1
VARSWATER EKOSTELSELS IMPAK- ASSESSERING ’n Dominante kenmerk van die Karoo-landskap is die alluviale vloedvlaktes of droë lopies. Hierdie stelsels is moeilik om te klassifiseer, aangesien hulle hidrologiese en geomorfologiese eienskappe (die manier waarop water en sediment invloei, deurvloei en uitvloei uit hierdie alluviale eienskappe) moeilik is om te bepaal, en van die ekologiese funksionering en belang van hierdie alluviale eienskappe is min bekend. Hulle word gekenmerk deur veelvuldige kanale wat die vloedvlakte , valleivloer of alluviale waaier deurkruis. Oppervlakwater kan een jaar deur ’n spesifieke kanaal vloei, maar as gevolg van die klein topografiese definisie of gradiënt oor die landskap, kan ’n parallelle kanaal die volgende jaar geërodeer word wat tot ’n netwerk van kanale kan lei. Die riviere en vleilande in die SOA-studiegebied is meestal in ’n goeie toestand, met ’n huidige ekologiese status (in Engels: Present Ecological Status - PES) van A of B, as gevolg van die lae impak van die ekstensiewe eerder as intensiewe menslike aktiwiteite in die gebied. Huidige impakte op die vleilande en waterlope in en rondom die SOA-studiegebied sluit in: Oorbeweiding van die omliggende plantegroei Swak dreinering rondom padkruisings, wat lei tot kanalisering van oppervlakvloei en erosie Plaasdamme en berme vir opvang van oppervlakvloei Uitheemse plantegroei in die oewersone en in droë waterlope Niestandhoudende riviere en vleilande is veral kwesbaar vir veranderinge in hidrologie en waterkwaliteit, aangesien hulle spesifiek aangepas is vir kort periodes van oorstromings en vloei, en besoedelde stowwe en sedimente wat in hierdie waterlope ingaan word nie gereeld verdun of uitgespoel vanuit die opvanggebied nie. Dit lei dus tot ’n tekort aan weerstand teen besoedeling, erosie en sedimentasie. Die akwatiese ekostelsels van die Noord-Kaap is swak beskerm of, in die geval van al die vleilandtipes wat in hierdie studie geïdentifiseer is, glad nie beskerm nie. Verdere potensiële impakte as gevolg van die SKA-projek infrastruktuur en aktiwiteite rondom die SOA-studiegebied sluit in: Aanleg van antenna gebiede en geassosieerde infrastruktuur in of naby aan varswater ekostelsels; Konstruksie-aktiwiteite, veral daardie wat verwydering van grond vereis (bv. leen putgronde), herskepping van beddings of waterlope of vleilande (bv. vir padkonstruksie), of opvul (bv. gelykmaak van antenna gebiede); Slootgrawery en grondkompaktering, vir die begrawe van kabels naby antennas; Stormwatervorming van paaie en harde oppervlaktes, en stormwaterbestuur, en Kruising van paaie en dienste oor vleilande en waterlope. Die meeste impakte is nou verbonde aan die uitleg van die SKA1_MID antenna en die geassosieerde infrastruktuur. In baie gevalle sal versigtige beplanning van die uitleg van aktiwiteite weg van die verbode gebiede (panne wat depressie en moerasagtige vleilande is) en areas van hoë sensitiwiteit (blywende akwatiese eienskappe) die impak hierop aansienlik mitigeer. Waar impakte nie vermy kan word op hoë sensitiwiteiteienskappe nie, moet die mitigasie hiërargie geïmplementeer word op hierdie varswater eienskappe (vermy minimaliseer rehabiliteer afloop). Akwatiese eienskappe en buffers wat tydelik tydens konstruksie- aktiwiteite beïnvloed raak moet gerehabiliteer word. Die skoonmaak van die uitheemse indringer mesquite boontjiebome (Prosopis) van die studiegebied word beskou as ’n beduidende positiewe impak van die projek. Dit is hoogs waarskynlik dat daar ’n beduidende, onvermydelike residuele verlies aan akwatiese biodiversiteit of ekologiese prosesse as gevolg van die konstruksie en bedryf van die SKA1_MID projek sal wees. ’n Vleiland teenwig (in Engels: offset) moet dus oorweeg word as mitigasie vir hierdie verlies. UITTREKSEL VAN MITIGASIEMAATREËLS Die volgende akwatiese omgewingsbeheer aksies is deur die spesialis gedurende die SOA (In Engels: SEA-strategic environmental assessment) voorberei: ’n Stormwater bestuursplan wat gedurende die konstruksie en bedryf van die projek geïmplementeer moet word; en Maatreëls om hidrologiese eienskappe soos strome, riviere, panne, vleilande, damme en hulle opvanggebiede, en ander omgewingsensitiewe areas van konstruksie se impak te beskerm, insluitend die direkte of indirekte storting van skadelike afvalstowwe. As die finale uitleg van die SKA-projek eers bepaal is, sal toepaslike moniteringsgebiede geleë in die bo- en onderstrome van impakgebiede geïdentifiseer word en die volgende akwatiese parameters gemoniteer moet word: Waterhoeveelheid: Afloop (riviere), waterdiepte (vleilande), diepte na watertafel, reënval Waterkwaliteit: pH, konduktiwiteit, troebelheid en totale opgeloste vastestowwe Habitatkondisie/Huidige ekologiese status: Groefprofiele vir monitering van erosie/sedimentasie, vinnige habitat assesseringmetode van Indeks of Habitat-integriteit (riviere), Ekostatus aanwysers (riviere: oewerplantegroei, invertebrate, visse), VLEI-gesondheid (vleilande: geomorfologie, hidrologie, plantegroei), 2m x 2m standplase vir opsporing van verandering in plantgemeenskapsamestelling en bedekking Spesiessamestelling, oorvloed/biomassa: Plantspesies teenwoordigheid/afwesigheid, Suid-Afrikaanse Puntebeoordelingstelsel (slegs vir riviere wat gereeld oorstroom word), voorkoms van invertebrate spesies, voorkoms/afwesigheid vir waterweë en vleilande VARSWATER EKOSTELSELS- ASSESSERING SKA1_MID IMPAK MITIGASIE DOELWIT MITIGASIE MAATREËLS & BESTUUR Direkte verlies en/of fragmentasie van akwatiese habitat Vermy of verminder nuwe kruisings oor vleilande en waterweë Vermy dit om infrastruktuur in vleilande en waterweë en hulle buffers te plaas. Indien vleilande of waterweë nie vermy kan word nie, is die verkose kruising vir kleiner waterweë ’n driffie-kruising met geen verharde oppervlaktes nie. Hidrologiese verandering (onderbreking van natuurlike oppervlak en/of suboppervlak verbygaan van vloei en die konsentrasie van vloei as gevolg van paaie of dienste oor vleilande of waterweë) Vermy of verminder indringing van infrastruktuur in vleilande en waterweë, en verminder die konsentrasie van oppervlak afloop Verseker dat voldoende waterwegkruisings (d.i. pype of sluise) ontwerp en opgerig word waar paaie hierdie gebiede kruis sodat die konsentrasie van vloei (veral gedurende hoë vloeitoestande) so ver moontlik verminder word. Erosie as gevolg van verlies aan plantegroeibedekking deur terreinskoonmaak en gevolglike sedimentasie van akwatiese ekostelsels Vermy of beperk verwydering van inheemse plantegroeibedekking Bankstabilisasie maatreëls (skanskorwe, ekostompe, geomateriaal, sediment heinings) word vereis as vleiland of waterweë banke steiler as 1:5 blootgelê is gedurende konstruksie. Gebiede wat vir konstruksie skoongemaak is moet behoorlik gerehabiliteer wees, met insette van ekoloog Besoedeling (agteruitgang van waterkwaliteit ) van varswater ekostelsels en grondwater deur verspilling en/of afloop van besoedelingstowwe soos brandstof, olie, sement, waswater, sediment en gevaarlike chemikalieë Herlei skadelike stowwe weg van sensitiewe habitatte Gebiede waar masjinerie gebruik, gestoor en gewas word, moet behoorlik verskans word om te verseker dat gemorste stowwe nie die natuurlike ekostelsels bereik nie. Alle masjiene moet van drupbakke voorsien word om lek van olie en brandstof te vermy. Toerusting wat lek moet onmiddellik herstel word. Stortings moet dadelik skoongemaak word, en gekontamineerde grond, plante, ens. moet in ’n gemerkte houer geplaas word. Die houer moet deur ’n geregistreerde vullisverwydering maatskappy opgelaai word en op toepaslike wyse van ontslae geraak word. Aftrek van grondwaterhulpbronne wat ’n keël of duik in die omgewing van boorgate veroorsaak Verminder watergebruik Boorgate moet nie naby (minder as 