie tydperk het prof Jan bevriend geraak met ’n hele aantal welbekende fisici, soos byvoorbeeld ’n ander Nobel-laureate, prof CF Powell, professore Tyndall, Burton, Cabrera en Heinz en Doris Wilsdorf.

Teen die einde van 1949 het prof Jan na die WNNR, Suid-Afrika teruggekeer. Vanaf 1953 tot 1964 was hy ’n senior lektor en daarna Medeprofessor in die Departement Fisika by die Universiteit van Pretoria. Hy het besef dat hy ’n beter begrip van Wiskunde moes bekom. In 1956 het hy ’n MSc in Wiskunde aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Gedurende die tydperk wat hy by die Universiteit van Pretoria werksaam was, klasse aangebied vir MSc-studente, van wie sommige welbekende wetenskaplikes (fisici en chemici) in Suid-Afrika geword het. Baie van hulle het later getuig van die geweldige groot invloed wat prof Jan op hulle uitgeoefen het. Gedurende hierdie tyd het hy vriendskapsbande met nog ’n Bristol-kollega, prof Frank Nabarro, Hoof van Fisika aan die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg herbevestig. Studieverlof aan die University of Virginia in 1961 met die Wilsdorfs was tot groot voordeel van sy wetenskaplike uitsette, met vele nuwe gedagteprikkelende idees, insluitende die uitbou van sy aanvanklike model vir die verdikking van twee-dimensionele raakvlakke in 1963.

In 1972 het prof Jan die pos as Hoof van die Departement en Professor in Fisika by die Departement Fisika aan die Universiteit van Pretoria aanvaar. Met die vestiging van die Stigting vir Navorsingsontwikkeling (SNO) was hy een van die eerste groep wetenskaplikes wat gradeer is en het die hoogs moontlike gradering ontvang (’n A-gradering), wat ook addisionele navorsingsbefondsing, tesame met die prestige van die toekenning behels. Dit het hom in staat gestel om besoekende wetenskaplikes vir ’n langer tydperk uit te nooi en Gary Shiflet van die University of Virginia het van daardie tyd af ’n vriend en ’n medewerker geword. Na sy verpligte aftrede op die ouderdom van 65 jaar (die Universiteit van Pretoria was te laat om ’n teen-aanbod aan hom te maak), het prof Jan vanaf 1990 tot 2003 die posisie van Buitengewone Professor by die Departement Fisika van Unisa beklee. Vanaf 2004 is hy as ’n Ereprofessor in die Departement Fisika aan die Universiteit van Pretoria aangestel.

Prof Jan het ook lang tydperke as Besoekende Professor by die Technical University of Claustal-Zellerfeld, Duitsland (1981 en 1989), University of Virginia, VSA (1981) en Besoekende Navorser by Kodak Research Labs, Richmond, VSA deurgebring.

Dit is vanselfsprekend dat so ’n befaamde wetenskaplike op talle belangrike rade en komitees sou dien. Hy het ’n groot aantal toekennings ontvang uit erkenning vir sy prestasies. Dit sluit die volgende in: die Havenga-prys vir Fisika (1967) van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, die EW Muller-toekenning (University of Wisconsin, Milwaukee, VSA), die Stigting vir Navorsingsontwikkeling se A-gradering wat in 1984 vir die eerste maal aan hom toegeken is en daarna herhaaldelik, tot aan die einde van sy werksloopbaan, die De Beers Goue Medalje in Fisika (1984), DSc (honoris causa) Universiteit van Suid-Afrika (1984), ’n SAMES-toekenning vir die beste publikasie in die South African Journal of Physics (1987), die Suid- Afrika Orde vir Uitnemende Diens, Klas 1: Goud (1989), DSc (honoris causa) Universiteit van Pretoria (1990), DSc (honoris causa) Universiteit van Port Elizabeth (1994) en ’n Goue Medalje van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir die Bevordering van Wetenskap (1998). In 2000 is ’n Simposium ter ere van prof JH van der Merwe op die 50ste herdenking van sy ontdekking van die Interfacial Dislocations deur die American Society for Metals, Materials and Minerals aangebied (2000). Hy het in 2000 ook die Tuks Alumni Laureatus-toekenning vir Buitengewone Wetenskaplike Prestasies ontvang en in 2008 het hy die Eeufees- toekenning, Leading Minds 1908 tot 2008 van die Universiteit van Pretoria ontvang vir sy navorsing.

Sy lys van nagraadse student lees soos die Wie is Wie in Fisika in Suid-Afrika, met sy grootste nalatenskap sy omvangryke invloed op wat hy gehad het op sy studente se denkwyse en probleemoplossingsvaardighede. Sy studente, kollegas, vriende, familie en die vakwetenskap Fisika sal hom met deernis mis – ’n groot seun van Suid-Afrika.

Hiermee ons diepste meegevoel aan sy familie, talle kollegas van regoor die wêreld en sy vriende. Ons wil in die besonder ons innige simpatie teenoor sy seun Willem en skoondogter, Marisa, sy dogter Anna en sy klein- en agterkleinkinders uitspreek.

Erkenning: Bydraes deur professore Johan Malherbe en Max Braun

Jan H van der Merwe

In M

emor

iam

3 244

‘n Somerskool waar slimfoon-toepassings ontwikkel word om toenemende burgerlike deelname in natuurbewaring te vergemaklik en aan te moedig is onlangs in Duitsland aangebied. Die eerste Geomatika en Deelname Somerskool met studente en dosente van die Universiteit van Pretoria (UP) en die Karlsruhe Universiteit van Toegepaste Wetenskappe (HsKA) het in Karlsruhe plaasgevind.

Sedert September 2015, ondersteun die Baden-Württemberg Stiftung die Geomatika en Deelname projek – ‘n studie van en navorsing oor die spanningsveld tussen ‘n Europese tegnologiestreek en ‘n ontluikende land in Afrika. Die projek tussen UP en HsKA val onder die Baden-Württemberg-STIPENDIUM für Studierende – BWS plus program. Die projek duur drie jaar en projek-befondsing beloop €125 000. Die doel van die projek is om langtermyn samewerking tussen die Duitse en Suid-Afrikaanse universiteite te bewerkstelling. Onder andere sal ‘n Somerskool by elke universiteit gehou word waartydens studente van beide universiteite sal saamwerk aan ‘n projek.

Prof dr Gertrud Schaab en mnr Christian Stern van die Fakulteit Inligtingbestuur en Media te HsKA het ‘n veelsydige program vir die 18 deelnemers voorberei, waarvan ses Geomatika-meestersgraadstudente van Karlsruhe, agt Geoïnformatika-studente van UP en hulle dosente, prof Serena Coetzee en me Victoria Rautenbach was.

Op die eerste namiddag is lesings aangebied oor ‘Waarom natuurbewaring?’ en oor die voorstelling van die landskapont-wikkeling in die Hoër Rynriviervallei op historiese kaarte. Op die tweede dag het die deelnemers die studiegebied, die ‘Rastatter Rheinaue’-natuurbewaringsarea, besoek. Eerstens het hulle ‘n begeleide toer met verteenwoordigers van die ‘Umweltstiftung Rastatt’ en die ‘Stadt Rastatt’ meegemaak. Later het hulle ‘n kano-

UP neem deel aan Somerskool oor Geomatika in Duitsland

toer onderneem. Dit het deelnemers die geleentheid gebied om

idees vir mobiele karteringstoepassings te ontwikkel wat aanleiding

kan gee tot toenemende burgerlike deelname en aktiewe leer oor

natuurbewaring. ‘Ons sal nog moet sien hoeveel vordering ons met

die toepassing se ontwikkeling gedurende die twee weke sal maak,’

het prof dr Schaab gesê, ‘maar ons hoop ook om verskille in relevansie

vir en aanvaarding van burgerlike deelname tussen Afrika en Europa

te demonstreer. Terselfdertyd behoort deelnemers die geleentheid

te kry om nuwe tegnologieë en ontwikkelinge in geomatika te leer en

om daarmee te eksperimenteer.’

Nog ‘n Somerskool sal oor ‘n jaar in Pretoria aangebied word. In

beide somerskole sal die deelnemers saamwerk op ‘n projek wat

verband hou met ‘Deelnemende Afstandswaarneming’. As gevolg

van die wydverspreide gebruik van slimfone met ‘n verskeidenheid

van sensors, neem burgerlikes toenemend deel aan dataversameling

en uitruiling. Dus sal deelnemers aan die somerskool in Karlsruhe

hierdie nuwe moontlikhede ondersoek deur die ontwikkeling van

mobiele karteringstoepassings om sodoende burgerlike deelname

in natuurbewaring te bevorder.

Benewens die verkryging van professionele vaardighede speel

interkulturele uitruiling ‘n belangrike rol. Hiervoor word ‘n toepaslike

sosialiseringsprogram benodig. Die Suid-Afrikaanse studente het

Baden-Württemberg, meer spesifiek Karlsruhe, leer ken en sal

terugkeer huis toe met die indruk van ‘n studie- of navorsingsbesoek

aan hierdie deel van Duitsland.

Lees meer oor die Baden-Württemberg Stiftung en Baden-

Württemberg Stipendium by https://www.hs-karlsruhe.de/en/

the-university/about-hska/press-releases/geomatics-participation-

summer-school.html

UP-deelnemers by die Rastatter Rheinaue-natuurbewaringsarea

Geb

eure

en

Konf

eren

sies

3 245

Tydens die SCITAL-forum in Mei vanjaar is die beplande ontwikkelings vir die

verandering van studenteruimtes op die kampus bespreek.

Die SCITAL-forum is tans besig om ondersoek in te stel na die tema Leerruimtes

(Learning Spaces). Tydens hierdie sessie is akademici ingelig oor die sogenaamde

Leerruimtes. Prof Marietjie Potgieter (Adjunkdekaan: Onderrig en Leer) het

verduidelik dat ’n Sosiale Leerruimte ’n modieuse Europese konsep is en na ruimtes

op die kampus verwys waar studente saam of op hul eie akademiese tyd kan bestee.

UP is vinnig besig om sulke ruimtes te ontwikkel. Prof Susan Adendorff (Direkteur:

Fasiliteitbestuur), mnr Nicolaas Bester (Adjunkdirekteur: Fasiliteitbestuur) en me Ané

Genis (Kampusargitek) het hul kundige menings oor hierdie aangeleentheid gedeel.

Die geleentheid is afgesluit met ’n besoek aan die Makerspace, ’n spesifieke Sosiale

Leerruimte wat reeds gebruik word. Makerspace is ’n plek waar studente lewe kan

gee aan hul kreatiewe idees. Dit is in die biblioteek geleë en bied ’n ruimte waar

studente saam kan leer en skep en is toegerus met snelle prosesseringstegnologieë

soos 3D-drukkers.

Leer meer omtrent sosiale leerruimtes by UP

Van links: Prof Ansie Harding (SCITAL), me Ané Genis (Kampusargitek), prof Susan Adendorff (Fasiliteitbestuur), mnr Nicolaas Bester (Fasiliteitbestuur) en prof Marietjie Potgieter (SCITAL).

Geb

eure

en

Konf

eren

sies

3 246

Vroeër vanjaar is twee opwindende werkswinkels by die Universiteit van Pretoria (UP) se Sentrum vir Bioïnformatika en Berekeningsbiologie (SBBB) aangebied.

Die Proteomika en die Metabolomika werkswinkels is onderskeidelik in Februarie en Maart aangebied. Proteomika en Metabolomika is ‘Omiese’ tegnologieë wat hoofsaaklik gemik is op die universele opsporing van proteïne en metaboliet in ’n spesifieke biologiese steekproef. Hierdie benaderinge maak van analitiese tegnieke soos Massaspektrometrie (MS) en Atoommagnetiese Resonansie (AMR) gebruik. Die eksperimentele ontwerp, die uitvoer van eksperimente en data en statistiese analise is van nature ingewikkeld en dus is werkswinkels soos hierdie noodsaaklik om ’n dieper begrip van nuwe en voorpunttegnologieë te fasiliteer.

Die doel van die werkswinkels was om ’n platform vir die bespreking van sleutelvrae en uitdagings in hierdie twee velde te voorsien, vanaf navorsingontwerp tot by proteïen- en metabolite-identifkasie. Die werkswinkelprogramme is ontwerp om lesings, rekenaar-gebaseerde studiesessies, deelnemervoorleggings en interaktiewe groepbesprekings in te sluit. Beide werkswinkels is nasionaal geadverteer en het deelnemers van ’n aantal verskillende instellings gelok, insluitende UP, UJ, WITS, Unisa, UCT, UWC, SU, TUT en VUT.