50m) van vleilande en waterweë geleë wees nie. Riviertipe (vloei en geomorfologiese sone) Rivierlengte (m) Niestandhoudend Bergstroom 10 931 Boonste voetheuwelrivier 252 094 Laer voetheuwelrivier 454 192 Laaglandrivier 81 Jaarliks/seisoenaal Boonste voetheuwelrivier 19 928 Laer voetheuwelrivier 77 199 Laaglandrivier 34 346 Somtotaal 848 772 Die Varswater ekostelsel impak- assessering is uitgevoer deur: Die portuur-beoordeling van die Varswater ekostelsel-assessering word onderneem deur: VARSWATER EKOSTELSELS Die strategiese omgewings-assessering (SOA) studiegebied lê binne die Laer Oranjerivier bestuursgebied (WMA14) en amper geheel en al binne die Nama Karoo Vlak 1 ekogebied (Kleynhans et al., 2005). Die Nama Karoo ekogebied sluit die noordvloeiende riviere in die studiegebied in, met as hoofstelsel waarin hierdie riviere vloei, nl. die Oranjerivier. Die meeste van die oppervlakwater ekostelsels is onderbroke of niestandhoudend, en word elke jaar slegs vir kort periodes oorstroom, met periodes van droogte wat onvoorspelbaar is wat die duur daarvan betref. Die hoofriviere van die streek sluit die niestandhoudende tot seisoenale Hartbees- en Sakriviere in, en die standhoudende Riet- en Oranjeriviere in die Noorde. Niestandhoudende of seisoenale vleilande maak die meerderheid van die staande (nievloeiende) stelsels uit wat in die studiegebied geleë is. Baie van hierdie vleilande – hoofsaaklik depressieholtes of panne – is geïsoleer, dus weg van ander oppervlakwater ekostelsels, gewoonlik met binnevloeiende oppervlakwater maar geen uitvloei nie. Daar is oor die algemeen min of geen direkte konneksie met grondwater nie, en hierdie panne word gewoonlik deur reënval gevoed. Die Boesmanland geïsoleerde panne (in Engels: endorheic) of “vloere” soos hulle plaaslik genoem word is een van die uitgebreidste soutpanstelsels in Suid-Afrika. Die spesialiskartering van vleilande en waterweë binne en onmiddellik langs die SOA-studiegebied het tot die karakterisering van 11 vleilandtipes en 7 riviertipes gelei: Figuur 1: Vleilande en riviere binne en rondom die SOA-studiegebied: A – SOA kernstudiegebied, B – van Wyksvlei/ Carnarvon spirale arm studiegebied, C – Brandvlei spirale arm studiegebied en D –Williston spirale arm studiegebied. By verre bestaan die grootste vleilandgebied uit Nama Karoo depressieholtes en vloedvlakte vleilande, terwyl die riviertipes hoofsaaklik uit niestandhoudende laer voetheuwelriviere bestaan. Met slegs ’n paar uitsonderings is die vleilandtipes die minste bedreig – die uitsonderings lê binne die Boonste Nama Karoo ekogebied, maar wat ’n klein gebied uitmaak. Twee moerasgebiede van minder as 2 hektaar in die totale area word as krities bedreigd gelys deur NBA (2011), terwyl 11 gekanaliseerde valleibodem vleilande bedreigde vleilandtipes is. ’n Totale lengte van ongeveer 35 km van die Sakrivier word beskou as ’n bedreigde riviertipe en die oorblywende riviere is minder bedreig. Die lae ekostelsel bedreigingstatus van baie van hierdie Noord-Kaapse vleiland- en riviertipes het waarskynlik te make met die tekort aan kennis van hierdie stelsels, en ook die wye, relatief homogene aard van die ekostelsels en plantegroeitipes, d.i. ’n beskoude tekort aan diversiteit en ’n meegaande tekort aan uniekheid. Vleilandtipe (vleiland plantegroeigroep en hidrogeomorfiese eenheid) % van totale vleilandgebied Nama Karoo Boesmanland gekanaliseerde valleibodem vleiland 21 Nama Karoo Boesmanland Depressie 38 Nama Karoo Boesmanland vloedvlakte vleiland 27 Nama Karoo Boesmanland moeras 1 Nama Karoo Boesmanland ongekanaliseerde valleibodem vleiland 4 Nama Karoo Boesmanland_ plat vleiland 1 Boonste Nama Karoo gekanaliseerde valleibodem vleiland 1 Boonste Nama Karoo Depressie <1 Boonste Nama Karoo vloedvlakte vleiland 7 Boonste Nama Karoo moeras <1 Boonste Nama Karoo Ongekanaliseerde valleibodem vleiland <1 Totale vleilandgebied A B C D