Die Afrikasentrum vir Gene Tegnologieë (ACGT) was voorwaar bevoorreg betreffende die fasilitering van hierdie werkswinkels,

ACGT bou nasionale Bioïnformatika kapasiteit

want hulle het daarin geslaag om verskeie internasionale en plaaslike kundiges te bekom, wat almal oor ’n rykdom van kundigheid en kennis in verskillende aspekte van Proteomika en Metabolomika beskik. Internasionale kundiges het prof Lennart Martens (Ghent Universiteit), prof Kathryn Lilley en dr Reza Salek (beide van die Universiteit van Cambridge), dr Karl Burgess (Universiteit van Glasgow) en prof Ron Wehrens (Wageningen Universiteit) ingesluit. Suid-Afrikaanse kundiges het prof Ian Dubery, dr Edwin Madala, en mnr Fidele Tugizimana (almal van die Universiteit van Johannesburg), prof Alvaro Viljoen (Tshwane Universiteit van Tegnologie) en me Tracey Hurrell (Universiteit van Pretoria) ingesluit.

Dr John Becker van die ACGT het beide werkswinkels geopen en het ook as spreker opgetree, waartydens hy die pogings van die Bioïnformatika Diensplatform (BDP) lof toegeswaai het vir hulle finansiële ondersteuning van hierdie tipes opleiding en kapasiteitverbeteringsprogramme, soos werkswinkels wat buitengewoon goed ontvang is en die deelnemers is ywerig om Proteomika- en Metabolomikaverenigings te stig en om dit te laat ontwikkel. Vir meer inligting oor die ACGT aktiwiteite in enige van hierdie velde wat deur die ACGT onderneem word, is dr Farhahna Allie of mnr Thabo Khoza se besonderhede is beskikbaar by: http://www.acgt.co.za/contact-us. Die ACGT erken graag die voortgesette ondersteuning van sy vennote in die

kapasiteitverbeteringsprogramme, veral die SBBB.

Caption

Geb

eure

en

Konf

eren

sies

3 247

Volgens prof Marietjie Potgieter, Adjunkdekaan: Onderrig en Leer by die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe het die ontwrigtende gebeure vroeër vanjaar hulle laat besef dat dit van die uiterste belang is dat daar ondersoek ingestel moet word na alternatiewe leerruimtes benewens die lesinglokale.

Hierdie gebeure het hulle laat besef hoe belangrik Wi-Fi toeganklikheid is en hulle het ondersoek ingestel na hierdie aspek. Sy het hierdie stelling gemaak tydens die eerste SCITAL-vergadering vanjaar. Dit was daarom nie ’n verrassing dat die onderwerp van hierdie vergadering Learning Spaces, was nie. Die kundige sprekers oor hierdie onderwerp was mnr André Kleynhans van UP se IT-afdeling, mnr James Devine van Projek Isizwe (die diensverskaffers vir Tshwane se Wi-Fi) en mnr Dolf Jordaan van Onderrig-innovasie.

Mnr Kleynhans het na die Eenheid vir Akademiese Inligtingtegnologie verwys en ook na die belangrike rol wat dit speel as ’n koppelvlak tussen ITD en akademie. Hy het verduidelik dat die Wi-Fi bekendstelling op die kampus in fases sal plaasvind. Tydens fase 1 het alle gemeenskaplike areas Wi-Fi via 1 000 toegangspunte op en om die kampus ontvang. Hierdie fase is in 2014 voltooi. Gedurende die tweede fase word ondersoek ingestel na Wi-Fi in lesinglokale en ’n stuurkomitee het die lokale geprioritiseer. Hy het die leidinggewende beginsels met die gehoor gedeel en dit kan as PowerPoint-aanbieding op die clickUP-webtuiste vir SCITAL besigtig word. Hy het die verskil tussen hoë digtheid en die teenwoordigheid van Wi-Fi in ’n lokaal verduidelik en ook ’n uiteensetting van die lokale op grond van hul groottes en die voorkeur wat daaraan toegeken is, verskaf. Mnr Kleynhans het sy aanbieding afgesluit met die uitdagings wat die projekspan in die gesig staar, byvoorbeeld die feit dat die lokale voortdurend in gebruik is en het ’n tydlyn voorgestel.

SCITAL ondersoek leerruimtes met ’n verskil

Vanaf links: Dr Ina Louw (SCITAL), mnr James Devine (Projek Isizwe), dr Lizelle Fletcher (SCITAL), mnr André Kleynhans (IT), prof Marietjie Potgieter (SCITAL) en mnr Dolf Jordaan (Onderrig-innovasie).

Erkenning: Dr Ina Louw (Departement Onderriginnovasie)

Mnr James Devine het sy passie vir toegang tot die tegnologie vir alle

leerders en studente gedeel en verduidelik waarom hy ’n NRO gestig

het om groot instellings soos die Stad van Tshwane te help om hul

mense deur die gebruik van Wi-Fi te bemagtig. Hy het verduidelik

dat daar nog nie oral ontvangspunte is nie, omdat die projek nog

nie voltooi is nie. Hy het ook na die feit verwys dat hoe nader ’n

mens aan die ontvangspunt is, hoe beter sal die ontvangs wees. Die

ontvangspunte is ook nie eintlik ontwerp om mense in hul huise te

bedien nie. ’n Kaart met die ontvangspunte is beskikbaar op http://

projectisizwe.org/coverage/

Mnr Dolf Jordaan het uitgewy oor die impak van Wi-Fi en mobiele

toepassings op onderrig en leer. Hy het statistieke en vooruitskouings

oor studente-eienaarskap van apparate gedeel. Data is by 1 500

studente ingesamel en studente het vyf versoeke gehad rakende die

inhoud op clickUP (ons leerbestuurstelsel): Dosente moet: bewus

wees van mobiele aanpasbaarheid; meer gebruik maak van die

basiese kenmerke van clickUP; aktief deelneem aan besprekings

op clickUP; toegang tot ander hulpbronne toelaat; en die inhoud

sentraliseer (nie desentraliseer nie). Hy het ook van die clickUP-

verkeerspatrone gedeel, veral wat betref mobiele toegang. Verder

het hy uitgewy oor die tipes toegangsmetodes (hulpmiddels,

inhoud of evaluering). Die gehoor was verstom oor hoeveel inligting

ontleders van clickUP af kan kry.

Die SCITAL-forum (Wetenskaponderrig en -leerforum) van die

Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe) is ’n professionele

gemeenskap wat personeellede van die Universiteit van Pretoria

byeenbring wat ’n besondere belangstelling in die onderrig en leer

van wetenskap en wiskunde op tersiêre vlak het.