VARSWATER EKOSTELSELS- ASSESSERING SKA1 MID · Niestandhoudende riviere en vleilande is veral kwesbaar vir veranderinge in hidrologie en waterkwaliteit, aangesien hulle spesifiek

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: VARSWATER EKOSTELSELS- ASSESSERING SKA1 MID · Niestandhoudende riviere en vleilande is veral kwesbaar vir veranderinge in hidrologie en waterkwaliteit, aangesien hulle spesifiek

VARSWATER EKOSTELSELS IMPAK-

ASSESSERING

’n Dominante kenmerk van die Karoo-landskap is die alluviale vloedvlaktes of droë lopies. Hierdie stelsels is moeilik om te klassifiseer, aangesien hulle hidrologiese en geomorfologiese eienskappe (die manier waarop water en sediment invloei, deurvloei en uitvloei uit hierdie alluviale eienskappe) moeilik is om te bepaal, en van die ekologiese funksionering en belang van hierdie alluviale eienskappe is min bekend. Hulle word gekenmerk deur veelvuldige kanale wat die vloedvlakte , valleivloer of alluviale waaier deurkruis. Oppervlakwater kan een jaar deur ’n spesifieke kanaal vloei, maar as gevolg van die klein topografiese definisie of gradiënt oor die landskap, kan ’n parallelle kanaal die volgende jaar geërodeer word wat tot ’n netwerk van kanale kan lei. Die riviere en vleilande in die SOA-studiegebied is meestal in ’n goeie toestand, met ’n huidige ekologiese status (in Engels: Present Ecological Status - PES) van A of B, as gevolg van die lae impak van die ekstensiewe eerder as intensiewe menslike aktiwiteite in die gebied. Huidige impakte op die vleilande en waterlope in en rondom die SOA-studiegebied sluit in: Oorbeweiding van die omliggende plantegroei Swak dreinering rondom padkruisings, wat lei tot kanalisering van oppervlakvloei en erosie Plaasdamme en berme vir opvang van oppervlakvloei Uitheemse plantegroei in die oewersone en in droë waterlope Niestandhoudende riviere en vleilande is veral kwesbaar vir veranderinge in hidrologie en waterkwaliteit, aangesien hulle spesifiek aangepas is vir kort periodes van oorstromings en vloei, en besoedelde stowwe en sedimente wat in hierdie waterlope ingaan word nie gereeld verdun of uitgespoel vanuit die opvanggebied nie. Dit lei dus tot ’n tekort aan weerstand teen besoedeling, erosie en sedimentasie. Die akwatiese ekostelsels van die Noord-Kaap is swak beskerm of, in die geval van al die vleilandtipes wat in hierdie studie geïdentifiseer is, glad nie beskerm nie. Verdere potensiële impakte as gevolg van die SKA-projek infrastruktuur en aktiwiteite rondom die SOA-studiegebied sluit in: Aanleg van antenna gebiede en geassosieerde infrastruktuur in of naby aan varswater ekostelsels; Konstruksie-aktiwiteite, veral daardie wat verwydering van grond vereis (bv. leen putgronde), herskepping van beddings of