Geb

eure

en

Konf

eren

sies

3 248

Die Bosbou Molekulêre Genetika (BMG)-navorsingsprogram is

onlangs deur die Departement Wetenskap en Tegnologie uitgenooi

om hulle navorsing by die eerste Wetenskapforum van Suid-Afrika

ten toon te stel, wat by die WNNR Internasionale Konferensiesentrum

in Pretoria aangebied is.

Regeringslui, insluitend die Minister van Wetenskap en Tegnologie,

nywerheidsverteenwoordigers, studente (selfs ’n 9-jarige skolier) en

mense met ’n algemene belangstelling in wetenskap en tegnologie

het deel uitgemaak van die uiteenlopende skare van bywoners.

Studente wat BMG by die uitstalling verteenwoordig het, het

“lewendige” onderhoude op televisie (SABC 2) en Power FM gevoer

en het met entoesiasme die toewyding aan uitnemendheid in

wetenskap verbeeld wat BMG op ’n daaglikse basis bevorder.

Meer onlangs, gedurende April, is BMG ook uitgenooi om sy diverse

navorsing gedurende die jaarlikse Sappi Uitvoerende Oorsig by

die Sappi Tegnologiesentrum ten toon te stel. Die doel van die

FMG stel navorsing by Wetenskapsforum ten toon

Een van die BMG-studente, me Lorraine Mhoswa, word voorberei vir ’n “lewendige” televisie-onderhoud op SABC 2 by die Suid-Afrikaanse Wetenskapsforum.

byeenkoms was om navorsingsresultate vir die afgelope twaalf

maande te onderstreep, asook om die planne en gedagtes vir die

toekoms aan die uitvoerende bestuurslede, insluitend die Sappi Bpk

HUB, mnr Steve Binnie en die Sappi Suidelike Afrika HUB, mnr Alex

Thiel mee te deel. In sy voorlegging wat hy op uitnodiging gemaak

het, het prof Zander Myburg van BMG verwys na die waardevolle

voordele van 13 jaar se samewerkende navorsing tussen Sappi en

BMG en het die visie van geleenthede vir die toekoms voorgehou.

Hierdie boodskap is versterk met ’n demonstrasie van ʼn hoë gehalte

oor DNS-vingerafdruktegnologie, die genetiese modifikasie van

plante, en die geleenthede vir die verbetering van die houteienskappe

van bome.

BMG hoop om die positiewe ondervinding wat gedurende hierdie

twee geleenthede opgedoen is te gebruik om voort te gaan om die

belangrikheid van sy navorsing vir die nywerheid, besigheid en die

algemene publiek ten toon te stel.

Geb

eure

en

Konf

eren

sies

3 249

Die Derde Gesamentlike Werkswinkel oor Teoretiese en Wiskundige Epidemiologie is vroeër vanjaar deur die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) en die Universiteit van Pretoria (UP) by die Pure Joy Lodge en Konferensiesentrum in Pretoria aangebied.

Die werkswinkel het uit ’n vooraf-werkswinkel bestaan wat die Saterdag en Sondag aangebied is, gevolg deur die hoof-werkswinkel, vanaf Maandag tot Saterdag. Die vooraf-werkswinkel is aan ’n paar mini-opknappingskursusse in Teoretiese en Wiskundige Epidemiologie gewy. Tydens die hoof-werkswinkel is ’n reeks gespesialiseerde lesings gekombineer, en dit is deur plaaslike en internasionale kundiges op die gebied van Epidemiologie aangebied, met intensiewe werk aan ’n reeks relevante projekte wat deur die deelnemers, hoofsaaklik nagraadse studente, onder die leiding van hierdie kundiges, uitgevoer is. Die hoofdoelwit van die projekte was om in-diepte kwalitatiewe en kwantitatiewe kennis in te win oor die epidemiologiese modelle wat ’n invloed uitoefen op Suid-Afrika en ander Afrika-lande. Dit sluit hoofsaaklik malaria en ander siektes wat deur draers versprei word, MIV/VIGS en tuberkulose in, asook die ontwikkeling van metodes vir die beheer van hierdie siektes. Hierdie werkswinkel het spesifiek van gevallestudies gebruik gemaak om die impak van die beheermaatreëls vir aansteeklike siektes en die ontwerp van gesondheidsbeleide te beklemtoon. Te danke hieraan sal die werkswinkel na verwagting ’n betekenisvolle bydrae lewer tot die ontstaan van ’n kritiese hoeveelheid kundiges op die gebied van Wiskundige Epidemiologie, plaaslik en ook regoor die kontinent.

’n Hoogtepunt van die werkswinkel was die openingsrede deur die Direkteur-Generaal van die Nasionale Departement van Gesondheid, me Malebona Matsoso. Sy het gesê dat Suid-Afrika se reeds oorlaaide gesondheidsorgstelsel onder nog groter druk geplaas word namate die land se demografie verander, die siektes ontwikkel

’n Gesonde dosis Wiskunde in geveg teen aansteeklike siektes

en die antibiotika en ander medikasie al hoe meer oneffektief raak. Sy het egter bygevoeg dat daar hoop is op ’n effektiewe respons – en dat die regte medisyne net sowel ’n gesonde dosis Wiskunde kan insluit. Sy het genoem dat die Departement Gesondheid reeds Wiskundige Modellering gebruik vir ingrypings in verskillende gesondheidsorguitdagings.

Die werkswinkel was interdissiplinêr van aard en is deur die SARChI-leerstoel in Wiskundige Modelle en Metodes in Bio-ingenieurswese en Biowetenskappe (M3B2) aangebied. Dit het 54 deelnemers uit agt lande (Botswana, Kanada, Frankryk, Nigerië, Suid- Afrika, die VSA, Zambië en Zimbabwe) gelok. Die meeste deelnemers was nagraadse studente uit ’n wye verskeidenheid vakgebiedde, insluitend Wiskunde en Toegepaste Wiskunde, Biologie, Dierkunde en Entomologie, Veeartsenykunde en Gesondheidswetenskappe.

Die werkswinkel het sy sukses te danke aan die teenwoordigheid van sewe hoëprofielnavorsers wat as van die beste internasionale kundiges op die gebied van Epidemiologie beskou word. Hulle het lesings van ’n hoë standaard aangebied en baie lang ure gewerk deur leiding te gee aan die toegewyde deelnemers wat aan navorsingsprojekte gewerk het.

Die organiseerders van en deelnemers aan die Derde Gesamentlike Unisa-UP Werkswinkel is baie dankbaar teenoor die borge van die werkswinkel: DWT/NNS SARChI-leerstoel in M3B2, die Universiteit van Pretoria, die kantoor van prof Mamokgethi Phakeng, Viserektor: Navorsing en Innovering, Unisa en die DWT/NNS se Sentrum vir Uitnemendheid in Wiskundige en Statistiese Wetenskappe (CoE-MaSS), asook die Universiteit van die Witwatersrand.

Vir meer inligting, besoek: http://www.up.ac.za/unisa-up-workshop

Voor: Prof Abba Gumel (Arizona State University, VSA), prof Jacek Banasiak, (UP) en prof Yves Dumont (CIRAD, Frankryk). Agter: Dr Justin Munganga (Unisa), dr Rachid Ouifki ( SACEMA), prof Roumen Anguelov, (UP) en dr Michael Chapwanya (UP).

Geb

eure

en

Konf

eren

sies

3 250

Prof Riëtte de Kock, verbonde aan die Departement Voedselwetenskap was die hoofspreker tydens die 2de Simposium van die Voedselstruktuur en -funksionaliteitforum met die tema From Molecules to Functionality (www.foodstructuresymposium.com), wat in Maart 2016 in Singapoer gehou is.

Tydens haar toespraak, getiteld Sensory Science: What is hot and what is not? het sy ’n oorsig gegee oor klassieke benaderings en nuwe ontwikkelinge in die toepassing van Sensoriese Wetenskap, met die doel om ’n beter begrip te kry van eindgebruiker-funksionaliteit. Die Voedselstruktuur en -funksionaliteitforum fokus hoofsaaklik op die strukturering van voedsel om dit aan te pas by eindgebruiker-funksionaliteit (bv verbeterde tekstuur, smaakgewaarwording, gesondheid en rak-stabiliteit). Sensoriese Wetenskap fokus op metodes wat aangewend word om die kenmerke en gebruikers van produkte te bestudeer.

Prof De Kock het ook die navorsingspan van prof Ciaran Forde, Hoofnavorser: Sensoriese Voedingswetenskap by die Kliniese Navorsingsentrum van die Yong Loo Lin Mediese Skool van die Nasionale Universiteit van Singapoer besoek en daar besprekings gehou. https://www.a-star.edu.sg/sics/About-Us/Our-Investigators/Ciaran-Forde.aspx

Prof Ford se groep se navorsingsfokus is om die sensoriese en kognitiewe inname en die daaropvolgende dieetpatrone wat gesondheid bepaal, te verstaan. Hul doelwit is om insig te verkry in die faktore wat die keuse van voedsel, eetgedrag en sensoriese faktore wat energie-inname tydens en tussen maaltye beïnvloed. Hulle bestudeer die ontwikkeling van voedselvoorkeure en dieetgedrag by kinders, volwassenes en bejaarde persone.

Meer oor Sensoriese Wetenskap

Van links: Dr Anna Fogel, dr Keri McCrickerd, prof Riëtte de Kock, dr Agnes Tey, Edwin Chia-Ming, Claudia Leong en prof Ciaran Forde

Die Departement Statistiek by UP, die oudste statistiek departement in Suid-Afrika, het onlangs sy 76ste verjaarsdag gevier, asook die feit dat die eerste statistiek-lesing 90 jaar gelede by die Universiteit van Pretoria aangebied is. Prof Dawie Stoker (Hoof van die Departement vanaf 1963 tot 1980) het die kersies op die koek doodgeblaas en prof Nico Crowther (Hoof by die Departement vanaf 1991 tot 2012) het ook by hierdie viering aangesluit.

Eerste statistiek lesing 90 jaar gelede by UP aangebied

Prof Dawie Stoker en dr Liebie LouwProf Nico Crowther en prof Andriëtte Bekker

Geb

eure

en

Konf

eren

sies

3 251

Die eerste gemengde tentoonstelling ooit is onlangs by die Universiteit van Pretoria (UP) aangebied om die gemengde model vir onderrig en leer te vier.

In sy openingsrede tydens die tentoonstelling het prof Norman Duncan, die Adjunkvisekanselier: Akademie by UP, gesê dat daar vandag uiteenlopende onderrigstyle en -benaderings gevier word wat gebruik word of gebruik kan word om die student se leerervaring en studentesukses te verbeter. Hy het ook genoem dat hierdie tentoonstelling die rolspelers op die gebied van onderrig-innovasie in staat stel om met mekaar te interreageer en te netwerk. Dit bied ook aan die Universiteit die geleentheid om sy verbintenis ten toon te stel om ’n reeks tegnologie-ondersteunde onderrigmetodes tot diens van studentesukses in te span.

Die Forum vir Wetenskaponderrig en -leer (SCITAL-forum) van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe by UP was verantwoordelik vir die organisering van hierdie tentoonstelling.

Die Universiteit het die gemengde model vir onderrig en leer, wat ’n optimale vermenging is van aangesig-tot-aangesig en virtuele (of aanlyn)-leergeleenthede vir studente, aanvaar. Hierdie model bied die beste van twee wêrelde – aangesig-tot- aangesig onderrig waar dit die beste van toepassing is, maar verryk deur die wye reeks onderrig-hulpmiddels en -produkte wat beskikbaar raak.

UP vier gemengde model vir onderrig en leer met unieke tentoonstelling

Volgens prof Marietjie Potgieter, Adjunkdekaan: Onderrig en Leer van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe is daar baie aanbiedingsmetodes in ’n gemengde model. Dit begin by die wel-bekende aangesig-tot-aangesig lesing, selfstudie deur studente en dan, belangrik, die aanlynkomponent om studente-onderrig te ondersteun. ‘Gemeng’ beteken dat studente by aanlyn-aktiwiteite betrek word. Daar bestaan vele verskillende tipes aktiwiteite, wat by die tentoonstelling vertoon is. UP is een van die toonaangewende universiteite in ‘Swartbord-gebruik’ (Blackboard use). Dit is die leerbestuurstelsel wat clickUP huisves. clickUP is die virtuele ruimte waar studente enigiets kan vind, van eksamensroosters, aankondigings, kennisgewings, regdeur tot by hul punte.