waterlope of vleilande (bv. vir padkonstruksie), of opvul (bv. gelykmaak van antenna gebiede); Slootgrawery en grondkompaktering, vir die begrawe van kabels naby antennas; Stormwatervorming van paaie en harde oppervlaktes, en stormwaterbestuur, en Kruising van paaie en dienste oor vleilande en waterlope. Die meeste impakte is nou verbonde aan die uitleg van die SKA1_MID antenna en die geassosieerde infrastruktuur. In baie gevalle sal versigtige beplanning van die uitleg van aktiwiteite weg van die verbode gebiede (panne wat depressie en moerasagtige vleilande is) en areas van hoë sensitiwiteit (blywende akwatiese eienskappe) die impak hierop aansienlik mitigeer. Waar impakte nie vermy kan word op hoë sensitiwiteiteienskappe nie, moet die mitigasie hiërargie geïmplementeer word op hierdie varswater eienskappe (vermy minimaliseer rehabiliteer afloop). Akwatiese eienskappe en buffers wat tydelik tydens konstruksie-aktiwiteite beïnvloed raak moet gerehabiliteer word. Die skoonmaak van die uitheemse indringer mesquite boontjiebome (Prosopis) van die studiegebied word beskou as ’n beduidende positiewe impak van die projek. Dit is hoogs waarskynlik dat daar ’n beduidende, onvermydelike residuele verlies aan akwatiese biodiversiteit of ekologiese prosesse as gevolg van die konstruksie en bedryf van die SKA1_MID projek sal wees. ’n Vleiland teenwig (in Engels: offset) moet dus oorweeg word as mitigasie vir hierdie verlies.

UITTREKSEL VAN MITIGASIEMAATREËLS

Die volgende akwatiese omgewingsbeheer aksies is deur die spesialis gedurende die SOA (In Engels: SEA-strategic environmental assessment) voorberei: ’n Stormwater bestuursplan wat gedurende die konstruksie en bedryf van die projek geïmplementeer moet word; en Maatreëls om hidrologiese eienskappe soos strome, riviere, panne, vleilande, damme en hulle opvanggebiede, en ander

omgewingsensitiewe areas van konstruksie se impak te beskerm, insluitend die direkte of indirekte storting van skadelike afvalstowwe.

As die finale uitleg van die SKA-projek eers bepaal is, sal toepaslike moniteringsgebiede geleë in die bo- en onderstrome van impakgebiede geïdentifiseer word en die volgende akwatiese parameters gemoniteer moet word: Waterhoeveelheid: Afloop (riviere), waterdiepte (vleilande), diepte na watertafel, reënval Waterkwaliteit: pH, konduktiwiteit, troebelheid en totale opgeloste vastestowwe Habitatkondisie/Huidige ekologiese status: Groefprofiele vir monitering van erosie/sedimentasie, vinnige habitat

assesseringmetode van Indeks of Habitat-integriteit (riviere), Ekostatus aanwysers (riviere: oewerplantegroei, invertebrate, visse), VLEI-gesondheid (vleilande: geomorfologie, hidrologie, plantegroei), 2m x 2m standplase vir opsporing van verandering in plantgemeenskapsamestelling en bedekking