Sommige van die gemengde aktiwiteite wat by die tentoonstelling vertoon is, was Turnitin, die plagiaat-opsporingspaket, TurningPoint Technologies met hul klikkers (gehoorrespons-toestelle), ‘Swartbord’ (Blackboard) met al sy funksionaliteite, mobiele toepassings, YouTube video’s, verhalende PowerPoint-vertonings en vele meer. Wat elektroniese handboeke betref, het Cengage, Pearson, Wiley en McGraw Hill uitgestal en daar was ’n paneelbespreking oor wat in die toekoms beskikbaar sal wees. Uit UP se stal was ons eie Creative Studios en die steun wat dit aan dosente bied, ten toon gestel. Verder was daar ook ’n demonstrasie in die gebruik van QR-kodes, cahoot, asook die biblioteek se Makerspace (3D-drukker).

Dr Ina Louw, Opvoedkundige Konsultant verbonde aan die Universiteit en ’n lid van SCITAL, het beklemtoon dat die huidige situasie in ons skole dit noodsaak dat universiteite studente nou meer as ooit tevore ondersteun en dat aanlyn-ruimtes die ideale manier is om dit te doen. Die leerproses word ondersteun deur vraelyste (quizzes), waar studente veelvuldige geleenthede kry om te antwoord en waar hulle gewys word wanneer hulle verkeerd is, en gereelde aanlyntoetse waarin hulle toegelaat word om hul eie vordering te meet. Dr Louw het ook gesê dat daar nie beplan word om van uitmuntende dosente ontslae te raak nie, maar dat hul hande net met die hulp van die tegnologie versterk word.

Van links: SCITAL Forum se bestuurskomitee: Prof Ansie Harding, dr Lizelle Fletcher, prof Marietjie Potgieter en dr Ina Louw.

Geb

eure

en

Konf

eren

sies

3 252

Sewe bioloë, een meganiese ingenieur, ’n industriële ingenieur, ’n elektriese ingenieur en ’n inligtingkunde en multimedia-student – hierdie is die nuuskierige groep kundiges waaruit die multidissiplinêre sintetiese biologiespan bestaan wat UP by die Internasionale Geneties-ontwerpte Masjinerie-kompetisie (International Genetically Engineered Machines (iGEM)) in 2016 gaan verteenwoordig. Dit is ’n hoogaangeskrewe toernooi wat jaarliks gedurende Oktober honderde internasionale en nasionale universiteit- en hoërskoolspanne na Boston lok. Die Pretoria_UP-span sal hierdie taak aanpak om fotobioelektrochemiese selle vir die skep van volhoubare en groen elektrisiteit uit fotosintetiese stelsels te verbeter as hul 2016 iGEM-projek.

In Januarie vanjaar, het die span Sappi Bpk genader vir befondsing en het die projek, wat deur dr Charlie Clarke (Bestuurder: Sappi Tegnologiesentrum) by die Sappi Braamfontein-hoofkantoor

UP en Sappi gesamentlike borge van Sintetiese Biologie voorgraadse span

Pretoria_UP-span bied hul projekvoorstel by die Departement Wetenskap en Tegnologie aan.

2016 Pretoria_UP-span bespreek sintetiese biologie, fisika en ingenieurswese. Van links na regs: Nomakula Zim, Maryn Van der Laarse, Brad Querl, Simon Bezuidenhout, Vaughn Barendsen, Thabang Msimango, Ricu Claassens, Modjadji Makwela, Palesa Mohale, Bernard Smit en Pieter Bredenkamp.

aangebied. Sappi het ’n ruim borgskap van R250 000 aan die span geskenk vir hul 2016-projek, en borg ook hul reiskoste, en UP het ook ’n bykomende R100 000 aan die span geskenk om hul uitgawes vir hul deelname aan die kompetisie te help dek. Dit is aanvullend tot basiese befondsing wat deur die span se gasheer-laboratorium, die Bosbou Molekulêre Genetika (BMG)-program (Direkteur: prof Zander Myburg) by die Departement Genetika geskenk is as deel van hul jaarlikse gemeenskapsprojek.

Die 2016-span staan onder leiding van ’n paar akademici, insluitend prof Zander Myburg, dr Eshchar Mizrachi (BMG) en dr Tjaart Kruger (Biofisika Navorsingsgroep, Departement Fisika). Dr Steven Hussey (BMG) gee die opdragte aan die span en prof Ncholu Manyala (Koolstof-gebaseerde Nanomateriale Navorsingsgroep) fasiliteer grafeen-gebaseede materiale wat deur die span ontwikkel word as deel van hul fotobioelektrochemiese selontwerp.

3 252

Geb

eure

en

Konf

eren

sies

3 253

Die 57ste jaarlikse Suid-Afrikaanse Statistiese Vereniging (SASV) Konferensie is onlangs gesamentlik deur die Departement Statistiek, die Universiteit van Pretoria (UP) en StatsSA aangebied. Die teenwoordigheid van Minister Jeff Radebe (in die Presidensie, vir Beplanning, Monitering en Evaluering) en mnr Pali Lehohla (Statistiek-Generaal, StatsSA) het ’n baie hoë profiel aan hierdie jaar se SASV Konferensie verleen, veral met die openingsrede van Minister Radebe. Die konferensie het ’n wye reeks belangrike kwessies aangespreek wat verband hou met die Suid-Afrikaanse statistiese gemeenskap.

Internasionale groep ’n Indrukwekkende groep van nasionale en internasionale sprekers was teenwoordig. Hiervan was 30 internasionale afgevaardigdes deel van die voltal- en parallelle spesiale sessies. Voltalsessiesprekers het ingesluit prof Din Chen (Biostatistikus, Rochester Universiteit) wat statistiese meta-analise en die effektiwiteit daarvan bespreek het. Hy het ’n oorsig aangebied van meta-analise met ’n opsomming van statistieke op beide onveranderlike effekte en veranderlike effekte modelle wat studievariasies tussen die twee groepe insluit. Mnr Walter Radermacher (Direkteur-Generaal van Eurostat en Hoofstatistikus van die Europese Unie) het amptelike statistieke en die uitdagings wat statistici die hoof moet bied, omdat die samelewing vinnig ontwikkel en al hoe meer data en tegnologies gedrewe raak, bespreek. Dr Robert N Rodriguez (Senior Direkteur Navorsing en Ontwikkeling by die SAS Instituut en 2012 President van die Amerikaanse Statistiese Vereniging het dit bevraagteken of die statistiek professie gereed is vir die wêreld van groot data, aangesien die vraag na statistiese vaardighede nog nooit so groot was in areas van besigheid, regering en navorsing nie. Deur hierdie internasionale sprekers te ontvang, sal Suid-Afrika op die voorpunt bly van die internasionale akademiese rigtings in die vakwetenskap statistiek.

57ste Suid-Afrikaanse Statistiese Vereniging Konferensie by UP aangebied

Van links: Mnr Pali Lehohla (Statistiek-Generaal, StatsSA), mnr Charl Jansen van Rensberg (SASA voorleggingskompetisie-pryswenner), Minister Jeff Radebe (Die Presidensie, vir Beplanning, Monitering en Evaluering) en prof Delia North (Voorsitter by die SASA Onderrigkomitee)

Die 57ste SASV konferensie is afge-sluit met ’n prystoekenningseremonie vir ’n nasionale doktorale, meesters- en honneursvoorleggingskompetisie. Vyf van die ses pryse is aan nagraadse studente van UP toegeken, naamlik Janet van Niekerk (1ste prys doktorale voorlegging), Johan Ferreira (tweede prys doktorale voorlegging) Albert Mijburgh (tweede prys meestersvoorlegging), Prenil Sewmohan (eerste prys honneursplakkaat) en Ané Neethling (tweede prys honneursplakkaat).

UP-studente blink uit in nasionale nagraadse kompetisie

Voor: Mnr Albert Mijburgh, me Ané Neethling en mnr Prenil Sewmohan. Agter: Dr Schalk Human, Janet van Niekerk, prof Andriëtte Bekker, mnr Johan Ferreira, dr Paul van Staden en dr Inger Fabris-Rotelli.

Datawetenskap spitsberaadIn die Datawetenskap werkswinkel is die jongste neigings in datawetenskap bespreek, insluitende ontwikkelings in besigheidsanalise, data-gedrewe oplossings, groot data en geoutomatiseerde databronne, hoëverrigting rekenarisering en die modellering van ongestruktureerde data. Sleutelnywerheidsvennote sowel as akademici het die rol van datawetenskap in die nywerheid en die akademiese wêreld bespreek.

Geb

eure

en

Konf

eren

sies

3 254

Stud

ente

Daar is baie nagraadse studente van regoor Afrika wat by die Departement Voedselwetenskap studeer, almal met ’n wye en ryk kulturele nalatenskap. Die Departement het vir die vyfde opeenvolgende jaar hierdie ryk nalatenskap in die vorm van ’n ‘Smaak van Afrika’-middagete gevier en gedeel.

Tydens ’n opwindende geleentheid waarna die betrokkenes baie uitgesien het, het studente en personeel groepies gevorm en tradisionele geregte van hul lande van herkoms, en in sommige gevalle, van lande waar hulle permanent woon, voorberei. Vanjaar is daar geregte van elf verskillende lande, deur meer as 70 personeel- en studente-‘kokke’ voorberei.

Met voorgraadse Voedselwetenskapstudente wat ook aan die viering deelgeneem het, was daar byna 150 persone wat die vieringe bygewoon het, wat dit verseker die grootste enkele Voedselwetenskapbyeenkoms tot dusver gemaak het. Die geregte het gewissel van mannakoringpap in vingervorm en beesafval uit Zimbabwe, tot ’n fees van geregte uit Ethiopië, bier en pretzels uit Duitsland en ’n verskeidenheid heerlike Suid-Afrikaanse nageregte. Die mededinging vir die pryse vir die beste tradisionele drag was straf. Die resepte word elke jaar versamel om ’n geïllustreerde resepteboek saam te stel wat dan op die Departement se Facebook-blad gedeel word. Indien u daarin sou belangstel om van hierdie resepte te beproef, besoek gerus [email protected] of soek op ons webtuiste vir Tuksfost Recipes.

Voedselwetenskapstudente vier hul kulturele diversiteit

Voedselwetenskapdames spog met hul nasionale drag

Span Nigerië met die tradisionele geregte wat hulle vir die ‘Smaak van Afrika’-middagete voorberei het

3 255

Stud

ente

Courtney Gehle, ’n derde jaar BSc Geografie-student in die Departement Geografie, Geoïnformatika en Meteorologie met ’n besondere belangstelling in Klimaatverandering en Omgewingvolhoubaarheid het onlangs die geleentheid gehad om deel te wees van die Verenigde State (VSA) se Leierskapprogram en om Parys en die VSA te besoek.

Tydens Courtney se besoek aan Parys aan die einde van 2015, is sy verkies as een van agt mense om die opstel van ’n jeug-resolusie oor klimaatverandering tydens die 11de jaarlikse Konferensie van die Jeug (Annual Conference of the Youth (COY11), ’n amptelike konferensie van die Verenigde Nasies Raamwerk Konvensie oor Klimaatverandering (VNRKK) (United Nations Framework Convention on Climate Change (UNFCCC) te koördineer. COY11 het laas jaar oor ʼn tydperk van drie dae 2 000 mense tussen die ouderdomme 8 en 30 jaar byeengebring om kwessies wat betrekking het op klimaatverandering krities te bespreek en om dan ’n jeug-resolusie oor klimaatverandering op te stel. Die afgevaardigdes het in agt werkgroepe verdeel in ooreenstemming met verskillende onderwerpe en Courtney is aangewys om die werkgroep oor Jeug-insluiting in Klimaat-wetgewing te koördineer. Hierdie Jeug-resolusie is deur Francois Hollande, die Franse president, Laurent Fabius, Franse Minister van Buitelandse Sake en President van die COP21 gebruik, sowel as deur Ahmad Alhendawi, die Verenigde Nasies se

Geografie-student deel van internasionale klimaatverandering-resolusie

Courtney Gehle

Sekretaris-generaal se Verteenwoordiger oor die Jeug gedurende die

onderhandelinge by COP21.

“Die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe en Departement

Geografie, Geoïnformatika en Meteorologie het my reis geborg en

sonder hulle ondersteuning sou ek nooit die geleentheid vir hierdie

absoluut ongelooflike ondervinding gehad het nie,” het ’n dankbare

Courtney gesê.

Sy was ook gelukkig genoeg om deur die VSA se Departement van

Binnelandse Sake gekies te word as een van vier Suid-Afrikaners

en een van twintig Suider-Afrikaanse leiers vir ’n volledig geborgde

kulturele en opvoedkundige leierskapuitruilprogram vroeër vanjaar.