Spesiessamestelling, oorvloed/biomassa: Plantspesies teenwoordigheid/afwesigheid, Suid-Afrikaanse Puntebeoordelingstelsel (slegs vir riviere wat gereeld oorstroom word), voorkoms van invertebrate spesies, voorkoms/afwesigheid vir waterweë en vleilande

VARSWATER EKOSTELSELS-

ASSESSERING SKA1_MID

IMPAK MITIGASIE DOELWIT MITIGASIE MAATREËLS & BESTUUR

Direkte verlies en/of fragmentasie van akwatiese habitat

Vermy of verminder nuwe kruisings oor vleilande en waterweë

Vermy dit om infrastruktuur in vleilande en waterweë en hulle buffers te plaas. Indien vleilande of waterweë nie vermy kan word nie, is die verkose kruising vir kleiner waterweë ’n driffie-kruising met geen verharde oppervlaktes nie.

Hidrologiese verandering (onderbreking van natuurlike oppervlak en/of suboppervlak verbygaan van vloei en die konsentrasie van vloei as gevolg van paaie of dienste oor vleilande of waterweë)

Vermy of verminder indringing van infrastruktuur in vleilande en waterweë, en verminder die konsentrasie van oppervlak afloop

Verseker dat voldoende waterwegkruisings (d.i. pype of sluise) ontwerp en opgerig word waar paaie hierdie gebiede kruis sodat die konsentrasie van vloei (veral gedurende hoë vloeitoestande) so ver moontlik verminder word.

Erosie as gevolg van verlies aan plantegroeibedekking deur terreinskoonmaak en gevolglike sedimentasie van akwatiese ekostelsels

Vermy of beperk verwydering van inheemse plantegroeibedekking

Bankstabilisasie maatreëls (skanskorwe, ekostompe, geomateriaal, sediment heinings) word vereis as vleiland of waterweë banke steiler as 1:5 blootgelê is gedurende konstruksie. Gebiede wat vir konstruksie skoongemaak is moet behoorlik gerehabiliteer wees, met insette van ekoloog

Besoedeling (agteruitgang van waterkwaliteit ) van varswater ekostelsels en grondwater deur verspilling en/of afloop van besoedelingstowwe soos brandstof, olie, sement, waswater, sediment en gevaarlike chemikalieë

Herlei skadelike stowwe weg van sensitiewe habitatte

Gebiede waar masjinerie gebruik, gestoor en gewas word, moet behoorlik verskans word om te verseker dat gemorste stowwe nie die natuurlike ekostelsels bereik nie. Alle masjiene moet van drupbakke voorsien word om lek van olie en brandstof te vermy. Toerusting wat lek moet onmiddellik herstel word. Stortings moet dadelik skoongemaak word, en gekontamineerde grond, plante, ens. moet in ’n gemerkte houer geplaas word. Die houer moet deur ’n geregistreerde vullisverwydering maatskappy opgelaai word en op toepaslike wyse van ontslae geraak word.

Aftrek van grondwaterhulpbronne wat ’n keël of duik in die omgewing van boorgate veroorsaak

Verminder watergebruik Boorgate moet nie naby (minder as 50m) van vleilande en waterweë geleë wees nie.

Riviertipe (vloei en

geomorfologiese sone) Rivierlengte (m)

Niestandhoudend Bergstroom 10 931

Boonste voetheuwelrivier

252 094

Laer voetheuwelrivier 454 192 Laaglandrivier 81

Jaarliks/seisoenaal Boonste

voetheuwelrivier 19 928

Laer voetheuwelrivier 77 199 Laaglandrivier 34 346

Somtotaal 848 772

Die Varswater ekostelsel impak-assessering is uitgevoer deur:

Die portuur-beoordeling van die Varswater ekostelsel-assessering word onderneem deur:

VARSWATER EKOSTELSELS

Die strategiese omgewings-assessering (SOA) studiegebied lê binne die Laer Oranjerivier bestuursgebied (WMA14) en amper geheel en al binne die Nama Karoo Vlak 1 ekogebied (Kleynhans et al., 2005). Die Nama Karoo ekogebied sluit die noordvloeiende riviere in die studiegebied in, met as hoofstelsel waarin hierdie riviere vloei, nl. die Oranjerivier. Die meeste van die oppervlakwater ekostelsels is onderbroke of niestandhoudend, en word elke jaar slegs vir kort periodes oorstroom, met periodes van droogte wat onvoorspelbaar is wat die duur daarvan betref. Die hoofriviere van die streek sluit die niestandhoudende tot seisoenale Hartbees- en Sakriviere in, en die standhoudende Riet- en Oranjeriviere in die Noorde. Niestandhoudende of seisoenale vleilande maak die meerderheid van die staande (nievloeiende) stelsels uit wat in die studiegebied geleë is. Baie van hierdie vleilande – hoofsaaklik depressieholtes of panne – is geïsoleer, dus weg van ander oppervlakwater ekostelsels, gewoonlik met binnevloeiende oppervlakwater maar geen uitvloei nie. Daar is oor die algemeen min of geen direkte konneksie met grondwater nie, en hierdie panne word gewoonlik deur reënval gevoed. Die Boesmanland geïsoleerde panne (in Engels: endorheic) of “vloere” soos hulle plaaslik genoem word is een van die uitgebreidste soutpanstelsels in Suid-Afrika. Die spesialiskartering van vleilande en waterweë binne en onmiddellik langs die SOA-studiegebied het tot die karakterisering van 11 vleilandtipes en 7 riviertipes gelei: Figuur 1: Vleilande en riviere binne en rondom die SOA-studiegebied: A – SOA kernstudiegebied, B – van Wyksvlei/ Carnarvon spirale arm studiegebied, C – Brandvlei spirale arm studiegebied en D –Williston spirale arm studiegebied. By verre bestaan die grootste vleilandgebied uit Nama Karoo depressieholtes en vloedvlakte vleilande, terwyl die riviertipes hoofsaaklik uit niestandhoudende laer voetheuwelriviere bestaan. Met slegs ’n paar uitsonderings is die vleilandtipes die minste bedreig – die uitsonderings lê binne die Boonste Nama Karoo ekogebied, maar wat ’n klein gebied uitmaak. Twee moerasgebiede van minder as 2 hektaar in die totale area word as krities bedreigd gelys deur NBA (2011), terwyl 11 gekanaliseerde valleibodem vleilande bedreigde vleilandtipes is. ’n Totale lengte van ongeveer 35 km van die Sakrivier word beskou as ’n bedreigde riviertipe en die oorblywende riviere is minder bedreig. Die lae ekostelsel bedreigingstatus van baie van hierdie Noord-Kaapse vleiland- en riviertipes het waarskynlik te make met die tekort aan kennis van hierdie stelsels, en ook die wye, relatief homogene aard van die ekostelsels en plantegroeitipes, d.i. ’n beskoude tekort aan diversiteit en ’n meegaande tekort aan uniekheid.

Vleilandtipe (vleiland plantegroeigroep en hidrogeomorfiese

eenheid)

% van totale vleilandgebied

Nama Karoo Boesmanland gekanaliseerde valleibodem vleiland

21

Nama Karoo Boesmanland Depressie 38

Nama Karoo Boesmanland vloedvlakte vleiland 27

Nama Karoo Boesmanland moeras 1

Nama Karoo Boesmanland ongekanaliseerde valleibodem vleiland

4

Nama Karoo Boesmanland_ plat vleiland 1

Boonste Nama Karoo gekanaliseerde valleibodem vleiland

1

Boonste Nama Karoo Depressie <1

Boonste Nama Karoo vloedvlakte vleiland 7

Boonste Nama Karoo moeras <1

Boonste Nama Karoo Ongekanaliseerde valleibodem vleiland

<1

Totale vleilandgebied

A B

C D