Die program staan bekend as Study of the U.S Institutes for Student

Leaders on Civic Engagement. Gedurende die program het hulle ’n

maand by die Universiteit van Nebraska – Lincoln deurgebring vir

die opvoedkundige leierskap en gemeenskapdiensaspekte van hulle

reis. “Die hoogtepunt van my tyd in Lincoln was om die geleentheid te

hê om ’n lewendige toespraak van Barack Obama te beleef. Ons het

toe ’n weeklange studietoer na Alabama en Washington DC gehad.

In Alabama het ons in die spore van dr Martin Luther King Jr op die

burgerregte-roete gevolg. In Washington het ons verteenwoordigers

van die Departement Binnelandse Sake en VSA Kongreslid Jeff

Fortenberry ontmoet,” het ’n opgewonde Courtney afgesluit.

3 255

3 256

Stud

ente

As deel van ’n uitreikprogram om bewusmaking aan te wakker oor die nood waarin bye verkeer, het die Sosiale Insekte Navorsingsgroep (SING) van die Departement Dierkunde en Entomologie, ook bekend as die ‘Die Bye-groep’ die Graad 7-leerders van Cornwall Hill College vroeër vanjaar tydens hulle Natuurwetenskapklasse besoek.

Die doel van die besoek was om die leerders omtrent bestuiwingsdienste, byeboerdery en byebewaring op te voed, veral in die lig van die kommerwekkende agteruitgang van onlangse wêreldwye bye-populasies. Bye en ander bestuiwers en die ander waardevolle bestuiwingdienste wat hulle lewer, help om ongeveer een uit elke drie stukkies voeder wat ons eet, te produseer. Die meeste gewasse wat ons plant vir hulle vrugte (insluitend groente), neute, sade, vesel (soos katoen) en hooi vereis bestuiwing deur insekte. Bestuiwende insekte speel ’n kritiese rol in die handhawing van natuurlike plantgemeenskappe en om te verseker dat die meeste blommende plate saad produseer. Die heelbelangrikste insekbestuiwers is bye, en al is heuningbye die mees bekende tipe bestuiwingsbye wat algemeen bestuur word, is daar honderde ander byespesies wat tot ’n sekere mate bestuiwingsdienste by gewasse lewer, wat ook baie belangrik in natuurlike ekostelsels is.

Die klasse was beide inligtinggewend en interaktief. Die leerders het nie net die geleentheid gehad om deur die mikroskoop na bye-larwes en papies te kyk nie, maar die tentoonstelling het ook werker-bye ingesluit wat stuifmeel in hulle stuifmeelmandjies op hulle agterpote dra en ’n baie skaars blik op die koningin-by. Die leerders is ook bederf met ’n proesel heuning, geoes uit die korf van die Universiteit se byeboerdery. Dit was die eerste keer wat die meeste van die leerders heuning wat nog is die waskoek was, geproe het. Die grootste aantrekkingskrag was ongetwyfeld die waarnemingskorf – ’n klein verseëlde korf wat bestaan uit twee broeirame en 200 tot 300 jong bye wat besig bly met die skoonmaak en versorging van die broeikolonie. Die kas het glaskante waardeur die aktiwiteite aan die binnekant van die korf dopgehou kan word. Na afloop van die sessie het die onderwyser die leerders ’n bietjie uitgevra oor bye en bestuiwing. Dit lyk of hierdie slim kinders al die regte antwoorde op al die vrae ken. Dit toon dat hierdie toekomstige leiers ywerig omtrent byeboerdery is!

Die jongste gegons oor bye met leerders gedeel

Geklee in hulle beskermende bye-pakke as deel van die demonstrasie, verduidelik die byeversorgers aan die Grade 7’s dat beroking van die bye voordat die korf oopgemaak word, die bye kalmeer.

Lede van die ‘Bye-groep’ wys aan die Graad 7’s hoe die binnekant van ’n byekorf lyk.

3 257

Stud

ente

’n Studentevereniging wat aksie neem en bewusmaking skep betreffende omgewingskwessies wat ons kampus en die omliggende gemeenskap beïnvloed – dit is Die Groenlyn Vereniging (The Greenline Society).

Drie passievolle studente, Jasmine Jacob, Brian Nkala en Courtney Gehle, almal van die Fakulteit Natuur en Landbouwetenskappe, het die Vereniging in 2015 gestig. Hulle het ’n soliede basis geskep en het toe vinnig uit die wegspring blokke vir 2016 gekom.

“Ons beplan werklik opwindende projekte vir 2016 en ons het probeer om so insluitend moontlik betreffende alle dissiplines te wees”, het die huidige Voorsitter, Courtney Gehle gesê. “Ons sien daarna uit om te sien wat ons alles kan bereik en om met ander organisasies op kampus saam te werk ten einde ’n gemeenskaplike doel te bereik”.

Brian Nkala, VSR lid vir Fasiliteite, Veiligheid en Sekerheid hoop dat deur hierdie Die Groenlyn, sal die Universiteit sy koolstof voetspoor verklein en dat studente meer bewus sal wees van die impak wat hulle op die koolstof voetspoor het. Deur sy portefeulje hoop hy om die Universiteit nader aan ’n volhoubare toekoms te beweeg.

Die Groenlyn werk nou saam met die Departement Fasiliteitebestuur en as gevolg van daardie vennootskap het die Universiteit se herwinningsprogram in aanvang geneem. Brian het verwys na Courtney se verduideliking dat enigiets wat tans op enige van die UP-kampusse weggooi word, herwin word.

Ander projekte van Die Groenlyn sluit in die organisering van die Universiteit van Pretoria se Groen week, die organisering van boomplantings en samewerking met TuksRes. Verlede jaar het TuksRes twee Groenlynlede na Kaapstad gestuur, waar hulle UP by die Jaarlikse Groenkampus-konferensie verteenwoordig het. Courtney Gehle is ook verlede jaar uitgenooi om by die Stad Tshwane se Jeug en die Groen Ekonomie-seminaar te praat.

Die Groenlyn se doel is om 3 650 bome in 2016 te plant, en beplan ook ander geleenthede, soos skoonmaakgeleenthede seminare, Aardedag- en Vrouedag-geleenthede, ’n Groen Besigheidswerkswinkel, projekte by laerskole en ’n herwinningsweek.

Indien u sou belangstel om betrokke te raak by Die Groenlyn kan u die vereniging kontak by [email protected] of ‘hou van/like’ ons op Facebook by The Greenline Society UP.

Studente gee vir hulle omgewing om

Van links: Brian Nkala, Courtney Cehle, Jasmin Jacob en Mzuvumile Mzuzu

Studente tydens UP se Groen week